courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
16 Augustus 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 433
16 Augustus 2017
•TOERUSTING VORT SAAM MET VOERTUIG
Koopman sien kuns opgesluit in hout •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Johnny Koopman is ‘n man van vele talente. Hierdie 75-jarige pensionaris van Van Wyksvlei sit allesbehalwe ledig rond elke dag. Hy is ‘n kunstenaar wat elke dag aan sy kunswerke uit hout werk. Stap ‘n mens by oom Johnny se hek in, is dit sy stewige handdruk en vriendelike oë wat jou begroet. Sy hande vertel die storie van baie werk, vasvat en aanhou. Oom Johnny is oorspronklik van Wupperthal, diep in die Cederberge. Wanneer hy sy oë op skrefies trek en oor die plek waar hy forel geskiet het praat, spoor sy mooi, unieke aksent terug Wupperthal toe. “Ek kom daar van Wuppertal se omtes af. Ek was eers ‘n plaaswerker daar, maar het in 1962 Boland toe gekom. Ek het op ‘n plaas in die Agter-Paarl begin werk. Daar het ek baie dinge geleer. Ek het geleer om met sement te werk, om te bou, om te bestuur. Dit is hoenderplase en ek het geleer van die verskillende groottes kuikens, die eiers en so meer,” vertel hy. Oom Johnny verduidelik dat hy altyd agter werk aan getrek het. Hy het ook bouwerk gedoen en sy laaste werk was om skoolkinders tussen Wellington en die Kaap te vervoer. “Ek moes altyd probeer dat ek ‘n huis kry waar ek werk en dat ek werk waar ek ‘n huis kan kry. Ek het baie werke gedoen. Die laaste een was ‘n taxi-drywer vir skoolkinders,” sê hy. Oom Johnny en sy vrou het vier kinders. Hy is nou ook die trotse oupa van vier kleinkinders. Hy vertel dat hy tot in 2000 gewerk het voordat hy afgetree het. “Ek het in my jare baie ondervinding opgedoen. Dit maak my gelukkig. Ek voel goed oor al die dinge wat ek geleer het. Ek het iets geleer op die skool van ‘die arbeidspad’. Dit het vir my baie beteken. Dit beteken dat jy niks in die lewe sonder harde werk kry nie. Ek glo daarin. Om ledig te wees, is ‘n totale slegte ding,” sê hy. Hoe het dit dan gekom dat hy kunswerke uit hout begin maak het? Dit is juis sy weersin in ledigheid wat hom laat besluit het om verskillende items uit hout te maak. “Ek dink ek is eintlik met die kunsding gebore. Ek het al toe ek nog by my ma gewees het die mes gevat, sommer so in die veld rond takkies gesny, kierietjies gemaak, ketties. Dan het my ma altyd gevra: ‘Wat loop en sukkel jy so? Jy besig bly met
jou mes en jou goedjies,’” vertel hy oor die ding wat al jare lank in hom brand. Na sy aftrede in 2000 het oom Johnny uiteindelik tyd gehad om hierdie liefde van hom uit te leef. “Die eerste goed wat ek uit hout gemaak het, is perdjies. Ek het aangegaan om kuns en goed uit hout te maak tot so twee jaar gelede,” sê hy. Oom Johnny en sy vrou is ongelukkig twee jaar gelede voor hul huis gekaap en die toerusting waarmee hy sy kuns beoefen het, is in sy motor se kattebak saam met die motor gesteel. “Alles is toe net so weg,” vertel oom Johnny hartseer. Sedertdien maak hy steeds beeldjies en ander items uit hout, maar met slegs ‘n knipmes, saag, beitel en ‘n hamer. Hy maak nog steeds perde. Hy maak ook perdekarre, waens, mensfigure en wilde diere. Hy maak selfs kitare en viole. “My broer in Wupperthal het een van my viole en kitare. Hy kan viool speel en kitaar. Dis mos
die wêreld van die riel. Oooo, as hý darem ‘n kitaar optel. Kyk, ek dans nie sommer vir enige musiek nie, maar as daai boetatjie die kitaar optel, dan wil ek net die riel dans. Dis daai ritme, ek kan dit nie help nie, al is my bene nou seer,” vertel oom Johnny met blink oë. Oom Johnny is nie kieskeurig oor hout nie. Hy gebruik sommer enige stuk hout waarop hy sy hande kan lê en gebruik soms selfs boomwortels. Hy vertel dat dit wat die hout “wil word” sommer so vanself kom. “Ek kan sien wat die hout moet word wanneer ek dit so in my hande hou. Ek weet wat dit gaan word voordat ek daaraan begin werk,” verduidelik hy. Oom Johnny het nooit enige opleiding of onderrig in houtwerk of kuns gehad nie. “Ek het nie ondervinding van hoe om dié goed te doen nie. Ek doen dit sommer net so uit die staanspoor uit. Ek het dit vir myself uitgewerk,” sê hy. Sy groot droom is om weer behoorlike toerusting te hê waarmee hy kan werk en om sy werk te verkoop. Party van sy kunswerke het selfs bewegende dele of ‘n “dieper boodskap”, soos die een wat hy ter bewusmaking van renosterstropery gemaak het. Hy vertel dat dit hom bykans ‘n maand neem om een mensfiguur te maak. “Dit vat nou so lank omdat ek natuurlik nie die regte gereedskap het nie,” verduidelik hy sy dilemma. Op sy viole is oom Johnny baie trots. “Ek het geen kennis opgedoen van musiek nie, maar ek ken musiek en ek kan viool en kitaar speel. Ons het mos maar sommer onsself geleer om dié goed te doen. Toe ek nog ‘n snuiter was, was my pa ‘n veewagter en ek was in die veld saam met hom. Ek het begin om my besig te hou en het ‘n blikkiesviool gemaak. Dis daai goed waarop die mense nou so saam met David Kramer speel,” vertel hy. Hy wys na ‘n viool en ‘n kitaar wat halfpad klaar is. “Omdat my tools nou almal weg is met die kaping, het die goed nou bly staan. Ek kan dit nou ongelukkig nie met die goedjies waarmee ek nou werk, klaarmaak nie,” sê hy. “Ek is gewoond besig wees. Kyk, ek kan nie stilsit nie, dan sal ek doodgaan. Hierdie goed hou my besig,” sê dié kunstenaar en rieldanser – een wie se viool- en kitaarklanke gereeld teen die hange van die Cederberg in Wupperthal weerklink. Vir meer inligting kan belangstellendes oom Johnny by 062 278 8112 kontak.
