Skip to main content

454 dié courant Wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

31 Januarie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Uitgawe 454

Bou saam met goeie nuus

31 Januarie 2018

•TRADISIE TROTS VOORTGESIT OP WELLINGTON

Klopse kookwater •Jaomi Zeeman Saterdag 27 Januarie was ‘n groot hoogtepunt op die plaaslike Klopse se kalender. Dit was die finale rondte van hul jaarlikse kompetisie en die onderskeie groepe kon vir oulaas in die laaste kategorieë van die kompetisie met mekaar meeding. Die wenners van die onderskeie kategorieë is ook aangekondig. Wellington se strate is reeds vroeg Saterdagoggend in aansteeklike ghoema-klanke gehul en die kleurvolle uitrustings van die verskeie groepe wat deur die strate geloop het, het vir groot vermaak gesorg. Dorpenaars het hul aan die vermaaklike danspassies, vernuftige orkesspel en lekkerte van hierdie tradisie vergaap. Klopse-groepe in die dorp het hulself in twee unies verdeel en neem aan twee verskillende kompetisies deel. Een groep neem op Boland-stadion, en die ander by Pelikaan-park deel. Die eerste rondte van die kompetisie het op Nuwejaarsdag en die tweede rondte op 13 Januarie plaasgevind. Tydens die eerste rondte moes groepe in die afdelings vir “Best board”, “Best dressed”, “Best band”, “Grand march pass”, die junior moppie in Afrikaans, die senior moppie in Engels en die “Junior Combine” meeding. In die tweede rondte op 13 Januarie, is die afdelings vir “Junior drummajor”, junior duet, “Adult coon song”, “Senior combined chorus” in Engels, die senior duet en die “Junior combined chorus” in Afrikaans afgehandel. Tydens Saterdag se finale rondte moes die verskeie groepe hul staal in die afdelings vir “Senior drummajor”, “Group song”, Junior solo, “Senior moppie” in Afrikaans, “Senior combined chorus” in Afrikaans en die senior solo wys. Hierdie tradisie het ‘n jarelange geskiedenis en weerspieël die ryke erfenis wat sedert die dae van slawerny aan die Kaap in stand gehou is. Wellington is die enigste dorp buite die Kaapse metropool met ‘n Klopsekultuur wat al vir meer as 100 jaar deur die gemeenskap in stand gehou word. Die hitte ten spyt, was daar geen keer aan die deelnemers se energieke optredes en die ondersteuners se toejuiging op die volgepakte hoofpawiljoen nie.

Beoordelaars moes omtrent kopkrap om die beste groep in elke afdeling te kies. Volgens hulle was die kwaliteit van die vertonings van ‘n baie hoë gehalte en haal hulle hul hoed af vir die groepe wat soveel moeite gedoen en so hard geoefen het. Die kriteria vir elke afdeling is baie streng toegepas en groepe is deeglik van die vereistes vir elke item bewus. Die Drakenstein Coon Carnival Association, wie se lede op Boland-stadion aan die finaal deelgeneem het, het ‘n breedvoerige lys met die uiteensetting van die spesifikasies waaraan deelnemers in elke afdeling moet voldoen. Die Klopse-groepe wat Saterdag aan die finale rondte van die Coon Carnival deelgeneem het, was Drakenstein Youth Development, Pniel

Eerstejaars begin op hoë noot

Nel se pen nou stil

Entertainers, Pelican Sylvanians, Fabulous Pearlites en die Caledonian Roses. Die Caledonian Roses, wat met 12 eerste plekke spog, is as die kampioen van 2018 aangewys, terwyl die Fabulous Pearlites in die tweede en Pelican Sylvanians in die derde plek geëindig het. Die skouspel van helder, netjiese uitrustings, kleurvolle bykomstighede, foutlose samespel, goed uitgewerkte danspassies en aansteeklike energie van al die orkeste en groepe het van maande se deeglike voorbereiding en ure se oefening getuig. Hierdie tradisie, wat in 2018 steeds voortleef, is veel meer as ‘n blote vertoning of makietie – dit is ‘n integrale deel van die geskiedenis en erfenis van ons dorp, streek en land.

Boland-balle rol plaaslik

NUUS • NEWS


2

31 Januarie 2018

•UITSTALLINGS, GESPREKKE

Besige jaar wag op Breytenbach-sentrum Die jaarprogram van die Breytenbach-galery voorspel dat 2018 ‘n jaar propvol ongelooflike uitstallings en interessante gesprekke gaan wees. Elke maand is vol hoogtepunte en prikkelende aktiwiteite. Volgens Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery, skop hulle die jaar op ‘n hoogtepunt af met 'n solo-uitstalling van Wilna van der Walt. “Die opening op 10 Februarie sal ‘n begeleide deurloop en gesprek met die kunstenaar wees en die openingspreker is Amanda Botha. Op die 24ste sal daar ‘n gesprek oor die ‘maak’ deur Marita de Wet, ‘n Jungiaanse analis, met die kunstenaar wees. Februarie voel amper vir my na ‘n sielkundige maand by die galery, want, ook op die 24ste, sal Lizette Rabe en Dana Snyman ‘n gesprek oor ‘die swart hond’ hier aanbied,” verklap sy. Buiten die uitstalling en gesprekke wat in Februarie die bo-toon by die Breytenbachsentrum sal voer, sal hulle ook op 2 Februarie Wêreld Leesdag met ‘n leesmarathon vir kinders vier. In Maart kan Wellingtonners uitsien na ‘n uitstalling deur André Knoesen. Hierdie kunstenaar het onder andere al die grootste plafon-fresco in die Suid-Kaap by die Diaz Hotel geverf. Hy is ook verantwoordelik vir talle groot kunswerke by Sun City. Hierdie uitstalling word in April met ‘n Olive Schreiner-uitstalling deur

