courant
1 Wellington
dié
26 Julie 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 430
26 Julie 2017
•HISTORIESE GEBEURE GEBOEKSTAAF
Skatkis in plakboek opgesluit
•Jaomi Zeeman ‘n Mens ontdek soms ‘n skat op ‘n plek waar jy dit die minste verwag. In ‘n stil straat in ‘n rustige buurt in Wellington bly ‘n man met ‘n ongelooflike versameling plakboeke. Al die groot historiese gebeure, talle groot historiese figure en ‘n onnoembare aantal interessante plekke is presies, netjies en sistematies vir ewig geboekstaaf in die 90-jarige oom Chris Kleingeld se plakboeke. In sy kamer by sy seun se huis staan die plakboeke, lêers en ander inligtingstukke wat hy oor die jare versamel het, netjies in gelid. Hy kan sy hand dadelik op enige belangrike inligting lê en weet presies watter inligting waar in sy stelsel geboekstaaf is. Die plakstukke word afgewissel met dele wat hy self oor sekere aangeleenthede geskryf het. Wonder ‘n mens oor wat iemand inspireer om so iets te doen, is sy antwoord eenvoudig. “Mense sê wat se geplakkery is dit? Ek voel net ‘n mens lees ‘n koerant en jy gooi hom weg, dan gaan al die inligting verlore. As ‘n mens hierdie goed bewaar, dan het jy alles bymekaar,” verduidelik hy die rede vir sy presiese stelsel. Oom Chris, wat eers lank in die handel was en onder andere in meubelwinkels en klerewinkels gewerk het, het in 1970 by die Spoorweë ingeval. Hier is hy as vragkontroleur by Elandsfontein aangestel. In 1972 is hy as een van slegs twee persone in die land gekies om ‘n trein, wat 400 motorkarre vervoer en ‘n kilometer lank is, se voorman en nasiener te wees. In 1976 is hy as voorman by die grootste oorlaai-spoorwegdepot by Johannesburg in die Suidelike Halfrond aangestel. ‘n Jaar later is hy na Hugenoot-stasie oorgeplaas, waarna hy in Kraaifontein gaan woon het. Na sy aftrede in 1990 het hy vir 12 jaar in ‘n groot bottelstoor gaan werk waar hy verantwoordelik was vir die administrasie van al die leë bottels wat teruggebring is. Hier het hy die inruiling van meer as 2 miljoen bottels behartig. Deur al sy jare in die handel en Spoorweë het oom Chris inligting versamel en ou koerante bymekaargemaak. Hy het selfs fondsinsamelings vir ouetehuise en gemeentes met die herwinning van ou koerante, waarvan hy die inligting klaar uitgeknip het, gedoen. Oom Chris is ‘n boffin met datums. Hy kan die dag, datum en jaar van ontmoetings met sekere mense, hoogtepunte in sy lewe, dae waarop hy op plekke begin werk het of wat hy verhuis het, presies onthou en noem. Hierdie presisie word
ook in sy plakboeke weerspieël. Die inligting in elke plakboek is volgens ‘n sekere tema gegroepeer. Daar is boeke oor die wêreldoorloë, bekende Suid-Afrikaanse persoonlikhede en verskeie streke in ons land. Hy het hom egter, toe hy na sy aftrede na ‘n woonstel getrek en nie meer kon tuinmaak of gereeld werk in en om die huis doen nie, meer op die versameling en plak van belangrike inligting begin toespits. Die 70ste herdenking van die Tweede Wêreldoorlog in 2015 en die gepaardgaande koerantartikels oor hierdie onderwerp, het oom Chris nóg meer aangespoor om sy plakboeke hieroor by te hou. “Kyk, ek het in die tyd van die oorlog geleef. Die dinge wat tydens daardie oorlog gebeur het, mag mos nie vergeet word nie. Ek het nog ou koerantknipsels wat ek gehou het van 1945 af – ek was toe in matriek. Ek het ook self stukke geskryf oor wat tydens die oorlog gebeur het,” vertel hy terwyl hy die boek vol uitgebreide inligting met plakstukke en inligting wat hy self versamel het, wys. Die onlangse fokus op Sailor Malan, die navorsing wat oor hom gedoen is en die praatjie wat ‘n paar weke gelede by die plaaslike museum oor hom gehou is, was vir oom Chris geen nuwe inligting nie. “Ek het as kind op Noupoort al van Sailor Malan geweet en ek was gefassineer deur hierdie Suid-Afrikaner wat ‘n vegvlieënier en held in die
oorlog was,” vertel hy terwyl hy flink na ‘n hele afdeling oor Sailor Malan in sy plakboeke blaai en ‘n gedeelte oor hierdie held voorlees. Oom Chris blaai na plakstukke van nog ‘n Suid-Afrikaanse oorlogsheld. “Hierdie is nog een van ons onbesonge oorlogshelde, Dan Pienaar. Hy het saam met Montgomery van Brittanje ‘n groot veldslag gewen. Voor die Duitsers hulle oë kon uitvee toe sit die Suid-Afrikaners onder hulle neuse binne-in Italië,” sê hy terwyl hy met sy vinger op ‘n foto van ‘n knipsel van Dan Pienaar druk. Oom Chris, wat Hitler se grootste drie foute mét bewyse uit sy bronne self kan analiseer, se kennis van die geskiedenis, ons land en sy mense is verstommend. Sy plakboeke is ‘n getuienis van presisie, toewyding en ‘n ongelooflike nuuskierigheid oor en belangstelling in die wêreld. Sy boekrak is ‘n skatkis van inligting wat hy self oor die jare versamel het en eintlik iewers in ‘n museum of die argiewe hoort. In ‘n stil straat in ‘n rustige buurt in ons dorp is daar, soos seker in vele ander plaaslike strate en buurte, ‘n skatkis van inligting en bewyse van hoe ons tot hier gekom het. Wanneer die kuberruim miskien eendag ineenstort kan ‘n mens jou maar op oom Chris Kleingeld se databasis begewe. Terwyl die lewe sy loop neem, hou hy noukeurig boek van dié dinge wat die geskiedenis vorm.
