Skip to main content

444 dié courant Wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

1 November 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 444

1 November 2017

•'SIEN DIE PRENTJIE WAT MET MY PRAAT RAAK'

Christene trap nie klei met kunswerke

•Jaomi Zeeman Christene Marais is ‘n vrou wat nie kleitrap of voete van klei het nie - hierdie kreatiewe mens maak die mooiste gebruiksartikels, wat elk ‘n kunswerk in eie reg is, vanuit klei. Christene, oorspronklik ‘n Karookind van Beaufort-Wes, haar man en vier kinders het tot 2011 in Pretoria gewoon, waarna hul na Wellington verhuis het. “Charl het altyd liefde vir die Kaap gehad en toe die geleentheid hom voordoen, het ons dit aangegryp. Hy is ‘n vlieënier en ons moes binne een uur ry-afstand vanaf die lughawe wees. Wellington was ons gunsteling plattelandse dorp,” vertel sy van hul pad tot op Wellington. In die bietjie meer as vyf jaar wat hulle in Wellington woon, het die dorp en omgewing hul harte gesteel. “Wellington en die platteland is meer as wat ons ingedagte gehad het. Ons geniet alles – die mense, die skole, omgewing en die betrokkenheid,” sê Christene. Haar pottebakkery en pragtige produkte het gou ‘n gunsteling in Wellington en die Wes-Kaap geword. Dit is egter ‘n kunsvorm wat sy al sedert 2002 beoefen en iets waarop sy haar unieke stempel afgedruk het. Volgens Christene het haar liefde vir pottebakkery begin toe hulle in Mooikloof, Pretoria, gewoon het. “Daar was vier vriendinne in my straat wat voor my met pottery begin het. ‘n Bekende pottebakker, Margot Rudolph, het ook in Mooikloof gewoon en klasse aangebied. Ek het toe pas my derde kind gehad en het onder my vriendinne se aanmoediging begin om pottery klasse te doen, bloot as afleiding en om bietjie uit die huis te kom,” vertel sy oor die begindae van haar kuns. Die sente wat sy vir daardie eerste klasse moes aftel, was egter deur en deur die moeite

werd. “Toe die gogga byt, kon ek letterlik nie wag vir die klasse nie. Ek het na so drie jaar se klasse vir die eerste keer my eie stel bekers gemaak. ‘n Vriendin het dit raakgesien en wou ook sulke bekers hê en so het die proses begin,” sê Christene oor haar eerste bestelling. Sy het haar eie wiel gekoop en al hoe meer onafhanklik begin werk. Uiteindelik het sy produkte aan verskeie markte in Pretoria verskaf en kon nie voorbly met al die bestellings wat ingestroom het nie. Christene se liefde vir blommetjies, kleur, polkakolle, detail en vrolikheid wat in haar produkte gestalte gekry het, was ‘n wenresep. “Ek dink die grootste motivering waarom

ek my eie goed wou maak, was omdat ek nie in die winkels kon kry wat ek half in my kop gehad het nie,” sê sy. Alhoewel sy nooit aanvanklik daaraan gedink het om enigiets meer as net vir haarself te maak nie, moes die vriendin wat haar eerste stel bekers bestel het vinnig vir Christene besigheidskaartjies vir haar vinnig-groeiende besigheid ontwerp. “Die belangstelling in my produkte het gegroei en namate mense my eie functional art gesien het, het dit maar net ontwikkel,” sê sy. In Wellington het Christene ook begin om werkswinkel in hierdie kunsvorm aan te bied. Volgens haar is hierdie inisiatief van geselligheid, saamkuier en kreatief wees ‘n wen-kombinasie. “Dis sommer asof mense se binnekante ook vars en vrolik word, terwyl hulle saamkuier en handvaardig is,” sê sy. Alhoewel Christene geen kunsopleiding of agtergrond het nie, is haar natuurlike aanvoeling vir mooi dinge, sowel as haar vaardigheid die boustene vir haar sukses. “Ek is ingestel op detail en as ek ‘n figuurtjie of prentjie sien wat met my praat, sal ek dit hou sodat ek moontlik rondom dit kan werk of dit kan inwerk op my pottery. Ek probeer nie regtig ‘n boodskap oordra met my werk nie. Ek weet dis lewendig en vars en anders - ek weet dis die Here wat dit vir my gee,” sê sy. Christene het gewoonlik voorraad van haar produkte by haar huis, maar dit word ook by koffiewinkels en kunsgalerye uitgestal. “Die oonde neem 12 ure om die regte temperatuur te bereik en 12 uur om weer af te koel. ‘n Glasuuroond neem tot 15 uur om warm te raak en net soveel tyd om af te koel. Elke koppie en piering word omtrent 15 keer hanteer voordat dit klaar is,” verduidelik sy hierdie langsame proses - een wat sy elke keer met baie entoesiame aanpak.

