c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
22 November 2017
26.7%
Bou saam met goeie nuus
22 November 2017
Uitgawe 447
•LSS: 99 JAAR EN 2970 LEERDERS LATER
Trio roep onderwys vaarwel
Die Laerskool Swartland op Malmesbury wuif eersdaags vaarwel aan drie gesoute onderwysers wat na vele jare se diens die tuig neerlê om die weg te baan vir 'n volgende generasie opvoeders. Johannie Döman, Cielie Myburgh en Marie Louw het altesaam 99 jaar onderwys gegee by dié laerskool op Malmesbury en na raming 2970 kinders deur die skoolbanke gehelp. Döman het 38 jaar se ondervinding in die onderwys, waarvan sy 35 jaar hiervan by die Laerskool Swartland betrokke was. Sy is oorspronklik van Bellville en het haar onderwysdiploma op Wellington verwerf, waarna sy by Laerskool Simonsberg in Kraaifontein skoolgehou het. Daarna het sy haar HOD verwerf aan Denneoord in Stellenbosch en toe kom skoolhou op Malmesbury, waar sy ook haar man ontmoet het. "Ek is gek na skoolhou self; daar is soveel vlakke waarop mens kinders kan motiveer. Die kinders se sêgoed is ook te kostelik," vertel sy met 'n vonkel in die oog. "Ek sien uit na my aftrede. Dis miskien waar dat ek nie kan stilsit nie, maar ek gaan beslis eers 'n gap-jaar neem voor ek besluit wat om volgende aan te pak." Myburgh is op haar beurt oorspronklik van De Aar en het haar onderwys-kwalifikasie op Oudtshoorn verwerf, waarna sy 'n diploma met spesialisering in verstandelike gestremdheid op Stellenbosch ontvang het. Daarna het sy 'n jaar elk op De Aar en Kuilsrivier skoolgegee, waarna sy Malmesbury toe getrek het en 'n gesin begin het. Van die 28 jaar wat sy tussendeur die taak van kinders grootmaak skoolgehou het, was sy 26 jaar lank verbonde aan die Laerskool Swartland voor die swartbord. "Ek geniet dit om in my klas te wees en met die kinders te werk. Laerskool Swartland is 'n wonderlike plek om skool te hou; as onderwyser het jy genoeg bronne tot jy beskikking en die nodige ondersteuning om werklik 'n verskil te maak," sê Myburgh. "Dit was heerlik om so lank in diens te wees by dieselfde skool, maar ek sien ook nou uit daarna om lekker te rus en vir 'n ruk lank so min as moontlik te doen." Louw is oorspronklik van Swellendam en het haar onderwysdiploma op Wellington verwerf, waarna sy kom wortels skiet het op Malmesbury.
Tesame het Cielie Myburgh, Marie Louw en Johannie Döman 99 jaar ondervinding in die onderwys. Hier het sy haar man ontmoet, 'n gesin begin en toe vir 38 jaar lank onderwys gegee by Laerskool Swartland. "Die onderwys was nog altyd vir my 'n groot plesier. Dis moeilik om te beskryf hoe wonderlik dit is om te sien wanneer daardie liggie aangaan by 'n kind wat jy probeer help. "Dit bly mens vir altyd by. "Skoolgee is natuurlik egter nie aldag maanskyn en rose nie. Mense wat die onderwys as 'n loopbaanrigting kies, moet kans sien vir uitdagings en reg wees vir 'n noemenswaardige
administratiewe lading," sê Louw. "Ek het nog nie veel planne beraam vir my aftrede nie. Ek sal maar eers mooi besin en sien wat oor my pad kom." Die drie juffrouens stem ook saam dat die samehorigheidsgevoel onder die onderwysers by Laerskool Swartland vir hul al drie uitstaan as een van die hoogtepunte gedurende hulle termyn by die skool. "'n Mens lewer immers jou beste werk wanneer jy voel asof jy deel is van 'n wenspan," slaan Döman ter slotte die spyker op die kop.
