courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
17 Januarie 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 452
17 Januarie 2018
•KOFFIEMAN TE SIEN IN 'BLACK SAILS'
Akteur skrop nes op Wellington
•Jaomi Zeeman Baie Wellingtonners het al by die vriendelike Francois Coertze se koffiestalletjie koffie gekoop of sy gesig tussen al die ander ouers van skoolleerders op Wellington gesien. Min mense weet egter dat dit nie net sy betrokkenheid by dié dorp se aktiwiteite is wat van hom ‘n bekende gesig maak nie - Francois is ook ‘n gesogte akteur wat al in verskeie films, advertensies, sepies en ander produksies gespeel het. Francois, wat in Johannesburg gebore is en in Amanzimtoti grootgeword en studeer het, het aanvanklik beroepsrugby gespeel. Hy het vir vier jaar vir die Engelse rugbyklub Sudbury, uitgedraf, waarna hy na Suid-Afrika teruggekeer en ook ‘n paar keer vir die Valke gespeel het. ‘n Motorkaping, waartydens albei sy arms beseer is, het egter sy rugbyloopbaan kortgeknip. Hy het teruggetrek Durban toe en het sewe jaar later die geleentheid gekry om as ‘n verteenwoordiger vir ‘n kalkmyn in die Kaap te werk. “Met ons verhuising Kaap toe, het Wellington sommer met die eerste oogopslag my en my gesin se belangstelling geprikkel. Ons moes tussen Wellington, Durbanville, Worcester en die Paarl kies en Wellington het loshande gewen. Ons is tans al vyf jaar woonagtig op dié pragtige dorp,” sê Francois. Volgens hom was hy al van kleins af geïnteresseerd in drama en toneelspel. Hy het drama as vak op skool geneem en ook ná skool by ‘n dramagroep aangesluit. Terwyl hy sy rugbyloopbaan nagejaag het, is sy droom om ‘n akteur te word op die agtergrond geskuif. Nadat Francois egter die geleentheid gekry het om saam met John Cleese en Troye Sivan op die stel van Spud te wees, het sy liefde vir toneelspel weer vlamgevat. “Met ons verhuising Kaap toe, was dit net soveel makliker om hierdie droom na te jaag en te verwesenlik,” sê hy. Alhoewel Francois voltyds as ‘n verteenwoordiger vir 'n onderneming wat chemiese en landboukalk verskaf, werk en boonop ‘n koffiebesigheid wat mense van alle soorte koffie by funksies en feeste bedien, bedryf, is hy ook druk besig met sy loopbaan as akteur. Sedert hy in die Kaap woon, het sy akteursloopbaan vinnig momentum gekry en het hy al aan talle internasionale en plaaslike projekte gewerk. “Internasionaal het ek al aan Black Sails,
Homeland, Call The Midwife, Unexplained Files en Deutschland 86 gewerk. Plaaslik het ek in Suidooster, Waterfront, Modder en Bloed, Van Der Merwe, Hum en ook talle kortfilms vir plaaslike en internasionale feeste verskyn. "Ek is op die oomblik met ‘n nuwe film, ‘Die SMS’, besig wat volgende jaar in Julie bekendgestel sal word,” sê hy dankbaar. Francois het ook al in verskeie verhoogproduksies verskyn. In 2015 het hy saam met drie ander akteurs die groep, “That WAC Company”, gestig. Hierdie groep het ‘n Engelse toneelstuk, “Twist”, verwerk en ‘n Suid-Afrikaanse geurtjie gegee. Hulle het in 2016 verskeie optredes met hierdie toneelstuk tussen die Paarl en Stellenbosch gehad. “Ons is huidiglik aan die werk met ons nuwe produksie, maar kan ongelukkig nie baie daaroor sê nie,” laat hy die aap uit die mou. Francois tree ook gereeld as seremoniemeester by verskeie funksies op en geniet in hierdie hoedanigheid die interaksie met mense baie. Volgens hom is daar verskeie dinge in die vermaaklikheidsbedryf wat vir hom heerlik is. “Daar is verskeie aspekte van al die mediums wat my laat ‘tick’. Om op ‘n verhoog te staan met ‘n 100 paar oë wat jou dophou tot die adrenalienbelaaide aksietonele wat enige oomblik kan verkeerd loop, sou jy verkeerd val of spring, is vir my wonderlik. Ek wil my karakter se storie vertel, maak nie saak hoe groot of klein die rol is nie. Dit is altyd ‘n uitdaging om iemand anders van die begin af te skep, sy spraak, sy nuanses, sy gewoontes en sy agtergrond. Ek geniet dit om voor die kamera of verhoog daardie karakter lewendig te maak. En geglo te kan word,” sê hy. Alhoewel hy nie voltyds as akteur werk nie, is daar talle struikelblokke wat hy moet oorkom. “As jy deur stil tye gaan waar werk bitter skaars is of glad nie bestaan nie, moet jy dit in jouself vind om daardeur te druk en harder aan jou kuns te werk, sodat vervaardigers jou raaksien. Ek was deur so ‘n tyd ‘n jaar of wat gelede wat ek wou opgee, wou tou opgooi. Ek het myself met klein projekte begin besig hou en stelselmatig het dinge aan die gang gekom. So besef jy hoe dankbaar jy moet wees vir alle geleenthede wat jou kant toe kom,” sê hy.
Volgens Francois dink sy oudste dogter dat dit “cool” is wanneer sy haar pa op die kassie of groot skerm sien. “My familie is baie trots op elke rol en bid net so hard na ‘n groot oudisie. Hul ondersteun my geweldig,” sê hy. Oor sy “bekendheid” lag hy net. “Nee wat, ek is glad nie bekend nie. En ek verkies dit so. So hier en daar sal daar iemand verbystap wat twee keer kyk of as ek aan mense voorgestel word, kry ek die ‘hoekom lyk jy so bekend?’ En dan, as die penny drop, voel ek nogal geëerd dat mense wel ons films of produksies ondersteun. Ek doen net waarvoor ek baie lief is,” sê hy beskeie. Vir meer inligting oor Francois se loopbaan en aktiwiteite kan mense hom op facebook by http://www.facebook.com/actorfrancoiscoertze volg of by @coertzefrancois op Twitter en Instagram.
