Skip to main content

452 die courant Swartland en Bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

17 Januarie 2018

19.3%

Bou saam met goeie nuus

17 Januarie 2018

Uitgawe 452

Skool toe!

Graad R en Graad 1-leerders van talle skole in die Swartland en Bergrivier het gister reeds 'n draai by die skool gemaak om hul onderwysers vir 2018 te groet. Die leerders van die Laerskool Swartland op Malmesbury het met hul splinternuwe skoolklere en tasse hul skoolloopbaan begroet. Leerders van Liebenberg Primêr op Malmesbury was ewe entoesiasties oor hul nuwe skoolomgewing en onderwysers.

Bo: Fransie Paterson van die Laerskool Swartland neem haar Graad 1-klas vir 2018 na hul nuwe klaskamer. Regs: Sharon Marais, leerkrag van Liebenberg Primêr op Malmesbury, het 'n tweeling, Elvino en Elorise Maarman, as deel van haar klas vir 2018.

•WERK AAN VOËLVLEI BEGIN REEDS 2019

Dam ‘n prioriteit Die vlak van die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, het gister gedraai op 19.3%. Dit is 1.3% laer as 'n week gelede. Die dam het verlede jaar dieselfde tyd op 47.8% gelê. Die nasionale minister van waterwese en sanitasie, Minister Nomvula Mokonyane, het verlede jaar by 'n kongres aangedui dat vergrotings aan dié dam 'n prioriteit is en dat planne in plek is om teen 2024 met hierdie aanpassings en veranderinge te begin. Dié plan is met vyf jaar vervroeg en volgens die departement se verteenwoordiger, Sputnik Ratau, sal die proses versnel word om so vroeg as 2019 reeds in aanvang te neem. Een van die aanpassings wat by dié dag aangebring sal word, is die pomp van winterneerslag van die Bergrivier na die dam. 'n Voorlegging is in Desember ter tafel gelê wat dui dat die veranderinge aan die dam van nasionale belang is en dat dringende aandag hieraan gegee moet word.

Die Voëlvleidam is deel van die Wes-Kaapse waterskema wat volgens wet deur die nasionale regering besit, bestuur en beheer word. Dit sluit die bewaring, verbruik en ontwikkeling van die damme in die skemas in. Volgens Ratau sal daar eersdaags slote in die dam gegrawe word, sodat die laaste 10% van die water bekom kan word. Tans is dit onbruikbaar en onbereikbaar. Na verwagting sal die krane in die Wes-Kaap op 22 April leegloop. Die Voëlvleidam is die tweede grootste dam in die Wes-Kaap, naas die Theewaterskloofdam, wat tans op 16% staan. Intussen het Ratau daarop gewys dat die verkoop van privaat boorgatwater onwettig is. "Water vanuit 'n privaat boorgat op 'n perseel is slegs bedoel vir redelike verbruik op daardie perseel van 10 kiloliter. "Indien hierdie water verkoop word, moet die eienaar van die boorgat oor 'n lisensie, wat deur die departement uitgereik word, beskik,"

waarsku Ratau. Volgens burgemeester Tijmen van Essen word daar na talle alternatiewe waterbronne gekyk, maar is die koste-implikasie verbonde hieraan, uiteraard baie hoog. Een van die moontlikhede is ontsouting. "Die moeilikheidsgraad hieraan is baie hoog. Die onttrekking van seewater, die aansluiting en gebruik van baie elektrisiteit, die terugplaas van sout in die see en die pomp van die varswater na die reservoir op die koppie bo Yzerfontein, is uitdagend," verduidelik Van Essen. Vraghouer-aanlegte is ook oorweeg. Hierdie is die goedkoopste opsie. "Die operasionele kostes hieraan beloop ongeveer tussen R6 miljoen en R8 miljoen per dag. "Daarby moet die pyplyn wat die water onttrek ook bygereken word. Die elektriese aansluitkostes beloop ook ongeveer R1 miljoen. "Dan moet daar ook 'n tydelike reservoir gebou word en 'n drukpomp met 'n pyplyn moet aangebring word.

