Skip to main content

432 die courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

9 Augustus 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 432

9 Augustus 2017

Weltevrede seëvier

Die jaarlikse derby tussen die plaaslike hoërskole, Bergrivier Sekondêr en Weltevrede Sekondêr, het op Saterdag 5 Augustus by die Pelikaan Park-stadion plaasgevind. Weltevrede het by hierdie geleentheid die rekordboeke herskryf nadat hulle vir Bergrivier met 46-13, die hoogste telling ooit tussen hierdie skole, geklop het. Bergrivier het hard probeer om terug te veg nadat een van Weltevrede se spelers met ‘n geelkaart van die veld gestuur is, maar Weltevrede het verbete bly staan en selfs nog twee drieë aangeteken. Spelers soos Bevan Oliphant, Jevan August (die kaptein) en Jenovan Spannenberg het veral tot die sukses van Weltevrede in hierdie wedstryd bygedra.

•'DIE MAN WAT FACEBOOK OORGENEEM HET'

Burre bring hoop •Jaomi Zeeman Een man. Vyf maande. 152 lorries vol voer vir boere in droogte-geteisterde of brand-geteisterde areas. Dít is wat Burre Burger die afgelope tyd vermag het. Hierdie man het die nood van mense wat swaar deur die heersende droogte getref is, gesien en besluit om nie net sy kop te skud oor die swaarkry van ander nie, maar om iets daadwerkliks daaraan te doen. Burre het sosiale media ingespan om sy planne gestalte te laat kry. “’n Mens kan nie net sit en kyk hoe ander mense swaarkry nie. Die projek het aanvanklik begin om hulp aan boere by Calvinia te verleen, maar later na ander gebiede uitgebrei. Daar is honderde boere wat op hul knieë gedwing is deur die knellende droogte. Hulle is ons voedselverskaffers en ek het net gedink dat ‘n mens hierdie mense moet help,” sê hy. Burre, wat in die voedselverspreidingsbedryf werk, het gelukkig die nodige kennis, vaardighede en kontakte wat vir die verspreiding van groot hoeveelhede voer of kos benodig word. Hy het ook die krag en strekwydte van die sosiale media in berekening gebring maksimaal met sy planne ingespan. Hy het ‘n facebook-blad Droogtehulp (Met Burre Burger) met die uitsluitlike doel van bewusmaking en die vra van hulp vir hierdie projek gestig. “Die reaksie van mense op my versoeke en pleidooie is regtig oorweldigend. Die netwerk van mense wat inspring om te help wanneer ons ‘n plek waar hulp nodig is identifiseer, is iets wat

‘n mens hoop vir ons land en ons toekoms gee,” sê hy. Hulle het reeds meer as 150 vragte voer aan boere wat in droogtegeteisterde gebiede of gebiede wat deur veldbrande verwoes is, besorg. Burre se mikpunt is om uiteindelik ten minste 200 vragte af te lewer. Die areas waar hulle hulp verleen strek oor die hele Wes- en Noord-Kaap. “Ons het onder andere al ‘n varkboer in Albertinia, ‘n beesboer in Plettenbergbaai, boere by Verkeerdevlei, Bultfontein, Pofadder, Vredendal, Barkley-Wes, Plettenbergbaai, Calvinia en Prieska gehelp. Daar is soveel nood regoor die provinsie,” sê Burre. Hy plaas gereeld video-boodskappe en versoeke op facebook om mense bewus te maak van die nood en om hulp te vra. Hy was selfs al ‘n gas van Martelize Brink op RSG met hierdie hulpverleningsprojek. Martelize het na hom verwys as “die man wat facebook oorgeneem het om mense in nood te help”. Volgens Burre het hy al alle moontlike metodes op geld in te samel op die proef gestel. “Ons het al muntleggings by verskeie skole gehou. Ons het ook al wyn, ander plaaslike produkte en naweekpakkette opgeveil om geld bymekaar te maak. Mense doen ook natuurlik skenkings en gee donasies. Elke bietjie help,” vertel hy. Een van sy vriende in die vervoerbedryf het

aangebied om die vragte teen ‘n spesiale tarief te vervoer – iets wat baie help om die kostes van elke besending voer so laag as moontlik te hou en verseker dat hul meer vragte na noodgeteisterde gebiede kan stuur. “Boere is sulke trotse mense, hulle vra nie sommer vir hulp nie. Wanneer hulle wel vra, is die nood regtig groot. Daar is ‘n emosionele kant aan hierdie projek. Mense huil van dankbaarheid wanneer die voer by hulle afgelwer word,” sê Burre. Volgens hom het sy eie geloof baie gegroei sedert hy met die projek begin het, want hy was iemand wat laasjaar Oktober wou self tou opgooi op die lewe. “Daar is soveel hoop vir ons land. Daar is soveel mense wat nog bereid is om mekaar te help,” sê hy. Met hierdie projek wil hy graag hoop bring aan mense wat miskien besig is om moed te verloor, want hy weet hoe dit voel om moed te verloor. Hy wil egter ook hê dat dit ‘n kettingreaksie van goeie dade tot gevolg sal hê. “Wanneer ‘n mens jou met mense omring wat almal bereid is om te help, gebeur daar wonderlike dinge. Jy moet gló in dit wat jy doen en dat dit suksesvol sal wees. As jy in jouself glo, hard werk en op God vertrou, sal daar iets goeds van kom,” sê Burre. Enigeen wat belangstel om by die projek betrokke te raak kan Burre kontak by 082 970 9219 of burre@twobrothers.co.za.