Andries Bezuidenhout, Susan Bloemhof en Catherine Brennon opgevolg. Elsabé Brits sal die openingspreker wees. “In Mei gaan ons ‘n ‘blou’-uitstalling in samewerking met die Pniel-galery hê en in Junie en Julie ‘n ‘naakte waarheid’-uitstalling deur dokter-kunstenaars. In Augustus sal ons ‘Shakespeare’s sister”-uitstalling ‘n teatrale smakie aan die galery verleen,” sê Anne-Ghrett. Tydens die Tuin van Digters in September wag daar ook interessante uitstallings by die galery en die jaar sluit op ‘n hoogtepunt af met ‘n ‘Nou gaan die poppe dans’-uitstalling in Desember. Volgens Anne-Ghrett is sy ook baie opgewonde oor die feit dat die Breytenbach-galery hierdie jaar met die kunsdepartement van CPUT se Wellington-kampus gaan saamwerk. “Dit is wonderlik dat die galery met CPUT se kunsmense kon hande vat. Die studente gaan hierdie jaar van hul kunsprojekte by die galery kom doen en dele van hul kursus is op die uitstallings in die galery gebaseer. Een van hul voormalige studente, Chrislie Dreyer, sal ook van 23 Februarie tot 8 Maart ‘n solo-uitstalling hier hou,” sê sy. Vir meer inligting oor die uitstallings, kan belangstellendes die Breytenbach-galery by 021-864 2988 of galery@breytenbachsentrum. co.za kontak. Meer inligting is ook op hul webtuiste, www. breytenbachsentrum.co.za, beskikbaar.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www. diecourant.co.za.

NUUS • NEWS

Eerstejaars begin studies op prettige noot

Die eerstejaarstudente wat die afgelope week vir oriëntering op die Wellington-kampus van CPUT ingeval het, is gul ontvang het reeds talle opwindende aktiwiteite aangepak om die dorp beter te leer ken. Met die samewerking van besighede in die dorp, het hierdie aktiwiteite heerlike hoogtes bereik en hulle baie tuis laat voel. Op Dinsdag 23 Januarie het al die eerstejaars in koshuisverband aan ‘n “burger-kompetisie” by Steers deelgeneem. Studente het in kreatiewe uitrustings, met gepaste liedjies en krete vir hierdie geleentheid opgedaag. Die studenteraad en huiskomitees van CPUT, in samewerking met Lizel Steyn van Steers en Debonairs, sowel as lede van die ATKV, was vir die reëlings van die aktiwiteite verantwoordelik. Volgens Lizel is dit vir haar ‘n voorreg om by die studente-aktiwiteite en pret betrokke te wees. “Ons wil graag die nuwe studente laat welkom voel en dit is altyd lekker om op so ‘n manier ook in die gemeenskap betrokke te wees,” het sy gesê. Die onderskeie koshuise, sowel as eerstejaars in die privaatwyk, het in verskillende afdelings om heerlike pryse teen mekaar meegeding.

Die beste kreet, beste dans en beste uitrustings is beoordeel. Studente kon boonop aan ‘n burger-eet-, roomys-eet- en ‘n burger- en pizza-bou-kompetisie deelneem. Die span met die beste gees is ook aangewys. Onder die pryse wat hulle gewen het, is geskenkbewyse, hoedjies, waterbottels en ander aandenkings van die borge. Huis Murray is uiteindelik as die groep met die beste uitrustings aangewys. Huis Meiring se studente het die geesbeker verower en Huis Wouter Malan het met die prys vir die beste kreet weggestap. Die beste dansers was Rozanne Steenkamp, Elroy Vivashe en Shahree Felix, terwyl Crystell Rheenis die vinnigste ‘n pizza kon bou en Abigail McLachlan van Huis Meiring die eetkompetisie gewen het. Die Mnr. SA-finalis, Heinrich Gabler, het ook ‘n draai by die aktiwiteite gemaak en lede van die ATKV het ook die inisiatief ondersteun. “Hierdie is ‘n lekker plek. Dit is klaar vir my heerlik hier op Wellington en ons is sommer klaar ‘n lekker klomp bymekaar. Ek dink ek sal my studies hier baie geniet,” het een van die studente laat hoor.


