Skip to main content

447 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

22 November 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 447

22 November 2017

•WELLINGTON-LEGENDE VERTEL HAAR VERHAAL

Crous en die blou Ford Anglia onthou •Jaomi Zeeman Tannie Rida Crous is ‘n bekende gesig in Wellington. Hierdie 90-jarige dame is al vir jare lank deel van die dorp se aktiwiteite en stories en sy en haar 1959-model blou Ford Anglia is ‘n legendariese deel van Wellington se strate. Op 14 November het die Wellington-museum tannie Rida genooi om haar geskiedenis, haar stories en haar verbintenis met ons dorp te deel. ‘n Video-opname is van hierdie geleentheid gemaak. Tannie Rida vertel dat sy as een van agt kinders as ‘n nooi Van der Merwe in die Koue Bokkeveld grootgeword het. “Ek onthou nog my juffrou Sarie Marais wat ons by die plaasskool onderrig het. "Ek het aan Hoërskool Ceres gematrikuleer en is daarna na die Handelskool in die Paarl om ‘n kursus in snelskrif en tik te doen,” vertel sy. Sy het ook sanglesse by die konservatorium in Stellenbosch ontvang en het gereeld as solis opgetree. Dit is in die Paarl dat sy haar man, Hennie, ontmoet het en hulle is in 1951 getroud. Hy was ook ‘n musikant en het die trekklavier gespeel. Saam-saam het hulle by talle funksies opgetree. “Ons het ook rolbal gespeel en deur ons bedrywighede baie interessante mense ontmoet. "Ons het selfs saam met parlementslede gekuier,” vertel sy oor hul lewendige gemeenskapslewe. Dit was die dae van die gewilde Koffiehuis-konserte - lewendige radio-uitsendings van musiekkonserte wat eers in ‘n saal langs die Groote Kerk gehou, en later ook in die platteland opgeneem is. Een van hierdie “buite-uitsendings” is vanuit die Wellingtonse-stadsaal gehou

Bo: Rida Crous en haar legendariese 1959 Ford Anglia is 'n bekende gesig op Wellington. Crous het haar verhaal by die Wellington Museum vertel. en dit is hier waar bestaan het, was die destydse wenners van die tannie Rida groot heel eerste SAUK Radio-orkeskompetisie. Nog ‘n interessante verbintenis met Wellingbekendheid verton, is die feit dat ses van tannie Rida se susters werf het. “’n Mens kan dit hulself as onderwyseresse aan die destydse seker my ‘moment WOK bekwaam het - ‘n rekord wat seker nooit of fame’ noem. gebreek sal kan word nie. Tannie Rida is steeds aktief in die gemeenIemand het my tydens ‘n uitvoering skap betrokke. Sy is ‘n VLV-lid, sing in die Herfsvreugde-koor in die Goodnow-saal hoor sing en toe vir ‘n en sy is ook lid van die Dames 18-groep. Sy bestuur ook nog self. uitsending van die KofAlhoewel haar gesondheid die laaste tyd nie fiehuis-konsert genooi. "Ek het ‘n lewendige meer so watwonders is nie, is haar gees alleruitvoering oor die radio mins geblus en haar oë vonkel wanneer sy praat. Haar ongelooflike sopraanstem is iets wat ‘n gedoen,” onthou sy hierdie mens se asem wegslaan wanneer sy klokhelder hoogtepunt. Tannie Rida en haar man was ook ‘n uittreksel uit die Duitse Unsere Heimat begin later deel van Imker Hoogenhout, die klein- sing. “Ag, my asem is ‘n bietjie kort,” maak sy lagseun van CP Hoogenhout, se orkes. Hierdie orkes, wat uit nog ‘n paar ander lede gend verskoning nadat die laaste note wegsterf.

NUUS • NEWS


2

22 November 2017

NUUS • NEWS

Vallei skitter by kompetisie Familiegesondheid onder die vergrootglas geplaas

Charles Back, Isabeau Botha en Warren Bam. Die Wellingtonvallei het talle wenners tydens die pas afgelope Boer van die Jaar Toekennings opgelewer. Die Landboukundige Skrywers Suid-Afrika het onlangs erkenning gegee aan die uitstaande prestasies van kommersiële boere, nuwe toetreders tot kommersiële boerdery en aan landboukundiges. Die toekennings is op 10 November tydens ‘n glansgeleentheid in Bloemfontein gemaak. Een van die doelwitte van hierdie toekennings is om die belangrikheid van boere en landboukundiges te erken en te onderstreep. Talle van die nasionale wenners kom uit ons vallei. Die Wellingtonner Isabeau Botha het die Pro-Agri-toekenning vir die skryf van die beste motivering vir die Boer van die Jaar ontvang. Dit word deur die Pro-Agri-groep, bestaande uit voormalige Boer van die Jaar-wenners, toegeken. Die wennersprys in die afdeling vir nuwe toetreders tot kommersiële boerdery, is ook deur ‘n plaaslike boer ingepalm. Warren Bam van Saron het met hierdie toekenning weggestap. Warren, wat aanvanklik bemarking studeer het en in die kleinhandel en konstruksiebedryf gewerk het, het in 2004 as plaasbestuurder op die plaas Lushof begin werk. Ten spyte van sy gebrek aan ondervinding in boerdery, is dit iets waaroor hy nog altyd passievol was en waarvoor hy lief is.

In 2015 het hy ‘n langtermyn huurkontrak vir die buurplaas, Gunsteling, bekom. Hier kon hy op sy eie begin boer. Aanvanklik het hy net in sy vrye tyd vir homself geboer, maar het dit later voltyds begin doen toe die geleentheid om die grond wat hy onder produksie het, kon koop. Warren het in 2015 ook ‘n 26% aandeel in die plaas Wesland bekom en begin om ‘n naam vir homself in die boerderybedryf te maak. In 2014 wen hy die bladwisselende vrugte industrie se beginner toekenning, sowel as die Toyota New Harvest-toekenning. Sedert 2016 is hy die voorsitter van die SATItransformasie komitee en hy dien ook op die CPAC. Charles Back van Fairview is as die Boer van die Jaar vir 2017 aangewys. Hy het hierdie plaas van ‘n familieplaas tot ‘n internasionaal bekende baken vir kaas, wyn en toerisme opgebou. Sy reeks wyne, sowel as sy kase, is met talle plaaslike en internasionale toekennings bekroon. Hy het ook baanbrekerswerk ten opsigte van die invoer van nuwe wyndruif-variëteite gedoen. Hy was ook een van die eerste produsente om grond- en maatskappy-eienaarskap vir sy plaaswerkers moontlik te maak. Charles word ook deur die Carbon Protocol of South Africa erken vir sy koolstof neutrale fabriek.

