c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
11 Oktober 2017
26.7%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 441
11 Oktober 2017
Klaar met skool!
Matrikulante van die Swartland en Bergrivier roep Vrydag vaarwel aan hul skoolloopbaan van die afgelope 12 jaar. Die eindeksamen is om die draai en skop op 16 Oktober af. Dié leerders van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury is maar net te bly dat hierdie deel van hul lewe nou agter die rug is.
•EERSTE SENTRUM VAN SY SOORT HIER GEBOU
SARU belê in sport
'n Sportontwikkelingsfasiliteit, 'n eerste van sy soort in Suid-Afrika, is nou in aanbou by die Wesbank-sportgronde in Alfastraat op Malmesbury. Dié fasiliteit, wat deur die Suid-Afrikaanse Rugby-unie, oftewel SARU, gerugsteun word, sal een van die mees tegnologies gevorderde sportontwikkeling- en kondisioneringgimnasiums in die land wees. Die idee het posgevat ná burgemeester Tijmen van Essen verlede jaar vanaf 'n leierskongres in Worcester teruggekeer het met die brokkie nuus dat SARU op soek is na betrokkenes om hierdie sportfasiliteit te laat realiseer. SARU wou hierdie fasiliteit by 'n plaaslike skool oprig, maar weens talle reëls en regulasies het dit nie realiseer nie en is die Wesbank-sportgronde uitgewys as 'n ideale perseel. "Ons dink dit is die beste plek. Hier 'n groot konsentrasie sportlui as 'n mens kyk na al die rugbyspelers, gewigoptelklubs en ander sportkodes wat beoefen word," verduidelik munisipale bestuurder Joggie Scholtz. Die ontwikkelaars, Multifit Technologies, was van staanspoor vinnig uit die blokke en die munisipaliteit moes vinnig hul grondwerk doen om die konsep te laat werk. "Ons moes bome laat verwyder om die terrein geskik te maak. Gelukkig het ons op daardie stadium persone daar
gehad wat dit kon doen," verduidelik Scholtz. Die omvang van die projek is ongeveer R3.5 miljoen, waarvan die munisipaliteit 'n beraamde R300 000 bygedra het tot die oprigting van die fasiliteit van ongeveer 360m² op die C-rugbyveld. Die oefenruimte aan die voorkant van die gebou is 'n astro-veld van 800m² waar sportlui buite op kan oefen. "Dit gaan nie oor die infrastruktuur nie, maar oor die tegnologie aan die binnekant," verduidelik Scholtz. Die tegnologie waarna Scholtz verwys is die senders, rekenaarprogramme en toepassings wat hieruit spruit. 'n Sender word aan 'n individu gekoppel, wat alle nodige inligting van beweging, reaksietyd, bloeddruk en hartspoed deur die oefensessie meet. Hiervolgens word 'n unieke program vir elke individu ontwerp en in 'n toepassing gelaai
wat die individu dan op sy of haar selfoon kan laai. "Elke persoon se oefenbehoeftes, hetsy 'n krieket-, rugby- of sokkerspeler, is verskillend. Hiermee sal elke persoon in die verskillende sportkodes 'n unieke oefenprogram hê," verduidelik Scholtz. Van die ambassadeurs van die sentrum is oud-Springbok rugbyspeler Jacques Fourie, Mervin Green van SARU en ook Dr. Warren Adams, wat tans die krag- en kondisioneringsafrigter van die Springbok-rugbyspan is. Volgens Scholtz wil SARU 'n groot hoeveelheid multi-sportsentrums in Suid-Afrika uitrol en is die een op Malmesbury die eerste hiervan. "Die een hier is die babatjie van die sentrums. Daar is 'n groter opsie ook," sê Scholtz. "Ek glo ons lê die regte fondament om sportsterre uit die omgewing te ontwikkel. Ons hoop die gemeenskap omarm en verwelkom die inisiatief. Die fasiliteit is daargestel vir al die skole en sportmanne en -vroue van Malmesbury," sê Scholtz. "Ek is opgewonde oor die eindresultaat en wat dit vir ons gemeenskap kan beteken," sê Scholtz. Volgens Scholtz sal die gebou teen Desember vanjaar voltooi wees en die sentrum sal in werking wees teen Maart 2018.
NUUS • NEWS
2
11 Oktober 2017
NUUS • NEWS
Nomineer gou! Skrynwerker vier 102de jaar op MRB •Die nominasies vir vanjaar se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie sluit Sondag. As 'n onderneming die ekstra myl geloop het vir jou as klant, nomineer hulle en gee so jou blykie van waardering aan die plaaslike sakelui. Besoek www.sakekamer.co.za en laat jou nomisasie geld.
Johan Nel, 'n inwoner van die Huis Moorrees op Moorreesburg, het op 2 Oktober 2017 sy 102de verjaarsdag gevier saam met sy kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. Saggesproke, met 'n gawe glimlag en 'n spitsvondigheid wat in sy oë dartel, gesels die oud-skrynwerker met trots oor sy werk en familie, wat dwarsdeur sy lewe as sy ankerpunte gedien het. "Ek is gebore in Koppies in die Vrystaat as een van sewe kinders. My pa was in die Spoorweë, en ek het direk uit skool myself as skrynwerker bekwaam." Nel glo dis juis hierdie aktiewe beroep en handewerk-leefstyl wat hom vir so lank fris en gesond gehou het. "Mens moet aan die gang bly, dit hou jou jonk." "Ek het my vrou, Baby, nou oorlede, in die Kaap ontmoet, waarna ons ons in Kraaifontein gevestig het." Dis dan ook hier waar hulle hul vier kinders, Ria, Hannetjie, Louis en Kobus grootgemaak het. Gedurende die kinders se grootwordjare het Nel sy skrynwerk-vernuf ingespan by die Kaapse hawe, waar hy betrokke was by die houtafwerking van skepe. "Hy het vreeslik hard gewerk, dag en nag. Tussendeur ook die mooiste meubels gemaak," sê Ria Strauss, Nel se dogter wat kuier uit Pretoria. Haar broer Louis en sy familie woon ook deesdae daar. Nel se ander dogter, Hannetjie Lintvelt, woon in Kuilsrivier en sy seun Kobus, 'n diesel-werktuigkundige, op Moorreesburg.