NUUS • NEWS

Elvis toor met musiek

Die gewilde Elvis Blue, wenner van die sesde Idols-kompetisie en ‘n kunstenaar met verskeie trefferliedjies op sy kerfstok, het sy vertonings vir 2018 met ‘n optrede by die Breytenbachsentrum se Bôrdienghuis afgeskop. Op Vrydag, 26 Januarie, het hy voor ‘n stampvol teater van sy gewildste liedjies, sowel as ‘n paar nuwe treffers gesing. Met sy vehoogpersoonlikheid, sy stem en meesleurende, oorspronklike liedjies, het hy die gehoor in die palm van sy hand gehad. Hy het selfs een van die gehoorlede, wat sy verjaardag gevier het,

Museum-fotokompetisie:

3

31 Januarie 2018

spesiaal toegesing. Elvis het sy musiek met inspirerende persoonlike staaltjies vermeng. “Ek ken jong mense wat eintlik baie oud is en ou mense wat eintlik baie jonk is,” het hy onder andere gesê. Die warm atmosfeer, goeie musiek en hartlike saamkuier het die werklike Wellington-hitte meer draaglik gemaak. “Dankie dat julle saamgekuier, saamgeluister en saamgesweet het vanaand. Dit was baie lekker om hier te kuier,” het hy aan die einde van sy vertoning gesê.

Hy het vir 38 jaar in die destydse Wellington Stadsraad gedien en was vir twee termyne burgemeester van Wellington. Antwoorde kan per epos gestuur word aan Wellington Museum by welmus@telkomsa.net. Die antwoord van die vorige kompetisie was Josephine Abrahams (Fortuin).

•HULDE AAN GROOT GEES

Nel se pen nou stil Johan Nel het op Dinsdag 23 Januarie sy stryd teen kanker verloor. Hy was vir jare ‘n bekende gesig op Wellington. Hierdie verslaggewer met ‘n jarelange suksesvolle geskiedenis in die joernalistiek, het met sy notaboekie en kamera deel van al die dorp se stories geword en ‘n mens kan jou kwalik ‘n geleentheid sonder sy teenwoordigheid voorstel. Sy pen is nou stil. Johan, wat in Desember sy 80ste verjaardag gevier het, was tot aan die einde allesbehalwe ‘n verveelde bejaarde wat koerantwerk doen om sy tyd om te kry. Hy was ‘n gesoute nuusman, skrywer, televisie-vervaardiger en uitgewer wie se stories gewone mense aangegryp het. Hy was ‘n stille waarnemer wat al Wellington se stories gevolg en geloofwaardige verslag daaroor gedoen het. Buiten sy bedrewenheid as verslaggewer, was Johan ook ‘n natuurliefhebber met ‘n wye kennis van onder meer die Gariep. Dit was sy geliefde grootwordwêreld en die rivier was ‘n aar wat deur vele van sy werk gevloei het. Daar is aan die einde van 2017 ‘n dokumentêre reeks oor die "Eilande van die Gariep", waarvan hy die draaiboekskrywer en vervaardiger was, op KykNet uitgesaai. Hy het in 1980 ook ‘n reeks oor die Oranjerivier vir televisie vervaardig en het ook in 1987 ‘n Artes-toekenning vir ‘n dokumentêr oor die Verlorenvlei gewen. In sy omnibus, “Piet Kokkewiet, Kokkewiet”, vertel hy ook die verhale wat in die interessante rivierwêreld van die Benede-Oranjeriviervallei afspeel. Johan was ‘n stille getuie van alles wat in Wellington afgespeel het. Hy was egter meer as dit.

Sy geselsies, humorsin, liefde vir die dorp en sy mense en sy onkonvensionele standvastigheid sal deur talle onthou en gemis word. Miskien getuig Johan se laaste woorde tydens ‘n onderhoud met dié courant aan die einde van 2017 die beste van sy menswees. “Ek het geleer om objektief na dinge te kyk dit is seker maar iets wat jy uit koerantwerk kry. Iets wat ek by my pa geleer het, is dít: ons moet saamwerk en mekaar help, ons is almal mense; doen wat jy weet die regte ding is,” het hy gesê.


31 Januarie 2018

courant

dié

4

Regte mense

“Menseregte? Aikôna! Regte mense.” Dit was die treffende boodskap wat dr. J.W. Beukes tydens Hugenote Kollege se akademiese opening op 29 Januarie aan die nuwe studente gebring het. Volgens hom maak mense deesdae soveel aanspraak op menseregte, dat hulle vergeet om die regte mense te wees. “Regte mense” is miskien presies wat ons nodig het in ‘n tyd wat ‘n mens maklik deur die vlaag negatiewe situasies en donker vooruitsigte verswelg kan word. Mense met verantwoordelikheid, sosiale bewussyn, goeie waardes, ‘n positiewe ingesteldheid, goeie werksetiek, inisiatief, min oordeel en bowenal ‘n bereidwilligheid om te help en te werk waar dit nodig is, is heel moontlik die soort “regte” mense waarna dr. Beukes verwys het. In Wellington hoef ons gelukkig nie ver te soek vir die “regte mense” nie. Hier is soveel mense wat hulle nie deur negatiewe omstandighede, moeilike besluite of ‘n tekort aan hulpbronne laat pootjie nie. Hier is soveel instansies wat die beste belange van die dorp en die hele breër gemeenskap op die hart dra. Hier is talle mense wat elke dag die regte ding op die regte manier doen, sonder om selfsugtige motiewe te hê. So is daar die Guardians of the Valley, wat saam met St. Albans se omgewinsklub en Breaking Barriers besig is om ons begraafplase in ere te herstel. Ons het ook die Wellingtonse Klopse wat, ten spyte van sosiale probleme, iets konstruktiefs doen om ons erfenis in stand te hou en te vier. Plaaslike besighede is die “regte mense” wat help om al die nuwe studente op ons dorp te verwelkom. Ons skole doen die regte ding deur ons jeug se talente en sportpotensiaal te ontwikkel en geleenthede te skep vir ontwikkeling. Pauw Gedenk Primêr stel die voorbeeld van “regte mense” met hul waterprojek. Ons krieket en rolbalklubs verseker gemeenskapsbetrokkenheid en konstruktiewe rekreasie met hul inisiatiewe en toernooie. Die Breytenbach-galery skep geleenthede sodat “regte mense” ook soms ‘n ander invalshoek op die lewe kan kry. En oom Johan Nel se nalatenskap en voorbeeld laat die spore waarin ander “regte mense” kan volg. Mag elkeen hierdie week die “regte mense” om ons raaksien en probeer om self ook een te wees.

