courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
30 Augustus 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 435
30 Augustus 2017
•LAAT TWEE DIGBUNDELS DIE LIG SIEN
Adonis dig op 88
•Jaomi Zeeman Die 88-jarige Josephine Adonis het wakker oë en sy lag maklik. Hierdie ma van twaalf kinders se stem is klokhelder wanneer sy haar skryfblok uithaal en van haar gedigte voorlees. “How Amazing,” lees sy die titel van een van haar gunsteling gedigte. “Hierdie gedig het ek vir my kleinseun geskryf toe hy ‘n gedig vir skool nodig gehad het. Dit was ongelooflik, die woorde het net so na my toe gekom. Dit het my seker net twee minute geneem om dit te skryf. Toe hy by die deur uit is met die gedig het ek hom so agterna gekyk en met my vinger teen my kop getik. Ek kon self nie glo dat die woorde van daardie gedig so deur my op die papier verskyn het nie. Dit titel het ook net so na my toe gekom – How Amazing,” vertel Josephine. Hierdie merkwaardige vrou, wat eers op haar oudag begin skryf het, het reeds twee digbundels uit haar pen laat verskyn. “Ek was my lewe lank voltyds huisvrou, ma en versorger,” vertel sy. “Ek het ook ‘n hele klomp loseerders gehad wat vir my net soos my eie kinders was. Ek was baie lief vir hulle,” sê Josephine. Sy vertel dat skryf nog altyd een van haar groot liefdes was. Sy het reeds tydens haar laerskooldae daarvan gehou om stories en opstelle te skryf. Later het sy gereeld haar kinders en loseerders met opstelle en briewe gehelp. Volgens Josephine het daar nog altyd idees in haar agterkop gebroei en het sy reeds as jong ma besluit dat sy graag eendag gedigte wil skryf. In 2008, op 79-jarige ouderdom, het die droom om gedigte te skryf uiteindelik gestalte gekry toe Josephine gaan sit en ernstig begin dig het. Haar kinders en kleinkinders het haar gehelp om haar gedigte te boekstaaf, wat uiteindelik tot die publikasie van haar twee bundels gelei het. Haar eerste bundel is in 2012 gepubliseer en die tweede bundel in 2014. Sy is reeds besig om aan haar derde bundel te werk en hoop om dit binnekort te publiseer. Josephine, wat al vir 65 jaar in Wellington woon, se lewensverhaal is vol interessante kinkels en stories oor haar familie. “My pa was ‘n Hollander, Karel van der Berg, en my ma was bruin. Ek is die bruinetjie van ons drie kinders – my broer en suster is baie lig. O, maar dit het ons glad nie gepla nie, ons was soos
Ere-doktorsgraad vir Demore
Digter: Christine Siebrits en Daphne Hoogenhout van die Ouma Granny Museum saam met Josephine Adonis. een. Ons was verskriklik lief vir mekaar!” sê sy oor die spesiale band tussen hulle. “My broer was eenkeer in die hospitaal en toe mag ek nie by hom ingaan nie omdat ek bruin is. Dit was nog in die apartheidsjare,” vertel sy. Josephine put inspirasie uit die alledaagse dinge wat elke dag rondom haar afspeel. “Ek het nie eintlik ‘n spesiale proses waarvolgens ek skryf nie. Ek sal ‘n idee kry en dan begin skryf. Dan kom die woorde net na my toe – dit kom net, dit kom net. Snaaks, dié wat die maklikste skryf, is gewoonlik die beste gedigte. Dié waarmee ek sukkel en karring kom nooit goed uit nie,” verduidelik sy. Haar gedigte is vir Josephine ‘n manier waarop sy sekere dinge, soos verlies, hartseer en blydskap kan verwoord en verwerk. Haar geloof speel ook ‘n groot rol in haar digkuns en die bemoediging en hoop wat sy daaruit put skemer in byna al haar gedigte deur. Al haar gedigte word aan haar kinders opgedra. In die voorwoord van haar bundels sê sy dat haar gedigte hoofsaaklik op die genot en die plesier van haar lesers gemik is. “Mense moet lag, huil en terugdink aan hul eie lewens en vergelykings tref tussen wat ek
Williams se eerste digbundel vrygestel
skryf en uitbeeld en dit wat hulle self ervaar,” skryf sy. Josephine het al by die Breytenbach-sentrum se Tuin van Digters opgetree en sy is tydens die onlangse Stasiefees vir haar publikasies vereer. Sy het besluit om haar twee bundels aan Christine Siebrits en Daphne Hoogenhout van Ouma Granny Huis te skenk. “Die uitnodiging na die Stasiefees was vir my ‘n groot eer – ek wil graag vir hierdie twee mense dankie sê deur hierdie bundels aan hulle te gee,” sê Josephine. “Hierdie bundels gaan ‘n ereplek in die Ouma Granny Museum kry,” sê Daphne. In die gees van Vrouemaand is Josephine Adonis ‘n inspirasie en voorbeeld van deursettingsvermoë, diensbaarheid en veerkragtigheid. Oor vrouens skryf Josephine die volgende: “’n Moeder is ‘n vrou van durf en daad, haar kinders kan vrylik met haar praat oor enige saak. Sy luister hier, sy luister daar. Niks is vir haar te swaar. Sy sal nooit sê sy is te moeg of laat. Sy weet al te goed ons kan nie sonder haar. Ons moet maar altyd kom kla of vra. Met ‘n glimlag sal sy antwoord: waarvoor is ‘n moeder dan daar?”
