Skip to main content

450 dié courant bergrivier

Page 1

c urant

dié

Swartland • Bergrivier Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

25.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 450

13 Desember 2017

Druk op noodnommer se knoppie Die Bergrivier Munisipaliteit het gister 'n spesiale noodnommers bekendgestel wat inwoners kan skakel in geval van nood. Die nommers verskil van gebied tot gebied in die Bergrivier. Dean Josephus (raadslid), Deon Alberts (hoof van rampbestuur van die Bergrivier Munisipaliteit), Adam du Plooy (raadslid), burgemeester Evert Manuel, Deon van der Westhuizen (peleton offisier - Weskus Dristirksmunisipaliteit Brandweer en Redding) en Charl du Plessis (bestuurder groter Cederberg Brandbeskermingsvereniging) was teenwoordig by gister se bekendstelling. Die nommer vir Porterville is 076 695 7454. Vir Velddrif, Dwarskersbos en Redelinghuys is die kontaknommer 076 694 8683 en vir Piketberg, Eendekuil, Aurora, Wittewater en Goedverwacht, kan 079 349 8619 geskakel word. Hierdie nommers kan gebruik word in enige geval van nood, hetsy brand, aardbewings of ander ramptoestande. Alternatiewelik kan 10177 tolvry vanaf enige landlyn of 022 433 8700 vanaf 'n selfoon of landlyn vir hulp en bystand in geval van nood geskakel word.

•17 JAAR AAN STUUR VAN SKOOL OP PIKETBERG

Scholtz groet PHS Marius Scholtz, jarelange hoof van Hoërskool Piketberg, het verlede week afgetree na 16 jaar en 9 maande aan die stuur van dié suksesvolle skool. Scholtz, wat tussen 1976 en 1979 aan Kovsies studeer het, was vanaf 1982 tot 2001 deel van die personeel van Hoërskool Colesberg in die Noord-Kaap en het op 1 April 2001 aangesluit by PHS. "Ek het nog altyd 'n passie gehad daarvoor om met kinders te werk. "PHS was 'n wonderlike plek om te werk, want die gemeenskap koop in by die visie van die skool. "Voorts is daar 'n kultuur van ondersteuning en uithouvermoë onder die personeel en leerders. "Gedurende my termyn as hoof was dit verblydend om te sien hoe die skoolgetalle styg en

die uitstekende prestasies van die leerders op elke gebied verbeter." "Die waarde daarvan om ‘n Zebra te wees en dit te beleef, was ‘n ervaring op sy eie! "Die unieke kenmerke van Zebras om aan te hou, uit te hou, nooit moed op te gee nie en te volhard in alles wat hulle aanpak, word onmiddellik aangeleer en uitgeleef. "Dit is wat PHS so lekker maak - die opwinding, gees, samehorigheid en die 'ek behoort hier' gevoel van almal wat deur die hekke stap." Scholtz kyk met trots terug op my loopbaan. "Daar is so baie dinge wat my hart warm laat klop. Onder andere die inwyding van die klubhuis en die wynveiling waar ons oor die R1-miljoen ingesamel het om skoolbusse aan te koop." Hy sien uit na sy aftrede en gaan eers lekker vakansie hou voor hy enige verdere planne beraam vir die toekoms.


2

13 Desember 2017

NUUS • NEWS

Tot R7 000 per kilogram

Wagyu: Wespin Abattoir op Moorreesburg het verlede week geskiedenis gemaak toe

hulle die eerste Wagyu-bees hier geslag het. Wagyu is 'n Japanese-ras en deesdae geskat as die room van beesvleis. Dit word slegs by uitgesoekte winkels oorsee verkoop. Afhangende van die vetverspreiding binne die weefsel, kan 'n stukkie van hierdie vleis jou internasionaal tot R7 000 per kilogram beloop. In Suid-Afrika is die wagyu nou beskikbaar en die groeiende industrie bied beesboere die geleentheid om hul produk-kwaliteit te verbeter. LA Farms is een van die min telers in die Wes-Kaap van die gesogte beesras en waarskynlik die enigste in die Weskus en Swartland. Hierdie spesifieke karkas het ongeveer 550kg geweeg.


NUUS • NEWS

13 Desember 2017

•PA EN SEUN AAN STUUR

Meerhof kry nuwe eienaars en lewe

Meerhof, die prentjiemooi wynlandgoed neffens die Botmaskloofpas aan die hange van Kasteelberg in die Swartland, het onlangs van eienaar verwissel. Koos en Erik van Rensburg van VR Boerdery het die plaas oorgekoop van Herman Redelinghuys, en vir Jaco Brand aangestel as keldermeester en bemarkingshoof. Brand is die voormalige keldermeester en bestuurder van Piekenierskloof Wine Company, waar hy vir 14 jaar werksaam was onder die mentorskap van Charles Back. Daarvorens het hy sy wynmaak-ervaring opgedoen as vakleerling by Du Toitskloof Wynkelder nadat hy in 1998 gematrikuleer het aan Augsburg Landbougimnasium. "Ek het grootgeword op 'n plaas buite Citrusdal waar ons met rooibostee, koring en skape geboer het. "By Augsburg het ek my liefde vir druiwe ontwikkel. Ons het self gepars en gesnoei en gruwelike wyne gemaak," vertel Brand met 'n glimlag. Van Rensburg lewer die druiwe vanaf sy plaas Rheeboksfontein by Piekenierskloof. Dis hoe hy en Brand mekaar leer ken het. Toe Van Rensburg vir Brand die geleentheid aanbied om Meerhof se potensiaal te kom ontgin het hy dit met albei hande aangegryp. "Dis altyd ontwrigtend om jou familie te ontwortel, maar ons sien uit na die uitdaging. "My vrou, Cornel, gaan na Meerhof se proelokaal omsien, en my kinders Emsie en Kobus val in Januarie in by die Laerskool Riebeek-Kasteel." Die Brands is sedert die 1ste Oktober reeds in die juk by Meerhof en het onmiddellik begin

