c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
8 November 2017
28%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 445
8 November 2017
•AANGEWYS AS VOORSITTER VAN SA DORMERS
Hanekom vat voor by SA-genootskap Erika Hanekom van Rhenosterbosrug buite Malmesbury is by die Algemene Jaarvergadering van die Dormerras op 8 September, aangewys as die eerste vrou om as voorsitter van die Dormerras te dien. Sy word ondersteun deur dr Karin Wessels van Frankfort in die Vrystaat as onder-voorsitter. Hanekom het vantevore vir 21 jaar op die Raad gedien, later as visie-voorsitter. Sy het grootgeword op die plaas Nooitgedacht in die Perdeberg, waar haar jonger broer, Kobus Basson, tans boer. Haar liefde vir die boerdery, diere en natuur is van kleins af by haar vasgelê. As oudste kind het haar pa haar orals op die plaas saamgeneem en hulle as gesin jaarliks die Kruger Nasionale Wildtuin besoek. Na afloop van haar studies aan die Grootfontein-landboukollege het sy haar pa op die plaas gehelp, aangesien daar geen werksgeleenthede vir vroue gedurende daardie jare in die landbou was nie. Skeerseisoene het sy as wolklasseerder met skeermasjienspanne by boere gaan skeer. Gedurende hierdie tye het sy haarself geleer om met die masjien te skeer en daardeur kon sy later haar veilingsdiere self skeer. Sy is in 1968 met Pieter Hanekom van Koringberg getroud. Sy pa het in 1964 die plaas Rhenosterbosrug as 'n tweede plaas gekoop met ‘n reeks bestaande Dormerkudde. As getroude paartjie het die Hanekoms die plaas sy aan sy geboer. Reeds vanaf die begin het sy die verantwoordelikheid en alle aspekte van die Dormerstoet behartig, maar was ook by die ander boerderyvertakkings soos die melkery en wingerd betrokke. "Pieter het my die ruimte gegun om op die Dormerraad te dien en om dit uit te leef waarin ek belangstel." Pieter is in 1993 na ‘n suksesvolle hartoorplanting as gevolg van verwerping oorlede. "Met twee dogters op Stellenbosch en 'n seun in matriek moes ek en my werkers alleen voortgaan. Na Alwyn se studies op Elsenburg-landboukollege, het hy hom in 1996 by my aangesluit en saam het ons met ‘n passie ‘n gedugte span gevorm." Deesdae behartig Alwyn die melkery, wingerd en saaiery wat heelwat uitgebrei het saam met die algemene plaasbestuurder, Johandri van der Walt, terwyl Erika nog alle aspekte van die Dormerstoet behartig en steeds in alles belangstel
Links: Erika Hanekom is ‘n gesoute skeerder en geniet hierdie deel van die boerdery. Onder: Worcester Weskaap Dormerveiling; hoogste prys vir ooi met tweeling. V.l.n.r. Ters Marais (afslaer), Danie Thomas (koper), Jan Olivier (BKB), Anthony Verrooi, Erika Hanekom (verkoper). Foto’s: Sonja Naudé
en gewig ingooi as dit moet. Rhenosterbosrug Dormerstoet bestaan reeds sedert 1964 en is die oudste stoet in die land. “Reeds vanaf die begin is daar hoë eise gestel om kwaliteit Dormers te teel. Deur seleksie vir top-produserende ooie, is eienskappe soos vrugbaarheid, moedereienskappe, meerlinge, melkproduksie, groeisnelheid, hoë speen-persentasie, vleisbouvorm, voerbenutting en aanpasbaarheid oor die jare vasgeteel. "Prestasietoetsing word vanaf 1973 toegepas. Uit hierdie ooie word ramme met ‘n sterk erfdwang geteel om hul eienskappe aan hul nageslag oor te dra. Dormerramme is ook by uitstek geskik vir kruisteling met enige ras om slaglammers op ‘n vroeë ouderdom aan die slaglam-mark te lewer” verduidelik Erika. Sy neem reeds vanaf 1970 ononderbroke
aan die jaarlikse Nasionale Dormerveiling op Bloemfontein deel, waar sy en haar diere oor die jare verskeie toekennings ingepalm het. Waar Dormerkursusse dwarsdeur die land aangebied word, tree sy as instrukteur op om nuwe keurders op te lei om diere volgens rasstandaarde te keur. “Dis my passie om die Dormer landwyd te sien floreer en daarom dra ek die belange van nuwe en veral jong telers op die hart. Ek sal graag wil sien dat hulle die leiding en ondersteuning van gevestigde telers sal geniet en dat hierdie telers nie hul eie belange nie, maar dié van nuwe telers eerste sal stel, veral met die aankoop van teeldiere sodat hul volhoubaar met Dormers kan boer. Hierdie jong telers is ons ras se toekoms,” sit Erika haar doelwitte vir die Dormer Skaaptelersgenootskap uiteen.
NUUS • NEWS
2
8 November 2017
NUUS • NEWS
Nuwe drankwet nou geldig
Verf: Die Elkana-kindersorgsentrum op Malmesbury het
'n nuwe gesig gekry toe dit met behulp van die Round Table op Malmesbury geverf is. Bo is die groep, gewapen met hul rollers.