Nel en sy familie by sy 100ste verjaarsdag. Nel het nog tot 'n jaar of wat gelede saam met Kobus en sy gesin op hul kleinhoewe gewoon. Deesdae gaan hy gemaklik tuis by Huis Moorrees, waar die personeel hom beskryf as opgewek en innemend.
Op pad na die binnehof, waar ons sy foto neem, vra hy eers een van sy mede-inwoners uit na die welstand van sy plante, trek dan sy boortjie reg, en knik vir die kamera met 'n guitige 'cheese!'.
•VERGELYKENDE SYFERS
Vier dorpe spaar Die departement van water en sanitasie het pas aangekondig dat verdere strenger waterbesparings vereis sal word vir huishoudelike asook landbou-gebruik. Die uitvoerende burgemeesterskomitee van die Swartland Munisipaliteit bespreek ook vandag die moontlikheid van die implementering van vlak 5-waterbeperkings vanaf 1 November. Dié besluit sal dan aan die raad vir goedkeuring voorgelê word. Die droogtetoestand van die Wes-Kaap, het die departement gedwing om hierdie voorkomende maatreëls in plek te stel om so die waterverbruik uit die Wes-Kaap-watervoorsieningsisteem te beperk. Hierdie sisteem bestaan uit die Wemmershoekdam, Voëlvleidam, Bo- en Laer Steenbrasdamme, Theewaterskloofdam, sowel as die Bergrivierdam. Die gekombineerde watervlakke op 3 Oktober was 37.14%. Die nuwe beperkings het die waterbesparing vir huishoudelike asook industriële gebruik vanaf 'n 20%-besparing opgeskuif na 40%. Die landbousektor sal voortaan nie meer 30% moet bespaar nie, maar wel 50%. By die portefeuljekomitee-vergadering van die Swartland Munisipaliteit wat Woensdag gehou is, is die watertekort ook deurgetrap. Volgens statistieke wat voorgehou is, het slegs vier areas in die Swartland minder water in Augustus vanjaar as dieselfde maand in 2016 verbruik. Malmesbury het bespaar en vanaf 205 440 tot 195 956 kiloliter gedaal in verbruik gedurende Augustus 2017. Riebeek-Kasteel het gedaal vanaf 16886 tot 16227 kiloliter in dieselfde tyd. Yzerfontein het verminder in verbruik vanaf 15304 tot 15048 met Riverlands en Chatsworth wat gesamentlik vanaf 19120 tot 17927 kiloliter gedaal het in Augustus 2017 in vergelyking met
Augustus 2016. Riebeek-Wes se verbruik vanjaar in Augustus het gestyg vanaf 12 509 tot 13 674, Moorreesburg se verbruik het geklim vanaf 41474 na 49514. Darling se verbruik vanjaar was 45873 in vergelyking met verlede jaar se 44243. Koringberg se verbruik is meer vanaf 2680 tot 2814. Die reënvalsyfers van die afgelope drie jaar is ook voorgehou. Januarie vanjaar het 3mm reënval gesien, in vergelyking met verlede jaar se 24mm. Maart het geen neerslag gehad nie, maar verlede jaar het 28mm reën geval. Mei het meer reënval gesien met 12mm vanjaar in vergelyking met verlede jaar se 8mm. Die winterseisoen het aangebreek en Junie het 72mm reën gebring, in vergelyking met 2016 se 92mm. Julie vanjaar is slegs 30mm aangeteken, in vergelyking met 95mm verlede jaar en 76mm in 2015. Augustus vanjaar is 36mm reën ontvang, in vergelyking met verlede jaar se 47mm en 2015 se 24mm. Klagtes en navrae is vanuit die gemeenskap ontvang van moontlik foutiewe munisipale rekeninge. Een van die klagtes was dat, alhoewel huishoudings water spaar, hul nou groter munisipale rekeninge ontvang as in die verlede. Munisipale bestuurder Joggie Scholtz het genoem dat indien inwoners vrae het oor hul rekeninge, hulle die rekeninge met die erf se inligting na die munisipaliteit kan bring vir ondersoek. "Ons stuur maandeliks sowat 25 000 rekeninge uit en daar kan altyd foute insluip," het hy gesê. Indien inwoners hul rekeninge na die munisipaliteit bring, kan daar ondersoek ingestel word en die meter kan vir 'n maand gemonitor word. Indien daar dan 'n fout met die meter is, sal dit vervang word.
NUUS • NEWS
11 Oktober 2017
Reünie
: Die matrikulante van die Hoërskool Swartland van 1967 het Saterdag op Malmesbury by hul alma mater saam gekuier en na al die jare weer die drade probeer optel van vriende van destyds. Bo is 'n groep van dié oud-HSS'ers.
•MINISTER BESOEK PERSELE
Parke, wifi met RSEP Aalwyn Zaayman van die Swartland Munisipaliteit dui op die kaart die verskillende fasette van die RSEP-program aan, terwyl Minister Anton Bredell (tweede van regs) toekyk.
Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkeling, het Donderdag op toer deur Malmesbury en Darling gegaan om te kyk na die verskillende areas van die RSEP-program (regional socio economic programme) van die Swartland Munisipaliteit. Die twee speelparke wat op Erfenisdag deur die burgemeester, Tijmen van Essen, geopen is vir die publiek, is deel hiervan. Dit sluit ook 'n binnenshuise sportsentrum met Britse befondsing deur "Hope through Action", skeepsvraghouers wat as informele handelaarsarea ingerig sal word, wandelpaaie met gratis internettoegang en oop ruimtes in. Alwyn Zaayman staan aan die stuur van dié projek en is passievol as hy na die moontlikhede kyk en sien hoe die program besig is om vorm aan te neem. Volgens Zaayman raak die RSEP-program almal en word daar so 'n beter gemeenskap geskep. "Ons kan mense se omstandighede verbeter en so kweek jy 'n beter inwoner," verduidelik Zaayman. Volgens Bredell is dit lekker om 'n projek, waarvoor jy 'n passie het, te kan toeken aan 'n
munisipaliteit wat ook passievol daaroor is. "Ek is juis dan baie bly om Alwyn se passie en opgewondenheid oor die projek te sien," sê Bredell. "Ons opereer tans in 'n baie moeilike ekonomiese klimaat wat baie moeilik is om oor te dra aan inwoners, want 'n mens het geld nodig om hierdie planne uit te voer. Nog 'n struikelblok is water en die tekort daaraan wat ons tans ervaar. Die pad vorentoe sal ons stap, want ons wil ook leer. Ons wil ons 'best practises' uitrol ook na ander munisipaliteite, sodat hulle ook kan inkoop in programme soos hierdie," sê Bredell. Volgens Bredell gee hierdie tipe programme hoop aan die gemeenskap. "Dalk moet ons as regering begin terugfokus op ons kernfokusse. Bulk-water in die toekoms gaan krities wees. Ons moenie klimaatsverandering uit die oog verloor nie. Ons is in rampbestuur besig om die nagevolge van sewe rampe, soos Knysna, op te bou. Hier het ons baie goeie verbeterings en groei gesien," sê Bredell. "Ons sien die kaarte in die Kaap en as ons hier rondstap dan sien ons die werklikheid. Ons wil 'n verskil in mense se lewens maak. Ons wil vir hulle 'n menswaardige lewe gee en vir hul kinders 'n toekoms gee," aldus Bredell.
