Skip to main content

428 dié courant swartland en bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

12 Julie 2017

19.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 428

•KANOMARATHON SKOP VANDAG AF

12 Julie 2017

Spane reg vir roei Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het 'n paar deelnemers wat vandag op een van die uitdagendste Bergrivier Kanomarathons in dekades wegspring, by die stadsaal op Malmesbury ontmoet. Die rivier is op sy laagste vlak in baie jare en dit het 'n groot invloed gehad op die aantal inskrywings. Anthony Penderis, bestuurder van die marathon, vertel dat dit grotendeels is omdat dit sake vir die minder ervare roeiers baie moeiliker maak en hulle dan op een dag tot sewe of agt ure op die water moet swoeg. Daar is egter 'n hele klompie bekendes en sterk roeiers wat wel die Berg aandurf en onder hulle is ook 'n deelnemers van oorsee en uit Kwazulu-Natal. Onder die buitelanders is die Hongaar Adrián Boros, die Brit Keith Moule en die Tsjeg Petr Mojžíšek wat almal plekke op die wennersverhoog wil losroei. Boros (26) wat verlede jaar derde was in die Berg, is 'n voormalige K2-wêreldmarathonkampioen. Moule (35), op sy beurt, is 'n voormalige Britse K1-marathonkampioen het in 2015 ook die Berg geroei en 'n sewende plek behaal. Mojžíšek (40) is ook 'n voormalige wêreldkampioen en het verlede jaar vir die eerste keer sy slag op die Berg gewys. Hy het toe sesde geëindig. Die drie internasionale deelnemers roei saam met drie deelnemers, Mthobisi Cele, Mpilo Zondi en Mvelo Ngidi van KwaZulu-Natal onder spanbestuurder Wayne August.

Regs: Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen (middel agter) het Donderdag die span internasionale roeiers op Malmesbury ontvang.

Bergrivier vat voor met armoede Die Bergrivier Munisipaliteit het met ‘n konsep vorendag gekom wat eersdaags na ander munisipaliteite uitgerol gaan word. Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, het Woensdag besoek by dié munisipaliteit se hoofkantoor op Piketberg afgelê. Sy het ondersoek ingestel oor hoe Bergrivier armoedeverligting doen en wat hulle doen om diegene se menswaardigheid te ontwikkel deur verantwoordelikhede te koppel aan gratis basiese dienste. Bergrivier het ‘n baie hoë uitvalsyfer van skoolgaande jeug en hulle wil juis hierdie situasie omkeer deur elke familie wat gratis basiese dienste van die munisipaliteit ontvang, te ver-

plig om te bewys dat hul kinders skoolgaan. “Ons daag SASSA uit om dieselfde te doen met kindertoelae reg deur die land,” sê advokaat Hanlie Linde, munisipale bestuurder van Bergrivier. Teen die einde van 2016 het die uitvoerende burgemeester, rdl Evert Manuel en Linde die premier versoek om dit van toepassing te maak in die hele Wes-Kaap. Sy het weer op haar beurt hulle uitgedaag om die plan eers in Bergrivier uit te rol en suksesvol toe te pas en dan sal sy dit uitrol na munisipaliteite in die Wes-Kaap. Bergrivier se raad het vasgestaan en hul beleid verander om dit te verwesenlik.

“Ons beleid is reeds verander, gekonsulteer met die publiek en goedgekeur deur die Raad op 30 Mei 2017 vir implementering vanaf 1 Julie 2017,” verduidelik Linde. “Dit sal onderwys in ons area bevorder en menswaardigheid kweek. "Ons leuse is: Bergrivier – ‘n vooruitstrewende gemeenskap waar almal wil leef, werk, leer en speel op ‘n menswaardige manier. Ons wil mense help om hulself te bemagtig en eienaarskap oor hul lewens en kinders se toekoms te neem. "Hiermee doen Bergrivier baanbrekerswerk wat ‘n groot impak kan hê op Suid-Afrika in die toekoms,” aldus Linde.

NUUS • NEWS


2

12 Julie 2017

courant

Een wys vorentoe, drie wys terug

As kind is ons geleer om nie vinger te wys nie. Letterlik. Vandag, as volwassenes, moet ons leer om figuurlik nie vinger te wys nie, want daardie een wysvinger wys vorentoe, maar die ander wys heerlik terug na jouself. Ons oordeel maklik. Ons verlekker ons in ander se probleme, maar hoeveel keer het jy nie in dieselfde skoene, erger of minder erg gestaan, en gehoop dat niemand van jou "sondes" uitvind nie? Wie is ons om te oordeel? Almal het geraamtes in die kas, almal kry een of ander tyd in hul lewens swaar. Armoede hap soms aan almal se agterent, al probeer jy hoe hard om dit te verdoesel. Ons is mense en mense stry dieselfde stryde. Maak nie saak wie of wat jy is of waar jy woon of hoe blink jou motor is nie. Bergrivier Munisipaliteit het hierdie besef en ter harte geneem. Hulle het die voortou geneem en die pad plavei vir diegene wat armoede ken. Hulle wil hulle help om hul menswaardigheid te hou, want al het jy niks, is jy 'n mens en het jy die reg om met respek en menswaardigheid behandel te word. Omstandighede gebeur. Onvoorsiene uitdagings wat jy net nie kan oorbrug nie. Ander het dalk nie die krag en ondersteuning wat jy het om jouself uit daardie gat te kry nie. So, voor jy weer vinger wys, onthou dat drie altyd terugwys. IG

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Stefanus - 'n man vol geloof