woeker. Die proelokaal, met sy pragtige uitsig oor die Riebeekvallei, is opgeknap en word binne 'n week of wat aan die publiek oopgestel. Burgers en tapas sal beskikbaar wees vanaf 'n tussentydse spyskaart, totdat die voorgenome restaurant later in Januarie sy deure open. "Besoekers kan uitsien na 'n lekker gesinsvriendelike atmosfeer, met klimrame en 'n hansdieretuin. "Ons het reeds 'n paar miniatuur-perdjies wat binnekort ander maats gaan bykry," vertel Brand. Hy is ewe opgewonde oor die toekoms van Meerhof se wyne. "Ons gaan uit-en-uit fokus op die Meerhof reeks, wat tans bestaan uit 'n Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Pinotage Rosé en Shiraz. Daarbenewens gaan ons ook 'n nuwe premium-reeks bekendstel wat sal bestaan uit rooi en wit versnitte. Hierdie reeks, Krotoa, word vernoem na die Khoi-prinses en vertolker wat getroud was met Pieter Van Meerhof, die eerste aangetekende eienaar van die Meerhof-plaas." Brand se sterkpunt lê in volryp, tropiese styl wyne. "Ek het nou met Rosa Kruger saamgewerk by Piekenierskloof op die ouwingerprojek, en sy gaan ons nou hier ook kom bystaan as wingerboukundige-konsultant. "Ons plan is om Rhône-styl kultivars aan te plant wat goed aard in die Swartland-klimaat." Daar is ook allerlei opwindende planne om die plaas se hoërliggende areas te ontwikkel om dit vir besoekers toeganklik te maak.

Let wel!

Die kantore van dié courant sluit op 15 Desember om 16:30. Die laaste uitgawe van 2017 sal op 20 Desember versprei word. In 2018 open die kantoor op 10 Januarie om 08:00 met die eerste uitgawe op 17 Januarie.

3


4

13 Desember 2017

dié courant

'n Klein bietjie lig in die donker

Dit voel vir talle inwoners of dinge dan nou al hoe meer suidwaarts begin gaan. Die oeste is kleiner, die water raak minder, die reën bly weg. Dit is meer as genoeg om enigiemand morbied te maak. Al word daar nou voorspel dat Suid-Afrika sowat 60% van sy graannavraag sal moet invoer, bly die hoof van Agri Wes-Kaap, Carl Opperman, steeds hoopvol. Hoop is die een ligpunt in die donkerte wat niemand ooit van jou kan wegneem nie. Jy kan altyd hoop dat die dag van môre beter sal wees. Dat dinge môre sal verander. Jy kan altyd bly hoop, al gaan dit hoe swaar. Al is jy 'n realis soos die uwe, bly daar altyd 'n bietjie hoop daar êrens in die donker weggebêre en haal jy dit, soos 'n goeie wyn, net op spesiale geleenthede uit die kas, stof dit af en sit dit voor. Wat sal gebeur as ons almal saam begin hoop? Dieselfde hoop deel? Hoop op 'n beter toekoms? Hoop op 'n beter lewe? 'n Beter loopbaan? 'n Beter vooruitsig? Is dit nie juis die hoop wat jou dryf om die positiewe raak te sien en dan 'n verskil te maak nie? As jy in die donkerste van donker tye net 'n klein bietjie lig kan sien, dan is daar altyd die moontlikheid op vooruitgang en 'n blinker en beter toekoms. Moenie dat die donker jou onkant betrap en jou gevange hou nie. Een of ander tyd moet dinge weer begin regkom. Doen jou deel. Oefen beheer uit oor dit wat jy kan en hou aan met hoop.

Dis Goeie Nuus

NUUS • NEWS Dr Andrew Bosman

Jerusalem

Dit is ‘n interessante tyd waarin ons leef. Hierdie tyd van die jaar hou meeste besighede op met werk, en sluit tot vroeg in die nuwe jaar. Vir die kinders is dit vakansie en almal sien uit na Kersfees. Baie gaan weg met vakansie. In Israel is daar opgewondenheid oor die besluit van die VSA om hulle ambassade van Tel Aviv na Jerusalem te verskuif, dan erken die VSA dat Jerusalem die hoofstad van Israel is. Vir die res van die wêreld, en dit sluit ongelukkig Suid Afrika in is daar ongelukkigheid oor die besluit. Die Pous asook die res van Europa en veral die Arabiese lande is baie ontsteld hieroor, hulle wil dat die Palistyne Jerusalem as hoofstad sal kry. In die boek Sagaria hoofstuk 14 verse twee en drie lees ons dat die Here die nasies sal versamel om oorlog te voer teen Jerusalem, maar dat die Here sal uittrek en stryd voer teen die nasies op die dag van sy stryd, die dag van oorlog. In Jesaja hoofstuk 62 verse ses en sewe lees ons dat die Here wagte op die mure van Jerusalem uitgesit het, en dat julle wat die Here herriner aan sy beloftes nie moet rus nie, en laat Hom nie met rus nie totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot ‘n lof op aarde. Ons moet bid vir die herstel van Jerusalem.

Sondeza: Die groep uitruilstudente wat deel vorm van die Sondeza-jeugkamp in

samewerking met die Swartland Munisipaliteit het Donderdag op Moorreesburg gekuier. Die groep het besoek afgelê by die Huis van Heerde-kindershuis en ook Huis Immaneul.


