Skip to main content

434 dié courant swartland en bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

23 Augustus 2017

23.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 434

23 Augustus 2017

Riebeek Kelder kraai koning by skou

Wenners:

Die trofeewenners by vanjaar se Swartland Jongwynskou: Agter van links staan Eljay Geldenhuys, Eric Mnyango, Alecia Boshoff, Eric Saayman, Zakkie Bester, almal van Riebeek Kelder en Bertus Kloppers, streeksbestuurder van Boland Santam. Tarien Hansen, Christo Somers en André Engelbrecht, ook van Riebeek Kelder staan in die middel met Francois Duckitt en Dewald Huisamen van Pulpit Rock, Pieter-Niel Rossouw van Darling Cellars, Thembile Ntloko (Riebeek Kelder) en Van der Bijl Brink en Hermias Nieuwoudt (Pulpit Rock). Sien berig binne.

•VIND NUWE TUISTE OP MOORREESBURG

Gunter lei nou HDU Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg spog met ‘n splinternuwe skoolhoof. Hein Gunter het na 17 jaar as die hoof by Hoërskool Namakwaland op Calvinia besluit dit is tyd om na die Wes-Kaap te verhuis. “Die pos by HDU was ‘n besturing van Bo,’ vertel Gunter. Hy en sy vrou, wat ook ‘n wiskunde-onderwyseres op Piketberg is, se dogter (13) is nou in Graad 8. Gunter wou al vir ‘n geruime tyd na die Wes-Kaap verhuis en besluit dit is nou die regte tyd. Hulle het ook ‘n seun (24) wat homself in die ingenieurswêreld bevind. Hy het reeds sedert April vanjaar sy plek agter die lessenaar ingeneem en is nog nie een dag spyt oor sy besluit nie. Hulle het reeds hul voete gevind en woon baie lekker op dié Swartlandse

Interskole in beeld

Bl. 6-9

dorp. Gunter is gebore en getoë op Stellenbosch. Hy het ook onderwys aan die Universteit van Stellenbosch studeer. Onderwys as ‘n loopbaan het baie maklik vir hom gekom. Die gogga het al van vroeg gebyt, vertel hy. Hy het as hoërskoolleerling reeds rekeningkunde aan studente by die plaaslike kollege aangebied. En dit het nie daar gestop nie. Hy het ná sy studentejare vir 13 jaar op Springbok as ‘n rekeningkunde onderwyser gewerk. Gunter het net goeie woorde te sê oor HDU. “Dit is ‘n baie goeie skool met goeie praktyke, goeie onderwysers en ‘n goeie tradisie,” vertel hy. Volgens hom is top-onderrig ‘n prioriteit hier. Hy sien baie uit na wat die toekoms inhou.

Sonkrag vir B'rivier Top-wyne gekroon Bl. 3

Bl. 5

NUUS • NEWS


2

23 Augustus 2017

NUUS • NEWS

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

Blomtrein: Die Blomtrein van Cerec Rail het die naweek besoekers op 'n Weskus-blomtoer geneem en deur die

Swartland en Bergrivier gereis op die kronkel-spore. Hier het Mia Louw die trein op sy besoek vasgevang toe dit buite Malmesbury by die Kanonkop-stasie gestop het.

Hamerkop: Pastoor Piet Smit van

Malmesbury ag homself as bevoorreg om 'n tweede groot fonds in die Swartland te maak, toe hy verlede week hierdie hamerkop buite Malmesbury raakgesien het. Hy het vroeër vanjaar 'n sekretarisvoël ook hier afgeneem. "Ek onthou as klein seuntjie het ek so 55 jaar gelede die nes van ‘n hamerkop op die familieplaas naby Hopefield gesien. Net die nes ... Nou sien ek hom in lewende lywe! Raar maar waar," sê Smit.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

23 Augustus 2017

3

•DRIE AANLEGTE BEPLAN

Sonkrag ondersoek vir Bergrivier 'n Sonkrag-aanleg word vir die Bergrivier-munisipaliteit beplan. Die publieke deelname-proses is onderweg vir die voorgestelde Kruispad Sonkrag-fasiliteit naby Piketberg. Die ontwikkelaar, Kruispad Solar (Pty)Ltd, is 'n konsortium van klein en medium-grootte Duitse maatskappye wat by hernubare energie betrokke is. Hul plan is om 'n fotovoltaïese sonkrag-aanleg hier te vestig. Die aanleg sal sowat 150 megawatt van skoon energie produseer. Terramanzi Group (Pty) Ltd is aangestel om die nodige omgewingsimpakstudie te hanteer. Volgens Thomas Siepelmeyer, die hoofuitvoerende-beampte van dié konsortium, is hulle tans besig met drie publieke deelname prosesse rondom die ontwikkelings van Vredenburg en Velddrif op die plase Honingklip, Kruispad en Doornfontein vir die oprigting van die aanlegte van 150 tot 230 megawatt elk. Dit sluit battery-storing in soos nodig. "Die storing behoort binne twee jaar beskikbaar te wees, sodat die projek basislading-elektrisiteit kan verskaf," sê Siepelmeyer. Volgens hom is dié area in die Bergrivier goed geskik vir die oprigting van 'n sonkrag-aanleg. "Dit is selfs 70% meer geskik as die beste sonkrag-aanlegte in Duitsland," sê hy. Siepelmeyer is van mening dat daar baie

