c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
6 Desember 2017
25.8%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 449
6 Desember 2017
Die personeel en ondersteuners van Sinethemba op Malmesbury het Vrydag hul ondersteuning vir die bewusmaking van Vigs gewys toe hulle gewapen met plakkate 'n optog vanaf die kliniek in Jakarandastraat tot by die rugbyvelde van die Bloues-rugbyklub gestap het. Vrydag is internasionale Vigsdag regoor die wêreld gehou.
•GEEN PRESTASIEBONUSSE BETAAL
SM: 7 skoon oudits
Die Swartland Munisipaliteit het vir die sewende agtereenvolgende jaar 'n skoon oudit van die ouditeur-generaal van Suid-Afrika ontvang. Volgens munisipale bestuurder Joggie Scholtz is dit 'n groot eer en voorreg om deel van die Swartland-span te wees. "Ons skoon oudit, met die klem op die feit dat ons geen 'comafs' gekry het, wat saamval met die onlangse toekenning as groenste munisipaliteit in die Wes-Kaap, is 'n lekker erkenning vir skoon regering," sê Scholtz. Die 'comafs' waarna Scholtz verwys, is navrae wat deur die OG gedoen word wat kan lei tot rapportering in die ouditverslag (communication of audit findings). Die hoeveelheid hiervan wat uitgereik word, is 'n aanduiding van die hoeveelheid foute wat die OG vind en op hierdie bevinding word nie net die oorsake gemeld nie, maar moet daar ook
bestuurskommentaar gelewer word. "Omdat die oudit deur die OG munisipaliteite baie geld kos, was SM se benadering van die begin af dat ons met die OG se interaksie, waarde vir geld wil hê. "Hiermee bedoel ek dat ons vir enige bevindinge van 'n betrokke jaar, regstellende optrede en uiteraard kontroles in plek stel om seker te maak dat die leemtes wat toe die bevindinge aanleiding gegee het, reggestel word. "Die ontwikkeling van hierdie regstellende optrede en kontroles word geïnstitusionaliseer deurdat daar prestasie-aanwysings en teikens ontwikkel word om implementering te verseker. Volgens Scholtz is dit "genade en nogmaals genade" 'n groot bydraende faktor was vir die sewende skoon oudit. Leierskap, wedersydse vertroue, 'n stabiele politieke klimaat en raadslede wat hul rol verstaan en toelaat dat amptenare hul werk op die
Superspar Boland Botha gee siviele vier 30 jaar vaandel aan
regte manier doen, is ook hoog op Scholtz se lys. Die munisipaliteit het 'n zero toleransie teenoor bedrog, korrupsie en oneerlikheid. "Ek kan nie met vrymoedigheid sê dat ons korrupsievry is nie, maar dit is net 'n kwessie van tyd voor ons korrupte handeling en aktiwiteite aan die kaak stel en dan moet die skuldiges die gevolge dra," sê Scholtz. Volgens Scholtz speel die feit dat Swartland nie prestasiebonusse betaal nie, ook 'n rol in hul sukses. "Hierdie is in teenstelling met baie ander munisipaliteite en staatsinstellings. Die geen betaling van prestasiebonusse gee aanleiding tot die stel van innoverende en uitdagende indikatore en teikens om die stelsel te verbeter. "Dis tog net menslik dat indien daar geld aan prestasie gekoppel word, minder uitdagende indikatore en teikens gestel gaan word, weens die moontlike finansiële benadeling.
Dranklisensies nou hernieu
NUUS • NEWS
2
6 Desember 2017
Skoon oudit vir Bergrivier
NUUS • NEWS
Spaar 41% water
Die Bergrivier Munisipaliteit met sy hoofkantoor op Piketberg, het vanjaar weer 'n skoon oudit van die Oudigteur Generaal van Suid-Afrika ontvang. Elke munisipaliteit in Suid-Afrika word aan die einde van 'n finansiële jaar geoudit en 'n skoon verslag wys na 'n ongekwalifiseerde oudit, sonder enige kwessies wat aangespreek moet word nie. 'Dit is voorwaar 'n groot prestasie en neem 'n groot gesamentlike spanpoging om dit te vermag," sê advokaat Hanlie Linde, munisipale bestuurder van dié munisipaliteit. "Ons bedank graag ons volle raad, ons ouditen prestasie ouditkomitee, ons MPAC (Municipal Public Accounts Committee), die amptenare van Bergrivier en elke lid van die publiek wat ons voortdurend op ons tone hou en sorg dat ons effektiewe en skoon administrasie toepas. Intussen het dié munisipaliteit, wat onlangs ook Vlak 5-waterbeperkings ingestel het, 'n besparing van 41% in waterverbruik getoon. "Hiervoor wil ons almal bedank wat so goed saamwerk. "Kom ons gebruik hierdie as 'n aansporing om nog verder te bespaar en dag zero so ver as moontlik uit te stel," aldus Linde.
