courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
6 Desember 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 449
6 Desember 2017
•LEWENSBESKOUING VERANDER NÁ CHARLOTTE
Plaaslike TV-ster span uit op tuisdorp
•Jaomi Zeeman Die bekende en bekroonde aktrise, Rolanda Marais, het verlede week vinnig ‘n Wellingtonse draai kom gooi. Sy het as geleentheidspreker by haar alma mater, Hugenote Laerskool, kom optree en vir ‘n dag in haar grootword-dorp kom uitspan. Dié beeldskone oud-Wellingtonner, wat tans in die Waterfront-televiesireeks op KykNet te sien is, lyk ewe gemaklik in kaal voete op die grasperk van die Au d’Hex Boetiek Hotel as voor die televisiekameras. “Dis eintlik ‘n heerlike bederf om heeltemal alleen hier in my tuisdorp te kan kuier. Ek is so jaloers op mense wat hier kan bly. My werk maak dit egter vir my onmoontlik om so ver van die stad af te woon,” sê Rolanda. Haar en haar man, Jozua Malherbe, se dogtertjie, Charlotte, word hierdie week ‘n jaar oud en hulle het onlangs van Gauteng na die Kaap verhuis. Volgens Rolanda het moederskap haar lewensbeskouing heeltemal verander. “Sjoe, ‘n mens besef eers wat jou ouers alles vir jou gedoen het, hoe lief hulle vir jou is en wat hulle alles vir jou opgeoffer het as jy self ‘n kind het. Van slaap, tot finansies, tot jou sosiale lewe, alles verander wanneer jy ‘n ouer word. Jou kind kom altyd eerste. Dit is ‘n voorreg dat ons nou weer naby my ouers kan bly en dat hulle ons ondersteuningsnetwerk kan wees en hul kleinkind elke dag kan sien,” sê sy. Haar en haar man se besige skedules, die feit dat sy aan verskillende produksies gelyktydig moet werk en hard aan haar woorde leer, het hulle laat besluit om die skuif Kaap toe te maak. “Ek het net besef ek kan nie sonder my ouers nie. Ek moet gereeld halfses soggens uit die huis uit en kom dan eers weer rondom twaalfuur die nag terug. Jy kan nie daardie ure werk, veral as altwee ouers dit moet doen, en van iemand wat nie familie is nie verwag om vir jou in te staan met jou kind nie. Ons werk is sporadies en onvoorspelbaar met onmoontlike ure. Die enigste manier waarop ek en Jozua albei kan werk, is as ons naby my ma-hulle is. Ons het letterlik agter my ma-hulle aangetrek,” lag Rolanda. Rolanda word in Januarie veertig. Hoe voel dit vir haar om hierdie mylpaal te bereik?
“Ek weet nie hoe dit gebeur het dat ek tot hier gekom het nie. I don’t know how it happened! Jissie, dit voel soos gister dat ek hier uit is,” sê sy. Alhoewel al die tonele van die Waterfront televisiereeks, waarin sy tans te sien is, reeds verfilm is, is Rolanda geheimsinnig oor die uitkoms van hierdie storie. “Al wat ek kan sê, is dat daar só baie kinkels in daardie kabel is, dat selfs die akteurs en regisseur op ‘n stadium terwyl ons geskiet het, die skrywer moes bel en vra om te verduidelik hoe die vurk in die hef steek. Die intrige word al hoe erger. Die uitkoms is onverwags,” is al wat sy wil verklap. Watter eienskappe sal Rolanda graag wil hê dat haar dogter by haar moet erf? “My uithouvermoë. En weet jy wat ook? My vermoë om nie te worry oor wat ander mense van my sê nie. Ek dink ek was nog altyd van
kleintyd af ‘n rebel, maar nie op ‘n lelike, vergeldende, uitspattige manier nie. Ek gee nie om om soms eenkant, of ‘n loner, te wees nie. Maar ek wil nie hê Charlotte moet ‘n loner wees nie. Ek wil hê sy moet baie maatjies hê. Ek hoop sy erf Jozua se positiewe uitkyk op die lewe en ook sy vermoë om mense bymekaar te bring. Oral waar hy is, trek hy mense net saam, amper om oral versoening te aktiveer,” sê sy filosofies. Rolanda se veelsydigheid as aktrise maak van haar ‘n gesogte persoon in die vermaaklikheidsbedryf. Volgens haar, werk sy maklik in een week aan ‘n radiodrama, aan advertensies, aan televisie en aan teater. “Dit as absoluut amazing om te sien hoe jy elke keer wanneer jy in die een medium inbeweeg, eenvoudig adjust, op alle vlakke. Jy moet vocally en fisies vir elke medium aanpas en jou kop heeltemal skuif. Boonop moet jy nog in verskillende karakters klim. Ek hóú van die afwisseling. Ek is baie lief vir teater, want dis waar ek begin het, maar hoe meer televisiewerk ek doen en hoe meer films ek doen, hoe meer raak ek verlief op daardie mediums ook. Dis eintlik maar om te vra vir watter kind is jy die liefste - elkeen is spesiaal,” verduidelik sy. Is daar iets van Wellington wat sy nog elke dag met haar saamdra, wat aan haar menswees kleef? “Dit is definitief Groenberg. Die gevoel wat ek kry as ek aan Groenberg dink of dit sien - daar is vir my ‘n geborgenheid in Groenberg. "Dit is daardie gevoel dat ek veilig is. Groenberg is vir my soos ‘n karakter. Hy was ook ‘n karakter in my kinderlewe en in my mensword,” sê sy. Selfs die skoollied van haar alma mater, Hugenote Laerskool, waar sy later die dag ‘n inspirerende toespraak gelewer het, verwys na Rolanda se geliefde Groenberg. “Aan die voet van die bloue berge, daal Groenberg golwend, sag.” Dit is híér waar Rolanda se hart steeds geborge voel.
