Skip to main content

454 dié courant Swartland en Bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

31 Januarie 2018

18.1%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 454

31 Januarie 2018

•HOË GEHALTE DRUIWE REEDS GELEWER

Landbouers pas aan

Die Swartland se 2018 parsseisoen het verlede week afgeskop. Hoewel al die streek se wynmakers dit eens is dat die droogte beslis 'n impak op die oesjaar gaan hê, is nie al die nuus sleg nie. Riebeek Kelder in die Riebeekvallei het reeds twee weke gelede begin pars aan wit muskadel en vonkelwyn. Volgens produksiebestuurder Alecia Boshoff, is die seisoen later as verlede jaar, maar normaal as mens dit opweeg teenoor 'n 10-jaar gemiddeld. "Ons verwag 'n baie ligter oes as gevolg van die droogte. Alhoewel die meeste wingerde nog baie goed lyk, steek daar nou sonbrand en ander stressimptome kop uit. In Desember was ons nog baie optimisties, maar die wingerde kort nou dringend water. Ons bid steeds hard dat daar reën sal val om verligting te bring." Pieter-Niel Rossouw, hoofwynmaker by Darling Cellars, sê aan hulle kant is dit nog te vroeg om met sekerheid te sê tot watter mate die droogte die jaar se opbrengs beinvloed het. "Ons het sover Sauvignon Blanc, Nouvelle en Rosé ingeneem. Geure op die gistende wit mos is baie mooi. Die Nouvelle se suiker was effens aan die lae kant, maar dit lyk nietemin goed. Van volgende week af gaan ons in die sterker grond in en dan sal ons 'n beter prentjie kan vorm van die oesjaar wat voorlê. Die sanderige gronde trek swaar, maar die sterker gronde doen nog goed, so ons bring die druiwe uit die sanderige blokke eerste in." Volgens Rossouw het hulle, afgesien van 'n geringe hoeveelheid witroes, nog geen verdere siektes opgemerk nie. "Dis eintlik 'n baie gesonde jaar. Mens kan ook opmerk waar boere hul wingerboupraktyke aangepas het teen die droogte, soos om strooi te pak in die rye, nou die vrugte van hul arbeid pluk. Daardie wingerde lyk nog baie goed." Volgens David Sadie, eienaar en wynmaker van David & Nadia, 'n lid van die Swartland Independent Producers wat wyn verbou in die Paardeberg-streek, is dit stresvolle tye vir die streek se stokke en die wynmakers. "Ons het verlede week begin pars en het klaar ons Pinotage ingeneem. Die pars is ongeveer 'n week later as die norm, maar die stadiger rypwordproses kan toegeskryf word aan kleiner loof en minder blare as gevolg van die droogte. Die trosse is minder met ligter korrels en die oes gaan beslis skraler wees, maar dit beteken nie die kwaliteit van die wyn sal enigsins in die slag bly nie. Volgens Drinks Business, 'n industrie-publikasie, gaan dit die kleinste oes in Suid-Afrika wees

Drie kolskote vir Coetzee op Piketberg Gielie Coetzee het op 84-jarige ouderdom ‘n gelukhou geslaan en op PPC De Hoek se gholfbaan ‘n kolskoot aangeteken. Coetzee speel steeds vanaf die gewone bof, al kan hy kies om vanaf ‘n nader bof te speel. Hy is sedert 1965 ‘n lid van die PPC De Hoek Rec-klub, maar die gholfgogga het eers in 1970 gebyt. Hy spog met ‘n 23 voorgee en is ook ‘n ere-lid van die klub. In daardie jare was die setperke van sand en olie en moes jy jou skoppie en besem saamneem as jy aanlê na die gatjie. Vroeër die maand het Coetzee sy derde kolskoot geslaan in sy 48 jaar wat hy die sport beoefen. Hierdie kolskoot is op PPC De Hoek se vyfde gat aangeteken. Dit is 161 meter lank en ‘n par 3-gaatjie. Coetzee se vorige twee kolskote is ook op dié baan aangeteken. sedert 2005, maar daardie jaar is ook bekend as een van die mees besonderse oesjare in onlangse geskiedenis. "Ons is tevrede met wat ons kry, en glo kwantiteit en kwaliteit sal uitbalanseer." Frank Meaker, algemene bestuurder van Org de Rac, is baie positief oor die 2018-oesjaar. "Ons begin hierdie week eers in alle erns pars, maar ons het sover al Chardonnay en Cap Classiquedruiwe ingeneem. Die oes is beslis laat, maar die wingerde lyk goed en die druiwe is mooi. Daar is min sonbrand en die weer koel darem nou so bietjie af. Hier by Org de Rac geniet ons die ondersteuning van die gemeenskap, so ons het nog 'n bietjie besproeiingswater danksy bydraes van Misverstanddam en 'n paar ander plekke. Al wat ons nou kan doen is om te hoop dat die water hou sodat ons die wyn kan maak."

