Skip to main content

431 die courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

NUUS • NEWS

dié

2 Augustus 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 431

2 Augustus 2017

•BARBIER KNIP 70 JAAR ANDER SE HARE

Sakkie en sy skêr haal rekordboeke •Jaomi Zeeman Wellington het al talle legendes opgelewer. Daar is ‘n hele paar groot name wat die weg in die literêre, geestelike, sport en kulturele wêrelde gebaan het wie se wortels hier in dié dorp lê. Daar is egter net een mens wat waarskynlik op die titel van ‘n wêreldrekord in haarsny kan aanspraak maak: Oom Sakkie van der Vyver. Op Donderdag 27 Julie het die einde van ‘n era aangebreek toe die 93-jarige oom Sakkie van der Vyver oorlede is. “Die legendariese Oom Sakkie” – dít is die skrywer Dana Snyman se beskrywing van Wellington se barbier wat vir byna sewentig jaar lank mense se hare geknip het. Meer eenvoudig en meer raak kan Oom Sakkie seker nie beskryf word nie: ‘n legende. Volgens Engela Ferreira, Oom Sakkie se dogter, stroom huldeblyke, stories en mense se boodskappe van medelye onophoudelik sedert haar pa se dood in. “’n Mens besef eintlik nou eers hoeveel mense hy geken het en hoeveel mense vir hom lief was – mense op wie se lewens hy almal ‘n impak gehad het,” sê sy. Sy vertel dat haar pa al sedert skooldae mense se hare gesny het. “My pa was ‘n nederige, maar trotse man. Hy wou graag skool klaarmaak en het besluit om self sy skoolgeld te betaal. Hy het vakansies op die plaas gewerk vir ekstra geld en deur die kwartaal het hy sy maats en onderwysers se hare gesny om geld te verdien. Só het hy homself deur hoërskool gekry,” vertel Engela. Na skool het oom Sakkie ‘n kursus as kleremaker gevolg en homself hierin gekwalifiseer. “Min mense weet dat my pa ook ‘n gekwalifiseerde kleremaker was. Hy kon baie goed klere maak en het onder andere klere vir ‘n hele paar bekende mense gemaak. "Oom Jannie Smuts het juis ‘n pak klere wat my pa vir hom gemaak het gedra toe hy vir Koningin Victoria gaan ontmoet het,” lig Engela die sluier oor haar pa se ryke verlede. Oom Sakkie het ook ‘n kursus as barbier by die Tegniese Kollege aan die Kaap voltooi,

waarna hy voltyds begin het om mense se hare te sny. In 1946 het hy Wellington toe gekom en homself hier as die plaaslike barbier gevestig. Volgens Engela het hy eers ‘n salon by die destydse Stasie Kafee gehad en later die salon in Kerkstraat oopgemaak. Nadat hy sy salon in Kerkstraat gesluit het, het hy nog vanuit sy huis in Milnerstraat mense se hare geknip. “My pa het die huis in Milnerstraat in 1957 gekoop. Dit was ons grootwordhuis en toe hy later begin siek word en sorg nodig gehad het, het ons na hom toe getrek om hom te help. "Hy is 60 jaar nadat hy in hierdie huis ingetrek het, hier oorlede ook. Dit is eintlik baie spesiaal. Hier is soveel herinneringe,” sê Engela. Oom Sakkie se gewildheid en hoe geliefd hy onder mense was, blyk uit die talle huldeblyke wat sedert sy dood instroom. Op facebook is talle inskrywings ter herinnering van hierdie Wellingtonse legende. “Hy kon baie stories vertel. Jammer die

manne op die TV het nie van hom geweet nie. Hy en sy famous karate chop,” skryf ‘n destydse onderwysstudent. “Hy het my hare mooi laat lyk vir seker 25 jaar. Hy was ‘n great oom,” skryf iemand. “Ek en my pa het elke maand vanaf Riebeek-Wes met sy Honda 400 twin gery om by Oom Sakkie hare te laat sny. Lank gesit en baie gesels. Wit jas, skêr wat so geklik-klik is tussen vingers, lem wat geslyp word op leerbelt vir sidies,” onthou nog iemand. In 2014 het Oom Sakkie egter finaal sy wit jas en skêr gebêre. “My pa se bene kon nie meer nie, dit het ingegee. Maar hy het elke dag daarna nog terugverlang na die salon. In die tyd dat hy baie agteruitgegaan het en Alzheimers en demensie gekry het, het hy gereeld nog na sy salon se sleutels gesoek en wou hy opsluit daarheen om iemand se hare te gaan knip. ‘Die mense sit in rye vir my en wag’ sou hy sê. Om mense se hare te knip was deel van sy hele wese,” vertel Engela. Volgens haar was haar pa egter veel meer as ‘n barbier. “Hy het alles van die mense op die dorp geweet. Hy en daardie salon het alles belewe. Onderwysers het daar gesit en vraestelle merk, mense het daar gekla, raad gevra, diep dinge gepraat en simpatie gesoek. My pa het niemand geoordeel nie,” sê sy. “Vir my was hy ‘n held, ‘n vertroueling, ‘n vriend. Ons was baie naby aan mekaar. Hy wou altyd mense rondom hom hê, selfs in sy laaste jare. "Hy was lief vir almal en almal was lief vir hom. Selfs sy agterkleinkinders het altyd rondom hom gekoek,” vertel Engela. Met sy begrafnis Maandagoggend in die APK Kerk in Wellington is hierdie legende verlaas gegroet. Sy stories, die herinneringe uit sy salon en sy menswees sal egter vir altyd deel wees van Wellington en almal wat al oom Sakkie se pad gekruis het. “Almal lag nou vir sy stories – dis asof dit nou ‘n nuwe lewe kry. "Dis soos wat hy dit sou wou gehad het,” sê Engela.