bruikbare grond beskikbaar is, saam met goeie infrastruktuur vir 'n projek van hierdie skaal. Dit is ook naby aan moontlike groot kliënte in die Kaapse metropool. "Die grond wat ons gaan gebruik, is nie juis geskik vir landboudoeleindes nie, daarom kan ons dit weer op 'n ander manier nuttig aanwend," sê Siepelmeyer. Elkeen van die drie projekte sal tussen 150 en 230MW lewer. Volgens hom is daar sowat 1.2 hektaar grond nodig vir die oprigting van een MW-sonpaneel. Al drie plase saam bied sowat 8 000 hektaar en word daar ongeveer 8 tot 10% van die plaasoppervlakte daarvoor aangewend. "Die son-bestraling in die area is goed vir sowat 1 750 000kWh of megawatt. "Dit kan selfs meer wees as eenrigting sonsoekers gebruik word." Volgens Siepelmeyer sal die krag deur die regering se REIPPPP-proses aan Eskom verkoop word, maar hulle poog om 'n aankoop-ooreenkoms met die munisipaliteite en ondernemings in die omgewing te sluit. "Sonkrag is reeds goedkoper as die gemiddelde koste wat Eskom faktureer vir die opwekking van elektrisiteit," sê Siepelmeyer. Volgens hom sal daar heelwat werkskepping wees met die oprigting van die drie aanlegte. Die publieke deelname-dokumente is by die Bergrivier Munisipaliteit beskikbaar vir insae tot einde September.

'n Manne-konferensie onder leiding van Riekert Botha van RSG-faam, sal op 15 en 16 September op Malmesbury by die NG-kerk se noord-gemeente gehou word. Die tema van die konferensie is: Ken en volg jy die ware Jesus? Almal wat die konferensie bywoon is welkom om ook die Sondagoggend erediens by te woon wat ook deur Riekert gelei gaan word. Ons sal ook saam nagmaal vier by hierdie geleentheid. "Die doel van die konferensie is om manne weer geestelik op te bou, om ons in ons verhoudings te versterk en ook vir manne die geleentheid te gee om kontak met ander manne te maak wat ook die Here dien of wil dien. "Die Here wil dalk ook hierdie geleentheid gebruik om by jou geestelike en emosionele genesing te bring," aldus die organiseerders. Die koste is R200 per persoon en die inskrywingsvorm is by die kerkkantoor en op die kerk se webblad by www.ngswartlandnoord.co.za beskikbaar. Klik op die tuisblad op nuus en onder aan blad regs is die aanlyn inskrywingsvorm vir die konferensie.

"Bring asseblief van jou vriende saam om hierdie wonderlike geleentheid met jou te kom deel. Ons gaan saam groei, saam kuier en saam verras word deur wat die Here in ons gaan doen en tussen ons gaan doen." Navrae kan gerig word aan Jan Steyn (082 872 4314), Koot Claassen (082 524 9001) of Kerkkantoor NG Kerk Swartland-Noord tel. 022- 4821407 (Maandag tot Vrydag 08h30-12h30).

Botha lei konferensie

Vroueaand: Jo Black, wat hom die afgelope klompie maande gevestig het as ‘n groot

gunsteling op die Afrikaanse musiekfront met trefferliedjies soos Skepe en Bring die Hoop weer terug, het op Malmesbury kom kuier. Jo Engelbrecht, beter bekend as Jo Black maak met sy diep stem opslae as sanger en motiveringspreker. Hy het opgetree by die Malmesbury sakekamer se ledevergadering vir vrouemaand, wat deur RSA Agri Makelaars as hoofborg aangebied is. Van links staan Stephan Niemann, Ericka Visser, Theuns Duvenhage (voorsitter van Malmesbury Sakekamer), Margot Kemp (bestuur), Jo Black en Phillip Faure.

'n Eerste vir Moorreesburg met Lionsklub-vieringe Moorreesburg Lionsklub vier gedurende Oktober hul 20ste verjaarsdag en aangesien hierdie organisasie oor diens aan die gemeenskap gaan, het hulle besluit om op 6 Oktober ‘n Langtafel-ete in die park in Langstraat aan te bied. Alle inwoners van die Swartland word genooi om te kom deelneem, want die wins van hierdie besonder “EERSTE” geleentheid vir Moorreesburg, gaan t.b.v. Huis van Heerde. Al die Spyse-

niers op die dorp gaan hande vat en ‘n stylvolle drie-gangmaaltyd voorberei en die bekende Wynand en Cheree gaan vir vermaak sorg. Het jy • ‘n diens of gawe wat jy graag wil aanbied, • Wil jy ‘n kaartjie vir die aand bekom, kontak • Of wil jy dalk ‘n donasie maak? • Kontak: helena@onbedacht.com (Lions) of Ansunette by 082 828 8505 (Huis van Heerde).


4

NUUS • NEWS

23 Augustus 2017

dié courant

Soveel om op trots te wees

In die Swartland en Bergrivier het interskole-koors behoorlik die lewe lekker warm gemaak die afgelope paar dae. Van die voorbereiding, die bloedsweet, tot die soete oorwinnings wat die spanne gesmaak het. Dit alles het die streek weer 'n trotste gloed gegee. Om te wen is lekker. Baie lekker. Om te verloor nou nie juis so baie nie, maar dit is 'n leerskool vir die volgende jare. Al gebeur daar negatiewe dinge of moet jy die onderspit delf, kan jy altyd 'n lewensles uit enige situasie leer. Maak net jou oë oop en kyk vir die silwer randjie in die donkerte. As jy hard genoeg soek, sal jy hom altyd kry. Wel gedaan aan al die spanne wat die afgelope naweek gewen het. So ook aan die spanne wat die knie moes buig, want dit neem 'n groot mens om nederig te verloor. Sterkte aan Wesbank Sekondêr met jul derby teen Proteus. Hou die Swartland se naam hoog!

