courant 29 November 2017
dié
• Bergrivier 1Swartland Wellington
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 448
•'HIER IS WATER - ONS SAL DIT KRY'
29 November 2017
Kundiges soek na nóg water in droogte
•Jaomi Zeeman As deel van Drakenstein Munisipaliteit se planne om die waterskaarste tydens die heersende droogte die hoof te bied, word daar na die ontginning van alternatiewe waterbronne gekyk. Een van hierdie bronne is die ondergrondse water wat op Wellington beskikbaar is. Fonteinstraat en sy fonteinwater, boorgatwater en putwater wat inwoners en instansies reeds jare lank gebruik, wys die rigting aan na die standplaas van die eerste munisipale boorgate wat tans in ons dorp getoets word. Die openbare parkgebied oorkant die Hugenote Hoërskool in Generaal Hertzoglaan was die afgelope week ‘n bedrywige area. Daar is afgesperde gebiede waar groot boormasjiene toetsgate boor op soek na alternatiewe waterbronne. Die area is ook die afgelope week die kampplek van ‘n handvol boorgatkundiges wat poog om hier water te vind om die watertekort-probleem die hoof te bied. Volgens Jacobus Nel, toesighouer van Steyn’s Drilling wat hierdie boorgate langs Generaal Hertzoglaan boor, is hulle optimisties oor die ondergrondse water wat hier beskikbaar is. “Ons weet dat hier ‘n ondergrondse rivier is wat baie water kan voorsien. Ons boor reeds op 30 meter water raak, maar gaan tot sover as 200 meter boor om die maksimum water te probeer kry,” het hy gesê. Hulle gaan verskeie boorgate op die terrein sink om die ondergrondse waterbronne te probeer benut. Die samestelling van die grond, wat ‘n kombinasie van klei, sand en ondergrondse rivierklip insluit, bemoeilik egter die taak. “Sodra ons suksesvol tot op die regte diepte geboor het, sal die water deur kundiges getoets word om te bepaal waar die geskikste boorgat uiteindelik sal wees,” het Nel verduidelik. Hierdie is geen maklike taak nie en die modderdeurdrenkte werkers wat dit verrig probeer hul bes om die mees geskikte plek vir ‘n suksesvolle boorgat vir Wellingtonners te verseker. “Hier ís water, en ons sal dit kry. Dit gaan miskien net langer neem as wat ons gedink het,” het Nel gesê. Regs: Sterk water word reeds op ‘n diepte van 30 meter raakgeboor. Daar gaan egter tot so ver as 200 meter geboor word om die sterkste ondergrondse waterbronne te probeer ontgin.
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
29 November 2017
•RADIOPESOONLIKHEID EN ANDER BEKENDES TEENWOORDIG
Nuwe rympieboek bekendgestel ‘n Splinternuwe rympieboek vir die jongspan, “Rympies vir Kleintjies en Kleuters”, is op Saterdag 25 November hier in ons dorp bekendgestel. Na die sukses van “Rympies vir Pikkies en Peuters” wat in 2015 die lig gesien het, het die samestellers aan ‘n opvolgboek vir hierdie treffer begin werk. Hierdie nuwe boek is die naweek deur Tafelberg Uitgewers in die Bôrdienghuis bekendgestel. Talle bydraers, skrywers, digters, boekmense en belangstellendes het die geleentheid bygewoon. Die radiopersoonlikheid Johan van Lill, Suzette Kotzé-Myburgh van Tafelberg Uitgewers en Gertie Smit, ‘n bekende Wellingtonner en een van die samestellers, het aan ‘n bespreking van hierdie nuwe boek deelgeneem. Johan, wat die bespreking gelei het, het melding gemaak van die goeie kwaliteit van die nuwe boek. “Rympies vir Kleintjies en Kleuters is op Bargain Books en Exclusive Books se Kersfeeslys iets wat net die beste kwaliteit boeke te beurt val,” het hy gesê.