NUUS • NEWS
2
26 Julie 2017
NUUS • NEWS
•MINDER AS 'N MAAND VOOR EKSPEDISIE AFSKOP
Amasone wink vir Dempers en span •Jaomi Zeeman Oor minder as ‘n maand vertrek die Wellingtonner Johan Dempers, as deel van ‘n span van vier mense, op ‘n ekspedisie na die Amasone-reënwoude. Die doel van hierdie avontuur is tweeledig: om die ongerepte omgewing van die Amasone te verken, maar ook om dit vir studente, leerders en onderwysers toeganklik te maak as deel van ‘n unieke leerervaring. “Ons is vier mense, dit is twee maande en ons het een doelwit, nl. om die harde maar wonderlike biosfeer van hierdie unieke gebied te ontdek. Ons wil hierdie gebied ondersoek en die inligting met mense en studente regoor die wêreld deel,” het Johan in ‘n vorige onderhoud gesê. Met skaars 20 dae oor voordat hulle op hierdie opwindende ekspedisie vertrek, is daar nog baie finale reëlings om te tref. Johan is egter ‘n gesoute avonturier en sy beplanning-skedule is presies op datum. Wanneer ‘n mens na al die administratiewe detail en reëlings luister, besef jy dat die beplanning van só ‘n projek ‘n enorme taak is. Johan se ondervinding in die verlede het hom geleer dat daar sekere logistieke dinge is wat prioriteit moet geniet wanneer ‘n mens so ‘n ekspedisie beplan. Hy is tydens ‘n vorige ekspedisie in die Amasone deur Indiane gevange geneem, maar het gelukkig ongeskonde teruggekom. “Wanneer ‘n mens byvoorbeeld op ‘n Suid-Amerikaanse lughawe land met ‘n hele lot kameras, soos wat ons gaan doen, en jy is nie deel van die pers of geakkrediteer by hulle owerhede nie, laat jy vreemde vrae by hulle ontstaan. Ons het dus met die ambassade en konsulaat geskakel om die nodige reëlings te tref. Hulle moes ‘n spesiale stempel laat maak wat ons die nodige toestemming gee om veilig en sonder vrae daar anderkant te land,” verduidelik hy. Volgens Johan is hy altyd skepties en probeer hy altyd om enige moontlike probleme te voorsien om dit sodoende die hoof te bied. Om hierdie rede het hy selfs reëlings met die federale polisie en veiligheidspolisie in Suid-Amerika getref om hul aankoms en ekspedisie daar te vergemaklik.
“Ons moet ‘n inventaris opstel van elke liewe ding, met hul reeksnommers, wat ons saamneem en ons moet dit in Portugees, sowel as Engels inhandig,” beskryf hy die detail van hul reëlings. Hul vertrek vanaf Kaapstad en vlieg via Angola na São Paulo. Johan vertel dat hul span ongelooflike borgskappe vir die ekspedisie ontvang het. Hulle het spesialiteitskameras van ‘n groot kamera-vervaardiger ontvang, sonpanele om hul eie elektrisiteit langs die rivier op te wek en batterye te herlaai, sowel as ‘n boot en ‘n enjin. ‘n Plaaslike maatskappy in Wellington het die sonpanele vir hulle omgeskakel en gebou sodat dit presies by hul behoeftes in die Amasone sal pas en ‘n kommunikasiemaatskappy het hulle van handradios voorsien. Verder het hulle ‘n paar kontantskenkings ontvang, ‘n ten volle toegeruste noodhulptas by ‘n dokter gekry en ook spesiale insekweerder uit Australië ontvang. Volgens Johan het hulle ook ‘n fondsinsameling gehou om met die befondsing van die ekspedisie te help. “Ons het ‘n pretdag, dans en veiling gehou waar die mense ons baie goed ondersteun het en waarmee ons baie nodige
Muldene Holloway (32) en Hennie van Rooyen (47). Johan is die groepleier en fotograaf. Die groep se fokus met die ekspedisie is die opvoedkundige waarde wat hulle vir die leerders en studente wat hul projek sal volg. Hulle wil hul avontuur in ‘n afgeleë gebied met kinders, studente en ouers regoor die wêreld deel. Die groep se oogmerk is om, d.m.v. die internet, hierdie avontuur tot binne die huise en klaskamers van gewone mense te bring. Hulle beplan om internet-gebaseerde lesse, wat die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde bevorder, m.b.v. gratis internet te versprei. Alle gebeure en aktiwiteite gedurende die ekspedisie sal ook op film vasgelê en later as “virtuele uitstappie lesse” beskikbaar wees. Johan het ook ‘n boek, “Journey through many worlds”, geskryf wat op 5 Augustus vrygestel word. Die geld wat met hierdie boek verdien word, sal ook vir die fondse van die ekspedisie aangewend word. In hierdie boek skryf fondse vir die projek kon insamel,” sê hy. hy oor die talle avonture wat hy al beleef het, sy Dinge wat hulle nog voor die ekspedisie moet tyd as gevangene by die Indiane, asook sy ander probeer insamel, is dinge soos genoeg data vir reise en blik op antieke kulture. hul satellietfoon, ekstra geheuekaarte vir hul Intussen werk Johan kliphard om die laaste kameras en ‘n ekstra buffer kontant vir onvoor- reëlings vir hierdie ekspedisie te tref. Hy het ook siene uitgawes. onlangs ‘n onderhoud met die span van SABC Die ander avonturiers wat hierdie uitsonder- TV se Fokus gedoen wat binnekort uitgesaai sal like ekspedisie gaan meemaak, is Joe Brooks (79), word. “Jy lewe regtig net een keer op hierdie ongelooflike planeet. Hoekom sal ek op een plek sit en elke dag dieselfde ding doen? Ek wil lééf, nie net bestaan nie,” deel hy sy filosofie. Vir meer inligting kan belangstellendes hul webtuiste by www.expeditionearth. info besoek. Skole en opvoedkundiges kan die inskrywingsvorm op die webtuiste voltooi om gratis deel te word van hierdie avontuur en om die modules te ontvang. Dempers het besoek van 'n filmspan van SABC se Fokus-program.
