courant
1 Wellington
dié
12 Julie 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 428
12 Julie 2017
•GEMEENSKAP SPAN SAAM VIR TEHUIS
Hulp stroom in vir ACVV se Huis Lizelle
•Jaomi Zeeman Toe ‘n brand in die vroeë oggendure van Dinsdag 4 Julie in die Huis Lizelle aftreeoord op Wellington uitbreek, het 16 kamers in hierdie wooneenheid brandskade opgedoen. Een inwoner het ook in die brand gesterf. Inwoners was erg getraumatiseerd en geskok oor die lewensverlies. Nadat die brand geblus is, het die realiteit van die verlies van hulle laaste aardse besittings boonop ook uit die as voor hul opgedoem. In die week sedert die brand het die gemeenskap en plaaslike besighede ingespring om al hierdie slagoffers te help. Talle skenkings is gemaak, kos is aangedra en hulpmiddels beskikbaar gemaak om die verliese wat gedurende die brand gely is, te verlig. “Die brand het erge skade aan die hele ry agterste kamers aangerig en ook in die gang was daar skade. "Terwyl die brand geblus is, het alles in hierdie areas sopnat geword en is met roet en as deurdrenk,” vertel Janet Myburgh, bestuurder van die ACVV Dienssentrum net oorkant die straat. Die Dienssentrum het ook Jolianda Green en Gertie Williams van Silwerkruin lewer sedert die brand die afsetpunt vir Huis Lizelle se wasgoed in winkeltrollies af. donasies en skenkings aan die slahulle ook nou die skenkings aan die mense wat goffers geword. Een hele vertrek moes intussen aan al die komberse, beddegoed, dit die nodigste het. “Daar stroom soveel skenkings in. Ons hou handdoeke, toiletware en ander benodigdhede wat deur die gemeenskap aangedra word, afge- daarvan boek en wil dit kanaliseer na die mense wat dit die nodigste het,” verduidelik Myburgh. staan word. Volgens haar woon sommige van die inwoVolgens Myburgh is hulle oorweldig deur die goedheid van mense en hoe almal onmiddellik ners steeds in Huis Lizelle. “Die inwoners wat in die gedeelte woon wat ingespring het om hulle by te staan. “Dit is wonderlik hoedat daar soveel welwil- nie deur die brand beskadig is nie, kon na hul lentheid uit so ‘n slegte ondervinding kan kom. blyplek terugkeer. ‘n Mens besef hoeveel die mense van die dorp "Dié wat nie meer in hul kamers kan woon nie, vir mekaar omgee en na mekaar omsien wan- moes noodgedwonge ‘n ander heenkome vind – neer so ‘n ramp jou tref,” sê sy. iets wat tussen familielede en die gemeenskap Buiten die etes wat die Dienssentrum aan die gelukkig gereël kon word,” vertel Myburgh. slagoffers van die brand voorsien het, versprei Dit is nie net die gemeenskap, besighede en
die Dienssentrum wat die slagoffers bystaan nie. Volgens Myburgh ontvang hul ook ondersteuning van ds. Bernardo en die Silwerkruin Tehuis vir Bejaardes net om die draai. “Silwerkruin het die wasgoeddiens van die Huis Lizelle oorgeneem en was elke dag hul wasgoed,” sê sy. “Hulle ry dit sommer met winkeltrollies vir die mense aan.” Intussen is sy druk besig om bestekopname van al die skenkings te maak. “Kyk net al hierdie goed,” sê sy terwyl sy dekens, handdoeke en beddegoed uit hul verpakking haal. “Dit is alles splinternuut en kan nou vir iemand wat alles verloor het help om weer op die been te kom. Ons hou dit vir die mense wat nou eers uitgeplaas is of ‘n ander heenkome het totdat die gebou herstel is. En dit is nou behalwe al die eetgoed en die toiletware wat ons ook al ontvang het,” sê sy dankbaar. “Weet jy, daar is een omie wat alles verloor het. Hy het nie eers meer ‘n bed nie en kon in ‘n ander kamer intrek, maar sonder enigiets wat hy nodig het. Dit was net een boodskap op ‘n Whatsapp-groep, toe het ons voor ek die middag huis toe gaan vir hom alles wat hy nodig het – bed en al,” som sy die omgee-harte van Wellingtonners raak op.
Janet Myburgh van die ACVV Dienssentrum by al die skenkings aan Huis Lizelle.