NUUS • NEWS
2
• DUBBELE SUKSES VIR KOOR
Hugenote skitter
Hugenote Laerskool se kore het onlangs uitstekend gevaar tydens die Wes-Kaapse finaal van die nasionale Sing in Harmonie-koorkompetisie. Hierdie koorkompetisie bied ‘n platform vir skoolkore van regoor die land om met mekaar mee te ding en word weekliks op KykNet se Kanaal 146 uitgesaai. Beide die skool se junior- en seniorkoor het die afgelope week as die Wes-Kaapse kampioene in hul afdelings in hierdie kompetisie weggestap. Die seniorkoor deel hul wenbeker met die koor van Courtrai. Volgens die koorleier van hierdie kore, Leana Engelbrecht, is sy ongelooflik trots op haar kinders se vertonings en uitstaande prestasie. “Ek is bitterlik trots op my kinders. Hulle het so hard gewerk en het soveel ure en oefening ingesit. Die opnames tydens die deelname aan hierdie kompetisie neem talle ure - iets wat die kinders met entoesiasme en grasie aangepak het en waar hulle, ten spyte van moegheid en lank sit, ongelooflike dissipline en toewyding getoon het,” het sy trots gesê. Wellingtonners het die afgelope tyd bankvas voor die televisie vasgenael gesit tydens die uitsendings van ons plaaslike kore se deelname aan die uitdunrondtes van hierdie program. Anthonie Bougas is die aanbieder van die kompetisie en die wenners van die uitdun-episodes dring na die streeksfinale, waar die beoordelaars ‘n wenkoor in die junior- en seniorafdelings aanwys. Hierdie wenners sal volgende jaar in Pretoria teen mekaar te staan kom wanneer die nasionale kampioenkoor in elke afdeling aangewys sal word. “Ons voel ongelooflik trots dat beide ons kore as die beste kore in hul afdelings in die Wes-Kaap aangewys is. Ons is ook baie trots op die feit dat altwee kore die prys vir die beste gewyde liedere by die Sing in Harmonie-streeksfinaal gewen het,” het Engelbrecht gesê. Volgens haar bestaan die skool se kore al so lank as wat die skool oud is. “Die doel van die kore is om by ons kinders ‘n liefde vir sang te kweek en om hulle bloot te stel aan ‘n wye verskeidenheid musiek. Om deel
NUUS • NEWS
6 Desember 2017
te wees van ‘n koor leer hulle ook om as ‘n span saam te werk, om te fokus, om na mekaar te luister en om aandag te gee aan intonasie, meelewing en diksie,” het sy verduidelik. Die skool se juniorkoor bestaan uit 57 graad 1 tot 3-leerders en die seniorkoor bestaan uit 85 graad 4 tot 7-leerders. Beide kore het hierdie jaar ook aan die Paarl Vallei-eisteddfod deelgeneem waar hulle die bekerwenners in hul onderskeie afdelings was. Die seniorkoor het hierdie jaar verder presteer deur as die pryswenners by die Boys High Sangfees aangewys te word en hulle het ook ‘n goue toekenning by die nasionale ATKV-Applous-koorkompetisie verwerf. Altwee kore tree gereeld by kerke en skoolfunksies op. Die voorbereiding vir hul deelname aan die Sing in Harmonie-koorkompetisie het baie toewyding en ure se oefening geverg. “Beide kore moes een gewyde lied en een Afrikaanse lied vir die kompetisie voorberei. Ons het aan die begin van die jaar al vir die kompetisie begin voorberei, omdat die eerste rondte reeds in Mei was. Die kore het weekliks hard geoefen en die musiek aangeleer en fyn afgerond. Ons het ook van instrumentaliste met viool, dwarsfluit en perkussie gebruik gemaak,” vertel Engelbrecht oor hul voorbereiding. Volgens haar was die kompetisie by die finale streeksrondte baie sterk. “Die standaard is baie hoog en daar word