Stefanus was een van sewe jongmanne wat aangestel is deur die dissipels, om na die behoeftes van die Griekssprekende Joodse weduwees om te sien. Die beskrywing van Stefanus se karakter is iemand wat vol geloof was en gevul met die Heilige Gees. Dit was jongmanne van goeie getuienis en wysheid. Stefanus het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. Daar was deur die Libertyne, Cireneërs en Alexandryne wat met hom geredetwis het, maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het nie weerstaan nie. Stefanus het op ‘n vraag van die hoëpriester geantwoord en van die Hebreeuse geskiedenis van Abraham tot Jesus vir hulle uitgelê. Hy het die geskiedenis van die volk met hulle gedeel en vertel hoe die volk afvallig geword het van die Here en afgode gedien het , en die profete wat deur die Here gestuur is, is deur hulle gedood. Dié profete het Jesus die Regverdige se koms verkondig , van wie hierdie geslag verraaiers en moordenaars geword het, omdat hulle Jesus die Verlosser gekruisig het. Na hierdie woorde het hulle op Stefanus afgestorm en hom gestenig, terwyl hy uitroep: 'Here reken hulle hierdie sonde nie toe nie'.

•ONDERWYSER BY WESBANK

Plaaslike skoonheid ding mee om kroon

Amy-Caie April, 'n finalis in vanjaar se Mev. Afrika-kompetisie, besoek dié Saterdag op 15 Julie vir Janno’s Restaurant op Malmesbury as deel van die nie-winsgewende organisasie, Dignity Dreams, se veldtog oor die bewusmaking van vroue gesondheid en sanitasie. April, wat oorspronklik van George afkomstig is, het aan die begin van die jaar saam met haar man en tweejarige dogtertjie na Malmesbury verhuis. Sy is ook tans besig met haar finale jaar prakties aan die Wesbank Sekondêre skool. Sy beskryf die geleentheid om as ‘n finalis vir Mev. Afrika gekies te wees, as ‘n groot voorreg en dit was volgens haar tot dusver ‘n ongelooflike positiewe ervaring. Sy hoop om as mens hierdeur te groei en streef daarna om die beste weergawe van haarself te wees. Indien sy die titel inpalm, sal sy hierdie geleentheid gebruik om ander se selfvertroue op te bou, sodat hulle hul talente kan benut en hul potensiaal kan bereik. April is by verskeie liefdadigheidsorganisasies betrokke en is tans nou betrokke by plaaslike gemeenskappe van Malmesbury. April is 'n ou hand op die loopplank en doen modelwerk sedert die ouderdom van drie jaar. Volgens haar is dit belangrik om baie tyd in haar eie gemeenskap te spandeer en terselfdertyd goed te doen vir mense. Sy geniet haar nuwe tuisdorp en hoop om hier ‘n verskil te maak waar daar ‘n behoefte is. April bied ‘n High Tea vir ma’s en hul dogters aan vir die bewusmaking van vroulike gesond-

Hokkie: Premier:

Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille (derde van voor links) het Woensdag besoek op Piketberg by die Bergrivier Munisipaliteit afgelê om hul strategie rakende armoede en menswaardigheid te ondersoek. Bo is Zille saam met onderburgemeester Sandra Crafford (voor tweede van links), burgemeester Evert Manuel (voor derde van regs) en munisipale bestuurder Hanlie Linde (tweede van regs) en ander raadslede.

NUUS • NEWS

Lloyd Norris-Jones, voormalige SA hokkiespeler en verteenwoordiger van Adidas op die Super Fives se hokkietoer, het die afgelope week saam met dié span ‘n hokkiekliniek met ‘n in diepte-program oor die Super Fives by die astro-hokkiebaan by die Hoërskool Swartland op Malmesbury aangebied. Super Fives, soortgelyk aan die krieket T2O’s en rugby sewes, is onlangs deur die internasiale hokkie-federasie bekendgestel. Agter is Justin Reid-Ross, Petro Pienaar en Eugenie van den Heuvel van die Blue T-hokkieakademie.

Netbal:

Yamkela Nondabula van die Hoërskool Swartland op Malmesbury is opgeneem in die o.18 SA-netbalspan. Weens haar ouderdom (17 jaar oud in plaas van 18), was sy nie geskik om aan die toernooi deel te neem nie, maar het wel erkenning ontvang vir haar insluiting in die nasionale span.

Amy-Caie April van Malmesbury is 'n ���� in die Mev. Afrika-kompetisie. Foto: Eagles Media Photogrpahy heid en sanitasie-kwessies om 10:00 tot 12:30 by Janno’s Restaurant in die De Bron-winkelsentrum. Kaartjies beloop R350 per persoon en sluit geskenkpakke, verversings en vele meer in. Enigiemand wat belangstel om die veldtog te ondersteun, kan haar kontak by 078 160 6308 of haar volg op Facebook by Amy-Caie April: Mrs Africa Continental Finalist 2017. Die galageleentheid waartydens Mev. Afrika aangewys sal word, vind op 5 November plaas.


NUUS • NEWS

3

12 Julie 2017

•EKSTEEN SE NGUNI RYG PRYSE IN

Stoetteler ryg toekennings in Die plaaslike stoetteler, Hannes Eksteen, se nguni-koei van Exsteen Nguni’s buite Piketberg, is onlangs gekies as SA Stamboek se elite premium koei. Eksteen, eienaar van die plaas Melkbosfontein, ontvang ook eersdaags nóg ‘n gesogte toekenning van die Landbou Navorsingsraad (LNR), wanneer ‘n ander nguni-koei vir sy teelwaarde vereer word. Die Standard Bank SA Stamboek se elite-prysuitdelingsdinee het onlangs op Bloemfontein plaasgevind, waartydens Eksteen dié gesogte toekenning ontvang het. SA Stamboek kies een keer per jaar ‘n platinum koei per vleisbeesras. By die geleentheid word daar ook ander toppresteerders jaarliks binne die veebedryf met verskeie toekennings vereer. Die inligting van alle diere van geregistreerde rasse word op ‘n databasis aangebring waaruit die dier met die beste teelwaardes gekies word. LNR vereer ook ander top-presteerders in die veebedryf. Dié toekenningsgeleentheid vind op die 25ste Augustus in Johannesburg plaas. LNR beoordeel