Diegene wat 'n dranklisensie het, sal voortaan meer moet opdok vir die hernuwing hiervan. Voortaan sal lisensies ook jaarliks of tweejaarliks hernu kan word. Dranklisensiehouers word gemaan om te verseker dat hulle hul dranklisensie voor 31 Desember hernu om te verseker dat die lisensie vir 2018 geldig is. Die tydperk vir tydelike drankaansoeke het ook verander. Persone en instansies moet 39 dae voor die dag van die geleentheid aansoek doen, daarna sal hul ‘n boete van R350 per dag betaal vir elke dag wat hulle laat is. Die aansoek moet deur die plaaslike polisie kantoor geteken word, en hulle is dan verantwoordelik om dit self na die drankraad te epos/neem. Vir enige navraag kan hul die drankoffisier, A/O Burger kontak. Darling se drankoffisier is A/O Stuurman, Moorreesburg A/O Meyer en Riebeek-Wes Sers Arendse.
Die Afrikaanse sanger Valiant Swart het onlangs sy verhoogbuiging by Die Bruid, Die Pixie en Die Vaalhond-teater gemaak. Bo is Fanie Velskoen, Melindie Charle en hul dogter Pixie saam met Swart.
Liefie-lyfie nou oop
Liefie-lyfie is ’n splinternuwe winkel op Malmesbury wat pragtige baba-, kleuter- en swangerskapklere verkoop. Al die klere is gewilde handelsmerke wat in die Wes-Kaap vervaardig word, soos Annapatat, Butter, Just Chillin’, Likalief, Pickalilly en Cherry Melon. Niks word uit China ingevoer nie en al die produkte is van uitstekende gehalte. Ons verkoop ook baba-bykomstighede soos dummy clips, kopbande, bandana bibs en slaaphasies wat oulike geskenke vir ooievaarstees is. Ons is baie opgewonde oor die Pitta-Patta-leerskoentjies vir babas en kleuters, asook Krulkop se lieflike gehekelde items wat binnekort op ons rakke gaan wees. Gaan like gerus ons Facebook-blad (www.facebook.com/liefielyfieklere) as jy op hoogte wil bly van die nuwe voorraad wat ons inkry – daar is baie oulike goedjies op pad. Liefie-lyfie is geleë by Cherry Lane in Hugenotestraat in Malmesbury. Ons is Maandae tot Vrydae oop van 09:00–15:00 en Saterdae van 09:00–13:00.
VLV: Christine van Zyl, Malmesbury VLV bestuurslid,
Hugo Blignaut van Slimsun vertel meer oor hernubare energie en Hilletje Bekker, plaaslike arbeidsterapeut, vertel en wys hoe brei en hekel in arbeidsterapie gebruik word. Malmesbury VLV se byeenkomste sal van nou af by Renosterbos @ Myrtledene, gewoonlik elke tweede Woensdag van die maand, plaasvind.
NUUS • NEWS
3
8 November 2017
•DAG ZERO UITGESTEL MET 12 DAE
Water: Atlantis staak onttrekking uit Voëlvlei Dag Zero, oftewel die dag wat die krane in die Swartland sal opdroog, kan moontlik met 12 dae uitgestel word. Dit kom ná Atlantis, wat onder andere ook water vanuit die Voëlvleidam ontvang, voortaan alternatiewe waterbronne sal gebruik. Volgens Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, ondersoek die stad talle moontlike waterbronne. "Ons het baie van die boorgate rondom die Weskus opgeknap om die produksie van die Artificially Recharged Aquifer-sisteem, te verhoog," aldus De Lille. Voor die instandhoudingswerk aan die boorgate, het die netwerk ongeveer vier miljoen liter water per dag gelewer. Hierdie syfer het pas met vyf miljoen liter gegroei. Hierdie boorgat-netwerk is gesink by Witzands en Silwerstroom en lewer gesamentlik sowat nege miljoen liter water per dag aan Atlantis. Volgens De Lille sal Atlantis nou selfonderhoudend kan word en nie aangewese is op die aanvulling van die Voëlvlei-stelsel nie. Volgens burgemeester Tijmen van Essen van die Swartland
Munisipaliteit, is dit nie net alleen Atlantis wat water vanuit die Voëlvleidam ontvang het nie, maar ook 'n deel van Durbanville en Plattekloof. "Die stad is geregtig op 92% van die dam se water, maar die pyplyn kan nie meer as 200 megaliter per dag vervoer nie. Dus gee dit jou so 60% van die water," verduidelik Van Essen. Kaapstad gebruik tans ongeveer 20 megaliter water per dag, wat ongeveer 12% van die totale gebruik van die dam verteenwoordig. Volgens Van Essen is dit moeilik om te bepaal watter impak die ontrekking van Atlantis aan die water van die Voëlvleidam sal inhou. "As jy kyk na die hoeveelheid wat hulle uit die Voëlvlei onttrek en deel dit deur die helfte, dan gebruik Atlantis moontlik sowat 10 megaliter water per dag. Indien hulle dit uit die boorgate sal kan onttrek, verminder dit die verbruik na 10 megaliter, oftewel 50%. "Dit kan die tydperk wat Swartland water uit die dam onttrrek met 12 dae verleng. Dus sal Dag Zero dan met 12 dae uitgestel word," verduidelik Van Essen.
