Skip to main content

444 dié courant Swartland en Bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

1 November 2017

28.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 444

1 November 2017

Kosmandjie volgemaak Die koringlande van die Swartland word nou deurkruis met oestyd wat afgeskop het. Op Truter de Kock se plaas De Grendel is dit 'n miernes van bedrywigheid. Volgens De Kock is dit wat hy reeds van die lande gehaal het se volume gemiddeld tot onder-gemiddeld. Die kwaliteit van die koring is van hoogstaande gehalte en voorspel hy dat die volume op ander blokke beter sal wees as hierdie.

•PAD BELANGRIK VIR PRODUKTIWITEIT - MINISTER

R46.2m vir arbeid Donald Grant, Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, en raadsheer JH Cleophas, uitvoerende burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, het Donderdag die lint geknip tydens die amptelike openingseremonie van die opgegradeerde R399-pad tussen Piketberg en Velddrif. Hierdie projek van R304.6 miljoen het ongeveer 35 maande geneem om te voltooi en twee gedeeltes van die pad, wat in totaal 58,4 km lank is, is opgegradeer. Die pad dien as hoofskakel tussen Piketberg en Velddrif wat in die bedieningsarea van die Bergrivier Munisipaliteit val. 'n Totaal van R46.2 miljoen is spandeer op plaaslike arbeid wat vanuit die Saldanha- en Bergrivier munisipale-areas (hoofsaaklik uit Piketberg en Velddrif), bekom is. 'n Verdere R67.2 miljoen is spandeer op geteikende bedrywe, waarvan R31.8 miljoen op ontluikende plaaslike kontrakteurs spandeer is wat deur die loop van die projek ook mentorskap en leiding ontvang het van die hoofkontrakteurs. Die oorspronklike pad is in die 1960's gebou. Dié Sandveld-streek is die natuurlike habitat van duinemolle wat tonnels grawe onder die paaie en hierdie versteurings in die onderlae lei tot 'n vers-

wakking van die padoppervlak. Die pad word tans deur tussen 800 en 1700 voertuie per dag gebruik. Motoriste wat daarvan gebruik maak, kan voortaan uitsien na 'n veel gelyker padoppervlak wat minder slytasie op hul voertuie tot gevolg sal hê. Reistyd sal ook aansienlik verbeter. Die R304.6 miljoen-projek het die bestaande pad, van twee 3.2meter-bane met gruis skouers, opgegradeer na 'n pad met twee 3.4meter-bane met addisionele geteerde skouers van 0.9 meter elk. Die rehabilitasiewerk het onder meer behels dat die padoppervlakte met 'n impakroller gekompakteer word. Hierdie Suid-Afrikaanse tegnologie verseker dat bestaande lugleegtes onder die oppervlak meestal verwyder word, ten einde 'n stabiele oppervlak te skep vir daaropvolgende plaveisel-lae. Daarna is 'n sement gestabiliseerde sub-basis van tussen 200mm en 250mm aangebring om te voorkom dat toekomstige lugleegtes tot strukturele ineenstorting sal lei, en ook om addisionele versterking te bied. Ook is 150mm splintersteen aangewend as die finale strukturele laag en gebind met 'n 19mm Cape Seal-deklaag. Bykomende aanvullende werk het die verbreding van twee brûe om die nuwe padkruising te akkommodeer, sowel as die formalisering

van plaasingange, ingesluit. Bestaande dreineringsduikslote is verleng en waar nodig, is nuwe duikslote en dreineringstrukture gebou. Daarbenewens is syslote ook geformaliseer, nuwe padtekens en -merke aangebring en skutrelings vervang. Gedurende die konstruksie-fase van die projek, wat deurgaans deur Group 5 en JG Afrika behartig is, is verskeie bemagtigingsdoelwitte behaal en oortref. "Ek hou al lank reeds vol dat pad-infrastruktuur 'n belangrike rol speel in die produktiwiteit, veiligheid en ontwikkeling van ons land, veral met betrekking tot die Wes-Kaap en sy distrikte. Dis ooglopend in areas waar paaie in 'n swak toestand is. "Ekonomiese aanwysers toon dat die Weskus-streek tussen 2010 en 2015 met 2.8% gegroei het. Meer as R35 biljoen rand is reeds opsygesit vir infrastruktuur-ontwikkeling in die Saldanha-area en die R399 gaan in die toekoms dien as 'n belangrike skakelpad tussen dié dorp en die res van die Weskus, wat mettertyd as die industriële hartland van die provinsie bekend sal staan," het Grant sy programrede tydens die funksie na afloop van die padopening by Org de Rac-wynlandgoed afgesluit.