Hugo Rust hou kermis
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
30 Augustus 2017
•MAAK NUWE DEURE VIR SY PASSIE OOP
Ere-doktorsgraad vir Demore Die plaaslike motiveringspreker en skrywer, Demore Pretorius, het onlangs sy ere-doktorsgraad ontvang. Hierdie dinamiese man het met sy motiveringsprogramme al talle nasionale en internasionale sportspanne na groot oorwinnings en welslae gelei en het ook al sy eie boek gepubliseer. Demore is onlangs deur die Trinity International Bible University vir sy prestasies vereer toe hy ‘n Honorary Doctorate of Ministry (Honoris Causa) van hierdie instelling ontvang het. Volgens Demore was hy aan ‘n landswye erkende daargestelde RPL Akkreditasie-program (Recognition of Prior Learning) vir hierdie toekenning onderworpe. “Die RPL is geskoei op ‘n tipe intense navorsing oor my lewe, van my kinderdae tot in die hede, wat in die vorm van n ‘Life Profile’ opgestel moes word en het onder andere lewenslange
leerervaring, blootstelling en dienste gelewer op alle vlakke in die samelewing (kerk, gemeenskap, sport, kultuur, skole, werksplekke ens), opleiding en uitsonderlike prestasies ingesluit,” verduidelik Demore. Die evaluering van sy profiel was aan ‘n reeks intense vrae wat die aansoek se waardigheid bepaal het onderhewig. Dit het onder andere beskryf hoe die genomineerde ‘n onderskeidende uitkoms tot die bevoordeling van ‘n hele reeks leerdoelwitte of uitstaande diens tot ‘n relevante industrie, professie of gemeenskap gelewer het. Sy akademiese onderskeiding en bydrae tot die oplossing van nasionale, Afrika en globale probleme is ook onder die loep geneem. Die belangrike kwessies wat deur die toekenning van so ‘n prys belig sou word, is ook in ag geneem. Volgens Demore het die toekenning nie net vir hom nuwe deure vir sy werk en passie oopgemaak nie, maar stel dit ook nuwe uitdagings aan hom. “Dit gee my die geleentheid om wat ek doen in oënskou te neem en ook te assesseer of dit daadwerklik ‘n verskil maak. "Die studie was ook in diepte en het vereistes in terme van my tyd en energie gestel. "Aan die een kant was dit ook ‘n leerproses om dinge uit ‘n meer objektiewe oogpunt te sien. Aan die ander kant het dit my in ‘n mate in die koppe laat klim van die mense wat ek help en met wat ek doen op ‘n daaglikse basis,” verduidelik hy. Demore beoog om hierdie kwalifikasie tot die voordeel van die gemeenskap te gebruik. Hy wil graag self ‘n groter verskil in mense se lewens maak as wat hy tot dusver reggekry het. “Dit maak vir my deure oop op verskeie platforms – van sport tot by besigheidsmense. "Ek wil dit ook gebruik as motiveringsmiddel vir my gemeenskap – om te wys dat ‘n mens kan uitstyg bo jou omstandighede,” sê hy. Demore wil in die toekoms graag ‘n professionele motiveringspreker wees wat as ‘n mentor vir sport- en besigheidslui kan optree. Hy sal ook graag internasionaal mense wil motiveer. Hy voel nederig, maar baie trots op hierdie eer wat hom te beurt geval het. “Dit maak dat ek net harder werk om myself te verbeter. Ook om my kennis te verbreed rondom my vakgebied. "Ek sou nooit in my wildste drome as klein seuntjie kon dink dat ek so ‘n prestasie sou behaal nie,” sê hy. Sy familie wat hom ondersteun is sy grootste motivering. “Sonder my familie sou ek nie dié dinge kon bereik nie – hulle staan bankvas agter my. Ook die terugvoering wat ek van mense kry wat ek motiveer en help motiveer my. Die sukses wat hulle behaal, spoor my aan. Dit is ‘n voorreg om elke dag ‘n verskil in iemand se lewe te kan maak,” sê hy dankbaar. As daar een ding is wat hy vir jongmense kan sê om hulle te motiveer, is dit om nooit op te gee op hul drome nie en om aan te hou om hul passie uit te leef. “Dit maak nie saak wat dit is nie, hulle moet dit tot na die beste van hul vermoë doen,” sê Demore.