NUUS • NEWS


2

17 Januarie 2018

Voortrekkers skop jaar af

Swartland Voortrekkers se jaar skop af op 24 Januarie 2018 om 17:45 by die Waspoor Voortrekkerterrein (agter die Freek Stander-sportkompleks) te Malmesbury. Die kommando beplan ‘n hele aantal pret aktiwiteite vir 2018 en nooi alle ouers van skoolgaande kinders (Graad R tot 12) uit om hul kinders by Die Voortrekkers te laat aansluit. Die Voortrekkers het ‘n beproefde spanstelsel, verskeie goed toegeruste kampterreine, eietydse literatuur en deeglik beplande programme. Swartland Voortrekkers vergader elke Woensdagaand vanaf 17:45 tot 18:45 by die

Waspoor Voortrekkerterrein, Malmesbury. Die registrasiefooi vir 2018 beloop R500 per jaar. Die uniform bestaan uit ‘n blou Voortrekker gholfhemp en ‘n erkenningsonderbaadjie wat saam met ‘n denim kort- of langbroek of rompie en tekkies gedra word. Kontak die kommandoleier, Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejonghs@swartland.org. za) of die kommandosekretaresse, Heléne Nel (083 455 5299 of helene.nel09@gmail.com) vir enige verdere inligting. Volwassenes wat geroepe voel om betrokke te raak by Die Voortrekkers is ook baie welkom.

Nuut: Die Laerskool Swartland op Malmesbury spog met talle nuwe leerkragte. Regs

is Schalk van Wyk (sportadministrateur), Jurita Malan (Graad 1), Majo Kleynhans (Graad 4), Cecilia Hoon (Graad R) en Melanie van Velden (Graad 2).

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

NUUS • NEWS

•PHS EN ST THOMAS PRIMÊR

Nuwe hoofde neem hul plekke in

Engelbrecht in tuig op Piketberg Quinton Engelbrecht (53) neem vanaf 2018 oor as skoolhoof van Hoërskool Piketberg, nadat Marius Scholtz verlede jaar afgetree het na 'n termyn van 16 jaar en 9 maande. Engelbrecht is gebore in Odendaalsrus, en het na sy skoolloopbaan op Nigel en Benoni studeer aan die destydse RAU (tans die Universiteit van Johannesburg), waar hy 'n B Comm in Bedryfsielkunde, 'n daaropvolgende NHOD, sowel as 'n honneurs in Bedryfsekonomie verwerf het. Vandaar was by werksaam by oorhoofse stedelike sekondêre makro-skole met 'n leerdergetal bo 1250 in Nelspruit, Potchefstroom en Pretoria. Sy mees onlangse pos was adjunkhoof by Hoërskool FH Odendaal, waar hy veranderwoordelik was vir buite-kurrikulêre aangeleenthede, grond en geboue, bemarking, sowel as veiligheid en sekuriteit. Hy sien uit na die nuwe uitdagings en geleenthede by PHS, 'n gekombineerde pattelandse skool met sowat 650 leeders. "By PHS het die personeel die potensiaal om werklik die toekoms van 'n leerder te bepaal en te beïnvloed. Ek skat ongeveer 80% van PHS leerders spandeer hul volledige skoolloopbaan hier. Die resultaat, hetsy goed of sleg, van die Graad 12-leerder is dus direk die vrug van PHS se arbeid. Daar is min ander skole wat aan 'n onderwyser die geleentheid bied om so 'n breedvoerige roete met 'n leerder te stap; dis 'n groot voorreg." Engelbrecht, wie se vrou, Rina, ook hierdie jaar aansluit by PHS as Graad 2-onderwyseres, wou nog altyd 'n onnie wees. "Ek het groot geword in die huis van 'n ongelooflike goeie en toegewyde onderwyser (my pa). Ek kan nie nie regtig onthou dat ek ooit iets anders as loopbaanrigting oorweeg het nie. Ek is op daaglikse basis 'n pottebakker, skilder, dokter, mediese suster, prokureur, kindersielkundige, huweliksberader, ouditeur, kontrakteur, afrigter, sportsielkundige, en nog meer. In watter ander beroep kan mens ieder en elke passie wat jy het so uitleef?" As pa van drie volwasse kinders glo Engelbrecht 'n skool moet verbind wees tot die holistiese ontwikkeling van die leerder en die absolute toewyding tot die begeleiding van so-

danige leerder tot jong volwassenheid. "'n Skool moet jong volwassenes bemagting met die nodige lewensvaardighede en kwaliteite ten einde hom/haar in staat te stel om die menigte aanslagte van volwassenheid met sekerheid te kan aandurf. Daar moet 'n waardestruktuur gevestig word waarop die leerder hul volwasse lewe kan baseer - 'n 'gemaksone' waarop hulle kan terugval indien dinge moeilik raak." Vryetydsbesteding is nie baie hoog op Engelbrecht se prioriteitslys nie. "Tot die groot frustrasie van my vrou werk ek omtrent heeltyd. Ek glo ek is op die aarde geplaas om te werk; vrye tyd kan wag tot ek eendag aftree. Dis my uitgangspunt dat geen taak afgehandel is alvorens jy suksesvol was nie - daar is immers net een plek in die wêreld waar sukses voor werk kom, en dis in die woordeboek."