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

1 November 2017

Weskus Toerisme het gister sy derde jaarlikse konferensie oor omgewingsvriendelike en volhoubare toerisme by die Riebeek Valley Hotel op Riebeek-Wes gehou. Die tema was die bevordering van 'n volhoubare leefstyl met sosiale verantwoordelikheid, ekonomie en die omgewing as boustene in die strewe na 'n "Groener Weskus". By die geleentheid was (agter) Gurswin Daniels, Heinrich Robertson en Jackie Melenephy van Weskus Toerisme. In die middel is Lizana de Jongh (Hopefield), Kiewiet van Rooyen en Vernorene Maarman van Weskus Toerisme. Voor staan Jeremy Bryant (Kruistementvlei, Piket-bo-Berg), Chris Murphy (Riebeekvallei Toerisme), Shawn Hewitt (Riebeekvallei Toerisme) en Johan Kotze (Riebeek Valley Hotel).

Basaar:

Die Aandskemering tehuis vir Bejaardes op Malmesbury het Saterdag weer 'n suksesvolle basaar aangebied waar fondse vir die tehuis geïn is. Vleis, etes, lekkernye en basaar-poeding was weer van die gunstelinge wat te koop aangebied is.

Fees:

Die afgelope naweek het die Swartlandse dorp van Darling gekook met die eerste Village Festival wat hier gehou is. Regs is 'n groep van Ormonde wat ook aan die fees deelgeneem het.

Bier:

In Short Street op Riebeek-Kasteel het die bierdoppies behoorlik geklingel in vajaar se Short Street Oktoberfest.

Leiers: Die Hoërskool Swartland

op Malmesbury het onlangs hul nuwe hoofleiers vir 2018 aangewys. Hulle is Franco Rheeder (hoofseun) en Clayton Feris (onderhoofseun) met Anje Botha (hoofmeisie) en Bronwyn Wells (onderhoofmeisie).

Stem nou vir sakekamer-finaliste Die stemlyn vir die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie is oop tot Maandag om 17:00. Besoek www.sakekamer. co.za en volg die stappe om jou stem te laat geld. Vanjaar sal die Snyman-broers, Christo en Cobus, sorg vir die vermaak vanaf die verhoog.

Besprekings vir die gala-dinee op 10 November wanneer die wenners aangekondig word, sluit ook Maandag om 12:00. Kontak Elaine by 022 487 1919 om jou plek te bespreek. Kaartjies beloop R250 per persoon. Vir meer inligting, kontak info@sakekamer.co.za.

Iustus streef steeds na regverdigheid en billikheid Iustus op Malmesbury vier vanjaar hul 10de bestaansjaar. Iustus is die Latynse term vir regverdigheid en billikheid. Hier bied hulle 'n helpende hand vir die werkgewer en tree op namens die werkgewer en gee raad rakende arbeidswetgewing en arbeidsaangeleenthede. In die nastreef van hierdie doelwit wil Iustus gesien word as 'n progressiewe toekomsgerigte organisasie wat waardes soos menswaardigheid, respek en deursigtigheid toepas. Die rol van 'n werkgewersorganisasie soos Iustus is om belange van sy lede op die komplekse arbeids-terrein te verteenwoordig en te bevorder. In landbou is hierdie terrein waarskynlik meer kompleks as in meeste ander sektore en produsente ondervind toenemend: • Dat hulle toegegooi word met nuwe arbeidswette, -regulasies, reëls en etiese en ander oudits waaraan hulle moet voldoen; • Dat dit moeiliker word om by te bly met hierdie stroom vereistes, laat staan nog voldoen daaraan ook; • Dat dit hulle aandag toenemend aflei van hulle hooftaak om hulle besighede suksesvol te bedryf. Deon van de Vyver, die eienaar van Iustus, het in 1998 die onderwys verlaat en as 'n arbeidskonsultant by 'n werkgewersorganisasie in Kaapstad begin werk. In 2007 het hy en sy vrou Aletta be-

