Skip to main content

425 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

1Swartland • Bergrivier Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

21 Junie 2017

18%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 425

21 Junie 2017

Stooktyd in die Swartland Die winter het sy kloue in die Swartland en Bergrivier geslaan en talle vind 'n hittetjie teen die koue in 'n glasie wyn, gin of mampoer. John Relihan, eienaar van die plaas Spes Bona in die Riebeeksriviervallei, het onlangs begin witblits stook en ook twee soorte gin en grappa bygevoeg. Hier tap hy sy eie gin uit 'n 400 liter kolomketel binne die kelder op die plaas. Sien die storie op bl.3 • Die Malmesbury-museum bied Dinsdagaand 'n mampoerproeaand aan gepaar met stories van die legendariese Herman Charles Bosman. Vir meer inligting, kontak 022 48 22323.

SWARTLANDSE LANDBOUREUS NOTEER MAANDAG

Kaap Agri na beurs Die groeiende Swartlandse landboumaatskappy, Kaap Agri, sal Maandag amptelik op die hoofbord van die JEB (Johannesburgse effektebeurs) noteer. Volgens die maatskappy se uitvoerende kommunikasiehoof, Johann Engelbrecht, vind die notering só plaas dat "die aandele wat tans op die oor-die-toonbank-register lê, na die JEB-register oorgedra word, en dan op die hoofbord verhandel sal word. "Geen nuwe aandele word met notering uitgereik nie.“ Die oor-die-toonbank-verhandeling is reeds in Mei gestaak in aanloop tot die notering op die effektebeurs. Die laaste prys waarteen ‘n Kaap Agri-aandeel verhandel het, was R55 per aandeel. Die raad van direkteure het vroeër ‘n tussentydse dividend van 29.40 sent per aandeel verklaar vir die halfjaarperiode wat geëindig het op 31 Maart 2017 vir betaling aan aandeelhouers wat op die rekorddatum as aandeelhouers geregistreer was. Engelbrecht verduidelik dat die aandele nog altyd te koop was vir enige koper, tot die mate wat daar ‘n gewillige koper en verkoper was. “Die oor-die-toonbank-aandele was meer illikied (wat nie vereffen is of kan word nie) en die notering op die JEB-hoofbord sal die likiditeit (onmiddellik vereffenbaar, onmiddellik beskikbaar) verbeter.” Hoewel die groep reeds ‘n geruime tyd beplan om die maatskappy op die JEB-hoofbord

te noteer, verduidelik Engelbrecht dat Kaap Agri nog altyd genoteer was, maar net op die meer illikiede oor-die-toonbank-beurs. “Die Raad het ‘n besluit geneem om die likiditeit te verbeter en die besigheid te posisioneer vir die volgende groeifase. Deur op die JEB genoteer te wees, word Kaap Agri aan ‘n groter beleggingsmark blootgestel en kan die Kaap Agri-aandele vir verkryging gebruik word en senior personeel kan behou word deur die aandeleskema.” Kaap Agri spesialiseer in kleinhandel, brandstof en talle verwante landboumarkte. Die groep beplan om die groei van die laaste drie jaar in die komende paar jaar te ewenaar. Kaap Agri het volgens sy jongste winsaankondiging op hul webblad, vir die ses maande tot einde Maart vanjaar sy omset met 13,8% tot R4,497 miljard opgestoot vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Inkomste (direkte transaksies uitgesluit) het met 13,7% tot R3,456 miljard gestyg en wins voor belasting was R200,8 miljoen (12,3% hoër). Maar is dit nou ‘n goeie tyd om te noteer te midde van die land se afgradering tot rommelstatus? “Ons sien baie geleenthede om Kaap Agri binne die huidige omstandighede te laat groei en ons fokus daarop om die verdienste per aandeel oor die langer termyn te laat groei. Oor die langer termyn sal die mark jou vergoed op ‘n aandeelprysvlak as jy jou verdienste per aandeel groei.”

Engelbrecht sê 'n goeie maatskappy oorleef deur aan te hou groei. “Jy kan slegs groei indien jy betekenisvol is vir jou mense, kliënte en gemeenskappe,” voeg hy by. Volgens hom is sakevertroue tans baie laag en beleggings sal dus negatief geraak word te midde van die huidige resessie. “Dit is te danke aan die huidige politiese raamwerk waarbinne die regering verwag dat die sakesektor moet belê. Die regering moet verantwoordelikheid neem vir die huidige situasie in die land.” *Oor die besluit dat die maatskappy se hoofkantoor van Malmesbury na die Paarl verskuif, sê die woordvoerder dat Kaap Agri reeds vir die laaste sewe jaar ‘n "gedeelde hoofkantoor in die Paarl en op Malmesbury en dit sal so bly. “In die mediumtermyn gaan die sukses van die maatskappy baie afhang van die implementering van strategieë rondom verskaffing en logistiek, asook inligtingstegnologie-oplossings. "Hierdie funksies is tans gesetel in die Paarl, wat nader aan die N1 is. Daarom skuif die korporatiewe span na die Paarl ten opsigte van hulle werkadres.” Die maatskappy verwag nie dat die besluit 'n ekonomiese impak op Malmesbury sal hê nie. Tot nou het slegs een gesin aangedui dat hulle Paarl toe verhuis. “Van die 12 persone wat deur die herposisionering van die korporatiewe kantoor geraak word, is nege persone reeds buite Malmesbury woonagtig.”

NUUS • NEWS


2

21 Junie 2017

•PALM TOEKENNING IN

NUUS • NEWS

CP is US se beste hortologie-student

Pannekoek:

Vir talle is die winter en pannekoek sinoniem en was dit juis 'n koue wintersoggend toe die Afrikaanse vermaaklikheidster, Wicus van der Merwe, sy pannekoek vernuf ten toon gestel het. Hy het, saam met M4 Events van Hetta Saunderson, pannekoeke vir die Teater Bystandfonds gebak. Liters van die smullekker mengsel is ook verkoop ten bate van dié fonds. Bo is Theresa van Wyk, Johanna le Roux, Wicus van der Merwe en Hetta Saunderson.

Veterane ploeg weer soos in die dae van ouds

Die Swartland Veteraneklub bied met trots die 12de ploegdag op 22 Julie by die Môreson-plaas op die N7 buite Malmesbury aan. Kom geniet die dag saam met die lede en ervaar toeka tot nou met antieke trekkers en ploeë wat ploeg soos in vervloë dae. Die erfenisgroep gaan 'n uitstalling aanbied met voertuie en toerusting uit die tweede wêreld-oorlog, asook 'n Anglo-Boereoorlog-uitstalling. Tradisionele etes soos afval, waterblom-

metjie- en skaapskenkel-potte sal prut. Ontbytrolletjies, soetgoed en moerkoffie en 'n brood van vier meter sal op die vuur gebak word, saam met kaiings, konfyt en pannekoek, koeksisters, warm poedings en meer. Plaasprodukte en 'n springkasteel sal die kinders vermaak. Boeremusiek sal die hele dag die gemoed lig, met 'n dans Saterdagaand. Kom kyk hoe plaasbotter gemaak word. 'n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Skakel Linda by 084 887 7843 vir meer inligting of om stalletjies te bespreek.

CP van der Merwe van Piketberg is aangewys hortologie-student. CP van der Merwe is vanjaar die ontvanger van die HORTGRO Science/Daan Strydom-toekenning vir die beste student in hortologie aan die Universiteit Stellenbosch. In 2015 het hy as derdejaarstudent ook die Ballie Wahl-toekenning as die beste student in sitrusstudies ontvang, en verlede jaar is sy harde werk met die US Fakulteit Agri-wetenskappe se Peroldmedalje beloon. Van der Merwe het op ‘n plaas buite Piketberg grootgeword, en is sedert sy skooldae reeds ‘n uitblinker. Hy was in matriek onder meer hoofseun en Dux-leerling van die Hoërskool Piketberg. Hy vertel dat hy hortologie begin studeer het juis oor sy liefde vir die plaaslewe en sy nuuskierigheid oor hoe plante groei en hoe hulle gemanipuleer kan word om opbrengs te verbeter. “Ek het hortologie as ‘n loopbaanopsie gekies omdat daar ‘n wye reeks uitdagings in die bedryf is, en ek baie selde ‘nee’ kan sê vir ‘n uitdaging,” noem hy. Hy glo in die waarde van goeie mentors sodat hy soveel moontlik ervaring en kennis kan opdoen sodat hy homself as hortoloog kan vestig.

as die Universiteit van Stellenbosch se beste Tans werk hy in die boerdery-afdeling van AnB Investments. CP se raad aan toekomstige studente: * Kies ‘n studieveld waarmee jy kan identifiseer, en wat jy kan geniet. * Doen moeite om vir ‘n week of twee op ‘n plaas te gaan werk om agter te kom of plante en die aktiwiteite rondom die hortologiebedryf vir jou interessant is of nie. * Gesels met dosente en mense in die bedryf om ‘n beter prentjie te kry van wat die werk behels. * Besluit watter aspek van hortologie jou interesseer. CP se raad aan huidige studente: • Maak soveel moontlik moeite met jou studies. • Tap jou dosente se kennis en inligting, en maak gebruik van elke moontlike leerervaring. • Doen vakansiewerk of “job shadow” mense in die bedryf om ‘n voet in die deur te kry. • Gesels met jou dosente oor toekomstige opsies. • Maak tyd vir ou en nuwe vriende – hulle raak jou toekomstige kontakte in die bedryf!