Bo: Gratis vrywillige gesondheidstoetse is aangebied. Links: Mense kon aan heerlike speletjies, soos domino’s, deelneem. ‘n Familie Gesondheidsdag is op Saterdag 11 November by Bergrivier Primêr gehou. Hierdie inisiatief was die resultaat van ‘n klomp organisasies wat kragte saamgespan het. Die Christelike Vigs Buro van Suid-Afrika (CABSA), die MIV Plaasprogram se Peer Educators, NORSA en die Departement Gesondheid het saamgewerk om ‘n heerlike dag van gesondheidsbewusmaking by die plaaslike skool aan te bied. Koningsblou rugsakkies en rubberbandjies met die leuse “I care for my health” is aan almal wat die aktiwiteite bygewoon het, uitgedeel. Meer as 340 kinders en volwassenes van die omliggende plase het die geleentheid bygewoon en die aktiwiteite is ook deur belangstellendes uit ander areas ondersteun. Ongeveer 100 mense het hulle vir die vrywil-

lige gesondheidstoetse op die dag aangemeld. Daar was talle vermaak vir jong kinders. Die jongspan kon hul geniet op die springkasteel, by die gesigverf, inkleurkompetisie en ‘n verskeidenheid ander speletjies terwyl die volwassenes gesondheidstoetse laat doen het, worsbroodjies geniet het en ook deur ‘n “dance-off” en Domino-kompetisie vermaak is. Volgens Aneleh Fourie Le Roux van CABSA is hulle baie dankbaar vir die sukses van die dag. “Ons sê baie dankie aan elkeen wat gehelp het om hierdie dag ‘n groot sukses te maak en veral aan die CHABAHIVA Trust wat die hoofborg vir die program is,” het sy gesê. VIr meer inligting oor die MIV-Plaasprogram en Peer Educator opleiding, kan belangstellendes Aneleh Fourie Le Roux by 083 2925358 of training@cabsa.org.za kontak.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@ diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www. diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

3

22 November 2017

•VAN MENSLIKE HULPBRONNE NA DIE PEN

Croucamp se boekreeks ‘n groot gunsteling

•Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Helena Croucamp het sedert 2016 ‘n hele reeks boeke uit haar pen laat verskyn. Hierdie ma van twee, wat eintlik ‘n agtergrond in menslike hulpbronne het, het drie jaar gelede besluit om voltyds te begin skryf. Helena en haar gesin woon al vir vyf jaar in Wellington. “Ons is regtig baie gelukkig hier. My man, Basil, is ‘n groothandelaar in die vloerbedryf. Ons het twee kinders, wat trotse skoliere van Laerskool Hugo Rust is. Ek het ook vir 10 jaar saam met my man ‘n besigheid in nutrisisie bedryf, maar het ongeveer drie jaar terug gelei gevoel om voltyds te begin skryf en my eerste boek, The pregnancy Prayer Book, het die lig gesien,” sê sy. Volgens Helena het sy reeds as jong kind al ‘n liefde vir stories gehad. “Ek het in werklikheid al stories geteken nog voor ek kon lees en skryf. My ma sal getuig daarvan dat ek op gereelde basis met bladsye prentjies na haar toe gekom het wat dan gebind moes word met ‘n karton buiteblad en cellotape om ‘n storieboekie te vorm. Op hoërskool het ek gereeld stukke vir die Eisteddfod ingedien en was ook in my matriekjaar redaktrise van die skoolkoerantjie. Na skool het ek aangehou om kortverhale en toneelstukke op my eie tyd te skryf,” vertel sy. In haar twintigs het die beroepe wat sy gevolg het en die najaag van sukses haar skrywery egter ‘n bietjie aan bande gelê. Sy vertel dat sy vier jaar gelede weer tot die besef gekom het dat skryfkuns iets is wat in haar hart brand. “Ek is tot stilstand geruk omdat die kastele wat ek om my gebou het, in duie gestort het. In die tyd van my diepste nood het ek egter opgekyk en hulp van Bo gesoek. Op hierdie manier het ek weer in lyn gekom met dit wat my ware hartsbegeerte was, om te skryf en my woorde te gebruik om ‘n positiewe impak in mense se lewens te maak”, verduidelik sy. Die eerste publikasie uit Helena se pen was “The Pregnancy Prayer Book”. Hierna het “The Toddler Prayer Book” en “Our Family Prayer Book” gevolg, wat almal deel van “The Prayer Power”-reeks vorm. Die Christelike Literatuur Fonds is haar publiseerder en haar boeke is op hierdie fonds se webtuiste, sowel as by CUM Boeke beskikbaar. Volgens Helena het die eerste boek in die reeks uit ‘n droom wat sy gehad het, gespruit.

“Ek het drie uur die oggend wakker geskrik. Ek het ervaar dat dit aan my openbaar is dat daar ‘n geestelike aanval op kinders is voor geboorte en dat ouers nie net bewus gemaak moet word daarvan nie, maar ook toegerus moet word met spesifieke Woord om vir hulle kinders te bid,” vertel sy van hierdie gewaarwording. Die volgende boek in die reeks, “The Toddler Prayer Book”, was ‘n natuurlike uitvloeisel van haar eerste boek. Volgens Helena behandel dit die alledaagse dinge en uitdagings wat tydens die eerste sewe vormingsjare van ‘n kind oor ‘n mens se pad kom. “Daarna het ek die familie gebedsboek geskryf om die reeks af te rond, omdat dit in geheel handel met die genesing binne gesinne en nie aan spesifieke ouderskomsgroepe gekoppel is nie,” sê sy oor die derde boek. Die skryfproses en geboorte van haar boeke was egter nie sonder uitdagings en struikelblokke nie. “Daar is eintlik te veel om op te noem. Van finansies, tot frustrasies in terme van mense verhoudings en selfs fisiese struikelblokke soos ernstige allergieë, griepe en ekstreme hooikoorse is alles dinge wat voortdurend oorbrug moes word. Maar met trots kan ek erken dat elke struikelblok ‘n geleentheid vir ‘n magtige getuienis ingehou het,” sê Helena dankbaar. Vir haar is die primêre doel van die boeke om ouers en gesinne toe te rus om effektief saam te kan bid oor spesifieke onderwerpe, asook uitdagings en vrese. “Dit sluit sleutel-teksverse in wat mens kragtig as wapen in jou lewe kan gebruik om jou situasie aan te spreek. Baie van die dagstukke is geskryf as getuienis van God se getrouheid en hoe Hy my en my gesin uit spesifieke omstandighede gehelp het en ook genesing gebring het. Die opvolgende doel wat outomaties vloei uit die lees en toepassing van die boeke, is om gesinne nader aan God te bring as ‘n eenheid, asook nader aan mekaar,” sê sy. Helena is reeds besig met ‘n vierde boek, maar hierdie keer ‘n roman. “Dit is ‘n roman met sterk Bybelse vaslegging, maar dit is ook vir lekker lees met ‘n aangrypende verhaal waarin baie waarhede en openbaringe opgesluit is. "Die boek is so te sê voltooi, met nog net die laaste paar hoofstukke wat oor is,” sê Helena, wat daarvan droom om eendag internasionaal gepubliseer te word.

