c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
18 Oktober 2017
26.6%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 442
18 Oktober 2017
Fotografie:
By die Swartland Fotografieklub se onlangse vergadering het hierdie foto van Phillip de Lange weggeloop as die groot wenner van die aand met sy foto In the Mountains. Dit het ook die louere ingepalm in die senior-afdeling. Clifford Wyeth se foto Jah Guide het die gedrukte-afdeling gewen. Noeline Stofberg se Slow Down Mommy het die junior-afdeling gewen en was ook die tema-wenner.
•DIENSTE SPOEDIG HERSTEL - DR. SMITH
Hospitaal ‘n prioriteit Die planne om 'n splinternuwe hospitaal vir die Swartland op Malmesbury te bou, vorder fluks. Volgens dr. Barry Smith, superintendent van die Swartland Hospitaal op Malmesbury, het die Wes-Kaapse departement van gesondheid aangedui dat die bou van 'n nuwe hospitaal 'n prioriteit is. Die eerste fases van die proses is reeds onderweg. Die perseel wat aanvanklik aangedui is hiervoor grens aan Darlingweg in Malmesbury-Wes. "Dit gaan jare neem voor daar wel 'n nuwe hospitaal in werking is en juis daarom is planne voorgestel om die gesondheidsorgdienste op die huidige perseel te versterk," verduidelik Smith. Die bestaande geboue sal omskep word om 'n radiografie-afdeling, 'n buite-pasiënte eenheid en 'n nuwe ontvangs vir die hospitaal te huisves. Daar word ook voorsiening gemaak vir die berging van mediese rekords, 'n noodeenheid, 'n kombuis, fisioterapie-afdeling en ook 'n teaterkompleks. Twee nuwe vleuels sal ook gebou word wat sal verseker dat die kapasiteit om volwassenes te akkommodeer beskikbaar is. Dit sal weer ver-
seker dat die kraamdienste na die ou kraamsaal terugskuif. Konstruksiewerk hiervoor sal spoedig in aanvang neem. Sedert die brand van 18 Maart 2017 is talle planne beraam om die beste moontlike diens te lewer in die beskikbare ruimtes. Die noodeenheid funksioneer nou vanuit die voormalige buite-pasiënte lokaal. Die twee algemene sale vir mans en vroue, asook pediatriese pasiënte word bedien vanuit die onaangeraakte sale. Hierdie skommeling van dienste het ruimte geskep om die hospitaal 'n bed-kapasiteit van 40 te gee. Die administrasie-afdeling, die waskamers, algemene stoorkamers en dokumentkamers is nie in die brand beskadig nie. Die hospitaalbestuur is gedwing om alternatiewe reëlings te tref om te verseker dat alle nodige sorg deur die Swartland se sub-distrikte gelewer kan word, ten spyte van die beperkte infrastruktuur wat wel beskikbaar is. Alle kraam-pasiënte wat in kraam is, word by die kraam-afdeling van die Paarl Hospitaal ondersteun. Ambulanse vervoer tans pasiënte in kraam direk van hul huise na die Paarl Hospitaal.
Alle nood-operasies sal ook by die Paarl Hospitaal uitgevoer word. Elektiewe kleiner operasies sal twee keer per week by die Radie Kotze Hospitaal op Piketberg uitgevoer word. Pasiënte van die Swartland Hospitaal sal hierheen vervoer word. Beperkte x-straaldienste kan by 'n plaaslike radiologie-praktyk hanteer word en besprekings word by die Swartland Hospitaal hiervoor gedoen. Spesialis-kliniekafsprake word by die kliniek in Malmesbury-Wes hanteer. Pasiënte van Darling en die onmiddellike omgewing word na die Wesfleur Hospitaal in Atlantis vervoer, weens die beperkte kapasiteit van die huidige noodgevalle-afdeling. Volgens Smith is die personeel van die hospitaal toegewyd om ononderbroke diens van hoë gehalte te lewer, ten spyte van die ontbreking aan die nodige infrastruktuur. "Ek wil graag die publiek bedank vir hul samewerking oor die afgelope paar moeilike maande. Ons sien baie daarna uit om die gesondheidsorg plaaslik uit te brei en so te verseker dat omvattende gesondheidsdiens aan die gemeenskap gelewer word," sê Smit.
NUUS • NEWS
2
It’s Good News
Dr Marc Blackwell Snr
"Wherefore seeing we also are compassed about with so great a cloud of witnesses, let us lay aside every weight, and the sin which doth so easily beset us, and let us run with patience the race that is set before us" (Hebrews 12:1). Most of us are familiar with the great Faith Hall of Fame in Hebrews 11. Hebrews 12:1 is a transition verse, as indicated by the opening word "Wherefore." As chapter 12 begins, the writer quits referring to the faith heroes of the past and turns his attention to the present day and to us. 1. MOTIVATION - "we also are compassed about with so great a cloud of witness" The great faith heroes of the past (Abraham, Noah, Moses, etc) demonstrate the value of a life lived by making solid life choices based on the Word of God. 2. ELIMINATION - "let us lay aside every weight, and the sin which doth so easily beset us." We all know what "sin" is and the . "weights" are the encumbrances which, although not necessarily sinful, would slow us down or hold us back from peak performance. A true athlete will strip away every piece of unnecessary clothing before competing in a race. 3. CONTINUATION - "let us run with patience [endurance] the race that is set before us." Endurance is the steady determination to keep going, regardless of the temptation to slow down or give up. If the Christian life were a sprint, most people could handle it. But it's a marathon -- a long- distance race -- and it's the distance that has beaten so many. Let’s practice with dedication and determination.
Krieket: Die
spanne van die Hoërskool Swartland op Malmesbury en Porterville Hoërskool het Saterdag op Malmesbury kragte gemeet. Swartland het die wedstryd gewen. Links is Ruan Eloff van Swartland in aksie.