NUUS • NEWS

21 Junie 2017

Woef en kie sit beste voetjie voor

Bo: Die kampioen Bull Terrier Harry, oftewel CH Lusahn Basil, het die naweek sy slag gewys op die hondeskoue wat op Malmesbury gehou is. Regs bo: Dié Great Dane is Saterdagmiddag as beste "puppy" op die oggend se been aangewys. Heelregs bo: Dié baba miniatuur Bull Terrier van Lusahn Bull Terriers was een van die gunstelinge onder besoekers aan die hondeskou.

•GIN, GRAPPA EN WITBLITS VERVAARDIG

Laat die gin val waar hy wil Die winter is hier en sommige sal verkies om ‘n sjerrie nader te trek om die warmte binne te hou. Ander beweer weer witblits werk die beste met daardie doel in sig. Daar is tans ‘n hele herlewing rondom witblits om die naam te vestig as eg Suid-Afrikaans, vertel John Relihan, van die plaas Spes Bona in die Riebeeksriviervallei wat onlangs sy eie witblits, twee soorte gin en grappa (druiwe-spiritus) begin stook het. John vertel dit is ‘n egte Wes-Kaapse tradisie. “Witblits is tradisioneel gestook van druiwe. Ons het ‘n trotse tradisie aan witblits. Al die Bolandse plase het met die draai van die eeu ketels gehad en almal het witblits gestook. As jy witblits in ‘n vat sou sit en verouder, dan word dit brandewyn. Witblits is eintlik die voorouer van brandewyn. Dis ‘n trotse tradisie.” Hy vertel, soos plaaslike wynmaker Eben Sadie tereg sê: "Spaanse of Franse wynmakers vertaal nie hul etiket nie, want hulle is trots op hul taal.’ “Ons het Engelse etikette, want baie van die produkte gaan na ander lande toe,” verduidelik hy. John en sy broer Matt Relihan, is die vyfde geslag Relihans van die plaas Spes Bona nadat John William Relihan vanuit Ierland gekom het en hom in 1865 op die plaas kom vestig het. John, eienaar van die plaas wat na 35 jaar in die mediabedryf uitgetree het, sê jy moet konstant nuwe dinge leer. Hy het geleer om onder meer witblits te maak. Vandag bestuur hy en Matt komplimenterende aktiwiteite op die plaas wat mekaar behoorlik aanvul. Matt, wat sedert 2011 uitvoerende hoof van Kaapjag is en vir die afgelope 10 jaar kleiduifbyeenkomste organiseer en die onderneming Cape Field Sport besit en bestuur wat onder meer ook professionele jagtoere insluit, het die byeenkomste nou plaas toe gebring. ‘n Vorige lemoenboord is uitgehaal om plek te maak vir ‘n gesellige kleiduif-skietbaan. Die kleiduif-skietbyeenkomste word gewoonlik gevolg deur ‘n professionele

proesessie. Matt vertel die byeekomste is veral gewild onder korporatiewe groepe vir spanbousessies. Daar is die afgelope drie maande al ‘n paar korporatiewe skiet- en proebyeenkomste aangebied. “Mense wat skiet vir plesier en nie noodwendig ervaring het, staan in ‘n hok om hul en ander se veiligheid te verseker.” Elke skut kry ‘n gelisensieerde semi-outomatiese vuurwapen en twee patrone om die teikens te skiet. Die kleiduifteikens is ook ‘n natuurlike produk. Daar word hier van ses masjiene gebruik gemaak wat die teikens uitskiet en alle teikens word in vlug geskiet. John, wat al ook vir jare olyfolie maak, vertel hy het vir geen kursusse gegaan nie. Hy het baie inligting danksy die digitale wêreld bekom, maar ook by ‘n paar mense gaan aanklop om meer oor die tradisie wys te raak. Daar is beslis ‘n kuns aan die maak van die gedistilleerde produkte. Sy rou produk is wyn. Alles wat hulle maak, word twee keer gedistilleer. Die wyn word in die ketels gestook, wat dan alkohol word. Daarna word die alkohol weer gestook om ‘n produk soos gin te maak. “Tradisioneel in die ou dae, het die mense die doppe gestook om grappa te maak, wat ons vandag ken as witblits.” “Die kuns lê daarin om op presies die regte plek die regte alkohol te vang, wat dan vermeng kan word.” Hy sê daar is ook geen resep vrylik beskikbaar nie. “Daar is verskeie mense wat witblits kan maak wat besonders gaan wees vir sy doel. Dit het alles te doen met persoonlike smaak.” (Mampoer is meestal vrugte wat gegis word in ‘n vrugtewyn.) Hy vertel verder dat vorige geslagte gewoonlik tussen 52% en 62% alkohol uit die tradisionele koper ketels gekry het. “Witblits bemark jy dus teen ‘n hoër alkohol persentasie as byvoorbeeld grappa. Weereens het dit alles te doen met persoonlike smaak. Sy rou produk is wyn, omdat wyn ‘n Wes-Kaapse ding is, verduidelik John. “Wyn gee

‘n ekstra dimensie aan jou spiritus-produkte wanneer jy dit distilleer. Wyn is ook verder vrylik beskikbaar in ons omgewing en boonop van goeie gehalte daarby.” Hy maak twee soorte gin. Daar is die klassieke gin, waar die speserye wat gebruik word tradisioneel deel van gin is. Die een waaroor hy veel meer opgewonde is, is die Kaapse Fynbos-gin. “Ons het boegoe op die plaas en wilde anys, asook alle soorte interessante kruie waarmee hulle nou gaan begin speel en in die gin meng. Niks word vermors op dié plaas nie. “Ek stap letterlik hier op en gaan haal die boegoe en pluk die suurlemoene waarvan ons die skille gebruik.” Die enigste produk wat ‘n vereiste is om gin te maak, is die juniper-bessie, ‘n Toskaanse-bessie wat ingevoer word en nie plaaslik beskikbaar is nie. “Daarna kan jy met speserye en kruie speel. Dit gaan vir my daaroor om ‘n gin te maak wat ‘n kenmerkende geur en smaak het. Dit is die lekkerte hiervan.” Kontak John by info@relihandistillery.com vir bestellings of besprekings.

3


courant

dié

4

NUUS • NEWS

21 Junie 2017

Dit is nou die tyd en die tyd is nou

Om ‘n kinderlaggie te hoor, klokhelder, neem ‘n mens, as jy volwassene is, terug na jou eie kinderjare. Dan verlang jy na die dae toe jy in die modder kon speel, in waterpoele kon plas en net kon leef. Dit laat jou dink oor jou lewe en dit wat verby is en dit wat nog moet kom. Die jare agter jou is weg. Dis verby. Die wat kom is jy glad nie van seker nie, want hoeveel daar is, sal jy nie weet nie. Om te sien hoe ‘n 5-jarige op die gras met ‘n hond speel, laat jou met ‘n glimlag staan, sonder dat jy besef jou mondhoeke het opwaarts gekrul. Dit gee jou pure genot om te sien hoe ‘n jonge kind nog die lewe kan geniet, net om dit te geniet vir wat dit is. Hulle leef elke dag voluit. Elke oomblik is vir volgepak met avontuur en lewenslus. Die uwe het op ‘n tyd in haar lewe gekom wat sy baie dink aan dit wat was en dit wat kom. Doen ek als wat ek kan doen? Put ek alles uit die lewe? Gaan ek enige berou hê as ek eendag bewend my beker koffie by ‘n kleinkind neem? Teen daardie tyd is dit te laat. Die tyd is nou en nou is die tyd wat jy werklik kan begin leef. As dit te laat is, is dit te laat. Vandag is amper op sy einde en gister is weg. Môre is ‘n onsekerte, so leef vir die nou en hier.

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Geen ander naam In die boek Handelinge van die Heilige Gees met die apostels, is Petrus en die ander apostels besig om met die volk te spreek , na die genesing van ‘n kreupel man. Terwyl hulle besig is het die hoofman van die tempel en die priesters en die Sadduseërs op hulle afgekom, en baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesus die opstanding uit die dood verkondig. Hulle het die apostels gevra deur watter mag en deur watter naam hulle dit gedoen het. Petrus het hulle geantwoord, vervuld met die Heilige Gees, dat as ons vandag ondervra word oor ‘n weldaad aan ‘n kreupel man waardeur hy gesond geword het, laat dit aan almal en aan die hele volk van Israel bekend wees, dat in die Naam van Jesus Christus, die Nasarener, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan. Die man wat gesond geword het was meer as veertig jaar oud. Daar is geen ander naam in die hemel of op aarde gegee waardeur ons gered kan word nie.