NUUS • NEWS


2

9 Augustus 2017

Herwinningsprojek met skole groot sukses Die Wellington Community Care Group (WCC) het onlangs, in samewerking met die Drakenstein Environmental Watch (DEW) en ander rolspelers ‘n herwinningskompetisie by plaaslike skole geloods. Die inisiatief het leerders van plaaslike skole uitgedaag om bruikbare artikels uit rommel te maak. Leerders van enige skool in en rondom Wellington kon as individue of as groepe vir die kompetisie inskryf. Daar was ook groot kontantpryse vir die wenners op die spel. Met ‘n eerste prys van R2000, ‘n tweede prys van R1000 en vier pryse van R500 elk, het die leerders hul bes gedoen om kreatief te wees met hierdie uitdaging. Die uitstalling van die beste inskrywings, die beoordeling van die items en die prysuitdeling vir hierdie kompetisie het op Vrydag 4 Augustus by die Breytenbach Sentrum plaasgevind. “Ons was op soek na die mees praktiese en mooiste items wat uit herwinbare materiaal gemaak kan word,” het Aniel Redelinghuys, medestigter van WCC, verduidelik. Die organiseerders het bekwame beoordelaars vir die evaluering van die inskrywings gekry. Die paneel-beoordelaars het Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach Galery, die bekende kunstenaar Marinda du Toit, Bernus van der Westhuizen van DEW en Donald Mouton van Fairview bestaan. Die ingeskrewe items is op grond van hul funksionaliteit, duursaamheid, estetiese waarde, innovasie, moeilikheidsgraad en die hoeveelheid herwinbare materiaal wat gebruik is, beoordeel. Deelnemers, beoordelaars en gaste kon aan heerlike versnaperings weglê, terwyl hul die kreatiewe items in die uitstalling besigtig het. In haar toespraak het Aniel Redelinghuys na die belangrikheid van herwinning, as alternatief vir ander metodes om van rommel ontslae te raak, verwys. “Hierdie projek is gebore om mense bewus te maak van alternatiewe manier om met rommel om te gaan. Daar is soveel idees wat ons met ons vullis kan doen en die produkte wat hierdie kinders gemaak het wys vir ons dat daar baie nut in die dinge is wat ons weggooi,” het sy gesê. Sy het al die deelnemers aangemoedig om nie op te hou om nuttige items uit rommel te maak nie. “Hierdie is die bewys dat baie van ons probleme opgelos kan word deur te herwin. Dit is nie net vriendelik teenoor die natuur nie, maar kan mense bemagtig om geld te verdien of om

duur gebruiksitems met goedkoper alternatiewe, wat uit herwinbare materiale gemaak is, te vervang,” het Aniel verduidelik. Aniel sê sy glo dat hierdie projek wys dat Wellington as ‘n gemeenskap ons vullis kan herwin. Onder die items wat vir die kompetisie ingeskryf is, was ‘n leunstoel uit plastiekbottels, pragtige handsakke wat uit plastieksakke gehekel is, speelgoed, kunswerke, hulpmiddels vir onderwysers, juweelkissies en –houers, kledingstukke, nutshouers en juwele. In haar repliek op die items het een van die beoordelaars, Marinda du Toit, die deelnemers aangemoedig om aan te hou om nuttige items uit afvalmateriaal te maak, maar ook om hul voetspoor wat rommel betref te probeer verklein. “Die feit dat ons items uit afvalmateriaal maak, regverdig nie die feit dat ons soveel plastiek in ons daaglikse lewe gebruik nie. Ek wil ‘n beroep doen op elkeen om, wanneer julle gaan inkopies doen, te probeer om byvoorbeeld nie elke keer plastieksakke by die winkel te koop nie, maar liewer julle eie sakke saam te neem. In ons daaglikse lewe moet ons probeer voorkom dat die vraag na plastiekprodukte verhoog word,” het sy verduidelik. Caron Potocnik van DEW het by Marinda aangesluit. “Hierdie projek bewys nie net dat daar nut in rommel is, vaardighede daaruit ontwikkel kan word en geld daarmee verdien kan word nie. Dit is ook ‘n bewusmakingsprojek van die feit dat daar waarde en nut in herwinning is,” het sy gesê. Uiteindelik is daar verskeie pryse aan individue en skole vir hul pogings toegeken. Hillcrest Primêr is as alghele wenner aangewys vir hul inskrywing van talle gehekelde sakke uit plastiek, speelgoed en kledingstukke. Op ‘n vraag oor watter juffrou die seuns en dogters so mooi geleer hekel het, het hulle almal gelag. “Dis mnr. Williams, ons tegnologie-onderwyser wat ons leer hekel!” het hulle gesê. Bernus van der Westhuizen van DEW het ter afsluiting op die samewerking tussen verskeie rolspelers in die gemeenskap, sowel as dié van elke inwoner klem gelê. “DEW is die hele tyd in gesprek met die munisipaliteit oor oplossings vir ons rommel. Daar is net een manier om hierdie probleem te oorkom en dit is as almal saamwerk. Hierdie samewerking begin heel onder, by ons kinders en wat ons hulle ten opsigte van rommel leer,” het hy gesê.