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Geseënd is die man wat die Here vrees

Psalm 111 en 112 is twee psalms wat ‘n mens kan saam lees. Hulle is beide alfabetiese psalms, wat beteken dat elke vers in die Hebreeus se sin begin met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet. Psalm 111 handel oor die Vader, lof aan Hom en oor sy werke. Van sy eienskappe word beskrywe. Sy dade is majesteit en heerlikheid. Sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. Die Here is genadig en barmhartig. Hy dink vir ewig aan sy verbond. Die werke van sy hande is trou en reg, sy bevele is betroubaar. Die psalm sluit met die vrees van die HERE is die beginsel van wysheid. Psalm 112 is ‘n voorstelling van die kind van die HERE, en die eerste vers begin met die vrees van die HERE. Geseënd is die man wat die HERE vrees. Die man se nageslag sal geweldig wees op die aarde, en sy geregtigheid sal bestaan tot in ewigheid. Hy gaan op soos ‘n lig in die duisternis. Sy volle vertroue is op die HERE, sy hart is gerus, hy vrees nie vir slegte tyding nie. Is ons voorbeeld ook ons Vader in die hemel?

NUUS • NEWS

Instansies spring in en help met opruimingswerk

Op Saterdag 27 Januarie het verskeie instansies hande gevat en met opruimingswerk in die ou begraafplaas in Hillcrest begin. Hierdie inisiatief is te danke aan die samewerking tussen Guardians of the Valley, St. Albans se Anna Williams omgewingsklub en Breaking Barriers. Talle ledevan hierdie organisasies, gepantser met swartsakke en handskoene, het reeds vroeg Saterdagoggend by die begraafplaas in Aandblomstraat ingeval om met die opruimingswerk te begin. Volgens Avron Appollis van Breaking Barriers, is die projek deur Guardians of the Valley geïnisieer. “Die projek om die begraafplaas skoon te maak is deur Guardians of the Valley, wat deur Natasha Downe, ‘n oud-Wellingtonner wat nou in Londen woon gestig is, begin. Breaking Barriers en St. Albans se omgewingsklub het dadelik ingestem om te help toe sy die idee aan ons voorlê,” het hy gesê. Sedert die begin van die projek is 15 van die ou grafte al herstel. Onder leiding van die projek-koördineerder, Godfrey Peterson, lyk die begraafplaas reeds baie beter en is talle van die omgevalle grafstene weer op hul plek. Avril verduidelik dat hulle die begraafplaas as ‘n deel van ons dorp en mense se erfenis beskou, en daarom besluit het om aandag aan die vervalle terrein te skenk. “Wat soos ‘n paal bo water uitstaan, is die feit dat ons oumas en oupas en familielede daar begrawe lê. Breaking Barriers het baie met die jeug en dwelmverwante probleme te doen. As die jongmense weet waar ons vandaan kom en

hul herkoms kan waardeer, sal hulle beter insig hê in hul identiteit. Dit gaan oor meer as skoonmaak, dit gaan oor die terugbring van waardes. Ons betrek jongmense met dwelmprobleme om hulle iets konstruktiefs te laat doen. Ons wil weer ‘n omgee-gesindheid, trots en samehorigheid in ons gemeenskap vestig wat vandag deur sosiale euwels uitmekaar gedryf word,” het hy verduidelik. Buiten die feit dat daar elke Saterdag ‘n span vrywilligers met die opruiming help, is daar ook elke dag mense wat saam met Godfrey Peterson werk om die grafte te herstel. “Met ons harke, grawe, vurke, swartsakke en handskoene gaan ons daardie plek nuwe lewe gee,” sê Avron. Die munisipaliteit help hulle met die wegry van die rommel. Daar is ook planne om ‘n heining rondom die begraafplaas te bou wat verdere verval sal keer. “Wanneer ons met die opruiming by die Hillcrest Begraafplaas, gaan ons ook die Champagne Begraafplaas aandurf. Ons nooi almal uit om deel van die projek te word. As jy sement of sand wil skenk of sommer net elke Saterdag wil kom help skoonmaak, is enigeen welkom,” sê Avron. Hulle beplan ook ‘n paar ander projekte saam met Guardians of the Valley hierdie jaar. Dié gedugte span gaan dwelm- en alkoholintervensie doen en ‘n mobiele boeke-uitreikprojek loods. St. Albans se omgewingsklub gaan, soos in 2017, onder leiding van Heinrich Appollis, met hul skoonmaakprojekte van Bainskloof en die Spruitrivier voort.