NUUS • NEWS

13 Desember 2017

Moenie sit en wag - luit. kol Van der Westhuijzen

By die vergadering oor landelike veiligheid Maandag op Malmesbury was luit. kol. Uys van der Westhuijzen (spreker), Tijmen van Essen (Swartland Burgemeester), Carl Opperman (uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap ), John Dürr (voorsitter Agri Malmesbury) en genl. maj. Chris van Zyl (hoofspreker). Van Zyl het gesê kommunikasie en die waarde Behoorlike aksieplanne, kommunikasie en paraatheid is van die belangrikste aspekte wat van whatsapp en ander nuwe tegnologie moet uitgelig is by die byeenkoms oor landelike vei- nie onderskat word nie. Hy het ook verwys na die Zello-toep wat soos ligheid wat Agri Malmesbury Maandag vir lede, ander rolspelers en lede van naburige landbou- 'n tweerigtingradio gebruik kan word. Ook die aanwend van kameras en slimfone verenigings gehou het. Luit. kol. Uys van der Westhuijzen het weer eerder as om self “in jou nagklere” te gaan en die gebeurlikheidsplan vir mense op plase wat die gevaar te probeer trotseer, is 'n waardevolle hy al landwyd bekend gestel het, aan die sowat hulpmiddel. Van Zyl het ook beklemtoon dat wanneer sekuriteitsmaatreëls ingestel word, dit 70 gaste voorgehou. Hy het beklemtoon dat dit elkeen se plig is goeie maatreëls moet wees. Swak nagemaakte om seker te maak hy of sy weet wat om te doen diefwering by deure, word byvoorbeeld baie afhangende van waar 'n insident plaasgevind makliker oopgebuig. Hy het weer die waarde van honde groot en het. Hy het ook 'n beroep op die landbougemeenskap gedoen om nie te sit en wag dat daar klein binne en buite jou huis en ander tegnologie eers weer insidente plaasvind, voor hulle die soos Airblock (lugdrukversteuringsalarms) uitgelig as belangrik om as vroeë waarskuwing te dien planne en aksies in werking stel nie. Die hoofspreker en kenner genl. maj. Chris en “jou daardie ekstra 30 sekondes te gee om van Zyl (ook assistent-hoofbestuurder van die jou self gereed te maak” om beter weerstand te TLU SA) het die gaste toegespreek oor sy navor- kan bied. Van Zyl, voorheen bevelvoerder van komsing, statistiek en ondervinding met landelike veiligheid en die implimentering van planne in mandement WP, het ook gesê dit is belangrik om nie net goeie skakeling te hê met bure nie, dié verband. Hy het gepraat oor streke in die noorde van maar ook goeie aksieplanne soos kodewoorde die land waar daar noue samewerking tussen met plaaswerkers in te stel. Ook kan plaaswerdie landbou en die polisie is en waar dit tot groot kers, as deel van die groter plaasgemeenskap, 'n belangrike bron van misdaadintelligensie wees. suksesse met landelike veiligheid lei.

5


6

13 Desember 2017

NUUS • NEWS

Superspar Boland: Lint na nuwe inkopie-ervaring geknip

Bo: Die Superspar Boland het Woensdagoggend hul nuwe winkel onthul. Bo knip Dean Jankielsohn en sy vrou Tanya die lint van die nuwe winkel. By hulle is Magda Swartz, Corrie Windell, Henna Fredericks, Lauren, Robert en Philip Janhielsohn. Links: Liza Boonzaaier, Mike Wood, Willem Lambrechts en Dean Jankielsohn.

Regs: Nishelle Sanjivygan, Jonine Monk Elmarie Taylor, Charmaine Nthani, Grenville Ambraal en Tice Beukes is opgewonde om die kliĂŤnte by die nuwe winkel te ontvang.

Bo: Willem Viljoen, Albie Coetzee, Conway Nesbitt, Des Moller en Mike Wood, almal betrokke by die Spar-groep, het ook die opening bygewoon.


NUUS • NEWS

7

13 Desember 2017

PPC Awards Excellence

Long Service Awards: 40 years

Business Support Award – Johan Vorster, Vernon Beukes (Winner) and Johan Steyn. 40 Year Long Service Award Winner – Vuyani Nyembe and his wife, Gloria with Johan Vorster.

35 years

GM Award: Francois du Bois (above) received the GM Award.

Production Excellence Award: Johan Vorster and the 2 winners, Marshall Heugh and Ronnie Petersen. Also on the photo is Vincent Diergaardt and Michael Daniels. 35 Year Long Service Award Winner Dennis Erasmus and his wife, Gertruida with Johan Vorster.

Rising Talent Award – Johan Vorster, the winner Marvin Marais and Adele Stone.

Customer Services Excellence Award - Johan Vorster, Wayne Rosenberg (Winner) and Michael Daniels. Safety Award – Johan Vorster, the winner, Howard Adams and Annetjie Minnaar.

Best InvoCom Award Winning Team, the Testers with Marvin Marais as facilitator. With them is Johan and Jan Vorster.

35 Year Long Service Award Winner – Fred Dietrich, Johan Vorster.

35 Year Long Service Award Winner – James Diedericks, Johan Vorster.

20 years

20 Year Long Service Award Jacques Bronkhorst, Freddie Coezee, Johan Vorster, Vernon Beukes. Afwesig: Jacques van Wyk, Steven Abner en Gustav West.


8

13 Desember 2017

E-Learner is the international certification that learners can acquire for ICT skills. The Bronze Assessment was introduced for the first time this year and CPM's Grade 3 learners completed these assessments. This includes: IT Basics, Files & Folders & Drawing. The assessment is done in English and all the learners mastered it independently and received their internationally endorsed E-learner certificates issued by ICDL South-Africa.

