Skip to main content

455 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

7 Februarie 2018

17.5%

Bou saam met goeie nuus

7 Februarie 2018

Uitgawe 455

Agter tralies vir Kansa

Die Kansa-kantoor op Malmesbury het Donderdag belangstelling van inwoners geprikkel toe loeiende polisiesirenes aangekondig het dat daar êrens iets in die dorp aan die gang is. Burgemeester Tijmen van Essen is voor niksvermoedende inwoners "in hegtenis" geneem en na die De Bronsentrum gebring waar hy en medegevangenes voor die "hof" gedaag is. Die manne en vroue met hul geel oorpakke, moes blikskud vir fondse en hulself bewys, voor hulle uit die "tronk" vrygelaat is. Dit was alles deel van vanjaar se "Jail 'n Bail", 'n jaarlikse inskrywing op die Kansa-kantoor se dagboek. Links is skoolhoof Willie Taylor, burgemeester Tijmen van Essen en Fanie Malherbe, besig om Renata van Wyk te oorreed om in hul houers 'n donasie te plaas.

•KAPASITEIT UITGEBOU TOT MAKSIMUM

Hospitaal gesloop? Die geskarrel en miernes van bedrywighede by die Swartland Hospitaal in Hospitaalstraat op Malmesbury, is die afgelope maande doodstil. Die versperringsbande keer enige inkommers en hekke hou enige besoekers buite. Die oorspronklike gebou, wat reeds dekades pasiënte en hul naasbestaandes ontvang, staan verwese na 'n brand dit verlede jaar grotendeels verwoes het. Dié gebou sal heel moontlik in die toekoms gesloop word, maar die datum wanneer, hang nog in die weegskaal en is onderhewig aan besluitneming deur die Departement Gesondheid in oorleg met Departement Vervoer en Publieke Werke. 'n Kennisgewing hiervan wat Desember teen die heinings aangebring is deur die erfenisraad, dui op die einde van 'n era. Die ou hospitaal het 'n ryke geskiedenis. Na die destydse administrateur, sir Frederick de Waal, in 1912 die Hospitaal-ordonnansie deur die provinsiale raad geloods het, is daar onverwyld stappe geneem om 'n hospitaal vir

Malmesbury te verseker. Hierdie pogings deur middel van 'n petisie is met sukses bekroon toe Malmesbury tot 'n hospitaaldistrik in die Staatskoerant van April 1913 verklaar is. Dit het die pad oopgemaak vir die samestelling van die eerste hospitaalraad wat op 8 Julie 1913 in die stadsaal onder die voorsitterskap van AC de Villiers byeengekom het. Hierdie raad het hom dadelik beywer vir die bou van 'n plaaslike hospitaal, wat dan ook op 15 Maart 1915 plegtig geopen en ingewy is met suster Lowrie as eerste matrone. Hierdie eerste hospitaal het oor 17 beddens beskik en die oprigting het 5130 pond gekos. Hierdie hospitaal was vinnig te klein, maar eers teen 1934 kon die hospitaal vergroot word met 15 beddens teen 'n koste van 4245 pond. Steeds was dit nie voldoende nie en is 'n splinternuwe hospitaal oorweeg. In Januarie 1940 het 'n afvaardiging bestaande uit B de V Smuts, FF Werdmuller en Dr. Euvrard die administrateur (Kaptein Joubert) en

sy uitvoerende komitee hiervan probeer oorreed. Hul poging was suksesvol. Na die plaaslike afdelingsraad 400 pond per jaar en die provinsiale administrasie 'n subsidie van 600 pond jaarliks gewaarborg het, is tot die bou van 'n nuwe hospitaal oorgegaan. Hierdie hospitaal, wat bekend staan as "Die Swartland Hospitaal" is op 12 Junie 1944 amptelik deur die administrateur, maj GB van Zyl, geopen. Die nuwe hospitaal het oor 64 beddens beskik en die oprigting het 52 000 pond, insluitende die uitrusting, beloop. Sowat 23 personeellede is in die verpleegsterstehuis gehuisves. Die hospitaal word tans grotendeels gebruik, maar die beskadigde geboue het die kapasiteit 'n groot knou gegee. Daar word tans moontlikhede ondersoek om die hospitaal tydelik uit te bou om te voorsien in die behoeftes van die pasiënte van die omgewing.

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

7 Februarie 2018

Swartlanders blink uit op Bredasdorp

Water: Die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op Malmes-

bury het gister 1000 liter water en groente vanaf Park Laerskool op Mosselbaai ontvang. Bo is suster Marieta Jooste saam met Adri en Ogies Carstens wat die water vervoer het.

Links: Piet Lourens van Porterville het die naweek op Bredasdorp se Megapark op die Overberg Landbouskou met sy vlaamperde deelgeneem. Hier is hy in aksie in die dubbeltuigklas vir trekperde. Regs: Pieter Loubser van Malmesbury het die naweek op Bredasdorp se Megapark op die Overberg Landbouskou vir die eerste keer in 15 jaar weer op die rug van 'n friesperd geskou. Hier is hy op Opkyk Turk in die 3-gang klas vir trekperde.

Darling 7's:

Die Darling-rugbyklub het die naweek gasheer gespeel vir die klub se jaarlikse sewestoernooi. In die openingswedstryd het die spanne van Darling en Never Despair mekaar die stryd aangesê (bo). Die span van Belhar-rugbyklub het as oorwinnaars uit die stryd getree.

Taal:

René Joubert van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het baie goed gevaar in die SA Taalbond se tweetaligheidseksamen. Sy het 'n 10de plek onder al die juniors in die land behaal.


NUUS • NEWS

3

7 Februarie 2018

Medaljes:

•WATERVERGADERINGS GEHOU

Spaar steeds - SM Die Swartland Munisipaliteit het Donderdag die eerste van talle watervergaderings met die publiek van die Swartland gehou. Burgemeester Tijmen van Essen en munisipale bestuurder Joggie Scholtz het benadruk dat Swartlanders steeds spaarsamig met water moet wees. "Dan sal Dag Zero nie kom nie," het Van Essen gesê. Volgens Van Essen se voorlegging, is die een groot verandering in waterverbruik, die feit dat landbouers se verbruik uit die Voëlvleidam gestaak is. Landbouers het tot 80 megaliter per dag uit die dam onttrek. Swartland, Moorreesburg en Koringberg uitgesluit, gebruik sowat 11 megaliter water per dag.