Messina hoof van nuwe SBI Die AHI, oftewel Afrikaanse Handelsinstituut, het onlangs ‘n gedaanteverwisseling ondergaan en spog nou met ‘n splinternuwe baadjie as die SBI, oftewel Small Business Institution (Kleinsake Organisasie). Die Swartlandse seun, Dr. Ernst Messina, is die hoof uitvoerende beampte van hiérdie organisasie. Die AHI het sy ontstaan in 1942 gehad na Dr. JG (Kaalkop) van der Merwe op die Ekonomiese Volkskongres van 1939 gepleit het vir ‘n Afrikaanse handelsblad, Volkshandel, as voorloper. Van der Merwe is verkies tot die eerste voorsitter op 10 Februarie 1942 in Bloemfontein. Die AHI is in 1943 geregistreer met Dr. MS Louw as die eerste president. Intussen het die leisels gewissel tussen voorsitters en dié taak het uiteindelik op Messina se skouers gerus. Volgens Messina is die kwessie van ‘n naamsverandering al ‘n geruime tyd ‘n gesprekspunt binne die organisasie. “Die provinsiale raad het veral oor die afgelope twee jaar sterk geargumenteer dat die naam moet verander. Ons het die kwessie op die Provinsiale Raad vanjaar weer bespreek. So ook met die Raad van Trustees, asook die Nasionale Raad. ‘n Ledevergadering is belê en op 22 September is die besluit geneem. Nou is ons die SBI,” sê Messina. Die SBI se fokus is nou meer geskerp op die kwessies van klein of middel-grootte ondernemings en veral dit wat hulle belemmer om te groei. “Die SBI gaan voortaan meer fokus op beleide en hoe dit die KMO’s raak en veral hoe bestaande beleide beter toegepas kan word en sodoende die KMO’s kan help,” sê hy. Volgens Messina wil hulle ‘n effektiewe stem vir die KMO’s wees by die regering en groot maatskappye. “Een van die kwessies wat ‘n groot hindernis vir KMO’s is, is dat hulle betyds betaal moet word vir werk wat bevredigend gelewer is. Dit
NUUS • NEWS
18 Oktober 2017
gebeur steeds nie. Die SBI wil ook help verseker dat die regering nie eerste aan groot maatskappy dink en met hulle praat nie, maar om inderdaad eerste klein te dink. Dit is immers die KMO’s wat die groot skeppers van werksgeleenthede is,” sê Messina. Die SBI wil hierdeur seker maak dat die hoë werkloosheidsyfers in die land minder word. “Dit is ook vir die SBI belangrik om al hierdie pogings en veldtogte te ondersteun en te rugsteun met behoorlike navorsing wat betroubaar is. Alleenlik dan kan ons met groter sekerheid en vertroue uitsprake maak. Hiervoor gaan ons groot fondse benodig,” aldus Messina. Hoe verskil die twee organisasies van mekaar? “In ‘n paar opsigte. Die AHI was ‘n multi-sektorale organisasie. Die SBI se fokus is kleinsake. Korporatiewe ondernemings gaan egter deel van die SBI bly, want klein en groot is interafhanklik en ons gaan dit nog meer bevorder. Die SBI gaan ‘n groter en meer verteenwoordigende direksie hê. Die meerderheid lede van die direksie gaan ook vroue wees. Elkeen gaan ‘n portefeulje hê en daar gaan groter verantwoordbaarheid wees,” verduidelik Messina. Volgens hom leen die SBI hom daartoe om meer inklusief te wees. “Daar is 500 000 KMO's waarvan ons kennis dra. Die kwessies wat die SBI gaan aanspreek raak almal van hulle. Ons gaan dus hiermee oor alle grense heen en fokus op KMO's en om hulle te help bevorder,” sê Messina. Sakekamers se geldelike bydrae wat aan provinsies betaal word gaan voortaan ten volle deur die provinsie of streek aangewend word om die kapasiteit van die provinsie of streek te versterk. Tot nou toe het provinsies ‘n gedeelte van sakekamers se bydrae aan die hoofkantoor oorbetaal. “Ons sien ‘n baie opwindende toekoms vir die SBI. Uit verskeie oorde kry ons gelukwense en aanmoediging vir die stappe wat ons nou begin neem het,” sê Messina trots.
dié courant
Verrys uit die as
Die Swartland gaan gebuk onder talle aanslae. Die afgelope ruk is die gebied geteister deur talle terugslae. As dit nie die reën is wat die area ontwyk nie, dan is dit broodnodige mediese dienste wat amper tot die grond afbrand. Dit is juis daarom so verblydend om te sien hoeveel moeite en werk daar gedoen word om te verseker dat die Swartlandse inwoners steeds die nodige mediese dienste ontvang. Van die oomblik wat die eerste vlamme aan die Swartland Hospitaal begin lek het, het die gemeenskap saamgespan om die vuur te blus. Almal het hul deel probeer doen of êrens probeer hand bysit. Personeellede het tussen die roet en water probeer om dokumentasie te red. Om pasiënte so gou as moontlik uit die gebou te kry. Nou is dit tyd vir herbou. Dit is tyd om op te staan. Net soos wat die hospitaal gebukkend gegaan het onder moeilike tye, net so gaan die hele Swartland nou gebukkend onder die droogte. Êrens sal daar 'n silwer randjie wees. Êrens moet daar 'n bietjie hoop wees. Dit is tyd om jou en my deel te doen, want die toekoms van ons streek is in ons hande. IG
Perd- en trekkerplaassafari in die Paardeberg Ná die gewildheid van die eerste plaaskuier met perde en trekkerrit en produkte uit die Paardeberg vroeër vanjaar, is die volgende kuier daar op 28 Oktober. Die safarikuier vertrek om 09:30 vanaf die plaas Doornfontein en duur tot die middag.
Die sjampanjeproe en happies by die eerste afsaalpunt word gevolg met 'n tweede afsaal in die lande vir 'n wynproe met 'n plaaslike kelde. Die dag word afgesluit met 'n uitspan-spitbraai op Doornfontein. Bespreek teen 23 Oktober by Madéle Basson by 072 274 8514.
