courant
1 Wellington
dié
21 Junie 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
21 Junie 2017
Uitgawe 425
•SKOOL VEREER VIR HARDE WERK
Suksesresep van St. Albans Primêr •Jaomi Zeeman Die Pauw Gedenk Primêre Skool het onlangs ‘n gesogte toekenning ontvang. Hulle is deur die Click Foundation as die skool in die Kaapse Wynland wat die beste presteer aangewys. Volgens die skoolhoof, Julius Williams, bars hy van trots oor hierdie toekenning. “Dit is vir ons ‘n ongelooflike eer om hierdie toekenning te ontvang. Om uit 27 deelnemende skole in die hele Wes-Kaap as die beste een aangewys te word, is geen geringe prestasie nie,” sê hy. Die Click Foundation is ‘n organisasie wat hom vir opvoeding deur tegnologie beywer. Pauw Gedenk Primêr is in 2015 as een van 27 skole in die Wes-Kaap deur hierdie organisasie geïdentifiseer om aan hulle “Reading Eggs”-program deel te neem. Hierdie program voorsien skole van die nodige sagteware vir hul rekenaarlokaal wat die bevordering van moedertaalonderrig ten doel het. “Ons skool probeer met die bronne tot ons beskikking om regtig by te bly in hierdie tegnologiese eeu. Ons het ‘n volledige rekenaarlokaal en met skenkings wat ons van ons raadslid ontvang, koop ons elke jaar ‘n interaktiewe witbord vir een van ons klaskamers. "Ons is in 2015 deur ons skool se kringbestuurder vir deelname aan die Click Foundation se 'Reading Eggs'-program genomineer en ons het die geleentheid met opgewondenheid aangegryp,” vertel Williams. Volgens Williams is die Click Foundation se leuse, “Innovative education through technology”, in lyn met wat Pauw Gedenk vir die opvoedingsgeleenthedeleerders van sy eie leerders ten doel gestel het. “Die sagteware wat ons van die organisasie ontvang word deur ‘n fassiliteerder, wat ook deur hulle voorsien word, in ons skool onderrig en aangebied. "In die praktyk beteken dit dat elke kind twee keer per week vir ‘n uur lank die kans kry om ‘n program te volg wat sy of haar moedertaalontwikkeling bevorder,” verduidelik hy. Die program is ook van só ‘n aard dat elke
Duisende macramé eersdaags op rakke
Claressa Jooste (Click Foundation), Ashanty Albertus (skool fassiliteerder) en die trotse skoolhoof, Julius Williams. kind weekliks individueel en op hul eie vlak, teen hul eie pas met die program kan voortgaan. Dit bring mee dat elke kind se vordering individueel gemeet word en op ‘n databasis van die skool, sowel as die Click Foundation gemonitor kan word. Van al die skole in Wes-Kaap wat aan hierdie program deelneem, is Pauw Gedenk Primêr nou as die skool met die mees suksesvolle prestasierekord hierin bekroon. “Ons is regtig baie dankbaar vir die geleenthede wat hierdie program by ons skool aan ons leerders bied. "Daar was, sedert die implementering daarvan, ‘n dramatiese verandering en verbetering ten opsigte van tale en die versterking van die kinders se huistaal. Ons onderwysers se terug-
Poole bemagtig jeug
voer is baie positief en ons uitslae het beduidende verbeterings getoon,” sê Williams. Hy is ook baie dankbaar vir die insette van Ashanty Albertus wat die program by die skool fassiliteer. “Haar toewyding en entoesiasme is die groot rede waarom ons skool so goed presteer het,” sê hy. Oor hul toekomsplanne is Williams baie seker: “Ons gaan nog ‘n lang pad stap met hierdie program en die Click Foundation. "Dit is ons grootste wens om kinders wat bemagtig is en gereed is om ‘n verskil en positiewe bydrae in die gemeenskap te maak by Pauw Gedenk se deure uit te stuur. "Hierdie toekenning is ‘n tree in die regte rigting – nou gaan ons daarop voortbou.”
Serfontein swaai septer by NIAA
NUUS • NEWS
2
21 Junie 2017
CD sien lig op Wellington
Koos van der Merwe in ligte luim saam met die Wellingtonners Charl en Christene Marais en Umari en Devi Lategan.
“Hierdie liedjies en hierdie CD word vanaand vir die heel eerste keer in die geskiedenis, vir die eerste keer in die heelal, op Wellington bekendgestel.” Dít was die woorde van die bekende sanger, liedjieskrywer en skrywer, Koos van der Merwe, tydens die bekendstelling van sy nuwe CD in die Bôrdienghuis-teater die afgelope naweek. Van der Merwe, ‘n teoloog wat destyds met sy geestelike trefferlied “Houtkruis” bekendheid verwerf het, het homself intussen ook as rubriekskrywer, digter en kontemporêre musikant gevestig. Hy het onlangs veral aandag getrek met sy vertalings van die werk van Leonard Cohen en Bob Dylan. Sy nuwe Afrikaanse CD, “Droom, Martha, Droom”, is Vrydagaand vir die heel eerste keer in ‘n stampvol Bôrdienghuis-teater bekendgestel. Van der Merwe se besadigde aanslag, Europese inslag, fyn waarneming, slag met woorde en Afrikaanse hart, vervleg op sy nuwe CD tot ‘n unieke produk. Die melancholiese trant van die meeste liedjies op die nuwe CD, is kenmerkend Koos van der Merwe. Die lirieke van een van sy oorspronklike nuwe treffers, is tekenend hiervan: “Tyd se kring moet jy verstaan. Die wysers tik, die ure slaan. Middernag kom altyd aan, voor jy weet is tyd gedaan. Maar al wat oorbly, is die nou. Hier ken jy my, hier ken ek jou. Die gras verwelk die dag verby, die damp waarin ons lief kan kry.”
