courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
25 Oktober 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 443
25 Oktober 2017
•NOU SA SE BESTE KRIEKET-SKEIDSREGTER
Elton se oog hou die bal fyn dop
•Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Elton Daniels is ‘n man met ‘n fyn oog vir ‘n vinnige bal. Hy word as Suid-Afrika se beste aksiekrieket skeidsregter beskou en is as die Skeidsregter van die Jaar vir 2016 en 2017 aangewys. Elton loop al ‘n lang pad met aksiekrieket - ‘n sport waaroor hy ooglopend passievol is. “My liefde vir die Sport het al begin toe ek 14 jaar oud was en daar ‘n Action Cricket-arena in die Paarl oopgemaak het. Dit was daar naby die sirkel by die begraafplaas. Ek het altyd saam met my tweede oudste broer en vriende gegaan om te gaan kyk hoe hulle die tipe sport speel. Ek het verlief geraak op die sport en self daaraan begin deelneem,” vertel hy. Elton het sedertdien al talle liga-wedstryde gespeel en ook provinsiale kleure vir aksiekrieket ontvang. Hy was vir ses jaar as speler by die sport betrokke. Nadat die eerste arena gesluit is, het daar gelukkig weer ‘n arena in die Bergrivier-besigheidspark geopen - iets waaroor Elton verheug was. Hy is vir die afgelope vyf jaar ook deel van die voltydse personeel by hierdie arena. Omdat Elton gesien het watter positiewe invloed aksiekrieket op baie jongmense se lewens het, wou hy graag meer by hierdie sportsoort betrokke raak en het hy besluit om homself as skeidsregter te bekwaam. Hy het met ‘n nederige begin, as skeidsregter by kinderpartytjies, tot ons land se voorste skeidsregter gevorder - iets waarvoor hy sy mentor, Gavin Gericke, ewig dankbaar sal wees. “Alles wat ek van aksiekrieket en van die kuns van skeidsregter weet, het ek by Gavin, destyds die bestuurder by die klub, geleer. Hy is intussen oorlede, maar hy was my mentor en het my touwys gemaak. Ek sal hom altyd dankbaar bly,” sê Elton. Hierdie pa van drie, wat al vir 14 jaar lank ‘n Wellingtonner is, het vinnig opgang in die aksiekrieket-geledere gemaak. Hy is in 2010 deur Action Sports South Africa gevra om die skeidsregter tydens die mans se interprovinsiale toernooi in Somerset-Wes te wees. “Dit was my eerste provinsiale toernooi en ek was baie senuweeagtig. Ek is as die derde beste skeidsregter by die toernooi aangewys en het vir myself gesê: derde plek is nie goed genoeg nie,” onthou hy. Buiten die feit dat hy sy graderingseksamens met vlieënde vaandels geslaag het, het hy ook sy provinsiale gradering vir die eerste keer tydens hierdie toernooi ontvang.
Sedertdien het Elton se lys prestasies as skeidsregter in aksiekrieket baie lank geraak. Hy is in 2013 as die Skeidsregter van die Toernooi in Johannesburg by die mans ope-interprovinsiale toernooi aangewys. In 2014 herhaal hy hierdie prestasie toe hy as die skeidsregter van die toernooi by die mans en vroue "Over and Unders" interprovinsiale toernooi aangewys word en in 2015 is hy die beste skeidsregter by die mans, onder 23, Little League en Junior-interprovinsiale toernooie. In 2016 word hy weer as beste skeidsregter by al hierdie toernooie aangewys en verwerf ook die toekenning as die Skeidsregter van die Jaar vir 2016 en 2017. Hoe voel dit vir hierdie nederige man om as Suid-Afrika se nommer een aksiekrieket-skeidsregter beskou te word? “Sjoe, dit is ‘n groot eer om die titel te hê as Skeidsregter van die Jaar sowel as om die nommer een skeidsregter te wees in Suid-Afrika. Dit is iets wat ek altyd baie hard voor gewerk het en nooit gedink het binne my bereik is nie. Maar deur harde werk en deur nooit moed op te gee nie, kan ‘n mens baie regkry,” sê Elton. Sy harde werk en deursettingsvermoë het
beslis vrugte afgewerp. Elton is gekies om ons land by die Men’s and Ladies Open Indoor World Cup in Dubai as skeidsregter te gaan verteenwoordig - iets wat hy in September met trots gedoen het. “Ek kan met groot trots sê ek is nou ‘n internasionale binnenshuise krieket-skeidsregter,” sê hy. Elton is baie dankbaar vir die borge wat tot sy redding gekom het om hierdie droom van hom ‘n werklikheid te maak. Aksiekrieket is nie by Krieket Suid-Afrika geaffilieer nie en alle onkostes om ‘n internasionale toernooi by te woon, is vir die individu se eie sak. “Val de Vie en Paarl Rotary het tot my redding gekom met hulp vir my Wêreld Beker toer en dank die Vader dat hulle my gehelp het, want sonder hulle kon ek dit nie gemaak het nie. Ryk Neethling en Jeff Spinks van Val de Vie en dan Mnr. Martin van Paarl Rotary-klub het my droom ‘n realiteit gemaak,” sê Elton. Hy is ook gekies om volgende jaar by die Indoor Junior-wêreldbeker in Pretoria as skeidsregter op te tree - iets waarvoor hy ook nog borge moet kry. Elton se suksesresep is eenvoudig. “Ek glo daarin om net jouself te wees en die liefde wat jy vir iets het, uit te leef. Daar is nie ‘n beter gevoel as om elke dag dít te doen waarvoor jy lief is en hard te werk vir iets waarvoor jy ‘n passie het nie,” sê hy. Elton se grootste droom, buiten die feit dat hy graag die wêreld se nommer een skeidsregter in aksiekrieket wil word, is om vir sy vrou en kinders ‘n beter toekoms te gee. “Ek wens ek kon vir hulle ‘n beter blyplek gee. Ons bly in ‘n ou wendyhuis wat nie baie gepas is vir my gesin nie. My grootste wens is om vir hulle ‘n beter dak oor hul koppe te gee.”