NUUS • NEWS

Swartland-rugbyspelers skitter in elite-groep Die Boland Rugbyunie het onlangs ‘n elite oefengroep aangewys om deel te neem aan die voorseisoense oefenprogram van die Boland Kavaliers. Dié uitnodigingsgroep, wat bestaan uit spelers uit die klub- en onder 20 strukture van Boland Rugby, het verlede week saamgetrek by die Boland Stadion in Wellington. Die doel van die elite groep is om spelers te beloon wat in 2017 goeie vorm vertoon het op klub- en juniorvlak, deur hulle bloot te stel aan die oefeninge en strukture van Boland Rugby se professionele span, die Boland Kavaliers. ‘n Span sal saamgestel word uit die groep om op 20 Januarie 2018 in ‘n opwarmingswedstryd te speel teen die Universiteit van Stellenbosch (Maties) se Varsitybeker span te Stellenbosch, met die uiteindelike doelwit om geselekteerde spelers vanuit die groep te betrek by die Boland Kavaliers se provinsiale groep vir 2018. Volgens Randall Modiba, hoofafrigter van die Boland Kavaliers, is dit “belangrik om geleenthede te skep vir begaafde spelers binne die grense van die Boland Rugbyunie. “Daar is ‘n groot sprong vanaf klub- na senior provinsiale vlak, dus is dit belangrik om ‘n middelvlak te skep, waar spelers stelselmatig betrokke kan raak by die professionele strukture van Boland Rugby.” Die Boland Kavaliers se afrigtingspan was direk betrokke by alle prosesse rakende die elite-groep, met ‘n voorlegging wat aangebied was deur die hoofafrigter, gevolg deur verskeie krag- en fiksheidstoetse wat aangebied was deur die fiksheidsafrigter. “Ons is tevrede met dit wat ons bereik het tydens dié fase van die proses,” sê Modiba. “Sekere spelers het goed gevaar in verskeie van die toetse, terwyl ander spelers harder sal moet werk aan hul fiksheid en kondisionering. “Die entosiasme van die spelers was egter opvallend en verblydend. "Ons probeer juis ‘n trotse en mededingende kultuur handhaaf, waar spelers bereid is om te veg vir ‘n plek in die Kavaliers-span. Volgens Modiba is die deur beslis ook nie toe vir ander spelers binne die unie nie. “Daar sal deurlopend geleenthede geskep

word aan spelers wat hul hande opsteek, om betrokke te raak by Boland Rugby se elite groep”. Boland Rugby Elite Oefengroep 2018: STUTTE Van Wyk, Clarence Roses United Hoffmeester, JR Roses United Adams, Robin Majestics SLOTTE / LOSVOORSPELERS Booysen, Emile Hillcrest RFC Erasmus, Francois Darling RFC Rossouw, Francois Abbotsdale RFC Adendorf, Heinrich Grabouw RFC Jacobs, Phillip Boland o.20 Booysen, Taine Randall Boland o.20 / Montagu Villagers Dwayi, Benjamin Safcol SKRUMSKAKELS Le Fleur, Gerdwill Wesbank RFC Langdown, Mervyn Boland o.20 / Montagu RFC Nortje, JP Invincibles RFC, Vredendal LOSSKAKELS Willemse, Colin Robertson RFC Van Wyk, William Ceres RFC SENTERS Abels, Tyrone Roses United Snyman, Earl Robertson RFC Nelani, Mtile Boland o.20 / Wesbank RFC Van Schalkwyk, Chemandre Coronations, Malmesbury Vermeulen, Damion Ceres RFC Hahn, Llewellyn Van Rhynsdorp, Eagles VLEUELS Engeldoe, Damian Roses United Adonis, Barry Boland o.20 / Young Hearts, Pella Foute, Enzo Boland o.20 / Hamiltons, Worcester Nel, Werner Delicious RFC, Ceres Rana, Rowan Roses United, Wellington HEELAGTERS Solomons, Jade Young Hearts Conradie, Ryno Rangers Robertson


NUUS • NEWS

9

13 Desember 2017

Summer beer festival @ Darling The Darling Summer Beer Festival is back for the second time and this year it’s even bigger and better. The festival will take place at the Darling Brew Tasteroom & Brewery in the small town of Darling in the Western Cape on Saturday 16 December - making it the perfect holiday addition for those who are heading to Cape Town and the West Coast for their December break. This year, the festival features six guest breweries, including: Riot Beer, Black Eagle Brewing Company, Mountain Brewing, Everson Ciders, Garagista and D'Cider. Live music and stand-up comedy will keep festival goers entertained, - with this year bands including Moonshine Jazz, the Stone Jets, Sunset Sweatshop and Red Tape Riot, whilst the comedians include Gino Fernandez, Schalk Bezuidenhout and Charles Tertiens. Darling Brew will be serving their craft beer straight from the brewery tanks, making the craft lover’s dream of fresher than fresh beer, a reality. Local food stalls at the festival will provide an array of delicious artisanal foods, including vegetarian fare.

Slimkop nou in mediese wêreld

There will also be Darling Brew merchandise and festive gift boxes on sale for those wanting to grab a Christmas gift for the beer lover in their lives. Darling Brew’s festivals have come to be

known as not only the perfect event for beer lovers, but also for family’s looking for a day out – with a large play area for children making it a kid-friendly day out. Details at a glance:

Location: Darling Brew, 48 Caledon St, Darling Date & Time: 16 December, 10am – 8pm Cost: R120 per adult, R80 for big kids over 12, Free for kids under 12 Tickets: Available via webtickets

HEALTH INTERNSHIP OPPORTUNITIES WESTERN CAPE GOVERNMENT HEALTH INTERNSHIP OPPORTUNITIES 2018 Are you interested in gaining work experience in the Department of Health? We are inviting unemployed youth and candidates with disabilities who are in possession of a valid Grade 12 certificate and are between the ages of 18-35 to apply for the following internships: Admin Interns’ requirements • Computer literate (Excel, Word) • Passed the following subjects o English, Afrikaans or Xhosa o Pure Mathematics o Mathematics literacy

Pharmacy Assistant requirements: • Passed following subjects: • English Proficiency (50-59%) • Life Science, or Biology • Pure Mathematics with (40-49%) OR Mathematics Literacy (50-59%)

Forensic Pathology Service Interns: • Capture Data on the Forensic Pathology Services system according to set policies and prescripts • Physically fetch, receive, and safeguard deceased when required under the direct supervision of Forensic Officer. Requirements for Forensic Pathology Services Interns (ONLY) • Have a valid driver’s licence (provide proof) • May be required to work overtime, standby, night shift and weekends • Must wear a uniform and be physically fit • having passed following subjects: o English, Life Science or Biology o Only Pure Mathematics with a minimum of 40% achieve.