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Loof die Here Psalm 147 is ‘n lofpsalm, en begin met : Loof die Here, want dit is goed om onse God se besing, ja lieflik; ‘n loflied is gepas! Die psalm verkondig die grootheid van God, dat hy die wat gebroke is van hart kan genees, dat Hy al die sterre name kan gee, sy verstand is oneindig. Ons kan ‘n danklied sing saam met die psalmis, want die Here het die hemel met wolke oordek, en het vir die aarde reën gegee. God is ons bron, Hy laat die gras uitspruit, wat aan die diere voedsel gee. Hy gee koue en sneeu, Hy stuur sy woord en laat hulle smelt, Hy laat die wind waai en die waters loop. Die krag van die perd of ‘n man is nie die welgevalle van die Here nie, maar die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, dié wat op sy goedheid hoop. Die geloof is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Mosaiekhuis:

Christel Griffiths, wat al vir die afgelope nege jaar mosaïek-kunswerk doen, se bekende Mosaiek Huis op Porterville, is die afgelope Vrydag deur ‘n bus vol Amerikaners besoek. Die koor, Sharing A New Song Chorus vanuit Boston, het Saterdagaand saam met die Bergrivier-koor, asook die Weskus Jeugorkes in die Nederduitse Gereformeerde Kerk opgetree. Daar was tot plaaslike tromspelers om die besoekers te verwelkom. Griffiths skilder ook graag, doen pottebakkery en het al ‘n reeks klere gemaak. Volgens Griffiths is dit ook die eerste keer wat sy mosaïek-kunswerke gemaak het wat te koop is by haar huis. Die Mosaiek-huis waar sy en haar gesin woon, is nie ‘n kunsgalery op sy eie nie. Foto: Lizelle Wentzel


NUUS • NEWS

23 Augustus 2017

Riebeek Kelder dra jongwyn-kroon met wit jerepigo

Die Swartland Jongwynskou is ‘n hoogtepunt van die produksiejaar, sê Zakkie Bester van Riebeek-Kasteel, voormalige uitvoerende hoof van Riebeek Kelder tydens vanjaar se geleentheid by Evita se Perron. Hy is verstom oor die kwaliteit wyne wat vanjaar uit die streek gekom het, ondanks die droogtetoestande met die aanloop tot die 2017 oes. “Ons het gewonder wat gaan word van die 2017 oes en die wyndruiwe.” Hy brei uit oor die uitdagings wat vanjaar se oestyd op sig self meegebring het ten opsigte van die droogte. “Daar was tot ‘n tekort aan besproeiingswater. Die droogte is ‘n groot uitdaging vir wynmakers.” Hy staan egter verstom aan hoe 2017 se wyn ontwikkel het. “Ons werk met ‘n stok wat in die woestyn kan groei. Met vertroeteling, het die wyn baie goed presteer.” Volgens Bester is tot ‘n brons medalje ‘n groot prestasie. “Dit moet dien as motivering vir die volgende oesjaar. Op die jongwynskou kan wynmakers

getoets word teenoor ander wynmakers. Die Swartland Jongwynskou is vir my elke jaar ‘n wonderlike openbaring waartydens gesien word wat opgelewer is. Voorspoed met die pogings vorentoe.” “Die Swartland Jongwynskou is belangrik, want dit is ‘n geleentheid om jou teenoor ander kelders en wynmakers binne dieselfde oesjaar te meet. "Dit is belangrikrik om in te skryf, aangesien jy jou streek ook blootstel aan ander, vertel Stephan Basson van Babylon’s Peak. Hy het Bester bedank vir al die jare wat hy op die vereniging van die Swartland Jongwynskou gedien het. Volgens Basson, was Bester, wat sedert 2002 op die vereniging dien, op alle vlakke betrokke. “Dit het vir hom absoluut oor die streek gegaan. "Hy was altyd verheug oor al die inskrywings van die verskillende plaaslike wynkelders.” Dit is ook danksy hom dat die Nasionale Jongwynskou tydens sy termyn in die Swartland aangebied is.

Riebeek Kelder: Geline Derbyshire van ABSA het vanjaar die ABSA Groot Kampioen-trofee aan Riebeek Kelder vir hul Wit Jerepigo oorhandig. By haar staan produksiebestuurder Alecia Boshoff, wingerdboukundige Tarien Hanse en senior wynmaker Eric Saayman. Plaaslike wynkelders pronk vanjaar wéér by die gesogte ABSA Groot Kampioen-trofee vir hul Wit Swartland Jongwynskou, aangebied deur die San- Jerepigo. Pulpit Rock van Riebeek-Wes wat onlangs hul tam Swartland Wyn -en Olyfroete. Vanjaar is die geleentheid by Evita se Perron aangebied waarty- kelder uitgebrei het, is vanjaar die wenners van dens Darling Kelder die Kobus Basson Kampioen die Gert Kotzé Kampioen Shiraz-trofee vir hul Pinotage-trofee in hul agterplaas gewen het. Rie- Shiraz gehout. Hulle spog ook met die Kaap Agri beek Kelder het behoorlik geskitter ná vyf trofeë Kampioen Natuurlike Soetwyn vir hul Rosé. Die Citrusdal Cellars-kampioen Skaars Rooiin die sakkie. Riebeek Kelder en sy span spog vanjaar met wynkultivar-trofee vir hul Petit Verdot sal ook die CJP Chemicals Chenin Blanc-trofee. Hulle eersdaags blink in hul voorportaal. Pulpit Rock is ook die wenners van die SAIL-kampioen Ver- is op hul beurt weer die wenners van die Malsterkte Wyn (Wit Jerepigo), die SAIL-kampioen mesbury Motors-kampioen Droë Rooiwyn vir Skaars Witwynkultivar vir hul Grenache Blanc en hul Petit Verdot. Altesaam 35 klaswennens het die Malmesbury Toyota-kampioen Droë Witwyn- ook in die kollig beland by vanjaar se Swartland trofee. Hulle vertoonvenster maak ook plek vir die Jongwynskou.