NUUS • NEWS
26 Julie 2017
•REEDS SEDERT 1952 WERKSAAM IN FONTEINSTRAAT
3
Henry Skoenmaker hou dekades sy lees •Jaomi Zeeman Daar is ‘n baken in Fonteinstraat wat alle Wellingtonners maar te goed ken – dit word immers as die oudste winkel in die straat bestempel. Die man aan wie hierdie winkel behoort kan die mooiste stories oor die dorp en sy mense vertel, want hy het vir 65 jaar lank al dieselfde werksadres. Henry Slamet werk reeds sedert 1952 by die skoenwinkel in Fonteinstraat. Hy het as 12-jarige by die destydse eienaar, N.P. Goosen, vir werk gaan aanklop. Henry het aanvanklik as skoonmaker by die winkel begin, maar het mettertyd die kuns van herstelwerk aan skoene en handsakke aangeleer. In 1976, nadat Goosen siek geword het, het Henry met net ‘n bietjie meer as R18 in sy sak, die winkel oorgeneem. Hy is sedertdien die trotse eienaar van Henry’s shoe & bag repairs – die oudste winkel in Fonteinstraat. Volgens Henry lyk Fonteinstraat nou baie anders as in die jare wat hy daar begin werk het. “Hier was ‘n viswinkel, ‘n algemene handelaar, ‘n kleremaker en ‘n huis. Daar waar die kollege se hek is, was ‘n fontein. "Net langs die fontein was die Fontein-slaghuis en Rheeder se slaghuis was net oorkant die pad,” vertel hy. Oor die nuwe ontwikkelings en talle woonstelblokke wat intussen rondom sy winkel opgeskiet het, is Henry gelate. “’n Mens moet maar saamgaan met hierdie dinge. Ek doen maar wat ek doen hier in my winkel,” sê hy. Henry, wat in Augustus sy 77ste verjaardag vier, dink nog glad nie aan aftree nie. “Ek voel nog elke dag lekker om te kom werk,” lag hy. Buiten sy liefde vir die herstel van skoene en handsakke, is Henry ‘n gesinsmens en aktiewe lid van die gemeenskap. Hy het vyf kinders, waarvan een op die ouderdom van 19 jaar oorlede is, 13 kleinkinders en 10 agterkleinkinders. Hy sing ook in ‘n mannekoor wat gereeld in
die gemeenskap optree. ‘n Mens wonder of sommige skoene nie ‘n sterk klankie het wanneer dit oor Henry se toonbank vir herstelwerk aangegee word nie. “Dit is beter in die winter as in die somer. En gelukkig is dit nou winter,” lag hy diplomaties. Volgens Henry vertel elke paar skoene ‘n storie. “As ek die gesig sien, dan weet ek dadelik watter paar skoene daarby pas. En as ek die skoene sien, dan weet ek watter gesig daarby pas,” sê hy. “Mense se skoene vertel baie van hulle.” Henry het al aan menige groot geeste in Wellington se skoene gewerk. “M.C. Malan het net sy skoene kom neersit en gesê: ‘Henry, jy weet wat om te maak.’ Net so het C.P. van der Merwe, die ou rektor van die kollege, ook baie sy skoene hier laat regmaak. "Ek het al al die bekende mense in die dorp se skoene reggemaak. Die mense kom ook selfs van ander dorpe om hulle skoene hier te laat regmaak,” vertel hy. Oor die kettinggroepe wat deesdae ook herstelwerk doen, is Henry soms bekommerd. “Hulle werk soms net om geld te maak. Ek werk vir die liefde van die werk en die mense. ‘n Mens moet lief wees vir jou werk en trots wees daarop,” laat hy hoor. Henry werk nog al die jare met dieselfde werktuie. Sy lees, sy tang, skroewedraaier en hamer is nog dieselfde hulpmiddels as waarmee hy destyds begin het. “Ek het nie van daai nuwe fancy masjiene nie. Ek glo in die ou manier van werk – dis deeglik,” sê hy. Volgens Henry sukkel hy soms om die “goedkoop Chinese skoene” reg te maak. “Ek kan dit maar net probeer regmaak op die manier waarop daardie skoene gemaak is, maar ‘n mens kan hulle maar min red,” skud hy sy kop. Die grootste paar skoene waaraan hy al gewerk het, is Schalk Burger snr. se skoene. “Dis ‘n nommer 15,” verklap hy. Henry is veel meer as net iemand wat die dorp se skoene herstel – hy is almal se vriend.
Bo: Henry Slamet is sedert 1952 werksaam in sy winkel in Fonteinstraat. Die studente groet “Hallo, oom Henry!” in die verbygaan en selfs die leeglêers knoop ‘n geselsie met hom aan terwyl hy kliënte bedien. “’n Mens kry baie verskillende soorte mense – party wat verstandig is en party wat baie onverstandig is. Ek probeer met almal oor die weg kom. "Ek oordeel niemand nie en probeer om met almal klaar te kom,” deel hy nederig sy geheime. Vir 65 jaar lank val Henry elke dag van seweuur die oggend tot sesuur die aand by die winkel in Fonteinstraat in. Hy bly nie by die huis wanneer hy siek is nie. “Wie sal dan die mense se skoene regmaak? Ek werk myself hier agter die toonbank gesond,” sê hy. Henry Slamet se skoenwinkel is sinoniem met Fonteinstraat se erfenis. Die ou houttoonbank, die antieke kasregister, die ou lees, hamer en tang – en Henry – is onlosmaaklik deel van Wellington se stories.