Sessies oor water

Die Swartland Munisipaliteit het talle opvolgvergaderings rakende die dreigende waterkrisis geskeduleer. Die datums is soos volg: 8 Februarie 19:00: Darling Gemeenskapsaal 13 Februarie 19:00: Moorreesburg Stadsaal 15 Februarie 19:00: Moorreesburg-gemeenskapsaal 20 Februarie 19:00: Riebeek-Wes-stadsaal 22 Februarie 19:00: Wesbank-gemeenskapsaal 27 Februarie 18:30: Riebeek-Kasteel se POP-sentrum 28 Februarie 19:00: Kalbaskraal-klubhuis

Besoek ons Facebook-blad vir nog foto's by @diecourant.

Vrae vanuit die gehoor het die moontlikheid van 'n ontsoutingsaanleg op Yzerfontein aangeraak en Van Essen het kundiges in gesprek geplaas met die plaaslike ingenieurs vir verdere gesprekke hieroor. Watersekerheid is ook bevraagteken. Hierop het Van Essen bevestig dat dit nie moontlik is vir die owerheid om die beskikbaarheid van water te verseker nie. Van Essen het wel gemeld dat skole nie sal sluit en dat hulle opvoedkundige instansies en ouetehuise sal bystaan om water te verkry. "Ons kan nie by almal se huise water aflewer nie. Ons het nie die mannekrag nie, maar ons moet mekaar help. Help die bure. Help mekaar. As ons mekaar help en steeds verder spaar, sal ons nie by Dag Zero kom nie," het Van Essen gesê.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Vrydag 'n medaljeparade in die skoolsaal van Liebenberg Primêr gehou waar lede vir hul langdiens vereer is. Die plaaslike polisiehoof, superintendent Neels Nilsson (middel agter) is ook tydens die geleentheid vereer. Foto: David Howburgh


4

7 Februarie 2018

Die leerders van St Michaels Primêr op Abbotsdale spog met splinternuwe skoene, na die plaaslike Pep Stores-kettingwinkel hulle aangenaam met die nuwe skoolbenodigdhede verras het.

NUUS • NEWS

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Geseënd is die man wat die Here vrees Psalm 111 en 112 is twee psalms wat ‘n mens kan saam lees. Hulle is beide alfabetiese psalms, wat beteken dat elke vers in die Hebreeus se sin begin met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet. Psalm 111 handel oor die Vader, lof aan Hom en oor sy werke. Van sy eienskappe word beskrywe. Sy dade is vol majesteit en heerlikheid. Sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. Die Here is genadig en barmhartig. Hy dink vir ewig aan Sy verbond. Die werke van sy hande is trou en reg, sy bevele is betroubaar. Die psalm sluit met die vrees van die Here is die beginsel van wysheid. Psalm 112 is ‘n voorstelling van die kind van die Here, en die eerste vers begin met die vrees van die Here. Geseënd is die man wat die Here vrees. Die man se nageslag sal geweldig wees op die aarde, en sy geregtigheid sal bestaan tot in ewigheid. Hy gaan op soos ‘n lig in die duisternis. Sy volle vertroue is op die Here, sy hart is gerus, hy vrees nie vir slegte tyding nie. Is ons voorbeeld ook ons Vader in die hemel?

dié courant

As reuse val

As 'n reus val, bly daar 'n gat oor daar waar hy gestaan het. 'n Groot gat in die grond, wat later gevul word deur nuwe grassies wat groei, nuwe blommetjies wat hul koppies na die son draai. Na die dood, is daar weer lewe. Hieruit is dit duidelik. As iets sneuwel, sal daar altyd iets in sy plek verrys.

Net so sal dit wees as die Swartland Hospitaal op Malmesbury se lot finaal bepaal en vervang word. Die dood van die een beteken die geboorte van 'n ander. Dit is hartseer as bakens in die gemeenskap moet plek maak vir vooruitgang. In 'n ideale wêreld sou die twee gealgameer word en saam die kennis en wysheid van die grysheid met die koms van tegnologie instap. Dit blyk egter nie die geval te wees in dié ou reus se leeftyd nie.


NUUS • NEWS 1

NUUS • NEWS5

7 Februarie 2018

10 Februarie 2016

Swartland Investments Moorreesburg vereer personeel vir lang diens 25 JAAR

15 JAAR Een van Swartland Investments se grootste bates is sy lojale werknemerskorps. Wanneer mylpaal jare van toegewyde diens bereik word, wil die maatskappy graag van so ‘n geleentheid gebruik maak om ook sy dank en waardering uit te spreek vir die aantal toegewyde diensjare en daarom word daar jaarliks erkenning gegee aan werknemers wie 10-, 15-, 20- en 25-jaar (en soms meer!) voltydse diensjare voltooi het. Tydens van die onlangse toekennings geleenthede het menere Hans Hanekom (Hoof Uitvoerende Beampte) en Hendrik van Niekerk (Direkteur) toekennings oorhandig aan die volgende werkers:

JS Fourie 25 jaar

WA Coetzee 15 jaar

C Rosenberg 15 jaar

CN Roman 15 jaar

15 JAAR

H Beukes 15 jaar

10 JAAR

EM Antonie 15 jaar

EE Farao 15 jaar

EKC Erasmus 10 jaar

CR Hyser 10 jaar

F Otto 10 jaar

SR Adams 10 jaar

CM Joubert 10 jaar

R Maarman 10 jaar

J Pieters 15 jaar

C Roman 15 jaar

E van Niekerk 10 jaar

CR Baadjies 10 jaar

SM Marthinus 10 jaar

N Jantjies 10 jaar

J De Bruin 10 jaar

C Erasmus 10 jaar

CM Muller 10 jaar

F Maarman 10 jaar

J Williams 10 jaar

J Carolus 15 jaar

10 JAAR

Z Daweti 10 jaar

10 JAAR

J Jonkers 10 jaar

Moorreesburg-tak se bestuursprojek is om speelgoed te maak vir die kinderhuis op Moorresburg.