Joggies tot die redding: Die petroljoggies van die Engen-vulstasie op
Malmesbury, het verlede week kopgehou en hul brandbestrydingsopleiding goed toegepas. Op 28 November 2017 omstreeks 16:00, was daar 'n harde slag buite op die rybaan, komende van 'n kliënt se voertuig. Dit was as gevolg van 'n brand wat ontstaan het in die motor se enjinkap. Bestuur het onmiddellik uitgehardloop om te gaan help, maar drie petroljoggies en 'n Quickshop-kassier het reeds die situasie opgesom en vinnig gereageer. Hulle het hul onlangse opleiding positief aangewend en die regte prosedures gevolg om die brand so gou moontlik te blus. Die noodknop om brandstof toevoer af te sny, was gedruk, en hulle het die brand met die brandblussers op die perseel geblus. Deur hulle vinnige optrede het hulle 'n moontlike ramp verhoed. Die drie petroljoggies en kassier wat so flink opgetree het, was Zuko Magwebu, Sive Rasmeni, Henrico van Wyk en Tsekiso Mokole. “Ons is voorwaar trots om te sê dat ons opgeleide personeel in diens het, wat gereed is om noodsituasies soos hierdie vinnig onder beheer te bring,” sê Gey Kriek, eienaar.
Due dates for liquor license The Western Cape Liquor Authority (WCLA) is calling on licence holders to adhere to the respective due dates and relevant forms that accompany renewals. In a statement released last Wednesday, the WCLA’s Nwabisa Mpalala says: “It has come to our attention that many licence holders make payment for renewal fees, and pay double the amount in the hope that they (automatically) qualify for the biennial renewal of their licence.”
“For annual renewals you have to renew your liquor licence before 31 December of every year in order for it to be valid the following year, by paying the prescribed renewal fee,” Mpalala says. “For biennial renewals, the amended Regulation 30 of the Western Cape Liquor Regulations of 2017 determines that a licensee who intends to subscribe to a biennial renewal cycle must lodge with the WCLA a notice in the form of Form 21B by no later than 30 November of
the year in which the WCLA has issued the annual renewal notice. “Therefore one has to complete the relevant form and submit it to us by no later than 30 November each year. “Liquor licence holders should ensure that they renew their liquor licence before 31 December 2017 in order for it to be valid for the years 2018 and 2019,” Mpalala says. The amount for biennial renewals is double that of the annual renewal fee.
NUUS • NEWS
6 Desember 2017
•MENSE EN GELYKHEID SY PASSIE DEUR DIE DEKADES
At Botha gee siviele vaandel aan At Botha (65), direkteur van siviele ingenieurswese by Swartland Munisipaliteit, tree aan die einde van 2017 uit na ‘n loopbaan van 46 jaar. Botha, ‘n boorling van Worcester, is professioneel geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese (ECSA), en het ook sy meestersgraad in bestuursleiding in 1992 deur UNISA verwerf. Hy is sedert April 1987 verbonde aan Swartland Munispaliteit en glo sy beroep het aan hom die gereedskap gegee om diens te lewer, sowel as om goeie verhoudinge te bewerkstellig en in stand te hou. “Ek is gedurende my kinderjare in Worcester blootgestel aan ‘n wyer groepering mense en het, danksy my ma se verbondenheid aan die kleurling-skool vir dowes, die voorreg gehad om verhoudinge te bou met mense oor kleurgrense heen, asook om met gestremdes om te gaan,” vertel Botha. “’n Groot deel van my menswees is op hierdie basis geslyp en dit is vandag nog tot ‘n groot mate die riglyn waarvolgens ek dink en doen. Met hierdie agtergrond was ek gedurende die middel-tagtigs, toe die apartheidsbeleid nog hoogty gevier het, uiteraard ‘n groot teenstander daarvan en het ek my veral beywer om ons kerkdeure in daardie jare vir alle mense oop te maak. "Ek is vandag baie bly dat daardie kleinlike, onsinnige dwaashede nie meer die norm is nie.” Botha is ook dankbaar vir die geleenthede wat Swartland Munisipaliteit hom gebied het, en dat hulle altyd sy hande los gemaak het om die gemeenskap te dien. “Dit gaan altyd vir my oor die mens. "Toe die dorp se nuwe rioolstelsel ‘n wyle gelede landwyd aangewys as die beste ingenieursprojek van daardie jaar, het dit nie vir my gegaan oor die prestasie of die wonderlikheid van die membraan-tegnologie nie.
Let wel!
