c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
29 November 2017
26.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 448
29 November 2017
Kersspel op die planke Die NG Moedergemeente van Malmesbury het Sondag 'n Kersspel in dié historiese baken van die Swartland op die planke gebring. Die opvoering het die geboorte van Jesus en die gepaardgaande omstandighede uitgebeeld. Links is Lindie Engelbrecht as Maria en Wilhelm Relihan as Josef saam met die skaapwagters.
•12 TOT 15 SEPTEMBER 2018 OP MÔRESON
Agri Mega skuif wes Agri Megaweek, die grootste landbou-ekspo in die drie suidelike kusprovinsies wat die afgelope 10 jaar op Bredasdorp aangebied is, het bevestig dat hulle van September 2018 dié groot geleentheid na Môreson in die Swartland skuif. “Vir ons was die rede vir die skuif om nader aan die metropool te wees,” het die Mega Groep van ondernemings se uitvoerende hoof, Orton King, gister aan dié courant gesê. “Ons vertrekpunt is om te sê ons lê buitekant Durbanville met die ekspo. Maar ons weet ook ons lê naby aan Malmesbury.” “Ons wil nie die klem spesifiek daarop plaas nie. “Die groot uitdaging is dat 85% van ons uitstallers uit die groot metropole kom. Bredasdorp is oor 'n berg en dis woeste ekonomiese kostes vir hulle. Veral in swak ekonomiese tye begin jou uitstallers jou onder druk sit. Hulle sê jy moet skuif of hulle gaan net elke twee jaar kan deelneem. “Ons kon nie anders as om 'n besigheidsbesluit daaroor te neem nie,” verduidelik King. Hy het gesê Megaweek het tot 20 000 mense en tussen 300 en 400 uitstallings in een jaar na Bredasdorp gelok, maar die laaste paar jaar het veral die ekonomiese druk 'n rol begin speel.
Die datum vir die eerste Agri Mega Week op Môreson (met 'n aanvanklike 10 jaar-ooreenkoms) is 12 tot 15 September 2018. Die nuwe super-Agri Megaweek sal nie alleen die twee grotes, Agri Mega Week en Cape Agri Week (voorheen die Bien Donné-ekspo vir die vrugte- en wynbedryf) insluit nie, maar ook die jaarlikse Cape Floral Kingdom Expo, Mega PetEx, BeSafe Agri en 'n Mega Tourism & Lifestyle Expo. King het bevestig dat hulle begin het met onderhandelinge om die Huntex ook te inkorporeer. “Ons het vanjaar by Megaweek op Bredasdorp vir die eerste keer probeer om die komponente soos die Floral Kingdom en die Be Safe Expo te kombineer met Megaweek en dit het uitstekend gewerk. “Daardie diversifikasie het net 'n baie goeie effek gehad. Daarom het ons besluit ons sal daardie komponente met hulle landboufokus voortaan sterk kombineer met Megaweek.” Oor die nuwe terrein het King gesê Môreson het nie die infrastruktuurgeriewe van Megapark nie, maar die totale terrein is baie soortgelyk in grootte en “deesdae is die tegnologie so ontwikkel dat jy 'n tent so voorberei dat jy nie juis agterkom jy is nie in 'n gebou nie” Hy het bygevoeg dat hulle seker mettertyd ook weer
strukture daar sal ontwikkel. In 'n persverklaring waarin die Megagroep se mediakantoor die skuif aangekondig het, verwys hul ook na akkommodasie-uitdagings in die Overberg, afstand van lughawens en seehawens vir deelname, die afname in besoekertalle weens die afstand vanaf Kaapstad en die beskikbaarheid van akkommodasie en 'n opname van die weerstatistiek oor die afgelope 12 jaar op die verskillende plekke. Agri Mega wil ook internasionale deelname bevorder en uitbrei en het die opsies vir 'n volhoubare standplaas ook in dié verband ondersoek. King het daarin beklemtoon dat “sentimente dikwels by skoue en soortgelyke geleenthede, veral in die landbou- en landelike gebiede, die oorhand oor besigheidsbesluite kry, wat tot noodlottige gevolge kan lei; daarom is nugtere denke en gesonde besigheidsoorwegings hier vir volhoubaarheid van kardinale belang.” *Dié geleentheid is 'n toevoeging tot die jaarlikse kalender in die streek saam met; • die jaarlikse Swartland Skou op Moorreesburg van 5 tot 8 September 2018; • die jaarlikse Darling Veldblomskou van 14 tot 16 September 2018 en; • die jaarlikse Malmesbury Skou van 20 tot 22 September 2018.
NUUS • NEWS
2
29 November 2017
NUUS • NEWS
•HIGHLANDS, STRAATLIGTE KRY MELDING
Swartland Munisipaliteit die groenste in Wes-Kaap Die Swartland Munisipaliteit is Maandagaand op 'n glansgeleentheid in die Lord Charles-hotel in Somerset-Wes as die groenste munisipaliteit in die WesKaap aangewys. Swartland het meegeding in die afdeling vir plaaslike munisipaliteite. Dié kompetisie word deur die nasionale regering in die onderskeie provinsies aangebied en wenners hier dring deur na die nasionale rondte. Met dié toekenning het Swartland 'n prys van R130 000 losgeslaan. Swartland het geseëvier met 'n punt van 78%, teenoor Overstrand se 69% en Hessequa se 66%. Die Highlandsstortingsterrein, sonkragaangedrewe waterverhittingstelsels by munisipale sportterreine, lae energie straatligte en die riool-werke op Malmesbury het spesiale erkenning gekry. Die Skoonste Dorp-kompetisie is in 2001 deur die departement van omgewing sake daargestel. Hier het die fokus geval op die implementering van die nasionale afvalbestuur-strategie by munisipaliteite.
Die sleutelaspekte was die vermindering, herwinning en hergebruik van afvalmateriaal. Dié kompetisie was suksesvol om die primêre objektiewe te bereik. Nuwe Bo is Leon Fourie, Joggie Scholtz, Monde Stemele, premier elemente is by Helen Zille, burgemeester Tijmen van Essen, minister Anton dié kompetisie Bredell, Jacobus Jansen en Roelof du Toit. gevoeg en die skapsbemagtiging en leierskap. naam van die kompetisie moes noodgeIn 2015 het Swartland 'n derde plek dwonge verander na die "Groenste Muni- in dié kompetisie behaal en verlede jaar sipaliteit"-kompetisie en skakel in by ander 'n tweede plek. Dit is die eerste keer dat globale en nasionale inisiatiewe soos die die munisipaliteit dié toekenning op provergroening van die nasie, die verminde- vinsiale vlak wen in die huidige formaat. ring van kweekhuisgasse en vele meer. In 2006/07 sowel as 2007/08 is Swartland Die Groenste Munisipaliteit-kompetisie aangewys as die wenner van die voorbestaan uit vyf sleutelelemente, naamlik ganger van die kompetisie, die Skoonste afvalbestuur, energie-effektiwiteit en be- Dorp-kompetisie, op provinsiale vlak. In waring, waterbestuur, verfraaing van die 2008 is Swartland nasionaal aangewys as landskap, publieke deelname en gemeen- die wenner hiervan.