Kinderhuis personeel neem speelgoed in ontvangs.

Die kinderhuis kinders begin om te speel!


6

NUUS • NEWS LANDBOU

7 Februarie 2018

Relihan se Oak Valley lewer beste wingerdblok

Die noukeurige besproeiingspraktyke wat Wilhelm Relihan in sy Chardonnay-wingerdblok op die plaas Oak Valley in die Riebeeksriviergebied toegepas het, het hom laat uitstaan as die wenner van vanjaar se Vinpro Winetech Wingerdblokkompetisie in die Paarl- en Swartlandstreke. Wyndruifprodusente vanaf Paarl tot Wellington, Franschhoek, Malmesbury en Tulbagh kon kwalifiseer om hul Chardonnay-wingerde vir hierdie jaarlikse kompetisie in te skryf. “Chardonnay is in groot aanvraag by kelders, maar produsente is dikwels nie geneë om dit aan te plant nie weens laer opbrengste en gevolglike laer inkomstes,” sê Hanno van Schalkwyk, Vinpro-wingerdkonsultant vir dié streke. Jaco Visser van La Motte in Franschhoek was in die tweede plek en Chris Loubser van Anthonij Rupert Wyne, Franschhoek het derde geëindig. Die wenblok Chardonnay, kloon CY55 is in 2009 op Richter 110 aangeplant en op 'n vyfdraad dubbelverlengde Peroldstelsel opgelei. Dit beslaan 2.57 ha en het verlede jaar 18.35 ton/ha wyndruiwe gelewer. “Wilhelm het 'n daadwerklike strategie in

plek gestel om water meer doeltreffend te bestuur, onder andere deur noukeurige watermetings en besproeiingskedulering,” vertel Hanno. Na aanleiding van lesings deur kontinueerlike grondwatermeters is die wingerd by 60% onttrekking besproei tot na die setperiode, waarna water by 75% onttrekking toegedien is. Groot besproeiings is dus verder uit mekaar gespasieer, wat verdamping en waterverbruik laat daal het. Minder bemesting is ook in 2017 gebruik, wat tot 'n kleiner lower en laer waterverbruik bygedra het. “Die wenblok was besonder netjies, en die korttermynpraktyke van só aard dat die wingerd en druiwetrosse egalig is, wat die belofte van premiumgehalte en goeie opbrengste inhou,” sê Hanno. Sprekers tydens 'n onlangse boeredag by die wenblok het benadruk dat hierdie korttermyn wingerdpraktyke belyn moet word met die uiteindelike wyndoelwit, om kontinuïteit in die kelder en bottel te verseker. Maar die langtermynbeplanning is ook be-

Die wenspan is staande Jaco Fredericks, Fortuin Pieterse, Dawid Heyns, Marius Baadjies, Johannes Peters, Klaas Nehro, Magretha Louw, Regina Peterson, Klara Scheepers, Loretta Witbooi, Natasha Pietersen, Brendoline La Meyer en Anna Albertus. Voor: Wilhelm Relihan en Tharien Hansen (wingerdboukundige van Riebeek Kelder).

langrik. “Chardonnay kloon CY55 en droogtebestande R110-onderstok vaar uitstekend op die droë skaliegronde in die gebied, en lewer hoë opbrengste en gehalte,” sê Hanno. Volgens Relihan bring elke jaar sy eie uitdagings. "Hierdie jaar het beslis sy deel gegee. Die bestuur van 'n blok wingerd hang hoofsaaklik af van wat die doelwit waarvoor die uiteindelike produk bestem is. "Ek het al vandat ons hierdie blok geplant het, 'n spesiale plekkie vir die blok gehad en het elke jaar probeer om hier en daar te skaaf aan die goeie praktyke wat daargestel is vir premium klas druiwe. Hierdie jaar se uitdaging was beslis die bestuur van die lower en besproeiing en ek glo dit is wat die deurslag vir die sukses gegee het," vertel Relihan van sy wenblok. Die grootste uitdaging wat Relihan in die gesig gestaar het, was die laer reënval, maar hy het 'n daadwerklike plan gemaak hierdie teen te staan. "Om te verseker dat die blok in staat sal wees om maksimum produksie vir hierdie uitsonder-

like jaar te produseer én dit ryp te kan maak, het ons vroeër begin met die suier van onproduktiewe lootjies, selfs so vroeg as 3 tot 5cm gemiddelde loot-lente, waar ons normaalweg by so 8 tot 10cm begin. Ons wou verseker dat die draende lote soveel as moontlik lengte kry en dat die stok nie onnodige energie moes gebruik om onproduktiewe lote groot te maak nie. Met die realiteit van die aansienlike minder beskikbare besproeiingswater, het ek ook besluit om die stokke aan die hand van grondvog monitering, van die begin af droër te trek voor daar weer besproei word, maar om op die kritiese stadiums van die groei-fase die stokke nie te veel te laat stres nie. Daar is ook besluit om nie die normale bemesting na-bot te gee nie, maar eerder te wag tot na set om te sien of die stokke dit wel benodig, wat in hierdie geval, danksy goeie na-oes bemesting, nie nodig was nie. Die rede vir hierdie besluit is dat groot geil groeiende lowers meer water transpireer en dan die stok se water-behoefte aansienlik verhoog. Vir goeie egalige rypwording benodig jy voldoende sonlig, maar ook nie te veel nie en in samewerking met ons wingerdboukundige het ons hierdie jaar die blare aan die binne kant van die tros-sone uitgebreek eerder as aan die buitekant wat gekeer het dat die trosse te veel aan direkte son blootgestel is." "Dit was die eerste keer dat ons deelgeneem het aan hierdie kompetisie en self het ek nie geweet wat om te verwag nie. Ek het nog altyd gevoel dat ‘n wenblok nie noodwendig die blok is wat die mooiste prentjie skilder nie, maar wel die beste praktyke weerspieël vir die doel waarvoor dit bestuur word. Die kompetisie is beslis 'n geleentheid om jouself te laat leer en te meet aan wen-praktyke in die bedryf. Hier wil ek vir Vinpro en al die borge wat hierdie platform elke jaar moontlik maak, bedank. Met die leiding wat ek hierdie jaar gekry het, wil ek graag al die raadgewers bedank. Ook vir my span op die plaas wat van die begin af met passie dieselfde visie gedeel het. Dan ook vir ons Hemelse Vader wat ons elke dag met soveel genade en liefde seën, alle eer," vertel Relihan. Die Vinpro Winetech Wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om optimale wingerdpraktyke volgens die spesifieke tema te identifiseer, evalueer en met die bedryf te deel.


