courant
1 Wellington
dié
14 Junie 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
14 Junie 2017
Uitgawe 424
•OUD-OPENBARE BESKERMER BY KOLLEGE
Belê in die jeug Thuli Madonsela
• Jaomi Zeeman Die voormalige openbare beskermer, advokaat Thuli Madonsela, het op Dinsdag 30 Mei met rolspelers en belanghebbendes van die Hugenote Kollege gepraat. Hierdie uitsonderlike geleentheid het tydens die bekendstelling van ‘n nuwe veldtog om jongmense te bemagtig, plaasgevind. Die Hugenote Kollege het ‘n veldtog, “Building a next generation of innovative social leaders”, tydens ‘n spoggeleentheid in Franschhoek bekendgestel. Die gasspreker vir die aand was niemand minder nie as die inspirerende advokaat Madonsela. Sy is ‘n innoverende sosiale leier in eie reg en het die gaste behoorlik aan haar lippe laat hang. Volgens dr. Willie van der Merwe, rektor van die Hugenote Kollege, pas die visie wat advokaat Madonsela vir die jeug van die land het perfek by dié van Hugenote Kollege in. “Hugenote Kollege is ‘n Christelike privaatopleidingsinstansie wat spesialiseer in die opleiding van leiers in teologie en bediening, sowel as professionele persone in die maatskaplike welsynsektor. "Die instansie is bekend daarvoor dat hulle jaarliks sosiale leiers aan gemeenskappe lewer,” het hy gesê. Van der Merwe het beklemtoon dat die Hugenote Kollege hulle daarop toespits om landsburgers wat in die voetspore van hul stigter, dr. Andrew Murray, wil volg, op te lei om ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak. “Ons moet ook nie van ander soortgelyke leiers vergeet nie. "Mense soos oud-president Nelson Mandela, aartsbiskop Desmond Tutu en dr. Beyer Naude is maar enkele voorbeelde. ‘Ordinary men and women of virtue, wisdom, diplomacy and courage who inspires greatness in others and move the course of liberty’, soos so goed deur die George Wythe Universiteit se missie opgesom,” het hy bygevoeg. Die nuwe veldtog van Hugenote Kollege is daarop gefokus om ondersteuning vir spesifieke projekte binne die kollege te bekom en
Winterslaap in die galery
Bo: Ds. Nelis Janse van Rensburg, Moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk in die Wes- en Suid-Kaap, adv. Madonsela en dr. Willie van der Merwe, Rektor van die Hugenote Kollege. sodoende by te dra om die volgende generasie gebrek aan fondse of infrastruktuur nie. "Ek droom van ‘n opvoedingsomgewing waar as innoverende sosiale leiers toe te rus. Hulle wil met hierdie inisiatief kursusse daar- niemand onsedelike lewensomstandighede hoef stel wat programme in teologie en bediening, te verduur nie en van onderwys- en opvoedingsasook in maatskaplike hervorming as toerusting inhoud wat nie rasse-, geslags- en ander sosiale stereotipes of historiese ongeregtighede vervir studente kan dien, aanbied. “Dit is bowenal iets waardeur ons die sterk nie,” het sy in haar toespraak gesê. Die Hugenote Kollege wil met hierdie inisiabelangrikheid van sosiale leiers en mentors aan die jeug van Suid-Afrika wil verduidelik,” sê Van tief gestalte gee aan die siening van die “Centre for Social Leadership”: “Social leaders serve and der Merwe. Advokaat Madonsela het in haar boodskap by bless others. They create beauty in the world, hierdie visie aangesluit en die essensie daarvan lift the vision of mankind, broaden our possibilities and deepen our life experiences,”. ondersteun. Vir meer inligting oor die veldtog kan belangSy het klem gelê op die belangrikheid om in stellendes Hugenote Kollege by 021-873 1181 of ons jeug te belê vir ‘n beter toekoms. “Ek sien ‘n toekoms waar geen kind uitge- bestuur@hugenote.com kontak of hul webtuiste sluit word van enige tersiêre studies weens die by www.hugenote.com besoek.