NUUS • NEWS
•BURGEMEESTER MOTIVEER
Poole bemagtig met sterk woorde
Al die betrokkenes by die Jeugdag-vieringe in Wyk 10 op die Pelikaanstraat sportterrein. Bo is Christie Abrahams, past. Baardman, Jocelyn Legolie, past. Abrahams, Amanda Mitchell, Ulrich Lottering van “Networking for Christ”, raadslid Christphine Kearns, Donavan August, Lauren Hendricks, Grant Williams, Bennie Boltman, past. Freddie Green en William Kearns.
Burgemeester Conrad Poole lewer sy kragtige toespraak tydens die Jeugdag-vieringe by Wellington Primêr. Verskillende rolspelers, raadslede en gemeenskapleiers het gesorg dat Wellingtonners Jeugdag behoorlik op Vrydag 16 Junie gevier het. Van die grootste vieringe het in Wyk 29 en Wyk 10 plaasgevind. Wyk 10 se vieringe het by die sportterrein in Pelikaanstraat plaasgevind en is in samewerking met verskillende kerkgroepe in die gemeenskap aangepak. “Ons fokus op ‘n Christelike viering van hierdie belangrike dag,” het raadslid Christephine Kearns van Wyk 10 gesê. Sy het, in samewerking met pastore Eben Maurice, Gerald Abrahams, Abraham Baardman, pastoor Lester en pastoor Freddie Green, ‘n heerlike dag vol aktiwiteite by die Pelikaanstraat-sportvelde georganiseer. Hulle het ook die hulp en ondersteuning van “Networking for Christ” gehad. Ulrich Lottering, ‘n verteenwoordiger van hierdie organisasie het namens “Networking for Christ” 350 Bybels beskikbaar gestel om gedurende Jeugdag aan die plaaslike jeug te versprei. Ander aktiwiteite wat ook in Wyk 10 plaasgevind het, sluit samesang, ‘n verskeidenheid speletjies, ‘n heerlike middagete en die uitdeel van pryse en medaljes aan die wenners van die verskeie aktiwiteite in. Wyk 29 se raadslede het ‘n groot byeenkoms by die sportvelde van Wellington Primêr vir Jeugdag gereël. Een van die hooforganiseerders, Avron Appollis, het die byeenkoms as ‘n “groot sukses” bestempel. Avron, wat ook namens die gemeenskapsinisiatief “Breaking Barriers” optree, sê dat hul hoofdoel met die aktiwiteite tydens Jeugdag die bemagtiging van jongmense behels. “Ons raadslede en die mense by 'Breaking
Barriers' wéét dat ons toekoms in ons jeug se hande lê. As ons in hulle belê, belê ons dus op die regte plek vir ons land se toekoms. Daar is soveel potensiaal in jongmense – hulle sien dit soms self net nie raak nie,” het hy gesê. Die aktiwiteite het ‘n optrede deur die nuwe rymklets-sensasie, Chazer (Rupert Makka), heerlike eetgoed, sowel as verskeie rugby- en netbalwedstryde ingesluit. Daar was verskeie trofeë vir die wenspanne op die spel. Die burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, Conrad Poole, het in sy openingstoespraak by Appollis se visie aangesluit. “Soos die jeug van 1976, wat gesê het ‘genoeg is genoeg’, moet ons jeug ook vandag geleenthede gaan soek om dinge beter te maak,” het hy gesê. Hy het beklemtoon dat die verantwoordelikheid vir die skep van nuwe geleenthede en die aangryp van kanse, in die jeug se eie hande lê. “Ek glo nie vir een oomblik dat die jeug van 1976 destyds al daardie moeite gedoen het vir ‘n gemeenskap waar kinders tik gebruik, op die strate sit, uit die skool dros en nie hoop of ambisie het nie. "Tog is dít die dinge wat ons elke dag rondom ons in ons gemeenskappe sien. Dit is weer tyd dat die jongmense opstaan en sê: genoeg is genoeg!” het Poole gesê. Volgens hom is verandering en transformasie moontlik, maar net as die jeug die geleenthede en platforms wat tot hul beskikking is, ten volle begin benut. “Die toekoms is in julle hande. Niemand skuld die jeug enigiets nie. Die geleenthede is daar buite. Die potensiaal lê in julle. Julle moet dit net raaksien en gaan haal,” het hy afgesluit.
NUUS • NEWS
3
21 Junie 2017
•NUWE GIER VAT POS
Duisende macramé eersdaags te koop Jeugdag:
Young Stars Entertainers het Vrydag 'n pretloop by die St. Albans Primêr aangebied ter viering van Jeugdag. Volgens die organiseerders was die dag 'n reuse-sukses, grotendeels weens die jongmense se geesdrif. Elke deelnemer het ook na afloop van die pretloop 'n medalje ter nagedagtenis ontvang.