Herstelwerk aan R45 begin
Die departement van vervoer en publieke werke het pas begin met onderhoudswerk aan die R45 tussen Malmesbury en Paarl. Hierdie projek beloop R32 miljoen en die onderhoudwerk behoort na raming in middel 2018 voltooi te wees. Dié spesifieke deel van die R45 is laas in 1981 oorgedoen. Die huidige oppervlak is besig om agteruit te gaan en toon ook 'n verlies aan klippe, asook die teenwoordigheid van krake. Dit laat toe dat water die struktuur binnedring. As gevolg hiervan was dit oor die afgelope jare nodig om stuk-stuk die padoppervlak reg te maak. Die onderhoudswerk sluit die herseël van die pad in. Dit sal die leeftyd van die bestaande sypaadjie-strukture verleng. Die projek sluit die herstel van beskadigde "culvert inlet and outlet-strukture, die installasie van skouers en nuwe pad-merke aan. Konstruksie sal plaasvind oor die helfte van die breedte van die baan, dus sal eenrigting-verkeer plaasvind met stop-ry-tekens wat die verkeersvloei sal beheer. Motoriste kan wagperiodes van 15 minute verwag.
WCCF: West Coast Community het op hul jaarlikse konferensie en Algemene Jaarvergadering by die Melkbos Oppiesee gehou. Die forum bedank almal wat bygedra het om die konferensie suksesvol te maak.
Die twee NG-gemeentes van Malmesbury het gister 'n ete vir die senior burgers van die dorp aangebied. Dit is die tweede jaar wat die twee gemeentes saamspan om dié ete 'n sukses te maak. Met die ete word daar hulde gebring en uitgereik na die senior burgers wat eens 'n baie aktiewe rol in die gemeenskap gespeel het.
4
NUUS • NEWS
8 November 2017
dié courant
Vroue vat voor
In 'n samelewing waar almal gelyke regte geniet, sien ons tog soms dat daar faksies in die samelewing is wat nie altyd so regmatig behandel word nie. Dit is veral die geval met vroue. In Suid-Afrika geniet vroue die voordele wat mans geniet, maar elders in die wêreld het vroue geen seggenskap nie. Hulle het nie eens stemreg nie en word as eiendom van hul familie, eggenote en vaders gesien. Ja, Suid-Afrika het sy foute, maar as dit kom by gelykheid, veg Suid-Afrikaanse vroue hard om hulself te laat geld. Op tuisbodem is 'n pionier vir vroue Erika Hanekom van Renosterbosrug. Hier het jy te doen met 'n vrou wat raakvat. Sy staan terug vir niks en niemand en dit in 'n wêreld wat grotendeels deur mans gedomineer word nie. Sy skeer saam skape, sy vat voor by 'n SA-genootskap, sy werk net so hard saam op die plaas en sy stel 'n voorbeeld aan haar werknemers. Nie net hulle kan haar as voorbeeld volg nie, maar elke vrou kan daarna streef om so onafhanklik en selfonderhoudend soos hierdie raakvatter te wees.
Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Die volk wat hulle God ken sal vashou en optree
In hoofstuk elf van die boek Daniël, kry ons voorspellings wat aan die einde van die tyd gaan gebeur. Dit dui nie op die ballingskap van Israel nie, hulle is reeds in ballingskap, Daniël kry inligting van wat verder gaan gebeur. Daar is konings van die Persiese ryk en van Griekeland, en later van die Noorde en die Suide, en van Egipte, daar word ook verwys na die Pragtige Land (Israel). Die koning sal die wat die verbond verlaat (verhouding met God), sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk (mense) wat hulle God ken, sal vashou en optree. Die Woord is die Waarheid, Psalm eenhonderd-en-negentien vers nege-en-tagtig getuig dat die Woord van die HERE vir ewig vasstaan in die hemel, dit is waaraan die volk van die Here sal vashou, en optree. Hulle sal leiding neem en hulp verleen waar nodig. Die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring, maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank. Baie sal uit listigheid by hulle aansluit, maar daar sal loutering en reiniging en suiwering plaasvind, tot op die tyd van die einde. Laat elkeen van ons seker maak dat ons deel is van die volk van God, deur geloof in Jesus Christus te bely.
VVA samel R92 000 in vir Aandskemering
Langtafel: Op die 20ste Oktober het Moorreesburg Lionsklub die wins van die Lang-
tafel-ete aan Huis van Heerde Jeug-sentrum oorhandig. Die wins was moontlik vanweë die feit dat die spyseniers van die dorp, Pauline en Lolandri Schreuder, Marinda en Muriël Lategan, Malita en Maudri Joubert, Jaco en Sharon Hanekom, Ruan van Heerde, Martie du Plooy en Wilinda Hanekom hul dienste gratis tot die Lions se funksie beskikbaar gestel het. Bo: Lions Ron van den Heever, Chris Koch, Mornè, Francois Marais, Hendrik van Greunen, Danie Jordaan (pres) Dries Ludick, Karin van Bosch (Huis van Heerde), Leon Thomas, Johan Kotze, Robbie Britz, Clifford Wyeth, Neville van Rensbrug. Voor is Jurgens Hanekom en Gerry Kuhn.
Nuwe klub: Die Malmesbury Physical Culture Club Saterdag die deure na hul splin-
ternuwe gimnasium by die Wesbank-sportgronde geopen. Bo is Andrew Jacobs (lewenslange lid), Gabriel Noel (lewenslange lid), Sameul Solomons (lewenslange lid), Faiza Petersen (klublid) en Rodney Mquire (klublid).