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

1 November 2017

Lions maak groot skenking Skool hou muntlegging vir aan Huis Andrew Murray kankerbewusmaking

Martin van Heerden, Retha Stigant, Renaldo Scholtz (bestuurder: HAM), Karen Pietersen (bemarking: HAM), Pieter Myburgh (president van die Lions), Sakkie Buys en Amanda Fourie. Lede van die plaaslike Lions Klub het onlangs ‘n groot skenking aan Huis Andrew Murray (HAM) gemaak. Hulle het ‘n bedrag van R20 000 aan HAM oorhandig. Volgens Retha Stigant van die Lions, is hierdie skenking ‘n gebaar waarmee die Lions ‘n bydrae tot die kinders van HAM se lewens wil maak. “Ons wil graag ‘n verskil in die kinders se lewens maak en help om hulle die geleenthede te gee om hul potensiaal te ontwikkel,” het sy verduidelik. Lions-lede het hierdie allemintige bedrag ingesamel deur gedurende die jaar by verskeie fietswedrenne as beamptes op te tree. Karen Pietersen, bemarker by HAM, is baie dankbaar vir hierdie skenking. Volgens haar sal

dit vir HAM se mentorskap en studiebeursfonds aangewend word. “Ons het elke jaar ‘n aantal matrikulante wat ons graag wil laat gaan studeer. Vir hierdie doel het ons ‘n mentorskap en studiebeursfonds gestig waaruit ons hierdie doelwit probeer bereik. Dit is wonderlik dat ons bydraes soos hierdie van die Lions uit die gemeenskap kan ontvang. Dit help ons om ons kinders te bemagtig en hulle die beste geleenthede na matriek te gee om sodoende ‘n sukses van hul lewens te maak,” het sy gesê. Die Lions het ook onderneem dat hulle hierdie skenking moontlik ‘n jaarlikse instelling wil maak om sodoende tot ‘n volhoubare model vir die matrikulante van HAM by te dra.

Hillcrest Primêr het op Vrydag 27 Oktober ‘n muntlegging en verskeie aktiwiteite vir kankerbewusmaking gereël. “Oktober is kankerbewustheidsmaand en ons het gevoel ons wil ‘n bydrae lewer deur geld in te samel, kankeroorlewendes se verhale te vier en die fokus te plaas op hierdie siekte,” het die skoolhoof, T.J. de Jongh die doel agter hierdie inisiatief verduidelik. Die dag het afgeskop met al die leerders van die skool wat, in pienk geklee, ‘n menslike ket-

ting langs Blignautstraat gevorm het. Hiervandaan het hulle na die skool gegaan waar hulle kerse vir almal wat teen kanker stry, dié wat dit oorwin het, sowel as vir dié wat die stryd verloor het, aangesteek het. Lee-James Cupido, ‘n kankeroorlewende het ‘n motiveringspraatjie gelewer waarin hy oor sy pad met hierdie siekte gepraat het. ‘n Geestelike dansie deur leerders van die skool en ‘n muntlegging het die verrigtinge afgesluit. “Ons gaan die geld aan KANSA oorhandig,” het De Jongh gesê.

Martelize Brink kuier eersdaags op Wellington

Die gewilde RSG-omroeper Martelize Brink is Saterdag 18 November in Wellington om haar nuwe resepteboek “Martelize kook: jy’s genooi” bekend te stel. Dit vind plaas by The Perfect Place-restaurant in Kerkstraat 66.

Volgens Brink is sy oneindig dankbaar dat sy grootgeword het in ‘n huis waar kinders in die kombuis welkom was, en waar sy van jongs af geleer is om met geure en teksture te eksperimenteer. Een van die resepte in die boek is dié

van koeksisters wat oor die vuur gebraai kan word. Sy’t dit kleintyd saam met haar pa, die “Potjiekoskoning”, wyle ds Matie Brink van die Paarl, gemaak. Boeke sal te koop wees, en ligte versnapering

sal bedien word. Toegang is gratis, maar spasie is beperk. Dit is daarom belangrik om teen Woensdag 15 November te RSVP by Peggy Duvenage (078 407 3265) of Susan van Rensburg van The Perfect Place (021 873 6620).


NUUS • NEWS

•KYK TERUG OOR DRIE DEKADES

Hillcrest vier 30 jaar Hillcrest Primêr vier vanjaar hul 30-jarige bestaan. Hierdie skool het die afgelope drie dekades baie gegroei, nuwe ontwikkeling beleef, talle struikelblokke oorkom en diep spore in ons dorp se erfenis getrap. Hillcrest se leuse, Kennis lei na sukses, is iets wat hulle vir 30 jaar al elke dag nastreef. Hul fokus val egter nie net op kennis nie, maar ook op die algemene fisiese en emosionele welstand van hul leerders. Volgens David Arnolds, vir 19 jaar al ‘n leerkrag by die skool en tans die waarmende adjunk-prinsipaal, het Hillcrest ‘n lang en waardevolle geskiedenis as ‘n baken van bemagtiging in die gemeenskap. “Die skool is op 26 April 1987 ingewy. Die oorspronklike naam van die skool was die Wellington Voorbereiding Skool. Wellington Voorbereiding trek toe Pauw Gedenk toe en Pauw Gedenk trek hierheen en die skool se naam word na Hillcrest Primêr verander,” verduidelik hy. Die skool het sy naam van die woonbuurt waarin dit geleë is, gekry en die eerste skoolhoof was A.S. Pietersen. Die skool het aanvanklik net klasse vir die grondslagfase aangebied, maar later tot die Intermediêre Senior Fase uitgebrei. Volgens Arnolds roem Hillcrest Primêr daarop dat hulle elke jaar aan al hul leerlinge die nodige skryfbehoeftes voorsien. “Die skool staan mos as ‘n ‘geen skoolfonds’ skool bekend. Die Departement voorsien die leerders van handboeke, maar ons glo dat kwaliteit leer nie sonder die nodige skryfbehoeftes kan geskied nie. Daarom sorg die skool elke jaar dat ons elke leerder ten volle met al die nodige skryfbehoeftes toerus,” sê mnr. Arnolds. Hierdie inisiatief is slegs moontlik as gevolg van die goeie ondersteuning uit die gemeenskap. “Ons hou verskeie fondsinsamelings gedurende die jaar - iets wat die gemeenskap ongelooflik goed ondersteun. "Elke sent van hierdie fondse word in ons leerders teruggeploeg, onder andere dan vir skryfbehoeftes,” verduidelik Arnolds. Buiten die skryfbehoeftes wat die skool