sluit om hul eie werkgewersorganisasie te stig en om hul kantore op Malmesbury te vestig. Oor die afgelope 10 jaar het hulle talle hoogtepunte beleef. Die onderneming toon ook konstante groei ten spyte van die ekonomiese toestande. Iustus se dienste sluit die opstel van dienskontrakte, nuut of hersien in. So ook die wysiging van termynkontrakte, hofsake en kontrakteurs. Hulle verteenwoordig die werkgewer in enige arbeidsprobleme en hanteer ook dissiplinêre verhore. Hier kan jy ook opleiding ontvang met betrekking tot wetgewing en prosedures. Iustus onderhandel ook met vakbonde en unies, asook die Departement van Arbeid. Hulle hanteer ook personeelvermindering, help met die opstel van 'n gedragskode vir die werkplek, werkgewer/werknemer dispute, raad en bystand in geval van stakings, fasilitering van vergaderings tussen werkgewer en werknemers, bystand met arbeidsaangeleenthede by verandering van eienaar, verteenwoordiging by die KVBA (CCMA), onderhandelinge rakende loonverhore, 24/7 arbiedsreg hulplyn/advieslyn, beskikbaarstelling van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes in die werkplek, hou lede op hoogte van wysigings rakende relevante wetgewing en hou werkgewers op hoogte van wysigings in die arbeidsmark wat direk op werkgewers van toepassing is. Indien jy as 'n lid by Iustus aansluit, strek

dit oor 'n periode van 12 maande vanaf die datum van aansluiting en ledegeld word bepaal volgens die aantal werknemers in diens. Wat Iustus uniek maak is die feit dat hulle bekostigbaar is. Kliënte is verseker daar gaan nie 'n jaarlikse styging in tariewe wees nie. • PROAKTIEWE OPLEIDING Elke lid ontvang pro- Die span van Iustus is Monique Mulder (HR Intern) , Fuzlyn Herrings aktiewe opleiding in die(admin). Deon van de Vyver, Yolande Kriel (admin), Janeske Greeff vorm van ‘n inligting- en(konsultant) en Theresa Joubert (finansies). implementeringsessie sodat u (en u werkne- kan ons ook ons lede verteenwoordig in die mers) presies weet wat van u verwag word – met KVBA (CCMA), Bedingingsrade. Hulle het ‘n 24/7 aansluiting word alle toepaslike arbeidsregdo- arbeidsreg-advieslyn waar u enige tyd met ‘n kumentasie verskaf, verduidelik, bespreek en regsadviseur kan praat. geïmplementeer. Iustus is 'n organisasie wat hier is om te bly • DOKUMENTASIE en diep spore te trap. Oor die volgende dekade Lede ontvang gratis dienskontrakte en alle wil hulle steeds namens lede inspraak maak op ander dokumentasie soos bv. waarskuwings, ken- daardie plekke waar besluite geneem word wat nisgewings, beleide en prosedures, wetgewing, hulle raak. plakkate, ens. Huidiglik is die Departement van Arbeid besig • REGSBYSTAND met 'n algemene inspeksie in die Swartland. InHulle help werkgewers om reëls in die ligting oor die inspeksie-kriteria is by die kantoor werksplek te implementeer en dissipline toe te van Iustus beskikbaar. pas. As geregistreerde werkgewersorganisasie Kontak hulle by 022 482 3810.