Felix lei St Thomas Primêr Henry Felix het Maandag sy plek agter sy lessenaar ingeneem as die nuwe skoolhoof van St Thomas Primêr op Malmesbury. Felix is gebore en getoë in die Swartland en hou reeds 37 jaar skool in die omgewing. Hy was voorheen 'n dekade verbonde aan Riverlands Primêr en 27 jaar by St Thomas Primêr. Felix is vuur en vlam om die nuwe skooljaar suksesvol af te skop en het talle punte op sy agenda. "Ek wil graag alle rolspelers bemagtig en die skool 'n gewaardeerde instansie te maak en E-leerstrategie te implementeer," sê Felix. Volgens Felix kan 'n leerkultuur slegs bereik word deur gehalte onderwys en nie-doserende personeel, betrokkenheid van ouers, gehalte

SBL-leiding van die hoof en SBS. Vir Felix is die gelukkige glimlaggende gesigte van die leerders 'n prioriteit en sien hy daarna uit om dit daagliks te sien. Volgens hom is dit belangrik dat ouers en onderwysers saamwerk om 'n gelukkige en afgeronde leerder te skep. "Ons kan dit net doen deur deurlopende interaksie en kommunikasie," sê Felix. Felix is ook 'n sportliefhebber en kyk gereeld in sy vrye tyd na enige sportsoort. Andersins het hy ook 'n voorliefde vir lees. Felix het self in die banke van St Thomas Primêr as kind gesit en het sy hoërskoolloopbaan aan Schoonspruit Sekondêr voltooi.

Volpunte vir rolbal

Malmesbury se eerste mans rolbalspan het die afgelope Saterdag op sy tuisveld die rekordboeke herskryf deur die eerste keer ooit hulle opponente met 15-0 te troef in die WP-vlagkompetisie se 2de liga, nadat hulle wen met 82 skote teen 31. Ook die 2de span wen, wat ‘n eerste is dat albei spanne wen. Die besoekers, Constantia se 3de span, kon letterlik geen hond haar af maak teen skitterspel van veral Altus Myburgh, Louis Swart en Roux Vermeulen nie. Saterdag reis hulle Somerset-Wes toe om die gedugte B-span van Helderberg aan te durf op ‘n perk wat tradisioneel baie vinnig speel. Die 2de span het ook tuis teen Jaggers A gespeel en wen 7,5-3,5 en met 36-31 skote. Die feit dat daar 3 pare pa-en-seun kombinasies was is moontlik ook ‘n eerste vir die klub, asook dat 2 kamermaats van Goue Aar Tehuis vir Bejaardes op die perk was. André en Stuart Halvorsen, Carel en CJ Symington en Louis en Estean Herman vul mekaar goed aan om hulle families trots te maak. CJ is in graad 7 aan LSS, en Estean in graad 12 aan HSS. Net so kan Goue Aar trots wees op die rollende Robin Deyzel (in sy rolstoel) en Jaco Conradie wat aan 'oumens albasters' ‘n nuwe perspektief verleen.