3
4
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
'n Vrolike hart bevorder genesing
Almal wil graag gesond wees, seker daarom die vrees dat jy kan siek word. Allerlei skemas word aangegryp indien jy siek word, sodat die beste behandeling beskikbaar sal wees. Salomo het baie sake waargeneem, ook siekte en genesing. In Spreuke hoofstuk vier skryf hy dat n vrolike hart bevorder die genesing. Meeste van ons probleme begin met inligting wat ons deur ons sintuie waarneem en dit dan oordink. Ons maak die probleem ons eie. Die brein reageer op die gedagtes wat ons vorm en skei sekere hormone af wat vir ons goed of skadelik kan wees. Dit hang af van hoe ons op die inligting reageer. Daar is so baie inligting beskikbaar, waarmee ons selektief mee moet omgaan, om nie in die strik te trap van ontsteld te raak nie. Dit is onmoontlik om tegelykertyd vrolik en ontsteld te wees. Ons lees ook in Spreuke dat hoe iemand in sy hart dink so is hy. Paulus skryf dat ons denke moet vernuwe word. Ons moet oefen om die mooi om ons raak te sien en meer vrolik te wees, en gesond te bly.
Darling celebrates with brand new village fest
The first Darling Community Fest will take place on the weekend of the 27th until 29th October. Alfred Legner is the chairperson of this new and fun event in the Swartland and is excited about the new opportunities. “The Darling Tourism Committee permanently explores avenues to bring more visitors to Darling to the benefit of our members and the village at large, as growing the tourism sector means more jobs for our community. “To achieve this we regularly analyse our visitors' profiles. What do people expect when coming to Darling, the Swartland and the West Coast and what are our unique selling points? How can we meet or even exceed their expectations? “Existing products have to be freshened up on a regular basis and service quality constantly improved. But that is not enough. We have to develop new attractive offerings. It helps that for some reasons Darling attracts young entrepreneurs with great new ideas. Just look at Darling Brew and Darling Sweet as examples “But we also know we have to add a couple of big events, spread over the year, to address the seasonability of tourism in our part of the world. This is where the new Darling Village Fest comes into the picture, a summer festival which portrays quintessential rural life: West Coast hospitality, tranquillity, stress-free joie vivre, beautiful unspoiled nature, an amazing variety of attractions for a village of our size, only a short walk away
NUUS • NEWS
11 Oktober 2017
from each other, all this tied together by our mascot, the scarecrow. Here we clearly differ from most other festivals.” According to Legner they enjoy the support of the community of Darling. “We know, our community is on board. And we expect that the Darling scarecrow will also captivate Swartland at large. “Swartland - we are one! "When the international sophistication of glamorous wineland destinations threatens to overwhelm, turn tail and head for Darling, an inexpensive remedy presided over by real people," says Legner. Some of the highlights include: Friday 27 October 13:00 -17:00 Cheese platters. (booking essential) Contact Stuart at 022 492 3540 to book stuart@ormonde.co.za or info@ormonde.co.za 19:00 Evita se Perron: All Stars Variety Show with guest performances by talent from locals and further afield, presented by the Darling Trust Bookings 022 492 3930 or bookings@evita. co.za Saturday 28 October 10:00 – 16:00 Darling Wine Shop Birthday Celebration Street braai – music and some other fun things…. Vertical wine tasting competition Contact Ida Opperman 082 623 2244 taste@ darlingwine.co.za 11:30 - Darling Sweet: Storytelling at the Toffee Shop 11:00 – 12:30 - Ormonde Wine Estate: Handmade Nougat & Wine pairing (booking essential) and from 13:00 till 17:00 cheese platters (booking essential) Contact Stuart at 022 492 3540 to book stuart@ormonde.co.za or info@ormonde.co.za 14:00 - Show at Evita se Perron: Adapt or Fly Bookings: 022 492 3930 or bookings@evita. co.za 16:00-18:00 Darling Focus: DMA End of Year Concert Open for the whole community – admission: free 16:30 -22:00 - Darling Brew: Glynn Lewis Live 19:00 - Show at Evita se Perron: PDU unpowered: The Echo of Noise Bookings: 022 402 3930 or bookings @evita. co.za From 19:00 - Darling Lodge Guesthouse: Darling Country Open Air Cinema Bring along your picnic and enjoy classic movies under the stars in the picturesque garden Bookings 022 492 3062
dié courant
Alle sportkodes se plek in die gim
Die Swartland en Bergrivier is beslis die plek om te wees. Dit is hier waar dinge gebeur, vinnig, sonder dat jy altyd bewus is daarvan. Hier word gebou en gebreek aan die N7, nuwe sportfasiliteite word opgerig, ons spog met mediese kenners, ons vier saam fees. By die Wesbank-sportgronde word daar in die hoek van die C-veld nou 'n gebou opgerig. Hierdie gebou het uit die grond verrys, sonder dat iemand werklik geweet het wat daar aangaan. Dit was maar net deel van die opgraderingswerk. Groot is die verrassing toe dit aan die lig kom dat dit 'n eerste van sy soort is. Die eerste sportontwikkelingsentrum van SARU wat hier uitgerol word. Nog 'n groot lekkerte is dit om te weet dat dit nie net vir rugbyspelers se gebruik is nie, maar vir alle sportkodes wat so suksesvol in die Swartland beoefen word. So, of jy nou 'n hokkiestok of gholfstok swaai, 'n krieketkolf moker, 'n tennisraket slaan, 'n sokkerbal skop of 'n netbalbal deur 'n ring stuur, hierdie fasiliteit is daargestel vir jou, jou sportkode en jou sportontwikkeling. Dit is nou inklusiwiteit.