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
22 November 2017
•PAIGE EN PETER LINDENBERG
Pa en dogter maak gedugte span
Opleiding:
SANRAL het Donderdag sertifikate aan jong Swartlanders wat konstruksie-opleidin ontvang het en die NQF 3 en 4 kwalifikasies behaal het, oorhandig. Dit was 'n gesamentlike poging met Stefanutti Stocks Power Consortium om die jongmense te identifiseer en op te lei en so werkloosheid in die streek te bekamp. Bo is die groep saam met Ian Kemp (AECOM), Heidi Harper (SANRAL), Steph Bredenhann (SANRAL) en Alexi Maravelias (AECOM). In die middel is onderburgemeester Maude Goliath.
Langebaan is vir die afgelope agt jaar die tuiste van Peter Lindenberg, sy vrou Debbie en hul drie dogters, Chiara (27), Paige (25), en Abbi (22). Die familie, eens afkomstig van Johannesburg, staan deesdae kollektief aan die stuur van twee innoverende voertuig-transformasie besighede - Shelby SA en Road to Race SA. Eersgenoemde het die eksklusiewe regte op die verkoop, modifisering en opgradering van Shelby Mustang GT en Mustang Super Snakemodelle. Road to Race modifiseer weer die enjins en bakwerk van Ford Ranger-bakkies en ander nutsvoertuie vir beter werkvermoë en 'n meer geharde, modieuse voorkoms. Albei besighede word bestuur vanuit Malmesbury, met twee verdere Road to Race-takke in Johannesburg en George. Peter en sy jongste dogter, Paige, is ook aktiewe renjaers van klassieke motors wat hul Shelby-besigheid restoureer en aanpas vir die renbaan. Die Lindenberg-patriarg is 'n veelvoudige kar-, boot- en waterski-kampioen en 'n driedubbele Springbok wat Lindenberg Racing
op 23-jarige ouderdom gestig het, terwyl hy op nasionale en internasionale front deelgeneem het aan waterski- en boot-wedrenne. Die groep het in 1980 vir die eerste keer deelgeneem op die Kyalami-renbaan en oor die jare het Peter 23 nasionale kampioenskap-titels opgeraap. Paige het op haar beurt op sewe-jarige ouderdom begin deelneem aan bootrenne en op 11 haar eerste internasionale titel ingepalm. Sy was vanjaar die enigste vroulike lid van 'n groep van 18 jong Suid-Afrikaanse renjaers wat genooi is om deel te neem aan die FIA-onderskryfte Motorsport Ontwikkelingsakademie, 'n program wat bestuur word deur Motorsport SA. Peter en Page is tans die enigste pa-en-dgoter span wat op nasionale vlak deelneem aan 'n verskeidenheid hoë-profiel alternatiewe motorsport-geleenthede, tesame met hul spanmaats en jarelange familie-vriende, Djurk and Kirsten Venter. Wees gerus op die uitkyk vir die opkomende de moZáik-tydskryf, waarin die Linderbergs se verhaal in meer besonderhede vertel word.
Du Toit nuwe direkteur van Vinpro-Swartland
Pieter du Toit, eienaar van die Kloovenburg-landgoed buite Riebeek-Kasteel, is pas aangewys as direkteur van Vinpro-Swartland. Du Toit het Donderdag sy dank uitgespreek teenoor Vinpro-lede vir hul ondersteuning en geloof in hom. "Dankie dat julle jul wingerd en wynbou-belange in die Swartland aan my toevertrou met die aanwysing as direkteur van die Swartland-streek se Vinpro-direksie," het Du Toit in 'n brief aan die lede geskryf. Volgens Du Toit dra hy die belange van die wynbedryf van kindsbeen af baie sterk op die hart en leef hy as 'n wynboer na aan die plaaslike wynbedryf. "Ek beskou dit as 'n reuse uitdaging om 'n bydrae te mag maak in hierdie uiters moeilike tye. "Dat ons as produsente kreatief sal moet dink en doen vir oorlewing, is verseker." Du Toit nooi alle produsente om hul kort, medium en langtermyn-uitdagings met hom te bespreek, sodat daar gesamentlik beplan kan word. "Dit is my voorneme om 'n sterk bydrae namens Swartland te maak en dat u op my kan staatmaak."