NUUS • NEWS
2
ACVV hou algemene jaarvergadering Die plaaslike ACVV-tak het op 18 Oktober hul algemene jaarvergadering by Silwerkruin Huis vir Bejaardes gehou. Talle eregaste, bestuurslede en lede van die gemeenskap het die geleentheid bygewoon. In haar verwelkoming het die voorsitter, dr. Elna von Schlicht, beklemtoon dat die ACVV se werksaamhede op drie bene rus, naamlik maatskaplike dienste, Silwerkruin Huis vir Bejaardes en die dienssentrum. Die verrigtinge is deur ds. Lettie Büchner geopen, waarna Riaan Broodryk die finansiële verslag voorgehou het. Ten spyte van ‘n moeilike jaar, lyk die ACVV se geldsake basies gesond - te danke aan fondsinsamelingsfunksies en die ACVV se winkel. In haar jaarverslag het dr. Elna von Schlicht
NUUS • NEWS
25 Oktober 2017
belangrike punte uitgelig. Volgens haar verslag het die dienssentrum 235 ingeskrewe lede. Etes word verskaf, interessante uitstappies word gereeld onderneem en hulle doen oefeninge en woon kuns- en naaldwerkklasse by. “Van die 124 inwoners in Silwerkruin is ongeveer 13 selfversorgend en die instansie funksioneer op die Eden-model. Dit beteken dat personeellede alles in hul vermoë doen om die inwoners so tuis as moontlik te laat voel. Interessante projekte soos ‘n braaidag, sangaande, gedigte-aande en nog vele meer word gereeld vir die inwoners aangebied,” het dr. Von Schlicht gesê. Volgens die jaarverslag funksioneer die maatskaplike been van die ACVV onder baie moeilike omstandighede. Hulle het in die afgelope jaar bykans 450 gesinne bygestaan. Groot dank is ook teenoor die ACVV-winkel en die persone wat daar diens doen, uitgespreek. “Baie dankie aan al die amptenare vir hul onbaatsugtige diens,” het dr. Von Schlicht gesê en spesiale melding van landdros Awin Saptoe se bydrae gemaak. Die bestuur, bestaande uit ag lede, is tydens die vergadering eenparig herverkies. Hulle is dr. Elna von Schlicht (voorsitter), Dr. Portwig (ondervoorsitter), Johan Rademeyer (tesourier) en bykomende lede ds. Lettie Büchner, Tharina Schweidler, Suzanne Brand, mev. Welman en Elra Rademeyer. Die gasspreker tydens die geleentheid was Danelene Ruiters, ‘n boorling van Wellington wat op die plaas Desperado grootgeword het. Sy het haar skoolloopbaan by Pauw Gedenk begin, waarna sy na Wellington Primêr is en aan Bergrivier Sekondêr gematrikuleer het. Tydens haar tersiêre studies aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal sy ‘n landbougraad. Haar dryfveer is om dit wat sy in haar lewe ontvang het, aan die gemeenskap terug te gee. “Alles wat ek doen, baseer ek op die beginsels van geloof, hoop en liefde,” het sy gesê. Die vergadering het met ‘n heerlike gesellighied afgesluit.
Senior Koorfees gehou
Die 36ste jaarlikse koorfees vir seniors is op Woensdag 18 Oktober in Wellington-Oos se kerkgebou gehou. Die plaaslike seniorkoor, die Herfsvreugde-koor onder leiding van Hetta Cloete, het as gasheer vir hierdie geleentheid opgetree. Volgens mev. Cloete, wat ook die geleentheid oorhoofs georganiseer het, is hierdie koorfees ‘n hoogtepunt op die kalender van talle senior persone. “Die mense sien elke jaar vreeslik uit na hierdie geleentheid. Seniorkore vanoor die hele streek neem jaarliks aan hierdie fees deel,” sê sy. Daar het hierdie jaar altesaam vyf kore opgetree. Onder hulle was kore van Brackenfell, Bellville, die Paarl en Yzerfontein. Volgens Cloete was die reëlings rondom die koorfees ‘n spanpoging. “Kyk, almal moet maar inspring en help. Daar
is altyd ‘n hele klomp staatsmakers wat regstaan en bontstaan om van hierdie fees ‘n sukses te maak. Die mense wat help met die versierings en blomme tot die tegniese persone, die seremoniemeester en almal wat behulpsaam is met die verversings en tee vorm deel van die span wat van hierdie jaarlikse gebeurtenis so ‘n groot sukses maak,” sê sy. Die kore se repetoires het met ‘n verskeidenheid liedere en genres verras. Gewyde liedere, Afrikaanse gunstelinge en klassieke werke het in die kerk opgeklink. Die vertonings is afgewissel met saamsing-items deur die gehoor. Dit was voorwaar ‘n fees waar grys hare, swak sig, gehoorapparate, looprame en rolstoele geen rol gespeel het in die sukses of vreugde van die geleentheid nie. Elke koor het met ‘n lied in hul hart bewys dat musiek die grense van ouderdom laat wegval en mense saambind.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
25 Oktober 2017
•LAPBOEKE MET BEKLEEDSEL MOET NET DOEN
‘n Juffrou met ‘n kop vir koppe, stokke en sterte •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner, Erna Smit, is ‘n kleuterskooljuffrou wie se stokperdjie letterlik ‘n lewe van sy eie gekry het. Hierdie kreatiewe vrou maak dinosourussterte, boontjiesakkies, aansteekborde en, wel, stokperdjies in haar vrye tyd - items wat talle ouers opraap en wat kinderverbeeldings aangryp. Volgens Erna het sy eintlik “toevallig” begin om hierdie items te maak toe hulle in 2011 as nuwe intrekkers in Wellington kom wortelskiet het. “Ons het as nuwe intrekkers by die NG Moedergemeente ingeskakel. Met basaartyd het dominee Lettie grappenderwys gesê dat sy hoor ek doen naaldwerk en of ek asseblief Vintage speelgoed vir die kindertafel sal maak. Ek het toe nog nie gewerk nie en geld was ‘n teer punt! Ek het wel in die huis twee lapboeke met bekleedsel-monsters gehad en dit sou moes doen. Met my eerste probeerslag het ek 10 stokperdjies gemaak met linker-en regtergesigkante wat verskil, maar bymekaar pas. Die perdjies was uitverkoop voor 09:00,” vertel Erna. Hierdie basaar-sukses het haar laat besef dat sy miskien ‘n nismark raakgeboor het en begin om haar perdjies as geskenke vir haar kinders se maats te maak. Die positiewe reaksie wat sy keer op keer op haar speelgoed gekry het, het haar selfvertroue ‘n hupstoot gegee en kort voor lank het sy haar produkte by padstalle gaan aanbied. “Een vakansie op pad see toe het ons by ‘n paar padstalle gestop met voorbeelde van die perdjies en daar het ons bestellings begin. Spesifieke padstalle is steeds van ons getrouste kliënte,” sê Erna. Vir baie lank was die stokperdjies haar enigste produk. Twee jaar gelede het sy ‘n kleiner weergawe van die perdjies tot haar reeks bygevoeg en hierdie jaar het sy haar reeks met dinousaurussterte uitgebrei. “Seuntjie-fantasieklere blyk minder beskik-
baar te wees en die dinosaurussterte het na ‘n ideale idee gelyk,” verduidelik Erna. Sy maak al haar produkte self en is baie dankbaar vir die ondersteuning van haar gesin. “Ewan, my man, is my aankoper, bemarker en motiveerder,” sê sy. Erna se ondervinding as onderwyseres kom nuttig te pas wanneer sy aan haar produkte werk en sy werk meesal wanneer haar gesinslede slaap. “Omdat ek ‘n juffrou is, glo ek in die waarde van verbeeldingspel en fisies aktief wees. Ek werk meestal in die nag,” sê sy. Sy het ook al waardevolle lesse op haar pad met kinderspeelgoed geleer. “Baie mense het baie opinies en gee maklik raad, maar niemand staan in jou skoene nie.
