courant
1 Wellington
dié
19 Julie 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 429
19 Julie 2017
•VASVATTER WOEKER EN WOEL MET TALENTE
Goue Ouma ploeg terug in mense •Jaomi Zeeman Haar kinders en kleinkinders noem haar ‘n “Goue Ouma”, maar die boervrou Elsabe du Plessis is allesbehalwe ‘n tipiese ouma. Haar energie en die dinge waarmee sy haar besig hou en aanpak, sal heel moontlik enige jongmens uitasem laat. Hierdie vasvatter is nie net ‘n boervrou en ouma nie, maar ook ‘n bobaas-kok, entrepreneur, werkskepper, spreker, kultuurmens en ‘n integrale deel van Wellington se gemeenskapslewe. Elsabe het ‘n lang verbintenis met Wellington. Sy het na haar matriekjaar in Upington in die Kaap kom studeer. “Ek het een aand saam met my suster, Anna, wat toe aan die destydse WOK studeer het, na ‘n partytjie gegaan waar ek my man, Niel, ontmoet het. Ons is in 1970 getroud en die res is, soos hulle sê, geskiedenis,” vertel sy. Elsabe en haar man het vyf kinders en 10 kleinkinders. “Al vyf is getroud en bly sommer so rondom ons,” sê sy. “Ons probeer gereeld saamkuier – al 22 van ons – en dan sê Niel altyd dat hy ‘n ‘sound extractor’ wil laat installeer omdat ons soos ‘n klomp kwêvoëls klink wat losgelaat is,” lag sy. Haar kleinkinders sien gereeld uit na die avonture wat hulle saam met hierdie energieke ouma beleef. Die innoverende Elsabe dink kortkort aan nuwe uitstappies wat sy saam met haar kleinkinders kan onderneem. “Ek het hulle al met die trein Kimberley toe geneem vir ‘n naweek. Elkeen kry dan ‘n onderwerp waaroor hulle meer moet uitvind oor die area – die boerdery, geskiedenis, produkte, ens. Dan kry elkeen ‘n beurt om voor die hele groep te staan en hulle inligting wat hulself moes versamel, met ons te deel. Ek glo dit gee hulle selfvertroue, leer hulle om navorsing te doen en les bes gee dit hulle meer kennis oor die plek waarheen ons gaan. Ons het ook al uitstappies na die Grootte Kerk, Kasteel, Tafelberg, Kleinplasie, die leeu- en slangpark en Butterfly World onderneem. Dit is groot pret,” vertel sy. Oor haar sukses as ‘n besigheidsvrou en entrepreneur is Elsabe baie nederig. Sy vertel dat sy vir baie jare olywe ingelê en verkoop het. Toe haar seun en skoondogter op die plaas kom help boer, het sy meer tyd tot haar beskikking gehad en met ander produkte begin eksperimenteer. “Ek het my eendag terwyl hulle Pinotage druiwe pars, staan en verwonder aan die pragtige korreltjies en die ongelooflike pers sap. Ek het net
daar en dan besluit dat as jy van enige ander vrug konfyt kan kook, hoekom nie van Pinotage, ons enigste Suid-Afrikaanse druiwe, ook nie,” sê sy. Haar eerste poging het 60 flesse Pinotage konfyt opgelewer en sy het die bekende kosghoeroe, David Higgs, daaraan laat proe. Sy opgewondenheid oor dié heerlike konfyt het Elsabe aangespoor die volgende jaar meer hiervan te kook, maar sommer ook konfyt van die Merlot, Cabernet en Shiraz druiwe te kook. Dit was die geboorte van haar wye reeks konfyte en ingemaakte produkte. “Ek was mal van opgewondenheid, want ek het waarde toegevoeg tot ons bedryf en ek het werk geskep vir die dames op die plaas wat nie meer kon pars nie,” vertel sy. Sy noem die span wat haar help haar “hospitaalspan”. “Ek kry die siekes, oues en luies om te help kook, want die res pars. Glo my, die ander is lekker jaloers op ons, want ons luister musiek, praat oor onderwerpe soos dwelmmisbruik, gesondheid, gee raad, ruil resepte en plantjies uit en almal is ewe belangrik en lewer nog ‘n goeie dag se arbeid. Party is al in hul sewentigs, maar hulle was en korrel die druiwe en voel só dat hulle nog ‘n nut het,” vertel sy oor die kameraderie onder
haar span. Elsabe glo ook daarin om in haar gemeenskap terug te ploeg en in haar plaasmense te belê. Haar “Jêm Stoor” het al vir die verdere studies van jongmense op die plaas betaal en haar konfyte is al aan voedingsprogramme geskenk, het al op vele basaartafels diens gedoen, is deel van talle geskenkpakke en fondsinsamelings. Sy skenk ook gereeld produkte aan kultuurinisiatiewe op die dorp. Buiten haar eie reeks produkte, moes sy ook al vir verskeie wynlandgoedere in die omgewing spesiale konfyte op versoek ontwikkel. Hierdie entrepreneur kook nie net konfyt nie, maar speel ook graag toneel, skryf haar eie toneelstukke, tree gereeld as motiveringspreker en seremoniemeester op en lewer kosdemonstrasies. Sy is ook deel van die Dameskring en VLV. Wanneer ‘n mens wonder waar sy die tyd en energie kry om al hierdie dinge te doen, is haar antwoord eenvoudig: “Almal vra hoe doen ek alles. Hier is die resep: `n dag het 24 uur – 8 uur om te slaap, 8 uur om te werk en 8 uur om te speel. Slaap `n bietjie minder, werk `n bietjie minder en dan is daar meer tyd om te speel en dit te doen waarvan jy hou.”