Let wel!
Die kantore van dié courant sluit op 15 Desember om 16:30. Die laaste uitgawe van 2017 sal op 20 Desember versprei word. In 2018 open die kantoor op 10 Januarie om 08:00 met die eerste uitgawe op 17 Januarie.
NUUS • NEWS
29 November 2017
•PRIVATE ENGELSE ONDERRIG
Nuwe skool open Januarie sy deure
Die nuwe skool word opgerig in PG Nelsonstraat op Malmesbury. 'n Splinternuwe privaatskool met Engels as voertaal, open in Januarie sy deure op Malmesbury. Die drie aandeelhouers, wat nie hul name bekend wil maak nie, het die projek aangedurf en hul begeerte om meer vir die gemeenskap te beteken en hul talente uit te leef, hierin gestort. Een van die stigters het in Windhoek, Namibië, in 2000 'n skool begin wat die groot leerdertal in skole aanspreek. "Daar is baie kinders wat in groot klasse met baie leerders wegraak. Dit is nou soos die skaam kind, die kind wat nie goed kan konsentreer nie, die kind met min selfvertroue, die kind wat nie van skool hou nie. Begaafde kinders raak ook nie ten volle gestimuleer in 'n groot klas nie. Dit is nie die onderwysers se skuld nie, dit is net 'n fisiese onmoontlikheid om by alles uit te kom." Die skool sal as Better Beginnings College bekendstaan. Die drie vennote het in Januarie vanjaar besluit om 'n skool te begin. Die erf waarop die skool gebou sou word, moes onderverdeel, gehersoneer en geregistreer word. "Die munisipale beamptes wat hierby betrokke was, was baie behulpsaam en effektief in die uitvoering van hul pligte. Die welwillendheid en entoesiasme wat ons beleef het, is uit die boonste rakke." "As alles volgens plan verloop, open die skool sy deure op 17 Januarie 2018 en sal leerders van Graad R tot Graad 7 akkommodeer en beskik ook oor 'n voorskoolse afdeling." Elize Weyers staan aan hoof van die skool en in 2018 sal leerders slegs tot Graad 3 ingeneem word om die standaard te kontroleer. Daarna sal daar jaarliks 'n graad bygevoeg word. Om tyd te bespaar en dit meer bekostigbaar te maak, het die stigters besluit op modulêre geboue. "Ons het op Mandla Eco Business Solutions (PTY) Ltd afgekom wat vir ons 'n pragtige skool ontwerp het, met uitbreidingspotensiaal in die toekoms." Die skool sal met vyf klasse begin en kan hul dus 125 leerders inneem in 2018. "Better Beginnings College is 'n Christelike skool, maar verwelkom leerders van alle tale, gelowe en oortuigings," sê 'n woordvoerder. Die skool sal vanaf 07:00 tot 17:30 oop wees, waarvan die skoolure van 07:30 tot 13:30
is. Huiswerktyd sal volg tot 16:00 met nasorg daarna. Die nasorg word gesien as deel van die skool se dagprogram. "Die leerplan wat gevolg sal word is die van die WKOD as basis, maar bring ook die Cambridgesisteem by, asook remediërende en verrykende materiaal," sê die woordvoerder. "Die skool sal fokus om die ouers se las rondom hul kinders se skool-opvoeding te vergemaklik, sodat hulle hul kinders kan geniet, wanneer hulle tyd saam het. "Ons is ook gedurende vakansies oop, aangesien ouers nie verlof kry as die skole sluit nie. Ons sal slegs op openbare vakansiedae gesluit wees en vir twee weke oor Kersfees." "Ons wil die skool so bekostigbaar moontlik maak vir die ouers, daarom voorsien ons al die skryfbehoeftes en boeke as deel van die fooie wat betaalbaar is oor 11 maande van die jaar. Geen fooie word in Desember gehef nie." "Die skool se doel is om gelukkige, geletterde, oopkop, volledig afgeronde burgers van SuidAfrika as produk te lewer. "Ons leuse is 'Inspire', want dit is wat ons wil doen. Ons wil ons leerders inspireer. Ons wil ook ons leerders uitstuur om dit te doen - om ander rondom hulle te inspireer." Voornemende of belangstellende ouers wat hul kinders wil inskryf of op die waglys wil plaas, kan 'n epos stuur na betterbeginningscollege@ gmail.com. Die skool word bestuur in samewerking met die ACVV Malmesbury en sal atletiek vir hul leerders as sport aanbied. Vir die beoefening van ander sportkodes, sal die leerders aanvanklik by ander skole moet inskakel.
3
4
29 November 2017
dié courant
Die hand wat voed
Om 'n sakereus suksesvol te bestuur en te laat groei, is sekerlik nie 'n maklike taak nie. Dit is een waar rand en sent soms harder praat as die gemeenskap waarin jy beweeg. Maar wat gebeur as jy daardie gemeenskap vervreem om iets van hulle wegneem? Wat het geword van die dae wat maatskappye daarna gestreef het om onbeskaamd eties hul sake te doen? Waarheen is die dae wat ondernemings na die mense gekyk het wat hulle in die stoele plaas waarin hulle knus en gemaklik sit? Is dit nie belangrik vir sakereuse om te kyk na die belange van die gemeenskap waarin hulle hulself bevind nie? Daar is 'n gesegde wat waarsku dat jy nie die hand moet byt wat jou voed nie. Dit is baie waar en dit is iets wat onthou moet word. Om iets uit 'n gemeenskap te neem, iets wat hulle na aan die hart lê, gaan sekerlik nie altyd so lekker afgaan, soos hulle sê nie. Dit is nie die moeite werd om ryk in aardse besittings te wees, maar jy moes jou siel, jou menslikheid en jou menswaardigheid inboet daarvoor nie. Doen ons vandag nog sake op 'n etiese manier? Kyk ons na onsself deur na ander te kyk? Die mat kan baie vinnig onder jou en jou onderneming uitgepluk word as jy nie jou gemeenskap se belange op die hart dra nie. Dit is immers hierdie mense wat jou ondersteun.