Luister na jou hart. Jy weet self wat jy kan of nie kan nie, hetsy a.g.v. van geld, tyd of vermoëns. As jou venster vir foute klein is, hou by wat jy weet gaan werk en vertrou die Here. Hy werk op wonderlike, verrassende maniere,” is haar raad. Miskien is dit Erna se kinderjare op ‘n Vrystaatse plaas en haar ondervinding as kranige ruiter wat reeds talle uithouritte voltooi het, gekombineer met haar ma se liefde vir naaldwerk wat nou in ‘n nuwe gedaante gestalte vind. “Ek het inderdaad ‘n emosionele band met perde – my pa was 22 jaar lank verlam nadat hy op die plaas van ‘n perd afgeval en sy rug gebreek het,” sê sy. Erna stal haar produkte gereeld by markte uit, maar mense kan haar ook direk by 074 176 7241 skakel vir navrae of haar op facebook volg by “Ertjiess se stertjies”.
3
25 Oktober 2017
courant
dié
4
Kreatiwiteit die eintlike doel van die lewe
Een van Nietzsche se aanhalings lui dat kuns die eintlike taak van die lewe is. Met die eerste oogopslag wonder ‘n mens of hy dalk voeling met die werklikheid verloor het toe hy so iets kwytgeraak het. Ons weet tog wat die take van die lewe behels: ons moet elke oggend opstaan en eet en werk of skool toe gaan en geld verdien en presteer en oefen en nog werk en eet en slaap. Dit is tog waarmee ons onsself besig hou. Dit is die groef waarin ons funksioneer. Maar daar is net ‘n diepte-verskil tussen ‘n groef en ‘n graf – en dit is moontlik waar kreatiwiteit ‘n rol speel. Navorsing het bewys dat kinders van drie jaar oud 98% kreatiewe gedrag toon, teenoor die slegs 2% kreatiewe gedrag van volwassenes. As ‘n mens hierdie syfers met die navorsing oor die voordele van kreatiewe aktiwiteite vergelyk, wonder jy waarom ons nie meer aandag aan kreatiwiteit gee nie. Kreatiwiteit laat mense anders na die wêreld rondom hulle kyk, dit laat hulle nuwe moontlikhede raaksien, dit help met gesonde selfuitdrukking, dit bevorder leer en dit lei tot beter gesondheid - alles dinge waarmee die meeste van ons in groter dosisse kan doen. Wanneer ‘n mens kyk na die dinge waarmee die mense in ons dorp hul besig hou en die projekte en aktiwiteite wat op ‘n weeklikse basis onder ons neuse gestalte kry, is kreatiwiteit die doepa agter talle suksesverhale. Die kleuterskooljuffrou, Erna Smit, maak in die middernagtelike ure die mooiste, mees kreatiewe kinderspeelgoed - iets wat nie net ‘n uitlaatklep vir haar eie kreatiwiteit is nie, maar ook kinders se kreatiwiteit prikkel. Die bejaardes van ons dorp en streek vier hul kreatiwiteit tydens ‘n koorfees en ‘n kuns en kultuuroggend - iets wat hulle bemagtig en waarmee hulle die gemeenskaplewe op ‘n kreatiewe manier lewendig hou. Die Busy Beez Vroueklub hou ‘n High Tea en stal hul handewerk en kreatiewe produkte uit. Hulle bemagtig ook ánder vroue met hierdie vaardighede om sodoende die vaandel van kreatiwiteit aan te gee. Vir Petro Greeff was die kreatiewe proses om ‘n boek te skryf tydens haar stryd teen kanker, goeie medisyne. Bergrivier Sekondêr se dramagroep ryg ‘n hele rits pryse in - alles die resultaat van hul harde werk en kreatiwiteit. ‘n Nuwe Parskuip-mark by Windmeul Kelder wil aan plaaslike produkte en kreatiwiteit ‘n platform bied, die Hervormingsdiens word ingekleur met kreatiewe orrelspel en koorsang, ‘n damestee ten bate van kanker bied ‘n kreatiewe blik op vrouwees en die hantering van hierdie moeilike siekte. Die lys gaan aan en aan. Miskien het Langenhoven iets van Nietzsche se stelling verstaan toe hy geskryf het dat ons die swaarkry met lekkerkry moet klaarkry, want dít is wat kreatiwiteit meermale regkry. Mag elkeen hierdie week toelaat dat kreatiwiteit hul alledaagse take ‘n bietjie kleur gee.
It’s Good News
Dr. Marc Blackwell
Roses or thorns?