Lionsklub pak bewusmaking oor gif
Hillcrest kraai koning
NUUS • NEWS
2
14 Junie 2017
Nuut op die rakke: Koos van der Merwe, die singende predikant van George
met die mooi stem wat Leonard Cohen in Afikaans laat sing het, stel sy nuwe CD op Vrydag 16 Junie in Die Bôrdienghuis in Wellington bekend. Van der Merwe het op sy nuutste CD, Droom Martha Droom, sy kenmerkende poëtiese aanslag, maar verwag ook 'n paar verrassende energieke en stomende liedjies soos Katoen, Vat Aan My en Hart Van Afrikaans. Droom Martha Droom is 'n album met gewig, tog is dit dromerig en speels. Jaques Brell se klassieke Marieke en Laat My By Jou Bly pas soos 'n hand in 'n handskoen by Koos en Matthys Maree, die musikale regisseur, se oorspronklike skeppinge. Met Neem Die Wals bring Koos vir oulaas ook 'n huldeblyk aan Leonard Cohen wat in 2016 weggeneem is van almal wat altyd na hom sal verlang. Maree was ook die musikale brein agter Koos se vorige twee albums, Leonard Cohen in Afrikaans en Tamboerynman. In hierdie produksie word Koos se nuwe digbundel, Nagverse, ook bekendgestel. Die eerste vertonings van Droom Martha Droom is staande toegejuig. Moenie hierdie vertoning misloop nie! Die vertoning begin om 19:30 in die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum op die hoek van Burger- en Malherbestraat in Wellington en kaartjies kos R130 per persoon. Pizza’s en wyn kan reeds van 18:00 gekoop word. Bespreek by teater@breytenbachsentrum.co.za; info@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.
Lizz: Lizz Meiring het op Donderdag 8 Junie in die Hugenote Laerskool se saal opgetree. Hierdie eenvrouvertoning van haar, genaamd “Langpad en lipstiek”, is ten bate van Silwerkruin aangebied. Op die foto is sy saam met personeellede van Silwerkruin. Hulle is Liezl Abrahams, Sarie Hendricks, Gertie Williams, Shannon Eksteen en Jolianda Jacobs.
Redenaars:
NUUS • NEWS
Hugenote Laerskool spog met twee redenaarleerders wat plekke losgepraat het in die ATKV-redenaarskompetisie semi-finale rondte. Hierdie leerders het saam met die top-sprekers van Wes-Kaap deelgeneem aan die jaarlikse redenaarskompetisie te Parel Vallei in Somerset-Wes. Jacobus Smit het ‘n vyfde plek behaal en Mija Zeeman ‘n tweede plek. Slegs twee leerders van elke provinsie mag deurdring na die finale rondte wat vanjaar vanaf 10-11 Augustus by ATKV-Goudini Spa gehou word.
NUUS • NEWS
14 Junie 2017
UITSTALLING IN GALERY
3
Winterslaap van Serfontein te sien Wit pieke na die storm:
Wellingtonners is bederf met prentjiemooi sneeubedekte berge na verlede week se storm. Bo en behalwe die goeie, deurdringende reën wat die gebied die afgelope week gekry het, is sneeu een van die beste waterbronne vir die vallei. Sneeukop doen sy naam gestand.
