Skip to main content

426 die courant wellington res

Page 1

courant

1 Wellington

dié

28 Junie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 426

28 Junie 2017

•DRING DEUR NA FINALE RONDTE

Span se potte prut ‘n 1ste plek los •Jaomi Zeeman ‘n Paar Wellingtonners het onlangs ons dorp se naam hoog gehou toe hulle aan die gewilde TV-kookprogram, “Laat die potte prut”, op die Via-kanaal deelgeneem het. Heinrich Robertson, John Pilaar, Donovan Kock en Michael Ephraim se span het die ander deelnemers in die negende episode van reeks 13 van hierdie populêre reeks uitgestof en as wenners uit die stryd getree. Volgens Heinrich, die kaptein van die span, is nie een van die spanlede opgeleide kokke nie, maar is hulle almal lief daarvoor om ‘n vuurtjie aan te steek en ‘n pot te maak. Hul inskrywing vir die program was ook ‘n impulsiewe besluit wat volgens hom baie moed gekos het. “Dit het alles baie vinnig gebeur. Ek het my moed bymekaar geskraap en my en my skoonpa, John, vir die program ingeskryf, nadat dit vir my na ‘n interessante uitdaging gelyk het. Ek het die program ‘n paar keer op televisie gesien en geweet dat my skoonpa ‘n ideale spanmaat sou wees omdat hy daarvan hou op ‘n pot te maak,” vertel Heinrich. Hulle het besef dat twee spanlede miskien ‘n bietjie min is en het, slegs twee weke voor die opname van die program, besluit om nog ‘n familielid en goeie familievriend nader te trek as deel van hul span. “Donovan Kock en Michael Ephraim is die manne wat ons saam met ons in die span wou hê. Donovan is ‘n man wat hou van kosmaak en Michael is die ideale mens om die spangees deurlopend hoog te hou,” sê Heinrich. Die volgende groot besluit vir dié gedugte viermanskap, was ‘n naam vir hul span. Heinrich het ‘n “volstruis”-tema vir hul pot voorgestel en die span se naam, “Groot Voëls”, was ‘n natuurlike uitvloeisel hiervan. “Ons wou iets anders maak, iets buite die normale en ook disse wat by ‘n goeie tema pas. Die volstruis-tema het perfek by hierdie benadering gepas, vandaar die naam Groot Voëls. Die manne het omtrent koppe bymekaar gesit om die volstruisspyskaart bymekaar te kry,” vertel Heinrich. Die “Groot Voëls” het ‘n liplek-lekker spyskaart opgestel. “Ons moes ‘n voorpot of napot, hoofpot, twee bypotte en ‘n ‘gebak’ voorberei. Ons spyskaart, na vele nadenking het uiteindelik so gelyk: Die voorpot was volstruissteak kerrie, bedien met tuisgebakte mini rolletjies en

Dié span het die potte behoorlik laat prut: Michael Ephraim, Donovan Kock, Heinrich Robertson en John Pilaar. ‘n yogurt en koljanderslaai. Vir die hoofpot het moes ons dit onmiddelik op die vuur kry, want ons volstruisnekbredie met jong wortelgroente ALLES (dek van tafel, opskep vir beoordelaars en gegeurde rys bedien. Ons bypotte was tra- en ander deelnemers) moet binne die toegedisionele pampoen en bruingebraaide ribbetjies late vier ure plaasvind. Ons moes die hele tyd met groenboontjies en vir die gebak het ons mos dink wanneer om wat op te sit, wanneer gaan die broodrolletjies gemaak wat saam met die die brood op en dan ook wanneer om wat af te haal,” sê Heinrich. voorgereg bedien is,” verduidelik Heinrich. Vir hierdie media en kommunikasiebeampte Volgens Heinrich het hulle nie eintlik vooraf enige van die geregte geoefen voor die kompe- by die Weskus Distriksmunisipaliteit, onder-voorsitter van die Paroolraad, korrektiewe tisie nie. “Die volstruisnekpot het ek en my skoonpa beampte by Allandale en onderwyser by St. al by geleentheid gemaak, maar die ander Alban’s Primêr, was dit egter ‘n ondervinding disse was alles op instink, gevoel en op die dag van ‘n leeftyd. “Ons het soos rolprentsterre gevoel,” sê hulle. gemaak. Om die volstruisnek sag te kon kry en Die episode van hul oorwinning is op Maandie brood perfek was die mees senutergende proses. Enige kosmaker weet dat op die dag, met dag 26 Junie uitgesaai, maar talle heruitsendings kameras rondom jou, kan enige iets skeefloop. sal dit vir meer kykers moontlik maak om in Gelukkig het ons kop gehou en alles was na aan die “Groot Voëls” se oorwinning te deel. Die plaaslike gemeenskap kan ook binnekort aan perfek,” sê hy. Die grootste uitdaging vir hierdie bobaas- die wenpot proe wanneer hierdie span dit vir ‘n -potjiekosspan, was om binne die tydsbeperking fondsinsameling ten bate van Furlo Theron, wat tydens ‘n rugbywedstryd beseer is, gaan maak. van vier ure te bly. “Die tydsfaktor was ‘n groot ding. VolstruisVir navrae kan Heinrich Robertson by 082 460 nek vat gewoonlik baie lank om sag te kook en 9262 gekontak word.