Riaan van der Spuy, hoofwynmaker vir Leeuwenkuil Family Vineyards Swartland, is versigtig optimisties. Hoewel hulle eers verlede week hulle eerste druiwe ingeneem het, vermoed hy reeds dat die algehele oes met 20-30% sal afneem in vergelyking met verlede jaar. "Die droë jaar knel die wingerde. Ons verneem in party streke is die produsente se opbrengs met tot 50% minder. Sover kan ons waarneem dat die korrels en trosse kleiner en ligter is, maar die witwyn-druiwe wat ons reeds ingeneem het, het pragtige geure en die oes is mooi gesond. Die kwaliteit van die druiwe hang grotendeels af van waar dit geplant is en of daar darem nog grondwater beskikbaar was. Ons glo ons ou staatmakers, Steen en Pinotage, behoort goed te doen. Intussen hoop ons vir bietjie koeler weer vir die res van die parsseisoen."

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

31 Januarie 2018

•OLIVE FESTIVAL CANCELLED DUE TO SERIOUS DROUGHT

Valley pulling all the stops to save water The inhabitants of the Riebeek Valley is pulling all the stops to curb water usage. Some restaurants have stopped serving water all together, while others serves beverages in take-away cups to save water by not having to wash the glasses it is served in. One of the major ways they are saving is by cancelling this years’ Olive Festival. The organisers of the Riebeek Valley Olive Festival have taken the difficult decision to cancel this year’s Olive Festival in light of the severe drought conditions prevalent in the Western Cape. The Riebeek Valley Olive Festival currently in its 18th year, attracts over 12 000 people to the Riebeek Valley over the course of the two day festival. The organisers believe it would be irresponsible and inappropriate to continue with the festival in light of the extreme water restrictions most households, businesses and farms are facing

and that this will ultimately compromise the standard of the event experience and the social impact thereof. Says Klaus Piprek, chairman of Riebeek Valley Tourism: ‘The water footprint of the anticipated 12 000 visitors for a single event cannot reasonably be justified, whereas we should rather focus on the longer term sustainable social and economic impacts of the community at large. “We feel we should rather put measures in place to ensure that the tourism

sector is able to sustain a minimum level of business until the crisis is overcome.’ A 100% refund for tickets bought to date will be issued through Webtickets. All credit card payments will be automatically refunded. For EFT/ Pick n Pay purchases, please send your bank details to refunds@webtickets.co.za. The next Riebeek Valley Olive Festival will take place on 4 and 5 May 2019. For more information kindly contact Yvette Puchert 083 441 2083. “We are going to have a fabulous Olive Festival in 2019,” according to Puchert. An initiative by the Riebeek Valley community, slow the flow, wants to rally residents and resources to effectively deal with the water crisis and to ensure sustainability in the tourism and business sector, whilst addressing the general social welfare, health and hygiene of the community at large.

Wen kaartjies na Riana Nel “Ek staan onder die aand se sterre. Vrede vind ek in die stille nag. Dit is waar ek vir jou wag.” Só sing die gewilde sanger, liedjieskrywer en gebore Namibiër Riana Nel wat op ‘n heerlike someraand op die piekniek-planke by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl gaan optree. Op Saterdag, 3 Februarie 2018, wil sy almal omvou met haar musiek as deel van die monument se Konsertreeks - waaroor inwoners, buitelanders en toeriste mal is – en wat ten bate van die ‘Laat ons Lees!’ geletterheidsprojek vir kinders is. Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die sagte

Dis Goeie Nuus

grasperk reg aan die voet van die monument, terwyl die son se laaste strelende strale kwyn. Besoekers is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken, terwyl die kinders hulself in die speelparkie vermaak. Bring jou eie drankies (geen glas) en piekniekmandjie of bestel een vooraf by die vergrote en verbeterde Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800. Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal ook te koop wees. Kaartjies is vooraf beskikbaar by Computicket en die Taalmonument teen R140 vir volwassenes, R130 vir studente en R70 vir kinders onder 13 jaar. Bring ’n kombers

of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Helaas word geen honde of vure toegelaat nie. Die volgende piekniekkonserte is met Elvis Blue (17 Februarie) en Die Heuwels Fantasties (24 Maart). Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument. Wen: Staan 'n kans om 'n kaartjie na dié vertoning te wen en stuur die slagwoord RIANA, jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor Donderdag om 12:00. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Dr Andrew Bosman

Geseënd is die man wat die Here vrees Psalm 111 en 112 is twee psalms wat ‘n mens kan saam lees. Hulle is beide alfabetiese psalms, wat beteken dat elke vers in die Hebreeus se sin begin met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet. Psalm 111 handel oor die Vader, lof aan Hom en oor sy werke. Van sy eienskappe word beskrywe. Sy dade is vol majesteit en heerlikheid.

Sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. Die Here is genadig en barmhartig. Hy dink vir ewig aan Sy verbond. Die werke van sy hande is trou en reg, sy bevele is betroubaar. Die psalm sluit met die vrees van die Here is die beginsel van wysheid. Psalm 112 is ‘n voorstelling van die kind van die Here, en die eerste vers begin

met die vrees van die Here. Geseënd is die man wat die Here vrees. Die man se nageslag sal geweldig wees op die aarde, en sy geregtigheid sal bestaan tot in ewigheid. Hy gaan op soos ‘n lig in die duisternis. Sy volle vertroue is op die Here, sy hart is gerus, hy vrees nie vir slegte tyding nie. Is ons voorbeeld ook ons Vader in die hemel?