NUUS • NEWS
2
Arno Carstens vuurwarm by Bôrdienghuis Die Wellingtonners Rudi en Philma Martens en Fourie en Mareli Rossouw saam met Arno Carstens en die tromspeler Francois Kruger.
Arno Carstens, stigterslid van die gewilde Springbok Nude Girls en platinum solokunstenaar, het op Saterdag 29 Julie die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach-sentrum aan die brand gesing. Hierdie voormalige hoofsanger van een van Suid-Afrika se mees suksesvolle rockgroepe het onlangs sy heel eerste Afrikaanse album uitgereik. Die album, “Die Aandblom 13”, bestaan uit 13 Afrikaanse liedjies met ‘n alternatiewe aanslag. Carstens het die stampvol teater met treffers uit sy “Nude Girls” genre, gunstelinge uit sy solo-loopbaan, sowel as ‘n verskeidenheid van sy nuwe Afrikaanse album vermaak. Dié voormalige “wilde seun” het sy vrou en seuntjie saamgebring en die gehoor in egte
NUUS • NEWS
16 Augustus 2017
Arno-styl meegevoer, terwyl hy sy musiektalent saam met sy voormalige Nude Girl tromspeler, Francois Kruger, ten toon gestel het. Volgens Arno is die voormalige lede van die Springbok Nude Girls besig om aan ‘n nuwe album te werk. “Alhoewel ons nie meer amptelik bymekaar is nie – die lewe het mos maar intussen met ons almal gebeur – wil ons graag weer as die Nude Girls ‘n album uitbring. Ons is op die oomblik besig om daaraan te werk en beplan om dit aan die einde van die jaar gereed te hê,” het hy verklap. Arno se nuwe Afrikaanse liedjies verras met hul alternatiewe styl, amper-poëtiese lirieke en ongewone klanke en melodieë – iets heeltemal anders as waaraan die hoofstroom Afrikaanse musiek gekenmerk word. Hy werp met hierdie album ‘n blik op persepsies, verhoudings, hoop, liefde, verandering en bewustheid. Miskien is die lirieke uit een van sy nuwe Afrikaanse liedjies tekenend van die essensie van die album “Aandblom 13” as ‘n geheel: “Dis my intensie om jou bo almal te verbaas,” sing hy.
•BELANGE VAN KINDERS
Ma's beywer hul vir gestremdes Die plaaslike nie-winsgewende organisasie “Ma’s vir Wellingtons” is nie net ‘n instansie wat na die belange van kinders omsien nie, hul netwerk van bediening spreek ook die behoeftes van die mees weerloses in ons gemeenskap aan, nl. dié van gestremdes. Hul inisiatief om gestremde mense te bedien en te help stimuleer het begin toe twee verstandelik gestremde volwassenes hul bediening vir kinders begin bywoon het. Volgens Elra Smit, wat met die bediening van gestremdes help, het Stephanie Henderson, stigter van “Ma’s vir Wellington”, die behoefte van meer stimulering van hierdie persone tydens die byeenkomste van die voorskoolse kinders geïdentifiseer. “Stephanie het gesien hoe hierdie twee volwassenes die weeklikse byeenkomste saam met die voorskoolse kinders bywoon. Aangesien hulle verstandelik gestrem is, is hulle op die verstandelike vlak van vyf- tot sewejariges. Sy het besef dat daar ‘n leemte is in die stimulering van sulke mense,” verduidelik Elra. Elra is opgelei om kinders met leerprobleme te help en het besluit om haar vaardighede ook vir hierdie volwassenes beskikbaar te stel. “Die projek behels dat ek weekliks die gestremde volwassenes vir een uur elk verstandelik stimuleer deur gebruik te maak van meesal opvoedkundige speletjies. Alhoewel hul nie in staat is om onafhanklik op hul eie te funksioneer nie, is ons uiteindelike doel om hul te bemagtig om hulself te beskerm in situasies waar eksterne faktore hul fisies of emosioneel skade mag berokken,” sê Elra. Alhoewel sy alleen hierdie taak verrig, doen sy dit onder die wakende oog van ‘n speltera-
peut en maak sy ook staat op die kundigheid van ‘n arbeidsterapeut wanneer dit nodig is. “Die werk word heeltemal op ‘n pro bonobasis gedoen. Dit is ‘n diens wat ons vir die gemeenskap lewer,” sê sy. Hierdie onbaatsugtige diens is natuurlik nie sonder uitdagings en struikelblokke nie. “Die mense se lewensomstandighede is nie altyd maklik nie. Op koue, nat dae moet sessies soms afgestel word weens vervoeruitdagings,” sê Elra. “Ons beleef egter ook weekliks hoogtepunte wanneer elke inset van hulle kant af as ‘n bonus gesien word,” gaan sy voort. Elra en “Ma’s vir Wellington” se visie vir hierdie projek behels om hierdie gestremde mense ten volle te bemagtig. “Ons wil elkeen van hierdie individue tot sy/ haar optimale emosionele vlak bemagtig, sodat hulle vaardighede kan aanleer en self kan begin toepas in hul daaglikse omstandighede. En dan natuurlik om nuwe individue ook die geleentheid te gee om by hierdie projek baat te vind,” sê sy. Volgens Elra is hulp uit die gemeenskap altyd welkom. “Ons is in die bevoorregte posisie om toegang tot ‘n geskikte lokaal en die nodige materiaal vir hierdie projek te hê. Vrywillige hande van opgeleide tutors wat bereid is om betrokke te raak, sodat ons meer persone met soortgelyke spesiale behoeftes kan ondersteun, is baie nodig en altyd baie welkom,” sê sy. Belangstellendes kan “Ma’s vir Wellington” by admin.mvw@telkomsa.net of 083 459 5961 kontak.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
•NUWE KOMMUNIKASIEBESTUURDER
Botha nou by Agri-Expo Die Wellingtonner Isabeau Botha het onlangs, na veertien jaar by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, ‘n nuwe uitdaging as Agri-Expo se korporatiewe kommunikasiebestuurder aangepak. Hierdie kreatiewe vrou gaan nou met haar innoverende aanslag haar merk in die landbousektor maak. Isabeau het as kurator, bemarkingsbestuurder en later kommunikasie- en besoekerdienstebestuurder by die Afrikaanse Taalmuseum en –monument diep spore getrap. Sy het gehelp om mense se persepsies oor die museum en monument te verander en nuwe besoekerservarings te skep. Haar weetgierigheid en ewige behoefte om te skep en te ontdek, het haar loopbaan egter nou in ‘n nuwe rigting gestuur. “Ek leer elke dag iets nuut saam met my twee laerskoolkinders. Sedert verlede jaar sit ek self weer op die banke vir my meestersgraad in joernalistiek, 20 jaar ná my Honneurs,” vertel hierdie ewige student. Sy is baie opgewonde oor die nuwe uitdagings in haar amp by Agri-Expo. “Kaap die Goeie Hoop-landbougenootskap, vandag bekend as Agri-Expo, is die oudste landbougenootskap in Suid-Afrika. Ons is ‘n nie-winsgewende organisasie wat ‘n positiewe beeld van landbou bevorder deur ons betrokkenheid by ‘n verskeidenheid van projekte en ekspo’s, waaronder die Suid-Afrikaanse Kaasfees,” verduidelik Isabeau. As korporatiewe kommunikasiebestuurder sal sy stories oor die hart en siel van landbou via media en sosiale media vertel. “Volg ons gerus op Facebook, Instagram en Twitter. Soek vir Agrik-Expo, die SA Kaasfees en Agri-Expo Livestock,” nooi sy. Volgens Isabeau is daar talle groot projekte waarby sy betrokke is. “Ek is opgewonde oor die eerste ekspo waarby ek betrokke is – die Groot Plaasproe @ Livestock op 14 Oktober, op Sandringham buite Stellenbosch. Dit is ‘n nuwe proe-ervaring van álles wat die plaaslewe bied, vir beide stads- én plaasjapies.