5

Links: Elsabé Ferreira (links), voorsitter van die Nasionale Jongwynskou het ook die geleentheid bygewoon. Langs haar staan Zakkie Bester, voormalige uitvoerende hoof van Riebeek Kelder, saam met Jolene Janse van Rensburg, bestuurder van die Santam Swartland Wyn- en Olyfroete.

Regs: Pieter du Toit van Riebeek-Wes proe wyn gedurende vanjaar se Swartland Jongwynskou.


6

Perdesafari:

NUUS • NEWS

23 Augustus 2017

Perdeliefhebbers het die afgelope naweek 'n perdesafari met die tema Pure Plaas in die Paardeberg gehou. Die deelnemers het verskeie proepunte in die Paardeberg, waaronder Vrugbaar en Annexkloof, aangedoen en weer op Doornfontein uitgespan.

St Thomas: Die koor van St.Thomas PrimĂŞr op Malmesbury het op 14 Augustus in die Kunste Kaap-teater tydens die jaarlikse "Schools Arts Festival" opgetree. Dit was die koor se vyfde optrede op die groot verhoog. Hier is die koorlede saam met koorleidsters Jacqueline Mouton en Gladoline Errens.

Dirkie Uys klop Jan van Riebeeck op tuisveld

Foto verskaf

Foto's geneem deur Renata van Dyk. CD's met foto's van die dag op bestelling beskikbaar. Kontak Renata by 084 247 4111.


NUUS • NEWS

23 Augustus 2017

Rockies seĂŤvier in jaarlikse interskole-kragmeting

Tellings van hoofwedstryde Netbal: 18A wen 34 - 20

Meisiehokkie: 18A verloor 0 - 2

Seunshokkie: 19A wen 2 - 1

Rugby: O/19A wen 26 - 22

7


8

NUUS • NEWS

23 Augustus 2017

Darling Veldblomskou vier vanjaar hul 100ste bestaansjaar Die Darling Veldblommeskou vier vanjaar sy 100ste bestaanjaar met ʼn spesiale eeufeesviering, aangebied deur die langstaande Darling Veldblommevereniging. Dié vereniging bestaan al vir meer as ʼn eeu nadat Frederick Duckitt van Waylands en Suzanne Malan van “Die Pastorie” besluit het dat die wonderlike erfenis van veldblomme met ander gedeel móét word. Die bestaan van die eerste veldblommeskouvereniging het gevolg met die eerste skou wat in 1917 plaasgevind het. Sedertdien vind die veldblommeskou elke jaar plaas. Die eerste skou in 1917 het in die vorm van ‘n kompetisie plaasgevind waartydens pryse uitgedeel is. Saam met dié skou is middagetes bedien, ‘n basaar aangebied en kinders kon ook deel in die pret wat deur plaaslike onderwysers moontlik gemaak is.

Die Darling Veldblommeskou bied vanjaar ʼn verskeidenheid van aktiwiteite aan wat jonk en oud sal vermaak. Kaartjies sluit in toegang tot die landskapsaal waar blomme uit die streek in hulle natuurlike habitat uitgebeeld word, ʼn orgidie-uitstalling deur Orchid Creations by Trisha, ʼn kunsvlyt & gourmet kosmark, ʼn uitstalling van veteraantrekkers en -motors, ʼn vermaaktent met gratis musiek deur plaaslike kunstenaars soos Klassik, Nedine Blom en Petra Mans en ʼn gratis rit op ʼn trekkerwa om die ongerepte vleiland by Oude Post wat gewoonlik toe vir die publiek is. Dit is waarlik ‘n spesiale gebeurtenis. Die skou bied ook veilige parkering en boonop gratis WiFi deur Fox Wireless. !Khwa ttu bied ook ‘n werkswinkel oor fynbos en die verband tussen dié plante en tradisionele Sankultuur en –erfenis aan. Kinders en families is almal welkom.

As die lus vir reis jou tydens die Darling veldblommeskou pak, sluit aan by die heen-en-weer-diens wat in Darling gaan rondry en by interessanthede soos die Darling Museum, Evita se Perron, Duckitt Nurseries en die Renosterveldreservaat sal stop. Volwassenes kan ontspan in die Mini Wynroete & Biertent. Die skou skop op 14 September by die Darling Gholfklub af en sal duur tot daardie Sondag. Kaartjies is beskikbaar by www.quicket.co.za - Groepafslag op aansoek. Die kostes vir volwassenes is R60 en vir leerders en pensioenarisse (slegs Donderdag en Vrydag vir pensioenarisse), R40. Kinders met die ouderdom van 13 jaar en jonger kry gratis toegang. Vir meer inligting, kan Michelle Linder by 072 178 5744 / 084 916 1111 of info@ darlingwildflowers.co.za gekontak word.

