Skip to main content

441 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

11 Oktober 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 441

11 Oktober 2017

•EERSTE WEDREN SPRING OP WELLINGTON WEG

Atlete meet kragte teen stoomtrein •Jaomi Zeeman Wellington was op Saterdag, 7 Oktober, die wegspringplek van die eerste Stoomtrein Uitdaging in die Wes-Kaap. Wellington was op Saterdag, 7 Oktober, die wegspringplek van die eerste Stoomtrein Uitdaging in die Wes-Kaap. Ons dorp se stasie was ‘n bynes van bedrywighede soos deelnemers gereedgemaak en toeskouers en ondersteuners op die stasie se perron bymekaargekom het. Die eregas by hierdie geleentheid was egter Dominique, die stoomlokomotief wat die atlete en fietsryers die stryd aangesê het. Die Stoomtrein Uitdaging behels ‘n wedren tussen atlete, fietsryers en ‘n stoomtrein op die roete tussen Wellington en Ceres. Die atlete en fietsryers kon in spanne meeding wat om die beurt skofte afgelê het om die stoomtrein tot in Ceres die stryd aan te sê. Spanne van drie fietsryers en drie atlete elk óf individuele atlete, wat al die skofte op hul eie aangedurf het, kon vir die wedren inskryf. Die idee van die Stoomtrein Uitdaging het ontstaan toe Pieter van Wyk, roete-ontwerper vir die Cape Epic en boorling van Wellington, die potensiaal van die spoorlyn wat deur die asemrowende natuurskoon van ons vallei kronkel, raakgesien het. Hierdie mooi roete tot in Ceres, die feit dat hyself ‘n kranige bergfietsryer is en sy vaardighede as roete-ontwerper het hom laat besluit dat hierdie die perfekte roete vir ‘n “treinresies” sal wees. Hierdie opwindende Stoomtrein Uitdaging is gebaseer op die beproefde konsep van mense wat ‘n ou stoomtrein die stryd aansê. Dié plaaslike weergawe van die uitdaging is egter uniek omdat dit hardloop, sowel as bergfietsry behels. Talle spanne en individue van regoor die WesKaap het aan hierdie uitdaging deelgeneem om te kyk wie van “man” of “masjien” as wenner uit die stryd sal tree. Die stoomtrein het Saterdag om 08:00 uit Wellington-stasie vertrek, terwyl atlete by die ingang van Wellington Wines weggespring het. Van hier af het deelnemers langs ‘n veldrenroete van ongeveer 90km teen die stoomtrein meegeding. Die eerste been was van Wellington tot by Malan-stasie oor ‘n afstand van 7,2km vir hardlopers. Daarna het twee fietsrybene, ‘n hardloopskof, nog ‘n fietsryskof en uiteindelik ‘n laaste hardloopskof vanaf Waverly Hills tot by Ceres Golf en Eco Estate gevolg.

Dominique die trein vertrek vanaf die Wellington-stasie.

Terwyl die atlete en fietsryers dit langs die stoomtrein uitgespook het, kon toeskouers en ondersteuners die wedren vanuit die luukse trokke van die trein dophou. Hierdie trein dateer uit die era toe die Suid-Afrikaanse Spoorweë 235 Klas 19D stoomlokomotiewe met berg-tipe wiele tussen 1937 en 1949 op ons land se spoorlyne geplaas het. Dominique, die stoomlokomotief wat in die wedren gebruik is, is ‘n gerestoureerde lokomotief uit hierdie era wat aan die Ceres Rail Company behoort. Die resies was ‘n heerlike gemeenskapsprojek. By die Wellington Wines wegspringpunt was lewendige musiek en stalletjies en by die Ceres eindpunt is die feestelikheid voortgesit met musiek deur Newton & Co, stalletjies en

grootskerms waarop die rugbytoets gekyk kon word. ‘n Gedeelte van elke inskrywingsfooi is aan die Breyten Paulse-stigting, wat kinders in landelike gebiede help, geskenk en deelnemers kon ook tweedehandse of nuwe boeke in houers by die wedren plaas as ‘n poging om geletterdheid, lees en taalvaardighede by kinders te bevorder. Die wenner was uiteindelik ‘n inidividuele inskrywing wat man-alleen die wedren aangedurf en die stoomtrein laat les opsê het. Die solo-mansdeelnemer Brenton Ashby het die trein in ‘n tyd van 04:30:50 geklop. Die eerste solo-vrou oor die wenstreep was Gemma Grobbelaar in ‘n tyd van 05:06:02 en die mansspan van Wellington, Bold and the Beautiful, het uitstekend gevaar deur algeheel tweede in die spankompetisie te eindig.

NUUS • NEWS


2

11 Oktober 2017

NUUS • NEWS

ATKV hou leierskamp

Bo: Lede van die ATKV, maatskaplike werkers van die ACVV en fasiliteerders van Salt & Light saam met raadslid Albertus Buckle en die akteur John Koopman. Die plaaslike ATKV-tak het op Woensdag 27 September met die ACVV saamgespan om ‘n leierskapkamp vir kinders in landelike skole in die gebied aan te bied. Hierdie inisiatief is ‘n jaarlikse instelling en het hierdie jaar in die Voortrekkersaal plaasgevind. Volgens Tharina Schweidler van die ATKV is hierdie projek iets waarmee hulle elke jaar baie moeite doen. “Ons probeer altyd om goeie sprekers te kry om die kinders te motiveer en om aktiwiteite wat hulle bemagtig en hul leierskap help ontwikkel aan te bied,” het sy gesê. Lede van “Salt & Light” het as fasiliteerders opgetree en die bekende akteur, John Koopman, wat onlangs een van die hoofrolle in die fliek Krotoa gespeel het, het as gasspreker ‘n motiveringspraatjie gelewer. Die kampprogram het ‘n verskeidenheid projekte, aktiwiteite en speletjies behels. Op die eerste dag kon die kinders ‘n kunsprojek aanpak, na ‘n opvoedkundige poppekas oor

dwelmmisbruik kyk, aan inligtingsessies oor rolle in verhoudings deelneem, ‘n fliek kyk en heerlik om die kampvuur kuier. Die tweede dag het kaptein Seekoei van die plaaslike SAPS met hulle oor seksuele mishandeling, sosiale media en dwelmmisbruik gesels. Hulle het ook na ‘n opvoering oor leierskap gekyk en ‘n hele werksessie oor hierdie tema gehad. Die kamp is met ‘n prysuitdeling afgesluit. “Hierdie inisiatief is moontlik gemaak deurdat verskillende rolspelers in die gemeenskap hande gevat het tot die voordeel en bemagtiging van ons kinders. "Al die maatskaplike werkers van die ACVV, raadslid Albertus Buckle wat die projek ondersteun het, die akteur John Koopman wat hom met die kinders bemoei het, Gaireyah Fredericks met haar poppekas, kaptein Seekoei wat altyd bereid is om terug te ploeg in die gemeenskap, die fasiliteerders van Salt & Light, sowel as al die lede van die ATKV wat hand bygesit het - sonder hierdie groot spanpoging sou so iets nie moontlik wees nie,” het Tharina gesê.