3
16 Augustus 2017
"Ek sien uit na Bok&Bier – natuurlik het ek al boetiekbier gedrink, maar dit sal my eerste boerbokproe wees (dit smaak glo beter as skaap)! Daar sal ook musiekoptredes, kinderaktiwiteite en meer as 300 verskillende diere wees. Ons wil graag hê dat mense moet weet waar hulle kos vandaan kom en die passievolle mense ontmoet wat dit vervaardig,” verduidelik sy. Haar rol is om met landbourolspelers en die media saam te werk om persepsies oor landbou te verander. Vir haar is dit veral belangrik om jongmense aan te moedig om deur ‘n ander bril na loopbane in landbou te kyk. Isabeau is dankbaar vir die ondervinding wat sy voorheen opgedoen het en haar pad tot hier. “Ek is ‘n plaaskind wat buite Stellenbosch grootgeword het; daarom woon ek vandag op Wellington – ek voel tuis in die Bolandse landbougemeenskap. "Uit my vorige werk in die druk- en digitale media en by die Taalmonument het ek geleer dat samewerking integraal vir sukses is. Ek glo dat mense hul verskillende benaderings en andersheid juis kan gebruik om béter saam te werk, van mekaar te leer en dus kennis te verbreed. "Ek is opgewonde oor samewerkingsgeleenthede in die landboubedryf,” sê sy. Alhoewel sy nou haar professionele skoene in die landbousektor moet volstaan, sal kuns en kultuur altyd ‘n deel van haar wees. Sy dien ook steeds op die trusteeraad van die Hugenote Gedenkskool op Kleinbosch in Dal Josafat – die eerste skool wat gestig is met die doel om in Afrikaans moedertaalonderrig te gee. “Kuns en kultuur is net so deel van my soos die plaaslewe – die twee is boonop verbind met mekaar, soos ons dit tydens ons skoue uitbeeld. Landbou is immers die bron van amper alles wat ons eet of drink. Die belangrikste is om elke dag die kuns in alles om jou te sien en te waardeer – ek is byvoorbeeld mal oor die pragtige draad-en-krale-diere wat John Chibanda hier op Wellington maak,” vertel sy. “Dit is ‘n groot voorreg én verantwoordelikheid om deel van Agri-Expo se dinamiese span te kan wees,” sê hierdie vrou oor haar nuwe uitdaging.
Pick n Pay Wellington was die trotse borg van die spoggerige geleentheid waar die gaste onthaal is met 'n heerlike drie-gang-maal voorberei deur Melanie Crozier en haar span van Silwerkruin Ouetehuis. Die gasspreker Gretha Cronje het almal geïnspireer met haar praatjie oor "Hoe om die beste jy te wees" Pick n Pay Wellington is trots om hier te ondersteun en so ons deel by te dra aan die gemeenskap.
Tafels vol van die mooiste tooisels, eetgoed met liefde voorberei, die spreker Monique Strydom se ondervinding wat ‘n knop in jou keel bring as mens besef binne ‘n enkele sekonde kan jou lewe verander. Die gasvryheid van die ander takke van die VLV wat besoek afgelê het… alles net omdat hulle vroue is. Pick n Pay was daar en is trots om deel te neem, Pick n Pay Wellington wil elke vrou van ons Gemeenskap voorspoed toewens en mag elkeen ‘n geseënde vrouedag beleef. "Baie dankie aan die VLV Wellington dames ons is trots op julle wat ons se naam so hoog hou," sê 'n woordvoerder van PnP.