Pauw Gedenk spaar water

Pauw Gedenk Primêr het Vrydag 'n loslitdag aangebied met die tema "Waterkrisis". Die doel van die dag was om die leerders bewus te maak van "Dag Zero". Die leerders is gevra om hulle eie bottel water saam te bring om te drink vir die dag. Die skool het ook vooraf met die leerders gereël dat die skool se krane vir die dag toe sal wees om die dringendheid van die situasie by die leerders tuis te bring. Die leerders en ouers is gevra om 'n bietjie ekstra water saam te bring skool toe, sodat dit as vertrekpunt gebruik kan word om water te stoor. Die skool het het 'n tydelike watertenk bekom en die water wat die leerders gebring het, is in die tenk gegooi. Die leerders het meer as 600 liter gebring waarmee die tenk gevul is. Dit was ook 'n pro-aktiewe poging om te verhoed dat die skool dalk in die toekoms hul leer- en onderrigprogram moet staak as gevolg van die waterkrisis. Skoolhoof Julius Williams noem die skool se leerders en opvoeders waterkampioene. Bo is Williams besig om water in die tenk te gooi.


NUUS • NEWS

31 Januarie 2018

15de kykNET Ekspo propvol vir ieder en elk Dis weer amper tyd vir die 15de kykNET Buite Ekspo wat op die Môreson-plaas buite Malmesbury aangebied word. Dié gewilde ekspo is vir die eerste keer in die Malmesbury-omgewing in 2014 aangebied en sedertdien gaan dit van krag tot krag en vanjaar sal niks anders wees nie. Verlede jaar het meer as 19 000 besoekers deelgemaak van die ekspo en die organiseerders se stoutste verwagtings oortref. Die ekspo word oudergewoonte deur Trio Events aangebied, met kykNET as hoofborg met dié courant, Tygerburger, Maroela Media, Bok Radio, Travel Update Magazine, Weg!/Weg Ry & Sleep, Tip Trans, Swartland Munisipaliteit, Jimmy's Steakhouse Sauces, Agrimark, Malmesbury Toyota en die Wes-Kaap-regering as mede-borge. Vanjaar wil die organiseerders die 20 000-kerf oorskry. Die ekspo is hoofsaaklik gemik op die buitelewe en relevante uitstallings bring die buitelewe en die ontwikkeling daarvan tot jou voorstoep. Hier sal jy al die nuwe verwikkelinge en tegnologie

5

kan aanskou. Talle pretaktiwiteite vir die hele gesin is ook op die spyskaart. André de Villiers avn Safari 4x4-roetes sal weer gratis VW Amarok 4x4-hindernisritte aanbied. Daar is ook 'n veldren-ervaring wat deur Malmesbury Toyota aangebied word. Hier kan die publiek self agter die stuur van 'n Hilux-bakkie inskuif. Die helikopterritte is ook 'n gewilde aktiwiteit. Vertonings van vierwiel- en motorfietse sal deur Yamaha Helderberg aangebied word. Maak ook seker dat jy nie die Jimmy's Steakhouse Sauses en kykNET se sepiesterre misloop nie. Die gewilde Vaatjie van Toks en Tjops-faam sal as gas-beoordelaar optree. Niemand sal die rugby misloop nie, aangesien 'n GT Camper-sportpark die rugby op 'n grootskerm sal uitsaai. 'n Besprekingspaneel sal voor die wedstryd lekker oor die komende kragmeting gesels. Die deli- en kunsmark gaan ook weer heerlike lekkernye bied, met dié courant se plaaskombuis wat al die hongerkolle sal vul met die beste plaasetes, koffie, tee en varsgebakte produkte. As die honger jou roep, is dit net die plek om te wees. By die GT Camper-kuiertuin sal kaasborde, sushi, oester en heerlike wyne van die Swartland Wynkelder beskikbaar wees. Die kinders kan Sondag bladskud met Lollos, die gewilde storiekarakter. Bring die hele gesin en geniet 'n naweek van pret en plesier by die kykNET Buite Ekspo buite Malmesbury!


6

31 Januarie 2018

Sesse kraai koning Die jaarlikse Three Ships Wellington Krieketklub Sixes het weereens vir heelwat reuse-sesse en ander goeie kriekethoue gesorg toe dit Saterdag op die Pen Bassonveld beslis is. In die eindstryd moes die plaaslike Three Ships-span die knie buig teen die besoekende Heavy Duty-sestal. Kaap Agri het koning gekraai in die Plaatfinaal teen die Billy Phillips-sestal. Die Skild-kompetisie is deur Redemption gewen, nadat hul kolwers die wenlopies van die laaste bal geslaan het in hul wedstryd teen Ben Dover. Die Wellington Old Boys het geseëvier teen die Neverbeens in die Bowl-kompetisie. Danie van der Nest (Redemption) is aangewys as die beste bouler, David Smit (Kaap Agri) as die top-kolwer en Louis Duvenage (Wellington Old Boys) as die beste veldwerker. Die dag is deur die klub gereël, onder aanvoering van raakvatter Marius Groenewald.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