•DIEN AS HOOFBEOORDELAAR
Serfontein swaai septer by NIAA Die plaaslike lektor, sanger en musikant André Serfontein, was onlangs vir ‘n maand lank die hoofbeoordelaar by ‘n internasionale eisteddfod. Die eisteddfod van die National Institute for the Applied Arts (NIAA) wat jaarliks in Zimbabwe gehou word, is die grootste eisteddfod in Afrika. Volgens André was dit vir hom ‘n ongelooflike voorreg om die hoofbeoordelaar by die 21ste eisteddfod van hierdie aard te wees. “Die eisteddfod trek ongeveer 2000 musiekleerlinge oor die hele Zimbabwe en sluit, behalwe al die solo-items, ook ongeveer 60 kore en 20 jeugorkeste in,” vertel hy. Voordat hierdie groot groep leerlinge vir die eisteddfod in Harare kon aanmeld, moes hulle eers aan die streekuitdunne, wat regoor die land gehou is, deelneem en kwalifiseer om na die finaal deur te dring. Die eisteddfod in Harare was ook net vir die musikale items – die spraak-, drama- en dansafdelings, wat net soveel deelnemers lok, sal eers later in die jaar gehou word. Volgens André moes hy die musiek in twee afdelings, naamlik westerse musiek en tradisionele Afrika-musiek, beoordeel. Hy was deel van ‘n beoordelaarspaneel van vier, waarvan die ander drie lede uit ‘n vrou uit die Verenigde Koninkryk, ‘n Italianer en ‘n plaaslike musikus uit Harare, bestaan het. “Ons westerse musiekafdeling is verder in tradisionele klassieke musiek en jazz verdeel. Ek het die hele vokale afdeling alleen beoordeel. Wanneer ons vier beoordelaars wel saam beoordeel het, is dit interessant dat ons punte uit ‘n honderd nooit met meer as vyf punte verskil het nie,” vertel André. Hy het groot lof vir die manier waarop die hele eisteddfod georganiseer en beplan is. “Die eisteddfod word deur die plaaslike besighede en privaat persone ondersteun. Die inskrywingsgeld is belaglik goedkoop – VSA $1 per inskrywing. Alles is dus op ‘n skoenveter beplan, maar daar was geen uiterlike teken daarvan nie. Die sinergie tussen almal was prysenswaardig. Die beoordelaars se vergoeding vergelyk baie
Bo: André Serfontein goed met die honorariums van ander vastelande vir soortgelyke werk,” sê hy. "Die standaard van die solosang en vokale ensembles was ook ongelooflik hoog." André kon gelukkig ook tyd afknyp om die stad te verken en meer oor die land te wete te kom. “Harare is ‘n pragtige stad! Ek was in die reënseisoen daar en die koraalbome was in volle blom. Die stad is ook oorlaai met jakarandabome en daar word na die stad as The Garden City verwys. Oral in die oop ruimtes is daar mielies geplant wat nogal ‘n interessante dinamiek tot die stad voeg,” vertel hy. Die netjiese leerders met hul baie netjiese skooldrag en onberispelike maniere was vir hom ‘n verrassing. Ten spyte van die lang ure van beoordeling (08:30 tot 19:00), was dit vir hierdie bekroonde Wellingtonse musikant ‘n ongelooflike ervaring. “Ek is teruggenooi vir die 2019-eisteddfod en ek sal beslis weer daar gaan beoordeel. Die media voer ‘n mens soms sulke wanvoorstelle – natuurlik oor die RSA ook – dat ek vantevore enige uitnodiging om in die land op te tree, van die hand gewys het. Hoe verkeerd kan ‘n mens nie wees nie,” som hy sy ervaring op.
BELANGRIKE KENNISGEWING UITNODIGING VIR BEFONDSINGSAANSOEKE VIR DIE 2018/2019-BOEKJAAR EN DAARNA Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling nooi NWO’s en ander kwalifiserende organisasies uit om befondsingsaansoeke in te dien om sekere maatskaplike welsyn en/of gemeenskapsontwikkelingsdienste namens die Departement te verskaf. Dit sluit ook organisasies, residensiële en nie-residensiële fasiliteite in wat huidiglik befonds word. Alle tersaaklike inligting is aanlyn beskikbaar by www.westerncape.gov.za/social-development/CFP. Dit staan u ook vry om die Departement se tolvry nommer, 0800 220 250, te skakel. Die sluitingsdatum vir voorleggings van befondsingsaansoeke is 31 Julie 2017 om 16h00.
Anne-Ghrett Erasmus, Christeline Karelse, Maryna Williams, Liddihanna September, Zeaneth Smith, Juanita Jacobs, Robin Karelse en Eliza Beukes. Die plaaslike Mzansi-makers het verlede week in alle erns met die maak van duisende macramé-produkte begin. Die groep bestaan uit plaaslike vroue wat deur Anne-Ghrett Erasmus in die kuns van macramé opgelei word. Hulle moet binne die volgende maand of wat meer as 3000 macramé-potplanthouers vir ‘n groot winkelgroep vleg. Die vroue, wat almal voorheen werkloos was en onlangs eers die macramé-kuns bemeester het, is almal baie opgewonde oor die uitdaging om soveel produkte binne die volgende twee maande te maak. “Ons voel regtig bevoorreg om hierdie geleentheid te kry. Dit is ‘n groot eer dat ons deel van hierdie span kan wees en hierdie nuwe goed kan leer om ook ‘n inkomste te verdien. Dit is iets wat ons nie voorheen geken het nie,” sê 'n spanlid. Die Mzansi-span se werksaamhede het met
die aflewering van meer as R65 000 se tou afgeskop. Hierdie oorweldigende hoeveelheid tou hou vir dié ywerige vroue egter geen bedreiging in nie. “Ag nee wat, ons werk dit sommer gou weg,” lag hulle. Volgens Erasmus, wat die projek lei en vir die produksie van die macramé-items verantwoordelik is, sal die span vroue vir die volgende paar weke elke dag voldag werk om die bestelling te voltooi. “Ons skedule is so uitgewerk dat ons betyds met die produkte sal klaar wees. As ons elke dag die minimum aantal items kan klaarmaak, sal ons dit maklik regkry,” sê sy. Intussen maak hierdie vroue daagliks duisende knope om ‘n inkomste te verdien – iets waarop hulle ook baie trots is. “Dit sal baie lekker wees om binnekort in ‘n winkel te stap en vir my kinders te sê: ‘Kyk daar, Mammie het daardie gemaak’,” sê een van hulle.