Volgens Gertie Smit, wat saam met Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh een van die samestellers van die boek is, is die nuwe boek ‘n natuurlike uitvloeisel van die eerste een. “Daar was, met die inskrywings vir gedigte wat ons vir die Rympies vir Pikkies en Peuters ontvang het, baie oulike gediggies wat ons nie kon gebruik nie, omdat dit nie by die teikenouderdom van daardie boek, naamlik 1 tot 3-jariges, gepas het nie. Ons het aanvanklik gehoop om so 500 gedigte te kry, maar is oorweldig met meer as 5000 inskrywings. Ons het besluit om ‘n opvolgboek, met ‘n teikenouderdom van 3 tot 5 jaar, uit hierdie ‘oorspoel’-gedigte saam te stel,” het sy verduidelik. Alhoewel die gedigte vir voorskoolse kinders bedoel is, wys Gertie daarop dat dit ook vir die grondslagfase bruikbaar is. “’n Mens soek mos maar altyd ‘n inleiding vir jou les wat by die tema pas, of vir tweede taallesse. Die feit dat die rympieboeke volgens temas saamgestel is, maak dit ‘n baie nuttige hulpmiddel vir onderwysers en ouers,” sê sy. Die idee vir die eerste boek het ontstaan toe Gertie die leemte vir gepaste rympies by die Kinderland Kleuterskool waar sy betrokke is, raakgesien het. Die feit dat daar volgens die kurrikulum sekere temas behandel word, maar daar nie altyd rympies wat geskik is vir klein kindertjies
daarvoor beskikbaar is nie, het die idee van ‘n boek met sulke rympies by haar laat posvat. Net soos met Rympies vir Pikkies en Peuters, is die nuwe bundel, Rympies vir Kleintjies en Kleuters, ook volgens letterkundige, opvoedkundige en kurrikulêre vereistes saamgestel. Dit spreek al die dimensies van ontwikkeling volgens die Nasionale Kurrikulumraamwerk vir vroeë leerontwikkeling aan. “So is daar byvoorbeeld rympies wat die kind se fisieke ontwikkeling, soos sy liggaamsbeeld, ontwikkeling van spiere, versorging van sy liggaam en siektes as temas het. Ander afdelings fokus weer op emosionele ontwikkeling, sosiale ontwikkeling, kognitiewe ontwikkeling en morele ontwikkeling,” het Gertie verduidelik. Volgens haar is al die elemente wat aansluit by klein kinders, soos herhaling, klanknabootsing, bogwoorde, dialoog, humor, raaisels, illustrasies en kleur ook in die rympies teenwoordig. Dit was ‘n lang proses om die boek saam te stel. Buiten die groot hoeveelheid rympies waaruit die samestellers die mees geskiktes moes kies, moes elke woord in elke rympie uiteindelik geweeg word. “Ek dink dit was seker so tien dae wat ons met die gedigte gesit het. Daar moes eerstens besluit word of die inhoud by die teikenouderdomsgroep pas, dan moes daar na die rymskema
gekyk word en alle oortollige, ‘geblomde’ taal moes uitgegooi word. Die metrum of ritme van elke gedig moes ook reg wees,” het Gertie die lang proses verduidelik. Nog ‘n nuwe boek, wat ook ‘n uitvloeisel van die eerste rympieboek is, is haar “Liedjies vir Pikkies en Peuters”. Hierdie boek bevat 40 toonsettings wat sy self van versies uit die bundel, Rympies vir Pikkies en Peuters, gedoen het. Buiten die bladmusiek vir hierdie toonsettings, het die boek ook die mooiste illustrasies wat by elke liedjie pas. Ingesluit by die boek is ‘n CD met musikale verwerkings van elke liedjie. “Die liedjies pas by jong kinders se stemomvang en pas uit die aard van die saak ook by die verskillende temas wat in speelskole gebruik word. Dit bied liedjies vir voorsing, maar is ook gepas vir die kleintjies om saam te sing. Die insluiting van die CD maak die liedjies ook meer toeganklik,” sê sy. Die bespreking van die nuwe boek is met liedjies van hierdie nuwe CD en voorlesings deur die bydraers van die gedigte afgewissel. “Eendag as ek nie meer hier is nie, sal hierdie boeke hopelik iets wees wat ‘n bydrae tot Afrikaans gelewer het en iets vir klein kinders beteken. Dit is ‘n droom wat nou klein droompies gekry het,” het Gertie afgesluit.