NUUS • NEWS

'Right humans', dis wat ons nodig het - Dr. Beukes

Beide Hugenote Kollege en die Wellington Kampus van CPUT het op ‘n snikhete Maandag 29 Januarie hul akademiese opening gehad. Hugenote Kollege se opening het in die Moederkerk en CPUT se opening in die tuin van Huis Murray plaasgevind. Dr. W.C. van der Merwe, rektor van Hugenote Kollege, het ‘n inspirerende boodskap aan die nuwe studente gebring. “Dit is julle eerste treë by ‘n instelling van hoër onderwys. Dit is vir julle ‘n nuwe reis. My wens is dat julle nooit sal ophou leer nie. Om te leer beteken om oop te wees vir nuwe idees en ondervindings en om altyd vrae te vra. Mag al hierdie dinge vir julle by Hugenote Kollege ontsluit word,” het hy gesê. Dr. van der Merwe het ook na die geskiedenis en herkoms van die Kollege verwys. Andrew Murray se insette in die ontstaan van hierdie instansie, sowel as sy nalatenskap is volgens dr. Van der Merwe iets waarop Hugenote Kollege probeer voortbou. “Hier leer mense om te dien. Ons leuse is nie verniet ‘gebed, roeping, diens’ nie. Dit is die pilare waarop ons werksaamhede en doelwitte staan,” het hy beklemtoon. Een van die kollege se alumnus, Nandipha Breakfast, het ook die nuwe studente toegespreek. Sy het na haar eie agtergrond en dit wat sy by Hugenote Kollege geleer het, verwys. “Opvoeding is die enigste ding wat die bose kringloop van die sosiale euwels rondom ons kan breek. Julle het die kans om dit te doen. Julle

kan ‘n verskil in ons samelewing gaan maak. Julle is die agente van verandering. Gryp die geleentheid,” het sy die nuwe studente aangemoedig. Dr. J.W. Beukes se boodskap dat elkeen die verantwoordelikheid het om ‘n verskil te maak, het by die ander sprekers aangesluit. “Human rights? Aikôna! Right humans. Dít is wat ons nodig het,” het gepleit. CPUT se opening onder die koeltebome van Huis Murray se tuin is deur honderde nuwe studente en hul ouers bygewoon. Die visekanselier, dr. Chris Nhlapo, het ‘n realistiese, maar inspirerende prentjie van die realiteite van studentwees aan die nuweling voorgehou. Hy het al die uitdagings, keuses en kanse waarmee die studente tydens hul studies te doen mag kry, uitgelig. “By CPUT is jy besig met ‘n belegging in jou toekoms en in ons samelewing. Dit is julle verantwoordelikheid om die hele proses volhoubaar te maak,” het hy gesê. Dr. Nhlapo het ook na die uitdagings van opstande en die waterkrisis verwys en planne wat hulle op hul kampusse in plek het om hierdie probleme aan te spreek, onder die loep geneem. Hy het boonop raad oor leeretiket, klasbywoning, studiemetodes en die gebruik van verskeie dienste wat tot die studente se beskikking is, gegee. Met die amptelike opening van Hugenote Kollege en CPUT, sal Wellington se studentelewe vanaf hierdie week weer in volle swang wees.

Rekords spat by Hugenote

Hugenote Hoërskool het op Donderdag en Vrydag, 25 en 26 Januarie, hul jaarlikse kampe-atletiekbyeenkoms gehou. Tydens hierdie byeenkoms het die kampe van die Koedoes, Rietbokke en Duikers teen mekaar meegeding. Volgens Alwyn Burger, direkteur van sport by die skool, is hy baie positief oor die massa-betrokkenheid en deelname van die leerders. “In die twee jaar wat ek hier is, was dit die meeste inskrywings wat ek moes hanteer en die prestasies wat behaal is, is puik! Die leerders werk hard en die getal atlete wat ons kan verteenwoordig op SA-vlak, neem drasties toe,” het hy entoesiasties gesê. Vier rekords het tydens die byeenkoms gespat. Juan Smith het ‘n allemintige 60.42m in die spiesgooi vir seuns gegooi, Herchell Magerman het die seuns o.15 driesprongrekord tot 11.90m verbeter en Vin-Heathe Andrews het die seuns o.14 hekkiesrekord tot 15.90 sekondes verlaag. Die hoogtepunt van die dag was egter toe Reinard Reitsma ‘n 40-jaar oue rekord vir die seuns o.19 800m laat sneuwel het. Reinard het, ten spyte van die versengende hitte, ‘n tyd van

1:58;30 gehardloop. Dit is die eerste keer sedert 1978 dat iemand só vinnig in hierdie item by Hugenote Hoërskool hardloop. Gideon Louw (3000m) en Hannah Crous (3000m) is as die beste o.14-atlete aangewys. Die beste atlete in die o.15-afdeling was Vince-Lee Louw (100m) en Dalene Koegenlenberg (3000m), terwyl Jeanne Fryer (hamergooi) en Jana Malan (gewigstoot) as die beste o.17-atlete bekroon is. Reinard Reitsma en Elzette Versluis het as die beste o.19-atlete uit die stryd getree. Die Junior Victrix Ludorum is Cari Groenewald en die Junior Victor Ludorum is Luhan Louw. Hanlie Visser is as die Senior Victrix Ludorum en Reinard Reitsma as die Senior Victor Ludorum aangewys. Die skool beplan om hierdie jaar weer aan Top 20-byeenkomste soos dié in Bloemfontein, deel te neem. Die Boland Sentraal byeenkoms, waar atlete vir Boland kan kwalifiseer, is reeds die 23ste Februarie. “Ons dank en gelukwensing moet ook aan die skool se afrigters gaan wat al die harde werk en ure insit saam met die leerders,” het Alwyn gesê.