NUUS • NEWS

17 Januarie 2018

•STREEK SE TOP-MATRIKULANT

Doné Botha: Maak in matriek opofferings en leer hard

Doné Botha van Malmesbury is vanjaar die top-matrikulant van die streek. Botha is 'n oud-leerder van die Hoërskool Swartland op dié dorp. Botha het ag onderskeidings en 'n gemiddelde persentasie van 94.7% behaal. Dié slimkop het vroeg in haar skoolloopbaan reeds besluit om skouer aan die wiel te sit en vandag pluk sy die vrugte daarvan. Gevra wat haar suksesresep is, antwoord sy: "Daar is vir my van kindsbeen 'n baie goeie fondasie gelê. My ma, Vanya, het stimulerende oefeninge met my gedoen en ek het van graad 1 hard gewerk, want dit is op die ou end waar alles begin," sê Botha. "Die konsep is eenvoudig. As jy die vorige jaar se werk net 50% ken, sal jy nooit die volgende jaar goed kan doen nie. "Goeie beplanning is ook belangrik. Om gebalanseerd te wees help ontsettend baie met beplanning, want van 'n jong ouderdom leer jy om te prioritiseer tussen jou sport-, akademiese-, kulturele- en ontspanningsaktiwiteite en om vooruit te beplan om te verseker jy kom by alles uit. Ek was ook bevoorreg om uitstekende onderwysers te hê wat altyd bereid was om die ekstra myl te loop en altyd beskikbaar was om my vrae te beantwoord." Engels Huistaal se tweede vraestel was vir haar die grootste uitdaging om voor te leer, so ook Dramatiese Kunste. "Ek het Dramatiese Kunste as 'n ekstra vak geneem en ons het bogenoemde twee vakke op dieselfde dag geskryf." Vir Botha is dit moeilik om een gunsteling vak uit te sonder, aangesien sy al haar vakke geniet het. "Ek het baie lekker onderwysers en klasmaats gehad. Dit het die klas opwindend gemaak," sê sy. Botha gaan hierdie jaar BRekLLB aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Dit is 'n

vyfjaar-graad en sy beplan om haarself daarna as 'n geoktrooieerde rekenmeester te kwalifiseer en ook haar prokureursartikels te doen. "Ek het hierdie graad gekies omdat ek nog onseker is oor watter spesifieke beroep ek eendag wil volg, maar hierdie graad hou in beide rigtings my opsies oop. Ek sal graag eendag 'n beroep wil volg waar ek nie net myself nie, maar ook ander mense kan bemagtig en 'n verskil kan maak in hulle lewens. Haar raad en wenke aan vanjaar se matriekklas is eenvoudig: "Matriek is een jaar van jou lewe wat jy moet opofferings maak en hard werk en vir die res van jou lewe gaan jy die vrugte daarvan pluk. Dit klink dalk cliché, maar ek belowe dit is so. Ek het nou 'n Allan Gray-studiebeurs wat vir my studies, koshuis, etes, boeke en sakgeld betaal; ek is op die WKOD-merietelys en die topkandidaat van ons distrik; en boonop het ek net 'n paar dae gelede 'n tablet by die Weskus Distrik Munisipaliteit en R10 000 by die WKOD gekry ten bate van my studies. " "Wanneer dinge te veel begin raak onthou net hierdie woorde (en ek haal nou my ma aan): 'Mens eet 'n olifant happie vir happie." Nog 'n ding wat ek geleer het is dat jy nie so bang moet wees om jou naam met 'n plank te slaan nie. Mens moet leer om ook vir jouself te kan lag. Belangrikste van alles wees net jouself en moet nooit tevrede wees met net die gemiddeld nie. "As ek nou terug kyk was matriek seker een van die beste jare in my skoolloopbaan. Ek het so baie as mens gegroei en skool begin sien as nie net 'n akademiese instelling nie, maar 'n plek waar jy lewenslesse kan leer, 'n verskil kan maak in anders se lewens en jou volle potensiaal kan bereik.

3


4

17 Januarie 2018

NUUS • NEWS

Seven distinctions for top matriculant Brenda Nyarudzu was recently named Ilingelethu Secondary Schools’ top matriculant and honoured with an award by Western Cape Premier Helen Zille for her exemplary performance in the 2017 National Senior Certificate examinations. Her marks were 96% for Economics, 93% for Business Studies, 93% for Tourism, 92% for Maths Literacy, 92% for History, 82% English First Additional Language and 80% for Life Orientation; with an average of 89.7%. Nyarudzu was born in Kadoma, Zimbabwe as

the eldest of three children. The family currently lives in Moorreesburg; Nyarudzu completed Grade 11 and 12 at Ilingelethu Secondary School in Malmesbury. To do so she had to travel by taxi for 40+ minutes each way every day. She is currently on the lookout for a bursary or scholarship so she may pursue her dream of becoming a successful businesswoman. "I want my success to be of benefit to many people in the world. “Economics, business, and law are things