NUUS • NEWS AGRICULTURE

7 Februarie 2018

Koringbedryfmuseum vier 40ste bestaansjaar

Die Koringbedryfmuseum op Moorreesburg is slegs een van vier oorblywende museums van sy soort wêreldwyd. Dié spesialismuseum vier op 10 Februarie sy 40ste bestaansjaar. Die pad van 10 Februarie 1978 tot nou is een wat deur talle hoogtepunte gekenmerk word. Om die museum se geskiedenis en ontstaan beter te verstaan, is dit belangrik om die herkoms van sy tuisdorp, Moorreesburg, in ag te neem. Moorreesburg is vernoem na ds. JC le Febre Moorrees, destydse predikant van die Swartland-gemeente op Malmesbury en is aangelê op die leenplaas Hooikraal. Moorreesburg het in 1889 'n volwaardige dorp met 'n dorpsbestuur geword en het op 21 April 1909 munisipale status gekry. Die gedagte om 'n koringbedryfmuseum op Moorreesburg op die been te bring, is aangevoer deur PS Marais en die Weskus-ontwikkelingsvereniging. Op 8 November 1967 het die museumkomitee eenparig besluit dat Moorreesburg 'n geskikte plek sal wees vir so 'n museum, weens sy sentrale ligging in die koringstreek en die beskikbaarheid van 'n gebou waarin die museum gehuisves kon word. Op 3 Mei 1968 is die NG Sendingkerkgebou op erf 589 vir R2000 van die Departement Gemeenskapsbou gekoop en in

1970 is die museum tot 'n volwaardige provinsiale ondersteunende museum verklaar. So het die eerste koringbedryfmuseum in die Kaapland tot stand gekom. Hul hooftema was: Om die koringbedryf in al sy variante en vorme van die koms van Jan van Riebeeck uit te beeld. In 1972 is die NG-sendingkerkgebou gerestoureer en opgeknap teen R4495 en op 10 Februarie 1978 is die museum amptelik deur OA Saaiman (LUK) geopen. Die museum kan van Maandag tot Donderdag tussen 08:00 en 16:30 besoek word en Vrydag op 08:00 en 16:00. Kontak die koringbedryfmuseum by 022 433 1093 of stuur 'n epos na kormuseum@wcaccess. co.za of maak 'n draai by www.moorreesburgtourism.co.za. • Enigeen wat wil aansluit by die Vriende van die Museum-inisiatief kan 022 433 1093 kontak.

7


8 Promosie

7 Februarie 2018

NUUS • NEWS LANDBOU

De Kocks van De Grendel 136 jaar reeds

Bo: Truter en sy pa Jopie de Kock. Regs: Jopie met die geboorteregister van die De Kock-familie. Die De Grendel-plaas is reeds sedert 1881 in die besit van die De Kock-familie. De Grendel buite Malmesbury is reeds sedert 1881 in die besit van die De Kock-familie. Die plaas soos dit vandag daaruit sien, was oorspronklik twee stukke grond, De Grendel van de Paardeberg (68+ morg) en De Slot van de Paardeberg (980+ morg). Dit is op 27 Augustus 1714 uitgegee en op 26 April 1881 deur die eertydse eienaar, CSF Gouws, aan Joseph de Kock verkoop teen die prys van £4100. Sedertdien is De Grendel van generasie na generasie oorgedra aan die De Kock-seuns, buiten vir een dag in 1902, toe dit vir ‘n dag lank in die naam van Catharina Wilhelmina de Kock was, voor sy dit aan haar twee seuns, Andries en Joseph, bemaak het. Vandag is die plaas in besit van Jopie de Kock, met sy seun Truter aan die stuur. Truter se twee seuns, Jopie Jnr. en Hendrik, is tans besig is om hulself onderskeidelik aan die Universiteit Stel-

lenbosch en Boland Landbouskool te bekwaam om mettertyd as sesde geslag De Kocks die vaandel by hul pa oor te neem. Jopie Snr. glo daar is geen plaasvervanger vir ervaring nie en dat mens met vooruitsig moet boer. “Toe die eerste Eskom-lyn destyds van Malmesbury af Paarl toe aangelê is, kon die boere kies of hulle uitbetaal wou word en of hulle elektrisiteit wou hê. Die De Kocks het kragtoevoer gekies, terwyl die omliggende plase steeds op kragopwekkers aangewese was. Toe breek die oorlog uit en met die diens onderbrekings, was De Grendel vir jare lank die enigste plaas met 'n gevestigde kragtoevoer.” Die geskiedenis van De Grendel is ook nou verbonde aan dié van die Suid-Afrikaanse koringbedryf. Die gedagte aan ‘n graankoöperasie is op die plaas gebore, toe vriende daar vir ‘n geselligheid bymekaar was.


NUUS • NEWS AGRICULTURE

9

7 Februarie 2018

streekspioniers in Swartland

Promosie

Bo: Die grafte van Jozef de Kock 12 Oktober 1843 - 30 Julie 1894) en Katharina Wilhelmina de Kock néé Walters (26 Mei 1846 - April 1901) kyk vandag steeds uit oor die golwende landerye van De Grendel. Onder: Die foto's van die De Kock-geslagte.

