courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
23 Augustus 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 434
23 Augustus 2017
Die roos van die Boland
Die rugbyklub van Roses United is Saterdag gekroon as die ligawenners van die Boland-rugbyunie se Groot Uitdaag-kompetisie. Hulle het Robertson verslaan met 48-24.
•TALLE HOOGTEPUNTE BY SENTRUM BELOOF
Digters reg vir “Tuin” •Jaomi Zeeman Die jaarlikse “Tuin van Digters” wat by die Breytenbach-sentrum op Wellington aangebied word, beloof om hierdie jaar ‘n hoogtepunt op die kulturele kalender te wees. 2017 se Tuin van Digters sal op Vrydag en Saterdag, 15 en 16 September op die terrein van die Breytenbach-sentrum, maar ook by ‘n paar ander lokale plaasvind. Volgens Francois Lotter, uitvoerende bestuurder van die Breytenbach-sentrum en organiseerder van die geleentheid, is dit hierdie jaar die sesde keer dat hulle die fees aanbied. “Die eerste Digterstuin is in 2012 gehou toe daar besluit is om die klein parkeerterrein langs die sentrum in ‘n Digterstuin te omskep en op ‘n gepaste manier in te wy,” sê hy. Vele hoogtepunte, insluitende die toekenning van die prys aan die wenner van vanjaar se Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse debuutdigbundels wat in 2015 en 2016 gepubliseer is, wag op mense wat vanjaar se Tuin van Digters
Hugenote Gedenk hou lesing
bywoon. Die drie digters op die kortlys vir die prys is Hendrik J. Botha se Atropos, Bibi Slippers se Fotostaatmasjien en Hilda Smits se Die bome reusagtig soos ons was. Die Breytenbach-sentrum vier ook vanjaar sy 10de verjaardag en dit sal gevier word met ‘n praatjie deur die digter en vertaler Daniel Hugo, ‘n DVD oor die sentrum deur Cloete Breytenbach, die sing van getoonsette gedigte deur Laurinda Hofmeyr en ‘n spesiale groepuitstalling deur meer as 30 kunstenaars. Volgens Francois is daar ook talle ander hoogtepunte by die fees. “Daar sal ‘n huldiging van die digter Wilma Stockenström deur prof. Ronel de Goede wees, die bekendstelling van Nuwe Stemme 6, ‘n gesprek deur Charl-Pierre Naudé met twee digters wie se debuutbundels pas verskyn het, ‘n tafelgesprek gelei deur die digter Danie Marais oor Breyten Breytenbach se invloed op digters en skrywers na hom, ‘n gesprek deur Andries Bezuidenhout met Bibi Slippers oor haar bundel,
Fotostaatmasjien, asook die jaarvergadering van PEN Afrikaans en nog vele meer interessante items,” sê hy. Van die ander items op die veelsydige program sluit gesprekke, bekendstellings, musiekoptredes en uitstallings in. ‘n Spesiale kuierplek sal ook vir kinders ingerig word. “Daar sal ook oorgenoeg te ete en te drinke wees, terwyl jy gesellig kuier oor ‘n glasie wyn en luister na sangers soos Riku Lätti en Die Wasgoedlyn, Tribal Echo, Gertjie Besselsen en Alta van Zyl (Joubert) van Lollos-faam wat lekker Afrikaanse folk-musiek gaan sing,” vertel Francois. Die volledige program van die Tuin van Digters is op die Breytenbach-sentrum se webblad, www.breytenbachsentrum.co.za, beskikbaar. Kaartjies vir een of albei van die dae sal toegang tot al die gesprekke, uitstallings, digterspraatjies, musiek, en meer. bied. Dit sluit die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys in. Kaartjies kan bespreek word by besprekings@ breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.
Mensie met groot hart woeker vir vroue
Hugenote se interskole-aksie
NUUS • NEWS
2
23 Augustus 2017
•TOTIUS, VISSER EN MALHERBE SE SPORE HIER TE VIND
NUUS • NEWS
Hugenote Gedenkskool hou lesing Die Gedenkschool Der Hugenoten op die plaas De Kleine Bos buite Wellington, was die eerste skool waar, volgens die oprigtingsakte, Afrikaans as onderrigmedium aangewend is. Van die leerders wat in 1890 op die banke van hierdie skool onderrig is, is Totius, AG Visser en DF Malherbe. Hierdie skool, wat reeds op 1 Februarie 1882 tot stand gekom het, hou elke jaar ‘n deftige funksie met ‘n gedenklesing om erkenning te gee aan die erfenis van hierdie instelling. 2017 se jaarlikse Marie Luttig-gedenklesing is op 14 Augustus by die konferensiesentrum langs die Afrikaanse Taalmuseum gehou. Die program het ‘n musiekvertoning deur André Terblanché en Winand Grundling, asook ‘n gedenklesing deur die skrywer, akademikus en taalghoeroe Daniel Hugo ingesluit. Hugo se lesing het oor vertaling en die vermoë om voltyds in Afrikaans te werk, gehan-
del. Volgens hom word die graad van kulturele sofistikasie wat ‘n taal bereik het, dikwels aan die vertalings van klassieke tekste uit die wêreldletterkunde gemeet. In die Christelik-Westerse konteks is die Bybel byvoorbeeld ‘n toonbeeld hiervan. Hugo het ook na die vertaling van ander groot literêre werke as maatstaf vir Afrikaans se volwaardig kultureel stewige posisie verwys. “Die oorsetting uit Arabies van Die heilige Qur’an deur imam M.A. Baker, die vertaling van die lang epiese gedigte van die Ilias en die Oudusseia van Hemeros deur J.P.J. van Rensburg, Uys Krige se vertalings van Shakespeare se werk, sowel as Dante Alighieri se gedigte wat deur Delamaine du Toit in Afrikaans vertaal is, is bewyse van ons taal se graad van kulturele sofistikasie,” het Hugo gesê. Buiten ‘n oorsig van die belangrikste letterkundige vertalings wat Afrikaans die afgelope eeu opgelewer het, het Hugo ook na die minder bekende en onvolprese vertalers op al die literêre terreine verwys, veral ten opsigte van kinder- en jeugboeke. “Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het uiteindelik die waarde daarvan ingesien en in 2008 die Elsabé Steenbergprys vir hierdie kategorie ingestel,” het hy gesê. “Maar ewe belangrik is die werkers in die vertaalwingerd wat populêre fiksie ver-Afrikaans. My jeugjare as Windhoekse pastorie-seun sou veel saaier gewees het sonder Heinz Konsalik se boeke, wat hoofsaaklik deur Ludwig Visser uit Duits vertaal is. Dan was daar gedurende die laat-sewentiger-, tagtiger- en vroeë negentigerjare van die vorige eeu die TV-oorklankings van die SAUK. Dit was ’n hele industrie wat talle mense se rys, vleis en aartappels op die tafel geplaas het. Dit het ’n uiters gespesialiseerde vaardigheid vereis, aangesien die mondbewegings van sê nou maar ’n Franse akteur met dié van ’n Afrikaanse spreker moes sinchroniseer – die sogenaamde ‘lip sync’,” het Hugo verder uitgebrei. Hy het ook na sy eie loopbaan as vertaler, wat in 1990 by die SAUK in Seepunt begin het, verwys.