Olivier vang wenfoto deur lens vas

Die Swartland Fotografieklub se Junie-tema het die fokus laat val op bejaardes. Die wenner in dié kategorie was Herman Olivier met sy foto 'Ou Plaaswerker' (bo). Olivier se wenfoto in die afdeling vir gedrukte foto's, 'Tranquil Waters' (links

middel), was ook die algehele aandwenner. Louise van der Westhuizen van Koringberg se foto, 'I see you' (links onder), was die junior-wenner en Clifford Wyeth van Moorreesburg het die senior-afdeling gewen met sy foto, 'Tsitsikama' (links bo). Die klub se volgende vergadering is op

13 Julie in die klein keldersaal van die NG Swartland Noordgemeente op Malmesbury. Die tema vir die aand se foto's is weerkaatsings. Vir enige navrae, skakel die voorsitter, Peter Hardcastle, by 083 628 9668.

Campaign to curb measles Western Cape Government Health will embark on measles campaign as part of the world wide efforts to eradicate this debilitating illness. The campaign will run from 12 – 30 June 2017 and is aimed at all children less than 5 years old even if your child’s immunisations are up to date. The best manner in which to eradicate an infectious illness is to make sure that between 93 and 100% of people have immunity. This is known as herd immunity, and works by ensuring that when an illness is released into a community, those people who are exposed are protected. This is because a large number of immunised individuals act as a collective group preventing an illness from spreading. The various immunisations campaigns usually form part of a world-wide initiative to help eradicate an illness. The secret to the success of any campaign is excellent team work between parents /caregivers and local clinics or health services. A campaign offers parents an opportunity to, with minimum effort, ensure that their child forms part of the world wild eradication of measles. A consent form will be sent home with your child; parents need to sign and return the form to the school. Those parents who wish to can visit their local clinic or private child care provider. *Remember: Even if your child was vaccinated during the February – March prevention campaign, they should receive a booster shot

during this campaign. The measles vaccine is very safe; it is made of inactive virus and other than some children experiencing mild symptoms, has no side effects. The professional health teams that will be visiting crèches and preschools can only vaccinate those children whose parents have given consent. Some quick facts: • Speedy response to a measles outbreak in Stellenbosch in February of this year ensured that only 29 cases were confirmed in the Western Cape. This is a huge improvement compared to well over 18 000 cases reported during the 2008 outbreak. • It takes only one infected child or person in a community to infect a whole bunch of other people – this is because everybody’s immune system fluctuates. Sometimes we are more vulnerable than at other times. • Making sure that your child is protected means that even if he or she is in contact with an infected person, he will probably not contract the illness. In the event that someone who has been vaccinated contracts measles, it will be a much milder form, sometimes presenting with no more than a headache or mild fever. Be part of the efforts to eradicate measles, vaccinate your kiddie under 5 years old! For more information on immunisations, visit www.westerncape.gov.za/first-1000-days.


NUUS • NEWS

5

21 Junie 2017

Also at

59 68 69

57

BUY ALL FOR

R

R

R

SAVE R19

Mrs H.S. Ball’s Chutney 470g, All Gold Tomato Sauce 700ml or Crosse & Blackwell Mayonnaise Assorted 730-780g

R

99

SAVE R16

Omo Auto Washing Powder 3kg Flexi Bag, Liquid Detergent 900ml or Capsules 21s Each

Parmalat EverFresh Long Life Milk 6 x 1 Litre Assorted Per Pack

Nescafé Ricoffy 750g

BIRTHDAY PROMOTION THIS SUPERMARKET BRINGS YOU MORE DEALS* THAN ANY OTHER

R

59

R

66 Per kg

Per kg

PnP Bulk Farmstyle Boerewors

PnP Pork Pack

15

BUY ANY 4 FOR

R

NOW ON

R

Knorr Soup Assorted 50-54g

R

55

R

BUY 5 FOR

no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 2kg

no nameTM Light Meat Shredded Tuna in Salt Water 170g

33

49

99

WAS R130

R

Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

WAS R134

R

129

105

SAVE R25

Namaqua Sweet Rosé or Sweet White 5 Litre Each

SAVE R5

Buy a Windhoek Draught 12 x 440ml Non-returnable Bottles or Cans and Get 6 x 440ml Tafel Lager Cans FREE

WAS R199.99

R

R

167

Huggies Gold for Boys or Girls Assorted Jumbo Pack Per Pack

90

33

BUY ANY 3 FOR

R

Cadbury Chocolate Assorted 80g Slab

R

24

Liqui Fruit 100% Fruit Juice 2 Litre

179

SAVE R20.99

99

Johnnie Walker Red Label Blended Scotch Whisky 750ml (Exclusive Pack)

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. * When compared to a 13 week advertising track of deals in your region. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za

Prices Valid 22 - 25 June 2017 At Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape

PERSONALISED DISCOUNTS ON WHAT YOU BUY MOST. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.

MMWCHS1544


6

21 Junie 2017

NUUS • NEWS

Donors get help from app

The Western Province Blood Transfusion Service (WPBTS) celebrated World Blood Donor Day with various other countries on 14 June. This celebration served to raise awareness of the need for safe blood and blood products, as well as thank donors for their remarkable lifesaving gift. The focus of 2017’s World Blood Donor Day was blood donation in emergencies. In crises or emergency situations, the immediate response is “What can I do?”. Therefore the secondary message of the campaign is to “Give blood. Give now. Give often.” This underlines the role every person plays in assisting during an emergency situation, as well as the fact that regular blood donation is important. That is why WPBTS is taking this opportunity to launch its very own App. This app allows donors to easily find their nearest clinic and indicates which blood groups are urgently needed. It is the first app of its kind in South Africa. Statistics reveal that less than 1.5% of the Western Cape population regularly donates blood, while up to 75% of people in the province will require blood at some point in their lives. New, regular donors are always needed. Therefore a system needed to be put in place to make locating a blood donor clinic easier. The solution, borne through a partnership between WPBTS, NXT Digital Innovation and Tracker, was the creation of the WP Blood APP, that provides registered users with real time information. The app indicates what blood type is

in short supply and directs donors to their nearest mobile or static blood donation clinics. The app also tracks the users’ donation pattern and empowers the users to inform friends and family of any shortages and encourage them to donate. “The WP Blood APP is the first app of its kind in South Africa, so we are very excited about this new development and its life-saving potential,” says Marlize van der Merwe, WPBTS Spokesperson. “It will make locating a clinic easier for our donors and the app enables us to communicate to our donors on another platform.” “The launch of this important app could not be more timeous, considering that winter is when we typically see a significant drop in blood donations.” WP Blood is available for free download on iOS and Android app stores. While donors from all blood groups and communities are important, there is a particular need for donors with blood types O to donate regularly as stocks of these are more vulnerable to shortfalls. There is also a need for more black African people to become blood donors to reflect the ethnic diversity of patients. For more information, SMS “Blood” to 33507 and WPBTS will call you back with information on where to donate. Donors can also call (021) 507 6300, e-mail info@wpbts.org.za or visit www.wpblood.org.za. Like us on Facebook (WP Blood) or follow us on Twitter (@WPBlood) and/ or Instagram (WP_Blood) for interesting facts and blood stock updates.

Lianie May @ Malmesbury

9 September

19:00 vir 19:30 Malmesbury Stadsaal

Kaartjies: R100 elk Beskikbaar by Computicket

Fondsinsameling ten bate van Elkana-kindersorg 022 486 4178 • www.elkanachildcare.co.za

Musiek: Die Afrikaanse sanger, André Swiegers (middel), het Donderdag op Malmesbury, by die gewilde My Chefs-restourant opgetree. Saam met hom is eienaars Rory en Stella Lambson.

Wes-Kaap benodig voer

Die Wes-Kaap het ‘n kritiese tekort aan veevoer. Agri Wes-Kaap lewer steeds droogtehulp aan produsente in die Sentraal-Karoo, Weskus-distrik, en aan gebiede in die droogtegeteisterde Eden-distrik. Produsente in die Suid-Kaap het egter ook nou dringend veevoer nodig na honderde hektaar weiding die afgelope week afgebrand het. Geen ruvoer is al vir maande in die provinsie beskikbaar nie. Voorlopige opnames net in die Knysna-omgewing dui daarop dat sowat 1 500 beeste, skape, varke en perde dringend voer moet kry. Heelwat vee het doodgebrand en opnames word tans gedoen om die omvang van die brandskade op plase te bepaal. Agri Wes-Kaap het die afgelope week voerskenkings uit Klipheuwel, Hermon en

Petrusburg in die Vrystaat gekry, wat na Knysna en die droogtegeteisterde Kliprand en Landplaas op die Weskus onderweg is. Voerskenkings is ook uit Richardsbaai, Vryburg, Tulbagh, Velddrif, De Rust, Montagu en die Paarl gemaak en Agri Wes-Kaap benodig dringend kontant om dit te vervoer. Agri Wes-Kaap is ook dankbaar vir Graan Suid-Afrika en produsente in die noordelike gebiede van die land wat besig is om te stroop en bereid is om mielies aan die Wes-Kaap te skenk. Agri Wes-Kaap versoek dat enige onderneming of individu wat kontantbydraes tot die AWK Droogtehulpfonds wil maak, die kantoor by 021 860 3804 skakel. Agri Wes-Kaap lewer reeds sedert November 2015 droogtehulp aan produsente.