uitstekende werk deur die koorleiers en begeleiers gelewer,” het sy gesê. Sy is ook vol lof vir haar begeleidster en regterhand, Martha du Plessis, wat haar met die afrigting van die kore bystaan. “Sonder Martha sou ons dit nie kon doen nie,” het Engelbrecht gesê. “Sy is deel van die wenspan.” Sy is baie optimisties oor haar toekomsplanne vir Hugenote se wenkore. “Hugenote se kore is ons trots en ons wil net voortbou op ons sukses. Dit is belangrik dat koorsang geniet moet word, maar kompetisies bly belangrik sodat koorleiers en koorlede positiewe kommentaar kan gebruik tot hul voordeel om nog meer sukses te kan behaal.”
Kersfees kom vroeg vir Sunfield
Die terrein van Sunfield Home is op Saterdag 2 Desember in ‘n feestelike Kersfeesmark en heerlike kuierarea omskep. Hierdie instansie het hul jaarlikse afsluiting, Kersmark, Kersspel en vermaaklikheidsprogram met die viering van Internasionale Dag van Gestremdes, wat op 3 Desember gevier word, gekombineer. Die vriendelike inwoners het besoekers en gaste reeds by die hek welkom geheet en die talle stalletjies het vir heerlike winskope gesorg. Kunswerke, geskenke en eetgoed wat deur die inwoners self gemaak is, is saam met talle ander uitstallers se ware te koop aangebied. Besoekers kon ook aan smullekker eet- en drinkgoed by Sunfield se eie “Oppiekoffie”-koffiewinkel, waar inwoners as kelners opgetree het, weglê. Die dag se program het talle hoogtepunte en vermaaklikhede ingesluit. Lyndsay Cader van die Suidooster Fees het as die programkoördineerder opgetree. Die sangeres Merique Hanekom, wat reeds in 2014 haar eie enkelsnitte vrygestel het, het die gaste en besoekers vermaak terwyl hul tussen die stalletjies rondgesnuffel en in die koffiewinkel gekuier het. Nog ‘n kunstenaar wat opgetree het, is Devon du Toit, wat in 2017 derde in die Global Spotlight Talent Search geëindig het. Die wenner van hierdie talentkompetisie, Duelin Stephno Wood, het ook die gaste vermaak. ‘n Ander bekende plaaslike sangeres wat haar gewig agter hierdie gebeurtenis gevoeg het, is Serida-Lee. Die nasionale en internasionale
kunstenaar, Sydwell Beziek, het besoekers ook met sy R&B, pop- en geestelike treffers vermaak. Die program is op ‘n hoogtepunt afgesluit toe die inwoners van Sunfield hul Kersspel, onder leiding van Gerhard van Aardt en Ronel van Wyk, opgevoer het. Volgens Elmarie van Schalkwyk, algemene bestuurder van Sunfield, is die sukses van hierdie geleentheid aan die samewerking van verskeie rolspelers te danke. “Dit is regtig ‘n klomp mense wat saamwerk om hierdie dag moontlik te maak en dit is elke jaar ‘n hoogtepunt op ons kalender. Ons vier nie net die einde van die jaar nie, maar gebruik ook die geleentheid om die handwerk van ons inwoners ten toon te stel en daardeur te wys dat hulle konstruktief besig bly en ‘n waardevolle bydrae in die gemeenskap kan lewer. Dit val natuurlik ook saam met die Internasionale Dag van Gestremdes en ons hoop om hiermee ook bewusmaking hiervoor te kweek. En dan is ons inwoners se Kersspel natuurlik ‘n hoogtepunt,” het sy gesê. Sunfield se bemarker, Garine de Wet, beaam dit. “Ons huismoeders, ons inwoners, die inwoners se ouers, talle kunstenaars, ons vriende op facebook, plaaslike besighede en die hele gemeenskap is almal rolspelers wat hierdie dag moontlik maak. Almal werk saam om dit ‘n onvergeetlike dag te maak en ons is baie dankbaar vir almal se insette,” het sy gesê.