"Vir my was die riem onder die hart dat ons dit kon regkry om suiwer water terug te stort in die Bergrivier, wat goed is vir die omgewing, wat dan weer goed is vir ons mense.” “Mens se werk moet altyd daaroor gaan om volledig mens te raak. "As jy net werk in jou lewe het, dan het jou wiel net een speek, en ‘n wiel met een speek kan nie ry nie; daar moet verskillende speke wees om alles in balans te hou,” sê Botha, wie se eie wiel inderdaad ‘n verskeidenheid interessante speke het. Hy is lief vir kosmaak, en beskou musiek as een van die groot liefdes van sy lewe. Trouens, hy is reeds ingeskryf vir kitaarlesse in Blouberg in 2018, en beplan binnekort ‘n oorsese reis om Pearl Jam in persoon in Amerika te siene te kry. Daarbenewens gaan hy ook ‘n skilder-werkswinkel bywoon in Villiersdorp en beplan hy en sy vrou, Marieta, om ‘n selfstuur-bootrit te geniet langs die Canal du Midi in die suide van Frankryk. Wanneer daar uitgevra word na loopbaan hoogte- en laagtepunte, sê Botha sy lewe was sy hoogtepunt. “Ek het bloot my loopbaan gebruik om my lewe te vervolmaak. "Ek het wel ‘n paar dinge geleer - soos dat wanneer jy ‘n keuse tussen mense moet maak, jy altyd die pad van meriete en verdienstelikheid moet loop.
"Verandering, innovasie en kreatiwiteit is die enigste manier om die toekoms te ontmoet, en nederigheid is die toppunt van die gehalte mens wat jy is – streef daarna.” “Ek is baie dankbaar vir die goeie opvolger wat ek in Louis Zikmann het, en trots op die hoogs professionele en toegewyde span wat ek agterlaat. "Die mense wat binne die Swartland se munisipale grense werk en lewe kan gerus wees dat ek hulle in goeie en bekwame hande agterlaat. "Ek wil dankie sê vir die wonderlike mense wat ons tot diens kon wees, dit was werklik ‘n voorreg vir my en Marieta om sy-aan-sy met so ‘n top-gemeenskap te werk,” sê Botha ten slotte.
Die kantore van dié courant sluit op 15 Desember om 16:30. Die laaste uitgawe van 2017 sal op 20 Desember versprei word. In 2018 open die kantoor op 10 Januarie om 08:00 met die eerste uitgawe op 17 Januarie.
3
4
6 Desember 2017
NUUS • NEWS
dié courant
It’s Good News
Ek het nog altyd gekla oor my "Oosthuizen-knieë". Die knieë en enkels wat ek, my ma en my ma se ma ('n nooi Oosthuizen van Omaruru) mee "geseën" is. Knieë en enkels wat ek altyd onder 'n broek of lang romp of rok wegsteek. Niemand sal ooit my knieë en enkels te siene kry nie. Of so het ek gedink. Die naweek slaan ek neer (baie grasieus hoor ek) in die oprit van my huis. Met die val-slag, skiet 'n pyn deur my linker enkel en ek bly net daar lê - op die naat van my rug. Na baie minute, kom ek orent en sukkel huis toe. Dieselfde middag beland ek in die noodgevalle van Paarl MediClinic. Iets moet nou aan hierdie enkel gedoen word. Gelukkig is die dokter 'n vrou en sy rol my broekspyp op en ontbloot 'n enkel ses keer sy normale grootte. Toe is my Oosthuizen-knieë se private bestaan iets van die verlede. Sy moet help. By die x-strale kan ek ook maar my skaamte wegpak, want die radiografis, gelukkig ook 'n vrou, trek sommer die broekspyp nog hoër op en ontbloot nog meer van dit wat ek vir jare al wegsteek. Noudat ek moet sukkel van plek tot plek, snags deur die enkel herinner word dat hy daar is en hy nou sy wraak op my neem, is ek dankbaar vir die tye wat hierdie Oosthuizen-knieë en enkels niks makeer het nie. As 'n ledemaat seerkry, dan werk niks aan die liggaam nie - of so voel dit. Net so is dit ook by groot ondernemings. Kleineres ook. As 'n speek bietjie verroes, gebuig of 'n stamp weg het, dan span die ander stywer om daardie een se werk oor te neem. As alles glad verloop, dan is die liggaam gelukkig. Dit is duidelik dat die ledemate van die Bergrivier en Swartland se munisipaliteite nie gebreekte enkels het nie en dat al die ledemate optimaal funksioneer. IG
It is useful to understand how Jesus ‘handled’ or dealt with His own agony and anguish … we can learn how to face our own frightening experiences from Him. Before discussing His solutions to His ‘life-challenges’ we need to realise that God did not remove the circumstances that brought about Christ’s turmoil of soul. Next we need to recognise that the heavenly Father supplied the grace or strength Christ needed to endure the emotional, physical and spiritual agonies that allowed Him to fulfil God’s will—the salvation of the world from their sins as a response to His prayers. Jesus “took the twelve aside and said to them, ‘Behold, we are going up to Jerusalem, and all things that are written by the prophets concerning the Son of Man will be accomplished. For He will be delivered to the Gentiles and will be mocked and insulted and spit upon. They will scourge Him and kill Him. And the third day He will rise again.” Jesus dealt with his trials through prayer: ‘O My Father, if it is possible, let this cup pass from Me; nevertheless, not as I will, but as You will.” Luke explained, that as Jesus prayed His sweat became like great drops of blood falling down to the ground.” The Lord Jesus Christ’s anguish of soul was so great that He suffered a condition in which tiny blood vessels in the sweat glands ruptured under His great emotional duress and produced a mixture of sweat and blood.” We, His followers, must learn from Christ’s emotional journey to Calvary and “…come (ourselves) to the throne of grace, that we may obtain mercy and find grace to help in time of need.”