Winand Grundling en André Terblanché (musikante), Isabeau Botha en Ritz de la Bat (trustees van die Gedenkskool), Daniel Hugo (spreker) en Johan du Plessis en Janine Brown (trustees). Langsamerhand het hy hoofsaaklik uit Nederlands begin vertaal en dit is wat hy deesdae eintlik voltyds doen. Hy het van sy studie aan die katolieke universiteit Leuven, sy loopbaan as lektor, sy kennismaking met Nederlandse skrywers en die talle Nederlandse werke wat hy na Afrikaans vertaal het, vertel. “Ek moet iets sê oor die uitgee van vertalings uit Nederlands. "Daar is eintlik net een uitgewery in Afrika wat dit op ’n omvattende en sistematiese wyse aanpak, en dit is Protea Boekhuis van Nicol Stassen. Hy doen dit omdat dit vir hom ’n persoonlike passie is, en nie omdat hy ryk word daaruit nie.
Dit word natuurlik ook vir hom moontlik gemaak deur subsidies uit Nederland en Vlaandere. Maar dit bly ’n waagstuk waarvoor ek hom eindeloos dankbaar is,” het hy afgesluit. Isabeau Botha het die bekendmaking van die skenking deur die Marie Luttig Fonds behartig. “Die geldelike skenking van hierdie fonds maak dit vir ons moontlik om wonderlike projekte wat Afrikaans onder veral die jeug te bevorder, te loods,” het sy gesê. Gaste, kunstenaars, skrywers en trusteelede van die Hugenote Gedenkskool kon heerlik met ‘n vingerete, agtergrondmusiek deur André Terblanche en Winand Grundling en ‘n gemene liefde vir ons taal saamkuier om die erfenis van die Gedenkskool te vier.
NUUS • NEWS
3
23 Augustus 2017
•PLAASVROUE IS STERK, HULLE WERK HARD MET MIN ERKENNING
Mensie met groot hart woeker vir vroue
Die Wellingtonner Danelene Ruiters is ‘n klein mensie met ‘n baie groot hart. Hierdie boorling van die plaas Desperado buite Wellington en oud-leerder van Bergrivier Sekondêr, gebruik deesdae haar kennis van landbou en haar liefde vir mense om ‘n verskil in plaaswerkers se lewens te maak. Danelene het in 2010 haar BA-graad in plantproduksie aan Elsenburg verwerf en werk sedertdien in die landbousektor. “Ek is tans werksaam as ‘n innovasie tegniese assistent op tafeldruiwe en sitrus, asook ‘n trustee van ons maatskappy se nie-winsgewende organisaise, die Munoz Foundation. By my vorige werk was ek ook betrokke by hul Blue Hand-liefdadigheidsorganisasie,” vertel sy oor haar verantwoordelikhede. Volgens Danelene is sy reeds van ‘n baie jong ouderdom lief vir liefdadigheidswerk en hou sy daarvan om funksies te reël. “Ek doen dit al van jongs af – die reël van funksies en liefdadigheidswerk vir die jeug asook grootmense op ons plaas en omliggende plase. Ek dink dit is iets waarmee ek gebore is en vind dit glad nie moeilik om mense en kinders onder
my vlerk te neem en te lei nie. Ek het veral ‘n sagte plekkie vir plaasmense,” sê sy. Haar ma, Lena Visagie, ‘n toesighouer op die plaas waar hulle woon, is haar rolmodel. “Sy het my waardes geleer en oorlewingstegnieke, die vermoë om uit te hou en te baklei. Sy kon altyd uit niks iets optower – ‘n warm bord kos, ‘n verjaarsdagkoek, beskuit, potjiekos, en meer. Sy het my laat glo dat as jy iets droom, jy dit kan doen. In haar jong lewe moes sy haar eie drome opgee oor verskeie redes, maar dit het haar nie verhoed om my aan te spoor om my drome te bewaarheid nie. Sy het my laat besef dat waar ons vandaan kom, is nie so belangrik nie, wat wel belangrik is, is waarheen ons op pad is,” vertel Danelene. In haar hoedanigheid as tegniese assistent en trustee van die Munoz Foundation en met die regte kontakte en infrastruktuur, gebruik Danelene haar vaardighede en geleenthede om plaaswerkers, en veral plaasvrouens, te bemagtig en op te hef. “Ek wil hulle ophef en bederf, maar ook weer laat besef hoe sterk hulle is en dat plaasvrouens ook waarde het,” verduidelik sy.