NUUS • NEWS


courant

dié

2

28 Junie 2017

Wellington kook

Gedurende die wintermaande is ons mos maar geneig om hongerder te wees. Miskien het dit iets met die koue weer te make. Dalk is dit ‘n oer-instink om onsself met meer om die lyf te probeer warm hou of ons van binne te verhit. Hoe dit ookal sy, daar word meer gekook wanneer dit winter is. In Wellington kook dit nie net op die stowe en vure van ons mense nie, dit kook ook wat die aktiwiteite in en rondom ons dorp betref. Die reënweer en sneeu op die bergtoppe word nie net met innerlike versterkings teëgewerk nie, maar die winter in ons politieke en sosiale landskap word as’t ware ook die stryd aangesê – met die goeie dinge waarmee ons dorp se mense die pot aan die kook hou. ‘n Plaaslike span het letterlik hulself tot binne-in die eerste plek en harte van mense regoor die land gekook toe hulle die gewilde “Laat die potte prut” kompetisie op nasionale televisie gewen het. Die VLV-dames kook met hul voorbeeld as waterambassadeurs, Huis Andrew Murray wil die winter verdryf met hul Kersfees-in-Julie projek en die Drakenstein Sakekamer het ‘n kookwater-partytjie ter viering van hul 70ste bestaansjaar gehou. Die bespreking van Wilma Stockenström se gedigte by die Breytenbach Galery voeg ekstra sperye by ons dorp se wintergeregte en die herinnering aan die heldhaftigheid van een van ons eie Malans in die Tweede Wêreldoorlog, is ‘n hoofbestanddeel in die resep om enige koue te verdryf. Boonop het twee van ons plaaslike kore se vuurwarm optredes by ‘n nasionale kompetisie vir hulle ‘n plek in die finaal besorg – voorwaar ‘n wenresep! Mag elkeen hierdie week iewers ‘n warm bord gekookte kos geniet, ‘n warm kolletjie op die maag kry of iets doen wat vir iemand anders ‘n warm gevoel kan gee. Ons het die bestanddele, ons ken die regte speserye. Laat almal se potte prut.

It’s Good News

Dr. Marc Blackwell

What do I do now?

Have you ever heard of the "Peanuts" cartoons? The cartoon character "Linus" had a brief conversation with one of the other characters .... Charlie Brown’s sister, "Sally." He asked her, “Wouldn’t you like to have your life to live over if you knew what you know now?” Sally look forward without expression and then turned back to Linus and said, “What do I know - now?” Have you ever pondered that question? Have you wondered which things you might do differently? You might undo a bad thing and hopefully alter a good thing? What do we know now that we didn’t know before? Could we have learned something and not even be aware of it? Could I think I’ve learned something when I really haven’t? Would I know what I know now if I went back and changed the very things that taught me what I now know? Do you ever feel that the more you know the less you might really know? I obviously don’t know what I don’t know, or do I? Thank God, He has revealed His truth to me about the love of the Lord Jesus!Paul warned Timothy, that some are “ever learning but never able to come to the knowledge of the truth”.

NUUS • NEWS

•WINTERSLAAP INSPIREER

Wilma se gedigte met kuns vervleg

Die kunsuitstalling van “Winterslaap” deur Henk Serfontein by die Breytenbach Galery, het ‘n nuwe uitvloeisel geïnspireer, nl. die bespreking van Wilma Stockenström se gedigte. Prof. Ronel Foster van die Universiteit Stellenbosch het op Saterdag 24 Junie ‘n paar van Stockenström se gedigte op informele wyse bespreek. Die kunswerke in “Winterslaap” is deur Stockenström se gelyknamige gedig geïspireer en bevat groot houtskooltekeninge van ‘n slapende Stockenström – iets wat Serfontein as ‘n “baie private vergunning deur die digter” beskryf. Volgens hom maak dit die bespreking van die gedigte “in die digter se slapende teenwoordigheid” baie spesiaal. “Die weerloosheid van iemand, en veral ‘n ouer persoon, wat slaap, is iets baie broos en persoonlik. Die reeks kunswerke sluit by die tema van haar gedig, Winterslaap, aan, maar wil ook hierdie broosheid aanspreek,” het Serfontein gesê. Die belangstelling en gesprekke wat uit die unieke kunswerke gespruit het, het die idee vir die bespreking van Stockenström se gedigte by Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach Galery, laat posvat. “En wie beter is daar dan nou as prof. Ronel Foster om die informele bespreking oor hierdie wonderlike digter se werk te doen,” het Erasmus gesê. Prof. Foster het die konteks en tegniese aspekte van die gedig “Winterslaap” op toeganklike wyse belig en ook ander van Stockenström se gedigte, sowel as haar agtergrond en oeuvre bespreek. Om by die tema van die kunswerke wat uit ‘n gedig geskep is (dit werk volgens prof. Foster gewoonlik andersom) te pas, het sy ook talle van Stockenström se gedigte wat met

Bo: Professor Ronel Foster saam met die kunstenaar Henk Serfontein. hande en die skeppings- of vernietigingsproses wat daarmee gepaardgaan, belig. “Die eland”, ‘n naamlose gedig uit die bundel “Aan die Kaap geskryf” en die gedig “Skeppend” uit Stockenström se pen is tydens die gesprek bespreek. “Hoe wonderlik is dit nie om tussen sulke kunswerke te sit, na sulke mooi woorde te luister en boonop aan een van die plaaslike meesterwyne te teug nie,” het een van die gaste by die geleentheid laat hoor. Miskien omvat Stockenström se openingsreëls in “Winterslaap” die insprirasie vir hierdie samekoms die beste: “Winterslaap is my naam, en waterblink lê my dae op ‘n streep in die son: so mooi my verworwe rus, ek dink ‘n glimlag het die aarde aangeraak.”