NUUS • NEWS
2
19 Julie 2017
NUUS • NEWS
•SAKEREUS TERUG NA WORTELS IN PLAASLIKE KETTINGWINKEL
Ackerman-Berman pak sakke en rakke •Jaomi Zeeman Suzanne Ackerman-Berman, Pick ‘n Pay se direkteur van Transformasie en dogter van die bekende eienaar van Pick ‘n Pay, Raymond Ackerman, het Wellington op Vrydag 14 Julie besoek. Op ‘n yskoue Bolandse oggend het die nederige Suzanne reeds om 08:30 tussen die rakke van ons plaaslike Pick ‘n Pay, geklee in ‘n vrywilliger-baadjie, begin diens doen. Hierdie besoek is deel van haar inisiatief om kos vir minderbevoorregtes in te samel met die oog op Mandeladag. Die inisiatief is ‘n samewerking tussen Pick ‘n Pay en die FoodForward SA-organisasie waarmee hulle die nood onder die meer as 14 miljoen Suid-Afrikaners wat elke dag honger ly, wil verlig. Hulle wil tydens 2017 se Mandeladag-viering op 18 Julie aansluit by hierdie dag se tema vir die jaar, naamlik “Neem Aksie Teen Armoede”, en een miljoen etes aan FoodForward se begunstigdes voorsien. “Pick ‘n Pay is FoodForward SA se grootste kleinhandel-vennoot,” sê Suzanne. “Hierdie kosinsamelingsprojek sal ‘n inspuiting wees om hulle te help om in die groot nood van hul 600 begunstigde organisasies, wat elke dag kos aan 250 000 honger mense uitdeel, te voorsien.” Volgens Suzanne het sy Wellington al van tevore besoek en hou sy baie van die dorp. “Ek was al ‘n hele paar keer in Wellington en het al met verskeie organisasies in die dorp saamgewerk. "Hierdie besoek is egter om bewusmaking te kweek vir ons inisiatief om kos in te samel en om netwerke in plek te kry sodat die gewone man en vrou op straat ook ‘n bydrae kan lewer met die oog op Mandeladag,” sê sy. Sy besoek verskeie plattelandse dorpe en later ook die stedelike gebiede om hierdie inisiatief momentum te gee. Die projek vind by alle Pick ‘n Pay-winkels in Suid-Afrika plaas waar vrywilligers van 14 tot 16 Julie spesiale winkelsakke met ‘n voorgestelde lys van items wat kliënte kan skenk, uitdeel. Kliënte kan dan die sakke met items van hul keuse vul en die donasies in spesiaal gemerkte
houers voor in die winkels plaas. Vir Suzanne is hierdie inisiatief egter nie net iets wat sy in haar korporatiewe kapasiteit doen nie – dit is ook iets waaroor sy op ‘n persoonlike vlak baie sterk voel. “Dit is deel van ons familie se waardesisteem. Ons glo hoe meer jy gee, hoe meer sal jy ontvang. "My pa het die besigheid gebou op die beginsel van ‘om goed te doen, is goeie besigheid’. Dit is iets wat in ons are bruis, as familie en as ‘n besigheid. Ons probeer om goed te doen in elke aspek van ons lewens. "Dit gaan nie oor Pick ‘n Pay wat die krediet vir enigiets wil hê nie, maar oor die nood van mense en hoe ons kan bydra om dit te verlig en ‘n verskil te maak,” verduidelik sy. Volgens Suzanne plaas die feit dat hulle ‘n maatskappy is wat hoofsaaklik kos voorsien, hulle in ‘n gunstige posisie om iets aan te pak wat in die gees van Nelson Mandela se nalatenskap is. Sy voel dat om na mekaar in gemeenskappe om te sien en as ‘n nasie vir mekaar om te gee, ‘n gemeenskaplike visie van Pick ‘n Pay en Nelson Mandela is. Vir haar is dit ook nie net iets waarby sy slegs tydens ‘n dag soos Mandeladag betrokke is nie – dit is iets wat deurlopend deel van haar lewe is. “Ons het baie projekte waarmee ons die nood in gemeenskappe regoor die land help verlig. "Elkeen van ons winkels poog om die gemeenskap waarbinne hulle funksioneer te help en betrokke te wees en tot diens te wees. "Ons Wellington-tak gaan byvoorbeeld al die kos wat met hierdie inisiatief ingesamel word, aan die plaaslike Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum skenk. Ons is ook dwarsdeur die jaar by soortgelyke projekte betrokke,” verduidelik Suzanne. Sal die gaping tussen die oorvloed en rykdom van sommiges en die nood en armoede van ander ooit kan krimp? Suzanne voel dat die antwoord moontlik iewers in die middel van dié twee uiterstes lê. "Die nood onder die armes word net al hoe groter.