Om hierdie rede, en in pas met vroue-maand, het sy ‘n spesiale vroue-oggend vir bykans 100 plaasvrouens van plase rondom Wellington op 19 Augustus gereël. By hierdie geleentheid wou sy hulle herinner dat hulle ook waarde het en hulle ‘n bietjie bederf. “Plaasvroue is sterk vroue, hulle werk baie hard en kry gewoonlik geen erkenning nie. Ek wil hulle ‘n bietjie op die hande dra en net laat agteroor sit. Baie keer word hulle nie eers bedank vir wat hulle na die tafel toe bring nie – al beteken dit dat hulle iets uit baie min optower, soos ‘n smaaklike bord kos, en by tye self niks daarvan kan geniet nie, omdat daar ongelukkig nie genoeg is nie,” verduidelik Danelene. Die reëlings van die vroue-oggend het uiteindelik ‘n samewerkingsgeleentheid deur verskeie instansies en individue geword. Die SAPS en onderskeie plaaseienaars het die plaasvroue Saterdag na die Voortrekkersaal help vervoer. ‘n Plaaslike fotograaf het haar dienste gratis vir die oggend aangebied, 'n student van die Stellenbosch privaat kookskool het vir die dames elkeen ‘n spesiale kolwyntjie gebak en ‘n skoonheidsdeskundige het gratis ‘n praatjie oor selfversorging
aangebied. Die plaaslike ATKV-tak het ook ‘n skenking vir die eetgoed en kos vir die geleentheid gemaak en talle mense het ingespring en vrywillig gehelp om die saal te verfraai en ‘n geskenksakkie vir elke dame gereed te kry. Advokaat Phillip Visser het die dames oor vroueregte toegespreek, terwyl Melvina Hearne van die ATKV-Onderwys die rol van moeders in die huis belig het. Quinton Adams het die dames oor dissipline in die huis vertel. ‘n Gelukkige trekking het vir ‘n paar dames ‘n grimeer-“make over” besorg en almal kon tussendeur aan die heerlike eetgoed peusel en gesels. Elke vrou het ook met hul aankoms twee geskenkbewyse vir klere gekry. Hiermee kon hulle dan uit ‘n verskeidenheid tweedehandse klere van ‘n goeie gehalte iets vir hulself kies. Dit was ‘n oggend van bemagtiging, heerlike stories, baie bederf en waardetoevoeging tot elkeen wat dit bygewoon het se lewe. “Ek ‘salute’ elke vrou wat soggens vroeg moet opstaan om in die wingerd te gaan werk, vrugte en groente te gaan bewerk of oes. Vroue wat elke keer opstaan en voortgaan met hul reis, al is hul lewensomstandighede hoe swaar en uitdagend,” sê Danelene.
Jak de Priester 'mal oor Bolandse winter" Mathys Roets by die Bôrdienghuis Die gewilde Afrikaanse sanger, skrywer, digter en televisie-aanbieder, Jak de Priester, het op Saterdagaand 12 Augustus ‘n skittervertoning by die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teater gelewer. Jak het die gehoor met sy stories, persoonlike ervarings, musiek talente en interessante temas en lirieke bekoor. Die verskeidenheid liedjies – van huldeblyke, liefdesliedjies, odes en komiese sketse tot liedjies vir sy kinders en waarskuwings vir sy dogter se voornemende vryers – het gesorg dat daar geen vervelige oomblik was nie. “Ek is mal oor die Boland, oor die Bolandse winter. Dit is asof daar iets romanties daaraan is – en iets doen aan vriendskappe en die bymekaarbring van mense,” het Jak gesê. “Kyk net hoe lekker sit en kuier die mense hier. Hulle drink van julle goeie wyn, eet saam pizza, gesels en luister na musiek. Ek kan nie vir ‘n beter ‘werksomgewing’ vra nie,” het hy geskerts.
Mathys Roets, een van Suid-Afrika se gewildste sangers en die man met die fluweelstem, maak weer ‘n Bolandse draai by Die Bôrdienghuis in Wellington. Hy sing op Vrydagaand, 25 Augustus ‘n verskeidenheid van sy gewildste liedjies soos net hy kan. Die vertoning begin 20:00 en pizza’s en wyn sal oudergewoonte van 18:00 verkoop word. Vir besprekings en meer inligting kontak teater@ breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.