Swartland Stormer: Die Die gesprek het oor graanbousake en die steeds stygende pryse van landboubenodigdhede gehandel. Na ‘n paar keer se samespreking is besluit om ‘n graankoöperasie te stig - die Westelike Graanboere Koöperatiewe Vereniging bekend as Wesgraan, wat later W.P. (Koöperatief) Bpk, of W.P.K. sou word. Jopie Snr. en Truter is dit eens dat boere deesdae al hoe slimmer moet werk om ‘n volhoubare bestaan te maak. “Dis belangrik om die besigheidsaspekte van boerdery te verstaan. Ons glo in ‘n ekonomie van skaal,” verduidelik Truter. “Maak nie saak hoe groot of hoe klein jy boer nie, die oorhoofse kostes bly dieselfde. Daarom doen jy per hektaar beter met ‘n groter boerdery.” De Grendel self beslaan deesdae 987 hektaar, en die De Kocks het aan die noorde van Malmesbury verdere grond bygekoop in die vorm van die plase Tweefontein, Vogelgesang en Weltevrede. Vandag boer hulle met koring wat aan Kaap Agri se silo gelewer word, en deur Wes-Kaap Graanprodusente Edms Bpk bemark word. Skape en kruisrasvleisbeeste word grootliks op veilings verkoop. Bykomende gewasse sluit kanola en wyndruiwe in. Laasgenoemde word gelewer aan Boland Kelder en Du Toitskloof Wynkelder. Truter voel bevoorreg dat hul familie reeds vir so lank ononderbroke op De Grendel kon boer. “Boerdery is in my bloed en ek wou nog nooit enigiets ander doen nie. Die wil om te boer is belangrik as jy ‘n sukses daarvan wil maak en so ook senuwees van staal. Dit, in kombinasie met konserwatiewe besteding, help mens om die wa deur die drif te trek.” Jopie stem saam. “Ons glo 'n mens koop nie dit wat jy nodig het nie, jy koop net dit waarsonder jy nie kan klaarkom nie.” Volgens lede van die gemeenskap is die De Kocks godvresende mense wat hul werknemers altyd met die grootste sorg en omsigtigheid behandel. Dit is ook duidelik te kenne aan die netjiese voorkoms van die verblyfgeriewe op die plaas, waarnaas daar onlangs voorsiening gemaak is vir ‘n gedenkmuur. Hier kan plaasbewoners

nou hul afgestorwe geliefdes met ‘n gedenkplaat vereer. Boerdery in die Swartland is natuurlik nooit sonder uitdagings nie. “Die reënvalpatrone van die afgelope twee jaar, het ons onder druk geplaas. So ook die gereelde veranderinge aan die indiensneming-nakomingsbeleid en uitsprake rondom grondbesit wat onbestendigheid in landboubeleggings bewerkstellig,” verduidelik Truter. “Ons is egter aanpasbaar. Op De Grendel kombineer ons konserwatiewe boerdery-metodes met moderne landboupraktyke om volhoubaarheid te verseker. Die sluit elemente van beide bewarings- en presisie-boerdery in wat ons toelaat om elke deel van die plaas volledig te benut. Die voortgesette vooruitgang in tegnologie, skep ook vir ons die geleentheid om produksie te verhoog en kostes te sny.”

Swartlander Johan du Toit het Saterdag op Boland-stadion vir die span van die Stormers uitgedraf in hul oefenwedstryd teen die Bulls. Du Toit het ook punte bygevoeg toe hy onder die pale gekuier het. In hierdie span het ook 'n oud-Swartlander sy staal gewys. Duncan Mathews, oud-leerder van die Hoërskool Swartland, het die Bulls-trui gedra. Die wedstryd het gelykop geëindig met 26-26.


10

Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962.

CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at

NUUS • NEWS

7 Februarie 2018 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/ malmesbury The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Swartland Voortrekkers 07 Februarie: Die Swartland Voortrekker hou byeenkoms om 17:45 by die Waspoor

Voortrekkerterrein (agter die HSS Freek Stander-saal) te Malmesbury - ons begin die verrigtinge met ‘n heerlike vrugtefees. Alle Graad R – 12 is welkom om in te skakel. Kontak gerus Sunet de Jongh (082 877 4789 of swartlandvoortrekkers@gmail.com) vir enige verdere inligting. Never Despair RVK 11 Februarie: Never Despair RVK hou hul jaarlikse kerkdiens by die Volle Evangelie kerk om 10:00

Vir enige navrae kontak mnr Kaza by 076 690 6520 House of Praise Ecclesia 16 February: HOPE Valentine's Gala. The theme of this event is Red Carpet as well as the dress code - red carpet style. Start at 19:30 at the Wesbank Civic Hall @ R150 per person For any further information contact Christopher Farao at 081 722 6198 West Coast Communi-

Kerke • Churches Vriend van God (AGS) Sondag-oggenddiens om 09:30 . Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200

House of Praise Ecclesia (HOPE) Sondagoggend diens om 10:00 by Vrolike Vinkies Vir enige verdere navrae kontak Past Enrico Cloete by 061 896 6326 AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178 Volle Evangeliekerk

Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 8279054.

PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30.Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St.

ty Foundation 17 Februarie: Die West Coast Community Foundation hou 'n fondsinsameling met die Rockets in die Malmesbury Stadsaal om 19:30 tot laat. Koste beloop R120 per persoon. Vir enige navrae kontak Magaret by 022 482 1993 of 079 719 9635 NGK Yzerfontein 18 Februarie: Fondsinsamelingsprojek vir die NGKerk se klankstelsel. Kom kry jou heerlike hamburgers, Thomas Street, Malmesbury; 10:00 Sunday Worship Service - All welcome. 10:00 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street,

