Skip to main content

453 dié courant Swartland en Bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

24 Januarie 2018

18.5%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 453

24 Januarie 2018

Gereed, weg! Die begin van die jaar kondig altyd die atletiekseisoen aan. Die Graad 1-leerders van die Laerskool Swartland op Malmesbury het verlede week hul slag gewys toe hulle mekaar tussen die kalklyne aangedurf het.

•VOËLVLEI HET 29 000 ML WATER OOR

SM boor vir water Die Swartland Munisipaliteit (SM) sink nou toetsgate vir water op Riverlands in sy soeke na alternatiewe waterbronne vir die Swartland. Navorsing wat gedoen is, dui daarop dat Yzerfontein ook redelike sterk ondergrondse water het en beplan die SM om ook daar vir water te boor. Die burgemeester, Tijmen van Essen, het aan dié courant gesê dat Dag Zero, die dag wanneer watertoevoer na huishoudings en besighede gestaak word, na raming met huidige omstandighede op 21 April sal aanbreek, mits waterverbruik bestendig bly. Van daardie dag sal inwoners genoodsaak wees om water te tap by versamelpunte wat later bekend gemaak sal word. Die Swartland (Moorreesburg en Koringberg, wat water uit die Misverstanddam kry, uitgesluit) gebruik nou sowat 10 megaliter water per dag en daar is tans in totaal sowat 29 000 megaliter bruikbare water in die Voëlvleidam beskikbaar. Daar is die laaste tyd 220 megaliter per dag onttrek waarvan Swartland 4.5%, Kaapstad 4.5%, Saldanha Munisipaliteit 11.4%, landboubesproeiers 39.5%, verdamping 36.4% en gebiede soos Piketberg, Velddrif, Hermon, Gouda en landelike gebiede 3.7% gebruik het. Landboubesproeiers het reeds hul gesamentlike kwota uit die dam opgebruik en sal verdere verbruik opgeskort word. Kaapstad het sy verbruik uit die Voëlvleidam vroeër verminder van 200 megaliter per dag tot 10 megaliter per dag, maar sal weer sy daaglikse verbruik binne die verlaagde perke moet verhoog.

Volgens Van Essen het die owerheid bontgestaan om druk- en vloeibeheer toe te pas en alle lekplekke by inwoners herstel en sal hulle voortaan huishoudings wat meer as 20 kiloliter water per maand verbruik, beboet. Onder Fase 1 van die munisipaliteit se waterstrategie wat besparing deur bewusmaking, druken vloeibeheer, verhoogde tariewe, boetes en monitering van verbruik insluit, is 'n besparing van 40% reeds bewerkstellig. Die doelwit is om 45% te bespaar en dus moet hierdie syfer nog verbeter word. "Ons bedank graag die residensiële, sake- en industriële verbruikers van Swartland wat bygedra het tot die besparing en moedig almal aan om dit voort te sit en ander verbruikers moet steeds meer bespaar." Swartland sal die volgende waterhekkie na verwagting teen middel Maart bereik wanneer die dam se water gesak het tot onder die munisipaliteit se onttrekkingspunt, dit is ongeveer by 12.5%. "Die Departement van Waterwese en Sanitasie sal dan begin met die ompomp van water (sowat 600 meter) uit die dieper gedeelte na die watersuiweringswerke. Dus sal daar steeds water beskikbaar wees," verduidelik Van Essen. "Daar kan nie voorspel word of alle verbruikers wel in belang van die meerderheid gaan optree en sal ophou water gebruik nadat hulle gesamentlike toegekende kwota bereik is nie, of selfs wanneer die winterreën begin nie. Ons vertrou op die samewerking van alle verbruikers en dat dit betyds sal reën. Elke inwoner behoort egter die risikos op te weeg en daarvolgens voorsorgmaatreëls te tref. Alle opberging van water sal voordelig wees

indien Fase 2 wel ingestel moet word as gevolg daarvan dat sekere groepe verbruikers nie bereid is om saam met die meerderheid water te spaar nie," sê hy. *Die Departement van Waterwese het onlangs bevestig dat die verkoop van privaatboorgatwater onwettig is. Dié beheer word deur die departement hanteer. Die Swartland Munisipaliteit het nie die jurisdiksie om die verkoop of koop van boorgatwater te beheer of goed te keur, of die verkopers van boorgatwater te vervolg nie. Van Essen het 'n beroep op inwoners gedoen: "Ons versoek egter weer dat indien u boorgatwater beskikbaar het, u dit by die munisipalitiet sal aanmeld. Ons sal graag die water wil toets of dit vir menslike gebruik geskik is en ook wat die leweringsvermoë van die boorgat per uur is. "Die munisipaliteit gaan geen privaat boorgate en putte toemaak en die water konfiskeer nie, vir solank as wat die droogteramp aanhou." "Ek sal enige tyd ons inwoners die versekering gee dat solank ons 'n rampgebied is, sal niemand vervolg word oor die versprei van boorgat- en putwater nie. Solank jy nie die water verkoop nie, maar wel pomp- en vervoerkostes in berekening bring, sal jy onaangeraak bly. Meld dit net by die munisipaliteit aan," vra Van Essen. Om in die waterskaarste te voorsien, raai Van Essen inwoners aan om groter hoeveelhede skoon water by hul huise aan te hou. "Bewaar die water verkieslik in die yskas, of in 'n koel en donker omgewing, indien moontlik." Van Essen het ook gemeld dat geen droogteheffings vir die Swartland oorweeg word nie.

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

24 Januarie 2018

•PHD IN BIODIVERSITY

Renosterveld and butterflies

Reën: Die Swartland Munisipaliteit het Vrydag 'n opvolg gehou op 'n gebedsketting vir reën wat reeds vroeër verlede jaar gehou is. Weens die hitte het die gehoor na die koeler stadsaal geskuif, waar hulle deur burgemeester Tijmen van Essen toegespreek is.

Better Beginnings College greets new pupils A few of the pupils of the Better Beginnings College pose for a photo with teachers Anja Kruger, Marsha Janse van Rensburg, Elize Weyers, Leigh-Ann Rumboll and Karien Weyers.