Prof. Ampie Coetzee wat die openingstoespraak gelewer het, die akteur Stian Bam wat voorlesings van Wilma Stockenström se gedigte gedoen het, Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery en die kunstenaar Henk Serfontein. Die bekroonde kunstenaar Henk Serfontein se word van haar wat slaap. Dit is ‘n iets baie intiem uitstalling, Winterslaap, het op Saterdag 10 Junie om iemand te vertrou om na jou te kyk terwyl jy slaap en dit het my diep geraak,” vertel hy. in die Breytenbach Galery geopen. Die spreker tydens die openingsgeleentheid Hierdie uitstalling van Henk, wat as een van Suid-Afrika se mees gerekende kunstenaars was prof. Ampie Coetzee. Hy het die uitstalling beskou word, het onlangs baie positiewe reaksie as ‘n “visuele gesprek tussen die kunstenaar, digter en toeskouer” beskryf. “Dit sê iets van die tydens die afgelope Woordfees ontlok. Wilma Stockenström, bekroonde Afrikaanse kunstenaar. Dit sê iets van die digter. En dit sê digter, aktrise en stemkunstenaar, het as inspi- iets van ons almal,” het Ampie gesê. “Henk het rasie vir Henk se kunswerke in hierdie uitstalling sekere aspekte van Wilma se gedigte intuïtief gedien. Volgens Henk het hy “Winterslaap” aangevoel en in hierdie reeks kunswerke vergespesiaal vir Woordfees 2017 geskep. “Die uit- stalt,” het hy voortgegaan. Die akteur Stian Bam het ‘n verskeidenheid stalling bestaan uit 12 houtskool tekeninge van die digter Wilma Stockenström in ‘n slapende van Wilma Stockenström se gedigte wat by die temas van winter, slaap, verganklikheid en die toestand,” verduidelik hy. Henk het Wilma in ‘n winkel naby aan albei menslike toestand aangesluit het, voorgelees. se blyplek ontmoet, impulsief vir haar ‘n bos Bam het, met sy fluweelstem en raak interpretablomme gekoop, en ‘n ruk later ‘n portretstudie sie van Stockenström se gedigte, bygedra om die van haar gedoen. By die lees van een van haar essensie van die uitstalling tot sy reg te laat kom. Volgens Henk is die uitbeelding van die bekende gedigte, “Winterslaap”, het hy die idee gekry om tekeninge van ‘n slapende Wilma te weerloosheid van iemand in haar slaap eintlik ‘n bevrydende ding. maak. “Ek dink ons het almal uiteindelik toeskou“Die idee om portrette van ‘n slapende digter te doen, het by my ontstaan, nadat ek haar gedig ers nodig wat na ons kyk en ons raaksien in gelees het. Dit het as inspirasie en die beginpunt ons weerbare oomblikke. Daar lê bevryding in daardie oomblik,” sê hy. van die hele reeks kunswerke gedien,” sê hy. ‘n Uittreksel uit Stockenström se gedig, “WinHenk vertel dat Wilma hom toegelaat het om in haar kamer te sit en foto’s van haar te neem terslaap”,wat as insprirasie vir die uitstalling terwyl sy slaap – iets wat hy vir ongeveer drie gedien het, spreek boekdele wanneer ‘n mens ure lank gedoen het en waartydens hy honderde na die kunswerke kyk. Dit lui: “Egalig haal die nagte asem in leë kamers en leër strate… kokon foto’s geneem het. “Wilma is ‘n bekende aktrise, maar sy het is my naam.” Die uitstalling duur tot 24 Junie en belangstelhaarself weerbaar en menslik vir my gemaak tydens die fotosessie. Daar was iets heiligs vir lendes kan die galery by galery@breytenbachmy in daardie oomblik, toe ek die aanskouer sentrum.co.za of 021-864 2988 kontak.
courant
dié
4
14 Junie 2017
Wat is die slaap?