NUUS • NEWS

1 November 2017

•PROJEK VIR RIEBEEK-KASTEEL GOEDGEKEUR

Vallei se dorpsplein verfraai Die dorpsplein op RiebeekKasteel gaan eersdaags 'n splinternuwe baadjie aantrek. Daar was in die verlede verskeie pogings om 'n projek van hierdie aard te inisieer, maar weens 'n tekort aan befondsing, is dit nooit deurgevoer nie. Don King, 'n inwoner en besigheidseienaar op Riebeek-Kasteel, is vroeër vanjaar deur die erfgenaam van 'n erfenis-rooskweker genader wat 'n seldsame versameling rose aan die Vallei wou skenk. King het toe in samewerking met ander rolspelers 'n voorlegging gedoen aan die Swartland Munisipaliteit rakende die opknapping van die roostuin op Riebeek-Wes, waar hulle die erfenisrose wou vestig. In hierdie vergadering is die voorgenome verfraaiing van die Riebeek-Kasteel-dorpsplein weer opgehaal. 'n Komitee is gestig en 'n kompetisie geloods om ontwerpe vir die opgradering van die plein in te win. Nege inskrywings is ontvang en die plaaslike argitek Warrick Raubenheimer se ontwerp is as wenner gekies. 'n Nie-winsgewende organisasie, Gardens of the Valley Group, is gestig met Henk Bruwer as voorsitter om fondse vir die projek te in. Danksy 'n ruim skenking van 'n sakeman in die Vallei, wat verkies om anoniem te bly, is dit nou moontlik om die voorgenome ontwerp in samewerking met die Swartland Munisipaliteit

'n werklikheid te maak, na die planne tydens 'n opedag op 19 Oktober met die gemeenskap bespreek is. Die nuwe ontwerp laat toe vir 70 formele parkeerplekke, twee gras-areas, geplaveide voetpaadjies, sitplek, 'n bushalte, boorgat en twee fonteine. Bestaande historiese artefakte sal behoue bly en pogings sal aangewend word om die historiese perspektief van die dorp te balanseer met nuwe toevoegings. Die veelsydige ontwerp sal ook toelaat dat die plein ingespan kan

GPF hou vergadering

Malmesbury Gemeenskapspolisie-forum hou ‘n Algemene Jaarvergadering op 30 November In die St Thomas-skoolsaal omstreeks 19:00. ‘n Nuwe bestuur sal tydens die vergadering gekies word en almal is welkom. Organisasies wat mense vroegtydig wil nomineer moet vir konstabel Henry du Rand skakel by 022482 7500.

Bakgat:

Die Bakgat Môreson-plaasfees is die naweek op dié plaas buite Malmesbury aangebied. Kunstenaars soos Dozi (bo) het die gehoor met sy optrede vermaak.

word vir verskeie funksies, soos konserte, kunsuitstallings, Olyffees-aangeleenthede en 'n streeksmark. Die volgende stappe is nou om alle aspekte van die plan uit 'n ingenieurs- en hortologie-uitgangspunt te formaliseer, 'n tender-dokument saam te stel en dan die deursigtige proses van tender-goedkeuring van stapel te stuur. Daar word voorsien dat bouwerk in Augustus 2018 sal begin en dat die plein gereed sal wees vir gebruik teen die Olyffees van 2019 in Mei van die daaropvolgende jaar.

3


4

1 November 2017

dié courant

Hou op met boer

In die lig van die onlangse optogte en stille betogings, het dit tyd geword dat daar daadwerklik gekyk moet word na die woord "boer". Verskillende mense koppel verskillende betekenisse hieraan. Vir sommige is dit 'n landbouer, vir ander 'n polisieman/vrou, vir sommige is dit 'n politieke verwysing na 'n persoon van 'n spesifieke ras. Vandag is dit beslis nie net meer wit mense wat boere is nie, tog koppel mense in ons land dié woord steeds aan kleur. Soms word daar negatief en neerhalend na iemand verwys as 'n boer. Net soos daar in die verlede oorlog verklaar is teen sekere ander neerhalende en afbrekende terme, moet daar dalk nou na die woord "boer" ook gekyk word. Die misdade op plase raak nie net wit mense nie en nie alle boere is wit nie. Dus is dit nie net wit mense op plase wat hul lewens verloor nie. Die woord het 'n politieke speelbal geword. Een wat maklik kan opsweep. Dit is nou tyd om eerder die term "landbouer" te gebruik. Bou en verbou die land, ongeag ras of geslag. Die hande wat die kos op die tafel sit, kom nie net van een groep nie.