On a very hot summer day, we, our photographer and I, sit and wait in the area known as the Driehoekpad in Malmesbury. We are waiting for a silver X-trail to pass so that we can follow the occupants of the vehicle to where they climb out of the cool airconditioned chamber and face the beating of the rays of the sun. They pass us within a few minutes and off we go. When they come to a halt on a small upheaval, it is our signal to put on some comfy shoes because we are about to go butterfly hunting. Yes, we are going to chase after butterflies in the heat of the Swartland sun. We meet up with Emmelene Topp and Arnold van der Westhuizen. Emmelene is a PhD student from the University of Göttingen in Germany, but she hails from England. Her skin is clearly not used to the excessive heat that we as Swartland residents know all too well, but she copes gracefully. Arnold on the other hand, looks comfortable in the heat. Even wearing some long pants. This actually has a purpose - to keep snakes and the thorns of bushes out of his skin. Emmeline is in South Africa and specifically the Swartland to conduct her research on the habitat of the butterfly in the renosterveld that grows in this area. As we take to the veld, she explains what we should look for. We mistake every moving object for a butterfly, only to be told by Emmeline that it is in fact a moth. So much for trying to be helpful. We quickly learn how to distinguish between the flight of a moth and that of a butterfly. "A butterfly with fly past in a vertical direc-

tion. Hover here, hover there and sit on a plant. A moth on the other had, will dart in different directions, mostly down towards the ground," she explains while we keep our eyes peeled for this winged creature. "Butterflies tend to fly in the pathways. They like to use it as somewhat of a runway. They like to stick to the open spaces where they can roam freely," she explains. As we hike through the bushes, Arnold is off on his own mission - geared with his hat and net. Before every research, Emmelene must document the area, the date as well as the weather circumstances. She keeps all her data in a book that she will take back with her when she compiles all the data she collected in her research paper. Emmeline and Arnold met by chance when the university that Emmeline is attending and UCT came into contact with each other, looking for assistance for her here in the Swartland. Arnold was an easy choice, since he knows the territory and terrain and is also an avid bird watcher. As we trek through the bushes Emmeline tells us more about her journey through the Swartland. "Everyone we encounter is very friendly. We go to different locations on the farms and everyone is very welcoming. They do however warns us about the snakes. At first I thought they were joking, but when I came face to face with one, I didn't take their warnings lightly anymore!" According to Emmeline the renosterveld of the area provides a unique feeding ground for the butterflies and she is specifically interested in the biodiversity of this bush that grows freely in the Swartland.

Kansa Malmesbury se jaarlikse Jail & Bail vind Donderdag 1 Februarie 2018 om 10:00 plaas by die De Bron-sentrum. ‘n Grootskaalse opruiming van “kriminele” sal weer plaasvind om fondse in te samel vir Kansa. Inwoners van die dorp sal weer die dag toegesluit en aangehou word tot hul ondernemings

‘n minimum van R500 vir hul borg betaal. Die verhoor van elke "gevangene" vind ook daar plaas. Kontak Amber Zandberg by 022 482 111 of 081 029 8702 by Kansa op Malmesbury indien jy deel wil wees van die projek of indien ‘n donasie wil maak.

Duisende fietsryers word verwag by die Bouckaert-Soenen padfiets-uitdaag in die Paarl op Sondag 4 Februarie. Die wedren, georganiseer deur Paarl Rotariërs, word gehou onder die toesig van die Trapkragvereniging (PPA) en begin by die De Poort Erfenis-sentrum in Pinestraat, Paarl. Daar is drie padrenne rondom Paarlberg daardie dag, oor 23 km, 72 km en 46 km. Die lang roete oor 123 km is geskik vir liga-ryers en meer ervare fietsryers. Dit is ook ʼn keuringsren vir die Kaapstad Fietstoer 2019. Deelnemers ry deur Wellington, Hermon en Riebeek-Kasteel met ʼn kwaai opdraand oor die Botmanskloofpas. Daarna keer hulle via Voor-Paardeberg terug oor Agter-Paarl na die eindpunt in Suider-Paarl. Die 72km-roete sny Hermon en RiebeekKasteel uit en keer via Voor-Paardeberg en Ag-

ter-Paarl terug na Suider-Paarl. Die kort 46kmroete lei direk om Paarlberg sonder moeilike opdraandes. Dit sluit by die R44/Paardeberg kruising aan by die ander roetes en lei ook via Agter-Paarl terug na die eindpunt. Dit is ʼn pretrit vir die hele familie, en vermaak en kosstalletjies wag by De Poort. Families moet kennis neem dat geen onder 16's die 123 km roete mag ry nie, geen onder 14's mag die 72km-roete ry nie, en onder 12s moet van ʼn volwassene vergesel word op die 46 km roete. Besoek www.paarlrotary.co.za om in te skryf. Die opbrengs word aangewend vir kleuterontwikkelingsprojekte ondersteun deur Paarl Rotariërs. Vir navrae, skakel Dave Moss by 082 575 4063.

Agter tralies vir Kansa

The Better Beginnings College in Malmesbury opened its doors on 17th January as expected, but in a totally unexpected way. The container ship carrying the containers with the modular building arrived on 26 November 2017, but had to lie waiting outside the harbour for three weeks because of backlog caused by strong winds. After entering the harbour, the wind was too strong for the cranes to offload containers for another two weeks. Customs also contributed to the delay by retaining one container (the most crucial one containing the steel struts for the framework) for random inspection. The last container at last arrived on site on 5 January, and since then the construction team has been working long hours and making excellent progress. However, with six weeks delay, 17 January arrived too soon to safely occupy some classrooms with so much construction happen-

ing on the site. Water, sewage and electricity also had to be supplied. Better Beginnings College has started in the building of their neighbours, Speelkasteel. The two schools co-operate well within the same building. This arrangement will be up to latest 1 February when the new buildings can be occupied. As a result of the buildings not being ready, many prospective parents have opted for other school for 2018, resulting in BBC starting with only a handful of learners between ages three and nine. "These pioneers will go down in history as the founder-learners of the first English Primary School in Malmesbury. The staff is very positive, and the apparent adversities are by no means influencing the teaching process," says principal Elize Weyers. "At Better Beginnings College it is business as usual, with the best yet to come!"