NUUS • NEWS

Bo: Al die wenners van die onderskeie pryse in die Herwinningskompetisie vir plaaslike skole.

Bo: Die algehele wenners was Hillcrest Primêr. Hier staan Corné Davids, Ruhleigh Smith, Marazelle Johannes, Enrique September, Asraa Williams en Al-Johan Williams wat almal deel was van die wenspan.


NUUS • NEWS

3

9 Augustus 2017

Nuwe Boekklub hou eerste byeenkoms

•BINNEKORT INGEWY

Hugo Rust spog met nuwe saal

Die eerste sooi is reeds in 2010 gespit. Onder: Die leerders is opgewonde oor hul nuwe skoolsaal.

Kosie Opperman, die skrywer Rudie van Rensburg, sy vrou Lize van Rensburg en Naomi van Dyk by die eerste byeenkoms van die plaaslike Boekklub. Die Boekklub is nie net ‘n gewilde televisiereeks nie, dit is nou ook iets wat maandeliks in Wellington plaasvind. Die idee vir ‘n plaaslike boekklub is tydens ‘n gesprek tussen Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach Galery, en Elsabe du Toit, voormalige bibliotekaresse by die dorp se biblioteek, gebore. “Die boekklub is eintlik Elsabe se ‘breinkind’,” sê Anne-Ghrett. “Sy het met die idee vorendag gekom tydens een van ons gesprekke. Sy is eintlik die ‘hoofmeisie’ van hierdie nuwe klub.” Die eerste byeenkoms van hierdie nuwe inisiatief het op Donderdagaand 3 Augustus in die Bôrdienghuis Teater by die Breytenbach Sen-

trum plaasgevind. Die bekende misdaadskrywer, Rudie van Rensburg, het as spreker opgetree. Rudie het nie net sy nuwe misdaadroman, Kamikaze, aan Wellingtonners kom bekendstel nie, maar ook oor skryfproses en ander boeke gesels. Hy het ‘n interessante blik op sy gedissipleerde lewe as skrywer, sowel as die interessante ervarings wat daaruit spruit, gewerp. Die opkoms na hierdie eerste byeenkoms van Wellington se nuwe Boekklub was oorweldigend en boekliefhebbers, lesers en leergieriges het die hele teater volgesit. Vir navrae oor die Boekklub kan belangstellendes die Breytenbach Sentrum by 021-873 2786 kontak.

Die ingenieursfirma Aurecon het onlangs, as deel van hul Mandela Dag inisiatief, benodigdhede vir NorSA ingesamel. Hulle het hierdie items op Vrydag 4 Augustus aan NorSA gaan oorhandig. Volgens Samantha Duncan van Aurecon het hulle hele Paarl-kantoor saamgespan om hierdie inisiaitief moontlik te maak. “Ons het besluit om NorSA met ons Mandela Dag inisiatief te ondersteun, omdat hulle so ‘n onbaatsugtige diens aan kinders en die gemeenskap lewer. Almal in die kantoor het items gebring wat hulle kan gebruik. Dit was regtig wonderlik om te sien hoe almal inspring en hul harte en hande oopmaak om hierdie projek te ondersteun,” het sy gesê. Aurecon het onder andere doeke, komber-

sies, klere en speelgoed ingesamel en aan Norsa oorhandig. Hanrie Labuschagne van NorSA verduidelik dat hulle van sulke skenkings afhanklik is om ‘n goeie diens te kan lewer. “Enige skenkings uit die gemeenskap help ons regtig baie om die kinders in ons sorg goed te versorg en in hul basiese behoeftes te voorsien. "Ons fokus op familiesorg, gesondheidsorg, dagsorg, pleegsorg, voedselsekuriteit en aanneming en dit is nie alles moontlik sonder hulp uit die gemeenskap nie. Ons waardeer sulke skenkings regtig baie,” het sy gesê. Belangstellendes kan NorSA by 021-873 5636 of norsa.marietjie@gmail.com kontak of hul webtuiste by www.norsacommunitycare.org besoek.

Ingenieurs reik hand uit na NorSA met skenking

Laerskool Hugo Rust is reeds vir meer as 60 jaar ‘n uitnemende opvoedkundige instelling in ons dorp. Hulle moes egter vir hierdie hele tydperk sonder ‘n amptelike skoolsaal klaarkom. “’n Eie skoolsaal was nog altyd een van ons skool se groot drome,” sê Nanette van der Merwe, opvoeder van die skool. Hierdie droom is intussen bewaarheid. Met die hulp van verskeie fondsinsamelings en die deursetttingsvermoë van ouers en personeel oor ‘n lang tydperk het hierdie droom in 2010 begin gestalte kry. “Ons kon uiteindelik in 2010 met die bouwerk van die saal begin. Dit was ‘n lang proses en het insette van ons wonderlike ouers en onderwysers in hierdie projek, kan nooit onderskat word nie. Dit is húlle wat hierdie droom laat waar word het en hierdie nalatenskap vir ons toekomstige leerders gelaat het,” sê Nanette. Die saal is intussen voltooi en die projek is afgehandel. Om hierdie groot gebeurtenis in die skool se geskiedenis te vier, het hulle besluit om ‘n behoorlike “daknatmaak”-funksie te hou. Op 13 Oktober wil Hugo Rust hierdie nuwe bate