Directions to all applicants: • Applicants wishing to view list of duties of each internship, should please visit our website at www.westerncape.gov.za/HealthEPWP.

Jonette Malan is 'n jong vrou wat nie gras onder haar voete laat groei nie. Sy laat ook nie toe dat 'n ongewenste siekte in haar pad staan nie. Johnette het in haar matriekjaar twee jaar gelede siek geword en het die grootste deel van haar matriekjaar misgeloop. Sy het egter uitgestyg en vier vak A-gemiddeldes behaal. Die afgelope twee jaar het sy behoorlik met haar talente gewoeker en haar leerlingskap by Path Care Academy by N1 City-hospitaal in Goodwood voltooi. Sy het haar prakties by die PCP-laboratorium ook hier voltooi. Net voor sy op studieverlof gegaan het, het 'n maatskappy, Haematologie Lab, haar genader vir 'n pos en het sy die onderhoud met vlieënde vaandels geslaag. Sy het onlangs haar kursus met hoofvakke, mikrobiologie, haematologie en chemiese patologie, voltooi en ook gecum. Jonette bly gefokus op haar einddoel en dit is om, ten spyte van die terugslae in haar lewe, 'n sukses daarvan te maak. Jonette vier ook vandag haar 21ste verjaarsdag.

• If you apply for more than one internship, please submit separate applications. • A complete application consists of a completed application form and your concise CV and certified copies of your South African ID and National Senior certificate. • Applications can be submitted as follows: 1) Complete online application at www.westerncape.gov.za/HealthEPWP; OR 2) Complete Z83 application form, available at all police stations and submit with CV and certified documents to be submitted to our offices as indicated below: Metropole: No 4 Dorp Street, Cape Town 8001 for the attention of Wesley Peters. Please refer all enquiries to Wesley Peters at 021 483 3785 or Jamie-Lee Jason at 021 483 3105/5704. Overberg District: The Director, Overberg District Office, N2 Highway, Caledon Hospital Grounds, Caledon 7230 for the attention of Lee Anne Klink. Please refer all enquiries to Lee Anne Klink at 028 214 5824. Eden District: The Department of Health: Eden District Office, Private Bag X6592. George 6530. Attention: Cornell April. Please refer all enquiries to Cornell April at 044 803 2767 or Michael Hlomela at 044 803 2746. West Coast District: West Coast District office, Private Bag X 15, Malmesbury 7299 for the attention of Tarryn Smith. Please refer all enquiries to Portia Kotze 022 487 9339/7. Cape Winelands Health District: Private Bag X3079, 7 Haarlem Street, Worcester 6849 for the attention of Fernando Rangolie. Please refer all enquiries to Simphiwo Fass at 023 342-8806 or Fernando Rangolie 023 342 1339. Please utilise only one of our application options, either online or the hard copy. • Please ensure that all the required documentation is attached and certified, as only complete applications will be considered. • Please ensure that all contact details are current and that all information provided is correct. • Only shortlisted applicants will be contacted. • Please utilise only one of the application options, either online or the hard copy. Note: No payment of any kind is required when applying for this post. CLOSING DATE FOR APPLICATIONS: 15 JANUARY 2018 Contact persons: Please refer all enquiries to: Wesley Peters 021 483 3785, or Jamie-Lee Jason 021 483 3105/5704 or Elrich Stringer at 021 483 5211

The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated. 132581/rev www.thecandocompany.co.za


10

NUUS • NEWS

13 Desember 2017

Dagboek • Diary

Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Open meeting. Contact: Billy at 073 147 6758 or Angela 082 447 5079. Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library. Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury Malmesbury Museum 27 November-15 Desember: Die Malmesbury-museum hou ‘n uitstalling en aanbieding van die Ou Malmesbury N7 (The Old Road North) oorspronklike roete vanaf die basis van die Kaap tot Clanwilliam via die N7 pad. Die toegangsfooi is net R10. Maandae – Vrydae 09:00 – 13:00. Almal is welkom Riebeek Kasteel 10 Dec - 14 Jan: Alex Oelofse' exhibition at the Impermanent Flying Eagles RVK 15 Desember: Die Flying Eagles hou hul jaarlikse eindfunksie asook hul prysuitdeling by die Thusong Centre, Ilinge Lethu om 18:00 Vir enige verdere navrae skakel A Huyster by 073 711 6099 Yzerfontein Annual Snoek Classic 15-16 December: Be part of the Yzerfontein Annual Snoek Classic 2017. Entry fee for YBC members are R330 and non-members the amount of R380. The fee for Junior o/16 is R200. For any further information please contact Theunis Kruger at 083 306 5510 or visit www.yzerboatclub. co.za Yzerfontein Tourism 16 December: Die Stal Birthday bash at the Die Stal Pub and restaurant. Start at 19:00

For any further enquries please contact Louise at 082 877 2456 Groote Post Country Market 17 December: Groote Post Winery in Darling have their country market from 10:00 till 15:00. For any further enquiries please contact Eldre Strydom or Mariaan Heyns at 022 451 2202 or send an email to: info@iloveyzer.co.za Yzerfontein Toerisme 19 Desember: Yzerfontein Toerisme bied aan Jannie du Toit sing Koos du Plessis, ander gunstelinge en kersliedere om 19:00 by Yzerfontein Gemeenskapsaal. Kostes beloop R110 per persoon. Bring eie piekniekmandjie en wyn. Vir enige verdere kontak Jopie by 072 460 5568 of Leane by 022 451 2985 !Khwa ttu 20 December: Saarkie Band is at !Khwa ttu, R27 West Coast road at 19:00. Tickets for adults are R100 and kids between 2 and 12 for R50. Foods and drinks not included in ticket price. For bookings send an email to : info@iloveyzer.co.za or call 022 451 2202 Yzerfontein 22 December: I love Yzer show with Arno Carstens at the Delarey Guest Farm, Yzerfontein. Gates open at 15:00 and the ticket prices are R185. For your bookings visit : www.quicket.co.za Die Dorings RFC 22 December: Die Dorings RFC present their annual presentation at the Wesbank Civic Hall at 18:00 Admission is R80 per person. Cricket Derby 26 December: Annual Riebeek Kasteel vs West Cricket derby. There will be a couple of net practises at Riebeek Primary School during the week before Christmas. For any enquiries for Riebeek West team call Johan Theunissen at 072 225 0714 or for Riebeek Kasteel give David Wickham a call at 082 898 9663 Sundowners at !Khwa ttu 27 December: Join us for spectacular views, a stunning sunset, good food & wine - !Khwa ttu, R27 West Coast road at 18:00. Snack platters available at R80 (suitable for 2 to share). Transport available from Yzerfontein & Darling. For more information call 022 492 2998 or send an email to bookings@khwattu.org Princess Dutch Clinic