Kore deur na tele���� naal

Bo: Die kore se begeleidster Martha du Plessis, die kore se koorleidster Leana Engelbrecht, die trotse skoolhoof Henry Schemper saam met Antonie Bougas, aanbieder van die televisieprogram. Sing in Harmonie is ‘n nasionale koorkompetisie wat jaarliks deur KykNet Nou geloods en uitgesaai word. Hierdie jaar neem daar landswyd altesaam 130 kore aan die kompetisie deel en die Wes-Kaapse uitdunrondtes het op 23 en 24 Junie in Durbanville plaasgevind. Hugenote Laerskool se junior- en seniorkore het op Vrydag 23 Junie aan hierdie uitdunrondtes, waar die wenners na die finale rondte later in die jaar sal deurdring, gaan deelneem. Televisie-opnames is ook tydens hierdie uitdunne gemaak. Hugenote het ‘n uitsonderlike prestasie

behaal deurdat beide hierdie kore hul onderskeie afdelings gewen het. Hulle sal dus later vanjaar twee kore in die finaal van hierdie koorkompetisie hê. “Ons bars van trots oor hierdie groot prestasie. Ek is ontsettend trots op my wonderlike koorlede wat so hard gewerk het,” het Leana Engelbrecht, koorleidster van beide Hugenote se kore, gesê. Wellingtonners kan daarna uitsien om talle bekende gesiggies op televisie te sien wanneer die episodes van die uitdunne, sowel as die finaal, later vanjaar op Kanaal 146 uitgesaai sal word.

Regstelling:

In verlede week se uitgawe is daar op die voorblad in die opskrif na St. Albans verwys, terwyl dit inderwaarheid Pauw Gedenk Primêr moes lees. Pauw Gedenk het onlangs 'n gesogte prys gewen toe hulle as die skool in die Kaapse Wynland aangewys is wat die beste presteer. Links is Claressa Jooste van die Click Foundation, Ashanty Albert (skoolfassiliteerder) en skoolhoof Julius Williams. dié courant vra verskoning vir enige ongerief.


NUUS • NEWS

28 Junie 2017

•NOODVERGADERING BRING HOOP VIR SAAL SE TOEKOMS

3

Talle rolspelers wil Goodnow red •Jaomi Zeeman Wellington se geliefde Goodnow-saal, wat op 26 Oktober 2016 tydens ‘n brand verwoes is, staan steeds sonder ‘n dak. In die gure winterweer is hierdie toedrag van sake vir baie Wellingtonners ‘n bron van groot kommer en het hulle daadwerklike pogings aangewend om ‘n einde aan die skade van hierdie nasionale gedenkwaardigheid te probeer maak. Die Vriende van die Wellington Museum-vereniging het op Donderdag 22 Junie ‘n spesiale noodvergadering in die Goodnow gehou. Die doel van hierdie vergadering was om die ekstra skade wat weens die storm en reënweer aangerig is te assesseer en soveel as moontlik belanghebbendes by die herstelproses betrokke te kry. Volgens Christine Siebrits, voorsitter van die Vriende van die Museum-vereniging, moet daar nou daadwerklike planne beraam word om verdere skade aan die gebou en struktuur te voorkom. “Wellingtonners is erg bekommerd oor die toestand by die historiese Goodnow Hall. "Die Vriende van Wellington Museum het besluit tot hiertoe en nie verder nie – ons moet nou vinnig planne maak en tot aksie oorgaan om hierdie gebou te red,” het sy gesê. Talle rolspelers wil nou ook tot die reddingspoging van hierdie een statige historiese baken toetree. Buiten die Vriende van die Museum en die Wellington Museum, was daar munisipale raadslede, verteenwoordigers van studente-organisasies, CPUT se Studenteraadvoorsitter,

bekommerde inwoners, sowel as verteenwoordigers van Afriforum, Vryheidsfront+ en Solidariteit by die vergadering teenwoordig. “Die warm, droë somer en die storm en reënweer van die afgelope tyd het ‘n baie negatiewe invloed op die reeds beskadigde strukture gehad. "Die oop dak het veroorsaak dat die rou, gebrande bakstene nou nat baie bros geword het – iets wat dít wat van die struktuur oorgebly het na die brand, baie verswak. Die houtvloere het ook sopnat geword en die water het ook nou die onderste vloer, wat nie soveel skade in die brand opgedoen het nie, beskadig a.g.v. die onbeskermde, oop boonste verdieping,” het Christine verduidelik. Prof. John Volmink, waarnemende vise-kanselier van CPUT, het in Mei vanjaar die beskadigde gebou besoek en beloof om die herstel daarvan ‘n prioriteit te maak. Dit blyk egter dat administratiewe strukture die pas van hierdie proses vertraag. ‘n Poging van kontrakteurs om ‘n tydelike bedekking oor die oop dak te plaas voor die groot storm wat die Wes-Kaap onlangs getref het, is deur die afwesigheid van die korrekte toestemming van Provinsiale strukture gekortwiek. “As ons nie self inspring en iets aan die situasie doen nie, gaan die skade moontlik baie groter wees as wat aanvanklik met die brand aangerig is. Gelukkig is daar baie mense wat bereid is om hul gewig agter hierdie belangrike inisiatief in te gooi en daarvoor is ons baie dankbaar,” het Christine Siebrits gesê. Die verskillende rolspelers het tydens die

vergadering ‘n toer deur die beskadigde gebou hulself van die omvang van die skade vergewis en agterna ‘n bespreking daaroor gehad. Uit die gesprekke rondom die plan van aksie waarmee hulle die gebou wil red, het dit duidelik geword dat almal ‘n positiewe bydrae wil maak om die gebou tot sy eertydse glorie te herstel. Prof. Volmink se opmerking in Mei dat die skade as ‘n “nasionale tragedie” bestempel kan word, is in die gesprekke rondom die herstel ge-eggo. Almal teenwoordig het hulle daartoe