Bo: Helena Croucamp

The Festive Season is almost upon us, and if you book flights with FlySafair, you could be getting the best gift of all...

With fares as low as ours, you can visit family in Cape Town, Durban, Joburg, East London, PE

and George.

Don’t forget, you can use our Low Fare Finder to track down the cheapest holiday flights faster than ever.

...cheap flights!

DUDE &DOG

Why not give it a try? Book now at flysafair.co.za

CHEAPEST HOLIDAY FLIGHTS

Have a happy holiday!


courant

dié

4

22 November 2017

Handsakke aan vroue uitOns stories gedeel

Ons lewe bestaan uit stories. Daar is stories van hoe jy grootgeword het en van hoe jy vriende gemaak het. Daar is stories van hoe jy van liefde en teleurstelling geleer het, hoe jy ontnugter is en hoe jy deursettingsvermoë leer ken het. Daar is ook stories van seerkry, blydskap, kennis, liefde, goed en kwaad. ‘n Storie kan ‘n verhaal wees, maar ook ‘n leuen, skinderpraatjie of ‘n verdigsel. ‘n Storie kan ‘n relaas, ‘n staaltjie, ‘n anekdote, ‘n kortverhaal, ‘n fabel, fiskie, ‘n mite, ‘n feëverhaal of ‘n lang roman wees. Die bekende skrywer, Philip Pullman, het eenkeer geskryf dat, naas voeding, skuiling en kameraadskap, stories dié ding is wat ons die meeste in die wêreld nodig het. Gertie Smit, mede-samesteller van Rympies vir Pikkies en Peuters en Rympies vir Kleintjies en Kleuters en toonsetter van Liedjies vir Pikkies en Peuters, sê dat kinders stories nodig het. Daarom het sy reeds aan stories oor die temas in die voorgeskrewe kurrikulum vir klein kinders begin werk. Sy wil hierdie stories ook aan skole en kinders met min hulpbronne en swak omstandighede beskikbaar stel. Só skryf ons elkeen elke dag aan ons eie storie. In Wellington het stories ‘n ereplek in ons doen en late, ons kultuurlewe en die manier waarop ons mense uitstyg. Isabeau Botha het met die skryf van boere se stories onlangs ‘n groot prys by die Boer van die Jaar Toekennings ontvang. Gertie Smit wil met rympies en stories kinders se lewens verryk en hul ontwikkeling bevorder. Helena Croucamp skryf stories en gebede waarmee sy wil help om mense se lewens betekenis te gee. Tannie Rida Crous se stories is heg met ons dorp se geskiedenis en erfenis vervleg. Martelize Brink se stories en resepte is in ‘n nuwe boek vervat. Oom Johan Nel vertel die stories van sy hartsrivier deur middel van televisiereekse en in boekvorm. Die musiekgroep Mymymy neem alledaagse stories en omskep dit in unieke musiek. Die Give Hope & Smile Foundation wil met hul bewusmakingsprojek die stories van gestremde mense vertel. Ons dorp is vol stories - stories van hoop, staaltjies, onthou-stories, skinderstories en stories wat inspireer. Ons ís almal stories. Mag elkeen hierdie week ‘n mooi storie hoor, lees en wees.

Dis Goeie Nuus

NUUS • NEWS

Dr. Andrew Bosman

Optrede teenoor iemand wat jou skade wil berokken

In die tweede boek van Konings word beskrywe hoe die Koning van Aram teen Israel oorlog voer. Elisa die profeet het elke keer die koning van Israel gewaarsku van die koning van Aram se bewegings. Dié koning was onrustig daaroor asof een van sy eie mense hom verraai. Van sy manskappe vertel hom van die profeet Elisa wat selfs die woorde wat hy in sy slaapkamer spreek sal weet. Hy stuur n groot leër en laat die stad Dotan in die nag omsingel met die doel om Elisa gevange te neem. Die volgende more toe die dienaar van Elisa opstaan was daar n leër met perde en strydwaens rondom die stad. Hy maak sy paniek aan Elisa bekend en dié antwoord hom dat hy nie bekommerd hoef te wees nie, want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is. Elisa het gebid dat die HERE die vyand se oë sal verblind en hy het hulle na Samaria, die hoofstad van Israel geneem. Binne in die stad het hy die HERE gevra om hulle oë te open. Die koning van Israel wou hulle ombring, maar Elisa het aan die koning van Israel gesê om aan hulle brood en water te gee. Die koning het n groot maaltyd voorberei en die bendes van Aram het verder nie in die land van Israel gekom nie. Jesus sê dat julle gehoor het jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat. Maar Ek sê julle moet julle vyande liefhê en seën wie julle vervloek sodat julle kinders van julle Vader in die hemel kan word.

