Skip to main content

439 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

27 September 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 439

27 September 2017

• SPAN KRAGTE SAAM MET LINTON PARK

Hugo Rust woeker vir renosters

•Jaomi Zeeman Hugo Rust Laerskool en Linton Park Wynlandgoed het hierdie jaar weer saamgespan om internasionale renosterdag met ruim bydraes te vier. Renosterdag, wat elke jaar op 22 September gevier word, het hierdie jaar ‘n stewige hupstoot uit die wonderlike inisiatiewe van hierdie twee instansies gekry. Hugo Rust, wat verlede jaar ook ‘n groot inisiatief vir hierdie verdienstelike doel gehad het, het hierdie jaar op die skool se skenking in 2016 probeer verbeter. Hul ondersteuning vir hierdie waardige saak strek reeds oor die afgelope paar weke. Hulle het drie speelgoed-renosters, wat deur Linton Park verskaf is, “aangeneem”. Hierdie renosters het saam met die seuns, dogters en onderwysers op ‘n kompetisie-basis, met bewusmaking as doel, as deel van die skool se foto’s op hul sosiale netwerk-platforms verskyn. Die seun, dogter en onderwyser wat die mees oorspronklike foto saam met een van die renosters geneem het, het uiteindelik ‘n prys ontvang. Hugo Rust het hul inisiatief verder gevoer deur ‘n fondsinsameling vir renosterbewaring te hou. Hulle het verlede jaar ‘n volle R5 000 met ‘n muntlegging vir hierdie doel ingesamel. Hierdie jaar het hulle besluit om aan elke leerder ‘n blikkie te gee wat vir renosterbewaring met geld gevul kon word. Volgens Ronel Saayman, organiseerder van die projek, het die kinders se entoesiasme en die samewerking van die gemeenskap alle verwagtinge oortref. “Ek het een aand om ‘n braaivleisvuur toevallig oor die projek met Edwin Kriel van Rhodes Food Group gesels. Hy was so begeesterd dat hy dadelik daarby betrokke wou raak en het aangebied om die blikkies vir ons te reël,” vertel sy. Edwin van Rhodes het met rolspelers van Nampak, wat die blikkies vervaardig, en Boland Drukpers, wat die etikette druk, onderhandel vir ‘n samewerkingsooreenkoms vir hierdie inisiatief.

en eiesoortigheid van die grond en plantegroei rondom Groenberg vertel - iets wat tot die geskiktheid van renosterveld bydra. Die landgoedbestuurder, Rudolf Janse van Vuuren, en die wynmaker, JG Auret, het die gaste ook meer oor die landgoed se uitdagings en unieke karakter vertel. Schalk Burger vertel meer Volgens Herman le Roux, oor die unieke aard van die direkteur van kommunikasie area rondom Groenberg. by Linton Park, is die doel van hul inisiatief om voortgesette ondersteuning aan renosterbewaring te gee. “Ons wil graag ‘n bydrae maak en ‘n verskil maak. Die Camelia-groep, waarvan Linton Park deel is, is ingestel op die bewustheid van die bronne waarmee ons werk, sowel as die bewaring daarvan. Ons wil ook ons bande met die gemeenskap versterk en daarom is dit vir ons ‘n eer om van hierdie inisiatief deel te wees,” het hy gesê. Linton Park, wat in 2016 R52 000 vir renosterbewaring bygedra het, het hierdie jaar ‘n allemintige R 92 000 - alles deel van die wynverkope van “Uiteindelik het Rhodes en Nampak die blikkies voorsien en Boland Drukpers die etikette hul Rhino-reeks wyne - vir hierdie doel geskenk. Hugo Rust se bydrae is tydens ‘n feestelike gedruk. Dit was wonderlik om te sien hoe die gemeenskap en besighede inspring en deel word geleentheid in hul skoolsaal op 22 September, internasionale renosterdag, bekendgemaak. ‘n van hierdie projek,” sê Ronel. ‘n Ander belangrike rolspeler en medewerker Skyfievertoning oor renosters as ‘n bedreigde in die sukses van die projek, is die Linton Park spesie, sowel as die foto’s wat leerders en Wynlandgoed. Hierdie groep het hul gewig onderwysers saam met die speelgoed-renosters verlede jaar ook saam met Hugo Rust agter geneem het, het die bekendmaking van die ingedie inisiatief ingegooi deur ‘n ruim skenking te samelde bedrag voorafgegaan. Die hele skool het nie net gehelp om die maak. Hulle het hierdie verbintenis hierdie jaar verder gevoer deur R1 van elke bottel van hul blikkies met kontant vir renosterbewaring te vul Rhino-reeks wyne aan Rhinos without Borders nie, maar elke graad het ook ‘n renosterprojek aangepak. Daar was inkleurprente, sketse, te skenk. Linton Park se bydrae is tydens ‘n informa- skilderye, klei-modelle, stories en gedigte oor tiewe, feestelike geleentheid aan die toepaslike renosters. Uiteindelik is die bedrag wat die skool ingesapersone oorhandig. Op Woensdag 20 September het hulle rolspe- mel het, bekendgemaak. In vergelyking met verlers in die projek, sowel as die leerder-leiers en lede jaar se R5 000, het hierdie jaar se R27 000 onderwysers van Hugo Rust op die wynlandgoed alle verwagtinge oortref. “Ons is uit die veld geslaan oor die ongeonthaal. Onder die gaste was Francois Peenz, ‘n verteenwoordiger van Rhinos without Borders, looflike ondersteuning van ons kinders, ouers, deel van die Africa Foundation en die Great Pla- onderwysers en gemeenskap vir hierdie vernes Foundation, wat Linton Park se bydrae tot dienstelike projek! Ons het verlede jaar gedink die bewaring van renosters in ontvangs geneem dat ons uitstekend gevaar het met ons R5 000 bydrae. het. "Ons is sprakeloos, trots en ongelooflik dankLinton Park se plaas het ‘n groot area renosterveld wat hul verbete probeer bewaar, herves- baar oor hierdie jaar se R27 000,” het Ronel tig en uitbrei. Schalk Burger het gaste tydens die Saayman gesê. “Dit is ‘n eer om dit aan renosverrigtinge meer oor die spesifieke samestelling terbewaring te skenk.”