Malan van Wellington ‘n vergete held Wellington is bekend vir sy Franse Hugenote erfenis. Talle families wat vandag nog inwoners van die dorp is en op plase in die omgewing boer is direkte afstammelinge van ons Franse Hugenote voorvaders. Een so ‘n bekende familie in Wellington is die Malans. Daar is talle mense met hierdie van en hulle vorm ook ‘n groot deel van die boerderygemeenskap rondom die dorp. Min mense weet egter van die beroemde Wellingtonse Malan wat ‘n groot held tydens die Tweede Wêreldoorlog was en as een van die beste vegvlieëniers in die geskiedenis beskou word. Die Vriende van die Museum vereniging het op Saterdag 24 Junie, in samewerking met die Wellington Museum, tydens hul algemene jaarvergadering hulde gebring aan hierdie vergete oorlogsheld van Wellington. Dennis Malan, voorsitter van die Malan Familie-bond, het die gaste, waaronder talle plaaslike Malan-nasate, meer oor Adolph Gysbert, oftewel “Sailor” Malan, se lewe en prestasies tydens die oorlog vertel. Volgens Dennis was Sailor Malan ‘n Suid-Afrikaanse vegvlieënier en ook dié uithaler vlieënier in die Britse Lugmag (Royal Airforce). Hy het die 74 Eskader in die Tweede Wêreldoorlog tydens die hoogtepunt van die Slag van Brittanje aangevoer. “Hy was ‘n onverskrkokke vlieënier en uitstaande skerpskutter. Onder sy leiding het die 74 Eskader een van die Royal Airforce se beste eenhede geword,” sê Dennis. Dennis, wat die Malan-stamboom noukeurig nagevors en ook al ‘n boek daaroor geskryf het, het Sailor Malan se Wellingtonse wortels beskryf. “Sailor is op 3 Oktober 1910 in die Wellington-distrik uit die huwelik tussen Willem Adolph Malan en Evelyn Forde Jordan gebore. Hy is in die NG-Kerk (Moederkerk) in Wellington gedoop en het uit die AB-Boek in ‘n plaasskool geleer. Hy was ‘n tipiese plaasseun wat van vroeg af reeds perd gery, sy pa se motor op die plaas bestuur en voëltjies geskiet het – lesse wat ‘n goeie fondament vir sy latere loopbaan as vegvlieënier gelê het,” het Dennis vertel. Hierdie Wellingtonse plaasseun het van jongs af ‘n belangstelling in die see gehad en sluit op 14-jarige ouderdom as ‘n kadet by die opleidingskip die “Generaal Botha” aan. Hy voltooi sy kadetskap suksesvol en sit sy maritieme loopbaan as kadet offisier aan boord van die Landsdown Castle voort. Hy sluit ook later by die reserwemag van die Britse vloot aan. Dit is juis sy agtergrond in die vloot wat hom uiteindelik die bynaam “Sailor” besorg het. Dit is egter as vegvlieënier dat Sailor Malan vir altyd onthou sal word. Hy bekwaam hom as ‘n behendige vlieënier wat “Spitfires” meesterlik kan vlieg en hy word as vlugluitenant in die Britse 74 aangestel – net twee maande voor die

Bo: ‘n Paar van die plaaslike Malans wat die praatjie bygewoon het. V.l.n.r.: Francois en Delena Malan, Dennis Malan wat die navorsing oor “Sailor” Malan gedoen het, Lisette en Danie Malan en Beatrix en Edie Malan. aanvang van die Tweede Wêreldoorlog. Volgens Dennis is Sailor Malan ‘n legende wat talle luggevegte gewen het, ‘n uitstekende leier en taktikus was en homself as ‘n eersteklas skut bewys het. Hy het onder meer die Slag van Barking Creek, die Slag van Duinkerken en die Slag van Brittanje te Dover vir Brittanje gewen. “Die tien reëls wat Sailor Malan vir oorlogvoering in die lug opgestel het, het as die amptelike handleiding van die Britse Lugmag gedien en het oral teen die mure van die kasernes gehang. Een van hierdie basis-reëls was ‘gaan vinnig in, slaan hard, gee pad!’,” het Dennis vertel. Sailor het verskeie toekennings vir sy heldhaftigheid ontvang. Hy is o.a vereer met die Orde van Uitsonderlike Diens, hy het die Belgiese Croix Guerre asook die Tseggo-Slowaakse Militêre Kruis ontvang. Hy is verder met die Franse Legioen van eer bekroon en het ook die Franse Croix de Guerre ontvang. Met sy terugkeer na Suid-Afrika het hierdie Wellingtonse boerseun, van wie Winston Churchill een van sy kinders se peetpa was en wie met Harry Oppenheimer bevriend was, ontnugter gestaan voor die nuwe politieke rigting wat die regering hier ingeslaan het. Hy was erg gekant teen die rassistiese Afrikaner Nasionalisme wat oor Suid-Afrika gespoel het en het gevoel dat dit nie strook met die redes waarom hy in die Tweede Wêreldoorlog geveg het nie. Sailor Malan het hom by die “Torch Commando” aangesluit, ‘n organisasie van oudgediendes, die Springbok Legioen en die Oorlog Veterane Aksie Komitee wat vir vyf jaar lank optogte teen die Naionale Party gelei het. Uiteindelik is Sailor Malan na sy dood in

Kimberley begrawe – sonder ‘n staatsbegrafnis en sonder dat enige Suid-Afrikaanse militêre lui toegelaat is om die begrafnis in uniform by te woon. As laaste eerbewys het 28 oorblywende oorlogskamerade in 1966 ‘n seremoniële swaard aan 74 Eskader oorhandig. Miskien is die “Spitfire Association Trust” se beskrywing van dié Wellingtonse vergete held die raakste: “Sailor Malan – a forgotten hero of democracy.”

verbind om die bespoediging van die herstelproses van die Goodnow ‘n prioriteit te maak. “Ons beskou dit as ‘n saak van erns en vertrou op elkeen wat ‘n bydrae wil maak om die Goodnow te red, se bystand,” het Siebrits afgesluit.