‘n Klomp vroue van Agter-Groenberg het op Saterdag, 18 November breed geglimlag toe hul elkeen ‘n handsak ontvang het. Hierdie inisiatief van AO Pierre Hugo en sy vrou, Sandra, spruit uit die behoefte wat hulle onder die plaasvroue raakgesien het ten opsigte hiervan. “Daar is baie vroue wat elke naweek dorp toe gaan, maar wat nie ‘n handsak het om hul vrouegoedjies in te sit nie. Die doel van die projek is om vir dié vroue elkeen ‘n handsak te gee sodat, as hulle dorp toe gaan, hulle iets so basies soos ‘n handsak het,” het Pierre verduidelik. Pierre, sy vrou Sandra en pastoor Nicky Sheldon, sowel as Emki en Amika Hugo het pragtige boodskappe aan die vroue oorgedra voordat die handsakke uitgedeel is. Daar het groot

opgewondenheid onder die vroue geheers en hulle was baie dankbaar vir hierdie gebaar. Elke handsak is met gewone “handsak-artikels” gevul. Na die oorhandiging het almal rondom heerlike eet- en drinkgoed saamgekuier. Daar word ‘n soortgelyke projek vir Sektor 4 beplan en die uitdeel van handsakke sal van die einde van November tot aan die begin van Desember plaasvind. Die doel is om hierdie jaar minstens 130 handsakke aan vroue uit te deel en om die inisiatief ‘n jaarlikse instelling te maak totdat elke vrou ‘n handsak het. “Ons is baie dankbaar teenoor almal wat skenkings gemaak het om hierdie inisiatief moontlik te maak. Dit is so ‘n klein dingetjie, maar dit maak so ‘n groot verskil in iemand se lewe,” het AO Pierre Hugo gesê.

Martelize Brink stel nuwe boek in Wellington bekend

Peggy Duvenage, organiseerder van die geleentheid, Cheryl Brink, Martelize se ma en Susan van Rensburg van Perfect Place saam met Martelize. Die bekende radio omroeper, Martelize Brink, het haar splinternuwe kookboek, “Martelize Kook”, op Saterdag 18 November in Wellington bekendgestel. Die bekendstellingsgeleentheid het by Perfect Place plaasgevind en gaste het die stoele volgepak om na hierdie bekende radiopersoonlikheid te kom luister. Susan van Rensburg, eienaar van Perfect Place, het almal verwelkom. Sy en haar personeel het ook drie sout-geregte en een soet-gereg uit Martelize se kookboek vir die gaste voorberei. “Hierdie dag is vir ons baie spesiaal en dis vir ons ‘n voorreg om vir hierdie geleentheid te kan gasheer speel. Dit is alles te danke aan tannie Peggy Duvenage wat hierdie bekendstelling haarfyn beplan en georganiseer het,” het Susan gesê. Drie dames van Solms Delta se “Die Soet Stemme”-koor het die gaste met eg-Suid-Afrikaanse liedjies vermaak en ‘n spesiale nommertjie aan Martelize opgedra. Tydens Martelize se verduideliking oor die pad wat sy met die kookboek geloop het, het sy na haar jarelange verbintenis met kos en lekker eet verwys. “Dankbaarheid los baie dinge in ‘n mens se kop op. Ek is so dankbaar vir my mooi kosherinneringe. Ek is regtig passievol oor kos. My pa, Matie Brink, het al die jare potjiekosboeke geskryf en vir duisende mense potjiekos berei. Ek onthou hoe ek in ons agterplaas gesit en emmers vol aartappels en uie vir sy potjies geskil het,” het sy vertel. Volgens Martelize, wat een van vyf kinders is, is haar hele gesin baie lief vir kos en vir kosmaak. “My ma se snoekpatee is die heel lekkerste ding op aarde. "Dit moet definitief my ‘laaste maal’ wees voor ek my kop eendag neerlê. My hele familie is ‘phsyco’ oor kos,” het sy gelag. Martelize het verduidelik dat sy, baie soos haar pa, daarvan hou om met kos te eksperimenteer. Die kookboek was ‘n natuurlike uitvloeisel

van hierdie liefde van haar. “Ek het een aand ‘n e-pos aan my uitgewer gestuur en gevra of ek ook maar ‘n kookboek kan skryf. Dit het regtig vir my soos ‘n roeping gevoel,” het sy vertel. Hierdie e-pos was die begin van ‘n hele nuwe kosreis in haar lewe. Sy moes tagtig tot negentig resepte ontwikkel en toets om in die boek te plaas. Die fotografie-sessies vir die boek het ook oor talle weke verloop en sy moes selfs vir ‘n tyd in die ateljee waar die foto’s geneem is, intrek. “Dit was net te ‘n groot gesukkel om elke dag met my rolstoel daar by die trappe op- en afgedra te word,” sê sy oor dié reuse-taak. Haar kookboek bevat resepte van ou gunstelinge wat sy gereeld vir vriende voorberei, ‘n hele paar eie skeppings en ‘n handvol nuwe skeppings. Die samestelling van die boek het meer as twee jaar geneem. Op ‘n vraag uit die gehoor oor wat haar boek anders as ander kookboeke maak, het Martelize entoesiasties geantwoord. “Ek dink die diversiteit van die dinge in die boek, die verskeidenheid van geregte in die inhoud, is uniek. Ander kookboeke is miskien meer tematies saamgestel. My kos is ook gemaak om lekker te smaak. My geregte is toeganklik. Onthou, ek kook in ‘n piepklein woonstel met ‘n baie klein kombuisie. Mense hoef nie deftige toerusting of ‘n groot kombuis te hê om my geregte te maak nie. Die geregte in my boek gaan mense ook blootstel aan ander wêrelde. Daar is byvoorbeeld ‘n bunny-chowtrio wat heerlik is,” het sy vertel. Volgens Martelize is risotto haar “signature dish”. Sy is ook alweer besig met die ontwikkeling van nog resepte. Sal daarin die toekoms nog ‘n resepteboek uit haar pen verskyn? “Ek weet nie. Ek het al klaar weer ‘n hele lys nuwe resepte wat ek geskryf het op my foon. Ek was onlangs in Italië en is so geïnspireer deur hul kosmaakmetodes en geregte, dat ek nou weer net resepte dink,” lag sy.


NUUS • NEWS

5

22 November 2017

VLV sluit 2017 af

Mymymy bekoor by Bôrdienghuis

Janet Smith ontvang die boksies vir die haweloses van Juanita Loubser en Karen Barnard, terwyl Beppie Altintopi die pakkies met babakombersies aan Toekie van Vuuren van Norsa oorhandig.