NUUS • NEWS


2

27 September 2017

•WEN GESOGTE PRYS

NUUS • NEWS

De Kock passievol oor gemeenskap

Hugo Rust Laerskool en Linton Park-wynlandgoed het hierdie jaar weer saamgespan om internasionale renosterdag met ruim bydraes te vier. Renosterdag, wat elke jaar op 22 September gevier word, het hierdie jaar ‘n stewige hupstoot uit die wonderlike inisiatiewe van hierdie twee instansies gekry. Hugo Rust, wat verlede jaar ook ‘n groot inisiatief vir hierdie verdienstelike doel gehad het, het hierdie jaar op die skool se skenking in 2016 probeer verbeter. Bo is Herman le Roux van Linton Park, Hannes van Wyk, Corné de Jongh, Emma Eksteen, Lumari Gilliland, Ronel Saayman en Edwin Kriel van Rhodes Food Group tydens die oorhandiging van Hugo Rust se bydrae tot renosterbewaring.

Die Wellingtonner, Hester de Kock, is onlangs deur die Drakenstein Munisipaliteit vir haar betrokkenheid in die gemeenskap vereer. Haar gemeenskapsdiens en -betrokkenheid strek oor vele jare en haar onbaatsugtige manier van doen het al talle mense se lewens in die dorp geraak. De Kock en haar oorlede man, Dries, het in 1979 saam met hul drie kinders na Wellington verhuis. “Dries en die kinders was uit die staanspoor lojale Wellingtonners. Vir my het dit ‘n tyd gevat ‘before I followed suit’. Ons het vir ses maande tydelike huisvesting gehad voordat ons vir ses jaar as huisouers in Huis Meiring gaan woon het,” vertel sy. Dit het nie lank geneem voordat Hester haar in die gemeenskap en sy bedrywighede ingegrawe en ‘n integrale deel daarvan geword het nie. Sy het by die skool en kerk ingeskakel en suksesvol talle andersoortige fondsinsamelingsprojekte begin loods. “Ek sou geen van die dinge wat ek aangepak of waarby ek betrokke was sonder die hulp van die bekwame mense van Wellington kon vermag nie,” sê sy. Hester is onder andere bekend vir die feit dat sy by bykans elke moontlike skool- en kerkfunksie of basaar as die sameroeper van die pannekoektafel opgetree het. “Marié Schön van Hugenote Hoërskool het my destyds aan die diepkant ingegooi, my die resep gegee en gesê nou’s dit my verantwoordelikheid omdat niemand anders dit wou doen nie,” lag Hester oor hierdie rol wat sy vir 27 jaar met liefde vervul het. As jarelange sekretaresse van die plaaslike ACVV het sy ook talle suksesvolle funksies vir fondse vir die breër gemeenskap gereël en haar daarvoor beywer om die gemeenskap bewus te maak van die feit dat daar oor kultuurgrense heen interkerklike bande gesmee en hulp verleen moet word. ‘n Boeremusiekkonsert wat Hester saam met die destydse burgemeestersvrou, Annatjie van Wyk, georganiseer het, was ‘n hoogtepunt wat nog lank onthou sal word. Die orkeslede was almal oorlewendes van die heel eerste wenners van ‘n Boereorkes-kompetisie wat in 1947 deur die SAUK gereël is - en hulle was almal Wellingtonners. Hester se kleurryke funksies en fondsinsamelingsprojekte in ons dorp, het haar kreatiewe brein oortyd laat werk. So het sy bekende sprekers soos die destydse prima ballerina Phyllis Spira, sowel as die bekroonde skrywer, Rhona Rupert, na Wellington genooi. Buiten Hester se betrokkenheid by die kanker-vereniging se “Toktokkie”-fondsinsamelingsprojekte, het sy ook vir jare op die bestuur van die plaaslike museum gedien en talle fondsinsamelings vir die dowes en blindes gelei. Sy het ook, as deel van inisiatiewe van Heleen Pretorius, vir jare met fondsinsamelings, spesiale geleenthede soos ‘n dinee en modeparade, sowel as ‘n dans vir die inwoners van Sunfield Home gehelp. Van haar ander inisiatiewe sluit die verskaffing van eetgoed met teetyd, sowel as toiletware