26 Julie 2017
courant
dié
4
Doen net iets
Iemand wat ek ken gebruik gereeld die woorde “laat jou vinger lug kry”, bedoelende dat jy jou alie moet lig en iets moet doen. Bolangs beskou, kan hierdie grappende frase maklik oppervlakkig verstaan en afgelag word. Daar steek egter miskien meer waarheid in as waarvoor ons dit krediet gee. Dit is maklik om al die nonsens rondom ons gade te slaan en ons vingers in ons ore te druk, dit vir lelike tekens te gebruik, dit op die toetse van ons selfone of rekenaars op sosiale media platforms te laat gal braak, dit hemelwaarts te wys in ‘n teken van hoop of om op hulle te sit en te hoop dat dinge op een of ander manier vanself sal regkom. Maar dra dit regtig tot oplossings by? As ‘n mens kyk na die dinge wat Wellingtonners vermag, besef jy dat dit aksies is wat resultate lewer. “Doen” het vele sinonieme: verrig, uitvoer, uitrig, maak, bedryf, handel, optree, onderneem, afhandel, aanvang, versorg, vervul. En al hierdie “doen”-woorde is die kern van die positiewe resultate wat sommige plaaslike mense en instansies vermag. Henry die skoenmaker bedryf al vir 65 jaar lank sy ambag. Oom Chris Kleingeld versamel en dokumenteer al vir dekades lank die hoogtepunte in ons geskiedenis. Johan Dempers onderneem ongelooflike avonture op ons diverse planeet. Wellingtonners versorg mekaar onbaatsugtig op Mandela Dag. Shafiek Mouton onderneem ‘n projek wat die geweld teen vroue en kinders wil stopsit. Plaaslike netballiefhebbers organiseer ‘n toernooi om geleenthede vir jongmense te skep. Jong kokke waag ‘n kans deur vir ‘n nasionale televisiereeks in te skryf. Geen vingers in verskuilde plekke sou dít kon regkry nie. Miskien, as almal begin om meer te dóén, sal daar uiteindelik minder wees om oor te kla. Mag almal se vingers hierdie week lug kry.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Bely mekaar julle misdade
Jesaja skryf aan die volk dat julle ongeregtighede het ‘n muur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie. Jesaja moes aan die volk gaan se: Hoor altyd deur maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie. Die hart van die volk raak vet en hulle ore swaar en ook hulle oë, sodat hulle nie sien met hulle oë en met hulle ore hoor en met hulle hart verstaan nie, en hulle hul bekeer en gesond word nie. Wat het die volk van God laat afdwaal agter ander gode aan. Vreemde vroue wat Salomo getrou het, het hom laat afwyk van God te volg en afgodstempels te bou vir sy uitlandse vroue. Jakobus bied antwoorde vir siekte toestande. Hy skryf indien daar iemand is wat siek is, laat die ouderlinge vir hom bid, nadat hulle hom met olie gesalf het. Die gebed van die regverdige sal die kranke red, selfs as die sieke sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Dan kom Jakobus met eenvoudige raad: Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle kan gesond word. Die gebed van ‘n regverdige het groot krag. Ons word regverdig voor God deur Jesus Christus as ons ons sondes bely en laat staan.
NUUS • NEWS
Veldtog teen geweld teen vroue en kinders geloods Die Wellingtonner Shafiek Mouton sluit sy e-posse met die woorde “love, protect, respect” af. Hierdie mantra van hom gaan binnekort gestalte kry wanneer hy mans en seuns in die gemeenskap gaan oproep om aan ‘n bewusmakingsveldtog teen geweld teen vroue en kinders deel te neem. Shafiek is, in samewerking met ander rolspelers, een van die organiseerders van “Wellington Men United” (WMU) wat op 5 Augustus gaan plaasvind. Hierdie inisiatief wil bewusmaking en voorkoming rondom die vlaag van geweld teen kinders en vroue wat die afgelope tyd soos ‘n plaag deur die provinsie getrek het, kweek. “Die onlangse toename in geweld, verkragtings en moorde op vroue en kinders maak my kwaad en hartseer. Dit gebeur deesdae amper elke dag dat ons van ‘n nuwe geval van geweld hoor en dit skok niemand meer nie, wat skokkend is. Ek is baie lief vir kinders en die jeug en ek voel ons moet die speelveld vir elke kind gelyk maak, dis die minste wat hulle verdien,” verduidelik hy sy motivering vir die inisiatief. Met die WMU-aksie op 5 Augustus wil die organiseerders seuns, mans, vroue en kinders oproep om aan ‘n 2,5km optog deel te neem. Hierdie optog sal op die rugbyveld van Wellington Primêr eindig waar daar verskeie bemagtigingsaktiwiteite beplan word. “Daar sal verskillende aktiwiteite, vermaak en praatjies plaasvind. Mans en seuns gaan dan later hande neem en ‘n simboliese menslike ketting om die vroue en kinders vorm en ons gaan ‘n ‘drone die lug instuur en foto’s en videos neem en dit in die kuberruim stuur en sodoende ander gemeenskappe inspireer om iets soortgelyks te doen,” verduidelik Shafiek. Hy organiseer die dag in samewerking met ander gemeenskapsaktiviste, hoër- en laerskole, geloofs- en gemeenskapsorganisasies, rugbyklubs, besighede en staatsinstansies. Volgens Shafiek is hul hoofdoel bewusmaking van die probleem. “As ons mense kan laat praat, slaag ons reeds deels in ons doel. Ons wil ook hê slagoffers moet weet wat hulle te doen staan en dat daar hulp daar buite is waarvan mense dalk nie bewus is nie. Ons wil ook ons misnoeë te kenne gee oor die toename in verkragtings en moorde op ‹n vreedsame, gedissiplineerde wyse. Mense moet ook voorkomingsmaatreëls in plek sit waar dit moontlik is, veral wanneer dit by die veiligheid
van hul kinders kom,” verduidelik hy. Shafiek is hoopvol oor die uitkoms van die inisiatief. “Ek weet daar is baie meer goeie mans as mans met verskuilde agendas daar buite. Die onus is juis op hulle om te wys dat ons ons vroue respekteer en beskerm ten alle koste en dat die verkragters en moordenaars moet weet dat ons nie sal boedel oorgee nie,” sê hy. Hy put sy inspirasie uit die voorbeeld van groot name onder die ware mans uit ons geskiedenis. “Oud-president Nelson Mandela inspireer my en ek het ook ‘n persoonlike vriendskap met Ahmed Kathrada gehad voor sy sterfte. Hy het my geleer dat mens nie prag en praal nodig het om ‘n positiewe verskil te maak nie. Ek kon nie vir beter rolmodelle gevra het nie. Daar is juis ‘n tekort aan positiewe rolmodelle in ons samelewing en hoewel ek nie altyd daarin slaag nie, probeer ek ook om een te wees,” verduidelik hy. Mense wat belangstel om by die projek betrokke te raak of aan die aktiwiteite wil deelneem, kan Shafiek per whatsapp kontak by 079 781 0608 of ‘n e-pos stuur na shafiekmouton@gmail.com. Hy het ook ‘n facebook-blad, “Wellington Men United”, begin waar meer inligting oor die inisiatief beskikbaar is. “Ek doen ‘n vriendelike beroep op elke man wie ‘n ma, ouma, vrou, meisie, niggie, vriendin of geliefde het wat hy nie graag wil sien seerkry nie. Hulle verdien jou deelname,” moedig hy mense aan.
Kompetisie:
In nog 'n afdeling van die Wellington-museum se fotokompetisie, het ons met dié persoonlikheid, te doen. Sy was destyds 'n baie bekende Wellingtonner en het nie minder nie as 1000 babas gevang. Valiant Swart se pa het ook 'n verbintenis met haar gehad. Besoek Wellington Museum (daar sal 'n leidraad wees), vul die vormpie in en staan 'n kans om R150 te wen. Verlede maand se antwoord was: Martha Solomons of die Hertogin van Stamford.
Promosie:
Malmesbury Superspar, onder die eienaarskap van Albie Coetzee en Des Moller, is aangewys as die Wes-Kaap se Superspar van die jaar 2017. Bo is Celeste Rode, Delvean van Schoor, Magda Booyens, Keith Cottee, Albie Coetzee, Marleze de Klerk, Janine Paulse, Emtia Olivier, Agnes Skippers, Mildred Goede, Elsabé Hurst en Debbie Swart met hul trofee. Coetzee is 'n inwoner van Wellington.
NUUS • NEWS
5
26 Julie 2017
Thali gee wenke vir voornemende Koekedoortjies Al die jong bakkers in die land kan nader skuif, want die vervaardigers van die gewilde Kokkedoortjie-reeks op KykNET, het besluit om ‘n opvolgreeks te maak. Hierdie keer gaan die kompetisie egter nie oor kosmaak nie, maar sal die jong kokke hul staal as bakkers moet wys. Volgens Wilmer Muller van KykNET kan kinders van 9 tot 13 jaar oud vir Koekedoortjie inskryf. “Ons het nou besluit om die Kokkedoorkombuis oop te maak vir kinders wat bak – hetsy soet of sout, brood, pastei of koek. "As jy tussen 9 en 13 jaar oud is en die klitser laat sing en die oonde laat dreun in julle kombuis, is Koekedoortjie nét vir jou,” sê hy. Die plaaslike jong kok Thali Hugo, wat onder die top 5 in die afgelope Kokkedoortjie televisiereeks op KykNet geëindig het, is baie opgewonde oor die nuwe reeks. Sy het met haar kookvernuf vir haarself ‘n plek onder die top-finaliste losgekook en dit was vir haar ‘n ondervinding wat sy nooit sal vergeet nie. Sy het ‘n paar goeie wenke vir voornemende deelnemers. “Ek was nie so vertroud met al die toerusting in die Kokkedoortjie kombuis nie en het soms onseker gevoel. "Ek sou voorstel dat deelnemers voor die tyd oefen en gewoond raak aan allerhande verskillende soorte mengers, skale en implemente. "Al gaan kuier jy by jou ouma of tannies om net bietjie met hulle s’n te eksperimenteer. Stel ook vir jouself die horlosie met ‘n paar kooksessies by die huis en oefen om by die tyd te hou. "Maak vir jouself ‘n resepteboek met al jou staatmaker-resepte, lekker resepte waarmee jy maklik ‘n ‘twis’t kan maak. "Maak dit ook vir jouself makliker deur alles byvoorbeeld om te sit na koppie-mate in plaas van afweeg,” deel sy haar wenke oor goeie voorbereiding. Volgens Thali moet ‘n Koekedoortjie iemand wees wat onder druk kan werk en in hom/ haarself en hul gebak kan glo. “Deelnemers sal ook baie akkuraat moet werk, omdat dit oor gebak gaan,” sê sy. Thali waarsku dat ‘n mens se emosies nogal wipplank kan ry wanneer jy aan so ‘n kompetisie deelneem. “Dit is soms moeilik om te fokus, maar ‘n mens moet probeer positief bly en onthou dat môre nog ‘n dag is waar jy van voor af kan begin. "Maak jou reg vir interessante mense en dinge agter die skerms, maar die lekkerste is maak jou ook reg om wonderlike vriende te ontmoet!” laat sy hoor. Volgens haar is die grootste les wat sy tydens haar deelname aan Kokkedoortjie geleer het, om dinge eenvoudig te hou. “Doen waarmee jy gemaklik is, veral aan die begin sodat jy kan gewoond raak aan die kombuis. "Jy sal self weet wanneer jy meer waaghalsig kan wees. Dan, nog ‘n belangrike ding is om by die opdrag te hou.