Yzerfontein vier 80 jaar Die kusdorp van Yzerfontein het verlede week sy 80ste bestaansjaar gevier. By dié geleentheid is verskeie staaltjies vertel en hulde gebring aan talle inwoners wat 'n blywende indruk op die dorp se geskiedenis gemaak het.
Fortuin sien 111 jaar Mina Fortuin van Malmesbury het 'n ryke en kleurvolle lewensverhaal wat oor 111 jaar strek. Fortuin is in 1906 op Eendekuil gebore. Een van haar gunsteling staaltjies was dié van haar pa, Hendrick Williamse, wat in die AngloBoere-oorlog reg deur sy hoed geskiet is. "Hy het 'n tent-wa gery. As daar oorlog gemaak is, het hy van die boere in die wingerde versteek by die berg. "Hy is nooit in die oorlog geraak nie, want die Engelse het hom gesien as gestremd met sy groot kop waar die koeël hom destyds getref het," vertel Magrieta, Fortuin se kleindogter. Die Engelse het blykbaar hom so jammer gekry, dat hulle eerder geld by hom gelaat het, as hom gevange te neem. Fortuin was een van sewe kinders. Hulle het na die oorlogsjare na Olifantskuil verhuis.
Na haar pa se dood het hulle na Eeulandsvlei getrek. Dis dan ook hier waar Fortuin se ses kinders, Magrieta, Maria, Mina, Pieter, Josha en Hendrick gebore is. Fortuin se man, Piet, het van Darling gekom en die twee het saam met hul kinders na Hermansvlei getrek. Hier het sy nog twee kinders in die lewe gebring, naamlik Sanna en Seta. Na baie jare het die gesin na Oupos in die Darling-omgewing verhuis. Fortuin is onlangs op die ouderdom van 111 jaar oorlede. Sy laat 27 kleinkinders, 59 agterkleinkinders en 36 agter-agter-kleinkinders agter. Volgens Magrieta, Fortuin se dogter, was sy baie lief vir dans en snuif. "Sy kon nie sonder haar snuif geleef het nie," vertel sy.
NUUS • NEWS
3
18 Oktober 2017
•KRANE NOG STYWER TOEGEDRAAI MET VLAK 5-BEPERKINGS
Water: 60 liter per persoon per dag
Die uitvoerende burgemeesterskomitee van die Swartland Munisipaliteit het Woensdag die implementering van vlak 5-waterbeperkings goedgekeur met die ingang van 1 November. Die nuwe watertariewe wat hieraan gekoppel is, sal aan die einde van Oktober voor die hele raad gelê word vir goedkeuring. Die voorlopige watertariewe lyk soos volg: 0 tot 4 kiloliter - R6.30 (BTW Uitgesluit)/kl 5 tot 10 kiloliter - R17.61 (BTW Uitgesluit)/kl 11 tot 15 kiloliter - R19.37 (BTW Uitgesluit)/kl 16 tot 20 kiloliter - R55 (BTW Uitgesluit)/kl 21 tot 25 kiloliter - R72 (BTW Uitgesluit)/kl 26 tot 50 kiloliter - R99.99 (BTW Uitgesluit)/kl 51 kiloliter en meer - R265.12 (BTW Uitgesluit)/kl Volgens burgemeester Tijmen van Essen is dit skrikwekkend om te verneem dat daar steeds inwoners van die Swartland is wat meer as 50 kiloliter water per maand gebruik. Hiervan is 30 huishoudings op Malmesbury, 19 op Malmesbury-Wes, twee op Kalbaskraal, drie op Abbotsdale, ag op Riebeek-Kasteel, ag op Riebeek-Wes, sewe op Chatsworth, vier op Riverlands, 12 op Illingelethu, twee op Pholapark, twee by PPC, 11 op Darling, nege op Moorreesburg, drie op Koringberg en nege op Yzerfontein. Die voorgestelde verbruik per dag staan tans op 60 liter water per persoon per dag, ongeag of die individu by die huis, werk of skool is. "Dan is daar steeds instansies wat 246.68 liter water per persoon per dag gebruik. Dit is onaanvaarbaar," aldus Van Essen. Die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, het voorgestel dat die owerheid voortgaan om diegene wat meer as 50 kiloliter water per maand verbruik, in die openbaar uit te wys. "Dit het goed in Kaapstad gewerk, so dalk is dit tyd dat ons dit hier ook begin doen," aldus Scholtz. Aangesien Kaapstad geregtig is op 92% van die water van dié dam, onttrek hulle sowat 600 megaliter per dag. Teen dié trant sal die dam teen 5 Maart 2018 leegloop. Indien hulle hul verbruik verminder na 500 megaliter per dag, sal die dam teen Mei 2018 droog wees. In die 11 dorpe van die Swartland wat sy water vanuit die Voëlvleidam verkry, is daar 117 291 inwoners en 26 670 huishoudings. Swartland oorweeg ook tans die moontlikheid om die Swartland se onttrekking met Kaapstad te verbind deur middel van 'n pypleiding, om so toegang tot die ekstra 5% water te verkry wat aan die metropool se kant van die dam lê. Die jaarlikse watervraag vir huishoudelike gebruik beslaan sowat 83% van die totale waterverbruik. Die verbruik vir kommersiële gebruik is