Porterville en Piketberg ding mee


NUUS • NEWS

9

23 Augustus 2017

Kalender • Diary • Kalender • Diary Kalender • Diary USAPHO 31 Augustus: Usapho hou hul Algemene Jaarvergadering by Schoonspruit Sekondere Skoolsaal om 19:00. Die gasspreker is Tjerk Kits. Vir enige navrae kontak - Denise Amerika by 061 518 2798 of deniseamerika@gmail.com of Ingrid Janssens by 076 532 4012 Ystervark Bistro 2 September: Ystervark Bistro presents Cash in the Attic - Auction and Stalls (vintage items, paintings, objects D'Art, collectables). From 10:00 till 16:00. Proceeds will be donated to Yzerfontein Neighbourhood Watch For any further information please contact Bill Vos at 023 004 0050 or boerbilly76@gmail. com Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 073 147 6758 or Kallie 079 966 5956. MAVOS Wil u graag u matrieksertifikaat behaal? of dalk net u simbole verbeter? Registreer nou by Malmesbury CLC (Mavos) vanaf 24 Julie tot 31 Augustus 2017. Vereistes: Gesertifiseerde afskrif van ID en u laaste skooluitslag. Vir verdere inligting skakel 022-4871085 tussen 9:00 en 16H00 OF besoek ons persoonlik by Trafalgar-Sentrum, Piet Retiefstraat, Malmesbury. Swartland-atletiekklub Moorreesburg: Die Swartland-atletiekklub bied 'n saam draf/stap elke Donderdag by die Gene

Louw-stadion aan. Vir enige navrae skakel Basil Niewoudt by 082 878 9110. Saron-toerisme Saron-toerisme soek talent vir Saron Bergwaterfees op 11 November 2017. Vir meer inligting kontak 072 722 3268 of 079 796 6476. Reg Meuross @ Moorreesburg 23 Augustus: Die bekende Britse musikant, Reg Meuross, tree op by die Jan Basson-saal op Moorreesburg om 19:00. Kaartjies beloop R150 per persoon en R100 vir skoliere. Die fondse sal gedeeltelik ten bate van ACVV Kleuterland aangewend word. Kaartjies beskikbaar by Quicket en Ottilia's Wine Bar @ Deli. Kontak 072 178 5744 met navrae. Goue Aar Tehuis 24 Augustus: Die Goue Aar Tehuis hou hul Algemene Jaarvergadering om 18:00 te Jakarandastraat 1, Malmesbury. Vir enige navrae kontak: 022 486 6240 Moorreesburg Sakekamer 24 Augustus: Die Moorreesburg Sakekamer hou ledevergadering om 18:30 by die Jan Basson saal. Sprekers van Swartland Munisipaliteit. Lede is gratis en koste vir nie-lede is R60. Vir meer inligting skakel Ennerien by 084 307 3855 of info@bolanddiesel.co.za PQ Agri X- Piketberg 26 Augustus: Die PQ Agri X bied aan Die Piketberg-uitdaag 2017. Dit beloof pret vir die hele familie, nuwe roetes, nuwe uitdagings, lekker eet en kuier Vir verdere navrae kontak Annela by 073 031

4922 NG Moedergemeente Swartland 26 Augustus: Die moedergemeente hou basaar wat begin om 08:00 Vir enige navrae kontak die kerkkantoor by 022 482 2411 Moorreesburg Toerisme 26 Augustus: NG Koringberg hou Basaar Charles Tertiens 26 Augustus: Die komediant Charles Tertiens tree om 12:00 by Evita se Perron op in sy vertoning Comedy Magic. Kaartjies beloop R100 per persoon. Kontak 022 492 3930. High Tea @ Sinethemba 26 Augustus: Sinethemba hou 'n "high tea" om 15:00 in die Wesbank Gemeenskapsaal. Kaartjies beloop R100 per persoon. Enige navrae kontak 022 486 6323 Groote Post Winery 27 August: Come and join the Groote Post Country Market at the Groote Post Winery, Darling, which start at 10:00 till 15:00 Any further enquiries, please contact Eldre Strydom/Catherine Kriel at 022 451 2202 or info@iloveyzer.co.za Koöperasiestories 29 Augustus: Kom deel in Koöperasiestories by die Malmesbury Stadsaal om 19:30. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Vir enige navrae kontak M4 Events by 022 487 2000 Interkerklike Vrouevereniging

in interskole-stryd tussen bure

13A Netbal Piketberg wen 21 - 5 13A Rugby Porterville wen 28 – 0

19A Netbal Porterville wen 20 – 19 19A Rugby Porterville wen 26 - 16


10

23 Augustus 2017 Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant. co.za.

NUUS • NEWS


NUUS NUUS • • NEWS NEWS DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjie-dekor, springkastele. Druk van versiersuiker-papier. Kontak 078 544 2038/ www.abcpartytjies.co.za/ elsa@abcpartytjies.co.za #3463 ------------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005 ------------------------------------SAAMRYGELEENTHEID AANGEBIED Saamry geleentheid aangebied vanaf Malmesbury na Kaapstad, Burgersentrum. Maandae tot Vrydae. Werksure 7:30 tot 16:00. Betroubare persone met eie vervoer. Kontak 076 286 8161 #4557 ------------------------------------TE KOOP FOR SALE Empital dubbelbed breimasjien R400, Edesa xxx (karavaan yskas) R1000, Nr 4 Falkirk (3 poot pot) R300, 1 Cadac skottelbraai R500. Kontak 082 302 8941 #4556 ----Hake - Los Fillets R60/kg 3kg Stokvis Fillets R165 Snoek van R80 elk. Kontak: 022 487 3265 of 084 250 2460 #4558 ------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