Die VVA (Vriende van Aandskemering) is 'n groep van 10 vroue wat behoorlik woeker met hul talente en verteenwoordig die kinders en familie van inwoners van die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury. Hierdie vroue hou fondsinsamelings om sodoende fondse te bekom waarmee die inwoners bederf word en nodige bederf-toerusting vir Aandskemering aangekoop word. Sedert September 2016 is daar talle bederfgeleenthede vir die inwoners aangebied - onder andere twee High Tea's van hoogstaande gehalte, een oggend vroeg ‘n warm ontbyt by spesiaal
BeanTree bied smullekker disse
As jou voete oor die drumpel van die Malmesbury Superspar gaan, kielie die reuk van die smullekker disse vanuit BeanTree jou neusvleuels. Die nuwe toevoeging tot die winkel word goed deur die publiek ondersteun en die spyskaart sal aan al jou smul-behoeftes voldoen. 'n Gewilde item op die restaurant is die hoender snitzel. Dit is 'n smaaklike gereg met talle bykomstighede en jy kan seker wees dat jy waarde vir jou geld kry met hierdie dis. BeanTree skep 'n baie rustige en gemaklike atmosfeer. Of jy nou na 'n gym-sessie kom inloer, of die familie bring vir 'n Sondag-ete. By BeanTree sal jy altyd welkom en tuis voel. Hul suksesresep is geskoei op billike pryse, puik kwaliteit en konsekwentheid. By BeanTree weet jy wat jy kry as jy hier kom aansit vir iets
om te eet. Die drankies wat hulle aanbied voldoen ook aan alle behoeftes. Hulle spog met gewilde Crushes, Freezo en Smoothies en beskik oor 'n verskeidenheid koffies. Die restaurant kan op spesiale versoek ook vir privaat funksies bespreek word. As jy lus is vir 'n dekadente pizza, moet jy Woensdag by BeanTree inloer, want dan het hulle 'n 30% afslag op hul 'wood fired' pizza. Daar is ook gereeld verskillende geregte wat nie op die spyskaart verskyn nie, so hou die swart bord voor die winkel of hul Facebook-blad dop. BeanTree is nog een van die SPARgroep se suksesvolle konsepte en verseker dat Malmesbury Superspar 'n gewilde besoekpunt is vir restaurantgangers.
gedekte tafels, die versiering van die hele tehuis vir Kersfees, asook ‘n drie-gang Kersete waar die kinders en families kon kaartjies koop en die dag gesellig saam met die inwoners deurbring. Busuitstappies op versoek van die inwoners, ‘n vrugtefees waaroor baie ander net kan droom, nuwe televisies en DVD-spelers vir al die sitkamers, moedersdag- en vadersdag geskenkies vir elke inwoner, ‘n aluminium stoepdeur van R8,200 by die nuwe stoep, groot hoeveelheid komberse en handdoeke vir die siekeboeg is aangekoop. Die bo-siekeboeg se eetkamer is uitgeverf en rakkies is by elke kamer aangebring vir pasiënte se lêers. 'n Groepie is op 'n uitstappie deur die koringlande geneem en daarna in die dorp met koek en tee bederf. ‘n Praatjie is gereël waar hul kon luister na Malmesbury van die verlede en tee en eetgoed is bedien. ‘n Braai-ete met warm nagereg een Saterdagaand wat voorafgegaan is deur die samesang van FAK-liedjies onder leiding van Francois en Wilana Henn, is ook aangebied. Al die funksies van Aandskemering is ook op 'n grootskerm-televisie vertoon. Hier het die inwoners aan springmielies gesmul asook ander lekkernye. 'n Snoepiediens word ook die afgelope jaar vrywillig aangebied. Al hierdie geleenthede is deur die VVA finansier en beloop oor periode van 14 maande ‘n bedrag van R76,327 plus bydraes wat deur hierdie vroue self gemaak is. Die inwoners geniet en waardeer alles wat vir hul gedoen word en sien gedurig uit na die volgende bederf. VVA is baie dankbaar vir hulp en ondersteuning uit die gemeenskap asook vanaf kinders en families van inwoners en elke sent wat ingevorder word, word tot voordeel van inwoners, asook Aandskemering aangewend. "Baie dankie ook aan die ander helftes van hierdie dames, sonder die manne se hulp, sou ons dit ook nie kon doen nie." Hierdie groepie vroue doen hierdie werk vrywilliglik en ontvang geen vergoeding daarvoor nie. Daar word tans ook beplan om een van die badkamers in die tehuis op te knap. Die plaasstalletjie by die Bakgat Môreson Plaasfees is deur die vroue van die VVA georganiseer en vir drie dae is daar stalletjie gebou en stalletjie beman en weer opgepak en die wins van R16,572.40 van hierdie stalletjie word nou aan Aandskemering oorbetaal en beloop die VVA se skenkings aan Aandskemering dus ‘n bedrag van ongeveer R92,900 oor die periode van 14 maande. Persone wat enige navrae het oor die werking van die VVA of oor hul visie en missie is welkom om by Mareta Stodart by 082 574 0696 (sameroeper van die VVA) navraag te doen.