that I love, so I dream of becoming a corporate lawyer. “Many students wondered why I did not study science and I told them my calling lies in economics and business." She attributes her success to the ability to stay focused, choosing subjects that suited her strengths and the support of her community. "To those who are still in school - stay focused. Never procrastinate and do not allow peer pressure to exist in your world. “Respect others and yourself, and do not overlook the worth of your teachers - they are your bridge to success. “You will encounter many obstacles on the road to success; do not allow tribulations to destroy you, let it make you strong. “Be as you are, not as others want you to be. Have a mission and consider other people when making decisions and enjoying your rights and responsibilities. “Most importantly, be prayerful and believe in yourself." "On a more practical note, choose subjects that suit you well in terms of your capabilities and dreams, as well as personal characteristics. “Many learners are rushing into choosing the sciences as their focus, even if they don't enjoy it. “I believe you should pursue the subjects that you love best, even if that happens to be the arts or other commercial subjects. “The right teachers will motivate you, no matter which dreams you pursue." "I would like to thank my dad for helping me. I used to think he was very strict, but I eventually discovered it was for my own good. “The community and my teachers always supported me. My schoolmates also encouraged me. “I remember Amanda Ncube telling me that I was capable of getting all distinctions and it happened! Last but not least, Pastor Sono made me go the extra mile and always motivated me." "Academic achievements are wealth that nobody can take away from you. It is the key to success. “Dream big. Set Goals. Take action!"


NUUS • NEWS

5

17 Januarie 2018

dié courant

Glinsterogies, haasbekkies en tamaai tasse

'n Nuwe jaar het aangebreek. 'n Geleentheid om 'n nuwe begin te maak. Om die oud af te sluit, vorentoe te kyk en die handrem los te maak. Dit van 2017 is nou in die verlede en 2018 lê en wuif. Sommige het die jaar ingegaan met 'n lied in die hart, terwyl ander die nuwejaar begroet het met hartseer. Vir ons almal begin dit op 'n ander noot. Niemand se paadjie sal vanjaar dieselfde roete neem nie en daar sal beslis vurke wees. Hiervan kan jy maar seker wees. Onthou net altyd dat die toekoms in jou hande lê. As 'n jong meisie van Moorreesburg daagliks met 'n geleentheid na Malmesbury kan reis om haar matriek te voltooi en nog haar skool se top-leerder te wees, kan ons die uitdagings wat ons in die gesig staar, met kaalhande aanpak. Geen struikelblok is ooit te groot nie. Alles is oorkombaar, al voel dit nie nou so nie. Vandag het 'n paar sproetgesig haasbekkies hul eerste tree na die grootmenslewe gegee toe hulle met opgewondenheid en senuweeagtigheid die skooljaar begroet het met te groot rokke en tamaai tasse op die rug. Een van die dae is daardie tasse vol boeke en sit hulle skouer aan die wiel om hul eie paadjies te wandel. Mag almal hierdie jaar die moed en krag hê om die struikelblokke te oorkom en te fokus op die goeie wat die toekoms inhou.

22

R

no name™ Fresh Chicken 4 Drumsticks and 4 Thighs

46

SAVE R7

99

R

90

Blossom Lite Medium Fat Spread 1kg Tub

Per kg

SAVE R13

78

R

99

19

R

SAVE R21

SAVE R7

Nescafé Gold 200g Refill

Snowflake Cake Wheat Flour 2.5kg

Dis Goeie Nuus Dr Andrew Bosman

Onbekende

Ons begin weer met ‘n nuwe jaar, alles is onbekend wat voorlê. Hoe om dit te hanteer? Jesus stel ‘n voorbeeld. In Mattheus hoofstuk vier word Jesus deur die Heilige Gees die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word. Jesus het veertig dae gevas, en het naderhand honger geword. Die versoeker kom voor asof hy in die behoefte van Jesus wil voorsien. Self doen hy niks maar sê aan Jesus om te sê dat die klippe brood moet word. Dit was moontlik sulke ronde klippe wat soos die brode wat hulle daardie tyd gebak het gelyk het. Jesus kon dit doen, want die skepping het tot stand gekom deur God wat gespreek het. Jesus antwoord uit die Skrif, die mens sal van brood alleen nie lewe nie, maar deur die woorde wat uit die mond van God uitgaan. Toe die versoeker nie met sy kamma hulp slaag nie, probeer hy Jesus doodmaak deur Hom van die tempel te laat afspring, die engele sal hom mos beskerm soos Psalm een-en-negentig ons leer. Hierdie poging word ook deur die Woord geantwoord: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. Sy laaste poging is om Jesus se getuienis te kelder. Hy wys aan Jesus al die koninkryke van die wêreld en sê: Ek sal dit alles aan U gee as U my aanbid. Hierdie keer antwoord Jesus: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Hoeveel mense het nie al hulleself verkoop aan die duiwel om in hierdie wêreld eer te ontvang nie? Laat ons hierdie onbekende jaar ingaan met die Woord, om die aanvalle van die duiwel te kan weerstaan.