Dis Goeie Nuus
NUUS • NEWS Dr Andrew Bosman
Herstel van Isreal
In die boek Esegieël gee die Here ‘n profesie aan die profeet om te profeteer dat die land Israel herstel gaan word. Israel is as gevolg van hulle wegdraai van die Here en die sondige praktyke van afgode aanbidding, uit hulle land in ballingskap weggevoer na Babilon. Ander nasies het die land van die Here beset, nou word daar teenoor hulle geprofeteer dat die land weer aan die volk van die Here sal behoort. En dat die berge en die heuwels wat so vertrap was, sal herstel en vrug dra meer as voorheen en dat die volk versamel sal word uit die lande waarheen hulle versprei was. Die ou puinhope sal opgebou word, en die stede bewoon word. Mense en diere sal in die land vermenigvuldig word. Dan sal julle en die ander volke weet dat Ek die HERE is. Dit doen Ek nie ter wille van julle nie o huis van Israel nie, maar ter wille van My Heilige Naam. Ek sal my Gees in julle binneste gee, ‘n nuwe hart en nuwe gees en maak dat julle My insettinge en verordeninge onderhou en daarin wandel. Julle sal vir My ‘n volk wees en Ek sal vir julle ‘n God wees. As ons in Jesus Christus glo, is ons deel van die volk van God, en is ons mede erfgename van die beloftes van God.
Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Op die been:
Die Round Table op Malmesbury het saam met Hannes Steyn en Luda Retief 'n helpende hand na oud-onderwyser Elmarie Rix uitgereik om haar op die been te kry. Hulle het fondse ingesamel om 'n prostese vir Rix te bekom, na haar been onlangs weens diabetes geamputeer is. Links is Hannes Steyn, Kwas du Toit, Jacques Basson, Jannie Nelson, Luda Retief en Emile Loock. Voor is Elmarie Rix.
NUUS • NEWS
5
29 November 2017 Slimsun het onlangs n donasie van 2 rolstoele gemaak aan KANSA. Die een rolstoel is aangewend in Darling gemeenskap, en die ander een, soos per foto hier, is aan die Riebeek Vallei KANSA gemeenskap beskikbaar gestel vir gebruik deur pasiente. Die uitleen van mediese toerusting is deel van Kansa se gratis dienste aan die gemeenskappe van die Swartland. Sandra Neethling neem Ontvangs van die geskenkte rolstoel namens die Riebeekvallei se kankergemeenskap. Die versorging van pasiente is vir haar ‘n passie en haar toewyding aan die saak staan uit in die hulp wat sy daagliks verleen in hulle areas. Links is Christine van Zyl van Slimsun en Sandra Neethling, voorsitter Skakelkomitee Riebeekvallei.
Karnaval: Leer-
ders en ondersteuners van die St Michaels Primêr op Abbotsdale het die naweek die jaar afgesluit met 'n karnaval wat by die skool aangebied is. Links is Melissa Mentoor, Shamiela Adams, Niesie Grovers, Nicole Gasenberg en Nicoleta Mentoor.
6
29 November 2017
NUUS • NEWS
Using greywater effectively in your house and home Every day you flush hundreds of litres of reusable grey water down the drain – a simple grey water system can divert this water, allowing you to save potable water and money and have a green garden throughout the year! Water that has been used for washing –
whether in the bath, shower, basin or the washing machine – is called grey water. This water can be reused for garden irrigation. In some homes, grey water is plumbed back and reused to flush the toilet. Toilet water, called black water, should never be utilised. There is currently no legislation in South Africa on the use of grey water, but if you are considering a system, you should check with your local authority as some municipalities may have their own by-laws. The average residential household of four people can save between 200L and 300L of grey water daily. Benefits of recycling grey water Besides saving you money on municipal water usage, using grey water responsibly and correctly has numerous benefits. “You can have a green garden all year around,” says Marc. “It also enables gardens to flourish in areas where water may not otherwise be used for gardens.” You will also be able to water your garden during periods of drought or water restrictions. Grey water also contains certain nutrients like phosphorous and nitrogen, which can be beneficial to plants. Grey water systems The easiest way to utilise grey water in your garden is to manually use a bucket to remove the water from your bath or shower and use it to water the garden. All the same rules apply, including using biodegradable products. As long as grey water is utilised responsibly and correctly, it is safe. “Most of the concerns about grey water are to do with the hygiene aspect and odours of the water, but both these aspects are eliminated if the water is reused as
soon as possible and bacteria has not been given time to produce,” says Mike Bekink of Grey Water Systems. “The idea behind effective grey water management is to reuse the waste water within 24 hours, this eliminates the growth of bacteria in the water and ensures that the water is still pleasant smelling and hygienic. A small unit that uses the waste water as the bath or shower water flows through the drain is the ideal unit for townhouses, clusters and small developments.” Waste water can also be collected in an underground tank. The water is then filtered and reused within 24 hours. A pump is then attached to an underground or above ground irrigation system, which directs water into the garden. The last option is a central tank, which draws water from numerous units to one tank. “This means that each unit requires a collection tank and a pump to pump the water to the central tank,” explains Mike. “It is filtered and treated with an aerator and a biological additive, or with UV to sterilise the water. The water is then pumped through a time controlled system into an irrigation system. The only advantage of this system is that the watering times are controlled. Cost implications make this system more viable
in larger developments.” Choosing a system Once you or an installer have installed your grey water system, make sure you understand how it works and what maintenance is required. Guidelines for using grey water Never store grey water for longer than 24 hours. Choose biodegradable and environmentally friendly personal hygiene and cleaning products (those used to clean the bath and basin) to prevent a build-up of salts in the soil. Never allow anyone in your home, including pets, to drink grey water. Grey water shouldn’t be allowed to pool on or run off paving – make sure it soaks directly into the soil. Don’t overwater plants just because you have the water. If there has been a lot of rain, divert the grey water to the sewer. Maintain your system properly and clean the filters regularly. Don’t mix grey water with any harvested rainwater. Sources: Gina Hartoog; Water Wise, www. waterwise.co.za; Water Conservation Systems, www.watercon.co.za; Grey Water Systems, www.greywater.co.za
NUUS • NEWS
7
29 November 2017
Saving water in the kitchen Hoe gemaak met...
...vakansie en jou tuin?