Philippians 4:1-12 “Not that I speak in regard to need, for I have learned in whatever state I am, to be content: I know how to be abased, and I know how to abound. Everywhere and in all things I have learned both to be full and to be hungry, both to abound and to suffer need. I can do all things through Christ who strengthensme.” “One thing we may be sure of...: For the believer all pain has meaning; all adversity is profitable. There is no question thatadversity is difficult. It usually takes us by surprise and seems to strike where we are most vulnerable. To us it often appears completely senseless and irrational, but to God none of it is either senseless or irrational.He has a purpose in every pain He brings or allows in our lives. We can be sure that in some way He intends it for our profit andHis glory.” [Jerry Bridges] “Some people complain because God put thorns on roses, while others praise Him for putting roses among thorns.” Some people see the “thorns” in everything! Others choose to be thankful for the “roses.” We can learn from our Lord by looking to Jesus: “the Author and Finisher of our faith, who for the joy that was set before Him endured the cross, despising the shame, and has sat down at the right hand of the throne of God.” Hebrews 12. We can “consider Him who endured such hostility from sinners against Himself, lest we become weary and discouraged in our souls.” Such a Christ- like attitude views even the hurtful actions of sinful men as an opportunity to glorify God. It is all a matter of choosing to see “roses” and “thorns.”
Malan-familiebond hou 21ste saamtrek
Edie Malan van Wellington (verteenwoordig Wes-Kaap), Dr Jan Malan van Bredasdorp (spreker), Dennis Malan van die Strand (voorsitter van die Malan-Familiebond) en Dr Hercules Malan van Polokwane (onder-voorsitter) Die Malan-familiebond het die afgelope naweek Malan-byeenkoms, wat ‘n toer van Diamant tot hul 21ste saamtrek vir die Agter-Paarl en Wel- by Leeuwenjacht (die huidige Spice Route) ingesluit het, verteenwoordig. lington gehou. Die groep is toe na die Wellington-museum, Die klem van hierdie byeenkoms het op die “merkwaardige Malan-families van Leeuwen- waar dr. Jan Malan van Bredasdorp die ongeveer jacht en Diamant” van die Agter-Paarl en Sailor 40 Malans en hul gades meer oor die merkwaarMalan van die plaas Groenfontein te Bovlei, dige Malan-familie van Leeuwenjacht vertel het. Nadat hulle ‘n heerlike driegangete geniet het, Wellington, geval. Die Malan-Familiebond is reeds op 15 is hulle terug na die museum om te luister hoe Desember 1989 as ‘n kulturele organisasie die voorsitter, Dennis Malan, hulle meer oor Saisonder winsbejag gestig. Hul missie is om ‘n lor Malan vertel het. Die merkwaardige Sailor hegte Malan-eenheid in Suid-Afrika te ves- Malan was ‘n wêreldbekende vlieënier tydens tig. Dr. Hercules Malan was die eerste voor- die Tweede Wêreldoorlog. Dr. Hercules Malan van Polokwane het ook sitter. Hy is later deur JC Malan opgevolg en tans is Dennis Malan van die Strand die sy tweede boek, Die Malans van Suid-Afrika, voorsitter, met dr. Hercules Malan as onder- bekendgestel. Die dag is afgesluit met ‘n besoek aan voorsitter. Edie Malan van Wellington dien as Leeuwenrivier, die oorspronklik plaas die Wes-Kaap verteenwoordiger op die bestuur. Daar was talle Malans van regoor die Wes- van Daniel, die oupa van die Malans van LeeuKaap en ook ander dele van Suid-Afrika by die wenjacht.
Cure-kliniek kyk na kanker met oggendtee
Die Cure Day Clinic het, saam met dié courant as mediaborg, op Saterdag 21 Oktober ‘n oggendtee vir kankerbewustheid aangebied. Hierdie heerlike geleentheid het by die Langkloof Roosplaas buite Wellington plaasgevind. Meer as 70 vroue kon by pragtige tafels aansit vir ‘n oggend vol bederf en relevante praatjies oor vrouwees en borskanker. Volgens Liezl Muller, bemarkingsbestuurder by Cure Day Clinic, was die oogmerk van hierdie funksie om bewustheid van borskanker te kweek, maar ook om die mense wat al die stryd gewen het se suksesverhale te vier. “Oktober is bewustheidsmaand vir borskanker en ons wou graag iets doen om vrouwees te vier, maar vroue ook te bemagtig ten opsigte van hierdie sensitiewe saak,” het sy gesê. Gawie Marx, algemene bestuurder van St Stephen Health Care in die Paarl, het die gaste meer oor hierdie instansie se spesialisdienste vir kankerpasiënte vertel. Gawie, wat self die stryd teen kanker oorwin het, het die belangrikheid van die beste onkologiese tegnologie, gekombineer met omgee-omgewing beklemtoon. “Dit is dinge wat ons by St Stephen hoog aanslaan en waaraan ons in alle opsigte voldoen,” het hy gesê. Dr. Lydia Punt, ‘n onkoloog by St Stephen, het met die gaste oor borskanker gesels. Sy het die vroeë tekens van hierdie siekte belig en praktiese raad ten opsigte van die vroeë opsporing en identifisering van gevaartekens gegee. “Sekere goed kan beheer word, sommige
nie. Elke vrou kán gesond probeer lewe en vir gereelde toetse gaan. Wanneer iets soos kanker oor ons pad kom, kán ons mekaar bemoedig en ondersteun en die beste mediese diens verskaf,” het sy gesê. Dr. Punt het beklemtoon dat borskanker, indien dit vroeg geïdentifiseer word, een van die kankers met die beste moontlikheid op herstel is. “Dit is waar: kanker kán oorwin word,” het sy beklemtoon. Nalene Truter, ‘n kanker-oorwinnaar, het haar storie met die gaste gedeel. Sy het oor haar pad met kanker, die ondersteuning wat sy gekry het, die mediese kennis wat sy opgedoen het en die wonderlike mense wat sy op haar reis ontmoet het, gepraat. “Dit klink seker snaaks, maar my jaar met kanker was regtig die beste jaar van my lewe. Jy groei, jy leer baie van jouself en jy sien die goedheid van mense. Ek wens dit vir niemand toe nie, maar as dit met jou gebeur is my raad: vat dit vas. Dis een wonderlike reis,” het sy gesê. Adrienne du Plessis, ‘n voorkomskonsultant, het die dames meer oor die nuutste mode tendense vertel en raad gegee oor hoe om die regte besluite ten opsigte van jou klerekas, grimering en styl te maak. Elke dame is met ‘n heerlike geskenkpak bederf en talle gelukkige trekkings het vir groot opwinding gesorg. Die gaste kon oor die heerlike eetgoed, ‘n hele paar koppies koffie en baie gedeelde stories saamkuier.