NUUS • NEWS
2
17 Januarie 2018
Plaaslike leerders presteer
Die matriekleerders aan die onderskeie plaaslike hoërskole het uitstekend presteer in die afgelope eindeksamen. Daar het by al die skole groot opgewondenheid op Vrydag, 5 Januarie, geheers toe die uitslae bekendgemaak is. Die skoolhoofde van Weltevrede Sekondêr, Bergrivier Hoërskool, Wellington Hoërskool en Hugenote Hoërskool is tevrede met hul leerders se uitslae. Hulle is dit eens dat, ten spyte van baie uitdagings, die uitslae oor die algemeen goed was. Die gemiddelde slaagsyfer van Weltevrede Sekondêr is 69%, dié van Bergrivier Hoërskool is 74,8%, Wellington Hoërskool s’n is 86,95% en Hugenote Hoërskool spog met 98,2%. Dit beteken dat meer as 80% van Wellington se matrieks die eindeksamen geslaag het - ‘n syfer wat ver bo die provinsiale en nasionale gemiddeld is. Al die skole is baie trots op hul dux-leerders wat uitstekende prestasies behaal het en wie
se deurlopende harde werk in die eindeksamen beloon is. Anneline Arries het die beste punte in Weltevrede Sekondêr behaal, Tarryn Windvogel was die top-presteerder in Bergrivier Hoërskool, Catelyne Albertus het eerste in Wellington Hoërskool geëindig en Philip Visagé is Hugenote Hoërskool se dux-leerder. Philip is ook die top-presteerder in die hele dorp. Hugenote Hoërskool spog met 20 A-gemiddeldes, 76,9% van die leerders wat met volle universiteitsvrystelling geslaag het, 186 vak A-gemiddeldes en 257 vak B-gemiddeldes. Philip Visagé, hul top-presteerder, spog met ag A’s en ‘n gemiddeld van 94,2%. Kort op sy hakke is Ruan Palvie met 93,7%, Almé Engelbrecht met 91,3% en Haamidah Mowzer met 90,2%. “Ons is ontsettend trots op die matriekklas van 2017 met hul uitstekende uitslae in die eindeksamen,” het Johann Enslin, Hugenote Hoërskool se Direkteur van Bemarking gesê.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
•TEËSPOED MOTIVEER HOM
PhD vir Abrahams
Die Wellingtonner Gerald Abrahams het onlangs, ten spyte van baie teenspoed op sy pad, ‘n doktorsgraad in teologie ontvang. Hierdie inspirerende 62-jarige woon reeds die afgelope 18 jaar op Wellington. Hy is vir 36 jaar met sy grootste ondersteuner en steunpilaar, Winnefred, getroud en is die trotse pa van drie kinders en oupa van drie kleinkinders. Gerald is sedert 1986 in pastorale bediening betrokke en is aan die Kerk van die Nazarene verbonde. “Ek het in 1983 voltyds gaan studeer by Nazerene Teologiese Kollege in Port Elizabeth gaan studeer. Daar het ek ‘n diploma in teologie gekry. Ek was ook ‘n hulp-pastoor in Mitchells Plain en Strandfontein en daarna het ek voltyds na die Wellington Kerk van Die Nazerene as die pastoor gekom,” vertel hy oor sy pad tot in Wellington. Volgens Gerald is hy deur professor doktor T. Joseph van die Trinity International Bible University genader om sy lewensverhaal en reis in die bediening op skrif te stel. Hierdie projek het uiteindelik tot sy gradering en toekenning van ‘n doktorsgraad op 2 Desember 2017 gelei. Sy lewensverhaal is voorwaar een wat van deursettingsvermoë getuig. Gerald het in 1982 sy werk as busbestuurder by City Tramways prysgegee om voltyds teologie te gaan studeer. “Ons baba was maar ses maande oud en my vrou was werkloos. Winnifred het my egter aangemoedig en gemotiveer deur te sê ons gaan dit saam maak werk. Sy het by Clicks Hoofkantoor ‘n werk gekry en daar gebly werk vir 32 jaar,” vertel hy oor sy aanvanklike moeilike besluite. In November 2012 het sy lewe ‘n drastiese wending geneem toe hy ‘n beroerte-aanval gehad en vir twee weke lank in ‘n koma was. “My familie het geweier dat ek moet opgee. Een van Wellington se dinamiese jong manne, Demore Pretorious, het geweier om te aanvaar dat ek wil opgee of nie gesond sal word nie. Hy het my vermaan deur te sê dat my doel hier op aarde nog nie klaar is nie,” onthou Gerald van hierdie moeilike tyd. Volgens hom het deursettingsvermoë, die ondersteuning van die mense rondom hom en sy geloof in homself hom gehelp om, ten spyte van baie terugslae, sukses in die lewe te behaal. “Staan op, ruk jouself reg en moet nooit
opgee nie. Ek is ‘n positiewe mens. Die woorde van daardie liedjie, ‘môre sal die son weer skyn, miswolke sal dan verdwyn’, is so te sê my leuse,” deel hy die geheim tot sy sukses. Gerald is baie dankbaar vir die ondersteuning wat hy deurentyd van sy familie ontvang het. “My familie het my ondersteun en my die hele tyd aangemoedig met die woorde ‘go for it, you can make it’. Ek is oneindig dankbaar teenoor my vrou, Winnefred, my dogter, my seuns en my skoonseun,” sê hy. Vir Gerald is sy lewensdoel uitgespel. “Ek wil die mense-mens bly wat ek is. ‘n Kwalifikasie soos die een wat ek nou behaal het, is eintlik net ‘n platform om nog goeie werk te doen. Ons moet ‘n lig en inspirasie wees vir ander. Ek het my lewe lank as ‘n mentor vir ander gedien, ek wil dit nog steeds wees. ‘n Student wat ophou studeer, sal dit nie maak nie. Ons is almal studente in die lewe. Ek wil graag iets nalaat, ‘n inspirasie vir ander wees. Ek wil iets positief in ander se lewens terugploeg,” sê hy. Sy raad aan mense wat groot drome het, maar weens omstandighede voel dat hulle dit dalk nooit sal kan laat waar word nie, is eenvoudig. “Moet net nooit opgee nie, moenie twyfel in jouself nie. Vertrou op die Here. Ek het besluit ek gaan nie lê of hoop opgee nie. Ek wil aan ander sê om in hulself te glo en positief te wees.”