vir die inwoners van Silwerkruin in. Hester het ook as rubriekskrywer vir ‘n plaaslike koerant opgetree, gereeld foto-artikels vir hulle geskryf en ander vryskut-skryfwerk gedoen. Toe die Wellingtonner, Robert Germishuys, se eerste CD-bekendgestel is en hy in Amerika aan die Internasionale jeug sangkompetisie gaan deelneem het, was Hester die persoon om dit te orkestreer. “Robert het goud gewen by daardie kompetisie en ek was een van die eerste mense wat van die goeie nuus geweet het,” vertel sy. Hester is ook al vir jare ‘n gerekende, bekende gesig by die Wellington Forum en GPF waar sy saam met raadslede en ander rolspelers werk om positiewe dinge vir ons dorp te vermag. Sy is ook besig om, op versoek van die inwoners van Hillcrest, ‘n satelliet-biblioteek vir hierdie mense te kry en om ‘n naskoolprogram vir die kinders van Weltevrede te bewerkstellig. Sy bak ook al vir meer as 10 jaar lank eiehandig vrugtekoeke ten bate van liefdadigheid. “Ek kan nie eintlik bak nie, maar het self hierdie resep uitgewerk waarmee ek al meer as 165 vrugtekoeke vir mense so ver as Gauteng, Engeland, Duitsland en die Oekraïne gebak het,” vertel sy beskeie. Intussen gaan hierdie uitsonderlike vrou, wat jy elke dag deur ‘n ring kan trek, steeds onverpoosd voort om diensbaar in haar gemeenskap te wees. Sy is steeds aktief deel van elke moontlike forum waar sy tot voordeel van die dorp ‘n bydrae kan lewer. “Ek dink dit het moontlik met gene en jou ingesteldheid teenoor die lewe en uitdagings te doen. Vir my is daar nie iets soos ‘kan nie’ nie. Vir my gaan dit oor ‘hoe kan dit?’” deel sy haar geheim.


NUUS • NEWS

27 September 2017

•TRADISIONELE SPELETJIES

DGB vier erfenis DGB het Erfenisdag op feestelike wyse gevier toe hul op Vrydag 22 September ‘n potjiekosen braaikompetisie vir hul werknemers aangebied het. Hierdie inisiatief het op die terrein van hul Wellington depot plaasgevind en personeelspanne het in groepsverband volgens temas aan die aktiwiteite deelgeneem. Elke span is op grond van ‘n hoofgereg, bygereg, hul kleredrag en spangees beoordeel. Die beoordelaars het uit ‘n uitgelese groep koskenners bestaan. Rendill Pietersen, wat in 2013 onder die top 3 in die Kokkedoor kompetisie geëindig het en sy eie spysenieringsaak bedryf, Hennie van der Merwe, wat vir 4 jaar die Executive Sjef by die Glen Carlou Wynlandgoed

was en tans ‘n sjef lektor by die Hurst Campus Sjefskool is, Henk van der Westhuizen, ‘n koskenner en Ree du Toit, produksie direkteur by DGB, het as beoordelaars opgetree. Daar was ‘n wye verskeidenheid temas en geregte en die positiewe atmosfeer en spangees was aansteeklik. Groot moeite is met die versiering van elke stalletjie gedoen en daar is selfs ‘n lewensgrote nagemaakte koei en ‘n regte stoetbul as hulpmiddels ingespan. Uiteindelik het die “boerespan”, genaamd “Tant Sannie” as wenners uit die stryd getree met die beste hoofgereg, sowel as die beste spangees. Hulle het met prysgeld van R5 000 weggestap.

Kore hou tradisie lewendig

Bo: Die VGK Newton Koor doen ‘n paar danspassies tydens hul vertoning. Regs: Herman Bailey, organiseerder van die koorfees, saam met raadslid Patricia Mokoena, verteenwoordiger van die burgemeesterskantoor en lid van die burgemeesterskomitee. Die jaarlikse Charlotte Cupido Kerk-korefees het op Donderdag 21 September in die stadsaal plaasgevind. Hierdie fees het vanjaar vir die 19de keer plaasgevind. Talle ondersteuners, musiekliefhebbers en eregaste het die koorfees bygewoon. Raadslid Patricia Mokoena, lid van die burgemeesterskomitee en verantwoordelik vir korporatiewe sake, het die geleentheid namens die burgemeesterskantoor bygewoon. Herman Bailey, organiseerder van die fees, het tydens sy openingstoespraak na die mooi geskiedenis van hierdie geleentheid verwys. “Die eerste Charlotte Cupido Kerk-korefees is in 1998 gehou – dit maak vanjaar die 19de keer dat ons hierdie fees vier. "Volgende jaar gaan ‘n besonderse jaar wees wanneer ons hierdie gebeurtenis vir die 20ste keer vier,” het hy gesê. Pietie Williams, ‘n stigterslid en koorleier van die VGK Van Wyksvleikoor en Arthur van den Bergh, orrelis en koorleier van die VGK Wellington is gedurende 2017 oorlede.

Daar is voor die aanvang van die fees ‘n oomblik van stilte en ‘n geleentheid vir huldeblyke aan hierdie twee prominente figure in die geskiedenis van die koorfees gehou. Die gaste is deur die uitsonderlike koorsang van ses plaaslike kore vermaak. Die kore van die VGK Newton, die NG Kerk Wellington-Oos, die VGK Wellington Bergrivier, die VGK Wellington, die VGK Van Wyksvlei en die Nuwe Apostoliese Kerkkoor het elk twee liedjies in die pragtige akoestiek van die stadsaal laat opklink. Toegang was gratis, maar daar is ‘n kollekte gehou, waarvan die fondse, soos in die verlede, vir ‘n verdienstelike saak aangewend sal word. “Ons gaan hierdie fondse as ‘n bydrae gebruik om vir ons dorp se hawelose mense ‘n heerlike Kersete in Desember te hou,” het Bailey gesê. ‘n Groot verrassing was die optrede van die doedelsakspeler, Lukas Visagie, saam met die herfsvreugdekoor van Wellington-Oos. Die aand is op ‘n hoë noot met ‘n slotgesang deur al die kore en gaste afgesluit.