Kickstart your body for a healthy and happy summer
Don’t drink your calories Sugary drinks and fruit juice are energy-dense and high in sugar. Rather choose infused waters and unsweetened ice teas – these will quench your thirst and cool you down without all those extra calories. Include healthy fats The secret to eating fats lies in choosing healthy fats over unhealthy ones. Avocados, oily fish (like salmon, trout, herring and mackerel), nuts and seeds are all rich sources of unsaturated fat. Avoid refined starches Grains are usually refined to remove the bran and germ, but this also reduces its nutrient content. Replace processed and refined grains with less-refined, high-fibre, wholegrain options like brown rice, oats, bulgur wheat, quinoa, wholewheat bread and pasta. Quit sugar Too much sugar may harm your health. Naturally occurring, simple sugars found in fruit, vegetables and milk can be eaten daily. However, added sugars, such as sucrose and fructose, through excess kilojoules, can contribute towards weight gain and diabetes. Look at the ingredients list on food products to check for added sugar. Exercise You lose weight when you burn more calories than you eat. Exercise also reduces stress, improves focus, helps you sleep better and improves your
confidence and mood. Remember to start slowly and find an activity you enjoy. Eat only when you’re hungry We often eat because we’re bored, stressed, frustrated, sad, or when socialising. Using food or snacks as a quick fix can become a habit. It’s better to try address issues and emotions by calling a friend, relaxing with a book or taking a walk. Be careful of extreme deprivation Deprivation may lead you to eat the very foods that you’re trying to avoid. Change your behaviour and develop healthy food habits. Moderation, balance and variety is the key to success. Set up your home to support your healthy diet Small changes to your environment can make a big difference to your health and eating habits. Focus on adding healthy foods to your diet, rather than taking unhealthy foods away, by stocking up on fruit, vegetables and healthy snacks. Plan towards a future function or work towards fitting into your favourite outfit again Commit to a goal without it becoming all about the numbers. Get good quality sleep Sleep helps your body and mind recover from daily life. Too little of it has been linked to weight gain, diabetes and lowered immunity to illness. To improve your sleep, try going to bed and waking at the same time each day; start a relaxing bedtime routine; avoid naps; sleep on comfortable bedding; and avoid caffeine. www.discovery.co.za
NUUS • NEWS
5
11 Oktober 2017
Drie van die bestes by Drostdy
Kinderontwikkeling:
Swartland Voorskoolse Ontwikkelingsforum het op waarderingsaand vir VKO-opvoeders gevier. Dit het saam met onderwyser waarderingsdag geval. Miranda van der Westhuizen het na vier jaar as voorsitter van die Swartland VKO-forum die leisels aan Lisl Sias oorhandig.VKO-ondersteunende rolspelers wat die geleentheid bygewoon het was Swartland Munisipaliteit, Weskus Distriksmunisipaliteit, SA Congress en Sosiale Ontwikkeling. Swartland VKO-forum vier volgende jaar hul 10de bestaansjaar en nooi alle vko sentrums uit om by die forum aan te sluit.
Kom geniet ‘n opwindende aand saam met Drie van die Bestes ten bate van Wiele500. Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo word begelei deur Matthys Maree. Die groep vermaak ons al vir die laaste 10 jaar met hul humor en musiek. Die driemanskap tree op 25 Oktober vanaf 18:30 tot 22:00 op by die Drostdy-teater en kaartjies beloop R250 per persoon. Kompetisie: Twee gelukkige lesers sal elk 'n dubbelkaartjie na dié geleentheid wen. Om hiervoor in aanmerking te kom, sms jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 20 Oktober om 12:00. Vraag: Noem een van die sangers in die groep "Drie van die Bestes".
Tuinstraat - jou eenstop mediese straat Ons gesels graag met Dr Paolo Donnoli , vennoot van Dr Zoran Aleksic, oor 'n paar algemene vrae in verband met oogsiektes of oogprobleme. Wat is n katarak en wat veroorsaak dit? 'n Katarak is wanneer die natuurlike lens in die oog ondeursigtig raak. Die mees algemene oorsaak is ouderdom, maar kan ook deur diabetes, trauma en sekere medikasies veroorsaak word. Hoe behandel mens n katarak? Wanneer die lens so ondeursigtig raak dat dit jou kwaliteit van visie beïnvloed is dit 'n teken dat behandeling moet plaasvind. Jy sal voel asof jou bril heeltyd vuil is en selfs 'n nuwe bril verbeter nie jou visie nie. Die katarak of so dan die ondeursigtige lens word chirurgies vervang met 'n kunsmatige helder lens (intra-okulêre lens).
Is die operasie pynlik en wat behels die proses? Nee dit is nie pynvol nie, n lokale verdowing word gebruik deur middel van 'n sproei, die prosedure neem ongeveer 30 minute, geen steke word deesdae meer gebruik nie. 'n Merkbare verskil in visie kan in meeste gevalle al die volgende dag waargeneem word. Sal 'n mediese fonds so n prosedure dek? Ja, katarak operasies val onder wat verwys word as n ‘PMB’ – prescribed minimum benefit, selfs al is jy net op n hospitaalplan moet dekking plaasvind. Kan ek weer 'n keer 'n katarak ontwikkel? Nee, die kunsmatige intra-okulêre lens is gemaak om te hou tot aan die einde van jou leeftyd. Wat wel kan gebeur is dat proteïne deposito's met tyd aan die lens kan vasklou, dit voel dan vir jou asof jou visie weer onduidelik raak, die deposito's word dan met 'n YAG-laser afgeskiet, dit is pynloos en neem ongeveer 5 minute. Die deposito's kan slegs eenkeer gevorm word en nie weer na YAG-laser nie. Moet ek na die operasie weer 'n bril dra? Dit hang af van watter opsie intra-okulêre lens gekies is, deesdae is multifokaal lense ook beskikbaar en baie suksesvol, dit verminder jou afhanklikheid van n leesbril na die operasie. In die algemeen sal 'n leesbril gedra moet word na 'n katarak operasie.