17%. In gebiede soos Saldanhabaai word 40% vir huishoudelike gebruik geoormerk en 60% vir kommersiële gebruik. Tans is die Swartland Munisipaliteit in fase 1 van rampbeperkings waar rantsoenering toegepas word. In hierdie fase sal daar gevorderde drukbestuur toegepas word en kritieke dienste sal grootliks nie beïnvloed word nie. Die watertariewe word in hierdie fase gelig en waterbestuurstoestelle word installeer. Die ondersoeke na grondwater beloop sowat R3.5 miljoen. Hiervan is daar reeds sowat R1.5 miljoen bekom en het die owerheid toestemming gegee dat hierdie ondersoeke voortgesit word. Die druk- en vloeibeheer beloop ongeveer R2.2miljoen, kommunikasie sowat R400 000, gratis regmaak van lekkasies sowat R350 000, ontsouting R95 000 000 en die ontwikkeling van grondwater R90 000 000. "As ons nou 'n ontsoutingsaanleg moet bou, sal dit reg wees, want dit reën nie, maar begin dit dalk môre reën, dan hoor die munisipaliteit dat ons geld gemors het. Dus maak dit nie saak wat ons doen nie, ons sal net nie reg wees nie," het Van Essen by die ledevergadering van die Malmesbury Sakekamer Maandagaand gesê. Om die droogtebestuurstrategie te handhaaf, word 'n verhoogde tariefstruktuur voorgestel, kitsboetes vir die oortreding van waterbeperkings, boetes van R2000 per huishouding wat meer as 20 kiloliter water per maand gebruik. Hierdie boete sal outomaties by die maandelikse munisipale rekening van die huishouding gevoeg word. Ook sal beheertoestelle soos die Auqualocwatermeters installeer word. "Ons verwag om met boorwerk vir alterna-
tiewe water teen November vanjaar te begin, maar Malmesbury as dorp het nie baie water nie. Die meeste water lê aan die suidekant van die dorp," het Van Essen gesê. Volgens Van Essen is die watersensus wat die munisipaliteit van stapel gestuur het, nie bedoel
om beslag op inwoners se water te lê nie. "Ons wil net bepaal waar daar water is en hoeveel daar is, sodat dit moontlik in die toekoms aangekoop kan word om naburige huishoudings te help," verduidelik Van Essen.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
4
NUUS • NEWS
18 Oktober 2017
Babylon's Peak palm talle toekennings in Babylon's Peak se 2016 SMG het vanjaar talle gesogte toekennings ingepalm. Hierdie wyn met sy aanloklike rooi kleur het 'n intense aroma met 'n ondertoon van donker vrugte, speserye, wit peper en mocha. Hierdie droë rooiwyn versnit word gemaak van drie druif-soorte. Dit bestaan uit 86% Shiraz, 7% Mourvèdre en 7% Grenache wat in die win-
gerde van die Swartland groei. Die druiwe word per hand geoes en in klein bokse verpak. Dit word ook vir 'n dag in 'n koue vertrek met 'n temperatuur van 5°C gelaat.
Koringstudie: By Agri Malmesbury se algemene jaarvergadering vir die koringstu-
diegroep is die nuwe bestuur verkies. Agter is Hennie Eksteen, Paul Truter, Michiel Smuts, Derick Becker, Truter de Kock, Eddie Terblanche en Dickie Hewitt. Voor is Charl Hamman, Johan Smuts, Dirk Lesch, Peter Steyn, Gert Claassen, Dolfie Walters, Fanie Walters, Hentie Smit en Jan Bester.
Stem vir sakekamerfinaliste
Die Malmesbury Sakekamer se galadinee word op 10 November in die Malmesbury Stadsaal gehou met kunstenaars Christo en Cobus Snyman. Dit is ook by dié geleentheid wat die wenners van die Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie bekend gemaak word. Vanjaar se finaliste is soos volg: Groot Besighede: Agrimark, Malmesbury PnP, Malmesbury Superspar en RSAM. In die medium-afdeling is die volgende finaliste deur tot die finale ronde: Geard Apteek, JHL Die wyn word vir 12 maande in Franse eikehoutvaatjies geberg en verouder. Shiraz-Mourvèdre, Grenache se smaak tref jou binne sekondes na jy jou lippe daaraan gesit het. Dit word goed gepaar met wit vleis, kouevleis, wors en verouderde kaas. Babylon's Peak is 'n plaaslike kelder wat in die hartjie van die Paardeberg sy tuiste vind. Dit is op die plaas Nooitgedacht van die Bassonfamilie gebou.
Ingenieurswerke, Old Mutual (Spies Praktyk), Poskantoor en Speedy. In die afdeling vir klein besighede, is die volgende ondernemings finaliste: Derma Health, Die Herehuis, Postnet, Sunel's Guest House, Swartland Apteek en Trust to Wealth. Om jou stem te laat geld, besoek die webtuiste by www.sakekamer.co.za. Bespreek ook nou jou plek vir die gala-dinee by Elaine (022 487 1919). Kaartjies beloop R250 per persoon.
Skaapstudie: By Agri Malmesbury se algemene jaarvergadering vir die skaap-
studiegroep is die nuwe bestuur verkies. Agter is Wilhelm van Niekerk, Francois de Villiers, Derick Becker, Pieter Dreyer en Oubasie Lesch. Voor is John Dürr (voorsitter Agri Malmesbury), Du Toit Durr, Peter Steyn, Ewan Louw, Hentie Smit en Wilhelm Relihan.