courant
dié
4
21 Junie 2017
Prysenswaardig
NUUS • NEWS
Vakansiepret vir jongspan
Pryse, of om geprys te word, is vir baie mense baie belangrik. Miskien is daar ‘n saak te maak vir die waarde van erkenning, die behoefte om raakgesien te word en om te voel dat jy goed genoeg is. Dalk is dit deel van elke mens se DNS om op een of ander manier gehuldig te word. Die moontlikheid van ‘n klop op die skouer is altemit die wortel voor vele mense se neuse – die ding wat hulle aan die gang hou. Ons deel graag sterretjies, sertifikate, medaljes, trofeë, balkies, wimpels, toekennings, erekleure en bekers uit. Rooi tapyte word uitgerol, funksies word gereël, borge word nader gehark, logistiek en kriteria in detail verfyn. In Wellington is daar definitief nie ‘n tekort aan talent en prestasie nie – om die waarheid te sê mag daar miskien eerder ‘n tekort aan uitstalkaste vir al die toekennings en trofeë in die dorp wees. Pauw Gendenk Primêr spog met ‘n nuwe Click Foundation-toekenning as die skool wat die beste in die Wes-Kaap in hul program presteer het. ‘n Plaaslike dosent en musiek-ghoeroe, André Serfontein, is beloon met die eer om ‘n internasionale eisteddfod te beoordeel – ‘n plek waar hý weer toekennings moes uitdeel. Die Wamakersvallei-opleidingsentrum het hul suksesvolle studente met diplomas en toekennings beloon. John Coetzee is, as die beste tennisspeler in sy ouderdomsgroep in die land, met sy verkiesing om in Italië te gaan speel beloon. Die dames wat hulself bemagtig het deur die kuns van macramé te bemeester, is met ‘n kontrak en bestelling van duisende items beloon. Die plaaslike lys van prestasies en toekennings is baie lank. Tog is daar baie mense in ons dorp wat die grootste medaljes of trofeë verdien, maar dit nooit kry nie. Elkeen wat elke dag sonder vervoer by die werk moet kom, wat ons dorp beveilig en skoon hou, wat ons weerloses versorg, wat ons kinders opvoed, wat skoon wasgoed en heerlike kos uit die niet kan optower en wat omgee sonder om te oordeel verdien ‘n toekenning. Mag almal wat uitstyg en almal wat die onsigbare netwerk vorm wat dit moontlik maak, hierdie week belonings vind op plekke waar hulle dit nie verwag het nie.
Dis Goeie Nuus
Kinders gaan tydens die program onder andere die kuns van pizza maak en skermdrukkuns leer bemeester.
Dr. Andrew Bosman
Geen ander naam
In die boek Handelinge van die Heilige Gees met die apostels, is Petrus en die ander apostels besig om met die volk te spreek, na die genesing van ‘n kreupel man. Terwyl hulle besig is het die hoofman van die tempel en die priesters en die Sadduseërs op hulle afgekom, en baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesus die opstanding uit die dood verkondig. Hulle het die apostels gevra deur watter mag en deur watter naam hulle dit gedoen het. Petrus het hulle geantwoord, vervuld met die Heilige Gees, dat as ons vandag ondervra word oor ‘n weldaad aan ‘n kreupel man waardeur hy gesond geword het, laat dit aan almal en aan die hele volk van Israel bekend wees, dat in die Naam van Jesus Christus, die Nasarener, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan. Die man wat gesond geword het was meer as veertig jaar oud. Daar is geen ander naam in die hemel of op aarde gegee waardeur ons gered kan word nie.
Die wintervakansie lê om die draai en menige ouer sit met hul hande in die hare oor hoe om hul kinders in hierdie tyd besig te hou. ‘n Heerlike vakansieprogram deur die Breytenbach-sentrum en Wellington-biblioteek is moontlik die antwoord op hierdie probleem. Volgens Francois Lötter, bestuurder van die Breytenbach-sentrum, sal die vakansieprogram kinders speel-speel kreatief en konstruktief laat besig wees. “Die uitgebreide program wat van 3 tot 7 Julie by die Breytenbach-sentrum aangebied word, sluit ‘n verskeidenheid kreatiewe en opvoedkundige aktiwiteite vir kinders in,” sê hy. Die aktiwiteite skop af met storie-feetjies wat stories en rympies voorlees, speletjies met die kinders speel, inkleuraktiwiteite doen, ‘n skat-
tejag aanbied en ‘n hele paar ander verrassings het. Deur die loop van die week kan kinders ook kunsvlytitems uit afvalmateriaal maak, kunswerke op skilderdoeke skep, leer om syskermdrukwerk te doen, ‘n lekker fliek kyk, ‘n poppekasvertoning geniet en heerlike pizzas maak – alles deurvleg met die mooiste stories. Die meeste van die aktiwiteite is gratis (‘n paar kos R30 of R50) en vind by die Breytenbachsentrum of Wellington-biblioteek plaas. ‘n Volledige program is by die Breytenbachsentrum en biblioteek beskikbaar. Besprekings is noodsaaklik. Vir meer inligting of besprekings kan belangstellendes die Breytenbach-sentrum by 021 873 2786 of die Wellington-biblioteek by 021 807 6298 kontak.
Wellington’s amazing aspirant magicians graduate Wellington can now proudly claim 21 aspirant young magicians as part of their town’s population as the youngsters graduated with flying colours from the College of Magic Juggling and Cards Skills course at an intimate awards ceremony held at St Alban’s School on Monday 12 June 2017. The Juggling and Cards Skills Course, a sixweek training programme which ran from Monday 8th May to Monday 12 June 2017 at the St Alban’s School in wonderful Wellington, forms part of the College of Magic’s Hope in Flight rural community project, and is funded by the National Lotteries Commission (NLC). It’s been six weeks since the aspirant performers first picked up a deck of cards and juggling balls set and already their co-ordination skills and improved interpersonal skills have impressed their course instructor and programme coordinator, Olwethu Dyantyi. A renowned South African magician and the face of world-famous beverage brand Coca Cola’s global relaunch campaign, Dyantyi is ecstatic with his Wellington students ‘progress: “Teaching juggling and card skills to learners with no previous experience in magic was an exciting challenge for me. “To see how far they have come in just six weeks, and the confidence they have in their own skills has been very rewarding. I am so proud to have been a part of their introduction to the world of magic”. Two students who have mastered the gravity defying tricks of juggling and quick-fingered dexterity of card magic are eleven-year-old swimming enthusiast Jecado Meyer and his classmate Marquin Karelse, a twelve-year-old cyclist. The mischievous twosome dazzled their examiners and fellow young wizards during their final evaluation by performing their favourite card effect that they’d been taught during the course and juggling as many balls as they could. Having passed with flying wizardry colours, the dynamic duo proudly accepted their certificates at their graduation ceremony, with their happy family members and school teachers looking on. “It’s been amazing learning these cool card
Magic in the Wellington Community! 21 of Wellington's wonderful aspirant magicians graduated from the College of Magic's Juggling and Cards Skills course on Monday 12 June, 2017. Seen here, from left to right are: Due-Lynn de Vries, Shanton Fritz,Nolan Jacobs, Ju-hain Williams, Jecado Meyer, Marquin Karelse, Brady Louw, Ray-Luther Apollis, Junaith Jacobs, Anele Dyasi, Zaylin Jonkers, Fireldo Jacobs, Alex-Zay Jonkers, Ashwill Alexander, Asiphe Mnqika, ,Deago van Wyk, Wayde Davids, Marvon de Vries, Leanzo Byron, Mr Apollis (teacher) and College of Magic rural programme coordinator Olwethu Dyantyi. Image by the College of Magic tricks and juggling routines but our course went by so quickly! We’d love to attend the College of Magic in Cape Town to learn more about the incredible art of magic” said the excited new graduates. The College of Magic, now in its 37th year of teaching the magic theatrical performing arts and its allied arts (including juggling, puppetry, mime and clowning), with a social and life- skills component to children and adults, is a nonprofit organisation, based in Cape Town, and the only one of its kind in the world. The Juggling and Card Skills course forms part of the College of Magic’s community training programme, the Hope in Flight project, funded with a grant of R500 000 from the National Lotteries Commission (NLC) which supports disadvantaged students.