CHRISLEIGH FARAO. 27 Augustus. Ons jongste prinsessie is drie jaar oud. Geluk met jou verjaarsdag ons eie woelwater. Liefde - Daddy. Mammie, Sade, Ethan en Cee-jay ----Baie geluk Mamma se kleinkind met jou verjaardag. Jy is 'n vreugde in ons lewe. Liefde Mamma, Oupa en Nicky -------------------------------------

CHLOE-AVA MCKAY 21 August 2017. Happy third birthday our princess. You bring so much love and joy to our hearts. Love - Mommy & Dattie -------------------------------------

JANICKE ISAACS. 17 Augustus. Geluk met jou kroonverjaardag. Alle rykste seëninge vorentoe. Liefde - Mammie, Pa en die res van die familie -------------------------------------

25 August. Happy ninth birthday LEVINE. Stay the loving and sweetest girl that you are. May God bless you. Love - Vahine & Lorenzo -------------------------------------

ELIZABETH FORTUIN. Baie geluk met Mammie se verjaardag. Ons hoop u geniet die dag - Van die Fortuin gesin

11 11

Augustus 2017 23 Augustus 2017 1623 Augustus 2017

-------------------------------------

25 Huweliksherdenking op 28 Augustus. Mag Christus altyd die stuurman van julle boot wees. Liefde Kinders ------------------------------------.

Raai wie verjaar op 27 Augustus. Aan 'n lieflike ouma, ma, vriendinMARLENE- hoop u geniet u dag. Van: Kekkel@kraai personeel ------------------------------------

LENA CHARLES- Geluk met Ma se 80ste verjaarsdag op 23 Augustus. Met liefde van Ma se dogters, kleinkinders en agterkleinkinders -------------------------------------

CHRIS KAMANA - 28 Augustus 2017. Geluk met jou verjaardag my vriend. Alles wat mooi is. Mag jy 'n geseënde verjaardag hê - Fraygon en Jenine -------------------------------------

JONATHAN RICARDO APOLLIS. 25 Augustus. 'n Spesiale dag vir jou. Geniet dit terdeë met liefde, geluk en mooi herinneringe. Liefde - Marilyn, kinders en Juanicque --------Pa, moet lekker verjaar. Dankie vir alles wat Pa vir ons beteken. Van: Duenin, Lee-Kayren en Ju-Hane -------------------------------------

SUSAN. 22 Augustus. Baie geluk met jou verjaardag. Mag die Here jou vele jare spaar. Lekker verjaar. Mooi dag - Jou suster, Maria en Ma Rosina -------------------------------------

23 Augustus. BRIAN WILLIAMS. Baie geluk met jou verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar en lekker verjaar. Liefde - jou aanstaande skoonma, Maria en gesin -------------------------------------

IVAN. 27 Augustus. Baie geluk met jou verjaardag. Ons gebed is vreugde, geluk, voorspoed en seëninge - Jou vrou en kinders -------------------------------------

24 Augustus. MARISKA BOUWERS. Baie geluk my dogter. Mag die Here jou vele jare spaar. Onthou, Mammie is baie lief vir jou - Mammie en susters -------------------------------------

TYRON SCHOLTZ. 18 Augustus. Baie geluk met jou derde verjaardag. Ouma is baie lief vir jou. Geniet die verjaardag Ouma Rina, Myron, Gerdo, Tietie en Warren -------------------------------------

PAUL BARENDSE. Baie geluk met die geboortedag vieringe wat verby is. Van: Mammie & gesin, asook Ouma en Oupa ------------------------------------IVARENE GEDULD. 16 op 25 Augustus. Baie geluk. Hoop jy geniet die dag. "Leer 'n jongmens om die regte pad te kies...". Liefde - Ouma, Oupa en Geduld familie -------------------------------------

MIA GEDULD. 21 Augustus. Baie geluk met jou sewende verjaardag ons blompot. Baie liefde - Pappie (Ivan), Mammie (Myre) ----Mag God jou ryklik seën. Lekker verjaar - Oupa, Ouma, broers, Kayla en Geduld familie -------------------------------------

DENWILL DOUGLAS. 18 Augustus. Geluk met jou tiende verjaardag. Van: Mammie, Pappie en familie. Ons is baie lief vir jou -------------------------------------

TREVONIA VAN WYK. 26 Augustus. Baie geluk my baba. Mammie is baie lief vir jou. Geniet jou dag Mammie, Risia, Melgrain, Boeta, Ashwin en Alviro ----Dink aan ons skepper in die dae van jonkheid. Baie geluk Zinzi - tannies, ooms, niggies en neefs -------------------------------------

DUWAYNE VAN DER VENTEL. Neef, baie geluk met jou verjaarsdag. Nou raak jy darem mooi groot. Lief vir jou - Atta, gesin, neefs en niggies -------------------------------------

ADONIS HUNS 66 jaar oud Begin 1998 tot nou. Dankie vir 19 jaar se getroue diens van buurtwag wees. Hou aan met die goeie werk. -------------------------------------

VALANTAY PIETERSEN. Baie geluk onse "balarina girl". Alweer Vyf!!!!27 Augustus 2017. Ons is baie lief vir jou lekker verjaar - Boks familie ---Gelukkige verjaardag prinses. Hoop jy het 'n wonderlike dag. Jy bring net sonskyn in ons lewe. Baie lief vir jou - Pietersen Familie -------------------------------------