Spend R100 or more and SMS KFC33 and your till slip no. to 32695

-----------------------------------------------------------------------------------

R1/SMS. Free SMS bundles do not apply, errors will be billed. T’s&C’s Apply.

-----------------------------------------------------------------------------------

Valid until 11 September 2017

Participating stores: Athlone, Airport City, Bayside, Strand Beach, Blouberg, Blue Downs, Blue Route, Caledon, Capricorn, Ceres, Eerste Rivier, Eureka, Gardens, Gatesville, Grandwest, Grassy Park, Greenpoint, Gugulethu, Halt Road, Hermanus, Hermanus-Sandbaai, Khayelitsha, Maitland, Maynard Mall, M’Plain Town Centre, M’Plain TC Station, Ottery, Parklands, Pelican Park, Piketberg, Plumstead, Promenade, Promenade Mall, Robertson, Sanctuary, Sandown Crossing, Sea Point, Somerset Mall, Somerset West, Stellenbosch, Stellenbosch-Bird Street, Strand, Table View-Flamingo Square, Tokai, V&A Waterfront, Vangate Mall, Waterstone, Welgelee, Wellington, Westgate, Westridge, Wetton, Wynberg.


2

NUUS • NEWS

2 Augustus 2017

Hillcrest in kwarteind

Die span van Hillcrest sal Saterdag in die kwarteindronde te staan kom. Foto: Roswall de Vries Die span van Wellington het die naweek Ceres top-8 saam met hul, bure Roses United. Punte in skok agter gelaat. Ceres was Saterdag blou en makers in die eerste span: Emile Booysen (2), geel toe Wellington in groot getalle opgedaag Carlon Carollissen, Lyal Nyman, Dillon Maart en het om hul span te ondersteun. Ongeag die feit Wheendon Jooste (2 doelskoppe, 2 strafskoppe.) Hillcrest het vanjaar baie goeie rugby gespeel dat Hillcrest slegs een van die drie wedstryde op die dag kon wen, sluit hulle die jaar op 'n baie en het goed stempel afgedruk in die Boland. Die derde span onder leiding van afrigters Leon hoë noot af. Hillcrest het in die wedstryd gegaan as die Cupido, Mario Jaquir en André Abrahams het swartskaap, weg van die huis, en met Ceres wat die streek gewen na 10 jaar. Hierdie span het 10 wedstryde laas tuis verloor het. Dit was meer ‘n goeie balans van ervare en opkomende speas ‘n motivering vir Emile Booysen en sy span. lers en het slegs twee wedstryde dié seisoen Met net vyf minute in die wedstryd en Hillies verloor. Die tweede span het hul titel suksesvol was reeds 7-0 voor na ‘n sterk rolmaal-bewe- verdedig en weer as streekkampioene uit die ging. Die kaptein of Iron Man soos talle onder- stryd getree. Die span onder leiding van afrigters steuners hom noem sê: “Ons het baie gehad om Francois Booysen, Heinrich Albertus en Reginald voor te speel. Ons getroue toeskouers wat week- Gertse, het goeie rugby opgelewer en weereens -na-week in groot getalle opgedaag het asook die minste punte in die streek afgestaan. Die om te verseker dat ons weer Top 8 gaan speel.” eerste span onder leiding van afrigters Reggie Spanwerk, goeie dissipline en goeie besluitne- Manuel, Edward Jansen en Albert Billings het ming het die span van Wellington deurgedra. tweede geëindig in die Witsentraal-streek waar Voorlangs het Percy Koopman, Carlon Carol- daar baie verrassingsuitslae was. Dis voorwaar lissen en Emile Booysen Ceres se gedugte 8-tal 'n geskiedkundige jaar vir Hillcrest United. Vanjaar se Top-2 in die Witsentraal-streek sommer goed aan die kant gemaak met harde verdediging en stormlopies terwyl Kyle Marthi- (Hillcrest United en Roses United) is weer ‘n nussen die teenstander frustreer met sy taktiese bewys van hoe gesond die rugby op Wellington skoppe. Die span van Wellington het die knoop is. Hillcrest en Roses sal die komende naweek die deurgehak met 35-28 en ‘n plek verseker in die dorp verteenwoordig by die Top-8-wedstryde.