Wen met Drie van die Bestes en Wiele500 Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo word begelei deur Matthys Maree. Die groep vermaak ons al vir die laaste 10 jaar met hul humor en musiek. Moet nie die optrede op 25 Oktober misloop nie. Die doel van die geleentheid is om fondse in te samel vir die Wiele500-projek om sodoende wiele-bene aan mense te verskaf wat weer onafhanklikheid begeer. Lees meer oor dié projek by www. wiele500.com. Die vertoning word voorafgegaan met 'n eklusiewe veiling saam met Tiny van Rensburg wat om 19:00 begin. Mathys Roets is ook Wiele500 se ambassaeur. DATUM: 25 OKTBOBER TYD: 18:30 TOT 22:00 WAAR: DROSTDY TEATER KOSTE: R250 Kaartjies kan deur Drostdy se webblad gekoop

word of ook deur Wiele500, wiele500trust@ gmail.com / 072 072 8480. Kompetisie: Twee gelukkige lesers sal elk 'n dubbelkaartjie na dié geleentheid wen. Om hiervoor in aanmerking te kom, sms jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 20 Oktober om 12:00. Vraag: Noem een van die sangers in die groep "Drie van die Bestes".

•GROOT SAMEKOMS GEHOU

Bailey-familie vier hul eie erfenis

Die Bailey-familie het onlangs ‘n groot familiebyeenkoms op Erfenisdag gehou. Volgens Herman Bailey het hulle familie al ‘n hele paar jaar daaraan gedink om so iets te doen. “As die oudste van ons oupa Herman se kleinkinders, was daar die verwagting dat ek dit moet reël,” sê hy. Hy vertel dat hy gelukkig hierdie groot taak vrygespring het, omdat van die jonger lede van die familie, onder leiding van sy jongste suster, Lynette Afrika, die inisiatief rondom die reëlings behartig het. ‘n Hele reëlingskomitee is saamgestel wat hierdie groot byeenkoms moes reël. “Oupa Herman en ouma Sarah, née Louw, het drie seuns en drie dogters gehad. Uit elkeen van die gesinne is een persoon genomineer en hulle het die reëlingskomitee gevorm. Vir die beste deel van ses maande het hulle werklik hard gewerk om die reünie ‘n werklikheid te maak,” vertel hy. Hul keuse om hierdie byeenkoms op Erfenisdag te hou, was doelbewus. Behalwe vir die feit dat die vakansiedag op ‘n Maandag geval, en dit dus ‘n langnaweek was, het die aanbied van die Baileys se familiegeskiedenis en -erfenis mooi by die betekenis van hierdie dag gepas. Uiteindelik het ongeveer 100 familielede, wat oor vier geslagte strek, by die byeenkoms opgedaag. “Auntie Alice Jonkers is die enigste oorlewende van oupa Herman se ses kinders. Terwyl die oudste vyf in die Karoo gebore is, is sy op die plaas Kleinbosch in Daljosaphat gebore.

"‘n Hoogtepunt van die dag was toe ek die familiegeskiedenis oorgedra het. Ek was aangenaam verras oor die intense belangstelling wat daar by almal was om die familie se stories te hoor,” vertel Herman. Die Bailey-familie, wat aanvanklike die plaas Jakkalsfontein in die Merweville-distrik besit het, het met die groot droogte en depressie in die dertigerjare besluit om alles te verkoop, hul besittings op donkiewaens te laai en na die Boland te trek. Hierdie “Groot Trek” van die Baileys sou uiteindelik ‘n volle drie jaar duur. In 1936 het die families in Daljosaphat aangekom en hulle op die plaas Kleinbosch gevestig. “Vandaar het die families verder getrek na die Kaapse Vlakte, terwyl oupa Herman en sy broer Gert hier agtergebly het met hul gesinne,” vertel Herman. Die Baileys se familiesaamtrek het ‘n foto-uitstalling deur elke gesin, sowel as groepspeletjies, praatjies oor hul geskiedenis, heerlik saameet, kuier en eindelose gesprekke ingesluit. “Ek bewonder die durf wat ons voorgeslagte gehad het om alles in die Karoo agter te laat en ‘n nuwe toekoms vir hul kinders en kleinkinders hier in die Boland te kom vestig. Dit was inderdaad ‘n besondere byeenkoms. Baie van ons het mekaar vir die eerste keer ontmoet. Ons sal dit beslis weer doen aangesien dit bydra tot ‘bonding’, veral in hierdie tyd wat families so maklik uitmekaar kan spat,” sê Herman. “As jy weet waarvandaan jy kom, kan jy beplan waarheen jy op pad is.”

Die ACVV Wellington se Algemene Jaarvergadering word op Woensdag, 18 Oktober om 10:00 by Silwerkruin Huis vir Bejaardes gehou. Dit is ‘n gesamentlike Jaarvergadering van die ACVV maatskaplike dienste, Silwerkruin en die dienssentrum. Volgens Marlene Hartman van die ACVV beloof dit om ‘n baie interessante geleentheid te wees. “Die spreker is Danelene Ruiters, tegniese assistent by die Genesis Innovation Group in Stellenbosch. Ruiters is 'n boorling van Wellington en sal haar inspirerende verhaal met almal deel,” sê sy. Dr. Elna von Schlicht, Uitvoe-

rende Burgemeester van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, is die voorsitter van die ACVV Wellington en as samesteller van die jaarverslag, sal die ACVV se bedrywighede en projekte met die gehoor deel. Riaan Broodryk, van BGR Geoktrooieerde Rekenmeesters, sal die finansiële verslae van Silwerkruin, die dienssentrum en die maatskaplike dienste bespreek en die geouditeerde state sal ook vir insae aan die publiek beskikbaar wees. Belangstellendes en lede van die publiek is word uitgenooi om die geleentheid by te woon, wat tradisioneel met verversings en 'n gesellige saamkuier afgesluit word.