Bo: Die “Tant Sannie”-span het met die prysgeld weggestap.

Kontak ons by 022 487 3221 om jou nuus met ons te deel. Besoek ons webtuiste by www.diecourant.co.za of volg ons op sosiale media by @diecourant.

3


courant

dié

4

27 September 2017

Wat ons erf, is ons nis

24 September was Erfenisdag. Hierdie publieke vakansiedag word jaarliks in ons land gedenk sodat alle Suid-Afrikaners, van watter bevolkingsgroep ook al, hul eie erfenis kan vier. Niemand moet vergeet wie en wat hy is en waar hy vandaan gekom het nie. Erfenisdag gaan egter nie net oor die eie kulture van afsonderlike groepe nie, maar veral ook oor uitreiking oor die verskillende kultuurgrense heen. Dit gaan oor die somtotaal van die natuurlewe, plekke van wetenskaplike of geskiedkundige belang, nasionale monumente, kunswerke, literatuur, musiek en mondelinge tradisies wat ons land se skatte is. Ons het nie altyd beheer oor wat ons erf nie, en dit is miskien hier waar die “nis” van erfenis iets kan beteken. As ons hierdie “nis” as meer as net ‘n blote agtervoegsel sien en dít wat ons geërf het omarm, kan ons erfenis iets word waarin ons floreer. ‘n “Nis” is ‘n omstandigheid wat iemand pas, waarin ‘n mens gelukkig kan voel en suksesvol kan wees. Dit kan ook ‘n plek in ‘n muur wees waar iets waardevols bewaar word of dui op iets wat doelgemaak is. In Wellington het wat ons geërf het, vir baie mense ‘n nis geword. Hugo Rust en Linton Park Wynlandgoed het hierdie week die erfenis van ons vlaktes, renosters, suksesvol help bewaar deur duisende rande vir hierdie doel in te samel. Hugenote Laerskool het die erfenis van kreatiwiteit en kuns as iets waardevols by hul kunsuitstalling laat leef. Wellington se ryk wingerd- en wynerfenis het tydens die “Quest for the best” inisiatief ‘n nis gevind toe die 12 beste plaaslike wyne aangewys is. Ons dorp se erfenis van koormusiek is tydens die Charlotte Cupido Koorfees gedenk. Breaking Barriers het ons plaaslike jeug bemagtig deur ons rugbykultuur vir opheffing te gebruik en DGB het ons braaikultuur met ‘n jolige Erfenisdagviering lewendig gehou. Of dit nou jou gene, jou kultuur, jou geskiedenis, jou taal, jou skuld of jou voorregte is wat jy geërf het - mag jy hierdie week daarvoor ‘n nis vind.

Dis Goeie Nuus

NUUS • NEWS

Hugenote Laerskool hou kunsuitstalling

Dr. Andrew Bosman

In die skuilplek van die Allerhoogste

Ons leef in 'n tyd waar diefwerings, alarms, ligbane en sensors aan die orde van die dag is. Die skrywer van Psalm 91 het tot die HERE gesê: "My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou." Die God op wie hy vertrou sal hom red uit enige gevaar wat jou lewe bedreig, onder sy vleuels kan jy skuil, sy trou is soos ‘n skild en ‘n pantser. As jy op die God vertrou, die Allerhoogste, hoef jy nie te vrees vir die skrik van die nag, of vir gevaar in die dag nie. Nie eens ‘n gevaarlike siekte sal jou oorval nie, al is die gevaar rondom jou so groot dat duisende rondom jou sterf , jy sal niks oorkom nie. Jy sal sien hoe die wat nie op God vertrou nie vernietig word. Dit is goed om by die Allerhoogste God te skuil, Hy sal jou en jou huis bewaar, selfs die engele sal jou bewaar. Van een ding kan jy seker wees, as jy op die HERE vertrou en elke dag op sy hulp staatmaak, sal nie eens die grootste gevare in die lewe jou ooit onderkry nie.

Henry Schemper, skoolhoof, saam met Anouk Rust, kunsonderwyseres. Hugenote Laerskool het onlangs ‘n baie lik in die saal geopen is. Skilderye deur bekende geslaagde kunsuitstalling gehou. Op Woens- kunstenaars is ten bate van die skool opgeveil en dag, 20 September, is die skoolsaal en -gange ‘n praatjie oor die positiewe invloed van visuele in ‘n visuele lushof omskep toe die leerders se kuns op kinders se ontwikkeling het die klem op kunswerke van die afgelope jaar daar ten toon die doel van die aand geplaas. Die skool se eie orff-orkes het vir strelende gestel is. Volgens Anouk Rust, kunsonderwyser by die agtergrondmusiek gesorg, terwyl gaste in verskool, is daar minstens twee kunswerke van elke wondering deur die kunswerke in die keurig-versierde saal en gange kon stap. Ouers kon hul leerder uitgestal. “Ons het probeer om ten minste twee kuns- kinders se kunswerke teen ‘n minimale bedrag werke van elke leerder te monteer en teen die koop - alles ten bate van die skool se fondse vir mure te kry. Dit was nogal ‘n groot taak om hier- die bevordering van kuns. “Ons staan verwonderd oor ons kinders se die proses te administreer en om alles gereed te kry vir die uitstalling. Gelukkig was daar ‘n hele talent en kreatiwiteit, sowel as ons onderwysers span onderwysers en ouers wat hard gewerk het en ouers se ywer om ‘n uitstalling soos hierdie moontlik te maak. Ons is baie trots en baie om hiermee te help,” het sy gesê. Die aand het met ‘n heerlike vingerete vir dankbaar,” het Henry Schemper, die skoolhoof, eregaste afgeskop, waarna die uitstalling ampte- gesê.