op sy beurt weer alle rasse volgens hul teelwaardes, maar ook hul prestasies en verskeie eienskappe. Eksteen, wat die sesde geslag op die plaas is, het sy ngunistoet van 635 groot in 2006 geregistreer, hoewel hy reeds vir sowat 22 jaar met die ras boer. Volgens hom het hy ‘n passie vir dié ras. “Die diere lê na aan my hart. Jy moet ‘n pas-

sie hê vir wat jy doen om elke dag aan te gaan,” voeg Eksteen by. Volgens hom hou die ras ook baie voordele in. Om met nguni’s te boer, is onder meer winsgewend, danksy hul vrugbaarheid, lae onderhoud en langslewendheid. “Dit gaan nie oor hoe swaar die dier is nie, maar oor watter ras die meeste vleis per hektaar lewer.”

Following the resounding success of the inaugural event in 2016, “Solo Studios” returns to the Riebeek Valley over the weekend of 11-13 August 2017. Hosted in and around the towns of Riebeek Kasteel and Riebeek West, Solo Studios is a collaboration between artists, art curators and galleries based in the area, and has been created to provide an opportunity for art collectors to visit artists in their studios to view and purchase their art. This bespoke experience has firmly established itself on the arts calendar, and promises to again attract hundreds of art aficionados - with this year’s event building on the unique offerings of last year, with some exciting additions such as The Writers’ Studio. This “group exhibition” which sees local resident authors, poets, editors and illustrators share a platform, includes participation from

renowned authors such as political commentator Max Du Preez and investigative journalist Jacques Pauw. The core element of the event remains the artists, who open their private homes and studios to a limited number of visitors over the weekend. A select group of 15 local artists come together in a collaboration which offers art lovers and collectors a rare opportunity to engage with them in their personal spaces, appreciate their inspiration, and to buy their latest works “off the easel”. Participating artists include world-renown names such as Tamlin Blake, Solly Smook, Andre van Vuuren, Gordon Williams, Riaan van Zyl, Claudia Gurwitz, Garth Meyer, Jenny Parsons, Greta McMahon, Li Nepgen, Emma Willemse, Philip Barlow, Louisa Gerryts, Ivan Kirstein, Mike Hillier and Leila Fanner – all of whom are based in the Riebeek Valley.

Galleries that are also participating in Solo Studios, and which will be open for the entire weekend, are Pictorex Photographic Gallery, The Gallery, The People’s Gallery, The Writers’ Studio and RK Contemporary. Solo Studios is committed to the social development of artists and craftspeople from impoverished communities in the valley. The People’s Gallery will again provide a platform for these aspiring artists to display and sell their works, and a percentage of the proceeds from Solo Studios will go towards further funding of an Arts Development Trust. For more information or to purchase tickets visit www.solostudios.co.za and follow the link to Webtickets. A limited number of tickets are available and pre-booking is essential. For more information on Solo Studios contact Klaus Piprek on 074 209 6838, or email klaus@solostudios. co.za.

Foto: Marizanne von Wielligh

Solo Studios showcases local talent

Die bestuur van nguni’s is ook minder intensief as skape. Hy is baie streng wanneer dit by seleksie kom. Die diere wat nie aan die streng ngunivereistes voldoen nie, word geslag en nie verkoop nie. Eksteen boer verder met skape en koring. Sy seun, wat die sewende geslag op die plaas sal wees, sal voorlopig volgende jaar by hom aansluit. Alle inligting soos sterftes of geboortes, word daagliks via die internet op SA Stamboek se databasis aangebring en is dit daarom nodig om aktief by sy kudde betrokke te wees, soos Eksteen tereg kan getuig.


4

12 Julie 2017

NUUS • NEWS Promosie

Fick Sementwerke: 21 Jaar van getroue dienslewering

F

ick Sementwerke vier 21 jaar van sukses, nadat die besigheid hul deure vir die eerste keer in 1995 op Piketberg oopgemaak het. Anton Fick, eienaar van Fick Sementwerke, is deel van die vyfde generasie van die Fick-familie op Piketberg. Sy oupa Louis was 'n PPC-werknemer, het waens gebou en belange in gipsmyne gehad. Sy pa, JL Fick, het op sy beurt weer ‘n vervoermaatskappy, Fick Transport, op die been gekry. By Fick Transport is geleenthede geskep en juis hieruit is Fick Sementwerke gebore. Die onderneming het 'n klein en beskeie begin gehad. Daar was slegs een masjien wat 'n beperkte hoeveelheid stene en blokke kon produseer. Die eienaars onthou nog die groot erf met geen voorraad, maar getroue en geduldige kliënte wat wag op hul bestelling. Die aanvraag het oor die jare gegroei en só ook hul vermoë om teen ‘n hoë produksiekapasiteit diens te lewer. Vandag spog Fick Sementwerke met ‘n nuwe produksie-aanleg wat teen einde 2017 in totale werking sal wees. Dié uitbreiding bied Fick Sementwerke die geleentheid om hul produksiereeks te vergroot,