The ‘Hope in Flight’ community programme is an extension of the College’s successful Magic in the Community programme, which provides young people from poor communities with the opportunity to participate in an innovative performing arts training and development programme and promote a platform for the understanding and affirmation of South Africa’s cultural diversity. The College of Magic is thrilled with the programme’s success: “Rolling out the Juggling and Cards Skills course to the Wellington community has been such an incredible experience for our instructors. Seeing the learners’ enthusiasm for learning and the realisation of dreams for a better future for these youngsters has inspired us to share the wonder of magic all over the Western Cape” says
David Gore, director of the College of Magic. The NLC relies on funds from the proceeds of the National Lottery. The Lotteries Act guides the way in which NLC funding may be allocated. The intention of NLC funding is to make a difference to the lives of all South Africans, especially those more vulnerable and to improve the sustainability of the beneficiary organisations. Available funds are distributed to registered and qualifying non-profit organisations in the fields of charities; arts, culture and national heritage; and sport and recreation. By placing its emphasis on areas of greatest need and potential, the NLC contributes to South Africa’s development. For more information about the College of Magic and its social outreach initiatives, please visit www.collegeofmagic.com.
NUUS • NEWS
5
21 Junie 2017
Also at
59 68 69
57
BUY ALL FOR
R
R
R
SAVE R19
Mrs H.S. Ball’s Chutney 470g, All Gold Tomato Sauce 700ml or Crosse & Blackwell Mayonnaise Assorted 730-780g
R
99
SAVE R16
Omo Auto Washing Powder 3kg Flexi Bag, Liquid Detergent 900ml or Capsules 21s Each
Parmalat EverFresh Long Life Milk 6 x 1 Litre Assorted Per Pack
Nescafé Ricoffy 750g
BIRTHDAY PROMOTION THIS SUPERMARKET BRINGS YOU MORE DEALS* THAN ANY OTHER
R
59
R
66 Per kg
Per kg
PnP Bulk Farmstyle Boerewors
PnP Pork Pack
15
BUY ANY 4 FOR
R
NOW ON
R
Knorr Soup Assorted 50-54g
R
55
R
BUY 5 FOR
no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 2kg
no nameTM Light Meat Shredded Tuna in Salt Water 170g
33
49
99
WAS R130
R
Crown Blended Cooking Oil 2 Litre
WAS R134
R
129
105
SAVE R25
Namaqua Sweet Rosé or Sweet White 5 Litre Each
SAVE R5
Buy a Windhoek Draught 12 x 440ml Non-returnable Bottles or Cans and Get 6 x 440ml Tafel Lager Cans FREE
WAS R199.99
R
R
167
Huggies Gold for Boys or Girls Assorted Jumbo Pack Per Pack
90
33
BUY ANY 3 FOR
R
Cadbury Chocolate Assorted 80g Slab
R
24
Liqui Fruit 100% Fruit Juice 2 Litre
179
SAVE R20.99
99
Johnnie Walker Red Label Blended Scotch Whisky 750ml (Exclusive Pack)
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. * When compared to a 13 week advertising track of deals in your region. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za
Prices Valid 22 - 25 June 2017 At Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape
PERSONALISED DISCOUNTS ON WHAT YOU BUY MOST. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.
MMWCHS1544
6
NUUS • NEWS
21 Junie 2017
Talle studente vereer
Elsabé Lindtberg saam met die top-studente in die verskillende kursusse: Natalia Albertus (kindersorg), Venetia Morilly (tuisversorging en Student van die Jaar) en Jessie Jonathan (kookkuns).
Camaign to curb measles Western Cape Government Health will embark on measles campaign as part of the world wide efforts to eradicate this debilitating illness. The campaign will run from 12 – 30 June 2017 and is aimed at all children less than 5 years old even if your child’s immunisations are up to date. The best manner in which to eradicate an infectious illness is to make sure that between 93 and 100% of people have immunity. This is known as herd immunity, and works by ensuring that when an illness is released into a community, those people who are exposed are protected. This is because a large number of immunised individuals act as a collective group preventing an illness from spreading. The various immunisations campaigns usually form part of a world-wide initiative to help eradicate an illness. The secret to the success of any campaign is excellent team work between parents /caregivers and local clinics or health services. A campaign offers parents an opportunity to, with minimum effort, ensure that their child forms part of the world wild eradication of measles. A consent form will be sent home with your child; parents need to sign and return the form to the school. Those parents who wish to can visit their local clinic or private child care provider. *Remember: Even if your child was vacci-
nated during the February – March prevention campaign, they should receive a booster shot during this campaign. The measles vaccine is very safe; it is made of inactive virus and other than some children experiencing mild symptoms, has no side effects. The professional health teams that will be visiting crèches and preschools can only vaccinate those children whose parents have given consent. Some quick facts: • Speedy response to a measles outbreak in Stellenbosch in February of this year ensured that only 29 cases were confirmed in the Western Cape. This is a huge improvement compared to well over 18 000 cases reported during the 2008 outbreak. • It takes only one infected child or person in a community to infect a whole bunch of other people – this is because everybody’s immune system fluctuates. Sometimes we are more vulnerable than at other times. • Making sure that your child is protected means that even if he or she is in contact with an infected person, he will probably not contract the illness. In the event that someone who has been vaccinated contracts measles, it will be a much milder form, sometimes presenting with no more than a headache or mild fever. Be part of the efforts to eradicate measles, vaccinate your kiddie under 5 years old.