4

28 Junie 2017

NUUS • NEWS

Drakenstein Sakekamer vier 70 jaar van vooruitgang Die Drakenstein Sakekamer het op Woensdag 21 Junie hul 70ste verjaardag by Rhebokskloof buite Wellington gevier. Hierdie glansryke geleentheid is deur verskeie lede, gaste, besighede en eregaste bygewoon en is met die algemene jaarvergadering van hierdie instansie gekombineer. Gaste, wat almal volgens die stylvolle swart-en-wit tema aangetrek het, kon na ‘n pragtige viooluitvoering luister, terwyl hul ‘n voorafdrankie uit Rhebokskloof se kelder voor die kaggel geniet. Die winterkoue is deur die warm verwelkoming van die seremoniemeester, Vernon Pietersen, verdryf en dr. Carel Stander se opening, gekombineer met die warm voorgereg, het die toon vir die hartlikheid van die res van die verrigtinge geskep. Die jaarlikse ledevergadering en gepaardgaande formaliteite het naatloos saam met die voorsittersverslag, sertifikate aan erelede en ander erkennings verloop. Die hoogtepunt wat die toespraak van die hoofspreker, dr. Theuns Eloff. Dr. Eloff, ‘n akademikus en direkteur van die FW de Klerk Stigting, het die huidige ekonomiese en politieke klimaat in ons land onder die loep geneem. Ten spyte van vele bekommernisse en

hindernisse is daar volgens hom steeds hoop vir ons toekoms. “Daar is natuurlik ‘n hele paar voorwaardes vir ‘n goeie toekoms, en dít is die plek waar elkeen van ons kan druk toepas en ons stem laat geld,” het hy gesê. Van dié voorwaardes, soos die voorkoming van staatskaping en korrupsie, die toepassing van die Grondwet, die toepassings van die Nasionale Ontwikkelingsplan, die groter rol wat kerke, die sakesektor en burgerlike samelewing sal moet speel en gesonde interpersoonlike verhoudings op voetsoolvlak, is van die dinge wat Eloff bespreek het. “Daar wag ‘n stormagtige tydjie vorentoe. Maar ons is nader aan die draaipunt as ooit tevore. As ‘n land is ons gewoond daaraan om naby die afgrond te kom – en dan weg te draai. Balans, tyd, humor, realisme, geloof en perspektief is waarskynlik die dinge wat ons op die ou end sal deurdra,” het hy gesê. Buiten die heerlike ete is gaste deurlopend op vertonings deur die Hoërskool Gimnasium se Kwintet en die dansers van die Phox Dance Academy getrakteer. Musiek deur die plaaslike orkes, Public Opinion, het die mense na die dansvloer gelok en die aand op ‘n hoë noot afgesluit.

Bo: Dr Ernest Messina (AHI hoof uitvoerende beampte); Francis Nieuwoudt (sekretaris Drakenstein Sakekamer); Dirk Breytenbach (voorsitter Drakenstein Sakekamer) en dr Willie Celliers (AHi Wes-Kaap voorsitter).

Bo: Frik Coetzee (erelid) en Michelle Riekert (bestuurslid) Bo: Vernon Petersen (seremoniemeester), Dirk Breytenbach (voorsitter), Francis Nieuwoudt (sekretaris), Dr Theuns Eloff (F W De Klerk-stigting) en Willem Liebenberg (ondervoorsitter).

Links: Edward Perrins (Erelid) en Michelle Riekert (Bestuurslid) Van der Spuy en Vennote: Tyronne Bradbury, Idelette de la Bat, Andriette Bradbury, Leigh de la Querra, Os de la Querra, Marcello Ross, Hayley Adonis en Mario Laubscher.

Handri Stadler (Minuteman Press), Simona van der Sandt (Momentum Konsult) en Muriel van Rooyen (Action Coach Business Coaching). Agter: Herman Stadler (Minuteman Press) en Stefan van Rooyen (Action Coach Business Coaching)

FFG Paarl-groep: Yolana Kinghorn, Sonette Botes, Laetitia Samson, Albrecht Sadie en Lindy Booysen. Agter: Eugene Kinghorn, Louise de Villiers, Lee-Chane Samson, Andre de Villiers, Christo Booysen en Jaco Brits.


NUUS • NEWS

5

28 Junie 2017

Also at

+

+

57 49

BUY ALL FOR

R

99

no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 2kg

68 59

R

R

R

SAVE R19

SAVE R11

Mrs H.S. Ball’s Chutney 470g, All Gold Tomato Sauce 700ml and Crosse & Blackwell Mayonnaise Assorted 730-780g

Nescafé Ricoffy 750g

SAVE R16

Omo Auto Washing Powder 3kg Flexi Bag, Liquid Detergent 900ml or Capsules 21s Each

BIRTHDAY PROMOTION R

69

R

NOW ON

84

R

Per kg

Per kg

PnP Bulk Tenderised Steak

PnP Bulk Thick Kameelhout Boerewors

11

49

Sasko More Slices White Bread 700g

12.5kg

R

53

99

R

PnP Premium Chicken or Rainbow Simply Chicken Viennas Assorted 1kg Each

R

69

99

Parmalat EverFresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

15

99

SAVE R3

Bull Brand Corned Meat 300g

R

15

BUY ANY 5 FOR

99

R

SAVE R2

Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each

33

Beacon Chocolate Bar or Jungle Energy Bar Assorted

R

13

Coca-Cola Regular 2 Litre

R BUY 2 FOR WAS R70

R BUY ANY 2 FOR

R

60

SAVE R26 Comfort Fabric Conditioner Assorted 800ml

R

44

99

Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

50

99

R

64

PnP Super Maize Meal 12.5kg

WAS R249

209 SAVE R40

Carling Black Label 24 x 500ml Cans

SAVE R20 Sedgwick's Old Brown 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za

Prices Valid 29 June - 2 July 2017 At Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape

99

PERSONALISED DISCOUNTS ON WHAT YOU BUY MOST. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.

MMWCHS1548


6

28 Junie 2017

NUUS • NEWS

Fairview, Bosman Adama en Lombard Trust se blokke die beste

Hennie Rossouw (middel), eienaar van die plaas Fairview buite Malmesbury se Premium Pinotage-blok is vanjaar as die wenner van die jaarlikse Vinpro en Winetech wingerdblokevalueringskompetisie aangewys. Hy het Donderdag dié toekenning vir 'n tweede keer ontvang. Christoffel Lombard van Lombard Trust (regs) se blok het in derde plek geëindig, terwyl Dan Swart van Bosman Adama se wingerdblok tweede plek gekom het. Onder: Franscois van Niekerk van die Suid-Afrikaanse Pinotage Vereniging het 'n Pinotage proegeleentheid aangebied. Hennie Rossouw skink vir Christoffel Lombard met Graham Willers links van hom.

Die wenblok met die puikste premium Pinotage-wingerd in die Paarl- en Swartlandstreek behoort aan Hennie Rossouw, eienaar van die plaas Fairview buite Malmesbury. Dit is die tweede keer wat Rossouw die gesogte toekenning in die jaarlikse VinPro en Winetech evalueringkompetisie huis toe bring nádat dit die afgelope Donderdag aan hom by die Swartland Wynkelder oorhandig is. Die prys beloop R65 000. Die tema van die twee wynbedryforganisasies se jaarlikse wingerdblokevaluering in die streek het vanjaar op premium Pinotage gefokus. Die wenblok van Rossouw word as bosstok verbou. Volgens Hanno van Schalkwyk, VinPro se wingerdboukundige vir die Paarl en Swartland is daar vanjaar fyn gekyk na die bestuur van dié trots Suid-Afrikaanse kultivar. “Die standaard van die inskrywings was baie hoog en die blokke het ondanks die droë jaar steeds baie goed vertoon. Die feit dat die wenblok droëland verbou word, is ʼn pluimpie vir Pinotage se taaiheid om steeds onder moeilike en droë toestande kwaliteit druiwe en wyn op te lewer,” sê Van Schalkwyk. Die wenblok is in 2007 geplant. Produksie in 2014 was 10 ton per hektaar danksy goeie reënval in November 2013. In 2015 het Rossouw sewe en ‘n half ton per ha ge-oes, terwyl daar in die eerste droë jaar van 2016, byna 6.75 ton/ha ge-oes is. Vanjaar het die wingerd effens beter gevaar met ‘n produksie van 6.9 ton/ha. Volgens Rossouw het hy sekere praktyke weens die lae reënval toegepas om alle vog te behou, omdat die blok droëland is. "Pinotage is ʼn kruising tussen Pinot Noir en Cinsaut (vroeër as Hermitage bekend) wat in 1925 deur die legendariese prof. AI Perold van die Universiteit Stellenbosch ontwikkel is,” vertel Van Schalkwyk. Franscois van Niekerk van die Suid-Afrikaanse Pinotage Vereniging het ‘n Pinotage wynproegeleentheid van alle plaaslike Pinotage produkte, behalwe vir Kanonkop aangebied. Daar was onder meer ‘n wit Pinotage, asook ‘n Rosé. Volgens Van Niekerk het Pinotage geen negatiewe verouderingskarakter nie. “Dit is ‘n wonderlike kultivar. Die koffie Pinotage is ook baie gewild, maar dit is nie waarna ons moet streef as voorbeeld van ‘n goeie Pino-


NUUS • NEWS tage nie. Van Niekerk sê hoewel die wyn as gesog voorkom, het die plaaslike wynmakers en die Pinotage Vereniging nog baie werk. “Ons moet eers voor ons eie deur vee en plaaslike inwoners kry om die kultivar goed te praat voor ons dit aan die buitelandse mark kan blootstel.” Die plaas, Bosman Adama van Wellington, wat behoort aan die Bosman familie, se drip-besproeiing Pinotage wingerdblok van 1 hektaar groot, het vanjaar tweede gekom. Dan Swart is die bestuurder van die Bovleiplase, waaronder dié wenblok val. Swart wat vir die afgelope twee jaar aan die stuur van die wingerd is, vertel die druiwe word verkoop, maar ook gebruik vir Bosman Family Vineyards se top-verkope. Die blok het vanjaar 14 ton per ha se wyndruiwe gelewer. Lombard Trust van Hermon se premium Pinotage wingerdblok pronk vanjaar in derde plek. Dit is die eerste keer wat Christoffel en sy pa Dawie Lombard van die plaas Vleesbank vir die evaluerinsgkompetisie inskryf. Hulle boer hoofsaaklik met graan, skaap en vleisbeeste. Die opleiwingerd van vyf ha, vorm deel van 25 ha wingerd in totaal op die plaas. Volgens Christoffel moes hulle besproeiingstegnieke en siklusse verander om by die droë toestande aan te pas. Volgens Van Schalkwyk het die deelnemers bewys dat hulle deur oordeelkundige beplanning ʼn wenresep vir elkeen se terroir kon bepaal. Sommige van die inskrywings word bosstok verbou, terwyl ander opgelei is. Party is teen hoër digthede geplant na gelang van die beskikbaarheid van water. Korttermyntegnieke soos snoei, suier, tip en blaarverwydering is ook aangepas om die wyndoelwit te komplimenteer. Die VinPro/Winetech wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om beste wyndruifverbouingspraktyke te identifiseer, vier, en met die bedryf te deel.

7

28 Junie 2017

Beroep op alle drama-groepe Die Departement van Kultuursake en Sport van die Wes-Kaapse Regering is besig met ‘n inisiatief waar hulle graag aan plaaslike dramagroepe ‘n platform vir deelname en ontwikkeling wil bied. Vir hierdie doel is hulle besig om ‘n Dramafees vir 2017 te organiseer. Hulle wil graag hê dat alle dramagroepe in die Kaapse Wynland aansoek doen om aan hierdie fees deel te neem.

Volgens die organiseerders moet groepe uit nie meer as ag lede (insluitend die draaiboekskrywer en die regisseur) bestaan nie. Die deelnemers moet ook amateurs tussen 12 en 35 jaar oud wees en aktief by drama in hul gemeenskappe betrokke wees. Aansoeke moet ‘n 20-minuut draaiboek insluit en ou produksies sal ook aanvaar word. Wellingtonner is propvol talent en die organiseerders hoop om sommer ‘n klomp van hierdie

talent onder die aansoekers te sien. Belangstellendes moet gou spring, aangesien die inskrywings vir hierdie fees aan die einde van die week sluit. Vir navrae kan Alicia Fortuin by aliciaf@ capewinelands.gov.za of 023-348 2376, of Portia Jansen by Portia.Jansen@stellenbosch.gov.za of 021-808 8423, of Moeniel Jacobs by Moeniel. Jacobs@westerncape.gov.za of 021-483 9550 gekontak word.

Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum loods hierdie jaar weer hulLe “Kersfees in Julie Skoendoosprojek”. Met hierdie inisiatief wil hulle graag vir elke kind in hul sorg ‘n geskenk met basiese benodigdhede voorsien. Volgens Karen Petersen, bemarkingshoof by HAM, is hierdie ‘n noodsaaklike projek wat hulle help om die beste sorg vir elke kind te bied. “Ons sorg daagliks vir 150 wetsbestede kinders wie óf wees gelaat is óf wie deur die Kin-

derhof uit ouerlike sorg verwyder is. Ten einde ten volle aan die kinders se emosionele, fisiese, intellektuele en geestelike behoeftes te kan voorsien, is ons genoodsaak om hulp vanuit die gemeenskap te versoek,” verduidelik Karen. Vir hierdie doel maak HAM op die skenkings van persone of besighede in die gemeenskap staat vir skenkings om in die kinders se basiese behoeftes te voorsien. “Daar is ‘n behoeftelys vir elke ouderdomsgroep en inwonershuis opgestel waarop die

basiese behoeftes waarmee ons hulp nodig het, uiteengesit is,” sê Karen. “Items soos toiletware, skryfbehoeftes, medisyne en geskenkies maak alles deel uit van die benodigdhede. "Ons het reeds 90 geskenke ontvang en kort nog 60 geskenke,” sê sy. Enigeen wat by die projek betrokke wil raak of skenkings wil maak, kan HAM se kantoor by 021-873 3834/5 kontak of ‘n epos na bemarking@andrewmurray.org.za stuur.

HAM loods “Kersfees in Julie”-projek

Raai-raai...

Sy was die dogter van 'n slavin en het in die Bovlei skoolgegaan. Deur 'n interessante sameloop van gebeurtenisse word sy die Britse Hertogin van Stamford. Wie is hierdie vrou? Die foto is ook te sien in die glaskas bie Wellington Museum voordeur. Skryf in vir die fotokompetisie en staan 'n kans om R150 te wen. Antwoorde met kontakbesonderhede kan ook aan per epos gestuur aan welmus@telkomsa.net. Die antwoord van die vorige kompetisie was Charlotte Cupido.

������� d Gelukwensing Congratulations

Christeline en Shaun wil ek baie geluk wens op hulle troudag di 28 ste Junie van Lyreece en Andries Katchu

Wees op die voorpunt van die goeie nuus en besoek ons webtuiste by www.diecourant. co.za Stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za of kontak ons by 022 487 3221.

Dagboek • Calender

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081

Hillcrest United RFC Fixtures 1 July - Hillies vs Wolseley (Home) 8 July - Tulbagh vs Hillies (Away) 15 July - Hillies vs Hamlet (Home) 22 July - Bye 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals: Top 8 12 Aug - Semi Finals: Top 8 19 Aug - Finals: Top 8 For more information, contact Jovan-ré Cupido at 073 296 3575 or jovanrewc@gmail.com Annual Yellowtail Classic @ Yzerfontein 8 or 9 July - The annual Yellowtail Challenge will take place in Yzerfontein. Entry fee for members - R150. Entry for non members: R200. Entry for under 16: R75 For more details, contact info@wcbac.co.za

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington.

Wellington Huismark 3 tot 6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart-fasiliteite is beskikbaar.

Breytenbach Sentrum 19 Augustus: Mallies en die Sakemanne - Burgerstraat word aangebied in Die Bordienghuis by die Breytenbach Sentrum. Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za

Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington-Noord se kerksaal Kontak Melanie by 021 873 1040 met navrae.

Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040

Kerke • Churches Enquiries: 082 355 3280.

NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690

St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375.


8

courant

dié

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

28 Junie 2017

• VERTEENWOORDIG SA

Kishou vir John

•Jaomi Zeeman Die plaaslike 12-jarige tennisster, John Coetzee, gaan Suid-Afrika weer verteenwoordig by ‘n internasionale tenniskampioenskap in die buiteland. John, ‘n leerder van Hugo Rust Laerskool, het ons land vroeër vanjaar by ‘n internasionale toernooi in Madagaskar gaan verteenwoordig. Hy is tans die nommer een tennisspeler in sy ouderdomsgroep in die land en is weer verkies om as een van slegs twee Suid-Afrikaanse spelers by ‘n toernooi in Italië te gaan deelneem. Die Internasionale onder twaalf Nations Cup Lampo Trophy Tennistoernooi vind van 10 tot 16 Julie in Prezo, Italië, plaas. Tydens hierdie toernooi sal spelers van regoor die wêreld met mekaar meeding. Spelers van o.a. België, Mexiko, Hongarye, Bosnië, Serbië, Slovenië, Israel en Italië sal aan die toernooi deelneem. Slegs twee spelers van elke land kan aan hierdie toernooi gaan deelneem en as die nommer een speler in Suid-Afrika, gaan John weer die groen en goud by hierdie prestige toernooi op die tennisbaan dra waar spelers van ander top-tennislande mekaar die stryd op die kleibane in die noorde van Italië die stryd sal aansê. Volgens John se pa, Paul Coetzee, is dit ‘n lang proses om tot op hierdie vlak te vorder. “Die spelers moet gereeld aan TSA-toernooie deelneem om hulle plekke op die ranglyste te verseker en te versterk,” verduidelik hy. Vir John is dit ‘n ongelooflike geleentheid. “Ek sien baie uit daarna om in Italië te kan gaan speel. "Dit is lekker om al die verskillende mense uit verskillende lande, met ander tale en kulture te ontmoet,” sê hy. John, wat ook in sy skool se hokkie- en krieketspan speel en intussen eers druk besig is om eksamen te skryf, het al geleer om al sy aktiwiteite en oefentye te balanseer.