ACVV hou jaarvergadering


NUUS • NEWS

11 Oktober 2017

•PETRO GREEFF SE EERSTE BOEK NEERGEPEN

My lyf was siek, nie my kop nie

•Jaomi Zeeman Die Wellingtonner, Petro Greeff, is geen onbekende in die dorp nie. Hierdie kreatiewe vrou met die omgee-hart is al vir jare lank aktief by Wellington se gemeenskapsaktiwiteite betrokke. Haar eerste boek gaan binnekort bekendgestel word. Petro woon al vir 35 jaar op Wellington en is baie lief vir die Boland. Sy voel bevoorreg dat sy in die gemeenskap kon woel en woeker en ‘n tuisbly-ma vir haar drie dogters kon wees. “My beroep was om ma te wees en my stokperdjies het my ander ure gevul. Ek het al ons klere gemaak en my dogters kon ek mooi aangetrek het. My liefman se hemde is ook my handewerk,” vertel Petro, wat ook al vir meer as 30 jaar lid van die plaaslike VLV is. ‘n Uitdaging van ‘n vriend was die vonk wat die vuur vir haar eerste boek tot gevolg gehad het. “Hy het nie geweet dat ek reeds ‘n aantal sketse geskryf het nie, maar het in my geglo en die my uitgedaag om ‘n boek te skryf,” sê Petro oor hierdie uitdaging. Sy het reeds ‘n aantal sketse op sosiale media en op ‘n verseblad gedeel - iets waarvoor sy baie goeie kommentaar en ook die aanbeveling om ‘n boek te skryf, gekry het. Louis Rautenbach, ‘n kredietspesialis, outeur, berader en pastoor van Jeffreysbaai het Petro uiteindelik oortuig om aan haar eerste boek te begin werk en dit uit te gee. Die titel van die boek is “Borsies en Boudjies”. Petro verduidelik hoe sy hierop besluit het en wat die inhoud van die boek behels. “Die titel is na aanleiding van die eerste skets in die boek. Ek het in ‘n winkelsentrum gesit en die mense bekyk en oor hulle gewonder. Hul lyftaal het met my gepraat. Dalk sal mense met die lees van die boek raaksien dat elkeen ‘n plek in die lewe het, dit maak nie saak hoe jy lyk of wat jy in die lewe doen nie,” sê Petro. Die skryfproses was egter vol onvoorsiene uitdagings. “Tydens die proses om die sketse bymekaar te bring, was ek in ‘n baie, baie moeilike tyd van

my lewe. As gevolg van dertien bloedklonte wat my geweldige pyn gegee het, het ek ‘n diabeet geword,” vertel Petro. Kanker is ook by haar gediagnoseer en die behandeling met al die gepaardgaande nare newe-effekte het haar behoorlik siek gemaak. “My liggaam was siek, maar my kop was nie. Dit is toe dat ek besluit het om met die saamstel van my sketse besig te wees. My gees was gewillig, maar my vlees het geen krag gehad om enige handwerk te doen nie. Met die rekenaar kon ek my konstruktief besig hou,” vertel sy oor hierdie moeilike tyd. Volgens Petro het sy baie waardevolle lesse uit die hele skryf- en publikasieproses geleer. “Ek het geleer dat kritiek op my skryfwerk nie noodwendig persoonlike kritiek is nie. Kritiek uit ‘n goeie hart moet ook nie as verwerping ervaar word nie, maar eerder as ‘n uitdaging gesien word om myself te verbeter. "‘n Vriend het my een skets uitmekaar getrek en elke woord en sin bevraagteken. Aanvanklik was ek bitter boos daaroor, maar het later besef dat dit opbouend is en dat ek bereid moet wees om oor en oor en oor te skryf,” vertel sy. Vir Petro was die skryf van die boek terapeuties. “Dit het my aandag weggelei van my pyn. Dan is dit ook ‘n nalatenskap aan my kinders en vyf kleinkinders - hulle sal my hart hoor klop! Op dié manier sal my medemens ook my passie vir mense en die lewe raaklees,” sê sy. Petro was ook vir ses jaar lank die voorsitter van die Depressie- en Angsondersteuningsgroep op die dorp - iets wat sy tydens haar siekte eers ter syde moes stel. “My droom is om volgende jaar weer hierdie taak te hervat. Wat ek daar geleer het, kan nie met geld gekoop word nie. "Die wonderlikste mense het my pad gekruis. Aangesien ek self al jare teen depressie veg, verstaan ek en luister na ander,” sê sy. Petro se boek, “Borsies en Boudjies”, word op Saterdag 21 Oktober om 10:00 by die Wellington-museum bekendgestel. Belangstellendes kan haar by 072 709 8000 kontak.

Bo: Die skrywer Petro Greeff.

3


11 Oktober 2017

courant

dié

4

Laat jou ysterwiele rol

Wanneer ‘n mens die voorreg het om in een week ‘n rit op die Gautrein, sowel as op ‘n stoomtrein te hê, kom jy weer onder die indruk van die bekoring van treine. Talle Afrikaanse kunstenaars, skrywers en digters het hierdie vervoermiddel al as inspirasie vir hul werk gebruik. Antjie Krog skryf “ek hoor jou vanaand soos ‘n ver-af trein”. NP van Wyk Louw dig: “die laatmiddag het room geword/ en treine wat ver fluit”. Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock sing ‘n liedjie “Tussen treine”, Sonja Herold besing die “Trein na Matjiesfontein”, Gert Vlok Nel se liedjies en gedigte is deurspek met verwysings na treine, Die Briels se “Trein na Pretoria” is ‘n ou bekende, Bles Bridges sing van die Trans Karoo en Koos du Plessis sing in sy liedjie “Skimme” van “weerlose, weerlose mense, op reis van perron na perron”. Selfs Jack Parrow het ‘n liedjie met die titel “Tussen stasies”. Die afgelope naweek het Dominique, ‘n ou, gerestoureerde stoomtrein wat uit die tydperk tussen 1937 en 1949 dateer, Wellington se stasie binne gestoom om ‘n klomp atlete en fietsryers op die roete na Ceres die stryd aan te sê. Die herlewing van hierdie statige, imposante lokomotief herroep die nostalgie van ‘n vergange era van waar treine ‘n belangrike rol gespeel het. Miskien lê die bekoring van treine in die sissende beweging daarvan. Of miskien is dit die parallelle spore, wat altoos deel is van die reis, wat ‘n geheime boodskap dra. Die skrywer Lizette Murray verwys juis in haar onlangse motiveringspraatjie by Huis Andrew Murray se High Tea na vreugde en pyn as parallelle reisgenote, soos ‘n treinspoor, in mense se lewens. Die dwarslêers, sê sy, is die genade tussen die twee. In Wellington is daar baie voorbeelde wat hierdie beeld versterk. Ons mense loop elke dag op hierdie parallelle spore wat met stewige dwarslêers aan mekaar verbind is. Selfs al is ons in die middel van ‘n versengende droogte, kan ons steeds Sondag Tuindag tussen ons inheemse en waterwys plante vier. Die ATKV en ACVV het met hul leierskamp vir plaaskinders die dwarslêers tussen agterstande en moontlikhede gelê en Dot Klerck se 10 jaar van eindelose koekbak-ure het haar ‘n plek as finalis vir ‘n internasionale toekenning besorg. Mag jou ysterwiele hierdie week seepglad op die parallelle spore wat voor jou uitrol, loop. En mag jou dwarslêers lekker stewig wees.