The Western Province Blood Transfusion Service (WPBTS) celebrated World Blood Donor Day with various other countries on 14 June. This celebration served to raise awareness of the need for safe blood and blood products, as well as thank donors for their remarkable life-saving gift. The focus of 2017’s World Blood Donor Day is blood donation in emergencies. In crises or emergency situations, the immediate response is “What can I do?”. Therefore the secondary message of the campaign is to “Give blood. Give now. Give often.” This underlines the role every person plays in assisting during an emergency situation, as well as the fact that regular blood donation is important. That is why WPBTS is taking this opportunity to launch its very own App. This app allows donors to easily find their nearest clinic and indicates which blood groups are urgently needed. It is the first app of its kind in South Africa. Statistics reveal that less than 1.5% of the Western Cape population regularly donates blood, while up to 75% of people in the province will require blood at some point in their lives. New, regular donors are always needed. Therefore a system needed to be put in place to make locating a blood donor clinic easier. The solution, borne through a partnership between WPBTS, NXT Digital Innovation and Tracker, was the creation of the WP Blood APP, that provides registered users with real time information. The app indicates what blood type is in short supply and directs donors to their nearest mobile or static blood donation clinics. The app also tracks the users’ donation pattern
and empowers the users to inform friends and family of any shortages and encourage them to donate. “The WP Blood APP is the first app of its kind in South Africa, so we are very excited about this new development and its life-saving potential,” says Marlize van der Merwe, WPBTS Spokesperson. “It will make locating a clinic easier for our donors and the app enables us to communicate to our donors on another platform.” “The launch of this important app could not be more timeous, considering that winter is when we typically see a significant drop in blood donations.” WP Blood is available for free download on iOS and Android app stores. While donors from all blood groups and communities are important, there is a particular need for donors with blood types O to donate regularly as stocks of these are more vulnerable to shortfalls. There is also a need for more black African people to become blood donors to reflect the ethnic diversity of patients. For more information, SMS “Blood” to 33507 and WPBTS will call you back with information on where to donate. Donors can also call (021) 507 6300, e-mail info@wpbts.org.za or visit www.wpblood.org.za. Like us on Facebook (WP Blood) or follow us on Twitter (@WPBlood) and/ or Instagram (WP_Blood) for interesting facts and blood stock updates.
App to help blood donors Die studente wat diplomas vir tuisversorging ontvang het, het almal ‘n kersie aangesteek en ‘n eed afgelê. Die plaaslike Wamakersvallei-opleidingsentrum het hul diplomaplegtigheid gehou en ywerige studente vereer. By hierdie geleentheid is die studente wat onlangs hul kursusse suksesvol voltooi het, vereer. Volgens Elsabé Lindtveld, bestuurder van die sentrum, is hierdie geleentheid elke keer ‘n hoogtepunt op hul kalender. “Ons is so trots op elke student wat ‘n kursus by ons voltooi. Ons doel is regtig om mense te bemagtig om ‘n verskil in die gemeenskap te gaan maak – om diensbaar te wees en ‘n positiewe bydrae in die samelewing te lewer. Wanneer hulle hier met hulle sertifikate staan, is dit ‘n teken van hulle volharding en van hulle bereidwilligheid om op te staan vir ‘n beter toekoms,” sê sy. Studente wat die verskillende kursusse voltooi het, het sertifikate ontvang en die top-studente is ook vereer. Hulle het die kursusse wat by die opleidingsentrum aangebied word in kookkuns, kleutersorg en tuisversorging suksesvol voltooi. Die fasiliteerders in hierdie kursusse het die oorhan-
diging van die sertifikate behartig en was baie trots op hul studente. “Hierdie mense het, ten spyte van soms baie moeilike omstandighede, die deursettingsvermoë gehad om nie net die kursus enduit te voltooi nie, maar om dit goed te doen, te presteer en in sommige gevalle bo hul omstandighede uit te styg. "‘n Paar maande terug was party van hierdie studente nog mense sonder ‘n doel. Nou het hulle nie net hul doel gevind nie, maar het hulle ook ‘n nut in die lewe – hulle kan iets in ander mense lewens beteken,” het een van die fasiliteerders gesê. Jessie Jonathan is as die top-student in die Kookkuns-kursus aangewys, Natalia Albertus is die top-student in kleutersorg en Venetia Morrily is as die beste student in tuisversorging bekroon. Venetia het ook die student van die jaar toekenning by die diplomaplegtigheid ontvang. “Dit is vir my ‘n baie groot eer en iets waarvoor ek hard gewerk het. "Ek weet ek kan nou ‘n werk kry om te doen waarvoor ek geroep is, maar vir eers gaan ek my oupa en ouma help versorg,” het sy gesê.
