c urant
dié
Swartland • Bergrivier 1
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
NUUS • NEWS
14 Junie 2017
16.6%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 424
14 Junie 2017
Harry die huishond beste in SA
mossie
Die Lusahn Bull Terrier-telery van Johan en Stephenette du Toit se driejarige boelterriër, Harry, is onlangs aangewys as die beste boelterriër in Suid-Afrika. Dié vierpotige kampioen is dié naweek by die hondeskou op Malmesbury se skougronde, saam met sowat 500 ander honde van verskillende rasse, te sien. Hierdie twee baba boelterriërs van dié telery buite Malmesbury, sal binnekort na hul nuwe huise uitgeplaas word. Lees berig op bladsy 3.
•LANDBOU SE BBP GROEI MET 22.8%
Reën bring hoop Koringboere van die Swartland het nagenoeg 90% van hul saad geplant, sê Johan de Lange van Kaap Agri. Volgens hom het produsente ten spyte van die stowwerige toestande geplant, met die hoop dat die reën binnekort sou val. Ondergemiddelde reënval is wel gedurende April en Mei vanjaar ervaar. Die huidige reënval wat sedert verlede week Dinsdag in die omgewing van die Swartland ervaar word, bring groot verligting vir graanprodusente en gewasse. Koring is reeds besig om uit te kom en ‘n groen skynsel is klaar sigbaar. “Alles gaan nou lekker opkom met die reën wat nou geval het. Ons is positief oor ‘n goeie opkoms danksy sagte deurdringende reën.” Volgens hom voorspel die laat reën dus nie noodwendig ‘n swak oes nie. Hy sê verder die sneeu op die berge, bring verdere verligting en is baie goed vir die damme.
Volgens Agri Wes-Kaap was grond op sekere plekke eenvoudig net te hard om te plant wat beteken dat koring plek-plek sal uitkom waar saad wel in die grond gesit is. Wat die kanola betref, is dit steeds te vroeg om te sê of die stam beskadig is. “Dit is te vroeg om te bepaal of ‘n swakker oes verwag word. "Die kanola sal nou ook begin opkom. Daar was nie genoeg vog om te bot nie, daarom het die kanola in die grond gelê en wag vir die eerste reën.” Die reënval ontvang per graanleweringspunte vir Junie vanjaar, lyk soos volg: Op Darling, soos gemeet op 12 Junie, is 53 mm ontvang, terwyl Malmesbury 50.90 mm ontvang het. Piketberg het tot dusver 48.50 mm ontvang met Porterville wat op 36.30 mm staan. Riebeek-Wes se graanlewerinsgpunt staan op 52 mm, met Ruststasie wat 38mm ontvang het en Klipheuwel, 36 mm.
Saam met die afgelope goeie reën, verwelkom die land se landbousektor verdere goeie nuus. Die bruto binnelandse produk (BBP) van die sektor het volgens die landbousakekamer Agbiz in randwaarde vir die eerste keer sedert einde 2014 gegroei. Landbou se BBP het in die kwartaal met 22,8% gegroei. Die sektor se bydrae tot die land se totale BBP het van net 1% einde 2016 tot 3% gestyg. Die groei van landbou kom danksy ’n styging in onder meer vrugte wat in die kwartaal verbou is. Die goeie nuus vir dié sektor, wat werk aan nagenoeg 875 000 mense verskaf, kom egter saam met die slegte nuus dat Suid-Afrika in ’n tegniese resessie verval het. Die kwartaalgroei van -0,7% in die eerste kwartaal van die jaar volg op -0,3% in die vierde kwartaal van 2016.