'n Mens is 'n spesie wat maklik kan aanpas soos die tye dit noodsaak. As jy kyk na hoe ons nou in ons huise rondloop met emmers water wat ons herwin, is dit duidelik dat ons onsself kan aanpas soos nodig. Ons gebruik minder, dan nog minder en dan nog minder. Ons pas aan en leer hoe om saam te leef met ons nuwe lewensomstandighede. Ons skep 'n nuwe normaal en maak

dit werk. Met bultende spiere van emmers ronddra, sal ons seker hierdie hekkie in die waterpad ook kan oorkom. Daar is tye wat jy wil kla. Tye wat jy wil moed opgee en sommer net in sak en "water" gaan sit, maar dan besef jy dat daar min is en jy moet spaar. Ja, jy moet spaar, maar jou hand moet ook geneem word. Alle verantwoordelikheid kan nie net altyd op die skouers van die verbruikers

geplaas word nie. Môre gaan ons almal saamgesels oor die water. Ons deel mekaar se bekommernis. Ons soek almal na antwoorde op dieselfde vrae. Ons almal dra saam swaar aan hierdie emmer, maar hy sal gedra word. Daar sal weer water wees. Eendag. Tot dan moet ons die emmer so balanseer dat daar nie 'n druppeltjie vermors word nie.

dié courantOm saam te leef met die nuwe normaal


NUUS • NEWS

•10ML-AANLEG NODIG VIR VOLDOENDE H20

Ontsouting: Hoe werk dit? ‘n Ontsoutingsaanleg op Yzerfontein is een van ‘n handjievol moontlikhede wat ‘n mate van verligting kan bring aan die huidige droogtetoestand en waterskaarste wat in die Swartland en Wes-Kaap heers. Met die vlak van die Voëlvleidam wat daagliks daal en nou op 18.1% staan, is die afsny van water na huishoudings en besighede nou nie meer iets in die verre toekoms nie, maar ‘n realiteit. dié courant het gaan ondersoek instel na hoe 'n ontsoutingsaanleg vir die Swartland moontlik kan lyk en werk. Talle lande, soos Namibië en Israel, het reeds suksesvol die roete van ontsouting geloop en ‘n maatskappy wat hierin spesialiseer spog met 400 aanlegte in 40 lande oor vier dekades. dié courant het by hulle aangeklop vir hulp en raad. Die Swartland gebruik sowat 10 megaliter water per dag. Indien ‘n ontsoutingsaanleg gebou word, kan dit sowat vyf maande neem om operasioneel te wees. Dit is indien 'n skeepsvraghouer-aanleg op Yzerfontein staangemaak word. Hierdie proses kan egter versnel word, teen ekstra kostes. • Kostes: Die aanvanklike insetkoste, indien die aanleg gekoop word, beloop R170 miljoen. Hiervan is R120 miljoen die meganiese en elektriese werke en R50 miljoen siviele werke. Die operasionele kostes, wat elektrisiteit, chemikalieë en laboratorium, salarisse en onderhoud insluit, beloop op R8.50 per kiloliter water wat verkoop word. Tans beloop die koste van een kiloliter water R17 vir verbruikers in die Swartland. Indien die aanleg vir vyf jaar gehuur word,

beloop die kostes R25 per kiloliter. Sommige van die uitdagings is die terugpomp van die water vanaf Yzerfontein na die reservoirs en die terugplasing in die stelsel. Volgens die ingenieurs is hierdie uitdagings oorkombaar. Die elektrisiteit wat verbruik word, wat op 50% van die insetkostes dui, is bereken op die verbruiker se tarief, nie die tarief van die aankoper wat in bulk aankoop nie. Dus sal hierdie kostes ook laer wees en sal die R8.50 per kiloliter nog laer wees. • Boorgate word as ‘n aanvaarde alternatief gebruik, mits dit binne die wetgewing van departement waterwese bly en die water hieruit slegs vir persoonlike gebruik aangewend word op die perseel waar die boorgat gesink is. Volgens kenners veroorsaak die toename in boorgate en die pomp van ondergrondse water, dat die natuurlike watertafel versteur word en dat dit reeds baie laer is. Wanneer dit weer reën, sal die grond eerste sy water terugneem om sodoende die watertafels te herstel. Daar word bespiegel dat ongeveer drie intense reënseisoene nodig is om hierdie wanbalans te herstel en ook water terug

Gevang vir Kansa Kansa Malmesbury se jaarlikse "Jail & Bail" vind Donderdag 1 Februarie 2018 om 10:00 plaas by die De Bron-sentrum. ‘n Grootskaalse opruiming van “kriminele” sal weer plaasvind om fondse in te samel vir Kansa. Inwoners van die dorp sal oudergewoonte

3

31 Januarie 2018

in hegtenis geneem en aangehou word tot hul ondernemings ‘n minimum van R500 vir hul borg betaal. Die verhoor van elke gevangene vind ook by die sentrum plaas. Kontak Amber Zandberg by 022 482 1111 of 081 029 8702 indien jy deel wil wees van die projek of ‘n donasie wil maak.