NUUS • NEWS

27 September 2017

Gaireyah woeker verder met haar kreatiwiteit

Die plaaslike skrywer, aktrise en dramaturg, Gaireyah Fredericks, gaan van krag tot krag en woeker met haar kreatiwiteit. Nie alleen het sy 'n benoeming vir ‘n Eugene Marais-literêre prys op haar kerfstok nie, maar sy is ook onlangs by die McGregor Poetry Festival vir haar digkuns bekroon. Verder is sy besig om haar talente in die gemeenskap terug te ploeg. Gaireyah is met die Maria Schonstein-toekenning as wenner vir haar gedig “Dronk verdriet” by die onlangse McGregor Poetry Festival vereer. Haar gedig is ook in ‘n bundel wat by hierdie fees saamgestel is, opgeneem. Al hierdie toekennings is volgens Gaireyah vir haar ‘n aansporing om nog harder te werk en om ander mense te bemagtig om hul talente te ontgin. Sy is juis betrokke by ‘n inisiatief om jongmense in bendegeteisterde gebiede met behulp van skryfkuns en drama te help om uit hul omstandighede los te breek. “Ek is by die MCM Youth at Risk-projek betrokke wat kinders wil help om uit negatiewe omstandighede te weg te kom. Hulle moet weet dat daar iets beter vir hulle daar buite is - daar is ander opsies as om by misdaad en bendes betrokke te raak,” sê sy. Aanvanklik het sy slegs twee studente in haar skryf- en dramaklas by hierdie projek gehad.

“Hulle het algaande al hoe meer geword. Dit was maar word of mouth en ons het hulle letterlik van die strate gaan afhaal. Nou is daar 12 in die dramagroep en 18 in die skryfklas. Een van die studente was besig met ‘n hofsaak vir poging tot moord en een was in die tronk,” vertel sy. Hierdie jongmense het nou, te danke aan Gaireyah se deursettingsvermoë en positiewe ingesteldheid, ‘n nuwe kans op beter dinge. Gaireyah se dramagroep het onlangs uitsonderlik presteer toe hulle aan die D-CAS-dramafees gaan deelneem het. Hierdie fees, wat onder die Kaapse Wynlande-dramafees val, bied ‘n platform vir plaaslike dramatalent om hul staal te wys. Dramagroepe van die hele streek kan hier deelneem en na die Zabalaza-dramafees, wat deur die Baxter-teater aangebied word, deurdring. Gaireyah het twee produksies vir hierdie doel ingeskryf - een drama en een poppekasteater. Die poppekasteater bied sy in samewerking met Wyne Galant en Joshua Meyer aan en die drama word deur haar dramastudente van die MCM-projek opgevoer. Beide hierdie produksies het as finaliste na die volgende rondte van die kompetisie deurgedring.

Die plaaslike Badisa-tak gaan op Donderdag, 28 September, hul jaarlikse algemene jaarvergadering hou. Hierdie vergadering sal om 18:00 by die Happy Toddler-sentrum in Mintoorstraat plaasvind en alle belangstellendes en lede van die gemeenskap word hierheen uitgenooi. Badisa is ‘n nasionale nie-winsgewende organisasie wat hulle daarop toespits om professionele maatskaplike dienste aan kinders en families, bejaarde persone, persone met gebreke en persone wat aan middelafhanklikheid ly, te gee. Die plaaslike Badisa-tak fokus veral op kinderbeskerming en gesinsbewaring, middelafhanklikheid, bewusmakings- en vroeë intervensie-dienste, statutêre dienste binne die raamwerk van die Kinderwet, sowel as op herintegrasiedienste. Hulle bedien die hele dorp en landelike

gebied rondom Wellington. Volgens Adam de Vries, lid van Badisa se beheerraad, sal die fokus tydens die algemene jaarvergadering op hul bedrywighede gedurende die jaar val. “Ons sal al ons verslae van die jaar bekend maak en vrywilligers en donateurs sal ook erkenning ontvang,” sê hy. Die program van die vergadering beloof om allesbehalwe vervelig te wees. Talle sangitems en interessante praatjies sal deel van die aand se verrigtinge vorm. Die gasspreker vir die aand is dr. Marie McDonald-Minnaar, oud-Wellingtonner en dosent aan die UWK. Belangstellendes wat graag die geleentheid wil bywoon, kan by Lorraine Strause by badisa.well@telkomsa.net of 021-873 4274 bevestig.