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

'n Vrolike hart bevorder genesing

Almal wil graag gesond wees, seker daarom die vrees dat jy kan siek word. Allerlei skemas word aangegryp indien jy siek word, sodat die beste behandeling beskikbaar sal wees. Salomo het baie sake waargeneem, ook siekte en genesing. In Spreuke hoofstuk vier skryf hy dat 'n vrolike hart bevorder die genesing. Meeste van ons probleme begin met inligting wat ons deur ons sintuie waarneem en dit dan oordink. Ons maak die probleem ons eie. Die brein reageer op die gedagtes wat ons vorm en skei sekere hormone af wat vir ons goed of skadelik kan wees. Dit hang af van hoe ons op die inligting reageer. Daar is so baie inligting beskikbaar, waarmee ons selektief mee moet omgaan, om nie in die strik te trap en ontsteld te raak nie. Dit is onmoontlik om tegelykertyd vrolik en ontsteld te wees. Ons lees ook in Spreuke dat hoe iemand in sy hart dink so is hy. Paulus skryf dat ons denke moet vernuwe word. Ons moet oefen om die mooi om ons raak te sien en meer vrolik te wees, en gesond te bly.

NUUS • NEWS

Ontspan Sondag in die tuin met nasionale tuindag •Jaomi Zeeman Op Sondag 15 Oktober vier alle Suid-Afrikaners Nasionale Tuindag. Almal word genooi om dié dag in ‘n tuin te geniet - of dit nou ‘n blomtuin, kweekhuis, potplante op ‘n stoep of ‘n groentetuin is. Die inisiatief om hierdie dag te vier het ontstaan om mense aan te moedig om te ontspan en gehaltetyd saam met hul bure, familie en vriende in hul tuine deur te bring. Die bevindings van ‘n onlangse Harvard-studie, getiteld “The Home Ecology of Flowers” het verder die viering van Tuindag gemotiveer. Hierdie studie het bevind dat plante ‘n positiewe invloed op mense se gedrag en leefwyse het. Deelnemers aan die studie wat vars snyblomme in hul huise gehad het, het meer deernis en welwillendheid getoon. Daar is ook bevind dat plante en blomme angstigheid, bekommernis en neerslagtigheid verdryf. Nog ‘n interessante bevinding van die studie is dat die saamleef met blomme en plante energie, geluk en entoesiasme by die huis en werk kan verhoog. “Die 21ste eeu is die ene gemaksug en verbruikersdruk. Die natuur word vir ons iets vreemds, veral as ons in ’n stad woon,” sê die tuinskrywer Jane Griffiths. “My organiese groentetuin is my oase en toevlugsoord, maar dit gee ons ook gesonde organiese groente en kruie. Ek moedig almal aan om dié Tuindag hul selfone eenkant te sit en die TV af te skakel. Gaan eerder buitentoe na jou eie tuin, of vriende s’n, en kom weer in voeling met die natuur.” Volgens Renee Huxham, een van die organiseerders van Tuindag, bestee mense heelwat tyd om ‘n tuin in stand te hou. “Daarom reken ons dit moet gevier word. Tuindag gee Suid-Afrikaners ‘n rede om te ontspan en al die plesier van ‘n tuin te geniet,” sê sy. Renee het talle wenke en idees vir wat mense op Tuindag kan doen. “Jy kan natuurlik self besluit wat jy op Tuindag in jou tuin doen, maar ons reken dit gee jou ’n wonderlike kans om saam met vriende en familie te kuier. Jy kan vars blomme en groenigheid uit jou tuin gebruik en vir almal ’n blomkrans maak. "Nooi vriende vir ’n bring-en-braai en geur die vleis met vars kruie uit die tuin. Of nooi die bure en familie vir rooibostee en beskuit, hou

’n plantkring in plaas van ’n leeskring en vra die gaste om ’n seldsame of interessante plant saam te bring wat hulle dan onder mekaar kan uitruil,” gee sy raad. Nog wenke is om sommer aandete buite in die tuin te geniet en te probeer om bestanddele wat jy self gekweek het daarin te gebruik. As jy nie self ’n tuin het nie, gaan kuier by iemand met ’n tuin en geniet dit saam met hulle. ‘n Nuttige tuin-toep wat jy op jou selfoon kan aflaai, is “Gardening with Babylonstoren”. Dit is gratis van die Tuindagwebwerf by www. tuindag.co.za te kry. Jy kan ook jou naaste kwekery of tuinsentrum vir inspirasie besoek. Die Life is a Garden-webwerf by www.lifeisagarden. co.za sal help om jou naaste tuinsentrum of kwekery aan te dui. As jy al jou Tuindag-aktiwiteite op sosiale media wil deel, kan jy die hutsmerk #gardenday gebruik. Volgens Renee kan enigeen, van erg onkundig tot ʼn veteraan-tuinier, voordeel trek uit die kalmerende invloed van deklae gooi, plante verpot, snoei en onkruid uittrek. “Tuinmaak dwing jou om te fokus op die taak waarmee jy besig is en laat jou dus vir die oomblik leef. Alledaagse stresfaktore raak kleiner as jy ʼn rustige en geankerde gemoedstoestand bereik,” meen sy. Die droogte en gepaardgaande waterbeperkings is volgens Renee ook ‘n goeie rede om meer kreatief oor tuinmaak te dink en waterwys, inheemse plante te gebruik. “Tuindag gaan eintlik nie oor tuinmaak as sulks nie, maar eerder om die spasie of natuurlike area van tuine te geniet. Om byvoorbeeld vriende of familie te nooi en saam te vier en te kuier is die eintlike doel van die inisiatief. Soos met enige nasionale dag, is dit nie die idee dat Tuindag deur enige organisasie ‘besit’ word nie, maar dat dit liewer deur almal geniet word en dat elkeen op hul eie manier daaraan deelneem en dit hul eie maak,” sê sy.