maar ook hul produksiekapasiteit aansienlik te verhoog om nóg ‘n beter diens te kan lewer. Fick Sementwerke verskaf onder meer sementprodukte wat stene, boublokke, plaveistene, sand en klip vir alle boubehoeftes en dekoratiewe doeleindes insluit. Die diens wat hier gelewer word, sluit verder die vervoer en aflewering van hierdie produkte in. Volgens die span word hul sukses van die afgelope 21 jaar grootliks toegeskryf aan Anton Fick se passie vir die produkte wat daagliks vervaardig word en hul volhoubare betrokkenheid by die onderneming. Hulle glo sterk dat geen man alleen sukses kan behaal nie. Fick Sementwerke bestaan uit ‘n toegewyde span wat met trots die pad saam stap. Sterk bande met getroue kliënte oor die jare word gekoester, maar ook toekomstige verhoudinge met nuwe kliënte word vertroetel en waardeer. Fick Sementwerke is ook dankbaar vir hul betroubare verskaffers wat ‘n ingrypende rol in hul sukses speel. Fick Sementwerke werk volgens die leuse: “Boukrag wat hou”, deur kennis, passie en trots te kombineer om só ‘n kwaliteit-produk te vervaardig wat hul kliënte tevrede stel en die span van Fick Sementwerke trots op kan wees. Alle kliënte is hier welkom, van tuisteskeppers tot boukontrakteurs. By Fick Sementwerke is daar geen beperking aan die diens in aanvraag nie. “Ons deure staan oop vir een sakkie of ‘n vrag sand.”


NUUS • NEWS

5

12 Julie 2017

Also at

+

40 42

64 137

NOW ONLY

R

R

SAVE R5

no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 5kg and no nameTM Chicken Livers 250g

R

R

SAVE R23

SAVE R9

PnP Long Life Full Cream Milk 6 x 1 Litre

Ariel Auto Washing Powder Assorted 2kg Flexi Bag, Liquid Detergent Assorted 1.5 Litre or Capsules 15s Each

PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

BIRTHDAY PROMOTION

NOW ON

+ R

69

+

BUY ALL FOR

R

Per kg

SAVE R3.99

PnP Bulk Country Class Boerewors

75

R

SAVE R15

PnP Avocados 1.5kg Bag, Naartjies Half Tray and Royal Gala Apples 1.5kg

+ R

49

BUY BOTH FOR

R

57

SAVE R10

SAVE R10.80

R

R

Bokomo Weet-Bix 1.35kg Family Pack

Stork Country Spread Medium Fat Spread 1kg Tub and 500g Brick

12

BUY ANY 4 FOR

SAVE R3

PnP Soup Assorted 50-85g

33

R

Albany Everyday White Bread 700g

15

99

SAVE R2

Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each

R

BUY 5 FOR

55

R

SAVE R10 no name Light Meat

18

SAVE R5

TM

Spekko Parboiled Long Grain Rice 2kg

Shredded Tuna in Salt Water 170g

+

SAVE R9

10

99

R

WAS R194

170

SAVE R24

Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

Hansa Pilsener 24 x 330ml Cans or Non-returnable Bottles Per Case

R

114

99

SAVE R15

Cuddlers Comfort Disposable Diapers Value Pack Per Pack

20 11

BUY BOTH FOR

R

R

SAVE R4

Simba Potato Chips Assorted 125g and Nik Naks Assorted 150g

99

SAVE R2

Pepsi Cola, Light or Max 2 Litre Each

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za

Prices Valid 13 - 16 July 2017 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape

PERSONALISED DISCOUNTS ON WHAT YOU BUY MOST. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.

MMWCHS1571


6

12 Julie 2017

NUUS • NEWS

Geleentheid by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.

HoofBrandweerbeampte Malmesbury Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verw: V17/17 • Salarisskaal: R306 852 - R398 328 per jaar (T13) Sluitingsdatum: 21 Julie 2017 om 12:00 Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za

131205

Lianie May

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

@ Malmesbury

9 September

19:00 vir 19:30 Malmesbury Stadsaal

Kaartjies: R100 elk Beskikbaar by Computicket

Fondsinsameling ten bate van Elkana-kindersorg 022 486 4178 • www.elkanachildcare.co.za

Kaap Agri het ten doel om welvaart vir al sy belanghebbers te skep. Kaap Agri is ’n gevestigde landboudienstegroep wat as publieke maatskappy sake doen met meer as honderd-en-vyftig bedieningspunte wat regoor die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo asook Namibië strek. Met die hoofkantoor te Malmesbury, verskaf Kaap-Agri ’n verskeidenheid produkte en dienste aan ’n diverse kliëntebasis wat landbouprodusente, -besighede en die algemene publiek insluit. Ons beskik oor die volgende vakature by ons Moorreesburg Expressmark:

Administratiewe Klerk Ons benodig ’n vriendelike en hulpvaardige persoon met ten minste ’n Graad 12-kwalifikasie, rekenaargeletterdheid, goeie menseverhoudinge en die verantwoordelikheidsin om onafhanklik te kan werk. Verantwoordelikhede behels hoofsaaklik: • Verwerking van goedere ontvangsbewyse (GOB’s) • Afhandeling van bestellings • Opmaak van daaglikse bank • Hantering van kleinkas • Brandstofrekonsiliasies • Beantwoording van telefoonoproepe • Verifiëring van oortyd • Aflos op verkoopspunt soos en wanneer nodig (hierdie is ‘n sleutelfunksie van die pos) • Ad hoc-take wat met voorafgaande verband hou. Blootstelling aan en goeie kennis die brandstof-/rybaanomgewing sal u aansoek versterk. Om aansoek te doen stuur asseblief ’n volledige CV aan Lizle Roux by faks 022 433 4271 of via e-pos na lizle.roux@kaapagri.co.za Sluitingsdatum: Woensdag, 19 Julie 2017 Kaap Agri sal slegs in gepaste gevalle onderhoude met aansoekers voer. Kandidate wat dus nie binne vier weke ná die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was. Kaap Agri onderskryf die beginsels van Gelyke Indiensneming en behou die reg voor om nie ’n pos te vul nie.