Moorreesburg se Langstraat bied iets van alles As 'n besoeker Moorreesburg binne-ry, word hy deur Langstraat heel eerste welkom geheet. Hierdie straat is die tuiste van talle besighede in dié Swartlandse dorp. Moorreesburg Agentskappe is een hiervan. Dié onderneming het in 1971 begin toe Dicky Huysamen begin het om dienste as bouer aan die wyer gemeenskap te lewer. Ná 20 jaar in die bedryf, neem hy in 1991 die besluit om uit te brei en 'n bouhandelaarsonderneming te open. Oor die jare het Moorreesburg Agentskappe gegroei tot die onderneming wat dit vandag is. Dié onderneming is 'n trotste verskaffer van dakkappe en alle boumateriaal aan die Swartland en Weskus. Kontak hulle gerus by 022 433 1504 met navrae. De Stalle is lekker sentraal geleë op Moorreesburg. Die eiendom is uniek in die sin dat dit unieke plattelandse verblyf bied met 'n paar besighede wat mekaar op een perseel aanvul. Hier vind jy nie net verblyf nie, maar ook 'n restaurant, Le Must Eatery, Salon Tredsetters vir hare en grimering, asook Fine Linnen and Gifts Interior vir 'n spesiale geskenk vir 'n spesiale persoon. Kontak Irma by 071 605 8236, Salon Trendsetters by 022 433 1680, Fine Linnen and Gifts Interior by 083 258 7043 en Le Must Eatery by 082 7823713. As jy in die mark is vir eiendom, kontak Roux &
Van Dyk Eiendomme by 082 490 0422. Toerisme speel 'n belangrike rol in die omgewing en hier werk Weskus Toerisme kliphard om die omgewing te bemark. Toerisme is ‘n funksie van die Weskus Distriksmunisipaliteit en bied strategiese ondersteuning aan streekstoerismekantore in die vyf munisipale areas. Die #Weskus is ‘n unieke toerisme bestemming met diverse toerisme attraksies. Seekos, wynroetes, kulturele- en opvoedkundige aktiwiteite, olywe en rooibostee, om net ‘n paar te noem, maak van die Weskus een van die gunsteling bestemmings op aarde. Besoek hul webwerf by www.capewestcoast. org of kontak hulle by 022 433 8505. As die honger jou oorval, is Nicky Lategan Slaghuis net die plek om te besoek. Die slaghuis het in 1998 sy deure oopgemaak. Hier kan jy verseker wees van persoonlike, vriendelike diens, asook die beste kwaliteit produkte. Deel van die slaghuis is ook ‘n bakkery en ‘n heerlike koffiewinkel met geskenke. Hulle bedien ook elke middag, Maandae tot Vrydae, buffet-ete. Die eienaars is Nicky en Marinda Lategan, hulle seun Nicklaus Lategan wat julle agter die slaghuis se toonbank sal sien en ook hul dogter, Muriël Visser.
NUUS • NEWS
18 Oktober 2017
5
6
18 Oktober 2017 Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Open meeting. Contact: Billy at 073 147 6758 or Angela 082 447 5079.
Dagboek • Diary
NUUS • NEWS
Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library. Contact 083 900 6962. Saron-toerisme Saron-toerisme soek talent vir Saron Bergwaterfees op 11 November 2017. Vir meer inligting kontak 072 722 3268 of 079 796 6476. Jo-Dolphin 20 Oktober: Piekniekdans word gehou ten bate
van Jo-Dolphin in Wesbank Gemeenskapsentrum vanaf 19:00 tot 01:00 Musiek word verskaf deur Mario Arnolds. Kaartjies beloop R50 en is beskikbaar soggens by Jo-Dolphin, Albaniestraat 5, Malmesbury. Vir enige navrae kontak 022 - 487 1156/1274 of Mev Goliath by 082 643 1344 of Mnr Swarts by 0828266810 CPM Jaarlikse dans 21 Oktober: Die Christelike Privaatskool Malmesbury hou hul jaarlikse dans om 19:00 vir 19:30 in die Malmesbury-stadsaal. Kaartjies beloop R150 per persoon en die drag is semi-formeel. Vir meer inligting, kontak Maresa by 022 482 3425. Christelike Privaatskool 21 Oktober: Die Graad R's hou Modeparade Oscars om 10:00 by die Stadsaal op Malmesbury. Die gaskuntenaars is Riana van Wyk-musiekskool. Kostes beloop R100 per persoon wat tee en verversings insluit. Vir enige navrae kontak Henriette Smit by 072 200 5875 Malmesbury Aglow 21 October: Malmesbury Aglow are meeting at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road,
Malmesbury. Starting at 15:00. Please come for a afternoon of fellowship. Enquries- Elaine Walker at 072 590 6636 Evita se Perron 22 Oktober: Schalk Bezuidenhout bied aan Volksbesit. Vertonings om 12:00 en 15:00. Vir enige navrae kontak 022 492 3930 of besprekings by bookings@ evita.co.za Malmesbury Muurbalklub 23 Oktober: Die Malmesbury Muurbalklub hou ope dae vanaf 16:30 tot 19:30 (ook op 30 Oktober en 6 November) Mans en dames, jonk en oud, fiks en onfiks, klublede en nie-klublede is welkom. Rakette en balle is beskikbaar vir die wat nie het nie. Koste is R10 vir klublede/skoliere/studente en R15 vir nieklublede. Vir verdere navrae kontak 072 613 0855 High Tea-vroueoggend by Aandskemering 25 Oktober: Die Aandskemering tehuis vir bejaardes op Malmesbury bied om 10:30 vir 11:00 'n "high tea" aan met Chantel Griesel, 'n arbeidsterapeut, oor kinderontwikkeling. Kostes beloop R100 per persoon. Kontak Melanie Saayman by 083 631 3396 met navrae. Drie van die Bestes @ Drostdy-teater 25 Oktober: Drie van die Bestes (Mathys Roets, Kevin Leo en Danie Niehaus) met Mathys Maree op klavier tree om 18:30 tot 22:00 op by die Drostdy-teater op Stellenbosch ten bate van Wiele500 wat "wiele-bene" aan behoeftige persone verskaf. Die vertoning word voorafgegaan met 'n eksklusiewe veiling met Tiny van Rensburg wat om 19:00 begin. Mathys Roets is 'n Wiele500-ambassadeur. Kaartjies beloop R250 per persoon en kan op die teater se webblad gekoop word of deur Wiele500 by wiele500trust@gmail.com. Kontak Angie Green by 072 072 8480 met verdere navrae. Darling 27 - 29 Oktober: Darling hou dorpsfees met lewende musiek, opelug bioskoop, voëlverskrikkerkompetisie, kindersone, mark en vele meer. Vir enige navrae kontak 022 492 3361 ST. MichaeIs Primêre skool - Abbotsdale 28 Oktober: St Michaels hou 'n piekniekdans by die Malmesbury stadsaal. All Sounds Band sal die musiek verskaf. Kaartjies is ook beskikbaar by die skool. Vir enige navrae kontak - Mandy by 071 262 9461 Yzervark Bistro - R315 Yzerfontein 28 October: Yzervark Bistro presents cash in the Attic. Stalls & Produce from 10:00 - 16:00. Supporting Yzerfontein ACVV with donation from proceeds. Any further enquiries contact Bill Vos at 023 004 0050 / 071 355 1859 of boerbilly76@ gmail.com Awareness Walk 28 Oktober: Die Victory Praise Chapel op Malmesbury hou 'n bewusmakingsstaptog vanaf die kerk in Dr Euvrardstraat om 08:00. Die doel van die stap is om bewusmaking te doen oor geweld teen vroue, kinders en mans en vorm deel van die 16 Dae van Aktivisme. Inskrywings kan op die dag gedoen word, of vooraf by die perseel in Hoogstraat 20. Kosstalletjies wat jou op 'n reis om die wêreld in smake sal neem, sal na afloop van die stap beskikbaar wees. Kontak Maxine by 065 933 4930 of stuur 'n epos na info@ vpci.org.za Okto Beerfest 28 October - The Okto Beerfest will feauture beer, live music, sausages, kids stuff, stylish shops, restaurants and pretzels in Short Street in Riebeek-Kasteel from 11:00 and onwards.
NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #3365 --------------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjie-dekor, springkastele. Druk van versiersuiker-papier. Kontak 078 544 2038/ www. abcpartytjies.co.za/ elsa@abcpartytjies.co.za #3463 --------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005 --------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
18 Oktober 2017. Baie geluk met jou derde verjaardag ELIGH MATTHEW. Mag Liewe Jesus jou seën. Baie lief vir jou Mamma se grootseun. ---------------------------------
20 Oktober. Ons vyfde huweliksherdenking. Nog steeds baie lief vir jou Moeksie. Sien uit na die volgende vyf ---------------------------------
Geluk met jou verjaardag. Voorspoedige jare vorentoe. Almal is baie lief vir jou - Katriena Pietersen ---------------------------------
Baie geluk Mammie, Ouma, vroulief op 13 Oktober met jou verjaarsdag. Bly die sonstraal in ons lewe Liefde - kinders, man, kleinkinders,skoonseuns en dogter ---------------------------------
PHAMELITHE SNYDERS. 17 Oktober. Geluk met jou verjaardag. Ons dank God vir nog 'n jaar by jou lewe - Mammie, Moseline, Marquin, Janine en Allister ---------------------------------
CHRISLYN MYBURGH. Lekker verjaar. Liefde Peetma Mia, Chirna en bure ---------------------------------
ISAK. Geluk met jou 42ste verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar. Liefde - Mavis, Ma Fia, Julie en Stienie ---------------------------------
Geluk LEE-ANNE. Lekker verjaar - Mia jou vriendin --------------------------------ELIZABETH SOLOMONS. 18 Oktober. Vandag steek Ma die 60-streep oor. Ma is ons mentor. Baie lief vir Mammie Andy & Deneline ----Geluk met die mylpaal en mag lewensjare gevul wees. Lekker verjaar Marianne & Trish ----Geluk met u 60ste verjaardag. Mag God u spaar en seëninge op u pad. Liefde - Anneline en Coetzee familie ---------------------------------
GERT COETZEE. 18 Oktober. Geluk met Pa se verjaarsdag. U is 'n pa en skoonpa duisend - Andy & Deneline ----Geluk met jou verjaarsdag. God se seen word jou toegewens. Geniet die dag - Marianne en Trish ---Pa, geluk met jou verjaardag. Jy is die steunpilaar in ons familie. Geniet die dag - Annelie, manlief en kinders ---------------------------------
KEANU MENTOOR. Geluk met jou tiende verjaardag op 16 Oktber. Mag daar nog vele wees. Van: Pa en Mammie ---------------------------------
FLORENS CUPIDO. Geluk met Mamma se verjaardag. Alles wat mooi is. God seën u ryklik. Baie liefde - Kinders, kleinkinders en agterkleinkinders ---------------------------------
Baie geluk met Pa en Ma se 35ste jaar van liefde. Mag God julle ryklik seën. Liefde - julle dogters en kleinkinders ---------------------------------
Kyk wie word een op 19 Oktober. Gelukkige verjaardag DYLANTJIE. Lekker verjaar. Baie lief vir jou - Mammie, Daddy & Sussie ---------------------------------
CARLOS HUISSAMEN. 10 Oktober. Baie geluk met jou verjaardag. Mag die Here jou nog vele jare spaar - Ma, Atta, Tietie en Theodore ---------------------------------
ABEGAIL JOSIAS. Baie geluk my rosie met jou 21ste verjaardag op 22 Oktober. Liefies vir jou Mammie Portia ---Baie geluk met jou mondigwording. God se rykste seën op jou lewe - Antie Lucille, Shaurnell & Sune ---------------------------------
MANRY HUISSAMEN. 15 Oktober. Geluk met jou twintigste verjaarsdag. Mag God jou seën op die pad vorentoe. Geniet jou dag - Ma, Atta, Tietie, Carlos en Theodore ---------------------------------
7
18 Oktober 2017
ELIZABETH. Gelukkige verjaardag Mammie. Geseënde dag en dankie vir alles. Liefde - Justine, Kusay, Brione, Octavia en Octalia ----Baie geluk met jou verjaardag. Jy is en was nog altyd 'n legende - Jou vier susters van Mitchell's Plain ---------------------------------
LUCIAN. 18 Oktober. Baie geluk met jou verjaardag. Jy is baie spesiaal in God se liefde - Eldritz, Moses en Jonicka ---------------------------------
18 Oktober. LEPUSHKE ALEXANDER. Geluk maatjie met jou verjaarsdag. Mag jy 'n wonderlike daggie hê - Lemyke en die Maibels ---------------------------------
IRIS MYBURGH - Baie geluk met u verjaardag. Mag God u ryklik seën. Baie liefde - Sonia Loubser en gesin --------------------------------Gelukkige verjaardag HENRICO BOOYSEN op 16 Oktober. Van: Liena en Mosterdstraat se mense --------------------------------STEPHEN VERMEULEN. Baie geluk met jou verjaardag op 17 Oktober. Wens jou 'n dag vol seëninge en voorspoed Madelein & Angelique ---------------------------------