Familie gesoek

Die Eendekuil-polisiekantoor is opsoek na die naasbestaandes van Henry Hammer. Hammer is vroeg Desember oorlede en het moontlik voorheen in die Stellenbosch-omgewing gewoon op Corner Cottage en Libertas-plaas. Kontak Adjudant Nero by 079 894 1805.

PnP Bulk Country Classic Boerewors

74

R

Per kg

PnP Beef Potjiekos Bone in

69

R

Per kg

SAVE R5

SAVE R5

20

R

99

SAVE R6 Crosse & Blackwell Mayonnaise 750 - 790g Assorted Each

69

R

44

R

22

99

R

SAVE R10

SAVE R5

Bokomo ProNutro 750g Assorted Each

SAVE R25 SnowSoft 2 Ply Toilet Tissue 18s

Yum Yum Peanut Butter 400g or Box of Sachets 270g Assorted Each

BUY 5 FOR

9

R

99

99

55

50

R

SAVE R1

44

R

SAVE R19

Koo Baked Beans in Tomato Sauce 410g

SAVE R20

no name™ Light Meat Shredded Tuna in Salt Water 170g

WAS R226

189

R

SAVE R37 Amstel Radler, Lager or Lite 24 x 330ml Cans or Non-returnable Bottles Per Case

99

Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent with / without Downy 1.5 Litre or Capsules 15s Assorted Each

WAS R114

95

R

R

WAS R409

369 SAVE R40

SAVE R19 Viceroy Makoya Brandy 750ml

Hennessy Very Special Cognac 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

PLUS UP TO 50% OFF

1000s OF PRODUCTS IN-STORE

CERTAIN PRODUCTS ARE ONLY AVAILABLE AT SELECTED STORES.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Prices Valid 18 - 21 January 2018 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape

MMWCHS2029

Also at

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK


6

17 Januarie 2018

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS ALGEMEEN GENERAL JOSEPHINE DAMONSE sê baie dankie aan die hele gemeenskap van Malmesbury vir hulp en bystand tydens die brand op 15 Desember 2017. Ons familie waardeer dit opreg. Alle seën vir 2018 -----------------------------------BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4602 -----SPEEDY MALMESBURY. Exhaust fitter DRINGEND gesoek met vorige ondervinding, goeie verwysings met lang diensjare. Moet onmiddellik kan begin. Kontak 082 370 9521 / 022 482 1373/4 #4601 ----Drywer met kode C (nie C1) lisensie verlang wat Malmesbury en omgewing ken. Skakel Mnr Van Wyk: 083 283 7994 #4603 -----------------------------------DIENSTE SERVICES DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554 #4551 ---Naskool: Hulp met tuiswerk, lees en lees met begrip. Remediering. Oud-onderwyseres (30 jaar ondervinding). Skakel Justine Koch - 084 588 4066 / 022 482 3527 #4600 -----------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 072 491 7611 #2005 ----Soek Bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 0784857843 #4604 ----------------------------------TE KOOP FOR SALE TITUS EIENDOMME. Malmesbury : Wesbank: R400 000,00. 2 Slaapkamer, sitkamer, kombuis, badkamer. Goeie area. Groot erf. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: 082 780 1380 #4605 -----------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

SARAH SEPTEMBER. 12 Januarie. Baie geluk met u verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar - Kinders en kleinkinders ------------------------------------

CLAUDIA PIETERSEN. 14 Januarie. Geluk met die vermeerdering van jare. God se seën op jou lewe - Mammie, Bradley & Carlito ------------------------------------

ERIN ABRAHAMS. Baie geluk met jou uitstekende akademiese prestasie. Ons is baie trots op jou Abrahams, Green Familie & Anzo ------------------------------------

MARIETTE MOSES. 21 Januarie. Geluk met jou kroonverjaardag vriendin. Mag God jou ryklik seën. Liefde - Olivia, Nana en familie ------------------------------------