NUUS • NEWS
8 November 2017
Hou jou lyf gesond vir die jare wat nog wag
Dagboek • Diary
Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Open meeting. Contact: Billy at 073 147 6758 or Angela 082 447 5079. Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library. Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheids diens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury parkrun Every Saturday at 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury Riebeek Vallei Spesiale Skool 10-11 November: Die Riebeek Vallei Spesiale Skool hou Karnaval. Vir enige navrae skakel me H Charles by 022 461 2241 of e-pos na riebeeckvss@telkomsa.net Klassik Storietyd 11 November: Klassik stel hul Storietyd-plaat bekend by die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond-teater in Riebeek-Wes om 19:00. Kostes beloop R50 per persoon. Besprekings kan gedoen word by 083 475 9395 of stuur 'n epos aan fromthetopre@telkomsa.net. Kinders van die ses 11 November: Kinders van die ses bied aan Jou ma bly jou ma by St Thomas Skoolsaal om 20:00. Kostes beloop R80 vir volwassenes en kinders tussen 6 en 13 is R40. Vir enige navrae skakel 022 486 4840 of Ebrahiem by 071 053 0067 Elkana Childcare Concert 12 November: The Elkana Chilcare are hosting a concert " Choose to rise" at the St Thomas Primary Hall at 15:00. For any further information contact them at 022 486 4178 or admin@elkanachildcare.co.za Sinethemba 16 November: Sinethemba, Malmesbury hou hul Algemene Jaarvergadering om 18:00 te Roosstraat 4. Vir enige navrae, skakel mev H Knoesen by 071 083 8383
Porterville - Voorberg 17-18 November: Come and have fun at Voorberg Carnival. Entry fee is R40 for adults and kids for R20. For any further enquiries please contact Ms Wilmie Doman at 022 931 8021 Malmesbury Aglow 18 November: Malmesbury Aglow are having their last meeting of the year at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Starting at 15:00. Refreshments will be served. Everyone is welcome. Enquries please contact Elaine Walker 072 590 6636 Windriders RVK 18 November: Die Windriders RVK hou hul jaarlikse beker-uitdeling om 18:00 by die Jan Basson Saal op Moorreesburg. Kostes beloop R100 per persoon. Vir enige verdere navrae skakel mnr J Fortuin by 072 879 9721 Malmesbury Kersmark 23-26 November GPF Riebeek Vallei & Hermon 23 November: Die GPF van Riebeek Vallei en Hermon hou hul Algemene Jaarvergadering om 18:30 vir 19:00 by die Riebeek Wes Stadsaal Aand van Sang 25 November: Aand van Sang met Sammy Banda en Evangelis Andrew Seekoei by St Thomas Laerskool om 18:00. R30 vir volwassenes en R15 vir kinders onder 19. Vir enige navrae kontak Br Samuel 076 690 4626 Annual Advent Concert - Darling 25 November: an Annual Advent Concert in Darling to raise funds for Groeneweide Home at the NG Church, Darling at 18:30. Tickets include finger supper For any further enquries, please contact 022 492 2665 NG Swartland Moedergemeente 26 November: Die NG Swartland Moedergemeente bied aan 'n kersspel om 18:45 vir 19:30. Almal welkom Yzerfontein Annual Snoek Classic 15-16 December: Be part of the Yzerfontein Annual Snoek Classic 2017. Entry fee for YBC members are R330 and non-members the amount of R380. The Junior o/16 is R200. For any further information please contact Theunis Kruger at 083 306 5510 or visit www.yzerboatclub. co.za
Kerke • Churches Vriend van God (AGS) Sondag-oggenddiens om 09:30 . Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200
AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178 Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 8279054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm
5
Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168
Shofar Sondagoggend bring Benjamin Selle die woord om 9:30 en Sondagaand is engelse diens waartydens De Waal Esterhuizen sal preek om 17:30 by Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 or email: info@ vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury 29 Oktober: Pro Gratia se diens word om 09:30 by Mount Royal se konferensiefasiliteit gehou. Navrae: Maandae tot Donderdae - 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
As jy jonk is, is jou ouer dae iets wat ver in die toekoms lê. Dit is egter belangrik om te onthou dat die werk wat jy nou doen, later vrugte sal afwerp. Begin dus nou al bou aan die liggaam wat jy eendag gaan nodig hê.
Dieselfde geld vir prostaatondersoeke en ‘n mammogram– en borsondersoek en papsmeer (laasgenoemde 2 moet jy jaarslik al doen vanaf 30) wat deel van jou lewe moet word teen 50. Dis bloot dom om nie te gaan nie.
Moenie jou dieet aanvul met omega 6 nie, dit kom byna in alles kosse voor en jy het dit nie nodig nie. Omega 6 is nie net ‘n vet wat energie verskaf nie, maar kommunikeer met gene en is betrokke by die uitdrukking daarvan. Te veel omega 6 veroorsaak sistemiese inflammasie – dit is die begin van kanker en hartsiektes. Merkers van sistemiese inflammasie kan in die bloed opgespoor word.
Jy kan nie detox deur jou voete nie. Ook nie deur baddes en pleisters nie, ook nie deur ‘n enema in jou derms in te druk nie. ‘n Gevaarlike praktyk – wat as jou derm stukkend gesteek word? Daar is niks in jou vel wat kan detox of iets ‘uittrek’ nie, daai mense besteel jou. Die organe wat detox is jou lewer en niere. Dis al.