Wat bied Tuinstraat my?
Tuinstraat op Malmesbury is 'n kort straatjie, maar is volgepak met kundiges wat regstaan om jou van hulp te wees. So ook mediese hulp by die verskeie dokters en ander professionele medici wat hierdie straat hul praktyke se tuiste noem. By die spreekkamer van Dr Zoran Alexsic weet jy dat jou oë hier 'n prioriteit is. Hulle bied kundigheid, vriendelikheid en behulpsaamheid. 'n Nuwe kenner, Dr Paolo Donnoli, het onlangs by dié praktyk aangesluit en verskaf wenke aan lesers oor oogsiektes en oogprobleme. Ook hier is die spreekkamer van ortopeed Hannes Steyn, 'n ortotis en prostetikus. Hannes is 'n bekende gesig in die omgewing het kan jou te hulp wees as dit kom by enige prostese of mediese toerusting vir beenbeserings. Sy praktyk bied assisterende hulpmiddels en loop-ondersteuning, rolstoele en tuisversorging hulpmiddels, sport-ondersteuning, drukkouse, beskermende sporttoerusting, prostese, borsprostese, gemaklike skoene asook ortopediese skoene. Steyn het praktyke op Malmesbury en
Wellington en bied maandelikse klinieke op Bredasdrop, Caledon, Vredendal en Springbok aan. Kontak sy spreekkamer by 082 771 8839 of stuur 'n epos na info@hsortho.co.za. Die talle mediese spreekkamers word goed opgepas en bly onder die wakende oog van Dogs and All, 'n sekurteitsmaatskappy op Malmesbury met ook 'n tak op Wellington. Die personeel van Dogs and All het gesamentlik 150 jaar se ondervinding wat hulle rugsteun. Die span bestaan uit Tobie Joubert, Christopher Smith, Jacques Lume, Louis Joubert, Leon Louw en Thomas Hamman. Hulle bied 'n wye verskeidenheid dienste, onder andere skuiling vir honde, 'n skietbaan en die vervaardiging van honde hokke, tesame met die beveiliging van plase, fabrieke, boupersele en privaat wonings. Nog dienste wat jy hier kan vind is wagte in uniform, toegangsbeheer, BBP-sekuriteit, lyfwagte en uitvoerende ondersteuning. Kontak hulle by 022 487 3353 of besoek www.dogsandall.co.za.
6
11 Oktober 2017
Dagboek • Diary
Klub stal foto's uit Die Swartland Fotografieklub stal vir die maand van Oktober van hul lede se foto's uit in die Moorreesburg biblioteek. Die klub vergader die tweede Donderdagaand van elke maand in die keldersaal van die
NUUS • NEWS
NGK-gemeente Swartland-Noord op Malemsbury. Die tema vir Oktober se vergadering môre-aand is Makro-fotografie. Belangstellendes kan die voorsitter, Peter Hardcastle, skakel by 083 628 9668.
Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Open meeting. Contact: Billy at 073 147 6758 or Angela 082 447 5079. Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library. Contact 083 900 6962. Saron-toerisme Saron-toerisme soek talent vir Saron Bergwaterfees op 11 November 2017. Vir meer inligting kontak 072 722 3268 of 079 796 6476. Yzerfontein Toerisme 11 Oktober: Kom deel in Yzerfontein se 80-jaar-vieringe vanaf 18:30 vir 19:00 by Yzerfontein Gemeenskapsaal. Kostes beloop R30 per kaartjie. Vir enige navrae kontak 022 451 2985 of e-pos na yzerfontein@ polka.co.za Skaap- en Koringstudie 11 Oktober: Die skaap- en koringstudie hou hul Algemene Jaarvergadering om 19:00 by
Sportsentrum Laerskool Swartland. Die Spreker is Chris Burgess van Landbou Weekblad One Heart Christian Foundation 11 Oktober: Kom deel in die landelike bediening en sosiale dienste inligtings-aand by die Middel Swartland Saal / Ruststasie Vir enige navrae skakel Sulene Basson by 072 152 8030 of sulene@ oneheartcf.org Agri Expo Livestock 12-14 Oktober: Daagliks vanaf 09:00 tot 18:00. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Vir enige navrae kontak Yolandi de Wet by 028 316 1177 Piketberg Hoërskool-gholfdag 14 Oktober: Hou die datum oop vir die PHS-gholfdag. Swartland Soiree 14 October: an Evening of beautiful classical piano music paired with wines from Kloovenburg at 18:30 at the corner of Station and Sending streets, Riebeek West. R200 per person. For any further enquiries, please contact Stephen Cousins at winelands.pianist@gmail.com tak 072 613 0855
VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH WEST COAST, TB CENTRE (STATIONED AT ID HOSPITAL: MALMESBURY)
FOOD SERVICES AID REMUNERATION: R90 234 PER ANNUM SERVICE BENEFITS: 13TH CHEQUE, EMPLOYER’S CONTRIBUTION TO THE PENSION FUND, HOUSING ALLOWANCE, MEDICAL AID ALLOWANCE Requirements: Minimum requirement: Basic numeracy and literacy. Inherent requirements of the job: Incumbent must be prepared to work shifts and overtime which include weekends and public holidays • The incumbent must be strong enough to lift heavy objects and be on his/her feet the entire day. Competencies (knowledge/skills): Knowledge of production of normal and therapeutic diets in an industrial foodservice unit on a large scale • Knowledge of HACCP, national guidelines on safe preparation, storage and handling of powdered infant formula for Health Facilities and Home Environment and Health and Safety policies • Ability to read, speak and write in at least two of the three official languages of the Western Cape. Duties (key result areas/outputs): Assist in the receipt and storage of all provisions and stock in the food service unit • Prepare and produce all normal and therapeutic diets • Weigh, dish and distribute foods to the wards • Clean all areas, utensils and equipment in the Food Service Department • Follow and adhere to health and safety prescripts • Follow and adhere to elementary control measures and standard operating procedures. Note: No payment of any kind is required when applying for this post. Shortlisted candidates may be subjected to a practical test. Enquiries: Ms M Sedeman, tel. 022 487 3294 PLEASE SUBMIT YOUR APPLICATION FOR THE ATTENTION OF MR EA SASS, TO THE DISTRICT DIRECTOR: WEST COAST DISTRICT, PRIVATE BAG X 15, MALMESBURY 7299.
INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CVs will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service and Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.
The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated.
Closing Date: 3 November 2017 132041 COURANT www.thecandocompany.co.za
Jo-Dolphin 20 Oktober: Piekniekdans word gehou ten bate van Jo-Dolphin in Wesbank Gemeenskapsentrum vanaf 19:00 tot 01:00 Musiek word verskaf deur Mario Arnolds. Kaartjies beloop R50 en is beskikbaar soggens by Jo-Dolphin, Albaniestraat 5, Malmesbury. Vir enige navrae kontak 022 - 487 1156/1274 of Mev Goliath by 082 643 1344 of Mnr Swarts by 0828266810 CPM Jaarlikse dans 21 Oktober: Die Christelike Privaatskool Malmesbury hou hul
Evita se Perron 14 Oktober: Aanbieding van Beauty and the Beast om 19:00. Kostes beloop R150 per persoon. Vir enige navrae kontak 022 492 3930 of besprekings by bookings@ evita.co.za Malmesbury Sakekamer Die Malmesbury Sakekamer vergader Maandag om 18:30 vir 19:00 in die OLOK-saal van die Hoërskool Swartland op Malmesbury. Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, en verteenwoordigers van Sanral sal oor die watersituasie en die opgradering van die N7 gesels. Bespreek jou plek by info@ sakekamer.co.za of kontak Elaine by 022 487 1919. Malmesbury Muurbalklub 16 Oktober: Die Malmesbury Muurbalklub hou ope dae vanaf 16:30 tot 19:30 (ook op 23 Oktober, 30 Oktober en 6 November) Mans en dames, jonk en oud, fiks en onfiks, klublede en nie-klublede is welkom. Rakette en balle is beskikbaar vir die wat nie het nie. Koste is R10 vir klublede/skoliere/ studente en R15 vir nieklublede. Vir verdere navrae konjaarlikse dans om 19:00 vir 19:30 in die Malmesbury-stadsaal. Kaartjies beloop R150 per persoon en die drag is semi-formeel. Vir meer inligting, kontak Maresa by 022 482 3425. Christelike Privaatskool 21 Oktober: Die Graad R's hou Modeparade Oscars om 10:00 by die Stadsaal op Malmesbury. Die gaskuntenaars is Riana van Wyk-musiekskool. Kostes beloop R100 per persoon wat tee en verversings insluit. Vir enige navrae kontak Henriette Smit by 072 200 5875
NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #3365 --------------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjie-dekor, springkastele. Druk van versiersuiker-papier. Kontak 078 544 2038/ www. abcpartytjies.co.za/ elsa@abcpartytjies.co.za #3463 -----TYD is kosbaar. Waarom in rye staan? Motorvoertuig-registrasies, lisensies, padvaardigheidstoetse, ens. Kontak my, x-verkeersbeampte - 081 270 9730 -----I Q 4 U Registration of vehicles. We act on behalf of u. Contact Junaid 063 879 7981, Office: 078 583 6006, Whatsapp: 079 993 4922 or email: kasuq4u@ gmail.com --------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005 -----------------------------TE HUUR TO LET Sakepersele in Malmesbury vanaf R3000 tot R10000. Skakel 083 658 4996 Woonstelle - R4370 per maand. Geen kinders. Skakel 083 658 4996 -----------------------------TE KOOP FOR SALE Consul inmaakflesse R10 elk, Premier Mikrogolf R400, Cadac skottelbraai R400, "Jumper leads" (soos nuut) R500. Kontak: 082 302 8941 #4576 ----Boerboel Puppies - Malmesbury - R1500 elk. 7 weke oud – Ingeënt en ontwurm Kontak: 082 307 9644 of 083 284 8645 #4577
117
11 Oktober2017 2017 4 Oktober GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
GIA COETZEE. Geluk onse blom met jou derde verjaardag. Ons is lief vir jou - Mammie, Pappie, Duran en Zeenith ----Gia, jy bly ons babablom, sprankelend en babbelbek. Lief vir jou - Atta, uncle Andy en Coetzee gesin ---------------------------------
VIANTÉ DAMON. 9 Oktober. Baie geluk met jou kroonverjaarsdag. Mag God jou seën en vele jare spaar. Baie liefies vir jou - Mammie, Daddy en Vernevé ---------------------------------
Baie geluk DEVANDRÉ, my lief met jou verjaardag op 9 Oktober. Mammie is baie lief vir jou - Mammie (Annoeska) ---------------------------------
9 Oktober. HAYGEN FORTUIN. Baie geluk met jou vierde verjaardag. Lekker verjaar - Daddy, Mammie, Devanté en Howard ---------------------------------
13 Oktober. FANANDO VAN WYK. Baie geluk
jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Met baie liefde Mamma, Pappa, Julian, Marco, Naya en Ellie ---------------------------------
14 Oktober. ABDOL (JULIE) SWARTS. Baie geluk met jou verjaarsdag en mag die Here jou nog vele jare spaar. Liefde jou vrou,Sarie, Marco, Julian, Nando, Naya en Ellie ------------------------------
EVANGELO. Baie geluk met jou elfde verjaarsdag. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde en genade. Lekker verjaar - Perils Petersen en familie ---------------------------------
ROZAAN, my suster, geluk met jou verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou. Lekker verjaar - Perils en Petersen familie ---------------------------------
nog vele wees. Liefde Johnadene, ma Mietjie en Paul --Baie geluk Jomene. Hoop ons sien jou in die wit gebou - Jou niggie Annelise en ander vriendinne ------------------------------
4 Oktober. baie geluk met jou kroonverjaardag ANGELIQUE. Mag die Here jou nog vele jare spaar - Jomene, Atta Mietjie & Johnadene ---Geluk my blompot met jou verjaardag. Baie liefde van jou Ma Jo-Anne en pa Eddie ------------------------------