Agter is Raadslid Albertus Buckle, Esla Ritter, Juanita Loubser, voorsitter, Beppie Altintopi en Toekie van Vuuren. Voor is Janet Smith en Ivy Cupido van die Kersete vir Haweloses Projek saam met Lezanne Kriel van die Orgaanskenking Stigting. Die plaaslike VLV-tak het op Donderdag 16 November hul jaarlikse afsluiting gehou. Dit was ‘n feestelike geleentheid met heerlike eetgoed, goeie vermaak en baie interessante sprekers. In die gees van Kersfees is talle geskenke uitgedeel. Die Wellington-Noord kerksaal is in ‘n Kersfees-tema getooi en alle versierings is deur die lede uit afvalmateriaal gemaak. Almal kon ook heerlike Kersinkopies by die marktafel vol handgemaakte en vars produkte doen. VLVlede en gaste kon langs keurig gedekte tafels met pragtige rangskikkings en versierings kuier en die heerlike oggend het met ‘n praatjie oor orgaanskenking deur Lezanne Kriel afgeskop. Lezanne het die geskiedenis van die eerste hartoorplanting met die dames gedeel en daarop gewys dat een skenker sewe mense se lewens kan red. “Een skenker kan met die skenking van die belangrikste organe sewe ander lewens red. Dit is egter nie al nie. Een skenker kan ook tot soveel as sestig ander mense se lewens verander of verbeter. Dinge soos been, vel, hartkleppe en korneas kan ‘n klomp ander mense se lewe drasties verbeter - iets wat net moontlik is wanneer iemand as ‘n orgaanskenker registreer,” het sy benadruk. Volgens Lezanne is daar ‘n groot tekort aan orgaanskenkers in Suid-Afrika. Dit is te wyte aan die feit dat daar te min bewusmaking en onkunde oor die onderwerp is. “Enigeen kan ‘n skenker wees en daar is geen

kostes aan verbonde nie. Al wat jy moet doen is om aanlyn by www.odf.org.za te gaan registreer,” het sy die gaste aangemoedig. Die gaste kon vervolgens geskenke uitruil en daar was talle gelukkige trekkings. Die plaaslike VLV-tak het ook 100 boksies vol versnaperinge gepak en aan raadslid Albertus Buckle en Janet Smith vir hul Kersete vir Haweloses Projek oorhandig. Buckle het die burgemeester se groete aan die dames oorgedra en sy dank vir hierdie mooi gebaar uitgespreek. Onder al die projekte wat die wyke ondersteun, tel die Kersete vir die Haweloses en die boksies wat die VLV vir hierdie doel geskenk het, sal tydens hierdie jaar se geleentheid op 17 Desember aan die hawelose mense oorhandig word. Die VLV-dames is ook al die hele jaar besig om kombersies vir die babas by Norsa te hekel. Hulle het verskeie geskenkpakke met kombersies, klere en toiletware opgemaak en aan me Toekie van Vuuren van Norsa oorhandig. “Hierdie kombersies gaan saam met die babas na hul aanneemouers en is iets van die gemeenskap van Wellington wat hulle hul lewe lank sal hou. Die kinders by Norsa het hoop en ‘n kans in die lewe. Baie dankie aan almal wat tot hierdie projek bygedra het. "Dit word met liefde aanvaar,” het Toekie gesê. Die oggend is met ‘n heerlike kuier en dekadente eetgoed rondom ‘n Kerstafel afgesluit.

Die pop synth duo, Conrad van Breda en Jana Oosthuizen, het Saterdagaand, 18 November in die Bôrdienghuis opgetree. Hul groep, Mymymy, wat bekend is vir hul oorspronklike lirieke en elektroniese musiek, het gaste vermaak. Jana se blues en rock-stem, gekombineer met Conrad se toorkuns op die sintetiseerder, klawerbord en rekenaar, was ‘n wenkombinasie wat die gehoor in vervoering gehad het. Hulle het, saam met talle van hul eie komposisies, ook

verwerkings van bekende treffers gedoen. Hul liedjie, “In hierdie dorp,” wat oor vergane liefde, brande en eensaamheid gaan, het veral aandag getrek. “Al wat ons het is die naweek” was ook ‘n groot treffer onder die gehoor. Volgens Conrad was dit ‘n voorreg om in sy tuisdorp op te tree. “Dit is lekker om al die bekende gesigte in die gehoor te sien. En dan al die nuwes wat ons musiek net so geniet,” het hy gesê.


6

22 November 2017

NUUS • NEWS

Johan Nel - nuusman nou op die kassie •Jaomi Zeeman Johan Nel is ‘n bekende gesig in Wellington. Hy is ‘n verslaggewer met ‘n jarelange suksesvolle geskiedenis in die joernalistiek. Johan, sy notaboekie en kamera is al deel van al ons dorp se stories en ‘n mens kan jou kwalik ‘n geleentheid sonder sy teenwoordigheid voorstel. Hierdie amper-80-jarige joernalis is egter allesbehalwe ‘n verveelde bejaarde wat koerantwerk doen om sy tyd om te kry - hy is ‘n gesoute nuusman, skrywer, televisie-vervaardiger en uitgewer wie se stories gewone mense se asem sal wegslaan. In sy ryke loopbaan het hierdie man al talle avonture beleef, ongelooflike stories geskryf en verskeie toekennings gekry. Die skrywersgogga het Johan reeds op ‘n jong ouderdom gebyt toe hy in 1948 op 11-jarige ouderdom begin het om berigte vir Die Burger te skryf. Sy pa was hierdie koerant se korrespondent op Keimoes en het soms die taak om berigte op ‘n telegramvorm te skryf, aan Johan oorgelaat. Hierna het hy vir die Naweekpos, die Huisgenoot, die Transvaler en die Volksblad geskryf. Hy het ook vir Tafelberg Uitgewers gewerk, hy het ‘n koerant in Bethlehem op die been gebring en hy was in beheer van die Suid-Afrikaanse Weermag se publikasie-afdeling. Johan se buitengewone talent kan tans weer op televisie gesien word in ‘n dokumentêre reeks oor die Eilande van die Gariep wat op KykNet uitgesaai word. Die eerste vier episodes in die reeks handel oor die eilande in die rivier vanaf Upington tot by Augrabies en die tweede vier episodes handel oor “die Vergete Rivier”, ‘n blik op die rivier vanaf Augrabies tot by die see. In hierdie reeks word die ontwikkeling van die eilande sedert die 1890’s bekyk. Johan is die draaiboekskrywer, sowel as die vervaardiger van die reeks en dit is vanaf 19 November elke Sondag, tot 10 Desember, om 14:30 op die kassie te sien. “Die reeks is in 2015 en 2016 verfilm. Met die uitsaai van die reeks wil KykNet eintlik hulde bring aan Johan Botha, die bekende natuurprogram-aanbieder. "Dit was die laaste reeks waaraan hy gewerk het voordat hy vroeër vanjaar vermoor is,” verduidelik Johan.