NUUS • NEWS
Regs: Die voorkomskonsultant, Adrienne du Plessis, Gawie Marx van St Stephen Health Clinic, Liezl Muller van Cure Day Clinic en die onkoloog dr. Lydia Punt. Links en onder: Gaste het heerlik saamgekuier.
NUUS • NEWS
5
25 Oktober 2017
Nuwe mark wil plaaslike produkte ten toon stel
Gholfdag:
Hugenote Laerskool het op Donderdag 19 Oktober hul jaarlikse Gholfdag by Wellington Gholfklub aangebied. Talle spanne, bestaande uit ouers, vriende, onderwysers en verteenwoordigers van plaaslike besighede het aan hierdie dag deelgeneem. Daar was heerlike pryse op die spel en die span van Rudi de Bruyn het uiteindelik as wenners uit die stryd getree. Op die foto is v.l.n.r.: Gert Bosch, voorsitter van Hugenote se Beheerliggaam, die skoolhoof, mnr. Henry Schemper en Rudi de Bruyn saam met twee van sy spanmaats, Wynand Hanekom en André Meyer.
Die Windmeul Kelder het op Woensdag 18 Oktober die bekendstelling van hul Parskuip Kontreimark met talle relevante rolspelers, kosliefhebbers en wynkenners gedeel. Gaste kon aan die heerlike plaaslike produkte wat by hierdie mark te kry is, proe en die produkte uit eie bodem beter leer ken. Die Windmeul Kelder speel alreeds vir ‘n hele paar jaar elke eerste Saterdag van die maand gasheer vir ‘n plaasmark waar produsente en vervaardigers van nisprodukte uit die omgewing, hul produkte ten toon kan stel. Met die opening van die nuwe Parskuip Kontreimark op hul perseel, wil hulle die produkte van die plaasmark op ‘n meer permanente basis aan die publiek beskikbaar stel. “Ons wil ‘n platform skep waar eg-plaaslike produkte wat op ‘n verantwoordelike manier verbou of gemaak is, vir die publiek toeganklik gemaak kan word. Daar is soveel unieke pro-
dukte uit ons vallei en soveel mense wat passievol is oor die goed wat hulle miskien met groot moeite op klein of groot skaal maak, maar daar is nie altyd ‘n skakel tussen hulle en die publiek nie. Hier wil ons daardie gaping oorbrug en aan beide die publiek, sowel as die mense wat soveel interessante, kwaliteit plaaslike produkte verskaf, ‘n plek gee om te ontmoet,” verduidelik Danie Marais, bestuurder by Windmeul Kelder. Gaste by die bekendstelling van die Parskuip Kontreimark kon aan ‘n verskeidenheid plaaslike vleisgeregte, keurig berei deur die kos-ghoeroe Linda Bruyns, proe. Hulle kon ook ‘n interessante roosterkoek-en-wyn-paring ervaar, sowel as aan heerlike pizzas weglê. “Ons fokus is op egtheid, op families, op verantwoordelike, volhoubare plaaslik vervaardigde produkte. "Mense moet ons vallei ervaar as hulle hier kom kuier,” sê Danie.
Ouderdom in Aksie maak litte los in die stadsaal
Ntobeko Sikhakhane, hoof van die Wellington Biblioteek, Elsabe du Toit, voormalige hoof van die biblioteek, saam met biblioteekpersoneel Lorensia Thomas, Denise Pieters en Yvonne Arnoldus. Die Age in Action-inisiatief het op Woensdag skappe beklemtoon het. Wellington se plaaslike biblioteek-personeel 18 Oktober ‘n heerlike kuns en kultuurdag vir bejaardes in die plaaslike stadsaal aangebied. het die gaste met ‘n ligte voorlesing uit “KatrynHierdie geleentheid is deur bejaarde klubs van tjie” vermaak en die gaskunstenaar, Marshall regoor die hele Wes-Kaap bygewoon. Klubs van Hartogh, het almal met ‘n sangitem in vervoeso ver as Stellenbosch, Franschhoek, die Bree- ring gehad. Verskeie bejaarde klubs het self aan die devallei, Witzenberg en selfs Lainsburg het die vermaak deelgeneem deur items te lewer. Die geleentheid bygewoon. Age in Action, wat deel van die Suid-Afri- Aandblom-dienssentrum het ‘n sangitem gelekaanse raad vir bejaardes se inisiatief is, se mis- wer, terwyl Wellington se Gemoedsrus-sentrum sie is om ouer mense te bemagtig. Hulle poog ‘n gedramatiseerde opvoering gedoen het. Die om die ontwikkelingsbehoeftes van bejaardes, Strelitzia’s-klub het gesing, die Newton-dienssenin samewerking met ander relevante rolspelers, trum het het ‘n dansitem gelewer en die Karooaan te spreek. Die organisasie het ook ten doel lelie-dienssentrum se lede het ‘n onvergeetlike om die regte en waardigheid van ouer mense sangitem gelewer. Die Emmanuel-dienssentrum deur middel van bewusmaking en verbeterde se koorsang, Badisa Wolseley se opvoering en toegang tot sorg, ondersteuning, beskerming die Paarl-dienssentrum se sangitem het die veren opleiding te ontwikkel en te laat bydra tot ‘n tonings afgesluit. Die gaste het gedurende die verrigtinge lusvolhoubare ekonomie. Vir hierdie inisiatief het hulle met plaaslike tig meegedoen aan die items en die gehoor se rolspelers, talle borge, die plaaslike biblioteek en meelewing was aansteeklik. Daar is, ten spyte die Drakenstein Munisipaliteit saamgespan om van die baie hoë gemiddelde ouderdom van die ‘n dag vol pret, aktiwiteite, musiek en kuns vir gehoor, heerlik saamgesing en -dans. Die onvergeetlike oggend is deur bedankings talle bejaardes moontlik te maak. John Arendse, voorsitter van die Age in en die uitdeel van sertifikate afgesluit, waarna Action in die Bolandstreek het die gaste verwel- almal saam middagete geniet het. As Ouderdom in Aksie met soveel energie, kom, waarna pastoor Rodgers die verrigtinge geopen het. Raadslid Frances Jacobs het ‘n genot en positiwiteit gepaard gaan, is daar misinspirerende geleentheidsrede gelewer waarin kien meer waarheid in die spreekwoord, “oud, sy belangrikheid van bejaardes in ons gemeen- maar nog nie koud nie”, as wat ‘n mens vermoed.