Badisa hou vergadering

5

“Die poppekas se naam is ‘Tik-tok, tok-tik’ en handel oor die dwelmgevaar van tik. Die drama, genaamd ‘Hanne innie lig, voete oppie grond’, gaan oor die realiteite van die lewe in moeilike omstandighede en hoe om dit te oorkom. Ons hanne is in die lig as ons aanbid, as ons voor ‘n gun staan, as ons wasgoed ophang… Maar as jou voete oppie grond is, is daar altyd ‘n uitweg,” verduidelik sy. Vir haar is die feit dat beide hierdie twee produksies na die volgende rondte deurgedring het ‘n groot eer. “Die grootste prys is egter die kinders se gesigte toe hulle besef dat hulle iets goeds gedoen en daarvoor beloon is. Hulle het nog nooit iets goeds reggekry nie. "Hulle was so braaf en het absoluut hul beste gedoen tydens die kompetisie. "Ek sal nooit die uitdrukking op hul gesigte, die verbasing en die absolute geluk op daardie gesigte vergeet nie. Ek het só gehuil,” vertel sy. Die MCM-dramagroep en poppekas moet hul produksies nou ses keer in hul gemeenskap opvoer voordat hul aan die finale rondte gaan deelneem. Om hulle te bespreek vir ‘n opvoering, kan belangstellendes Gaireyah by ghaireyah@gmail. com of 081 438 8755 kontak.

Die personeel en vrywilligers by die plaaslike Badisa-tak se Happy Toddlers-crèche is Kylinn Fortuin, Justin Nomdo, Lorraine Strauss, Denalisha Arendse, Adam de Vries, Grace Lakay, Brendonique Marais, Jodie Adams, Francois Cloete en Zanelle Frans.


6

27 September 2017

NUUS • NEWS

Wellington se beste wyne in wynroete aangewys Wynplase wat wyn van oorsprong Wellington vervaardig het onlangs aan ‘n inisiatief, “Quest for the Best”, waar die beste wyne van die streek aangewys is, deelgeneem. Die beoordeling en aanwysing van die 12 beste wyne het op Donderdag 21 September by die Wellington Wines se proelokaal tydens ‘n gesellige funksie plaasgevind. Volgens Xania van der Merwe, bemarker by Wellington Wines en voorsitter van die Wellington Wynroete, is die inisiatief ‘n gevolg van die samewerking van wynplase in die wynroete. “Die meerderheid van die produsente in Wellington het hierdie jaar deelgeneem en was aktief betrokke by die tegniese gesprek. "Die doel van die projek is om wyn wat eie is aan ons terroir uit te wys en te bou op waarin die streek sterk is. Gaste wat ons streek besoek moet weet hulle kan kwaliteit wyne verwag,” het sy verduidelik. Die beoordelaarspaneel het uit ‘n handvol baie bekwame wynkenners bestaan. Die voorsitter van die paneel was Bennie Howard, ‘n Kaapse wynmeester en die ander beoordelaars het uit Johann Fourie, voorheen van die KWV en tans betrokke by Benguela Cove; Danielle le Roux, wynmaker by die Asara Wynlandgoed; Mark Norrish van Ultra Liquors en Abé Beukes, ‘n ervare wynmaker by Yonder Hill bestaan. Howard, Fourie en Le Roux was ook lede van verlede jaar se paneel beoordelaars by dieselfde kompetisie. Die beoordeling het “blind” geskied en die 12 wyne met die hoogste persentasies is as die top-wyne van die streek aangewys. Die Diemersfontein-wynlandgoed het drie wyne in die top 12, naamlik Carpe Diem Vionier, Carpe Diem Malbec 2015 en Woolworths Coffee

Pinotage 2016. Linton Park spog ook met drie wyne in die top 12, naamlik die 2016 Linton Park Estate Chardonnay, die Linton Park MCC Rosé en Linton Park Estate Shiraz 2015. Wellington Wines het ook 3 wyne in die top 12. Hulle is La Cave Pinotage 2016, La Cave Shiraz 2015 en La Cave Chenin Blanc 2015. Doolhof se Malbec Blanc de Noir 2017 en

Single Vinyard Pinotage 2015, sowel as Welbedacht se Cricket Pitch 2013 was die ander wyne in die top 12. “Ons hoop dat hierdie ‘Quest for the Best’-toekennings die ware kwaliteit en unieke area-spesifieke eienskappe van die wyne in ons Wynroete sal weerspieël en bevorder. "Ons het unieke produkte, baie bekwame

wynmakers en uitsonderlike kwaliteit wyne. Hierdie toekennings getuig daarvan,” het Xania gesê. “Wellington as wynstreek hoef nie in aanbieding, verskeidenheid of produkte terug te staan vir enigiets nie. Die dorp, streek en lede van die gemeenskap wat hierdie prestasies moontlik maak, kan trots voel”.


NUUS • NEWS

27 September 2017

Gemeenskap help met bril

Dagboek • Diary

Een van die vroue wat Ma’s vir Wellington onder hul vlerk geneem het, Leen, het ‘n bril gekry. Dit is moontlik gemaak deur die samewerking en omgee-harte van individue en besighede in die gemeenskap. Volgens Elra Smit van Ma’s vir Wellington het hulle agtergekom dat Leen items waarna sy wou kyk baie naby aan haar gesig hou en dat daar geen kleurerkenning teenwoordig was nie. Dit is hoe hulle besef het dat daar dalk iets met haar oë skort. Elra, wat ook Leen se tutor is, het André Gilliland, ‘n plaaslike oogkundige gekontak om raad te vra. Hy het ‘n oogtoets voorgestel en die Lions genader vir die moontlike skenking van ‘n bril. Die Lions se Operation Brightsight het ‘n groot bydrae gelewer om Leen se eerste nuwe bril ‘n werklikheid te maak. Sy is vir ‘n oogtoets geneem - vir die eerste keer in 28 jaar - en haar oogprobleem kon geïdentifiseer, aangespreek en opgelos word. Aan die einde van Augustus kon Leen uiteindelik haar nuwe bril kry - iets waarmee sy die wêreld nou baie beter kan sien.