Dit is egter nie die eerste keer dat ‘n reeks uit Johan se pen op televisie verskyn nie. In 1980 het hy ‘n reeks oor die Oranjerivier en die damme wat daarin gebou is, gemaak. Hy het ook in 1987 ‘n Artes-toekenning vir ‘n dokumentêr wat hy oor die Verlorenvlei aan die Weskus gemaak het, gewen. Sy radioreeks oor die Oranjerivier, wat op die destydse program, “Land van ons Vaders”, gehoor kon word, is reeds in 1963 uitgesaai en hy was by vele ander televisie- en radioprojekte betrokke. Die Oranjerivier is duidelik iets wat in Johan se are vloei. Dit is deel van sy grootwordwêreld en iets waaroor hy voortdurend meer wil uitvind en vertel. Dit is ook die wonders van hierdie rivier en die stories van die mense langs die rivier wat die materiaal vir talle van sy kreatiewe werk is. Sy boek, “Piet Kokkewiet, Kokkewiet en ander verhale”, is ‘n omnibus van pragverhale wat in die interessante rivierwêreld van die Benede-Oranjeriviervallei en tussen die sandduine van die Kalahari afspeel. Die verhale in die boek het in publikasies soos Sarie, Landbouweekblad en Huisgenoot verskyn. Die bekende skrywer, André P. Brink, het die titel-verhaal van hierdie omnibus as “’n sjarmante verhaal wat baie plesier verskaf” beskryf. “Dat die sprokiesagtige terselfdertyd nie huiwer om ook die heel eietydse ligweg aan te raak nie, verhoog die waarde van die werk,” skryf

Brink verder. Oor die “skrywer” van die boek, ‘n ene Ben Lindemann, grinnik Johan. “Ben Lindemann is my skryfnaam. Die kinders het my altyd kleintyd ‘blindeman’ genoem omdat ek nie goed kon sien nie. Ek het toe gedink dat hierdie naam, B. Lindemann, ‘n goeie

idee vir ‘n skrywersnaam sal wees,” sê hy. Bo en behalwe Johan se betrokkenheid by radio- en televisiewerk, is hy ook ‘n uitgewer wat sy eie uitgewerye besit het. Almal sal die destydse “groot druk” boeke in die biblioteke onthou. Dit was Johan se breinkind en hy het die Makro Uitgewery vir hierdie doel begin. Hy het later ook die Benedic Uitgewery, wat boeke in gewone druk uitgegee het, begin. Johan, wat al saam met mense soos die voormalige staatspresident, Jim Fouche, gekuier het, as deel van ‘n spesiale missie saam met die weermag al langs Namibië se kus gevlieg het, Russiese spioenasiebande vir die regering moes vertaal, ‘n huis met ‘n spioen gedeel het, mense soos André P. Brink sy vriend kan noem, akademici met navorsing in Amerika oor leermetodes gehelp het, vlot Duits kan praat, twee uitgewersmaatskappye besit het, talle publikasies op sy kerfstok het en boonop ‘n ongelooflike humorsin en nuuskierigheid en liefde vir die lewe het, woon en werk hier tussen ons. Ten spyte van die talle invloede in sy lewe, het Johan stewig op sy eie bene bly staan. Die geraas van die dinge en die mense rondom hom het hom nooit ingesuig of sy siening beïnvloed nie. ‘n Dromer én ‘n doener, miskien ‘n bietjie van ‘n rebel en ‘n haarfyn waarnemer - dít is Johan Nel. En soveel meer. “Ek het geleer om objektief na dinge te kyk - dit is seker maar iets wat jy uit koerantwerk kry. Die tweede ding is dit wat ek by my pa geleer het: ons moet saamwerk en mekaar help, ons is almal mense; doen wat jy weet die regte ding is,” sê Johan.


NUUS • NEWS

Dagboek • Diary

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Porterville - Voorberg 17-18 November: Come and have fun at Voorberg Carnival. Entry fee is R40 for adults and kids for R20. For any further enquiries please contact Ms Wilmie Doman at 022 931 8021 Roses United 18 November: Time to honour our players at the Roses United awards evening at the Bergrivier Hostel. Entrance fee is R100,00 and starts at 19:00 till late. Two course meal, bring own XYZ. Dress code is semi-formal and the music by DJ Lovell Aand van Sang 25 November: Aand van Sang met Sammy Banda en Evangelis Andrew Seekoei by St Thomas Laerskool om 18:00. R30 vir volwassenes en R15 vir kinders onder 19. Vir enige navrae kontak Br Samuel 076 690 4626 Abbeyfield-vereninging 30 November: U word vriendelik uitgenooi na die algemene jaarvergadering van Abbeyfield

Vereniging, Wellington om 10:30 te Milnerstraat 2A, Wellington Vir enige navrae kontak me H. Fredericks by 074 706 8386 Tiere Kersmark 5-9 Desember: Tiere-kersmark word aangebied deur Hoërskool Tygerberg, Fairfieldstraat, Parow. Maandag - Vrydag vanaf 09:00 - 19:00 Saterdag vanaf 09:00 tot 17:00 Vir enige navrae skakel Ina Viljoen by 083 463 4090 of Karen Esterhuizen by 083 733 5025 Hopefield Night Ride 9 Desember - Fietsry-entoesiaste kan om 19:00 aan die Hopefield Night Ride deelneem. Die roete strek oor 31km. Kontak Willem by 082 923 2553 of Gert by 082 940 5002 met navrae. Yzerfontein Annual Snoek Classic 15-16 December: Be part of the Yzerfontein Annual Snoek Classic 2017. Entry fee for YBC members are R330 and non-members the amount of R380. The Junior o/16 is R200. For any further information please contact Theunis Kruger at 083 306 5510 or visit www. yzerboatclub.co.za Yzerfontein Toerisme 19 Desember: Yzerfontein Toerisme bied aan Jannie du Toit sing Koos du Plessis, ander gunstelinge en kersliedere om 19:00 by Yzerfontein Gemeenskapsaal. Kostes beloop R110 per persoon. Bring eie piekniekmandjie en wyn. Vir enige verdere kontak Jopie by 072 460 5568 of Leane by 022 451 2985

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.