www.kaapagri.co.za

AGRIMARK

AGRILOG

FINANSIËLE DIENSTE

PAKMARK

WESGRAAN MEGANISASIE

130992 www.ayandambanga.co.za


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #3365 ------------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjie-dekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/elsa@ abcpartytjies.co.za #3463 ------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 ------------------------------TE HUUR TO LET Besigheidsperseel te huur langs Redlum in Rainierstraat. 108 m2 @ R8600 + BTW Skakel 083 658 4996 ------------------------------DANKBETUIGING SPECIAL THANKS Wyle oom Karel Arendse van Abbotsdale se familie wil hul opregte dank en waardering aan ieder en elk gee vir hul ondersteuning en bystande deur hierdie tydperk. God se rykste seëninge. Dankie ------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

ZANDER GARCIA - 15 Julie. Baie geluk met die groot 12! Bly altyd die pragtige jongman wat jy is. Van: Ons almal. -------------------------------

JUHEINEN. Elf op 14 Julie. Geluk Ma se seuntjie met jou verjaardag. Mooi dag. My baba word nou 'n groot man. Liefde - Mammie, Janelich, Oupa en Ouma, neefs, niggies en familie -------------------------------

LEKEEM, Een jaar oud. Dankie Here vir so 'n liefdevolle dogtertjie. Ons sonstraal en vreugde - Mamma Trudie, ma Faren, pappie en Leske ------------------------------

SHAQUILLE. Sewentien!! Baie geluk seun. Ons is baie lief vir jou - mamma Denise en al die Ceasar en ander familie -------------------------------

09 July 2017. Happy first birthday FAITH. Mommy loves you. From : Mommy (Kayla) ----Gelukkige verjaardag Ouma en Oupa se Poensie. Van: Paulus familie ----Geluk met jou verjaardag Faith. Jy moet jou dag geniet engel. Liefde – Dadda (Steak) --------------------------------

ALEAH-JADE. Happy birthday my beautiful daughter. I hope your special day is filled with smiles and laughter. Love - Mom, Dad and family --------------------------------

Nani familie ----Raai wie is twee!!! Geluk met jou verjaarsdag en alles wat mooi is. Mamma is baie lief vir jou. Van: Mamma, Atta, Boeta , Ashwin, Tannie Riesa en Grain --------------------------------

KLARA. 13 Julie. Veels geluk met jou 50ste verjaarsdag. Mag die Here jou nog baie jare spaar. Liefde - Jou man, kinders en kleinkinders ---Baie geluk met jou verjaarsdag Klara. Ons is dankbaar om jou in ons lewe te he - Die Patersons -------------------------------

LUCHNAY. 13 Julie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Geniet jou dag. Van: Ma Loesie, Janine, Carlen en Bee --------------------------------

Geluk met jou verjaardag ANDRÉ. Ons is baie lief vir jou. Van die Swarts en Van Reenen familie --------------------------------

ESTOLENE JANSEN - Geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou baie jare spaar. Van Gjerheade, kinders, vriende familie --------------------------------

Kyk wie word drie. Geluk met jou verjaardag GUEL. Ons is lief vir jou. Van: Bettie, Nanna, Noenoe, Lallie en Sussie --------------------------------

JESNAY FIONA MANUEL turning 11 on 10 July. Blessed earth day my lovely princess. Enjoy your day Noni. From your family Fransiena, Rubek, Charlene and Llewellyn -------------------------------Amper 50. 12 Julie ANNELINE SOLOMONS. Baie geluk met jou verjaarsdag. Geniet jou dag. Van die Solomons familie --------------------------------

Geluk met jou verjaarsdag ELVIRO Geniet jou dag. Van: Van Wyk, Dryer, van der Ventel en

7

12 Julie 2017

ROANICH, jy is net twee jaar oud maar reeds Ouma se hart gesteel. Lekker verjaar. ----Geluk met jou tweede verjaarsdag op 16 Julie. Mag jou pad besaai wees met liefde en gesondheid. Lief vir jou - Anthea en Sanchia, Mammie en Pappa --------------------------------

VALERIE BROWN - Baie geluk met Mammie se 65ste verjaarsdag op 10 Julie 2017. Baie liefde van Sterling, Annalize, Jade, Gaylin en Sterling jnr --------------------------------

Raai wie word agt jaar oud? ADRIAN JANTJIES 12 Julie. Veels geluk grootman. Van: jou Ouma Netta, Ma Ardenay en suster Devone -------------------------------12 Julie. MARNEY SOLOMONS. Baie geluk met jou sewende verjaardag. Lief vir jou - Ouma, Oupa, Stacey, Lee, Kyle en Zahra --------------------------------

MONICA - 10 Julie 2017. Aan 'n wonderlike ma - Dankie vir alles wat u doen en baie gelukkige verjaardag. Baie liefde -

u dogter en kleinkinders --------------------------------

WILLIAM HART (Ouboet) 12 Julie 2017. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën. Jy sal altyd my ouboet wees - Jou liefling suster Fien en kinders --------------------------------

ELVINA SWARTS. 13 Julie 2017. Baie geluk met jou verjaarsdag. Geniet die spesiale dag in jou lewe. Ken die Here in al jou weë...Van: Ouma Fien en kinders ---May each day and every moment of your special day be filled with the same joy and happiness you bring to others. Love - Mom Elzaan and brother Henley ----Happy birthday. Mag God jou ryklik seën. Van: Oupa Hennie en Ouma Dotty --------------------------------