NUUS • NEWS

5

11 Oktober 2017

Hugenote hou gala-konsert Die skoolkoor van Hugenote Hoërskool, onder leiding van Johann Enslin, het op Dinsdag 26 September ‘n onvergeetlike galakonsert voor 'n stampvol kerksaal van die Moedergemeente aangebied. Die gehoor kon tydens hierdie vertoning na ‘n verskeidenheid werke uit die koor se uitgebreide repertoire luister. Uitstekende vertolkings van verskeie gewyde liedere, tradisionele musiek, Afrikaanse- en pop-treffers het die gehoor meegesleur. Onder die gunstelinge was “When you believe” uit Prince of Egypt, Voshaarnooi van Louis van Rensburg, Nearer my God to thee, Queen se Bohemian Rhapsody en uittreksels uit Les Miserables. ‘n Groot verrassing was die optrede deur die gaskunstenaar, Jonathan Roxmouth. Hierdie internasionaal bekende en bekroonde kunstenaar wat al regoor die wêreld die hoofrolle in musiekblyspele soos Joseph and the amazing

technicolor dreamcoat, West Side Story en Phantom of the opera gespeel het, het die gehoor met van sy bekendste liedjies bekoor. Ander soliste wat ook by die geleentheid opgetree het, was André Terblanché, Jan Olivier, Stephan Lombaard, Clarina Solomon en Francelle Venter. ‘n Groot hoogtepunt was toe alle soliste en die hele koor “One day more” uit Les Miserables saam met Jonathan Roxmouth gesing het. Die gehoor het die uitmuntende vertoning met drie staande ovasies vereer. Die aand is op ‘n hoë noot afgesluit toe die koor, Jonathan Roxmouth, soliste en gehoor interaktief die geliefde “Piano Man” van Billy Joel saamgesing het. “Nou kan ek ook sê dat ek al saam met Jonathan Roxmouth gesing het. Wat ‘n belewenis!” het een van die gaste in verwondering gesê. Met hierdie vertoning het Johann Enslin en sy koor nie net die harte van die gehoor verower nie, maar ook die genot en toeganklikheid van koormusiek bevorder.

Studeer reg en draf die eksamen in 'n japtrap kaf Die matrikulante van die streek is in die laaste pylvak van hul skoolloopbaan, met slegs een hindernis om te oorkom: Die eindeksamen. Sommige slaan vinnig in 'n sweetwalm uit, terwyl ander dit toe-oog aandurf en suksesvol aan die anderkant hul skoolloopbaan vaarwel wuif. Die eindeksamen van enige leerder se skoolloopbaan is 'n groot bron van kommer nie net vir die leerder nie, maar ook vir die ouers wat hulle motiveer en probeer aanspoor om net nog vyf minute agter die boeke te spandeer. As jy nou begin regmaak vir hierdie groot eksamen, is dit dalk wys om 'n paar wen-wenke te volg. Vermy verstandelike uitputting. Rus kort-kort vir kort rukkies terwyl jy studeer. Jou verstand moet uitgerus wees voordat jy eksamen skryf. Wanneer jy ’n ruskansie benut, moet jy glad nie eens aan jou leerwerk dink nie. Dit geld ook vir die tydjie voordat jy die aand gaan slaap, Ontspan en skakel af, verstandelik en liggaamlik.

Anders lê jy dalk ure lank wakker. Dit is baie belangrik dat jy jouself voor ’n eksamen goed moet versorg! Eet goed, slaap goed en kry genoeg oefening. Sommige leerders voel dat hulle op hul beste leer 'n uur of twee voor die eksamen begin. Om dan nog te wil leer, kan beteken dat jy bang is oor werk wat jy steeds nie ken nie -- en die kans is eintlik goed dat jy jouself nou verder deurmekaar kan maak. Boonop beteken dit dat jy jou brein twee uur lank sal inspan plus nog miskien drie uur in die eksamenlokaal -- vyf uur lank ononderbroke.

Pleks dat jy uitgerus met die vraestel begin, is jy klaar suwwerig wanneer jy die eksamensaal binneloop. ’n Mens leer die heel beste wanneer jy, om dit so te stel, met verdrag studeer. Daarom is dit so belangrik om eintlik die hele jaar deur daagliks hersiening te doen van dit wat jy in die klas geleer het. Kortom, ’n mens onthou die beste wanneer jou leertyd oor ’n tydperk versprei is. Maar natuurlik is studeer vir die eksamen meer intensief as in die res van die jaar. Begin dus met ’n uur of twee per dag sowat ’n week voor die eksamen en vermeerder jou studietyd namate die eksamen nader kom. Die ruimte waar jy leer, is ook van kardinale belang. Een kenner sê dit sit hom sowaar in die kooi -- om die woordspeling te gebruik -- dat leerders vandag nog só kan redeneer! Dis nie net ’n lui manier van studeer nie, dis boonop gevaarlik. Sê nou jy raak die aand voor die eksamen op jou bed aan die slaap, met belangrike werk wat nog geleer moet word, en niemand maak jou wakker voor die volgende

môre nie? Maar dis nie al nie. Navorsers het ook vasgestel dat die plek voor jou tuislessenaar (of ’n tafel dan) strate beter is as enige ander studieplek. Inligting word naamlik makliker onthou wanneer die omstandighede waarin ’n mens dit ingeneem het (dit geld die fisiese plek asook jou verstandelike, emosionele en fisieke gesteldheid) soortgelyk is aan dié in die eksamenlokaal. Hoe meer die omstandighede ooreenstem des te groter is die moontlikheid dat jy die leerwerk tydens die eksamen uit jou geheue sal kan oproep. Hersiening is 'n baie belangrike aspek van voorbereiding. Al ken jy jou werk deeglik en onthou jy alles wat jy geleer het, is dit nie verseker dat jy dit dalk môre nog so deeglik sal kan herroep nie. Nog 'n bietjie leer en studeer sal die inligting beter vaslê en jy kan nooit te veel studeer nie. Die volumes werk waarmee matrikulante moet werk vir die eksamen kan soos 'n berg lyk. Hierom is organisering so belangrik. Jou brein kan inligting beter in jou geheue bewaar as dit georganiseerd aangebied word. Maak opsommings van die verskillende hoofstukke. Maak seker jy is deeglik bewus van die verskille van die afdelings wat jy aanpak. Groepeer jou inligting bymekaar, soos dit verband hou.

skakel dit om na glukose, oftewel suiker, wat lekker petrol vir jou brein is. Koolhidrate word stadig en geleidelik in jou bloedstroom opgeneem en word weer egalig versprei. Hierdie happie sal jou help om vir langer tye te kan konsentreer, sonder om moeg of emosioneel te word. •As kind is ons altyd geleer om eers ons groente en vrugte te eet, voor ons aan lekkernye wegval. Daar is sekerlik 'n rede hiervoor. Hierdie kossoorte is propvol vitamines en is in die nommer een posisie as dit by slim-kosse kom. Broccoli, tamatie en veral Popeye se gunsteling, spinasie, is uitstekend om jou brein aan die gang te hou. •Vis is 'n uitstekende bron van Omega 3-vetsure. Hulle staan alombekend as die goeie vette en is baie belangrik vir optimale breinfunksionering.