courant
23 Augustus 2017
dié
4
It matters, only inside
‘n Plaaslike musiekgroep, The Inside Job, maak die laaste tyd opslae op nasionale radiostasies. ‘n Slagspreuk op een van hulle T-hemde lui: “It matters only inside”. Verwysings na ‘n “inside job” is gewoonlik maar taamlik negatief. Dit het meestal met ‘n knoeiery, korrupsie, baantjies vir boeties en skelmstreke te doen. Dié musiekgroep het egter ‘n slim sinspeling op alternatiewe, meer positiewe betekenisse tot hierdie uitdrukking gevoeg. Want wat binne-in aangaan, is op die ou end seker wat die meeste saak maak. Ons gedagtes, ons motiewe, ons inbors, ons harte en ons binnegoed is nader aan die waarheid as die maskers en vertoon waarmee ons ons buitekant elke dag versluier. In ons binnekamers skuil die werklikheid van wie ons regtig is. En die werk wat binne-in gedoen word, dra soms meer gewig as die vertoon daar buite. As ‘n mens 'n kykie het na wat en wie die mense in ons dorp regtig is – dit wat in ons mense se doen en late weerspieël word – is daar sowaar hoop. Die SAPD woeker in hul binnekring om nie net die gemeenskap te bedien nie, maar ook met spesiale programme te bemagtig. Danelene Ruiters kyk nie net in haar eie ooglede vas nie, maar sien die nood vir erkenning en behoefte aan waardering onder plaasvroue raak en maak ‘n plan om hulle te bederf en waardevol te laat voel. Die Mengelmoesdigters staan saam om vir hul lede geld in te samel en terselfdertyd sommer ook hulde te bring aan vroue se aandeel aan wonderlike dinge wat al in ons land vermag is. Trustees van die Hugenote Gedenkskool kyk nie net vas in ‘n mooi erfenis nie, maar laat dit ook gestalte kry in ‘n viering daarvan en uitbou daarvan in die gemeenskap. In die Breytenbach-sentrum broei daar gereeld die wonderlikste projekte, kuns en kreatiewe, bemagtigende idees uit – iets wat hierdie jaar weer met die Tuin van Digters gevier sal word. Mag elkeen hierdie week tyd kry om na binne te kyk, die dinge daar ‘n bietjie in oënskou te neem en reg te pak, maar ook iewers daar buite te gaan gebruik.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Loof die Here
Psalm 147 is ‘n lofpsalm, en begin met : Loof die Here, want dit is goed om onse God se besing, ja lieflik; ‘n loflied is gepas! Die psalm verkondig die grootheid van God, dat hy die wat gebroke is van hart kan genees, dat Hy al die sterre name kan gee, sy verstand is oneindig. Ons kan ‘n danklied sing saam met die psalmis, want die Here het die hemel met wolke oordek, en het vir die aarde reën gegee. God is ons bron, Hy laat die gras uitspruit, wat aan die diere voedsel gee. Hy gee koue en sneeu, Hy stuur sy woord en laat hulle smelt, Hy laat die wind waai en die waters loop. Die krag van die perd of ‘n man is nie die welgevalle van die Here nie, maar die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, dié wat op sy goedheid hoop. Die geloof is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
NUUS • NEWS
Transformasie bevorder binne skoubedryf
Petrus Ockhuis van Wuppertal, Riana van Rensburg (landbou-adviseur, Wes-Kaapse departement landbou), Johan Ehlers (hoof uitvoerende beampte, Agri-Expo), Steward van Rooy van Wuppertal en Hugo Lochner (president, Agri-Expo) by Agri-Expo se landbouskouvergadering in die Paarl. Opkomende boere en hul ervaring van landbouskoue was in die kollig tydens Agri-Expo se jaarlikse landbouskouvergadering wat onlangs gehou is. Dié byeenkoms vir landbouskoue wat lid is van die Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap is vanjaar deur meer as 50 verteenwoordigers van 14 verskillende skoue in die Wes- en Noord-Kaap bygewoon. Volgens Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo, skep die organisasie met dié jaarlikse instelling ’n platform vir landbouskoue om vorentoe te beweeg. “Die doel van die vergadering is om idees uit te ruil tussen skoue, nuwe denkpatrone te stimuleer, tendense in landbou – nasionaal én internasionaal – te bespreek, en skoudatums te koördineer. Vanjaar was ons tema 'Transformasie in Landbouskoue', om spesifiek aan opkomende boere ’n geleentheid te gee om self hul storie te kom vertel,” het hy gesê. Dr Dirk Troskie, direkteur van sakebeplanning en -strategie by die Wes-Kaapse departement landbou, het vertel hoe hul Connect Agri-veldtog in samewerking met landbouskoue na die platteland wil uitreik. Die doel van dié program is om opkomende en kommersiële boere by mekaar uit te bring, nuwe dienste bekend te stel en om jongmense opgewonde te maak oor loopbane in landbou.
Riana van Rensburg, Landbou-adviseur van die Wes-Kaapse departement landbou, het Clanwilliam se landbouskou vir opkomende boere as suksesverhaal uitgesonder. Die skou het gegroei van 87 deelnemers met 69 skape en bokke in 2015 tot 191 deelnemers met 105 bokke en skape in 2017. Een van die deelnemers, Amelia Koopman, sê sy het vanjaar “tuis gevoel” en het die erkenning, motivering en terugvoering van die beoordelaars as “besonders” beskryf. Die wenners van die opkomende skou word elke jaar genooi om aan die skou vir gevestigde boere deel te neem. Volgens Van Rensburg lê die waarde van landbouskoue juis daarin dat “opkomende boere tog nie vir altyd opkomend kan bly nie; vir hul menswaardigheid, hul finansiële welvaart en vir die groei van die landbousektor, het ons nodig om hulle te help op die pad na volwaardige kommersiële boerderye.” Kaap die Goeie Hoop-landbougenootskap (vandag bekend as Agri-Expo) is in 1831 gestig en is die oudste landbougenootskap in Suid-Afrika. Die organisasie bevorder die beeld van landbou deur bemarkingsinisiatiewe soos ekspo’s, waaronder die Suid-Afrikaanse Kaasfees en die Groot Plaasproe by Livestock. Vir meer inligting, besoek www.agriexpo.co.za, volg Agri-Expo op Facebook of Twitter, of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za.