Gedigte in vlug te sien by Breytenbach-galery

Bo: Die kunsuitstalling bestaan uit ‘n verskeidenheid kunswerke. ‘n Splinternuwe uitstalling het onlangs by die Breytenbach Galery geopen. Hierdie uitstalling, genaamd “Gedigte in vlug”, is ‘n groepuitstalling deur verskillende, uiteenlopende kunstenaars. Die uitstalling bestaan uit ‘n verskeidenheid kunsvorms, waaronder juweelkuns, skilderkuns, weefwerk, fotografie, houtwerk en origami. Die kunstenaars is Madeleine Marincowitz, Ronel Geldenhuys, Colleen Gericke, Kobus la Grange, Juanita Oosthuizen, Michelle Lefebvre, Anja van Wyk, Jana Visser, asook Design Africa en die G9 Fotografiegroep. Tydens die opening het een van die kunstenaars, Ronel, en Anne-Ghrett, kurator van die galery, gedigte wat met die tema van die uitstalling verband hou, voorgelees. Die kunstenaars is almal voorgestel en die agtergrond van die kuns, sowel as die gedagte van die uitstalling en waar dit sy ontstaan gehad het, is ook bespreek. Volgens Anne-Ghrett het die tema van die

uitstalling sy ontstaan eintlik by ‘n baie ou uitdrukking gekry. “Die cliché, ‘poetry in motion’, was die idee waarop die hele tema van die uitstalling gebou is. Dit het net te ‘cheesy’ geklink. Ek kom toe met die idee van ‘gedigte in vlug’ – daar is baie kunswerke in die uitstalling, veral dié van Madeleine Marincowitz, wat baie voëls in het. Die geweefde mandjies, die origami, ál die kunswerke konsentreer op beweging. "Dit word basies ‘n metafoor,” verduidelik sy. Op die Breytenbach Sentrum se webblad word die uitstalling as “magies”, “iets wat al die sintuie prikkel” en “‘n visuele, sensoriese ontploffing” beskryf. Dit voldoen voorwaar aan al hierdie eienskappe. Die uitstalling is oop vir die publiek. Vir meer inligting kan belangstellendes die galery by 021864 2988 of 083 415 0002 kontak.

Elzahn Nel was deel van die 0/11 Wes-Kaap span wat gedurende die Junie-vakansie deelgeneem het aan die Wes-Kaap Inter-Distriktoernooi , wat op Wellington plaasgevind het. Die span het GOUD gewen.


NUUS • NEWS

3

2 Augustus 2017

•HUGENOTE-ONNIE NOU 'N BOKKIE-BREIER

Sendin aan stuur van SA-span Lance Sendin, ‘n onderwyser en eerstespan rugby-afrigter by Hugenote Hoërskool, is pas as die nuwe afrigter van die SA Skole-rugbyspan aangewys. Hy sal die SA Skolespan tydens die Internasionale o/19 Rugbyreeks lei. Sendin, het verlede jaar ook die aftigting van die SA Skole A-span behartig. “Ek verlede jaar ook die SA Skole o.18-span afgerig. "Hierdie span word elke jaar na die o.18 Coca Cola-week bekendgemaak en neem dan aan die o.19 Internasionale reeks teen Wallis, Frankryk en Engeland deel,” verduidelik hy. Volgens hom is dit ‘n groot eer om hierdie amp te beklee. “Ek voel baie, baie bevoorreg. Daar is so baie uitstekende skole-afrigters in SA en dit is regtig iets besonders om weer die rol te vervul. Ek voel ontsettend geëerd,” sê Sendin.

Hy het groot planne vir hierdie span en baie duidelike doelwitte oor wat hy met die spelers wil bereik. “Ek wil eerstens elke speler holisties ontwikkel en die span as ‘n eenheid saamsnoer. "Ek wil ook ‘n kultuur skep wat SA trots sal maak. Ons doelwit ook is om aanskoulike rugby te speel en goeie resultate te behaal,” sê hy. Sendin wil graag die beperkte oefeninge van die span voor die internasionale toernooi ten volle benut. “Oefeninge is maar so gestruktureer om die beste uit die spelers te kry en effektief vir die wedstryde voor te berei. "Ons het slegs ses oefeninge voor die eerste wedstryd. "Dit is baie gevra van die spelers om dan te gaan speel teen ‘n span wat reeds in ‘n Europese

toernooi gespeel het. Daarom probeer ons om doelgerig en effektief voor te berei. Baie tyd gaan ook in wedstryd/spelers-analise,” sê hy oor hierdie groot uitdaging. Hy hoef hierdie groot uitdaging gelukkig nie alleen aan te pak nie en het ‘n hele span kundiges wat hom sal bystaan. Die hulp-afrigter, Roean Bezuidenhout, die spanbestuurder, Ofentse Moeng, die kondisioneringsafrigter, Andre Smith, spandokter, dr. Gerhard Coetzer en fisioterapeut, Kim Naidoo, sal hom met hierdie reuse-taak ondersteun. Volgens Sendin vind die wedstryde van die internasionale toernooi plaaslik plaas. “Die wedstryde vind plaas op die volgende datums: 11 Augustus teen Wallis by City Park, 15 Augustus teen Frankryk by Paarl Gimnasium en 19 Augustus teen Engeland, ook by City Park,” sê hy.

FCB CAPE TOWN 10014312CT/E

Mieke se kapsel geknip vir Kansa

‘n Jong Wellingtonner het onlangs besluit om haar pragtige lang hare aan Kansa te skenk. Die vyfjarige Mieke de Villiers, ‘n leerder by Bambi, het die haarstuk van 25cm lank self by die plaaslike Kansa-kantoor gaan afgee. Volgens haar ma, Elsabe, het sy Mieke van kinders met kanker vertel. “Ek het aan haar verduidelik dat hul hare as gevolg van die behandeling uitval. Ek het ook verduidelik dat ‘n mens ‘n pruik uit regte hare kan maak. Ons het daaroor gepraat en sy het besluit om haar lang poniestert te skenk om maatjies wat kanker het, te help,” verduidelik sy. Elsabe verduidelik dat ‘n mens 25 tot 30cm skoon, droë hare in ‘n poniestert wat aan beide kante vasgemaak is in ‘n sakkie moet plaas en na Kansa kan neem. “Ons is haarsalon toe en Vanessa van Style-haarsalon het Mieke se haartjies gesny. Ons het dit toe na Kansa se kantoor by die Martha-saal geneem,” vertel Elsabe. Die plaaslike Kansa-kantoor sal binnekort na die Monta Rosa Gebou, kantoor 12 in die Paarl se Hoofstraat verskuif. “Mieke is baie gelukkig met haar korter hare en dink nie eers meer aan haar lang hare nie. Sy is bly dat sy iemand anders kon help. Ons sal graag wil hê meer mense moet hierdie geleentheid gebruik om mense met kanker te help op ‘n manier wat binne hul bereik is,” sê Elsabe.

NOW FRESHER THAN EVER Every day we’re up early. We’re busy baking the softest, tastiest Albany ever, thanks to the state-of-the art technology at our newly renovated Bellville Bakery. Our greener, safer bakery is busy night and day, with our staff lovingly baking over 1 million loaves a week, so that more families across the Cape can enjoy the fresh taste of Albany. ALBANY EVERYDAY. NOW FRESHER THAN EVER.

E H T L FEEO E V L

HE T L FE E HNE SS FRE S


courant

dié

4

2 Augustus 2017

Tussen die vloerplanke

Tydens sy vertoning Saterdagaand in die Bôrdienghuis Teater het Arno Carstens die gehoor met liedjies van sy nuwe Afrikaanse album vermaak. Mense het vasgenael gesit en luister na sy alternatiewe aanslag en poëtiese lirieke. Dit is veral die lirieke van een liedjie, “Vloerplanke”, wat die aandag getrek het: “Bly te kenne ons is niemand, niets. So gebore en so laat staan, tussen die krake van niksvergaan. Onder die grond tussen die vloerplanke…” Hierdie nostalgiese, filosofiese lirieke lewer kommentaar op ons verganklikheid, maar sê ook iets van die stories van ons menswees wat soms net deur die skrefies en krake van goed soos vloerplanke, gordyne en mure gesien of weggesteek kan word. “As die mure darem kon praat” is ‘n uitdrukking wat ons baie hoor. Dieselfde kan seker van die vloerplanke gesê word. Met oom Sakkie van der Vyver se heengaan hierdie week en met die duisende boodskappe en stories van mense wat onder hierdie legende se hande deurgeloop het, wonder ‘n mens watter stories en geheime die vloerplanke in sy salon alles bewaar. Wie se hare het al deur die krake geval? Watter belangrike mense se voetsole het al daar getrap? Watter bekentenisse, geheime en grappe se eggos lê daar? So sou elke vloer, muur, dakbalk en gordyn in Wellington seker oneindige stories kon vertel en is hulle die bewaarders van ons dorp se skandes en grappe, maar ook van ons welslae, samehorigheid, ongesiene goeie dade en die erfenis van pionierskap. Die vloerplanke in die Breytenbach Galery is tans die grond waarop die wonderlikste kunswerke, almal ‘n metafoor vir “gedigte in vlug”, staan. Die vloere en mure van ons plaaslike skole is die getuies van ons talentvolle skoliere se harde werk en prestasies. Die vloere van verskeie sale en huise is die bewaarders van die ure wat VLV-lede met liefde en presisie aan handwerk bestee. Die vloerplanke van Wagenmakersvallei Primêr is die basis waar Diego Appollis sy talente vir die SA Skolerugbyspan geslyp het. Die vloere en mure van die Huis Andrew Murray kinder- en jeugsorgsentrum getuig van jare se onbaatsugtige diens en hoop. Mag die stof van dankbaarheid en voorspoed, saam met die sweet van ons aanskyn, hierdie week mildelik deur ons vloerplanke sif.

It’s Good News

Dr. Marc Blackwell

Happy ignorance

Sometimes the result of ignorance is more than a loss of opportunity or money. There are times it can be absolutely dangerous. Such was the case on the Island of Lubang for many years after WWII. Hiroo Onoda was a Japanese soldier who didn’t know Japan had surrendered. He continued fighting for 29 more years. During that time span, he wounded 100 civilians and killed another 30. When he was finally convinced, in 1974, that the war was over, he came out of the jungle, surrendered his sword, rifle and backpack. He then fell to the ground and wept. If only he had known. When we trust in Christ as Savior, we are given a treasure without measure – eternal life. We are indwelt by the Holy Spirit. We receive a remedy for sin and guilt – forgiveness and pardon. We are granted the capacity to deal with despair and disappointment – faith and joy. We are entrusted with an important responsibility – being a gospel witness. We are given the power to defeat fear – through love, power and a sound mind. Many of us often live as if we have no knowledge of these blessings. We seem to “forget” and choose instead to face life’s challenges in the faulty power of the flesh. For believers and unbelievers as well, regardless of blissfulness, the worse thing someone can be is “Happily Ignorant.” This is one reason that Jesus said, “You shall know the truth and the truth shall set you free.” As believers, our privilege is to know. Our responsibility is to tell. No matter how happy people may appear, if they are ignorant of the gospel, or the responsibilities of believing it, their bliss will be short-lived.

NUUS • NEWS

HAM hou Kersfees in Julie

Bo: Personeel van HAM saam met verteenwoordigers van die Hottentots Holland-gemeente en Bettina Shuttle – almal vrywilligers en donateurs wat tot die projek bygedra het. Die Hottentots Holland NG-Gemeente in Die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum (HAM) het op Saterdag 29 Julie ‘n feestelike Somerset-Wes het besluit om die kinders met ‘n “Kersfees in Julie” gehou. Hierdie projek vorm ete te bederf en het heerlike hamburgers vir al deel van hulle inisiatief om in al hul inwoners se die inwoners gebraai. Hulle het ook Kersvaders saamgebring wat die geskenke aan die kinders basiese behoeftes te voorsien. Volgens Karen Pietersen, hoof van bemarking uitgedeel het. Die geskenke is deur middel van by HAM, wou hulle met hierdie inisiatief poog donasies uit die gemeenskap saamgestel. Verteenwoordigers van die Hottentots Holom die gemeenskap by die voorsiening van die land-gemeente het as beoordelaars opgetree kinders se alledaagse benodigdhede, te betrek. “Ons is so afhanklik van hulp vanuit die om die beste huis aan te wys. Die kinders se huise is op grond van die vergemeenskap om ten volle in die kinders se emosionele, fisiese, intellektuele en geestelike sierings, die atmosfeer, hoe die tafels gedek is, hul kleredrag en spanwerk beoordeel. Die wenbehoeftes te kan voorsien,” verduidelik sy. Vir hierdie doel het hulle die hulp van ver- -huis het met ‘n geskenkbewys vir ‘n heerlike ete skeie instansies, besighede en individue bekom in ‘n restaurant weggestap. “Ons is baie bevoorreg dat daar soveel mense om in die middel van die jaar die kinders met ‘n geskenkpakkie te bederf. Hulle het dit ook bygedra het om van hierdie projek ‘n sukses te ‘n stappie verder gevat deur dit as ‘n spanbou- maak. "Almal wat donasies of skenkings vir die -geleentheid vir die kinders te gebruik. “Die Kersfees-gees loop omtrént hoog onder presente gegee het, die mense van die Hottendie kinders. Elke huis se inwoners moes saam- tots Holland-gemeente wat die kos geskenk en werk om hul huis te versier volgens ‘n Kersfees- gemaak het en Bettina Shuttles wat die geskenk-tema. Hulle moes elkeen ook ‘n Kerstafel dek. bewys vir die restaurant-ete gegee het – hulle Dit het ‘n ongelooflike gevoel van samehorigheid het almal bygedra om hierdie kinders se lewens en samewerking onder die kinders bewerkstel- ‘n bietjie beter te maak, om hulle spesiaal te laat lig. Almal het so mooi saamgewerk en is so trots voel en om in hul basiese behoeftes te help voorsien,” sê Karen. op hoe hul huise lyk,” sê Karen.


NUUS • NEWS

5

*2

01

7

dy

2 Augustus 2017

Re

p ut a

ti on I n s t i t

ut e

st

u

PRICE PER NAPPY

Size 2 Size 3 Size 4 Size 4+ Size 5

66s 58s 50s 44s 44s

R1.93 R2.20 R2.55 R2.90 R2.90

77 22 38 127 47

R

R

SAVE R32

Jacobs Krönung Instant Coffee Assorted 200/250g (Excluding Decaf) Each

R

SAVE R4

R

SAVE R15

Jungle Oats 1kg

Flora Fat Spread Assorted 1kg Tub Each

SAVE R18

Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Per Pack

99 R

SAVE R7

Omo Auto Washing Powder with/ without Comfort 2kg, Liquid Detergent with/without Comfort 1.5 Litre or Capsules 14s Each

BIRTHDAY PROMOTION R

69

BUY ANY 2 FOR

R

Per kg

30

R

19

NOW ONLY

R

SAVE R5

SAVE R5

PnP Bulk Kameelhout Thick Boerewors

PnP Pies Assorted (Excluding Burger Pies)

NOW ON

49

99

no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 2kg

99

SAVE R6

All Gold Tomato Sauce 700ml

BUY 2 AND SAVE

R

R

10

33

R

SAVE R3

SAVE R17

Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

PnP Strawberries 250g

20

BUY ANY 2 FOR

Fatti’s & Moni’s Pasta Shapes Assorted 500g

10

BUY ANY 3 FOR

R

90

SAVE R3

Knorr Soup Assorted 50g

+ R

35

PnP White Sugar 2.5kg

20

R

BUY BOTH FOR

99

R

SAVE R4

Simba Chips 125g and Nik Naks 150g Assorted

R

13

Coca-Cola Regular 2 Litre

99

WAS R126

104

SAVE R22

Castle Lager or Hansa Pilsener 12 x 500ml Cans Per Pack Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za

Prices Valid 3 - 6 August 2017 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape

Also at

MMWCHS1579


6

2 Augustus 2017

NUUS • NEWS

VLV luister na interessante praatjies Die plaaslike VLV-tak het op Donderdag 27 Julie hul maandelikse vergadering in die Wellington-Noord Kerksaal gehou. Tydens hierdie byeekoms het die marktafel oudergewoonte onder die tuisgemaakte produkte gekreun en kon die dames na interessante sprekers luister. Alet Bulloch het in ‘n praatjie oor refleksiologie lig op hierdie alternatiewe metode van pynverligting gewerp. Sy het die dames meer vertel oor waar al die senupunte in die liggaam eindig en die effek wat stimulasie van hierdie eindpunte op ontspanning, ontgifting en herstel in die liggaam kan hê. Kaptein Basil Seekoei van die plaaslike SAPS het ook oor misdaadvoorkoming gepraat. Hy is die SAPS se korporatiewe kommunikasiebeampte, skakel met die gemeenskap en spreekbuis van die stasiekommissaris. Volgens Kaptein Seekoei is daar die afgelope tyd veral ‘n styging in huisbrake, diefstal en geweldsmisdade in ons area. Hy het verskeie wenke ten opsigte van die bekamping van hierdie tendense gegee. “Dames moet onthou om nie met hul handsakke wat agter hul rug hang in die winkels te loop nie. "Dit maak hulle ‘n maklike teiken vir mense met lang vingers om iets daaruit te steel. Handsakke hoort ook nie in winkeltrollies nie. Wanneer jy bestuur en jou handsak staan oop en bloot op die passasiersitplek, maak jy jouself ‘n teiken vir grypdiewe,” het hy gewaarsku.

Hy het ook daarop gewys dat vir ‘n misdaad om plaas te vind, daar twee faktore betrokke is. “Misdaad word gepleeg wanneer daar ‘n begeerte by die misdadiger is om iets te bekom en wanneer daar ‘n geleentheid is om daardie item te kry. "Mense moet probeer om nie ‘n geleentheid vir misdaad te skep nie en sodoende hierdie faktor uit te skakel,” het hy verduidelik. “Wanneer mense oop en bloot hul selfone in die openbaar gebruik, maak hulle hulself teikens. "Ook wanneer hulle al hul bewegings op sosiale media uitblaker. Misdadigers is baie kere intelligensie gedrewe. Om elke dag volgens dieselfde patroon jou bewegings te beplan en uit te voer, maak jou kom en gaan voorspelbaar vir ‘n misdadiger,” het hy raad gegee. Hy het belangrike telefoonnommers gegee wat die gemeenskap moet gebruik in geval van nood of wanneer hulle verdagte aktiwiteite raaksien: 021-864 8440/021-864 8473/2 (plaaslike stasie) 082 777 6380 (kol. Johan Barkhuizen, slegs in geval van geen reaksie by ander nommers) 08600 10111 (na-ure) Die oggend is met ‘n klavieruitvoering deur Lize Grobbelaar en ‘n heerlike kuier met koek en tee afgesluit. Die VLV hou op 9 Augustus ‘n Vrouedag Oggend met Monique Strydom as spreker. Kaartjies is teen R150 elk by Juanita Loubser (083 264 9834) beskikbaar en sluit sop en soetwyn in.

Bo: Die dames van die VLV luister na al die interessante inligting. Onder: Agterna is heerlik rondom koek en tee gekuier.

Hoofleiers:

Aan die einde van die tweede kwartaal het Laerskool Hugo Rust die vier hoofleiers vir 2017 aangewys. Hannes van Wyk (hoofseun), Corne de Jonge (onder-hoofseun), Lumari Gilliland (hoofmeisie) en Emma Eksteen (onder-hoofdmeisie). Die skool het ‘n Diensraadstelsel waar elke graad 7-leerder op ‘n roterende basis die geleentheid kry om as leiers van die skool diens te doen. Die vier hoofleiers gaan gedurende kwartaal 3 en 4 leiding van die Diensraad se aktiwiteite neem. Hugenote Hoërskool het goeie verteenwoordiging gehad in die onderskeie Boland-hokkiespanne wat die afgelope vakansie aan hul onderskeie toernooie deelgeneem het. Links: Matthew de Jager en Damian Adendorff het Boland o.16A en o.18A onderskeidelik verteenwoordig. Middel: o.14 Boland Streekspan: Blaine Cavernelis, Zoe Keyser, Arlene Erasmus (Goud gekry by hul toernooi in Bloemfontein). Onder: o.16 Boland-streekspan en IPT Span: Tiffany Caeser, Mia Adendorff, Jeannie Laubscher, Tahilitha Janse van Vuuren en Lynn Carr. Talitha en Tiffany het die IPT span in Bloemftontein verteenwoordig en Brond in hul toernooi gewen.


NUUS • NEWS

Dagboek • Calender Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United RFC Fixtures 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals: Top 8 12 Aug - Semi Finals: Top 8 19 Aug - Finals: Top 8 For more information, contact Jovan-ré Cupido at 073 296 3575 or jovanrewc@gmail.com Breytenbach-sentrum 29 Julie: Arno Carstens kuier by die Bôrdienghuis Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Wellington Huismark 3 tot 6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart-fasiliteite is beskikbaar. Wellington VLV 9 Augustus: Monique Strydom tree op as deel van Wellington VLV se Vrouedagvieringe. Funksie begin om 09:30 in NG Wellington Noord se kerksaal. Kostes beloop R150 per kaartjie Wellington Metodiste Kerk 9 Augustus: Die Wellington Metodiste Kerk hou 'n vrouedagfunksie om 10:00 in Coodestraat, van Wyksvlei. Gassprekers sluit in Lizl Naude, Petro LM Gordon en 'n sessie oor klerekasbe-

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.

Boland:

Vier rugbyspelers van Hugenote was opgeneem in Bolandspanne. Hulle het die afgelope Junie-vakansie deelgeneem aan hul onderskeie toernooie: Nathan Wilson (o.16 Grant Khomo), Michael Goodall (o.18 Cravenweek), Keanu Adonis (o.18 Akademieweek) en Zenon Erasmus (o.18 Cravenweek).

planning sal gehou word. Kaartjies beloop R150 en sluit 'n driegang-ontbyt en geskenkpak in. Vir navrae kontak Dorothea Albanie by 072 089 1906 of Claudelle Julius by 083 953 9614 Uplift Hermon 9 Augustus: Vrouedag vieringe met 'n oggendtee by Rondeheuwel Laerskoolsaal. Verrigtinge begin om 10:30 vir 11:00. Die spreker is Johan Jooste en plaaslike kunstenaars sal optree. Kom geniet 'n koppie koffie of tee met eetgoed. Prys vir die mees interessante hoed. Kostes beloop R10 per persoon. Kaartjies beskikbaar by die Rooi Spens Solo Studios 11-13 Aug: Verskeie kunstenaars se uitstallings by Solo Studios in Riebeekvallei. Vooraf-bespreking is noodsaaklik by solostudios.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington-Noord se kerksaal Kontak Melanie by 021 873 1040 met navrae. Breytenbach-sentrum 19 Augustus: Mallies en die Sakemanne - Burgerstraat word aangebied in Die Bordienghuis by die Breytenbach Sentrum. Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za

Netbal: Hlumisa Ntsamba, ‘n graad 12 Presidentverkenner:

Zane Bruwer, ‘n graad 12-leerder van Hugenote Hoërskool, het pas die Nasionale Presidentsverkennertoekenning van die Voortrekkers verwerf.

leerder van Hugenote Hoërskool, is verkies tot die o.18 SA Netbal Talent Identification Squad.