JESNICK SUNAY PIETERSEN. 21 Januarie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën en nog vele jare spaar - Ma, Nigel en Nathan, Ouma Pellie & Glenda ------------------------------------

7

17 Januarie 2018 kleinkinders ------------------------------------

MIZZ WORLD - Wishing you a pot o' gold and all the Joy your heart can hold. Happy Earthday! from your Colleagues ------------------------------------

10 Januarie. CATHERINE PETERS. Vriendin, baie geluk met jou verjaardag. Dankie vir die sonskyn wat jy in ons lewe is - Jou bestie, Anna & Lizzy ------------------------------------

Agt op 17 Januarie. RANDOLINE FIKSTER. Geluk Ma se meisiepop met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën. Van - jou ma, 2 broers, suster en Pa ------------------------------------

GIONAY. 17 Januarie. Ouma se blomtuin. Baie lief vir jou ------------------------------------

ZAYLER. This is a day made for a special person a adorable smart little girl enjoy your day my dear From Deonica -----------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

PHILA ADONIS. 14 Januarie. Jou eerste verjaarsdag in die hemel. Die verlange bly groot. Mis Mammie baie. Sag rus. Liefde - Adonis en September gesin -----------------------------------

18 Januarie. CRAIG-JUNIOR VAN DER WESTHUIZEN. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy 'n geseënde dag hê. Liefde - Jou ma, Oupa, Ouma, tannies en Pa Heinie ------------------------------------

JOHN KLAASE. Dit is jou tweede jaar in die hemel. God weet van beter. Ons mis jou nog. Liefde - Ma, Rykie en kinders ------------------------------------

PATRICK ADAMS. Baie geluk met jou verjaarsdag. Van: Vrou, kinders &

LUWELLEN BEUKES. 16 Januarie. 'n Jaar weg van ons. Mis jou. Jou mooi nalatenskap sal Mammie

altyd bybly - Jou ma, Burna en oom Piet -----------------------------------

JOSEPH "JOEY" MULLER. 14 Januarie reeds twee jaar wat Pappa van ons

weggeneem is. Rus in vrede. Ons mis Pappa elke dag - vrou, kinders en kleinkinders ---------------------------------BEATRICE CRONJE. 15 Januarie. Moeder, nou al 'n jaar weg van ons. Ons mis jou vreeslik. Liefde - Shawn, Leon, Corrie & Hannelie

19 Januarie is dit 11 jaar dat jy weg is. Ons mis jou baie. Liefde - jou Kaatjie, Dean en Riaan -----------------------------------


8

courant

NUUS • NEWS

dié

17 Januarie 2018

Tel: 022 487 3221

SPORT

17 Januarie 2018

•56 SPANNE SPOOK SAKE UIT

Wesbank gasheer vir 11de gewilde sewestoernooi Die jaarlikse 7’s toernooi vind vanjaar vir die 11de agtereenvolgende jaar op Malmesbury plaas. Altesaam 56 spanne het reeds ingeskryf vir vanjaar se toernooi - die meeste tot dusver. Volgens die organiseerders moes die klub baie klubs wegwys, aangesien hulle laat geregistreer het vir die toernooi. Superspar Malmesbury sal vanjaar vir die eerste keer die hoofborg wees. Wedstryde begin reeds die Vrydagaand waar spanne in die Challenge Cup gaan deelneem. Die top ag spanne van hierdie afdeling, sal die Saterdag meeding in die kwart- en halfeindstryd van die Challenge Cup. Die Challenhge Cup groei ook jaarliks en die kompetisie spog vanjaar met drie klubs van Calvinia en Van Rhynsdorp Eagles wat ook vanjaar sal meeding. In die Premierliga sal die verdedigende kam-

pioen van 2017, Wesbank, sterk teenkanting kry van vorige kampioene, naamlik Belhar, St Georges, Bellville Hamlets,UWC en Helderberg. Boland-klubs soos Roses, Hillcrest, Darling en Saldanha sal ook alles in die stryd werp om die toernooi te wen. Die volgende klubs se spanne gaan aan die premierliga-kompetisie van Superspar Castle 7’s toernooi deelneem: St Georges A&B, Wesbank A&B, Saldanha A&B, Polisie – Western Cape, Polisie - Pinelands, Young Peoples, Elsiesrivier, Newtons, Hillcrest, Vredenburg, Belhar, Darling, Helderberg, Young Stars, St Helenabaai, Hamlets, Northerns, Delicious, Coronations, Abbotsdale, Whistling Wheels, UWC, Never Despair, Bellville, Roses, Young Hamiltons, Eersterivier, Bredasdorp, Noordelikes. Die volgende klubs gaan aan die Challenge Cup deelneem wat reeds die Vrydagaand afskop: Wesbank Renegades, Young Peoples B, Never