18 Oktober. Raai wie word een vandag?. JUNIQUE, baie geluk my blom. Van: Mammie & Ouma ----Junique baie geluk met jou geboortedag vieringe. Jy moet lekker verjaar alles wat mooi is - Familie --------------------------------AMELIA SYSTER. 19 Oktober. Veels geluk met jou verjaardag. Geniet die dag. Baie liefde Truida, Maria & Janetta ---------------------------------
Raai wie word 23 op 18 Oktober. Geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën. Van: jou ma, pa, broers, suster, ouma, oupa en meisie --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
SARIE FARAO. Ons mis die warmte van Mammie se teenwoordigheid - Sylvia, Herold, Petro, Angelo en al die kleinkinders en een agterkleinkind ----Vier jaar en die verlange en seer lê nog vlak. Mammie se nalatenskap
is wat ons staande hou Quinton, Charmaine en kinders ---Ons verlang nog steeds. Tot ons weer ontmoet Atta Sony, Leraar Hendricks, Boeta Pieter en Johanna, sussie Kana, Tietie, die breë Farao,Hendricks en Matjiet families ---------------------------------
JACQUES. 22 Oktober. Eerste verjaarsdag sonder jou. Ek mis jou baie - Janine ----Dae sonder u is leeg. Ons mis pappie baie - Furlo,
Dillan, Tyra en Virgo ---------------------------------
MONOLITO HILTON PETERS. Ses jaar gelede het jy ons skielik verlaat. Ons mis jou baie - verlangende ouers, susters en kinders ---------------------------------
8
courant 18 Oktober 2017
dié
SPORT
Tel: 022 487 3221 Links: Talle plaaslike leerders het by die 18de nasionale jeugskou wat by Bathurts gehou is, presteer. Die top drie senior wolskaap-skoumanne van die WP kom van Moorreesburg se Hoërskool Dirkie Uys. Hulle is Suzanne Kotze, Hannes Mostert en Pierre van Heerden. Hierdie Junior en Senior deelnemers het individueel in 4 deelname klasse kompeteer, nl: Teoretiese Eksamen (20% van hul punte), Was van die skoudier (15%), Voorbereiding van die skoudier (15%) en die Skouman-klas (50%) wat die vertoon, hantering, konsentrasie en wol kennis van die dier insluit. Links is hulle saam met afrigter en sameroeper Magdel Mostert.
18 Oktober 2017
In die junior-afdeling het twee Moorreesburgers ook uitgeblink. Die top drie wolskaap-skoumannne van die Wes-Kaap sluit Christiaan Eksteen van die Laerskool Dirkie Uys en Helize Dippenaar van die Hoërskool Dirkie Uys in. Visser Wessels van Oakdale Landbouskool is ook deel van die trio. Die Wes-Kaap Streek se Junior-Junior Pluimveekampioen is ook vand ie Swartland en sy is Lumé van Heerden van Laerskool Dirkie Uys.
•SPOG NOU MET SA-KLERE IN GIMNASTIEK
Jana du Plessis droom groot
Jana du Plessis van Malmesbury is 'n ywerige en bekroonde gimnas en spog nou ook met die groen en goud wat in haar kas hang. Hierdie gimnas is sedert 3-jarige ouderdom druk besig om aan haar gimnastiek-loopbaan te werk. Jana het onlangs aan die vlak 7-kompetisie vir deelnemers tussen 13 en 17 jaar deelgeneem. Sy het in Augustus 14 geword en het skoonskip gemaak in hierdie afdeling. "Artistiese gimnastiek bestaan uit vlakke en ouderdomme. Ons neem hier deel aan vier verskillende afdelings naamlik sprong, brug, balk en vloer. By elke apparaat het jy verskillende posisies. Al vier se punte word dan bymekaar getel en die gimnas met die hoogste punt is dan die wenner in daardie afdelings. Ek het 'n eerste plek in brug, tweede plek op balk, vierde plek op vloer en 'n vyfde plek in die spronge verower," vertel Jana. Met al haar punte saam, het sy die hoogste algehele punt gehad en is aangewys as die SAkampioen in WAG (Womans Artistic Gymnastics) vlak 7 in die ouderdomsafdeling van 13-14 jaar en spog met drie medaljes. Jana is deel van die Wynland-gimnastiekklub in die Paarl. "Dit was vir my 'n groot eer om aan die SA's deel te neem," sê sy. Die kampioenskappe is in Pretoria gehou. Jana was aanvanklik nie seker of sy aan die kompetisie sou kon deelneem nie, want sy het vroeër 'n besering opgedoen. Volgens Jana het die kompetisie die afgelope jaar baie verander en strawwer geword. Dit is ook die eerste keer wat sy in die klub se deelnemende groep opgeneem is en het sy nie haar vooruitsigte op 'n podiumposisie gestel nie. "Dit is my eerste jaar van 'high perfor-
NUUS • NEWS
mance'-deelname. Die feit dat ek deurgedring het na die SA's is vir my 'n ongelooflike groot eer. Die kompetisie self was baie lekker. Ek het myself op die vloer geniet," vertel Jana. Slegs die top-gimnaste van die klub word in die deelnemende groep opgeneem en die gimnaste moet aan verskeie vereistes voldoen. Om op hierdie vlak te kompeteer, is senutergend, maar Jana het koelkop gebly. "Die week voor SA’s het ‘n man, ‘n sportsielkundige, met ons kom praat en ons gehelp om ons stres-vlakke beter te kan hanteer. Die oefeninge wat hy vir ons gegee het, het al die gimnaste baie gehelp en die kompetisie vir ons lekker gemaak.