behoorlik inwy. “Ons, as Hugo Rusters, is baie opgewonde oor die informele ‘daknatmaak’-funksie van ons saal. Dit gaan ‘n heerlike geleentheid met ‘n driegangmaaltyd en vele pittige Hugo Rust-, stories en –staaltjies wees. Die storievertellers gaan op ‘n gerieflike bank op die verhoog sit en die gaste, tussen die heerlike kosgange deur, met ons skool se stories vermaak,” sê Nanette. Volgens Nanette sal daar ook items eie aan Hugo Rust, maar ook verskeie ander items, tydens ‘n veiling opgeveil word. “Gaste kan hulle gereedmaak vir lekker onthou-stories, baie lag, musiek en ‘n gesellige atmosfeer wat alle Hugo Rust-vriende, van toeka tot nou, weer die nostalgie van ons skool se erfenis sal laat beleef,” sê sy. Die skool nooi alle oud-onderwysers, -ouers, -leerders, asook hul huidige ouerkorps uit om deel te hê aan hierdie droom-wat-waar-word-geleentheid. Belangstellendes kan hul Hugo Rust-vriende kontak om ‘n tafel van 10 vol te maak of ‘n e-pos stuur na bemarking@hugorust. co.za.


courant

dié

4

NUUS • NEWS

9 Augustus 2017

Veelsydigheid gee veerkrag

‘n Nuwe wingerdboukundige het onlangs na die veelsydigheid van ons dorp se winger verwys. Dit is blykbaar ongelooflik hoe die verskillende hange, die klimaat en verskeidenheid in grond uiteindelik die produkte uit ons vallei uitnemend maak en bydra tot uiteenlopende resultate. Hierdie gewaarwording van ‘n wingerdboukundige is waarskynlik ook van baie ander dinge in ons dorp waar. Veelsydigheid is talent, begaafdheid, aanpasbaarheid, alsydigheid, buigsaamheid en uiteenlopende vermoëns – alles dinge wat oorvloedig in ons vallei en sy mense gestalte kry. Veelsydigheid is ook familie van diversiteit. Ons dorp is ‘n hutspot van ‘n verskeidenheid van kulture, gelowe, eienaardighede, uiteenlopende belangstellings en sonderlinge talent. Dit word gevier in alles wat ons aanpak, die dinge wat ons gee en dit waarmee ons ons besig hou. Ons vier die verskille, maar dit bind ons ook saam. Dit gee ons die vermoë om by nuwe idees aan te pas, buigsaam te wees en talent te ontgin. Ons skrywers is ook dramaturge en gemeenskapwerkers, soos Gaireyah Fredericks wat jongmense met ‘n skryf- en dramaskool wil ophef. Joernaliste en bloggers van elders staan verstom oor die verskeidenheid kwaliteit produkte wat ons dorp bied. ‘n Pensionaris wat eens ‘n plaaswerker, bouer en taxibestuurder was, ontgin op sy oudag sy kunstalent. Hugo Rust Laerskool dink innoverend wanneer hulle oor jare ‘n projek vir ‘n eie saal aanpak. Die groot verskeidenheid produkte uit afvalmateriaal wat by die Breytenbach Sentrum uitgestal is, dien as bewys van nuwe idees en buigsaamheid. Die wêreldatletiekkampioen uit Mbkweni se verhaal is een van veerkragtigheid en Burre Burger se projek om boere te help bewys dat die kontras van nood en oorvloed met innovering oorbrug kan word. Wanneer ‘n mens die goeie nuus van dinge wat in Wellington gebeur onder oë kry, staan jy soms verstom – veral in ‘n tyd wat goeie nuus maar skaars is. Die uiteenlopenheid en verskeidenheid van plekke en mense wat daarby betrokke is, is verstommend. Veelsydigheid gee ons veerkrag. Mag elkeen hierdie week, soos ons Luvo, sommer baie veerkrag hê.

Dis Goeie Nuus

Joernaliste leer ken die omgewing van vallei

Die joernaliste lê weg aan ‘n wyn-en-pannekoek-paring by Wellington Wines.

Dr. Andrew Bosman

Vertrou op die Here

Dawid het nie slegs gedig nie, maar sy psalms is liedere. In Psalm sewe-en-dertig skryf hy in die vorm van ‘n alfabetiese psalm dat ‘n mens nie moet kwaad wees vir mense wat verkeerde dinge doen nie, en ook nie jaloers wees op die onreg wat hule doen nie. Hy skryf dat hulle gou sal verwelk, en soos grasspruitjies sal hulle verdroog. Hy beveel aan : vertrou op die HERE, en doen wat goed is, woon en oefen om getrou te wees. Verlustig jou in die HERE, dan ontvang jy die begeertes van jou hart. Soms weet ons ook nie regtig wat ons graag wil hê nie, maar die Here weet, en Hy sal ons dit laat vind. Ons moet ons weg aan die HERE oorlaat, en op Hom vertrou en dit sal uitgevoer word. Die teenstelling van die wat nie op die HERE vertrou nie, hulle verwelk, en hulle word uitgeroei, maar die wat op die HERE wag se weë word bevestig en hulle sal die aarde besit, want die wet van sy God is in sy hart.