3

1 November 2017

aan sy leerders verskaf, het hulle ook ‘n Voedingskema waar leerders elke dag ontbyt en middagete kry. Hierdie etes word in ‘n spesiaal-ingerigte kombuis by die skool berei en voed honderde kinders. “Kinders kan mos nie op ‘n leë maag leer nie,” sê Arnolds. Verder probeer Hillcrest Primêr ook om, waar daar nood is, skoolklere aan kinders te verskaf. Hiervoor is hulle ook van die gemeenskap afhanklike en hulle het onlangs ‘n groot skenking van ‘n anonieme radiopersoonlikheid vir hierdie doel ontvang. Ten spyte van talle sosiale en finansiële uitdagings, presteer die leerders van Hillcrest op talle terreine en bied hulle vir 30 jaar al ‘n wye verskeidenheid van geleenthede vir hul leerders. Hillcrest is die enigste skool in die dorp met Trompoppies en hulle het al Suid-Afrikaanse kleure vir hierdie aktiwiteit verwerf. Vir die Soul Buddies/Soul City HIV-program is Hillcrest as die topskool in die Wes-Kaap aangewys. Hulle het onlangs ook ‘n splinternuwe biblioteek deur middel van die Nelson Mandela Stigting gekry. “Ons groot droom is natuurlik om nog ‘n rekenaarlokaal vir ons leerders te kry,” sê mnr. Arnolds. Om hul drie dekades van groei en opvoeding te vier, het Hillcrest se personeel, kinders en ouers talle funksies gereël. Hulle het reeds ‘n dankdiens en ‘n Mej. Hillcrest geleentheid aangebied. ‘n Feesdans, ‘n Derby teen St. Albans en nog ‘n dankdiens is van die ander items op die feesprogram. Hillcrest se 30ste verjaardag en Feesjaar sal in Desember op ‘n hoë noot met ‘n skoolpartytjie vir die hele skool afsluit. Intussen bou hierdie skool, wat al talle professore, dokters en doktore opgelewer het, ‘n vierde plek in die 100m by die Passific Games in Australië verwerf het en met ‘n oud-leerder wat as die beste leerderondersteuner-opvoeder in die Kaapse Wynlande aangewys is, spog, voort op hul jarelange verbintenis tot bemagtiging. Belangstellendes kan die skool by 021-873 4145 of hillcrestps@gemail.com kontak.

Stokke geswaai vir HAM

Huis Andrew Murray (HAM) het op Vrydag 20 Oktober ‘n baie suksesvolle gholfdag by Wellington gholfklub aangebied. Volgens Karen Pietersen, bemarker by HAM, is hulle baie dankbaar teenoor almal wat aan die gholfdag deelgeneem het, die veiling ondersteun het en as borge by hierdie geleentheid opgetree het. “Ons is veral dankbaar teenoor die konstruksie-maatskappy wat al vir die derde jaar ons hoofborg is. Die gholfdagfondse word aangewend vir ons mentorskap- en beursfonds. Verlede jaar het ons ses matrikulante gehad, hierdie jaar twee en volgende jaar vier wie verder gaan studeer en vir wie ons ‘n toekoms wil gee,” verduidelik Karen. ‘n Hoogtepunt tydens die gholfdag was toe HAM se matrikulante, sporthelde en presteerders elkeen ‘n beurt gekry het om te vertel wat

Huis Andrew Murray vir hulle beteken en ook oor hul drome gepraat het. Die wenspan van die dag was dié van Transcape Steels. Volgens Karen is HAM se volgende groot projekte die “Kersfees Skoendoosprojek”, waar hulle vir elke inwoner ‘n geskenk met benodigdhede wil gee, asook die “Back-to-School”-projek, waar hul die kinders met skryfbehoeftes en skoolbenodigdhede vir 2018 wil toerus. Die Skoenboksprojek vind op Sondag 26 November plaas en die “Back-to-School”-projek is van Oktober 2017 tot Januarie 2018 aan die gang. “Volgende jaar vier ons natuurlik HAM se 120ste bestaansjaar en ons beplan groot dinge,” verklap Karen. Enigeen wat by HAM se projekte betrokke wil raak, kan die kantoor by 021-873 3834 kontak.