Fietsuitdaag oor Vallei

Nuut: Nuwe onder-

wysers wat by Hoërskool Dirkie Uys aangesluit het, is Lizmi Koch (Afrikaans en NW), Frans Hugo (sportorganiseerder) en Lona Baguley (LO en Engels)


NUUS • NEWS

24 Januarie 2018

3

Groot makietie beplan vir 2018 se buite-ekspo

Fonds:

Die Superspar Malmesbury-studiefonds, in samewerking met die Wesbank-rugbyklub, is Maandagaand toegeken aan vier leerders van Malmesbury vir tersiêre studies. Hierdie beurs sal aangewend word om hierdie studente met hul registrasiegelde vir die studierigting wat hulle gaan volg, te ondersteun. Leerders van die vier hoërskole op Malmesbury is gekeur volgens die voorgeskrewe kriteria. 'n Bedrag van R6000 per leerder is toegeken. Bo is Reginald Kortje (Wesbank-rugbyklub), Allistair Goliath (Schoonspruit Sekondêr), Sikusele Ndaba (Illingelethu Secondary), Hano Myburgh (Hoërskool Swartland), Merelyn Swarts (Wesbank Sekondêr) en Marleze de Klerk (Superspar Malmesbury). •Die Wesbank-rugbyklub se jaarlikse sewestoernooi vind dié naweek op Malmesbury plaas. Foto: David Howburgh

Gedurende die naweek van 16 tot 18 Februarie 2018 vind die 15de kykNET Buite Ekspo plaas op die Môreson-plaas, 10km buite Malmesbury langs die N7. Die uiters gewilde kykNET Buite Ekspo WesKaap is vir die eerste keer in die Malmesburyarea aangebied gedurende Februarie 2014 met reuse sukses. Verlede jaar het meer as 19 000 besoekers dit bygewoon en die organiseerders se stoutste verwagtinge oortref. Vanweë die sukses van die konsep, spog die ekspo ook met baie prominente senior media vennote en senior borge. Trio Events is die aanbieder en organiseerder met kykNET (hoofborg); Tygerburger, dié courant, Maroela Media, Bok Radio, Travel Update Magazine, Weg!/Weg Ry & Sleep, Tip Trans, Swartland Munisipaliteit, Jimmy’s Steakhouse Sauces, Agrimark, Malmesbury Toyota en die Wes-Kaap-regering. Daar word beoog om vanjaar 20 000 plus besoekers te lok. Die ekspo is hoofsaaklik gemik op buitelewe- en relevante uitstallings en beloof om die nuutste in hierdie veld aan die besoeker te bied. Tesame met die uitstallings word daar ook aktiwiteite aangebied vir die hele gesin – Andre de Villiers van Safari 4x4-roetes bied gratis VW Amarok 4x4-hindernisritte aan; dan is daar ook veldren-ervaringritte aangebied deur Malmesbury Totota, waar die publiek self agter die stuur van ‘n Hilux kan inskuif en helikopterritte om maar ‘n paar te noem. Daar sal ook vierwiel- en motorfietsvertonings aangebied word deur Yamaha Helderberg. Maak ook seker om die Jimmy’s Steakhouse Sauces met kykNET se sepiesterre nie te mis nie. Die gewilde Vaatjie van Toks en Tjops-faam sal optree as gas-beoordelaar. Saterdag sal daar ‘n GT Camper Sportpark wees waar die eerste Superrugby-wedstryd aanskou kan word op ‘n groot skerm met ‘n besprekingspaneel wat

Publieke watergesprek ‘n Publieke watergesprek vind plaas op 1 Februarie 2018 om 16:00 in die Banketsaal, Swartland Munisipaliteit – waar ons inligting gaan deurgee, maar ook geleentheid vir vrae.

vooraf oor die wedstryd sal gesels. Daar word gedurende die naweek verskeie ander baie interessante kompetisies en aktiwiteite op die terrein aangebied. Daar word ook weer die jaar gespog met ‘n Deli- en Kunsmark wat beloof om baie interessant te wees. Moet ook nie dié courant se Plaaskombuis mis met van die beste plaas-etes, koffie, tee en varsgebakte produkte nie. Besoekers hoef ook nie bekommerd te wees dat hulle gaan honger of dors raak nie, want daar is hierdie jaar selfs meer gekeurde kosverskaffers om in almal se smaak te voorsien! Daar is ook ‘n kroeg en biertuin en ‘n baie gewilde ‘slush’ tuin om almal se dors te les. Hierdie jaar se ‘wyntuin’ sal ook bekendstaan as die GT Camper Kuiertuin en daar sal kaasborde, sushi en oesters beskikbaar wees om saam met die heerlike Swartland Wynkelder se wyne te geniet. Die kykNET Buite Ekspo is nie ‘n musiekfees nie, maar Tip Trans borg die verhoog met ‘n paar kunstenaars: Amore, Nadia Louw, Sam en Calla, Rooies, Joe F, Desmond Wells, Pieter Smith, Liezel Pieters en Wicus vd Merwe wat die publiek sal vermaak as een van die aktiwiteite by ons kykNET-hoofarena terwyl daar lekker afgekoel en gekuier word nadat ons uitstallers besoek is. Bring gerus die kinders saam – daar sal genoeg wees vir hulle om te doen by ons pretpark, terwyl Ma en Pa die talle uitstallings geniet! Maak ook seker om nie die Sondag die Lollosvertoning te mis nie. Kontak gerus vir Marius by marius@ekspo. co.za / 082 570 5758 vir enige bemarkings- borgskap of media navrae en vir Tersia by accounts@ ekspo.co.za / 071 659 9915 vir uitstallers navrae. Kampering op terrein kan bespreek word by 073 131 1031 en toegeruste tente by 076 085 3696. Besoek ons webwerf by www.ekspo.co.za vir meer besonderhede.


4

NUUS • NEWS

24 Januarie 2018

dié courant

As die bal laat val word

Dagboek • Diary

Een van die eerste dinge wat 'n joernalis raaksien, is of iemand verantwoordelikheid aanvaar. Of vir sy suksesse, of sy mislukkings. Die suksesse kom uiteraard natuurlik makliker as die mislukkings. Om verantwoordelikheid te aanvaar vir dit wat foutgegaan het, maak jou eerbaar en "glo-baar". Dit gee almal meer vertroue in die persoon wat die fout erken, as in die een wat die skuld wil skuif en op iemand anders se skouers pak. Dieselfde gebeur nou met die watersituasie. Daagliks val die damvlakke. Daagliks drup die kraan bietjie nader na Dag Zero, wanneer ek en jy sonder water gaan sit by ons huise en besighede. Besef jy al die omvang hiervan? Dis maklik om eerder na die buurman te loer en te sê dat hy te veel water gebruik. Of na ander buurte te kyk en die skuld op hul skouers te pak. Ons is almal saam in die bootjie op die droë rivier en ons almal se spane gaan saam in die sand vassteek. Is dit te laat om nou na strooihalms te gryp? Is daar 'n oplossing of moet ons maar noodgedwonge die realiteit aanvaar? Is daar nog iets te doen? Ons leef in 'n era waar daar enorme tegnologiese vooruitgang is. Ons sit met ons neuse in skootrekenaars wat toegerus is met net die beste sagteware en nuwe toevoegsel, maar ons sit met krane wat opdroog. Is ons prioriteite dan reg georden? Dalk is dit tyd dat alles en almal in lyn kom en verantwoordelikheid aanvaar vir jou deel wat jy gespeel het. Rooi gesig of te nie. IG