Plaasfees die naweek op Môreson gehou Maak reg vir ’n naweek vol pret met Bakgat Promosies. Bakgat promosies bied weer ’n hele naweek propvol pret vir die hele gesin aan by vanjaar se Bakgat Môreson Plaasfees. Die fees vind plaas by die Môreson-plaas in Malmesbury vanaf Vrydag 27 tot Sondag 29 Oktober. Besoekers kan uitsien na drie dae van musiek, aktiwiteite, demonstrasies, stalletjies en heelwat vermaak vir die kleinspan. Natuurlik is daar ook kampplekke beskikbaar vir dié wat sommer die hele naweek wil bly. Die aksie begin Vrydag middag met optredes deur die jong, talentvolle studente van die Riana van Wyk musiekskool. Daarna begin die partytjie met die duo Die Campbells. Lekker Plaas-sokkie saam met Die Campbells. Saterdag se program begin om 10:00 met Lesley Coakley wat 'n paar
toertjies gaan doen. Besoekers kan inkopies doen by die talle stalletjies waar daar kos en handgemaakte goedere te koop sal wees. Op die verhoog, gaan Jaco Losgelaat ’n ding los sing, voor Sam en Calla, Bottomless Coffee Band, Klawer, Elandre Schwartz en Twee almal ’n beurt kry. Deur die loop van die dag sal besoekers’n kans kry om hul vaardigheid te toets met Kleiduif skiet. Daar gaan ook helikopter-ritte wees teen R250 as die weer dit toelaat. Terwyl ma en pa besig is, kan die kinders die Eventful Parties se pretpark met ’n streelplaas en ponie ritte geniet. Rooies staan by as die MC vir die aand en gaan ook ’n paar liedjies sing. Die trekpleisters vir Saterdagaand is Desmond Wells, Dozi en Kurt Darren. Na hul optredes sal daar ook ’n DJ wees vir dié wat nog langer wil kuier. Sondag begin met ’n kerkdiens, waar Warren Elliot die lof en aanbidding gaan lei. Daarna staan die Lollos-span reg om die kleinspan te vermaak. Country-legende Tommy Dell gaan ook ‘n draai maak. Stephan Visagie sal die feesprogram afsluit. Kaartjies vir die fees kos R100 vir die Vrydag, R120 vir die Saterdag en R80 vir die Sondag, of R250 vir die hele naweek. Kinders jonger as 16 betaal halfprys en kaartjies is by Computicket beskikbaar. Vir dié wat wil Kamp, is daar familie-pakkette beskikbaar. ’n Kamp-kaartjie sal jou R1480 kos en sluit jou kampplek asook ’n volle naweek-kaartjie vir vier mense in. Dié kan direk by Bakgat Promosies by 021 981 5010 of christo@bakgatpromosies. co.za bespreek word. Stalletjie-aansoeke kan ook aan Bakgat Promosies gerig word.
6
NUUS • NEWS
25 Oktober 2017
Petro Greeff stel haar nuwe boek bekend
VLV leer meer oor raamwerk en broodjies
By die boekbekendstelling is Susan Terblanché (dogter), Petro Greeff (skrywer), Thys Greeff (eggenoot), Ilze Kilian (dogter) en Mariëtte van Dyk (Marleo Uitgewers). "Al was my lyf siek, was my kop reg en het die Petro Greeff se debuutboek, “Borsies en Boudjies”, is op Saterdag 21 Oktober by die plaaslike werk ‘n wonderlike afleiding en terapie geword. museum bekendgestel. Die subtitel van hierdie Tussen die newe-effekte het ek voortgeveg. "My lewenslus en lag het nie verdwyn nie, boek, “stories met skeppies humor en ‘n knippie dit het wel tydelik sagter geword, maar was nog erns”, is sprekend van Petro se boek vol sketse Esla Ritter, wat oor die Kongres verslag gelewer het, Juanita Loubser, voorsitter en Beppie steeds deel van my mondering,” het sy vertel. en blik op die lewe. Altintopi, wat ‘n praatjie oor raamwerk gelewer het. Vir Petro was elke dag van die afgelope jaar Petro, wat jare gelede ná ‘n diplomakursus by Die plaaslike VLV-tak het op Donderdag 19 Okto- die Sirkel, is ook gevier. Hugenote Kollege besluit het om haar in Welling- vol genade. Sy vertel van spesiale mense wat Hierna kon die dames kyk hoe die perfekte ton te vestig, het tydens die boekbekendstelling oor haar pad gekom het en van die baie liefde ber hul maandelikse vergadering in Wellingtonbotterbroodjies gebak word toe Juanita Loubser, van haar jaar vol hoogte- en laagtepunte vertel. wat sy ervaar het. Noord se Kerksaal gehou. Die marktafel het oudergewoonte onder ‘n voorsitter van die plaaslike tak, ‘n demonstrasie Sy het haar boek, te midde van haar stryd teen “Die gemeenskap het ons oorval met sorg en verskeidenheid vars, tuisgemaakte en ingelegde hieroor gelewer het. met goedheid. My gesin het my met liefde toekanker, saamgestel en uitgegee. Beppie Altintopi, ‘n kenner op die gebied van produkte en handwerk gekreun. “Hierdie jaar het ek die lewe se ‘roller coas- gevou en laat voel dat ek nog iets het om voor te Tydens die vergadering is verslag gelewer raamwerk, het die gaste hierna oor die kuns van ter’ gery sonder dat ek daarvoor gevra het. Ter- leef,” het sy gesê. oor die onlangse VLV-Kongres wat in Langebaan raamwerk en die moets en moenies rondom wyl my liggaam deur pyn geworstel het, het ek Volgens Petro het haar liefde vir skryf al kleinhierdie onderwerp toegespreek. plaasgevind het. onthou van die uitdaging wat Louis Rautenbach, tyd begin toe sy op haar eie manier begin skryf Die dames kon agterna, ‘n egte VLV-styl, aan ‘n outeur en pastoor, aan my gestel het: om ‘n het. Haar tannie het later vir Petro en haar man, Die finansiële verslag vir die jaar is ook aan Juanita se heerlike botterbroodjies en ander boek te skryf. Toe die gogga my begin byt, het Thys, by ‘n e-tydskrif betrek waar Petro stories die lede voorgehou. Die Wellington-tak se welslae met hul hand- dekadente eetgoed weglê waarna hul die ek die stories wat ek al van lankal af geskryf het oor handwerk, reisartikels, asook stories oor werk by die Inter-tak, ‘n algehele derde plek in oggend kuier-kuier afgesluit het. mense geskryf het. bymekaar begin maak en georden. Nadat Louis Rautenbach verlede jaar