NUUS • NEWS
2
12 Julie 2017
NUUS • NEWS
Kunstenaars verdryf die winter
Mzansi-makers knoop meer as 1000 macramé’s
Die hart van die Bôrdienghuis Teater by die Breytenbach Sentrum op Wellington het op Saterdagaand 8 Julie sommer warm geklop. Verskeie bekende kunstenaars, waaronder Laurinda Hofmeyer, Schalk Joubert en Marissa von Mollendorff het gaste met die mooiste toonsettings van gedigte vermaak. Die aand is deur die uitstalling “Winterslaap”, wat tans by die Breytenbach Galery te sien is, geïnspireer. “Die kruisbestuiwing tussen kunsvorme is wonderlik. Hier het ons ‘n kunsuitstalling wat deur ‘n gedig geïnspireer is en musiek wat ook uit gedigte geïnspireer is,” het Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Galery tydens die
Bo: Christeline Karelse, Liddihanna September, Melaney Fredericks, Veronica Willemse, Juanita Jacobs, Eliza Beukes, Anthonichia Saaiman, Maryna Williams, Leonie Adams en Robin Karelse.
opening van die aand gesê. Laurinda, wat bekend is vir haar uitstekende toonsettings van bekende gedigte, het saam met die meesterlike kitaarspeler, Schalk Joubert, en tromspeler Kevin Gibson gestalte gegee aan talle van die mooiste Afrikaanse gedigte. Dié Paarliet en musiekonderwyseres, Marissa von Mollendorff, het ook haar uitsonderlike toonsettings van onder meer Eugene Marais en Wilma Stockenström se gedigte vertolk. ‘n Spesiale verwerking van Stockenström se “Winterslaap” en ‘n verrassingsvertoning deur Laurinda se broerskind, Joannie Hofmeyer, ‘n operastudent in New York, het die aand op ‘n hoë noot afgesluit.
Die plaaslike Mzansi-makers is die afgelope paar weke druk aan die knoop aan ‘n groot bestelling macramé-produkte. Hierdie groep plaaslike vroue is deur AnneGhrett Erasmus in die kuns van macramé opgelei om ‘n groot bestelling potplanthouers vir ‘n groot winkelgroep te vleg. Die vroue, wat almal voorheen werkloos was, glimlag breed wanneer hulle trots oor hul nuwe inkomste, werk en suksesse praat. Hulle is opgewonde oor die rigting waarin hierdie nuwe uitdaging hulle geneem het. “”n Maand of wat gelede het ek sonder werk gesit, en kyk nou. Hier het ek nou ‘n plek waar ek elke dag kan kom werk en geld verdien,” vertel die een vrou trots. Volgens die vroue het hulle vinnig die macramé-kuns onder die knie gekry. “Maar al ken jy die knope hóé goed, moet jy die hele tyd konsentreer terwyl jy knoop. Dis nie sommer vir toe-oë aangaan nie. Jy moet kophou en netjies werk,” laat die een hoor. Hul werkkamer in die Breytenbach Sentrum is ‘n hutspot van bedrywighede. Groot stapels tou, hake waaraan die beginstadiums van die finale produkte besig is om gestalte te kry, ‘n klomp entoesiastiese vroue, uiterste konsentrasie en oneindig baie knope vorm deel van hierdie nuwe
kans wat hulle almal nou gekry het. “Dit is ‘n voorreg om deel van hierdie span te kan wees en hierdie nuwe goed te leer en om so geld te verdien,” sê die een vrou. Die R65 000 se tou waarmee hierdie vroue begin werk het, het intussen in meer as 1000 pragtige macramé-potplanthouers verander – iets wat binnekort as een van die nuutste neigings op die rakke van Woolworths-winkels te sien sal wees. Volgens Anne-Ghrett is dit wonderlik om die transformasie van die tou en die vroue dop te hou. “Ons is mooi op skedule wat ons produksie betref. Die vroue se entoesiasme en toewyding is regtig ongelooflik. Ons is ook opgewonde dat ons reeds nog bestellings vir ander projekte ook ontvang het. Ons moet binnekort met die handvatsels vir sakke begin,” sê sy. Die stapels perfek-gevlegde potplanthouers wat in groot stapels op tafels lê, is die getuies van hierdie inisiatief se produktiewe uitkoms. En van deursettingsvermoë, entrepreneurskap, werkskepping, harde werk, inisiatief en hoop. “Ek gaan só trots wees wanneer ek in ‘n winkel stap en vir my vriende en familie kan sê: ‘Kyk, ék het daardie gemaak,” sê een van die vroue trots.
NUUS • NEWS
•BESKERM TEEN VERDERE SKADE
Reddingsboei vir Goodnow-saal
•Jaomi Zeeman Die Goodnow Saal, wat verlede jaar tydens studente-protes gebrand het, se reddingspoging het hierdie week momentum gekry. Na vele onderhandelings en die insette van verskeie gemeenskapslede, hooggeplaastes by CPUT en ander rolspelers, is daar nou daadwerklik begin om die beskadigde gebou teen verdere skade te beveilig. Volgens Christine Siebrits van die Vriende van die Museum Vereniging op die dorp, is die bal nou uiteindelik aan die rol om hierdie nasionale gedenkwaardigheid te red en tot haar vorige glorie te herstel. “Dit het lank geneem, maar ons is baie bly dat daar nou uiteindelik aksie geneem is om die gebou teen verdere reënskade te beskerm,” het sy gesê. Vorige pogings om ‘n tydelike bedekking oor die oop dak te plaas, was tot dusver onsuksesvol. Nuwe rolspelers het meer onlangs by die reddingspoging betrokke geraak, waaronder Solidariteit en Afriforum.