NUUS • NEWS
3
29 November 2017
•BEKENDE BAKEN KRY BINNEKORT NUWE VOORKOMS
Planne vir spuitfonteinarea voorgelê •Jaomi Zeeman Nuwe planne vir die spuitfonteinarea op die hoek van Blouvleiweg en Piet Retiefstraat word op Vrydag, 1 Desember, om 09:00 tydens ‘n forumvergadering in die Raadsaal van die Wellington Munisipale-gebou voorgelê. Enige persoon of instansie met ‘n plan vir hierdie area wat aan die vereistes en bepalings van die munisipaliteit voldoen, sal dit tydens hierdie vergadering vir oorweging kan voorlê. Die spuitfontein is aanvanklik op 12 Mei 1960, as deel van die Unie se halfeeu-feesvieringe onthul. Dit is ter ere van Generaal JBM Hertzog, wat in 1866 in Wellington gebore is en van 1924 tot 1929 die Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika was, opgerig. Sy seun, dr. Albert H. Hertzog, het die onthulling tydens ‘n groot fees en seremonie waargeneem. “Die Bolander” van Vrydag 12 Februarie 1960 berig as volg oor hierdie groot gebeurtenis: “A huge fountain, bearing the name of a great South African statesman who was born at Wellington will be unveiled. This fountain, which is already on its way from overseas, will be erected on the island on the corner of Main and Bain Streets.” In die uitgawe van 20 Mei 1960 berig “Die Bolander” dat dr. Albert Hertzog tydens sy onthulling van die fontein die volgende gesê het: “I hope that in addition to the proud history of Wellington and great men produced by this town, the fountain with its life-giving water, may be an inspiration to the younger generation and
that men as great as the late General Hertzog will come to the fore in the future from the youth of Wellington.” Die fontein is vroeër vanjaar gesloop as gevolg van die verval van die area. Nuwe planne om hierdie area as ‘n deel van ons dorp se erfenis te laat herleef, gaan nou onder die loep geneem word. Volgens Christine Siebrits van die Vriende van die Museum en Ouma Granny Huis op Wellington, is sy optimisties oor die plan wat sy namens ‘n paar rolspelers gaan voorlê. Hulle planne behels ‘n beeld wat versoening en die viering van diversiteit in ons gemeenskap wil bevorder. “Die Groepsgebiedewet is in 1957 gepromulgeer en in November 1958 het Dr ID du Plessis, die destydse Kommissaris van Kleurlingsake, ‘n brief aan die Wellington Munisipaliteit gerig onder die opskrif: ‘Aanleg van aparte woonbuurte vir Kleurlinge’. Wellington was een van die eerste dorpe wat hierdie gedwonge verskuiwings geïmplimenteer het. Inwoners is sonder vooraf konsultasie in buitegebiede in sub-ekonomiese eenslaapkamerhuise hervestig. Baie van die huise was onklaar, sonder plafonne, koud in die winter, te warm in die somer en water- en toiletgeriewe was buite,” verduidelik sy die motivering van hul voorlegging aan die Forum. “Die skeidingslyn tussen wit en bruin is so getrek dat nie ‘n enkele wit gesin geraak is nie. Na amper 23 jaar na die opheffing van hierdie
wet in 1994, wil ons graag sigbaar, op dieselfde area waar Generaal JBM Hertzog in 1960 vereer is met ‘n gedenkfontein, ‘n versoeningsbeeld wat ons diversiteit vier, oprig. Hiermee wil ons graag gestalte gee aan brugbou-aksies, wat die ware storie van hande vat en saamwerk vertel,” gaan sy voort. Volgens die kunstenaar Mariëtte van Velden, wat die ontwerp van die moontlike nuwe beeld vir hul voorlegging gedoen het, wil hulle met hierdie beeld poog om die gedagte van die destydse groepsgebiedewet om te keer. “In Wellington het die groepsgebiedewet afgeskop. In Wellington wil ons nou die gedagte
Afrikaans gevier:
Hugenote Laerskool het onlangs ‘n Afrikaans Week gehou. As deel van hierdie bewusmakingsprojek kon leerders aan die “Vang gees en lees”-inisiatief deelneem deur soos hul gunsteling storiekarakter aan te trek. Leerders en onderwysers het met entoesiasme deelgeneem en hul gunsteling karakters op ‘n kreatiewe manier uitgebeeld
omkeer, verdeeldheid teenwerk en ons diversiteit vier. Die struktuur sal uit metaal gesny word, ongeveer een en ‘n half keer lewensgrootte. Die drie figure beeld ‘n heildronk uit – ‘n viering van die vrug van die land en ‘n viering van ons diversiteit,” verduidelik sy haar ontwerp. Die woorde “Vier diversiteit en omhels die toekoms” op die voetstuk van hierdie ontwerp, vorm ook deel van hierdie boodskap. Watter voorleggings alles Vrydag ter tafel gelê sal word en watter besluite uiteindelik in hierdie verband geneem sal word, sal net die tyd leer. Die voorleggings dui egter aan dat daar aan planne vir die area gewerk word.