Die gebreekte Oosthuizen-enkels en knieë
Sondeza: Die jaarlikse Afri-Sondeza-jeugkamp van die Swartland Munisipaliteit huis-
ves vanjaar weer studente van verskeie lande regoor die wêreld. Bo is die uitbundige groep Vrydagaand by die opening by Ganzekraal.
Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Dr Marc Blackwell Snr
How Jesus 'Handled' emotional agony or anguish
Oesdag:
Saterdag is die horlosie op Moorreesburg teruggedraai met die jaarlikse oesdag wat by die Koringbedryfmuseum aangebied is. Hier is daar op die destydse manier koring gemaal en stokbrood is oor die vuurwarm kole gemaak, onder die wakende oog van sjef Tiaan Langenegger.
NUUS • NEWS
5
6 Desember 2017
01
30
R
pu
t a tio n I n s tit u
te
s
90
SAVE R13
E R O M E C I R P
Kellogg’s Corn Flakes 750g
149
R
SAVE R80
PRICE PER NAPPY Mini Midi Maxi Maxi + Junior XL
94s 76s 66s 62s 52s 44s
– – – – – –
99
R1.60 R1.97 R2.27 R2.42 R2.88 R3.41
Pampers Active Baby-Dry or New Baby Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack
13
S T U C
59
R
Re
tu
*2
7
dy
Also at
90
SAVE R10
R
79
SAVE R1 Coca-Cola Regular 2 Litre
R TED RETAILE S U R T T S O FROM SA’s M
Fair Cape Eco Fresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
+
+ +
BUY ALL 4 FOR
100
R
46
R no name™ 4 Drumsticks and 4 Thighs Per kg
SAVE R30
99
PnP Potatoes 4kg, Onions 3kg, Butternut 3kg and Sweet Potato 2kg
SAVE R13
BUY 2 SAVE R20
PnP Cherries 400g
Hunter’s Dry, Gold, Hard Lemon or Export 24 x 330ml Cans or Non-Returnable Bottles Per Case
While Stocks Last
22
Always Maxi or Ultra Pads Assorted 7-10s
59
SAVE R15
18
R
99
SAVE R10 Domestos Thick Bleach Assorted 750ml Each
48
150
R
WAS R199
Bell’s Extra Special Blended Scotch Whisky 750ml
SAVE R49
R
BUY ANY 2 FOR
38
SAVE R31
R
TRESemmé Shampoo, Conditioner or Styling Products Assorted 200-900ml Each
SAVE R25
Klipdrift Premium Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Axe Deodorant Assorted 150ml
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Prices Valid 7 - 10 December 2017 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape
WAS R199
SAVE R20
SAVE R19 Lux Soap Assorted 175g
Washing Powder Assorted 3kg Each
224
SAVE R32
179
R
99 Omo Auto
WAS R256
R BUY ANY 3 FOR
R
R
LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK
MMWCHS1942
6
6 Desember 2017
NUUS • NEWS
Padblokkade:
Wetstoepassers van die Swartland Munisipaliteit het Vrydag by die weegbrug buite Moorreesburg 'n padblokkade gehou waar hulle voertuie nagegaan en pamflette rakende veiligheid uitgedeel het.