NUUS • NEWS

7

21 Junie 2017

Amanda Strydom: Miss Man-

dy, oftewel Amanda Strydom, en haar pianis, Coenraad Rall, keer terug na Drostdy-teater met haar nuwe produksie, “So onner deur die maan”, wat vanjaar by die KKNK gedebuteer het. In hierdie produksie weef sy van die minder bekende liedjies, van haar albums Kerse teen die Donker, Verspreide Donderbuie, Hotel Royale, Vrou by die Spieël en Op'n Klein Blou Ghoen met poësie en stories saam in een vertoning. In tipiese Strydom tradisie, voeg sy ook 'n skeut Piaf, Brel en 'n paar verrassings by vir soet nostalgie so 'onner' deur die maan. Die produksie word op 28 Junie om 20:15 in die Drostdy-teater opgevoer en kaartjies beloop R150 per persoon. Kontak 082 754 0750 met navrae.

Wen:

'n Gelukkige leser kan 'n dubbelkaartjie na dié vertoning wen. Sms die slagwoord AMANDA, saam met jou naam en nommer na 084 8333 813 voor 23 Junie om 12:00 om hiervoor in aanmerking te kom.

Vroue van WOA aan stuur van laekoste-behuising Woman of Africa (WOA) is deur die Wes-Kaapse konstruksiemaatskappy, ASLA gekontrakteur in samewerking met die Swartland Munisipaliteit om alle huiseeenhede as deel van hul laekoste behuisingsontwikkelingsprojek (GAP) op Abbotsdale te bou. WOA, ‘n maatskappy wat deur swart vroue besit en bestuur word, werk in verskeie sektors, waarvan konstruksie een is. Ander sektore waarin die maatskappy spesialiseer, sluit onder meer brandstof en olie, logistiek, kleinhandel, ingenieurswerke en farmaseutiese industrie in. WOA se doel is om vroue reg oor Suid-Afrika binne verskeie industrieë te bemagtig. Vir meer inligting oor die beleggingsmaatskappy, kan hul webblad by www.woa.co.za besoek word. Die Abbotsdale-behuising Ontwikkelingsprojek streef daarna om bekostigbare huise van ‘n hoë standaard en goeie kwaliteit aan mense wat vir die eerste keer huiseienaars word, beskik-

Stalletjiehouers gesoek

HSS en Kavaliers: Die span van die Boland Kavaliers het Saterdag op Malmes-

bury in 'n voorwedstryd vir die derbykragmeting tussen Wesbank en Never Despair, teen die span van SWD gespeel. Voor hulle op die veld gedraf het, het die Hoërskool Swartland op Malmesbury se Oud-studentebond die Kavaliers en hul bestuur by die OLOK-saal onthaal, waar hulle 'n ligte middagete geniet het en hul finale voorbereiding gedoen het. Volgens William Koch (links - Oud-studentebond) was die span en bestuur in hul skik met die geriewe by dié skool en sal hul graag in die toekoms weer van hul geriewe gebruik maak. Bo is William Koch, Clemen Lewis (wat Saterdag sy 150ste wedstryd vir die Kavaliers gespeel het), Randall Modiba (Kavaliers se hoofafrigter), Burton Niemand (Boland Rugby-unie uitvoerende bestuurslid), Zandre Jordaan (Kavaliers se kaptein en hy het Saterdag sy 100ste wedstryd vir die Kavaliers gespeel) en Lionel Hendricks (Kavaliers se spanbestuurder).

Die Bakgat Môreson-plaasfees vind weer vanjaar vanaf 27 tot 29 Oktober buite Malmesbury plaas. Vanjaar sal daar klem gelê word op plaaslike produkte en lekkernye uit die Swartlandse kombuise. As jy tuisgebak soos koeksisters, konfyte, brode, bokmelk, terte, groente, vruge en vele meer in jou kombuis voorberei, kom stal dit hier uit en laat jou produkte soos soetkoek verkoop. Vir meer inligting, kontak Christo Booysen by 082 895 5093. Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

baar te stel. Daar is verder ook ‘n finansiële subsidie aan die ontwikkelingsprojek gekoppel, wat deur die regering aangebied word sou die huiseienaar vir só ‘n subsidie kwalifiseer. Daar is tans 56 eenhede wat as deel van die projek op Abbotsdale gebou word waarvan twee boustyle vanaf R243,500 beskikbaar is om van te kies. Twee skouhuise is ook vir besigtiging op die terrein beskikbaar. Die huise verskil van grootte met van die huise wat 43m², 50m², 65m², en 75 m² groot is en op aanbod is. Die huise sluit ‘n volledige badkamer met ‘n stort en bad in, ingeboude kaste in die kombuis en slaapkamers en aluminium-vensters en geute in. Die huise is verder volledig geteel. Elke huis beskik ook oor ‘n groot erf. Daar is slegs 30 eenhede oor. Die skouhuise kan in Bloekombosstraat op Abbotsdale besoek word.


8

21 Junie 2017

NUUS • NEWS

Sakekamer:

By die onlangse ledevergadering van die Malmesbury Sakekamer het professor André Roux van die Universteit van Stellenbosch se besigheidskool, die lede ingelig oor die Suid-Afrikaanse ekonomie se prestasies in uitdagende omstandighede. Links is voorsitter Theuns Duvenhage saam met Professor le Roux.

Landers wins as top student Left: Osma JoosteMokgethi CEO of West Coast College with Maurida Landers, overall top achiever and Zandile Nyuwo Provincial Manager Public Sector Business Banking Coverage Western Cape ABSA Retail and Business Banking. With a staggering 17 out of 21 distinctions over three years for her National Certificate in Office Administration, Maurida Landers (24) from the Malmesbury Campus, was the CEO’s Award Top NC(V) Student winner for 2017. Maurida, who hails from Saron, has shown that regardless of your circumstances, if you work hard, you can rise above it. She beat 325 candidates in the final year to receive the award. This comes with prizes including a laptop, laptop bag, prize money in an ABSA gold account and a trophy sponsored by Cape Book & College Supplies, ABSA Bank and SAYDBUC Academic Attire. Over the three years, Maurida fully immersed herself into college life. She was the chairperson of the student representative council for the Malmesbury campus. As an executive member she sat on the academic board which deals with the core activity of the institution, the academic delivery.

She was also part of a group of five students and two lecturers from West Coast College who participated in a cultural exchange programme in 2015 as part of the college’s partnership with Kirkeparken Upper Secondary School in Norway. Maurida proved to be a great brand ambassador. So much so, that she was recently invited to attend the DHET Budget presentation in parliament. Maurida is a DHET TVET bursary recipient and is showing how a bursary can change one’s life. She is currently completing an internship at West Coast College in the administration department to solidify her NC(V) training. We are confident that this is only the beginning and that we have not yet heard the last of her. Join the West Coast College family and you too could be having an experience of a lifetime! Contact Mr M Meyer 022 482 1143 for further enquiries, or email: mmeyer@westcoastcollege.co.za.

Schoonspruit:

Hierdie netbalspelers van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury gaan eersdaags hul skool teen internasionale spanne verteenwoordig. Die o. 14 en o.15-spanne kom op 20 Julie teen Campbell College van Ierland te staan, terwyl die o.16- en o.19-spanne op 28 Julie teen die spanne van John Fisher High in Engeland kragte meet. Die o.16 en o.19B-spanne sal op 31 Julie teen die span van Whitgift High van Engeland speel. Bo is die o.14A-span wat as die wenners van 'n SASN top-skolenetbaltoernooi uit die stryd getree het. Hulle is Yohela Nohdabula, Zaliah Goliath, Breezelyn Fosch, Elzette Klaaste (kaptein), Janice Williams (spanbestuurder), Zenéca Dolmag, Merlyn Johnson en Naseema Abrahams. Jacklyn April en Michelle Samson is afwesig. Onder is die o.19A-span Chrislynn Julius, Eden Hendricks, Adene Adonis, Audrey Perils, Sonique Jacobs (kaptein), Janice Williams (spanbestuurder), Amber Augus, Amy le Fleur, Maceala Simboya en Bronwyn Leech. Amy le Fleur, Maceala Samboya, Eden Hendricks en Amber Augus ding eersdaags mee in die Wes-Kaap Interdistrik-toernooi op Wellington.