Bo: Lori Feldman, Lee-Ann Heyburgh, Suzanne Ackerman Berman, Alet Bulloch, Mathew Jacobs, Wessel Badenhorst (PnP Wellington mede-eienaar), Reynier Rolfe en Lucille Behm. Regs: Suzanne help vrywilligers om skenkings in die waentjie te pak. "Dit lyk soms asof die uiterste pole van rykdom en armoede al hoe verder uit mekaar beweeg. "Dit is egter in die middel waar die antwoord waarskynlik lê – by die gewone verbruiker, by mense op grondvlak wat hul verantwoordelikheid teenoor hul medemens besef en iets daaraan probeer doen,” sê sy. “Mense moet hul kinders anders begin grootmaak – minder toegee aan die verbruikersneiging om alles te wil hê en etiket-gedrewe selfbeeldvorming. Kinders moet leer om eers-
tens vir hul medemens om te gee en dat basiese behoeftes en luukshede twee verskillende goed is. Sosiale verantwoordelikheid is iets wat ouers maar by hul kinders kan inskerp as hulle ‘n beter toekoms wil sien,” sluit sy af. Hierdie visie sluit aan by Nelson Mandela se woorde oor armoede: “Om armoede te verlig is nie ‘n liefdadigheidstaak nie; dit is ‘n daad van geregtigheid. Soos slawerny en Apartheid is armoede nie natuurlik nie. Dit is ‘n mensgemaakte ding en dit kan oorkom en uitgeroei word deur die aksies van mense.”
NUUS • NEWS
19 Julie 2017
•VOORHEEN AAN STUUR VAN BREYTENBACH-SENTRUM
3
Kemp dryf Jakes Gerwel-stigting •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Theo Kemp is onlangs as die eerste uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel-stigting aangestel. Theo, ‘n skrywer, akademikus, entrepreneur en vir bykans 10 jaar die bestuurder van die Breytenbach-sentrum, sal vanaf Augustus hierdie nuwe amp beklee. Volgens Theo het hy in Desember van die pos te hore gekom. “Die pos is geadverteer en ek moes deur die hele senutergende, maandelange proses van onderhoude en psigometriese toetsing gaan. Dit was ‘n geleentheid wat ek met beide hande wou aangryp en my geluk kon nie groter wees toe Brian Figaji, voorsitter van die Jakes Gerwelstigting my die dag in Junie met die goeie nuus bel nie,” sê hy. Die stigting is in November 2013, ‘n jaar na die dood van Jakes Gerwel, deur sy weduwee, Phoebe Gerwel, gestig. Die doel van die stigting is om die nalatenskap van Jakes Gerwel en dit waarvoor hy as akademikus, politikus, besigheidsman en sportliefhebber gestaan het, in stand te hou. Hy was ‘n voorstander van transformasie in Suid-Afrika, veral op sosio-ekonomiese vlak. “Dit is ‘n lang pad wat ons sedert 1994 stap om te probeer om ongelykhede uit te wis en die einde is nog nie naastenby in sig nie, inteendeel. Daar is nog ontsaglik baie werk om te doen om die droom – waaraan leiers en denkers soos Jakes Gerwel veral as rektor van die UWK en later as die direkteur-generaal in die kantoor van Nelson Mandela – te bewaarheid,” sê Theo. Hy verduidelik dat die stigting homself beywer om ‘n bydrae tot ‘n werklikwaar vry, regverdige en nie-rassige demokratiese Suid-Afrika te lewer. “Die stigting wil bydra tot die ontwikkeling van al ons mense, veral deur projekte in die opvoedkunde, kuns en kultuur en sport aan te pak. Jakes Gerwel het vir gelyke regte en geregtigheid vir almal gestaan en vas geglo dat ons as land die potensiaal en kapasiteit het om ‘n werklik inklusiewe samelewing te skep,” verduidelik Theo. Sy taak sal behels dat hy die strewe van ‘n
projekte te bedink en te implementeer en om ‘n sterk administratiewe ruggraat tot stand te bring, gaan hom nou handig te pas kom. “Ek raak op ‘n lekker manier gek van die soort kreatiwe adrenalien wat ‘n nuwe projek meebring. Ek is die eerste uitvoerende direkteur, dus is daar baie drome en groot planne. Iemand moet nou die tentpenne kom inkap. Ek weet ek sal dit nie alleen kan vermag nie – dit is altyd ‘n spanpoging,” sê hy. In sy nuwe kantoor by die Mandela Rhodesstigting in Kaapstad sal Theo skouers skuur met mense soos onder andere Trevor Manuel, Hein Gerwel, Wilmot James, Annari van der Merwe, Shaun Johnson, Shirley Levendal en Ton Vosloo – almal trustees van die Jakes Gerwel-stigting. Oor die uitdagings van sy nuwe werk is Theo realisties. “Ek dink die soort werk waarmee die stigting gaan besig wees, naamlik gemeenskapswerk en die ontwikkeling van die individu, is ‘n moeisame