NUUS • NEWS
6 Desember 2017
7
Superspar Boland: 30 jaar op Piketberg gevier Jankielsohn-familie wil gemeenskap dien As jy met Dean Janielsohn en sy vrou Tanya, eienaars van die Superspar Boland op Piketberg, gesels, word jy baie vinnig bewus van dié Piketberger se passie vir sy gemeenskap, sy familie en die Spar-groep waar hy 'n prominente handelaar is. Die Jankielsohn-familie het vanoggend die lint geknip by die amptelike bekendstelling van die winkel se nuwe voorkoms. Die inkopiegangers van Piketberg en omgewing kan nou 'n mooi en groter Superspar en Tops verwag wat met nuwe toevoegings toegerus is. Die winkel beloof hier wêreldklas produkte en diens aan die omgewing. Die Tops-afdeling alleen spog met 'n instap verkoeler van 120m² en van die beste toebehore en afwerkings. Die Superspar beskik nou oor die mees moderne asook nuutste toerusting. Die vrugte en groente-afdeling, die bakkery en slaghuis is heeltemal oorgedoen en het in grootte verdubbel. Hulle het ook 'n ervare sjef, Karen Coetzee, aangestel om dit wat die koffiewinkel bied, nog verder te verbeter. Die fokus val dalk op "vars alles" in die nuwe winkel, maar na 30 jaar in die bedryf, is Dean, Tanya en hul lojale en ervare personeel, nie groentjies as dit kom by die oordoen van 'n winkel nie. Hulle het al van winkel verskuif, nuwe winkels oopgemaak na brande en vloede. Volgens Dean is hierdie egter die grootste projek tot datum. "Moenie 'n fout maak nie. Dit is baie harde werk en stres en ons kan niks as vanselfsprekend ervaar nie. Dit gaan alles oor die einddoel," sê Dean. Hoekom dan hierdie projekte aandurf? "Superspar Boland staan vir die gemeenskap. Daar is 'n wisselwerking tussen die besigheid en die gemeenskap," sê Dean. "Ons glo dat sakelui in die plaaslike gemeenskap moet belê. Ons moet besigheid in die dorp hou. Dan sal die gemeenskap in geheel vooruitgaan," verduidelik Dean. Alhoewel Dean glo dat jy die lewe voluit moet
aandurf, erken dié fietsryer dat jy nodig het om jou energie produktief aan te wend. "Moet nooit jou liggaam vir jou besigheid opoffer nie. Jy moet 'n balans vind. Oefen. Spandeer tyd saam met jou familie," is sy wenke. Familie is vir die Jankielsohns baie belangrik. Dean en Tanya het drie kinders; hul dogter Lauren en twee seuns, Philip en Robert. Philip sal volgende jaar by sy ouers in die besigheid aansluit. Hy het sy skoolloopbaan voltooi aan die Rondebosch Boys' High en het onlangs sy honneursgraad in Omgewingsgeografie aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Hy het op Piketberg grootgeword en ook skoolgegaan tot Graad 7. Baie het hom al gevra hoe dit voel om terug te kom na Piketberg. "Ek vind dit vreemd. Op 'n manier voel dit of ek nooit eintlik weg was nie. Ek het altyd oor naweke en vakansies hierheen gekom." Philip is opgewonde om by die besigheid, wat 'n integrale rol in sy lewe gespeel het, aan te sluit. Met die opening van die nuwe winkel, vier Superspar Boland ook 30 jaar in die gemeenskap. Drie ysters, Henna Fredericks, Magda Swartz en Corrie Windell, oftewel die "Originals" stap die pad saam met Superspar Boland vanaf die eerste dag, 30 jaar gelede. (Sien foto onder) Die Jankielsohns en hul toegewyde personeel, het dit hul missie gemaak om die gemeenskap te dien deur die manier hoe hulle besigheid doen. Hulle sal voortgaan om dit te doen met die nuwe en vars Superspar en Tops Boland.
Die bestuurspan van Superspar Boland staan onder leiding van Dean en sy vrou Tanya Jankielsohn (in die middel voor). Bo is Marietjie Jacobs, Santie van den Berg, Lynette Geldenhuys, Marlene Visagie, Sally Dietrich, Elmarie Taylor, Hester Hagen, Hein Coetzee, Marco Smith en Shirene Williams.
8
6 Desember 2017
STACK-UP BURGERS
B
CK-U TA
P
S
MALMESBURY ENGEN
UR
GER
S
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
6 Desember 2017
Oud-bond: Die oud-bond van die HoĂŤrskool Swartland op Malmesbury het onlangs 'n bedrywige 2017 afgesluit met 'n gesellige braai by die skool. Bo is lede van die oud-bond.
9
10
NUUS • NEWS
6 Desember 2017
VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH WEST COAST TB CENTRE BASED AT ID HOSPITAL ADMINISTRATION CLERK: SUPPORT Remuneration: R152 862 per annum For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/health-jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.
Closing date: 29 December 2017
132560 DIECOURANT www.thecandocompany.co.za
Dagboek • Diary Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Open meeting. Contact: Billy at 073 147 6758 or Angela 082 447 5079.
Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library. Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheids diens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury parkrun Every Saturday at 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury Malmesbury Museum 27 November-15 Desember: Die Malmesbury Museum hou ‘n uitstalling en aanbieding van die Ou Malmesbury N7 (The Old Road North) oorspronklike roete vanaf die basis van die Kaap tot Clanwilliam via die N7 pad. Die toegangsfooi is net R10. Maandae – Vrydae 09:00 – 13:00. Almal is welkom Musik-Lood 6 Desember: Musik-Lood hou 'n "Benefit Concert" met verskeie kunstenaars by die Drostdy Theatre, Stellenbosch om 20:15. Kostes beloop R150. Vir enige navrae skakel Andre by 076 147 8300 of
stuur 'n epos na andre@paarlmusic@gmail.com
Die Bruid, die Pixie en die Vaalhond 8 Desember: Gian Groen kuier by die Bruid, die Pixie en die Vaalhond om 19:00. Kostes beloop R100 per persoon. Vir besprekings kontak Eric y 082 853 4377 Hopefield Night Ride 9 Desember - Fietsry-entoesiaste kan om 19:00 aan die Hopefield Night Ride deelneem. Die roete strek oor 31km. Kontak Willem by 082 923 2553 of Gert by 082 940 5002 met navrae. Fishermen's Festival 9 December: Come join in the Fishermen's Festival in Paternoster at the Fish Market from 10:00 Riebeek Kasteel 10 Dec - 14 Jan: Alex Oelofse' exhibition at the Impermanent Flying Eagles RVK 15 Desember: Die Flying Eagles hou hul jaarlikse eindfunksie asook hul prysuitdeling by die Thusong Centre, Ilinge Lethu om 18:00 Vir enige verdere navrae skakel mnr A Huyster by 073 711 6099 Yzerfontein Annual Snoek Classic 15-16 December: Be part of the Yzerfontein Annual Snoek Classic 2017. Entry fee for YBC members are R330 and non-members the amount of R380. The Junior o/16 is R200. For any further information please contact Theunis Kruger at 083 306 5510 or visit www.yzerboatclub. co.za
Kerke • Churches Vriend van God (AGS) Sondag-oggenddiens om 09:30 . Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200 AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178
Victory Praise Chapel Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All Christian family church services at welcome. 09:00 every Sunday, 08:15 Sunday School; prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Tuesday Evening Prayer meeting Street Malmesbury. 19:00 at the church. Contact Pastors Hannie: tel Any further enquiries contact 074153 0519 Rev. Chris Botha 072 or email: info@vpci.org.za. 692 7995 / 022 482 3623
River of Life Christian Fellowship Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services - 10:45 am Volle Evangeliekerk Wesbank in English. Sondag-erediens 10:00, kinderbe- Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Church in Darling Rd (opposite diening 09:00, biduur Thursdays : Bible Study : 6:00 Dinsdae 19:00 by die kerk, FresiPrima Bande). 7:20 pm alaan 17. Enquiries: Pastor Joshua Your host : Pastor Benson & Dr Navrae: 022 486 4498; Pastoor Motemeri, Sisalindele Okposio, Andrew Mesani, 076 084 471 7914. Venue : 7 Hoog Street, Off 8279054. Bokomo Road, Malmesbury Pro Gratia Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 PPK Bethesda Malmesbury Laaste diens op 10 Desember om Om 10:00 oggenddiens en aand 09:30. Dienste hervat weer op 7 Shofar om 18:30. Januarie 2018 by Mount Royal se Sondagoggend begin die diens Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, konferensiefasiliteit gehou. om 9:30 te Voortrekkerweg 48, 083 722 7787. Navrae: Maandae tot Donderdae Malmesbury. - 08:00 - 14:00 by Navrae: 022 482 4640. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas 022 487 3233.
Kaap Agri het ten doel om welvaart vir al sy belanghebbers te skep. Kaap Agri is ’n gevestigde landboudienstegroep wat as publieke maatskappy sake doen met meer as honderd-en-vyftig bedieningspunte wat regoor die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo asook Namibië strek. Met die hoofkantoor te Malmesbury, verskaf Kaap-Agri ’n verskeidenheid produkte en dienste aan ’n diverse kliëntebasis wat landbouprodusente, -besighede en die algemene publiek insluit. Ons beskik oor die volgende vakature by ons Malmesbury Expressmark (Tuinstraat):
Administratiewe Klerk Ons benodig ‘n vriendelike en hulpvaardige persoon wat oor ’n Graad 12 beskik, rekenaarvaardig is, goeie menseverhoudinge kan handhaaf en die verantwoordelikheidsin het om onafhanklik te kan werk. Blootstelling aan en ’n grondige kennis van die brandstof-/rybaanomgewing sal u aansoek versterk. Verantwoordelikhede behels hoofsaaklik: • die verwerking van goedere-ontvangsbewyse (GOB’s) indien nodig • opmaak van daaglikse bank • afhandeling van bestellings • hantering van kleinkas • brandstofrekonsiliasies • beantwoording van telefoon • verifiëring van oortyd • aflos by verkoopspunt wanneer nodig • ad hoc-take wat met die voorafgaande verband hou. Aansoeke kan aan Monro Booysen gestuur word by monro.booysen@thefuelcompany.co.za Sluitingsdatum: Vrydag, 15 Desember 2017 Kaap Agri sal slegs in gepaste gevalle onderhoude met aansoekers voer. Indien u dus vier weke na die sluitingsdatum geen reaksie op u aansoek ontvang het nie moet u aanvaar dat dit onsuksesvol was. Kaap Agri onderskryf die beginsels van Gelyke Indiensneming en behou die reg voor om nie ’n pos te vul nie.
www.kaapagri.co.za
AGRIMARK
AGRILOG
FINANSIERINGSDIENSTE
PAKMARK
132598
WESGRAAN
MEGANISASIE
www.thecandocompany.