29 November 2017
courant
dié
4
Om te gee
Ons staan aan die vooraand van die Feesseisoen. Dit is ‘n tyd van die jaar wat uiteenlopende dinge vir verskillende mense beteken en veelsoortige emosies by mense ontsluit. Kinders se oë blink by die gedagte aan presente. Mense se beursies kreun onder inkope vir die gastrologiese oordaad wat wag. Winkelgange is vol tinsel en klokkierige deuntjies. Sommiges sien uit na ‘n see-vakansie na ‘n lang jaar se geswoeg. Party se harte dra swaar aan die gevoel van eensaamheid of verlange na geliefdes. Die Feestyd kan oorweldigend wees as ‘n mens dit aan al hierdie dinge meet. Gelukkig lyk dit asof Wellington se mense weet waaroor hierdie seisoen eintlik gaan. As ‘n mens kyk na al die aktiwiteite waarmee ons mense hul besig hou, lyk dit asof daar onder die oppervlak van al die presente, kreunende beursies, gastrologiese oordaad, tinsel, klokkies, see-vakansies en verlange één ding vasstaan: om te gee. Die vrywilligers by Ma’s vir Wellington het die hele jaar lank onbaatsugtig hul diens aan die kinders in hul gemeenskap gegee. Nou is daar weer mense wat aan húlle gee in die vorm van geskenkbewyse. Die Lions van Wellington dink vooruit en het reeds aan die kinders van Bergrivier Primêr die nodige skryfbehoeftes en skoonmaakmiddels vir 2018 gegee. CABSA het mense op plase toegerus om kennis en ondersteuning ten opsigte van MIV in hul gemeenskappe te gee. Hillcrest Primêr het, ten spyte van eie uitdagings in hul gemeenskap, hul hand na KANSA uitgereik en ‘n ruim geldelike skenking vir hierdie instansie gegee. Hugenote Laerskool wil aan hul leerders ‘n liefde vir lees en vir Afrikaans gee met hul Afrikaans week inisiatief. Mense met blink planne wil die dorp se erfenis en aansig ‘n nuwe baadjie gee met ontwerpe vir die spuitfontein-area. Gertie Smit wil met haar en die ander samestellers se bydraes tot “Rympies vir Kleintjies en Kleuters” aan kinders die geleentheid gee om optimaal te ontwikkel. Met die nuwe boorgate wat in ons dorp getoets word, wil die munisipaliteit aan ons mense genoeg water gee. Solank ons nie bes gee, die gees gee of die stryd gewonne gee nie, moet ons aanhou met gee. Miskien is dít wat Francis van Assisi bedoel het toe hy gesê het dat om te gee, die enigste manier is om te ontvang. Mag elkeen hierdie week vreugde, vrede en liefde ontvang - omdat jy dit gegee het.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Herstel van Israel
In die boek Esegieël gee die Here ‘n profesie aan die profeet om te profeteer dat die land Israel herstel gaan word. Israel is as gevolg van hulle wegdraai van die Here en die sondige praktyke van afgode aanbidding, uit hulle land in ballingskap weggevoer na Babilon. Ander nasies het die land van die Here beset, nou word daar teenoor hulle geprofeteer dat die land weer aan die volk van die Here sal behoort. En dat die berge en die heuwels wat so vertrap was, sal herstel en vrug dra meer as voorheen en dat die volk versamel sal word uit die lande waarheen hulle versprei was. Die ou puinhope sal opgebou word, en die stede bewoon word. Mense en diere sal in die land vermenigvuldig word. Dan sal julle en die ander volke weet dat Ek die HERE is. Dit doen Ek nie ter wille van julle nie o huis van Israel nie, maar ter wille van My Heilige Naam. Ek sal my Gees in julle binneste gee, ‘n nuwe hart en nuwe gees en maak dat julle My insettinge en verordeninge onderhou en daarin wandel. Julle sal vir My ‘n volk wees en Ek sal vir julle ‘n God wees. As ons in Jesus Christus glo, is ons deel van die volk van God, en is ons mede erfgename van die beloftes van God.
NUUS • NEWS
Hillcrest Primêr samel geld in vir Kansa
Bo: Die hoofseun Duncan Pietersen, Sharon Fransman van Kansa, die skoolhoof, T. de Jongh en die hoofmeisie, Hailey Hein. Hillcrest Primêr het op Dinsdag 21 November ‘n groot bedrag geld aan die Kansa-organisasie oorhandig. Hierdie geld is tydens ‘n kankerbewusmakingsinisiatief deur die skool in Oktober ingesamel. Volgens die skoolhoof, T. de Jongh, voel Hillcrest se leerders, ouers en personeel sterk daaroor om iets in die gemeenskap terug te ploeg. “Kanker is ‘n siekte wat alle mense raak en nie diskrimineer teen waar jy woon of wat jy het nie. Ons almal word op een of ander manier deur die siekte geraak en tydens Oktobermaand het ons skool ‘n groot bewusmakingsinisiatief hiervoor geloods. "Ons het ‘n menslike ketting gevorm, sprekers gekry oor die onderwerp, pienk aangetrek, vertonings gedoen en ‘n muntlegging vir Kansa gehou,” verduidelik hy.