NUUS • NEWS
17 Januarie 2018
•WELLINGTON SE TOP-PRESTEERDER IN EINDEKSAMEN VAN 2017
3
Philip deel sy wenresep vir matriek •Jaomi Zeeman Philip Visagé is Wellington se top-presteerder in die afgelope matriekeindeksamen. Hy het met ‘n gemiddelde persentasie van 94,2% die eerste klasposisie in Hugenote Hoërskool ingepalm en is met hierdie uitstekende punte ook die beste matriekleerder in die dorp. Philip is sedert 2007 ‘n Wellingtonner en het sy laerskoolloopbaan aan die laerskool Hugo Rust voltooi. Hy is die tweede oudste van vier kinders. Sy ma en jonger broer en suster woon sedert die begin van 2017 in Dubai. “Ek en my ouer suster woon saam met ons ouma, wat op 74 nog baie aktief en betrokke is, in Wellington,” vertel hy. Philip is beskeie oor sy uitstekende prestasie in die matriekeindeksamen. “Die goeie punte was vir my ‘n baie aangename verrassing en ek is maar net bly dat ek Hugenote se naam kon hoog hou in ons dorp,” laat hy hoor. Hy het in agt vakke A-simbole ontvang en boonop ‘n IEB-vraestel in Gevorderde Wiskunde geslaag. Met 100% in Rekeningkunde, 97% in Ekonomie, 96% in Fisiese Wetenskappe, 92% in Wiskunde en 91% in Afrikaans, is dit nie verbasend dat hy die top-presteerder in die dorp is nie. Volgens Philip was sy gunstelingvakke Ekonomie en Wetenskappe. “Ekonomie was vir my ongelooflik lekker, omdat dit jou toegelaat het om verder te dink as die handboek en ‘n breë raamwerk verskaf het om baie gebeure en kwessies in die wêreld te verstaan en hoe dit inmekaarpas,” sê hy. Philip het ook groot lof vir die aandeel wat sy onderwysers in sy sukses gehad het. “Skeinat en Biologie op skool gee vir jou die kennis om die meeste alledaagse kwessies te verstaan. Wat hierdie vakke nog lekkerder gemaak het was die passie wat die onderwysers daarvoor gehad het en al die ekstra brokkies inligting wat hul byvoeg om die inhoud meer prakties te maak en interessant te hou. Vir iemand wat hou van hoe dinge inmekaarsteek
en nie hou van om iets nie te verstaan nie, was hierdie vakke baie aangenaam,” sê hy. ‘n Liefde vir jou vakke en entoesiastiese onderwysers is egter nie al wat nodig is om sulke goeie punte te behaal nie. Philip se toewyding, goeie beplanning en gesonde werksetiek was van die ander bestanddele in sy suksesresep. “Ek het begin voorberei deur my opsommings so ver moontlik op datum te hou deur die jaar. My groot leerwerk het egter geskied oor my Junie- en September-eksamens, wat eintlik klaar die eindeksamen se werk gedek het. Wat baie belangrik van díé eksamens was, was dat ek na elke vraestel onduidelikhede en klein foutjies met my onderwysers kon behandel en kon opklaar,” verduidelik hy. Volgens Philip het hy in sy voorbereiding vir Wiskunde en Rekeningkunde daarop gefokus om soveel as moontlik ou vraestelle teen tyd deur te werk. Vir Biologie het sketse oor en oor geteken
en feite soveel as moontlik oorgeskryf om dit te onthou. “My voorbereiding vir die eindeksamen was basies klaar teen die September eksamen, wat vir my tyd gegee het om rustig my werk te hersien tydens die eindeksamen en nie te erg te laat stres nie. Ander voorbereiding het maar bestaan uit genoeg koffie, Berocca en pronutro-bars aanskaf,” lag hy. Buiten sy akademiese prestasies, is Philip ook ‘n gesoute debatteerder wat hierdie jaar saam met sy spanmaat tot die nasionale finaal van die ATKV-debatkompetisie deurgedring het. Hy is ook ‘n kranige muurbalspeler, hokkiespeler en skaakspeler en was ook ‘n lid van die skoolkoor. Hy was boonop in 2017 deel van die Sound of Music produksie wat Hugenote Hoërskool aangebied het. “Buite die skool is ek mal oor bergroetes gaan stap saam met my pa of rekenaarspeletjies speel met my broer. Andersins geniet ek ook nie-fiksie boeke lees, rugby kyk en televisie reekse soos ‘Suits’ en ‘Game of Thrones’ kyk,” sê hierdie veelsydige student. Volgens Philip was effektiewe tydsbestuur een van sy grootste uitdagings gedurende 2017. “Tyd was maar my grootste struikelblok omdat ek gereeld op die nippertjie moes leer vir vraestelle as gevolg van ander verpligtinge soos sport, koor, musical en veral debat. Deur deeglike beplanning en daaglikse roosters kon ek by al my verpligtinge uitkom, genoeg tyd hê vir akademiese voorbereiding en nog ontspan tussendeur alles,” sê hy. Philip gaan hierdie jaar ‘n BRekLLB graad aan die Universiteit van Stellenbosch begin studeer. “Daarna wil ek my klerkskap gaan doen by ‘n ouditeursfirma waarna ek sal kwalifiseer as ‘n GR. Oor tien jaar wil ek dus al werk by ‘n ‘groot4’ ouditeursfirma. My uiteindelike werks-doelwit is egter om ‘n hoof finansiële beampte van ‘n genoteerde maatskappy te word,” verklap hy sy toekomsplanne. Sy raad aan die matrieks van 2018 is om akademie hul belangrikste prioriteit te maak, maar hoegenaamd nie hul enigste een nie.
“Geniet matriek en gebruik soveel moontlik kanse wat aan jou gebied word. Onthou, dit kan die laaste wees wat jy baie van jou vriende sien so benut sosiale, sport, maar ook kultuurgeleenthede,” sê hy. Hierdie dinamiese student se grootste kompetisie is voortdurend met homself. “Vir my is dit onaanvaarbaar om net tevrede te wees met ‘n uitslag - jy kan bly wees daaroor, maar nooit tevrede nie. My motivering is daarom om ten alle tye te verbeter in wat ek doen en heeltyd die maatstaf te verhoog. My leuse is daarom ook dié van my laerskool skoolhoof, Mnr. Le Roux: ‘Good, better, best. I will not rest untill my good is better and my better is best,’” sê hy.