"Luister mooi wat die beoordelaars sê, die beoordeling kan nogal tegnies raak en dalk kan jy uitval oor jy net een eenvoudige dingetjie nie gedoen het nie,” gee sy raad. Aan die stuur van Koekedoortjie staan Kokkedoortjie se geliefde duo Mari-Louis Guy en Nic van Wyk. Dis vir húlle vir wie die deelnemers sal moet beïndruk met hul heel beste gebak om met die wentitel weg te stap. Volgens Wilmer sal elke deelnemer ook ’n ma of pa, ouma of oupa moet saambring, wat nie net as chaperone sal dien nie, maar ook as bak-inspirasie en bakmaat in van die uitdagings. Om in te skryf, stuur ’n e-pos na koekedoortjie@homebrewfilms.tv of bel 021 4223452 vir meer inligting. Die deelnemer en sy voog/chaperone moet beskikbaar wees vanaf 23 September 2017 tot 7 Oktober 2017 om in Kaapstad te verfilm aan die reeks (alle reis en verblyf sal voorsien word). Inskrywings is nou oop tot 25 Augustus 2017. Oudisies vind plaas in die week van 4-7 September 2017. Thali saam met burgemeester Conrad Poole.
IMPORTANT NOTICE FORM 5 NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 - [REG. 10(1)] Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Services offices. The applications concerned may, up to and including the 28th day from date of this notice, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listed hereunder. Copies of the application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. Representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act.
VORM 5 KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WESKAAPSE DRANKWET, 2008 - [REG. 10(1)] Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van hierdie kennisgewing, op versoek en gratis, deur enige persoon, by die kantore van die Owerheid of van die aangewese drankbeampte hieronder gelys, geïnspekteer word. Afskrifte van die aansoek kan by die Owerheid na betaling van die voorgeskrewe fooi verkry word. Vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.
IFOMU 5 ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO 2008 ISAZISO - [REG. 10(1)] Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wesi saziso, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Iingxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho.
Full name of Applicant
Name under which business will be conducted
Address of the proposed premises
Kind of licence applied for
South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged
Volle naam van aansoeker
Naam waaronder die besigheid bedryf sal word
Adres van voorgenome perseel
Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word
Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is
Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo
Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo
Idilesi yesakhiwo
Uhlobo lwephepha mvume olucelayo
i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona
Martina Buxmann
Die Kalkoonde
Burgersdrift Farm, Die Kalkoonde, Farm 40/12, R44, Wellington
On-consumption
Wellington
6
NUUS • NEWS
26 Julie 2017
Wellingtonners maak harte oop op Mandeladag Die breë gemeenskap van Wellington het almal saamgespan om op Mandeladag hoop te bring en die harte van minderbevoorregtes warmer te laat klop. ‘n Wye verskeidenheid besighede, instellings en mense in hulle privaat hoedanigheid het moeite gedoen en vir 67 minute iets opgeoffer om oud-president Mandela se nalatenskap te gedenk. Die personeel van Shoprite het 100 brode se toebroodjies gemaak wat hulle aan minderbevoorregte kinders gaan uitdeel het. Perfect Place het besluit om heerlike kolwyntjies en sjokoladeblokkies vir die mense van die G-Voucher-projek te maak. “Die mense wat deur hierdie skema van kos voorsien word, is altyd maar net gewoond aan gewone massa-produksie kos. "Ons wil hulle vandag ‘n bietjie bederf met iets soets,” sê Susan Janse van Rensburg, medeeienaar van dié koffiewinkel. Pep se personeel het pakkies met basiese winterbenodigdhede vir kinders opgemaak wat hulle by ‘n skool aan minderbevoorregte kinders gaan uitdeel het. Lede van Wellington se Polisiediens het Mandela-dag gevier deur hul hulp by ‘n sopkombuis op die Ou Ruigtevlei-plaas te gaan aanbied. Wellington Wines het weer op hulle beurt die lede van die Polisiediens en ander stille helde en mense wat agter die skerms ‘n diens lewer gaan bederf met varsgebakte pannekoeke. Die plaaslike Wimpy het gratis koffie aan bejaardes bedien en die personeel van Nedbank en die openbare biblioteek het almal by afsonderlike punte sop aan minderbevoorregtes bedien. Verskeie inwoners het rommel in hul woonbuurte en in die dorp opgetel en die ATKV het, onder leiding van Hentas Kotzé, teen laatmiddag sop aan die pendelaars op die perron by Wellington Stasie bedien. Wellington se mense het op Mandela-dag waarlik gestalte gegee aan die essensie van een van Madiba se vele wyshede: “As we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.”
Bo: Lede van die Drakenstein Sakekamer het ook hul harte oopgemaak en in die Paarl Mall ‘n groep bejaardes op die hande gedra.
Bo: Lede van die VLV en ATKV oorhandig gehekelde kombersies aan NorSA.
Werknemers, studente en vrywilligers het Badisa se soppunt beman. Bo: Lede van WAG en die SAPS beman ‘n soppunt buite die hof.
Links: Verteenwoordigers van KANSA en Cape Nature het die baba- en kleuterwagkamer by die Huis McCrone-kliniek opgegradeer. Links: Die personeel van Capitec deel sop en brood uit.
Regs: Lede van die Wellington Aksie Groep (WAG) smeer broodjies om saam met sop by verskillende punte uit te deel.
Die personeel van Nedbank deel sop aan kliënte en verbygangers uit.