Museum se fotokompetisie:
In 1965 wen sy die Mejuffrou Boland skoonheidkompetisie. Wie is sy? Antwoorde kan aan welmus@telkomsa. net gestuur word. • Die antwoord van die vorige kompetisie was Fatima Laatoe.
Dit is te danke aan hierdie muntlegging dat die skool nou ‘n tjek van bykans R3 500 aan Kansa kon oorhandig. Volgens Sharon Fransman van Kansa wat die tjek in ontvangs geneem het, is skenkings soos hierdie vir hulle van oneindige waarde. “Ons gebruik dit vir navorsing, bewusmaking en pasiëntesorg. "Ons organisasie se werk is van skenkings afhanklik en daarom is ‘n skenking soos hierdie vir ons baie spesiaal. "Ons weet dat almal swaarkry, maar as mense in moeilike ekonomiese tye nog geld en tyd kan afknyp vir ‘n goeie doel soos hierdie, sê dit baie van ‘n gemeenskap en ‘n skool,” het sy gesê. Die geld is deur die skoolhoof, De Jongh, die hoofseun, Duncan Pietersen en die hoofmeisie, Hailey Hein aan Fransman van Kansa oorhandig.
NUUS • NEWS
29 November 2017
Vrywilligers verras
Marlene Samson, Samphiwa Sgulugulu en Shannon Jones van Pick ‘n Pay het die geskenkbewyse aan vrywilligers van Ma’s vir Wellington oorhandig.
Vrywilligers was uit die veld geslaan oor die verrassings-geskenkbewyse wat hulle ontvang het. Die Ma’s vir Wellington Organisasie sien daagliks na honderde voorskoolse kinders om. Om hierdie reuse-taak te verrig, het hulle die hulp van talle vrywilligers nodig. Hierdie vrywilligers doen ‘n onbaatsugtige werk en lewer ‘n diens sonder om enige vergoeding daarvoor te ontvang of te verwag. Volgens Stephanie Henderson van Ma’s vir Wellington is hierdie vrywilligers die ware heldinne in die sukses wat hul organisasie behaal. “Dit is hierdie vroue wat op voetsoolvlak die hande en voete van ons organisasie is. Ons stuur die kinders na hul klassies terug huis toe in die middae. Hierdie vrywilligers woon in die gemeenskap waaruit die kinders kom en is regtig die hoeders en die moeders van hierdie kinders - wat toesien dat die goeie werk wat ons probeer doen, in stand gehou word en volhoubaar is,” verduidelik Stephanie. Tydens ‘n onlangse besoek van die Mosaic Organisasie uit die VSA, het hierdie mense die belangrike rol wat die vrywilligers in die Ma’s vir Wellington projekte speel, raakgesien en besluit om hierdie vroue op ‘n tasbare wyse te bedank. “Die mense van Mosaic het gesien watter groot verskil hierdie vrywilligers in die gemeenskap en die kinders se lewens maak. Van die vrywilligers loop al vir langer as 10 jaar ‘n pad saam met ons en is onontbeerlik in wat ons probeer vermag. Mosaic se mense het toe vir ons ‘n brief en ‘n skenking gestuur waarin hulle hul dank teenoor hierdie vroue uitspreek en vra dat ons hulle met die skenking sal seën vir hul onbaatsugtige diens,” sê Stephanie. Hulle het besluit om ‘n lekker geskenkbewys vir elke vrywilliger by Pick ‘n Pay met die Mosaicskenking te koop. Toe die bestuur van hierdie winkelgroep van die inisiatief hoor, het hulle besluit om boonop vir elke vrywilliger ‘n bykomende bedrag by die geskenkbewys te voeg. Op Donderdag 23 November het die niksvermoedende vrywilligers vir ‘n byeenkoms van
Ma’s vir Wellington opgedaag om hul liefdestaak te verrig. Hier is hulle met die verrassing van ‘n heerlike geskenkbewys as dankbetuiging vir hul onbaatsugtige diens ingewag. Daar het groot opgewondenheid en vreugde geheers toe hulle hierdie blyk van waardering ontvang het. “Ons doen nie wat ons doen om iets terug te kry nie. Ons doen dit om die Here se hande en voete te wees en ‘n positiewe verskil in die kinders se lewens te maak. Nou kan ek hierdie geskenkbewys gebruik om In die vakansie weer ander mense wat min het, te seën,” het een van die vrywilligers gesê.
5
6
29 November 2017
NUUS • NEWS
Naguitstalling geopen Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery, saam met die kunstenaar Piet Grobler tydens die opening van die kunsuitstalling.
