Skip to main content

446 dié courant swartland en bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

15 November 2017

27.1%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 446

15 November 2017

Watersisteem: Cassie Steenkamp van Darling het 'n waterplan vir sy eie huis beraam. Met hierdie stelsel kan hy 17 000 liter grys- en reënwater berg. Hy span tenke, vleilandplante en pompe in om hierdie stelsel te laat werk. Sien berig op bladsy 2.

•BAM WIL NIE HARDER, MAAR SLIMMER WERK

Pionier palm prys in Warren Bam, 'n kommersiële boer van organiese uitvoertafeldruiwe en boorling van die Swartlandse dorp Saron, is die naweek aangewys as Landbouskrywers Suid-Afrika se Nuwe Toetreder tot die Kommersiële Landbou by 'n spoggeleentheid in Bloemfontein. Bam is verlede jaar tot die direksie van die SA Tafeldruifbedryfsliggaam (Sati) verkies. Hoewel Warren hom in bemarkings- en verkoopsbestuur bekwaam het, het hy homself as suksesvolle boer bewys. In 2014 het hy die Toyota New Harvest-eerbewys gewen en hy besit ‘n onderneming wat hy op huurgrond op die plaas Gunsteling bedryf. Warren neem die afgelope paar jaar deel aan Sati se voorkeurkultivarprogram waardeur hy van die jongste kultivars kon bekom. Hy beplan nóg uitbreidings vir die nuwe seisoen. Sy druiwe word deur Capespan uitgevoer, met omtrent 80% wat na Brittanje gestuur word. Die res gaan na die Europese Unie. Soos sy produksie toeneem, wil hy ook na Amerika uitvoer. Warren gebruik geldelike hulp van die Regering vir uitgebreide dienste, grondvoorbereiding, plantmateriaal, meganisasie, produksiemiddele en besproeiing. Hy wil graag in die toekoms bloubessies aanplant om sy produksierisiko’s te versprei. Hy wil ook verder op in die waardeketting betrokke raak met verwerking van landbouprodukte. Sy hoop is om nog ‘n plaas in ‘n ander gebied te bekom, sodat hy sy produksietyd kan verleng en om veranderinge in die klimaat die hoof te bied.

Warren en sy vrou Connie Bam. Foto: Helenus Kruger Vir Bam is dit 'n voorreg om deur die landbouskrywers benoem te word vir die titel. "Wanneer 'n mens op jou eie begin boer, is die primêre fokus eers om net weer die volgende jaar op die plaas te wees. "Die gedagte van kompetisies wen, is nie eens deel van die verwysingsraamwerk nie," sê Bam. Glenneis Kriel het hom vir dié toekenning benoem en die twee het mekaar nie ontmoet voor sy 'n onderhoud met hom gevoer het nie. "Wys jou net, in vandag se lewe met al sy minder mooi dinge, is daar darem nog mense wat iets positiefs het om te sê van iemand anders en ek is nog so bevoorreg dat iemand dink dat ek

goed genoeg is om my in te skryf vir die kompetisie," sê Bam beskeie. Vir hom was dit 'n hoogtepunt om met bekendes in die landbou soos Rossouw Cillers van Ceres, Louis de Kock, Charl Senekal ('n mega-suikerrietboer) en ander swaargewigte te gesels. "Charl Senekal het omtrent 'n halfuur met my gesels en ek het die heeltyd staan en wonder... Wie is ek dat hierdie groot manne tyd afknyp om met my te gesels? "Dit maak my nederig om te dink dat ek wat van 'n klein plekkie af kom die voorreg het om met sulke groot name te kan gesels." Vir Bam beteken die toekenning dat daar nog mense is wat geloof het in hul medemens. "Hierdie toekenning beteken ook dat ek my spelpeil aansienlik moet lig om die eer gestand te doen. Dit beteken nie noodwendig harder werk nie, maar slimmer werk," sê Bam. Bam en sy vennoot, Wessel van Niekerk, kyk daarna om later in tafeldruif-area te belê. "Eers wil ons die plaas waarop ons boer, maksimaal benut. Ons het nog so 50 hektaar wat ons kan toemaak met tafeldruiwe, maar eers as ons waterverifikasies afgehandel is. "Ek het tans sowat 28 hektaar tafeldruiwe vir myself. Oor twee jaar en met die genade van Bo, wil ek graag 33 tot 35 hektaar oes." Bam boer tans op huurgrond en droom van sy eie grond. "Ek sal ook graag met 'n ander gewas wil boer. My spesialiteit is tafeldruiwe en bloubessies, so die ander gewas sal sekerlik bloubessies wees. Al die planne is natuurlik onderhewig aan watersekerheid," sê Bam.

NUUS • NEWS


2

15 November 2017

It’s Good News

NUUS • NEWS Dr Marc Blackwell Snr

Repay no evil with evil

Romans 12:17-18 “Have regard for good things in the sight of all men. If it is possible, as much as depends on you, live peaceably with all men. Beloved, do not avenge your- selves, but rather give place to wrath; for it is written, ‘Vengeance is Mine, I will repay,’ says the Lord. There- fore if your enemy is hungry, feed him; If he is thirsty, give him a drink; for in so doing you will heap coals of fire on his head. Do not be overcome by evil, but over- come evil with good.” “Jesus did not promise to change the circumstances around us. He promised great peace and pure joy to those who would learn to believe that God actually controls all things.” Corrie Ten Boom. Although her sister, Betsie, died in the German’s Ravensbruck Concentration Camp, Corrie Ten Boom survived in the providence of God. Corrie was miraculously released from prison due to a ‘clerical error.’ A week after her release, all of the female prisoners from her age group were killed.” When people wrong us, we are not to repay them with harm. “Have regard for good things” Whenever we can, we must live peaceably with others. wW are not to have a spirit of revenge. Our pain is a means to magnify His grace. The deeper our pain, the greater His grace. The greater His grace, the greater His glory.