NUUS • NEWS

21 Junie 2017

Dagboek • Calender

Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 073 147 6758 or Kallie 079 966 5956 Langs die Bos-mark Langs die Bos-mark elke Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00. Vir navrae kontak Marelize by 072 052 6280 Swartland-atletiek klub Moorreesburg - Swartland-atletiek klub bied aan 'n saam draf/stap elke Donderdag by die Gene Louw-stadion. Beginpunt by ou ingang. Afstande is vyf en drie km en begin om 17:30. Vir enige navrae skakel Basil Niewoudt by 082 878 9110. Outisme Veldtog ("roadshow") 21 Junie: Kom wees deel van die Outisme "roadshow" op Malmesbury om 10:00 by Jo Dolphin. Die aanbieder is Sandy Pekeur. Alle ouers met outistiese kinders asook kinderversorgers is welkom. Geen kostes verbonde. Vir verdere navrae kontak Chantel by 072 065 3745

Emmanuel Restorative Ministries 25 Junie: Die ERM nooi u hartlik uit na hulle diens om 10:00 by die Wielie Walie saal te Riebeek Wes. Die spreker is J Meyer met die titel - Voor wie buig jy Vir navrae kontak: Pastoor Fredericks by 076 158 5471 Malmesbury Museum 27 Junie: Kom luister na stories van Herman Charles Bosman - Mampoer Proe! by die Malmesbury Museum om 19:00. Swartland broodtafel, wyn en koffie sal bedien word. Kostes R80 per persoon. Bespreek by Sorina 022 482 2332 of 073 915 9199 Moorreesburg 27 Junie: Die Moorreesburg Gemeenskapspolisieringsforum hou hul kwartaalikse gemeenskapsvergadering om 19:00 by die Rosenhof Gemeenskapsaal. Die visie en doel van die GPF word bespreek. Vir verdere navrae kontak L L Prins by 084 245 0623 Die Malmesbury-krieketklub 29 Junie: Die Malmesbury-krieketklub se Algemene Jaarvergadering om 19:00 in die Wesbank Biblioteeksaal. Alle lede en moontlike nuwe lede word na die vergadering uitgenooi om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, kontak die voorsitter, Gregory Claassen by 060 319 0376.

Koringbedryf Museum 22 Junie: Die Koringbedryf Museum hou hul Algemene Jaarvergadering by die museum om 18:30 Vir enige navrae kontak : Tania Le Roux by 022 433 1093

!Khwa ttu 30 Jun - 23 Jul: !Khwa ttu are hosting a school holiday programme at the !Khwa ttu, R27 West Coast Road. For more information call 022 492 2998 / bookings@ khwattu.org

Jo - Dolphin 23 Junie: Jo-Dolphin hou 'n worsrol verkope by die sentrum in Albanystraat 5 vanaf 14:00. Worsolle teen R10,00 elk. Vir enige navrae skakel 022 487 1156

The Grey 1 Julie: Die musiekduo, The Grey, tree by Evita se Perron op Darling op om 19:00. Kaartjies beloop R120 per persoon. Kontak 022 492 3930.

Albert Frost @ Evita se Perron 23 Junie - Albert Frost tree om 20:00 by Evita se Perron op Darling. Kaartjies beloop R120 per persoon. Kontak 022 492 3930.

Riebeek-Wes - GPF 6 Julie: Die Riebeek-Wes GPF (Gemeenskaps Polisiërings Forum) hou vergadering by die POP Center, Riebeek Wes om 19:00 tot 20:00

Wesbank Rugby Club 23 June : The Club are hosting their 40th Anniversary Ball with All Sounds Band at the St Thomas Hall at 19:00. Cost is R60 and the dress code is smart casual. Bring own XYZ

Malmesbury Lions Klub 15 Julie: Die Malmesbury Lions Klub bied aan 'n winterdans vir liefdadigheid by die Malmesbury Landbouskousaal. Die koste is R100 per persoon en begin om 19:00 vir 19:30. Musiek word verskaf deur 10 Rand 50. Bring eie drinkgoed en glase

NG Kerk Darling 23 Junie: Die NG Kerk Darling hou winterbasaar om 18:00. Ete kaartjies beskikbaar by kerkkantoor Vir enige navrae kontak Anet Burger by 083 632 2196 of Alida by 079 875 6890 Darling Presbyterian Church 24 June: The Darling Presbyterian church presents The Shenanigans - Good old foot stomping Irish music at the

Moorreesburg Funduro 22 July: Come and join in the Moorreesburg Funduro with quad bikes / 2 wheeler (off-road) / Kiddies Track. Start at 10:00 and track close at 13:00. Cost is R200 per rider, R100 per lift and Kiddies track R100. For any further information please contact Arian at

073 824 8834 / arianbester@gmail.com

Swartland Veterane Ploegdag 22 Julie - Die Swartland Veterane Ploegdag word vanaf 09:00 by die Môreson-plaas buite Malmesbury gehou. Toegang beloop R50 vir volwassenes en R10 vir kinders. Kontak Linda met stalletjienavrae by 084 887 7843 of Johan met algemene navrae by 082 357 3413

Kerke • Churches

Vriend van God (AGS) Sondag oggenddiens om 09:30 . Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200

AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178 Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 8279054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm

Cousins se hart klop warm vir streek se renosterbos

Darling Golf Club at 19:00 sharp. Cost is R120 per person and R60 per child under 10 which includes snacks and wine. For enquiries contact Tessa at 084 840 0480

Vinpro 22 Junie: Vinpro/Winetech Blokkompetisie vir Paarl/ Swartland (ingesluit Wellington, Franschhoek, Darling & Tulbagh) se prysuitdeling geleentheid by die plaas Fairview, Malmesbury. Dit begin om 09:00 tot 12:30 (middagete). Vir verdere navrae kontak Hanno van Schalkwyk by 021 276 0432

Evita se Perron 23 Junie: Evita se Perron bied aan Albert Frost om 20:00 en die koste is R120 per persoon. Vir verdere navrae kontak - 022 492 3930 / bookings@ evita.co.za

9

Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar Sondagoggend preek De Waal Esterhuizen om 9:30 en Sondagaand bring De Waal Esterhuizen die woord om 17:30 by Voortrekkerweg 48, Malmesbury Navrae: 022 482 4640.

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Diens op 25 Junie om 09:30 by die Mount Royal se konferensiefasiliteit Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.

Bo: Só lyk renosterveld na 'n brand. Regs: Stephen Cousins het reeds talle tesisse oor die renosterveld geskryf. Onder: Die renosterveld by Tontelberg.

Die renosterveld wat bekend is vir sy donkergrys kleur, kan op die oog af oninteressant voorkom, maar vir Stephen Cousins is dit 'n brandende passie. Dié plantegroeitipe hou baie wonders in waarvan min mense weet. Daar word talle kere na renosterveld verwys as die “Aspoestertjie van plantegroei” weens die groot verandering in voorkoms wat dit tydens die verskillende seisoene ondergaan. Hoewel vaal in die somer, verander die renosterveld in ‘n blommeparadys in die lente. Daar kom tot talle verskillende spesies binne slegs een vierkante meter renosterveld voor, waarvan baie van die spesies nêrens anders ter wêreld aangetref sal word nie. Stephen Cousins, ‘n plantkundige van Riebeek-Kasteel wat hom beywer met die bewaring van dié plantegroeitipe, vertel graag hoe spesiaal én bedreig die renosterveld is. Hy is tans besig met sy doktorale navorsing oor die renosterveld waar hy ‘n groter begrip oor die belangrikheid van ‘n brand binne die renosterveld wil skep. Hy fokus ook op die hervestiging van die renosterveld wat bedreig word deur die bloekomboom. Hy werk verder saam met die Swartland Munisipaliteit en Cape Nature om twee oorblywende renosterveldgebiede te bewaar en as natuurreservate te laat verklaar. Cousins, is aanvanklik van Johannesburg. Hy het BSc.-graad in plantkunde én zoëlogie by Wits Univeriteit verwerf, asook sy honneursgraad wat in 2009 daar voltooi is. Die liefde vir die Wes-Kaap en sy unieke plantegroei het ‘n jaar later by Cousins ‘n tuiste gevind toe hy sy meesters op die waaieraalwyn doen. Cousins moes op verskeie velduitstappies gaan om sy tesis te voltooi. “Ek was verstom deur die ongelooflike diversiteit van plante wat in die Wes-Kaap groei,” voeg hy by. Hy is kort daarna sak en pak Kaap toe vir ‘n jaarlange internskap by SANBI by Kirstenbosch waar hy in die Bedreigde Spesies-program gewerk het. Dit is tydens dié periode waar sy belangstelling in renosterveld gekweek is. Cousins het onder meer die Overberg Renosterveldbewaringstrust besoek (ORCT) waar hy geleer het hoe spesiaal én bedreig die plantegroei-soort is. Hy was geïnspireer deur die werk wat die trust doen om die renosterveld binne daardie streek te bewaar. Hy het toe besluit om sy studies voort te sit en is vandag ingeskryf by die Universiteit Stellenbosch se Ekologie en Entomologie Bewaringsdepartement waar hy met sy doktorsgraad (PhD) besig is. Cousins is passievol oor sy werk, maar ook om dit wat hy doen, met ander te deel. Hy neem ook graag hulle uit op velduitstappies na die renosterveld om vir mense te wys watter spesiale plantegroei-soort dit is en watter skatte dit inhou. Die renosterveld kom grootliks in die Wes-Kaap voor waar dit in die vrugbare laaglande van die Overberg, Boland en die Swartland aangetref sal word.