NUUS • NEWS
23 Augustus 2017
Plaaslike musiekgroep op nasionale radiostasies
Die plaaslike musiekgroep, “The Inside Job”, se oorspronklike liedjies is besig om die harte van talle Suid-Afrikaners te verower. Dit volg nadat hul treffers op verskeie radiostasies gespeel word – in Suid-Afrika sowel as in die buiteland. Een van die mede-stigters van die groep, Lionel John, vertel dat die groep reeds in 2008 gestig is. “Ek en my suster, Melony Phoenix, het die groep in 2008 gestig. Ons was eintlik al saam in ‘n musiekgroep sedert 2000, maar ons wou iets nuuts begin. Ons vorige groep se naam was Zebedee. In 2008 het ons toe The Inside Job begin,” vertel hy. The Inside Job bestaan uit Lionel, Melony en Shawn Adams. Melony is die tromspeler, Shawn speel die baskitaar en Lionel is die sanger van die groep. “Melony wat die dromme speel voeg nogal ‘n rebelse beeld by die groep en ons klank – vrouetromspelers doen dit net. Shawn bring die party na die band met sy uitstekende self-aangeleerde oor op die baskitaar,” vertel Lionel, wie se veelsydige sangtalent die groep van ander alternatiewe groepe onderskei. “Ons groep se musiek strek van hardcore tot funk tot ballades,” verduidelik hy. Volgens Lionel het hy self op die naam van die groep besluit. “Die naam, The Inside Job, kan baie dinge beteken en ons wil die betekenis daarvan oophou vir ons aanhangers. Een van ons T-hemde het die
woorde ‘it matters only inside’ daarop, maar dit kan ook soveel meer beteken. Almal het hul eie opinie oor die betekenis van die naam en ons hou daarvan so,” sê hy. Om ‘n suksesvolle musiekgroep op die been te bring en in stand te hou, verg harde oefening en The Inside Job oefen twee tot drie keer per week. Hulle het ook al regoor die land opgetree. “Ons het al omtrent oral opgetree, behalwe in Gauteng, wat natuurlik op ons ‘to do list’ is op die oomblik. Die beste vertoning wat ons gehad het, was toe ons aan ‘n nasionale battle of the bands-kompetisie by die Barnyard Teater by Willowbridge deelgeneem het en algeheel tweede geëindig het. Dit was ‘n uitverkoopte, volgepakte vertoning. Wat ‘n aand!” sê Lionel. The Inside Job het onlangs ‘n nuwe treffer, “Maybe Someday”, vrygestel wat reeds op verskeie radiostasies gespeel word. “Ons vorige treffer, ‘Electric Baby’, is op 22 radiostasies regoor Suid-Afrika uitgesaai. Ook op ‘n radiostasie in Namibië en een in Europa. Onder die stasies tel Smile FM, The Eye Radio, Mix FM en
Hugenote-Swartland se interskole-aksie in fokus
Groot FM,” vertel Lionel. Volgens hom handel die liedjies wat The Inside Job sing, baie oor die liefde.
“Electric Baby is ‘n liefdesliedjie oor die commitment tussen twee mense, terwyl Maybe Someday oor liefde wat nie terugkerend is nie, gaan,” sê hy. Die liedjieskryf-proses is ook vloeibaar en Lionel is gewoonlik vir die basiese melodie en aanvanklike lirieke verantwoordelik. “Die res werk ons uit soos wat ons aangaan en ons hou soms aspris ‘foute’ in die liedjies,”
5
verduidelik Lionel. Alhoewel hulle nog nie ‘n CD uitgereik het nie, stel hulle gereeld nuwe treffers bekend. Hulle liedjies is verniet en kan verniet op “Soundcloud” afgelaai word (www.soundcloud. com/theijob). “Ons reik op die oomblik gereeld ‘singles’ uit totdat ons almal van hulle op een volledige album kan uitreik,” verduidelik hy. Volgens Lionel is die pad van sukses in die musiekbedryf besaai met uitdagings. “Dit is nie maklik om altyd groot kanse te kry en op groot verhoë op te tree wanneer jy nog nie baie bekend is nie.” Dit verhoed hulle egter nie om groot drome te droom en die eerste tree tot op die groot verhoë aan te durf nie. “Ons werk baie hard om op die belangrike platforms op te tree en ook om ‘n toer deur die hele Suid-Afrika te doen. Die volgende stap sal natuurlik Europa en die VSA wees,” sê hy oor hul doelwitte. The Inside Job sal binnekort by die “Golden Oldies” en ook by die “Rocking The Karoo Festival” te sien wees. Intussen kan aanhangers hul gratis treffers van die internet aflaai of daarna op Suid-Afrika se radiostasies luister. Vir besprekings kan belangstellendes en aanhangers management@theinsidejob.co.za of 079 603 7629 kontak of hul groep op facebook, instagram, twitter, youtube, reverbnation of soundcloud volg.
Mengelmoesdigters los vingerafdrukke in sand
Lede van die Mengelmoesdigters saam met Diana Ferrus. Die plaaslike digtersgroep, die Mengelmoesdigters, het op Sondag 13 Augustus ‘n middag vol mooi woorde en sielvolle gedigte by die Café Friendship op Wellington aangebied. Hierdie geleentheid, “Tussen lyne lê vingerafdrukke”, is gereël om fondse vir lede van die groep wat uitgenooi is om by die McGregor Poetry Festival op te tree, in te samel. Verskeie digters het gedigte uit hul eie bundels of versamelings voorgedra, voorgelees en die agtergrond daarvan met gaste gedeel. Die geleentheid het ook in die gees van Vrouemaand hulde aan vroue, hul ervarings en uitdagings gebring.
Tellings van hoofwedstryde Netbal: o.18A verloor 34 - 20
Meisiehokkie: o.18A wen 0 - 2
Seunshokkie: o.19A verloor 2 - 1
Rugby: o.19A verloor 26 - 22
‘n Spesiale kers is ook vir hierdie doel aan die brand gesteek. ‘n Hoogtepunt op die program was die monoloog deur een van die studente van MCM-drama- en skryfskool. Die eregas by hierdie geleentheid was die bekroonde internasionale digter Diana Ferrus. Sy het gedigte uit haar bundel I’ve come to take you home, asook haar beroemde gelyknamige gedig oor Saartjie Baartman voorgedra. Verskeie van die digters se digbundels is ook by die geleentheid te koop aangebied en gaste kon ‘n kans staan om ‘n paar daarvan tydens gelukkige trekkings te wen.