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418

ministries are hereby invited to join us at 14:45 at the "Amphitheater" next to the clinic in Abduraghman Way, Van Wyksvlei. Please contact Pastor Nico Mettler at 082 498 4130 for further details.

Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081

Two Olives Ministries 8 October: Two Olives Ministries presents the Feast Of Tabernacles/Sukkot at 17:00 at the Wellington Town Hall. All believers, churches and ministries are hereby invited to join us in this biblical celebration in awaiting the coming of our Messiah, Yeshua Hamashiach/Jesus Christ. Entry is free but a love offering will be collected. Please contact Pastor Nico Mettler at 082 498 4130 for further details.

Veterane Expo 30 September: Die Tafelberg Erfgoed Versamelaars hou hul Veterane Expo by Delvera (R44 Stellenbosch-Klapmuts). Verrigtinge begin om 08:00 tot 16:00. Vir enige navrae skakel Mariette by 082 670 7637 of epos na tafelberghc@gmail.com Darling ttu Enduro 30 Sept - 1 Oct: Come enjoy the 24 hour Darling ttu Enduro !Khwa ttu, R27 West Coast Road from 10:00 -10:00. For further information contact Eldre Strydom at 022 451 2202 or info@darlingttu.co.za Yzerfontein Ope Galjoen Derby 30 September: Kom wees deel van die jaarlikse Yzerfontein Galjoen Derby. Kostes beloop R180 p/p en R90 vir deelnemers jonger as 18 jaar, wat 'n gholfhemp insluit. Vir enige navrae, kontak Gawie Steyn by 083 379 6044 of gsteyn@wcaccess.co.za Two Olives Ministries 1 October: Two Olives Ministries in partnership with Networking for Christ is participating in the Annual Global Day of Prayer for the Peace of Jerusalem. (Psalm 122:6). All believers, churches and

Hillcrest United 9 Oktober: Die Hillcrest United hou hul Algemene Jaarvergadering. Alle geregistreerde spelers en -klublede, bestuurslede, spanbesture en belangstellendes word uitgenooi. Verrigtinge begin om 19:00 te Hillcrest Primêr Skool - Wellington. Inligting rondom hierdie vergadering in plaaslike koerante asook Hillcrest Facebook-blad sal volg. Vir meer inligting kontak Jovan-re Cupido – 073 296 3575 Bôrdienghuis-teater 11 Oktober: Die Wellington Boekklub bied aan ‘n gesprek met Etienne van Heerden oor sy nuwe boek. Laerskool Hugo Rust 13 Oktober: Laerskool Hugo Rust hou 'n "Daknatmaak-aand" vir hulle saal. Kom klink 'n glasie en vul die magie - Luister na staaltjies van toeka tot nou saam met ou bekendes Vir enige navrae kontak : bemarking@hugorust.co.za

Kerke • Churches

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.

7

Navrae: 021 873 2763.

NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Heritage day: Pauw Gedenk Primary School celebrated Heritage Day with the theme: Pajamas. Here the principal Julius Williams and learners showed off in their pajamas.


8

courant

dié

27 September 2017

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

•'BREAKING BARRIERS'

Sport vir jeug met erfenis gevier

Die nie-winsgewende organisasie, Breaking Barriers, het op Maandag 25 September ‘n sportdag vir die plaaslike jeug ter viering van Erfenisdag aangebied. Hierdie inisiatief wou sommer twee vlieë met een klap bykom deur nie net Erfenisdag te vier nie, maar ook die voordele en positiewe invloed van sport in jongmense se lewens te onderstreep. Volgens Avron Appollis, projekbestuurder by Breaking Barriers, wou hulle iets doen wat veral ‘n impak op die dwelmmisbruik onder die jeug sou hê. “Ons wou iets aanpak wat nie net op dwelm-intervensie fokus nie, maar ook die betekenis van Erfenisdag onder ons jeug sou duidelik maak. Ons het besluit om ons ‘Youth in sport is a youth out of court’-projek deel van die erfenisdagvieringe te maak. Die jeug moet besef dat ons rugbykultuur sterk deur ons are vloei en dat daar baie ander positiewe aktiwiteite, buiten dwelms, is wat hulle kan aanpak,” het hy verduidelik. Die sportdag het op die CPUT-sportvelde plaasgevind en is deur die samewerking van verskeie plaaslike forums en entiteite moontlik gemaak. Die Nasionale Plaaswerkersforum, Wellington SAPS, Badisa, Roses United, die Cronal Hendricks Foundation, Drakenstein Munisipaliteit en Drakenstein Local Drug Actions Committee het saam met Breaking Barriers gewerk om hierdie geleentheid moontlik te maak. “Ons het hande gevat met die Nasionale Plaaswerkersforum met die doel om die jeug in die landelike gebiede deel te maak van ons operasionele program vir die toekoms. Ons wil ook die jeug bemagtig en geleenthede skep in terme van vaardigheidsopleiding, werk en hulp met middelafhanklikheidsprobleme,” verduidelik Avron. Volgens hom het die jeug, ook in die landelike gebiede, ongelooflike talent en hulle het net