Jou liggaam kan nie self hierdie vetsure produseer nie en daarom moet jy dit vanuit ander bronne kry. Vis soos tuna, sardientjies, forel, snoek en salm is uitstekende bronne hiervan. As jy nie so lief is vir vis nie, peusel dan aan seker neute en avokadopeer. • Gepraat van neute... Neute is baie goed vir jou grysstof. Dit is ook net die regte grootte om deur jou studies aan te peusel so tussen die wiskunde of geskiedenis deur. Peusel gerus aan okkerneute, amandels, haselneute en kasjoeneute. Hierdie kan wel jou sak ruk, maar die goedkoper opsie, die gewone grondboontjie, of grondboontjiebotter, is propvol van al die Omega 3 wat jy nodig het! •Bessies In die eksamentyd kan jy dalk siek word en sien jy nie kans om studeer nie. Verhoed dit en

eet baie bessies! Dit is vol anti-oksidante en vol vitamien C wat die kieme ander pad laat hardloop. Moerbeie is ook goed om jou immuunstelsel te versterk en die bloubessies help jou onthou. Om jou stresvlakke te laat daal, eet gerus aarbeie. •Dit is ook belangrik dat jy jou liggaam gehidreer hou. Koffie, water en tee is altyd gewilde keuses. Koffie en tee help jou nou wel om skerp en gefokus te bly, maar dit is ook 'n teenvoeter vir Alzheimer-siekte en dit verbeter jou breinfunksies. Moenie egter nou al die sterkste boeretroos in die huis eensklaps opdrink nie. Voor jy gaan slaap, teug liefs aan 'n glas water, anders gaan jy sukkel om tot ruste te kom en rus is baie belangrik vir jou brein om optimaal te funksioneer. Probeer om daagliks sowat ag glase water in te neem.

Eet slim en stimuleer jou grysstof met elke happie vol 'n Gesegde lui: Jy is wat jy eet. Wel, in daardie geval moet die "slim kosse" dan nader getrek word in hierdie komende eindeksamen-periode. Stoot die IK-punte so 'n bietjie op met 'n paar slimkosse. •Eiers 'n Lekker ontbyt met spek en eiers is koningskos vir talle, maar dit is fantastiese onthou-kosse. Eiers, veral die eiergeel, bevat baie cholien wat help jou beter te laat onthou. Eiers bevat ook lesitien wat jou breinfunksie stimuleer. Eet 'n eier net soos jy daarvan hou, geroer, gekook, gebak... nes jy dit verkies. • Graankosse Hierdie voedselgroep is vol koolhidrate wat help om jou energievlak konstant te hou en te reguleer. Wanneer koolhidrate verteer word,


6

11 Oktober 2017

Beskerm jou oë teen die son, somer en see Die somer is amper hier. Die dae raak langer, ons soek hitte in die sonkolletjies en eersdaags baljaar ons buite in die son as die somervakansie aangebreek het. Ons room en ons olie, want ons kyk na ons vel, maar wat doen ons vir ons oë? Wat doen ons om hulle teen die son te beskerm en gesond te hou? Sonlig is een van die grootste bronne van ultra-violet (UV)-bestraling en kan die oogselle beskadig. Die oppervalk van die oog, die lense en die retina is veral blootgestel hieraan. UV-strale bestaan uit drie soorte strale, UV-Astrale die wat jou vel 'n sonbruin kleur kan gee, maar ook UV-B-strale wat kan lei tot sonskade en velkanker. Dan is daar ook UV-C-strale. Hierdie is die mees skadelike van die strale en word amper heeltemal deur die aarde se osoon-laag uitgeblok.

Wat min mense weet, is dat jou oog ook sonbrand-skade kan opdoen. Die kornea en konjunktiva is die dele wat die meeste hierdeur geraak word. Die grootste skade word hierdeur aangerig as daar baie weerkaatsing van die sonstrale is by gebiede wat byvoorbeeld deur sneeu bedek is, of as jy baie tyd by of in die water spandeer. Hier is die regte sonbril van kardinale belang. As jy 'n sonbril aankoop, hou hierdie in gedagte: • UV-lig beskerming - Sonbrille wat sowat 99% van die UV-strale of sonstrale tot 400mm absorbeer, is voldoende. •Geel-filter - Hierdie word ook genoem bloublokkers, aangesien hulle alle blou lig uithou. Die resultaat hiervan is dat die oog die omgewing sien in 'n geel tint. Die positiewe is dat daar beter kontras is in voorwerpe wat ver weg is, veral op 'n bewolkte dag. Hierdie is veral geskik vir skiërs, jagters, seemanne en vlieëniers.

NUUS • NEWS

Kickstart your body for a healthy and happy summer Don’t drink your calories Sugary drinks and fruit juice are energy-dense and high in sugar. Rather choose infused waters and unsweetened ice teas – these will quench your thirst and cool you down without all those extra calories. Include healthy fats The secret to eating fats lies in choosing healthy fats over unhealthy ones. Avocados, oily fish (like salmon, trout, herring and mackerel), nuts and seeds are all rich sources of unsaturated fat. Avoid refined starches Grains are usually refined to remove the bran and germ, but this also reduces its nutrient content. Replace processed and refined grains with less-refined, high-fibre, wholegrain options like brown rice, oats, bulgur wheat, quinoa, wholewheat bread and pasta. Quit sugar Too much sugar may harm your health. Naturally occurring, simple sugars found in fruit, vegetables and milk can be eaten daily. However, added sugars, such as sucrose and fructose, through excess kilojoules, can contribute towards weight gain and diabetes. Look at the ingredients list on food products to check for added sugar. Exercise You lose weight when you burn more calories than you eat. Exercise also reduces stress, improves focus, helps you sleep better and improves your

confidence and mood. Remember to start slowly and find an activity you enjoy. Eat only when you’re hungry We often eat because we’re bored, stressed, frustrated, sad, or when socialising. Using food or snacks as a quick fix can become a habit. It’s better to try address issues and emotions by calling a friend, relaxing with a book or taking a walk. Be careful of extreme deprivation Deprivation may lead you to eat the very foods that you’re trying to avoid. Change your behaviour and develop healthy food habits. Moderation, balance and variety is the key to success. Set up your home to support your healthy diet Small changes to your environment can make a big difference to your health and eating habits. Focus on adding healthy foods to your diet, rather than taking unhealthy foods away, by stocking up on fruit, vegetables and healthy snacks.bles. Plan towards a future function or work towards fitting into your favourite outfit again Commit to a goal without it becoming all about the numbers. Get good quality sleep Sleep helps your body and mind recover from daily life. Too little of it has been linked to weight gain, diabetes and lowered immunity to illness. To improve your sleep, try going to bed and waking at the same time each day; start a relaxing bedtime routine; avoid naps; sleep on comfortable bedding; and avoid caffeine. www.discovery.co.za

Heat-related illness happens when the body’s temperature control system is overloaded. Infants and children up to 4 years of age are at greatest risk. Even young and healthy people can get sick from the heat if they participate in strenuous physical activities during hot weather. For heat-related illness, the best defense is prevention. Never leave infants, children, or pets in a parked car, even if the windows are cracked open. Dress infants and children in loose, lightweight, light-colored clothing. Schedule outdoor activities carefully, for morning and evening hours.