Publieke vergadering

Kennisgewing

Die Swartland Munisipaliteit hou môre om 16:00 'n publieke watervergadering in die banketsaal op Malmesbury. Hier sal inligting weergegee word en geleenthede wees vir vrae uit die gehoor.

Kennisgewing

te plaas in die dam. Volgens 'n ingenieur wat reeds dekades in die bedryf is, is die Wes-Kaap is besig om van ‘n winterreënvalstreek oor te skakel na ‘n somerreënvalstreek. "Tussen hierdie twee is daar ‘n tydperk van geen of min reën. "Dit blyk asof die Wes-Kaap nou in die aanvangsfase van die oorgang is." • ‘n Ontsoutingsaanleg wat in die behoeftes van die Swartland kan voorsien, sal ‘n 10MLkapasiteit per dag benodig. Hiervoor kan ‘n skeepsvraghouer-aanleg gebruik word. Soortgelyke aanlegte is reeds in werking in Knysna, Plettenbergbaai, Transnet Saldanha en Lambertsbaai, met Koeberg wat verlede week begin met die oprigting van hul eie ontsoutingsaanleg op kleiner skaal. Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


4

31 Januarie 2018

NUUS • NEWS

Hoe gemaak met... ’n droë en warm Februarie So staan ons by die begin van 2018 en ons is benoud oor die waterkrisis, want dinge lyk nie baie rooskleurig nie. Ons hele streek se tuine is droog en asvaal en ons plante vrek by die dag. Ja, ons maak planne, dit is gryswater, ons ry water aan, ons sit tenke op, ons gooi deklae van kompos en bas, maar droog bly dit droog. Terwyl ons praat van plante wat doodgaan, ons dorpe lyk sleg van al die dooie plante in ons tuine, kan ons tuiniers dit nie maar asseblief uithaal en in klein stukkies opbreek (chippings); gebruik as deklaag of gebruik om kompos mee te maak of dit net weggooi nie. Die kompos kan ook weer as deklaag gebruik word. Terwyl ons op die onderwerp van deklae is, dit is nou sowaar die een ding wat die meeste water spaar en bewaar, hoe dikker (5-10cm) jy die deklaag kan gooi, hoe beter werk dit, want dit hou die sonstrale van die grond af, dus die grond raak nie warm nie en die plante se wortels bly koel. Nou sal julle vra wat kan alles gebruik word

vir deklae; lekker growwe kompos; boombas, verkieslik dennebas ( moet asseblief nie bloekom gebruik nie, dit maak die grond dood ); perske- en/of appelkoospitte ( verkieslik gebreek ); lekker growwe houtsplinters (“woodchippings”). Pasop vir vars grassnysels, wanneer jy dit te dik gooi broei dit en maak dit die grond baie warm en dit kan jou plante beskadig, maak eers kompos van dit en gebruik dan in jou tuin. Nou sal julle vra, maar watter plante moet ek probeer red in my tuin as ek nie genoeg water het nie. Dit kan nogal ‘n moeilike besluit wees, maar ek sal tog dit wat my die duurste gekos het probeer red asook die wat vir my baie sentimentele waarde het. Plante in houers kan ook makliker aan die lewe gehou word, want hulle groei in ‘n beperkte ruimte wat makliker met minder water aan die lewe gehou kan word en jy kan dit moontlik rondskuif uit die warm son uit. Onthou ook dat jou groot bome en struike skaduwee verleen aan jou kleiner plante wat onder hulle staan.


NUUS • NEWS

dy

01

7

Re

tu

no name™ Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s

*2

Kom ons kyk hoeveel water gebruik ons in en om ons huise: Kombuis: kook en drink 3%; Waskamer 13%; Badkamer 20%; Toilet 29%; Tuin 35% Hiervolgens kan ons mos nou sien hoe ons ons waterverbruik moet inkort en aanpas. Indien jy dalk nog ‘n mooi groen grasperk het, moenie dit so kort sny nie, die son gaan die stingels brand en al jou harde werk gaan baie lelik lyk, die langer blare beskerm die stingels en wortels. Verder moet jy maar gereeld plaagpatrollies hou in jou tuin, want in die warm droë tyd is ROOISPINMYT ‘n baie erge probleem. Hierdie baie klein insek is lief vir droë en stowwerige toestande soos wat ons nou beleef. Die plante wat die ergste aangeval word is ROSE, GERBERAS (Baberton Madeliefies); tamaties, boontjies, pampoen en skorsies en ander plante met skurwe blare. Kry raad by u kwekery en skaf ‘n goeie insekdoder vir rooispinmyt aan en bespuit gereeld en deeglik, tot jou plante gesond is. (Bring altyd ‘n blaar of takkie saam dat ons die probleem beter kan identifiseer). Ons gesels weer 28 Februarie 2018. Tuingroete. George Retief