NUUS • NEWS
30 Augustus 2017
•KRY ALTYD GOEIE PUNTE VIR MONDELINGE OP SKOOL
3
Williams se eerste digbundel vrygestel Adriaan Williams is ‘n man van vele talente. Hy is ‘n gekwalifiseerde senior boekhouer en werk as finansiële beampte by Newton Primêr. Hy is ook die mede-eienaar van die restaurant, Café Friendship, in Voorstraat, Wellington. Adriaan se talente strek egter verder as finansiële bestuur en die gasvryheidsbedryf – hy het onlangs ook sy eerste digbundel publiseer. Adriaan se liefde vir woorde, stories en boeke het van kindsbeen af ‘n rol in sy lewe gespeel. “Ek was verskriklik lief vir lees en op laerskool het ek allerhande stories opgemaak vir mondeling; van speurverhale tot rillers! Ek het altyd ‘n goeie punt vir mondeling gekry,” vertel hy. “Gedurende eksamens, laer- en hoërskool, was die kreatiewe skryfwerk in die afrikaanse en engelse vraestelle van my gunstelinge. "Op hoërskool het ek toesprake vir studente op tersiêre instellings geskryf wat genomineer vir studenterade was. So het ek ekstra sakgeld verdien.” Volgens Adriaan het hy sy hand vir die eerste keer eers ná skool aan gedigte gewaag. “ Ek het hoofsaaklik kortverhale geskryf, maar gedurende skool en na skool het ek ‘n bietjie gereis – Duitsland, Hongarye, Frankryk en die VSA – en omdat van die ervarings meer persoonlik as ander was, het ek dit in digvorm
neergeskryf en verbloem met beeldspraak,” verduidelik hy. Hy het jare daarna van sy gedigte met ‘n vriend gedeel. Hierdie vriend was so beïndruk dat hy Adriaan aangemoedig het om iets meer daarmee te doen. Dit het daartoe gelei dat Adriaan in 2013 by die Breytenbach-sentrum se Digtersklasse, onder leiding van Diana Ferrus, betrokke geraak het. “Dit is hier waar my liefde en passie vir digkuns vorm gekry het. Ons digtersklas het by verskeie feeste en geleenthede opgetree, waarvan die Breytenbach-sentrum se Digterstuin en McGregor se Digtersfees ‘n jaarlikse instelling is. Ons staan bekend as Die Mengelmoesdigters,” vertel Andriaan. Hy het ook aan verskeie kompetisies deelgeneem, waaronder die grootste een vir die Genootskap vir Handhawing van Afrikaans (GHA) was. “Ek was ‘n finalis in drie kategorieë en vyf van my gedigte is in hul jaarlikse uitgawe ‘Stemme uit die Suiderland’ gepubliseer. Die GHA het my genader om hierdie jaar weer deel te neem, aangesien ek ‘n finalis was en in hul uitgawe gepubliseer is,” sê Adriaan. Uiteindelik is sy eie bundel, “Verbrokkelde
Wenke teen voëlgriep
Die Wes-Kaapse department van landbou het reeds ‘n week gelede bekendgemaak dat die aansteeklik voëlgriepvirus by voëls op volstruisplase in die Heidelberg-gebied gediagnoseer is. Die H5N8-voëlgriepvirus is tydens roetine-ondersoeke deur provinsiale veeartse waargeneem. Alhoewel die plase dadelik onder kwarantyn geplaas is, het die virus egter na ander dele van die Wes-Kaap versprei. Daar word vermoed dat die virus deur wilde voëls aan die volstruise oorgedra is. Daar was sedert Junie ook verskeie voorvalle van voëlgriep in Mpumalanga en Gauteng. Volgens die department van landbou was daar tot dusver nog geen aanduiding dat hierdie virus aan mense oorgedra is nie en volstruis- en hoendervleis wat by kleinhandelafsetpunte