Stay cool with cool showers or baths. Seek medical care immediate if your child has symptoms of heat-related illness. Just a few serious sunburns can increase you and your child’s risk of skin cancer later in life. Their skin needs protection from the sun’s harmful ultraviolet (UV) rays whenever they’re outdoors. Cover up. Clothing that covers your and your child’s skin helps protect against UV rays. Use sunscreen with at least SPF (sun protection factor) 15 and UVA (ultraviolet A) and UVB (ultraviolet B) protection every time you and your child go outside.

Beat the sun and heat

https://www.cdc.gov/family/kids/summer/index.htm


NUUS • NEWS

7

11 Oktober 2017

Gert Vlok Nel sing "beautiful" in Wellington

Dagboek • Diary Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 498 4130 for further details. Yzerfontein Sport and Recreation Club 7 October: Come join in the October Fest from 11:00 till late. For any further information please contact 022 451 2819 Two Olives Ministries 8 October: Two Olives Ministries presents the Feast Of Tabernacles/Sukkot at 17:00 at the Wellington Town Hall. All believers, churches and ministries are hereby invited to join us in this Biblical celebration in awaiting the coming of our Messiah, Yeshua Hamashiach/Jesus Christ. Entry is free but a love offering will be collected. Please contact Pastor Nico Mettler at 082 498 4130 for further details. Hillcrest United 9 Oktober: Die Hillcrest United hou hul Algemene Jaarvergadering. Alle geregistreerde spelers en -klublede, bestuurslede, spanbesture en belangstellendes word uitgenooi. Verrigtinge begin om 19:00 te Hillcrest Primêr Skool - Wellington. Inligting rondom hierdie vergadering in plaaslike koerante asook Hillcrest Facebook-blad sal volg. Vir meer inligting kontak Jovan-re Cupido – 073 296 3575

Bôrdienghuis-teater 11 Oktober: Die Wellington Boekklub bied aan ‘n gesprek met Etienne van Heerden oor sy nuwe boek. Yzerfontein Toerisme 11 Oktober: Kom deel in Yzerfontein se 80-jaar-vieringe vanaf 18:30 vir 19:00 by Yzerfontein Gemeenskapsaal. Kostes beloop R30 per kaartjie. Vir enige navrae kontak 022 451 2985 of e-pos na yzerfontein@polka.co.za Laerskool Hugo Rust 13 Oktober: Laerskool Hugo Rust hou 'n "Daknatmaak-aand" vir hulle saal. Kom klink 'n glasie en vul die magie - Luister na staaltjies van toeka tot nou saam met ou bekendes Vir enige navrae kontak : bemarking@hugorust.co.za

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.

Gratis plaaspret vir kinders

Evita se Perron 14 Oktober: Aanbieding van Beauty and the Beast om 19:00. Kostes beloop R150 per persoon. Vir enige navrae kontak 022 492 3930 of besprekings by bookings@evita.co.za Swartland Soiree 14 October: An evening of beautiful classical piano music paired with wines from Kloovenburg at 18:30 at the corner of Station and Sending streets, Riebeek West. R200 per person. For any further enquiries, please contact Stephen Cousins at winelands.pianist@gmail.com Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040

Kerke • Churches

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

Die Wellingtonners Emerentia Schultz en Maraloe Louw saam met Gert Vlok Nel, dr. Louis Awerbuck en Gustav Fanzen. Die bekende digter-sanger, Gert Vlok Nel, het gedigte op sy kerfstok het, het sy digtersliedjies Saterdagaand die mense in die Bôrdienghuis saam met twee ander uitnemende musikante Teater met sy nostalgiese Afrikaanse liedjies gesing. Die baskitaarspeler, Gustav Franzen, en bekoor. Gert, wat veral bekendheid verwerf het my mondfluitjiespeler, dr. Louis Awerbuck - self ‘n sy trefferliedjie “Beautiful in Beaufort-Wes”, se bekende spreker op RSG - het Nel begelei. Die gehoor kon nie genoeg van Nel se liedjies digterlike lirieke en enigmatiese, meesleurende wysies, het vir groot vermaak en ‘n aand vol kry nie en het aan die einde van die vertoning mooi woorde, aweregse blikke op die werklik- herhaaldelik vir hul gunsteling-liedjies gevra. Dit was ‘n genotvolle aand met heerlike pizheid en hartroerende stories gesorg. Nel, wat ook al verskeie gepubliseerde zas, ‘n gesellige atmosfeer en pragtige musiek.

Navrae: 021 873 2763.

NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Gesinne wat van diere en die plaaslewe hou, kan op Saterdag 14 Oktober tydens die Agri-Expo Livestock na talle vermaak in hierdie verband uitsien. Laerskoolkinders kan dié Expo gratis bywoon om die plaaslewe en meer as 300 diere van nader te leer ken. Dié gewilde ekspo, wat vanjaar vir die vierde keer aangebied word, sluit aktiwiteite soos werkende skaaphonddemonstrasies, skaapskeer en hondevertonings en -kompetisies in. Kinders, ook dié wat nie eens ‘n troeteldier by die huis het nie, kan tydens die Townies-pretskou ‘n melkbok in die arena rondlei. Die jongklomp kan op ponies ry, ‘n troeteldierplaas besoek, en saam met miniatuurperde en -donkies kuier. Ook op die program is boeresport en die Groot Roomys-eet-kompetisie vir deelnemers van alle ouderdomme. Die verskil tussen alpakkas en lamas sal tydens die Expo gedemonstreer word en besoekers kan kyk hoe verskillende diere se wol gespin word. Haasliefhebbers kan hul troetelhase inskryf vir die Cape Rabbit Club se troetelhaasskou. Jy kan ook jou lyf beoordelaar hou deur te stem vir die oulikste dier in die Groot Gunsteling-kompetisie en lekker pryse wen deur te poseer saam met enige dier vir die Groot Selfie-kompetisie. Daar sal ook vertonings deur die gewilde Afrikaanse sangers Adam Tas, Nic Stevens en Die Wildberries wees. Allerlei plaaslike nisprodukte soos wyn, kaas, sosaties, roosterkoek, biefstuk, joghurt en roomys sal by stalletjies te proe en te koop wees. Maak reg vir unieke kombinasies