Philip se wen-wenke •Maak gebruik van die eksamenriglyne(afbakening) vir elke vak, wat beskikbaar is op die departement se webwerf, deur dit byderhand te hou tydens klas en wanneer jy leer. •Gaan deur elke toets/eksamen wat jy terugkry om klein foute te vind wat jy moontlik weer kan maak. •Vir Rekeninkunde en Wiskunde is leerwerk 90% van die tyd net vraestelle deurwerk. •In enige Wetenskap moet jy op datum bly met werk veral omdat die werk vinnig behandel moet word om die inhoud klaar te kry. •Leer baie hard vir die September-eksamen - daarna sal jy net hoef te hersien en vraestelle doen die eindeksamen. •Gaan daagliks deur jou notas wat jy die dag geneem het(nie noodwendig leer nie) sodat jy die volgende dag al onduidelikhede kan uitklaar met jou onderwyser. •Moet nooit deurnag leer nie! Dit gaan jou dalk toelaat om feite te kan inprop en neerskryf, maar jy sal nie hoë denke-vrae kan beantwoord nie. •As jy iets nie verstaan nie sal ‘n onderwyser altyd kan help andersins is daar vele Youtube videos wat veral gedigte mee kan help.
courant
dié
4
17 Januarie 2018
Toorkrag van 'n nuwe jaar
Waarom daar elke jaar so ‘n groot bohaai oor die sekonde tussen 31 Desember en 1 Januarie gemaak moet word, sal seker nooit met goeie redes verduidelik kan word nie. Ons steek tog daagliks talle sulke grense oor - van een minuut tot die volgende, van uur tot uur, van oggend tot middag, van dag tot nag, van wakker tot slaap. Wat is dit wat die oorgang van een jaar na die volgende so ‘n groot gebeurtenis in ‘n groot deel van die mensdom se lewens maak? Waarom is daar amper iets magies aan die omblaai van die kalender van Desember na Januarie? Miskien hou almal van die idee van ‘n vars begin, ‘n skoon bladsy, nuwe kanse en geleenthede. Dalk lyk die 1ste Januarie na ‘n kans om negatiewe dinge agter te laat, positiewe dinge aan te pak en ou drome na te jaag. Oor die suksessyfer van hierdie benadering swyg ons liewer. Talle Wellingtonners weet egter dat nuwe moontlikhede nie noodwendig in ‘n datum opgesluit lê nie, maar in vasberadenheid, 'n positiewe benadering, harde werk en deursettingsvermoë. Andrew Murray het dit meer as ‘n eeu gelede reeds geweet. Daarom kan die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum hierdie jaar hul 120ste bestaansjaar vier. Hulle beplan ‘n hele jaar vol feestelikhede met ‘n vol program om hierdie groot mylpaal te gedenk. Heinrich Gabler, ‘n oud-inwoner van hierdie instansie, gooi ook sy gewig as top 12-finalis in die Mnr. SA Kompetisie agter hierdie viering en woeker passievol met sy talente om ‘n verskil in sy gemeenskap te maak. Ons plaaslike Klopse-groepe gryp elke jaar die geleentheid van ‘n nuwe jaar aan om een van ons oudste tradisies in stand te hou en te laat voortleef. Talle kunstenaars, soos Lizz Meiring en Elvis Blue, kies Wellington as hul kreatiewe wegspringplek vir 2018 met vertonings in die volgend week of wat. Winnie Rust se nalatenskap word hierdie jaar weer met ‘n toekenning ter ere aan haar werk en betrokkenheid in die gemeenskap gevier. Francois Coertze gryp elke geleentheid om sy passie vir toneelspel uit te leef aan en gaan hierdie jaar in verskeie rolprente en ander produksies verskyn. As ons rondom ons kyk, is daar talle mense en instansies wat ons inspireer om van 2018 ‘n gesonde, positiewe jaar te maak. Mag elkeen hierdie jaar deel wees van die towerkrag wat in ons dorp en in onsself opgesluit lê om ‘n positiewe bydrae te lewer, te help waar ons kan en geleenthede te gryp en te skep.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Onbekende
Ons begin weer met ‘n nuwe jaar, alles is onbekend wat voorlê. Hoe om dit te hanteer? Jesus stel ‘n voorbeeld. In Mattheus hoofstuk vier word Jesus deur die Heilige Gees die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word. Jesus het veertig dae gevas, en het naderhand honger geword. Die versoeker kom voor asof hy in die behoefte van Jesus wil voorsien. Self doen hy niks maar sê aan Jesus om te sê dat die klippe brood moet word. Dit was moontlik sulke ronde klippe wat soos die brode wat hulle daardie tyd gebak het gelyk het. Jesus kon dit doen, want die skepping het tot stand gekom deur God wat gespreek het. Jesus antwoord uit die Skrif, die mens sal van brood alleen nie lewe nie maar deur die woorde wat uit die mond van God uitgaan. Toe die versoeker nie met sy kamma hulp slaag nie probeer hy Jesus doodmaak deur Hom van die tempel te laat afspring, die engele sal hom mos beskerm soos psalm een-en-negentig ons leer. Hierdie poging word ook deur die Woord geantwoord, Jy mag die Here jou God nie versoek nie. Sy laaste poging is om Jesus se getuienis te kelder. Hy wys aan Jesus al die koninkryke van die wêreld en sê, ek sal dit alles aan U gee as U my aanbid. Hierdie keer antwoord Jesus, die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Hoeveel mense het nie al hulleself verkoop aan die duiwel om in hierdie wêreld eer te ontvang nie? Laat ons hierdie onbekende jaar ingaan met die Woord, om die aanvalle van die duiwel te kan weerstaan.
NUUS • NEWS
Kriteria vir 2018 Winnie Rust-toekenning bekyk
In 2017 is die heel eerste Winnie Rust toekenning tydens die Stasiefees aan Hillary Geslin oorhandig. Hierdie leerder van Wellington Hoërskool het, ten spyte van baie struikelblokke, daarin geslaag om ‘n boek te skryf wat deur ‘n Amerikaanse uitgewer gepubliseer is. Winnie Rust is op 10 Mei 2016 voortydig uit ons gemeenskap weggeskeur en om haar nalatenskap te eer, het haar familie en ander rolspelers besluit om hierdie toekenning ‘n jaarlikse instelling te maak om hulde te bring aan haar skryfwerk en die rol wat sy in opvoeding en versoening in Wellington se gemeenskap gespeel het. Winnie Rust junior, lede van die OumaGranny Huis-museum, ATKV en die bestuur van die Wellington Museum het aan die einde van 2017 vergader om die kriteria vir die toekenning van hierdie prys in 2018 te bespreek. Winnie Rust was veral besorg oor die rol van die vrou in die gemeenskap. “Die toekenning moet ‘n viering van my ma se nalatenskap van stories en boeke wees, maar ook veel meer as dit. My ma het altyd geskryf oor mense wat ‘n brawe stryd voer, wat dapper is, wat soms ‘n randfiguur is, maar tog ‘n held of heldin in eie reg is en goed is vir hul gemeenskap,” het Winnie junior gesê.