How do you save 25 percent of your water use? One drop at a time. That includes in the kitchen, where water is crucial but room for saving is abundant. ▪ Install an efficient low-flow faucet: According to water providers, the kitchen accounts for about 20 percent of our indoor water use – almost all from the kitchen faucet. Older faucets flow at 5 gallons per minute; new efficient faucets cut that to 1.5 gallons. You save 3.5 gallons every minute you normally run the kitchen faucet. ▪ Rinse, don’t run: Instead of running water while washing or peeling vegetables and fruit, use a large bowl or plastic tub. Put the produce in the container, add just enough water to cover. Use a vegetable brush to scrub the produce clean. ▪ Rinse again: If hand washing in a double sink, plug one side and use that basin for rinse water instead of running the tap. ▪ Use the dishwasher: Hand-washing dishes takes on average 20 gallons; water-efficient dishwashers use 4.5 gallons – or less. Make sure the
dishwasher is full and save even more. ▪ Repurpose water: Unsalted cooking water (from pasta, potatoes, vegetables, etc.) can be reused to water plants outdoors. Let it cool to room temperature before transferring to plants. ▪ Steam, don’t boil: Vegetables prepared in a steamer need a fraction of the water to cook. ▪ Zap it: Stop using running water to defrost frozen food. Instead, use defrost settings for your microwave or plan ahead and let the food thaw overnight in the refrigerator. ▪ Drink tap water, not bottled: It takes 1.5 gallons to manufacturer one plastic water bottle (not including its contents). Get a water filter for your drinking water and save water – and money. ▪ Chill it: Keep a pitcher of water in the refrigerator, so it’s chilled and ready to drink – and you’re not tempted to run the tap until it gets cold. For more tips on ways to save, click on www. BeWaterSmart.info. Source: www.sacbee.com
Ja, die vakansie is alweer voor ons deur. Bly jy by die huis of gaan jy elders bietjie uitspan? Indien jy by die huis bly, is dit bietjie makliker om vir jou tuin te sorg. Jy kan elke dag met jou gieter die gryswater uitdra tuin toe, of die water wat jy aangery het of opgevang het in tenke. Gaan jy weg dan moet jy iemand kry wat bereid sal wees om dit vir jou te doen op ‘n gereelde basis, maar in beide gevalle is daar ‘n paar dinge wat jy moet doen om soveel vog moontlik te bewaar. Ek weet ek klink al soos ‘n plaat wat vasgehaak het, maar deklaag en nogmaals deklaag. Gooi ‘n lekker dik laag goeie KOMPOS tussen jou plante en rond dit af met ‘n laag dennebas vir die mooiheid. Moenie strooi of vars grassnysels gebruik nie, dit kan nadelig wees vir jou plante. Jy kan ook STOCKOSORB korrels by jou plante inwerk, om vog te bewaar en later weer vry te stel soos benodig deur die plant. Indien jy tenke en/of boorgat het wat deur ‘n besproeiingstelsel werk, sorg dat die hele stelsel reg werk en daar geen verstoppings en/of lekplekke is nie. Doen gereeld inspeksie vir goggas en ander insekte wat die tyd van die jaar baie skade kan aanrig. Blaaspooitjies, rooispinnekop, snybekkewers/wingerdkalanders, vrugtetorre en ook
vrugtevlieg is maar net so ‘n klompie wat jou tuin kan verwoes. Daar is ook nog ‘n paar swamsiektes wat self ook baie lastig kan wees; witroes, “blackspot”, donsige skimmel en gewone roes. Indien u nie weet wat dit is wat pla en ook nie wat om dit mee te behandel nie, bring ‘n voorbeeld saam na die kwekery en ons gee graag raad oor die regte behandeling en produk om te gebruik. Die plante groei nou baie welig, maar moet nie te straf snoei nie, jou plante kan sonskade opdoen en verder verskaf die groter plante skadu aan die kleiner plante onder hulle en hou die grond ook bietjie koeler. Geniet die rustiger tyd in jou tuin. Op ‘n ietwat hartseer noot, ongelukkig gaan Moorreesburg Kwekery die 15 de Desember 2017 sluit. Met die impak van die droogte en ‘n sameloop van omstandighede, sien ek nie meer kans om verder aan te gaan met die besigheid daar nie, maar hier op Malmesbury gaan ons nog volstoom aan. Aan al ons gereelde klante, mag u ‘n Geseënde Kersfees beleef, en baie voorspoed vir 2018. Lekker tuinmaak, ons gesels weer 31 Januarie2018. George Retief
8
29 November 2017
NUUS • NEWS
Checking your car before taking on the long road
If you’re getting ready for a road trip, you going to want your car checked out first so that its running smoothly before you go. A certified technician can give your car a thorough checkup and
fix any potentially unsafe conditions. If you’re a DIY type, you can do many of these steps yourself, but if don’t have the time or inclination, visit our dealership and let our certified technicians
bring your car into optimal condition. 1. Check the Car’s Fluids You can avoid a breakdown if you check all your fluids, including coolant, oil, power-steering fluid, brake fluid, transmission fluid and window wash. Replace old fluids and top off all levels. Your owner’s manual will tell you where to find each fluid reservoir. 2. Check Your Tires You’ll get better mileage if you fill your tires, including the spare, to the proper pressure. Also take the opportunity to inspect the tires for wear and damage. You should have at least 1/16th
inch of tread left, but play it safe and get new tires once you’re down to 1/12th inch. You’ll get longer life and more even wear from your tires if you rotate them periodically. 3. Get an Oil Change Simply topping off your oil won’t remove dirt and sludge. Change the oil and filter just before you leave. Use quality oil recommended for your engine and season. If you change the oil yourself, dispose of the old oil responsibly. 4. Check Your Air Filter A clogged air filter robs your car of efficiency and performance, so replace it whenever it gets dirty. Also change your car’s cabin filter to maintain the interior air quality. 5. Get a Car Wash A clean car is a happy car. At the very least, wash all the windows so that you have good visibility for your road trip. Don’t forget to check your windshield wipers, and replace worn ones if necessary. 6. Check Your Lights With the help of another person, make sure all your lights and turn signals are in proper working order. You may need to replace bulbs and/or fuses – your owner’s manual will guide you through both tasks. A trained technician can check and correct your headlight alignment. 7. Bring Emergency Gear Items that might come in handy include reflecting triangles, toolkit, puncture repair kit, first aid kit, flares, and starter battery. Charge your phone before you leave and keep a recharger in the car.