NUUS • NEWS

Dagboek • Diary

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Park Run 3 Februarie - Die Imbuko Wines Park Run vind by dié kelder plaas. Kontak wellingtonhelpers@parkrun.com as jy 'n vrywilliger wil word. Stormers vs Bulls 3 Februarie - Die DHL Stormers pak die Vodacom Bulls op Boland-stadion. Darling-rugbyklub 7's-toernooi 3 Februarie - Die Darling-rugbyklub bied hul jaarlikse sewestoernooi aan by die Gabriel Farao-rugbyveld op dié dorp. Toegang beloop R20, R10 vir kinders en R10 vir voertuie. Prysgeld van R19 000 is op die spel. Piketberg Toerisme Somermark 3 Februarie - Die Piketberg Toerisme hou vanaf 09:00 tot 14:00 'n somermark op die museumgronde. Die mark sluit kontreivrugte, tuisgebak, handwerkstalletjies, vermaak en 'n historiese staproete in. Vir meer inligting, kontak 022 913 2063. Bouckaert-Soenen padfiets-uitdaag 4 Februarie - Die Bouchaert-Soenen padfiets-uitdaag vind plaas en is ook die eerste plekbepaler van die Cape Town Cycle Tour wat eersdaags gehou word. Die ren spring in die Paarl weg en word oor 123km afgelê wat Wellington, Hermon en Riebeek-Kasteel insluit.

Kontak pr@paarlrotary.co.za. Depressie- en Angsondersteuningsgroep 20 Februarie 2018: om 19:15 praat Dr Fanie Marais in die Marthazaal, Wellington oor die onderwerp Leef oplettend: 25 skilderye. Fanie was voorheen predikant van die Moedergemeente Wellington maar het vyf jaar gelede afgetree. Hy is 'n mensekenner en ook kunstenaar van formaat. Kontak my indien jy meer wil weet. Petro Greeff -- Voorsitter 021 873 4688 / 072 709 8000 HAM 120 Jaar 24 Februarie - Huis Andrew Murray vier hul 120ste bestaansjaar. Kontak 021 873 3834 met navrae. Silwerkruin Basaar 2 Maart 2018: Hou die datum oop!!! Silwerkruin hou basaar vanaf 16:00 tot 21:00 Vir enige navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Albert Frost 10 March: Albert Frost live at Indie Ale, Porterville. Doors open at 12:00 Pre-sale tickets @ webtickets - R100 Tickets sales through Indie Ale - R120 Swartland Charity Bikers Braai 6-8 April - Die jaarlikse Swartland Charity Bikers Braai word op die Moorreesburg-skougronde gehou. Voorafskrywings beloop R140. Hektoegang beloop R170 en kenteken R20. Kinders onder 10 is gratis. Voorafinskrywings sluit op 9 Maart. Kontak Francois by 083 956 0606, Erhardt by 082 898 1026 of Herman by 083 568 5020. Pinotage & Biltong Festival 2018 14 & 15 April - Come join in the fun at Perdeberg Winery, Agter Paarl Tickets from www.computicket.com or www. plankton.mobi

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.

7

31 Januarie 2018

Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Great start for wine route

Wine tourism and destination marketing in Paarl is off to a great start for 2018 with Paarl Tourism and Paarl Wine Route amalgamating to operate under one umbrella with effect from January 2018. The decision, which was made during the annual general meeting of the Paarl Wine Route, will see a unified destination offering as one brand, Paarl Wine Valley. Paarl Wine Route is the second oldest in the country and currently has twenty-two members. The region has become internationally renowned for its awardwinning wines and its unique terroir has proven to be ideal for creating world-class Chenin Blanc and Shiraz. Stephen Richardson, chairman of Paarl Wine Route, explains that the wine route was a founding member of the Drakenstein Local Tourism Association, which was established in 2013 with the mandate to promote Paarl Tourism, Paarl Wine Route, Wellington Tourism and Wellington Wine Route. “It made sense that Paarl Wine Route would eventually integrate its operation to further the promotion of “Brand Paarl” within the wine tourism sector. Paarl’s wine producers are looking forward to the increased benefits of the united brand identity and the economies of scale that the combined organisation can deliver.” Trevor Harris, Chairman of the Drakenstein

Local Tourism Association, agrees that this was an insightful move from the Paarl Wine Route as it will broaden the scope for marketing of the Paarl Wine Valley and that of the bigger Drakenstein area along with Wellington Tourism and Wellington Wine Route. Annelize Stroebel, General Manager of the DLTA, is equally supportive of this decision. “I have always been a strong believer that the wine route and tourism cannot promote the destination independently from each other. This strategic integration will enable us to not only promote the destination more effectively, but will also make it possible to provide effective platforms that will create cross-marketing opportunities for our members. I am convinced that this will be mutually beneficial to all parties and contribute to tourism development as a whole in the region, explains Stroebel.” One of the first campaigns to fall under the new unified structure will be the Paarl OmmiBerg Harvest Celebration, which takes place on Saturday, 3 March 2018. This fun-filled day emphasises the importance of the annual harvest and highlights Paarl’s unique offerings as a wine tourism destination with special harvest activities, fabulous food and wine as well as children-friendly entertainment. The event annual draws thousands of consumers to the Paarl region.