Weltevrede:

NUUS • NEWS

28 Junie 2017

Jevan August graad 12 leerder en kaptein van Weltevrede Skool is opgeneem in die Boland Cravenweekspan wat vanaf 17-22 Julie gaan deelneem by St.Stithians College in Johannesburg. Hierdie speler was verlede jaar deel van die Akademiespan en sy harde werk aan die begin van die jaar het hom n plek binne die Cravenweekspan besorg.

Uitslae en bepalings R��������� RUGBY BOLAND Groot uitdaagreeks : Witsentraal Newtons 38, Delicious 29; Bella Vista 30, Ceres 28; Roses United 24, Hillcrest United 11, Hamlet 40, Wolseley 31

GHOLF Wellington (72) Ongelyke-samespel-stableford: G Saayman

& L Martin 61, C Ross & J Riverland 60, G van der Mewe & T Heydenrych 60

Hillcrest United Fixtures: 1 July 8 July 15 July 22 July 29 July 5 Aug 12 Aug 19 Aug

- Hillies vs Wolseley (Home) - Tulbagh vs Hillies (Away) - Hillies vs Hamlet (Home) - Bye - Ceres vs Hillies (Away) - Quarter Finals: Top 8 - Semi Finals: Top 8 - Finals: Top 8

Rally in the valley

“Ons probeer om alles so te reël dat niks bots nie en dat hy aan al die gewone dinge wat sy maats doen ook kan deelneem,” sê sy ma, Yvonne. Wanneer al die ander kinders binnekort skoolvakansie hou, sal hierdie blink plaaslike tennisster egter op ‘n vliegtuig op pad na Italië wees om ons land te gaan verteenwoordig. “Daar is nog ‘n bietjie meer as twee weke voor ek gaan. Ek is baie opgewonde,” sê hy.

Icy cold and thankfully wet conditions in the Western Cape sets the scene for the fourth round of the Western Cape special stage Rally Championship and what a privilege it would be to arrive in the Swartland on Saturday 1 July 2017 with snow capped tips of the Witzenberg Mountains on the horizon and the knowledge that all of that beauty will be contributing towards raising the levels of our water reservoirs. Given the amount of late nights most teams have been putting in preparing for the second half of the regional championship the action on the eight special stages holds great promise for the spectators, but expect it to be rather chilly whilst completing documentation (07h30) and scrutineering (07h45) at the Meiring Primary School before heading into the pre-start holding area. At 10:00 the first of the 23 entries will start the 270km event and having completed the 8 special stages totalling 108km the first car is expected at the rather strangely named, Die Bruid die Pixie en die Vaalhond, finish venue in Riebeek-Kasteel at 16:20. Though starting positions are determined by the drivers seeding list one would be inclined to immediately start the four 4x4 vehicles entered at the top of the starting sequence as they would almost certainly prove dominant should wet conditions prevail. The question is which one? Father and son Peiser, John and Weston, have had a pretty miserable season to date and there is little doubt that they would like to see their 2015 championship winning Speed Pro Cycling Equipment 425 S5 WPMC Subaru Impreza GT 4x4 Turbo 2.0 back on form in what will undoubtedly prove to be a pretty level playing field as this area have not been used for rallying during the last decade. Shaun Jones and Craig Gray won the 2016

WP rally Champiosnhip in their ex-Klaasen 424 S5 CPMCC Subaru Impreza WRX STi 2.0 Turbo 4x4 and know only one way to rally – the Colin McRae way! When in doubt go flatout! Add Swakopmund ace, Oswaldo Mendes, to the trio in his Sky-way 129 S5 WBMK Subaru Impreza WRX Sti 2.0 4x4 and the scene is set for quite a showdown as the Namibians are not familiar with wet conditions and it would simply not make any difference to his attacking driving style. He cannot scare his navigator as he is already known as the Silver Fox and Derek Jacobs would dearly like to win this event in his quest for points. Winston Neethling and Lyle Marais have enough time to prepare their ex-Hannes Grobler Howard Centre Motors 428 S5 CCMCC Nissan Sentra 4x4 2.0 for each event and though this may be seen as historic compared to the Turbo Scoobies they can never be written off should the roads prove wet and muddy. Possible the only valid excuse to not bring their recently acquired ex-Hannes Grobler S4 Nissan Skyline 3.1 to Riebeek Kasteel. The fact that Mike Nathan have actually entered could be seen as reason to expect lashing storms in the Swartland but with Clint Lingeveldt navigating the old age is restricted to the drivers side and the always impressive ex- Fernando Rueda S5 CCMCC Mitsubishi Lancer Evo 9 4x4 Turbo could well prove to be the surprise threat in the final result. Sunrise expected to be 07:48 and sunset at 17h45 with Saturday ranging between 10ºC to 14ºC in cloudy conditions and a 2m/s South South Westerly turning to 3m/s Southerly in the afternoon. Some 7.6mm rain is expected on Wednesday, 15mm on Friday and 2.5mm very early on Saturday morning.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
426 die courant wellington res by DieCourant - Issuu