Veevoer gesoek Die Wes-Kaap het ‘n kritiese tekort aan veevoer. Agri Wes-Kaap lewer steeds droogtehulp aan produsente in die Sentraal-Karoo, Weskusdistrik, en aan gebiede in die droogtegeteisterde Eden-distrik. Produsente in die Suid-Kaap het egter ook nou dringend veevoer nodig na honderde hektaar weiding die afgelope week afgebrand het. Geen ruvoer is al vir maande in die provinsie beskikbaar nie. Voorlopige opnames net in die Knysna-omgewing dui daarop dat sowat 1 500 beeste, skape, varke en perde dringend voer moet kry. Heelwat vee het doodgebrand en opnames word tans gedoen om die omvang van die brandskade op plase te bepaal. Agri Wes-Kaap het die afgelope week voerskenkings uit Klipheuwel, Hermon en
Petrusburg in die Vrystaat gekry, wat na Knysna en die droogtegeteisterde Kliprand en Landplaas op die Weskus onderweg is. Voerskenkings is ook uit Richardsbaai, Vryburg, Tulbagh, Velddrif, De Rust, Montagu en die Paarl gemaak en Agri Wes-Kaap benodig dringend kontant om dit te vervoer. Agri Wes-Kaap is ook dankbaar vir Graan Suid Afrika en produsente in die noordelike gebiede van die land wat besig is om te stroop en bereid is om mielies aan die Wes-Kaap te skenk. Agri Wes-Kaap versoek dat enige onderneming of individu wat kontantbydraes tot die AWK Droogtehulpfonds wil maak, die kantoor by 021 860 3804 skakel. Agri Wes-Kaap lewer reeds sedert November 2015 droogtehulp aan produsente.
NUUS • NEWS
7
21 Junie 2017
Dagboek • Calender
Geklassifiseerd • Smalls GELUKWENSING CONGRATULATIONS
CURTIS-ROSS LE CORDEUR - Baie geluk met jou LLB aan UNISA. Oud hoofseun en Dux-leerder van Newton Primêr en Bergrivier Sekondêr. -------------------------
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United RFC Fixtures 24 June - Roses vs Hillies (Pelican Park) 1 July - Hillies vs Wolseley (Home) 8 July - Tulbagh vs Hillies (Away) 15 July - Hillies vs Hamlet (Home) 22 July - Bye 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals: Top 8 12 Aug - Semi Finals: Top 8 19 Aug - Finals: Top 8 For more information, contact Jovan-ré Cupido at 073 296 3575 or jovanrewc@gmail.com Drakenstein Sakekamer 21 Junie: Die Drakenstein Sakekamer hou hulle 70-jarige bestaansvieringe en Algemene jaarvergadering by Rhebokskloof om 18:30 vir 19:00 Vinpro 22 Junie: Vinpro/Winetech Blokkompetisie vir Paarl/Swartland (ingesluit Wellington, Franschhoek, Darling en Tulbagh) se prysuitdeling vind plaas by die plaas Fairview, Malmesbury. Dit begin stiptelik om 09:00 tot 12:30
(middagete). Vir navrae, kontak Hanno van Schalkwyk by 021 276 0432. Evita se Perron 23 Junie: Evita se Perron bied aan Albert Frost om 20:00 en die koste beloop R120 per persoon. Vir verdere navrae, kontak - 022 492 3930 of stuur 'n epos na bookings@evita.co.za Wellington Wyne 26 Junie - 1 Julie: Wellington wyne het hul groot wyn uitverkoping Wellington Huismark 3 tot 6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart-fasiliteite is beskikbaar. Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington-Noord se kerksaal Kontak Melanie by 021 873 1040 met navrae. Breytenbach Sentrum 19 Augustus: Mallies en die Sakemanne - Burgerstraat word aangebied in Die Bordienghuis by die Breytenbach Sentrum. Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Dagboek • Diary Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375.
MATTHEW DE WET. Gelukkige 21ste verjaarsdag op 20 Junie. Geniet dit van u suster in gebed - Lyreece -----------------------------PAPIER met jou "sweet 16th" verjaarsdag op 23 Junie. Geniet jou dag. Van: Mammie, Daddy, Jacquemine en Jaylin ----Happy sweet 16th birthday Jamy-Lee on 23 June. May God bless you for many more years. Love you Bernelee and Chantay -------------------------------
Happy birthday MICKEY. May God bless you with many more years. Enjoy your day with family and friends. Love you - Amanda & Lucian ------------------------------AVIRL WILLEMS. Buurvrou, baie geluk met jou 50ste verjaardag op 21 Junie. Seëninge. Liefde Bettie, Nicolene, Naulene, Sally en baba Ayesha ------------------------------JAY-WILL VAN ROOYEN - 21 Junie. Kyk wie word nege? Geluk met jou verjaarsdag. Geniet jou dag. Van: Ma jou ma en familie --------------------------Boeta, baie geluk met jou 75ste verjaarsdag. Alle mooi wense. Dankie vir alles wat jy vir ons doen. Baie liefde - Adilene, Shaulin, Cleo, Leigh en Mamma Margie --------------------------MARIA MOI - 23 Junie. Lekker verjaar my vrou. God se rykste seën. Lief vir jou - manlief, kinders, kleinkinders en skoondogter ----Dankie Mammie vir alles wat Ma vir ons doen en beteken. Geseënde dag vir Mammie - Ouboet en kinders ---------------------------LEVERNA LEANDER Baie geluk Mammie se prinses met jou tiende verjaardag op 19 Junie. Geniet die dag. Baie
liefde - Mamma, Pappa, Ouma en susters ----Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy 'n geseënde dag hê. Baie lief vir jou. Van Dena, Dad, Ghuwen, Tiaan en Jason -------------------------------Pa en Oupa FRED - 'n geseënde vadersdag daar op Piketberg. Mag God julle ryklik seën die dag. Van Edwaidlin op Calvinia -------------------------------Geluk THURSTON MENTOOR met jou veertiende verjaarsdag. Geniet die dag. Lief vir jou. Van: Mamma, Pappa, Ainslee, Sunay en Nurl -------------------------------Veels geluk met jou verjaardag RUHMIELL wat op 15 Junie was. Mag God jou ryklik seën. Liefde van Dè en Mammie ----To my brother Ruhmiell. A big happy! May God bless you. Lots of love your sister Rudene -------------------------------Baie geluk MARA KRUGER met u verjaarsdag op 25 Junie. Baie liefde Hendrik, Theuns, Cevin, Hanco, Annalie, Lizette, Jana en Michelle, ----Gelukkige verjaardag Mara. Lief vir jou - Ma, Ouma en Skoonma -------------------------------GENEVA - Happy 21st and crown birthday. You are the best friend I could ever ask. Blessings eternally. Love