NUUS • NEWS
6 Desember 2017
3
•ALTERNATIEWE BRONNE ONDERSOEK New beginning for Mica
Hoop met water
Daar word steeds toetsgate langs Gnl. Hertzoglaan geboor om Wellington se ondergrondse waterbronne te probeer benut. Hierdie proses is reeds die afgelope paar weke aan die gang en die booroperateur, Jacobus Nel, is optimisties oor die ondergrondse water wat hul alreeds hier gevind het. As deel van die Drakenstein Munisipaliteit se poging om alternatiewe
waterbronne in die huidige droogte te ontgin, word verskeie gate geboor om die beste bronne te probeer identifiseer. Die beste opsies sal nadat die water getoets is, oorweeg word. Volgens Jacobus Nel lyk die tweede boorgat wat vir hierdie doel geboor is, baie belowend. “Ons het op 43 meter deur die graniet gegaan en tot op 200 meter geboor. Hier het ons sterk, skoon
water gekry,” het hy gesê. Hierdie gat kan water teen 12 276 liter per uur verskaf en as ‘n mens ‘n sluk van hierdie water waar dit uit die grond borrel vat, proe dit silwerskoon. Volgens Jacobus ís dit baie skoon water. “Die Total Dissolve Solids meter (TDS) wys dat dit ‘n telling van 75 het. Dit dui op baie skoon water,” het hy ingenome gesê.
Left: The new team at Wellington’s Dick & Allsop Mica consists of Franstelle Watson, Steven Sollinger, Dalene Jennike and Morne Watson. Wellington’s Dick & Allsop Mica is under new management with a host of fresh offerings. The change in ownership follows the tragic fatal shooting of former owner Johan Fourie in July this year. Steven Sollinger, MD of new owners, the Spiro’s group of companies, said the loss was devastating. “We are incredibly sympathetic to the Fourie family and re-iterate our sincere condolences. “The Spiro’s group is a 95-year old family business and we’ve undertaken to continue running the store in line with family values, building on the good work by the Fourie family and their team. “While we’re pleased to be of service to the community, we’re extremely saddened by the circumstances that led to the new ownership.” Sollinger said all existing staff would remain and a new management team comprising Morné and Franstelle Watson, have moved over from Spiro’s Mica, Durbanville, to oversee operations. “Both have a wealth of experience in hardware and will add huge value to the already familiar faces at the store,” he said. The Spiro’s group also owns Spiro’s Mica, Durbanville, and Kendal Mica, Diep River/Constantia and Sollinger said they would draw on opportunities offered by the Mica group to introduce ranges which ordinarily couldn’t be stocked at smaller stores. He also announced a special offer to help customers replace old and potentially hazardous gas bottles with an Afrox Handipack, comprising a 6kg (empty) gas bottle with a cooker top for R499.99 (normal price, R599.99). “If you bring in your old cylinder, we’ll trade it in for R150 towards the Handipack so you only pay R349.99.” Other new plans include: • The launch of Mica Dream Card, a loyalty programme offering 2.5% cashback on purchases. • New and extended ranges of various hardware items, including a new range of power tools. • The introduction of Duram paint, a full colour wall and the ability to mix over 1 200 colours. • Improvements to the car park at the back. • Increased staff training. Sollinger added that home deliveries for orders over R200 within the Wellington area are free. “We thank customers for welcoming us into the community and invite them to visit the store, experience our developments and share their comments and suggestions on how we can further improve.” • Contact the store on 021 873 1051 or Steven on steven@spirosmica.co.za
courant
dié
4
6 Desember 2017