18 Augustus. Baie geluk JUSTIN met jou 16de verjaarsdag. Mag die Here jou seën. Geniet jou dag. Van: Mamma, Pappa, PJ, Shaun en Liezel -------------------------------------

Gelukkige tiende verjaardag JENNA. Hoop jy geniet jou dag ten volle. Elke Saterdag aan ons sy met die rugby. Liefde Pietersen Familie -------------------------------------

ADRI. 14 Augustus. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare met my dra. Liefde Irivin en twee kinders -------------------------------------

DANZEL & DEIDRE EDAS. Happy sixth anniversary on 27 August 2017. May God bless and keep you together always - Mom and family -------------------------------------

Happy birthday mother and son - RYKA & KEAGAN. May God bless you. Enjoy your day. Lots of love Whit, Naya & Tonya -------------------------------------

Geluk met jou tweede verjaardag EJAY. Mag alles wat jou gelukkig maak joune wees. Liefde - Ma, Pa, Bouwers en Adams familie -------------------------------------

PETRONELLA CUPIDO. 14 Augustus. U tweede verjaardag weg van ons. God het ons blom uit die tuin kom pluk. U word gemis - Wilmonite & Wileshe -------------------------------------

CHRISTOLENE CHERYL ASTON. 23 August. Mom, I miss you very much. May God rest your soul - Your loving only daughter, Alicia Aston -------------------------------------

FELIDA STUURMAN. 25 Augustus. Veels geluk met Mamma se eerste verjaardag weg van ons. Ons mis jou baie. Liefde Hetta, susters, broers en kleinkinders -------------------------------------

CHRISTINE BARENDS Ouma Pepsie, ons lewens is leeg sonder jou. Ouma het 'n spesiale plekkie in ons harte - Samantha, Aldrin, Lucian en Steward ----U sal altyd gekoester word. Tot ons eendag weer ontmoet - Bestuur, Gemoedsrus Tehuis, Riverlands -------------------------------------

SHANIA LANGEVELDT. 21 Augustus. Baie geluk. Bly so oulik en voorbeeldig. Liefde - Adams en Langeveldt gesin -------------------------------------

Happy 49th anniversary Mamma & Pappa. This is truly a blessing. Love you lots - your children and grandchildren. ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

LYNWILL JOHNSON - May the angels sing to you the most Joyous chorus of 'Happy Birthday' today Guswill, Marishe, Glynesse & Janine ----Happy Birthday in Heaven, Lynwill. Not a day goes by when we don't think of you - Brylene, Ilene,Bryan, Tercia & Graham ----We wish there were visting hours in heaven. Lots of love on your birthday Rachel, Ma Katy, James, Elocinda, Jayden, Kyle & Emile -------------------------------------

CRYSTAL ADAMS. 23 Augustus. Vandag vier jy jou eerste verjaardag weg van my met die engele. Ek mis jou elke dag. Van: jou Ma -------------------------------------

FULL–TIME STUDY BURSARIES FOR 2018 Swartland Municipality will be offering bursaries for full-time studies at approved tertiary institutions to persons residing in the greater Swartland Municipal Area. Candidates who will be registering for an undergraduate degree/diploma in one of the approved fields of study in 2018 are encouraged to apply.

Approved fields of study: • Finance • Economics • Accounting • Supply Chain Management • Internal Audit • Risk Management Bursaries will cover registration, examination and class fees. Minimum requirements for a bursary: • South African citizenship, aged 17 to 35 years • At least 70% in the subjects Mathematics and Accounting at high school (learners currently in Grade 12 must please submit results for December 2016 and June 2017) • Must not be in possession of another bursary • Preference will be given to candidates from historically disadvantaged societal groups and/or individuals with disabilities. Only hand delivered or posted applications will be considered. If you do not receive any communication within three months of the closing date for applications, please consider your application as unsuccessful. Telephonic enquiries should be directed to Berma Losper or Sunet de Jongh at 022 487 9400. No late applications will be considered. Hand-written applications will not be acknowledged and copies of supporting documents will not be returned. Only successful applicants will be notified. The Municipality reserves the right not to award bursaries.

LITA BOUWERS. 20 Augustus. Baie geluk my dogter. Mag die Here jou vele jare spaar. Onthou, Mammie is baie lief vir jou - Mammie en susters -------------------------------------

UWEN. 15 Augustus. Baie geluk met jou sesde verjaardag. Hoop jy 'n wonderlike dag. Baie liefde - Mamma, Papa en Uwenanise -------------------------------------

Raai wie word 19 op 27 Augustus. Ek hoop jy gaan jou dag geniet. Van: Ma, Ouma, broers, Pa en suster -------------------------------------

Closing date: 30 September 2017 Completed application forms, including certified copies of qualifications, must be forwarded to the Human Resources Section, Private Bag X52, Malmesbury 7299. Applications forwarded via fax or e-mail will not be accepted. Swartland Municipality is committed to Employment Equity and endorses the principles of Affirmative Action. People with disabilities are therefore encouraged to apply. www.ayandambanga.co.za 131503


12

courant

NUUS • NEWS

dié

23 Augustus 2017

Tel: 022 487 3221

SPORT

23 Augustus 2017

Wesbank en Proteus in derby-stryd

Die wintersportspanne van Wesbank Sekondêr op Malmesbury en die spanne van Proteus op Atlantis, is die week weer in hul jaarlikse derby-stryd gewikkel. Vanjaar speel Wesbank gasheer vir die besoekers. Woensdag speel die onderwysers krieket teen mekaar op die Bloues se sportgronde om 15:00. Saterdag skop die dag om 09:00 met die voorstelling van die eerste rugbyspan om 11:30, gevolg deur die hoofwedstryd om 11:45. Die eerste netbalspan speel om 10:30 op die A-baan. Die sokker word om 09:00 beslis en die skaak ook om 09:00. Alle wedstryde, behalwe die sokker, vind op die Wesbank-sportgronde plaas. Die sokker sal sake by die Thusong-sentrum in Illingelethu uitspook.