3
12 Julie 2017
Daar is ook talle pleidooie in die media vir die spoedige herstel en tydelike bedekking van die dak gemaak. Sedertdien het die proses nou gelukkig momemtum gekry en kontrakteurs het hierdie week met die opruiming van rommel, die versterking van die verbrande dakbalke en ‘n tydelike bedekking van die oop dak begin. Reuse-hyskrane, groot stofwolke en ‘n getimmer het as getuies van hierdie grootse poging uit die puin gestyg. Volgens Christine Siebrits het ‘n argitekmaatskappy, wat heel waarskynlik die volledige restourasie van die Goodnow Saal sal behartig, intussen navrae oor die gebou begin doen en inligting oor die gebou begin inwin. Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van Afriform, het hierdie verwikkelinge as “baie goeie nuus” beskryf. “Ons is verheug dat daar nou ‘n einde aan verdere skade aan die Goodnow gemaak word en dat daar daadwerklik iets gedoen word om hierdie belangrike baken in ons dorp te red,” het Christine gesê.
Water borrel by HAM
Huis Andrew Murray (HAM) Kinder- en Jeugsorgsentrum het onlangs fees gevier toe hulle hul eie waterbron op die perseel ontgin het. HAM, ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat 24 uur per dag versorgingsdienste aan sowat 150 sorgbehoewende kinders tussen die ouderdom van 1 en 18 jaar verskaf, se watervraag is uit die aard van die saak baie hoog. Met die huidige droogte en die gepaardgaande waterbeperkings het hul, met die hulp van rolspelers uit die gemeenskap, na alternatiewe waterbronne begin kyk. Volgens Karen Petersen, hoof van bemarking by HAM, is hul daaglikse waterverbruik in baie gevalle noodsaaklik vir die goeie versorging van die kinders. “Water word daagliks aangewend vir sanitêre doeleindes, washuisgebruik, skoonmaakdienste sowel as voedselvoorbereiding. Watergebruik is dus van uiterste belang vir ons dienslewering aan ons kinders,” verduidelik sy. Op Donderdag 6 Julie het HAM borrelende boorgatwater op ‘n diepte van 120m ontdek. Dit sal hulle in staat stel om hul eie waterbron te benut en hul munisipale waterverbruik te besnoei. “Die doelwit van die boorgatprojek is om wateronkostes oor die langtermyn te verminder,” sê Karen. Volgens haar is hulle baie dank verskuldig aan die rolspelers wat hierdie projek moontlik gemaak het. “HAM wil baie graag vir DGB bedank wat as
donateur opgetree het en vir Cape Drilling vir hul professionele diens met die boordery,” sê sy dankbaar. “Ons vier volgende jaar ons 120ste verjaardag en ons het baie projekte wat ons intussen van stapel wil stuur. Hierdie is een van die grotes en dis wonderlik dat so ‘n groot sukses is,” sê Karen. Van die ander projekte wat hulle hierdie jaar loods sluit ‘n “Christmas in July”-skoenboksprojek, ‘n oggendtee op 30 September, ‘n gholfdag op 20 Oktober en ‘n “terug skool toe”-projek in Oktober in. Enigeen wat belangstel om by HAM en hul projekte betrokke te raak, kan Karen by 021-873 3834 kontak.