courant

dié

4

Van klei tot kuns

Christene Marais maak die mooiste gebruiksware en kunswerke uit klei. Volgens haar is dit ‘n lang proses waar die soort klei, die hantering daarvan en die prosesse waardeur dit gaan alles faktore is wat tot die sukses en sterkte van die eindproduk bydra. Klei in sy rou vorm is eintlik maar klewerige, kniebare grond wat deur die verwering van spesifieke gesteentes ontstaan het. Dat so ‘n nederige ding soos grond nou die potensiaal van ‘n kunswerk of nuttige gebruiksartikel in hom ronddra, sou ‘n mens seker nie met die eerste oogopslag kon raai nie. Tog is dit juis hierdie eenvoudige oorsprong wat uiteindelik tot die dienbaarheid en voortreflikheid van die eindproduk lei. As ‘n mens in gedagte hou dat Christene se klei-items vir ure in ontsettende warm oonde moet bak en tot 15 keer moet hanteer voordat dit as iets nuttigs gebruik kan word, kom ‘n mens onder die indruk van hoe swaar prosesse dikwels goeie gevolge kan inhou. In Wellington is baie van ons mooi stories, suksesse en positiewe gebeure ook dikwels die resultaat van eenvoudige beginpunte, ‘n nederige ontstaan en swaar prosesse. So vier Hillcrest Primêr hierdie jaar hul dertigste verjaardag, en as ‘n mens na hul stories luister en van hul suksesse kennis neem, is dit die resultaat van hul 30 jaar in die spreekwoordelike “oond” van deursettingsvermoë en innovasie wat hul klei in kuns laat verander het. Die veelsydige jong sportman, Sian Maart, se klei word elke dag iewers op ‘n veld, maar ook saans in hul huis, as hy saam met sy oupa hokkie in die gang of in die TV-kamer speel, gevorm. Die Wellington Wolves bak elke naweek hul krieket-potensiaal tot sukses onder die Boland se versengende son. Die plaaslike Lions-klub help om die klei van die leerders by HAM tot kunswerke te vorm deur geld ten bate van hul mentorskap- en beursfonds in te samel. Ons dorp se suksesvolle atlete, jukskeispelers, debatteerders, spelkompetisie-wenners en kankeroorwinnaars - almal het iewers eenvoudig begin en deur baie prosesse gegaan om te word wat hulle nou is. En die prosesse hou seker nooit op nie. Mag niemand hierdie week voete van klei hê of sukkel met ‘n kleitrappery nie. Wees klei en speel ‘n bietjie klei. Dis alles mos deel van ‘n proses.

Dis Goeie Nuus

NUUS • NEWS

1 November 2017

Dr. Andrew Bosman

Die laaste dae

Interessant hoeveel mense allerlei goed sal glo behalwe die Woord van God. Daar is al hoe meer kursusse beskikbaar om jou te leer hoe om jouself te verbeter as mens. Asof jy ‘n nuwe mens kan word so op jou eie. My ouers het nie met ons kinders baie gesukkel nie, as ons nie gehoor het nie is ons geklop, Spreuke hoofstuk twee-en-twintig haal die wyse Salomo aan en lees: as die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder. Vandag is dit teen die wet om jou kind te tug. Mense kan maar voertuie aan die brand steek, geboue afbrand, betoog dit is aanvaarbaar, maar nie straf nie. Paulus skryf aan Timoteus dat in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, trotsaards, grootpraters, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, bandeloos, wreed. Nog verder, mense wat 'n gedaante van godsaligheid het , maar die krag daarvan verloën het. Ons leef in sulke tye, kyk maar wat om ons gebeur, ons is reeds twee duisend jaar in die eindtyd, na hemelvaart en voor die terugkeer van die Here Jesus, Sy Woord beskrywe hierdie omstandighede. Mag ons aandag gee aan die Woord en vernuwe word deur die krag van die Heilige Gees om nuwe mense te word.

Vroue hou 'high tea'

Die plaaslike Busy Beez-vroueklub doen voorwaar hul naam gestand. Hulle woeker nie net met hul kreatiwiteit en handewerk nie, maar reik ook uit na die gemeenskap en wil vroue inlig en bemagtig. Hierdie groep vroue beoefen handwerk soos naald- en borduurwerk en kom gereeld bymekaar om saam aan hul kunswerke en projekte te werk. Hulle is ‘n nie-regeringsorganisasie wat ook deel is van die National Housewives’ Association. Op Sondag 22 Oktober het hulle ‘n uithaler-geleentheid in die stadsaal gehou. Hierdie damestee was ‘n inisiatief waar hulle ‘n program vol inspirasie, heerlike eetgoed, vermaak en mooi goed saamgeweef het tot ‘n onvergeetlike okkasie. Die hele stadsaal is in ‘n lushof van vroulikheid en kreatiewe energie omgetower en gaste kon hul aan die uitstalling van die Busy Beez se ongelooflike handewerk verwonder. Tydens die uitgebreide program het die leier van die Busy Beez, Gwen Thôle, die gaste verwelkom. “Ons het klein begin met net ‘n paar dames, en nou sit hier vandag ‘n hele saal vol mense,” het sy gesê. “Die Busy Beez het van krag tot krag gegaan.” Die kunstenaar, Marinda du Toit, het as gasspreker by die geleentheid opgetree. Sy het haar reis as kunstenaar met die gaste gedeel en vertel hoe sy dertien jaar gelede begin het om karakters uit afvalmateriaal te skep. “Ek kry my materiaal op skrootwerwe en in tweedehandse winkels. Ek loop die hele tyd met my oë op die grond om items te versamel wat ek

in my kunswerke kan gebruik. Al my kuns word geskep deur die herwinning van weggooigoed. Vandag is herwinning nie net ‘n mode nie - dit is ‘n noodsaaklikheid,” het sy gesê. Janine Brown, opvoedkundige beampte by die Taalmuseum, het die Busy Beez vir hul vindingrykheid en bemagtiging van die gemeenskap geprys. Hulle het tydens Mandeladag, in samewerking met die Taalmuseum, vroue bemagtig deur hul te leer hekel en brei. “Ongeveer 1500 vroue is met hierdie projek bereik en bemagtig en ons wil die Busy Beez vir hul onbaatsugtige bydrae tot die sukses hiervan bedank,” het Janine gesê. Elsibe Loubser McGuffog, beskermvrou van die Busy Beez, het in haar bedankings hulde gebring aan elke lid van hierdie groep en die betekenis van die klub aan die gaste verduidelik. Sy het getuig van die vreugde wat haar betrokkenheid by hierdie groep vroue tot haar lewe toegevoeg het. “Goeie dade is goed vir jou gesondheid - en dit wat die vroue by die Busy Beez doen, spreek hiervan,” het sy gesê. Uiteindelik is die wenners in verskeie kategorieë van handwerk aangekondig. Die beoordelaars was me. Annamie Hanekom van die Wolnessie en Dala Watts van die Idees Tydskrif. Die Busy Beez se aansteeklike energie en positiewe lewensuitkyk, hul kreatiwiteit en betrokkenheid in die gemeenskap, was die goue draad wat deur al die verrigtinge geweef was. Al die gaste kon, behalwe vir heerlike geskenkpakke, ook hope inspirasie huis toe neem.