5

31 Januarie 2018

pu

t a tio n I n s tit u

te

s

4499

R

Per kg

SAVE R7

64

R

39

99

R

SAVE R8

SAVE R10

Nescafé Classic Coffee 200g Jar

+ +

PnP Bulk Country Classic Boerewors

74

R

90

19

R PnP Potatoes 2kg, Onions 2kg and Tomatoes 1kg

Per kg

55

BUY ALL 3 FOR

Flora 60% Fat Spread Assorted 1kg or Flora Proactiv 525g Tub Each

99

SAVE R8 Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg

R

SAVE R7

SAVE R15

32

R

16

99

24

R

SAVE R7

R

SAVE R7

Ace Super Maize Meal 5kg

99

SAVE R8

PnP Super Maize Meal 2.5kg

Liqui Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 1.5 Litre Each

R

WAS R256

224

SAVE R32

Hunter’s Dry, Gold, Hard Lemon or Export 24 x 330ml Cans or Non-returnable Bottles Per Case

10kg R130.90 SAVE R44

33

R

33

90

R

SAVE R8

90

SAVE R8

PnP White Sugar 2.5kg

PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre

WAS R117

139

R BUY ANY 3 DOVE ROLL-ON OR DEODORANTS AND GET THE CHEAPEST 1 FREE

99

SAVE R30

PRICE PER NAPPY

Size 3 76s Size 4 66s Size 4+ 60s Size 5 56s

– – – –

R1.84 R2.12 R2.33 R2.50

Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Prices Valid 1 - 4 February 2018 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape

R

99

WAS R109

R

99

SAVE R18

SAVE R10

Harrier Finest Matured Whisky 750ml

Russian Bear Premium Vodka 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

MMWCHS2050

Also at

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK


6

NUUS • NEWS

31 Januarie 2018 Promosie

Promosie Nuwe eienaar vir ou bekende Talisman open eersdaags

Top Carpets op Malmesbury spog met 'n nuwe eienaar. Niemand anders as die bekende gesig van Flippie Brandt neem nou die leisels by hierdie winkel in die De Bron-sentrum oor. Dié winkel open Maandag 5 Februarie sy deure vir die publiek en alle kliënte word hartlik uitgenooi om 'n draai te maak en 'n lekker koppie koffie te drink, terwyl hulle met die personeel gesels oor vloerafwerkingbehoeftes en meer. Daar is ook talle voorbeelde om na te kyk en te vergelyk. Vir meer inligting, kontak Elmarie Bester by 071 794 7736 of stuur 'n epos na info@topcarpetsmalmesbury.com om besoek die webtuiste by www.topcarpetsandfloors.co.za. Bo is Flippie Brandt, Jafta Prins, Eraldo Barends en Elmarie Bester.

Vennote Liesl Nienaber, Lambert Schreuder en Nic Kearney is die trotse eienaars van TALISMAN Hire Malmesbury. Saam beskik hulle oor ‘n skatkis van kennis en ervaring in die toerusting-huurbedryf. TALISMAN Hire Malmesbury, wat vroeg in Februarie sal begin handel dryf, is deel van die TALISMAN Hire franchise-netwerk, bekende leier in sy veld, wat in Pretoria (RSA) gestig is in 1993. TALISMAN Malmesbury sal handel onder die bekwame leiding van Liesl Nienaber en Lambert Schreuder, wat albei voltyds toegewyd is aan die bestuur en werking van die franchise. TALISMAN Hire Malmesbury bied aan hul kliënte hoogstaande kwaliteit toerusting, pryse wat elke begroting pas en vinnige aflewerings, sodat spertye nagekom kan word. Die volledige reeks beskikbare toerusting kan op ons webwerf, www.TALISMAN.co.za besigtig word. In Suider-Afrika is TALISMAN Hire die toonaangewende verskaffer van toerusting-huuroplossings vir die konstruksie-, mynbou-, landbou-, nywerheids- en Doen dit Self-industrie en is bekend vir die verskaffing van kwaliteit toerusting en dienslewering deur middel van 'n uitgebreide franchise netwerk. TALISMAN Hire het 'n netwerk van meer as 75 franchise afsetpunte, waar elke franchise deur die eienaar besit en bedryf word. TALISMAN Hire is bekend daarvoor om op hoogte te bly met nuwe ontwikkelings en tendense in die toerusting-huurbedryf en voeg voortdurend nuwe toerusting by tot ons bestaande reeks van toerusting. Missie "Om Suider-Afrika se toonaangewende verskaffer van toerusting in die huurbedryf te bly deur uitstekende dienslewering en kwaliteit toerusting met 'n netwerk van winkels wat deur passievolle mense bedryf word." Kontak TALISMAN Hire Malmesbury by: Sel: 082 341 5756; E-pos: malmesbury@talisman.co.za waar Lambert Schreuder en sy vriendelike span u graag sal help met TALISMAN Hire toerusting soos benodig. Besoek gerus ons webwerf by www.talisman.co.za vir meer inligting oor die TALISMAN-huurnetwerk. Meer oor die TALISMAN Malmesbury-span: • Lambert Schreuder en Nic Kearney besit ook TALISMAN Hire Vredendal en Clanwilliam. • Liesl Nienaber besit ook TALISMAN Hire Parklands. Met die ondersteuning van hul onderskeie spanne het Liesl sowel as Lambert en Nic verskeie toekennings verwerf vir uitmuntende prestasies gelewer gedurende 2016, 2017 en 2018.