NUUS • NEWS
"Elke oggend in Afrika word daar 'n gazelle wakker. Hy weet hy moet vandag vinniger hardloop as die vinnigste leeu of hy sal doodgemaak word. “Elke oggend in Afrika word 'n leeu wakker. Sy weet dat sy vandag vinniger moet hardloop as die stadigste gazelle, anders sal sy van honger doodgaan. “Dit maak nie saak of jy 'n leeu of 'n gazelle is nie. As die son opkom, dan beter jy hardloop. " Met dié Afrika-spreuk verduidelik Dean Jankielsohn van Boland Spar op Piketberg sy filosofie in besigheid ná 30 jaar op dié dorp. Dat jy elke dag moet handel dryf asof daar daardie dag nuwe opposisie oopmaak en dat jy altyd net een kans het om 'n klant/kliënt op 'n spesifieke tyd te bedien en te beïndruk en seker te maak hy of sy kom weer terug. Wel, al is hul al vir dekades 'n markleier met 'n leeue-aandeel in verskeie sektore van die motorbedryf, is daar 'n goeie rede waarom kopers keer op keer na hul terugkeer om hul ou model op 'n nuwe in te ruil. Iets doen Toyota reg. Toe dié fabrikaat 10 jaar ná die eerste, hul tweedegenerasie-Fortuner verlede jaar in SuidAfrika bekendgestel het, het hul teikenverkope van 1000 eenhede per maand vir die opvolger van hul trefferverkoper in die vooruitsig gestel. In die eerste 19 maande is daar reeds 22 190 nuwe Fortuners hier verkoop en is hy nog elke maand op die top-tien verkopelys vir passasiersvoertuie in Suid-Afrika. Malmesbury Toyota het die naweek een van die top-modelle in dié reeks beskikbaar gestel aan die uwe en ons het 'n paar uur agter die stuur van die 2.8 GD-6 (outo) 4x4 deurgebring. En jip, van die eerste oogopslag en intrapslag is dit mos daardie eerste indrukke wat lank sal bly en moeilik, met moeite, uitvee en weggly. Hy straal 'n sterk, selfvoldane beeld uit en wanneer jy jou vinger op die knoppie sit sonder om te skarrel vir 'n sleutel (in die handsak, mevrou. Skuus as dit seksisties klink, maar dit is slegs 'n praktiese opmerking). Dit is hier waar die Fortuner sommer dadelik sy ware kleure wys. Of sal ons praat van 'n bietjie van 'n sielkundige toestand. Skisofrenie is 'n sterk woord, maar kom
29 November 2017
9
Die leeu, die gazelle en Toyota se Fortuner
Spesifikasies 2.8 GD-6 4X4 6 (Out) Outomatiese transmissie (6-spoed) 130kW @ 3400 toere per min ons praat net van 'n dubbele persoonlikheid. Dit klink aansienlik veiliger en jy hoef nie met 'n dosis pille geslaan te word nie. Daar is immers van die mees geniale mense, veral kunstenaars, wat soms bietjie tussen twee stoeltjies kuier, en dit is heeltemal goed so. Want sien, ná die knoppie se druk en die binne nooi, is dit indrukwekkend, luuks en netjies, elegant, stylvol afgewerk... pasgemaak vir iemand wat dié (sê nou maar, fyner) komponente van die lewe kan waardeer. Leersitplekke en houtgreininsetsels. Bruin en swart gekombineer en eintlik als wat die hart begeer. Van die raakskerm-stelsel wat jou laat voel jy is in beheer (al is hierdie nie 'n klein matchbox-
Torque: 450Nm @ 1600-2400 toere per min CO2: 224g/km Aangetone brandstofverbruik: 8.5l/100km Sleepvermoë: 3000kg (gerem) Prys: R633 500 karretjie nie), tot die elektries verstelbare sitplek, wat die minimum inspanning of krag verg. Kies jou hoogte en kantelhoek. Want jy kan. Plaas jou voet op die rempedaal, druk die knoppie vir die knormoer (darem 'n lekker woord van ons taal, regtig tweededeel-lekker) om sy werk te doen (dié kan darem seker nie vroulik wees nie). Daar gaan jy. Sesgang-outomaties. Daar is outomatiese deurslotte en spoedbeheer. Met ratverstelling agter die stuurwiel. Daar is verkoeling in die paneelkissie om wat ookal jy teen die warm van die Afrika-son wil beskerm, koel te hou, USB-sok vir jou gunsteling-musiek, tru-kamera vir daardie minder groot parkeerblokke in ons streek, en ook USB-
-kragsokke om jou foon gelaai te hou. Fortuner II het 'n groot sprong gegee. In vele opsigte, waaronder die gemak waarmee jy hom (haar as jy wil) kan stuur. Ook die ekstra werk wat daar in die klankdemping gesit is, het groot vrugte afgewerp. Ruimte en ruimte. Ook volop kleiner ruimtes vir pakplek. Heelwat beenruimte vir die tweede ry passasiers (wie se sitplek in die 60/40-verhouding kan platslaan) en ook die twee derdery-passasiers (op die opvousitplekke in die bagasieruim). Daar is outomatiese lugreëling met afsonderlike kontroles vir die tweede ry insittendes. Fortuner II bied heuwelwegtrekhulp en teenswaaibeheer wanneer jy ‘n wa sleep. Daar is voorlugsakke, kantlugsakke, knielugsakke en gordynlugsakke gekombineer met die ABS-remme. As jy skielik moet rem trap, sal die noodligte outomaties flikker om mede-padgebruikers te waarsku. Gerief en gemak. Dit is die woord. Maar, net soos jy dink, soos die Engelse sê WYSIWYG (what you see is what you get), verander teerpad in grondpad na die Middelbergpas en dan raak dit tyd om te begin sielkundige speel. Want jy sien, nou raak Fortuner II 'n Toyotaperd van 'n ander kleur. Nou kan jy sien wat hierdie perd regtig kan doen en wie hy regtig is. Daar is aktiewe kloubeheer. En natuurlik kan jy nou van die gewone agterwiel-aandrywing bietjie meer van die terrein ervaar met die 4x4-modus of vir die uitdagende roetes is daar die laestrek 4x4-modus met die remfunksie as jy teen 'n steil afdraande af wil kruip. Daar is ook 'n ewenaarslot vir die agteras. Dit is weer 'n groot sprong oor 'n redelike hindernis wat die Toyota-perd hier gegee het om jou ry-ervaring van die teerpad af net soveel aangenamer, veiliger en meer in beheer te maak. Hierdie perd kon inderdaad maar 'n Afrika-gazelle of 'n Afrika-leeu gewees het. Wat 'n plesier om hierdie indrukwekkende voertuig ('n dubbeldoelras vir die teer EN vir die plaas) te ervaar. Doen jou self die guns en gaan toetsbestuur hierdie Fortuner II by Malmesbury Toyota. Mense stem met hul voete en dit is nie verniet die top-verkoper in sy klas nie.
10
29 November 2017
NUUS • NEWS
Kersligmark: By vanjaar se Kers-
ligmark op Malmesbury is talle nuwe toevoegings tot die bestaande mark gesien. Die perseel het verskuif na die Malmesbury Museum en die mark is oor drie dae gehou. Regs is Theuns Duvenhage (Malmesbury Sakekamer/Toerisme), Hetta Saunderson (voorsitter Malmesbury Toerisme) en Koos van der Linde.