PAITYN ABRAHAMS. Baie geluk ons raasbekkie met jou verjaardag op 12 Oktober. Baie lief vir jou - oom Dereck, antie Melanie, Dwayne, Miche en LeRoy ------------------------------
11 October. Mubarak on your Birthday ABDURAGMAAN. May Allah grant you many more. Shukran for all that you do. The 2 I's ------------------------------
CELESTON, ons is dankbaar vir nog 'n jaar wat jy deurgedra is. Lieflike dag vir jou - Ek en die kinders baie lief vir jou ---------------------------------
JOMENE. 10 Oktober. Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Mag daar
MENDOLENE. Gelukkige verjaardag vriendin en alles wat mooi is. Jy is spesiaal en geniet jou dag. Liefde - Jolene en kinders ------------------------------
TONY FREDERICKS. Gelukkige 80ste verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar. Liefde - Toerien familie ------------------------------
JADELENE COETZEE Baie geluk met jou agste verjaarsdag op 15 Oktober. Mag God jou lewensjare ryklik seën. Geniet jou dag. Baie liefde - Mammie en Pa ------------------------------
JEAN ROEMS (Pitte) 13 Oktober. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde, geluk en seëninge - Ma Tilla, Pa Christy, Chriswill, Jacques, Chrizaan en Devoné ------------------------------
JAY-LEIGH KORAH. Baie geluk. Ons is baie lief vir jou – Mammie & Daddy ----Geluk met jou verjaarsdag. Mag daar nog vele jare wees vir jou – Mamma en Pappa ----Geluk met jou verjaarsdag. Ek hoop daar is nog vele jare. Boeta is lief vir jou – Boeta Cornwell ---------------------------------
JURIE DAYSON.Baie geluk met jou verjaarsdag op 9 Oktober. God se seën word jou toegwens. Liefde - Mammie Tessa, Makou, Teslee, Machay & Junior ------------------------------
LUE-CE ROEMS. Sewe op 11 Oktober. Baie geluk met jou verjaardag. Mag jy 'n soet dogtertjie bly. ---Baie geluk Lue-ce. Mag jy 'n wonderlike dag vol vreugde he. Van: Milla, Celestin, Boetie en sussie ------------------------------
SARIE DAMON. Baie geluk met Ma se vejaarsdag op 12 Oktober 2017. Mag daar nog vele meer wees. Liefde: Boetie & gesin. ------------------------------
WILLIAM HART. Baie geluk. Bly net die persoon wie jy is. Hoop jy geniet jou dag. Liefde, Annelize, Boetie & Lincoln ------------------------------
MEKAYLA. Baie geluk met jou verjaarsdag.
Mag jy nog baie jare gespaar word - Mamma, Pappa, Ouma, Oupa, Emile, Franklin en Conradie familie -----------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM
SAARTJIE PIETERS. 16 Oktober. Jy is nou presies 'n jaar weg van ons. Ons koester die mooi herinneringe. Liefde - Sarie, Abdol, Anna, Hansie, kleinkinders en agterkleinkinders ------------------------------
LILIAN HERMAN. Gebore: 17/02/1937. Sterf: 12/10/2016. Jaar weg van ons. Die gemis is groot en ons koester die mooi herinneringe. Van: Bertha Sedeman en kinders -----------------------------MA ERINA, ek mis jou baie. Ek sien jou sterretjie skyn lekker daar bo. Lief jou pa en voëls ----------------------------S E ARENDSE (Antie Serie) 15 Oktober 2014. Drie jaar is verby en die gemis is ontsettend. Liefde - Leonard, Mabeth en kinders -----------------------------ELIZABETH PALMER (Antie Lise) 16 Oktober 2015. Twee jaar is verby en ons mis jou steeds. Rus sag. Liefde - Frankie, Venesia en families ----Ons dink aan jou soms met 'n glimlag, soms met 'n traan. Ons koester die mooi herinneringe. Liefde - Mabeth en kinders ------------------------------
8
courant 11 Oktober 2017
NUUS • NEWS
dié
SPORT
Tel: 022 487 3221
11 Oktober 2017
Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 4 Oktober: Supa Quick - Enkel Stableford: Andre Uys 20, Billy Howberg 20, Nic Goosen 19, Saberie Pietersen 19 Vrydag Sundowner, 6 Oktober: Supa Quick - Enkel Stableford: Billy Howberg 22, Jacques Esterhuizen 20, Frans Destroo 20, Jaco Basson 19, Nic Goosen 17 Saterdag, 7 Oktober: Malmesbury Round Table Gholfdag: Beterbal Stableford: S Klasen & E Petersen 48, E Loock & JD Engelbrecht 47, A Hanekom & J Esterhuizen 46, U Greffrath & L Meyer 46, J Durr & J Badenhorst 46, D Prins & S Pool 45, C Smit & A Lourens 45
Sokker:
Klassiek:
'n Paar klassieke voertuigmodelle het Maandag op Malmesbury by die gholfbaan gestop vir 'n blaaskans op hul pad na Clanwilliam vanaf Kaapstad. Die voertuie het deelgeneem aan die 2017 Classic Safari African Challenge. Dit is ‘n tydren waarin 40 karre oor 29 dae deelneem. Die tydren kronkel deur Namibië, Botswana, Zimbabwe, langs die ooskus van Suid-Afrika en eindig weer in Kaapstad.
Rolbalseisoen skop af
Malmesbury Rolbalkub se seisoen begin op Saterdag 14 Oktober om 14:00. Alle belangstellendes is welkom om te kom kyk en probeer of hulle die sport sal wil beoefen. Te oordeel aan die talle mense wat die afgelope tyd belangstelling getoon en navraag gedoen het, kan die klub uitsien na ‘n groot toename in getalle. Balle is beskikbaar, en spelers moet tekkies dra om sodoende nie die perk te beskadig nie. Belangstellendes kan vir Roux Vermeulen (0834789616) of André Halvorsen (0832617573) kontak. • Die sakemannerolbaltoernooi, wat jaarliks goed ondersteun word, vind vanjaar weer plaas. Inskrywings kan steeds by Roux Vermeulen gedoen word.