Dit is deel van die fynbosbioom, ‘n groot ekologiese gemeenskap wat hoofsaaklik bestaan uit fynbos, renosterveld en die strandveld. Renosterveld word ook algemeen verwys na struikerige grasland of grasserige struikland. Dit bestaan uit ‘n mengsel van grasse en struike wat hoofsaaklik binne die “daisy”-familie en bolplante val. Dit bevat ‘n derde van die plantspesies wat in die hele Kaapse Blommestreek (Cape Florist Region) voorkom. Vir Cousins is die bolplante seker van die mooiste plante binne die renosterveld, maar hy sukkel om een uit te sonder. Min weet dat die Swartland-streek sy naam aan dié plantegroei kan toeskryf. Die streek is oorspronklik Het Zwarteland genoem, afkomstig van die eerste Nederlandse besoekers hier. Met hul aankoms, was die area bedek onder die donkergrys renosterveld wat byna swart in die somermaande verkleur. Dit was inderdaad ‘n swart land. Daar is vandag minder as 5% renosterveld in die hele Swartland oor. Dit is vandag steeds nie duidelik waar die renosterveld nou eintlik sy naam vandaan kry nie. Daar is egter twee moontlike verduidelikings, vertel Cousins. Die renosterveld was lank terug die habitat van die swart renoster, wat later deur die Europese setlaars uitgewis is. Die grys kleur van die renosterveld is ook soortgelyk aan dié van die renosters. Die plantegroei kom op ongelooflike vrugbare grond voor en is juis daarom bedreig weens grond wat omgeploeg word vir landboudoeleindes. Renosterveld word vandag grootliks op styl hellings of klipagtige areas gevind wat nie geskik is vir landboudoeleindes nie. Verdere bedreigings sluit uitheemse plantegroei, oorbeweiding en brande in. Die feit dat die renosterveld so bedreig is, maak die plantegroei nog meer spesiaal, omdat daar baie min van oor is. Die renosterveld het voorheen as habitat gedien groot kuddes van herbivore, onder meer elande, bontebok, bergsebra, rooi hartebees en gemsbok (en die renoster soos vroeër genoem). Die uitgestorwe bloubok en kwagga het ook voorheen in die renosterveld voorgekom. Vandag kom slegs kleiner boksoorte soos die steenbok, grysbok, Kaapse grysbok en die duiker daarin voor. Ook kleiner roofdiere soos die Kaapse jakkals, die bakoorjakkals en die rooikat word aangetref. Cousins is aan die stuur van CREW (Custodian of Rare and Endangered Wildflowers) waartydens hy uitstappies in die Riebeekvallei en Malmesbury-omgewing organiseer om die skaars en bedreigde plantspesies te monitor. “Ons versamel data wat na SANBI geneem word waar dit verder vir bewaringsdoeleindes geassesseer word,” vertel hy. Cousins en sy werk kan gevolg word op Facebook by www.facebook.com/swartlandbotanics. Inwoners wat belangstel om deel te word van die CREW, kan Cousins kontak by swartland.botanics@gmail.com.


10

NUUS • NEWS

21 Junie 2017 Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.

GOP-/PEO-Beampte Malmesbury Kantoor van die Munisipale Bestuurder: Finansiële Dienste • Verw: V14/17 • Salarisskaal: R272 568 - R353 796 per jaar (T12)

Hoof- Boubeheerbeampte Malmesbury Departement van die Direkteur: Ontwikkelingsdienste • Verw: V15/17 • Salarisskaal: R306 852 - R398 328 per jaar (T13)

Bou-Inspekteur Malmesbury Departement van die Direkteur: Ontwikkelingsdienste • Verw: V16/17 • Salarisskaal: R230 868 - R299 688 per jaar (T11) Sluitingsdatum: 30 Junie 2017 om 12:00

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za

131058

TENDER NOTICE T45/16/17

SUPPLY AND DELIVERY OF ONE (1) LIGHT MOTOR VEHICLE Tenders are hereby invited for the supply and delivery of one (1) light motor vehicle as per the specifications stated in the official bid documentation. The documents may be obtained from Jo-Maré van der Westhuizen at tel. 022 487 9700 during normal office hours at the Municipal Offices, Malmesbury, cnr Hill and Piet Retief Streets next to the Checkers entrance. A non-refundable cash fee of R100,00 is payable to Swartland Municipality for collection of hard copy tender documents. The tender document is available in electronic format on request, at no charge. Quotations and all relevant documentation in a sealed envelope, clearly marked “FORMAL TENDER T45/16/17 – SUPPLY AND DELIVERY OF ONE (1) LIGHT MOTOR VEHICLE” must be placed in the tender box at the Municipal Head Offices, on the corner of Church and Voortrekker Streets, Malmesbury, before 12:00 on Friday 7 July 2017. No late quotations, electronic or faxed tenders will be accepted.

Fietsryers durf Boland aan Pad- en bergfietsentoesiaste kry met die Cape Duo Challenge van 5 tot 8 Oktober die kans om deel te neem aan ’n eiesoortige wedren wat vanjaar vir die eerste keer ooit aangebied word. ’n Deel van die opbrengs van die wedren - wat in die Wes-Kaap plaasvind - sal geskenk word aan Ground Level Projects, ’n instelling daarop gemik om arm jong kinders in die streek te help.

Die Cape Duo Challenge word gekenmerk deur spanne van twee wat verskeie skilderagtige roetes op geteerde paaie, asook bergfietsroetes aanpak. Die wedren begin in die Slanghoekvallei en beweeg deur Welbedacht op Wellington (waar die wynlandgoed van Schalk Burger en sy seuns geleë is) en eindig by die pragtige Rhebokskloof-wynplaas in die Paarl. Die wedren kombineer fietsry se twee dissiplines - naamlik dié vir padfietse en dié vir bergfietse - en bring hulle saam om een eenvoudige vraag te beantwoord: wie kan beide dissiplines oorwin en die wedren in die vinnigste tyd voltooi? Die Cape Duo is gemik op middelvlak- tot ervare fietsryers en is die geesteskind van Peter Diesel-Reynolds, Ernst Viljoen and Pieter Joubert, fietsry-entoesiaste wat jare se ondervinding in die korporatiewe wêreld kombineer met ’n liefde vir die sport. “Reg oor die wêreld is daar ’n duidelike verdeling tussen bergfietsrenne en padfietsrenne,” sê Diesel-Reynolds. “Daar is aparte geleenthede vir beide dissiplines, maar nadat ons met ander fietsryers gesels het, het ons die samevoeging van die twee begin oorweeg.” En só is die Cape Duo gebore. Op dag een neem die twee spanlede apart deel - die een doen ’n padwedren oor 40 km en die ander jaer pak ’n uitdagende roete oor 25 km aan. Hierdie twee fases sal die jaers se energie en ywer beproef op ’n roete wat die deelnemers 800 m bo seevlak lig. Op dag twee lê die spanne saam die roete op die teerpad oor 125 km af. Die oggend van dag 3 begin hulle dan die Welvanpas-bergfietsroete met die provinsie se pragtige berge in die agtergrond. Laastens, op dag vier, word geteerde paaie weer aangepak voordat hulle ’n onverwagse ompad deur die Rhebokskloof-bergfietsroete teëkom, waarna die eindstreep vir hulle wag op die Rhebokskloof-wynplaas. ’n Boete word opgelê vir spanne wat meer as twee minute van mekaar eindig. Fietsry groei in gewildheid met na raming sowat een miljoen ryers in Suid-Afrika alleen. Verdere beramings dui daarop dat ’n honderdduisend van hierdie fietsryers in die volgende drie jaar aan een of ander wedren sal deelneem. “Ten spyte van die groei, stagneer baie van die wedrengeleenthede en bied deelnemers nie meer nuwe uitdagings nie,” sê Joubert. Die eerste Cape Duo Challenge word van 5 tot 8 Oktober aangebied en ruimte is beperk – skryf dus gou in. Die inskrywingsfooi is R9950 per span.

Bids will be evaluated in accordance with the Council’s Preferential Procurement Policy and the specifications issued with the tender document. The contract is classified as a small contract and the 80/20-preference point system will be used for the evaluation of the contract. The Preferential Procurement Policy will be available for perusal during normal office hours at the municipal offices. The Swartland Municipality endorses and supports the Government’s Black Economic Empowerment Programme and is committed to rectify the inequalities of the past. For bidders to qualify for the advantages of the B-BBEE Act, they must thoroughly complete the attached Annexure MBD 6.1. There will be no benefits if the schedule is not thoroughly completed. Preference points MUST also be claimed in paragraph 7.1. Bidders are required to submit original and valid B-BBEE Status Level Verification Certificates or certified copies thereof together with their bids, to substantiate their B-BBEE rating claims. This Bid is subject to the General Conditions of Tender and if applicable, any other Special Conditions of Tender. Bidders must have an approved and established manufacturer supported service centre within the jurisdiction area of the Swartland Municipality. The bidder must be an accredited dealer for vehicle sales, parts sales and services.

KENNISGEWING VAN TENDERKANSELLASIE Kennis word hiermee gegee dat die volgende tender gekanselleer is:

TENDER NO: T36/16/17 Tenderbeskrywing: Voorsiening en aflewering van

Tenders may only be submitted on the tender document that is issued.

1 x ligte motorvoertuig.

Technical enquiries regarding this tender may be directed to Ms. Arina Beneke at tel. 022 487 9400.

Rede vir kansellasie: Die tender is gekanselleer

Swartland Municipality is not obliged to accept the lowest, any part of a bid or a bid.

die toegelate begroting oorskrei het.