Despair B, Whistling Wheels B, Abbotsdale B, Nantus Calvinia, Young Lions Calvinia, Falcons Calvinia, Saamstaan United, Windriders, Flying Eagles, West Coast College, Koringberg, Goedverwacht, Young Eagles Dassenberg, Coronations, Fisantekraal, Darling Tigers, Van Rhynsdorp Eagles, Ocean United, Porseleinberg, Afgan – United. Wedstryde skop onderskeidelik af om 18:00 die Vrydag en stiptelik om 09:00 die Saterdag. Geen drank sal binne die perseel toegelaat word nie en streng sekuriteitsmaatreëls sal geld. Die gewilde 'Castle Corner' sal op albei dae oop wees, asook ‘n nuwe toevoeging tot die vermaak by die toernooi sal die Coke Entertainment Truck wees wat lekker vermaak vir die toeskouers sal gee. Indien u enige verdere navrae het in hierdie verband, kontak Eduann Howburg by 071 920 1345.

Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag, 20 Desember - Supa Quick - Enkel Stableford Lindsay Meyer 23, Fritz de Beer jnr 21, Marthinus Jacobs 20, Paul Hardcastle 19, Lothar Buhr 18 Saterdag, 23 Desember - Christmas Hamper - Enkel Stableford Curtis Schacht 42, Johandre Theron 42, Dick Ross 41, Jaco Kriek 39, Riaan Lewis 38, Ewald Liedeman 38, Wayne van Tonder 38, Natie Smith 38 KRIEKET MKK wedstryde teen Robertson KK. Robertson KK kolf eerste en teken 203 lopies aan. Beste boulers vir MKK was Andu Serdyn met 4/21, Donovan Dudley 2/26 en Ruben Bouwer met 2/15. MKK gaan kolf en kry die telling met 6 paaltjies plat.

Die Abbotsdale-rugbyklub het die naweek hul jaarlikse sewestoernooi aangebied. Links probeer Adam Barlow van Abbotsdale losruk van die verdediging. Bo nael Birthrum Gesenberg na die doellyn. Die span van High Flyers het as die kampioene van die toernooi huis toe gegaan. Foto's: David Howburgh

Beste kolwers was Devon Smith met 86*, Krisnan Oosthuizen met 39 en Riaan Vercuil met 28. MKK wen met 4 paaltjies.

SA-afrigters by 22ste atletiekkliniek Die 22ste atletiekafrigtingskliniek van die Hoërskool Swartland op Malmesbury word hierdie naweek weer by die skool se gronde gehou. Vanjaar sal paalspring ook deelmaak van dié gewilde kliniek. Van die nasionale afrigters wat vanjaar hul gewig agter die kliniek gooi is Wimpie Nel

(hekkies), Alroy Dixon (hekkies), Paul Gorries (naellope), Seeff le Roux (naellope), Ian de Kock (hoogspring), Reagan Julius (verspring/driesprong), Louis NieNaber (paalspring), Basil Jantjies, De Wet Kotze, Karen le Roux, Kaai Preller, John Smit, Nico Cronje en Tertius Liebenberg. Die kliniek vorm deel van Boland Atletiek se

ontwikkelingsprogram. Vir meer inligting, kontak Freek Stander by 084 511 9230 of Brandon du Plessis by 084 6986860 of stuur 'n epos na bduplessisathletics@gmail.com. Die werkwinkel open Vrydag om 17:00 met registrasie. Saterdag se kliniek begin om 08:00 met registrasie tot 08:45.

Stuur jou klub se uitslae en bepalings aan izelle@diecourant.co.za om hier gepubliseer te word.


c urant

dié

Swartland • Bergrivier Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

25.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 450

13 Desember 2017


dié

courant

Tel: 022 487 3221

BERGRIVIER SPORT

13 Desember 2017


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
452 die courant Swartland en Bergrivier by DieCourant - Issuu