vry, regverdige, nie-rassige en gelyke Suid-Afrika moet uitleef deur gapings waar daar op opvoedkundige, kulturele, maatskaplike en humanitêre vlak hulp, onderskraging en ontwikkeling nodig is, te identifiseer. “Dit gaan hier om opleiding van mense wat dit die nodigste het, om armoede te help uitwis daar waar dit die swaarste gaan; om ons kulturele rykheid te bewaar en te bevorder en juis in te span om mense bymekaar uit te bring,” sê Theo oor hierdie nuwe uitdaging. Volgens Theo het hy in die 10 jaar as bestuurder van die Breytenbach-sentrum, sy jare by die Woordfees en later ook by die KKNK, as reklame-koördineerder by NB Uitgewers en as inisieerder van die Vrystaat Literatuurfees in Bloemfontein waardevolle ondervinding opgedoen. Sy kreatiwiteit en vermoë om strukture te skep, ‘n handelsnaam te vestig en uit te bou,
proses. Dit behels baie konsultasie-werk met verskeie rolspelers en die onvoorspelbaarheid van waarmee jy te doene het, maak dat dit tydsaam is. Jy kan sekere goed nie afdwing of aanjaag nie. "Om werklik te belê in menslike ontwikkeling moet jy voorbereid wees op baie teleurstellings. Die een enkele grootste struikelblok lê waarskynlik binne jouself: om geduldig te wees,” sê hy. Theo vergelyk sy visie vir sy nuwe amp kinders grootmaak. “Jy moet ‘n soort fasiliterende rol speel, die heeltyd op soek wees na nuwe geleenthede ter bevordering van die projek, die heeltyd op jou hoede dat alles wat jy doen ter bevordering van die saak is. Alles wat jy doen, veral in die beginjare, het uiteindelik later ‘n impak,” sê hy. “Ek sal oor ‘n paar jaar wil terugkyk en sien dat die projekte wat die Jakes Gerwel-stigting aangepak het en steeds mee besig is, ‘n daadwerklike en onomkeerbare verskil in mense se lewens maak.”
courant
dié
4
19 Julie 2017
Tussen die uiterstes
Mense hou daarvan om dinge, gevoelens, gebeure en ander persone te klassifiseer. As iets ‘n naam het, kan ons hom dalk verstaan, ontleed of oordeel. Dinge val gereeld in die kompartemente van “goed” of “sleg”, “swart” of “wit”, “mooi” of “lelik”, “reg” of “verkeerd”, “arm” of “ryk”. Dit maak die lewe seker ‘n bietjie eenvoudiger wanneer ons die een uiterste teen die ander uiterste kan opweeg en besluit aan watter kant van die draad hy val. Uiteindelik vorm hierdie klassifikasie-stelsel wat ons daagliks bedryf die grense waarbinne ons lewe. Dit word die lyne wat ons trek om sin te probeer maak, veilig te voel, dinge te probeer verstaan en mense te oordeel. Dit is die filter waarmee ons die wolwe van ons deure probeer weghou. Dit is ongelukkig ook die dinge wat skeiding bring, verdeel en aanvaarding moeilik maak. In ons gemeenskap is daar baie uiterstes. Ons ken baie voorbeelde van goed en sleg, swart en wit, mooi en lelik, reg en verkeerd, arm en ryk. Oor die algemeen probeer ons meesal op die kant van die munt wat vir ons na die mees aanvaarbare lyk, fokus. Met Mandeladag op 18 Julie word ons elke jaar daaraan herinner om ‘n bietjie na dié kant van die lewe te kyk wat ons gewoonlik sou vermy. Ons word gekonfronteer met dié dinge wat ons miskien ‘n bietjie ongemaklik laat voel – dinge en mense buite ons gemaksones word onder die vergrootglas geplaas en ons verantwoordelikheid daarteenoor word onvermydelik. Volgens Suzanne Ackerman-Berman, direkteur van transformasie by Pick ‘n Pay en iemand met ‘n hart vir sosiale verantwoordelikheid, lê die antwoord vir baie van ons land se probleme heel waarskynlik tússen die uiterstes. In die grys area tussen armoede en rykdom, goed en sleg, mooi en lelik, reg en verkeerd is ‘n plek waar ons die gapings kan laat krimp. Mag elkeen dit hierdie week in hierdie grys area iets van waarde doen of ervaar. So kan ons die punte nader aan mekaar trek.