BELANGRIKE KENNISGEWING UITNODIGING OM LEDE VIR RADE & KOMITEES VIR GESONDHEIDSFASILITEITE TE BENOEM Hiermee nooi die Provinsiale Minister van Gesondheid gemeenskapsliggame of persone uit om individue te benoem om in die Rade en/of Komitees van die gesondheidsfasiliteite te dien ooreenkomstig die Wes-Kaapse Wet op Rade en Komitees vir Gesondheidsfasiliteite, 2016 (Wet 4 van 2016). Die Provinsiale Minister moet ooreenkomstig artikel 5, 6 en 7 van die Wet lede in ’n Gesondheidsfasiliteitsraad en -Komitee aanstel. Benoemings word dus vir die volgende gesondheidsfasiliteite versoek: • Malmesbury-gemeenskapsdagsentrum • Darling-kliniek • Moorreesburg-kliniek • Riebeek-Kasteel / Riebeek-Wes-groep Volgens artikel 7 van die Wet, sal benoemdes aan die volgende benoembaarheidskriteria moet voldoen: (a) ’n Suid-Afrikaanse burger wees; (b) ouer as 18 jaar wees; (c) nie ’n ongerehabiliteerde insolvent wees nie; (d) nie, te eniger tyd, skuldig bevind gewees het nie aan; (i) ’n oortreding waarvoor hy of sy tot gevangenisstraf sonder die keuse van ’n boete gevonnis is; of (ii) diefstal, bedrog, vervalsing, die in omloop bring van ’n vervalste dokument, meineed, enige misdryf ingevolge die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, 2004 (Wet 12 van 2004), of enige misdryf waarvan oneerlikheid ’n element is, hetsy in die Republiek of elders indien die optrede wat die oortreding uitmaak ’n oortreding in die Republiek sal wees; (e) toewyding tot gemeenskapsdiens toon; (f) steun vir die missie en waardes van die betrokke gesondheidsfasiliteit toon; en (g) ’n hoë vlak van persoonlike integriteit en eerlikheid toon. Benoemings moet die volgende inligting insluit: 1. Besonderhede van die organisasie of persoon wat die benoeming maak wat hul naam, adres en handtekening moet insluit; 2. Die naam van die gesondheidsfasiliteit waarvoor die benoeming gemaak word; 3. Die volle naam en adres van die benoemde; 4. ’n Ondertekende afskrif van die benoemde se curriculum vitae; 5. Die motivering vir die oorweging van die benoemde as ’n geskikte lid van die Raad of Komitee; 6. ’n Verklaring deur die benoemde van sy of haar bereidwilligheid om ’n lid van die Raad of Komitee te wees. 7. Buiten die bogenoemde, ingevolge artikel 5 en 6 van die Wet, moet die volgende inligting die benoemings vergesel: a. Die volle naam en adres van die liggaam wat die individu benoem en ’n afskrif van die grondwet van die liggaam of ’n ander stigtingsdokument; b. ’n Aanduiding van of die benoemde ’n lid van die liggaam is wat die benoeming maak en, indien wel, die lengte van die benoemde se lidmaatskap, en indien die benoemde nie ’n lid is nie, hoekom die liggaam daardie persoon benoem. Persone of liggame wat benoemings maak asook benoemdes moet asseblief op die volgende let: • Die Provinsiale Minister van Gesondheid sal lede van die Rade en Komitees aanstel. • Die posisie van ’n lid is vrywillig met geen besoldiging daaraan verbonde nie. • Lede kan egter vergoed word vir sekere reis- en verblyfonkoste wat aangegaan is. Kontakpersoon: Dr. DG Schoeman, Kontaknommer(s): 022 487 9207 / 9264, e-pos-adres: danie.schoeman@westerncape.gov.za of lifelong.leadership@gmail.com Benoemings moet gerig word aan die persoon wat hierbo geïdentifiseer word en by die naaste gesondheidsfasiliteit afgelewer word of: Aandag: Dr. B Smith, Swartland-subdistrik, Swartland-hospitaal, Privaat Sak X2, Malmesbury 7299. Die sluitingsdatum vir alle benoemings is 28 Februarie 2018. Afskrifte van die Wes-Kaapse Wet op Rade en Komitees vir Gesondheidsfasiliteite, 2016 (Wet 4 van 2016) is verkrygbaar by die geïdentifiseerde kontakpersoon hierbo. Vir meer inligting, besoek gerus ons webwerf www.westerncape.gov.za/dept/health

Kaas (R55), Burger (R50) en skyfies na gesamentlike diens te Darling en kuier sommer lekker verder saam by Yzerfontein NGK. Kaartjies beskikbaar by kerkkantoor Never Despair RVK 3 Maart: Never Despair RVK hou rugby-dag met verskeie klubs en hope aktiwiteite. Vir enige navrae kontak mnr Kaza by 076 690 6520 KANSA Relay for Life Malmesbury

3 – 4 Maart 2018 Malmesbury se KANSA Relay for Life is hierdie jaar 10 jaar oud en vind weer plaas by Hoërskool Swartland se Rugby A-veld. Spanne stap saam deur die nag. Dagbesoekers welkom vanaf 17:30 tot 23:00 – Kostes R20 vir volwassenes en R10 vir Laerskool kinders. Vir navrae kontak Voorsitter Suretha Burger by 082 713 5862 of KANSA personeel vennoot Amber Zandberg 022 482 1111

Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168

Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 or email: info@vpci. org.za.

Shofar 11 Februarie: Sondagoggend diens om 09:30 preek Johnny Philander en tydens die aanddiens om 17:30 bring De Waal Esterhuizen die woord te Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640.

River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury 11 Februarie by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae - 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury.


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4602 ----VERSORGER gesoek vir bejaarde egpaar te Riebeek Kasteel. Eie vervoer noodsaaklik. Faks CV na 022 4821177 gemerk: #4611 Versorger --------------------------------DIENSTE SERVICES DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554 #4551 --------------------------------TE HUUR TO LET BACHELOR woonstel te huur. Sentraal geleë, Malmesbury. R2800 per maand. Koopkrag. Skakel 083 411 3794 / 082 325 9330 #4607 ---Kothuis te huur. 2 Slaapkamers, koopkrag, water uitgesluit. Beskikbaar 1 Maart. R5500. Kontak 083 455 1112 #4612 ---TITUS EIENDOMME: Malmesbury: WESBANK. R6000,00 - 3 slaapkamer, 3 badkamers, sit-, eetkamer en kombuis. Goeie area. Kontak: 082 780 1380 #4613

7 Februarie 2018 MEMORIUMS IN MEMORIAM

GERT SWARTS. 5 Februarie jou eerste verjaardag weg. Verlange en gemis is groot. Liefde - ses susters, Ma en broer ---------------------------------

MARTHINUS SAMEULS (Tarra). 10 Februarie. Jou eerste verjaardag weg van ons. Mis jou oneindig - Antoinette, kinders en peetkind ---------------------------------

LIESBET MENTOOR "Sussie". 7 Februarie. Reeds vyf maande. Liefde - Panties, Jonthy, Zet, kleinkinders, Oumyt en familie --Rus sag ons koningskind.