2
NUUS • NEWS
14 Junie 2017
Bergrivier hou eersdaags 'n tussenverkiesing Die Bergrivier Munisipaliteit hou eersdaags 'n tussenverkiesing, om die amp van wyle Raadsheer Boeta Josephus te vul. Adv Hanlie Linde, die Munisipale Verkiesingsbeampte van Bergrivier, rapporteer soos volg: As gevolg van die afsterwe van een van Bergrivier Munisipaliteit se Raadshere, naamlik Raadsheer Boeta Josephus op 23 Mei 2017, gaan daar op 23 Augustus 2017 ‘n tussenverkiesing plaasvind in wyk 5. Aangesien Raadsheer Josephus ‘n wyksraadslid was wat as sodanig verkies is in die Augustus 2016-verkiesing, is ‘n tussenverkiesing
nodig (in teenstelling met wanneer ‘n raadslid op ‘n politieke party se proporsionele lys se setel vakant raak). Daar sal een registrasienaweek plaasvind vir die tussenverkiesing en wel op 1 en 2 Julie 2017. Die gewone stemme op 23 Augustus 2017 sal plaasvind vanaf 07:00 – 21:00 in al die 6 stemdistrikte van die wyk. Daar sal spesiale stemme plaasvind op 22 Augustus 2017 vanaf 08:00 tot 17:00. Die PLCvergadering tussen alle rolspelers vind plaas op 14 Junie 2017 in die raadsaal by die munisipale kantore te Piketberg.
Lions: Moorreesburg Lionsklub het Saterdag, 10 Junie, vir Lion Danie Jordaan as 20ste
president van die klub ingehuldig. Tydens hierdie geleentheid is daar 'n koek ter viering van Lions Klub Internasionaal se 100ste, asook Moorreesburg se 20ste verjaardag, gesny. Die koek, wat groot genoeg was om 100 persone te bedien, is aan Huis van Heerde geskenk om saam met hul Saterdag-middagtee te geniet. Bo is Karen van Bosch (Hoof van Huis van Heerde), Helena Jordaan, Malcolm Trollip, Jurgens Hanekom, Hennie van der Westhuizen, Liz Housten, Takkies Reitz, Dries Ludick en Danie Jordaan, president van die Moorreesburg Lionsklub vir 2017/2018.
Lianie May @ Malmesbury
9 September
19:00 vir 19:30 Malmesbury Stadsaal
•ROEP VAARWEL NA 33 JAAR
Motiveer kinders positief - Venter
Annette Venter (64), wat baie inwoners van Malmesbury steeds sal onthou as hul eerste “juffrou”, tree na 33 jaar as onderwyseres by Swartland Pre-Primêr af. Vir Venter, wat uit sommige oorde eerder as ‘n ouma vir hul kinders beskou is, voel dit soms nog onwerklik om nie meer elke oggend deur ‘n klas van 30 kleuters gegroet te word nie. Die skool, sy personeel en leerders wat elke oggend deur haar met ‘n drukkie gegroet is, was later deel van haar daaglikse rituele en roetine. Hoewel sy tans haar eie tyd nou baie geniet, erken Venter dat sy die kinders en die pre-primêr baie gaan mis. Ek is baie lief vir kinders en die skool het elke jaar die oulikste kinders en ouers gehad,” spog sy. “Dit was ‘n groot voorreg om deel van hul opvoeding te kon wees.” Annette en haar man Petrus wat sy op universiteit op Potchefstroom (Noordwes Universiteit) ontmoet het toe hulle student was, het in 1983 na Malmesbury verhuis waar hulle aanvanklik vir slegs ses jaar sou bly nadat haar man ‘n pos op die dorp aanvaar het. Die plan was egter om weer na Potchefstroom terug te keer waar hy as lektor by die universiteit gewerk het. Hul dogter het daardie volgende jaar by Swartland Pre-Primêr aangesluit. Annette, wat aanvanklik eers huishoudkunde en later grondslagfase studeer het, is gevra om as ‘n onderwyseres vir ‘n paar maande af te los. Sy is kort daarna weer gevra om af te los. Toe word sy genader vir ‘n permanente aanstelling waar sy tot einde Mei vanjaar gebly het. Die Venters het besluit hulle bly net te lekker op Malmesbury en het nooit weer na die noorde terug gekeer nie. Vir haar is dit die wonderlikste gevoel om terug te kyk en te sien hoe haar leerders iets gemaak het van hul lewens en uitgestyg het. “Ek was deel van hulle opvoeding,” sê ‘n beskeie Annette. Uit een jaar se klas, het 17 kinders die leerlingraad van hul onderskeie hoërskole gehaal, vertel sy trots. “Dit was ook lekker as ‘n oudleerder kom kuier en vertel hoe baie by die skool verander het. As alles nog dieselfde lyk, dan weet jy, jy het iets verkeerd gedoen. “Ek kan sê ek het iets reg gedoen.” Swartland Pre-Primêr het sy deure vir die eerste keer in 1978 geopen.