7

22 November 2017

Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Geklassifiseerd • Classifieds DIENSTE SERVICES BOLANDSE HOUSE SITTERS. Janman vd Linde en Johan Haasbroek het sterk integriteit. Lief vir diere en sal u Troetels voer, stap en met sorg na u woning omsien. Kontak: Janman 082 694 5001 of Johan 083 305 0449 #4585 ----------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

Happy anniversary to KAY AND CHARLES for 24 years that God kept them together. From children and grandchildren -----------------------------

SHARON CUPIDO. 20 November. Gelukkige mondigwording my poplap. Seëninge op jou lewe en wysheid vir besluite. Liefde - Antie Tamma (grootmaak-ma) -------------------------------WARREN LEIGH ERASMUS. 25 November. Happy birthday. May God bless and guide you. All of the best for the future. Love - Mom, Nanna and family ---------------------------------

JUNADE ADONIS. 25 November. Gelukkige verjaardag en geseënde nuwe lewensjaar. Liefde - Zenobia, Chrizaan, Tristan en Keagan --------------------------------Raai wie is 21?? Geluk ASHWILL met jou geboortedag vieringe. Mag die Here jou seën Ma, Pa, Andrew, Edas en Appolis familie --------------------------------24 November. Baie geluk met julle vyfde huweliksherdenking. Geniet die dag. Liefde - Amelia en kinders --------------------------------INGRID. Geluk met Mammie se verjaarsdag Mag u geseënd wees - seun, skoondogter, kleinkinders, broer, suster --------------------------------MUCELEEN ARENDSE. 23 November. Baie geluk met jou eerste verjaarsdag, blompot. Mag God jou seën met wysheid - Mammie, Daddy, twee sussies en familie --------------------------------MERCIA BRANDER. Geluk met jou verjaarsdag op 20 November. Van: jou verlangende Mr "K" --------------------------------25 November. MEEYAH, geluk poplap met jou verjaarsdag. Lief jou stukkend. Van: Oumie, Oupa, Mammie, Dean & Andrew --------------------------------Geluk WILLZ met jou kroonverjaardag op 26 November. Mag jy 'n wonderlike dag hê. Liefde - Amz en Mora --------------------------------CHRISTIAAN, baie geluk met jou verjaarsdag. Mammie wens alle mooi wense vir jou toe. Baie liefde - Mammie,

Henrico en Jeneal --------------------------------AIIDEN. 25 November. Jy is ons sonstraaltjie. Lekker verjaar. Liefde Ouma, Oupa, Mariaan, Christonay, Chrisma, Riaan en familie --------------------------------Raai wie word ses? 25 November. Geluk met jou verjaardag. Van: Mamma, Pappa, Boeta. Peetma, Ma en Pa --------------------------------STEFANUS SYSTER. 21 November. Geluk met jou verjaarsdag. Geniet jou dag - Ma, suster, Lyle-Tylin en Boland Meat kollegas -------------------------------JOHANN SNYDERS. 21 November. Geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou seën op die pad vorentoe. Geniet die dag - Magdalene, kinders, Janine en Allister --------------------------------VERONICA - "Happy Birthday" Mamma. Hoop Mamma geniet die daggie ten volle. Baie liefde - Brezelle . --------------------------------Baie geluk met jou verjaarsdag JOHAN. Mag God jou seën. Geniet die dag. Baie lief vir jou. Van: vrou en familie. --------------------------------BRANWILL MAJIET (Will). Volle tien jaar! Baie geluk met jou verjaardag. Lekker verjaar. Baie lief vir jou - Ouma --------------------------------Baie geluk CANDICE en CAMILLA met jul 27ste verjaarsdag. Mag daar vele meer wees. Lekker verjaar. Van Ma, Pa en die kinders --------------------------------ABRAHAM ADONIS (Oom Apie). 23 November

2017. Baie geluk met jou verjaarsdag, alle seëninge en voorspoed op jou pad. Van jou vrou, kinders en kleinkinders --------------------------------DESMOND SNELL 20 November. Kyk wie is 50!!!! Geluk Dessie, mag God jou ryklik seën baie lief vir jou. Van: Mamma, susters en broer, kinders en kleinkinders --------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM DOROTHEA (DOORTIE) VAN DER MERWE 24 November is ouma se eerste jaar weg van ons. die gemis is groot. Rus in vrede ouma - Hannes, vrou en kinders -----------------------------RICHARD FRANS op 17 November n jaar weg van ons, die verlange en gemis is nog groot. Liefde Mamma, broers, susters, Caroline, kinders --------------------------------JOSEPHINE MATTWEHS (Fien). 22 November, jou derde verjaardag weg van ons. Daar sal nooit weer 'n opregte vriendin soos jy wees - Yvonne en huisgesin -------------------------------MANSHUA FARO. 20 November is jou derde jaar weg. Ons mis jou baie. Liefde - Pa, Ma, suster, broer, Nathan en familie. Rus in vrede --------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY MARIA MCQUIRE Gebore op 22 Oktober 1938 Sterwe op 15 November 2017. Roudiens: Woensdag, 22 November te Goue Aar Tehuis om 19:00. Begrafnis: Saterdag, 25 November


courant

8

NUUS • NEWS

dié

22 November 2017

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

22 November 2017

•GELYKE ERKENNING

Sportdag gee hoop

Lawrence Brink, Mark Lewis, Mogamat Salie, Natasha Snyders, Josph Weideman, Jonathan Liebenberg.