‘n Nuwe kunsuitstalling, Kers Nag, het op Saterdag 25 November in die Breytenbach-galery geopen. Hierdie uitstalling, met kunswerke deur ‘n verskeidenheid kunstenaars en in verskillende media, ondersoek die Kersseisoen, maar ook die donker kant daarvan. Volgens Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery, is die Kersfeesseisoen op die oog af ‘n feestelike tyd. “Alles en almal lyk mos van buite af blinker. Die verwagting van hierdie tyd is dié van geskenke en samesyn. Onder die oppervlak van al hierdie dinge skuil daar egter ‘n donker kant. Dit kan ‘n baie neerdrukkende tyd van die jaar vir alleen of sensitiewe mense wees. Daar is mense wat Kersfees verpes, juis oor die populêre persepsie van klater en feestelikheid. Daar is ‘n donker kant aan Kersfees, daarom Kers Nag,” het sy gesê. Die stemkunstenaar en akteur, Johann Nel, het die uitstalling op gepaste wyse, met die lees van bekende Kersgedigte, geopen. Sy voorlesing van gedigte van D.J. Opperman, Johan de Lange en Jeanne Goosen het die stemming en tema
van die uitstalling gekomplimenteer. Die feit dat twee van Goosen se gedigte gelees is, is tekenend van die tema wat deur hierdie uitstalling gestalte kry. “Kersfees is iets wat verword het. Dit is hoofsaaklik nou ‘n tyd vir lekkerlyf, dikeet, dit wat geld kan koop,” het sy tydens ‘n onderhoud oor haar gedig, “Spesiale Kersaanbod”, gesê. Ook die onderliggende donker in Opperman se “Kersliedjie” wat voorgelees is, het perfek by die tema gepas: “…aangestryk met ‘n jakkalspad al agter die ding wat skuiwend skyn op ‘n plakkie, ‘n klip, ‘n syferfontein, oor die sink en die sak van Distrik Ses waar ‘n kersie brand in ‘n stukkende fles,” het Johann Nel gevoelvol gelees. Van die kunstenaars wie se werk deel is van die uitstalling, is Rae Goosen, Marinda du Toit, Piet Grobler, Madelein Marincowitz en Diek Grobler. Die kunswerke sluit beeldhouwerke, skilderye, sketse en werke uit gemengde media in en kan tot die einde van Januarie by die Breytenbach Galery besigtig word.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@ diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www. diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
CABSA hou plegtigheid
Bo: Almal wat sertifikate ontvang het saam met Aneleh Fourie le Roux, CABSA se opleidingsbestuurder, Clive Swarts, CABSA-koördineerder en Melanie Goliath, CABSA se finansiële en administratiewe beampte (regs agter). Die Christian Aids Buro of South Africa (CABSA) het op Woensdag 22 November hul diplomaplegtigheid en dinee vir deelnemers aan hul portuur-opleidingsprojek gehou. Tydens hierdie geleentheid is deelnemers van plase in die omgewing wat die opleiding suksesvol voltooi het, vereer. CABSA, ‘n organisasie wat Christen Gemeenskappe ten opsigte van MIV-vaardigheid begelei en ondersteun, het ‘n aksie geloods waarmee hul die plaaswerkers van plase in die Wellington-omgewing wou bemagtig deur hul portuur-opleidingsprogram. Portuur Opvoeders wat hierdie kursus en opleiding voltooi het, het opgewonde gewag om hul sertifikate te ontvang. Hierdie sertifikate erken hul bywoning van die opleidingsessies wat oor vyf agtereenvolgende Woensdae gestrek en ander toerustingsgeleenthede ingesluit het. Ds. Rogers het die geleentheid op gepaste wyse geopen, waarna ‘n kort video oor die agtergrond, projekte en Familie Gesondheidsdag wat deel van CABSA se bedrywighede vorm, vertoon is. Gedurende die opleiding is hulle met die kennis en vaardighede toegerus om inligting rakende MIV met familie, vriende en kollegas op die plase te deel. Hulle het ook geleer hoe om mense wat reeds met MIV leef, te ondersteun. Die werknemers van verskillende plase in die Wellington-omgewing het opleiding ontvang. Na hul opleiding het hulle aangehou om elke twee weke te ontmoet. Gedurende hierdie vergaderings het hulle hul ondervindings en uitdagings as portuur-opvoeders ten opsigte van MIV met mekaar gedeel. Hierdie vergaderings het ook op die beplanning van ‘n gesamentlike gesondheidsprojek wat ‘n gesonde leefstyl onder plaaswerkers in die