Slaap is iets wat klein kindertjies blykbaar verpes, iets waarna jong moeders verlang, iets wat party mense bly ontwyk en iets wat vir sommiges die lekkerste ding is om te doen. Wat elkeen se persoonlike verhouding en ervaring rondom slaap ook al mag wees, dit is iets wat niemand kan ontken of vermy nie. Slaap is ‘n onlosmaaklike deel van die siklusse van lewe. Dit is ‘n tyd van herlading, ‘n tyd van rus, ‘n tyd van ontsnapping, ‘n tyd van weerloosheid, maar soms ook ‘n tyd van donker, ‘n tyd van wroeging en ‘n tyd van vrees. Die winter word tradisioneel met slaap verbind. Die assosiasies van hibernasie, blare wat afgeskud word en sade wat sluimer maak van die winter ‘n perfekte pasmaat vir slaap. Die feit dat ‘n mens noodwendig meer tyd binnenshuis moet deurbring, dwing die mensdom om homself in die winter met rustiger aktiwiteite besig te hou – en waarskynlik meer te slaap. Ons is dus nou in die hartjie van die seisoen van slaap. Tog is slaap skynbaar allesbehalwe wat die mense in Wellington doen om hul tyd om te kry. Die Hugenote Kollege sluimer nie wanneer dit by die inisiëring van nuwe programme kom nie – hulle is wakker vir die behoeftes in ons land. Ons skole hou sportdae en ons leerders en studente bly nagte wakker in hul voorbereiding vir die eksamens. Bekroonde kunstenaars en skrywers stel hul nuwe musiek en boeke in ons dorp bekend. Ons kore verwerf pryse, gemeenskapswerkers woeker vir Jeugdag, ons Lions Klub loods bewusmakingsprojekte en Silwerkruin hou fondsinsamelings. In Wellington is daar is geen teken van “nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer” nie – al is dit winter. Wanneer ‘n mens voor die magiese tekeninge van ‘n slapende Wilma Stockenström in die Breytenbach Galery staan, is dit die weerloosheid van ‘n slapende mens wat jou tref. Miskien is dít die belangrikste nut van slaap: dat ons ego’s ‘n blaaskans kry – al is dit net vir ‘n paar uur. Mag elkeen hierdie week genoeg slaap om gesond te funksioneer.
It’s Good News
NUUS • NEWS
Dr. Marc Blackwell
Words of Grace
“For by grace you have been saved through faith, and that not of your- selves; it is the gift of God, not of works, lest anyone should boast.” Ephesians 2:8-9
It is important to understand that Salvation is the free gift of God’s grace. It is equally important to remember that nothing saves us but faith in Jesus Christ as our Lord and Saviour. Neither the church, nor baptism and none of your best ‘good works’ could ever save you! God does not want us boasting in our ‘good works’ rather than in God’s free gift of grace. In Ephesians 2:10 Paul pointed out that “… we are His workmanship, created in Christ Jesus for good works, which God prepared beforehand that we should walk in them.” Although, our “good works” can’t and don’t save us they are a natural result and reasonable expectation of being born again - of being (re-)“created in Christ Jesus.” If we are saved by grace, kept by grace then too we need God’s grace to help us do the good works that will glorify Him. Paul also explained that it is reasonable for believers to strive for excellence on this earth but not for ourselves! “…Whatever you do, do all to the glory of God.” Christians of our day should do the same in all that we do for God’s glory.
Reünie: Pauw Gedenk se Sub A-klas van 1957 wil hierdie jaar, 60 jaar nadat hul mekaar
op die skoolbanke leer ken het, 'n reünie hou. Almal wat in 1957 in Pauw Gedenk in Juf. Moses se klas was, word hartlik na hierdie geleentheid wat in Oktober beplan word, uitgenooi. Die destydse skoolhoof was R.G. Naidoo. Almal wat enige kontak met lede van hierdie legendariese klasgroep het, word gevra om hulle asseblief van die geleentheid te vertel. Belangstellendes kan Herman Bailey by 082 901 5050 of 021 873 2132 in hierdie verband kontak. Agter is Solly Williams, George September, Melvin Appollis, Ewert Jagman, Niklaas Johannes, Herman Bailey. 4de ry: Denzil de Vries, Tommie Trusky, Thys Samuels, Marthinus, Aubrey Martin, Kammies, Willem Jackson, Willem Williams. 3de ry: Moos Jacobs, Clarence Dreyden, Sonia Batts, Ann Wellman, Vivienne Petersen. Ry 2: Jumat Julies, Magrieta, Max de Vries, Louisa Allies, Francisca Albertus, Aletta, Francina Williams, Bettie Jones, Wilma Jones 1ste Ry: Christie Weideman, Wilna Kroneberg, Anna, Spasie de Vries, Priscilla Fortuin.
Koor se klanke bekoor Die seniorkoor van Hugenote Laerskool het die afgelope tyd uitstekende prestasies behaal. Die koor, onder leiding van Leana Engelbrecht, het tydens Boys High se afgelope Koorfees saam met talle ander kore opgetree. Die beoordelaar by hierdie jaar se fees was niemand minder nie as die bekende “Varsity Sing” beoordelaar, Marvin Kernelle. Hugenote se koor is as die wenners in hul afdeling by hierdie fees aangewys. As prys sal daar ‘n spesiale opdragwerk vir die koor deur Xander Kritzinger gekomponeer word.