Wen kaartjies na Riana Nel “Ek staan onder die aand se sterre. Vrede vind ek in die stille nag. Dit is waar ek vir jou wag.” Só sing die gewilde sanger, liedjieskrywer en gebore Namibiër Riana Nel wat op ‘n heerlike someraand op die piekniek-planke by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl gaan optree. Op Saterdag, 3 Februarie 2018, wil sy almal omvou met haar musiek as deel van die monument se Konsertreeks - waaroor inwoners, buitelanders en toeriste mal is – en wat ten bate van die ‘Laat ons Lees!’ geletterheidsprojek vir kinders is. Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die sagte grasperk reg aan die voet van die monument terwyl die son se laaste strelende strale kwyn. Besoekers is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparkie vermaak. Bring jou eie drankies (geen glas) en piekniekmandjie of

bestel een vooraf by die vergrote en verbeterde Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800. Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal ook te koop wees. Kaartjies is vooraf beskikbaar by Computicket en die Taalmonument teen R140 vir volwassenes, R130 vir studente en R70 vir kinders onder 13 jaar. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Helaas word geen honde of vure toegelaat nie. Die volgende piekniekkonserte is met Elvis Blue (17 Februarie) en Die Heuwels Fantasties (24 Maart). Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www. facebook.com/afrikaansetaalmonument. Wen: Staan 'n kans om 'n kaartjie na dié vertoning te wen en stuur die slagwoord RIANA, jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor Donderdag om 12:00. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.


courant 31 Januarie 2018

dié

8

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

31 Januarie 2018

•TOERNOOI PLAASLIK GEHOU

Boland-balle rol nou op Wellington

Atletiek: Hugenote Laerskool het op Donderdag 25 Januarie die jaar op ‘n hoë noot

afgeskop met ‘n heerlike Ken-mekaar-braai. Dit is voorafgegaan deur atletiek vir die graad 1’s en leerders van hul Doemsie-kampus. Die kannetjies het dit op die baan uitgespook en agterna heerlik saam met die ouers gekuier. Jayté Fourie, Eli Baxter en Peter-Alan de Villiers sê mekaar die stryd aan in die seuns o.7-wedloop.

Laat waai: PlaasBo: Ferdi Behm van Wellington Rolbalklub in aksie. Die Wellington Rolbalklub se baan was op wedstryd-sekretaris, was vir die organisasie en Saterdag, 27 Januarie, ‘n miernes van bedry- reëlings verantwoordelik en alles het seepglad wighede. Spelers van regoor die Boland het verloop. Volgens Swannie Ras, vise-president van die mekaar tydens ‘n liga-byeenkoms die stryd Wellington Rolbalklub, is die plaaslike klub se aangesê. Daar is ook geskiedenis gemaak omdat dit baan in ‘n uitstekende kondisie. “Ons kry water van die boorgat by Boland die afrol van die eerste bal in die nuutgestigte Stadion om die baan in stand te hou. Ten spyte Boland-rolballiga was. Die liga word oor drie Saterdae beslis in van die droogte, is ons baan is in ‘n uitstekende die drie streke van Boland Rolbal, naamlik toestand - só goed, dat Boland ‘n hele paar van Weskus, Overberg en Wynland. Die liga word hul wedstryde hier gaan kom speel,” het sy gesê. Lede van die Wellington Rolbalklub het ook in in ‘n A-liga vrouespan, ‘n A-liga manspan en ‘n B-liga manspan verdeel. Die A-liga manspan vir hul nuwe spelershemde gespog. “Ons lyk nou sommer spoggerig,” het Swandie Wynland streek het Saterdag op Wellington gespeel en sluit spanne van Paarl, Ceres, De nie gesê. Na afloop van Saterdag se eerste been van Doorns, Worcester, Brandvlei Korrektiewediendie liga, is Wellington Rolbal A-liga manspan ste, Robertson, Montagu en Wellington in. Die spanne, wat elk uit twee spanne van tweede op die punteleer vir die Wynland-streek. Daar is egter nog baie balle wat gerol moet vier bestaan, het hul staal op die snikhete baan word, voordat die finale uitslag van die liga gewys. Charles Stassen, Wellington Rolbalklub se bepaal sal word.

like skole het op Vrydag 26 Januarie by die Dal Josafat-stadion in die Sone 2 Atletiekbyeenkoms teen mekaar meegeding. Atlete wat hier kon kwalifiseer, dring na die Wellington Elite Atletiekbyeenkoms, wat op Vrydag 2 Februarie sal plaasvind, deur. Foto: Engela Duvenage.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
454 dié courant Wellington by DieCourant - Issuu