15de kykNET Ekspo propvol vir ieder en elk Dis weer amper tyd vir die 15de kykNET Buite Ekspo wat op die Môreson-plaas buite Malmesbury aangebied word. Dié gewilde ekspo is vir die eerste keer in die Malmesbury-omgewing in 2014 aangebied en sedertdien gaan dit van krag tot krag en vanjaar sal niks anders wees nie. Verlede jaar het meer as 19 000 besoekers deelgemaak van die ekspo en die organiseerders se stoutste verwagtings oortref. Die ekspo word oudergewoonte deur Trio Events aangebied, met kykNET as hoofborg met dié courant, Tygerburger, Maroela Media, Bok Radio, Travel Update Magazine, Weg!/Weg Ry & Sleep, Tip Trans, Swartland Munisipaliteit, Jimmy's Steakhouse Sauces, Agrimark, Malmes-

bury Toyota en die Wes-Kaap-regering as mede-borge. Vanjaar wil die organiseerders die 20 000kerf oorsteek. Die ekspo is hoofsaaklik gemik op die buitelewe en relevante uitstallings bring die buitelewe en die ontwikkeling daarvan tot jou voorstoep. Hier sal jy al die nuwe verwikkelinge en tegnologie kan aanskou. Talle pretaktiwiteite vir die hele gesin is ook op die spyskaart. André de Villiers van Safari 4x4-roetes sal weer gratis VW Amarok 4x4-hindernisritte aanbied. Daar is ook 'n veldren-ervaring wat deur Malmesbury Toyota aangebied word. Hier kan die publiek self agter die stuur van 'n Hilux-bak-

kie inskuif. Die helikopterritte is ook 'n gewilde aktiwiteit. Vertonings van vierwiel- en motorfietse sal deur Yamaha Helderberg aangebied word. Maak ook seker dat jy nie die Jimmy's Steakhouse Sauces en kykNET se sepiesterre misloop nie. Die gewilde Vaatjie van Toks en Tjops-faam sal as gas-beoordelaar optree. Niemand sal die rugby misloop nie, aangesien 'n GT Camper-sportpark die rugby op 'n grootskerm sal uitsaai. 'n Besprekingspaneel sal voor die wedstryd lekker oor die komende kragmeting gesels. Die deli- en kunsmark gaan ook weer heerlike lekkernye bied, met dié courant se plaaskombuis wat al die hongerkolle sal vul met die beste plaasetes, koffie, tee en varsgebakte produkte. As die honger jou roep, is dit net die plek om te wees. By die GT Camper-kuiertuin sal kaasborde, sushi, oester en heerlike wyne van die Swartland Wynkelder beskikbaar wees. Die kinders kan Sondag bladskud met Lollos, die gewilde storiekarakter. Bring die hele gesin en geniet 'n naweek van pret en plesier by die kykNET Buite Ekspo buite Malmesbury!


NUUS • NEWS

31 Januarie 2018 BAIE DANKIE SPECIAL THANKS

LEONARD, DINAH & DYLON VAN WYK wil hul opregte dank uitspreek teenoor die volgende persone wat hulp verleen het met hul huisbrand op 26 Januarie 2018: Brandweerdienste vir vinnige reaksie; Polisiediens en personeel van die kliniek; leeraar van die Calvynse Kerk; Verkeerpersoneel; Dr. Fry; Ambulansdienste; Buurtwag; Dylon se vriende, bure, asook vriende en familie

- Mammie, Pa, Gaby, Balla en Cookie ------------------------------------

CLAUDINE BURGER. 29 Januarie. Geluk niggie met jou verjaardag. Alles wat mooi is. Liefde - Audra, tante, kinders en Shrek -----------------------------------

------------------------------------

31 Januarie 2018. Geluk met julle verjaarsdae. God se rykste seën oor julle lewens - Mommy, uncle Emile, Anushka en Camille. -----------------------------------

#4610

-------------------------------BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4602 -------------------------------DIENSTE SERVICES DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554 #4551 -------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 072 491 7611 #2005 ---Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak:platters/dosyne, terte, kaaskoeke, geleentheidskoeke, pasteie

SHERWIN FORTUIN. 30 Januarie - Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons is lief vir jou - Ma en Pa -----------------------------------

HENDRICO SWART - 31 Januarie - Veels geluk met jou 40ste verjaarsdag. Van jou Lyfie -----------------------------------

ROSLIN PIETERSEN, Groot 50 op 2 Februarie. Baie geluk! Liefde - jou vriendin, Nonna en kinders ------------------------------------