‘n Lied van die koor se keuse sal later opgeneem en oor Bok Radio uitgesaai word. Die koorleidster, Leana Engelbrecht sal ook ‘n onderhoud oor Bok Radio doen. Bo en behalwe die koor se prestasie by hierdie gerekende koorfees, het hulle ook uitstekend gevaar tydens die ATKV Applous-koorkompetisie. Hier het hulle ‘n goud verwerf, wat ‘n persentasie tussen 80 en 100% beteken. Die koor gaan ook, saam met die skool se juniorkoor, op 23 Junie aan die landwye “Sing in Harmonie” koorkompetisie wat op televisie uitgesaai word, deelneem.
Krisante: By die pas afgelope
(101ste) krisante skou, was die mense nogal bekommerd dat die vereniging kan doodloop omdat daar nie juis ‘n nuwe geslag belangstellendes is wat dit kan laat voortleef nie. Nou het die Bosman Plase by die vereniging betrokke geraak en lyk my dit gaan nog ‘n groot storie word. Ek kan nog niks offisieël sê nie, maar Petrus Bosman is besig om met sy Britse “Fair Trade” maters te praat vir befondsing vir tonnels op sy plase vir die blomme. Bo is die lede van die Bosman Manneklub wat almal nou nuwe lede by die Krisante Vereniging is. Links is Cheslin Hartnick, Jan Morkel, Beira Morkel, Jakob Morkel, Johannes Thomas (Voorsitter Adama Foundation), Marianne Morkel en Danie Solomans. Agter is Fred Fortuin, Klaas Morkel (gemeenskapswerker),Gawie Arendse, Mark Adams, Gerhard Solomans, Danny Paulse, Flip Daars, Christoffel Kammies, Absalon Daars en Freddie Neethling.
NUUS • NEWS
5
14 Junie 2017
Also at
42 48 44 130
BUY ANY 2 FOR
R
99 R
R
SAVE R15.98 Flora Fat Spread Assorted 500g Tub
R
SAVE R22.99
Per kg
Ariel Auto Washing Powder with/without Downy 2kg Flexi Bag, Liquid Detergent with/without Downy 1.5 Litre or Capsules 15s Each
no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 5kg
County Fair Fresh Chicken Party Braaipack 16s
BIRTHDAY PROMOTION THIS SUPERMARKET BRINGS YOU MORE DEALS* THAN ANY OTHER
R
R
65
SAVE R1.50
Per kg
Sasko Low GI Whole Wheat Brown Bread 800g
PnP Bulk Stewing Beef Bone in
R
24
R
99
19
33
R
SAVE R9.95 Crown Blended Cooking Oil 2 Litre
Enterprise Streaky or Bits o Bacon 200g Each
R
12
99
18
15
BUY ANY 4 FOR
R
99
Knorr Soup Assorted 50g
PnP Tomato Sauce 700ml
R
NOW ON
39
99
PnP All Grain Large Eggs 18s + 6 FREE
R
14
99
SAVE R3
Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each
WAS R112
R
99
94
SAVE R18
Sasko Cake Wheat Flour 2.5kg
Castle Lite Lager 12 x 340ml Non-returnable Bottles
R
36
PnP White Sugar 2.5kg
80
R
179
99
Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack
R
10
99
Sparletta Soft Drink Assorted 2 Litre Each
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. * When compared to a 13 week advertising track of deals in your region. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za
Prices Valid 15 - 18 June 2017 At Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape
PERSONALISED DISCOUNTS ON WHAT YOU BUY MOST. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.
MMWCHS1446
6
14 Junie 2017
NUUS • NEWS
Wellington se Lions dryf gifbewusmaking Die plaaslike Lions Klub het besluit om, as een van hul gemeenskapsprojekte, ‘n bewusmakingsveldtog ten opsigte van vergiftiging te loods. Hierdie inisiatief spreek die gevaarlike gevolge van die inname van giftige middels in. Volgens Rita Stigant van die Wellington Lions Klub is die somtyds onopsetlike inname van gif ‘n probleem wat min aandag geniet en verrykende gevolge kan hê as dit nie korrek behandel word nie. “Almal van ons het talle botteltjies skoonmaakmiddels en ander huishoudelike gebruiksitems wat giftig is wanneer dit ingeneem word of verkeerd hanteer word. "Mense weet nie altyd wat om te doen wanneer so iets gebeur nie en die Lions het gevoel om praktiese wenke en ‘n bewusmakingsveldtog hieroor onder ons plaaslike mense te loods,” verduidelik sy. Volgens haar het die kundige kennis wat hulle ingewin het die fokus geplaas op die feit dat die vroeë- en buite-hospitaalbehandeling van hierdie toestande ‘n positiewe uitkoms op die gevolge kan hê. “Ons het spesialis-kennis van die Tygerberg Gifinligtingsentrum en hulle Gifinligtingshulplyn bekom wat mense kan bemagtig om die regte dinge te doen wanneer iemand vergiftig is,” sê sy. Die plaaslike Lions Klub het besluit om ‘n inlitingspamflet met die belangrikste basiese wenke te laat druk en onder die gemeenskap te versprei om as vinnige verwysing in ‘n noodgeval te dien. “Op die pamflet is nuttige inligting en wenke wat mense dadelik kan toepas wanneer iemand per ongeluk gif ingeneem of deur ‘n giftige insek of slang gebyt is. "Dit verskaf ook noodnommers wat mense kan bel wanneer hulle onseker is en daar is raad oor wanneer jy dadelik mediese hulp moet kry en wat jyself kan doen om die situasie te hanteer,” verduidelik sy. Die pamflet bevat tabelle wat die verskillende blootstellings aan gif in kategorieë plaas en toepaslike behandelingsriglyne vir elke situasie aanbeveel. “Baie mense dink uit onkunde dat hulle bv.
Lianie May @ Malmesbury
9 September
19:00 vir 19:30 Malmesbury Stadsaal
Kaartjies: R100 elk Beskikbaar by Computicket
Fondsinsameling ten bate van Elkana-kindersorg 022 486 4178 • www.elkanachildcare.co.za
‘n persoon wat iets giftig ingekry het iets moet gee om te eet of drink of dat hulle braking moet aanhelp. "Dit is nie altyd die beste raad nie,” verduidelik Stigant. Dit is insiggewend dat pasiënte in die meeste gevalle nié iets moet eet of drink of dat braking aangebring moet word wanneer hul iets giftigs ingeneem het nie. Met die inname van algemene huishoudelike middels soos naellakverwyderaars, olieverf, ontsmettingsmiddels, insekdoders, slakgif, opwasmiddels, waspoeier, bleikmiddel, alkohol, reukweerders, gom en skoonheidsmiddels word braking bv. glad nie aanbeveel nie. “Die tabel wat ons in samewerking met die Tygerberg Gifinligtingsentrum opgestel het, klassifiseer al die middels in maklik-verstaanbare groepe wat presies sê in watter gevalle die pasiënt iets mag eet of drink, óf hulle iets mag eet of drink en wanneer braking aangebring moet word of nie,” sê Stigant. Volgens die inligting is dit ook belangrik dat in die geval van slangbyte, spinnekopbyt of skerpioensteek die gifinligtingshulplyn geraadpleeg
moet word en die pasiënt so gou as moontlik na ‘n kliniek, dokter of hospitaal geneem moet word. Volgens Stigant verduidelik die pamflet ook dat gifstowwe wat in die oë kom nie geneutraliseer moet word nie, maar lank met water gespoel moet word, waarna die persoon mediese hulp moet verkry. Velkontak met gifstowwe kan met seep en water behandel word. Dit is ook belangrik dat ‘n monster van die ongewensde stof na die dokter, hospitaal of kliniek saamgeneem word wanneer die pasiënt mediese hulp gaan soek. “Een van die belangrikste beginsels is natuurlik dat alle medisyne, huishoudelike chemikalie en insekdoders buite die bereik van kinders gebêre moet word. Voorkoming is altyd beter as krisisbeheer,” gee sy die beste raad. Die Gifinligtingshulplyn van die Wes-Kaap kan by 0861 555 777 gekontak word. “Dit is ‘n nommer wat almal op hul yskas moet hê,” sê Stigant. Vir meer inligting, kontak Stigant by 082 690 9526 of rethastigant@telkomsa.net.