Three Ships Wellington Cricket Club #WolvesCricket hosted the semi-final and the Finals of the Boland Premier T20 competition this weekend 28-29October 2017. The results are as follow: Saturday 28 October 2017 Semi-final 1 : Vredenburg-Saldanha CC vs Wellington CC

Van Der stel win by 8 runs and continue through to the final.

Action in cricket finals

Vredenburg-Saldanha CC 184/10 (Shane Summers 73(31) Horatio Cornellisen 48(20)) Wellington CC 158/8 (Darren Papier 57(41) Aubrey Philander 27(18)) Man of the Match: Shane Summers Vredenburg-Saldanha CC won the match and went through to the FINAL. Semi-Final 2: Coronations CC vs Van Der Stel CC Van der Stel CC 156/5 (Byron Haycock 36(21), Kobus Scholtz 32 (25)) Coronations CC 148/6 (Kazi Mahin 56 (31), Hilliard Myburg 38(37)) Man of the Match: Kazi Mahin

Sunday 29 October 2017 3rd/4th Play Off Match - Wellington CC vs Coronations CC Coronations CC 145/10 Hilliard Myburgh 35(19), Richard Lackay 23(22)) Aubrey Philander 4/17 in 4 Overs Wellington CC 83/10 ( Aubrey Philander 25(27) Man of the Match: Aubrey Philander Coronations CC won by 62 runs. FINALS: Vredenburg-Saldanha CC vs Van Der Stel CC Vredenburg-Saldanha CC 187/6 Shane Summers 67(38), Horatio Cornellisen 33(16), Quinton Kannemeyer 33* (34) Kobus Scholtz 3/22 in 4 Overs Van Der Stel CC 182/6 Daneel Raatz 44(38), Elliot Moses 35(32), Marius Nel 34* (14) Quinton Kannemeyer 3/26 in 4Overs Man of the Match: Shane Summers 67(38) Vredenburg-Saldanha CC win the final of the Boland Premier T20 by 6runs. Vredenburg-Saldanha CC Boland T20 Champions will go through to next round of elimination between champions of Western Province and champions of SWD to determine the Western Cape Representative for the National competition.


NUUS • NEWS

5

01

Re

tu

*2

7

dy

1 November 2017

pu

t a tio n I n s tit u

te

s

Also at

35

R

62

R

SAVE R7

no name™ Potatoes 7kg

99

75

R

SAVE R28

44

R

10kg

SAVE R34

White Star Super Maize Meal 10kg

99

Jacobs Krönung Coffee 200g or Refill 250g Assorted Each (Excluding Decaf)

SAVE R9

no name™ Fresh Chicken 4 Drumsticks and 4 Thighs Per kg

E R O M S T U C E C I R P

I L ER A T E R D E T TRUS T S O M s ’ A FROM S

69

R

SAVE R6

PnP Bulk Country Classic Boerewors Per kg

10kg

68

R

SAVE R11

Parmalat EverFresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

14

R

99

SAVE R4

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each

125

R

SAVE R49

PnP White Sugar 10kg

19

R

99

SAVE R8

Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg

199

WAS R229

21

R

R

99

SAVE R30

SAVE R4

Carling Black Label 24 x 330ml Cans or 24 x 340ml Nonreturnable Bottles Per Case

Sasko Cake Wheat Flour 2.5Kg

169

R

R

R2.36 R2.83 R3.15 R3.40

– – – –

99

SAVE R30

Huggies Gold for Boys or Girls Disposable Nappies Jumbo Pack Per Pack

179

WAS R199

PRICE PER NAPPY

Size 3 72s Size 4 60s Size 4+ 54s Size 5 50s

90

R

SAVE R18 Omo Auto Liquid Detergent Assorted 3 Litre Each

42

R

99

SAVE R17

Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue 9s

SAVE R20

Johnnie Walker Red Blended Scotch Whisky 750ml

105

WAS R139

R

SAVE R34 Amarula Cream 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Prices Valid 2 - 5 November 2017 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK

MMWCHS1865


6

1 November 2017

NUUS • NEWS

Groot makietie by basaar Nádine, Soetmelk en van Wellington-Oos Mymymy by Bôrdienghuis

Conrad van Breda en Jana Oosthuizen van Mymymy gaan mooi musiek maak in Wellington.

Die Wellington-Oos Kerk het op Saterdag 28 Oktober hul jaarlikse basaar gehou. Hierdie jaarlikse instelling het hierdie jaar vir ekstra opwinding en talle nuwe inisiatiewe gesorg en oud en jonk kon hulle in al die aktiwiteit gedurende die naweek verlustig. Die feestelikheid het reeds op Vrydagaand met gratis treinritte vir die jongspan op die kerk se gewilde kindertrein afgeskop. Oud en jonk kon aan heerlike worsbroodjies en koeldranke weglê, terwyl hul vir die aanvang van die jaarlikse gemeentekonsert gewag het. Hierdie konsert was, soos gewoonlik, ‘n groot treffer met interessante persone in ongewone rolle en items wat die gehoor laat skaterlag het. Saterdagoggend se aktiwiteite het met ‘n

pretloop vir volwassenes en kinders afgeskop, waarna die basaar amptelik geopen het. Gaste en besoekers kon heerlik tussen die verskillende stalletjies inkopies doen. Die geur van jaffels, pannekoek en hamburgers het in die lug gehang terwyl heerlike produkte soos brood en beskuit, kleinkoekies, poeding, lekkers, speelgoed, grootkoeke en vleis die tafels laat kreun het. Besoekers en gaste kon heerlik in die teetuin kuier of in die kwekery rondsnuffel terwyl die kinders aan talle aktiwiteite kon deelneem of ritte op die kindertrein kon onderneem. Daar is selfs ‘n “craft”-bier proesessie aangebied. Die verrigtinge en feestelikheid is Saterdagaand op ‘n hoë noot met ‘n heerlike hoenderbraai en ete afgesluit.

Die Bôrdienghuis-teater se program vir November is vol opwinding met ‘n verskeidenheid gewilde kunstenaars wat in dié maand hier sal optree. Die gewilde sangeres en televisie-persoonlikheid, Nádine, is een van die kunstenaars wat in November by die Breytenbach-sentrum in Wellington optree. Nádine is Donderdagaand, 2 November, in Die Bôrdienghuis. Ander kunstenaars wat Die Bôrdienghuis hierdie maand besoek, is Jacobus Silwer en Soetmelk op Woensdag 8 November en Mymymy, ’n unieke musiek-duo wat uiteenlopende “synth” gedrewe popmusiek in Afrikaans en Engels maak, op Saterdag 18 November. Jacobus Silwer vertel met stem en kitaar, oor-

spronklike klanke en eiesoortige lirieke sy stories van grootword, Londen, “struggles” met allerlei dinge, en vele meer. Soetmelk is ’n alternatiewe orkes van Parow-Noord met klank wat beskryf word as ‘n “koel droë windjie op toer deur die Karoo”. Die groep Mymymy se musiek uit hulle debuut EP, “Ons s’n is Beter”, sowel as talle nuwe materiaal, word uitgevoer deur die oud-Wellingtonner Conrad van Breda (Analoë Sintetiseerder) en Jana Oosthuizen (Stem). Dit word aangevul met videomateriaal, lirieke met byt en bonatuurlike klanke. Alle vertonings begin om 20:00 en kaartjies vir al die vertonings kan by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786 bespreek word.

Debat: Op Donderdag, 19 Oktober, het drie Graad 9-leerders (Janu Gous, Talitha Janse van Vuuren en Simon Tomlinson) aan die eerste Historium-debatkompetisie by die taalmuseum in die Paarl deelgeneem. Hugenote het deurgedring tot die finaal teen Hoër Meisieskool en met die wen-beker weggestap. Hulle het ook ‘n kontantprys van R5000 ontvang wat aangewend moet word vir debatsbyeenkomste en debat-inisiatiewe by die skool. Die kompetisie is gegrond op die herlewing van Afrikaans op verskeie gebiede. Die onderwerpe vir die debatsgesprekke het ook hieroor gehandel.

WOW:

'n Leerder van Hillcrest Primêr, Hailey Hine, het onlangs uitstekend presteer deur ‘n algehele 4de plek by die nasionale finaal van die WOW-Spelkompetisie los te slaan. Leerders uit topskole van regoor die land wat tot die finaal van hierdie kompetisie deurgedring het, het teen mekaar te staan gekom. Hailey het nie alleen ‘n algehele 4de plek in die land losgespel nie, maar is met hierdie prestasie ook eerste in die Wes-Kaap. Haar Afrikaans onderwyser, J.T. Abrahams, is baie trots op haar. Op die foto is Hailey Hine saam met haar Afrikaansonderwyser, J.T. Abrahams.


NUUS • NEWS

Dagboek • Diary

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Tourism Conference 31 October: The West Coast Responsible Tourism Conference at Riebeek Valley Hotel, Riebeek West from 09:00 till 16:00. Swartland Heritage Festival 3-4 November: The Swartland Independent Producers and International speakers like John Wurdeman from Pheasants Tears in Georgia, are taking over the West Coast Town in Paternoster for a celebration of Swartland Wine and Food. On 3 November from 17:00 till late and 4 November from 10:00 till 17:00 at the Paternoster Comunity Hall. R2 200 all inclusive Tickets : RSVP@STUDIO-H.CO.ZA Sundowners at !Khwattu 3 November: Join us for a spectacular views, a stunning sunset, good food and wine at !Khwa ttu, R27 West Coast road at 18:00. Snack platters available at R80 (suitable for 2 to share). Transport available

7

1 November 2017

from Yzerfontein and Darling. For more information contact 022 492 2998 or send a email to bookings@khwattu.org Klassik Storietyd 11 November: Klassik stel hul Storietyd-plaat bekend by die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond-teater in Riebeek-Wes om 19:00. Kostes beloop R50 per persoon. Besprekings kan gedoen word by 083 475 9395 of stuur 'n epos aan fromthetopre@ telkomsa.net. Kinders van die ses 11 November: Kinders van die ses bied aan Jou ma bly jou ma by St Thomas Skoolsaal, Malmesbury om 20:00. Kostes beloop R80 vir volwassenes en kinders tussen 6 en 13 is R40. Vir enige navrae skakel 022 486 4840 of Ebrahiem by 071 053 0067 Riebeek Vallei Spesiale Skool 10-11 November: Die Riebeek Vallei Spesiale Skool hou Karnaval. Vir enige navrae skakel me H Charles by 022 461 2241 of e-pos na riebeeckvss@ telkomsa.net Aand van Sang 25 November: Aand van Sang met Sammy Banda en Evangelis Andrew Seekoei by St Thomas Laerskool om 18:00. R30 vir volwassenes en R15 vir kinders onder 19. Vir enige navrae kontak Br Samuel 076 690 4626

Waldor vanjaar die 'grootste' gunsteling

Waldor die reuse- Italiaanse Romagnola-bul is grόόt, en nόú is hy ook die Groot Gunsteling. Dié vyfjarige 1,2 ton swaar bul is tydens die onlangse Groot Plaasproe op Sandringham met dié titel bekroon. Duisende mense het hierdie viering van alles van die plaaslewe bygewoon, ‘n nuwe toevoeging tot Agri-Expo Livestock, die mees gesogte vee-ekspo in Suid-Afrika. Die publiek kon vanjaar vir die eerste keer vir hul gunstelingdier by die ekspo stem – met Tolla (die Boerbok), Strepies (die een week-oue miniatuurdonkie), Stella (die wees-llama) en Clara (die Meatmaster) as Waldor se mededingers. Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, is hulle opgewonde oor die entoesiasme waarmee sowel die publiek as die landboubedryf hierdie nuwe konsep ondersteun het. “Met die Groot Plaasproe by Agri-Expo Livestock slaag ons in ons doel om ‘n platform te skep wat mense die geleentheid bied om landbou weer van nader te ervaar,” sê Ehlers. “Ons bedank graag elke besoeker, uitstaller, vertoner en vennoot wat bygedra het om van die Groot Plaasproe en Agri-Expo Livestock ‘n reusesukses te maak.” Andrew Masterson, ‘n bekende beesteler wat geskiedenis gemaak het deur sowel vanjaar se

suiwel- as vleisbees-interraskampioenskappe te wen, sê hy het nog nooit soveel mense by ‘n beesskou gesien nie. “Dit bied vir ons ‘n wonderlike bemarkingsgeleentheid om ons beste diere aan die publiek bekend te stel,” het hy gesê. Waldor is een van die mededingers by dié gesogte vleisbees-interraskampioenskappe. Wanneer hy nie in die ring is nie, is hy en sy eienaars, Willem en Luzahn Wagener, deel van die Santam Diere-laning by die ekspo waar veral kinders speel-speel meer van landbou leer. Hulle stalletjie, Wotan Romagnola Stud, is vanjaar aangewys as die wenners van die beste diere-uitstalling by die ekspo. Volgens Willem Wagener, president van die Romagnola-beestelersvereniging in Suid-Afrika, is die Romagnola ‘n baie ou ras en is sy doel in Suid-Afrika hoofsaaklik vir kruisteling. Wagener sê Agri-Expo Livestock is uniek omdat dit daarin slaag om die verbruiker wat die produk op die rak koop aan die wetenskap agter die produk bloot te stel. “Vanjaar het al my verwagtinge oortref. Leerders van die De la Bat Skool vir Dowes en heelwat mense in rolstoele kon ook vir Waldor ontmoet – dit is hierdie besonderse interaksie tussen mens en dier wat dit vir ons as uitstallers die moeite werd maak.”

Quenti Alpaca-plaasfees lok talle besoekers

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.

Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Quenti Alpaca op die Klein Limietrivierplaas buite Wellington het op Saterdag 28 Oktober ‘n heerlike Plaasfees gehou. Besoekers kon die alpakkas bewonder, nuwe vaardighede kon aanleer en aan talle aktiwiteite deelneem. Die fees het ‘n verskeidenheid stalletjies met interessante produkte, sowel as demonstrasies en werkwinkels in verskillende tekstielware ingesluit. Egte alpakka-breiwerk en geweefde dekens, handgekleurde alpakka-draad, sokkies en babakomberse van alpakka-wol is by die fees ten toon gestel. Hand-gespinde merinowol en handgemaakte kombuistoerusting, quilt-items, sy-lint borduurwerk, kunswerke en velt-items was van die ander interessante items waaraan besoekers

hul kon verwonder. Belangstellendes kon aan ‘n verskeidenheid demonstrasies in veltwerk, Tunisiese hekelwerk en die spin van alpakka- en ander wol deelneem en self die kuns van hierdie handwerkmetodes probeer bemeester. Verskeie kosstalletjies het gesorg dat besoekers se innerlike ook versterk is. Liefhebbers van tekstiel, wol, brei- en hekelwerk kon heerlik saamkuier en -werk en die mooiste komberse en ander handgemaakte items het sommer so in die koelte van die tent of bome tydens die fees gestalte gekry. Lewendige musiek, ‘n gemoedelike atmosfeer en kreatiwiteit was kenmerkend van hierdie besondere plaasfees - met die alpakkas as eregaste.


courant 1 November 2017

dié

8

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

1 November 2017

•BEHAAL TALLE PRESTASIES

Sian Maart blink uit in hokkie

Atlete:

Hugenote se atlete was skitterend by die Top 10-atletiekbyeenkoms in Bredasdorp. Vier van die leerders het met medaljes huis toe gekom. Voor: Juan Smith S 0.17 – Goud: spiesgooi, Rachelle van Waardhuizen D 0.14 – brons: hoogspring, Reinard Reitsma S 0.17 – goud: 800m en agter is Herchelle Magerman S 0.14 – silwer hoogspring. Hugenote Laerskool het ‘n hele handvol leerders wat in die Wynland Jukskeispan opgeneem is. Hulle gaan die provinsie by die SA Jukskeitoernooi, wat van 9 tot 15 Desember in Kroonstad plaasvind, verteenwoordig. Op die foto is v.l.n.r.: Mia Laubsher: o.13B meisies, Eben Bredenkamp: o.13A seuns, Ilne von Wielligh: o.13B dogters en Elzaan Bredenkamp: o.13A meisies.