It’s Good News
Dr. Marc Blackwell Snr
Words of Grace
Hebrews 11:23-28 “By faith Moses, when he became of age, refused to be called the son of Pharaoh’s daughter, choosing rather to suffer affliction with the people of God than to enjoy the passing pleasures of sin, esteeming the reproach of Christ greater riches than the treasures in Egypt; for he looked to the reward. By faith he forsook Egypt, not fearing the wrath of the king; for he endured as seeing Him who is invisible. By faith he kept the Passover and the sprinkling of blood, lest he who destroyed the firstborn should touch them.”
God in His Divine wisdom keeps us uninformed about our personal future events in order to teach us to depend on and trust in Him. Your choices say everything about you! After forty years of living in Pharaoh’s palace, Moses chose to suffer for his faith in God, rather than to choose the pleasures of sin. At great personal risk and loss, he rejected Egypt’s offering of position, power, prosperity and popularity. The result of his choice was that he went from the luxuries of palace life to forty years of living in a tent, and serving as a shepherd in the wilderness. But eventually it becomes clear (to us all) that God blesses faithfulness and Moses would be a great leader and blessing to Israel to the Glory of God. Wisdom is the God-given ability to see things as they really are and to respond according to Bible principle for God’s glory.
NUUS • NEWS
HAM raak 'Spic & Span'
Die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum (HAM) het gedurende die vakansie hulp uit die buiteland gekry om te help om in hul inwoners se behoeftes te voorsien. Volgens Karen Petersen, hoof van bemarking by HAM, is hulle baie afhanklik van bystand uit die gemeenskap om in hul kinders se behoeftes te voorsien. “Hierdie kinders is wees gelaat of in ‘n plek van veiligheid geplaas deur die hof. Om ten volle in hul geestelike, emosionele, fisiese, intellektuele, sosiale en psigologiese behoeftes van elke kind te voorsien, het ons die hulp van die gemeenskap nodig. "Ons is deel van ‘n program van Badisa wat ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie is. Dit nood is gewoonlik groter as waarvoor daar fondse is,” verduidelik sy. HAM het hierdie jaar besluit om hul badkamers met ‘n “Spic & Span” projek op te knap. “Die projek sluit die verf, teël van vloere en herstel of vervanging van badkamerbenodigdhede in,” sê Karen. HAM is deur ‘n nie-winsgewende organisasie, Newkidz on the Block, gekontak. Hierdie organisasie se visie is om bewusmaking en ondersteuning van weerlose kinders wat wees of haweloos gelaat is, te kweek. Hulle het ten doel om hierdie kinders met liefdevolle families te integreer. “Newkidz on the Block het HAM se ‘Spic & Span’ projek vir 2017 as iets waarby hulle betrokke wil raak, geïdentifiseer en besluit om in samewerking met Global Exploration in Neder-
land hulp aan die projek te verleen,” verduidelik Karen. Volgens Karen is Global Exploration ‘n maatskappy met ‘n Nederlandse basis. Hulle stuur elke jaar hoërskoolleerders, saam met onderwysers en ‘n dokter, om hulp aan verdienstelike projekte regoor die wêreld te verleen. Vanaf 2014 het Global Exploration Suid-Afrika by hierdie ongelooflike program ingesluit en Newkidz on the Block het sedertdien die voorreg om elke jaar met hierdie spanne saam te werk. “HAM is in 2017 as hul begunstigde organisasie van ondersteuning gekies. Daar is twee spanne wat mekaar opvolg in die laaste week van Julie en die eerste week van Augustus. Elke span bestaan onderskeidelik uit 30 tot 35 skoliere, onderwysers en dokters,” sê Karen. Sy verduidelik dat hul daaglikse program uit ‘n oggendsessie, wat onderhoudswerk in die badkamers insluit, gevolg deur middagete en ‘n middag/aandsessie waar hulle ‘n program van speletjies en aktiwiteite met die kinders doen, behels. “HAM wil vir Newkidz on the Block en Global Exploration uit ons harte bedank vir die opgradering van ons badkamers. "Nou kan ons ons fokus plaas op die mentorskap en beursfonds vir ons graad 10 tot 12 leerders wat vir ons ook ‘n belangrike prioriteit is,” sê Karen met dankbaarheid. Enigeen wat belangstel om by HAM se projekte betrokke te raak, kan hul kantoor by 021873 3834 kontak.