NUUS • NEWS
22 November 2017
•KAMPE LEER JOU OOR JOUSELF
3
Van Greunen lei Kommando-jeug Gerhard van Greunen, 16-jarige leerder aan Hoërskool Swartland, is op 3 November gedurende 'n fakkel-oorhandigingseremonie by die Voortrekker-saal aangekondig as kommandojeugleier vir Swartland Voortrekkers. "Ons kies elke jaar ‘n Kommando-jeugleier of twee wat gedurende hul Graad 11-jaar dien as skakel tussen die jeuglede, Kommandobestuur, oordjeugraad en gebiedsjeugraad. Hulle neem deel aan besluite tot voordeel van Swartland Voortrekkers en help ook beplan en organiseer aan aktiwiteite vir die jeuglede in samewerking met die kommandobestuur. "Die Kaapland Gebiedskamp vir graad 10 word elke jaar in die Oktober skoolvakansie aangebied. Dit is ‘n leierskapkamp en die kampleier maak na aanleiding daarvan ‘n aanbeveling aan die kommando met betrekking tot watter van die jeuglede definitiewe leierseienskappe openbaar op grond van die aktiwiteite waaraan hulle deelneem by die kamp. "Die Kommandobestuur neem dan ‘n besluit na aanleiding van die Kampleier se aanbeveling," sê Sunet de Jongh, kommandoleier van Swartland Voortrekkers. Die Voortrekkers is 'n nie-rassige Afrikanerkultuurbeweging wat hulself reeds vir meer as 80 jaar beywer om jeugleiers te ontwikkel deur middel van 'n kombinasie van kultuur, avontuur en natuur-ervarings. Die uitkomste van hierdie leierskapontwikkeling is 'n verskeidenheid selfdoen-vaardighede, waardegedrewe optrede en die praktiese toepassing daarvan. Kinders kan reeds in Graad R by die Voortrek-
kers aansluit vir hul Voorslagprogram wat fokus op spanwerk en diensbaarheid. Daarbenewens kan kinders dan ook allerlei praktiese vaardighede leer en kentekens verwerf in onder andere noodhulp, veldkook, waterveiligheid, ruimtewaarneming, plaaslewe, paraatheid en so meer. Hoërskoolleerders neem op hul beurt deel aan die Presidentsverkennerprogram, wat fokus op die vaslegging van standpuntontwikkeling en -inname, kommunikasievaardighede en positiewe, diensbare leierskap deur middel van gemeenskapsprojekte. Gespesialiseerde vaardighede wat hulle in hierdie tyd kan aanleer sluit in boogskiet, ekologie, fotografie, kaart- en sattelietkompas, roeikunde, ruiterkuns en nog meer. Van Greunen, wat na skool ingenieurswese wil gaan studeer, glo sy deelname aan die die Voortrekkers het baie gedoen om hom as persoon te ontwikkel. "Die groot rede hoekom ek aangesluit het, is die waardes wat dit mens leer. Die kampe, spesifiek, leer mens baie oor jouself en om in jouself te glo," vertel Van Greunen. De Jongh stem saam. "Gerhard is 'n toegewyde mens met soveel entoesiasme vir die Voortrekkers. Hy is 'n immer-getroue persoon met 'n pragtige geaardheid wat altyd vriendelik is, met 'n gewilligheid om deel te neem." Enige leerders wat by Die Voortrekkers wil aansluit kan Woensdae-middae gedurende die kwartaal meedoen aan 'n samekoms tussen 17:45 en 18:45 by die Voortrekker-terrein agter die OLOK-saal. Ouers kan www.voortrekkers.co.za besoek vir nadere besonderhede.
Freek Stander:
Freek Stander, jarelange personeellid van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, is verlede week vereer met die hernoem van die OLOK-saal na die Freek Stander-sportkompleks. Stander is reeds 35 jaar by die skool en beheerliggaam van dié skool betrokke en het in 1982 by die personeel aangesluit. Hy speel 'n kardinale rol in die ontwikkeling, opbou en instandhouding van die sentrum oor die afgelope dekades. Bo is Stander saam met Vanya Botha, voorsitter van die beheerliggaam.
4
22 November 2017
Dis Goeie Nuus
Dagboek • Diary
NUUS • NEWS Dr Andrew Bosman
Optrede teenoor iemand wat jou skade berokken
In die tweede boek van Konings word beskrywe hoe die Koning van Aram teen Israel oorlog voer. Elisa die profeet het elke keer die koning van Israel gewaarsku van die koning van Aram se bewegings. Dié koning was onrustig daaroor asof een van sy eie mense hom verraai. Van sy manskappe vertel hom van die profeet Elisa wat selfs die woorde wat hy in sy slaapkamer spreek sal weet. Hy stuur n groot leër en laat die stad Dotan in die nag omsingel met die doel om Elisa gevange te neem. Die volgende more toe die dienaar van Elisa opstaan was daar n leër met perde en strydwaens rondom die stad. Hy maak sy paniek aan Elisa bekend en dié antwoord hom dat hy nie bekommerd hoef te wees nie, want die wat by ons is is meer as die wat by hulle is. Elisa het gebid dat die HERE die vyand se oë sal verblind en hy het hulle na Samaria, die hoofstad van Israel geneem. Binne in die stad het hy die HERE gevra om hulle oë te open. Die koning van Israel wou hulle ombring, maar Elisa het aan die koning van Israel gesê om aan hulle brood en water te gee. Die koning het n groot maaltyd voorberei en die bendes van Aram het verder nie in die land van Israel gekom nie. Jesus sê dat julle gehoor het jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat. Maar Ek sê julle moet julle vyande liefhê en seën wie julle vervloek sodat julle kinders van julle Vader in die hemel kan word.
dié courant Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Open meeting.
Contact: Billy at 073 147 6758 or Angela 082 447 5079. Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library. Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheids diens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902
Onnies maak hul merk
As jy terugkyk op jou skoolloopbaan, is daar altyd een of twee leerkragte wat 'n blywende indruk op jou lewe gemaak het. 'n Klein inskrywing in 'n Afrikaanse opstelboek het veroorsaak dat die uwe vandag haarself in die joernalistieke wêreld bevind. Die onderwyser van die Hoërskool Swartland het dit al lankal vergeet, of vir talle ander leerders ook gesê, maar haar een inskrywing in rooi het 'n permanente merk gelaat. Jou dae op die skoolbanke is die boustene van jou lewe. Dit baan die weg vir jou loopbaan en dit bepaal weer die res van jou lewe. Onderwysers besef nie aldag wat 'n groot rol hulle in kinders se lewens speel nie. Sommige se woorde sal jy vir jare na skool onthou. Woorde wat jy saam met jou sal dra tot jy die dag nie meer kan onthou nie. Staaltjies en gebeure sal daar seker ook baie in hul boeke wees. Hulle sal self ook 'n hele bundel kan saamstel uit slegs die sê-goed wat daar geuiter is. Onderwysers is die huis weg van die huis af vir baie kinders. Hier kry hulle baie liefde, lewenslesse en word hulle ook op die regte pad gehou. Onderwysers is 'n integrale deel van enige persoon se lewe. Dink maar net 'n bietjie terug aan jou eie skooldae en onthou diegene wat 'n invloed op jou lewe gehad het.
Malmesbury parkrun Every Saturday at 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury Malmesbury Kersmark 23-26 November GPF Riebeek Vallei & Hermon 23 November: Die GPF van Riebeekvallei en Hermon hou hul Algemene Jaarvergadering om 18:30 vir 19:00 by die Riebeek Wes Stadsaal St Michael's Primer, Abbotsdale 24 - 25 November: Die St Michael's Primer hou karnaval. Die hekke open op Vrydag om 18:00 tot 24:00 en Saterdag vanaf 14:00 tot 24:00. Die hekgelde beloop R10 vir volwassenes en R5 vir kinders
Kultuur:
By die jaarlikse prysuitdeling van !Kwa ttu het besoekers meer oor die kultuur van dié groep Suid-Afrikaners geleer. Hier proe hulle aan tee wat gemaak is van bossies wat in die omgewing groei.