Wellington se Toerisme Kantoor het, in samewerking met die Peridot kommunikasie-agentskap en verskeie plaaslike wynkelders, restaurante en ander besighede in die gasvryheidsbedryf, ‘n inisiatief geloods waar hulle dit wat ons dorp kan aanbied, aan ‘n wyer mark wil bekendstel. ‘n Hele groep joernaliste, bloggers en skrywers van verskeie publikasies en sosiale mediaplatforms is onlangs op ons dorp se beste produkte, wyne, kos en besienswaardighede getrakteer. Hierdie gaste is per bussie van Kaapstad na ons pragtige dorp vervoer, waarna hulle kon proe en weglê aan die geure uit ons vallei terwyl

hulle die gasvryheid van ons mense geniet en saamgekuier het. Die groep het verskeie wynkelders, wynplase en restaurante besoek. Hulle kon ook sien hoe wingerdstokkies geënt word en het deurlopend die sosiale mediaplatforms laat gons met hul positiewe kommentaar oor ons dorp en vallei. “Ek dink hierdie dorp is een van die bes bewaarde geheime van die Wes-Kaap. "Wat ‘n groot verskeidenheid van hoë gehalte wyne en produkte kom hier nie uit hierdie plek nie? Ek woon in Kaapstad en sal beslis nou gereeld hierheen kom,” het een van die bloggers laat hoor.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

5

9 Augustus 2017

Hugenote Kollege sit hand by met koeponne Die Hugenote Kollege het tydens die jaarlikse Mandeladag-vieringe hul gewig saam met die res van die gemeenskap ingegooi om ‘n positiewe verskil in ons dorp te maak. Op Vrydag 21 Julie 2017 het bykans 50 van die Kollege se personeellede en nuwe studente van die Wellingtonkampus by die bekende G-Voucher-projek gaan hand bysit. Die studente het vooraf inligting ter bewusmaking van die projek ontvang en ook ‘n koepon gekry wat hulle in ‘n uitreiking na haweloses in Wellington kon gebruik. Met die G-voucher-projek word haweloses van ‘n koepon voorsien wat hulle nie net van ‘n warm ete verseker nie, maar ook hul basiese behoeftes en mensewaardigheid aanspreek.

Die studente en personeel van die Hugenote Kollege het die haweloses by die G-Voucherperseel lang die NG Moedergemeente bedien. Die studente het die haweloses met skriflesing en sang, sowel as met die opskep en bediening van die middagete bygestaan. Daar is ook met die mense gesels om bewus te word van die behoeftes in die gemeenskap. ‘n Handvol studente het verder gehelp om klere, wat deur die publiek geskenk is, aan die mense by die G-Voucherprojek te oorhandig. Vir meer inligting oor die Hugenote Kollege, kontak die kampus by 021 873 1181 of besoek www.hugenote.com. Vir meer inligting oor die G-Voucher-projek, besoek www.gproject.co.za.

FCB CAPE TOWN 10014312CT/E

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United RFC Fixtures 12 Aug - Semi Finals: Top 8 19 Aug - Finals: Top 8 For more information, contact Jovan-ré Cupido at 073 296 3575 or jovanrewc@ gmail.com Wellington VLV 9 Augustus: Monique Strydom tree op as deel van Wellington VLV se Vrouedagvieringe. Funksie begin om 09:30 in NG Wellington Noord se kerksaal. Kostes beloop R150 per kaartjie Wellington Metodiste Kerk 9 Augustus: Die Wellington Metodiste Kerk hou 'n vrouedagfunksie om 10:00 in Coodestraat, Van Wyksvlei. Gassprekers sluit in Lizl Naude, Petro LM Gordon en 'n sessie oor klerekasbeplanning sal gehou word. Kaartjies beloop R150 en sluit 'n driegang-ontbyt en geskenkpak in. Vir navrae kontak Dorothea Albanie by 072 089 1906 of Claudelle Julius by 083 953 9614 Uplift Hermon 9 Augustus: Vrouedag-vieringe met 'n oggendtee by Rondeheuwel Laerskoolsaal. Verrigtinge begin om 10:30 vir 11:00. Die spreker is Johan Jooste en plaaslike kunstenaars sal optree. Kom geniet 'n koppie koffie of tee met eetgoed. Prys vir die mees interessante hoed. Kostes beloop R10 per persoon. Kaartjies beskikbaar by die Rooi Spens Solo Studios 11-13 Aug: Verskeie kunstenaars se uitstallings by Solo Studios in Riebeekvallei. Vooraf-bespreking is noodsaaklik by solostudios. co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington-Noord se kerksaal. Kontak Melanie by 021 873 1040 met navrae. Boland Sportvereniging vir Liggaamlike gestremdes 14 Augustus: Die vereniging vergader om 19:00 by die Edenskool vir LOS op Worcester. Kontak Errol by 082 770 3071 met navrae. Breytenbach-sentrum 19 Augustus: Mallies en die Sakemanne Burgerstraat word aangebied in Die Bordienghuis by die Breytenbach-sentrum. Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Drostdy Teater 19 Augustus: Jak de Priester tree op by die Drostdy Teater. Vertoning begin om 20:15 en die kostes beloop R140 Vir navrae kontak Marni Venter by 082 754 0750

NOW FRESHER THAN EVER Every day we’re up early. We’re busy baking the softest, tastiest Albany ever, thanks to the state-of-the art technology at our newly renovated Bellville Bakery. Our greener, safer bakery is busy night and day, with our staff lovingly baking over 1 million loaves a week, so that more families across the Cape can enjoy the fresh taste of Albany. ALBANY EVERYDAY. NOW FRESHER THAN EVER.