Cure-kliniek reik uit na gemeenskap
Die Cure Dagkliniek het onlangs na die gemeenskap uitgereik met ‘n uitgebreide program waarby talle bejaardes en klein kindertjies betrek is. Volgens Liezl Muller, bemarkingsbestuurder by Cure Kliniek, het hulle die ACVV se Aandblom Dienssentrum, wat elke week by Windmeul bymekaarkom, genader om deel van die uitreikprogram te wees. “Daar kom elke Dinsdag so tussen 40 en 50 oumense uit die plaasgemeenskap bymekaar en dan neem hulle aan verskillende aktiwiteite deel. "Hulle brei, hekel, gaan op uitstappies en speel speletjies. Hulle het nog ‘n aktiewe bydrae om in die gemeenskap te lewer en beskik oor talle vaardighede al is die meeste van hulle al ouer as 80 jaar,” sê sy. Liezl vertel dat die Cure Kliniek op soek was na mense wat vir hulle serpe, musse en handskoene kon hekel of brei en dat die Aandblom Dienssentrum se mense die ideale groep hiervoor was. Hulle het verder ongeveer 50 kinders uit die area genooi om vir ‘n hele oggend bederf te word met geskenke, vermaak, speletjies en eetgoed. Die Cure Kliniek het op Dinsdag
8 Augustus hierdie opgewonde kinders met bussies na die Windmeul Gemeenskapsaal buite Wellington aangery. Hier is hulle met heerlike eetgoed, T-hemde, musse en serpe wat met liefde deur die lede van die Aandblom Dienssentrum gebrei is, tandepasta, ‘n praatjie oor mondhigiëne en ‘n vertoning deur die gewilde Kanoeksie en Kadoeksie bederf. "Hierdie is deel van ons gemeenskapsprojek vir die jaar en ons haak dit ook aan Mandela Dag en die inspirasie wat ons daaruit kry om terug te ploeg en te gee in die gemeenskap,” sê Liezl. Die kinders het entoesiasties aan die opvoedkundige vertoning van Kanoeksie en Kadoeksie deelgeneem en met aandag na dr. Jacobeth Whiting, ‘n tandarts van Wellington, se praatjie oor tandversorging geluister. “Dit is wonderlik om te sien hoe dit wat almal by die Cure Kliniek bygedra het vir die kinders, iets beteken. "Die mense van die Aandblom Dienssentrum voel ook so trots op die bydrae wat hulle kon lewer met die serpe en musse. Dit is regtig lekker om in die gemeenskap te kan teruggee,” sê Liezl.
courant
dié
4
16 Augustus 2017
Wie nie waag nie, wen nie
“Waag” is vir party mense ‘n gevaarlike woord. Om iets te waag, beteken immers om jou aan die moontlikheid van verlies of besering bloot te stel. Dit het te doen met onsekere kanse en geen waarborge – dinge wat ‘n mens dikwels in ‘n wankelende wêreld liewer wil vermy. Vir sommiges klink dit alte veel na ‘n gedobbel. Maar om te waag het ook iets met durf en ondernemingsgees te doen. Om iets te waag beteken tog ook om iets buitengewoons aan te pak – iets waaraan jyself of niemand anders nog gedink het of voor kans gesien het nie. Dit het te doen met inisiatief, nuuskierigheid en innovasie – dinge wat ‘n wankelende wêreld juis nodig het. Vir sommiges is die onbekende die vrugbare grond vir nuwe moontlikhede. Die Latynse uitdrukking, audaces fortuna juvat, beteken juis dít: dat jy soms ‘n risiko moet aangaan om iets te bereik; dat die geluk of fortuin juis die stoutmoediges help. In Wellington het ons definitief nie ‘n tekort aan mense met innoverende idees, waagmoed, energie en ondernemingsgees nie. Isabeau Botha se nuuskierigheid, leergierigheid en waagmoed het haar van ‘n beroep in die kulturele veld na een in die landbou gelei. Tiaan Marais is ‘n laerskoolleerder wie se energie, vreesloosheid en waagmoed hom medaljes op die podiums van motorfietssport laat verower. Mbulelo Sikade, ‘n algemene landbouwerker van Diemersfontein, het dit gewaag om aan ‘n sangkompetisie deel te neem en hy het met die louere weggestap. Elra Smit het dit gewaag om haar vaardighede om mense met leerprobleme te help tot voordeel van die randfigure en gestremdes te gebruik. Die Cure Kliniek het die inisiatief om bejaardes te bemagtig om kleuters te help, van stapel gestuur. Breaking Barriers het die tameletjie van dwelmmisbruik in ons gemeenskap met ondernemingsgees die stryd aangesê. Hier is mense en instansies in ons midde wat die voortou neem as dit by waagmoed kom. Miskien kan ons elkeen probeer om hierdie week ons hand aan iets nuuts te waag – al is dit net om ander bestanddele vir ons koskas te koop of om met ‘n ander roete werk toe te ry. Mag elkeen hierdie week iets nuuts probeer, want audaces fortuna juvat.
It’s Good News
Dr. Marc Blackwell Snr
How do we become real Christians?
There are many people today who think that just because they were born within a “Christian culture,” or go to church, or were baptized, or were raised by godly parents, that it earns them the title of being a “Christian.” Paul, the Apostle, wrote the Church at Rome pointing out that the “gospel” (or the “Good News”) of Christ is that God has the power and desire to save everyone who believes! Real Christians place their faith in God. Paul reminded the Romans that this “Good News” revealed “the righteousness of God” … that down through the centuries God has offered to declare men to be “just” before Him - forgiven -if they placed their “faith” in God. Paul went on to point out that “the wrath of God is revealed from heaven against all ungodliness and unrighteousness of men, who suppress the truth. Paul explained that since God has shown truth to everyone i. through the creation of the world, ii. God’s invisible attributes, iii. His eternal power and iv. His Godhead … all are without excuse. Real Christians rely on the Christ’s death to pay for our sins and trust in His resurrection power to guarantee us eternal life. Later in Paul’s letter to the Romans he reminded them that “if you confess with your mouth the Lord Jesus and believe in your heart that God has raised Him from the dead, you will be saved.” There is genuine hope for us all. It is in God’s love for us. God promised: “For whoever calls on the name of the Lord shall be saved.”