6
23 Augustus 2017
Dagboek • Diary
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418
26 Augustus: Hilandi du Toit en June van Merch voer om 20:15 hul produksie, Gedig my snaar, op by Drostdy teater in Stellenbosch Vir verdere navrae stuur e-pos aan info@ hilandi@gmail.com
Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081
Emma van Heyn 27 August: Come and enjoy an evening with Emma van Heyn at Upstairs at the Alexander Bar, Strand Street, Cape Town. Ticket is R80 online, otherwise R90. Book at www.alexanderbar.co.za/show/emmavanheyn
Hidden Gems 19 Aug - 23 September: Kom wees deel van Hidden Gems (NPO organisasie) se sokker toernooi met 8 spanne wat afskop op 19 Augustus 2017 vir ons jeugdiges in Wellington. Die wedstryde vind weekliks plaas op Saterdae te Bergrivier Sekondere Skool Wellington vir die gemelde tydperk. Die finale vind plaas op 23 September. Vir enige navrae kontak Anthea by 021 808 5091 Laerskool Hugo Rust-kermis 25 - 26 Augustus - Die Laerskool Hugo Rust hou kermis op die sportvelde van die Hugenote Hoërskool. Kontak 021 873 1598 Wellington Wildsfees 25-26 Augustus: Kom deel in die gewilde Wildsfees by die Wellington-Oos kerkgronde. Wildsvleis in alle vorme - vars verpak vanaf Middelburg in die Karoo. Vrydag se verrigtinge vanaf 14:00 tot 21:00. Kos en ander stalletjies, kindervermaak, wildsvleis verkope, potte (wild en skaap). Saterdag: Plaasontbyt, stalletjies. Steak-ete vanaf 19:00 Vir enige navrae skakel 021 873 2690 of Danie by 084 517 2610 Drostdy Teater
Drostdy Teater 1 September: Emma van Heyn at 20:15 at Drostdy teater, 48 Alexander street, Stellenbosch. Tickets is R90 Book at www.drostdyteater.co.za Wamakersvallei Voortrekkers 16 September: Die Voortrekkers hou 'n lekker dans teen die winterkoue by Laerskool Hugenote. Kaartjies beloop R150 per paartjie. Verrigtinge begin om 18:30 vir 19:00 en die drag is informeel. Koffie, tee, milo en pannekoek sal verkoop word. Welkom om eie eetgoed te bring. Vir navrae kontak Pierre by 084 656 6611 of Danita by 083 462 7356 Laerskool Hugo Rust 13 Oktober: Laerskool Hugo Rust hou 'n "Daknatmaak-aand" vir hulle saal. Kom klink 'n glasie en vul die magie - Luister na staaltjies van toeka tot nou saam met ou bekendes Vir enige navrae kontak : bemarking@hugorust.co.za
NUUS • NEWS
Wellington is 'n nuwe wingerdboukundige ryker Wellington Wines het ‘n splinternuwe wingerdboukundige in hul span verwelkom. Die vorige wynboukundige, Marko Roux, het die kelder na ag jaar vir ‘n pos as wingerboukonsultant verruil. “Die ervare oom Jeff Joubert het tydens parstyd tydelik as wingerdboukundige ingestaan. Hy is ‘n opleidingskonsultant vir Vinpro en woon in Wellington,” verduidelik Xania van der Merwe van Wellington Wines. Nikey van Zyl is vanaf 1 Julie as nuwe wingerdboukundige aangestel en het vir ‘n maand saam met oom Jeff in ‘n oorhandigingsperiode gewerk. Nikey hou vanaf 1 Augustus eiehandig die leisels van hierdie amp vas. Hy is ‘n gesoute wingerdboukundige met jare se ondervinding in die bedryf. Hy het wingerd- en wynboukunde by Elsenburg studeer en was vir nege jaar lank verantwoordelik vir die wingerd en wyn by Haute Espoir. Hy was ook die wingerdboukundige by Haute Cabriére, waarna hy by Rhebokskloof se span aangesluit het. Hy het al tydens parsseisoene in Bordeaux, Nieu-Seeland en Kalifornië gewerk. Volgens Nikey lê sy passie meer by wingerdbou as by wynmaak. “Ek wil nie al my tyd in die kelder spandeer nie. Tog is die verbintenis tussen die twee komponente onlosmaaklik van mekaar,” sê hy. “Wingerd en wynmaak loop hand aan hand en het ‘n goeie samewerking tussen mekaar nodig.” Uit al sy ondervinding het hy geleer dat die korrekte aanplant van wingerd absoluut belangrik in die vestiging en uiteindelike produk daarvan is. Hy is baie opgewonde oor die rol wat hy in die wingerd gaan speel. “Ek sien uit om met die diversiteit van Wellington se wingerd te werk. Die klimaat tussen Franschhoek, Paarl en Wellington verskil redelik.
Daar is ook groot verskille in die grond en met die diversiteit van Wellington as ‘n streek is daar net soveel meer om mee te werk,” vertel hy opgewonde. “Daar is baie komponente wat veelsydigheid tot gevolg het. Wellington as streek bied ‘n verskeidenheid hellings wat in verskillende rigtings front Die streek het uitstekende hoogtes bo seespieël, maar ook vloedvlaktes teen die rivier,” verduidelik hy verder. Hy is opgewonde oor die potensiaal wat ou bosstokke bied en voel die Pinotage moet dopgehou word. Persoonlik verkies hierdie pa van drie en gesinsman ‘n swaar rooiwyn soos Shiraz in sy glas.
SAPS help vroue bemagtig
Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519
St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.
NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375.
Bo: Verteenwoordigers van Mosaic, die SAPS, maatskaplike werkers, die Bosman-plase en gemeenskapleiers wat by die Vroue-projek betrokke is. Regs: Vroue kon in groepe met mekaar gesels, probleme aanspreek en saam bemagtig word om die op te los. In die gees van Vrouemaand het verskeie rolspelers en nie-winsgewende organisasies saamgespan om plaaslike vroue uit landelike gebiede te bemagtig. Op Woensdag en Donderdag, 16 en 17 Augustus, is daar ‘n program vir vroue in die stadsaal aangebied. Tydens hierdie program het verskillende maatskaplike werkers, die GPF, die Bosman-plase, lede van Kinderwelsyn, verteenwoordigers van nie-winsgewende organisasies soos Badisa en Mosaic, SAPS-lede en gemeenskapsleiers bymekaargekom om ‘n groot groep vroue van omliggende plase met kennis en vaardighede te bemagtig. “Die program fokus op bemagtiging deur gesprekvoering. Die vroue kry die geleentheid om hul ervarings met mekaar te deel, hul probleme te bespreek en saam oplossings te vind,” verduidelik Kaptein Basil Oliphant, Korporatiewe Kommunikasie Beampte van die plaaslike SAPS.