Wamakersvallei Voortrekkers 16 September: Die Voortrekkers hou 'n lekker dans teen die winter koue by Laerskool Hugenote. Kaartjies beloop R150 per paartjie. Verrigtinge begin om 18:30 vir 19:00 en die drag is informeel. Koffie, tee, milo en pannekoek sal verkoop word. Welkom om eie eetgoed te bring. Vir navrae kontak Pierre by 084 656 6611 of Danita by 083 462 7356 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

7

2 Augustus 2017

NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375.

Inter-distrik:

Hokkie: Mige du Plessis van Hugo Rust

Primer was gedurende die Junie-vakansie deel van die o.13 Barlinka-span wat aan die Nasionale Streektoernooi in die Paarl deelgeneem het.

Kara de Ridder van Hugenote Laerskool het die o.11 Cape Winelands span verteenwoordig by die Inter-distrik toernooi die vakansie en hulle het ‘n goue medalje in hulle afdeling ontvang.

IPT: Lijane Botha (onder), van die

Laerskool Hugo Rust, was gedurende die Junie-vakansie deel van die Boland O.13 IPT-span wat in Potchefstroom aan die Iwyze Nasionale Hokkie-toernooi deelgeneem het. Hulle het uitstekend gevaar en het GOUD in die B-afdeling gewen.


courant 2 Augustus 2017

dié

8

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

2 Augustus 2017

•WAGENMAKERSVALLEI SE RUGBYSTER

Van plaas-rugby tot SA-trui Een van die spelers wat pas as lid van die SA Skole-rugbyspan verkies is, is ‘n Wellingtonner. Die 17-jarige Diego Appollis is ‘n plaasseun van die Bosmans se plaas buite die dorp. Diego is as laerskoolseun tydens die Cravenweek-rugbytoernooi deur talentsoekers raakgesien en ‘n beurs by Garsfontein Hoërskool aangebied. Hier het sy rugbytalent van krag tot krag gegaan en het hy verlede jaar as lid van die Blou Bulle se o.16-span tydens die Grand Khomo week uitgedraf.

Hierdie senter, wat sy laerskoolloopbaan by Wagenmakersvallei Primêr voltooi het, het sy familie en plaaslike ondersteuners van trots laat swel toe hy onlangs as lid van die SA Skolespan verkies is. Diego is ‘n afstammeling van die legendariese Adam Appollis wat ‘n geliefde werker op die Bosmans se plase was. Adam, met die bynaam Adama, se erfenis en nalatenskap word vandag vereer as die naam van een van die Bosmans se uitsoekwyne, asook in die naam van hul trust. Dit lyk asof Diego in sy voorsate se innoverende voetspore volg wanneer ‘n mens

na rugbykommentators se mening oor hom luister. Hy word as ‘n “spelskepper” en “iemand wat geleenthede uit niks kan skep” beskryf. Sy verdedigingsvermoë, spoed, krag en veral sy kruisverdediging is alles eienskappe wat hom van die res onderskei. Diego sal binnekort onder leiding van nog ‘n Wellingtonner, die SA Skole-rugbyspan se afrigter, Lance Sendin, sy rugbytalent verder ontwikkel en slyp. Die SA Skolespan sal ook, as deel van hul deelname aan ‘n internasionale skole rugbytoernooi, in Augustus in die Paarl speel.

Hugenote Hoërskool het op Saterdag 29 Julie vir Hoërskool Charlie Hofmeyer van Ceres die stryd in netbal, hokkie en rugby in Wellington aangesê. Hugenote se spanne het gemengde welslae in die netbal en hokkie behaal, maar die rugbyspanne het Charlie Hofmeyr op die veld oorheers. Bo: Pierre Terblanche druk ‘n drie vir Hugenote se o.16 A-span. Hulle het die wedstryd gewen. Regs: Nica Otto mik vir die doelpaal in die o.15 A-netbalwedstryd terwyl Jana Malan toekyk. Hugenote het met die louere in hierdie wedstryd weggestap. Regs bo: Hanli Visser van Hugenote steel die bal van Charlie Hofmeyr tydens die o.16 A-hokkiewedstryd op die nuwe astrobaan.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
431 die courant wellington by DieCourant - Issuu