Bo: Hierdie leerders van die Piketberg Hoërskool het silwer erekleure verwerf. Hulle is Barend Smit en Charné Alberts en blou erekleure is aan Anicia van Rooyen en Hanneke Pieters toegeken. Onder: Goue erekleure is toegeken aan Jac Goosen, Glenda Dietrich, Johan Visser en Harry Roux. Foto's: Marietha Goosen
NUUS • NEWS
29 November 2017
Landbouwerkers van Piketberg wys hul slag
Vanjaar het landbouwerkers van die verskillende plase op Piket-Bo-Berg weer hul streek by die jaarlikse Prestige Landbou-toekennings by Nederburg verteenwoordig. Gedurende Augustus vanjaar het ingeskrewe werkers hul eerste sarsie van beoordeling ondergaan om te bepaal wie op die Berg dan nou die beste trekkerdrywer of die beste administratiewe beampte is. Landbouwerkers kon in tien kategorieë inskryf en soos elke vorige jaar was die kompetisie uiters taai. In sommige gevalle was die uitslag van die kategoriewenners baie naby mekaar. In September het die streek se gala by die Stawelklip/Hochland-saal plaasgevind en het die vyf-en-sestig deelnemers swierig uitgedos aan tafel gesit, bedien met van die heerlikste disse, om te hoor wie van hulle die beste in hul posisie is. Die spanning was veral hoog onder die junioren middelbestuur-deelnemers. Wie sou met die prys wegstap, om uiteindelik by Nederburg in die ry te staan vir die heel groot prys? ‘n Week-lange studie reis oorsee, prys ter waarde van R25 000 kontant en ‘n koopbewys
ter waarde van R20 000 van Shoprite is immers nie kleingeld nie. Vanjaar se kategorie wenners Simone Adams (algemeen), Martin Balie (besproeiing), Juliana Dietrich (sosiale ontwikkeling), Elzette Balie (administrasie), Malcom van Rooyen (tegnies), Joeline Marcus (voorvrou), Anwen Arries (trekkerdrywer), Deon Mouton (junior bestuur) en Johan Arries (middelbestuur) kon saam met hul metgeselle die swierige gala by Nederburg in die Paarl gaan bywoon. Hier het die Piket-Bo-Berg se kategoriewenners meegeding teen 15 ander landbou-streke. Ongelukkig kon nie een van die kategorie wenners vanjaar ‘n kategorie op provinsiale vlak wen nie. Die oorpak gedurende die week op die plaas het plek gemaak vir ‘n mooi aandrok, rooi lippe, blinkers in die ore en haar salon netjiese hare. Die manne was nie ver agter nie en blink skoene was aan die orde van die dag. Die landbouwerkers van dié streek is volgens Gus Pickard vuur en vlam om volgende jaar op nasionale vlak te presteer en talle toekennings terug na die Berg te bring.
11
12
29 November 2017
NUUS • NEWS
Dagboek • Diary
Hoofleiers:
Riebeeck Vallei Spesiale Skool het onlangs hul nuwe hoofleiers aangewys. Patrick Jouber is volgende jaar se hoofseun. Macolene Adonis is die hoofmeisie. Rozanne Alkaster is verkies as onderhoofmeisie en Damian Monk as onderhoofseun.
Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Open meeting. Contact: Billy at 073 147 6758 or Angela 082 447 5079. Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library. Contact 083 900 6962.
CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheids diens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury parkrun Every Saturday at 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury Malmesbury Museum 27 November-15 Desember: Die Malmesbury Museum hou ‘n uitstalling en aanbieding van die Ou Malmesbury N7 (The Old Road North) oorspronklike roete vanaf die basis van die Kaap tot Clanwilliam via die N7 pad. Die toegangsfooi is net R10. Maandae – Vrydae 09:00 – 13:00. Almal is welkom Darling Young Tigers RFC 1 December: The Darling Young Tigers RFC presents their annual presentation with DJ Gaby on deck duty at the Vooruitsig Primary School Hall at 18:00. Admission is R100 per person. Bring your own XYZ Sundowners at !Khwa ttu 1 December: Join us for spectacular views, a stunning sunset, good food & wine !Khwa ttu, R27 West Coast road at 18:00. Snack platters available at R80 (suitable for 2 to share). Transport available from Yzerfontein & Darling. For more information call 022 492 2998 or send an email to bookings@khwattu.org The Gallery Riebeek Kasteel 3 December: Please join us for the opening of Stories - solo exhibition by Solly Smook at 11:30 For any further information please contact 071 398 5705 Musik-Lood 6 Desember: Musik-Lood hou 'n "Benefit Concert" met verskeie kunstenaars by die Drostdy Theatre, Stellenbosch om 20:15. Kostes beloop R150. Vir enige navrae skakel Andre by 076 147 8300 of stuur 'n epos na andre@paarlmusic@ gmail.com Hopefield Night Ride 9 Desember - Fietsry-entoesiaste kan om 19:00 aan die Hopefield Night Ride deelneem. Die roete strek oor 31km. Kontak Willem by 082 923 2553 of Gert by 082 940 5002 met navrae. Fishermen's Festival 9 December: Come join in the Fishermen's Festival in Paternoster at the Fish Market from 10:00 Yzerfontein Annual Snoek Classic 15-16 December: Be part of the Yzerfontein Annual Snoek Classic 2017. Entry fee for YBC members are R330 and non-members the amount of R380. The Junior o/16 is R200. For any further information please contact Theunis Kruger at 083 306 5510 or visit www. yzerboatclub.co.za
NUUS • NEWS
13
29 November 2017
50 Jaar:
Vooruitsig Primêre Skool op Darling het die naweek hul 50ste bestaansjaar gevier op die Darling Sportgronde. Die Avondale Majorrettes het die skare gaande gehad met hul passies en toertjies.
Kerke • Churches Vriend van God (AGS) Sondag-oggenddiens om 09:30 . Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200 AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178 Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 8279054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar Sondagoggend preek De Waal Esterhuizen om 9:30
en Sondagaand is Worship evening om 17:30 by Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship
Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury 3 Desember: Pro Gratia se diens word om 09:30 by Mount Royal se konferensiefasiliteit gehou. Navrae: Maandae tot Donderdae 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
14
29 November 2017
NUUS • NEWS
Hierdie boetie en sussie van Malmesbury, Louise en DW Bester neem saam deel in die 270cc-afdeling. Foto: Leatitia Kennedy
Skrywer:
Irma Joubert (links), bekende Afrikaanse outeur, het onlangs 'n boekbekendstelling by die Malmesbury Biblioteek gehou. By haar Alta Cloete en Talita Viola.