E H T L FEEO L VE

HE T L FE E HNE SS FRE S


6

NUUS • NEWS

9 Augustus 2017

Jak de Priester maak 'n draai by Bôrdienghuis Die bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Jak de Priester, gaan hierdie week in Wellington kom optree. De Priester sal Saterdag 12 Augustus in die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach-sentrum te sien wees. Hierdie sanger is ook ‘n skrywer en TV-persoonlikheid. Sy vertonings is vol komedie, nostalgie en pragtige musiek. Hy het aanvanklik bekendheid verwerf met sy “Sally Williams nougat” treffer ‘n paar jaar gelede en het sedertdien diep in Suid-Afrikaners se harte gekruip met sy verhalende lirieke en pragtige wysies. Jak, wat eers ‘n onderwyser was, het in 2003

die ATKV se Crescendo-kompetisie gewen en daarna sy eerste album opgeneem. Dit is nou 13 jaar later en hy het intussen ag albums, een digbundel en ‘n koffietafel-woordkuns boek die lig laat sien. Sy loopbaan is steeds besig om te groei. Hy is die skrywer en sanger van die temalied van “Binnelanders” en ook die skrywer van die temalied vir KykNet se “10 uit 10” en “Reis na Gister”, ‘n program waarvan hy ook die aanbieder is. Wellingtonners kan hierdie storieverteller, musikant en skrywer hierdie week in aksie sien wanneer hy by die Bôrdienghuis optree. Vir besprekings, kontak 021-873 2786 of teater@ breytenbachsentrum.co.za.

Mediese sorg van hoogste gehalte by Cure te kry

Bo: Fanie Theron (Chianti Properties), Dr Jan Klompje, Bert von Wielligh (besturende direkteur) en Dr Niel Taljaard. Bo: Angela Waring (operasionele bestuurder), Bert von Wielligh (bestuurende direkteur) en Michelle Wolmarans. Agter: Gwen von Tonder, Jo-Anne van Rooyen, Marietjie Wiehahn, Melda Witbooi, Sharon Willemse, Shirene Andrews, Kobrie Nothling, Anel Scheeper en Johan Sampson.

Bo: Kobrie Nothling, Anel Scheepers, Trudy en Liezl Muller. Tweede ry: Johan Sampson, Donovan Adams, Joy Scheffers, Sharon Willemse, Jo-Anne, Rose van der Vyver en Jo-Anne van Rooyen. Derde ry: Gwen van Tonder, Natalie Rudolph, Michelle Wolmarans, Marietjie Wiehahn, Shirene Andrews, Phildene Geldenhuys, Zanre Joubert en Hanlie.

Cure Day Hospitaal Paarl is deel van die Cure Day Holdings Groep van daghospitale in SuidAfrika en vier vanjaar sy vyfde verjaarsdag/ bestaansjaar. Cure Day Clinics was die droom van ‘n groep dokters met ‘n visie om kwaliteit maar bekostigbare mediese sorg aan Suid Afrikaners te bied. Suid Afrika se private mediese sorg is al gekritiseer vir hoë kostes en mediese inflasie. Cure Day Hospitale adresseer hierdie probleme en bied laer pryse aan hul pasiënte, maar veral ook vir privaat betaalbare pasiënte. Cure Day Hospitaal het gegroei tot ag fasiliteite, vier in Gauteng (Medkin, Midstream, Erasmuskloof en Fourways) een in die Vrystaat (Bloemfontein) en drie hospitale in die Wes-Kaap (Paarl, Somerset Wes en Bellville). Wilgeheuwel in Gauteng sal operasioneel wees in 2018 en verdere uitbreidings word ondersoek. Cure se daghospitale in Somerset-Wes en Bellville het onlangs ook die akkreditasie ontvang van COHSASA (Council for Health Service Accreditation of Southern Africa) waarop hulle baie trots is. COHSASA is die enigste mediese vereniging wat Internasionaal erken word en help verskeie mediese fasiliteite om hoë standaarde te verseker. Cure Day Hospitaal Paarl is in die hartjie van die Boland geleë en bied kwaliteit mediese sorg aan pasiënte van die Wynland-gemeenskap so ver as Vredendal en Saldanhabaai. Hulle bied dieselfde-dag-chirurgiese prosedures wat deur gekwalifiseerde spesialiste gedoen word en hul dissiplines sluit in: Oor- Neus en Keel chirurgie, Algemene chirurgie, Ginekologie, Plastiese chirurgie, Urologie, Dermatologie, Mond- en Kaak chirurgie, Oftalmologie, Gastroënteroloog en tandheelkunde-chirurgie. Hulle bied ‘n rustige atmosfeer vir hulle pasiënte, maar ook vir hul verpleeg en administratiewe personeel en dit ook die oorsaak dat verskeie van hul personeel hul vyf jaar diens gevier het. Hoekom hulle kies? Cure Day Hospitale bied verskeie voordele vir sy pasiënte. Laer tariewe vir privaat en mediese fondspasiënte, Verkorte herstel periode na operasies, Vinniger toelatingsproses, kindervriendelike omgewing, minder kans op infeksies en gekwalifiseerde en kundige personeel wat pasiënte gemaklik en welkom laat voel. "KIES ONS EN MAAK DIE REGTE KEUSE."


