428 dié courant swartland en bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

12 Julie 2017

19.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 428

•KANOMARATHON SKOP VANDAG AF

12 Julie 2017

Spane reg vir roei Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het 'n paar deelnemers wat vandag op een van die uitdagendste Bergrivier Kanomarathons in dekades wegspring, by die stadsaal op Malmesbury ontmoet. Die rivier is op sy laagste vlak in baie jare en dit het 'n groot invloed gehad op die aantal inskrywings. Anthony Penderis, bestuurder van die marathon, vertel dat dit grotendeels is omdat dit sake vir die minder ervare roeiers baie moeiliker maak en hulle dan op een dag tot sewe of agt ure op die water moet swoeg. Daar is egter 'n hele klompie bekendes en sterk roeiers wat wel die Berg aandurf en onder hulle is ook 'n deelnemers van oorsee en uit Kwazulu-Natal. Onder die buitelanders is die Hongaar Adrián Boros, die Brit Keith Moule en die Tsjeg Petr Mojžíšek wat almal plekke op die wennersverhoog wil losroei. Boros (26) wat verlede jaar derde was in die Berg, is 'n voormalige K2-wêreldmarathonkampioen. Moule (35), op sy beurt, is 'n voormalige Britse K1-marathonkampioen het in 2015 ook die Berg geroei en 'n sewende plek behaal. Mojžíšek (40) is ook 'n voormalige wêreldkampioen en het verlede jaar vir die eerste keer sy slag op die Berg gewys. Hy het toe sesde geëindig. Die drie internasionale deelnemers roei saam met drie deelnemers, Mthobisi Cele, Mpilo Zondi en Mvelo Ngidi van KwaZulu-Natal onder spanbestuurder Wayne August.

Regs: Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen (middel agter) het Donderdag die span internasionale roeiers op Malmesbury ontvang.

Bergrivier vat voor met armoede Die Bergrivier Munisipaliteit het met ‘n konsep vorendag gekom wat eersdaags na ander munisipaliteite uitgerol gaan word. Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, het Woensdag besoek by dié munisipaliteit se hoofkantoor op Piketberg afgelê. Sy het ondersoek ingestel oor hoe Bergrivier armoedeverligting doen en wat hulle doen om diegene se menswaardigheid te ontwikkel deur verantwoordelikhede te koppel aan gratis basiese dienste. Bergrivier het ‘n baie hoë uitvalsyfer van skoolgaande jeug en hulle wil juis hierdie situasie omkeer deur elke familie wat gratis basiese dienste van die munisipaliteit ontvang, te ver-

plig om te bewys dat hul kinders skoolgaan. “Ons daag SASSA uit om dieselfde te doen met kindertoelae reg deur die land,” sê advokaat Hanlie Linde, munisipale bestuurder van Bergrivier. Teen die einde van 2016 het die uitvoerende burgemeester, rdl Evert Manuel en Linde die premier versoek om dit van toepassing te maak in die hele Wes-Kaap. Sy het weer op haar beurt hulle uitgedaag om die plan eers in Bergrivier uit te rol en suksesvol toe te pas en dan sal sy dit uitrol na munisipaliteite in die Wes-Kaap. Bergrivier se raad het vasgestaan en hul beleid verander om dit te verwesenlik.

“Ons beleid is reeds verander, gekonsulteer met die publiek en goedgekeur deur die Raad op 30 Mei 2017 vir implementering vanaf 1 Julie 2017,” verduidelik Linde. “Dit sal onderwys in ons area bevorder en menswaardigheid kweek. "Ons leuse is: Bergrivier – ‘n vooruitstrewende gemeenskap waar almal wil leef, werk, leer en speel op ‘n menswaardige manier. Ons wil mense help om hulself te bemagtig en eienaarskap oor hul lewens en kinders se toekoms te neem. "Hiermee doen Bergrivier baanbrekerswerk wat ‘n groot impak kan hê op Suid-Afrika in die toekoms,” aldus Linde.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.