Knortjorre brul in vyfde byeenkoms Saterdag was die vyfde byeenkoms van die knortjorre op Malmesbury en dit beteken dat dit byna in die helfte van die 2017/2018 seisoen is. Elke jaer het sy of haar bes gedoen om die beste moontlik punte vir die dag in te samel. Heelwat lede van die Kaapse klub het ook besoek afgelê. Swartland Oval Karing (SOK) kry baie komplimente vanaf ander klubs vir die manier waarop die beginners en 160cc klasse hier hanteer word. Wanneer die kleintjies in die finale rondte klaar gery het, kry elkeen ‘n vlag en mag dan met die vlag in die hand ‘n rondte om die baan ry. Sommiges geniet dit weer, want sy of haar ondersteuners langs die baan gee ‘n “high five” wanneer hulle by hulle verby ry. Dit is klein goedjies, maar dis wat knortjorre ‘n familiesport maak voel Heidie Coetzee van die klub. "Saterdag het ons besoek gehad van een van die klein deelnemers wie se oupa ook kom kyk het. Oupa is byna 80 en het nog net gehoor en foto’s van sy kleinkind in die knortjor gesien, maar Saterdag kon hy dit beleef. " Saterdag 9 Desember 2017 gaan SOK soos elke jaar se laaste byeenkoms in Desember weer vir Kersvader die geleentheid gee om te kom kuier. Daar word dan geskenkies en lekkergoed vir die kinders uitgedeel. Die publiek word uitgenooi na die byeenkoms en is welkom om vleis en iets te drinke saam te bring en die namiddag langs die baan te braai.
NUUS • • NEWS NEWS NUUS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 ------------------------------------DIENSTE SERVICES BOLANDSE HOUSE SITTERS. Janman vd Linde en Johan Haasbroek het sterk integriteit. Lief vir diere en sal u Troetels voer, stap en met sorg na u woning omsien. Kontak: Janman 082 694 5001 of Johan 083 305 0449 #4585 ----KONTANTLENINGS 1-6 maande. Kontak: 073 942 6121 063 499 7232 062 850 6823 073 460 5503 071 977 1550 ------------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005 ----Veilige stoorplek gesoek vir karavaan in Moorreesburg. Skakel 076 215 7488 ------------------------------------TE HUUR TO LET Stoor te huur 294m² met werf beskikbaar 1 Desember. Hoek van Schoonspruitweg en Vergenoegslot (gedeelte van gebou links van Trentyre). Lennard van Wyk 083 283 7994 ---Titus Eiendomme: WESBANK - 3 Slaapkamer huis. Sitkamer, eetkamer, kombuis. Groot erf @ R6500,00. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: 082 780 1380 --------------------------------TE KOOP FOR SALE Aloe Unique skoonheidsprodukte teen bekostigbare pryse asook Stokvisfillete @ R50/kg en ander visprodukte. Kontak: 022 487 3265 of 084 250 2460 ---Titus Eiendomme: WESBANK - R400 000,00 - 2 slaapkamer. Kontak: 082 780 1380 ------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
29 November. Gelukkige verjaardag ZARAH MOUTON. Alles wat mooi is vir jou. Mammie lief vir jou - Christelle -----Geluk met jou verjaarsdg Tannie se snippie. Alles wat mooi is vir jou. Van Paulus huisgesin ----Geluk Ouma se pêrel. Mag Liewe Jesus jou seën en tussen al die Hemelse pêrels plaas -------------------------------------
30 November 2017. EUNICE ABRAHAMS. Baie geluk met jou verjaardag. Alles wat mooi is vir jou nig. Van Audra ----Geluk met jou versjaarsdag. Mag God jou dag vul met Sy liefde en mag jy soveel geluk ervaar. Liefde - Atta -------------------------------------
MARIANA CUPIDO. 29 November. Baie geluk met jou verjaardag. Alles wat mooi is op u lewenspad. Baie lief
MEMORIUM IN MEMORIAM
vir jou - Cupido familie -------------------------------------
AJAY. Geluk. Mag elke dag gevul word met die warmte van die son, die gevoel van liefde. Lekker verjaar - Hilton, Jamie, Hayden en jou ouers -------------------------------------
2 Desember. ABIGAIL MO SES. Baie geluk Prinses met jou twaalfjarige verjaardag. Lewensjaar vol vreugde, geluk en seën. Liefde Mammie, Byron en Ella -------------------------------------
Geluk GERT APPOLLIS met jou 50ste verjaarsdag. Ons is lief vir jou - Katriena, kinders en familie -------------------------------------
ANNA FORTUIN Wow!! 60ste verjaardag op 29 November. Mag God jou ryklik seën. Baie lief vir jou - susters broers en breë familie -------------------------------------
MICHELLINE, geluk skattebol met jou vyfde verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou. Lekker verjaar - Mammie, Pappie, Boetie, Ouma, Tannies en Ooms -------------------------------------
JANICA ONTONG. Tien jaar oud op 29 November. Lekker verjaar. Liefde - Janie, Moos, Juan en Kappie -------------------------------------
JOSEPHINE DAMONSE. 28 November. Baie geluk Koraal-vrou met u verjaardag. Dankie vir wat Mammie vir ons beteken. Liefde kinders, kleinkinders en agterkleinkind -------------------------------------
Vandag is Mammie se Noenoes, een vingertjie oud. Geluk met jou eersteen kroonverjaardag AJAY. Liefde - Mammie, Ant Sally, Atta, Mella en Adams gesin -------------------------------------
Raai wie was een jaar oud op 27 November. Jy is ons vreugde. Ons wens jou nog vele vreugdevolle jare toe. JAYLIN. Van : Mamma, Nina & Larissa -------------------------------------
15 15
29 November November 2017 2017 29
MICHAAN LEANDER. Baie geluk Ma se kind met jou dertiende verjaarsdag. Alle liefde - Ma, Keysa, Jaylin, Tannie en Oupa --------------------------------------
Geluk SAIGE DREYDING met jou eerste verjaarsdag op 26 November. Ons eerste kleinkind wat ook die dag deel met jou groot Pappa STEMMER DREYDING (79 jaar) --------------------------------------
29 November. Gelukkige verjaardag HOENER. Van: Mamma -P----Lekker verjaar Hoener. Van: Jerome, Zetna en kinders --------------------------------------
FURWINN. Geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën. Lief vir jou Mammie --------------------------------------
2 Desember. Geluk met Mammie LIBET se verjaardag. Mag God jou ryklik seën. Met baie liefde - kinders, kleinkinders en agter-kleinkind --------------------------------------