SELVYN ARENDSE - Hope your birthday will be perfect filled with pleasant joy and thoughts of how much you are loved. Johnny and Miranda ----Your birthday is a special time of celebrate, the gift of God to us. Your wife Nita, Zeeta, Zayden and Zeena ---Mag jou spesiale dag begin met net die beste uit ons Vadershand, en seëninge op jou pad Otto familie ---Geluk met jou 50ste verjaardag. Die Here wil jou altyd met Sy genade en liefde oorweldig. Van: Mellisa ---Happy 50th birthday. May the Almighty grant you for many years to come - Williams family ----Mag jou dag gevul wees met liefde en vreugde. God se rykste seëninge Adams familie ----Mag jou dag baie spesiale liefde, vreugde en gesondheid inhou. Geniet jou dag - Sandy, Pablo en kinders ---Gelukkige 50ste verjaarsdag, met liefde en goeie gesondheid. Van: Retta en Gloria --------------------------------

Baie geluk SD PAPIER met jou verjaarsdag. Alle mooi seënwense vir die nuwe lewens-jaar. Dankie vir al jou liefde en omgee. Liefde - Adilene, Mammie, Doza en kinders

----Baie geluk Shaulin met jou verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën en nog vele mooi jare spaar. Psalm 23. Liefde - uncle Charles, aunty Cathy, Chanique en Mamma Margie --------------------------------

17 Julie, SELESTINE Ek wens vir jou 'n besonderse verjaardag toe. Geniet dit. Lief vir jou - Mammie en broers ----Stine, geluk met jou geboortedag. Alles wat mooi is. God seën, verjaar lekker- Ouma, an bets,niggies en neefs) --------------------------------

T-WAYLON, baie geluk met jou geboortedag. Jy moet lekker verjaar. Geniet die dag - Niggies en Neefs --------------------------------

Baie geluk tannie se blompotte op julle tweede verjaardag, Ons is baie geseënd om julle in ons lewe te kan hê. Baie liefde - tannie Adilene, oom Shaulin en tannie Shireen ----Baie geluk CARLA en CADEE op julle verjaarsdag. Mag Liewe Jesus julle nog baie jare uitspaar. Baie liefde - Dé, Mamma Cathy, nannie Chanique, uncle Markham en mamma Margie --------------------------------

WILLEM. 16 Julie. Baie geluk met jou geboortedag. Mag jy 'n baie geseënde dag hê. Met liefde van Domino tafel en 2 peace Jr Talmakkies --------------------------------

11 Julie 2017. Geluk ALEXTIN BROWN met derde verjaarsdag! Mag God jou ryklik seën vir die jare vorentoe.Lief vir jou. Van:Ma, Pa, Oupa, Oumas en familie. --------------------------------

Gelukkige verjaardag JOBIN. Jy is baie spontaan en kruip in al ons harte.Geniet jou dag. Baie liefde - Pa Colla, ma Anne, aunty Shirnay en gesin, boeta Duvan en

boeta Durwin ----Baie geluk Jobin met jou verjaarsdag ons is lief vir jou en sal altyd. Van: Mammie, Pa en jou sussie Jaslyn ----Geluk Jobin jy moet lekker verjaar van al jou niggies en nefies mwah liefies vir jou --------------------------------

JAMIE-LEE HUGO - Veels geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seen. Alle liefde - Mammie, Daddy en AJ Balie ----Veels geluk Jamie met jou verjaarsdag op 16 Julie alles wat mooi is vir die toekoms vorentoe. Baie lief vir jou - Hilton en Lee-Hayden --------------------------------

JOLIN FORTUIN. 15 Julie. Gelukkige tweede verjaardag. Tannie hoop jy gaan die dag geniet Camilla en Delcaydo ----Al twee jaar oud. Jy is regtig 'n plesier kind. Lekker verjaar. Alles wat mooi is. Van: Oupa en Ouma ----Jolin, Mammie is oneindig baie lief vir jou. Jy bring baie vreugde, raak net te gou groot - Mammie, Candice en boeta Antonio --------------------------------

SCHYLER WILLIAMS Gelukkige sewende verjaardag. Lekker verjaar. Liefde - Ouma, Oupa --------------------------------

EMILE SYSTER - Baie geluk met jou verjaardag op 11 Julie ons engelkind. Mag die Here jou seën en baie jare spaar - Mammie en Ouma --------------------------------

Geluk my seun met jou verjaardag op 11 Julie 2017. Ek wens jou pa was hier om jou spesiale dag saam te deel. Jou ma, Boeta en Geduld familie -------------------------------

Geluk SHAUN met jou negende verjaardag op 9 Julie 2017. Jou kroonverjaardag. Mag die Here

jou seën - jou ma Susan en Geduld familie ------------------------------

MIA. 11 Julie 2017. Baie geluk met jou geboortedag. Van: Ouma, Oupa en tannies, Hetta -------------------------------

11 Julie, KAYLEN CHARLES geluk met jou verjaarsdag mag God jou ryklik seën mammie is lief vir jou. Van jou ma. -------------------------------

Raai wie word 50 op 13 Julie 2017. Lekker verjaar!!! Van: Boeta, Ursula en Jowene ------------------------------MACQUIN ADONIS. 12 Julie. Geluk met jou verjaardag. Dank die Here vir nog 'n jaar by jou lewe - Jou ma Magdalene, susters, Oumas, Oupas, ooms, Pa Moos Adonis ------------------------------FABIAN SILWER. 12 Julie. Geluk met jou verjaardag. Geniet jou dag - Jou skoonma, Macquin, Moseline, Janine en Allister ------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

GERALD STEVEN VAN SCHALKWYK (MYBURGH) 25.07.1947 07.07.2017. Troosdiens: Woensdag, 12 Julie om 19:00 by die Baptiste Kerk vir die gemeenskap. Begrafnis: Saterdag, 15 Julie. Besigtiging vanaf 10:00 tot 11:00 te Begoniastraat 20 en diens vanaf 11:00 tot 12:00 by die Ou Apostel kerk, Malmesbury ------Sag heengegaan. Jou stem het stil kom word. Gun jou die ewige rus. Van: Familie en kinders -------------------------------