NUUS • NEWS
Mbulelo Sikade sing kroon los by Agri's Got Talent
Mbulelo Sikade, ’n algemene landbouwerker van Diemersfontein-landgoed buite Wellington, het Vrydagaand 4 Augustus die vierde wenner van Agri’s got Talent geword. Hy het die beoordelaars en ondersteuners se harte verower het met sy towerstem en lewendige verhoogpersoonlikheid tydens ’n glansgeleentheid in die Paarl. Sikade, wat vroeër nie kon glo dat hy die Top 10 gehaal het nie, was Vrydagaand oorstelp van vreugde. “Ek het amper begin huil toe ek hoor ek is in die top 10. Hierdie is van God,” het hy gesê. Sikade moes Vrydagaand uithaal en wys na stywe mededinging van tien ander talentvolle finaliste in ’n kompetisie wat beskryf word as landbou se Idols. Die briljante Afrikaanse rymkletser van Panorama-landgoed by Tulbagh, Jason Baartman, was in die tweede plek, terwyl Jason Tiras, ook van Diemersfontein derde was. Unathi Mantshongo, uitvoerende hoof van die VinPro Stigting, het gesê die landbousektor is gelukkig om soveel talentvolle individue te hê. “Agri’s got Talent is ’n platform wat talent vier, maar wat meer belangrik is, is dat dit mense van verskillende groepe saambring om mekaar te ondersteun. Dit is ’n tema wat sterk met die VinPro Stigting resoneer, omdat ons hard daaraan werk om ’n inklusiewe bedryf te bou met ruimte vir almal se talente,” het sy gesê. Anton Rabe, HORTGRO se uitvoerende direkteur, het gesê dat hy telkens verstom staan oor die wonderlike talente wat landbou werkers het en die mate van selfvertroue waarmee hulle optree. “Dit is asof hulle dit al jare lank doen. Ek kry elke keer hoendervleis en ’n knop in die keel as ek hierdie geleentheid beleef.” Volgens Rabe is dit geleenthede soos “Agri’s got Talent” wat die multi-dimensionele aard van
die landboubedryf illustreer. “Die vrugtebedryf gaan nie net oor produkte, produksie en prosessering nie, maar dit gaan oor mense,” het hy bygevoeg. Die 2005 Idols-wenner en gaskunstenaar, Karin Kortje, wat ook een van die beoordelaars was, het aan die finaliste gesê dat as musiek in hulle harte is, hulle nooit moet opgee nie. “Ek was ‘n appelpakker van Grabouw, maar ek het geglo dat musiek my geroep het. Moet nooit opgee op julle drome nie.” Die ander beoordelaars was die sangster, Sima Mashazi, die akteur, Maurice Paige, en die stemkunstenaar Eurica Scholtz. Die Top 10 finaliste het ’n intensiewe opleidingsweek onder die ervare hande van die bekende kunstenaars Frieda van den Heever en Hein Poole agter die rug. Petra Nel van PROCARE was hul lewensvaardigheids-afrigter. Agri’s got Talent is die voorste sangkompetisie in die landboubedryf en word gesamentlik deur HORTGRO, die VinPro Stigting en die Wes-Kaapse Departement van Landbou aangebied. Hierdie jaarlikse kompetisie bied aan talentvolle plaas-, pakhuis- en kelderwerkers in die vrugteen wynbedryf die geleentheid om groot pryse te wen en hul sangtalent te ontwikkel.
Die plaaslike nie-winsgewende organisasie, Breaking Barriers, loods binnekort ‘n splinternuwe projek waarmee hulle die dwelmprobleem in ons gemeenskap wil aanspreek. Volgens Avron Appolis, projekbestuurder van Breaking Barriers het hulle die projek “Kemoja” gedoop met ‘n baie goeie rede. “Kemoja beteken ‘I’m fine without drugs’ in Sotho. Die program bestaan uit agt modules wat verskillende doelwitte, identifikasie van dwelms en die gevolge daarvan, voedselsoorte, fetale alkoholsindroom, fiksheid, beheername en alternatiewe kommunikasievaardighede aanspreek en behandel,” verduidelik hy. Avron vertel dat die span by Breaking Barriers ‘n program gesoek het wat hulle by hul huidige operasionele plan kon invleg en waardeur hulle ‘n impak op die jeug kon maak. “Die Kemoja-program is in 2011 in omliggende skole in die Drakenstein-gemeenskap gedoen en het baie positiewe resultate gelewer onder ons jeug. Ek kry deesdae leerlinge van skole wat destyds die program gedoen het en wat nog altyd oor Kemoja praat! Breaking Barriers gaan nou in 2017 die program dryf en organisasies soos Badisa, Die Nasionale Plaaswerkers Forum, die Departement Gesondheid en Drakenstein Munisipaliteit medewerkers. Ons loods die projek eerste in Wyk 29 met raadslid Lorraine Willemse,” sê Avron. Volgens Avron wil hulle die Kemoja Projek uiteindelik in die wye Drakenstein en landelike gebiede, in samewerking met raadslid Rita Andreas, loods. Hulle hoofdoel is om die jeug voor te berei vir ‘n toekoms sonder dwelms en om meer positiewe rolmodelle in die gemeenskap te vestig wat invloedryke werk kan verrig. “Die ideaal is natuurlik dat die jeug self inisi-
atief sal neem om hulself te ontwikkel en ander rondom hulle sal motiveer om dieselfde te doen. Sport leer dissipline en dit is ‘n belangrike komponent van ‘n gesonde leefstyl sonder dwelms. Kultuuraktiwiteite doen dieselfde en ons wil kinders aan hierdie dinge blootstel,” verduidelik hy. Alhoewel hulle geen befondsing vir hierdie belangrike werk kry nie, is hulle positief oor die resultate wat dit gaan oplewer. “Ons gaan die projek Saterdag 19 Augustus by die Happy Toddlers Creche met 20 jeugdiges in Wyk 29 loods. Raadslid Lorraine Willemse ondersteun ons hiermee,” sê Avron. Hy is op die oomblik besig om met St. Albans Primêr en Bergrivier Sekondêr te onderhandel oor datums waarop hul die projek binnekort by hierdie skole gaan loods. Daarna sal die projek na skole in die res van die Drakenstein area uitbrei. Alhoewel die uitdagings en behoeftes ten opsigte van die projek baie is, is die span van Breaking Barriers positief. “Ons gaan skryfbehoeftes en later ook handboeke benodig. Ons is dankbaar vir enige skenkings wat na ons kant toe kom om die projek te realiseer. Ons grondslag is geskoei op Kol. 3:23 – ons doen dit van harte vir God en nie vir mense nie,” sê hy. “Die realiteit van dwelmmisbruik in ons gemeenskap is ‘n groot probleem. Dit dra grotendeels by tot die misdaadsyfer en die effek van dwelms raak ons families en gemeenskap op soveel vlakke. Êrens moet ons begin met intervensie. Kemoja is ‘n lewensvaardigheidsprogram wat hierdie probleem gaan aanspreek en leiding gee oor keuses in die lewe om dwelms te vermy,” gaan hy voort. Enigeen wat belangstel om by die projek betrokke te raak, kan Avron by breakingbariers@ gmail.com of 076 180 2510 kontak.