Eerste netbalspan:

Nikita Jones, Hilary Morgan (k), Lezaan Williams (o/k) is agter. Voor is Ruth Julie, Kaylin Meyer, Kayren Strauss, Kaylen McKrieling

Eerste rugbyspan:

Oefening op Darling Die Darling-rugbyklub bied Saterdag 'n rugby-oefenkamp aan op die Darling-sportgronde vanaf 10:00 tot 12:00. Alle meisies en seuns tussen 10 en 15 jaar oud, word uitgenooi na dié oefensessie. Alle ouers is welkom om hul kinders te ondersteun. Kontak Benito van Bo by 022 713 5482 met navrae.

Voor is Geraldo November, Jevino Wakens, Lewellyn Sollomons (k), Grivan van Schalkwyk, Fernando van Wyk. Middel: Jaydee Koopman, Angelo Adams, Brendon Nero, Ean Tieties, Lehenco Willemse, Canwin Mouton, Ajay Cloete, Julio Maarman, Angelo Daniels, Mario Booyse, Aziz Bruiners. Agter: Julio Junies, Peter-John Adonis, Austin Alexander, Sylvester Booys, Calvin Erasmus, Ganief Maroem. Foto's: David Howburgh

Sportuitslae Sports results

DUIWE

MALMESBURY POSDUIFKLUB Britstown Jaaroud 1 J Steenkamp 1764.9645; 2 Kotze Familie Hokke 1719.3308; 3 G Williams 1718.6917; 4 J Steenkamp 1716.7700; 5 J Steenkamp 1707.1103; 6 LF Van Dalen 1690.1773; 7 LF Van Dalen 1677.8333; 8 LF Van Dalen 1677.6632; 9 G Horn 1670.4356; 10 J Steenkamp 1667.5141; Britstown Ope 1 G Williams 1748.1207; 2 Hayman Familie 1709.2519; 3 Kotze Familie Hokke 1706.7382; 4 M Hill 1690.7552; 5 Bordeaux 1684.0682; 6 M Hill 1676.8089; 7 G Horn 1675.8495; 8 Hayman Familie 1663.9726; 9 G Horn 1663.0484; 10 J Steenkamp 1660.5644; MOORREESBURG Britstown JO 2 1 Boetie & Baron Hokke 1689.0905, 2 Henna & Melt Smit 1683.6178, 3 Frans Jooste 1680.6054, 4 Frikkie Bester 1676.5304, 5 Frikkie Bester 1676.3567, 6 Henna & Melt Smit 1675.5042, 7 Henna & Melt Smit 1675.2438, 8 Frans Jooste 1674.2490, 9 Boetie & Baron Hokke 1668.9623, 10 Frikkie Bester 1655.9374 Britstown Ope 1 Frans Jooste 1782.8789, 2 Doornkloof 1781.8367, 3 Frikkie Bester 1731.5295, 4 Frans Jooste 1708.8673, 5 Henna & Melt Smit 1697.5839, 6 Henna & Melt Smit 1686.4278, 7 Frikkie Bester 1686.4047, 8 Frans Jooste 1685.0748, 9 Steenekamp Lofts 1684.0836, 10 Boetie & Baron Hokke 1681.4857 ABBOTSDALE Hanover 3/bird 1 W & W Arendse, 2 Ivan Persence, 3 Elie Liedeman, 4 Paulus Lofts, 5 C Barendse & son 6 Ivan Persence, 7 Paulus Lofts, 8 Paulus Lofts, 9 W & W Arendse, 10 W & W Arendse Hanover Derby 1 W & W Arendse, 2 Paulus Lofts, 3 Paulus Lofts 4 Ivan Persence, 5 Paulus Lofts, 6 Paulus Lofts, 7 Paulus Lofts, 8 Ivan Persence, 9 W & W Arendse, 10 Elie Liedeman RIEBEEK Hanover 2 Derby 1 Persens Hokke 1559.5920, 2 Mentoor Hokke 1464.8244, 3 Persens Hokke 1449.6657, 4 Mentoor Hokke 1436.3390, 5 Alex Fam 1431.1157, 6 Alex Fam 1429.8867, 7 James Hokke 1429.6419, 8 Adams Hokke 1428.8517, 9 Alex Fam 1425.1663, 10 Amerika Hokke 1416.2801

GHOLF

Malmesbury-gholfklub Saterdag, 19 Augustus: Maandlikse Houespel - T Theron 69, A Louw 71, P Willemse 72, J Ackerman 72, W Matthysen 73, J de Beer 74, P Hardcastle 74, E Liedeman 74, H Treurnich 74, B Howberg 75

SOKKER Rugby: Hierdie rugbyspelers van die Swartland het onlangs die streek verteenwoordig by die onlangse o.12 Wes-Boland-proewe.

Saron 2 - Yellow Bon 0 Abbotsdale 2 - Swallows 0 Darling 2 - Seven Attackers 0


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook