432 die courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

9 Augustus 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 432

9 Augustus 2017

Weltevrede seëvier

Die jaarlikse derby tussen die plaaslike hoërskole, Bergrivier Sekondêr en Weltevrede Sekondêr, het op Saterdag 5 Augustus by die Pelikaan Park-stadion plaasgevind. Weltevrede het by hierdie geleentheid die rekordboeke herskryf nadat hulle vir Bergrivier met 46-13, die hoogste telling ooit tussen hierdie skole, geklop het. Bergrivier het hard probeer om terug te veg nadat een van Weltevrede se spelers met ‘n geelkaart van die veld gestuur is, maar Weltevrede het verbete bly staan en selfs nog twee drieë aangeteken. Spelers soos Bevan Oliphant, Jevan August (die kaptein) en Jenovan Spannenberg het veral tot die sukses van Weltevrede in hierdie wedstryd bygedra.

•'DIE MAN WAT FACEBOOK OORGENEEM HET'

Burre bring hoop •Jaomi Zeeman Een man. Vyf maande. 152 lorries vol voer vir boere in droogte-geteisterde of brand-geteisterde areas. Dít is wat Burre Burger die afgelope tyd vermag het. Hierdie man het die nood van mense wat swaar deur die heersende droogte getref is, gesien en besluit om nie net sy kop te skud oor die swaarkry van ander nie, maar om iets daadwerkliks daaraan te doen. Burre het sosiale media ingespan om sy planne gestalte te laat kry. “’n Mens kan nie net sit en kyk hoe ander mense swaarkry nie. Die projek het aanvanklik begin om hulp aan boere by Calvinia te verleen, maar later na ander gebiede uitgebrei. Daar is honderde boere wat op hul knieë gedwing is deur die knellende droogte. Hulle is ons voedselverskaffers en ek het net gedink dat ‘n mens hierdie mense moet help,” sê hy. Burre, wat in die voedselverspreidingsbedryf werk, het gelukkig die nodige kennis, vaardighede en kontakte wat vir die verspreiding van groot hoeveelhede voer of kos benodig word. Hy het ook die krag en strekwydte van die sosiale media in berekening gebring maksimaal met sy planne ingespan. Hy het ‘n facebook-blad Droogtehulp (Met Burre Burger) met die uitsluitlike doel van bewusmaking en die vra van hulp vir hierdie projek gestig. “Die reaksie van mense op my versoeke en pleidooie is regtig oorweldigend. Die netwerk van mense wat inspring om te help wanneer ons ‘n plek waar hulp nodig is identifiseer, is iets wat

‘n mens hoop vir ons land en ons toekoms gee,” sê hy. Hulle het reeds meer as 150 vragte voer aan boere wat in droogtegeteisterde gebiede of gebiede wat deur veldbrande verwoes is, besorg. Burre se mikpunt is om uiteindelik ten minste 200 vragte af te lewer. Die areas waar hulle hulp verleen strek oor die hele Wes- en Noord-Kaap. “Ons het onder andere al ‘n varkboer in Albertinia, ‘n beesboer in Plettenbergbaai, boere by Verkeerdevlei, Bultfontein, Pofadder, Vredendal, Barkley-Wes, Plettenbergbaai, Calvinia en Prieska gehelp. Daar is soveel nood regoor die provinsie,” sê Burre. Hy plaas gereeld video-boodskappe en versoeke op facebook om mense bewus te maak van die nood en om hulp te vra. Hy was selfs al ‘n gas van Martelize Brink op RSG met hierdie hulpverleningsprojek. Martelize het na hom verwys as “die man wat facebook oorgeneem het om mense in nood te help”. Volgens Burre het hy al alle moontlike metodes op geld in te samel op die proef gestel. “Ons het al muntleggings by verskeie skole gehou. Ons het ook al wyn, ander plaaslike produkte en naweekpakkette opgeveil om geld bymekaar te maak. Mense doen ook natuurlik skenkings en gee donasies. Elke bietjie help,” vertel hy. Een van sy vriende in die vervoerbedryf het

aangebied om die vragte teen ‘n spesiale tarief te vervoer – iets wat baie help om die kostes van elke besending voer so laag as moontlik te hou en verseker dat hul meer vragte na noodgeteisterde gebiede kan stuur. “Boere is sulke trotse mense, hulle vra nie sommer vir hulp nie. Wanneer hulle wel vra, is die nood regtig groot. Daar is ‘n emosionele kant aan hierdie projek. Mense huil van dankbaarheid wanneer die voer by hulle afgelwer word,” sê Burre. Volgens hom het sy eie geloof baie gegroei sedert hy met die projek begin het, want hy was iemand wat laasjaar Oktober wou self tou opgooi op die lewe. “Daar is soveel hoop vir ons land. Daar is soveel mense wat nog bereid is om mekaar te help,” sê hy. Met hierdie projek wil hy graag hoop bring aan mense wat miskien besig is om moed te verloor, want hy weet hoe dit voel om moed te verloor. Hy wil egter ook hê dat dit ‘n kettingreaksie van goeie dade tot gevolg sal hê. “Wanneer ‘n mens jou met mense omring wat almal bereid is om te help, gebeur daar wonderlike dinge. Jy moet gló in dit wat jy doen en dat dit suksesvol sal wees. As jy in jouself glo, hard werk en op God vertrou, sal daar iets goeds van kom,” sê Burre. Enigeen wat belangstel om by die projek betrokke te raak kan Burre kontak by 082 970 9219 of burre@twobrothers.co.za.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.