Met dié toekenning wil hulle graag iemand vereer wat nie in ‘n slagoffer-mentaliteit vasgevang is nie, maar wat swaarkry gebruik om iets positief te doen. “Iemand wat swaarkry en uitdagings kon transformeer tot iets goed, sal ‘n ideale kandidaat vir die toekenning wees. Oorwinning en triomf is altyd beter as vergelding. As iemand pyn kan transformeer eerder as om dit oor te dra, werk met dít wat hulle wel het, iets regkry, geleenthede raaksien en benut en boonop iets teruggee, sal hulle vir die toekenning oorweeg word,” het Winnie junior beklemtoon. Almal was dit ook eens dat ‘n jonger persoon dít wat hierdie toekenning verteenwoordig, die beste sal vergestalt. Die oorhandiging van die toekenning sal hierdie jaar weer tydens die Stasiefees gedoen word. Enigeen met voorstelle vir nominasies, sowel as verdienstelike motivering, kan dit na die Wellington Museum e-pos by welmus@telkomsa.net. Nominasies sluit op Donderdag, 28 Maart 2018. Die Stasiefees neem vanjaar ‘n nuwe vorm aan en verander ook van venue. Dit verskuif na Kleinevalleij aan die voet van die beroemde Bainskloofpas, wat vanjaar reeds 165 jaar vier, en vind plaas op 4 en 5 Mei 2018.
Elvis Blue op Wellington
Die gewilde Elvis Blue, wenner van die sesde Idols kompetisie en ‘n kunstenaar met verskeie trefferliedjies op sy kerfstok, begin 2018 met ‘n vertoning in die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis. Hy gaan van sy gewildste liedjies, sowel as ‘n paar nuwe treffers sing. Die konsert vind plaas op Vrydagaand, 26 Januarie, en begin om 20:00. Kaartjies kan by 021 873 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za bespreek word.
NUUS • NEWS
5
17 Januarie 2018
Heinrich woeker as finalis in Mnr. SA-kompetisie
22
R
no name™ Fresh Chicken 4 Drumsticks and 4 Thighs
46
SAVE R7
99
R
Blossom Lite Medium Fat Spread 1kg Tub
Per kg
SAVE R13
78
R Die Wellingtonner Heinrich Gabler is onlangs as een van die top 12 finaliste vir die Mnr. SuidAfrika kompetisie aangewys. Hierdie prestasie volg op die lang pad wat hy reeds gedurende 2017 in hierdie kompetisie gestap het. Die aankondiging van die 12 finaliste aan die einde van Desember 2017 is gebaseer op al die deelnemers se deelname aan verskeie uitdagings wat hulle gedurende die jaar moes voltooi. Anders as in sommige ander skoonheidskompetisies, soek die organiseerders van die Mnr. SA-kompetisie meer as net ‘n mooi gesig of bultende spiere wanneer dit by hul keuse van finaliste kom. “Ons is op soek na ‘model man’ eerder as ‘n ‘mansmodel’”, sê een van die organiseerders. Vir hierdie doel moes die deelnemers elke maand hul geskiktheid vir hierdie titel deur middel van verskeie uitdagings bewys. Hierdie uitdagings het verskillende leergeleenthede, vaardigheidsontwikkeling, beplanning en welsynswerk in hul gemeenskappe ingesluit. Met hierdie uitdagings moes die deelnemers hul balans in gesondheid, intelligensie, passie, dryfkrag, ambisie en aantreklikheid kombineer. Al hierdie uitdagings, saam met die SMS-stemme van die publiek, het uiteindelik die top 12-finaliste bepaal. Vir Heinrich is dit ‘n groot eer om een van die 12 finaliste te wees. “Ek is baie dankbaar vir elkeen wat gestem het en almal se ondersteuning tydens die uitdagings,” sê hy. Heinrich het ook nie gras onder sy voete laat groei nie en was gedurende die vakansie druk besig om steeds gemeenskapswerk te doen. Hy het onder andere vir ‘n hele dag voor die plaaslike Pick ‘n Pay gestaan om geld vir CHOC in te samel. Talle ondersteuners het geld in die blikkies vir sy fondsinsameling gegooi, terwyl hulle worsbroodjies by die stalletjie gekoop het. “Ek is oorweldig deur almal se ondersteuning. "Die plaaslike ATKV-tak het my gehelp om die blikkies en plakkate vir hierdie doel te maak en Pick ‘n Pay ondersteun my ook met hierdie inisiatief,” het hy dankbaar gesê. Met hierdie inisiatief slaan hy sommer ‘n hele paar vlieë met een klap, aangesien hy ook voorbrand maak vir 2018 se Stasiefees en Huis Andrew Murray se 120ste verjaardag hierdie jaar. “Dit is wonderlik om deel van ‘n gemeenskap te wees wat mekaar ondersteun en waar daar geleenthede geskep kan word om terug te ploeg,” het hy gesê. Ondersteuners kan steeds vir Heinrich stem deur MRSA036 na 47439 te SMS.
90
99
19
R
SAVE R21
SAVE R7
Nescafé Gold 200g Refill
Snowflake Cake Wheat Flour 2.5kg
PnP Bulk Country Classic Boerewors
74
R
Per kg
PnP Beef Potjiekos Bone in
69
R
Per kg
SAVE R5
SAVE R5
20
R
99
SAVE R6 Crosse & Blackwell Mayonnaise 750 - 790g Assorted Each
69
R
44
R
22
99
R
SAVE R10
SAVE R5
Bokomo ProNutro 750g Assorted Each
SAVE R25 SnowSoft 2 Ply Toilet Tissue 18s
Yum Yum Peanut Butter 400g or Box of Sachets 270g Assorted Each
BUY 5 FOR
9
R
99
99
55
50
R
SAVE R1
44
R
SAVE R19
Koo Baked Beans in Tomato Sauce 410g
SAVE R20
no name™ Light Meat Shredded Tuna in Salt Water 170g
WAS R226
189
R
SAVE R37 Amstel Radler, Lager or Lite 24 x 330ml Cans or Non-returnable Bottles Per Case
99
Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent with / without Downy 1.5 Litre or Capsules 15s Assorted Each
WAS R114
95
WAS R409
369
R
R
SAVE R40
SAVE R19 Viceroy Makoya Brandy 750ml
Hennessy Very Special Cognac 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
PLUS UP TO 50% OFF
1000s OF PRODUCTS IN-STORE
CERTAIN PRODUCTS ARE ONLY AVAILABLE AT SELECTED STORES.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Prices Valid 18 - 21 January 2018 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape
MMWCHS2029
Also at
LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK
6
NUUS • NEWS
17 Januarie 2018
Alternatiewe waterplanne vir munisipaliteit stoom voort Die voortslepende droogte en gepaardgaande watertekort het die Drakenstein Munisipaliteit genoop om alternatiewe waterbronne te probeer ontgin. Daar is reeds sedert die einde van verlede jaar boorgate op verskeie plekke binne die munisipale area gesink en talle van die hierdie pogings het reeds positiewe resultate gelewer. In Wellington is sterk water op die terrein langs Generaal Hertzoglaan, regoor Hugenote Hoërskool, met die boor van eksplorasiegate gevind. Om die waterkrisis doeltreffend aan te spreek, sal hierdie inisiatiewe voortduur en talle ander punte waar daar vir water geboor gaan word, is reeds geïdentifiseer. Die lae reënvalsyfer vir 2017, sowel as die voorafgaande twee jaar, plaas baie druk op die watervoorsieningsvermoë van die munisipaliteit, veral in die lig van die groeiende vraag. Die Kirsten Boerdery en Gordon Rademeyer meet sedert 1931 die reënval in die Drakenstein area. Hierdie data is deur Frans Rossouw ver-
werk en dui aan dat 2015, 2016 en 2017 die drie agtereenvolgende jare met die laagste gemiddelde reënval sedert 1931 is. In 2015 was die gemiddelde reënval in die area 421mm, in 2016 was dit 547mm en in 2017 464mm. Dít terwyl die gemiddelde reënval vir die gebied sedert 1931, 738mm per jaar is. Hierdie stand van sake het die Drakenstein Munisipaliteit op kreatiewe maniere na watervoorsiening laat kyk. In die Wellington-gebied gaan daar binnekort met boorgate by Antoniesvlei, naby aan die Withoogte dam, en ook in Bainskloof begin word. Daar gaan ook in Hermon, Saron en Gouda pogings aangewend word om boorgate te sink. In die Paarl is reeds suksesvol eksplorasiegate, wat sterk water het, geboor. Die volgende stap in die munisipaliteit se planne sal wees om die eksplorasieboorgate te toets ten opsigte van lewering, sowel as kwaliteit. Daarvolgens sal produksiegate geboor word. Daarna sal die produksieboorgate met die nodige pompe, sowel as watersuiweringsaanlegte uitgerus word.
Theewaterskloofdam
Klopse tradisie lewendig gehou op Wellington Die plaaslike Klopse het op Maandag 1 Januarie hul jarelange tradisie voortgesit toe hul tydens hul gebruiklike jaarlikse optog Wellington se strate in ‘n karnaval-atmosfeer gehul het. Die aansteeklike ghoema-klanke, helde kostuums, vermaaklike danspassies en vernuftige orkesspel was ‘n herdenking van ‘n wonderlike tradisie. Wellington is die enigste dorp buite die Kaapse Metropool met ‘n Klopsekultuur wat al vir meer as 100 jaar deur die gemeenskap in stand gehou word. Die gebruiklike Nuwejaarsvieringe van die Klopse het sy ontstaan in die Kaap se vroeë geskiedenis toe die Nederlanders in die 19de eeu groot fees gevier het op Nuwejaar. Hul slawe sou dan een dag, op 2 Januarie, afkry waartydens hul toegelaat is om op hul eie manier fees te vier. Slawerny is uiteindelik op 1 Januarie 1834 in die Kaap afgeskaf, wat natuurlik nóg meer feestelike waarde aan die Klopse-viering besorg het. Verskeie plaaslike Klopse-groepe en orkeste het dorpenaars met hul tradisionele liedjies vermaak terwyl hul na Boland Stadion en Pelikaan Park gestap het vir die eerste been van hul jaarlikse kompetisie. Daar is twee verskillende Klopse Unies in die dorp en elkeen se kompetisie bestaan uit drie
bene. Die eerste been, wat op 1 Januarie plaasgevind het, word deur nóg twee kompetisies, waarvan die tweede een op 13 Januarie plaasgevind het en die laaste een die finaal sal wees, opgevolg word. Die een Unie, wat uit vyf groepe bestaan, het hierdie jaar op Boland Stadion meegeding. Die ander unie, wat uit 14 groepe bestaan, het hul staal op Pelikaan Park gewys. Elke Klopse-groep moet aan verskeie items deelneem wat uit onder andere die beste orkes, die “Grand march pars”, die beste vertoonbord, die junior moppie, beste uitrustings, die senior moppie, die Engelse moppie en die “junior English combined” bestaan. Talle ondersteuners, nuuskieriges en dorpenaars het opgedaag om hierdie daglange skouspel gade te slaan. Die helder, netjiese uitrustings, kleurvolle bykomstighede, foutlose samespel, goed uitgewerkte danspassies en aansteeklike energie van al die orkeste en groepe het van maande se deeglike voorbereiding en ure se oefening getuig. Hierdie tradisie, wat in 2017 steeds voortleef, is veel meer as ‘n blote vertoning of makietie – dit is ‘n integrale deel van die geskiedenis en erfenis van ons dorp, streek en land.
NUUS • NEWS
Dagboek • Diary
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Elvis Blue op Wellington 26 Januarie - Die gewilde Elvis Blue, wenner van die sesde Idols kompetisie en ‘n kunstenaar met verskeie trefferliedjies op sy kerfstok, begin 2018 met ‘n vertoning in die Breytenbach Sentrum se Bôrdienghuis. Hy gaan van sy gewildste liedjies, sowel as ‘n paar nuwe treffers sing. Die konsert vind plaas op Vrydagaand, 26 Januarie, en begin om 20:00. Kaartjies kan by 021 873 2786 of teater@ breytenbachsentrum.co.za bespreek word.
Swartland Charity Bikers Braai 6-8 April - Die jaarlikse Swartland Charity Bikers Braai word op die Moorreesburg-skougronde gehou. Voorafskrywings beloop R140. Hektoegang beloop R170 en kenteken R20. Kinders onder 10 is gratis. Voorafinskrywings sluit op 9 Maart. Kontak Francois by 083 956 0606, Erhardt by 082 898 1026 of Herman by 083 568 5020. Pinotage & Biltong Festival 2018 14 & 15 April - Come join in the fun at Perdeberg Winery, Agter Paarl Tickets from www.computicket.com or www.plankton.mobi Riebeek Valley Olive Festival 5 and 6 May - The annual Riebeek Valley Olive Festival takes place on the 5th and 6th of May. Get your passport at www.webtickets.co.za
Silwerkruin Basaar 2 Maart 2018: Hou die datum oop!!! Silwerkruin hou basaar vanaf 16:00 tot 21:00 Vir enige navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Piketberg Toerisme Somermark 3 Februarie - Die Piketberg Toerisme hou vanaf 09:00 tot 14:00 'n somermark op die museumgronde. Die mark sluit kontreivrugte, tuisgebak, handwerkstalletjies, vermaak en 'n historiese staproete in. Vir meer inligting, kontak 022 913 2063.
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.
7
17 Januarie 2018
Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
Huis Andrew Murray vier hul 120ste verjaardag “Ons het hulle te veel aangesien en oor die hoof gesien as te klein en van te geringe waarde; ons het gemeen om in die toekoms, as daar iets van hulle geword het, aan hulle te arbei - terwyl die Here God ons deur geheel sy Woord op die ondubbelsinnigste wyse verklaar die Koninkryk der hemele vir die kinders is.” Hierdie woorde wat Andrew Murray reeds in 1863 geskryf het, gee ‘n duidelike blik op die belangrike plek wat kinders in sy hart gehad het. Dit weerspieël ook sy lewenslange passie vir die versorging en opvoeding van kinders en jongmense. Hierdie passie het deur Andrew Murray se hele lewe gestalte gevind in die vele opvoedkundige instansies waarby hy as stigter betrokke was, veral tydens die jare tussen 1871 en 1900 toe hy die leraar van die Wellington Moedergemeente was. Gedurende hierdie jare kom die Hugenotenskool (Hugenoten Dames Seminarie), Die Sending Instituut (vir manne), Friedenheim Sendinginstituut vir vroue en Het Meisjes Arbeidsschool (ook bekend as Girls Industrial School), wat later tot die Andrew Murray Kinderhuis sou ontwikkel, onder Murray se leiding tot stand. In De Kerkbode van 13 Januarie 1898 skets Andrew Murray sy visie vir die beplande “Meisjes Arbeid School”. Die inrigting was aanvanklik vir meisies van “fatsoenlike ouers” wat as gevolg van die droogte en ander omstandighede verarm was, bestem. Murray se doel was om die meisies deur middel van die nodige opleiding in staat te stel om ʼn eie inkomste deur “eerlijke broodwinning” te verdien. Die klem sou dus op “industriële opleiding”, waarvoor die staat ʼn bedrag van £12 per dogter sou bydra, val. Om hierdie rede het die dogters die grootste gedeelte van die dag aan naaldwerk of huiswerk soos was, stryk, kook en bak bestee. Hulle het ook minstens twee ure elke dag onderrig in “boekgeleerdheid” ontvang. Na die eerste jaar van opleiding, sou die dogters uitgeplaas kon word by “modemaaksters” of self by huisgesinne as “huishoudsters of eene hulp bij eene moeder” vir praktiese ervaring. Na drie jaar sou die dogters vry wees om óf terug te keer na hul ouerhuise óf om te gaan werk. Aanvanklik is ongeveer 20 dogters van oor die hele die Kaapkolonie hier versorg, maar daar was volgens Andrew Murray steeds “honderde ander dogters” wat by hierdie tipe opleiding baat sou kon vind. Teen Oktober 1898 skryf hy: “Wij hebben te lang gewacht met dit werk te doen. Laat ons de moeite niet ontzien om leerlingen te vinden.” Hy noem ook dat daar reeds met die bou van ‘n groter skoolgebou op die perseel aan die bopunt van Murraystraat in Markstraat, Wellington begin is. In De Kerkbode van 27 April 1899 word berig: “Het nieuwe gebou voor De Meisjes Arbeidsschool is nu gereed, en Maandag konden 20 leerlinge die vroegere woning gehuisvest waren, overtrekken. Er is nu ruimte oor 40.” Murray vermeld dat daar reeds enkele nuweling aangekom het, maar dat daar nou aansoeke van nog meisies ingewag word. Onder leiding van Andrew Murray en sy mede-leraar, ds. Albertijn, het die Wellingtonse Moedergemeente ʼn reuse aandeel in die onderhoud van die Meisjes Arbeidsschool gehad. Van meet af was dit die gemeente wat vir die inrigting se behoeftes verantwoordelik was. Wyke het om die beurt maandeliks kos, groente, vrugte en hout verskaf. Die trustees, waaronder Andrew Murray en ds. Albertijn, het die bestuur waargeneem. Die dogters se ouers moes die basiese klere verskaf en die staat het ‘n klein staatsubsidie vir elke dogter bygedra. Die droom van Andrew Murray en ander was dat die aanvanklike Meisjes Arbeidsschool aan dogters die opvoeding sou gee wat hulle in staat sou stel om gewers in plaas van ontvangers te word. Hieruit het die Murray Kinderhuis ontwikkel – ‘n instrument wat aan nog honderde jongmense die geleentheid gebied het om bemagtigde, volwaardige mense te word. Een so ʼn verhaal is dié van Anna Redling (later Patmore). Anna was gedurende
1929 en 1930 in die Kinderhuis. Nadat sy Wellington verlaat het, moes sy haar eie weg in die lewe vind. Sy het verskeie penvriende gehad en is later met een van hulle, ene Patmore, getroud. Hulle het nie geld gehad nie, maar wel die wil om te werk en vooruit te kom. Hulle het saam klasse bygewoon, saam swaargekry en saam oorwin. Patmore is later tot burgemeester van Johannesburg verkies en Anna het haar plek as burgemeestersvrou volgestaan. In ʼn brief aan Dora van Rooyen, Hoof van die Hugenote Meisieskool, skryf Anna: “Nooit sal ek kan beskryf wat ek verskuldig is aan die Murray-tehuis op Wellington en wat ek daar geleer het nie. Was dit nie vir die leiding wat ek daar ontvang het nie, sou ek moontlik nooit bevoeg gewees het vir die taak wat nou vir my wag nie.” Omdat een persoon ʼn behoefte raakgesien en omgegee het, open daar in 1898 ʼn beskeie “huisskool” vir 20 dogters. Omdat mense aanhou omgee het, kon honderde kinders se lewens teen 1989 ʼn nuwe, positiewe wending neem. Hoe was dit moontlik? Miskien kan ons hierdie verhaal van omgee en liefdesdiens wat deur soveel huisouers, gemeentelede, opvoeders en ander rolspelers oor dekades heen gelewer is, beter begryp deur weer te hoor wat die hart van Andrew Murray was toe hy daaroor gedroom en gebid het: “Die huislike opvoeding is een van Gods heerlikste genademiddels” … “God vertrou die kinders aan die ouers toe in ʼn toestand van volstrekte afhanklikheid, en gee die ouers die mag om deur die invloed van liefde die harte so te win, dat hulle wonderbare krag op die jong gemoed kan uitoefen ... Hy wil die ouers gebruik as die handlangers van sy genade, en beloof hulle op die gebed hemelse wysheid en krag vir hul roeping.” De Meisjes Arbeidsschool, en later Andrew Murray Kinderhuis, was ‘n “ouerhuis” vir honderde kinders. Dit was die plek waar hulle diep uit God se liefde en