•STELSEL GAAR OP EN VERSPREI

Steenkamp bedink sy eie waterplan

Cassie Steenkamp van Darling het 'n waterplan bedink vir die hergebruik van gryswater in sy eie huis. Links bo is 17 000 liter se opgaartenks vir reën- en gryswater. Middel: Die sedimentvleiland filtertenk en die twee addisionele filters (boonste is ‘n deklaag-filter en onderste een is ‘n koolstof, sand en gruis-filter) in die voorgrond. Regs: Die hoëdruk-pomp wat outomaties aanskakel wanneer ‘n kraan in die tuin oopgedraai word, of deur die tuinwerker of die klein kraan-rekenaar. Cassie Steenkamp van Darling het besef dat hy daadwerklik 'n plan moet beraam om te verseker dat daar genoegsame water by sy huis is. Steenkamp het 'n stelsel vir sy huis ontwerp waar alle moontlike water wat in die huis gebruik word, gefiltreer en weer elders gebruik kan word. Die stelsel het 'n 17 000 liter-opgaarvermoë van grys- en reënwater. Die totale dakoppervlak se reënwater word herlei na die opgaartenke. Die water van die huis se storte, wasbakke en wasmasjien versamel in 'n opvangsput. Wanneer dié put vol is, skakel 'n pompie aan wat die water oorpomp na 'n sediment-vleiland-filtertenk. In dié tenk sak die groot deeltjies na onder en vleilandplante se wortelstelsels onttrek die swaaremente uit die water. 'n Borrelpomp voorsien suurstof aan die water en bevorder die vleilandplante se wortelgroei. Mikrobes word in die water gevoeg wat verder die vleilandfiltreerproses ondersteun en ook

gebruik word om enige reuke af te breek. Wanneer die filtertenk vol is, loop dit deur nog twee verdere filtreringsprosesse, voor die gryswater in die opgaartenks gestort word. 'n Klein 12 volt son-aangedrewe-pompie skakel aan wanneer 'n toilet in die huis gespoel word en vul dan die toilet met gefiltreerde gryswater. Die tuin word bedien met twee klein kraan-rekenaartjies wat die pomp aanskakel op vooraf-geprogrammeerde tye en die tuin word met 'n kombinasie van reën- en gryswater deur drupbesproeiing natgemaak. Volgens Steenkamp het hy ongeveer 'n dag geneem om die beplanning te doen en twee weke om die stelsel te bou. Om so 'n stelsel by jou eie huis te implementeer, is volgens Steenkamp nie te ingewikkeld nie. "As jy 'n plan het waarvan af jy kan werk en dan raad vra indien jy sukkel, sal dit moontlik wees vir enigiemand om so 'n stelsel by hul eie huis te bou. "Die groot ding is die wil om iets te doen," sê hy.


NUUS • NEWS

3

15 November 2017

•INDUSTRIE GEBRUIK PLAASLIKE MOUT

Boetiekbier proe nou pure Swartland Die kleinskaalse boetiekbier-industrie in die Swartland en Wes-Kaap gaan voortaan kan voordeel trek uit plaaslike-verboude mout, danksy die innoverende insette van twee inwoners van die Riebeekvallei. Coenraad Groenewald, knoffelboer op Grootverlangen tussen Hermon en Riebeek-Kasteel, en Rufaan de Bruyn, 'n toutoegang-optakelaar in die olie- en gasindustrie wat gedurende sy af-seisoene in die vallei woonagtig is, staan nou ook gesamentlik aan die hoof van die nuutgestigte Swartland Malthouse. Die idee vir die onderneming het voortgespruit uit gesprekke met Steve Miller, die eienaar van Garagista op Riebeek-Kasteel, wat eindelose frustrasie ervaar het met sy mout-verskaffers en die hoop uitgespreek het dat iemand hierdie bierbrou-produk plaaslik sou begin verbou. Na vele breinskrums het Groenewald en de Bruyn in 2015 aan die werk gespring en begin navorsing doen oor wat so 'n onderneming sou verg. As boerseun wat ook tydens sy universiteitsjare sy eie bier gebrou het, het Groenewald genoegsame agtergrond gehad; De Bruyn was weer op sy beurt in die verlede betrokke by 'n permakultuur-projek op Ladismith. As sulks het hulle nie die mout-projek as landbouer-groentjies aangepak nie. Swartland Malthouse, wat hierdie jaar hul eerste oesjaar suksesvol voltooi het, verbou tans mout afkomstig van nie-geneties gemodifiseerde twee-ry gars wat op die oewer van die Bergrivier gekweek word aan die hand van grootliks biodinamiese landboubeginsels. "Gars en wilde mosterd word aangeplant as wisselgewasse wat dan mettertyd in die grond teruggeploeg word as sogenaamde 'groenmis', maar dien ook ander belangrike doele. Die mosterd skei 'n klein hoeveelheid mosterdgas van die wortels af wat nadelige peste doodmaak, maar nie die mikrobiologie skaad nie. Die gars onderdruk die groei van ander bossies, verhoog die koolstofinhoud van die grond en verbeter ook die waterhouvermoë daarvan," verduidelik Groenewald. "Groot brouerye verbou hul mout teen 'n koers van 50 ton per baksel. Swartland Malthouse, daarenteen, verbou teen 'n koers van slegs 50 kilogram per baksel. Ons hanteer letterlik elke korrel met die hand. Dit laat ons toe om die mout te ontwikkel tot die spesifikasies van elke indivi-

Twee Swartlanders het besluit om hul eie mout te vervaardig en voeg nou 'n eg-Swartlandse smaak aan boutiek-bier. Foto: Stefan du Toit

duele brouer. Tans het ons twee tipes produkte - 'n basismout, waaruit alkohol ontwikkel, en drie spesialiteitsmoute (Swartland Sunset, Rooibaard, en Little John), wat bydra tot die kleur en geur van 'n bier. Ons eerste aankoper is Garagista, wat nou Swartland Malthouse-mout in onder meer hul Route 46-bier gebruik. Met ons produksie-kapasiteit en gesonde groeikurwe sal enige boetiekbiervervaardiger ons in die toekoms kan nader om vir hulle 'n doelontwerpte spesialiteitsmout te ontwikkel tot hul spesifikasies," sê de Bruyn.


4

15 November 2017

Prins groet as WKDM se munisipale bestuurder

Tydens ‘n spesiale raadsvergadering het munisipale bestuurder Henry Prins sy laaste aankondigings as administratiewehoof van die Weskus Distriksmunisipaliteit gemaak. Prins verlaat die Weskus na agt jaar aan die stuur van die munisipaliteit. Hy sluit op 1 Desember aan by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit as munsipale bestuurder. Prins, ‘n boorling van Bredasdorp, het diep spore in die Weskus getrap.

Hy is in 2007 aangestel as Direkteur van Korporatiewe Dienste by die Swartland Munisipaliteit en in 2009 word hy aangestel as Munisipale Bestuurder van die Weskus Distriksmunisipaliteit. Hy was sentraal in verskeie samewerkingsooreenkomste tussen die distrik en ander plaaslike munisipaliteite wat die standaard van dienslewering aan die publiek verbeter het. Tydens sy finale toespraak het Prins sy dank uitgespreek teenoor raadslede

en kollegas vir die geleentheid wat hy kon hê om met hul saam te werk. “Die Weskus se mense kruip diep in jou hart. Ek was uiters bevoorreg om ‘n geleentheid te kry om hier te kon werk. Vandag is uiters moeilik, omdat ek nie net kollegas groet nie, maar ook vriende. Wees verseker dat julle ‘n groot rol in my professionele en persoonlike groei gespeel het en daarvoor is ek uiters dankbaar” het hy gesê. Die burgemeester van die Weskus

NUUS • NEWS

Distriksmunisipaliteit, raadsheer Harold Cleophas, het Prins voorspoed toegewens met die pad vorentoe. “Ons groet vandag ‘n baie professionele en bekwame administrateur. Iemand wat sy werk eerste gestel het en altyd in belang van die WKDM opgetree het” het Cleophas gesê. Direkteur vir Administrasie en Gemeenskapdienste, Wilhelm Markus, sal vanaf Desember 2017 tot Februarie 2018 as Munisipale Bestuurder waarneem.

Eiewaarde bepaal eie geluk Harris nou aan stuur van Swartland-brandweer “Mense wat hulself lief het, dink baie van hulself, maar nooit aan hulself nie. Mense wat hulself nie lief het nie, dink min van hulself, maar 24 uur ‘n dag aan hulself.”Dit is met dié boodskap waarmee Ds. Fanie Kriel, ‘n pastorale sielkundige by die onlangse VLV-byeenkoms van Malmesbury afgeskop het met sy gesprek oor die ontdekking, ontwikkeling en die verstaan van jou en jou kind se eiewaarde. Volgens Kriel, wat bekend is vir sy gesprekkke op RSG se Groeipyne, lê eiewaarde die fondament van jou persoonlikheid. “Eiewaarde is die immunsisteem van jou bewussyn. Eiewaarde bepaal alles in jou lewe.” Die twee grootste gawes wat jy as ouer kan gee, is om jou kind van die Here te leer, maar ook ‘n sterk eiewaarde van kleins af te leer.” Hy sê verder eiewaarde is nie soos jou persoonlikheid, stabiel nie. “Jou emosies is labiel en gelukkig ook jou eiewaarde. Dit gaan ook op en af.” “Die kwaliteit van jou huwelik word bepaal deur jou eiewaarde. Die enigste ding van die huwelik wat nie in die opposites attrack-kategorie val nie, is jul eiewaarde. As jy wil weet wat jou eiewaarde is, moet jy kyk na jou huwe- Mia Louw, voorsitter van Malmesbury VLV saam met die liksmaat sin. Jou vriende het ook taamlik bekende pastorale sielkundige en spreker van die dag, dieselfde eiewaarde as wat jy het. Jou in- Ds Fanie Kriel. trapersoonlikheid, m.a.w die verhouding wat jy met jouself het, word bepaal deur jou eiewaarde. So ook jou interpersoonlike verhouding geld wil hê en meer erkenning.” Hy deel die twee pilare van ‘n selfbeeld, met ander. Die mense waarmee jy op jou gemak is, het dieselfde eiewaarde as jy. Jou beroep naamlik bekwaamheid en selfrespek. “Mense met ‘n hoë eiewaarde, vertrou hul word bepaal deur jou eiewaarde. Jy gaan tot op die vlak vorder, waar jy jouself sien,” verduidelik bekwaamheid en hul vaardighede, terwyl mense hy. Hy voeg verder by dat jou verhouding met die met ‘n lae eiewaarde nie in hulself glo om die Here, ook deur eiewaarde bepaal word. “Jy gaan mas op te kom nie. "Mense met ‘n hoë eiewaarde het die vernooit jou verhouding met die Here geniet as jy ‘n lae eiewaarde het nie. As jy ‘n hoë eiewaarde troue in hul reg om gelukkig en suksesvol te het, begin jy God sien volgens Johannes 15, as wees, die reg het om lief te hê en gehê te word. “’n Vrou wat in ‘n huwelik is waar die man jou vriend vir wie jy respek het, maar geniet.” Die negatiewe aspekte van ‘n lae eiewaarde haar onderdruk, se eiewaarde is ook laag, omdat is volgens hom onder meer klassisisme. “Die sy dink sy verdien dit nie om gelukkig te wees feit dat wat jy ry, waar jy bly of wat jy kry, vir nie. Mense met ‘n hoë eiewaarde glo aan hulself jou baie saak maak. Jy wil opmaak vir jou lae en staan vir hulself op, verduidelik hy. Hy voeg by eiewaarde deur jou klassisisme en snobisme. Jy dat iemand met ‘n gesonde eiewaarde sal ruimte dink jou duur kar gaan vir jou ‘n hoë eiewaarde gee vir ander mense om hom en nie ruimte weggee.”Só ook rassisme. “Rassiste sien hulself as neem nie. Pilare van eiewaarde is: ‘n hoër ras of in ‘n hoër klas, terwyl sy of haar Bewustelikheid-Mense met ‘n hoë eiewaarde eiewaarde baie laag teenoor hul eie ras is. Hy of sy dink hulle is nie goed genoeg teenoor mense leef bewustelik en doen iets aan dit wat om hulself aangaan. Om onbewustelik met ‘n lae van dieselfde ras nie.” Mense met ‘n hoë eiewaarde soek uitdagings, eiewaarde te leef, word dit wat om jou aangaan terwyl mense met lae eiewaarde die veiligheid, geïgnoreer. Selfaanvaarding – Mense met ‘n hoë eiedie bekende en die maklikste uitweg soek. “Mense met hoë eiewaarde gaan ook deur waarde aanvaar hulself vir wie hul is, terwyl storms, maar staan vinniger op. Mense met ‘n mense met ‘n lae eiewaarde nooit goed genoeg lae eiewaarde sien mislukking as persoonlik en voel nie. Selfverantwoordelikheid-Mense met ‘n hoë sien hulself as nie goed genoeg nie en kry dit eiewaarde is verantwoordelik vir hul eie geluk daarom nie reg om op te staan nie. "Mense met hoë eiewaarde soek gesonde en gee ook nie die verlede die skuld nie vir hul verhoudings, terwyl mense lae eiewaarde ander ongeluk nie, terwyl mense met ‘n lae eiewaarde ander blameer vir hul geluk of ongeluk. mense sien as ‘n bedreiging. Selfgeldenheid- Mense met ‘n hoë eiewaarde "Mense met ‘n hoë eiewaarde kommunikeer openlik, terwyl mense met ‘n lae eiewaarde spreek hul mening, sê hoe hulle voel en vra vir mompel en hulself wegsteek. ‘n Hoë eiewaarde dit wat hulle wil hê. As jy nie jouself gaan laat gee lang verhoudings. ‘n Lae eiewaarde wil net geld nie, het jy ‘n lae eiewaarde wat aggressie, vat in verhoudings, deel graag kritiek uit en be- manipulasie en passiewe aggressie (stilstuipe) na vore bring. skinder selfs hul eie vriende. ‘n Doelgerigte lewe-Mense met ‘n hoë eie“Hulle voel altyd ander mense is beter as waarde is altyd besig om iets te beplan, terwyl hulle.” mense met ‘n lae eiewaarde net lewe. ‘n Hoë eiewaarde gee onafhanklikheid. Integriteit-Mense met ‘n hoë eiewaarde “Mense met ‘n hoë eiewaarde sê hulle bepaal hul eie geluk, terwyl mense met ‘n lae eiewaarde praat altyd die waarheid, terwyl mense met ‘n alles vat vander mense en dat ander mense altyd lae eiewaarde leuens vertel. Kriel herhaal dat ‘n hoë eiewaarde aan jou verantwoordelik is vir hulle geluk of swaarkry,” kinders oorgedra kan word. verduidelik hy. “Jou kind is die gelukkigste, hoe minder jy aan Kriel sê verder mense met ‘n hoë eiewaarde leef in erkenning en konfronteer die krisis in hull hulle doen en hoe minder grense jy vir hulle stel. ewe, terwyl ‘n lae eiewaarde mense hul koppe Gee meer ruimte as grense. "Sien jou kind as ‘n objek van verwondering, soos volstruise in die grond steek. “Mense met ‘n hoë eiewaarde voel tuis in nie een van opvoeding nie. Gee jou kind meer hulself en erken wie hulle is, terwyl mense met blootstelling as beskerming. Daag jou kind uit, ‘n lae eiewaarde meer beroemd wil wees, meer maar hê hulle onvoorwaardelik lief.

Die plaaslike brandweer spog met 'n splinternuwe hoof en Roysten Harris weet hoe om hierdie warm stoel behoorlik vol te sit. Harris is in Retreat in Kaapstad gebore en het in Mitchell's Plain grootgeword waar hy sy skoolloopbaan by die Cedar Senior Sekondêre Skool voltooi het. In 1991 het hy by die vloot aangesluit en by die brandweerafdeling sy loopbaan begin. Harris het na Chevron verhuis en hier as 'n brand-offisier gewerk, voor hy na die Kaapse Wynland verhuis het om as stasie-bevelvoerder van opleiding en ontwikkeling van die junior en senior brandbestryders te werk. Hier het hy verder studeer en 'n hoër diploma in brand-tegnologie van die Suid-Afrikaanse Nooddienste-instituut ontvang het. Later het hy sy gevorderde universiteitsdiploma in rampbestuur van die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Volgens Harris is daar tans talle uitdagings vir brandbestryders, veral weens die huidige droogte. "Die droë omstandighede veroorsaak 'n uiterste brand-omstandighede en die brande kan vinnig versprei en so moeilik word om te beheer. Hierdie brande het 'n ongelooflike intensiteit en is baie gevaarlik. Die brandweer-personeel moet nou alternatiewe metodes gebruik om hierdie brande te bestry," verduidelik Harris. Vir Harris is vuur-veiligheid en brandvoorkoming 'n baie belangrike aspek van gemeenskapsveiligheid. Volgens hom sal die brandweer pro-aktief by skole en die gemeenskap besoek aflê om die veiligheidsprogramme bekend te stel. "Wanneer 'n sterk wind saam met die huidige droogte gepaard gaan, is die brandgevaar baie hoog. Ons doen 'n beroep op die publiek om ekstra voorsorgmaatreels te tref om te verhoed dat 'n brand ontstaan. Moenie sigaretstompies in

metaalhouers plaas en dit op die grond of in landerye gooi nie. Gebruik spesifieke toegewysde areas indien vuurwerke afgevuur sal word. Hou 'n ogie oor alle vure wat gemaak word en maak seker jy smoor 'n vuur heeltemal voor jy die perseel verlaat. "Wanneer die weersomstandighede droog en winderig is, dan kan 'n oop vuur baie vinnig buite beheer raak. Gebruik dan die 20/20/20reel. As die temperatuur meer as 20 grade is, die windspoed meer as 20km per uur is en die humiditeit onder 20% daal, moenie 'n vuur maak nie! Hou ook by alle nasionale bou-regulasies en maak seker dat jou erf skoon is," stel Harris voor. In geval van nood, kontak die brandweer by 022 487 9411.

Chatsworth Primêr:

Chatsworth Primêr het 'n "Pink Drive" gehou ter bewusmaking van kanker. Die skool het 'n mini-Shavathon gehou, tesame met 'n muntlegging. Skoolhoof Hendriks van die skool was die groot dryfkrag agter die projek en het saam met die leerders gepoog om die boodskap oor te dra. Dié skool wil graag ander skole uitdaag om hul leerders te bemagtig met inligting. Met die Shavathon het die leerders ook meer geleer oor die simboliek agter die spuitverf waar dit gebruik word ter ondersteuning van diegene wat deur chemoterapie haarverlies ervaar. Hendriks het ook die skool se steun aan die Relay for Life verklaar. Dit word volgende jaar op die A-veld van die Hoërskool Swartland op Malmesbury gehou. Spanne kan reeds inskryf teen R500 per span. Kontak Amber Zandberg vir meer inligting oor die Relay wat op 3 en 4 Maart gehou sal word.

Top-leerder: Shawné Marais

is aangewys as die top-presteerder van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury vir 2017.


NUUS • NEWS

15 November 2017

5


6

15 November 2017

NUUS • NEWS

SuNel's, Spies Praktyk, RSAM wen toekennings Die Malmesbury Sakekamer se jaarlikse Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie is Vrydagaand in die Malmesbury-stadsaal gehou. Hier is die wenners van vanjaar se kompetisie aangewys. In die afdeling vir klein besighede het die nuweling SuNel's Guest Rooms met die louere

Regs: Voorsitter Theuns Duvenhage en sy vrou, Sophia.

weggestap, terwyl Old Mutual Spies Praktyk die toekenning in die afdeling vir medium besighede ingepalm het. RSA Makelaars het vir die derde keer in vier jaar die toekenning gewen in die afdeling vir groot besighede. Die uitslae is soos volg:

Klein Besighede: SuNel's Guest Rooms Derma Health Die Herehuis Medium Besighede: Old Mutual Spies Praktyk

Bo: In die afdeling vir klein besighede het SuNel's Guest Rooms (Andries Burger - tweede van regs) 'n eerste plek behaal. By hom is Willa Strydom en Annika Bothma van Derma Health (tweede) en Ferdi de Beer van Die Herehuis (derde). Regs bo: In die kategorie vir medium besighede het Old Mutual Spies Praktyk 'n eerste plek behaal. Hier is Willem Relihan, Elsje-Mari Joubert, Hendrik Spies, Keith Johnson (Geard Apteek - tweede), David Hartley (Speedy - finalis). Regs: In die afdeling vir groot besighede het RSA Makelaars die toekenning gewen. Hier is Andre Botes van Agrimark (finalis), Wessel Badenhorst (Pick n Pay Malmesbury tweede), Natalie Hendrikse (Pick n Pay Malmesbury), Philip Faure (RSA Makelaars - wenner), Ericka Visser (RSA Makelaars), Stephan Niemann (RSA Makelaars), Mareleze de Klerk (Malmesbury Superspar - derde) en Delvean van Schoor (Malmesbury Superspar).

Geard Apteek JHL Ingenieursverskaffers Groot Besighede: RSA Makelaars Pick n Pay Malmesbury Malmesbury Superspar


NUUS • NEWS

7

15 November 2017

dié courant

Dagboek • Diary

Beplanning kan alles verander

Soms word 'n mens wakker gehou in die nag. Dan rol jy rond van die een kant van die bed na die ander. Jy ontdek nuwe hobbels in jou matras en na al die rondrol, weet jy presies watter uitwerking dit op jou lyf het. Dit is dan wanneer baie aan hul blinkste planne kom. Dan is daar tyd om te dink, tyd om te oordink en tyd om planne in jou gedagtes te maak. Dit is presies wat Cassie Steenkamp van Darling gedoen het. Hy het binne een slapelose nag 'n slim plan beraam om te voorsien in sy huishoudelike waterbehoefte. Hy kan nou 17 000 liter opvang en weer terugploeg in sy huishouding. Net so beplan Warren Bam ook. Hierdie nederige landbouer is trots op wat hy vermag het en glo weer in die mensdom se goedheid. Vir hom om verder uit te styg, moet hy nou begin beplan. Hy gaan nie harder werk nie, maar hy wil slimmer op sy grond te werk gaan, sodat hy meer kan vermag. Sy uitsette kan verhoog. Sy produktiwiteit verhoog en so kan uitstyg bo alles om die beste landbouer te word wat hy kan wees. As jy nie meet nie, sal jy nie weet nie. Meet dus dit wat jy wil aanpak, dan is die stryd klaar half gewen.

Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Open meeting. Contact: Billy at 073 147 6758 or Angela 082 447 5079. Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library. Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheids diens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury parkrun Every Saturday at 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury Sinethemba 16 November: Sinethemba, Malmesbury hou hul Algemene Jaarvergadering om 18:00 te Roosstraat 4. Vir enige navrae, skakel mev H Knoesen by 071 083 8383 Porterville - Voorberg 17-18 November: Come and have fun at Voorberg Carnival. Entry fee is R40 for adults and kids for R20. For any further enquiries please contact Ms Wilmie Doman at 022 931 8021 Malmesbury Aglow 18 November: Malmesbury Aglow are having their last meeting of the year at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Starting at 15:00. Refreshments will be served. Everyone is welcome. Enquries please contact Elaine Walker 072 590 6636 Windriders RVK 18 November: Die Windriders RVK hou hul jaarlikse beker-uitdeling om 18:00 by die Jan Basson Saal op Moorreesburg. Kostes beloop R100 per persoon. Vir enige verdere navrae skakel mnr J Fortuin by 072 879 9721 Moorreesburg - ghlofdag 18 November: Bridgetown Kampterrein en Getuie na Buite van NG Kerk Moorreesburg bied hul jaarlikse gholfdag op Moorreesburg aan. 'n 4-bal American scramble @ slegs R250 per persoon, wat insluit die baanfooi, broodtafel, ete en 'n prys vir elke speler.

Malmesbury Kersmark 23-26 November GPF Riebeek Vallei & Hermon 23 November: Die GPF van Riebeek Vallei en Hermon hou hul Algemene Jaarvergadering om 18:30 vir 19:00 by die Riebeek Wes Stadsaal St Michael's Primer, Abbotsdale 24 - 25 November: Die St Michael's Primer hou karnaval. Die hekke open op Vrydag om 18:00 tot 24:00 en Saterdag vanaf 14:00 tot 24:00. Die hekgelde beloop R10 vir volwassenes en R5 vir kinders Aand van Sang 25 November: Aand van Sang met Sammy Banda en Evangelis Andrew Seekoei by St Thomas Laerskool om 18:00. R30 vir volwassenes en R15 vir kinders onder 19. Vir enige navrae kontak Br Samuel 076 690 4626 Annual Advent Concert - Darling 25 November: an Annual Advent Concert in Darling to raise funds for Groeneweide Home at the NG Church, Darling at 18:30. Tickets include finger supper For any further enquries, please contact 022 492 2665 Swartbergsvlei-funduro 25 November: Die Swartbergsvlei-funduro word aangebied deur Bash Adventures op die plaas buite Yzerfontein. Bring die hele gesin vir pretwedren en meer. Registrasie vanaf 07:00. Eerste 100 inskrywings ontvang gratis kaas-hamburger. Inskrywings beloop R200 per motorfiets of kwadfiets en R100 per kind. Inligtingsessie begin om 09:45 en renne skop om 10:00 weg. Vir meer inligting, kontak Christiaan van Niekerk by 082 444 0332 of stuur 'n epos na info@bashadventures.co.za NG Swartland Moedergemeente 26 November: Die NG Swartland Moedergemeente bied aan 'n kersspel om 18:45 vir 19:30. Almal welkom Darling Young Tigers RFC 1 December: The Darling Young Tigers RFC presents their annual presentation with DJ Gaby on deck duty at the Vooruitsig Primary School Hall at 18:00. Admission is R100 per person. Bring your own XYZ Sundowners at !Khwa ttu 1 December: Join us for spectacular views, a stunning sunset, good food & wine - !Khwa ttu, R27 West Coast road at 18:00. Snack platters available at R80 (suitable for 2 to share). Transport available from

Kerke • Churches Vriend van God (AGS) Sondag-oggenddiens om 09:30 . Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200

AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178 Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 8279054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm

Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168

Shofar Sondagoggend is die diens om 9:30 en Sondagaand met die engelse diens bring Benjamin Selle die woord om 17:30 by Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 or email: info@ vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury 19 November: Pro Gratia se diens word om 09:30 by Mount Royal se konferensiefasiliteit gehou. Navrae: Maandae tot Donderdae - 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.

Veiling: Die afslaers Slabbert, Verster en Malherbe het Donder-

dag hul jaarlikse speenkalf-veiling by Klipheuwel gehou. Altesaam 813 kalwers het op veiling gegaan en 95% van die kalwers het vanuit ‘n 50km radius van Klipheuwel gekom. Kopers so ver as Natal, Vrystaat en Noord-Kaap het die veiling bygewoon. Die hoogste bod vir die dag was R42.88 per kilogram op oskalfies van 215kg. Die gemiddelde prys vir die totale veiling beloop R37.25 per kilogram, terwyl die gemiddelde gewig op 239kg te staan gekom het.


8

15 November 2017

NUUS • NEWS

Groeneweide bied 'n omvattende diens

Die Groeneweide Tehuis op Darling vier vanjaar sy 44ste jaar van diens aan dié gemeenskap. Die tehuis het destyds ontstaan toe die NG Kerk in die vroeë 1970's besluit het om 'n tehuis op te rig, hoofsaaklik om akkommodasie te verskaf vir afgetrede behoeftige persone. Checky Basson het die naamgee-kompetisie gewen en op 4 November 1973 het Huis Groeneweide sy deure geopen. Die tehuis het nou huisvesting vir 61 inwoners beskikbaar. Die siekeboeg akkommodeer ook 25 persone en die gemiddelde ouderdom van inwoners is 86 jaar. Groeneweide spog met 19 inwoners bo die ouderdom van 90 jaar. Weens die verhoogde ouderdom wanneer inwoners na die tehuis verhuis, word die mannekragbehoeftes groter en 'n personeelkorps van 36 lewer hier 'n omvattende diens aan die inwoners. Huis Groeneweide se missie is om bekostigbare, omvattende, volhoubare menswaardige

sorg en akkommodasie aan bejaardes in ‘n veilige omgewing te verskaf. Om in die doel te slaag, word talle fondsinsamelingprojekte jaarliks geloods. Die gevestigde projekte is die motor of vierwel-pretrit, die perderit-naweek, die woordprojek en die kombuisverkope van bevrore geregte en spyseniering vir ‘n verskeidenheid funksies. Sedert 2012 is drie nuwe kamers aangebou en die siekeboeg se sosiale area/eetkamer is vergroot. Die tehuis is met CCTV-kameras toegerus wat gemoedsrus aan inwoners en familie bied. Individualisering van sorg vir elke inwoner word nagestreef en dit help om ‘n huislike atmosfeer te skep. Natuurlik is geen tehuis ‘n “one size, fit all” nie en alle nuwe aansoekers word deeglik geëvalueer om te verseker dat daar in hul behoeftes voorsien kan word. Die tehuis is nie geakkrediteer om Alzheimer lyers of psigiatriese pasiënte te versorg nie.


NUUS • NEWS

15 November 2017

9

Viljoen, Vlok, Wyeth, De Lange in fokus met fotografie Johan Viljoen se "Pienk Pelikaan" het die junior afdeling gewen en was ook die algehele wenfoto van die aand.

Bo: Louise de Lange se "Middelplaas" het die senior afdeling ingepalm. Onder: Adrian Vlok se foto 8 Ball het die tema-afdeling gewen.

Clifford Wyeth se "Wise Man" was die beste in die gedrukte foto's se afdeling. Die Swartland Fotografieklub se tema vir sy November-byeenkoms was spoed. DiĂŠ afdeling is gewen deur Adriaan Vlok met sy foto "8 Ball". Clifford Wyeth van Moorreesburg het die afdeling vir gedrukte foto's gewen met sy werk "Wise Man".

In die senior afdeling het Louise de Lange met die louere weggestap met haar landskapfoto genaamd "Middelplaas". Johan Viljoen se foto "Pienk Pelikaan", was die wenner in die junior afdeling en ook die algehele wenfoto van die aand. Die Swartland Fotografieklub vergader

Klassik: Saterdag het die plaaslike orkes

Klassik by Die Bruid, Die Pixie en die Vaalhondteater opgetree. Klassik het Storietyd, die vrystelling aangebied. Ook by die geleentheid was die Afrikaanse sangeres Nedine Blom. Regs is sy saam met Melindi Charle en Fanie Velskoen.

elke tweede Donderdagaand van die maand in die keldersaal van die NG Noordgemeente op Malmesbury. Op die laaste vergadering van die jaar in Desember val die fokus op straatfotografie. Belangstellendes kan die voorsitter, Peter Hardcastle, skakel by 083 628 9668.


10

NUUS • NEWS

15 November 2017

Sportsterre:

Michelynn Andrews en Le Hannes le Fleur van Liebenberg Primêr op Malmesbury is aangewys as die skool se sportmeisie en - seun van die jaar.

Geleentheid by Swartland Munisipaliteit

Slimkop:

Chad Julies is aangewys as die top-leerder van Liebenberg Primêr op Malmesbury. By hom is skoolhoof Janine Adonis.

Leiers:

Die Laerskool Darling se hoofleiers vir 2018 is Craig Wearley (hoofseun) en Boniswa Jan (hoofmeisie). Hulle word bygestaan deur Shannon-Leigh Botto, Tashneé Korah, Storhm Kamfer, Maliq Jacobs, Tyrell Marthinus en Zeke Cornelius in die middel. Agter is Ashton Januarie, Joy Willemburg, Rivia Adonis en Anelle Jan.

Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.

Aankoper Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V27/17 • Salarisskaal: R154 296 – R200 280 p.j. (T8) Sluitingsdatum: 24 November 2017 om 12:00

Sport: Taryn Philander (links) is aangeMunisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za 132390

wys as Laerskool Darling se sportvrou van die Jaar. Craig Wearley (regs) en Surique Lesch (afwesig) deel vanjaar die toekenning as sportman van die jaar.

Akademie:

Die wisseltrofee vir die beste akademies- en buitemuurse prestasie is aan Kurcha Ahrends toegeken.

Dirkie Uys: Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se VRL vir 2018 is voor vlnr Dirk

Bester, Hendrik Smit, Fränzel Basson, Jana de Waal, Danielle Kitshoff, Annoushka Truter. Middel: Christiaan Bester, Magdel Coetzee, Marina Hanekom (onderhoofmeisie), Marchay Kalumpie, Anika Bester, Lisa Coetzee, Danika Odendaal, Marcha-Lee van der Ros, Gizelle Kitshoff (hoofmeisie), Bella du Toit. Agter: Suzanne Kotzé, TJ Liebenberg, Carla Bester, Wouter Bester (hoofseun), Louwrens Smit (onderhoofseun).