It’s Good News Dr Marc Blackwell Snr

So, what do you believe about yourself in 2018? I Peter 4:10-11 “As each one has received a gift, minister it to one another, as good stewards of the manifold grace of God. If anyone speaks, let him speak as the oracles of God. If anyone ministers, let him do it as with the ability which God supplies, that in all things God may be glorified through Jesus Christ, to whom belong the glory and the dominion forever and ever. Amen.” Do you believe you will be tomorrow what you have been thinking about yourself yesterday? My psychology teacher assured me that was true. Do you believe that your “positive self-image’ is the key to happiness or success? This is certainly a popular outlook on life. Well, Peter wanted us to humbly view ourselves as stewards or servants - actually good stewards. Peter explained that this was a result of looking to God for the ability that He supplies to us. Then possibly, it is not a question of what we think of ourselves, but rather what we prayerfully and honestly look to God to supply for our use and to accomplish through us. By God’s grace, these days ahead could well be the best part of your life. Ask God to give you His ability for today and tomorrow, as well! Humbly, give Him the “credit’ - due to Him and Him alone. Soli Deo gloria: “to the glory of God alone!”

Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Open meeting. Contact: Billy at 073 147 6758 or Dawid 076 443 4072 Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library. Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury

Krieket vs rugby:

Die spanne van die Malmesbury-krieketklub en Abbotsdale-rugbyklub het Sondag in 'n vriendskaplike wedstryd mekaar die stryd aangesê op die krieketveld. Dit is die tweede jaar wat hierdie spanne mekaar uitdaag. Alhoewel die rugbymanne nie gesoute krieketspelers is nie, het hulle die krieketmanne behoorlik laat sweet en uitgedaag. Die span van die Malmesbury-krieketklub kon daarin slaag om die Abbotsdalers die onderspit te laat delf en het met twee lopies gewen.

Darling-rugbyklub 7's-toernooi 3 Februarie - Die Darling-rugbyklub bied hul jaarlikse sewestoernooi aan by die Gabriel Faroa-rugbyveld op dié dorp. Toegang beloop R20 vir volwassenes, R10 vir kinders en R10 vir voertuie. Prysgeld van R19 000 is op die spel. Never Despair RVK 11 Februarie: Never Despair RVK hou hul jaarlikse kerkdiens by die Volle Evangelie kerk om 10:00 Vir enige navrae kontak mnr Kaza by 076 690 6520 House of Praise Ecclesia 16 February: HOPE Valentine's Gala. The

theme of this event is Red Carpet as well as the dress code - red carpet style. Start at 19:30 at the Wesbank Civic Centre @ R150 per person For any further information contact Christopher Farao at 081 722 6198 Never Despair RVK 3 Maart: Never Despair RVK hou rugby-dag met verskeie klubs en hope aktiwiteite. Vir enige navrae kontak mnr Kaza by 076 690 6520 KANSA Relay for Life Malmesbury 3 – 4 Maart 2018 Malmesbury se KANSA Relay for Life is hierdie jaar 10 jaar oud en vind weer plaas by Hoërskool Swartland se Rugby A-veld. Inskrywingsgelde is R500 per span (10-15 lede). Spanne stap saam deur die nag. Dagbesoekers welkom vanaf 17:30 tot 23:00 – Kostes R20 vir volwassenes en R10 vir Laerskool kinders. Vir navrae kontak Voorsitter Suretha Burger by 082 713 5862 of KANSA personeel vennoot Amber Zandberg 022 482 1111 Darling Familiefees 17 Maart - Die Darling Familiefees word gehou van 09:00 tot laat by die Darling NG-kerk. Talle aktiwiteite soos 'n mark, boeresport, kinderaktiwiteite, kuiertent en Jo Black om 19:00. Pinotage & Biltong Festival 2018 14 & 15 April - Come join in the fun at Perdeberg Winery, Agter Paarl Tickets from www.computicket.com or www. plankton.mobi Riebeek Valley Olive Festival 5 and 6 May - The annual Riebeek Valley Olive Festival takes place on the 5th and 6th of May. Get your passport at www.webtickets.co.za

Kerke • Churches

48, Malmesbury. Vriend van God (AGS) Navrae: 022 482 4640. Sondag-oggenddiens om 09:30 . Malmesbury Methodist Church Navrae: 073 447 2902 / 022 Methodist Church in St. Thomas Victory Praise Chapel Street, Malmesbury; 487 2200 10:00 Sunday Worship Service - Christian family church services at 09:00 every Sunday, All welcome. House of Praise Ecclesia (HOPE) prayer starts at 08:30, Dr Eu10:00 Sunday School; Sondagoggend diens om 10:00 vrard Street Malmesbury. Tuesday Evening Prayer meeting by Vrolike Vinkies Contact Pastors Hannie: tel 19:00 at the church. Vir enige verdere navrae 074153 0519 Any further enquiries contact kontak Past Enrico Cloete by or email: info@vpci.org.za. Rev. Chris Botha 072 061 896 6326 692 7995 / 022 482 3623 River of Life Christian FellowAGS Wesbank ship Royal Impact Temple Sondag-erediens 09:30, HiSunday Service 10:00. Home Sundays : Empowerment : buskusstraat 49. cells: Wed evening services 09:00 - 10:45 am Navrae: 022 486 5178 in English. Tuesdays: Miracles & DeliverChurch in Darling Rd (opposite ance : 06:00 - 7:20 pm Volle Evangeliekerk Wesbank Prima Bande). Sondag-erediens 10:00, kinder- Thursdays : Bible Study : 6:00 Enquiries: Pastor Joshua 7:20 pm bediening 09:00, biduur Motemeri, Your host : Pastor Benson & Dr Dinsdae 19:00 by die kerk, 084 471 7914. Sisalindele Okposio, Fresialaan 17. Pro Gratia Malmesbury Venue : 7 Hoog Street, Off Navrae: 022 486 4498; Pastoor Dienste hervat weer op 7 JaBokomo Road, Malmesbury Andrew Mesani, 076 022 487 1224 or 074 2497168 nuarie 2018 by Mount Royal se 8279054. konferensiefasiliteit gehou. Navrae: Maandae tot DonderShofar PPK Bethesda Malmesbury dae - 08:00 - 14:00 by 28 Januarie: Sondagoggend Om 10:00 oggenddiens en aand 022 487 3233. diens om 09:30 en aanddiens om 18:30.Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. om 17:30 te Voortrekkerweg


NUUS • NEWS

5

24 Januarie 2018

Sven durf nuwe uitdaging Klub wys lede se beste kiekies van 2017 aan aan op Yzerfontein

Bo: Dreamy World van Herman Olivier Regs bo: Herman Olivier se Nightscape is aangewys in die senior-afdeling. Olivier se inskrywing in die afdeling vir gedrukte foto’s het ook dié afdeling gewen. Regs onder: Peter Swart se foto, Old Harbour, het die beste gevaar in die Junior-afdeling.