Konstabel Yolanda Wildschut, Sosiale Misdaad Offisier by die plaaslike SAPS, beaam dit. “Ons luister na die vroue se werklike probleme, dit wat op ‘n daaglikse basis op grondvlak gebeur, en werk dan saam om te kyk hoe dit aangespreek kan word. Ons gee raad oor gesinsgeweld en wat die regte prosedures is in terme van die wet. Ook oor die vrou se rol in die gesin en gemeenskap,” verduidelik sy. Die bywoning van die program is vrywillig en plaaswerkers uit die hele Wellington-omgewing is verteenwoordig. “Ons hoop dat dit wat tydens hierdie program gebeur, ook na die res van die plaasgemeenskappe sal uitspoel – dat die vroue wat hierdie program bywoon ‘n verskil in hul eie omstandighede, maar ook onder hul mense kan gaan maak. Vroue moet leer dat hulle nie meer oor ongeregtigheid en mishandeling hoef stil te bly nie – hulle het regte en daar is kanale waardeur hulle gehelp kan word,” sê Kaptein Oliphant.
NUUS • NEWS
23 Augustus 2017
Riebeek Kelder dra jongwyn-kroon met wit jerepigo
7
Wenners: Die trofeewenners by van-
jaar se Swartland Jongwynskou: Agter van links staan Eljay Geldenhuys, Eric Mnyango, Alecia Boshoff, Eric Saayman, Zakkie Bester, almal van Riebeek Kelder en Bertus Kloppers, streeksbestuurder van Boland Santam. Tarien Hansen, Christo Somers en André Engelbrecht, ook van Riebeek Kelder staan in die middel met Francois Duckitt en Dewald Huisamen van Pulpit Rock, Pieter-Niel Rossouw van Darling Cellars, Thembile Ntloko (Riebeek Kelder) en Van der Bijl Brink en Hermias Nieuwoudt (Pulpit Rock). Sien berig binne.
Die Swartland Jongwynskou is ‘n hoogtepunt van die produksiejaar, sê Zakkie Bester van Riebeek-Kasteel, voormalige uitvoerende hoof van Riebeek Kelder tydens vanjaar se geleentheid by Evita se Perron. Hy is verstom oor die kwaliteit wyne wat vanjaar uit die streek gekom het, ondanks die droogtetoestande met die aanloop tot die 2017 oes. “Ons het gewonder wat gaan word van die 2017 oes en die wyndruiwe.” Hy brei uit oor die uitdagings wat vanjaar se oestyd op sigself meegebring het ten opsigte van die droogte. “Daar was tot ‘n tekort aan besproeiingswater. Die droogte is ‘n groot uitdaging vir wynmakers.” Hy staan egter verstom aan hoe 2017 se wyn ontwikkel het. “Ons werk met ‘n stok wat in die woestyn kan groei. Met vertroeteling, het die wyn baie goed presteer.” Volgens Bester is tot ‘n bronsmedalje ‘n groot prestasie. “Dit moet dien as motivering vir die volgende oesjaar. Op die jongwynskou kan wynmakers
getoets word teenoor ander wynmakers. Die Swartland Jongwynskou is vir my elke jaar ‘n wonderlike openbaring waartydens gesien word wat opgelewer is. Voorspoed met die pogings vorentoe.” “Die Swartland Jongwynskou is belangrik, want dit is ‘n geleentheid om jou teenoor ander kelders en wynmakers binne dieselfde oesjaar te meet. "Dit is belangrikrik om in te skryf, aangesien jy jou streek ook blootstel aan ander, vertel Stephan Basson van Babylon’s Peak. Hy het Bester bedank vir al die jare wat hy op die vereniging van die Swartland Jongwynskou gedien het. Volgens Basson, was Bester, wat sedert 2002 op die vereniging dien, op alle vlakke betrokke. “Dit het vir hom absoluut oor die streek gegaan. "Hy was altyd verheug oor al die inskrywings van die verskillende plaaslike wynkelders.” Dit is ook danksy hom dat die Nasionale Jongwynskou tydens sy termyn in die Swartland aangebied is.
Riebeek Kelder: Geline Derbyshire van ABSA het vanjaar die ABSA Groot Kampioen-trofee aan Riebeek Kelder vir hul Wit Jerepigo oorhandig. By haar staan produksiebestuurder Alecia Boshoff, wingerdboukundige Tarien Hanse en senior wynmaker Eric Saayman. Plaaslike wynkelders pronk vanjaar wéér by die gesogte ABSA Groot Kampioen-trofee vir hul Wit Swartland Jongwynskou, aangebied deur die San- Jerepigo. Pulpit Rock van Riebeek-Wes wat onlangs hul tam Swartland Wyn -en Olyfroete. Vanjaar is die geleentheid by Evita se Perron aangebied waarty- kelder uitgebrei het, is vanjaar die wenners van dens Darling Kelder die Kobus Basson Kampioen die Gert Kotzé Kampioen Shiraz-trofee vir hul Pinotage-trofee in hul agterplaas gewen het. Rie- Shiraz gehout. Hulle spog ook met die Kaap Agri beek Kelder het behoorlik geskitter ná vyf trofeë Kampioen Natuurlike Soetwyn vir hul Rosé. Die Citrusdal Cellars-kampioen Skaars Rooiin die sakkie. Riebeek Kelder en sy span spog vanjaar met wynkultivar-trofee vir hul Petit Verdot sal ook die CJP Chemicals Chenin Blanc-trofee. Hulle eersdaags blink in hul voorportaal. Pulpit Rock is ook die wenners van die SAIL-kampioen Ver- is op hul beurt weer die wenners van die Malsterkte Wyn (Wit Jerepigo), die SAIL-kampioen mesbury Motors-kampioen Droë Rooiwyn vir Skaars Witwynkultivar vir hul Grenache Blanc en hul Petit Verdot. Altesaam 35 klaswennens het die Malmesbury Toyota-kampioen Droë Witwyn- ook in die kollig beland by vanjaar se Swartland trofee. Hulle vertoonvenster maak ook plek vir die Jongwynskou.