Annette was deel van die skool sedert 1984. Nou maak sy planne om ‘n boek te skryf en die skool se geskiedenis en hoogtepunte daarin vas te vang, asook hoe die skool oor die jare ontwikkel het. “Ek doen dit ook vir my om af te sluit.” Annette het besluit om ‘n jaar vroeër af te tree, omdat haar man binnekort die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie waar hy werk, groet. “Ons het nog altyd getoer, maar was beperk tot skool en universiteitsvakansies. Nou gaan ons toer net wanneer ons wil,” vertel Annette, ‘n ma van twee opgewonde. Swartland Pre-Primêr het tydens haar tyd daar onder meer ‘n Engelse klas bygekry. “Ons was ook bekend vir ons gewilde braaie om geld in te samel. Ons het vir die hele dorp gebraai.” vertel sy. Daarmee is die terrein verder ontwikkel en klimrame onder meer oor die jare aangekoop. Haar laaste projek was om groentetuine en blomme in trekkerbande te plant. “Met die droogte het die kinders elke dag ‘n bottel badwater skool toe gebring om die blomme nat te maak. Só het hulle ook geleer van water spaar en waar die term gryswater vandaan kom. Soms het die bottel nogal helder gelyk,” skerts sy. Sy gesels oor die goeie span personeel wat hulle was en wat dit steeds is. Annette het op ‘n stadium opleiding vir Graad R-onderwysers gegee. “Dit was wonderlik om met almal in aanraking te kom. Al die graad R-onderwysers op die dorp het lekker saamgewerk en almal ken vir almal.” Annette was ook die enigste een van twee WKOD graad-R onderwysers in kring een. Sy was verder die meesterbrein agter die bekende gemeenskapsalmanak op Malmesbury wat in 1988 begin is. Dit het sy vir 21 jaar gedoen. Annette moedig graag ouers aan om hul kinders so lank as moontlik kind te hou. "Die ontwikkeling van jou kind se groot motoriese spiere is baie belangrik. Hulle moet bal speel en boom klim. Wanneer dit reg is, val die res in plek,” vertel sy na jare se ondervinding as juffrou vir honderde leerders. Sy het ook geleer om elke kind te aanvaar soos hy of sy is en sê dit graag vir ouers. “Ek het altyd geglo aan positiewe motivering. Elke kind het iets goeds in hom of haar.”
Kaartjies: R100 elk Beskikbaar by Computicket
Fondsinsameling ten bate van Elkana-kindersorg 022 486 4178 • www.elkanachildcare.co.za
Redenaars:
Isabella Jacobs van Malmebury gaan in Augustus aan die ATKVredenaarskompetisie se finaal deelneem. Sy het 'n tweede plek in die Wes-Kaap behaal. Jacobs is 'n oudleerder van die Laerskool Swartland en is tans in Graad 9 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl.