Dis Goeie Nuus

NUUS • NEWS Dr Andrew Bosman

Die laaste dae

Interessant hoeveel mense allerlei goed sal glo behalwe die Woord van God. Daar is al hoe meer kursusse beskikbaar om jou te leer hoe om jouself te verbeter as mens. Asof jy ‘n nuwe mens kan word so op jou eie. My ouers het nie met ons kinders baie gesukkel nie, as ons nie gehoor het nie was ons geklop, Spreuke hoofstuk twee-en-twintig haal die wyse Salomo aan en lees: as die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder. Vandag is dit teen die wet om jou kind te tug. Mense kan maar voertuie aan die brand steek, geboue afbrand, betoog dit is aanvaarbaar, maar nie straf nie. Paulus skryf aan Timoteus dat in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, trotsaards, grootpraters, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, bandeloos, wreed. Nog verder, mense wat 'n gedaante van godsaligheid het , maar die krag daarvan verloën het. Ons leef in sulke tye, kyk maar wat om ons gebeur, ons is reeds twee duisend jaar in die eindtyd, na hemelvaart en voor die terugkeer van die Here Jesus, Sy Woord beskrywe hierdie omstandighede. Mag ons aandag gee aan die Woord en vernuwe word deur die krag van die Heilige Gees om nuwe mense te word.

The Darling Wine Shop celebrates six years of service The Darling Wine Shop of Charles Withington, is a unique shop situated in the heart of Darling. This wine shop opened its doors six years ago and is still going strong. The aim with the opening of the shop was to provide an outlet in the centre of the town to show-case wines of the Darling region and also to provide a central purchase point. Whilst the cellar door at the respective wineries still remains the “mecca” to taste and purchase, it is not always practical or possible due to distances and opening hours. Withington still stresses that the wine shop is not an “instead of” option, but rather “in addition to” – and so fills the gap for those wine lovers who do not have the time or inclination to travel in four different directions. The shop is unique in several aspects. The striking design and layout provide unhindered browsing with functional and informative displays. Over and above the local Darling wineries, the shop stocks virtually the entire range of wines certified “Wine of Origin- Darling” and has now rightly become the Home of Darling Wine with assuredly the greatest selection of Darling wines on earth! The centrepiece chandelier has become

an attraction in itself and has garnered much comment including featuring in the most prestigious Food and Cuisine magazine in Singapore. As important as it is to stock good products and of fine wines we have no shortage - a shop is only as good as the people who run it. Shop manager Ida Opperman is an absolute key figure to the Darling Wine Shop – knowledgeable, efficient and most important of all, sensitive and understanding of customer’s requirements. While people might visit primarily to buy wine, we find we are something of an information bureau for all sorts of queries about Darling and the greater region and especially concerning where to eat! For this very reason we keep menus of those restaurants that we believe highlight the best foods in the area and further up the West Coast. “Wine retail is hard work – and now open seven days a week, the hours are unforgiving. That said, one would have to look hard to find a nicer customer base,” according to Withington. “We are blessed in having the most interesting and interested people visiting the Darling Wine Shop – and with a layout and ethos that welcomes interaction, we have had the most amazing conversations and made many friends.”


NUUS • NEWS

5

01

Re

tu

*2

7

dy

1 November 2017

pu

t a tio n I n s tit u

te

s

Also at

35

R

62

R

SAVE R7

no name™ Potatoes 7kg

99

75

R

SAVE R28

44

R

10kg

SAVE R34

White Star Super Maize Meal 10kg

99

Jacobs Krönung Coffee 200g or Refill 250g Assorted Each (Excluding Decaf)