- Rowena and family -------------------------------MALIKA MITCHELL - Geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën. Van: Chantel November, Mable vor Watshey Terblance en familie -------------------------------SELWYN HENDRICKS - Pa, 'n geseënde Vadersdag. Van u dogter, Selwenice en Ouma Sonia -------------------------------ANNA & JOHANNES 23 Junie 2017 40ste Huweliksherdenking. Sowaar ‘n voorbeeld van tot die dood ons skei. Baie geluk - Kinders & Kleinkinders -------------------------------GLEN LOUBSER - Pa en Oupa Basie Loubser in Hopefield. 'n Geseënde vadersdag. Van: Mammie, Jo-Lin, Samantha en kleinkinders
8
courant
NUUS • NEWS
dié
21 Junie 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
21 Junie 2017
Uitslae en bepalings Results and fixtures RUGBY BOLAND Groot uitdaagreeks : Witsentraal Hamlet 38, Roses United 27; Hillcrest United 26, Bella Vista 18; Ceres 24, Newtons 24; Tulbagh 28, Wolseley 22
GHOLF Wellington (72) Houespel : J van Rensburg 68, R Joshua 65
Hillcrest United Fixtures:
Hillcrest:
Die span van Hillcrest United het Saterdag op Pelikaanpark die span van Bella Vista aangedurf in die Boland-rugbyunie se Grootuitdaag-kompetisie Hillcrest het as die oorwinnaars uit die stryd getree, met 'n eindtelling van 26-18. Foto: Francio Abrahams
24 June 1 July 8 July 15 July 22 July 29 July 5 Aug 12 Aug 19 Aug
- Roses vs Hillies (Pelican Park) - Hillies vs Wolseley (Home) - Tulbagh vs Hillies (Away) - Hillies vs Hamlet (Home) - Bye - Ceres vs Hillies (Away) - Quarter Finals: Top 8 - Semi Finals: Top 8 - Finals: Top 8
•CAPE DUO SKOP AF OP WELBEDACHT
Fietswiele rol oor Boland-roete
Pad- en bergfietsentoesiaste kry met die Cape Duo Challenge van 5 tot 8 Oktober die kans om deel te neem aan ’n eiesoortige wedren wat vanjaar vir die eerste keer ooit aangebied word. ’n Deel van die opbrengs van die wedren - wat in die Wes-Kaap plaasvind - sal geskenk word aan Ground Level Projects, ’n instelling daarop gemik om arm jong kinders in die streek te help. Die Cape Duo Challenge word gekenmerk deur spanne van twee wat verskeie skilderagtige roetes op geteerde paaie, asook bergfietsroetes aanpak. Die wedren begin in die Slanghoekvallei en beweeg deur Welbedacht op Wellington (waar die wynlandgoed van Schalk Burger en sy seuns geleë is) en eindig by die pragtige Rhebokskloofwynplaas in die Paarl. Die wedren kombineer fietsry se twee dissiplines - naamlik dié vir padfietse en dié vir bergfietse - en bring hulle saam om een een-
voudige vraag te beantwoord: wie kan beide dissiplines oorwin en die wedren in die vinnigste tyd voltooi? Die Cape Duo is gemik op middelvlak- tot ervare fietsryers en is die geesteskind van Peter Diesel-Reynolds, Ernst Viljoen and Pieter Joubert, fietsry-entoesiaste wat jare se ondervinding in die korporatiewe wêreld kombineer met ’n liefde vir die sport. “Reg oor die wêreld is daar ’n duidelike verdeling tussen bergfietsrenne en padfietsrenne,” sê Diesel-Reynolds. “Daar is aparte geleenthede vir beide dissiplines, maar nadat ons met ander fietsryers gesels het, het ons die samevoeging van die twee begin oorweeg.” En só is die Cape Duo gebore. Op dag een neem die twee spanlede apart deel - die een doen ’n padwedren oor 40 km en die ander jaer pak ’n uitdagende roete oor 25 km aan. Hierdie twee fases sal die jaers se energie en
ywer beproef op ’n roete wat die deelnemers 800 m bo seevlak lig. Die uitsig oor die Slanghoekvallei - met sy vrugbare grond en waar van die land se beste wyne geproduseer word - kan deur die deelnemers gesien word. Op dag twee lê die spanne saam die roete op die teerpad oor 125 km af. Die oggend van dag drie begin hulle dan die Welvanpas-bergfietsroete met die provinsie se pragtige berge in die agtergrond. Laastens, op dag vier, word geteerde paaie weer aangepak, voordat hulle ’n onverwagse ompad deur die Rhebokskloof-bergfietsroete teëkom, waarna die eindstreep vir hulle wag op die Rhebokskloof-wynplaas. Die Paarlse wynland bied fietsryers pragtige uitsigte oor die provinsie ’n Boete word opgelê vir spanne wat meer as twee minute van mekaar eindig. Fietsry groei in gewildheid met na raming sowat een miljoen ryers in Suid-Afrika alleen. Verdere beramings dui daarop dat ’n hon-
derdduisend van hierdie fietsryers in die volgende drie jaar aan een of ander wedren sal deelneem. “Ten spyte van die groei, stagneer baie van die wedrengeleenthede en bied deelnemers nie meer nuwe uitdagings nie,” sê Joubert. “Ons het besluit dit is die ideale geleentheid om hierdie gaping te vul met iets anders.” Altesame 600 ryers sal aan die geleentheid in Oktober deelneem, met ’n deel van die opbrengs wat geskenk sal word aan Ground Level Projects, ’n instelling gemik op die opheffing van die Wes-Kaap se minderbevoorregte kinders. “Hier is ons kans om nie net fietsryers ’n opwindende nuwe wedren te bied nie, maar ook die geld goed aan te wend,” sê Viljoen. Die eerste Cape Duo Challenge word van 5 tot 8 Oktober aangebied en ruimte is beperk – skryf dus gou in. Die inskrywingsfooi is R9950 per span en inskrywers kan aansoek doen op die Cape Duo webtuiste by: http://capeduo.com/ packages/