Breaking Barriers loods nuwe Kemoja-projek
Kalender • Diary
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418
Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United RFC Fixtures 12 Aug - Semi Finals: Top 8 19 Aug - Finals: Top 8 For more information, contact Jovan-ré Cupido at 073 296 3575 or jovanrewc@gmail.com Breytenbach-sentrum 19 Augustus: Mallies en die Sakemanne - Burgerstraat word aangebied in Die Bordienghuis by die Breytenbach-sentrum. Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Drostdy Teater
19 Augustus: Jak de Priester tree op by die Drostdy Teater. Vertoning begin om 20:15 en die kostes beloop R140. Vir navrae kontak Marni Venter by 082 754 0750 Wamakersvallei Voortrekkers 16 September: Die Voortrekkers hou 'n lekker dans teen die winter koue by Laerskool Hugenote. Kaartjies beloop R150 per paartjie. Verrigtinge begin om 18:30 vir 19:00 en die drag is informeel. Koffie, tee, milo en pannekoek sal verkoop word. Welkom om eie eetgoed te bring. Vir navrae kontak Pierre by 084 656 6611 of Danita by 083 462 7356 Laerskool Hugo Rust 13 Oktober: Laerskool Hugo Rust hou 'n "Daknatmaak-aand" vir hulle Saal. Kom klink 'n glasie en vul die magie - Luister na staaltjies van toeka tot nou saam met ou bekendes Vir enige navrae kontak : bemarking@hugorust. co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
NUUS • NEWS
16 Augustus 2017
5
6
16 Augustus 2017
NUUS • NEWS
Hugenote se Blackies reis na Swartland
o.19A-netbalspan:
Agter van links Euelea Cavernelis, Almé Engelbrecht, Amoré van Schalkwyk, Nina Perold en Corné Smith. Voor is Haamidah Monzer, Louise Lottering, Hlumisa Ntsamba (k), Haley Williams en Hanél Loubser
Rugbykapteins:
Frans-Pieter Badenhorst (o.19B), Eugene Niemann (o.19D), Justin Cilliers (o.19C) en Janu Gous (o.15A). Voor is Christiaan Naudé (o.14A), Kyle van Schoor (o.14B), Luc van der Westhuizen (o.16B), Pierre Terblanche (o.16A) en Jaydan Fransman (o.19A).
NUUS • NEWS
16 Augustus 2017
vir interskole-stryd teen die Rockies
o.19A-meisiehokkie:
Alexandra Gerber, Jeanni Botha, Mare-Louisa Koegelenberg (k), Elsa Visser, Michaela Hanekom en Christen Hanekom. Voor is Suzaan Janse van Vuuren, Lize-Maré du Plessis, Talitha Janse van Vuuren, Cheryldean Maritz, Marené Strauss en Christelle van Eden.
o.19A-seunshokkie:
Willie Rossouw, Luan Oberholzer, Jan-Dev Lategan, Le Ras Breedt, Francois Marais (k) en Reinard Reitsma. Middel is Martin du Plessis, Benjamin Crous, Damian Adendorff, Alton Cuff en De Villiers Brink. Voor is Shaun Swanepoel, Tristen Fox, Vuyo Baliso, Antonio van der Westhuizen en Dylan Swart.
Netbalkapteins: Roné Schwartz (o.14A), Leana de Villiers (o.16B), Margaux La-
tegan (o.16A), Anja Smith (o.18C), Carien Rossouw (o.17A) en Jana Malan (o.15A). Middel is Monique Muller (o.14D), Lisa van Tonder (o.14C), Erin Slamet (o.19B), Hlumisa Ntshamba (o.19A), Jana de Ridder (o.16D), Kyla Kühn (o.17B) en Chris-Mari Strauss (o.14B). Voor is Meagan-Jane Mackenzie (o.15C), Stefney-Rose de Vries (o.14B), Keadé Appollis (o.17C), Courtney le Roux (o.16C) en Jana Bosch (o.15B)
7
8
16 Augustus 2017
NUUS • NEWS
Debat en vasvra:
Agter Simon Tomlinson, Reinard Reitsma, Ruan Palvie, Leon Schreiber, Janu Gous en Rohan Perold. Voor is Anouk Cronje, Philip Visagé, Talitha Janse van Vuuren, Kendall le Cordeur, Suzaan Janse van Vuuren en Maréze Smit
Hokkiekapteins:
Van links Aldrich Sollberger (o.19B), Shaun Swanepoel (o.16A) en Francois Marais (o.19A). Voor is Thinus Loubser (o.14A) en Alex Klerck (o.16B).
Hokkiekapteins:
Agter van links Mandi Franken (o.19B), Mare-Louisa Koegelenberg (o.19A) en Marlize Terblanche (o.16A). Voor is Abé van Zyl (o.14A) en Kendall le Cordeur (o.16B).
NUUS • NEWS
16 Augustus 2017
Die dirigente sal sorg dat die spelers op die veld gemotiveerd bly met die ondersteuning vanaf die pawiljoen.
9
10
NUUS • NEWS
16 Augustus 2017
Blomme aan t’kom Duisende besoekers stroom elke jaar na die Weskus en al langs die N7 tot sover soos Garries en Nieuwoudtville agter blomme aan. Die immerkleurvolle en gewilde blommeseisoen vind jaarliks rondom 1 Augustus en 30 September plaas. Die blomme is volgens inwoners en kenners vanuit verskillende blomstreke vanjaar egter later en nog nie so volop soos vroeër jare weens onder gemiddelde reënval nie. Daar heers egter groot opgewondenheid met blomme wat al plek-plek begin kop uitsteek het om besoekers te beïndruk. Blomkenners meen hulle is baie positief dat daar nog genoeg reën sal val vir ‘n besondere blommeseisoen. Volgens Weskus Toerisme is blomme reeds te sien in die omgewing van Yzerfontein en Darling. Dit is die perfekte geleentheid om Renosterveld, Rietveld, Sandveld en Strandveld te ervaar. Daar is sowat 1200 verskillende blommespesies wat tussen die plantegroeitipe te vind sal wees. Volgens Cape West Coast, het dié blomme in
daardie omgewing net betyds gekom vir die 100ste blommeskou op Darling. Blomme wat in die Yzerfontein-omgewing aangetref sal word, is gewoonlik die knoppie viooltjie en vygies, terwyl Darling veral bekend is vir hul Bloupypies, rotstert, die skilpadbessie en kapokbos. Blomkykers kon reeds vanaf die 1ste Augustus die Postberg-natuurreservaat binne die Weskus Nasionale Park besoek. Paternoster se Kaap Columbine-reservaat spog ook al hier en daar met plate veldblomme, asook Ramskop Natuurtuin op Clanwilliam, vertel die plaaslike toerismekantore. Namaquatoere se toergidse is al sedert die begin van Augustus druk besig om ywerige blomkykers rond te karwei. Volgens Mike Spies, eienaar en een van die toerleiers, is daar al baie blomme. “As daar nie is nie, gaan soek ons hulle. Ons weet waar om hulle te kry.” Die Namakwa-gebied spog op sy beurt met blomme soos die viooltjies, baviaantjies, kelkiewyn en spogfluweeltjies.