SAVE R9

no name™ Fresh Chicken 4 Drumsticks and 4 Thighs Per kg

E R O M S T U C E C I PR

A I L ER T E R D E T S T TRU S O M s ’ A S FROM

69

R

SAVE R6

PnP Bulk Country Classic Boerewors Per kg

10kg

68

R

SAVE R11

Parmalat EverFresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

14

R

99

SAVE R4

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each

125

R

SAVE R49

PnP White Sugar 10kg

19

R

99

SAVE R8

Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg

199

WAS R229

21

R

R

99

SAVE R30

SAVE R4

Carling Black Label 24 x 330ml Cans or 24 x 340ml Nonreturnable Bottles Per Case

Sasko Cake Wheat Flour 2.5Kg

179

WAS R199

PRICE PER NAPPY

Size 3 72s Size 4 60s Size 4+ 54s Size 5 50s

169

R

R

R2.36 R2.83 R3.15 R3.40

– – – –

99

SAVE R30

Huggies Gold for Boys or Girls Disposable Nappies Jumbo Pack Per Pack

90

R

SAVE R18 Omo Auto Liquid Detergent Assorted 3 Litre Each

42

R

99

SAVE R17

Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue 9s

SAVE R20

Johnnie Walker Red Blended Scotch Whisky 750ml

105

WAS R139

R

SAVE R34 Amarula Cream 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Prices Valid 2 - 5 November 2017 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK

MMWCHS1865


6

NUUS • NEWS

1 November 2017

Geleentheid by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.

Areasuperintendent: Waterdienste Malmesbury Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste

• Verw: V23/17 • Salarisskaal: R306 852 - R398 328 p.j. (T13)

Senior Verkeers-/ Wetstoepassingsbeampte Swartland Area Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verw: V24/17 • Salarisskaal: R195 588 - R253 848 p.j. (T10)

Inspekteur (Wetstoepassing) Swartland Area Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verw: V25/17 • Salarisskaal: R195 588 - R253 848 p.j. (T10)

Administratiewe Beampte: Menslike Hulpbronne Malmesbury Departement van die Direkteur: Korporatiewe Dienste • Verw: V26/17 • Salarisskaal: R173 700 - R225 456 p.j. (T9) Sluitingsdatum: 10 November 2017 om 12:00 Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za 132198

Endless Daze by Weskus

Die Swartland is nou 'n ontluikende bestemming vir film, musiek en meer. Maar dis nie slegs op die filmfront wat die Swartland aandag trek nie. Een van die mees onlangse toevoegings tot die streek se kuns- en kultuurprogram is die Endless Daze-musiekfees wat in 2016 vir die eerste keer by Silwerstroom-vakansieoord aan die Weskus aangebied is. Die fees, wat saamgeroep word deur VANS en Psych Night ('n alternatiewe fees-ontwikkelaar), sal hierdie jaar weer plaasvind vanaf 3 - 5 November en dien as platform vir opwindende, plaaslike groepe wat op die verhoog sal skouers skuur met gewilde interasionale groepe. Dis 'n goeie voorbeeld van meer intieme feeste, soortgelyk aan Up The Creek, wat jaarliks op die oewer van die Breerivier buite Swellendam aangebied word, wat aan feesgangers die geleentheid bied om musiek in 'n rustiger, minder oorvol omgewing te geniet. Kaartjies beloop R600 per persoon. Besoek www. endlessdazefest.com vir nadere besonderhede en om kaartjies te koop.


NUUS • • NEWS NEWS NUUS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #3365 ----------------------------DIENSTE SERVICES KONTANTLENINGS 1-6 maande. Kontak: 073 942 6121 063 499 7232 062 850 6823 073 460 5503 071 977 1550 ---DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554 #4551 ----------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005 ----------------------------TE HUUR TO LET Titus Eiendomme: WESBANK: R7500,00 - Nuwe 3 slaapkamer huis in goeie area. Beskikbaar 1 November 2017. Kontak 082 780 1380 #4583 ----------------------------TE KOOP FOR SALE National draagbare wit en swart TV @ R50, Pineware broodsnyer (stainless steel) @R50, Sodastream @ R50, National Panasonic HiFi platespeler + luidsprekers (55x35cm) @ R700, Spieeltafel + 3 spieels @ R650, Kassie + 3 laaie @ R600, Electrolux matwasser @ R250. Kontak: 082 302 8941 #4581 ---* ALOE Unique Velsorgprodukte te koop * Stokvisfillette @ R50/kg asook ander visprodukte. Kontak: Esme - 022 487 3265 of 084 250 2460 #4582 ----------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