soos boerbokvleis en boetiekbier, jaffles, skaapstertjies, wildspotjie, afvalpotjie, gin, biltong en droëwors, varsgebakte plaasbrood, melktert, koeksisters, skaapkop, stywepap met smoor en nog baie meer. Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, skep die ekspo ‘n belangrike platform vir die publiek en veral vir jongmense om landbou van nader te ervaar. “Meer as 2000 laer- en hoërskoolleerders, van skole sover as Kleinmond, besoek die ekspo vir ‘n gratis skoleprogram ondersteun deur die Wes-Kaapse departement van landbou. Die program sluit elf interaktiewe stasies in waar leerders onder andere kan sien hoe koeie gemelk word, hoe diere gewas word voordat hulle in die ring geskou word en meer kan leer oor landbouberoepsgeleenthede. "Opvoeding rakende die landboubedryf is belangrik vir ons jeug, want hulle is die generasie wat ná ons die verantwoordelikheid gaan hê om na die bedryf om te sien en om dit verder te ontwikkel,” sê Ehlers. Die Groot Plaasproe vorm deel van die vierde Agri-Expo Livestock, ‘n wêreldklas-tentoonstelling van die Suid-Afrikaanse vee- en suiwelbedryf, wat jaarliks duisende landbou-entoesiaste na Sandringham bring. Dit vind van Donderdag 12 tot Saterdag 14 Oktober 2017 van 09:00 tot 18:00 By Sandringham plaas. Kaartjies is by Computicket en die hek beskikbaar. Vir meer inligting, besoek www. livestock.org.za.


courant 11 Oktober 2017

dié

8

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

So ry die trein, so ry die trein...

Bo: Die eerste stoomtrein-uitdaag van die Wes-Kaap is die naweek vanaf die Wellington-stasie gehou. Toeskouers en ondersteuners kon die hele uitdaging vanuit die luukse stoomtrein gade slaan. Onder: Die plaaslike Bold and the Beautiful-span het uitstekend presteer deur tweede te eindig. Hier is Janus Heystek, Jacques Theron, Brendon Williams, Edwin Punt en Gavin Williams. Nog ‘n lid van die span, Johann Jonck, was afwesig met die neem van die foto.

11 Oktober 2017

•LIVING LEGENDS DRA KROON

Rugby die wenner by Newton 7's

Foto: Francio Abrahams In ‘n baie opwindende en suksesvolle Rembrandt Mall sewes-toernooi was rugby beslis die wenner. Die horde toeskouers is getrakteer met rugby van hoogstaande gehalte en dit was Living Legends, Young Peoples, Newtons en UWK wat vroeg die pas aangegee het in die groep-fase van die kompetisie. In die plaat-afdeling het Ceres en Wellington Lions die voortou geneem. Met 28 spanne wat deelgeneem het en met ‘n totale prysgeld van R25 000, was die vet behoorlik in die vuur vir die groot prys. Dit was egter in die kwarteindronde waar die vonke behoorlik gespat het, veral tussen Newton en Hillcrest. Newton het die botoon gevoer in die stryd en het 7-5 voorgeloop, maar moes sien hoe Hillcrest in beseringstyd die oorwinning behaal.

Hillcrest moes dus die hoogaangeskrewe Living Legends (Strand) die stryd aansê in die eindstryd. Van die begin af het die Living Legends alle rugby gespeel en met goed berekende aangeë vir Hillcrest in die lug laat gryp en moes hulle al die keerwerk doen. Hillcrest moes egter die knie buig met 14-12, dit terwyl Living Legends gekraai het van lekkerte. Die "bowl"-wenners was Wellington Lions, en die plaatwenners Ceres, met Young Peoples as die Vrydagaand se skild-wenners. Nazeem Hood (Living Legends) is ook welverdiend aangewys as die speler van die toernooi. Newton begin sy voorseisoen op Dinsdag 17 Oktober 2017 en alle spelers word aangemoedig om die oefeninge by te woon onder die wakende oog van die nuwe hoofafrigter Abe Davids (Springbok A-hulpafrigter).

Tweekamp-seisoen begin

Krieket: Die Wellington-krieketklub het Saterdag teen die span van Stellenbosch en

Distrikte te staan gekom. Stellenbosch het 116 lopies aangeteken met vyf paaltjies plat. Vir Wellington het Curtley Louw onder die kolwers ingeklim en twee paaltjies laat kantel vir 22 lopies in vier beurte. Darren Papier het een paaltjie geneem vir sewe lopies in drie beurte. Wellington het die wenlopies geslaan met slegs een paaltjie plat. Moshin Khan het 63* aangeteken en Curtley Louw 51*. Wellington wen die wedstryd dus met nege paaltjies.

Die Boland Tweekamp-seisoen is weer op hande, met die eerste byeenkoms wat Saterdag 14 Oktober by Paarl Gimnasium aangebied word. Tweekamp behels dat ‘n atleet moet kan swem en hardloop oor verskillende afstande, afhangende van die ouderdomsgroep waarin deelgeneem word. Swemafstande wissel van 25 meter tot 100 meter, en hardloopafstande tussen 400 meter en 2000 meter. Daar is ‘n ruskans tussen items. ‘n Deelnemer kry punte op grond van sy of haar tye en prestasies in albei items. Atlete kan individueel of in skoolverband deelneem. Die ouderdomme strek van o.8 tot hoërskool, van ‘n ope-afdeling tot by meesters, vir mans en vroue. Die seisoen strek oor die laaste kwartaal van 2017, en die eerste kwartaal van 2018. Vanjaar is daar nog byeenkomste op Wellington (28 Oktober), Vredenburg (11 November) en Bonnievale

(2 Desember). Volgens Len Symington, voorsitter van Boland Tweekamp, sal daar vanjaar klem gelê word op die nuwe skolekompetisie. Daardeur word skole aangemoedig om in groepsverband atlete in te skryf. “Die doelwit gaan wees om die beste hoëren laerskole in die provinsie te laat meeding teen ander streke se bestes tydens interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn op 3 Februarie volgende jaar,” vertel hy. Vir volledige inligting oor die afstande wat atlete in die verskillende ouderdomsgroepe moet kan hardloop en swem, besoek www. bolandtweekamp.org.za. Inskrywings kan ook via die webwerf tot twee dae voor ‘n byeenkoms gemaak word. Vir meer inligting, kontak Len Symington by symingtonl@pvbm.co.za.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
441 dié courant wellington by DieCourant - Issuu