Kerke • Churches Vriend van God (AGS) Sondag-oggenddiens om 09:30 . Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200

18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.

De Waal Esterhuizen om 9:30 te Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640.

Malmesbury Methodist Church Victory Praise Chapel House of Praise Ecclesia (HOPE) Methodist Church in St. Thomas Christian family church services at 24 Desember: Ou-Kersaanddiens Street, Malmesbury; 09:00 every Sunday, om 22:00 by Wesbank Gemeen09:15 Sunday Worship Service - All prayer starts at 08:30, Dr Euvrard skapsaal welcome. Street Malmesbury. 31 Desember: Ou-Jaarsaanddiens 08:15 Sunday School; Contact Pastors Hannie: tel 074153 begin om 22:00 by Wesbank GeTuesday Evening Prayer meeting 0519 meenskapsaal 19:00 at the church. or email: info@vpci.org.za. Vir enige verdere navrae kontak Any further enquiries contact Rev. Past Enrico Cloete by 061 896 6326 Chris Botha 072 River of Life Christian Fellowship 692 7995 / 022 482 3623 Sunday Service 10:00. Home cells: AGS Wesbank Wed evening services Sondag-erediens 09:30, HibuskusRoyal Impact Temple in English. straat 49. Sundays : Empowerment : 09:00 Church in Darling Rd (opposite Navrae: 022 486 5178 10:45 am Prima Bande). Tuesdays: Miracles & Deliverance : Enquiries: Pastor Joshua MoteVolle Evangeliekerk Wesbank 06:00 - 7:20 pm meri, Sondag-erediens 10:00, kinderbe- Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 084 471 7914. diening 09:00, biduur pm Dinsdae 19:00 by die kerk, FresiaYour host : Pastor Benson & Dr Pro Gratia Malmesbury laan 17. Sisalindele Okposio, Navrae: 022 486 4498; Pastoor Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Dienste hervat weer op 7 Januarie 2018 by Mount Royal se konferenAndrew Mesani, 076 Road, Malmesbury siefasiliteit gehou. 8279054. 022 487 1224 or 074 2497168 Navrae: Maandae tot Donderdae 08:00 - 14:00 by PPK Bethesda Malmesbury Shofar Om 10:00 oggenddiens en aand om 17 Desember: Sondagoggend preek 022 487 3233.


NUUS • NEWS GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 072 491 7611 #2005 ------------------------------------TE HUUR TO LET Stoor te huur 294m² met werf beskikbaar 1 Desember. Hoek van Schoonspruitweg en Vergenoegslot (gedeelte van gebou links van Trentyre). Lennard van Wyk 083 283 7994 ---Titus Eiendomme: WESBANK - 3 Slaapkamer @ R6500,00 3 Slaapkamer @ R7500,00. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: 082 780 1380 ------------------------------------TE KOOP FOR SALE

* Hondjies te koop - R1500 per hond * Eerste inspuiting/ontwurming ingesluit * Dadelik beskikbaar Kontak - Anneke by 084 299 5258 ----Titus Eiendomme: WESBANK: R400 000,00 - 2 slaapkamer. Kontak 082 780 1380 ------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

17 Desember. HANDI & MATTHEW, geluk met julle eerste huweliksherdenking. Ek weet dat daar nog vele gaan wees. Liefde – Hika -------------------------------------

Vyf op 14 Desember. CAYDEN Baie Geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën. Baie Lief vir jou -Mammie(Samantha), Mamma, Boeta, Franny en Uncle Breyten -------------------------------------

CIVAUGHN JOHNSON. Baie geluk met jou verjaarsdag op 10 Desember. Baie lief vir jou – Mammie, Ouma, Monique en Mervyn -------------------------------------

DESMOND QUINTON FAROA (Paffie). 10 Desember. Geluk met jou verjaarsdag. Ek hoop jy geniet jou dag. Van jou aanstaande vrou, Legreycia, kinders, Ouma en Oupa ----Geluk met jou verjaarsdag. Ek hoop jy gaan dit geniet, en die dag met liefde bestrooi - jou aanstaande skoonma, Marilyn, skoonsuster en swaers -------------------------------------

16 Desember. Geluk met jul 43ste huweliksherdenking. Dankie vir die ligstraal wat julle in ons lewens laat skyn.Liefde - Allan,

Yolene, Janice, Erin, Amy en Sherniell ------------------------------------SHAKIRA SNYDERS. 16 Desember. Geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën op die pad vorentoe. Van: Magdalene, kinders, Janine, Allister en Ryno -------------------------------------

11 Desember 2010. Gelukkige sewende huweliksherdenking my vrou. Baie lief vir jou. Jou man Aubrey -------------------------------------

Baie geluk PETRO met die verjaarsdag op 13 Desember. Ons sê dankie vir nog ‘n jaar vir ons gespaar. Ouma moet die dag geniet – Chinique, Winzaloy en Brieské -------------------------------------