VAN KOLWER SANDRA ROSALINE "Senna". Funeral service will take place on Sunday, 5 November 2017 at 14:00 at the New Prison Hall. Viewing from 13:00. Procession will proceed to the Westbank Cemetry -----------------------------

MC KRIELING CORNELIA. Gedenkdiens vind plaas op Saterdag, 5 November om 11:00 by die VGK, Moorreesburg. Huisdiens om 10:00 te Kristalstraat 6, Moorreesburg. Besigtiging vanaf 09:30 by die huis -----------------------------

77

1 November November 2017 2017 1 MEMORIUM IN MEMORIAM

LOUISE . 5 November. 'n Jaar gelede wat jy ons gegroet het. Ons gun jou die ewige rus . Baie liefde - jou suster Bettie en kinders ------------------------------

ADRIAAN CHARLES CLAASSEN (Elie). 14 Jaar van ons geskei. Ons mis jou. Rus in vrede my kind - Mammie, Pappie, Uile, Donnie, Chrissie, Greg en Barb ------------------------------

LISSIE BLOM. 1 November 2016. 'n Jaar verby. Ons mis die geselsies, grappies en bree glimlag. Rus in vrede. Liefde Venesia, Mabeth en gesinne ------------------------------

Happy birthday Mom. I hope that you enjoy

it with God in heaven. Miss you and love you forever - Lenita ----Geluk met jou 31ste verjaarsdag. Geniet dit saam met jou Skepper. Baie liefde Die Plaatjies gesin -----------------------------

RANDALL ENGELBRECHT. My last baby boy. You were a gentleman. I miss you. From Mommy, Trevor, Harold, Lynzia, husband and children -----------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS DE-HANDRE SEPTEMBER. Veels geluk met jou tiende verjaardag.

Mag die Here jou nog baie jare seën - Pa Donnie, Donovan, Ma Maudenice, Oupa Dappet en Ouma Dina -----------------------------TYLER PIETERSEN. Raai wie word 5 op 3 November. Baie geluk ons eie babelbekkie. Van Mammie, Daddy, Curtly en Reece -----------------------------EDEN CIARA ADAMS Happy birthday to my Princess. May God grant you many more beautiful years. Love Mommy & Ma -----------------------------CATHY ARENDSE. Baie geluk Mammie met die spesiale dag. Ons is geseënd om u in ons lewe te hê. Liefde - Adilene, Shaulin, Cleo, Leigh, Chanique, Markum en Mamma Margie -----------------------------

YAZID ALLIE. Mubarak to my passionate and ever loving soulmate. May Allah grant you happiness and success.Love - Yusrah Faranaaz, Luqmaan ----------------------------SOPHIA MARKUS. 4 November. Baie geluk met Mamma se verjaarsdag. Ons hoop u gaan dit geniet - Jannie, Miekie, Sowayda,

Elwena, Jonade en Micha ----------------------------ETTIENNE ADAMS. Happy Birthday Dad May God grant you many more years. Thank you for being a great Dad and Pa. From Natalie, Delian and Eden ----------------------------Gelukkige verjaardag

aan 'n ongelooflike Pa. Dankie vir wat Daddy vir ons beteken. Onbeskryflik lief vir Daddy - Meagan en Shunille ----------------------------Gelukkige verjaardag TASHY. Bly die pragtige dogtertjie vir jou tannie Meagie en jou boeta. Baie liefde Meagan en Shunille ---------------------------Raai wie was 32 op 27 Oktober?? ANDY. Geluk vriendin met jou verjaarsdag. Van:

Carlton, Fenna, Ross, Des, Babe ----------------------------3 November. Baie geluk KEANAU met jou agste verjaardag. Mag die Here jou seën en baie jare spaar - Ma, Pa, Masha-Lee, Kelvin en Catherine -----------------------------


courant

NUUS • NEWS

1 November 2017

SPORT

dié

8

Tel: 022 487 3221

1 November 2017

GHOLF

Sportuitslae Sports results

Malmesbury-gholfklub Vrydag Sundowner, 27 Oktober: Supa Quick - Enkel Stableford: Edmund Petersen 23, Franklin September 17, Neels Welman 17 Saterdag, 28 Oktober: Christelike Privaatskool Gholfdag - Vierbal Stableford Samespel, 2 tellings: C van Vuuren, P van Vuuren, G Coetzee, D Linde 105; G Prinsloo, G Kriek, J Snyders, R Snyders 104; F Destroo, B Els, H Els, F Destroo 102