Te veel anti-oksidante is gevaarlik en lei tot kanker. Anti-oksidante is: vitamine A, E, D, E en beta-karoteen. Dit is vetoplosbaar. Indien jy oor die langtermyn die voorgestelde daaglikse dosis oorskry, word dit verbind met verskeie tipes kanker. Jou liggaam moet ‘n balans hê tussen vrye radikale en anti-oksidante. Moenie wanneer jy dieet kaas en melk heeltemal uitsny nie, en mense doen dit altyd. Dit is so belangrik vir enige vrou en ook vir ouer mans. ‘n Mens se bene is op hulle optimale digtheid tussen 20jr en 30jr – daarna kan jy doen wat jy wil, jy verloor been. Jy kan soveel pilletjies drink van die apteek jy kan niks doen nie, net middels soos Protos, Fosamax en dies meer kan weer been bou in ouer vroue. Maar dit is van uiterste belang dat jong vroue en tienermeisies se BMI nooit onder 20 moet wees nie. Die ideaal is tussen 20 en 25. Gaan vir ‘n kolonoskopie op 60 en weer op 65 en daarna. Teen die tyd wat jy gaan pyn voel vir die kanker kan jy maar jou grafsteen soek.
Daar is nie iets soos ‘n fat burner, metolistiese kick-starter en al daai nonsens nie. Die produkte bevat kaffiëne (veels te veel) en ander middels, sommige onwettig wat nie net tot depressie kan lei nie, maar jou hart kan beskadig. Dis altyd beter om alles wat jy nodig het in te kry deur kos, eerder as om voedingsaanvullers, sogenaamde “natuurlike produkte” en dies meer te sulk. Net omdat jy dit nie op ‘n voorskrif kan kry by die “gesondheidswinkel” nie beteken nie dit is effektief nie, maar nog meer, dit kan gevaarlik wees, veral vir jou niere en lewer. Omdat die produkte nie klinies getoets is nie weet niemand wat regtig daarin is nie. Dit word ook nie beheer deur die Medisyne Beheerraad nie. Dit is nie waar dat ons kos nie voedsaam genoeg is nie, tot die margarien en brood is verryk. Die feit is “more is not more” en niks wat jy ekstra neem, tensy dit voorgeskrewe behoorlike medikasie vir ‘n bepaalde siekte is, gaan jou langer laat lewe of jou “DNS herstel” nie. Dit is die lewe. Ons leef net so lank. Ons kan nie tyd koop nie. Ongelukkig. - Rosalind Franklin
6
8 November 2017
NUUS • NEWS
Bewusmaking: Jenetta Mentoor van Moorreesburg het op tuindag 'n projek
gedryf om kinders te leer om water te spaar. Hier is hulle geleer om tuine mooi te hou, ten spyte van die water tekort. Die 15 Oktober op het ons tuinbou dag gevier en kinders blootgestel hoe om tuine mooi te hou met die water te kort waarin die Swartland homself bevind. Hier het die jongklomp van plastiek blomme gemaak, asook bottels en doppies.
Tennis:
Die Malmesbury-tennisklub het Saterdag teen die spanne van Brackenfell, Bottelary en Wellington te staan gekom. Sien uitslae agter.
NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #3365 --------------------------------DIENSTE SERVICES BOLANDSE HOUSE SITTERS. Janman vd Linde en Johan Haasbroek het sterk integriteit. Lief vir diere en sal u Troetels voer, stap en met sorg na u woning omsien. Kontak: Janman 082 694 5001 of Johan 083 305 0449 #4585 --------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/ 084 794 7528 #2005 --------------------------------TE HUUR TO LET *Sakepersele in Malmesbury vanaf R3000 tot R10000. Skakel 083 658 4996 *Woonstelle - R4370 per maand. Geen kinders. Skakel 083 658 4996 ----Ruim en netjiese, een slaapkamer-woonstel met binnebraai te huur in Malmesbury. Vol DSTV, alarm en onderdak-parkering. Krag en water ingesluit teen R4500 per maand. Addisionele deposito van R4500 vooruitbetaalbaar. Kontaknr: 084 592 8287 --Titus Eiendomme: WESBANK: R7500,00. Nuwe 3 slaapkamer huis in goeie area. Beskikbaar 1 November 2017. Kontak: 082 780 1380 --Stoor te huur - 294m² met werf beskikbaar 1 Desember. Hoek Schoonspruitweg en Vergenoegslot (gedeelte van gebou links van Trentyre). Lennard van Wyk 083 283 7994 #4586 --------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS
CHRISTOPHER FARAO. 12 November. My liefste babaseun. Geluk met jou verjaardag. Baie lief vir jou, my engelkind. Liefde - Mammie ---------------------------------
CHRIZAAN JOUBERT (Jantjie Kat). 7 November. Baie geluk ons blompot met jou vyfde verjaardag. Jy is ons sonstraal. Liefde – Ouma
8 November 2017
Tilla, Oupa Christie, Pappie, Boeta Jacques en Devoné ---------------------------------
9 November. Geluk KEISHA met jou kroonverjaardag. Bly die niggie wat jy is. Liefde Kyle, Andrew, Joel, Kady, Andre, Leacim & Liam ---------------------------------
ROSWINN & CORINNE COMBRINK – Happy tenth anniversary my children. Blessings on your marriage – Mommy Veronica ---------------------------------