Wellington Cricket results: Second XI vs Paarl Cricket Club

2nd XI - Paarl CC 173 (Leswin Du Plessis 46, Avril Adams 27. Philip Visser 4/30 in 10 Overs Keiran Dreyden 1/21 in 8 Overs Rehan De Jongh 1/21 in 7 Overs Wellington CC 174/3 (Philip Visser 85, Haywin Hopley 60*). Wellington Wolves 2nd XI win by 7wickets. Sunday 22nd October 2017: Wellington CC 1st XI vs Maties CC in the Last Round Boland Premier T20 Match away at Coetzenburg. Maties 148/8 (Neil Botha 54(35) Gerhard van Vuuren 30(28) Byron Fortuin 4/23 in 4 Overs; Keiran Dreyden 2/22 in 4 Overs. Wellington CC 145/7 Moshin Khan 63(53) , Curtley Louw 28(25) Nic Scholtz 3/29 in 4 Overs. Kyle Simmonds 2/17 in 4 Overs Maties Cricket Club win by 3 runs.

Sian Maart, ‘n leerder van Hugenote Laerskool, is ‘n kranige sportman wat veral op die hokkieveld uitblink en talle prestasies in hierdie sportsoort behaal het. Volgens Sian het hy reeds op 9-jarige ouderdom begin hokkie speel. Sedertdien het sy liefde vir en toewyding aan hierdie sportsoort, hom talle welslae laat behaal. Sian het reeds op 11-jarige ouderdom, nadat onderwysers sy potensiaal raakgesien het, vir sy skool se o.13A-hokkiespan uitgedraf. Hy is in sy graad 6- en 7-jaar vir die Boland se IPT veldhokkiespan gekies om in Potchefstroom te gaan deelneem. Hy is hierdie jaar ook as die speler van die wedstryd vir die Bolandspan se taai kragmeting teen Suid-Gauteng aangewys. Dit is egter nie net op die veld dat Sian ‘n barshou hokkie speel nie. Hy het op 12-jarige ouderdom begin om binnenshuise hokkie (Indoor) te begin speel en ook in hierdie dissipline vinnig opgang gemaak. Vir ‘n 13-jarige, lees Sian se hokkie CV soos dié van ‘n professionele speler. Hy was as 12-jarige reeds die onderkaptein van sy skoolspan en het sy span hierdie jaar as kaptein gelei. In 2016 het hy as die Western Cape All Stars Indoor-hokkiespan se onder-kaptein op die baan gedraf en was hy ook lid van die PSI Boland Scorpions span. Hy het ook tydens die 2016 Nasionale Indoor Toernooi vir die Boland Foxes gespeel, nadat hy net die vorige aand van die IPT vir veldhokkie geland het. Hierdie jaar het Sian in Maart by die Western Cape All Stars die PSI Boland Foxes se o.13 A-span verteenwoordig. Hy is lid van die span wat die PSI liga-wenners was en hy is ook gekies om aan die Nasionale toernooi in Desember te gaan deelneem. Buiten hokkie, speel Sian ook rugby en krieket en is hy boonop ‘n kranige atleet. Hy het in 2016 en 2017 vir sy skool se o.13A rugbyspan uitgedraf en is hierdie jaar by ‘n groot rugbytoernooi in Hopefield as die o.13 Speler van die Toernooi aangewys. Sian het ook in 2016 en

2017 vir Hugenote se o.13 A krieketspan gespeel en hierdie jaar die Boland-streekspan in hierdie sportsoort gehaal. In atletiek is hy sy skool se Victor Ludorum en het hy Bolandkleure in die 150m hekkies verwerf. Ten spyte van sy veelsydigheid en prestasies in talle anders sportsoorte, bly hokkie egter Sian se groot liefde. “Eerstens hou ek van die opwinding en bevrediging wat ek uit hokkie kry. Dit is ook lekker om saam met ander ouens te speel en my vaardighede die heeltyd te probeer verbeter. Ek hou van die hele atmosfeer van die hokkiewêreld - en natuurlik om doele aan te teken! Om saam met ongelooflike afrigters en mentors soos Ryno Gerber en Carl Cooper te werk, maak dit net soveel makliker om te fokus en lief te wees vir die sport,” sê Sian, wat ook die hoofseun van sy skool is. Sy prestasies kom egter nie sonder baie opofferings en ure se oefening nie. Sian doen twee keer per week fiksheidsoefeninge vir ‘n uur en ‘n half saam met sy afrigter, Erhardt Kilowan, by Dal Josafat-stadion. Vir sy binnenshuise hokkie oefen hy enige tyd wat hy kan afstaan - selfs in hul huis se gange en TV-kamer - en sy oupa moet menigmaal as opposisie instaan, met of sonder ‘n stok. Vir veldhokkie oefen Sian twee keer per week en as lid van die IPT-span moet hy vir nóg twee oefeninge per week plek maak, gewoonlik oor naweke. Sian het groot drome en doelwitte vir sy toekoms in hokkie. “Op skoolvlak wil ek graag vir die o.16 en o/18 A-spanne speel. Op universiteit sal ek graag vir Maties A, WP en SA o.21 wil speel. Daarna sal ek ‘n keuse moet maak tussen Indoor en veldhokkie, maar tot dan verkies ek om albei te speel,” laat hy hoor. Hierdie veelsydige, talentvolle sportman, wat ook die hoofseun van sy skool is, glo vas in sy leuse: “Dit is beter om te probeer en te misluk, as om glad nie te probeer nie.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
444 dié courant Wellington by DieCourant - Issuu