NUUS • NEWS
7
14 Junie 2017
Dagboek • Calender
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United RFC Fixtures 17 June - Hillies vs Bella Vista (home) 24 June - Roses vs Hillies (Pelican Park) 1 July - Hillies vs Wolseley (Home) 8 July - Tulbagh vs Hillies (Away) 15 July - Hillies vs Hamlet (Home) 22 July - Bye 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals: Top 8 12 Aug - Semi Finals: Top 8 19 Aug - Finals: Top 8 For more information, contact Jovan-ré Cupido at 073 296 3575 or jovanrewc@gmail.com CHOC (Childhood Cancer Foundation) 16 Junie: Kom geniet pret vir die hele gesin op jeugdag op die Plaas Tannie (Onbedachtplaas), vanaf 09:00 tot laat. Vir verdere inligting, skakel 083 317 5536 of stuur 'n epos na helena@onbedacht.com Drakenstein Sakekamer 21 Junie: Die Drakenstein Sakekamer hou hulle 70-jarige bestaansvieringe en Algemene jaarvergadering by Rhebokskloof om 18:30 vir 19:00
Vinpro 22 Junie: Vinpro/Winetech Blokkompetisie vir Paarl/Swartland (ingesluit Wellington, Franschhoek, Darling en Tulbagh) se prysuitdeling vind plaas by die plaas Fairview, Malmesbury. Dit begin stiptelik om 09:00 tot 12:30 (middagete). Vir navrae, kontak Hanno van Schalkwyk by 021 276 0432. Evita se Perron 23 Junie: Evita se Perron bied aan Albert Frost om 20:00 en die koste beloop R120 per persoon. Vir verdere navrae, kontak - 022 492 3930 of stuur 'n epos na bookings@evita.co.za Wellington Huismark 3 tot 6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart-fasiliteite is beskikbaar. Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington-Noord se kerksaal Kontak Melanie by 021 873 1040 met navrae. Breytenbach Sentrum 19 Augustus: Mallies en die Sakemanne - Burgerstraat word aangebied in Die Bordienghuis by die Breytenbach Sentrum. Bespreek by 021 73 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Dagboek • Diary Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375.
Search for best agri worker in Western Cape underway A province-wide campaign to celebrate residents working in the agriculture sector was launched in the Western Cape this month. Alan Winde, Minister of Economic Opportunities, officially launched the 2017 Western Cape Prestige Agri Awards at Elsenburg. The initiative is co-sponsored by the Western Cape Department of Agriculture and Shoprite. Anton Alexander, an employee at Ouwerf Farm who works in Human Resources, and the overall winner of last year’s awards, attended the launch. As part of his prize, Anton travelled to the Netherlands and Germany to attend agriculture conferences and to network with agri enterprises. He described how the competition has changed his life: “It’s been quite an exciting year. I’ve been exposed to the marketing side of agriculture, and it’s been an eye-opener. “It’s also showed me the importance of seeing the bigger picture in any workplace. “As a result, when I complete inductions for new staff members now, I bring in all aspects of operations so that an employee has a deeper understanding of their role in the company, and can better understand how they contribute to the company’s success. “This ultimately affects the markets your produce can reach.” Anton, who is also currently completing his studies in Human Resource Management and Practices, said he’d like more young people to consider a career in agriculture. “Agriculture creates job opportunities and we need to get more people involved.” Offering advice to this year’s entrants, Anton said: “Broaden your knowledge about your job, and agriculture and the challenges in agriculture.” Minister Winde said the awards were aimed at highlighting excellence in the agriculture sector. “The agri professionals in this sector ensure that high-quality produce lands on our supermarket shelves, as well as in outlets abroad.