Sewes: Hillcrest United het die afgelope naweek hul derde agtereenvolgende 7's-rugby

titel gewen vir die jaar in Ceres. Sedert Oktober 2017 het die span van Wellington drie uit vier toernooie gewen. In twee van hierdie eindstryde moes hulle te staan kom teen hul buurspan Newtons, waar Hillcrest in albei koning gekraai het. Hillies sal ook komende naweek deelneem aan die Kolbe 7's-toernooi wat in Kraaifontein gehou word. Hillcrest United bied ook weer hul jaarlikse "Hillies 7's Tournament" aan op Saterdag 20 Januarie 2018 op Wellington. Hierdie toernooi sal vir die derde jaar aangebied word en beloof om beter en groter te wees. Prysgeld ter waarde van R12000 is op die spel en talle groot name in 7's-rugby het reeds hul deelname bevestig. Vir meer inligting, kontak Edward Abrahams (koördineerder) - 076 235 3429 of erra.abrahams@gmail.com of Jovan-ré Cupido (sekretaris) 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com. Foto: Roswall De Vries

Results: Wellington Cricket Wellington Cricket Club 1st XI 196/10 Tiaan Cloete 29 (55), Curtley Louw 28 (32), Aubrey Philander 27 (56) M. Menas 4/39 in 10 overs. Vredenburg-Saldanha 101/10 I. Slambert 44(54) Tiaan Cloete 3/3 in 3.3 Overs, Aubrey Philander 2/23 in 10 Overs, Curtley Louw 2/23 in 8 overs Zakhele Qwabe 2/33 in 8 overs Wellington Wolves win by 95 runs Wellington 3rd XI 204/10. Steven Abrahams 49 (56) Curtley Monk 29 (23) Frank Abrahams 24(13) Dirk 4/21 in 5 Overs

Van Der Stel 3rd XI 177/10. Dirk 72 (65) Roche Du Plooy 4/34 in 8Overs Curtley Monk 2/34 in *overs Wellington 3rd XI win by 27 runs

Sunday 19th November 2017 Wellington travelled to stellenbosch for the match against Victorians CC Victorians CC 118/10 T Whitehead 33(48) Tiaan Cloete 2/33 in 8Overs. Wellington Wolves 121/6 Curtley Louw 47(54) Tiaan Cloete 37*(55) B. Glover 4/33 in 9 Overs Wellington Wolves win by 4 wickets

‘n Spesiale dag, met talle aktiwiteite en baie pret, word op 2 Desember vir gestremde persone beplan. Hierdie dag is ‘n inisiatief van die Give Hope & Smile Foundation en sal by die sportgronde van CPUT plaasvind. Volgens Jonathan Liebenberg van die Give Hope & Smile Foundation en een van die organiseerders van die dag, is daar talle faktore wat hulle gemotiveer het om hierdie inisiatief aan te pak. “Ons voel dat gestremde mense gelyke erkenning in ons gemeenskappe verdien en ons wil ‘n platform hiervoor skep. "Mense moet kan sien dat hierdie mense ook deel van sosiale en gemeenskapsgebeure kan wees. "Ons wil regtig die boodskap daar buite kry dat mense met gestremdhede uitgenooi word om hierdie geleentheid by te woon. "Mense het soveel vooroordele wanneer persone met gestremdhede vir werksonderhoude gaan, vir leiersposisies in aanmerking kom en ‘n bydrae in die gemeenskap wil lewer. Ons wil veral op die jeug en opvoeding in hierdie verband konsentreer,” verduidelik hy. Die Give Hope & Smile Foundation is verlede jaar in November op die been gebring en op 18 April 2017 as ‘n nie-winsgewende organisasie geregistreer. Jonathan en Lawrence Brink het hierdie organisasie begin om tot diens van die gemeenskap te wees. Hulle wou oorspronklik fondse genereer om haweloses, arm mense en kinders wat weens omstandighede nie kan skool toe gaan nie, te help. In hul pogings om meer hulp vir hierdie doel te kry, het hul pad met drie vrywilligers, almal gestremdes, gekruis. “Met hierdie mense aan boord, het ons fokus na ‘n geleentheid wat ons aan die Internasionale Dag vir persone met gestremdhede kon koppel, geskuif,” verduidelik Jonathan oor die geboorte van hul planne vir 2 Desember. Hulle het ook die organisasie se konstitusie aangepas om die gebrek aan transformasie vir gestremde persone aan te spreek. Op 2 Desember hoop hulle om ‘n groot bewusheidsveldtog vir mense met gestremdhede in die dorp van stapel te stuur, maar ook ‘n

dag vol pret en heerlike aktiwiteite aan te bied. Die dag sal om 10:00 met ‘n optog deur Kerkstraat afskop. Om 11:00 sal die aktiwiteite op CPUT se sportgronde begin, waartydens daar onder andere ‘n vertoning deur gestremde kinders sal wees. Sprekers sal oor hul lewe as parapleë praat en die Wellington Christmas Choir sal ook by die geleentheid optree. Die burgemeester, Conrad Poole, sal ook tydens die verrigtinge praat en daar sal ‘n uitstalling van Cape Town en Boland Car Clubs se motors wees. ‘n Platejoggie sal vir lewendige musiek sorg en daar sal talle aktiwiteite en stalletjies wees. Volgens Jonathan was daar talle struikelblokke in die organisasie van hierdie dag - alles egter dinge wat hulle met deursettingsvermoë kon oorkom. “Mense se vooroordele ten opsigte van mense met gestremdhede maak dat hulle soms traag is om sulke inisiatiewe te ondersteun. "Gelukkig is daar wel mense wat die belangrikheid van hierdie dag besef en hul gewig agter ons projek ingooi. "Raadslid Lorraine Willemse was wonderlik in haar ondersteuning hiervan,” sê hy. Jonathan verduidelik dat ‘n geleentheid soos hierdie nie sonder die ondersteuning van die gemeenskap kan plaasvind nie. “Hierdie mense het regtig ons ondersteuning en insluiting in die gemeenskap nodig. "Enigeen wat ‘n bydrae tot die dag wil lewer, is welkom. "Ons wil graag hê dat die gemeenskap veerkragtig tot die transformasie wat ons benadering teenoor mense met gestremdhede betref, sal saamstaan,” sê hy vol hoop. Van hul grootste behoeftes is die verskaffing van toilette vir mense met gestremdhede, sowel as ‘n groot tent waar hierdie mense in die skadu tydens die verrigtinge geakkommodeer kan word. “Ons hoop dat die dorp se mense hul ondersteuning vir mense met gestremdhede sal wys en op 2 Desember die bewusmakingsgeleentheid sal bywoon,” sê Jonathan. Sy lewenslange droom is om eendag ‘n gerekenariseerde en opvoedkundige nasorgsentrum vir die jongmense met gestremdhede oop te maak.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
447 dié courant wellington by DieCourant - Issuu