ALETTA (Sussie), baie geluk met die verjaarsdag op 14 Desember. Dankie vir die Here vir nog ‘n jaar. Geniet die dag. Van: die Skippers familie -------------------------------------

KEIRA PAIGE JULIES. 11 December it’s your second birthday. You are my sunshine on a cloudy winters day. Love – Mommy Ziena, grandparents, Jayden and Julies family ----Geluk met jou tweede verjaardag. Nou gaan daai mondjie meer bekkig wees. Van: Atta Doreen, Dean, Sanna’s en Emke -------------------------------------

BELINDA GAIL WILLIAMS. 17 Desember. Gelukkige 45 jarige verjaarsdag. Ons wens is geluk, vreugde, seëninge en baie lag. Lekker verjaar – Manlief, kinders en kleinkind ------------------------------------

JOHNIQUE WILLIAMS. 14 Desember. Geluk Poplap met jou agste verjaardag. Mag Liewe Jesus gee dat al jou drome waar word. Baie liefde – Ma, Pa, suster en broers ------------------------------------SHAUN SAMSON. Baie geluk met jou derde verjaardag. Ons is baie lief vir jou – Nanna Gail, niggies en nefies -------------------------------------

13 Desember 1980 Huweliksherdenking. REUBEN & LENA GRANT. 37 Jaar getroude lewe. Baie dankie vir die jare wat ons saam is. Alles gaan oor dankbaarheid en God. Klomp liefde. ------Baie geluk met die huweliksherdenking en die voorbeeld wat julle vir ons stel. Baie liefde – Kinders en kleinkinders -------------------------------------

11

13 Desember 2017 16 Desember om 08:00 by Poustraat 33 -------------------------------------

Geluk met jou verjaarsdag NONNA. Met liefde van : Rayno, Nicee en Je-Mecke Op 13 Desember is Ouma se doudruppel vyf jaar oud. Lekker verjaar ------------------------------------

Raai wie raak vier? ALFRANCO THOMAS a.k.a Chuckman. Geluk Ma se boerboel. Van: Thomas, Cupido en Syster familie. -------------------------------------

14 Desember 2017. CURTIS MOUTON. Geluk met jou verjaarsdag my kind! Ons is baie lief vir jou. Van: Ma, Pa en Ouma ----Gelukkige verjaarsdag Curtis Mouton. Liefde - Justin, Alex en Alextin -------------------------------------

ELSA JOSEPHS. 15 Desember 2017. Baie geluk met die verjaardag. Mag die Here u seën en krag gee elke dag – Auntie Fien en Interkerklike susters -------------------------------------

YVONNE PERSENS. 11 Desember 2017. Baie geluk met jou mondigwording. Geseënde nuwe lewensjaar. Liefde – Niklaas, Joha, Tino, Hannes & Koekie ------------------------------------

JONETTE MALAN. Verjaarsdae is vol herinneringe, vreugde en drome. Wense vir ‘n jaar vol van God se Liefde. Veels geluk - Ouma Berta ---Mag jy alle geluk, vreugde en seëninge ontvang wat ‘n leeftyd kan bied. Gelukkige mondigwording. Jou hele familie. -------------------------------------

Raai wie is 60 op 11 Desember. U moet lekker verjaar en geniet die dag. Van: jou Ma en susters -------------------------------------

FERNANDO PIETERS. 14 Desember. Gelukkige mondigwording. Lekker verjaar en ons is baie lief vir jou - Ma, Pa en broers ------------------------------------

SHELDON PIETERS. 14 Desember. Geluk met jou negende verjaardag. God se rykste seëninge. Liefde Ma, Pa en broers ------------------------------------

JAYDEN FARO. 14 op 14 Desember. Baie geluk met jou kroonverjaarsdag. Geluk, seeninge en vreugde vir jou. Liefde - Mammie Sylvia, Pa Harol, Allistair, Carlisle, Charley en Lee-Deano ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

HENDRIK CLOETE. 12 Desember. Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Ons mis jou nog baie - Anna, Lenie, Hannes en Petrus (susters en broers -------------------------------------

ADAM PAULUS (IVAN) – Derra, op 9 Desember, twee jaar van ons weggeruk. Op 11 Desember sou jy 64 jaar oud wees. Liefde – Murlon, Lenro, Riaan en gesinne -------------------------------------

BERNARD ESAU. 16 Desember. Broer B, jou eerste verjaarsdag by jou Hemelse Pa. Ons mis jou nog elke dag. Van Magagtiges -------------------------------------

TOMMY ENGELBRECHT. 11 December 2017. Two years ago you passed on. We will always treasure the fond memories we have of you – Ursula, Wium, Renate, Quade & Ronald -------------------------------------

JOHNY DAMONSE. 13 Desember is jy 15 jaar weg van ons. Die verlange en hartseer is nog steeds groot in ons harte. Mis jou – Jou vrou, kinders, kleinkinders en agterkleinkind ------------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

JOHN ADONIS. 22 September 1952 tot 8 Desember 2017. Troosdiens op Woensdag, 13 Desember om 19:00 by Sewende Dag Adventiste Kerk (Malmesbury). Begrafnis op Sondag, 17 Desember 2017. Besigtiging tussen 09:00 en 10:00, waarna die diens aanvang sal neem -------------------------------------

KEANAN MEYER. Gebore 26.06.2017. Sterf: 07.12.2017. Roudiens op Woensdag, 13 Desember om 19:30 te Poustraat 33. Begrafnisdiens: Saterdag,

MARTHINUS HERRINGS. Gesterf op 4 Desember 2017. Troosdiens:

Woensdag om 19:00 by Anglikaanse Kerk. Begrafnisdiens: Saterdag, 16 Desember om 08:00 by die huis en 09:00 by Anglikaanse Kerk -----Ons gaan Pa baie mis. Liefde – Doreen, kinders, kleinkinders en Herrings familie. ------

Ons harte is seer, maar ons aanvaar God weet die beste. Mis Pa alreeds – Frederick en gesin, Theresa en gesin ----Rus in vrede. Ons gaan Pa mis - Pieter & gesin, John en gesin -------------------------------------


12

courant

dié

13 Desember 2017

NUUS • NEWS

SWARTLAND SPORT

Tel: 022 487 3221

6 Desember 2017

Die krieketspanne van Malmesbury en Piketberg het mekaar Saterdag op Malmesbury stryd aangesê. Piketberg het eerste gekolf en 182 lopies aangeteken. Malmesbury se beste boulers was Brandon Howburg met 3/29. Malmesbury het die wenlopies aangeteken met vyf paaltjies plat. Krisnan Oosthuizen het met die kolf uitgeblink en 63* aangeteken. Riaan Vercuil het goeie ondersteuning gebied met 46 en Divaan Robertson met 37.