NUUS • NEWS

9 Augustus 2017

2017 Swartland Skou om die draai

Dit is weer daardie tyd van die jaar, wanneer daar groot dinge op Moorreesburg beplan word. Dit is weer tyd vir die Swartland Skou vanaf 6 tot 9 September op dié Swartlandse dorp. Die Swartland Skou groei elke jaar sedert ‘n klein samekoms van boere in die omgewing wat idees wou uitruil oor saaimetodes en hoe om beter oesresultate te verseker. In die twintigerjare is die eerste skoubyeenkoms van perde in Hooikraal, noord van Moorreesburg gehou. Wat vanjaar se skou nóg meer besonders maak, is die internasionale Hereford Kampioenskappe ter viering van die SA Hereford Telersgenootskap se 100ste bestaansjaar in 2017. Die genootskap vier onder meer hul rol in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse vleisbeesindustrie oor die afgelope 100 jaar. Die eeufeesvieringe sluit ‘n toer vanaf 4 September tot 15 September rakende Herefords in die Wes-Kaap in. Die hoof vieringe vind egter by die Swartland Skou plaas waartydens kursusse, karkaskompetisies, ‘n openingsgalageleentheid, die 2017 internasionale kampioenskappe en ‘n spoggerige galadinee onder meer sal plaasvind. Vanjaar sal daar weer hope wees vir die hele gesin om te sien en te snuffel en te geniet. Die Swartland Skou op Moorreesburg is die grootste landbouskou in die Wes - Kaap en spog met ‘n motor/masjinerie en landbounywerheid - uitstalling van hoogstaande gehalte, verskeie kampioenskappe, Wa - spanne van agt, 'n MTB

pretrit, groot verskeidenheid binne - en buite uitstallers en heerlike smulgeregte by Veepos, Kafee, Wyntuin, Cattle Inn en Swartland Deli/Koffiekroeg. Swartland Skou is bekend onder vroue vir hul gewilde Damesoggend. Vanjaar se Damesoggend vind op 7 September plaas waartydens elke gas behoorlik bederf gaan word. ‘n Driegangmaaltyd, vertonings deur Elvis Blue, Chereé en Quanita Adams is op die spyskaart, so bespreek nou jou kaartjies by Computicket teen R350 elk. Vir die jongspan sal daar talle vermaak wees, so ouers kan dit as 'n daguitstappie sien. Daar is vanjaar weer hope kindervermaak waarvan die hoogtepunt in hul agenda die vertoning Buster en Bella sal insluit. Verdere kampioenskappe kan by die beesafdeling verwag word soos die Angus Wes- & Suid-Kaap-streekkampioenskappe (rooi en swart). Daar kan ook uitgesien word na die merinostreekskampioenskappe. Die Wes-Kaap Pluimveeklub is die oudstes skoupluimveeklub in die land. Die pluimveeafdeling by die Swartland Skou word deur dié klub gereël en hanteer om soveel moontlik verskillende rasse, raseggeteelde pluimvee te lok, asook die stokperdjie aan die algemene publiek bekend te stel. Tans word daar sowat 90 verskillende rasse hoenders, ganse, eende, kalkoene en selfs eiers by elke landbouskou waarby die klub betrokke is, ingeskryf. Die pluimvee-afdeling is baie gewild en word druk deur die publiek besoek. Die beoordeling van die pluimvee vind die Don-

derdag om 09:30 plaas. Hierdie afdeling met sy puik pluim vee en sierduiwe is die moeite werd om te besoek. En wat is ‘n skou sonder perde. Die Nasionale SA Vlaam-kampioenskappe, die Wes-Kaapse Hackney-streekskampioenskappe en die WP Saalperd-sreekskampioenskappe vind binne die arena op die skougronde plaas. ‘n Wye verskeidenheid van uitstallers kom deel elke jaar die skou en sluit lekker eetgoed, huisware, geskenke en vele meer in. Daar is natuurlik ook vir die boere uitstallers met die nuutste masjinerie en toerusting op die mark om te besigtig en dalk te koop.