CHARLTON SEDEMAN – Happy 21st birthday on 11 November 2017. We hope your big day is filled with lightness, lighter and lots of memorable moments. Stay as sweet and kind as you are. Love – Daddy, Aunt Dephne, sisters, Devon & Grandma Bertha ---------------------------------
14 November. Geluk ons Zaarkie-blom met jou sesde verjaardag. Ons is geseënd met jou in ons lewe. Liefde – Mammie Yolanda, Ousus Yolandri en boeta Jordan ---------------------------------
ALLISTAIR WILLIAMS. 4 November. Baie geluk met jou verjaardag. Jy is baie spesiaal vir ons. Lekker verjaar. Liefde – Ma, stiefpa, broer en suster ------------------------------
CARTER SMIT. Lekker verjaar. Lief vir jou – Ouma Joanie, Mammie en Pappa ------------------------------
broers en Tailor ---------------------------------
BENZANE TIETIES. 10 November. Geluk met jou mondigwording. Mag God jou seën. Van: Mammie, Oupa, Ouma en jou boeties en sussies. ---------------------------------
10 November. Veels geluk SANNA JANTJIES met u verjaardag! Mag God u ryklik seën met gesondheid en liefde – Nadia & V'Tino ---------------------------------
ELIZABETH BEUKES “Woman of Strenght”. Baie geluk met Mammie se 50ste verjaarsdag. Die beste Ma ooit. Liefde – Manlief, kinders en kleinkinders ---------------------------------
PIETER BEUKES – Geluk met Pa se 49ste verjaarsdag. Ons is baie lief vir Pa, wat vir ons die wêreld beteken - Vroulief, kinders en kleinkinders ---------------------------------
Raai wie word 50?? Alle seënwense vir Mamma. Geniet u dag. Abigail, Akeelah, Payton, Abraham, AJ, Antony en André ---------------------------------
09 November. Baie geluk met jou verjaardag SHELDON. Bly asb die filantroop wat jy is. Van: Lepushke en ouma ---------------------------------
Raai wie word 19 op 8 November? Gelukkige verjaardag NIEKA. Mooi dag en lekker verjaar Mammie, Daddy, susters,
LYDIA FORTUIN. 8 November is Mammie 69. Baie geluk, mag dit ‘n geseënde dag wees. Liefde – Jacques. Levy en Rochelle --------------------------------MARY BOCKS. Veels geluk met jou verjaarsdag en alles wat mooi is - Jou vriendin, Lydia --------------------------------ASHLEIGH RILEY LOUBSER. Gelukkige eerste verjaardag op 30 Oktober- Mammie, Rihaadt , Oumas, tannie Triessa. pa en familie --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
ANGELINE COETZEE. Oorlede 3 November 2016. ‘n Jaar alreeds verby, maar die verlange bly groot. Ons mis Mammie baie. Sag rus. Liefde – Coetzee-gesin ---------------------------------
ANNATJIE STROEBEL - Ek so verstom. Dankie vir alles wat jy vir my gedoen het in die lewe! Rus sag tot ons weer ontmoet my “sussie”. Liefde Karin ---------------------------------
FONSO, 8 November is jy vyf jaar van ons geskei. Ons mis jou. Rus in vrede. Jou vrou, Sani, Chantel, Gilormor , Risie en Leo ---------------------------------
ANNA ELIZABETH DE KLERK (néé Koopman). 9 November. Jou eerste verjaardag in die hemel. Van: jou gebedsmaatjie – Bertha, kinders & Willemien en kinders ---------------------------------
JOHANNES FORTUIN. 13 November is Pappa twee
jaar van ons geskei. Mis jou. Rus in vrede – Jou vrou, Lydia, en kinders Rochelle, Jacques en Levy --------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY
CALVYN JONATHAN ISAACS (Kanna), skielik heengegaan. Gebore: 27 Februarie 1969. Sterf : 31 Oktober 2017. Begrafnisdiens : 11 November 2017. Besigtiging om 12:00 en die diens om 13:00 te St. Thomas Anglikaanse Kerk, Malmesbury -----------------------------
JOHN JACOBUS APOLLIS. Died: 31 October 2017. Funeral: Sunday, 12 November at the Reformed Old Apostolic Church, Varing Street. Viewing at 13:00 and the service at 14:00 ---------------------------------
7
8
courant 8 November 2017
SPORT
dié
Tel: 022 487 3221
NUUS • NEWS
8 November 2017
Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 1 November: Supa Quick - Enkel Stableford: Johann Ackerman 24, Eben Lingeveldt snr 21, Lothar Buhr 21, Piet Basson 20, Sakkie Klasen 20, Donato Stelluto 20 Vrydag Sundowner, 3 November: Supa Quick - Enkel Stableford: Ewald Liedeman 21, Johann Ackerman 19, Jacobus Snyders 18, Marais Erasmus 12 Saterdag, 4 November: NG Kerk Swartland-Noord Gholfdag - Beterbal Stableford: Johan Steyn & Pearl Steyn 52; Jacobus Snyders & Marais Erasmus 50, A Botha & F le Grange 50; G Gibbons & M Kemp 50; B vd Westhuizen & Piet Basson 48
Krieket: Die Malmesbury-krieketklub het op hul tuisveld teen die span van Tulbagh Pioneers te staan gekom. Hier hou Bentley Pieters sy oog sekuur op die bal, terwyl Andru Serdyn aan die anderkant van die penne ondersteun.
Knikker:
Rudi Swarts van die Piketberg Krieketklub het die naweek behoorlik die paaltjies laat knikker in die klub se wedstryd teen Malmesbury. Swarts het nege paaltjies laat kantel en slegs 18 lopies afgestaan in sy toegelate 10 boubeurte. Vir sy skitterspel is hy deur Krieket Suid-Afrika aangewys as hul klubspeler van die week.
•SPAN KRAAI KONING OP DIE SETPERK
Rola VW rol ‘n storm los Rola Mastercars is die kampioene van die 2017 Sakemanne Rolbaltoernooi. Alhoewel hulle hul laaste wedstryd teen CPM 2-12 verloor het, het hulle goed genoeg gevaar in hulle vorige drie wedstryde om as kampioene gekroon te word. Die naaswenners was Nova Feeds, met die Care Bears wat die derde plek behaal het. Hulle verteenwoordig ‘n selgroep van die SwartlandNoord gemeente. Vanjaar se toernooi was weer ‘n baie groot sukses, met 75 spanne wat oor sewe aande sake uitgespook het vir ‘n plek in die finaal. Die twee boonste spanne van elke aand op die punteleer, het hiervoor gekwalifiseer. Altesaam 44 besighede, skole, landbouers, SAPD, SAKD en individuele groepe was verteenwoordig. Altesaam vier skole het deelgeneem, met Riverlands Primêr wat aan twee van hulle graad sewe leerders die geleentheid gebied het om hulle staal te kom toon. Daar was ook vier spanne wat die boerdery gemeenskap verteenwoordig het. Elke aand het vir groot pret onder die deelnemers gesorg, en kort-kort het deelnemers mekaar uitgedaag om te verbeter op wie die skoot lê. Die klub bedank graag almal wat deelgeneem het vir hulle ondersteuning van die projek, en moedig die besighede aan om van die klub se fasiliteite gebruik te maak vir spanbou-sessies. Van die deelnemers wat gereeld deelneem het goeie
Die span van Rola Mastercars 2 is as die kampioene gekroon. spel gelewer, en volgens Roux Vermeulen, die klub-president, hoop hy dat van hulle sal besluit om aan te sluit by die klub om rolbal as sport te beoefen.
Die amptelike speltye is Dinsdae en Donderdae om 18:00, en Saterdae 14:00. Belangstellendes kan vir Roux kontak op 0834789616, of André Halvorsen op 0832617573.
KRIEKET MKK vs Tulbagh Pioneers. Tulbagh Pioneers kolf eerste en teken 110 lopies aan. Beste boulers vir MKK was Donovan Dudley met sy beste boul syfers in sy loopbaan (7/38) en Divann Robertson met 1/9. MKK gaan kolf en kry die wen lopies met net 3 paaltjies plat. Beste kolwers was Ruben Bouwer met 52 nun en Sergio Rooms met 16. MKK wen met 7 paaltjies. MKK2 het ook vir Piketberg 2 op Piketberg gewen met 15 lopies Piketberg 1 teen Stellenbosh & Distrikte Beste Kolwers P. Dietrich 50 lopies, L. Fredericks 45 lopies J. Klaasen 35 lopies Beste Boulers L. Ochkhuis 4/45 J. VD Merwe 2/28 Piketberg 2 teen Malmesbury KK Beste Kolwers W. Skippers 67 lopies , W. Maarman 27 lopies , C.Adams 11 lopies Beste Bowlers R. Swarts 9/18 L. Stuurman 2/1 TENNIS Suid Boland Tennis Uitslae : B-span teen Bottelary(Stellenbosch) Malmesbury A wen Brackenfell A 4 wedstryde teen 2. Jarryd Howard k J.P. Marais 6/3 6/2; James Howard k D. Don 6/0 6/0; Antonette Snyman v M. van Wyk 4/6 4/6; Gabbi Rose k H. Theron 6/3 6/3; Jarryd Howard & Antonette Snyman v J.P.Marais & M.Van Wyk 0/6 6/7 James Howard & Gabbi Rose K D. Don & H.Theron 6/2 6/3 Malmesbury B wen Bottelary A 4 wedstryde teen 2 Dmitri Marais & Freda Fourie k F.De Wet & J.Kapp 6/2 3/6 10/7; Divan Robertson & Altea Eksteen v L.Ras & A.Abrahamse 1/6 4/6; Kristoff Isaacs & Braam Isaacs k K.Viljoen & J.Ras 6/1 6/4; Dmitri Marais & Divan Robertson k K. Viljoe & J. Ras 6/3 4/6 10/7 Kristoff Isaacs & Braam Isaacs k A. Abrahamse & J.Kapp 3/6 6/4 11/9; Freda Fourie & Altea Eksteen v L. Ras & F.de Wet 2/6 4/6 Malmesbury C verloor teen Wellington A 4 wedstryde teen 2 Dirk Lategan & Marlene Hanekom k P.Deetlefs & M. de Bruyn 6/3 2/6 10/4; Irwan Turner & Jessie Liebenberg v E.Smit & L.Vosloo 3/6 3/6; Johan Burger & Alec Viljoen v F.Stopforth & D.Basson 2/6 1/6; Dirk Lategan & Irwan Turner k F.Stopforth & D.Basson 6/3 6/3 10/8; Johan Burger & Alec Viljoen v P.Deetlefs & E.Smit 1/6 1/6 Marlene Hanekom & Jessie Liebenberg v M De Bruyn & L.Vosloo 2/6 0/6