verkoop word, is veilig vir menslike gebruik. Die Wellington SPCA het onlangs ‘n kennisgewing uitgereik waar hulle mense inlig dat voëlgriep nou ook op ‘n hoenderplaas in die Boland naby Wellington gediagnoseer is. Hulle lê klem op die feit dat mense nie enige siek, dooie of klaarblyklik beseerde wilde voëls moet optel of probeer versorg nie. “Wanneer enigiemand op ‘n siek, sterwende of beseerde wilde voël afkom, moet hulle asseblief onmiddellik die staatsveearts kontak en daarvan in kennis stel. Moet onder geen omstandighede ‘n siek, sterwende of beseerde wilde voël na ‘n plaaslike veearts neem nie – kontak ‘n staatsveearts,” het hulle gewaarsku.
Papiertjie”, in Januarie 2016 bekendgestel. “Ek is in 2015 deur ‘n vriend wat in Dubai woon en werk, genader. Hy help, adviseer en doen ook selfs uitgewerswerk vir opkomende skrywers. Ek het reeds baie gedigte gehad waarvan ek kon kies en net ‘n paar nuwes geskryf om my lewensreis uit te beeld. My gedigte in my bundel is onderskeidelik deur Diana Ferrus en my uitgewersvriend, Danville Fourie, geredigeer,” vertel hy oor die geboorte van sy eie bundel. Volgens Adriaan spreek sy gedigte verskillende temas aan en daar is ‘n verskeidenheid dinge wat hom inspireer om gedigte te skryf. “As ek radio luister of in gesprekke iets interessants hoor, sal ek dit onmiddellik neerskryf of wanneer ek woorde hoor wat ek nie ken nie, sal ek die betekenis opsoek en neerskryf. Mettertyd sal ek al die woorde en betekenisse probeer koppel aan ‘n emosie of gebeurtenis. Ek hou daarvan om by die see te skryf, waar geen steurnisse is nie. Die geheim is om te herskryf, herskryf, herskryf en nogmaals herskryf! Ek skryf oor persoonlike ervarings sodat die boodskap aan die lesers eerlik en eg kan wees,” verduidelik hy die proses. Adriaan, wat graag by die see ontspan en “kosprogram-verslaafde” is, droom daarvan om ‘n bekende gepubliseerde digter te wees. Alhoe-
wel hy die struikelblok van knap finansies met die publikasie van sy bundel moes oorkom, is hy reeds besig om aan sy tweede bundel te werk en hoop hy om dit vroeg in 2018 te publiseer. Sy bundel, Verbrokkelde Papiertjie, is op Amazon.com beskikbaar of kan by homself bestel word.
IMPORTANT NOTICE FORM 3A NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 – [REG. 10(1)] Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices. The applications concerned may, up to and including the 28th day from the date of publication of the application, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listed hereunder. Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act.
VORM 3A KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET, 2008 – [REG. 10(1)] Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek, op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Owerheid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys. Afskrifte van ’n aansoek kan by die Owerheid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi. Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.
IFOMU 3A ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO WOTYWALA WENTSHONA KOLONI KA-2008 – [UMGAQO 10(1)] Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho. No.