21 op 3 Februarie 2018. WESLEY, baie geluk met jou mondigwording. Baie seën. Liefde - Pa, Ma, Willandré en Taylor ------------------------------------

Ses op 28 Januarie. Geluk SUNAY MENTOOR. Hoop jy het 'n wonderlike dag gehad. Liefde Pappa, Mamma en jou broers. ------------------------------------

4 Februarie. GUILERMO BROWN. Geluk woelwater. Lekker verjaar. Liefde - Ma, Pa, Ouma, Oupa & Elmarie ----------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

#4609

-------------------------------TE HUUR TO LET * Sakepersele te huur in Malmesbury vanaf R3000 - R20 000 Skakel 0836584996 * Woonhuis in Malmesbury te huur. Oopplan, binnebraai, 3Slpk, D/Mh, naby HSS vanaf 1/02/2018 R9600 p.m. Skakel 0836584996 #4606 -------------------------------TE KOOP FOR SALE TITUS EIENDOMME. Malmesbury: WESBANK: R400 000,00. 2 Slaapkamer, sitkamer, kombuis, badkamer. Goeie area. Groot erf. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: 082 780 1380

NTSIKELELO 16 SIXABA. 3 January. May this birthday be the beginning of a year filled with happy memories - Queen Khoba ------------------------------------

LINDELL WELKOM (Hoener). Nege op 30 Januarie. Geluk met jou verjaardag - Ma, Pa, broers en familie op Rondevlei Plaas ------------------------------------

#4605

----Stokvis/Hake fillet pakke/ R50. Snoeke vanaf R80. Viskoekies, visvingers en ander. Kontak 022 487 3265 of 084 250 2460 #4608

DAWID COETZEE "Ek se dan" - 2 Februarie. Geluk met jou spesiale dag. 59 jaar deurgedra. Liefde Jana Syster --------------------------------

ANNA SAMSON. 31 Januarie. Baie geluk met jou verjaardag vriendin. Liefde - Lizzy, Cathy, Wena, Kimyt, Ivan & kinders -----------------------------------

JUANIQUE PURSLIN PERSENS. 1 Februarie. Geluk blompot met jou kroonverjaardag. Liefde Ouma (Me), Oupa, Duerin en Lee-Kayren ------------------------------------

CORRIE MCKRIELING 3 Februarie. Pappa, baie geluk met jou 70ste verjaarsdag. God se rykste seëninge. Van: kinders en Kleinkinders ------------------------------------

LISLE TOERIEN. 3 February - Happy birthday Mommy, enjoy your day. Love your kids Leighthon and Cavan ------------------------------------

-------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

Baie geluk prinses JADA TITIES met jou negende verjaardag op 3 Februarie

IVAN. 4 Februarie. Baie geluk met jou geboortedag vieringe. Geniet die dag - Rita, jou ma en suster

MAGRIETA PIETERSEN. Vandag presies 'n jaar terug wat Mamma ons verlaat het. Mis u elke dag - Man, kinders en kleinkinders ----------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

SHIREEN HENDRICKS. Troosdiens: Woensdag, 31 Januarie te Mossiestraat 5 om 19:00. Troosdiens: Donderdag, 1 Februarie te Arendstraat 7 om 19:00. Begrafnis: Saterdag, 3 Februarie om 08:00 te Arendstraatdstraat 7 en diens te Liebenberg Skoolsaal om 9:30 -----------------------------------

DOORTJIE FRANSMAN. Troosdiens: Woensdag, 31 Januarie te AME Kerk om 19:30. Donderdag te Anemoonstraat 27 om 19:30. Begrafnisdiens op Saterdag, 3 Februarie 2018 om 08:00 te Anemoonstraat 27, Malmesbury ------------------------------------

MARIA WILLIAMS (BASSON). Roudiens op Woensdag, 31 Januarie om 19:00 by Anglikaanse Kerk, Malmesbury. Begrafnis: Saterdag, 3 Februarie 2018. Besigtiging om 8:30 te Tiemiesirkel 5 assok om 9:30 by kerk. Diens begin om 10:00 ------------------------------------

7


courant

NUUS • NEWS

31 Januarie 2018

dié

8

Tel: 022 487 3221

SPORT

31 Januarie 2018

Sportuitslae Sports results GHOLF

Statebondspele:

Die jaarlikse sewestoernooi van die Wesbank-rugbyklub op Malmesbury het die naweek weer duisende besoekers gelok. Die span van St Georges het as wenners uit die stryd getree. Links is die wenspan saam met Albie Coetzee (Superspar Malmesbury - borg) en voorsitter Reginald Kortje. Sien nog foto's op ons Faceboo-blad by @ diecourant. Foto's: David Howburgh

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se o.15A-krieketspan het Saterdag Paul Roos Gimnasium se o.15B span met ag paaltjies geklop. Die Rockies het Paul Roos uitgeboul vir 181 lopies en die wen lopies reeds in die 39ste boulbeurt aangeteken. AW Steyn en Erwin Meyer het 'n 122 lopie openingsvennootskap gedeel. Ian Nel, Tiaan Serdyn en Andre Pienaar het elk drie paaltjies geneem in Paul Roos se kolfbeurt. AW het deur die beurt gekolf en met 'n telling van 80 lopies n.u.n geëindig. Erwin het 52 lopies behaal.