12 Julie 2017
courant
dié
4
Net onder die oppervlak
Almal weet dat dinge nie altyd regtig is soos wat dit lyk nie. Partykeer is ons verras wanneer ons iemand ontmoet oor wie ons ‘n sekere persepsie gehad het, en dan iets heel anders ontdek as wat ons verwag het. Soms is ons geskok oor donker geheime wat op die lappe kom wanneer die oppervlak van ‘n situasie eintlik skitterblink vertoon het. Maskers, fasades, skyn, mure, voorgee – ons kan die doek wat dikwels oor die werklike stand van sake getrek word, baie dinge noem. Aan verrassende onthullings, dinge wat in die duister gedoen is wat rugbaar word en die wegtrek van geheime gordyne is daar nie ‘n tekort in die populêre media nie. Dit is egter wanneer die teendeel gebeur – wanneer iets positief agter of onder iets wat maar bra gewoon of selfs agterlik lyk, verskyn – dat mense se verbeelding aangegryp word en hul persepsies uitgedaag word. Daar is talle sulke wonderlike voorbeelde in ons dorp. Wie sou nou ooit kon dink dat ‘n “berugte” adres in die Hoofstraat soveel potensiaal het en in ‘n plek met ‘n warm, verwelkomende atmosfeer omskep kan word? Hoe wonderlik is dit nie dat, te midde van ‘n erge droogte, daar borrelende water net onder die oppervlak van Huis Andrew Murray se terrein ontdek is? Laat die oop harte en hande van die gemeenskap, te midde van ‘n brand wat talle mense se besittings tot as en roet gereduseer het, ‘n mens nie weer in die goedheid wat net onder die oppervlak in die wese van die mense rondom ons is, glo nie? Is die tydelike bedekking oor die Goodnow se dak en die aktiwiteite om die gebou te red nie ‘n goeie rede om hoopvol aan te beweeg na ‘n ramp nie? En is dit nie wonderlik dat daar met kleurvolle aktiwiteite deur die oppervlak van moontlike verveeldheid in die vakansie gebreek word nie? Onder die oppervlak het ons mense harte van goud, goeie bedoelings, deursettingsvermoë, inisiatief en integriteit. Mag elkeen dit hierdie week raakboor.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Stefanus, 'n man vol geloof
Stefanus was een van sewe jongmanne wat aangestel was deur die dissipels, om na die behoeftes van die Griekssprekende Joodse weduwees om te sien. Die beskrywing van Stefanus se karakter is iemand wat vol geloof was en gevul met die Heilige Gees. Dit was jong manne van goeie getuienis en wysheid. Stefanus het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. Daar was deur die Libertyne, Cireneërs en Alexandryne wat met hom geredetwis het, maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het nie weerstaan nie. Stefanus het op ‘n vraag van die hoëpriester geantwoord en van die Hebreeuse geskiedenis van Abraham tot Jesus vir hulle uitgelê. Hy het die geskiedenis van die volk met hulle gedeel en vertel hoe die volk afvallig geword het van die Here en afgode gedien het , en die profete wat deur die Here gestuur was deur hulle gedood. Dié profete het Jesus die Regverdige se koms verkondig , van wie hierdie geslag verraaiers en moordenaars geword het, deurdat hulle Jesus die Verlosser gekruisig het. Na hierdie woorde het hulle op Stefanus afgestorm en hom gestenig, terwyl hy uitroep, Here reken hulle hierdie sonde nie toe nie.
NUUS • NEWS
Rondleiding deur kunstenaar
Bo: Die kunstenaar Henk Serfontein, kurator Anne-Ghrett Erasmus en die kunstenaar Pierre Botes tydens die rondleiding. Die uitstalling “Winterslaap”, wat tans by die Breytenbach-galery te sien is, is op Saterdag 9 Julie deur die kunstenaar, Henk Serfontein, belig. Serfontein het gaste meer oor die proses, agtergrond en die motivering agter sy reeks houtskooltekeninge van ‘n slapende Wilma Stockenström vertel. As agtergrond het hy sy eie pad as kunstenaar beskryf en die invloede en momente wat sy begrip van sy omgewing help vorm het, in oënskou geneem. Hy het ook die detail van sy ontmoeting met Wilma Stockenström en die kreatiewe dinge wat daaruit gevloei het, met die gaste gedeel. “Ek het haar eendag in ‘n supermark waar ons altwee inkopies doen gesien en impulsief besluit om vir haar ‘n bos blomme te koop. "Daarna het ons paaie weer gekruis en ek het al ‘n portret van haar as ‘n opdragwerk gedoen. Dit is egter haar gedig ‘Winterslaap’ wat hierdie reeks kunswerke geïnspireer het,” het hy verduidelik. In die reeks tekeninge beeld Serfontein ‘n slapende Stockenström in verskillende slapende posisies uit – iets wat deur die neem van foto’s in
haar slaapkamer tydens ‘n rusperiode moontlik gemaak is. Volgens hom het Stockenström se empatiese omgang met die menslike kondisie in haar gedig hom genoop om dieselfde aanslag in die kunswerke te gebruik. “Wanneer ‘n mens iets met empatie aanpak en met empatie na die dinge rondom jou kyk – hoe weerloos dit ook al mag wees – kan jy gelukkig wees om ‘n deeltjie van die essensie daarvan vas te vang,” het hy verduidelik. Hy het ook die tegniese aspekte van die lang skeppingsproses met die gaste gedeel. Hierdie proses, wat oor ‘n tydperk van 3 maande gestrek het, het die gebruik van verskillende mediums, lang ure en baie tegniese vaardighede vereis. “Ons het almal verbruikers van beelde geword. "Niemand staan eintlik meer stil by ‘n beeld nie – ons is gewoond daaraan om verby talle beelde op sosiale media te ‘scroll’. "Met hierdie uitstalling vereis die werk dat die kyker sal stilstaan, tyd moet spandeer, ‘n bestekopname doen van wat voor hom afspeel, dit te internaliseer en miskien iets van homself te ontdek,” het Serfontein gesê.