NUUS • NEWS
14 Junie 2017
•HARRY 'N KIND IN HUIS
'Boelie' dra kroon as bo-baas brak
Harry die huishond is onlangs aangewys as die beste boelterriër in Suid-Afrika. Johan en Stephenette du Toit van Malmesbury se kampioen “huishond”, Harry (3), dra die kroon as die beste boelterriër in Suid-Afrika. Harry, wat se geregistreerde naam Lusahn Basil is, het op 26 April die La Cock-trofee huis toe gebring, ná hy as die Beste Skou Boelterriër in Suid-Afrika deur die Kennel Union of South Afrika (Kusa) bekroon is. Die Du Toits, eienaar van Lusahn Bull Terriers beskou die titel as ‘n groot eer, omdat hulle net aan sekere skoue deelneem, waarvan die meeste in die Wes-Kaap is. Daar vind byna elke naweek ‘n skou in Johannesburg plaas, terwyl daar slegs sowat 16 skoue in totaal in die Wes-Kaap voorkom. Harry, wat met 'n keisersnit by Bergzight Dierehospitaal in die lewe gebring is, is lank al reeds ‘n legende in die boelterriër wêreld, vertel Du Toit. Sy pa, wat van die buiteland kom, is as voorbeeld gebruik van hoe ‘n kampioen-boelterriër nou eintlik moet lyk. Die liefdevolle hond wat baie lief daarvoor is om saam met sy mense onder ‘n kombers in te kruip, het al nege agtereenvolgende titels in die kategorie, beste van sy ras (Bob) gewen. Hy het dié titel 26 keer gewen, asook verskeie ander, soos beste in sy groep, beste op ’n skou en tweede beste op ’n skou. In 2015 was hy in die top-100 van die Animal Talk-puntestelsel. Hy bly nie self op die kleinhoewe op die Tierfonteinpad nie. Du Toit verduidelik hy het reeds te veel reune op die werf. Harry bly by Nico en Colleen Coetzee om die draai van die Du Toits af waar Harry soos ‘n kind in die huis behandel word en wat sorg dat hy sy top-toestand behou. Die Du Toits bly egter steeds sy geregistreerde eienaars wat die voorreg het om met hom by skoue te spog. Harry is tans een punt weg om moontlik as die eerste Groot Kampioen van Suid-Afrika aangewys te word wat hy heel waarskynlik die komende naweek by die hondeskou op Malmesbury sal inpalm. Die skou-gogga het die Du Toits 17 jaar terug beetgekry nadat hulle hul eerste 12 boelterriërs vanuit Nederland na Suid-Afrika gebring het om die ras te verbeter. Bille, was sy eerste buitelandse hond en het reeds by sy eerste plaaslike skou goed gevaar. Vandag staan daar ‘n marmer gedenksteen ter ere van Billy. Wanneer daar nie meer met die honde geskou of geteel word nie, tree hulle af by die kleinhoewe en word hulle selfs daar in die boelterriër begraafplaas ter ruste gelê.
Stephenette het groot geword tussen boelterriërs op haar ouma se plaas Lusahn buite Caledon, vanwaar hul stoetery sy naam vandaan kry. Johan, wat ook reeds boelterriërs gehad het, het aanvanklik ook die ras beskou as ‘n waghond wat buite bly vir beskerming en nie met ander honde kan meng nie. Toe hulle in 1998 vir twee jaar na Nederland verhuis, het hy gesien hoe boelterriërs saam met ander honde speel in die straat. Hy het toe besef die honde is nes ander rasse: liefdevol en lief daarvoor om te speel met ‘n bal. Sedert hulle in Suid-Afrika begin teel het met die honde, was hulle bekend vir hul gesonde honde. By Lusahn Bull Terriers word daar eerste geteel vir gesondheiddoeleindes, dan vir temperament. “Dit beteken ek weet presies wat hy of sy gaan doen. Ons teel ‘n hond wat se persoonlikheid konstant is. As hy mooi is, word daar met hulle geskou, wat ‘n bonus is,” glimlag hy. Boelterrieërs doen nie toertjies by skoue nie, vertel Johan. Dit gaan oor die konformasie van die hond. Hy spog verder en sê dat sy honde nie velprobleme het nie. Dit is waar dat die algemene probleme wat by boelterriërs dopgehou moet word, hart, nier, velprobleme en hul temperament is. "Jy weet hoe warm Malmesbury raak. My honde wat wit van kleur is, lê heeldag in die son en kom niks oor nie." Die stoetery is nie net ‘n stokperdjie vir hulle nie. O nee, dit is hul leefwyse. “Ons doen dit glad nie vir die geld nie, maar vir die passie. Volgens Johan het hulle albei ‘n liefde vir honde en spesifiek die ras. “Anders sou dit nie gewerk het