Full name of applicant Volle naam van aansoeker Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo
Name under which business will be conducted
Address of the proposed premises
Kind of licence applied for
Naam waaronder besigheid bedryf sal word
Adres van die voorgenome perseel
Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word
Idilesi yesakhiwo Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo
Uhlobo lwephepha mvume olucelayo
South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona
1
Jerome Peter Booysen
Club Neavou
C/o of Denne and End Street, Wellington
On-consumption
Wellington
courant
dié
4
NUUS • NEWS
30 Augustus 2017
Die kuns van dig
In die koue wintermaande weet ons om ons huise “dig” toe te hou sodat die klammigheid en lae temperature ons nie oorval nie. Dieselfde geld wanneer die suidooster kwaai waai. Om ‘n geheim “dig” te hou, knor partykeer. In “digte” mis moet ‘n mens versigtig bestuur. En ons almal weet dat party mense soms net “dig” is en niks verstaan nie. “Dig”. Die woordeboek sê dat “dig” moeilik deurdringbaar, ondeursigtig, ondeurdringbaar vir vog, lig of lug, toe, gesluit en naby kan beteken. Dit is voor-die-hand-liggend. Dit kan natuurlik ook na die kuns van verse maak of om in digvorm te skryf verwys. In Wellington het ons egter nie ‘n woordeboek nodig om die kuns van “dig” raak te sien of te verstaan nie. Die boekhouer Adriaan Williams het sy syferbrein nie te “dig” vir berekeninge gereserveer nie, maar ook ‘n plek vir sy liefde vir woorde en die kuns om hulle op ‘n spesiale manier saam te snoer, daar blomplek gegee. Hy is nou reeds met sy tweede digbundel besig. Wanneer ‘n mens na die September-program van die Breytenbach Sentrum kyk, sien jy dat “digkuns” ‘n ereplek beklee. Die Tuin van Digters, die kunsuitstallings en die getoonsette gedigte wat deur Mr Cat & the Jackal gesing gaan word getuig alles van hoe “dig” ons kultuur en diversiteit met ons kuns vervleg is. Die Klassieke Musiekreeks wat Mzansi Makers eersdaags by Diemersfontein beplan is nog ‘n voorbeeld hiervan. Dan is daar natuurlik ook die 88-jarige tannie Josephine wie se digkuns al in twee bundels vervat is en wat reeds met haar derde bundel besig is – sade wat vir amper 80 jaar eers “dig” gesluimer het voordat dit kon begin blom. Miskien vat Coenie de Villiers met sy digterlike lirieke die essensie van “dig” raak vas wanneer hy in sy liedjie “Daar’s ‘n plek” die volgende sing: “Knip jou deur se grendel dig, sluit jou vensters en jou luike teen die lig. Pak jou drome vir die reis, jou hart sal jou die kronkels wys om ongeskonde hier te kom.” Mag elkeen hierdie week langs die kronkels van hul harte reis en ongeskonde anderkant uitkom. En iewers langs die pad ‘n mooi gedig raaklees.
It’s Good News
Dr. Marc Blackwell Snr
Show your love
Did you know that your love for God and your love for others is the cornerstone of expressing the reality of a Christian’s faith? Often (sorry to say) we are afraid to show our love! Jesus said, “‘You shall love the LORD your God with all your heart, with all your soul, and with all your mind.’ This is the first and great commandment . And the second is like it: ‘You shall love your neighbour as yourself.’ On these two commandments hang all the Law and the Prophets.”1 He told His disciples, “A new commandment I give to you, that you love one another; as I have loved you, that you also love one another. By this shall all men know that you are My disciples, if you have love for one another.” Before enduring the cross where He personified biblical love, Christ taught, “You have heard that it was said, ‘You shall love your neighbour and hate your enemy.’ But I say unto you, love your enemies, bless those who curse you, do good to those who hate you, and pray for those who spitefully use you and persecute you, that you may be sons of your Father in heaven; for He makes His sun rise on the evil and on the good, and sends rain on the just and on the unjust.”3 God the Father demonstrated His love towards us through the Person and work of His Son when we “were by nature children of wrath,” “children of disobedience and “enemies in our mind.”4 “In this is love, not that we loved God, but that He loved us and sent His Son to be the propitiation for our sins. Beloved if God so loved us, we also ought to love one another.... We love Him because He first loved us.”
SAPD besoek Pikkieland:
Kaptein Seekoei van die plaaslike SAPS het onlangs die kinders van die Pikkieland Kleuterskool besoek. Hy het tydens een van die maatjies, Joubert Kemp, se verjaardag ‘n draai by die skool gemaak en met die kinders oor algemene veiligheid gepraat. Hulle het die noodnommer, 10111, geleer en ook leer verstaan dat die polisie daar is om mense te help. Bo is Kaptein Seekoei saam met Joubert Kemp.