Kinders bly kreatief besig gedurende die vakansie
Vrywilligers help: ‘n Groep vrywilligers van Global Exploration in Nederland het op Maandag 10 Julie in Wellington aangekom om vir 5 dae lank hul dienste by die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum beskikbaar te stel. Hierdie groep vrywilligers is baie opgewonde om die kinders beter te leer ken, hul met ‘n opvoedkundige, kreatiewe vakansieprogram besig te hou en ook te help om al die badkamers in die onderskeie huise op die terrein op te knap.
Die biblioteek was ‘n byenes van bedrywighede, terwyl die kinders die vakansievermaak geniet het. Die Breytenbach Sentrum en Biblioteek het Biblioteek plaasgevind. Die kinders kon na praggedurende die eerste week van die wintervakan- tige stories en rympies luister, speletjies speel, sie gehelp om die “wat kan ek doen?”-tameletjie inkleuraktiwiteite doen en aan ‘n skattejag vir vele plaaslike ouers en kinders te help verdryf. deelneem. Hulle het deur die loop van die week Hul heerlike vakansieprogram het ‘n alterna- ook kunsvlytitems uit afvalmateriaal gemaak, tief vir talle vervelige ure en ledigheid gebied. uitspringkaartjies die lig laat sien, kunswerke Kinders kon elke dag speel-speel en kreatief op skilderdoek geskep, geleer hoe om syskermkonstruktief besig bly, terwyl hul aan heerlike -drukwerk te doen, ‘n lekker fliek gekyk, ‘n popkreatiewe en opvoedkundige aktiwiteite deel- pekasvertoning geniet en hul eie heerlike pizzas neem. gemaak. Volgens Francois Lötter, bestuurder van die “Ek weet regtig nie hoe ons deur die eerste Breytenbach Sentrum, was die program ‘n groot week van die vakansie sou kom sonder hierdie sukses en het die kinders hul gate uit geniet. wonderlike program nie. Die kinders het elke “Dit was lekker om elke dag die kinder- dag uitgesien na die volgende opwindende aktistemme op die perseel te hoor en te sien hoe witeite. Dit is boonop opvoedkundig en kreatief hulle die aktiwiteite geniet en met oorgawe – dis wonderlik dat daar sulke goed in ons dorp deelneem,” sê hy. aangebied word,” het een van die tevrede ouers Sommige van die aktiwiteite het ook by die laat hoor.
NUUS • NEWS
5
12 Julie 2017
Also at
+
40 42
64 137
NOW ONLY
R
R
SAVE R5
no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 5kg and no nameTM Chicken Livers 250g
R
R
SAVE R23
SAVE R9
PnP Long Life Full Cream Milk 6 x 1 Litre
PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
Ariel Auto Washing Powder Assorted 2kg Flexi Bag, Liquid Detergent Assorted 1.5 Litre or Capsules 15s Each
BIRTHDAY PROMOTION
NOW ON
+ R
69
+
BUY ALL FOR
R
Per kg
SAVE R3.99
PnP Bulk Country Class Boerewors
75
R
SAVE R15
PnP Avocados 1.5kg Bag, Naartjies Half Tray and Royal Gala Apples 1.5kg
+ R
49
BUY BOTH FOR
R
57
SAVE R10
Stork Country Spread Medium Fat Spread 1kg Tub and 500g Brick
R
R
Bokomo Weet-Bix 1.35kg Family Pack
SAVE R10.80
12
BUY ANY 4 FOR
SAVE R3
PnP Soup Assorted 50-85g
33
R
Albany Everyday White Bread 700g
15
99
SAVE R2
Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each
R
BUY 5 FOR
55
R
SAVE R10
18
SAVE R5
no nameTM Light Meat Shredded Tuna in Salt Water 170g
+
SAVE R9
10
99
Spekko Parboiled Long Grain Rice 2kg
R
WAS R194
170
SAVE R24
Crown Blended Cooking Oil 2 Litre
Hansa Pilsener 24 x 330ml Cans or Non-returnable Bottles Per Case
R
114
99
SAVE R15
Cuddlers Comfort Disposable Diapers Value Pack Per Pack
20 11
BUY BOTH FOR
R
R
SAVE R4
Simba Potato Chips Assorted 125g and Nik Naks Assorted 150g
99
SAVE R2
Pepsi Cola, Light or Max 2 Litre Each
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za
Prices Valid 13 - 16 July 2017 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape
PERSONALISED DISCOUNTS ON WHAT YOU BUY MOST. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.
MMWCHS1571
6
NUUS • NEWS
12 Julie 2017
Roeiers byeen voor komende Solo Studios brings home uitdagende marathon the work of 16 artists Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het 'n paar deelnemers wat vandag op een van die uitdagendste Bergrivier Kanomarathons in dekades wegspring, by die stadsaal op Malmesbury ontmoet. Die rivier is op sy laagste vlak in baie jare en dit het 'n groot invloed gehad op die aantal inskrywings. Anthony Penderis, bestuurder van die marathon, vertel dat dit grotendeels is omdat dit sake vir die minder ervare roeiers baie moeiliker maak en hulle dan op een dag tot sewe of agt ure op die water moet swoeg. Daar is egter 'n hele klompie bekendes en sterk roeiers wat wel die Berg aandurf en onder hulle is ook 'n deelnemers van oorsee en uit Kwazulu-Natal. Onder die buitelanders is die Hongaar Adrián Boros, die Brit Keith Moule en die Tsjeg Petr Mojžíšek wat almal plekke op die wennersverhoog wil losroei. Boros (26) wat verlede jaar derde was in die Berg, is 'n voormalige K2-wêreldmarathonkampioen. Moule (35), op sy beurt, is 'n voormalige Britse K1-marathonkampioen het in 2015 ook die Berg geroei en 'n sewende plek behaal. Mojžíšek (40) is ook 'n voormalige wêreld-
kampioen en het verlede jaar vir die eerste keer sy slag op die Berg gewys. Hy het toe sesde geëindig. Die drie internasionale deelnemers roei saam met drie deelnemers, Mthobisi Cele, Mpilo Zondi en Mvelo Ngidi van KwaZulu-Natal onder spanbestuurder Wayne August.
Following the resounding success of the inaugural event in 2016, “Solo Studios” returns to the Riebeek Valley over the weekend of 11-13 August 2017. Hosted in and around the towns of Riebeek Kasteel and Riebeek West, Solo Studios is a collaboration between artists, art curators and galleries based in the area, and has been created to provide an opportunity for art collectors to visit artists in their studios to view and purchase their art. This bespoke experience has firmly established itself on the arts calendar, and promises to again attract hundreds of art aficionados - with this year’s event building on the unique offerings of last year, with some exciting additions such as The Writers’ Studio. This “group exhibition” which sees local resident authors, poets, editors and illustrators share a platform, includes participation from renowned authors such as political commentator Max Du Preez and investigative journalist Jacques Pauw. The core element of the event remains the artists, who open their private homes and studios to a limited number of visitors over the weekend. A select group of 15 local artists come together in a collaboration which offers art lovers and collectors a rare opportunity to engage with them in their personal spaces, appreciate their inspiration, and to buy their latest works “off the easel”. Participating artists include world-renown names such as Tamlin Blake, Solly Smook, Andre van Vuuren, Gordon Williams, Riaan van Zyl, Claudia Gurwitz, Garth Meyer, Jenny Parsons, Greta McMahon, Li Nepgen, Emma Willemse, Philip Barlow, Louisa Gerryts, Ivan Kirstein, Mike Hillier and Leila Fanner – all of whom are based
in the Riebeek Valley. Galleries that are also participating in Solo Studios, and which will be open for the entire weekend, are Pictorex Photographic Gallery, The Gallery, The People’s Gallery, The Writers’ Studio and RK Contemporary. Solo Studios is committed to the social development of artists and craftspeople from impoverished communities in the valley. The People’s Gallery will again provide a platform for these aspiring artists to display and sell their works, and a percentage of the proceeds from Solo Studios will go towards further funding of an Arts Development Trust. “We believe we will be able to raise enough funding to support these artists on a sustainable manner throughout the year, not only during this once off weekend event,” says Klaus Piprek, who is the organiser and overall driving force behind Solo Studios. Riebeek Kasteel’s newest art gallery, RK Contemporary has timed its debut opening to coincide with the launch of Solo Studios 2017, and will host the formal opening evening and registration point for Solo Studios. RK Contemporary will also feature signature works from each of the participating Solo Studios artists in an exclusive exhibition that will run over the course of the weekend. Here visitors will be given a “sneak peek” of the artworks to be expected during Solo Studios as each participating artist will have an art work on display. For more information or to purchase tickets visit www.solostudios.co.za and follow the link to Webtickets. A limited number of tickets are available and pre-booking is essential. For more information on Solo Studios contact Klaus Piprek on 074 209 6838, or email klaus@ solostudios.co.za.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
7
12 Julie 2017
Dagboek • Calender Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418
bury gehou. Toegang beloop R50 vir volwassenes en R10 vir kinders. Kontak Linda met stalletjienavrae by 084 887 7843 of Johan met algemene navrae by 082 357 3413
Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081
Breytenbach Sentrum 29 Julie: Arno Carstens kuier by die Bôrdienghuis Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za
Hillcrest United RFC Fixtures 15 July - Hillies vs Hamlet (Home) 22 July - Bye 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals: Top 8 12 Aug - Semi Finals: Top 8 19 Aug - Finals: Top 8 For more information, contact Jovan-ré Cupido at 073 296 3575 or jovanrewc@gmail.com Annual Yellowtail Classic @ Yzerfontein 8 or 9 July - The annual Yellowtail Challenge will take place in Yzerfontein. Entry fee for members - R150. Entry for non members: R200. Entry for under 16: R75 For more details, contact info@wcbac.co.za Phillip Moolman 14 Julie: Die bekende akteur en sanger kuier by die Drostdy Teater om 20:15. Die kostes beloop R120,00 Vir enige navrae kontak Marni Venter by 082 754 0750 Swartland Veterane Ploegdag 22 Julie - Die Swartland Veterane Ploegdag word vanaf 09:00 by die Môreson-plaas buite Malmes-
Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
licious deur hulle met 64-12 te klop. Springbok-vleuel, Cornell Hendricks, het dit weer geniet om klubrugby te speel en heelparty drieë gedruk vir Roses. Foto: Francio Abrahams
Wellington Huismark 3 tot 6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart-fasiliteite is beskikbaar. Solo Studios 11-13 Aug: Verskeie kunstenaars se uitstallings by Solo Studios in Riebeek vallei. Vooraf-bespreking is noodsaaklik by solostudios.co.za
Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington-Noord se kerksaal Kontak Melanie by 021 873 1040 met navrae. Breytenbach-sentrum 19 Augustus: Mallies en die Sakemanne - Burgerstraat word aangebied in Die Bordienghuis by die Breytenbach Sentrum. Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.
Doring in die vlees: Roses United het Saterdag afgereken met die span van De-
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375.
Hillies klop Tullies Hillcrest United van Wellington moes die naweek koue en winderige toestande op Tulbagh trotseer toe dié spanne mekaar die stryd aansê. Soos oudergewoonte het die Wellingtonners Tulliespark volgesit om hul span te ondersteun. Die jong derdespan onder leiding van Hansie van Wyk, het eerste 'n oorwinning behaal met 20-6. Hillcrest se tweedespan onder leiding van Adriaan “Manie” Swartz, het in die doodsnik van die wedstryd punte aangeteken en hul opponent met 15-10 geklop. Ettie McCarthy het weer gewys hy behoort in die eerste span met twee drieë wat vedoel is
deur Kyle Marthinus en Elton Fortuin. Weersomstandighede het bygedra tot baie ontwrigte en onaantreklike rugby. Die eerstespan van Hillcrest het hul wedstryd met 14-13 gewen. Die span van Wellington speel Saterdag teen Hamlet van Ceres op Pelikaanpark. Hekke open reeds om 12:00 en wedstryde begin om 13:30. Dit sal ook Hillcrest se laaste tuiswedstryd van die seisoen wees. Vir meer informasie kontak gerus Mnr Jovan-re Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@gmail. com. Foto deur Roswall de Vries
8
courant
NUUS • NEWS
dié
12 Julie 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221 12 Julie 2017
•Jaomi Zeeman Bartho Visser, ‘n leerling van Hugenote Hoërskool, is besig om vir homself ‘n gesogte plek in die Suid-Afrikaanse watersport-wêreld oop te roei. Hierdie plaasseun het al ‘n hele paar provinsiale titels agter sy naam en gaan hierdie jaar vir die eerste keer die Bergrivier Kanomarathon aandurf. Bartho se belangstelling in roei het op tienjarige ouderdom begin toe ‘n familievriend hom aangeraai het om na die Paarl Kano Klub te gaan. “Daar het hy begin met oefeninge en het baie daarvan gehou. "Op daardie ouderdom kan roeiers slegs aan die sprints deelneem. Vanaf 14 mag hul begin om sekere van rivier-wedvaarte te doen,” vertel sy ma, Theresa.
Volgens Bartho wou hy vandat hy 14 jaar oud was graag aan rivierwedvaarte deelneem. Sy eerste groot wedvaart was die Groen Kalahari wat vanaf Upington tot Kakamas strek. Daarna het hy baie by die ouers en meer ervare roeiers geleer en saam met hulle op die rivier begin oefen. “Iemand soos Giel van Deventer het my baie oor veiligheid en tegnieke op die rivier geleer,” sê Bartho, wat die afgelope drie jaar aan meer as 60 wedvaarte op verskillende riviere deelgeneem het. Die roeiseisoen is vanaf Januarie tot Desember en bestaan uit sprints, marathonne, rivierwedvaarte “surf-ski”, items waaraan Bartho alles deelneem. Bartho het al verskeie wedvaarte deelgeneem,
waarvan sommige baie uitdagend is. Hy het onder meer in 2016 die Visrivier in ‘n K1 gedoen, wat ‘n baie uitdagende, vol en vinnige rivier is. Hy het ook al die Olifantsrivier, wat vir meer ervare roeiers is, aangepak. Hy was die afgelope drie jaar die West Coast Challenge se nommer een junior en in 2016 ook die eerste junior in die Breederivier Kanomarathon – ‘n plek wat hy elke keer teen veel ouer roeiers losgeroei het. 2017 het vir Bartho ‘n belowende begin gehad toe as die beste WP roeier in die K1 en K2 sprints bekroon is. Hy het ook ‘n goue medalje vir die K4 by die SA-Kampioenskappe op die Buffeljagsdam verower. In Junie het hy die Wes-Kaapse kano-wisseltrofee vir die beste o.16-roeier gewen.