Sing in harmonie
Hugenote Laerskool se junior- en seniorkoor het onlangs puik presteer deur beide as die wenners in die Wes-Kaap finaal van die nasionale Sing in Harmonie koorkompetisie uit die stryd te tree. Hierdie koorkompetisie bestaan alreeds ‘n hele paar jaar, maar die naam, Sing in Harmonie, kan seker nie ‘n meer betekenisvolle waarde op ons land se huidige situasie as juis nóú hê nie. Dinge klink mos nie juis te harmonieus wanneer ons na die nuus luister of die koerante lees nie. Verdeling is meer aan die orde van die dag as eensgesindheid. Vergelding is belangriker as welwillendheid. Eie belang is weeg swaarder as onderlinge toegeneentheid. Eensgesindheid, konsensus, akkoord, eendrag, samewerking en onderlinge begrip is vreemde terme in die politieke en sosiale omgewing waarin ons ons aan die einde van 2017 bevind. Tog, wanneer ons na die doen en late van die mense in ons dorp kyk, is daar hoop dat mense tóg nog in harmonie kan saamsing. Buiten ons dorp se skoolkore wat ‘n bewys is hiervan, het talle plaaslike mense opgestaan vir die insluiting van gestremdes in ons gemeenskap ter viering van die Internasionale Dag van Gestremdes op 3 Desember. Die Give Hope & Smile Foundation het ‘n dag vol aktiwiteite ter bewusmaking van gestremdes aangebied en Sunfield Home het ‘n heerlike Kersmark en Kersspel met hope vermaak vir hierdie doel aangebied. Die plaaslike SAPD het pamflette vir die bewusmaking van die 16 Dae van aktivisme teen geweld teenoor vroue en kinders aan motoriste uitgedeel - alles tot voordeel van ‘n meer harmonieuse samelewing. Plaaslike musikante het ‘n huldeblykkonsert met die mooiste harmonieë ter ere van Cat Stevens gehou. Die ATKV het ‘n potjiekoskompetisie vir laerskoolleerders gereël, die Soetendal Kliniek het Internasionale MIV-Dag met ‘n groot okkasie gevier, die Drakenstein Munisipaliteit soek na ondergrondse water vir sy mense se waterbehoeftes en Rolanda Marais het die geborgenheid van haar tuisdorp kom opsoek - alles tekens van welwillendheid, onderlinge toegeneendheid, wedersydse liefde en ‘n saamgaan, saamklink en saamstem van die mense rondom ons. Die HAT beskryf “harmonie” as “’n vereniging van dele of verwante dinge in so ‘n verhouding dat dit ‘n welgeordende geheel vorm wat welgevallig is.” Miskien is dit tog nie so ‘n vergesogte gedagte nie. Mag elkeen se deuntjie hierdie week iewers ‘n noot tref wat in harmonie met die dinge en mense rondom jou is.
NUUS • NEWS
Busy Beez vier besige jaar
Die Busy Beez Vroueklub het op 1 Desember hul jaar se aktiwiteite op ‘n spesiale wyse gevier. Hulle het in die Kersfees-gees ‘n werkswinkel, wat deur Martjie Malan aangebied is, bygewoon. Volgens Elsibe Loubser McGuffog, beskermvrou van die Busy Beez, was dit ‘n feestelike en leersame geleentheid. “Ons kon die Kersseisoen met hierdie wonderlike geleentheid verwelkom omdat Martjie Malan vir ons ‘n bak-werkswinkel kom aanbied het,” het sy gesê. Martjie, ‘n Koekedoor-finalis, bedryf haar eie kookskool vir kinders op Stellenbosch. Sy is ook deel van die span wat die gewilde TV-program, Kokkedoortjie, op KykNet saamstel.
Die dames van die Busy Beez het by die Nazarene-kerk bymekaargekom waar Martjie vir hulle haar resep vir speserykoekies met hulle gedeel het. Sy het die dames ook van al die wenke om hierdie koekies mooi te versier, voorsien. “Dit was groot pret en ook heerlik dat van ons familielede die geleentheid kon bywoon, van wie die jongste 6 jaar oud is,” het Elsibe gesê. Die resultaat was Kersfeesboompies wat die hele gesin kan versier en geniet. “Martjie se liefde vir mense en kos het van hierdie geleentheid ‘n baie leersame een gemaak en as ‘n groot inspirasie gedien,” het Elsibe laat hoor.