Elfriede Wolfaardt van Malmesbury sal eersdaags na Australië reis om deel te wees van die Suid-Afrikaanse span wat by die Gold Coast Statebondspele. Wolfaardt is deel van die vroue-baanfietsspan wat van 4 tot 15 April aan die spele deelneem. Die items waaraan Wolfaardt deelneem vind plaas van 5 tot 8 April. Die baan by die Anne Meares Velodrome, waar Wolfaardt deelneem, loop teen 'n 43-grade helling. Ashleigh Moolman-Pasio, voorheen van Riebeek-Kasteel, verteenwoordig die vroue padfietsspan.

Rolbalmanne op wenpad

Die afgelope Saterdag het albei Malmesbury se manrolbalspanne tuis hulle opponente uitoorlê. Die eerste span troef Fresnaye met 12-3, en dit was so hittete of dit kon 14-1 gewees het. In die eerste stel speel almal kookwater rolbal, maar in die tweede stel verloor die span van Hennie Botha, Louis Swart, André Halvorsen en Carel Symington fokus en verloor 3-12, nadat hulle die eerste met 10-2 gewen het. Daniël Griebenauw, Peter Hall, Robin Deyzel en Jack van der Westhuizen palm die eerste stel met gemak 16-3 in, en veg terug in die tweede om ‘n 2-7 agterstand uit te wis, en wen uitindelik 13-8, en die wedstryd 29-11. Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Dave Walker en Stuart Halvorsen beleef ‘n maklike wedstryd en pas deurgaans druk toe om gemaklik met 20-6 en 14-5 te seëvier. Volgens Roux is die hoë punte wat hulle in die twee tuiswedstryde opgestapel het verblydend en kan dit ‘n goeie buffer bied vir hulle weg wedstryde. Hulle reis hoeka Saterdag na Vishoek om hulle 1ste span aan te durf. Malmesbury is tans tweede op die punteleer, maar die ongeluk is dat hulle reeds teen die huidige agterosse gespeel het, en vorentoe beslis kwaai teenstand kan verwag. Die tweede span het ook ‘n tweede oorwinning behaal deur Helderberg se vierde span 11-0 te klop.

Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 24 Januarie - Supa Quick - Enkel Stableford Lindsay Meyer 19, Peet Smit 18, Andre Uys 17, Desmond Brasington 17 Saterdag, 27 Januarie - Beterbal Stableford: Rosco Liedeman & Ewald Liedeman 49, Edmund Pietersen & Steyn Neethling 46, Edmund Pietersen & Ewald Liedeman 45, Du Toit van Zyl & Jan Potgieter 41, Thys Esterhuizen & Pierre Jackson 41 KRIEKET Piketberg-krieketklub het vasgeval teen die span van Spes Bona en met 75 lopies verloor. Spes Bona het 277 lopies aangeteken teen die 47.2de boulbeurt. Andre Huiseman het uitgeblink en ses paaltjies laat kantel MKK vs Stellenbosch & Distrikte - Stellenbosch & D kolf eerste en teken 136 lopies aan. Beste boulers vir MKK was Krisnan Oosthuizen met 2/5, Devon Smith met 3/18, en Brandon Howburg met 2/13. MKK gaan kolf en kon met 74 lopies aanteken. Beste kolwer was Krisnan Oosthuizen met 24 lopies. MKK verloor met 62 lopies. Hoërskool Dirkie Uys Die o.19A-krieketspan het die naweek vir Noordwes (Vredendal) met 76 lopies gewen. HDU kolf eerste en behaal 233 lopies vir die verlies van 8 paaltjies na 50 beurte. Noordwes kolf 2e en behaal 157 lopies vir die verlies van 10 paaltjies na 26 beurte. Beste kolwers: Heinrich Dippenaar (72 lopies), Houston Pharaoh (43), Matthew Somers en Reinhardt Jordans (elk 25). Beste boulers: Esra Pietersen (5 paaltjies vir 13 lopies), Heinrich Dippenaar (2 vir 20), Marco-John Hayward (2 vir 22) Die o.15A-krieketspan klop Hoërskool Strand oortuigend met 10 paaltjies. Strand kolf eerste en behaal 77 lopies vir die verlies van 10 paaltjies na 27 beurte. Dirkie Uys kolf tweede en slaan 78 lopies vir geen verlies van paaltjies na 16 beurte. Beste kolwers: Derick Beser (35 lopies), Keewan Titus (28). Beste boulers: Keewan Titus (5 paaltjies) en Deagon Pieters behaal ‘n driekuns.


c urant

dié

Swartland • Bergrivier Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

25.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 450

13 Desember 2017


dié

courant

Tel: 022 487 3221

BERGRIVIER SPORT

13 Desember 2017


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook