450 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

13 Desember 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 450

13 Desember 2017

•ONTMOET WELLINGTON SE SINGENDE "SPIETKOP"

Cedric laat verkeer en note vry vloei •Jaomi Zeeman Mense wat gereeld die besige paaie in ons vallei gebruik, sou al die vriendelike gesig van Cedric Klaasen langs die pad teëgekom het. Hierdie verkeerspuntdiensbeampte reguleer die verkeer gereeld met sy breë glimlag en energieke, ritmiese passies. Daar steek egter veel meer as wit handskoene, ‘n behoefte om padgebruikers veilig by die huis te kry en ‘n goeie kennis van verkeersreëls in hierdie interessante man. Cedric het ‘n groot liefde vir musiek, hy beskik oor ‘n engel-stem en hy tree gereeld as seremoniemeester by verskeie geleenthede in die vallei op. Volgens Cedric het sy liefde vir sang reeds op ‘n jong ouderdom begin. “Ek het al toe ek maar ses jaar oud was, as ‘n jong klonkie van Chicago, op die straathoek gestaan en sing. Die mense het vir my geld gegee en ek kon dit nie glo nie. Daar het ek besef dat musiek iets wonderliks is. Dit iets wat al van jongs af in my brand,” vertel hy. Mense wat Cedric al hoor sing het, sal kan getuig van sy toon- en nootvastheid. Alhoewel hy al op verskeie verhoë opgetree en mense met sy stem betower het, het hy egter geen formele musiek- of sangopleiding nie. “Ek het geen boekkennis van musiek nie. Dis net iets hierbinne my. Ek het my eie ingeboude stem-orkes,” lag hy. Cedric se talente strek egter veel verder as net sy sang en stem. Hy het ‘n natuurlike aanleg vir die uitvoerende kunste en het reeds op skool aan toneelkompetisies deelgeneem. Volgens hom was dit as jong seun sy droom om ‘n akteur te word.

Sterre blink uit op rugbyveld

“Ek het in die hoërskool aan ‘n teaterstuk deelgeneem wat vir die ATKV-toneelkompetisie ingeskryf is. Daar het ek die prys as die beste byspeler by die Joseph Stone Teater in die Kaap vir die hele kompetisie gewen,” onthou hy. Hy was vir sy hele skoolloopbaan ‘n lid van die skoolkoor. Cedric was ook vir 15 jaar lank ‘n omroeper by die plaaslike radiostasie, Radio KC, waar hy heel gepas die program, “Musiek met die woord”, aangebied het. Hy is boonop ook verantwoordelik vir die lofprysing by sy kerk en het ook al in verskeie televisie advertensies gespeel. Hy is vol lof vir sy vrou en 16-jarige dogter wat hom nog altyd in sy loopbaan ondersteun het.

“Sonder hulle sou ek nie al hierdie dinge kon aanpak nie,” sê hy. Tussen sy pligte as verkeersbeampte deur, is Cedric gedurig na een of ander funksie heen op pad. Sy energieke aanslag as seremoniemeester, gekombineer met sy sangtalent, maak van hom ‘n gesogte gas by talle plaaslike geleenthede. “Ek tree elke week iewers as seremoniemeester op of ek moet iewers gaan sing. "Ek was nou onlangs weer die seremoniemeester by die Liggiefees in die Paarl. Dit het van 1 tot 3 Desember geduur en dit verg nogal uithouvermoë om die pas vol te hou en die hele tyd energiek te bly en die feestelikheid aan die gang te hou so oor 3 dae en tot laat saans. Maar ek is mal daaroor!” vertel hy entoesiasties. Hy tree ook gereeld as motiveringspreker by geleenthede op en vertel stories vir die kinders by plaaslike biblioteke. “Die storievertellery by die biblioteke is een van my gunsteling aktiwiteite. Kinders lees mos nie eintlik meer nie en die biblioteke het met ‘n inisiatief begin wat kinders se liefde vir stories en boeke wil aanwakker. Ek het ook ‘n diploma in remediëring en dit help my met hierdie taak. Die biblioteke het my genader om vir die kinders voor te lees en dis so lekker om die groot oë en meelewing in die kinders se gesigte te sien wanneer ek die stories vir hulle lees en ‘n bietjie drama bysit,” sê hy. Hoe hou hierdie man met die mooi stem, akkurate verkeersmaneuvers, liefde vir geestelike en klassieke musiek en fyn humorsin sy energievlakke op ‘n so ‘n hoë vlak? “Ek wil altyd net die beste aan mense gee, of hulle nou in ‘n gehoor voor my sit of in hul motors by my verbyry. Ek probeer hulle lees en aansteek met my energie. Dit is iets waarvoor ek ‘n passie het,” deel hy sy geheim.

Boland se elitegroep bekend

Hugenote derde met beste kaas

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.