Now more than ever, in the face of changing weather patterns and a rising population, we are turning to agriculture for solutions. “This sector not only produces our food, it also generates domestic and foreign exchange for our economy, and creates jobs which sustain livelihoods. “Through these awards, we’ll be honouring the hard work and dedication of our agri professionals.” Dr Johan van Deventer, General Manager at Freshmark (Shoprite’s fruit and vegetable procurement and distribution arm) said they have been a proud sponsor of the competition for the past six years. “Agri workers are the reason we’re able to sell fresh, quality produce in our supermarkets on a daily basis. “It is wonderful to support an initiative aimed at uplifting individuals who make such a significant contribution to South Africa’s economy.” Between now and October, 16 regional competitions will take place. A winner, runner-up and second runner-up will be selected in each of the following 11 categories: • General Worker • Tractor Driver • Administrative Personnel • Animal Production • Technical Operator • Irrigation Specialist • Social Development • Agri-processing • Foreman • Junior Management • Middle Management The winner in each category and the overall winner in each region will go through to the provincial competition. Since 2002, 9369 residents have entered the competition.
8
courant
NUUS • NEWS
dié
14 Junie 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
14 Junie 2017
Uitslae en bepalings Results and fixtures
Hilcrest kraai koning in stryd
RUGBY BOLAND Groot uitdaagreeks : Witsentraal Roses United 31, Tulbagh 10; Hamlet 20, Bella Vista 19, Hillcrest United 18, Newtons 16; Delicious 17, Ceres 10
Die spanne van Hillcrest United en Newton het mekaar Saterdag in die stryd om die Groot Uitdaag-beker aangevat. Hillcrest het geseëvier met 18-16. Hier laat spaander Theodore Marinus van Newtons, terwyl Raymiro Fortuin van Hillcrest probeer om hom te stuit in sy tog na die doellyn. Marinus word agterlangs deur Donovan Abrahams, Keenan Booysen en Devrulin Abrahams ondersteun. Foto: Francio Abrahams
GHOLF Wellington (72) Samespel-stableford : G Saayman en D van der Merwe 45, H Solomon en E Peterson 42, C Sandman en V de Meulon 42
Hillcrest United Fixtures: 17 June - Hillies vs Bella Vista (home) 24 June - Roses vs Hillies (Pelican Park) 1 July - Hillies vs Wolseley (Home) 8 July - Tulbagh vs Hillies (Away) 15 July - Hillies vs Hamlet (Home) 22 July - Bye 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals: Top 8 12 Aug - Semi Finals: Top 8 19 Aug - Finals: Top 8
Maties up for Berg Canoe marathon challenge
A core group of five students from the University of Stellenbosch has committed to taking on their 2017 Berg River Canoe Marathon, many of them Berg novices, undaunted by the distance of the four day race or the consequences of the drought ravaging the region. Maties canoe club captain Evan Knight says the group has been putting in the hours on the nearby Berg River dam, and will approach the 240km race to West Coast town of Velddrif with different goals. “We are taking it as a challenge,” said Knight. “We all want to test ourselves and be pushed to the limit. Individually the guys have set their goals, but as a group the challenge is to finish the Berg.” Knight joins Alan Houston, Brandon Macleod, Mike Jamieson and Carlise Hartman in Maties colours for the race that starts on 12 July in Paarl. Houston has a fourth in the FNB Dusi to his credit, racing with his older brother Andrew in a K2 race, and also started last year’s Berg before going “missing in action”.
Knight tipped Houston to front the Maties challenge, but added that the group would work together wherever possible. “We are all KZN guys, with plenty of Dusis and Draks behind us, so the Berg is a totally new challenge. The lack of water in the river makes it harder because we can’t go tripping, so the race will be a bit of an unknown for most of us,” he said. Knight said that the unique make-up of the Maties club, which also includes older paddlers, will help the students. “We have a great vibe at the club, and the older guys really help out and encourage us. They have so much experience, and guys like Daantjie Malan and Anthony Penderis really contribute a lot to the club. At a stage when only eight entries had been received for the race Knight was proud that half of them were Maties paddlers. “That’s the way we are approaching the Berg. We are in, no matter what the water or the weather. We are up for the challenge,” said Knight.