Aand van Sang 25 November: Aand van Sang met Sammy Banda en Evangelis Andrew Seekoei by St Thomas Laerskool om 18:00. R30 vir volwassenes en R15 vir kinders onder 19. Vir enige navrae kontak Br Samuel 076 690 4626 Annual Advent Concert Darling 25 November: an Annual Advent Concert in Darling to raise funds for Groeneweide Home at the NG Church, Darling at 18:30. Tickets include finger supper For any further enquries, please contact 022 492 2665 Swartbergsvlei-funduro 25 November: Die Swartbergsvlei-funduro word aangebied deur Bash Adventures op die plaas buite Yzerfontein. Bring die hele gesin vir pretwedren en meer. Registrasie vanaf 07:00. Eerste 100 inskrywings ontvang gratis kaas-hamburger. Inskrywings beloop R200 per motorfiets of kwadfiets en R100 per kind. Inligtingsessie begin om 09:45 en renne skop om 10:00 weg. Vir meer inligting, kontak Christiaan van Niekerk by 082 444 0332 of stuur 'n epos na info@bashadventures.co.za
Prysuitdeling:
Hoërskool Dirkie Uys se sportmanne en -vroue wat by die prysuitdeling vereer is: Marnus Kitshoff (veelsydigste sportman) en Francis van Heerden (veelsydigste sportvrou), Wynand Mostert (beste seunsportprestasie van die jaar) en Ané de Waal (beste dogtersportprestasie van die jaar).
Akademie: Hoërskool Dirkie Uys se top-matriekpresteerders wat met verskeie pryse
vereer is by hul prysuitdeling vlnr: Anelche Truter (Dux-leerder), Tamlyn February (tweede) en Marieke Reitz (derde).
NUUS • NEWS
22 November 2017
5
Skyward Windows het onlangs 'n groep buitelandse en plaaslike besoekers na die Fonteine Village-aftree-oord op Malmesbury vergesel om hul venster-tegnologie ten toon te stel. Bo is Elise Elsing (Gordonsbaai), Marius Die Laerskool Swartland op Malmesbury het onlangs by die jaarlikse prestige-aand, die leerlingraad van 2018 Fourie (Skyward Windows) en Manfred Seitz (eienaar van Aluplast Germany). aangekondig. Die groep word gelei deur hoofseun Marius Basson en hoofmeisie Toné Malherbe.
Hoofleiers:
John Trollip nuwe eienaar van JB's Nissan
Bo: Kosie Smit (onderdelebestuurder), Johan Strauss (ligte voertuie-werkswinkelbestuurder), John Trollip (handelaarshoof), Daniël Prins (verkoopsbestuurder), Andries Steyn (swaarvoertuig-verkoopsbestuurder), Cobus Louw (swaarvoertuig-werkswinkelbestuurder) en Johan Theron (rybaanbestuurder). John Trollip, eienaar van Perdeberg Motors op Malmesbury, het pas JB's Nissan by sy sake-onderneming gevoeg. Volgens Trollip het dié motorhandelaar op Malmesbury se goeie naam en etos die besigheid vir hom baie aantreklik gemaak. "JB's Nissan se kliëntediens is vir almal by die handelaar baie belangrik en ons glo dat die twee besighede op baie van dieselfde beginsels bestuur word, wat dit 'n perfekte aanvulling tot ons groep gemaak het," sê Trollip. Hy verklap ook dat Nissan groot planne het vir Suid-Afrika wat nuwe produkte betref. "Dit maak dit opwindend, veral die feit dat die nuwe legendariese Nissan Patrol einde November beskikbaar gaan wees," sê hy. Die transaksie het JB's Nissan, Datsun, UD Trucks Malmesbury en Swartland Select ingesluit. Volgens Trollip gaan hul fokus op kwaliteit diens wat kliënte van JB's Nissan verwag. Ons sal dit aanhou lewer en voortbou op dit. Ons gaan tegnologie saam met goeie diens gebruik om vir ons kliënte 'n