Al hierdie prestasies het nie sonder uitdagings gekom nie. “Die kompetisie is baie sterk en ‘n mens moet gereeld oefen en die rivier leer ken. "Elke keer as jy op die rivier gaan, is dit anders. Daar is meer of minder water, water-hiasinte en boomstompe – jy weet nooit wat om die volgende draai wag nie,” sê Bartho. Volgens hom gaan hierdie jaar se Bergrivier Marathon veral ‘n groot uitdaging wees as gevolg van die lae watervlakke. Benewens roei, neem Bartho ook aan landloop en tennis deel. Hy is ook lief vir fietsry en help naweke graag op die plaas met die boerdery aktiwiteite. Hy neem ook graag aan “surf-ski” in die Strand deel. Sy voorbereiding sluit fiksheidsoefeninge en ‘n uur en ‘n half roei van Maandag tot Donderdag by die roeiklub in die Paarl in. Saterdae neem hy gewoonlik aan ‘n wedvaart van meer as 20km deel. Oor sy eerste deelname aan hierdie jaar se Bergrivier Kanomarathon is hy baie opgewonde. “Dit was nog altyd ‘n groot droom en dit was veral lekker om die roeiers by Velddrif te sien aankom na vier dae se harde werk. "Dit is een van die langste en mees uitdagende riviermarathonne in die land. "Omdat ek nog verlede jaar te jonk was om die volle Berg te doen, het ek dit in ‘n aflos saam met twee ander roeiers gedoen,” vertel hy. Hierdie jaar gaan hy egter die volle Bergrivier op sy eie aandurf. Bartho, wat al skouers geskuur het met gerekende roeiers soos Graham Solomon, Simon van Geysen (naaswenner in die 2016 Bergrivier Marathon) en Heinrich Schloms, het onlangs ook saam met ‘n paar internasionale roeiers geoefen ter voorbereiding van die Bergrivier Kanomarathon. “Ek is gevra om die internasionale roeiers, sowel as drie roeiers van KZN, wat aan die Bergrivier wil deelneem, die rivier uit te wys. Ek en Adrian Boros van Hongarye, Petr Mojzisek van Tsjeggië en Keith Moule van Groot Brittanje het drie dae saam op die rivier spandeer sodat ek vir hulle die verskillende dele van die rivier kon wys,” vertel Bartho. Hy het groot drome vir die toekoms. Hy wil graag in Februarie aan die Dusi Kanomarathon en die SA Marathonne deelneem. Hiermee wil hy graag vir die Wêreld Marathonne probeer kwalifiseer. Intussen fokus hierdie nederige skoolseun eers op sy eerste deelname aan die Bergrivier Kanomarathon wat binnekort plaasvind.
After the cold front that made landfall over the Western Cape this past weekend failed to make any significant impact on the level of the Berg River, the organisers of the Berg River Canoe Marathon have confirmed changes to the race route for the four day classic from 12 to 15 July. The first stage from Paarl will be shortened by around 14km kilometres and will finish at the Hermon bridge.
This has been done principally due to the rapid growth of water hyacinth on the section between Hermon and the traditional overnight stop at Zonquasdrift. The hyacinth blockages continue from the start of the second stage, forcing the race bosses to start Day Two at the Gouda bridge and finish at Bridgetown on Misverstand dam. The second stage will in all likelihood include
an out-and-back loop on Misverstand dam to make up some of the distance lost. With Misverstand dam being one of the very few dams in the region to be spilling, stage three and four will be held as normal, albeit on a low river. The first overnight stop has been moved to Bridgetown to accommodate these late changes, and the second day’s start time has been moved
out an hour to allow for changes to travel plans. The race entry reflects a skew towards the Master and Grand Master paddlers, who are willing to take on the race irrespective of the conditions, fronted by 77 year old Jannie Malherbe, who was part of the small field that pioneered the first Berg in 1962, and Giel van Deventer, who plans to extend his own record for the most number of Berg finishes to 48.
•LANDLOOP EN TENNIS DEEL VAN VOORLIEFDES
Bartho durf nou die Bergrivier aan
Changes made to route of canoe marathon