NUUS • NEWS

leiding nodig om hul volle potensiaal te bereik. Om hierdie rede het Breaking Barriers ‘n hierdie sportdag en sewestoernooi vir ongeveer 10 spanne, afkomstig van verskillende plase rondom Wellington, gereël. Die geleentheid is deur raadslid Rita Andreas (vir landelike gebiede) geopen en die Uitvoerende Burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit, Conrad Poole, het die jeug toegespreek. Kaptein Basil Seekoei van die Wellington SAPS het ook oor die gevare en werklikhede van dwelmmisbruik onder die jeug gepraat. Buiten die sewestoernooi, het spanne ook aan ‘n toutrekkompetisie deelgeneem. Die plaaslike Badisa-tak het ‘n inligtingsessie gehou en Breaking Barriers het ‘n opname gedoen en ‘n databasis van die verskillende uitdagings wat die jeug op verskillende vlakke ondervind opgestel. Die programme wat in die toekoms onder die jeug aangebied sal word, sal hieruit bepaal word. Volgens Avron is hulle baie dankbaar vir die finansiële steun wat hulle uit verskeie oorde vir hierdie opheffingsprojekte kry. “Ons het nie ‘n operasionele begroting nie, maar die Nasionale Plaaswerkersforum, Drakenstein Munisipaliteit, asook ander jeugontwikkeling-instansies en organisasies soos Coke en African Bank het ons gehelp om hierdie dag moontlik te maak,” het hy gesê. Conrad Poole het in sy toespraak die jeug aangemoedig om die positiewe invloed van sport in hul lewens te benut. “Dit maak nie saak waar jy vandaan kom, waar jy is of waar jy woon nie. Wat saak maak, is hoe en wat jy glo. Hou jou besig met dinge wat jou kan vorentoe vat in die lewe. Julle is die regte mense, op die regte plek, op die regte tyd - gryp julle geleenthede aan. Jou lyf moet pyn, jou deeg moet beweeg!” het hy gesê. Belangstellendes wat by Breaking Barriers betrokke wil raak, kan hulle by 076 180 2510 of breakingbarriers@gmail.com kontak.

27 September 2017

Silwerkruin se inwoners kry splinternuwe gimnasium

Die nuwe gimnasium is reeds in gebruik geneem, ná die lint tot die fasiliteit geknip is. Die Silwerkruin Huis vir Bejaardes het onlangs ‘n splinternuwe gimnasium gekry. Hierdie inisiatief is te danke aan die samewerking van verskeie rolspelers. Die “Global Partnerships” netwerk is daarop gemik om finansiële ondersteuning vir verdienstelike projekte uit die buiteland te bekom. In samewerking met die South African Care Forum (SACF), waarvan Silwerkruin ‘n lid is, het Melanie Crozier, Silwerkruin se Strategiese Vennootskap Koördineerder, met die Southern Cross Care, Australië, hande gevat om hierdie projek ‘n werklikheid te maak. Alhoewel die gimnasium eers aan die einde van Augustus amptelik geopen is, is die projek deur maande se werk voorafgegaan. Melanie het verlede jaar die verhaal van Silwerkruin sedert 2008, toe dit ‘n kultuurverandering ondergaan het, tot met hul registrasie as ‘n Eden Huis in 2016, na ‘n konferensie in Switserland gestuur. Margie van Zyl, strategiese vennootskap direkteur van Geratec, het die konferensie bygewoon en die verhaal daar voorgelê. Sy het intussen verhoudings met die buitelandse mense wat sy op die konferensie ontmoet het, gebou en Silwerkruin se verhaal onder hul aandag gebring. Die direkteur van Southern Cross Care, Jo Boylan, het besluit dat hulle ‘n vennootskap in Suid-Afrika met Silwerkruin wil sluit en ‘n mobiele gimnasium aan hierdie Huis wil skenk. Uiteindelik is die toerusting op 16 Augustus by Silwerkruin afgelewer en Boylan het self die offisiële opening van die gimnasium bygewoon. Van die bestaande vertrekke in Silwerkruin is

in ‘n gimnasium omskep. Hierdie vertrekke is vol vensters en die inwoners het dus ‘n pragtige uitsig na buite, terwyl hul hul litte strek en oefening doen. Die hoofdoel van die gimnasium is om die inwoners se fisiese mobiliteit en selfstandigheid deur middel van oefening te verbeter. Dit sal waarskynlik veroorsaak dat hul oor ‘n langer tydperk onafhanklik kan funksioneer en ‘n hoër lewenskwaliteit kan geniet. Die direkteur van Southern Cross, Boylan, het met die opening van die gimnasium ‘n werkswinkel by Silwerkruin aangebied waarin die voordele en gebruik van die apparaat gedemonstreer is. Hierdie maatskappy borg ook twee fisioterapeute wat gedurende Oktober vir ‘n week lank by Silwerkruin sal werk om oefenprogramme vir die inwoners uit te werk. Silwerkruin se versorgingspersoneel en aktiwiteitskoördineerder sal die programme daarna uitvoer. Die inwoners is baie positief en entoesiasties oor die gimnasium. Inwoners wat gewoonlik hul tyd meesal in hul kamers spandeer het, kom nou uit om gereeld te oefen - of net uit nuuskierigheid te kom kyk hoe ander oefen. Die gimnasium sal ook vir die rehabilitasie van inwoners wat inperking van mobiliteit na bv. ‘n beroerte-aanval ervaar, help. Die gimnasium is ook vir Silwerkruin se personeel beskikbaar gestel om te gebruik wanneer hulle nie aan diens is nie. Sodoende kan die personeel se dienslewering, energievlakke en produktiewiteit ook by die gimnasium baat.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
439 dié courant wellington by DieCourant - Issuu