Yzerfontein het deesdae ‘n splinternuwe koffiewinkel waar besoekers en inwoners kan aandoen vir ‘n verskeidenheid spesialiteits-koffiedrankies wat met sorg voorberei word deur Sven Louw en sy vennoot, Sam. Slow Time het in Oktober 2017 hul deure geopen in die Villa Fontana-besigheidsektor van die seedorpie en het alreeds ‘n gevestigde kliëntebasis wat gereeld ‘n draai maak om hul heerlike koffie, roomyse en melkskommels te geniet. Sven (26) het die besigheid met die hulp van sy ma, Ria Louw, op die been gekry om vir homself ‘n loopbaan-geleentheid te skep. Hy is as kind gediagnoseer met Asperger-sindroom en hoewel hy hoogs funksionerend en intelligent is, plaas dit sekere beperkinge op sy vermoë om te sosialiseer en te kommunikeer. As sulks kan dit moeilik wees om by tradisionele werksomgewings in te skakel. Die idee vir die koffiewinkel het posgevat toe Ria en haar man begin het om hul vakansiehuis op Yzerfontein op te knap. Die gesin, oorspronklik van Namibië, woon vir die afgelope 13 jaar in die Paarl. Gedurende die verloop van die opknappingsprojek het Ria en Sven heen en weer gependel en gereeld aangedoen by Beulah Farm Deli net buite Yzerfontein. Hier het hulle bevriend geraak met die eienares, Karin Linde. “Karin het eendag voorgestel dat ons vir Sven

'n barista-kursus laat doen. Dit het die saadjie geplant en ons het vir Sven ingeskryf vir ‘n kursus in die Kaap, aangebied deur Mikhael Rjeilly wat voorheen Woolworths se binneshuise barista-opleiding behartig het en deesdae twee koffiewinkels van sy eie in die stad besit,” vertel Ria. “Sven het in 2010 aan Jan Krielskool gematrikuleer, waarna hy kursusse in beide rekenaarwetenskap en toerisme voltooi het. Hy wou nog altyd by toerisme betrokke raak, en die koffie-besigheid is ‘n goeie manier om ‘n voet in die deur te kry.” Na sy barista-kursus het Sven vir ‘n paar maande lank by die huis geoefen om sy nuwe koffiemasjien baas te raak, en het die Louws ‘n gedeelte van ‘n bestaande besigheidperseel wat hulle aangekoop het in Yzerfontein omskep om te dien as afsetgebied vir sy skeppings. “Sven is baie gelukkig en die interaksie wat hy geniet in die klein besigheidssektor van Yzerfontein is wonderlik. Die eienaars van die paar permanente besighede hier het hom absoluut aanvaar en ondersteun. "Slow Time gaan nou Sven se permanente werk word en hy sal ook in Yzerfontein woon,” vertel Ria met ‘n glimlag in haar stem. Slow Time is gedurende piekseisoen (oor vakansies en dies meer) oop van Dinsdae tot Sondae, 09:00 tot 16:00. Gedurende die stiller seisoen is hulle oop van Woensdae tot Sondae.

By die Swartland Fotografieklub se eerste vergadering vir 2018 het Herman Olivier nie net drie van die vier afdelings ingepalm nie, maar is sy foto Dreamy World ook as wenfoto van die aand aangewys. Sy foto Dreamy Wrold was die wenner van die aandtema Abstrak, Kreatief, Veranderde Realiteit. In die afdeling vir senior fotograwe is sy foto Nightscape as wenner aangewys en in die afdeling vir gedrukte foto's was sy foto Splash die beste. In die junior afdeling het Pieter Swart met sy foto Old Harbour die beste gevaar. Die klub se volgende vergadering in die kelder by die NG-kerk Swartland-Noord is op 8 Februa-

rie om 19:00 en die tema is "Perspektief". Belangstellendes kan die voorsitter, Peter Hardcastle, skakel by 083 628 9668.

• Die Swartland Fotografieklub het Clifford Wyeth van Moorreesburg as 2017 se Fotograaf van die Jaar aangewys met die foto Wait for me mommy! van Noeline Stofberg van Malmesbury as Foto van die jaar. Die naaswenner vir Fotograaf van die Jaar is Herman Olivier van Malmesbury en Arnold van der Westhuizen van Moorreesburg was derde. Die ander wenners is: Senior Fotograaf van die Jaar: Clifford Wyeth

Junior Fotograaf van die Jaar: Arnold van der Westhuizen Opkomende Fotograaf: Ohna Nel (Malmesbury) Skolierfotograaf van die Jaar: Dané Viljoen (Malmesbury) en die naaswenner is Louise van der Westhuizen (Moorreesburg) Olivier het ook die spesiale toekenning ontvang vir die meeste aanvaardings in die Swartland Salon en saam met Stofberg toekennings ontvang vir 100% deur die jaar.

10de Relay for Life gehou

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Relay for Life, Kansa se groot vlagskip projek. Die Kansa-kantoor op Malmesbury is reeds besig om hul vere reg te skud vir die geleentheid wat op 3 en 4 Maart 2018 op die terrein van Hoërskool Swartland plaasvind. Een van die ideale van Relay For Life is dat die hele gemeenskap daaraan moet deelneem juis, omdat kanker geen grense het nie en nie geloof,taal of kultuur ontsien nie. Spanne van 10 tot 15 lede samel deur die

jaargeld in en op die Relay-aand word deurnag om ‘'n sportveld gestap, simbolies van die lang stryd wat teen die siekte gevoer word. Spanne, besighede, kerkgroepe, families en sportspanne word genooi om nou reeds in te skryf om aan die Relay For Life deel te neem . Navrae kan by Amber Zandberg gedoen word: 022 482 1111 of e-pos azandberg@cansa.org. za. Kontak ook Suretha Burger (RFL voorsitter, 082 713 5862) en Dolly Marais (072 521 7158) om spanne in te skryf

Water is a shared resource. Don’t use more than your share. Our province is dealing with the worst drought in a century. The Western Cape Government is helping municipalities to secure their water supply. Residents need to save as much water as possible. We can avoid running out of water, but only if we work together. For tips on how to save water, visit www.h2ohero.co.za #SAVEWATER REUSE GREY WATER collected from your shower, bath or washing machine. TAKE A SHALLOW BATH or switch to having a quick shower. REDUCE WATER CONSUMPTION in bathrooms and kitchens by fitting low-flow tap aerators.