NUUS • • NEWS NEWS NUUS DIENSTE SERVICES KONTANTLENINGS 1-6 maande. Kontak: 073 942 6121 063 499 7232 062 850 6823 073 460 5503 071 977 1550 ------------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005 ------------------------------------TE HUUR TO LET Stoor te huur 294m² met werf beskikbaar 1 Desember. Hoek van Schoonspruitweg en Vergenoegslot (gedeelte van gebou links van Trentyre). Lennard van Wyk 083 283 7994 -----Titus Eiendomme: WESBANK * 3 Slaapkamer huis. Sitkamer, eetkamer, kombuis. Groot erf @ R6500,00. Onmiddellik beskikbaar *R7500,00. 3 Slaapkamer, oopplan sit-, eetkamer. Braaikamer, badkamer. Car port, beste area. Beskikbaar 1 Januarie 2018 Skakel: 082 780 1380 ------------------------------------TE KOOP FOR SALE BOUMATERIAAL uitverkoping te Kerkstraat 37, Abbotsdale op 9 Desember vanaf 08:00 tot 18:00. Skakel Brian Siebritz by 083 657 4787 #4596 ----Malmesbury: Wesbank - 3 vertrek huis / 3 Apartment house. Kontak eienaar by / Contact owner at 083 719 1681 #4596 ----Titus Eiendomme: WESBANK *R400 000,00. 2 Slaapkamer *R500 000,00 - 4 slaapkamer, 2 badkamers. Skakel 082 780 1380 ------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
EUNITHE FLORIS. 3 Desember 2017. 'n Volle vyf jaar!! Baie geluk hoop jy geniet jou dag. Van: Mammie, Pa en familie. -------------------------------------
ACAYDA MOUTON. Baie geluk met jou verjaarsdag op 5 Desember. Mommy en Daddy is baie lief vir jou. Van: Ooms, Tannies, Oupa en Ouma -------------------------------------
ELSIE ARENDS. 28 November 2017. Baie geluk met jou 51 ste verjaarsdag. Lief vir jou - Dawie, Lizel, Daren, Morgan-Lee, susters en broers -------------------------------------
vieringe. Hoop jy geniet dit. Liefde – Mammie, susters, ouma Florence & familie -------------------------------------
Raai wie is 21? Geluk met jou mondigwording SEUNA op 8 Desember 2017. Hy (die Vader) het jou gedra so ver, en Hy sal jou verder dra. Van: Tannie Roulette, Boeta, Jody en Romeal -------------------------------------
WHILMA & JACOBUS VAN WYK. Baie geluk met julle 40ste huweliksherdenking. Liefde – dogter, Johene -------------------------------------
ALRISIA (Risia), geluk met die vermeerdering van jare. Baie geluk my oudste met jou 30ste verjaarsdag. Baie liefde – Mammie, Melgrain, Trevonia, Garth, Ashwin en Alviro -------------------------------------
RIHAATD LOUBSER. Baie geluk met jou verjaardag op 11 Desember. Mag God jou ryklik seën - Mammie, Daddy, Ouma Truida, Ouma Sonia, niggies en nefies -------------------------------------
ANNELINE APRIL. Hoop jy het ‘n wonderlike verjaarsdag. Bly die slim, vriendelike, betroubare, inspirerende vriend en kollega - Felic, Brent en kollegas -------------------------------------
Geluk SIENA SYSTER (Oumyt). Geloof liefde, geluk en vreugde. Ons is baie lief vir jou – Tollas, Derrick, Daddas, Loes, Panties, Syster- en Mentoor familie -------------------------------------
Gelukkige verjaardag DUNIQUE SMIT. Geluk Ma se kind met jou sesde verjaardag. Mammie is baie lief vir jou – Mammie Karen & Mika -------------------------------------
EVANO. 1 Desember. Baie geluk met jou tweede verjaardag. Ouma is baie lief vir jou -------------------------------------
Raai wie is drie op 9 Desember??? ROLAND. Lekker verjaar. Ouma is baie lief vir jou -------------------------------------
6 Desember 2017 6 Desember 2017
Look who's turning 19?? Happy birthday HERSCHELLE MAANS. May God bless you. Lots of love & blessings – Alzetna, Karen, family and friends -------------------------------------
NATHAN. 6 Desember. Baie geluk met jou geboortedag
AMBER MARSHA COETZEE. 9 Desember. Geluk met jou mondigwording prinses. Ons is baie lief vir jou. Ons is trots op jou Mammie en Derra -------------------------------------
Kyk wie word drie? Baie geluk SUS, ons is baie lief vir jou. Van: Ma, Pa, Ouma, Oupa, broers, Willem en Nicolene -------------------------------------
9 Desember. MARCHA COETZEE. Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Alle mooi wense vorentoe vir jou. Liefde - Tannie, Caleb en die ander -------------------------------------
PAT ARENDSE. 4 Desember. Veels geluk my liewe man. Ons is baie lief vir jou - Vroulief Lethe, kinders, skoonma en gesin -------------------------------------