Saterdag het Two For Joy in hul nuwe sokkerklere hul eweknie Abahlali (The Citizens) die stryd aangesê. Abahlali het baie goeie tegniek en ervaring gewys, maar die fiksheid en ratsheid van Two For Joy het hulle die wedstryd 2-1 laat wen. Een van die afrigters, Abongile Joka, het namens die bestuur ‘n versoek aan Anthony Corin van Slimsun Solar Park gerig om borgskap vir nuwe sokkerklere vir die jeugspan wat hy en sy span in hul vrye tyd afrig. Die vriendskaplike uitdaagwedstryd vir die Slimsun Challenge Trophy was die produk daarvan.
Moorreesburg Modderrivier Ope 2 1 Henna & Melt Smit 1008.1796, 2 Van der Vyfer Hokke 961.7985, 3 Boetie & Baron Hokke 832.9595, 4 Frans Jooste 828.1239, 5 Yt & Tuis 824.3149, 6 Frans Jooste 812.7695, 7 Van der Vyfer Hokke 810.9547, 8 Henna & Melt Smit 808.3930, 9 Frans Jooste 802.3101, 10 Frikkie Bester 791.4683 Modderrivier Ope 3 1 Henna & Melt Smit 960.8928, 2 Frans Jooste 891.0141, 3 Steenekamp Lofts 805.8626, 4 Boetie & Baron Hokke 802.1749, 5 Frans Jooste 797.7410, 6 Steenekamp Lofts 756.6448, 7 Joseph Hokke 751.8586, 8 Boetie & Baron Hokke 749.1721, 9 Van der Vyfer Hokke 742.0143, 10 Steenekamp Lofts 740.6641 Abbotsdale Victoria-west 6, 1 Paulus Lofts, 2 C Barendse & son, 3 Paulus Lofts 4 W&W Arendse, 5 C Arendse, 6 Paulus Lofts, 7 Paulus Lofts, 8 Paulus Lofts, 9 Ivan Persence, 10 W&W Arendse
Krieket:
Die Malmesbury-krieketklub het Saterdag in die seisoen se eerste T20-wedstryd teen die span van Victoriane te staan gekom. Die klub reis Saterdag na Clanwilliam vir hul tweede kragmeting.
Tweekamp begin met byeenkoms by Gim Die Boland Tweekamp-seisoen is weer op hande, met die eerste byeenkoms wat Saterdag 14 Oktober by Paarl Gimnasium aangebied word. Tweekamp behels dat ‘n atleet moet kan swem en hardloop oor verskillende afstande, afhangende van die ouderdomsgroep waarin deelgeneem word. Swemafstande wissel van 25 meter tot 100 meter, en hardloopafstande tussen 400 meter en 2000 meter. Daar is ‘n ruskans tussen items. ‘n Deelnemer kry punte op grond van sy of haar tye en prestasies in albei items. Atlete kan individueel of in skoolverband deelneem.
DUIWE Malmesbury Posduifklub Modderrivier Ope 1 1 G Horn 1087.3533; 2 J Steenkamp 1018.9525; 3 D De Villiers 1012.8513; 4 Kotze Familie Hokke 869.1624; 5 G Horn 868.3105; 6 G Horn 862.2114; 7 G Horn 857.3310; 8 J Steenkamp 854.9937; 9 M Hill 854.2396; 10 J Steenkamp 842.9361; Modderrivier Ope 2 1 G Horn 1055.8265; 2 G Williams 990.1823; 3 M Hill 890.1135; 4 J Steenkamp 868.7007; 5 D De Villiers 865.8004; 6 J Steenkamp 849.4146; 7 M Hill 848.9694; 8 D De Villiers 846.5049; 9 G Horn 843.9074; 10 G Horn 839.5941;
Die ouderdomme strek van 0/8 tot hoërskool, van ‘n ope-afdeling tot by meesters, vir mans en vroue. Die seisoen strek oor die laaste kwartaal van 2017, en die eerste kwartaal van 2018. Vanjaar is daar nog byeenkomste op Wellington (28 Oktober), Vredenburg (11 November) en Bonnievale (2 Desember). Volgens Len Symington, voorsitter van Boland Tweekamp, sal daar vanjaar klem gelê word op die nuwe skolekompetisie. Daardeur word skole aangemoedig om in groepsverband atlete in te skryf.
“Die doelwit gaan wees om die beste hoëren laerskole in die provinsie te laat meeding teen ander streke se bestes tydens interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn op 3 Februarie volgende jaar,” vertel hy. Vir volledige inligting oor die afstande wat atlete in die verskillende ouderdomsgroepe moet kan hardloop en swem, besoek www.bolandtweekamp.org.za. Inskrywings kan ook via die webwerf tot twee dae voor ‘n byeenkoms gemaak word. Vir meer inligting, kontak Len Symington by symingtonl@pvbm.co.za.
Riebeek Victoria West 4 1 Adams Hokke 1155.4746, 2 Mentoor Hokke 1145.4062, 3 Alex Fam 1142.0214, 4 Adams Hokke 1138.3716, 5 Adams Hokke 1130.3453, 6 Adams Hokke 1127.6510, 7 Persens Hokke 1122.7911, 8 MJ Hokke 1121.2037, 9 James Hokke 1117.5641, 10 Mentoor Hokke 1115.7054 KRIEKET Piketberg KK Uitslae. Piketberg 1 teen Corronations KK Beste Kolwers P.Dietrich 31 lopies E.Amerika 11 lopies Beste Boulers R.Maarman 3/26 V.De Wee 1/41 Piketberg 1 verloor met 36 lopies. Piketberg 2 teen Lemar KK Beste Kolwers W.Skippers 74 lopies F.Stevens 53 lopies D Stevens 57 lopies Beste Boulers J.Goliath 2/51 T.Kok 2/54 Piketberg 2 verloor met 3 paaltjies. Piketberg 1 het T20 wedstryd gespeel. Piketberg 2 50 overs. MKK kolf eerste en teken 102 aan. Beste kolwers was Keano Goliath met 25 en Sergio Rooms met 45. Victoriane gaan kolf en slaan die lopies af met 8 paaltjies staande. Beste boulers vir Malmesbury was Donovan Dudley met 1/20 en Sergio Room met 1/18. MKK se volgende wedstryd is teen Clanwilliam (weg) op Sondag 15 Oktober 2017 (T20).