Liefde - Daddas, Ney, Loes, Stella, Tollas, Derrick, Klasie, Boeta & Syster familie ---------------------------------

ELSIE DAMON. 5 Februarie. Ouma is twee jaar weg van ons. Ons mis ouma elke sekonde van die dag - Dogter, kleinkinders, agterkleinkinders en skoonseuns ---------------------------------

STEPHANUS APOLIS. Op 9 Februarie sou jy 52 jaar geword het. Jy vier dit nou in die hemel. Liefde - Jou vrou en twee seuns --------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS Guess who is ONE on 10 February 2018? Happy birthday AYESHA. Love you very, very much Mamma, Pa Len en Romi ----Happy birthday Princess. We love you - Nanna, uncle Lemore, Mielo and Maddi

HAYLAN DUDLEY. Ses op 6 Februarie. Gelukkige kroonverjaardag. Liefde - Ma, Pa, broer, Papier en Dudley familie --------------------------------KEANAN MAJIET. Jy moet lekker verjaar. Ons is baie lief vir jou - Mammie, Ouma en 3 broers ---Gelukkige 18de verjaardag ons vriend Rosco, T.C. & Damian --------------------------------KEANEN JOUBERT. Veels geluk met jou verjaardag. Lekker verjaar. Lief vir jou - Mammie, broer en suster --------------------------------GERTY KAROLUS - Ma duisend, geluk met jou geboortedag en alles wat mooi is. Liefde - Jolene, kinders en Mendolene --------------------------------Baie geluk met u verjaarsdag Juffrou Niemand. Van Carneys Sbl, personeel en kinders --------------------------------MOOS JANSE. Baie geluk met jou verjaarsdag ons is baie lief vir jou .van jou vrou en kinders --------------------------------GERALDO COMBRINK. Geluk met jou geboortedag vieringe op 1 Februarie. Lief vir jou - Ma, suster en Cedwyn --------------------------------LEE-VIRGO DAVIDS. Hoop jy 'n lekker verjaardag gehad. Liefde - Ma, Ricky & Terry --------------------------------Raai wie word 21? Baie geluk met jou verjaardag. Liefde - Pa, Ma, AJ, Enis, Andre, Akeelah en Payton --------------------------------Geluk ANDREA met jou verjaardag op 7 Februarie. Liefde - Mammie, susters en Em-Jay --------------------------------CRISTINA WARRIES. Geluk met die verjaarsdag. Liefde - Mia en vriende --------------------------------6 Februarie. Baie geluk met jou mondigwording. Ons is baie lief vir jou - Mammie, Pappie, Shauneen en Tino --------------------------------LEE-DEANO. Drie op 9 Februarie. Baie geluk. Bly altyd my hart se punt. Baie liefde - Ouma Sylvia, Oupa Harold, Allistair, Carlisle, Jayden, Mammie Charley --------------------------------MERLIN CAROLISSEN. Geluk Mammie met u

verjaardag. Liefde - Zahira en Phayton --------------------------------RICARDO JANTJIES. Geluk met jou geboortedag op 5 Februarie my mooie broertjie. Geseende dag.

Liefde - Jou Atta --------------------------------PATRICK DANSTER. Gelukkige 26ste verjaardag my lief. Met baie liefde Jou Bokkie ---------------------------------

Baie geluk met u verjaarsdag Juffrou Niemand. Van Carneys Sbl, personeel en kinders --------------------------------MOOS JANSE. Baie geluk met jou verjaarsdag ons

11

is baie lief vir jou .van jou vrou en kinders 10 Februarie. --------------------------------JANA SYSTER "Daddas". Mamma is vir 49 jaar uitgespaar. Liefde - Klasie,


courant

12

NUUS • NEWS

7 Februarie 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

7 Februarie 2018

Die o.15-krieketspan van die Hoërskool Dirkie Uys het met 194 lopies teen die span van Hugenote Hoërskool gewen. Sien uitslae in kassie.

GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 31 Januarie - Supa Quick - Enkel Stableford Lindsay Meyer 19, Mathinus Jacobs 18, Appie van der Merwe 18, Ewald Liedeman 18 Saterdag, 3 Februarie - Maandlikse Houespel: Ewan Liedeman 66, Martin Mostert 69, John Smith 69, Natie Smith 70, Peter Hardcastle 71, Roscoe Liedeman 71, Dirk Ross 72, Helgard Rabie 72, Jacques Cilliers 72, Adriaan Louw 72

Netbal: Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Vrydag 'n

mini-netbaloefenkamp aangebied vir 25 van die o.19-proefspelers. Annelie Lucas, afrigter van die Southern Stings en Brutal Fruit-spanne, het die sessie hanteer, saam met sewe van die skool se afrigters. Hier is Wanda Lesch, Christine Bester en Annelie Lucas. Foto: Marlene Ligthart

Knortjorre brul

Droomspan: Die Wesbank-rugbyklub se droomspan het die afgelope naweek deel-

geneem aan die Cape Town 10's. Die droomspan is ‘n span wat jaarliks na afloop van die Wesbank 7's gekies word uit die spanne wat aan dié toernooi deelneem. Vanjaar het die organiseerders van die Cape Town 10's die span genooi om deel te neem aan dié gewilde toernooi. Die spelers het een oefensessie gehad en nie een van die spelers het ervaring van die 10-mankode nie. Uit die staanspoor het die spelers gewys dat hulle ‘n span gaan wees om mee rekening te hou. Op die eerste dag het die span twee wedstryde gewen en een gelykop gespeel. Die span het die Duka Boys in die halfeindstryd met 14-12 geklop en deurgedring na die finaal. In die finaal klop die begeesterde span ‘n baie fisieke West Coast Crew-span met ‘n telling van 26-7.