konstante en gemaklike dienslewering te bied," verduidelik Trollip. Volgens hom hou die transaksie groot voordele in. "Dit plaas ons nou in 'n posisie om die beste vaardighede na die tafel te bring om vir ons kliënte die beste moontlike diens teen uitstekende waarde vir geld te bied. As jy kyk na die gebruikte voertuig-mark wat so goed doen op die oomblik, sal ons op enige stadium 200 plus gebruikte voertuie in voorraad hê, wat ons dan weer in 'n posisie plaas om die meeste kliënte te kan help. As ons 'n voertuig nie het nie, sal ons dit beslis kan kry," sê Trollip. Die huidige personeel van JB's Nissan sal onveranderd bly, maar groter en nouer samewerking sal tussen Perdeberg Motors en JB's Nissan
geskied. Trollip is 'n sakeman wat nie gras onder sy voete laat groei nie en Perdeberg Motors maak teen Januarie 'n nuwe Isuzu-handelaar op Vredenburg oop. Die nuwe sakemoontlikhede is vir Trollip legio. "Die nuwe geleenthede wat JB's Nissan ons gaan bied, nie net vir ons kliënte nie, maar vir groei-geleenthede vir ons werknemers, maak my opgewonde. Malmesbury is die middelpunt van ons besighede, so dit is opwindende tye wat vir ons almal voorlê.
6
22 November 2017
NUUS • NEWS
Ekspo: Die jaarlikse kykNet Buite-ekspo word volgende jaar weer op die Môreson-plaas
buite Malmesbury aangebied vanaf 16 tot 18 Februarie. Malmesbury Toyota is vanjaar weer die trotste borg van organiseerder Marius Opperman (links) se voertuig. By hom is Gerhard Bester en Dirk van Zyl.
Sakekamer sluit jaar af
Die Malmesbury Sakekamer het met die galadinee op 10 November die jaar se vergaderings afgesluit. Die volgende lede-vergadering sal in Februarie 2018 gehou word. "Hierdie was 'n lekker jaar en ons het hard gewerk. "Niks van ons suksesse sou moontlik gewees
het sonder die ondersteuning van die plaaslike sakelui en borge nie. Ons wil graag elke borg wat deur die jaar 'n bydrae gelewer het, bedank. "Al was dit hoe groot of hoe klein, elke borg is vir ons van onskatbare waarde en ons is dankbaar vir jul betrokkenheid by die Malmesbury Sakekamer," sê voorsitter Theuns Duvenhage.
Trekkerklub: Die
Swartland Veteraantrekkerklub het onlangs hul nuwe bestuur vir die komende jaar gekies. Die klub het in 2006 ontstaan toe 'n groep mans by Fanie Basson saamgetrek het en 'n vereniging wou stig vir die behoud van veteraantrekkers. Die eerste vergadering is op 20 September 2006 by Pulpit Rock op Riebeek-Wes gehou. Die nuwe bestuur is (agter) Tertius Marias (ondervoorsitter), Johan Thiart (sekretaris), Pieter Basson (bestuurslid), Johan Hugo (bestuurslid) en Ernst Coetzee (voorsitter). Voor is Attie Slabbert (tesourier) en Fanie Basson (bestuurslid). Die bestuur bedank elkeen wat oor die afgelope jare 'n bydrae gelewer het.
NUUS • NEWS
22 November 2017
7
8
courant
dié
22 November 2017
Tel: 022 487 3221
•104 INSKRYWINGS
NUUS • NEWS
SPORT
22 November 2017
Malmesbury se Meester gekroon
Krieket: Die Malmesbury-krieketklub het Saterdag op hul tuisveld teen die span van
Bergrivier te staan gekom. Malmesbury se beste kolwers was Bentley Pieters met 22, Ruben Bouwer met 20 en Devon Smith met 33. Bergrivier het 145 lopies aangeteken, met drie paaltjies plat. Beste bouler vir MKK was Fernando Arendse met 2 vir 34. Bergrivier het die wedstryd met sewe paaltjies gewen.