nie,” lag hy. Hul eintlike besigheid is die Get Me Known Microchips. Afgesien van hul ses “rescue” huishonde, kry elke boelterriër ‘n beurt om in die huis te slaap. Soms word die perke dalk oorskry soos hul liefde vir die honde oorloop. Vandag is hulle die troste eienaars van altesaam 15 standaard boelterriërs en agt miniatuur-boelterriërs waarvan hulle boonop die eerste telers in Suid-Afrika is. Dié bly in ruim hondehokke teenaan die huis van die hoogste standaard wat spasie na buite en onder dak verleen. Adri Els is verantwoordelik vir die standaard boelterriërs, terwyl haar dogter voltyds aangestel is om die kleiner hondjies te versorg en met hulle te speel. Die skaars miniatuur-boelterriërs mag volgens streng regulasies nie langer as 35cm word nie en is geneties twee verskillende honde. Johan was al twee keer met sy miniatuur-boelterriërs op die program Woef en Kie, en is boonop 'n ras wat hoog in aanvraag is. Hulle verkoop ook slegs
honde aan troeteldiereienaars ná ‘n deeglike onderhoud met die voornemende gesin. Harry sal reeds Vrydag by die opkomende hondeskou by Malmesbury se skougronde te sien wees, vertel sy trotste eienaars. Daarna sal sy skoudae begin afneem, meen Johan. “Hy kan nie meer wen as wat hy reeds gewen het nie,” voeg hy by. Dinky, die miniatuur-boelterriër kom ook saam skou toe om aan die geluide as deel van haar skou-opleiding, gewoond te raak. 'n Volledige insetsel van Lusahn Bull Terriers n is op die 21ste Junie op Kwêla op kanaal 144 te sien.
3
courant
dié
4
NUUS • NEWS
14 Junie 2017
Ons menslikheid verenig ons
Verdeeldheid, dit is sekerlik ons ondergang. Ons stry en mor so maklik oor so baie dinge en tog so maklik. Ons sit 'n etiket aan alles, sodat ons net nog verder verdeel word in kleiner groepies wat nie eintlik 'n harde blaf het nie. Hoekom? Hoekom moet ons altyd stry en baklei? Hoekom kan ons nie net die eendersheid in mekaar raaksien nie? Ons is tog almal mense en dit verenig ons. Dit laat 'n mens se hart warm klop as jy sien hoe gemeenskappe saamstaan in tye van nood. Wanneer hierdie etikette en naampies opsy geskuif word, sodat ons kan verenig in 'n groep wat mee rekening gehou moet word. Met die vloede in die Kaap en die verwoestende brande in Knysna, het dit duidelik geword dat ons kan saamstaan die oomblik wat daar nood heers. Hoekom moet ons eers tot sulke uiterstes beproef word, voor ons kan verenig in die menslikheid wat ons almal deel nie? Die afgelope paar weke is geweld en misdaad weer oral waar jy lees of kyk. Die feit dan ons kan saamstaan, dat ons as een man kan praat, wys ons dat ons 'n verskil kan maak as ons net ons eie vooropgestelde idees laat vaar en net saam mense is. Span saam, want dan het ons baie krag en mag en kan ons werklik 'n verskil maak. IG
It’s Good News
Dr. Marc Blackwell
Words of Grace “For by grace you have been saved through faith, and that not of your- selves; it is the gift of God, not of works, lest anyone should boast.” Ephesians 2:8-9 It is important to understand that Salvation is the free gift of God’s grace. It is equally important to remember that nothing saves us but faith in Jesus Christ as our Lord and Saviour. Neither the church, nor baptism and none of your best ‘good works’ could ever save you! God does not want us boasting in our ‘good works’ rather than in God’s free gift of grace. In Ephesians 2:10 Paul pointed out that “… we are His workmanship, created in Christ Jesus for good works, which God prepared beforehand that we should walk in them.” Although, our “good works” can’t and don’t save us they are a natural result and reasonable expectation of being born again - of being (re-)“created in Christ Jesus.” If we are saved by grace, kept by grace then too we need God’s grace to help us do the good works that will glorify Him. Paul also explained that it is reasonable for believers to strive for excellence on this earth but not for ourselves! “…Whatever you do, do all to the glory of God.” Christians of our day should do the same in all that we do for God’s glory.
