431 die courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

NUUS • NEWS

dié

2 Augustus 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 431

2 Augustus 2017

•BARBIER KNIP 70 JAAR ANDER SE HARE

Sakkie en sy skêr haal rekordboeke •Jaomi Zeeman Wellington het al talle legendes opgelewer. Daar is ‘n hele paar groot name wat die weg in die literêre, geestelike, sport en kulturele wêrelde gebaan het wie se wortels hier in dié dorp lê. Daar is egter net een mens wat waarskynlik op die titel van ‘n wêreldrekord in haarsny kan aanspraak maak: Oom Sakkie van der Vyver. Op Donderdag 27 Julie het die einde van ‘n era aangebreek toe die 93-jarige oom Sakkie van der Vyver oorlede is. “Die legendariese Oom Sakkie” – dít is die skrywer Dana Snyman se beskrywing van Wellington se barbier wat vir byna sewentig jaar lank mense se hare geknip het. Meer eenvoudig en meer raak kan Oom Sakkie seker nie beskryf word nie: ‘n legende. Volgens Engela Ferreira, Oom Sakkie se dogter, stroom huldeblyke, stories en mense se boodskappe van medelye onophoudelik sedert haar pa se dood in. “’n Mens besef eintlik nou eers hoeveel mense hy geken het en hoeveel mense vir hom lief was – mense op wie se lewens hy almal ‘n impak gehad het,” sê sy. Sy vertel dat haar pa al sedert skooldae mense se hare gesny het. “My pa was ‘n nederige, maar trotse man. Hy wou graag skool klaarmaak en het besluit om self sy skoolgeld te betaal. Hy het vakansies op die plaas gewerk vir ekstra geld en deur die kwartaal het hy sy maats en onderwysers se hare gesny om geld te verdien. Só het hy homself deur hoërskool gekry,” vertel Engela. Na skool het oom Sakkie ‘n kursus as kleremaker gevolg en homself hierin gekwalifiseer. “Min mense weet dat my pa ook ‘n gekwalifiseerde kleremaker was. Hy kon baie goed klere maak en het onder andere klere vir ‘n hele paar bekende mense gemaak. "Oom Jannie Smuts het juis ‘n pak klere wat my pa vir hom gemaak het gedra toe hy vir Koningin Victoria gaan ontmoet het,” lig Engela die sluier oor haar pa se ryke verlede. Oom Sakkie het ook ‘n kursus as barbier by die Tegniese Kollege aan die Kaap voltooi,

waarna hy voltyds begin het om mense se hare te sny. In 1946 het hy Wellington toe gekom en homself hier as die plaaslike barbier gevestig. Volgens Engela het hy eers ‘n salon by die destydse Stasie Kafee gehad en later die salon in Kerkstraat oopgemaak. Nadat hy sy salon in Kerkstraat gesluit het, het hy nog vanuit sy huis in Milnerstraat mense se hare geknip. “My pa het die huis in Milnerstraat in 1957 gekoop. Dit was ons grootwordhuis en toe hy later begin siek word en sorg nodig gehad het, het ons na hom toe getrek om hom te help. "Hy is 60 jaar nadat hy in hierdie huis ingetrek het, hier oorlede ook. Dit is eintlik baie spesiaal. Hier is soveel herinneringe,” sê Engela. Oom Sakkie se gewildheid en hoe geliefd hy onder mense was, blyk uit die talle huldeblyke wat sedert sy dood instroom. Op facebook is talle inskrywings ter herinnering van hierdie Wellingtonse legende. “Hy kon baie stories vertel. Jammer die

manne op die TV het nie van hom geweet nie. Hy en sy famous karate chop,” skryf ‘n destydse onderwysstudent. “Hy het my hare mooi laat lyk vir seker 25 jaar. Hy was ‘n great oom,” skryf iemand. “Ek en my pa het elke maand vanaf Riebeek-Wes met sy Honda 400 twin gery om by Oom Sakkie hare te laat sny. Lank gesit en baie gesels. Wit jas, skêr wat so geklik-klik is tussen vingers, lem wat geslyp word op leerbelt vir sidies,” onthou nog iemand. In 2014 het Oom Sakkie egter finaal sy wit jas en skêr gebêre. “My pa se bene kon nie meer nie, dit het ingegee. Maar hy het elke dag daarna nog terugverlang na die salon. In die tyd dat hy baie agteruitgegaan het en Alzheimers en demensie gekry het, het hy gereeld nog na sy salon se sleutels gesoek en wou hy opsluit daarheen om iemand se hare te gaan knip. ‘Die mense sit in rye vir my en wag’ sou hy sê. Om mense se hare te knip was deel van sy hele wese,” vertel Engela. Volgens haar was haar pa egter veel meer as ‘n barbier. “Hy het alles van die mense op die dorp geweet. Hy en daardie salon het alles belewe. Onderwysers het daar gesit en vraestelle merk, mense het daar gekla, raad gevra, diep dinge gepraat en simpatie gesoek. My pa het niemand geoordeel nie,” sê sy. “Vir my was hy ‘n held, ‘n vertroueling, ‘n vriend. Ons was baie naby aan mekaar. Hy wou altyd mense rondom hom hê, selfs in sy laaste jare. "Hy was lief vir almal en almal was lief vir hom. Selfs sy agterkleinkinders het altyd rondom hom gekoek,” vertel Engela. Met sy begrafnis Maandagoggend in die APK Kerk in Wellington is hierdie legende verlaas gegroet. Sy stories, die herinneringe uit sy salon en sy menswees sal egter vir altyd deel wees van Wellington en almal wat al oom Sakkie se pad gekruis het. “Almal lag nou vir sy stories – dis asof dit nou ‘n nuwe lewe kry. "Dis soos wat hy dit sou wou gehad het,” sê Engela.

Spend R100 or more and SMS KFC33 and your till slip no. to 32695

-----------------------------------------------------------------------------------

R1/SMS. Free SMS bundles do not apply, errors will be billed. T’s&C’s Apply.

-----------------------------------------------------------------------------------

Valid until 11 September 2017

Participating stores: Athlone, Airport City, Bayside, Strand Beach, Blouberg, Blue Downs, Blue Route, Caledon, Capricorn, Ceres, Eerste Rivier, Eureka, Gardens, Gatesville, Grandwest, Grassy Park, Greenpoint, Gugulethu, Halt Road, Hermanus, Hermanus-Sandbaai, Khayelitsha, Maitland, Maynard Mall, M’Plain Town Centre, M’Plain TC Station, Ottery, Parklands, Pelican Park, Piketberg, Plumstead, Promenade, Promenade Mall, Robertson, Sanctuary, Sandown Crossing, Sea Point, Somerset Mall, Somerset West, Stellenbosch, Stellenbosch-Bird Street, Strand, Table View-Flamingo Square, Tokai, V&A Waterfront, Vangate Mall, Waterstone, Welgelee, Wellington, Westgate, Westridge, Wetton, Wynberg.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.