NUUS • NEWS
5
19 Julie 2017
*2
01
7
dy
Also at
Re
p ut a
ti on I n s t i t
ut e
st
u
64 57 78 42 40
R
SAVE R5
SAVE R31
SAVE R10
PnP Long Life Full Cream Milk 6 x 1 Litre
R
R
R
Bokomo Weet-Bix 1.35kg
Nescafé Gold 200g Dawn Jar
R
SAVE R23
Ariel Auto Washing Powder with/without Downy 2kg Flexi Bag, Liquid Detergent with/without Downy 1.5 Litre or Capsules 15s Each
SAVE R9
PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
BIRTHDAY PROMOTION
NOW ON
+ R
65
BUY 2 AND SAVE
NOW ONLY
R
Per kg
SAVE R15
137
R
no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 5kg and Chicken Livers 250g
PnP Bulk Stewing Beef Bone in
10
PnP Strawberries 250g
+ R
75
BUY ALL FOR
R
30
BUY 2 FOR
+
+
SAVE R15
SAVE R14
PnP Avocados 1.5kg, Naartjies Half Tray and Royal Gala Apples 1.5kg
PnP White Mushrooms 250g
R
R
19
19
12
SAVE R3
PnP Soup Assorted 50-85g
R
15
99
SAVE R2
Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each
Stork 40% Fat Spread 1kg Tub and Stork Baking Margarine 500g Brick
99
SAVE R10
99
PnP Doughnuts Assorted 6s Per Pack
R
All Gold Tomato Sauce 700ml
R
R
SAVE R10
SAVE R3
BUY ANY 4 FOR
49
BUY BOTH FOR
R
36
99
SAVE R9
White Star Super Maize Meal 5kg
21
BUY ANY 3 FOR
R
WAS R194
170
SAVE R24
Castle Lager 24 x 330ml Cans or 24 x 340ml Non-returnable Bottles Per Case
SAVE R5
Cadbury Lunch Bar Dream Large, P.S., 5 Star, Astros or Crunchie Large
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za
Prices Valid 20 - 23 July 2017 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape
PERSONALISED DISCOUNTS ON WHAT YOU BUY MOST. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.
MMWCHS1572
6
19 Julie 2017
NUUS • NEWS
Koor maak Wellingtonse draai: Die koor van die Monument Hoërskool in Krugersdorp het gedurende die Junie-vakansie ‘n landwye toer onderneem en ‘n Bolandse
draai gemaak. Die “Monnas”-koor, soos hulle ook bekend staan, het ‘n paar dae in Wellington vertoef en die dorp verken, asook ‘n uitvoering in die Presbiteriaanse Kerk op die dorp gehou. Die koor, wat uit net minder as 100 lede bestaan, het ons plaaslike museum, sowel as die Ouma Granny-huis besoek. Hulle was in vervoering oor ons pragtige dorp, mooi omgewing en wonderlike besienswaardighede. Tydens hul besoek aan die museum het hulle na ‘n oorsigtelike praatjie oor die dorp se geskiedenis, bekende persoonlikhede in die dorp en ons plaaslike erfenis geluister. By Ouma Granny-huis kon hul die groot versameling memorabilia, ou meubels en gebruiksartikels uit die verlede besigtig. Volgens die koor se bekende koorleier, Duncan Fourie, onderneem hulle jaarliks ‘n toer deur die land. Hy is ook die koorleier van die bekende Linden-koor wat ook gereeld deur die land toer. “Dit is regtig vir ons ‘n voorreg om gehore deur die land met ons gawe van musiek te bedien en vermaak. Dit is ‘n ongelooflike ondervinding vir die koorlede,” het hy gesê. Op Vrydag 14 Julie het hulle Wellingtonners in die pragtige akoestiese ruimte van die plaaslike Presbiteriaanse Kerk met hul uitgebreide repertoire vermaak. Hulle was ook baie opgewonde oor hul nuwe kooruitrustings wat spesiaal deur die ontwerper Gert Johan Coetzee ontwerp is. “Ons skool het ongeveer 1800 leerders. Hierdie koorlede werk ontsettend hard en is baie toegewyd en die toer is vir hulle ‘n hoogtepunt,” het Duncan gesê.