Stevens-huldeblyk gehou
‘n Vertoning waar daar aan die gewilde liedjies van Cat Stevens hulde gebring is, is op Saterdagaand, 2 Desember, in die Bôrdienghuis-teater gehou. Hierdie vertoning, “Peace Train to a Wild World”, was ekstra spesiaal aangesien twee lede van die orkes wat saamgespan het om hierdie huldeblyk die lig te laat sien, Wellingtonners is. Die vertoning is ‘n nostalgiese, onvergeetlike eerbetoon aan die Nobel Pryswenner, Cat Stevens, wat nie net as een van die mees belangrike figure in die folk-rock genre beskou word nie, maar ook een van die bekendste Britse sangers, musikante en liedjieskrywers van alle tye is. Gaste kon tydens die vertoning nie net na hoogtepunte van hierdie musikant se betowerende melodieë en sielvolle lirieke luister nie, maar ook ‘n interessante kykie in die lewe van een van die wêreld se grootste folk-sangers kry. Cat Stevens se lewensverhaal, van sy geboorte tot en met sy huidige status as Moslem en
humanitêre aktivis, is tydens die vertoning met sy beste en bekendste liedjies vervleg. Die orkes bestaan uit die Wellingtonners Werner Carstens, op kitaar, mandolien en agtergrond stem, sowel as Gavin Young op dromme. Die ander twee orkeslede is die voorsanger en kitaarspeler, Craig Stott, en die baskitaarspeler Charl Strutt. Alhoewel die orkes se basis in Wellington is en hulle reeds vir 10 jaar hierdie vertoning op verhoë regoor die Wes-Kaap doen, was dit die heel eerste keer dat hulle met die volle orkes hierdie vertoning voor hul tuisskare doen. Gaste kon nie genoeg van die meesleurende musiek kry nie en die orkes het hul plaaslike ondersteuners met ‘n hele paar ekstra treffers bederf. Buiten die ou Cat Stevens-gunstelinge soos “Oh very young”, “Moonshadow”, “Morning has broken” en “Can’t keep it in”, kon gaste selfs na treffers van die Beatles en The Doors luister.
NUUS • NEWS
5
6 Desember 2017
01
30
R
pu
t a tio n I n s tit u
te
s
90
SAVE R13
E R O M E C I PR
Kellogg’s Corn Flakes 750g
149
R
SAVE R80
PRICE PER NAPPY Mini Midi Maxi Maxi + Junior XL
94s 76s 66s 62s 52s 44s
– – – – – –
99
R1.60 R1.97 R2.27 R2.42 R2.88 R3.41
Pampers Active Baby-Dry or New Baby Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack
13
S T U C
59
R
Re
tu
*2
7
dy
Also at
90
SAVE R10
R
79
SAVE R1 Coca-Cola Regular 2 Litre
D RETAILER E T S U R T T S O FROM SA’s M
Fair Cape Eco Fresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
+
+ +
BUY ALL 4 FOR
100
R
46
R no name™ 4 Drumsticks and 4 Thighs Per kg
SAVE R30
99
PnP Potatoes 4kg, Onions 3kg, Butternut 3kg and Sweet Potato 2kg
SAVE R13
BUY 2 SAVE R20
PnP Cherries 400g
Hunter’s Dry, Gold, Hard Lemon or Export 24 x 330ml Cans or Non-Returnable Bottles Per Case
While Stocks Last
22
SAVE R20
SAVE R19 Lux Soap Assorted 175g Always Maxi or Ultra Pads Assorted 7-10s
59
SAVE R15
18
R Washing Powder Assorted 3kg Each
99
SAVE R10 Domestos Thick Bleach Assorted 750ml Each
48
150
R
WAS R199
Bell’s Extra Special Blended Scotch Whisky 750ml
SAVE R49
R
BUY ANY 2 FOR
38
SAVE R31
R
TRESemmé Shampoo, Conditioner or Styling Products Assorted 200-900ml Each
SAVE R25
Klipdrift Premium Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Axe Deodorant Assorted 150ml
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Prices Valid 7 - 10 December 2017 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape
WAS R199
179
R
99 Omo Auto
SAVE R32
R BUY ANY 3 FOR
R
WAS R256
224
R
LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK
MMWCHS1942
6
6 Desember 2017
NUUS • NEWS
Liggies aangeskakel Wellington se Kersliggies is op Saterdagaand, 25 November, tydens ‘n feestelike geleentheid aangeskakel. Talle stalletjie, vermaak en lewendige musiek het aan Kerkstraat ‘n karnaval-atmosfeer verleen. Dorpenaars het tot laat aan die feestelikheid deelgeneem en die aanvang van die feesseisoen gevier.
Die Moederkerk het onlangs ‘n Makietie op die Markplein aangebied. Talle stalletjies en uitstallers het hul produkte hier ten toon gestel en dorpenaars kon aan die heerlike kos smul of Kersinkopies doen. Links: Die organiseerder, Liezl Gossmann-Williams, saam met een van die uitstallers. Regs: Daar was ‘n verskeidenheid stalletjies met interessante produkte Keashan-Taye Pietersen is verlede Donderdag aangewys as Wellington Primêr se Sportmeisie van die Jaar by hul jaarlikse diploma-plegtigheid. Sy is ook Atleet van die Jaar en het n diploma gekry vir lewensvaardigheid. By haar is Neal Marthinus, haar mentor.
NUUS • NEWS
7
6 Desember 2017
Gemeenskap span saam vir Movember en kanker
Die “regte Snorre”, Pieter de Villiers, het die pryse vir die beste snorre oorhandig en saam met die deelnemers gekuier.