7


courant

8

NUUS • NEWS

9 Augustus 2017

dié

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

9 Augustus 2017

Hillies en Roses dring deur na semi-finaal Die afgelope naweek het groot massas rugbyondersteuners van regoor die Boland saamgetrek in Wellington by die Boland-stadion vir die Boland se Top 8-uitspele. Die vier streke se top twee spanne het byeen gekom om sake uit te spook. Die spanne wat hierdie jaar deelgeneem het was Witsentraal: Roses United en Hillcrest United van Wellington en Swartweskus: Wesbank en Darling, Breëlangeberg-Robertson Town en Worcester Villagers en Overberg-Hawston en Atlantics. ‘n Goeie atmosfeer met sang en dans in die pawiljoene het die spanne aangemoedig om goeie rugby op te dis. Tydens die wedstryde het die twee groot rugbyklubs van Wellington

Foto: Francio Abrahams Hillies-span hulle van hulle voete af gespeel het. Emile Booysen het talle Hawston spelers afgeskud met storm-lopies, terwyl Dillon Maart draaie om die besoekers gehardloop het. Hillies het skokgolwe deur die hele Boland gestuur toe hulle na 80 minute koning gekraai het. Die eindtelling was 30-21. Komende naweek geskied die semi-finale op Boland-Stadion waar Roses United teen Worcester Villagers die stryd sal aansê en Hillcrest United teen Robertson. Die klubs moedig alle Wellingtonners aan om die twee klubs te ondersteun.

in die Swartweskus-streek was ‘n drieëfees. Met goeie hardloop-rugby van albei spanne het Robertson die knoop in die laaste minuut deurgehaak met ‘n skepskop. Die eindtelling was 50-48 in die guns van Robertson. Wesbank (die streek-wenners van die Swartweskus) moes buig voor Villas in ‘n dinamiese wedstryd waar voorspelers gedomineer het. Villa het koning gekraai 41-35. In die finale wedstryd van die dag het Hillies en Hawston (Top 8-kampioene van 2016) mekaar die stryd aangesê. Hawston skrik vir niks wat ‘n 100% wenrekord tydens die streek wedstryde getoon het, het die skok van hulle lewe gekry toe die jong

(Roses en Hillies) die dorp se naam hooggehou. Die eerste wedstryd is gespeel deur Roses United en Atlantics. Roses United het weer eens gewys hoekom hulle een van die groot name in die Boland is toe hulle 97-13 met Atlantics afreken. Die span van Hermanus was heeltemal onkant betrap deur ‘n fikse en baie georganiseerde Roses-span. Met goeie samespel en gehalte-rugby deur Cornel Hendricks en Jonwin Lewis was dit maar moeilik om die Roses te stuit. Die wedstryd tussen Robertson (die streek wenners en Breëlangeberg) en Darling wat weer na jare hul regmatige plek ingeneem het

- Jovan-ré W Cupido

•LUVO SPRING GOUD LOS

Medaljes vir vallei Suid-Afrikaners het op Saterdag 5 Augustus voor die televisie vasgenael gesit en kyk hoe twee van ons verspringers aan die Wêreld Atletiek Kampioenskappe in Londen deelneem. Luvo Mayonga en Ruswahl Samaai het die Suid-Afrikaanse vlag hoog laat wapper deur onderskeidelik die goue en brons medaljes te verower. Met hierdie prestasie het dié atlete nie net hul landgenote van trots laat swel nie, maar ook geskiedenis gemaak. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat Suid-Afrika twee medaljes in dieselfde item by hierdie byeenkoms wen. Wat hierdie prestasie selfs meer uitsonderlik maak, is die feit dat hierdie twee atlete beide produkte van die Drakenstein Vallei is. Mayonga is oorspronklik van Mbkweni buite Wellington en Samaai is van die Paarl. “Sjoe, twee medaljes vir Suid-Afrika!

Hierdie goue medalje maak my ongelooflik gelukkig. Ek het gebid hiervoor. Die wêreldrekord is my volgende doelwit. Ek en Ruswahl druk mekaar by elke byeenkoms. Ek is die beste in die wêreld – dit klink ongelooflik,” het Mayonga na sy oorwinning in ‘n onderhoud gesê. Mayonga, wat ook die Suid-Afrikaanse rekordhouer in verspring is, het met ‘n reusesprong van 8,48m sy eerste plek op die podium verseker. Samaai het met sy afstand van 8,32m die derde plek losgespring. Die Amerikaner Jarrion Lawson het die silwermedalje gewen. Luvo se ma werk al vir 13 jaar by dieselfde werkgewer op Wellington. “Hy het behoorlik voor ons groot geword. Hy het ‘n moeilike pad gestap. Geluk, Luvo! Jy maak jou land trots, maar meer as dit maak jy jou mamma trots,” het sy ma se werkgewer hom op facebook geluk gewens.

Atletiek: Die atlete van die Wellington-atletiekklub het Saterdag na die Riebeekvallei gereis en daar deelgeneem aan die jaarlikse PPC Bergmarathon.

.co .za /win ec

for great deals

lu b

Join our

Pick n Pay Wine Club

Wellington

ay knp www.pic

119

54

39

R

R

R

90

Savanna Dry NRB 12 x 330ml

Bernini Blush NRB Bernini Classic NRB 6 x 275ml

Durbanville Hills Sauvignon Blanc 750ml

115

129

R

R

Richeleu Brandy Deposit Included 750ml

Three Ships Whisky 5yr Deposit Included 750ml

90

95

BUY 2 FOR

99

R

R

Smirnoff Vodka 750ml

Olof Bergh Brandy 375ml

PRICES VALID 10 - 13 AUGUST 2017 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, SABLE SQUARE AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays in Malmesbury and Wellington. Buy-aid cards not accepted at the following stores: Vanderhof, Northmead, Rosettenville, Elspark, Hoedspruit, Stanger, North Beach and Sharon Park. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

FRGTHS5875


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
432 die courant wellington by DieCourant - Issuu