FRIKKIE JOUBERT. Begrafnis: Saterdag, 15 Julie 2017. Besigtiging vanaf 08:00 tot 09:00 te Irisstraat 7, Malmesbury. Die diens begin om 10:00 by die Ou Apostoliese Kerk, Malmesbury ----Sag heengegaan op 5 Julie, die dag van jou verjaarsdag. Hoe graag wou ons net geluk se toe moes ons afskeid neem van 'n man, pa en oupa. Rus sag, ons alles. Bly lief vir Derra. ------------------------------

JOSEPH DYASON. Troosdiens: Woensdag, 12 Julie om 19:00 by die St Thomas Anglikaanse Kerk. Begrafnis: Saterdag om 09:00 by die huis en 10:00 in die kerk ----Sag heengegaan - 'n wonderlike man, pa en oupa. Groot liefde vir sy medemens gehad. Van: Nr 8 familie -------------------------------

MARTHINUS SAMSON. Begrafnis: Saterdag, 15 Julie. Huisdiens om 09:00 te Hibuskusstraay 76 en die kerkdiens om 10:-00 by VG Kerk, Malmesbury ----Sag heengegaan op sewe en veertige jarige ouderdom op 8 Julie 2017. Word diep betreur deur broers, susters en familie -------------------------------

HAROLD MARTIN CHARLES Gebore: 12.09.1931 Oorlede: 10.07.2017 Begrafnis: Saterdag, 15 Julie 2017 by die Anglikaanse Kerk, Abbotsdale. Besigtiging om 10:00 en Diens om 11:00 -------------------------------


8

courant

NUUS • NEWS

dié

12 Julie 2017

SWARTLAND SPORT

Tel: 022 487 3221

Karate: Sewe van Por-

12 Julie 2017

terville JKA is opgeneem in die WP JKA-karatespan wat die provinsie by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Johannesburg verteenwoordig het. Porterville se span het vyf medaljes verower waarvan twee goud en drie silwer was. Twee lede van die span het ook vir die wêreldkampioenskappe in Ierland gekw����ê . Hier is Leighton Douries, Danoven Klaasen, Dylan Cornelisson (SA-kleure), Ruan Briers (SA-kleure), Kuyno Smit en Sensei Reagan Forbes. Voor: Zihaad Hellenberg, Cleo Forbes (SA-kleure)

HSS RUGBY PROGRAMME

Thursday 20 July 2017 TIME TEAMS – HSS STADIUM 10:00 2 Durbanville vs Piketberg 4 11:10 1 Augsburg vs Vredenburg 3 12:20 2 Tygerberg vs Charlie Hofmeyer 4 13:30 1 Gill College vs Campbell College B 3 14:40 2 Bellville vs Campbell College A 4 15:50 1 Swartland vs UCS 3

Wesbank se Old Boys nog vuur en vlam

Oudspelers van die Wesbank Rugbyklub het onlangs ‘n Old Boys-klub op die been gebring om ‘n verskil binne die klub se spanlede, maar ook binne die gemeenskap te maak. Die klub het reeds daarin geslaag om ‘n winterprojek suksesvol te organiseer waartydens warm komberse aan inwoners by die Goue Aar Tehuis vir Bejaardes op Wesbank uitgedeel is. Die klub het die afgelope naweek hul heel eerste wedstryd teen Goodwood se Old Boys-klub gespeel. Die klub bied dié komende Saterdag hul eerste Old Boysrugbyfees op die Bloues-rugbyveld aan waartydens Wesbank, Goodwood, Durbell en Parlement se spanne teen mekaar te staan sal kom. Die eerste wedstryd skop om 13:00 af. Almal is welkom om die dag saam met hulle te kom geniet.

Uitspeelrondes wink vir spanne •Abri Adonis Die uitspeelrondtes van die Boland Rugbyunie se Groot Uitdaagreeks is op die voorstoep en die top-spanne veg steeds vir 'n plek in die top-ag. Op Malmesbury, Darling en Saldanha loop toeskouers en beamptes tans elkeen met 'n sakrekenaar om die verskeie scenarios uit te werk. Wesbank is egter in die meer gunstige posisie om die uitspeelwedstryde te haal, aangesien hulle slegs een punt benodig om hul plek in die uitspele te bespreek. Darling en Saldanha is egter van mening dat albei steeds 'n goeie kans staan, mits Wesbank sy volgende twee wedstryde verloor teen Saldanha en Darling, sonder om 'n punt te behaal. Dit is baie onwaarskynlik, aangesien Wesbank deesdae baie goeie rugby week na week opdis. Darling reis Saterdag na 'n omgekrapte St Helenabaai wat sy laaste vier wedstryde verloor het. Vir 'n span van St Helenabaai se kaliber, is dit 'n vreemde verskynsel en hulle sal sake onmiddelik wil regstel, asook terselfdertyd vir hul buurdorp, Saldanha, 'n guns bewys. Die melkboere is tans in 'n liga van hul eie en deel nou op die pad vyftigtalle soos Kersvader uit. Darling sal ook weet dat 'n nederlaag op Saldanha hulle kanse vir die