YOUR MUNICIPALITY IS ENFORCING WATER RESTRICTIONS IN YOUR AREA.

Save water BETTER TOGETHER.


6

NUUS • NEWS

24 Januarie 2018

Residents launch Oukloof Heritage Project On Sunday, 14 January, former residents of the Oukloof community in Riebeek Kasteel held a meeting to launch the Oukloof Heritage Project. The project aims to document and record the history of the Oukloof community that was forcibly removed from the town of Riebeek Kasteel in 1965 when 57 households from the coloured community were forcibly removed from area. They were relocated to the newly built township of Esterhof, on the outskirts of the town. Their homes together with the Dutch Reform mission church were subsequently demolished to make space for the expanding white community. Today there is no evidence that the Oukloof community ever existed on the land. During the meeting, a small group of former Oukloof residents shared emotional stories of their lives in Oukloof and the heartbreak that followed when were removed from their homes. “ We were not rich, but we were happy living in Oukloof. We could make our own bread, grow

our own food and have animals in the garden, like on the farms. Then we had to move to Esterhof and all of that was taken away from us” says Maria Appollis. There is no official record of the Oukloof community’s history. Now together with a task team, the objective of the Oukloof Heritage Project is to gather information, record and document stories from former residents about Oukloof and the 1965 forced removals that took place. It also aims look at the impact the evictions and the relocation to Esterhof have had on their lives since then. “One of the results of the eviction and the subsequent pretending that it never took place is that race relations in the town are very bitter. A core objective of the process is to try to improve these relations.” says Roger Roman, one of the task members heading up the Oukloof Heritage Project. Plans are also in place for a book, a website and a memorial installation.

Nael:

Die atlete van St Thomas Primêr het verlede week hul slag op die baan en veld gewys in die skool se jaarlikse atletiekbyeenkoms. Die nuwelinge het hul bes gedoen om tussen die kalklyne te bly en het entoesiasties oor die eindstreep gehardloop. Foto: David Howburgh

Rolbalmanne val vas Saterdag was maar ‘n taai dag vir beide Malmesbury se mans rolbalspanne, toe beide spanne in wegwedstryde met die kous oor die kop huis toe gestuur is. In Somerset-Wes op Helderberg se perk pootjie ‘n vinnige baan die meerderheid spelers om hulle gewig aan te pas. Dit dra hoofsaaklik daartoe by dat hulle met 45-63 skote verloor, en die wedstryd 4-11. Die span van Hennie Bothe, Louis Swart, André Halvorsen en Fred van Dongen wen hulle wedstryd 18-14, danksy ‘n uitstekende 2de stel wat hulle 11-4 wen. Hier het veral Hennie en Louis uitgeblink. Daniël Griebenauw, Peter Hall, Robin Deyzel en Jack van der Westhuizen vaar goed in die 1ste stel en wen gemaklik 13-6, met veral Robin in sy rolstoel wat die opponente goed opkeil. Maar in die 2de stel wou min dinge reg verloop en word hulle met 4-18 oorrompel, om die wedstryd 17-24 te verloor. Vir die span van Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Dave Walker en Stuart Halvorsen wou niks reg verloop nie, en wil hulle almal die wedstryd so gou as moontlik vergeet. Stuart het wel moedig probeer in die tweede stel, maar sy goeie skote is telkemale ongedaan gemaak deur sy spanlede se onbeheerde sterk spel wat skote aan die opposisie afgestaan het. Hulle verloor met 5-11 en 5-14, nadat hulle in die tweede stel na 6 skofte 0-14 agter was. Op Pinelands se baan teen Rondebosch verloor die tweede span met 24-61. Ter versagting moet darem genoem word dat hierdie span baie onervare is, en talle spelers uit posisie moet speel weens nie-beskikbaarheid van spelers. Die grootste hekkie om te oorkom vir die spelers wanneer hulle gaan weg speel is die feit dat Malmesbury ser baan steeds hopeloos te stadig speel, en die meerderheid van spelers se spelpeil tans te swak is om daarby aan te pas. Volgens die perkmeester, Paul Rossouw, behoort die probleem nou iets van die verlede te wees, met die dat die grasbedekking nou gevestig is nadat die klub ook water van die rioolwerke ontvang.


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4602 -------------------------------DIENSTE SERVICES DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554 #4551 -------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 072 491 7611 #2005 -------------------------------TE HUUR TO LET * Sakepersele te huur in Malmesbury Vanaf R3000 - R20 000 Skakel 0836584996 * Woonhuis in Malmesbury te huur Oopplan, Binnebraai, 3Slpk, D/Mh, Naby HSS Vanaf 1 Februarie 2018 R9600 p.m. Skakel 0836584996 #4606 ----BACHELOR woonstel te huur. Sentraal geleë, Malmesbury. R2 800 per maand. Koopkrag. Skakel 082 325 9330 #4607 -------------------------------TE KOOP FOR SALE Stokvis/Hake fillet pakke/ R50. Viskoekies, visvingers en ander. Kontak: 022 487 3265 of 084 250 2460 #4608 -------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

MIA JOHNSON. 26 Januarie 2018. Baie geluk met jou verjaardag. Jy sal altyd spesiaal wees vir my. Van Ma Liz -------------------------------Happy birthday to all January ladies from Protea

& Pappa

GAYLINN NOEL. 16 Januarie. Ons babbelbekkie, mag jy 'n geseënde vyfde verjaarsdag hê. Lief vir jou - Nanna Lienkie en gesin. ---Gaylinn, jy moet lekker verjaar en peetma Melony is baie liefies vir jou --------------------------------

JAYLA JURIES. God se rykste seën op 21 Januarie met jou negende verjaarsdag. Geniet jou dag - Ma Nita en families --------------------------------

Guess who is 50!! 22 January 2018. God's riches blessings upon you now and forever. From: Gaynor & Mommy --------------------------------

Ses op 28 Januarie. Geluk met jou verjaardag. Geniet jou dag my blom. Baie liefde - Let, Ivan, Ouma, Ma, Pa en Haylin --------------------------------

ELMARIE TIETIES. 28 Januarie. Geluk met jou mondigwording. Alle sukses en voorspoed vorentoe - Magdalene, kinders, Janine, Allister en Ryno --------------------------------

7

24 Januarie 2018

ENRICO PIETERS. 27 Januarie. Gelukkige 18de verjaardag. Mag die Here jou seën. Hoop jy geniet jou dag - Mamma, Randi, Riaan en Wilhelm --------------------------------