Swartland Municipality Private Bag X52 Malmesbury 21 June 2017

Privaat Sak X52

www.ayandambanga.co.za 131050

20X3 PROOF 2

JJ Scholtz Municipal Manager

aangesien die pryse van voornemende tenderaars Swartland Munisipaliteit

JJ Scholtz Munisipale Bestuurder

Malmesbury 20 Junie 2017 www.ayandambanga.co.za 131052

10X2 PROOF 1


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #3365 ------------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjie-dekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/elsa@ abcpartytjies.co.za #3463 ------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 ------------------------------TE KOOP FOR SALE Visvingers R48/kg; Viskoekies R48/kg; Krummelvis R40 per pak; Stokvis Filet + Porsies R65/kg; Groot Snoek vanaf R80-R110 elk; Geelstert R50/kg. 10kg leg "quarters" @ R270 per boks. Skakel 022 487 3265 /084 250 2460 #3905 ---TITUS EIENDOMME WESBANK : R630 000. Netjiese drie slaapkamer woonhuis met drie badkamers. Oopplan kombuis, sitkamer. TV kamer, braaikamer, garage. Netjies omhein met vibracrete en hekke. Oop spasies geplavei. Spasie vir nog twee motors R420 000 - Netjiese twee slaapkamer woonhuis met sitkamer, kombuis, badkamer, motor-afdak, vibracrete en hekke R90 000 - Netjiese hophuis Kontak: 022 486 5219 of 082 780 1380 ------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

Baie geluk JAMY-LEE PAPIER met jou "sweet 16th" verjaarsdag op 23 Junie. Geniet jou dag. Van: Mammie, Daddy, Jacquemine en Jaylin ----Happy sweet 16th birthday Jamy-Lee on 23 June. May God bless you for many more years. Love you Bernelee and Chantay -------------------------------

Happy birthday MICKEY. May God bless you with many more years. Enjoy your day with family and friends. Love you - Amanda & Lucian -------------------------------

11

21 Junie 2017 Atta se kind. Lekker verjaar. Liefde - Atta Dolla, Pokkel, Gayline, Ouma Myt, Denise en Barbie --------------------------------

AVIRL WILLEMS. Buurvrou, baie geluk met jou 50ste verjaardag op 21 Junie. Seëninge. Liefde Bettie, Nicolene, Naulene, Sally en baba Ayesha -------------------------------

JAY-WILL VAN ROOYEN - 21 Junie. Kyk wie word nege? Geluk met jou verjaarsdag. Geniet jou dag. Van: Ma jou ma en familie --------------------------------

Boeta, baie geluk met jou 75ste verjaarsdag. Alle mooi wense. Dankie vir alles wat jy vir ons doen. Baie liefde - Adilene, Shaulin, Cleo, Leigh en Mamma Margie --------------------------------

MARIA MOI - 23 Junie. Lekker verjaar my vrou. God se rykste seën. Lief vir jou - manlief, kinders, kleinkinders en skoondogter ----Dankie Mammie vir alles wat Ma vir ons doen en beteken. Geseënde dag vir Mammie - Ouboet en kinders --------------------------------

LEVERNA LEANDER Baie geluk Mammie se prinses met jou tiende verjaardag op 19 Junie. Geniet die dag. Baie liefde - Mamma, Pappa, Ouma en susters ----Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy 'n geseënde dag hê. Baie lief vir jou. Van Dena, Dad, Ghuwen, Tiaan en Jason -------------------------------Pa en Oupa FRED - 'n geseënde vadersdag daar op Piketberg. Mag God julle ryklik seën die dag. Van Edwaidlin op Calvinia --------------------------------

WILME CLAASSEN. Tien op 24 Junie. Ons wens jou geluk met jou verjaarsdag en mag God jou seën. Van: Mammie, Oupa, Ouma, Benita, Benna. --------------------------------

LIAM FREDERICKS Twee op 17 Junie. Baie geluk ons woelwaters seun. God rykste seëninge op jou pad vorentoe. Daddy, Mommy en Tietie Lesche --------------------------------

HANNON MESIAS. Baie geluk met verjaarsdag my seun. Liefde - Mammie --------------------------------

16 Junie. Geluk NIKKEE met jou verjaarsdag. Bly die soet meisie wat jy is. Baie liefde Mietjie, Paul, Diena en die hele Swanepoel familie ----Baie geluk my blompot met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën. Liefde - Jou Ma en Jomene --------------------------------

MIETJIE - 21 Junie. Baie geluk met Mammie se 39ste verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare met ons spaar. Liefde - Jomene, Johnaden en Paul --------------------------------

CALVIN CANNON. 20 Junie. Baie geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seëninge. Alles wat mooi is - jou vrou, kinders en kleinkinders --------------------------------

MEGAN BLANKENBERG- 23 June. Happy Birthday. Have a blessed and wonderful day. Love: Aunty Ellen, Taryn and Ethan ----Baie Geluk met jou 25ste verjaarsdag. God se rykste seëninge. Geniet jou dag! Lief vir jou - Mammie, Daddy, Jo Ann, Boeta, Celeste, Garth en antie Gha Gha --------------------------------

BEYONCE BOOISE - Drie op 25 Junie. Gelukkige verjaarsdag Nonny. Lief vir jou - Mamma, Wena, Boeta, Lisa, Ouma en Oupa --------------------------------

Geluk THURSTON MENTOOR met jou veertiende verjaarsdag. Geniet die dag. Lief vir jou. Van: Mamma, Pappa, Ainslee, Sunay en Nurl --------------------------------

JENNIFER DELPORT. Geluk met jou verjaardag op 22 Junie. Mag jy 'n geseënde dag hê. Liefde - Cherrylane kollegas --------------------------------

Geluk op jou verjaarsdag JACO op 21 Junie. Hoop jy geniet jou dag. Van jou kollegas - Laine en Hulldrick --------------------------------

21 Junie - XAVIER JANSE. Baie geluk met jou verjaarsdag. Liefde Ma, Pa, Barbie, Zandre, Graham en Nicole ---Ons grootseun word vyf jaar. Baie geluk Xavier. Liefde - Ouma, Oupa, Nicholas, Jan, Johannes en Nicole ----Gelukkige verjaardag

Veels geluk met jou verjaardag RUHMIELL wat op 15 Junie was. Mag God jou ryklik seën. Liefde van Dè en Mammie ----To my brother Ruhmiell. A big happy! May God bless you. Lots of love - your sister Rudene --------------------------------

Baie geluk MARA KRUGER met u verjaarsdag op 25 Junie. Baie liefde - Hendrik, Theuns, Cevin, Hanco, Annalie, Lizette, Jana en Michelle, ----Gelukkige verjaardag Mara. Lief vir jou - Ma, Ouma en Skoonma --------------------------------

GENEVA - Happy 21st and crown birthday. You are the best friend I could ever ask. Blessings eternally. Love - Rowena and family --------------------------------

MALIKA MITCHELL - Geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën. Van: Chantel November, Mable vor Watshey Terblance en familie --------------------------------

SELWYN HENDRICKS - Pa, 'n geseënde Vadersdag. Van u dogter, Selwenice en Ouma Sonia --------------------------------

ANNA & JOHANNES 23 Junie 2017 40ste Huweliksherdenking. Sowaar ‘n voorbeeld van tot die dood ons skei. Baie geluk - Kinders & Kleinkinders --------------------------------

GLEN LOUBSER - Pa en Oupa Basie Loubser in Hopefield. 'n Geseënde vadersdag. Van: Mammie, Jo-Lin, Samantha en kleinkinders --------------------------------

23 Junie, LUWELLEN, baie geluk met jou geboortedag. Mag daar nog vele wees van Mamie, Nique, Bronny, Luwaan, Lizelle ----Luwellen, ons wens jou alles van die beste toe. Jy moet lekker verjaar. God seën van - Anna en gesin --------------------------------

Guess who's turning 21!! on 26 June. Happy birthday MICEALA. Hope you enjoy your day. May God keep and bless you. Stay as beautiful as your are. I love you "Nana"! and they. From : Zia, Karen, Kirstin, Peter, Fortune & Salie Street #4544 --------------------------------

MISHCA BERLING. 26 Junie 2006. Raai wie word elf! Geluk op jou verjaarsdag. God se rykste seën. Liefde Mommy, Tatum, Lemar, Nanna --------------------------------

MYRANN SERGIO ISAACS. 23 Junie 2017 Baie geluk Boeta met jou verjaarsdag en God se rykste seën. Baie lief vir jou - Isaacs, Hantam, Apollis en Louw Familie --------------------------------

Gelukkige tiende verjaarsdag GAYLIN. Mag God jou nog baie jare spaar. Baie liefde van Dadda, Mammie, Jade en Sterling --------------------------------

Baie geluk JONEVE met die Graad wat jy ontvang het. Van Sterling, Annalize en kinders -------------------------------MEAGAN LIEBENBERG. Jy moet jou dag geniet. Van: Mamma en Boeta ----Lekker verjaar Meagan. Liefde - Atta Wounie, Ashwin & Alviro ---Meagan, geniet 'n spoggerige dag. Liefde - Ouma, Bianca, Nanna Pia en Marvin -------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

TOMMY ENGELBRECHT - 22 Junie 2017, is jou tweede verjaarsdag weg van ons. Ons mis jou nog elke dag - Ursula, Wium, Renate, Quade en Ronald --------------------------------

DALENE GOLIATH - 21 Junie 2017, sal jy 70 jaar oud gewees het. Ons weet jy vier dit met die engele. Ons mis jou baie - Jou familie --------------------------------

FRANS GEDULD. 25 Junie 2017. Jou eerste verjaarsdag in die hemel. Die hartseer en verlange is nog elke dag daar. Liefde Magdalene (Mekka) en kinders ----Frans, ek het gedink ons sal saam oud word. God is die een wat die leemte vul - Jou vrou Magret, kinders, kleinkinders, susters en broer --------------------------------


12

courant

NUUS • NEWS

dié

21 Junie 2017

SWARTLAND SPORT

Tel: 022 487 3221

21 Junie 2017

Sportuitslae Sports results KRIEKET

Die Malmesbury-krieketklub se Algemene Jaarvergadering word Donderdag, 29 Junie, om 19:00 in die Wesbank Biblioteeksaal gehou. Alle lede en moontlike nuwe lede word na die vergadering uitgenooi om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, kontak die voorsitter, Gregory Claassen by 060 319 0376.