Saterdag was die eerste SOK-byeenkoms van 2018. Almal was opgewonde en kon nie wag dat die verrigtinge begin nie. Vroeër die week was die bestuur baie bekommerd dat daar nie water beskikbaar gaan wees om die baan nat te maak nie, maar kon betyds gryswater bekom. Daar was heelwat besoekers van die Kaapse klub en lede van George het ook kom deelneem. ‘n Totaal van 73 karretjies het deelgeneem en twee klasse moes in twee groepe ingedeel word. ‘n Nuwe klerk van die baan het diens gedoen wat hom goed van sy taak gekwyt het. SOK is nou in die helfte van die wedren seisoen en almal probeer baie hard om punte op te bou om as kampioen in sy of haar klas aangewys te word.

Swartlander aan stuur van Namibiese rugby 'n Boorling van Malmesbury, Mervin Green, is pas deur Namibië Rugby aangestel as die hoof uitvoerende beampte. Volgens die president van dié buurland se rugby-unie, Bradley Basson, is daar baie werk wat hier gedoen moet word. "Ek is seker dat ons die regte keuse gemaak het deur hom aan te stel, want sy vorige suksesse in ander lande, kan hiervoor getuig," het Basson by die bekendmaking gesê.

Malmesbury

Green het vanaf 1980 tot 1988 aan sy rugbyloopbaan gebou en na afrigting en administrasie oorgeskakel en ook onder-voorsitter van die Suidelike Afrika Rugby Skole-vereniging in 1997 geword. As 'n senior lid van SARU, was hy verantwoordelik vir die opstel van beleide en strategieë en ook die bestuur van alle junior toernooie en spanne. Sy laaste posisie by SARU was as bestuurder van strategiese transformasie.

Sportuitslae Sports results

KRIEKET SKOLE NUUS: Die O.15A-krieketspan van Hoërskool Dirkie Uys wen Hoërskool Hugenote die afgelope naweek met 194 lopies. HDU kolf eerste en behaal 285 lopies vir die verlies van 5 paaltjies na 50 beurte. Hugenote behaal daarna 91 lopies vir die verlies van 10 paaltjies ba 28 beurte. Beste kolwers: Derick Bester (125 lopies) en Keewan Titus (58 lopies) Beste boulers: Derick Bester (3 paaltjies), Li Paulsen (3 paaltjies) en Stephan Liebenberg (2 paaltjies) Die O.19A’s verloor teen Hoërskool Porterville met 5 lopies. Porterville kolf eerste en kry 96 lopies vir die verlies van 10 paaltjies na 25 beurte. HDU behaal 91 lopies vir die verlies van 10 paaltjies na 33 beurte. Beste kolwers: Marco-John Hayward (30 lopies) en Rossouw Greeff (18). Beste boulers: Esra Pietersen (4 paaltjies) en Deon-Thys Smit (3 paaltjies) TENNIS Malmesbury Tennis Uitslae -Saterdag 10 Februarie 2018. Malmesbury Mans. Malmesbury A wen Van Der Stel 4 wedstryde teen 2. Jarryd Howard k Anton Meyer 6/4;6/3; James Howard v Andre Grobler 6/4;4/6/7/10; Dmitri Marais k Marius Blom 6/2;6/1 Braam Isaacs k Mark Du Plessis 6/1;6/1 Jarryd Howard & James Howard v Anton Meyer & Andre Grobler 4/6;2/6 Braam Isaacs & Dmitri Marais k Marius Blom & Mark Du Plessis 6/4;6/4 Malmesbury B wen Strand 5 wedstryde teen 0. Dirk Lategan k Hennie Westraat 6/1;6/0 Willem Coetzee k Yanga Nogwanya 6/4;6/0 Divan Robertson & Kristoff Isaacs k Bertus Visser & Andre Rossouw 6/2;6/2 Dirk Lategan & Willem Coetzee k Bertus Visser & Andre Rossouw 6/3;6/2 Divan Robertson & Kristoff Isaacs k Hennie Westraat & Yanga Nogwanya 6/0;6/1 Malmesbury C wen Rekreasie 5 wedstryde teen 0. Marius Willemse k Corne Thom 6/0;6/0 Hennie Blom k Kyler Tennant 6/2;6/1 Daryl Blom & Johan Burger k Danie Olivier & Luan Olivier 6/4;2/6;11/9 Darryl Blom & Johan Burger k Corne Thom & Kyler Tennant 6/4;6/1 Marius Willemse & Hennie Blom k Danie Olivier & Luan Olivier 6/0;6/1. Vroue Malmesbury A wen Bottelary 4 wedstryde teen 1. Gabi Rose k Linda Ras 6/2;6/2 Antonette Snyman k Arina Muller 6/1;6/0 Liza Mari Lategan & Erine Lategan k Elmarie Viljoen & Rowena Kriger 7/5;6/1 Gabi Rose & Antonette Snyman k Elmarie Viljoen & Rowena Kriger 6/2;7/6 Liza Mari Latregan & Erine Lategan v Linda Ras & Arina Muller 5/7;2/6. Malmesbury B verloor teen Kuilsrivier met 4 wedstryde teen 1 Janine Coetzee v Delia Maarman 1/6;4/6 Jessie Liebenberg v Roeline Van Schalkwyk 5/7;2/6 Marina Van Der Merwe & Christina Van Der Merwe v Annelie Van Schalkwyk & Marieta Oosthuizen 0/6;1/6 Janine Coetzee & Jessie Liebenberg k Annelie Van Schalkwyk & Marieta Oosthuizen 6/2;6/3 Marina Van Der Merwe & Christina Van Der Merwe v Delia Maarman & Roeline Van Schalkwyk 0/6;1/6.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
455 dié courant swartland by DieCourant - Issuu