EMILE COETZEE. 28 Januarie. Geluk met jou 14de verjaardag seun. Mag God saam jou wees en vele jare spaar. Liefde - Ma, Pa, suster en broer. ---A big happy birthday Emile. Wish you a awesome day with lots of fun. Enjoy - Jadene, Zoë and aunty Dash --------------------------------

TYLIN PIETERSEN. 20 op 28 Januarie. Baie geluk ons engel. Mag jy 'n "awesome" verjaardag hê - pa Neil, Mammie Levona, Tiaan, Preston, Dinaline en Taneil ---Gelukkige verjaardag. Baie seëninge op jou lewe. Liefde - Titus families --------------------------------

28 January. Happy fourth birthday ALEJANDRO. May you have a blessed day. We love you. From Mommy, Daddy, Berni and grandparents -------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

---Ons verlang jou en sal vir ewig aan die mooi herinneringe vashou, tot ons weer ontmoet. Liefde - Susters & broer ---Ons verlang jou vreeslik baie. Vir altyd in ons harte. Liefde - Athene, Greten, Kayley & Connor --------------------------------

JASON APRIL. 23 Januarie is jou eerste verjaarsdag in die hemel. Die verlange bly groot. Mis jou baie. Liefde - Juliana en gesin ---Jason, ons mis jou baie. Rus sag. Van: Curston en Farren --------------------------------

LESLIE WILLIAMS. 25 Januarie 2018. Een jaar weg. Verlange is oneindig groot en trane vloei vryelik. Rus sag tot ons weer ontmoet - Jou vrou Annie en familie ---De se kinders en kleinkinders was De se alles. Gemis is bitter groot en trane vloei daagliks. Rus sag. Kinders en kleinkinders --------------------------------

CHRISTINA ARENDSE (Krissie). 24 Januarie 1930. Ma se derde verjaardag weg van ons. Die gemis is daar, maar ons koester die nagedagtenis - kinders, kleinkinders en Arendse gesin ---Die hartseer en verlange is nog elke dag. God alleen kan daardie leemte vul - Magdalene, kinders, Janine en Allister --------------------------------

jaar van ons af weg. Mis jou nog so baie my man en ons pa - Jou vrou en kinders ---Mis jou baie Oupa, maarons weet jy is veilig by Jesus. Van jou kleinkinders --Gemis nog groot. Verlang Pa nog elke dag. Liefde - Maria, Marsie, Lida en Tassie --------------------------------

ELTON VYFER. 24 Januarie. Jou 23ste verjaardag weg van ons. Die gemis is groot - Jou moeder Gurtie, Eleen, Uwin en broer, Grant --------------------------------

MONA BROWN 23.01.2016. Twee jaar weg van ons. Baie onwerklik maar God weet van beter. Rus sag. Mis jou verskriklik. Liefde - Kinders ,Kleinkinders en agterkleinkinders --------------------------------

TENDER T24/17/18

UITVOER VAN ’N ALGEMENE EN AANVULLENDE WAARDASIES VAN ALLE EIENDOMME IN DIE REGSBEVOEGDHEIDSGEBIED VAN SWARTLAND MUNISIPALITEIT Tenders word hiermee uitgenooi van ervare en toepaslik gekwalifiseerde waardeerders vir die uitvoer van ’n algemene waardasielys en aanvullende waardasies van alle eiendomme in die munisipale regsbevoegdheidsgebied en verwante take en bepalings soos aangedui in die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting, 2004 (Wet 6 van 2004). Die datum van waardasie vir die algemene waardasie is 1 Julie 2019 en kom op 1 Julie 2020 in werking. Die dokumente kan tydens normale kantoorure by Jo-Maré van der Westhuizen, tel. 022 487 9700, by die munisipale kantore, Malmesbury, h.v. Hill- en Piet Retiefstraat langsaan die Checkers-ingang verkry word. ’n Nie-terugbetaalbare kontantfooi van R100,00 is betaalbaar aan Swartland Munisipaliteit vir die afhaal van ’n drukstuk van die tenderdokumente. Die tenderdokumente is gratis in elektroniese formaat beskikbaar. Navrae kan gerig word aan Hermaine van der Sluys, tel. 022 487 9400 of vandersluysh@swartland.org.za

Baie geluk STEFFIE met jou 20ste verjaarsdag op 27 Januarie 2018. Ons gee jou die volgende - Exodus 20 vers 12. Baie liefde Mammie, Daddy en Connie --------------------------------

SHAYNE DE KOCK. 25 Januarie. Geluk op jou verjaarsdag en mag jy 'n geseënde dag hê Dezi, Shayla en Dillen --------------------------------

NICO FARMER. 20 Januarie. Jou eerste verjaarsdag in die hemel. Hoe graag sou ons jou self wou gelukwens? Liefde - Mamma

’n Verpligte inligtingsessie sal om 12:00 op Vrydag, 2 Februarie 2018 in the banketsaal, Kerkstraat 1, Malmesbury gehou word. Tenders ingelewer deur diensverskaffers wat versuim om hierdie vergadering by te woon, sal nie oorweeg word nie.

STEFANUS BRANDER. Vandag, presies twee

Tenders sal oorweeg word ingevolge die raad se Voorkeurverkrygingsbeleid (VVB) en die evalueringskriteria soos vervat in die tenderdokumentasie. Voornemende tenderaars moet hulle deeglik vertroud maak met die tendervoorwaardes, die spesiale tendervoorwaardes en die evalueringskriteria. Die kontrak sal ingevolge die 80/20-voorkeurpuntestelsel evalueer word. Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en steun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is verbind tot die regstelling van die ongelykhede van die verlede. Om vir die voordele van die beleid te kwalifiseer, moet tenderaars die voorkeurverkrygingsopgawe soos per Aanhangsel Z tot die ternderdokumente volledig voltooi. Geen voorkeurpunte sal toegewys word indien die opgawe nie volledig voltooi is nie. Die Munisipaliteit behou die reg voor om bewys van bemagtiging te versoek, en om te verseker dat die skepping van toepaslik vergoede werksgeleenthede vir histories benadeelde individue wel gerealiseer word. Die volgende dokumente moet as volledige stel voltooi, geteken en ingedien word: VORM A - Uitnodiging om te Tender en Algemene Indeks VORM B - Definisies en Interpretasie VORM C - Besonderhede van Tenderaar VORM D - Algemene Tendervoorwaardes VORM E - Verklaring deur Tenderaar VORM F - Tenderspesifikasies Alle bladsye van die vorms en die opgawes wat deel van die tenderdokument vorm, moet deur die Tenderaar geparafeer word. Tenders in ’n verseëlde koevert duidelik gemerk “Tender T24/17/18: Uitvoer van ’n algemene en daaropvolgende waardasies” asook die naam en adres van die tenderaar, moet voor 12:00 op Vrydag, 23 Februarie 2018 in die tenderbus by die munisipale kantore, Kerkstraat 1, Malmesbury geplaas word, waarna dit in die openbaar in die komiteekamer, munisipale kantore, oopgemaak sal word. Laat tenders en tenders wat nie op die voorgeskrewe tenderdokumente ingedien word nie, sal nie oorweeg word nie en die raad sal nie verplig wees om die laagste of enige tender of gedeelte daarvan te aanvaar nie. Verdere voorwaardes en voorwaardes soos in die tenderdokumente vervat, is van toepassing.