Steenkamp en duif kraai koning in wedvlugte Malmesbury Posduifklub het die verlede naweek hul jaarlikse prysuitdeling by die MyChefs-restaurant op dié dorp aangebied. Lede en hul gades het gesellig verkeer en die verskillende kampioene van die afgelope seisoen is gekroon. Na ‘n taai tweestryd gedurende die jaar tussen Gerhard Horn en Johan Steenkamp, het Johan Steenkamp die meeste punte behaal en is bekroon as die klub-kampioen vir 2017. Hy was ook algeheel derde in die Wes-Boland duiwe-unie. Die verskillende kategorieë se wenners is soos volg : Kortafstande : J Steenkamp Middelafstande : G Horn Langafstande : J Steenkamp Jongduif-punte : G Horn Ouduif-punte : J Steenkamp Algehele Kampioen : J Steenkamp Gedurende die af-seisoen maak die manne reeds weer planne vir die 2018-seisoen. Dit is juis in hierdie tyd wanneer daar fyn beplanning gedoen word met die teling van jongduiwe wat hopelik nuwe kampioene sal oplewer vir die

GHOLF

Sportuitslae Sports results

Geluk aan Dick Ross, die 2017 Malmesbury Gholfklub Putjiespel Kampioen. Dick het teen Gerbrandt Bezuidenhout in die finaal gewen. Malmesbury-gholfklub Saterdag, 9 Desember - Beterbal Stableford: Thinus Theron & Johandre Theron 43, Berbrandt Bezuidenhout & Dick Ross 41, Johann Ackerman & Paul Hardcastle 41, Jacques Cilliers & Marthinus Jacobs 41, Donato Stelluto & Izak Rumboll 41 KRIEKET Piketberg vs MalmesburyPiketberg KK kolf eerste en teken 182 lopies aan. Beste boulers vir MKK was Brandon Howburg 3/29 en 3/8. MKK gaan kolf en kry die wen lopies volgende seisoen. Enige iemand wat belangstel om meer uit te vind oor die sport kan gerus die voorsitter, Hentu Hayman, kontak by 082 579 2826.

met 5 paaltjies plat. Beste kolwers vir MKK was Krisnan Oosthuizen met 63nun, Riaan Vercuil met 46 en Divaan Robertson met 37. MKK wen met 5 paaltjies.


dié

courant BERGRIVIER SPORT

Tel: 022 487 3221

13 Desember 2017

Die krieketspanne van Malmesbury en Piketberg het mekaar Saterdag op Malmesbury die stryd aangesê. Piketberg het eerste gekolf en 182 lopies aangeteken. Malmesbury se beste boulers was Brandon Howburg met 3/29. Malmesbury het die wenlopies aangeteken met vyf paaltjies plat. Krisnan Oosthuizen het met die kolf uitgeblink en 63* aangeteken. Riaan Vercuil het goeie ondersteuning gebied met 46 en Divaan Robertson met 37.

Tourists and inhabitants of the Swartland and West Coast can now look forward to exploring the seaside of Yzerfontein by bike. The West Coast Explorers Club aims to promote our beautiful town and to introduce our visitors to its many attractions. We are offering a bicycle hire service, with bicycle stands in strategic places outside those activities, attractions and businesses where visitors can park their bicycles whilst spending time at their desired destinations. Some of our bicycle station destinations include: 16 Mile Beach (Main Beach), the Harbour, the Tourism Office “Die Vishuis”, Schaap Island, Swemgat (Dasseneiland Drive), the Bewarea Labyrinth and Yzerfontein’s National Monuments, the Lime Kilns.WCEC’s homebase, Blikaspaai, is located at the vibrant Villa Fontana Shopping Village. Owner, Milani Dearlove first fell in love with this coastal town in 1999. WCEC was born from the dream to share all the beauty that Yzerfontein has to offer, for visitors to meet the locals, explore, discover and capture the very essence that makes Yzerfontein unique. Soak up the Sun, smell the sea and fill your camera. Ride your adventure using our network of bicycle stations around town so you can enjoy Yzerfontein from a different perspective. For more information, contact 022 451 2114.

Sportuitslae Sports results

KRIEKET

Piketberg vs Malmesbury Piketberg KK kolf eerste en teken 182 lopies aan. Beste boulers vir MKK was Brandon Howburg 3/29 en 3/8. MKK gaan kolf en kry die wen lopies met 5 paaltjies plat. Beste kolwers vir MKK was Krisnan Oosthuizen met 63nun, Riaan Vercuil met 46 en Divaan Robertson met 37. MKK wen met 5 paaltjies. GHOLF Geluk aan Dick Ross, die 2017 Malmesbury Gholfklub Putjiespel Kampioen. Dick het teen Gerbrandt Bezuidenhout in die finaal gewen. Malmesbury-gholfklub Saterdag, 9 Desember - Beterbal Stableford: Thinus Theron & Johandre Theron 43, Gerbrandt Bezuidenhout & Dick Ross 41, Johann Ackerman & Paul Hardcastle 41, Jacques Cilliers & Marthinus Jacobs 41, Donato Stelluto & Izak Rumboll 41


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
450 dié courant bergrivier by DieCourant - Issuu