DUIWE

Manfred Doman van Never Despair beur vorentoe in dié span se kragmeting teen die span van Wesbank. Gavin Skippers van Wesbank maak reg om hom te stuit. Wesbank het met 30-23 gewen. Foto: David Howburg

•UITSPELE NADER VINNIG

Wesbank ry steeds die sege-golf

•Abri Adonis Wesbank RVK is tans besig om weg te hardloop in die Groot Uitdaag-kompetisie se Swartwesafdeling en staan soos 'n paal bo water uit teenoor die res van die spanne. Wesbank is op goeie vorm en het Saterdag groot ondernemingsgees getoon deur 'n gemotiveerde Never Despair-span te klop in 'n taai derby-stryd. Die wedstryd is teen 'n vinnige tempo gespeel, met albei spanne wat vir groot opwinding gesorg het. Wesbank het die wedstryd goed begin, maar Never Despair het hard terug geveg. Wesbank het egter gefokus gebly en sodoende hul tiende oorwinning van die seisoen behaal. Wesbank speel Saterdag gasheer vir 'n Mamrespan wat ook goed op dreef is, na twee agtereenvolgende oorwinnings, nadat hulle al hul vorige wedstryde verloor het. Hulle reis egter na Malmesbury wetend dat Wesbank nie enigsins hulle voete van die pedaal gaan afhaal nie en sal hulle regmaak vir nog 'n groot rooi en wit storm. Wesbank behoort Saterdag hulle wenstreek voort te sit met 'n oorwinning van meer as vyftien punte. Darling, wie tans kookwater-rugby week na week opdis, speel komende Saterdag gasheer vir Vredenburg wie Saterdag 'n groot loesing ontvang deur Saldanha ontvang het. Darling se agterlyn is tans besig om elke Saterdag drieë te laat reën en Saterdag op Darling se tuisveld sal Vredenburg sy storie moet ken, andersins wag nog 'n groot pak slae op hulle. Darling en Saldanha is tans in 'n hewige stryd

om die tweede plek en Darling weet dat 'n oorwinning ononderhandelbaar is om sodoende hul kanse vir die uitspele lewend te hou. Darling sal dus met 'n groot aanslag Vredenburg met meer as tien punte klop. Never Despair reis Saterdag na Saldanha, wie se seisoen uiteindelik besig is om vlam te vat, ná hulle twee agtereenvolgende naweke groot vygtigtalle uitgedeel het. Never Despair sal dus moet raakvat indien hulle nie die tsunami in dieselfde bootjie wil aandurf nie. Saldanha spog met 'n sterk pak voorspelers en Never Despair sal hulle dus voorlangs moet stuit om te verseker dat Saldanha se vlugvoetige agterspelers nie tent opslaan agter Never Despair se doellyn nie. Never Despair spog egter self met 'n paar onvoorspelbare spelers en sal groot teenkanting vir Saldanha bied. Dis egter moeilik om te voorspel dat Never Despair vir 'n opskudding sal sorg en Saldanha behoort die wedstryd met minder as vyftien punte te wen. Velddrif se nagmerrie-seisoen duur steeds voort, nadat hulle Saterdag hul sesde agtereenvolgende nederlaag ervaar het. Die span speel Saterdag gasheer vir St Helenabaai, wie se seisoen ook tans wipplank ry. St Helenabaai sal wil opmaak vir hulle loesing die vorige week teen Mamre om hul kanse vir die uitspele lewend te hou en behoort verdere sout in Velddrif se wonde te vryf met 'n oorwinning van meer as tien punte. Ná twee groot nederlae geniet Abbotsdale Saterdag 'n blaaskans om te herstel en sterker terug te kom.

Boland:

Keanan Solomons van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury is in die o.16 Grant Komo-rugbyspan van Boland opgeneem wat vanaf 10 tot 14 Julie in Bloemfontein gaan deelneem. Nathan Solomons is in die o.18-span opgeneem wat vanaf 17 tot 22 Julie in Johannesburg gaan deelneem.

Moorreesburg : Laingsburg Ope 2 1 Boetie Baron Hokke 1073.1976; 2 Frans Jooste 1052.1836; 3 Boetie & Baron Hokke 1029.7931; 4 Hennie Bester & Johan 1014.0640; 5 Steenekamp Lofts 1008.8041; 6 Frans Jooste 998.6425; 7 Hennie Bester & Johan 990.4155; 8 Boetie & Baron Hokke 975.9008; 9 Frans Jooste 973.7117; 10 Doornkloof 972.7119; 11 Frans Jooste 954.5282; 12 Van der Vyfer Hokke 953.6743; 13 Steenekamp Lofts 953.5621; 14 Yt & Tuis 952.0516; 15 Van der Vyfer Hokke 950.1721 Laingsburg JO2 1 Frans Jooste 996.8767; 2 Hennie Bester & Johan 974.2859; 3 Steenekamp Lofts 971.2661; 4 Frans Jooste 969.3740; 5 Yt & Tuis 966.2159; 6 Doornkloof 953.2592; 7 Yt en Tuis 949.0650; 8 Hennie Bester & Johan 945.9921; 9 Yt en Tuis 944.9440; 10 Yt & Tuis 934.6202; 11 Doornkloof 910.5140; 12 Frans Jooste 907.0601; 13 Van der Vyver Hokke 901.4153; 14 Steenekamp Lofts 875.9434; 15 Steenekamp Lofts 848.4844 Laingsburg Ope 1 1 Yt & Tuis 1002.1231; 2 Van der Vyver Hokke 959.2724; 3 Hennie Bester & Johan 924.8982; 4 Doornkloof 923.4543; 5 Boetie & Baron Hokke 897.9293; 6 Doornkloof 887.3471; 7 Hennie Bester & Johan 879.4049; 8 Doornkloof 876.8224; 9 Boetie & Baron Hokke 874.1362; 10 Frans Jooste 870.4569; 11 Steenekamp Lofts 865.2901; 12 Yt & Tuis 863.7476; 13 Steenekamp Lofts 863.0110; 14 Yt & Tuis 862.9064; 15 Van der Vyver Hokke 862.4792 Laingsburg JO1 1 Frikkie Bester 902.2538; 2 Steenekamp Lofts 894.1228; 3 Yt & Tuis 885.5772; 4 Frans Jooste 868.8106; 5 Yt & Tuis 835.1363; 6 Van der Vyver Hokke 816.8168; 7 Frans Jooste 796.9121; 8 Henna & Melt Smit 792.7738; 9 Steenekamp Lofts 791.3723; 10 Steenekamp Lofts 791.3723; 11 Van der Vyver Hokke 790.1075; 12 Van der Vyver Hokke 790.0070; 13 KB en Seun 788.2222; 14 KB en Seun 762.4408; 15 Yt & Tuis 750.2286 MALMESBURY POSDUIFKLUB Laingsburg Jaaroud 1 Kotze Familie Hokke 962.842; 2 LF van Dalen 953.278; 3 Bordeaux 944.388; 4 J Steenkamp 925.793; 5 G Horn 923.493; 6 LF van Dalen 900.004; 7 J Louw 897.235; 8 M Hill 867.402; 9 Bordeaux 864.611; 10 Bordeaux 848.431;

Vrouerugby:

Keisha Stuurman en Francis Arendse van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury is in die Boland o.18-vrouerugbyspan opgeneem wat vanaf 2 tot 7 Julie in Welkom deelneem.

Laingsburg Ope 1 J Steenkamp 1069.588; 2 J Steenkamp 1042.449; 3 J Steenkamp 1040.933; 4 G Horn 1024.328; 5 G Horn 1023.120; 6 G Horn 1023.033; 7 J Steenkamp 1010.571; 8 LF van Dalen 1006.863; 9 Bordeaux 1005.966; 10 M Hill 1004.933;

RUGBY

Klubkompeties (Boland) - Grootuitdaagreeks Swartweskus : Mamre 49, Velddrif 18; Wesbank 30, Never Despair 23; Saldanha 54, Vredenburg 24; Darling 53, Abbotsdale 30


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
425 dié courant swartland by DieCourant - Issuu