by haar ondersteuningsgroep kom praat het, het hy ‘n paar van Petro se stories gelees. Hy het hy haar uitgedaag om haar boek saam te stel en dit teen Oktober vanjaar op die rak te hê. Sy het die uitdaging FORM 3A aanvaar en die bekendNOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE stelling van Boudjies en Borsies is die getuienis LIQUOR ACT, 2008 – [REG. 10(1)] van haar deursettingsNotice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority vermoë. (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices. Die hele samestellingsproses van haar The applications concerned may, up to and including the 28th day from the date of publication of the application, upon request and free of boek is in die geheim charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listed hereunder. Copies of an application gedoen en nie eers haar can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. Objections and representations must be lodged in writing with the man het geweet waarAuthority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act. mee sy besig was nie. Dit was eers met die VORM 3A verskyning van haar eerste proefboek dat sy die KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE geheim met hom gedeel DRANKWET, 2008 – [REG. 10(1)] het. Vir Petro was die Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) besigwees met die skryfen by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. werk nie net terapeuties Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek, op versoek en gratis deur enige persoon nie, maar ook ‘n nalatenbesigtig word by die kantore van die Owerheid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys. Afskrifte van ’n aansoek kan by die Owerheid skap aan haar kinders en verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi. Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en kleinkinders. die aangewese drankbeampte ingedien word. In sy resensie oor die boek, skryf Pastoor Louis IFOMU 3A Rautenbach: “Dit is baie oulike, uit-die-hart aanISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO WOTYWALA getekende ervaringe wat WENTSHONA KOLONI KA-2008 – [UMGAQO 10(1)] met opregtheid gedeel word. As jy eers begin Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni lees, kan jy nie die boek (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. neersit nie.”
IMPORTANT NOTICE
Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho. Full name of applicant Volle naam van aansoeker Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo
Name under which business will be conducted Naam waaronder besigheid bedryf sal word
Address of the proposed premises
Kind of licence applied for
Adres van die voorgenome perseel
Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word
Idilesi yesakhiwo Uhlobo lwephepha mvume olucelayo
Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo
Snow Mountain Wines CC
Snow Mountain Wines
Erf 2758, Unit B13 Blignaut Park, Blignaut Road, Wellington
Micro Manufacture Off-Consumption
South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged Suid-Afrikaanse Polisiediens-kantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona
Wellington
NUUS • NEWS
25 Oktober 2017
7
Hogkinsbeker kry tuiste
Dagboek • Diary
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418
Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Drie van die Bestes @ Drostdy-teater 25 Oktober: Drie van die Bestes (Mathys Roets, Kevin Leo en Danie Niehaus) met Mathys Maree op klavier tree om 18:30 tot 22:00 op by die Drostdy-teater op Stellenbosch ten bate van Wiele500 wat "wiele-bene" aan behoeftige persone verskaf. Die vertoning word voorafgegaan met 'n eksklusiewe veiling met Tiny van Rensburg wat om 19:00 begin. Mathys Roets is 'n Wiele500-ambassadeur. Kaartjies beloop R250 per persoon en kan op die teater se webblad gekoop word of deur Wiele500 by wiele500trust@gmail.com. Kontak Angie Green by 072 072 8480 met verdere navrae. Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Yzervark Bistro - R315 Yzerfontein 28 October: Yzervark Bistro presents cash in the Attic. Stalls & Produce from 10:00 - 16:00. Supporting Yzerfontein ACVV with donation from proceeds. Any further enquiries contact Bill Vos at 023 004 0050 / 071 355 1859 of boerbilly76@gmail. com Groote Post Country Run 29 October: Groote Post Vineyards are having their Groote Post Country Run from 07:00 till 12:00. 4 km: Ommie Dam fun @ 08:00; 10 km;Atlantic View Route @ 7:30; 21 km: Bobbejaanberg Challenge @ 7:00
Any further enquiries please contact 022 451 2202
Hillcrest United Rugbyklub 30 Oktober: Hillcrest United se Algemene Jaarvergadering om 19:00 te Hillcrest Primêr Skool, Wellington. Registrasie van nuwe klublede sal geskied voor die vergadering (vanaf 18:30) teen R100-00, betaalbaar by die sekretaris. Alle nominasies moet voor of teen Vrydag 27 Oktober 2017 die sekretaris bereik. Inligting rondom hierdie vergadering sal in plaaslike koerante asook Hillcrest Facebook blad sal volg. Vir meer inligting kontak Jovan-re Cupido – 073 296 3575
Die Hogkinsbeker is 1956 deur die susters Le Roux en Raubeheimer aan Wellingtonrolbalklub geskenk uit erkenning vir hul vader wat 'n lid van Wellington Rolbalklub was, asook 'n stigterslid van Paarl Rolbalklub . Die Hogkinsbeker-kompetisie word jaarliks tussen die twee klubs gespeel. Hierdie jaarlikse kompetisie het op Saterdag 21 Oktober plaasgevind. Wellington was die verdedigende kampioen. Regs ontvang Almarie du Toit, president van Paarl Rolbal, die beker van Pieter Myburg, president van Wellington-rolbalklub.