--------------------------------

Munisipale Kantoor Privaat Sak X52 MALMESBURY 19 Januarie 2018 www.thedcandocompany.co.za 132778

JJ SCHOLTZ MUNISIPALE BESTUURDER


8

courant

NUUS • NEWS

24 Januarie 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

24 Januarie 2018

Sportuitslae Sports results GHOLF

Krieket: Die Mal-

•ONTVANG DAVE SHEPHERD-TROFEE

mesbury-krieketklub se eerstespan het Saterdag op hul tuisveld teen die span van Spes Bona vasgeval. Malmesbury, wat bo-aan die Boland Krieketunie se punteleer lê, kon nie die mas opkom nie en het met 127 lopies verloor. Malmesbury het vyf van hul sewe wedstryde sover die seisoen gewen.

Erasmus krieket se #1-witjas

Marais Erasmus, internasionaal erkende krieketskeidsregter van Malmesbury, is pas aangewys as die internasionale krieketraad se top-skeidsregter van 2017. Hiervoor het hy die Dave Sheperd-trofee ontvang. Erasmus was vroeg in sy krieketloopbaan 'n voltydse onderwyser aan die Laerskool Swartland op Malmesbury, maar moes later hierdie passie vaarwel roep om sy aandag voltyds toe te spits op die aksie tussen die paaltjies. Erasmus, wie se vrou Adéle, self ook kannietjiekrieket afgerig het, woon steeds saam met sy gesin op dié Swartlandse dorp. Erasmus het reeds talle toekennings ontvang en is ook voorheen aangewys as een van die elite top 12-skeidsregters ter wêreld. Vanjaar was egter die room op die koek toe hy as die beste van die bestes gekroon is. Al is hy geen nuweling op die podium nie, is dit steeds vir dié nederige man 'n eer en voorreg om toekennings te ontvang. "Ek kry nog steeds n warm gevoel as ek 'n toekenning kry. "Ek doen nie die werk vir toekennings nie, maar dit bly tog lekker as jou goeie werk erken word. Vir my dien die toekenning as motivering en bevestiging om aan te hou met die manier waarop ek die ding doen," vertel Erasmus. Volgens Erasmus is een van sy sterkpunte die feit dat hy goeie menseverhoudinge het en dat hy alle spelers dieselfde hanteer. "Dit bou vertroue by hulle en dit is 'n groot pluspunt vir 'n skeidsregter, want dit maak jou werk makliker," sê hy. Alhoewel sy loopbaan reeds talle hoogte-

Marais Erasmus saam met sy vrou Adéle en tweeling seuns.

Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 17 Januarie - Supa Quick - Enkel Stableford Lindsay Meyer 20, William Matthysen 20, Marthinus Jacobs 19, Jacques Cilliers 18 Saterdag, 20 Januarie - Maandlikse houespel - Josef de Beer 70, Johandre Theron 71, Martin Lesch 72, Eben Lingeveldt 72, Adriaan Louw 72, Gary Williams 72, Peter Hardcastle 74, Thinus Theron 75, Brian Harker 75, Wayne van Tonder 75 KRIEKET MKK vs Spes Bona : Spes Bona kolf eerste en teken 211 lopies aan. Beste boulers vir MKK was Fernando Arendse met 3/22, Sergio Rooms met 3/42 en Philander vd Westhuizen met 2/15. MKK gaan kolf en kon net 84 bymekaar skraap. Beste kolwers was Bentley Pieters met 18 en beide Divaan Robertson en Donovan Dudley met 12 lopies. Spes Bona wen wedstryd met 127 lopies. Piketberg 1 se wedstryd teen Robertson KK is uitgestel. Piketberg 2 het sy wedstryd teen Vredenburg & Saldana verloor met 9 lopies. Dit was Piketberg 2 se laaste 50 boulbeurte-wedstryd vir die seisoen. Hulle fokus sal nou oorslaan na die 20 beurtekompetisie. Uitslae - Beste Kolwers: W. Kayster 38 lopies , W. Skippers 23 lopies , D. Fortuin 18 lopies Beste Bowlers : C. Adams 5/14 , W. Skippers 3/16 , W. Kayster 1/13 Oefening moreaand om 5 uur op die veld.

punte beleef het, is daar nog een droom. Dit is om met 'n wêreldbeker-finaal op die veld te wees. "Ek was 'n televisie-skeidsregter in die 2015-finaal, maar ek wil graag op die veld wees eendag!" Gevra oor die staaltjies wat toeskouers soms net te siene en nie te hore kry op die kassie nie, sê hy: "Daar was al baie snaakse dinge wat ge-

beur het, maar julle sal maar moet wag vir my boek na uittrede, want sommige van die stories sal my nou in die moeilikheid bring. Ray Price van Zimbabwe en Graeme Swann van Engeland is baie snaakse karakters." Erasmus vertrek eersdaags na Bangladesh en toer in Maart na Nieu-Seeland. Gedurende Mei sal hy in Indië diens doen en in Junie sal hy in Engeland as skeidsregter staan.

Dirkie Uys se o.19A-krieketspan het hul Pro 20-wedstryd teen Augsburg Landbou Gimnasium oortuigend gewen met 5 paaltjies. Augsburg kolf eerste en behaal 48 lopies vir die verlies van 10 paaltjies na 15 beurte. HDU kolf 2e, behaal 49 lopies vir die verlies van 5 paaltjies na 11 beurte. Kolwers: Deon-Thys Smit slaan 13 lopies van 18 balle en Matthew Somers kry 10 lopies van 17 balle. Boulers: Esra Pietersen neem 3 paaltjies vir 6 lopies en Heinrich Dippenaar neem 3 paaltjies vir 23 lopies


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
453 dié courant Swartland en Bergrivier by DieCourant - Issuu