Sorg dat jou kamera se battery altyd gelaai is en dat jy ‘n spaarbattery, asook ‘n ekstra geheuekaart by jou het. Blomme is gewoonlik op die warmste tyd van die dag, tussen 11:00 en 15:00 op hul mooiste om te besigtig. Die son moet uit wees vir die blomme om oop te wees. As dit reën of bewolk is, is dit nie die moeite werd nie. Die dag se temperatuur moet ten minste 18˚C wees. Bel die spesifieke blomstreek wat jy wil besoek, voor jy ry om uit te vind of dit die moeite werd sal wees. Tref voorsorg en maak seker jy het kontant by jou. Sommige plekke, soos Sanparke (Weskus Nasionale Park, Namaqua Nasionale Park) vra
toegangsfooie. Vir besigtiging op sy beste, asook mooi foto’s, moet jou rug na die son wees. Blomme draai na die son. Klim uit die kar en beweeg rond. Onthou om nie op die blomme en plante te trap nie. Moet ook nooit die blomme of blombolle pluk nie. Dra verkieslik langbroeke en gemaklike skoene. Onthou om ‘n afweermiddel vir insekte in te pak. Dorpe al langs die blommeroetes is ver uitmekaar. Onthou om met ‘n vol tenk brandstof die pad aan te vat. – Bron: Namaqua Toere en West Coast Way.
Wenke om te onthou as jy wil gaan blomme kyk
NUUS • NEWS
16 Augustus 2017
Blommeskoue om vanjaar op jou blomtoer by te woon
Die jaarlikse Hopefield Fynbosskou is een van die grootste gemeenskapsgeleenthede van die area. Hierdie gewilde fynbosskou vind vanjaar vanaf 24 tot 27 Augustus plaas. Die skou fokus op die belangrikheid van die bewaring van die fynbos biodiversiteit sones wat direk rondom Hopefield geleë is. Hul blomme en plante-uitstallings word beskou as van die beste in Suid Afrika. Die skou is vir die gemeenskap, van die gemeenskap en hulle is baie dankbaar om elke jaar vir die afgelope 28 jaar so baie mense te hê wat net spontaan kom deelneem om die skou die sukses te maak wat dit is. Van blomme en plante versamel tot die uitpak en uitstalling daarvan, dan weer die skoonmaak en terugplaas agterna. “Ons kan dit nie sonder julle toewyding en harde werk doen nie.” Besoekers kan onder meer uitsien na die fynbos-uitstalling in die Fiona Kotzé-saal, waterblommetjiebredies, vermaak deur plaaslike sangers en vele meer. Die fynbosskou skop die Donderdag om 09:00 af en duur tot 17:00 die aand. Toegangskostes is op Donderdag R20 per volwassenes, R15 vir seniors en 10 vir kinders, terwyl toegang vanaf Vrydag tot Sondag R40 per volwassene, R20 per kind en R30 vir seniors is. Kaartjies sluit ‘n besoek aan die Anglikaanse Kerk, die NG Kerk-orreluitvoering en daaglikse verkenningsuitstappies in Hopefield in. Enige navrae kan gestuur word aan info@hopefieldfynbos.co.za. Die Mamre Veldblommeskou vind vanjaar weer naby die Meule onder die bome op Die
Werf plaas, omring deur sewe verklaarde Nasionale Monumente. Die jaarlikse skou beloof verskeie blomme-uitstalling. Besoekers kan ook uitsien na ‘n erfenisuitstalling én ‘n kunsuitstalling deur plaaslike leerders van Mamre Primêr. Die blommetent is vanjaar propvol verskillende stalletjies met liplekker tuisgemaakte kos soos gebraaide snoek, tuisgebak, potjiekos, afval en smoorsnoek. Die plaaslike restaurant in die gerestoureerde winkel bied vir die duur van die fees vanaf 15 tot 17 September heerlike aansit maaltye aan. Besoekers kan ook kom piekniek hou onder al die skadubome. Wat vermaak betref, kan daar uitgesien word na perde -en donkiekarritte deur die dorp. Vrydagaand tree vermaaklikheidsterre soos Alister Izobelen op met Loukmaan Adams Saterdag. Die agste Opera-konsert vind om 15:00 daardie Sondag plaas. Die bekende operastuk, Viva vind soos oudergewoonte in die pragtige Mamre Morawiese Kerk plaas, waar daar ook vooraf ‘n erediens om 09:00 en Gospel-vertoning om 10:30 geniet kan word. Ses professionele operasangers van Kaapstad, wat onlangs teruggekeer het van ‘n toer in die groot operahuise in Europa, sal vanjaar te sien wees. Die opera word aangebied deur Jose Dias wat hierdie groep gedurende hul Europese toer afgerig en opgelei het. Kaartjies is beskikbaar teen R60 by 082 749 4457 of thysgreeff@isat.co.za. Mamre is slegs 10min vanaf Darling.
Belangrike nommers vir dié Blommeseisoen Met vanjaar se ondergemiddelde reënseisoen, is dit dalk ‘n goeie idee om die area voor jou besoek ‘n luitjie te gee. Die volgende nommers kan handig te pas kom: Sanparke: 022 772 2144 Weskus Toerisme: 022 433 8505
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www. diecourant.co.za.
Weskus Bomlyn: 072 938 8186 Clanwilliam Toerisme: 027 482 2024 Van Rhynsdorp Toerisme: 027 219 1552 Nieuwoudtville Toerisme: 027 218 1336 Garies Toerisme: 027 652 1220 Springbok Toerisme: 027 7128035
Die Renosterveld en Tienie Versveld reservate in en buite Darling asook Postberg in die Weskus Nasionale Park is altyd die moeite werd om te besoek in blomtyd.