KRIEKET

Atletiek: Die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het onlangs hul jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms gehou en talle rekords is verbe-

ter. Adelene Vorster het die rekord van die meisies o.11 1200m verbeter met 'n tyd van 4:27. Die geelspan het vanjaar die geesbeker ingepalm. Heel links is Herman Hartung in aksie in die gewigstoot-item. Middel: Nienke Smit het die o.13 spiesgooirekord verbeter. Regs: Zander Truter het die o.11 verspring-titel ingepalm.

Piketberg 2 vs Accadian Masters Vanrynsdorp. Beste Kolwers D.Fortuin 38 lopies W.Skippers 33 lopies J.Goliath 13 lopies Beste Boulers L.Adams 4/23 R.Swarts 4/25 Piketberg 2 wen met 53 lopies. Piketberg 1 loslootjie

Rolbal:

Skole krieket

Kleure-atletiek:

HSS: o/19 B vs Weston Hoërskool (26 Okt 2017). WHS kolf eerste en teken 101/5 aan in hul 20 boulbeurte. Bertus Malan en Toma Daiber neem elk 2 paaltjies. HSS word uitgehaal vir 92 lopies na 19 boulbeurte. Bertus Malan: 44 lopies. HSS verloor met 8 lopies.

Die jaarlikse sakemanne-rolbaltoernooi het oor die afgelope twee weke op Malmesbury groot belangstelling gelok en talle spanne het mekaar die stryd aangesê. Bo is Willie Taylor, skoolhoof van CPM, in aksie. Die finaal vind môreaand vanaf 18:00 plaas waar die spanne van Rola Mastercars, Unirec, HSS, Vision Security, BGR, Schoemans Ouditeure, Nova Voere, Care Bears-selgroep, Perdeberg Motors, Supa Quick, Tennisklub, CPM en die Spookspan (Marisa en Lisa Vermeulen, Alana van Heerden en Albertus Truter) sake sal uitspook om die rolbalkroon.

Die Laerskool Swartland op Malmesbury het Donderdag en Vrydag hul jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms gehou. Onder links spring Carmia Rall weg in 'n baan-item. In die middel is Regardt Meyer wat 'n spies deur die lug laat klief en regs seil Tieneke Bester oor die dwarslat.

HSS: O/19B vs Buren High School (24 Okt 2017). HSS kolf eerste en teken 190/7 aan in hul 20 boulbeurte. Erich Engelbrecht: 53 lopies nie uit nie. Mondrè Dickson: 35 lopies. Ruann Eloff: 32 lopies. BHS kon slegs 85 lopies aanteken vir die verlies 6 paaltjies na hul 20 boulbeurte. HSS wen met 105 lopies

HSS: 0/15 A vs Dirkie Uys (28 Okt 2017) DHS kolf eerste en word uitgehaal vir 112 lopies na 32 boulbeurte. Andrè Pienaar neem 5 paaltjies vir 36 lopies in 10 boulbeurte. Ian Nell neem 3 paaltjies vir 8 lopies na 7 boulbeurte. HSS behaal 113/8 na 34 boulbeurte. HSS wen met 2 paaltjies. HSS: 0/19 A vs Noord-Wes (28 Okt 2017) HSS kolf eerste en word uitgehaal vir 132 lopies na 28 boulbeurte. NW word uitgehaal vir 109 lopies na 25 boulbeurte. Andru Serdyn neem 4 paaltjies vir 37 lopies na 8 boulbeurte. Athabile Breakfast neem 3 paaltjies vir 1 lopie na 3 boulbeurte. HSS wen met 23 lopies.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
444 dié courant Swartland en Bergrivier by DieCourant - Issuu