Arno Carstens lê besoek af by die Bôrdienghuis Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Die bekende sanger Arno Carstens kom binnekort in Wellington optree wanneer hy op Saterdagaan 29 Julie in die Bôrdienghuis sal optree. Arno, wat die hoofsanger van die rock-groep, die Springbok Nude Girls, was, het onlangs sy eerste Afrikaanse album vrygestel. Gaste kan uitsien na ‘n vertoning van splinternuwe liedjies uit hierdie bekroonde kunstenaar se pen – hierdie keer in Afrikaans. Hierdie voormalige rocker se eerste Afrikaanse album heet “Aandblom 13” en is reeds deur resensente as “eiesoortig” en “vernuwend” beskryf. Wellingtonners kan lekker knus en warm voor al die groot derbies en interskoles in die Boland kom luister hoe mooi Arno in Afrikaans sing. Die vertoning begin Saterdagaand, 29 Julie,
om 20:00 en pizza’s en wyn word oudergewoonte reeds vanaf 18:00 verkoop. Kaartjies kos R150 per persoon. Bespreek by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.
Bosman-vakansieprojek
Die kinders van die Bosman Adama-plase het hierdie vakansie nie vir een oomblik verveeld rondgesit of ledig gewonder hoe hulle hul tyd moet verwyl nie. Onder leiding van Klaas Morkel, koördineerder van projekte by die Bosman-plase, het hulle ‘n heerlike vakansieprogram gevolg. Volgens Klaas het hulle die kinders in verskillende ouderdomsgroepe verdeel sodat elke groep ouderdomsverwante aktiwiteite kan geniet. Die kinders het op talle uitstappies gegaan, na interessante praatjies geluister, nuwe vaardighede aangeleer, aan opvoedkundige aktiwiteite deelgeneem en sommer hope pret gehad. “Ons het ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite vir die kinders gereël gedurende die vakansie. Hulle het ‘n ‘fancy dress’-kompetisie gehad waar
hulle hul eie uitrustings moes maak en modelleer. Hulle het ook die museum besoek, aan sportaktiwiteite deelgeneem, ‘n bakkompetisie gehad, leer hekel en gefliek,” vertel Klaas entoesiasties. Klaas het die aktiwiteite slim beplan en van plaaslike kenners gebruik gemaak om met die kinders te kom praat. Die polisie het onder andere ‘n praatjie oor dwelms en Kansa ‘n inligtingsessie oor kanker gegee. Volgens Klaas gaan hulle op Mandeladag ook terugploeg in die gemeenskap wanneer die kinders sop aan minderbevoorregtes gaan uitdeel. “Ons gaan die aktiwiteite op ‘n hoogtepunt afsluit wanneer ons ‘n lekker sportdag op die laaste Saterdag van die vakansie gaan hou,” sê hy trots. “Dit is lekker om te sien hoe die kinders hierdie goed geniet en wat dit vir hulle beteken.
NUUS • NEWS
19 Julie 2017
7
Iconic link for Tour of Good Hope for cyclists
Dagboek • Calender Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United RFC Fixtures 22 July - Bye 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals: Top 8 12 Aug - Semi Finals: Top 8 19 Aug - Finals: Top 8 For more information, contact Jovan-ré Cupido at 073 296 3575 or jovanrewc@gmail.com Annual Yellowtail Classic @ Yzerfontein 8 or 9 July - The annual Yellowtail Challenge will take place in Yzerfontein. Entry fee for members - R150. Entry for non members: R200. Entry for under 16: R75 For more details, contact info@wcbac.co.za Phillip Moolman 14 Julie: Die bekende akteur en sanger kuier by die Drostdy Teater om 20:15. Die kostes beloop R120,00 Vir enige navrae kontak Marni Venter by 082 754 0750 Swartland Veterane Ploegdag 22 Julie - Die Swartland Veterane Ploegdag word vanaf 09:00 by die Môreson-plaas buite Malmesbury gehou. Toegang beloop R50 vir volwassenes
en R10 vir kinders. Kontak Linda met stalletjienavrae by 084 887 7843 of Johan met algemene navrae by 082 357 3413 Breytenbach Sentrum 29 Julie: Arno Carstens kuier by die Bôrdienghuis Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Wellington Huismark 3 tot 6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart-fasiliteite is beskikbaar. Solo Studios 11-13 Aug: Verskeie kunstenaars se uitstallings by Solo Studios in Riebeek vallei. Vooraf-bespreking is noodsaaklik by solostudios.co.za
Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington-Noord se kerksaal Kontak Melanie by 021 873 1040 met navrae. Breytenbach-sentrum 19 Augustus: Mallies en die Sakemanne - Burgerstraat word aangebied in Die Bordienghuis by die Breytenbach Sentrum. Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375.