11
courant
12
NUUS • NEWS
16 Augustus 2017
dié
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
16 Augustus 2017
Roses in finaal:
Roses United het Saterdag na die finaal deurgedring van die Boland-rugbyunie se Groot Uitdaag-beker toe hulle die span van Villagers Worcester geklop het. Hillcrest United het teen Robertson vasgeval. Roses United en Robertson ontmoet mekaar Saterdag op Boland-stadion in die finaal. Foto's: Roswall de Vries
•WAAGHALS-HOKKIESPELER MAAK HOË BOKSPRONGE
Tiaan maak sy merk in MX-wêreld •Jaomi Zeeman Tiaan Marais, ‘n leerder aan Hugo Rust laerskool, is ‘n kranige motorfietsryer wat besig is om sy merk in die MX-motorfietsrykringe te maak. Hierdie energieke seun het al talle uitsonderlike prestasies in dié sportsoort behaal. Volgens sy pa, Gustav, het Tiaan reeds op ‘n jong ouderdom in motorfietse begin belangstel. “Tiaan was, soos baie klein seuntjies, behep met ‘motorbikes’ en omdat ek en sy ma ‘n liefde vir motorfietse het, het ons hom al op 4-jarige ouderdom aan die sport bekend gestel. Sy eerste mx-motorfiets was n KTM Mini-Adventure waarmee hy by die Zone 7 baan in Van Schoorsdrift op die N7 leer ry het,” vertel Gustav. Volgens hom het Tiaan aanvanklik sommer vir die pret aan Zone 7 en Killarney Raceway se maandelikse klubresies begin deelneem, maar vinnig gewys dat hy ‘n natuurlike aanleg en talent vir hierdie sportsoort het. Hy het by twee klubs in die Wes-Kaap aangesluit en aan kampioenskappe begin deelneem. Tiaan het vinnig opgang gemaak en verlede jaar die WPMXC (Westelike Provinsie Motorcross Klub) se kampioenskap gewen. Vanjaar neem Tiaan aan die MSA Nasionale Kampioenskap deel en met nog twee kompetisies oor, is hy tans in ‘n algehele vierde posisie uit die beste 30 ryers in Suid-Afrika. Buiten die Nasionale Kampioenskap, lê Tiaan ook tweede in die Pro-50cc streekkampioenskap. Hy beweeg volgende jaar op na die groter 65cc-klas as gevolg van sy ouderdom, maar het reeds vanjaar in hierdie klas begin deelneem en lê tans derde in die 65cc streekskampioenskap. Soos met enige ander sportsoort, verg motorfietsy dissipline en gereelde oefening. “Tiaan oefen een dag per week vir twee ure
by die Zone 7 baan saam met sy afrigter Anthony Raynard, ‘n voormalige SA MX-kampioen. Dan oefen hy ook op sy eie ‘n verdere dag of twee gedurende die week en naweek afhangende van sy skoolsport,” sê Gustav. Dié sportsoort het ook talle uitdagings – iets waarvoor Tiaan nie bang is nie. “Die verdediging van sy huidige kampioenskapstitel asook die gesogte Top 5 posisie in die Nasionale Kampioenskap is 'n voortdurende uitdaging en verg harde werk. Hierdie outjies leer op 'n vroeë ouderdom om groot uitdagings en teleurstellings te hanteer,” verduidelik Gustav. “MX is 'n ‘extreme’ sport en ‘n val gedurende ‘n resies of ‘n meganiese probleem kan jou kampioenskap kos. Tiaan het bv tydens die vyfde rondte van die Nasionale Kampioenskap in Pietermaritzburg ‘n waaghalsige poging aangewend om die ryer in derde plek verby te gaan. Soos soms gebeur, was hierdie poging onsuksesvol en dit het vir Tiaan ‘n harde val besorg. Hy het al geleer om so vinnig moontlik weer terug op sy motorfiets te spring na ‘n val, die resies klaar te maak en dan wonde te lek,” vertel hy oor die waardevolle lesse wat Tiaan al geleer het. Gustav beskryf Tiaan as ‘n “adrenalien junkie”. “Hy floreer op spoed en gevaar. "Hy is byvoorbeeld een van net twee 50cc
mx-ryers in Suid-Afrika wat ‘n 30 meter-sprong suksesvol kan spring en Tiaan was ook die eerste 50cc-ryer in die land wat n sekere ‘tripple jump’ by die Thunder Valley baan suksesvol gespring het. "Eers na dit het die ander topryers sy voorbeeld gevolg,” vertel hy oor Tiaan se waagmoed. Dit is Tiaan se droom om ‘n MX-wêreldkampioen te word en in Amerika, waar die sportsoort baie gewild is, deel te neem.
“Motorcross gee vir Tiaan die platform om sy energie en unieke lewenslus uit te leef. Hy geniet sy mede mx-deelnemers met wie hy almal maats is,” sê sy pa. Hierdie waaghals, wat ook vir sy skool se A-span hokkie speel, graag bergfiets ry en die buitelewe geniet, het groot drome, tonne energie, baie waagmoed en ongelooflike deursettingsvermoë – alles eienskappe van ‘n ware sportman.
OPENING SOON IN WESKUS MALL for great deals
Wellington
MASSIVE BIRTHDAY DEALS
.co .za /win ec
Pick n Pay Wine Club
lub
Join our
ay knp www.pic
119 115
39
R
90
BUY 2 FOR
99
R
Durbanville Hills Sauvignon Blanc 750ml
39
R
R
R
Savanna Dry NRB 12 x 330ml
Drostdy Hof Extra Light 5L
Nederberg Rosè 750ml
PRICES VALID 17 - 20 AUGUST 2017 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, SABLE SQUARE AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays in Malmesbury and Wellington. Buy-aid cards not accepted at the following stores: Vanderhof, Northmead, Rosettenville, Elspark, Hoedspruit, Stanger, North Beach and Sharon Park. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Olof Bergh Brandy 375ml
129 99
R
90
Three Ships Whisky 5yr Deposit Included 750ml
R
Muirheads Scotch Whisky 750ml FRGTHS5954
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. FRGTHS5654_VRENDENBURG.indd 1
2017/08/11 1:59 PM