Links: Elsabé Ferreira (links), voorsitter van die Nasionale Jongwynskou het ook die geleentheid bygewoon. Langs haar staan Zakkie Bester, voormalige uitvoerende hoof van Riebeek Kelder, saam met Jolene Janse van Rensburg, bestuurder van die Santam Swartland Wyn- en Olyfroete.
Regs: Pieter du Toit van Riebeek-Wes proe wyn gedurende vanjaar se Swartland Jongwynskou.
8
courant
dié
23 Augustus 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
•WENNERS IN HUL AFDELINGS
Sussies dra kroon in gimnastiek
Twee leerders van Hugo Rust Laerskool het onlangs uitstekend presteer in gimnastiek toe hulle albei as onderskeidelike wenners van hul afdelings in die Wynland-distrik aangewys is. Wat hierdie prestasie selfs meer uitsonderlik maak, is die feit dat hulle sussies is. Die 13-jarige Lijanè, ‘n graad 7-leerder, en die 9-jarige Minke Botha, ‘n graad 4-leerder, doen reeds van ‘n jong ouderdom gimnastiek. Volgens hul ma, Lizaan, het Lijanè reeds in graad R en Minke in graad 2 met gimnastiek begin. “Lijanè het saam met ‘n maatjie ‘n oefenkamp, wat deur die Wynland-gimmastiekklub aangebied is, bygewoon. Die afrigter het na afloop van die twee dae na ons toe gekom en gevra of sy sou belang stel om gimnastiek te doen, want sy voel Lijanè het baie potensiaal . Sy het toe by Wynland begin en dadelik ingeval by die pre-level-groep,” vertel Lizaan. Sy vertel dat Minke aanvanklik eers gedans het en nie aan artistiese gimnastiek, soos haar suster, wou deelneem nie. “Maar sy het altyd al die passies saam met Lijanè by die huis gedoen, so toe ons hoor daar maak ‘n ritmiese gimnastiekklub in die Paarl oop, het ons haar in graad 2 ingeskryf om te kyk of sy daarvan hou. En sy het!” sê Lizaan. Gimnastiek verg harde werk en gereelde oefening. Lijanè is lid van die Wynland-gimnastiekklub in die Paarl en oefen ses dae per week, drie en ‘n half tot vier ure per sessie – selfs regdeur vakansies. Minke, wat ‘n lid van die Infinity ritmiese gimnastiekklub in die Paarl is, oefen twee keer per week vir een uur lank. Elke sport het uitdagings en gimnastiek is beslis geen uitsondering nie. “Die grootste uitdagings van gimnastiek is maar om ‘n balans te probeer kry tussen die skoolsport en funksies en die gimnastiek oefeninge,” verduidelik Lizaan. Die lang ure, toewyding en uitdagings waarmee hierdie twee energieke dogters gekonfronteer word, is vir hulle egter net ‘n plesier en ‘n wonderlike leerskool. Hul inspanning werp ook ongelooflike vrugte af. Lijanè het sedert sy in graad 1 kompeterend aan gimnastiek begin deelneem het nog elke jaar Wes-Kaap kleure verwerf. Sy het ook al verskeie trofees, waaronder die Victrix Ludorum, by die Wynland Klub verower en die afgelope drie jaar aan die SA-Kampioenskappe deelgeneem – ‘n kompetisie waar sy ook elke keer met medaljes weggestap het. Sy is tans die Wynland Distrik se kampioen vir Level 8. Minke is in graad 2 as Infinity se gimnas van die jaar vir Level 2 aange-
NUUS • NEWS
wys en is tans die Wynland Distrik se kampioen vir Level 4. Lijanè en Minke is ook veelsydige sportvroue wat aan ander skoolsporte deelneem en ook daarin presteer. Lijanè is ‘n kranige atleet en speel ook hokkie – ‘n sport waarin sy hierdie jaar ook provinsiale kleure verwerf en die Boland IPTspan verteenwoordig het. Minke speel hokkie en netbal en neem ook graag aan kultuuraktiwiteite deel. Gimnastiek bly egter hul groot liefde. “Dit maak my lyf sterk en ek is mal daaroor om nuwe skills te leer , dis ‘n lekker uitdaging,” vertel Lijanè oor haar gunstelingsport. “Ek hou daarvan om nuwe dinge te leer en my gimnastiek maatjies en juffrou is vir my baie spesiaal. Dis lekker om ‘n ritmiese gimmas te wees by my klub,” eggo Minke die genot wat sy uit gimnastiek put. Volgens Lizaan leer hulle ook kosbare lewenslesse deur gimnastiek. “Dit leer hulle waagmoed, gee hulle hope selfvertroue en leer hulle dat as jy val of iets misvang , jy moet aangaan en opstaan en klaarmaak,” sê sy. Lijanè en Minke het groot drome vir hul gimnastiekloopbane hierdie jaar. Lijanè wil graag weer ‘n medalje of twee by die SA Kampioenskappe losslaan, terwyl Minke graag hierdie jaar vir die eerste keer wil kwalifiseer om aan hierdie kampioenskap deel te neem.
23 Augustus 2017
Roses is Boland se beste
Die span van Roses United het Saterdag hul seisoen op 'n hoë noot afgesluit toe hulle as die Boland-rugbyunie se Groot Uitdaag-kampioene gekroon is. Roses het die span van Robertson met 48-24 verslaan.
Vir Roses het Jacquin Jansen, Brendan April, Cornal Hendricks (2), Johwen Lewis, Larnelle Maralack, Damian Engeldoe, Tyrone Abelse onder die pale gekuier. Jacquin Jansen (2), Johwen Lewis (2) het met hul skopskoene punte aangeteken.