Baie geluk SHAOLIN JR met jou vierde verjaarsdag. Mag Liewe Jesus jou nog vele jare spaar. Ons is geseënd met jou ons lewe. Liefde - Pa, Leen, Ouma, Boeta Doza en Lassie
Raai wie verjaar 1 Desember. Baie geluk met jou geboortedag vieringe. Baie liefde - Jan ----Hope u have a blessed day. From: Ricky, Terry, sister and Mother -------------------------------------
HEZIRON, baie geluk met jou geboortedag vieringe. Mamma is baie lief vir jou. Van Ugene en Witny ---Heziron, happy birthday. Love you very much. From: aunty Noby, Zielke en Curtlin -------------------------------------
MARIA WILLIAMS (BASSON). Mammie, baie geluk met jou 84ste verjaarsdag op 30 November. 'n Knap, hardwerkend en omgee Moeder. Liefde - Florencia en skoonseun, Steven ---Mammie Ria, baie geluk met die herdenking van u geboortedag. Ons bid vir goeie gesondheid - Edwin, Aldean, Mellnecia en Loren ----Baie geluk met u verjaardag. Wens vir u 'n geseënde lewensjaar. Liefde - Rita & Pieter ---Geluk met die verjaarsdag Mammie. Baie liefde Chamain, Ivan, Willmarie en kinders -------------------------------------
ASHNIQUE GOLIATH, baie geluk met jou tweede verjaarsdag op 4 Desember. Jy raak so gou groot blom. Liefde - Daddy, Mammie, Esme, Jean-Paul en Anwill ---------------------------------
RAGEL WARRIES. 30 November. Alreeds 'n jaar weg van ons, die gemis is groot. Ons mis Ouma nog elke dag. So graag wou ons Ouma nog by ons hê, maar God het anders besluit. Ouma het 'n leemte in ons harte agter gelaat, maar ons gun Ouma die ewige rus. "Niemand sal ooit Ouma se plek kan volstaan nie. Ouma sal vir ewig in ons harte voortleef". Liefde - Ashley, Maria, Le-Zane en Ashleen ----RACHEL WARRIES (Ragel) 25.12.1928 tot 30.11.2016. Mamma, ons dink aan u waar u een jaar van ons geskei is. Ons verlang baie, maar troos ons nou aan al die mooi gedagtes wat u vir ons nagelaat het. Dit bly moeilik om dit te verwerk en te aanvaar. Al troos is dat u daar is waar net vreugde en geluk is. Dit is net die wete dat ons mekaar weer sal ontmoet en bymekaar sal wees wat die seer draaglik maak. Ons is lief vir u en sal altyd lief bly vir Mamma. Van verlangende kinders - Ria, Tielie, Bawa, Sus, Koos, Jynnie, John, Basil en al die kleinkinders -------------------------------------
DELVOLENE BROWN, 23 November was jou eerste verjaardag weg van ons. Jy word elke dag gemis - jou verlangende vriend Bianca & huisgesin -------------------------------------
CHRISTOPHER COLLINS. 4 Desember. Jou derde verjaarsdag in die hemel. Die verlange is nog groot. Liefde - Marianne, kinders & kleinkinders ---------------------------------
WILHELMINA PIETERSEN. 1 Desember jou eerste verjaarsdag saam met die engele. Ons mis jou nog elke dag, maar koester die mooi herinneringe - Hennie, kinders en kleinkinders -------------------------------------
JOSEPH KABOW ADAMS Op 1 Desember 2017 is jy twee jaar weg van ons. Ons mis jou baie vriend. Van: J P, Inge, kinders en familie. Rus in vrede -------------------------------------
CHEVONE THERON (Smiley) 29 November. Twee jaar weg van ons. In ons harte is jou naam grafeer. Met verlange - Mammie, Daddy, Tamia, Alicia, Jody en atta Alida -------------------------------------
MARGARET CLOETE ( Tietie). 28/11/2017 Ses jaar reeds van ons geskei. Ons mis jou baie maar ons berus dat jy veilig by God rus - Jou Susters, Broers & hul gesinne ----Tietie ons sal jou altyd onthou. In ons harte sal jy altyd wees. Lief jou vir altyd - Boetie, Annelize, Lincoln, William & Lolla ------------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY
MARICO LEANDER. Gebore: 6 Julie 1990. Sterf: 21 November 207. Roudiens op Woensdag, 22 November te Alfastraat 173 om 19:00. Begrafnis op Saterdag, 2 Desember 2017. Huisdiens om 09:00 te Alfastraat 173, Kerkdiens om 10:00 by Rooms Katolieke Kerk -------------------------------------
courant 29 November 2017
dié
16
NUUS • NEWS
SWARTLAND SPORT
Tel: 022 487 3221
29 November 2017
Motorfietse laat wiel Die funduro wat die afgelope naweek by Swartbergsvlei buite Yzerfontein aangebied is, het talle besoekers gelok. Meer as 200 inskrywings is ontvang.
Sportuitslae Sports results
GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 22 November: Supa Quick - Enkel Stableford: Andre Theron 24, Jacobus Snyders 22, Piet Basson 20, Reinier van Wyk 20 Vrydag Sundowner, 24 November: Supa Quick - Enkel Stableford: Dirk Lategan 19, Neels Welman 19, Reinier van Wyk 18, Donato Stelluto 18 Saterdag, 25 November: Malmesbury Gholfklub - Maandlikse Houespel: Gerhard Spangenberg 66, Riaan Lewis 69, Jacques Cilliers 69, Lionel Vice 69, Jaco Kriek 70, Okkie Basson 70, Donato Stelluto 70, Dick Ross 71, Eben Lingeveldt 72, Gerbrandt Bezuidenhout 73, Fritz de Beer 73, Lindsay Meyer 74 KRIEKET MKK kolf eerste en teken 254 lopies aan. Beste kolwers was Ruben Bouwer met 62, Andru Serdyn met 54, Donovan Dudley met 34 en Divaan Robertson met 24. Clanwilliam KK was uitgeboul vir 168 en MKK wen met 86 lopies. MKK 2 het ook hulle wedstryd Sondag met 10 paaltjies gewen teen Vineyards KK van Vredendal. Laasgenoemde kolf eerste en teken 114 lopies aan. MKK2 gaan kolf en wen met 10 paaltjies. Beste kolwer was Riaan Vercuil met 102* lopies.
Krieket: Andru Serdyn, Athabele Breakfast, Erich Engelbrecht almal van Hoërskool
Swartland is ingesluit in die Boland Platteland o.17-krieketspan wat in Desember in Nelspruit gaan deelneem aan die Krieket SA Toernooi. Andru Serdyn is aangewys as die span se kaptein.
Piketberg KK uitslae Piketberg 1 vs Bergrivier KK Beste Kolwers G.Brink 109 lopies Jvd Merwe 17 lopies W.Skippers 12 lopies Beste Bowlers Jvd Merwe 2/21 C.Adams 2/30 P.Dietrich 2/41 Piketberg 1 verloor met 15 lopies. Piketberg 2 vs Mooreesburg KK Beste Kolwers M.Booyse 64 lopies G.Dirks 61 lopies W.Maarman 32 lopies Beste Bowlers T.Kok 3/20 R.Swarts 2/36 M.Somers 2/30 Piketberg 2 wen met 112 lopies.