Sportuitslae Sports results
Die vyfde RSAM Malmesbury Meesters is die naweek op die Malmesbury-gholfbaan aangebied. Vanjaar is 104 inskrywings ontvang en volgens Philip Faure van RSA Makelaars, was die veld in 'n puik-toestand, danksy die harde werk van Tony Goosen en sy span. Die terugvoer wat die organiseerders ontvang het, was baie positief en blyk dit dat dit 'n genotvolle dag vir al die deelnemers was. Die wenner, Floors Martiens van Piketberg, het met 'n 16 voorgee 'n uitstekende telling van 76 en 12 houe beter as sy voorgee, geseëvier met 'n puntetotaal van 48. Die vierbal waarin Martiens gespeel het, het almal uitgeblink en hul puntetellings was onderskeidelik 42, 43, 45 en 48. Drie van die spelers het hul beste of tweede beste tellings van die afgelope drie jaar aangeteken.
Die bes-geplaaste lid van die Malmesbury-gholfklub was Josef de Beer, wat met sy 44 punte derde geëindig het. Twee junior spelers het ook geskitter. Al moes hulle vanaf die volwasse mans se bowwe speel, het Johandré Theron op die uittel vierde gekom met 44 punte, terwyl Auden Julies se 42 punte goed genoeg was vir 'n tiende plek. Die borge van buite Malmesbury se donasies is gebruik om geskenkbewyse by oorwegend RSAM-kliënte te koop en die geskenkbewyse het gedien as pryse vir die spelers. So het Sean Walsh, besturende direkteur van KaapAgri, 'n geskenkbewys van KaapAgri gewen vir die hou wat die naaste aan die pen op die 12de gat was. Die spelers kon gedurende die dag lootjies koop om 'n groot bottel wyn los te slaan. Die opbrengs van die lootjies het R3540 beloop en dit is aan Elkana-kindersorgsentrum geskenk.
GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 15 November: Supa Quick - Enkel Stableford: Andre Uys 22, Adriaan Louw 20, Donato Stelluto 18, Piet Basson 17, Joe Joseph 17, Sakkie Klasen 16 Vrydag Sundowner, 17 November: Supa Quick - Enkel Stableford: Billy Howberg 23, Ewald Liedeman 20, Ian Adams 19, Dirk Malan 19, Marthinus Jacobs 19, Andre Uys 18 Saterdag, 18 November: 2017 RSAM Meesters Gholfdag - Enkel Stableford: Floors Martiens 48, Louis Nthane 45, Josef de Beer 44, Johandre Theron 44, C Booies 43, Frans Destroo 43, Martin Lesch 42, Dirk Lategan 42, Hennie Els 42, Auden Julies 42, C Owies 42, Doppies Coetzee 41, Brian Harker 41, Francois Geldenhuys 41 KRIEKET Piketberg KK Wedstryd Uitslae. Piketberg 1 teen Worcester Moslems. Beste kolwers A.Huiseman 36 lopies W.Skippers 39 lopies Beste Bowlers D.April 3/14 P.Dietrich 3/36 Jvd Merwe 2/12 Piketberg 1 wen met 8 paaltjies Piketberg vs Hopefield Wanderers Beste Kolwers M.September 54 lopies G.Dirks 24 lopies M.Booyse 21 lopies Beste Bowlers J. Marcus 2/20 V.Titus 2/28 J.Goliath 1/16 Piketberg 2 verloor met 66 lopies MKK kolf eerste en teken 142 aan. Beste kolwers was Bentley Pieters met 22, Ruben Bouwer met 20 en Devon Smith met 33. Bergrivier gaan kolf en teken 145 aan met net 3 paaltjies plat. Beste bouler vir MKK was Fernando Arendse met 2 vir 34. Bergrivier wen met 7 paaltjies.