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 -----------------------------DIENSTE SERVICES BOLANDSE HOUSE SITTERS. Janman vd Linde en Johan Haasbroek het sterk integriteit. Lief vir diere en sal u Troetels voer, stap en met sorg na u woning omsien. Kontak: Janman 082 694 5001 of Johan 083 305 0449 #4585 -----------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005 -----------------------------TE HUUR TO LET Titus Eiendomme: WESBANK - 3 Slaapkamer huis. Sitkamer, eetkamer, kombuis. Groot erf @ R7500,00. Beskikbaar 1 Desember 2017. Kontak : 082 780 1380 #4588 -----------------------------TE KOOP FOR SALE Titus Eiendomme: WESBANK - R550 000. Ruim 4 slaapkamer huis met 2 badkamers. Sitkamer, eetkamer, kombuis. Groot erf WESBANK: R470 000. 2 Slaapkamers. 2 badkamers, Kombuis en leefarea. Groot erf. Kontak: 082 780 1380 #4588 -----------------------------BEDANKING SPECIAL THANKS Die Isaacs familie sê dankie vir die gemeenskap van Malmesbury vir hulle bystand tydens die heengaan van CALVYN ISAACS. Dankie vir u vertroosting -----------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

JOHNNIC NELL. 15 November. My liefste kleindogter, geluk met verjaarsdag. God se goedheid en guns op jou lewe. Lief vir jou - Mammie & uncle Herman --Geluk, vreugde, voorspoed, seëninge en klomp genade is ons wens vir jou. Lekker verjaar - Tannie, Timo, Zenobia, Tristan en Keagan ---Gelukkige verjaardag Nicky. Mag God se seën altydeur op jou rus - Boeta, Liezel en kinders

Happy "naugty fourthty". God se rykste seëninge op jou geboortedag vieringe - Met hope liefde, jou vriendin, Elmarie -----------------------------KARIN ALBERTYN. 15 November. Geseënde verjaarsdag sussa. Baie dankie vir al jou omgee en liefde. Liefde-Franny en Iman ------------------------------

SUZETTE PIETERSEN. 50 op 7 November. Baie geluk en God se rykste seën vir die jare vorentoe. Hou altyd God in gedagte. Liefde - Jou man, kinders en vriende ------------------------------

14 November. Gelukkige verjaardag EDE- LEIGH. Geniet die dag en lekker verjaar - Johnnic ------------------------------

RUITER MENTOOR "Oom Nattie". 8 November. Geluk met jou 70ste verjaardag. Geseënd om jou in ons lewe te hê. Liefde - ant Katriena, Pietie, Chris, Joey & kinders ----Oom Nattie, geluk met jou spesiale dag. Mag God jou seën met liefde, geluk, vreugde en geloof - Daddas, Klasie, Axvier, Oumyt, Stella en kinders ------------------------------

12 op 12 November. Gelukkige verjaardag JAYDEN BERLING. Mooi dag ons "witduifie". Liefde - Mammie, Daddy, susters en Tyron ------------------------------

A Big happy Birthday to CHEREL JEFFRIES - 17 November 2017. May the Lord bless you with much love -Nadia ----

11

15 November November 2017 2017 15

MARCELINO KAMIES. Geluk Mammie se seuntjie met jou sewende verjaarsdag. Geniet jou dag - Mammie Ashleen Pa Collin ----18 November. Jy moet 'n soet seun bly vir Mamma en lekker verjaar - Mamma Mary-Anne, Rozanne, Heinie & Lee-Yakim ------------------------------

LENIE BARENDSE. Mamma die beste ma ooit. Baie geluk met Mamma se verjaarsdag. Liefde altyd - familie ------------------------------

WHANIKE KAROLUS . 15 November. Gelukkige agste verjaardag. Geniet jou daggie. Baie liefde - Dalla, Mammie en Boeta ------------------------------

Geluk SKYLER met jou verjaarsdag op 19 November. God jou vele jare spaar. Liefde - Mammie, Daddy, Zario, Desmonique & oupa Willem --Dankie Vader dat u my kleindogter nog 'n jaar gedra het. Lekker dag - Ouma, uncle Redgie, Dyllan, Nikeeta, Amy en Johnay ------------------------------

15 November 2017. Veels geluk CONNIE met jou geboordtedag. Jy bly Mammie se Prinses. Lief vir jou - Mammie,Daddy en Steffie ------------------------------

Tietie vandag is dit n jaar wat jy ons verlaat het. Die gemis is nog baie groot. Liefde Lisle, Leighthon en Cavan -----------------------------RICKHANO STUURMAN. Geluk Boeta met jou verjaarsdag op 17 November. Jy is baie spesiaal en lekker verjaar - Ouma Wiesa, oupa Johnny en ander familie ------------------------------

Raai wie word nege? AMBER LEANDER. Gelukkige verjaardag Mammie se poplap. Hoop jy het 'n lieflike dag. Baie lief vir jou Mammie, Joey --"Happy Birthday" Ouma se liefling kind. Jy moet lekker verjaar. Ouma is baie lief vir jou ----Gelukkige verjaardag Ambie. Ons is baie lief vir jou. Van: Nanna en Sherwies ------------------------------

17 November. Raai wie is ses jaar oud?? LINDSAY ADONIS. Ma se blom moet lekker verjaar. Ma is lief vir jou - Ma, Pa, Ouma, Oupa en Nanna ------------------------------

ALFRED BOOYSEN. My kind, jy moet lekker verjaar. Ons is baie lief vir jou - Ma, Pa, Ouma, Oupa en Nanna ------------------------------

CHRISTINA BRANDER. 16 November. Baie geluk met ouma se verjaarsdag. Shinique Jonique en Skyler ---Baie geluk Mamma. Liefde - kinders, kleinkinders, skoondogter en seun. ------------------------------

18 November. Geluk DAYLIN met jou geboortedag. Ons is geseënd met jou in ons lewe. Lekker verjaar - Ouma, Oupa, Jou Ma en huisgesin ------------------------------

16 November. MALIK, geluk met jou verjaardag. Mag God jou vele jare spaar. Liefde - Mamma, Pappa, Jayden en familie ------------------------------

Geluk TESSY met jou verjaarsdag. Hoop jy het 'n lekker dag gehad. So lief vir jou my skat - Kayla en Tailor ---Geluk my engel hoop jy het lekker verjaar en 'n mooi dag gehad - jou boeta Tino en Ouma Annie -----------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM

JOHNY HOWBURG. Vier jaar gelede, het God u geroep - tot God ons dan weer eendag bymekaar sal bring. Liefde - vrou Evelyn, kinders en kleinkinders ------------------------------

ALFONSO, wens die hemel het besoektye gehad, dan sou ons jou graag wou 'n drukkie gee. Al ons liefde my seun. Marais en McQuinch gesin ------------------------------