Tourism Conference 31 October: The West Coast Responsible Tourism Conference at Riebeek Valley Hotel, Riebeek West from 09:00 till 16:00. Swartland Heritage Festival 3-4 November: The Swartland Independent Producers and International speakers like John Wurdeman from Pheasants Tears in Georgia, are taking over the West Coast Town in Paternoster for a celebration of Swartland Wine and Food. On 3 November from 17:00 till late and 4 November from 10:00 till 17:00 at the Paternoster Comunity Hall. R2 200 all inclusive Tickets : RSVP@STUDIO-H.CO.ZA Sundowners at !Khwattu 3 November: Join us for a spectacular views, a stunning sunset, good food and wine at !Khwa ttu, R27 West Coast road at 18:00. Snack platters available at R80 (suitable for 2 to share). Transport available from Yzerfontein and Darling. For more information contact 022 492 2998 or send a email to bookings@khwattu.org Klassik Storietyd 11 November: Klassik stel hul Storietyd-plaat bekend by die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond-teater in Riebeek-Wes om 19:00. Kostes beloop R50 per persoon. Besprekings kan gedoen word by 083 475 9395 of stuur 'n epos aan fromthetopre@telkomsa. net.
Outreach:
Weltevrede Municipality’s Facility Committee held an outreach programme (taking back the streets) for over 200 children of the local area of Caterville, New Rest and Van Wyksvlei. Sports like aerobics, darts, soccer and rugby that were played actively on the facility, were used as instruments to empower the children.
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.
Navrae: 021 873 2763.
NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
Hervorming: Die NG Moedergemeente het op Sondag 22 Oktober ‘n spesiale Her-
vormingsdiens aangebied. Hierdie diens het die Protestantse hervorming 500 jaar gelede herdenk. Ds. Lettie BÜchner het as liturg tydens hierdie spesiale program opgetree. Die Tygerberg Mannekoor, onder leiding van Wilna Kotze, en die orrelis Winand Grundling het, saam met voorlesings deur Cornelia du Preez luister aan die geleentheid verleen. Die pragtige program is deur Louis du Preez saamgestel. Bo is Louis en Cornelia du Preez, Wilna Kotze van die Tygerberg Mannekoor, die orrelis Winand Grundling, ds. Fanie Marais, voormalige leraar by die Moederkerk en nou lid van die Tygerberg Mannekoor, saam met ds. Lettie Büchner.
courant 25 Oktober 2017
dié
8
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
25 Oktober 2017
•HOOGTEPUNT IN LOOPBAAN
John slaan 'n kishou vir SA-span
Volop aksie met mini-krieket
Hugenote Laerskool het op Vrydag, 13 Oktober, 'n "Ouer-en-Kind Mini-Krieketaand" aangebied. Ouers en kinders het spanne ingeskryf en teen mekaar deelgeneem. Dié heerlike toernooi het nie op wen of verloor, of selfs wie die meeste sesse kan slaan gefokus nie, maar wel op kwaliteit-tyd met familie en vriende. Dit was 'n aand vol pret en plesier waar goeie sportmansgees geseëvier het. Daar was ook lekker pryse vir onder andere die beste "spannaam", "spangees" en "kleredrag" op die spel. Beide die ouer- en kinderspanne het baie moeite gedoen om uit te staan en dit 'n aand te maak om te onthou.
Wellington se blink jong tennisster, John Coetzee, is onlangs in die Suid-Afrikaanse Nasionale o.14-tennisoefengroep opgeneem. Hierdie prestasie is een van sy vele tennishoogtepunte hierdie jaar. John, ‘n leerder van Hugo Rust Laerskool, het reeds in Augustus geweet dat hy vir die Tennis Suid-Afrika (TSA) se Meesterstoernooi in Oktober gekwalifiseer het. Slegs die top 16 spelers op die Suid-Afrikaanse ranglys is bevoorreg om in die o/12 ouderdomsgroep na hierdie toernooi, wat in Potchefstroom gehou is, genooi te word. John, wat die hele jaar die nommer 1 of 2 posisie op die ranglys beklee het, se uitnodiging na hierdie toernooi was dus nie ‘n verrassing nie. Tydens die toernooi, wat in ‘n “Round Robin”-formaat gespeel is, moes die 16 spelers in vier groepe van vier elk verdeel en teen mekaar in die groep uitspeel. Die wenner van elke groep het daarna tydens die semi-finale teen mekaar uitgespeel, waarna die wenners van hierdie wedstryde dit in die finaal moes uitspook. John het tot die finaal deurgedring, waar hy teen Jordan Georgiev van Sentraal-Gauteng verloor het. Sy insluiting in die o.14 nasionale oefengroep is baie opwindend, aangesien hulle drie tot vier oefenkampe regoor die land sal bywoon. Hierdie oefenkampe word deur uitstekende afrigters aangebied en die spelers sal ook die kans kry om saam met oud-Suid-Afrikaanse spelers te werk. Hulle het boonop ook toegang tot sportsielkundiges en fiksheidsinstrukteurs en hul reiskoste en klere word deur TSA voorsien. John se insluiting in hierdie oefengroep kan tot talle nuwe geleenthede lei. Die nasionale span word uiteindelik uit hierdie oefengroepe gekies - iets wat die deur tot verdere internasionale deelname sal beteken. Die spelers sal ook toegang tot sekere CAT-toernooie, wat in Afrika gehou word, kry om sodoende internasionale blootstelling te kry en ranglyspunte te verwerf. Volgens John is dit ‘n groot droom om weer in die toekoms vir Suid-Afrika te speel as hy die kans kry. Die feit dat dit sy eerste jaar in die 0/14-ouderdomsgroep is, maak die uitdaging egter groter. Hierdie prestasie kom nie sonder ongeloof-
like deursettingsvermoë, vasberadenheid en lang ure op die tennisbaan nie. John oefen minstens drie dae per week tennis. Dinsdae en Donderdae het hy individuele lesse by sy afrigter, Johnnie Zulch, gevolg deur nog twee oefensessies. Hy probeer ook ‘n dag inruim om saam met sy broer of maats te oefen en speel Donderdae skoolwedstryde vir Hugo Rust. Naweke neem hy gewoonlik aan toernooie, wat van Vrydagmiddae tot Sondagmiddae duur, deel. Vir John is tennis egter nie ‘n werk nie, maar sy groot liefde. Hy hou van die kompetisie en die lekkerte om in spanverband dubbels te speel. Aangesien dit meesal ‘n individuele sport is, verg dit toewyding, selfvertroue en deursettingsvermoë - eienskappe wat John oor die jare ontwikkel het. “My fiksheidsvlak en konsentrasievermoë het ook danksy tennis baie verbeter omdat ek soms tot drie wedstryde per dag moet speel,” sê hierdie tennisster.