Ons afrigters werk ook gereeld met ons oor hoe ons tydens kompetisies moet dink en wat ons moet doen as die skoenlappers is ons magies begin fladder. Gelukkig is ek nie iemand wat maklik stres nie. Ek raak meer opgewonde oor die kompetisie as om stresvol te wees," vertel sy. "Voorbereiding is baie hard en ons oefen baie ure. Ek het ten minste vier ure per dag, ses dae per week geoefen. Ek het elke vakansiedag geoefen en party dae vroeër gaan oefen, omdat ek meer tyd benodig het weens my beserings. Ek moes opstaan as ek geval het en die element oor en oor geoefen het totdat dit perfek was. Tydens skooleksamens moes ons dieselfde ure insit vir oefening." Wat is hierdie klein mensie se suksesresep? "Hard werk en nooit opgee nie. Maak nie saak hoe moeilik dit lyk nie, staan op en baklei. As jy val, staan maar net weer op. As ek huil, moet ek maar net die trane afvee en weer probeer. Ons afrigters is baie streng, maar ook baie regverdig en liefdevol. Hulle is soos my eie familie en ons deel alles. My ma is een van my afrigters en sy help my ongelooflik baie om emosioneel sterk te wees. Ook is ons gimnaste soos familie vir mekaar. Ons staan altyd saam en help mekaar," sê Jana. In April 2018 gaan Jana in Dubai aan 'n internasionale kompetisie deelneem. "Dit is baie duur en ons gaan baie fondsinsamelings moet hou om dit moontlik te maak vir my om deel te neem," sê Jana. Om voluit op haar gimnastiek te fokus, moes Jana alle ander sport wat sy beoefen het, opgee. Sy kon ook nie haar eerste interskole-byeenkoms bywoon nie, weens gimnastiek-verpligtinge. Jana het een groot droom en dit is om as lid van die senior Suid-Afrikaanse span aan die Wêreldbyeenkoms deel te neem.
Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 11 Oktober: Supa Quick - Enkel Stableford: George Prinsloo 22, Ewald Liedeman 22, Lindsay Meyer 19, Donato Stelluto 19, Piet Basson 18 Vrydag Sundowner, 13 Oktober: Supa Quick - Enkel Stableford: Tommy Louw 23, Jacobus Snyders 22, Billy Howburg 22, Andre Uys, Saberie Pietersen 20 Saterdag, 14 Oktober: Maandlikse Houespel: Billy Howberg 69, Helgard Rabie 70, Auden Julies 70, Donato Stelluto 70, Andre Uys 71, Johann Ackerman 72, Doppies Coetzee 73, Fritz de Beer 73, Adriaan Louw 73, Eben Lingeveldt snr 74 DUIWE Malmesbury Posduifklub Hopetown Ope 1 1 J Steenkamp 1283.3211; 2 J Steenkamp 1244.6978; 3 J Steenkamp 1244.5810; 4 M Hill 1241.6286; 5 J Steenkamp 1225.9805; 6 LF Van Dalen 1212.1356; 7 LF Van Dalen 1168.9912; 8 G Horn 1149.3214; 9 Kotze Familie Hokke 1138.7282; 10 Kotze Familie Hokke 1136.5173; Hopetown Ope 2 1 J Steenkamp 1422.9951; 2 G Horn 1235.1007; 3 M Hill 1175.4607; 4 D De Villiers 1169.0273; 5 LF Van Dalen 1165.8413; 6 G Horn 1160.5101; 7 G Horn 1139.3888; 8 J Steenkamp 1042.1059; 9 LF Van Dalen 1029.3326; 10 Kotze Familie Hokke 1009.9589; Abbotsdale Britstown 3, 1 Elie Liedeman, 2 Paulus Lofts, 3 C Barendse & Son, 4 Elie Liedeman, 5 Elie Liedeman, 6 W & W Arendse, 7 Paulus Lofts, 8 Paulus Lofts, 9 Elie Liedeman, 10 W & W Arendse Riebeek Britstown 2 1 Alex Fam 1380.8665, 2 M J Hokke 1316.6587, 3 Persens Hokke 1303.4581, 4 M J Hokke 1272.8819, 5 Adams Hokke 1234.3993, 6 Mentoor Hokke 1210.6269, 7 Adams Hokke 1184.2507, 8 Alex Fam 1174.4149, 9 Mentoor Hokke 1174.0507, 10 Mentoor Hokke 1155.9420 KRIEKET Piketberg Krieket Klub Uitslae. Piketberg 1 teen Victorions (Maties) Beste Kolwers C.Adams 24 lopies ,L.Ockhuis 25 lopies, P.Dietrich 17 lopies Beste Boulers Jvd Merwe 1/17, P Dietrich 1/26 Piketberg 1 wen met 2 paaltjies. Piketberg 2 teen Porterville KK Beste Kolwers E.Amerika 53 lopies,J.Goliath 29 lopies ,W.Maarman 23 lopies Beste Boulers W.Skippers 4/21, T.Kok 2/20 J.Goliath 3/23 Piketberg 2 wen met 41 lopies Malmesbury vs Clanwilliam Essex MKK kolf eerste en teken 188/4 aan in hulle 20 beurte. Beste kolwers vir MKK was Ruben Bouwer met 61*, Krisnan Oosthuizen met 32, Llewellyn Koopman met 28 en Devon Smith met 21. Clanwilliam gaan kolf en kon net 100 lopies aanteken. Beste boulers vir MKK was Donovan Dudley met 3/19 in 4, Fernando Arendse met 2/17 in 4 en Brandon Howburg met 2/1 in 0.5. MKK wen met 88 lopies.