NUUS • NEWS
7
26 Julie 2017
SA Olive Oils vie for prestigious top 10 places
Dagboek • Calender Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United RFC Fixtures 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals: Top 8 12 Aug - Semi Finals: Top 8 19 Aug - Finals: Top 8 For more information, contact Jovan-ré Cupido at 073 296 3575 or jovanrewc@gmail.com Breytenbach-sentrum 29 Julie: Arno Carstens kuier by die Bôrdienghuis Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Wellington Huismark 3 tot 6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart-fasiliteite is beskikbaar. Wellington VLV 9 Augustus: Monique Strydom tree op as deel van Wellington VLV se Vrouedagvieringe. Funksie begin om 09:30 in NG Wellington Noord se kerksaal. Kostes beloop R150 per kaartjie Wellington Metodiste Kerk 9 Augustus: Die Wellington Metodiste Kerk hou 'n vrouedagfunksie om 10:00 in Coodestraat, van Wyksvlei. Gassprekers sluit in Lizl Naude, Petro LM Gordon en 'n sessie oor klerekasbe-
planning sal gehou word. Kaartjies beloop R150 en sluit 'n driegang-ontbyt en geskenkpak in. Vir navrae kontak Dorothea Albanie by 072 089 1906 of Claudelle Julius by 083 953 9614 Uplift Hermon 9 Augustus: Vrouedag vieringe met 'n oggendtee by Rondeheuwel Laerskoolsaal. Verrigtinge begin om 10:30 vir 11:00. Die spreker is Johan Jooste en plaaslike kunstenaars sal optree. Kom geniet 'n koppie koffie of tee met eetgoed. Prys vir die mees interessantste hoed. Kostes beloop R10 per persoon. Kaartjies beskikbaar by die Rooi Spens Solo Studios 11-13 Aug: Verskeie kunstenaars se uitstallings by Solo Studios in Riebeek vallei. Vooraf-bespreking is noodsaaklik by solostudios.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington-Noord se kerksaal Kontak Melanie by 021 873 1040 met navrae. Breytenbach-sentrum 19 Augustus: Mallies en die Sakemanne - Burgerstraat word aangebied in Die Bordienghuis by die Breytenbach Sentrum. Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Wamakersvallei Voortrekkers 16 September: Die Voortrekkers hou 'n lekker dans teen die winter koue by Laerskool Hugenote. Kaartjies beloop R150 per paartjies. Verrigtinge begin om 18:30 vir 19:00 en die drag is informeel. Koffie, tee, milo en pannekoek sal verkoop word. Welkom om eie eetgoed te bring. Vir navrae kontak Pierre by 084 656 6611 of Danita by 083 462 7356 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375.
Olive oil is no longer a simple lubricant used for cooking. Its many and varied uses, the health benefits thereof, and differences in terms of flavour and intensity are increasingly known and enjoyed by foodies all over. In South Africa the consumers are blessed with a choice of high quality locally produced olive oils. In recent years the growing number of awards won at major international olive oil competitions – even when pitted against countries like Italy and Spain – attest to the fact that the quality of SA olive oils can hold their own with the best of the world. The sustainable health of the SA olive and olive oil industry stands at the heart of the activities of SA Olive, the association representing the common interests of growers, producers, processors and importers. By means of the SA Olive Awards, annually held in August, SA Olive gives recognition to the country’s top extra virgin olive oils of the particular year’s harvest. Entries are blind-judged by a panel of qualified tasters; where after medals are awarded in the categories for Delicate, Medium and Intense olive oils. Ten, not five, top olive oils lauded this year In a show of confidence in the olive industry, Absa, which previously sponsored the Absa Top 5 Olive Oil Awards, has now indicated that it will extend this honour to ten exceptional olive oils. The very best gold award recipients of the SA Olive Awards will be chosen as finalists in the run for the Absa Top 10 to be announced on 27 September.
“Several encouraging factors influenced our decision to double the number of winners,” says Willie Zastron, Provincial Head Business Banking, Absa. “The continued growth seen in the quality of locally produced olive oils, the rise in the number of SA Olive Award entries, as well as the consumer’s increased demand for quality olive oils and loyalty to local suppliers, have convinced us to expand the platform for recognition to the top 10 olive oils. In this way we are not only pledging our support to individual producers, we are simultaneously creating opportunities for increased commercialisation in a fast-growing industry, access to markets and sustained job creation in rural communities.” According to SA Olive chairperson, Nick Wilkinson, the SA Olive Awards as well as the Absa Top 10 serve as a two-pronged approach to give recognition to the industry. “In the first instance we laud producers for their dedication and hard work in creating a superb product,” he says, “and in the second place we help guide the consumer in their exploration of the proudly South African offering.” Olive oil producers, enter now! To stand a chance to be named as one of the elite Absa Top 10, olive oil producers have to enter their extra virgin olive oil of the 2017 harvest no later than 4 August. For more information visit www.saolive.co.za or contact Karien Bezuidenhout at 021 870 2900 or karien@hortgro.co.za.