genade kon skep, sodat hulle weer aan ander met dieselfde oorgawe kan uitdeel. Huis Andrew Murray (HAM) Kinder- en Jeugsorgsentrum is ‘n NG Kerk/VG Kerk instansie/ inrigting wat vanuit ‘n Christelike lewensbeskouing die volledige en gesonde ontwikkeling van 150 wetsbestede kinders (ouderdom 1 – 18 jaar oud) op religieuse, opvoedkundige, fisiese en psigiese terrein d.m.v. die benutting van multi-dissiplinêre dienste bevorder. Dit word gedoen sodat individuele kinders in staat gestel word om sy/haar plek as gebalanseerde volwasse en verantwoordelike landsburger vol te staan. Die Christelike lewens- en wêreldbeskouing vorm die grondslag van al HAM se werksaamhede. HAM se kinders woon in 12 huiseenhede (ses dogters en ses seuns) saam met hul kinder- en jeugversorger wat vir die versorging en opvoeding van die kinders verantwoordelik is. Die kinders woon 14 skole in die Wellington- en Paarl-omgewing by. ‘n Vroeë ontwikkelingsprogram word ook tans vir ses babas aangebied. HAM word deur ‘n Beheerraad van nege lede en 46 personeellede in die Vakkundige, Logistieke, Finansiële, Administratiewe en Bemarkingsafdelings bestuur. HAM wil elke donateur, kerk, skool, maatskappy en vrywilliger wat die afgelope 120 jaar ‘n bydrae of diens gelewer het en ‘n verskil in ‘n kind se lewe gemaak het, bedank. Hulle beplan ‘n program vol wonderlike aktiwiteite om hierdie groot mylpaal te vier. As deel van hul feesvieringe sal daar op 4 Februarie ‘n dankseggingsdiens en verjaardagete wees. ‘n Groot Feesdag word ook vir 24 Februarie beplan. Dit sal ‘n pretloop, potjiekoskompetisie, lewendige musiek en talle stalletjies insluit. ‘n “Bikers Breakfast Rally” word vir 4 Maart beplan, asook ‘n Opedag op 26 Mei, ‘n Dr. Andrew Murray Toekenningsaand op 9 Junie, ‘n “Christmas in July”, ‘n Vonkeltee, ‘n Gholfdag, sowel as ‘n Kersfeesviering en afsluiting. Belangstellendes kan HAM by 021-873 3834 vir meer inligting kontak.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
8
courant
dié
17 Januarie 2018
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
17 Januarie 2018
Groot padfiets-uitdaag in die Paarl Duisende fietsryers word verwag by die Bouckaert-Soenen padfiets-uitdaag in die Paarl op Sondag 4 Februarie. Die wedren, georganiseer deur Paarl Rotariërs, word gehou onder die toesig van die Trapkragvereniging (PPA) en begin by die De Poort Erfenis-sentrum in Pinestraat, Paarl. Daar is drie padrenne rondom Paarlberg daardie dag, oor 23 km, 72 km en 46 km. Die lang roete oor 123 km is geskik vir liga-ryers en meer ervare fietsryers. Dit is ook ʼn keuringsren vir die Kaapstad Fietstoer 2019. Deelnemers ry deur Wellington, Hermon en Riebeek-Kasteel met ʼn kwaai opdraand oor die Botmanskloofpas. Daarna keer hulle via Voor-Paardeberg terug oor Agter-Paarl na die eindpunt in Suider-Paarl. Die 72 km roete sny Hermon en Riebeek-Kas-
teel uit en keer via Voor-Paardeberg en Agter-Paarl terug na Suid-Paarl. Die kort 46 km roete lei direk om Paarlberg sonder moeilike opdraandes. Dit sluit by die R44/Paardeberg kruising aan by die ander roetes en lei ook via Agter-Paarl terug na die eindpunt. Dit is ʼn pretrit vir die hele familie, en vermaak en kosstalletjies wag by De Poort. Families moet kennis neem dat geen onder 16s die 123 km roete mag ry nie, geen onder 14s mag die 72 km roete ry nie, en onder 12s moet van ʼn volwassene vergesel word op die 46 km roete. Besoek www.paarlrotary.co.za om in te skryf. Die opbrengs word aangewend vir kleuterontwikkelingsprojekte ondersteun deur Paarl Rotariërs. Vir navrae, skakel Dave Moss by 082 575 4063.
Three Ships Wellington Cricket Club travelled to Coetzenburg to face Stellenbosch University Maties Cricket Club in the Boland Premier League 50 Over Competition on Saturday 13th January 2018. Wellington Skipper Tiaan Cloete Lost the toss and was sent in to bat on a very dry and flat wicket. Wellington Wolves posted 279/6 Opening batsmen Junaid Cassiem 129(133). One of the finest innings this year and was beautifully assisted by the skipper Tiaan Cloete 47(67) and Aubrey Philander 32(28). Neil Botha 2/39 tried hard to restrict the Wolves. Maties CC started off fast with 90/1 after 13overs..but Edward Small's quick feet and fast reactions managed to run out the dangerous
looking Hamza Saloojee 32(47). Captain Tiaan Cloete 2/22 in 8 Overs immediately slowed the match down with spin. Maties fought back with a good 60 partnership 180/4 between Neil Botha 24(29) and skipper Gerhard van Vuuren 51(47) when Warren Groeneveld stormed in from the boundary with a fast accurate throw against the wind to run out Van Vuuren. Neil Botha lost his wicket, caught behind, in the same over from Curtley Louw 1/35 in 7overs. Aubrey Philander 2/42 in 10 overs bowled well. Wellington Wolves won by 67 runs. Man of the Match: Junaid Cassiem Wellington Wolves won the Boland Premier League 50 Over Competition with one match to spare.
Wellington Wolves continues winning streak
Rugby-aksie in Hillcrest 7's-toernooi verwag Hillcrest United rugbyklub van Wellington bied hul jaarlikse 7's toernooi aan op Saterdag 20 Januarie 2017 te Pelikaan Park Wellington. Hierdie toernooi word vir die derde jaar aangebied en beloof om groter te wees met prysgeld ter waarde van R12 000 op die spel. Daar is slegs plek vir 16 spanne waarvan daar slegs twee plekke beskikbaar is. Groot name vanuit die Boland en WP -liga het reeds hul deelname bevestig. Hillies het vinnig naam gemaak in 7's rugby
en het drie van die hul vyf deelnemende toernooie gewen verlede seisoen. Ons nooi graag almal uit om die dag saam te kom geniet. Tariewe beloop R20 per/persoon en R10 per/voertuig en daar sal ook lekker kos stallertjies, koeldranke en musiek wees. Toeskouers kan ook hul eie gazebos kom opsit. Vir meer inligting kontak Edward Abrahams(koordineerder) - 076 235 3429 of Jovan-re Cupido - 073 296 3575.