7
29 November 2017
omgewing kon bevorder, gefokus. Uiteindelik het die portuurgroep-opvoeders ‘n baie suksesvolle Familie Gesondheidsdag by die Bergrivier Primêre skool op die Haaskraalpad aangebied. Honderde volwassenes en kinders het opgedaag en aan die aktiwiteite en vermaak deelgeneem. Gesondheidsiftingstoetes is gratis gedoen en NORSA het MIV-berading en toetsing onder die mense gedoen. Volgens Aneleh Fourie le Roux, Opleidingsbestuurder by CABSA, is al hierdie welslae ‘n bewys van die vele aspekte wat met die portuur opvoeders se sertifikaat-seremonie gevier kon word. “Die sertifikaat-seremonie is net die kersie op die koek van ‘n maande-lange projek wat CABSA in Augustus geloods het. "Die eregaste by hierdie sertifikaat-geleentheid is die mense wat opgelei is en mense in hul gemeenskappe kan ondersteun en help ten opsigte van MIV. "Nie een van ons wat die kursus aanbied, ken die mense so goed soos die mense wat self tussen hulle op die plase woon en werk nie,” het sy gesê. “CABSA wil hul dankbaarheid teenoor die CHABAHIVA Trust vir hul geldelike steun, maar ook teenoor elke werknemer wat die projek ondersteun het, elke portuur opvoeder wat sukses behaal het, NORSA, die Wellington-Noordgemeente, die Departement van Gesondheid, Bergrivier Primêr en al die besighede in Wellington wat donasies gemaak het, betoon,” het Aneleh voortgegaan. Volgens Aneleh sal hierdie projek in 2018 voortgaan. Belangstellendes kan haar by 021873 0028, 083 292 5358 of training@cabsa.org. za kontak.
Dagboek • Diary
Musik-Lood 6 Desember: Musik-Lood hou 'n "Benefit Concert" met verskeie kunstenaars by die Drostdy Theatre, Stellenbosch om 20:15. Kostes beloop R150. Vir enige navrae skakel Andre by 076 147 8300 of stuur 'n epos na andre@paarlmusic@gmail. com
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081
Hopefield Night Ride 9 Desember - Fietsry-entoesiaste kan om 19:00 aan die Hopefield Night Ride deelneem. Die roete strek oor 31km. Kontak Willem by 082 923 2553 of Gert by 082 940 5002 met navrae.
Abbeyfield-vereninging 30 November: U word vriendelik uitgenooi na die algemene jaarvergadering van Abbeyfield Vereniging, Wellington om 10:30 te Milnerstraat 2A, Wellington Vir enige navrae kontak me H. Fredericks by 074 706 8386
Fishermen's Festival 9 December: Come join in the Fishermen's Festival in Paternoster at the Fish Market from 10:00 Yzerfontein Annual Snoek Classic 15-16 December: Be part of the Yzerfontein Annual Snoek Classic 2017. Entry fee for YBC members are R330 and non-members the amount of R380. The Junior o/16 is R200. For any further information please contact Theunis Kruger at 083 306 5510 or visit www. yzerboatclub.co.za
Hillcrest United 4 Desember: Die Hillcrest United hou hul Algemene Vergadering. Alle spelers, afrigters, klublede en ondersteuners word uitgenooi om 19:00 te Pelikaan Park-klubhuis - Wellington. Vir meer inligting kontak Jovan-re Cupido – 073 296 3575 Tiere Kersmark 5-9 Desember: Tiere-kersmark word aangebied deur Hoërskool Tygerberg, Fairfieldstraat, Parow. Maandag - Vrydag vanaf 09:00 - 19:00 Saterdag vanaf 09:00 tot 17:00 Vir enige navrae skakel Ina Viljoen by 083 463 4090 of Karen Esterhuizen by 083 733 5025
The Festive Season is almost upon us, and if you book flights with FlySafair, you could be getting the best gift of all...
Yzerfontein Toerisme 19 Desember: Yzerfontein Toerisme bied aan Jannie du Toit sing Koos du Plessis, ander gunstelinge en kersliedere om 19:00 by Yzerfontein Gemeenskapsaal. Kostes beloop R110 per persoon. Bring eie piekniekmandjie en wyn. Vir enige verdere kontak Jopie by 072 460 5568 of Leane by 022 451 2985
With fares as low as ours, you can visit family in Cape Town, Durban, Joburg, East London, PE
and George.
Don’t forget, you can use our Low Fare Finder to track down the cheapest holiday flights faster than ever.
...cheap flights!