Waterblommetjies laat die monde water by fees Die jaarlikse Waterblommetjiefees in die Paarl is terug op Saterdag, 2 September, en besoekers kan vanjaar uitsien na `n propvol dag met heerlike wyn, vermaak en natuurlik hierdie eg-Bolandse lekkerny. Die waterblommetjie is seker een van Suid-Afrika se mees gewilde veldkosse en kom slegs vir `n beperkte periode tydens wintermaande in die Boland voor. Waterblommetjies is beslis die ster van die dag en word op enige denkbare manier opgedis. Dink aan watertandlekker potjies, bredies, pizzas en pastas en selfs waterblommetjieroomys! Vanjaar se Waterblommetjiefees beloof om groter as ooit te wees met vier nabyliggende produsente, wat elk `n pretbelaaide program aanbied. Boland Kelder, Rhebokskloof, Under Oaks en Windmeul Kelder is binne `n vyf-kilometer radius van mekaar geleë, wat dit uiters gerieflik en toeganklik vir feesgangers maak om al die deelnemers te besoek. By Boland Kelder begin die pret om 09h00 die oggend met hope te doen vir oud en jonk. Daar is waterblommetjie tapas, `n opwipwinkel met waterblommetjie-geinspireerde produkte, spesiale kindervermaak, henna tatoeëermerke en spesiale wynaanbiedings. Moenie die Mondwater Kosteater met kosredakteur Vickie De Beer en Ilse van der Merwe van Die Kos Vos-faam misloop nie. Hierdie sessie vind van 12h00 tot 14h00 plaas en kos R250 per persoon. Plaaslike kunstenaar Ivan van der Merwe verskaf van 10h00 musiek. Openingstye 09h00 – 16h00. Rhebokskloof se kinder-aktiwiteite sal weereens `n groot trekpleister vir families wees. Nuut op die program is vanjaar se Super Hero avontuur-resies, waar die jongspan soos hulle gunsteling superheld kan aantrek en aan `n pret hindernis-uitdaging kan deelneem. Registrasie kan tussen 15:00 tot 17:00 op Vrydag, 1 September, by Hero Adventures op die plaas gedoen word. Inskrywingsfooie is R30 vir 6-12 jariges en R60 vir deelnemers bo 13. Peuters en
kleuters onder 5 neem gratis deel. Dan is daar ook gesigskilder, ponieritte, springkastele en Zorb-balle om jonger besoekers te vermaak. Vir volwassenes is daar `n opwip deli met spesialis waterblommetjiedisse soos waterblommetjieroomys en –bredie asook oesters en vonkelwyn, spesiale wynpromosies, shiraz proesessies en musiek. Oop vanaf 08:00 tot 17:00. By Under Oaks ondergaan waterblommetjies `n totale metamorfose en word opgedis in muffins, pastas en selfs op pizzas. Kry eerstehandse waterblommetjiewenke tydens demonstrasies deur die koskenner Herman Lensing, gewilde redakteur van SARIE Kos. Sessies vind om 11h00, 13h00 en 15h00 plaas en besprekings is noodsaaklik. Bespreek ook afsonderlik vir die waterblommetjies en wynproekombinasies teen R100 per persoon of wynmaker Bertus Fourie se unieke wynteater in die privaatkelder. Hierdie opwindende sessie is `n moet vir wynliefhebbers teen slegs R150 per persoon. Loer vroeg by Windmeul Kelder in vir `n heerlike plaasontbyt en snuffel by die plaasmark rond vir smullekker tuisgemaakte produkte. Daar is `n spesiale Run the Vines wedloop oor 5km en 10km roetes met `n springkasteel vir die kleingoed. Die wynmaakspan bied tussen 10h00 en 12h30 spesiale Waterblommetjie & Wynpasmaats aan (solank voorraad hou) en wynliefhebbers kan onoortrekflike wynwinskopies kry. Sien hoe die kenners met waterblommetjies te werk gaan tydens die potjiekoskompetisie. Kunstenaars Wouter van de Venter en Die Wildberries sorg vir musiekvermaak. Openingstye: 08h00 – 16h00. Die Paarl-nagskuiling is weereens die amptelike begunstigde van vanjaar se Waterblommetjiefees en besoekers kan gratis toegang by die vier plase kry deur die skenking van een item blikkieskos per motor. Versamel die stempels van al vier deelnemers in die feespaspoort om in aanmerking te kom vir fantastiese pryse soos geskenkbewyse en produkmandjies.
courant
8
NUUS • NEWS
dié
26 Julie 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
26 Julie 2017
•WES-KAAP INTER-DISTRIKTOERNOOI PLAASLIK AANGEBIED
Wellington gasheer vir netbal-toernooi
Bo: Die o.17-span sit saam vir 'n foto. Regs bo is die o.15-span en regs onder die o.11-span. Wellington was die laaste week van die skoolvakansie die gasheer vir die Wes-Kaap interdistriktoernooi. Die toernooi het op die bane van Hugenote Hoërskool plaasgevind. Hierdie toernooi is vir spelers wat net-net nie by die Wes-Kaapspanne ingesluit is nie en al ses munisipale distrikte in die Wes-Kaap het aan die toernooi deelgeneem. Volgens Marie le Roux, een van die organiseerders van die toernooi, het alle o/11 tot o/18-spanne aan hierdie toernooi deelgeneem. “Dit was ag spanne van 10 elk per ouderdomsgroep – altesaam 640 spelers!” sê sy. Benewens die groot hoeveelheid spelers, het daar ook 64 afrigters, 64 spanbestuurders en altesaam 70 skeidsregters by die toernooi diens gedoen. Die toernooi het oor twee dae plaasgevind waartydens ‘n “Round Robin” uitspeel-metode, waarvolgens elke span sewe wedstryde gespeel het, gevolg is. Die openings- en prysuitdelingseremonies
was groot hoogtepunte tydens die toernooi. Volgens Marie het die plaaslike spanne baie goed gevaar in die toernooi. “In die o.11, o.13 en o.15-afdelings het die Kaapse Wynlande met die goue medaljes weggestap. In die o.16 en o.17-afdeling was die Wynlande tweede en in die o.14-afdelings het ons derde geëindig,” sê sy. Die spelers, beamptes, spanbestuurders, afrigters en ondersteuners is net vol lof vir die positiewe ervaring wat hulle by die toernooi gehad het. “Dit was ‘n goed georganiseerde toernooi met ‘n ongelooflike gees en positiewe ondersteuners,” som Marie die toernooi op. “Hierdie is ‘n móét-toernooi. "Dit bied geleentheid aan ‘n klomp spelers om verder te ontwikkel en is ook ‘n platform vir afrigters, spanbestuurders en skeidsregters om te ontwikkel. "Die Wes-Kaap is die enigste provinsie in die land wat hierdie inisiatief het en die gewildheid van die toernooi groei jaarliks,” sê sy.
Wellington
64
R
99
PnP Long Life Full Cream Milk 6 x 1 Litre
LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON STORES
LOWER PRICES ON WHAT YOU
NEED MOST
89
R
37
R
99
PnP Fruit Nectar Blend Assorted 4 Litre Each
99
Lancewood Cheddar, Gouda or White Cheddar 900g
19
R
99
Snowflake Cake Flour 2.75kg
PRICES VALID AT PICK N PAY LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON STORES. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Customer Care 0800 11 22 88. Toll Free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za FRGTHS5810
59
R
99
PnP Long Life Low Fat or Fat Free Milk 6 x 1 Litre
48
R
99
Humpty Dumpty Large Eggs 36s
PRICES VALID 27 - 30 JULY 2017 FRGTHS5810_VRENDENBURG.indd 1
2017/07/21 2:48 PM