BRENDON ARENDSE. 6 Desember. Veels geluk met jou verjaarsdag. Geniet jou dag ten volle geniet en alles wat mooi is vorentoe. Van: niggie Rita ------------------------------------9 Desember. MADRE, baie geluk met jou verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou. Van: Ma en susters -------------------------------------
9 Desember. DI-ANGELO BRANDER. Vyf jaar oud. Ouma se blom moet lekker verjaar. Ons is lief vir jou Ouma Sofie, Oupa Byron, Nana, Nancy-Lee, Teren & Tammy -------------------------------------
10 Desember 2017 is Ma en oom Hennie sewe jaar getroud. Ons wens julle alle voorspoed, geluk en liefde toe. Van: kinders en Jayden, Jowaan en Curshia -------------------------------------
Baie geluk ZAYREN met jou tiende verjaarsdag. Mag jy 'n wonderlike dag hê. Ons is baie lief vir jou - Mammie en Tashlin -------------------------------------
LEE-AUSTIN LEEN-Baie geluk met jou mondigwording op 8 Desember 2017. Mag God jou nog baie jare spaar en seën op die pad vorentoe. Baie liefde - Mammie, Daddy en Kurt-Lee
11 Desember. Veels Geluk met jou verjaarsdag FAYE DANIELS. Mag elke dag gevul word met mooi perels ons Engel kind. Met liefde van Meme , Pappie , Miche en Dwayne -------------------------------------
MAANS HOLIES baie geluk met u verjaarsdag mag God u ryklik seën van vroulief Caroline kinders en familie ------------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM
27 November 2017. LEA ARRIES 13jaar van ons weggeneem ons dink nog elke dag aan u maar weet u is veilig rus sag van verlangende familie. -------------------------------------
GERALD PETRUS TITUS. 7 Desember. Vandag, is dit jou derde verjaardag wat jy by jou ewige tuiste vier. Mis jou elke dag - Jou pa, Piet en Burna ----Jy is altyd in ons harte. Van: Ma en familie -------------------------------------
4 Desember. MOLLIE FARMER. Een jaar reeds verby. Ons koester die mooi herinneringe. Liefde - Marianna, Jaco, kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders ------------------------------------
11 11
courant
12
dié
6 Desember 2017
Tel: 022 487 3221
NUUS • NEWS
SWARTLAND SPORT
6 Desember 2017
Howzit? Die Malmesbury-krieketklub het Saterdag op hul tuisveld teen die span van Worcester United gespeel en met 167 lopies gewen. Brentley Pieters het vir Malmesbury met kolf presteer en 71 lopies aangeteken.
Selma is Weskus se beste nuweling Selma du Preez van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het onlangs die Weskus Sport-toekenning van die Jaar ontvang vir 2017 as die beste nuweling van die jaar. Die geleentheid is op 2 Desember by Mykonos op Langebaan gehou.
Sportuitslae Sports results
GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 29 November: Supa Quick - Enkel Stableford: Reinier van Wyk 20, Lothar Buhr 19, Andre Uys 18, Andre Richard 18, Donato Stelluto 18 Vrydag, 1 Desember: 2017 Swartland Corporate Classic - Vierbal Stableford Samespel: F Johnson, P Pienaar, M Apolles, P February 102; V Hunt, N Kotze, A Kramer, N Barnard 102; F Brandt, U Greffrath, M O'Conner, M de Jager 97; L Faro, A Green, D Carlse, E Saal 94; N Smith, W Smith, W Smith, M Bass 93; G Bezuidenhout, R Harricombe, J Theron, A Hansen 92; P Williams, I Shepard, M Warrington, V Williams 92; F Destroo, S Destroo, G Spangenberg, A Uys 90 Saterdag, 2 Desember: 2017 Swartland Classic - Vierbal Stableford Samespel - 2 Tellings: cus van der Merwe, Charl du Plessis, Bouwer van der Merwe, C Taylor 96; Jean Pieters, W Slyden, K van Niekerk, J Louw 94; Jannie Durr, Guillaume Olivier, Daniel Prins, Erik Janse van Rensburg 93; Martell van Lill, Marius O'Kennedy, Adriaan Vlok, Okkie Basson 92; S Swarts, D Josephus, P Oornelt, D Faras 91; Maurice Carr, Stephen Fourie, Johan Nieuwoudt, Dirk Bester 91; Doppies Coetzee, Reinier van Wyk, Donovan Visser, Fredrick Moses 90; Andre Raubenheimer, Sakkie Klasen, Michael Felix, Billy Howburg 89 KRIEKET Malmesbury-krieketklub vs Worcester United MKK kolf eerste en teken 240/9 aan. Beste kolwers vir MKK was Bentley Pieters met 71, Riaan Vercuil met 57 en Sergio Rooms met 43. Worcester United gaan kolf en was uitgeboul vir 73. Beste boulers vir MKK was Krisnan Oosthuizen 4/18, Johan Leander 3/11 en Fernando Arendse met 3/39. MKK wen met 167 lopies.