CRYSTAL ADAMS. 19 November. Today a year ago you left us suddenly after a short sickbed we miss u very much - your mom and sister ----

DIRK CHRISTOFFEL WILLIAMS. 18 November sou dit jou 60ste verjaarsdag gewees het. Geluk met pa se verjaarsdag by ons Hemelse Pappa. Pa, Ons verlang baie!!! Lekker verjaar ou grote. Jou vrou Elsie, Kinders, Skoondogter en kleinkinders ------------------------------

DAVID GRAHAM TENN (Master). 13 November. Pa ia vandag een jaar in die hemel. Die verlange en gemis is groot. Baie liefde - kinders en kleinkinders ------------------------------

16 November. Vandag, vier Mammie u derde verjaardag in die hemel. Verlange en hartseer is nog baie groot - Pappie, kinders, broers, susters en familie -----------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

CHESTER STUURMAN - sag heen gegaan op 22. Alles nog onwerklik. Rus in vrede. Ons mis jou. Liefde - Ma, broer en die res van jou familie ---Ons innige meegevoel aan jou en jou geliefdes. Mag ons Hemelse Vader julle styf teen Sy boesem koester en vertroos ------------------------------

MARILIZE DU TOIT. Gebore 5 Oktober 1987 - Mamma gaan jou baie mis. Rus sag my kind - Jou ma Cynthia ---Dad het nie woorde nie. Rus sag. My hart

is stukkend. Sal jou mis - Johan Kotze ----------------------------JAAP (HASIE) JULIES. Heengegaan op 12 November. Ons gaan jou mis, maar wat die Here gedoen het, is welgedaan- Die Kaptein en Julies gesin ---Dit het tyd geword om te groet. God se tydsberekening is volmaak - Jou geliefde vrou, Magrieta Julies, kinders en kleinkinders --Met mooi herinneringe neem ons as susters en broers afskeid van jou. Jou plek is reeds leeg - Julies gesin -----------------------------


12

courant

dié

15 November 2017

Tel: 022 487 3221

NUUS • NEWS

SPORT

15 November 2017

Krieket: Die Malmesbury-krieketklub se tweedespan het die naweek op hul tuisveld teen die span van Lambertsbaai te staan gekom. Tevin Timoteus van Malmesbury het sy 100tal net-net misgeloop en sy paaltjie het op 97 geval.

•MALMESBURY MEESTERS

Groen baadjie soek nuwe tuiste Die vyfde jaarlikse RSAM Malmesbury Meesters word die naweek by die Malmesburygholfbaan gehou. Vorige wenners is Johan Ackerman (2013), Amos Schreuder (2014), Peter Willemse (2014) en Piet Basson (2016). Om aan dié gesogte kompetisie deel te neem, moes spelers oor die loop van die voorafgaande 24 maande 'n amptelike 18 putjie-kompetisie van die Malmesbury-gholfklub gewen het. Die wenner van die wenners word dan dus hier gekroon. Weens die toernooi se toenemende gewildheid, heers daar altyd 'n groot opgewondenheid as spelers hiervoor kwalifiseer. Aan die einde van Saterdag se spel, sal die vyfde RSAM Malmesbury Meesterskampioen gekroon word en die gesogte groen baadjie aantrek. Om spelers wat nie gekwalifiseer het nie ook 'n kans te gun om deel te neem, word daar inderwaarheid twee kompetisies in een gehou. Die hoofkompetisie is vir die spelers wat wel gekwalifiseer het, terwyl ander sal deelneem om die titel as Wenner van die Dag. Enige speler wat ingeskryf het, kwalifiseer

hiervoor. Die persoon wat op die dag die meeste Stableford-punte aangeteken het, wen hierdie kompetisie. Dit kan dus gebeur dat iemand anders as die Meesters-wenner hierdie kompetisie wen. Die formaat van beide die kompetisies is ‘n “Enkel Stableford:-kompetisie. ‘n Groot ekstra aansporing vir die spelers is op putjie nommer 15. Die eerste speler wat hier ‘n volmaakte geluk hou (“hole-in-one”) sou slaan, sal ‘n geskenk bewys geborg deur Malmesbury Superspar ontvang vir R100,000 se kruideniersware! Die inskrywingsgeld vir die dag beloop R250 per speler, wat ‘n heerlike aandete insluit. Spelers is welkom om hul gades na die prysuitdeling en aandete te bring. Etekaartjies vir die gades is teen R100 per kop beskikbaar. By die prysuitdeling sal daar ook ‘n gelukkig trekking vir R2,000 se vleis (geborg deur Suntec) wees. Inskrywings moet by die Malmesbury Gholfklub gedoen word. Elke speler sal ‘n geskenkpakkie van RSAM ontvang wanneer daar Saterdag by die inskrywingstafel aangemeld word.

Te perd: Anneke Steyn van Moorreesburg het onlangs eer aan haar oorlede suster, Lizel-

le, gebring toe sy aan die SA Western Mounted-spele se nasionale byeenkoms op Parys in die Vrystaat deelgeneem het met haar perd Kolbooi in die SAWMGA-klasse. Hier het deelnemers in die hoër- en laerskool-afdelings in een kategorie meegeding. Altesaam 357 inskrywings is ontvang met sewe groepe in sewe arenas wat gelyktydig deelgeneem het. Elke item moes twee keer voltooi word. Oor die drie dae moes deelnemers en hul perd in totaal aan 12 items deelneem en elke item moes twee keer voltooi word. Die vinnigste en akkuraatste tye in die twee kere is dan gebruik as punt. Anneke het die WP verteenwoordig met haar perd Angel in die SAWMGA en SANESA-afdeling. Sy het 'n tweede en vierde plek behaal. In die SAWMGAklas het sy en Kolbooi na 'n vinniger afdeling opgeskuif en moes hier oor drie dae aan 24 items deelneem. Hier het 108 ruiters sake uitgespook. In die SANESA-klasse het sy Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg verteenwoordig, waar sy 'n Graad 9-leerder is.

Sportuitslae Sports results

GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 8 November: Supa Quick - Enkel Stableford: Saberie Pietersen 21, Nic Goosen 20. Peter Willemse 19, Piet Basson 19 Vrydag Sundowner, 10 November: Supa Quick - Enkel Stableford: Ian Adams, Edmund Petersen 21, Franklin September 20, Dirk Malan 20, Martin Lesch 19 Saterdag, 11 November: Malmesbury Gholfklub - Enkel Stableford: Beaurain Herman 39, Jacques Esterhuizen 39, Johann Ackerman 39, Ewan Liedeman 38, Jacques van Zyl 38


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
446 dié courant swartland en bergrivier by DieCourant - Issuu