NUUS • NEWS
5
30 Augustus 2017
*2
01
7
dy
Also at
Re
p ut a
ti on I n s t i t
ut e
st
u
69
19
R
R
SAVE R10
MASSIVE BIRTHDAY DEALS Parmalat EverFresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
R
119
R
SAVE R10 Nescafé Ricoffy 750g
BUY 2 AND GET THE 3RD CHEAPEST FREE
SAVE R29.99 PnP Diced, Back, Streaky, Lean or Shoulder Bacon 200g Each
69
SAVE R9
SAVE R20
PnP Bulk Country Classic Boerewors
PnP Bulk Vacuum Packed Rump Steak
29
SAVE R4
Nola Mayonnaise or Salad Dressing 730-780g Each
69
R
Per kg
Per kg
R
99
99
SAVE R14
Rama Spread for Bread Low Fat Spread 1kg Tub
R
42
99
SAVE R7
Dairymaid Country Fresh Ice Cream Assorted 1.5/1.8 Litre Each
R
15
99
Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each
R
14
99
Liqui Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each
R
21
99
SAVE R7
Danone Ultra Mel Custard Assorted 1 Litre Each
WAS R194
R
179
99
SAVE R50
Pampers New or Active Baby-Dry Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack
BUY ANY 2 FOR
R
38
SAVE R13
Cadbury Chocolate Slab Assorted 150g
R BUY ANY 2 FOR
R
28
Lay’s Potato Chips Assorted 125g
170
SAVE R24
Hansa Pilsener 24 x 330ml Cans or Non-returnable Bottles Per Case Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za
Prices Valid 31 August - 3 September 2017 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape
LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK
MMWCHS1586
6
NUUS • NEWS
30 Augustus 2017
Dagboek • Diary
te. Kaartjies beloop R150 per paartjie. Verrigtinge begin om 18:30 vir 19:00 en die drag is informeel. Koffie, tee, milo en pannekoek sal verkoop word. Welkom om eie eetgoed te bring. Vir navrae kontak Pierre by 084 656 6611 of Danita by 083 462 7356 Laerskool Hugo Rust 13 Oktober: Laerskool Hugo Rust hou 'n
"Daknatmaak-aand" vir hulle saal. Kom klink 'n glasie en vul die magie - Luister na staaltjies van toeka tot nou saam met ou bekendes Vir enige navrae kontak : bemarking@hugorust.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer
081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Drostdy Teater 1 September: Emma van Heyn at 20:15 at Drostdy teater, 48 Alexander street, Stellenbosch. Tickets is R90 Book at www.drostdyteater.co.za Wamakersvallei Voortrekkers 16 September: Die Voortrekkers hou 'n lekker dans teen die winterkoue by Laerskool Hugeno-
NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375.
Laerskool Hugo Rust hou weer makietie en kermis
Wellington Pick n Pay het hul ondersteuning aan die skool en sy jaarlikse kermis gegee.
Bo: Hugo Rust het hul jaarlikse Kermis op Vrydag en Saterdag, 25 en 26 Augustus op die velde van Hugenote Hoërskool gehou. Daar is verskeie sportwedstryde gespeel en besoekers kon hul in die verskeidenheid winskope by die talle stalletjies verlustig.
Fotokompetisie:
Hy was Suid-Afrika se eie Mnr Wêreld Alombekend en alombemind in Wellington. Wie is hy? Die antwoord van die vorige fotokompetisie is Aletta Louisa Uys, Suster Uys of soos die meeste haar geken het "Nurse" Uys. Die wenner van die vorige kompetisie is mnr HJ (Henk) Lochner.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebookblad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant. co.za.