Dagboek • Diary
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418
Fishermen's Festival 9 December: Come join in the Fishermen's Festival in Paternoster at the Fish Market from 10:00
Yzerfontein Annual Snoek Classic Wellington-rugbyklub 15-16 December: Be part of the Yzerfontein Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas Annual Snoek Classic 2017. Entry fee for YBC vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg members are R330 and non-members the amount langs Boland-stadion. of R380. The Junior o/16 is R200. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 For any further information please contact 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Theunis Kruger at 083 306 5510 or visit www. yzerboatclub.co.za Abbeyfield-vereninging 30 November: U word vriendelik uitgenooi Groote Post Country Market na die algemene jaarvergadering van Abbeyfield 17 December: Groote Post Winery in Darling Vereniging, Wellington om 10:30 te Milnerstraat have their country market from 10:00 till 15:00. 2A, Wellington For any further enquiries please contact Eldre Vir enige navrae kontak me H. Fredericks by Strydom or Mariaan Heyns at 022 451 2202 or 074 706 8386 send an email to: info@iloveyzer.co.za Tiere Kersmark 5-9 Desember: Tiere-Kersmark word aangebied deur Hoërskool Tygerberg, Fairfieldstraat, Parow. Maandag - Vrydag vanaf 09:00 - 19:00 Saterdag vanaf 09:00 tot 17:00 Vir enige navrae skakel Ina Viljoen by 083 463 4090 of Karen Esterhuizen by 083 733 5025 Die Wellingtonners André Pentz en Danelle Gillespie van Pentz Gillespie Internasionaal het ook die geleentheid ondersteun.
Musik-Lood 6 Desember: Musik-Lood hou 'n "Benefit Concert" met verskeie kunstenaars by die Drostdy Theatre, Stellenbosch om 20:15. Kostes beloop R150. Vir enige navrae skakel Andre by 076 147 8300 of stuur 'n epos na andre@paarlmusic@gmail. com Hopefield Night Ride 9 Desember - Fietsry-entoesiaste kan om 19:00 aan die Hopefield Night Ride deelneem. Die roete strek oor 31km. Kontak Willem by 082 923 2553 of Gert by 082 940 5002 met navrae. Fishermen's Festival 9 December: Come join in the Fishermen's Festival in Paternoster at the Fish Market from 10:00
Die plaaslike agente van Chas Everitt het die geleentheid in die gees van “Movember” ondersteun. Verskeie plaaslike besighede, individue en rolspelers het op Woensdag 29 November kragte saamgespan om ‘n geleentheid ten bate van kankerbewustheid moontlik te maak. Die De Poort-koffiewinkel het as gasheer vir hierdie informatiewe, inspirerende en jolige geleentheid opgetree. Die program was propvol interessante aktiwiteite en elke gas het met die aankomslag ‘n snor, om by die “Movember”-tema te pas, ontvang. Talle stalletjies met plaaslike eet- en drinkgoed het tot die feestelike atmosfeer bygedra. Die dag is as ‘n inisiatief van die prokureursfirma Dykes van Heerden Slabbert Hopkins Inc. (DVH) georganiseer. Hierdie firma, wat in die oordragte van eiendomme en die registrasie van verbande spesialiseer, het al hul vennote en besigheidskontakte genader om deel te neem aan hierdie geleentheid en fondse ten bate van Kansa in te samel. Vir plaaslike eiendomsagente was die geleentheid sommer twee vlieë met een klap aangesien hulle CDP-punte vir hul teenwoordigheid kon verdien, terwyl hulle ook hierdie goeie saak kon ondersteun.
Volgens Michelle Riekert van DVH is dit hulle manier om ‘n positiewe bydrae tot die gemeenskap te lewer. “Ons probeer oral waar ons gaan ‘n verskil maak en terugploeg in die gemeenskap. Ons glo werklik dat dit nie saak maak hoe klein die gebaar is nie, ons moet werklik probeer om die lewe vir mense makliker te maak. Ons het Kansa vir hierdie inisiatief geïdentifiseer omdat November manlike gesondheidsbewustheidsmaand is,” het sy verduidelik. Buiten ‘n praatjie deur die kankeroorlewende, Johan Meyer, was daar ook ‘n motoruitstalling en talle pryse vir die beste, grootste, mooiste en lelikste snorre van manlike deelnemers. Niemand anders nie as “Mnr. Snorre”, oftewel Pieter de Villiers, het die pryse vir die snorre oorhandig. “Dit is vir my ‘n voorreg om myself met ‘n inisiatief soos hierdie te vereenselwig. Met hierdie dag word daar nie net ‘n bewustheid vir kanker gekweek nie, maar daar word ook ‘n groot geldelike bydrae aan Kansa gemaak,” het hy gesê. Kansa het ‘n tjek van R10 000 van die organiseerders ontvang - ‘n bedrag wat deur almal wat die dag bygewoon het, ingesamel is.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.
Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
8
courant
dié
6 Desember 2017
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
16 Dae van aktivisme teen geweld skop af
6 Desember 2017
Potte prut in kompetisie Links: Die Izcachamizo span het die prys vir die beste potjie met hul Italiaanse spyskaart gewen. Onder: Die Meksikaanse span het die prys vir die beste stalletjie gewen.
Die bewusmakingsveldtog teen geweld teen vroue en kinders het op Vrydagoggend, 15 November, in Wellington afgeskop. Die Wellington SAPD, in samewerking met Wellington GPF en ander rolspelers in die gemeenskap het hul gewig agter hierdie inisiatief ingegooi deur pamflette aan motoriste in Wellington uit te deel. Die doel van die bewusmakingsveldtog is om die publiek se aandag op die probleem van geweld teenoor vroue en kinders te vestig. “Die inisiatief se doel is om mense bewus te maak waaroor die 16 dae gaan, naamlik geen geweld teenoor vroue en kinders. Dit is ‘n nasio-
nale bewusmakingsveldtog wat spesifiek voor die feestyd geloods word. Daar is gewoonlik ‘n toename in aanrandings en geweldsmisdade teenoor vroue en kinders in hierdie tyd,” het Stephan Landsberg van die Wellington GPF verduidelik. Volgens hom moedig die Wellington SAPD die publiek aan om klagtes van mishandeling en aanranding teenoor vroue en kinders by die plaaslike polisiekantoor aanhangig te maak. “Enige misdaadklag kan natuurlik by die plaaslike SAPD-kantoor aanhangig gemaak word. Die publiek kan die stasie besoek of die SAPD by 10111 skakel,” het Stephan gesê.
Die plaaslike ATKV-tak het op Donderdag 30 November ‘n potjiekoskompetisie op die terrein van Hugenote Laerskool vir graad 7-leerders aangebied. Tydens hierdie kompetisie moes leerders in spanne deelneem en hul kookvernuf voor die vuur beproef. Volgens Sybil Kotzé van die ATKV is hierdie geleentheid ‘n jaarlikse instelling en iets wat die ATKV elke jaar ondersteun en borg. “Die ATKV ondersteun graag aktiwiteite wat eg aan ons taal en kultuur is - ons is immers ‘n taal-en-kultuur-vereniging. Met hierdie inisiatief wil ons graag die Suid-Afrikaanse-kultuur bevorder en aan jongmense die geleentheid gee om die genot wat daarmee gepaard gaan te ervaar,” het sy gesê. Die graad 7-leerders moes alles eiehandig aanpak en het elkeen ‘n spannaam, tema en unieke spyskaart gehad. Elke span is volgens hul stalletjie, hul tema en hul potte beoordeel. Daar was talle interessante temas en die kinders het ‘n verskeidenheid geregte in hul potte aangedurf. Die voorbereidings het reeds om 14:00 begin en die kinders moes self spook om hul vure aan die brand te
kry. Elke span moes ook veiligheidsmaatreëls by hul stalletjies toepas en self die voorbereiding van alle elemente van hul pot doen. “Ek het omtrent trane afgevee, terwyl ons die uie moes skil,” het een van die deelnemers laat hoor. Spesiale musiek, eenvormige uitrustings, pragtig versierde stalletjies en smullekker spyskaarte het tot die feestelike atmosfeer van hierdie geleentheid bygedra. Om 17:00 het die beoordeling begin en spanlede moes regstaan om die beoordelaars meer oor hul tema, bestanddele en spyskaarte te vertel. Daarna het die beoordelaars aan die talle heerlike geregte begin proe om ‘n wenner aan te wys. “Dit was omtrent ‘n reuse-taak. Die standaard van die potte was hierdie jaar baie hoog en daar was nie een wat misluk het nie. Dit was kompleet soos ‘n episode van Master Chef!” het Cybil tydens die prysuitdeling gesê. Uiteindelik is die span met ‘n Meksikaanse tema as die wenners van die beste stalletjie, en die “Izcachamizo”-span met hul Italiaanse spyskaart as die span met die beste pot aangewys.