Jayde Julius (left), Nolan Hoffman (centre) and Clint Hendricks pose in front of the statue of Nelson Mandela after a stage of the Bestmed Tour of Good Hope. Photo: Warren Elsom/ Capcha Photography The Bestmed Tour of Good Hope will have a direct link to one of the world’s most iconic figures when the stage race is hosted by the Drakenstein Correctional Centre situated between Paarl and Franschhoek next year. The facility, previously known as the Victor Verster Prison, made international headlines on February 11, 1990, when Nelson Mandela took his first steps to freedom through its gates after 27 years of incarceration. It will act as the Tour of Good Hope’s race village from March 5 to 9, with an international field of cyclists starting and finishing under the famous Madiba statue at the entrance to the prison. The correctional centre’s communications manager Manfred Jacobs, who has worked there for over two decades, said the staging of the Tour of Good Hope, presented by the City of Drakenstein, would tie in with the 100 years’ celebration for Mandela. “Next year, Madiba would have turned 100 so it is a special occasion,” he said. “We are definitely looking forward to hosting the race and it’s a huge boost for us to have the top local and overseas riders here. “We want to build on the legacy of Madiba, which is about getting people together. If we can do it through sport, that’s even better because of his belief in the power of sport.” Jacobs said they all had many special memories of Mandela, who spent his last 14 months at Victor Verster, but one lesson from him always stood out. “The one thing that I always tell people is that he taught us that big doors hang on small hinges. That means you need not be the most significant person around, but if you can still add value you are important. “And that’s what we try to do here, to add value, not only to the inmates but also to the public we are serving.” Jacobs said they had been involved with the
Bestmed Tour of Good Hope previously and they had the facilities and space to act as the race venue. An indication of their organisational capabilities, he added, was the 27 For Freedom road running race they held annually in February to celebrate Mandela’s release. “We have around 10 000 athletes in this run so we are geared to host big events,” said Jacobs. “We are really looking forward to the tour because it is one of the prime races in the Cape Winelands area and any part we can play in that would be fantastic.” ASG Events’ operational manager Darren Herbst said they were delighted with the new option and felt it would work really well for the five-day event. “We have put in a lot of effort to establish this race on the calendar and the City of Drakenstein have assisted us greatly after coming on board last year,” he said. “The Victor Verster played such an important part in Madiba’s life and the new venue will encompass a number of things, such as cyclists riding past the house where he lived, so it should make for a memorable celebration.” He added that the crossing of the public road outside the facility was one of the major factors they had solved from the previous year when the race was hosted by La Paris Estate while starting in front of the prison. “With the start and finish inside the centre, that issue has been removed,” said Herbst. “There are ample parking and wonderful facilities that will ensure a hassle-free experience for the participants. It is the perfect setting to reproduce the five-star race village for which the tour has become known.” The Tour of Good Hope will cover a total distance of 490km in the Cape Winelands. Visit www.tourofgoodhope.co.za for more information.
courant 19 Julie 2017
dié
8
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
19 Julie 2017
Bartho roei in eerste marathon Bartho Visser, ‘n graad 10-leerder van Hugenote Hoërskool, het die afgelope week aan sy heel eerste Bergrivier Kanomarathon deelgeneem. Hy het uitstekend presteer deur as die derde junior oor die wenstreep te roei. Bartho, wat as 16-jariges saam met onder 18 roeiers deelneem, het ook algeheel 22ste in die marathon geëindig – ‘n uitstekende prestasie vir so ‘n jong roeier wat hierdie uitmergelende marathon vir die eerste keer aangedurf het. Hy het boonop ook die medalje vir die mees belowende junior ontvang.
Rolbal: Die Wellington-rolbalklub het by hul onlangse prysuitdeling die spelers wat die afgelope seisoen geskitter het, vereer vir hul spel en toewyding. Heellinks: Riana Hanekom is
aangewys as die kampioen in die dames ope-afdeling vir enkelspelers. Tweede van links: Gerda Maree is aangewys as die kampioen in die dames enkspel ope. Middel: Michaela Maree is aangewys as die beste Dames Enkelspel Nuweling asook die speler met die beste vordering. Tweede van regs: Frank Jardine het die titel ingepalm as die beste enkelspeler in die mansafdeling, asook die tweebal-enkelspel. Heel regs: Aubrey Abrahams is aangewys as die beste enkelspel-nuweling in die mansafdeling.