DUDE &DOG
Why not give it a try? Book now at flysafair.co.za
CHEAPEST HOLIDAY FLIGHTS
Have a happy holiday!
courant 29 November 2017
dié
8
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
Lions reik uit na Bergrivier
Lions-lede Martin van Heerden, Attie Fourie, Amanda Fourie en Rita Stigant by M. Steyn, C. Swarts, G. Jones, J. Krotz, D. Bam en G. van der Westhuizen, die personeel van Bergrivier Primêr, Elk van die 107 leerders het ‘n pakkie met Die plaaslike Lions Klub het op Vrydag, 24 November, ‘n groot skenking aan Bergrivier Pri- lekkergoed, skryfbehoeftes en ‘n potloodsakkie met sy of haar naam op ontvang. mêr gemaak. “As ons weer volgende jaar by die skool kom ‘n Hele paar lede van die klub het ‘n hele bakkievrag vol skoonmaakmiddels, skryfbehoeftes kuier, wil ons sien hoe julle elkeen met jul eie skryfbehoeftes en potloodsakkie leer,” het Rita en pakkies aan die skool en leerders oorhandig. Volgens Rita Stigant van die Lions, het hulle aan die kinders gesê. Volgens Martin van Heerden van die Lions het van die behoeftes by die skool te hore gekom en hulle die geld vir hierdie insiatief onder andere besluit om in te spring en die skool te help. “Ons het gehoor dat julle sekere goed nodig deur middel van diens tydens fietsrenne ingesahet en geld ingesamel en skenkings gekry om in mel. Die Lions reël ook gereeld funksies om hul hierdie behoeftes te help voorsien. "Ons het vir julle skoonmaakmiddels, ‘n fondse vir projekte soos hierdie te versterk. klomp skryfbehoeftes vir die skool en ‘n spesiale Hulle is ook van skenkings afhanklik om sulke pakkie vir elke kind bymekaargemaak - ons hoop inisiatiewe moontlik te maak. Dit is ook nie die eerste keer dat hulle Bergridat dit julle sal help om goeie onderrig aan elke leerder te kan gee,” het sy tydens die oorhandi- vier Primêr probeer help nie. Die Lions het al in die verlede ‘n wendy-huis ging aan die leerkragte en leerders gesê. Groot bottels skoonmaakmiddels en seep, ‘n wat as ‘n ekstra klaskamer kan dien, vir hierdie klomp pakke toiletpapier, bokse vol algemene skool geskenk. “Ons hoop regtig om ‘n verskil in die kwaliteit skryfbehoeftes en tientalle inidividuele pakkies vir die kinders is tydens die oorhandiging uitge- onderrig van elke leerder in hierdie skool in 2018 met hierdie skenking te maak,” het Rita gesê. deel.
29 November 2017
•JUKSKEI TOERNOOI GEHOU
Inheemse sport goed ondersteun
Bo: Daar was baie aksie tydens die Interstreek Jukskei-toernooi wat Saterdag in Wellington gehou is. Regs: Die onder 13 A1 Meisies en Seunspanne van die Kaapse Wynland Distrik was slaggereed vir die stryd. ‘n Groot Interstreek Jukskei-toernooi het op Saterdag 25 November by Wellington se Jukskei-bane plaasgevind. Ongeveer 40 spanne van verskillende streke het in hierdie reuse-toernooi met mekaar meegeding. Jukskei-spanne van die Kaapse Wynland Distrik, die Westelike Provinsie, die Eden Distrik en die Overberg het reeds Saterdagoggend om 08:00 by ons dorp se velde vir die toernooi aangemeld. Spelers van so ver as George, Riversdal, Vredendal en Hopefield het aan die toernooi deelgeneem. Die spanne het in verskillende afdelings teen mekaar tydens die daglange kragmeting meegeding. Daar was ‘n A-, B-, C- en D-afdeling waarin uiteindelik ‘n wenner in elk aangewys is. Die juniorspanne wat later in die jaar na die Suid-Afrikaanse-toernooi in Kroonstad gaan, het hierdie toernooi as ‘n oefenlopie benut. Volgens Louwtjie Hugo, voorsitter van Kaapse
Wynland Jukskei, sowel as voorsitter van die Wellington Jukskei-klub, kry hierdie sportsoort goeie ondersteuning van die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuur. “As een van die min inheemse sportsoorte in ons land, en as by verre die bes-georganiseerde een, ondersteun die Departement van Sport en Kultuur ons gelukkig goed. Ons doen aansoek vir fondse vir een groot byeenkoms of toernooi, en in hierdie geval het die Departement hierdie Interstreek-toernooi goedgekeur. Wat vandag hier gebeur is die resultaat van goeie organisasie en die ondersteuning van die regte strukture,” verduidelik Louwtjie. Die jukskei-spelers en -ondersteuners het ‘n dag vol aksie, mededinging en inheemse sport geniet. ‘n Middagete en prysuitdeling het deel van die verrigtinge gevorm. Belangstellendes kan Louwtjie Hugo by 083 330 1660 vir meer inligting oor hierdie sportsoort skakel.