NUUS • NEWS
30 Augustus 2017
Hope vermaak beloof vir 2017 se Swartland Skou Die Swartlandskou, is een van die grootste landbouskoue in die Wes- en Suid-Kaap en is beslis een van die vele geleenthede wat jy moet dagboek. Vanaf 6 - 9 September 2017 word daar ‘n uitmuntende skou aangebied op Moorreesburg Skougronde. Swartlandskou vier hierdie jaar sy 81ste bestaanjaar en spog soos gewoonlik met tentoonstellings van die land se beste perde, beeste en skape. Hierdie jaar is die vermaak tydens die skou ook iets om na uit te sien. Prestige Skoudans – Vrydag 1 September Wat is ‘n landbouskou sonder ‘n dans? Die Swartlandskou se vermaak begin al vroeg, met die skoudans op Vrydag, 1 September. Kom geniet die aand, met heerlike kos, lekker dans en die verkiesing van die skoukoningin en -prinses. Kom maak jou litte los en wees deel van die unieke skou-atmosfeer. Damesdag – Donderdag 7 September Swartlandskou het ‘n hele dag uiteengesit net vir die dames. Vroue gaan behoorlik bederf word met ‘n geskenk, heerlike drie-gang maaltyd en optredes deur Cheree, Quanita Adams en Elvis se Seun. Cheree spog met verskeie musiek-nominasies en toekennings, maar beskryf haar grootste sukses as haar huwelik met haar man en die geboortes van hul twee dogters. Gewilde aktrise en skrywer, Quanita Adams gaan ‘n tikkie van haar humorsin met die dames deel. Natuurlik is daar ook ietsie vir die oog, Elvis se Seun, bring bietjie “old school rock” met ‘n boere invloed na die dag. Kom sit agteroor, word geinspireer en geniet die dag by Swartlandskou se damesdag. Algehele Vermaak Elke dag tydens die skou sal daar vermaak wees in die wyntuin. Donderdag is country-aand, met vertonings deur country-paartjie, Wynand en Cheree asook Pieter Mohr en Dennis East. Definitief nie iets om mis te loop as jy ‘n country liefhebber is nie. Vrydagaand is uitgesit vir Jay, vir die Jay aanhangers en ook vir diegene wat hom nog nooit sien optree het nie, is dit voorwaar iets om na uit te sien. Saterdag begin die vermaak al vroegmiddag, met ‘n belaaide program van vermaak deur Steve Hofmeyer, Leah, Brendan Peyper, Quentin Prinsloo, Wicus van der Merwe en Jennifer Zamudio. Swartlandskou se vermaaklikheidsprogram is propvol van die land se beste kunstenaars, maar as dit nie genoeg is nie, is daar ook pyse te wen. Bok Radio saai ook regstreeks vanaf die skouter-
rein en besoekers staan die kans om pryse ter waarde van R500 en ‘n hele skaap te wen. Bring jou familie en vriende en kom geniet die fees atmosfeer van die Swartlandskou. Kaartjies vir die Swartlandskou asook vir die verskeie programme en vermaak is beskikbaar by Computicket. Vir meer inligting besoek www. swartlandskou.co.za
7
8
courant
dié
30 Augustus 2017
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
30 Augustus 2017
Hugenote-spanne toer na Hartenbos vir speel en leer
Hugenote Laerskool het onlangs ‘n sporttoer met hul o/13 A-spanne na Hartenbos onderneem. Hulle o/13 A-rugbyspan, -netbalspan, sowel as seuns- en dogters hokkiespanne het tydens hierdie toer met verskeie ander spanne
vanoor die hele Wes-Kaap meegeding. Die spanne het baie goed presteer tydens die toernooi wat deur Hartenbos Laerskool aangebied is. Hugenote se netbalspan het gemengde uitslae behaal, terwyl hul rugbyspan, sowel
as hul seuns- en dogtershokkiespanne onoorwonne was tydens die toernooi. Volgens Wynand Hanekom, sportorganiseerder by Hugenote Laerskool, het die toer boonop vir talle sosiale uitstappies en positiewe span-
bou-aktiwiteite gesorg. “Die goeie uitslae tydens die toer was ‘n bonus. Ons kinders se spangees, goeie gedrag en sportmangees was die eintlike trofee wat ons huis toe gebring het,” het hy gesê.
Span van Weltevrede laat Ceres les opsê Weltevrede Sekondêr van Wellington het Saterdag deelgeneem aan 'n sportdag op Ceres teen Ceres Sekondêr. In die finale wedstryd het Weltevrede die span van Ceres laat les opsê. Die tuisspan het eerste gedruk en halftyd het aangebreek met 'n telling van 13-10 in die guns van Ceres. WeeTee het weer in die laaste 40 minute goeie rugby gespeel en 26-13 met Ceres afgereken. Vir die afrigter Gerad Sameuls wat vir die afgelope ag jaar betrokke is by Weltevrede se eerste span was dit 'n eer om op so 'n noot af te tree. In die ag jaar kon hy baie belê in talle spelers wat vandag op hoë vlak klub- en provinsiale rugby speel.