Sportuitslae Sports results

uitspeelrondes 'n lelike knou kan gee en sal vol vertroue in die vissersdorpie opdaag om te verseker dat St Helenabaai se droewige reeks van nederlae voortduur. Darling behoort die laaste twee weke van die Groot Uitdaag baie interessant te maak deur St Helenabaai met meer as tien punte te klop. Saldanha reis Saterdag na Velddrif wat steeds sonder 'n oorwinning is in die tweede rondte. Wat hierdie wedstryd meer interessant maak, is dat albei spanne steeds veg om verskeie redes en 'n oorwinning aan albei kante is ononderhandelbaar. Saldanha se uitspeelronde-aspirasies is nog lewend, maar hulle weet dat 'n nederlaag op Velddrif hulle seisoen baie vroeër as verlede jaar sal eindig. Die verdedigende Swartwes-kampioen is hierdie seisoen 'n skaduwee van die span wat hulle laasjaar was, maar het in die laaste paar weke weer groot verbetering getoon. Velddrif sal dus Saterdag alles moet gee om die span van Randall Julies te stuit. 'n Oorwinning vir Velddrif is egter onwaarskynlik en Saldanha sal die druk op Darling wil behou met 'n oorwinning van meer as twaalf punte. Never Despair keer Saterdag terug na sy tuisveld om die onvoorspelbare Vredenburg aan te

durf. Dié span wankel steeds in die relegasie-sone. Never Despair het egter geen planne om punte op 'n skinkbord weg te gee nie en sal self hul toeskouers wil vergoed vir hulle volgehoue ondersteuning in die tweede ronde. Die Tier het ook gewys dat sy tande nog steeds baie skerp is en Vredenburg kan Saterdag 'n groot uitdaging verwag. Never Despair behoort Saterdag Vredenburg verder in die relegasie-sone te boender met 'n oorwinning van meer as tien punte. Abbotsdale reis Saterdag na 'n baie onvoorspelbare Mamre-span, wie reeds gewys het dat sy tuisveld 'n nagmerrie kan wees vir besoekende spanne. Abbotsdale is weer goed op dreef en sal sy seisoen op 'n hoë noot wil eindig. Mamre, inteendeel, veg steeds om oorlewing in die liga en het nog baie om voor te speel. Dit behoort net die nodige motivering te wees om 'n groot ommeswaai te veroorsaak en ook terselfdertyd die sweet druppels te laat vloei in Veldrif en Vredenburg. Mamre behoort die kragmeting naelskraap met minder as sewe punte te wen. Wesbank geniet hierdie week 'n nodige blaaskans.

Saturday 22 July 2017 9:00 2 Gill College vs Piketberg 4 10:10 1 Tygerberg vs Vredenburg 3 11:20 2 Durbanville vs Sullivan School B 4 12:30 1 Charlie Hofmeyer vs UCS 3 13:40 2 Bellville vs Sullivan School A 4 14:50 1 Swartland vs Stewarts Mellville 3

RUGBY

Klubkompetisies (Boland) - Groot Uitdaagreeks Swartweskus: Saldanha 29, St Helenabaai 13; Wesbank 33, Velddrif 24; Abbotsdale 22, Never Despair 16; Darling 36, Mamre 24

DUIWE OMEGA RACING PIGEON CLUB Beaufort Wes 2

1 Garth Sheldon 15.03.42, 2 Sheldon Bros 15.07.22, 3 Leukes Family 15.07.06, 4 Manual Lofts 15.11.06, 5 Garrick Hill 15.14.43, 6 Garth Sheldon 15.14.28, 7 Leukes Family 15.16.56, 8 Leukes Family 15.17.41, 9 Kasu Family 15.21.07, 10 Manual Lofts 15.23.33

ABBOTSDALE Beaufort Wes 2 - 8 Julie 2017

1 Paulus Lofts, 2 Elie Liedeman, 3 Paulus Lofts, 4 Paulus Lofts, 5 Paulus Lofts, 6 Paulus Lofts, 7 Paulus Lofts, 8 Paulus Lofts, 9 Paulus Lofts, 10 Paulus Lofts

RIEBEEK Beaufort Wes 2

1 Mentoor Hokke 14.55.36, 2 James Hokke 15.10.40, 3 Persens Hokke 15.10.48, 4 Mentoor Hokke 15.12.20, 5 Mentoor Hokke 15.12.41, 6 Mentoor Hokke 15.17.32, 7 Persens Hokke 15.17.48, 8 Alex Fam 15.20.34, 9 Mentoor Hokke 15.19.15, 10 Mentoor Hokke 15.21.20

MALMESBURY POSDUIFKLUB Beaufort Wes Jaaroud

1 Kotze Familie Hokke 1117.8669, 2 Kotze Familie Hokke 1022.6932, 3 Kotze Familie Hokke 1014.9569, 4 LF van Dalen 993.2987, 5 Bordeaux 982.8532, 6 G Horn 950.8359, 7 Bordeaux 918.2253, 8 LF van Dalen 914.7311, 9 G Horn 905.4274, 10 Bordeaux 889.4707;

Beaufort Wes Ope

1 Bordeaux 1059.6156, 2 D de Villiers 1036.5978, 3 J Steenkamp 1020.7961; 4 LF van Dalen 1019.0579, 5 J Steenkamp 1013.8894; 6 J Steenkamp 1003.4611, 7 M Hill 1003.0294, 8 G Williams 993.2828, 9 J Steenkamp 987.2527, 10 Hayman Familie 968.1398;

GHOLF

Woensdag Sundowner : 5 Julie - Enkel Stableford Andre Uys 22, Nic Goosen 19, Johan Kotze 19, Lothar Buhr 19 Vrydag Sundowner : 7 Julie - Enkel Stableford Peter Willemse 20, Freek Stander 20, George Prinsloo 18 Saterdag, 8 Julie : Vierbal Stableford Samespel P Willemse, Riaan Lewis, Dick Ross, John Smith 125; Appie van der Merwe, Helgaard Rabie, Derkie Meissenheimer, Wynand Brand 21; Thinus Theron, Andre Ackerman, Wayne van Tonder, Rudy Niemand 117


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
428 dié courant swartland en bergrivier by DieCourant - Issuu