Plaaslike parkdraf vat pos
By Vrydagaand se bekendstelling van die Malmesbury Parkrun was Olivia Ekkerd, Zelda Burger Japie du Bruyn (organiseerder), Japie de Bruyn Jnr en Renier Roestof.
Ploegdag:
Die reën het Saterdag geen demper geplaas op die deelnemers aan die ploegdag op Swartbergsvlei buite Yzerfontein nie. Na daar 'n paar voertuie uit die modder gehelp is, het die ploeë die grond omgedolwe en is daar behoorlik geploeg.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @ diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@ diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www. diecourant.co.za.
Inwoners van Malmesbury kan binnekort begin opwarm vir hul eerste paddraf (parkrun). Volgens Japie de Bruyn, koördineerder van die plaaslike geleentheid, sê dié parkrun is ‘n wonderlike, eenvoudige konsep vir gemeenskapsbou vanaf ‘n algemene fiksheidsplatform. “Die doel van paddraf is om soveel mense as moontlik betrokke te kry, om aktief te raak, te loop, te draf, hul liefde vir hardloop uit te leef, gesonder te leef en gemeenskap te bou.” Die amptelike opening het die afgelope Vrydagaand by die Malmesbury Gholfklub plaasgevind. Die paddraf sal elke Saterdag om 08:00 wegspring. Dit is altyd net 5km met tydverwysing en is altyd gratis. Jou ouderdom, fiksheidsvlak, geslag of geloof sal nie jou deelname belemmer nie, voeg hy by. “Die paddraf etos/kultuur is een van genot. Daarom fokus ons daarop om dit informeel sosiaal te hou in plaas van formele resies. "Dit word teen geen kostes aangebied om te verseker dat finansies nie deelnemers sal beperk nie.” Hy sê paddraf is eenvoudig en word toegeskryf aan die fokus op een enkele byeenkoms. Hy sê egter die byeenkoms sal slegs volhoubaar gehou kan word deur die gemeenskap indien hulle die organiseerders agter paddraf kan vertrou. “Borge hou die paddraf finasieël in stand en ons moedig dus nie alternatiewe bemarkingspogings aan nie.” Hy sê vir ‘n ń familie van ses, het fietsry net te duur geword vir ‘n weeklikse familie-aktiwiteit. “Ek is familie-georiënteerd en dit is vir my belangrik dat ons weekliks ‘n familie aktiwiteit
aanpak. Die paddraf was 'n opsie, omdat dit fiksheid aanmoedig en elke Saterdag plaasvind. Daar is meer as 100 lokale in Suid Afrika, maar die grootste aspek was die feit dat dit gratis is.” Die legendariese atleet, Bruce Fordyce, het paddraf na Suid-Afrika gebring en dit het aanvanklik eer in die hoofstede posgevat. “Die Wes-Kaapse paddraf is besig om baie vinnig uit te brei en ons het die geleentheid aangegryp om dit na Malmesbury te bring. Malmesbury is ‘n wonderlike dorp net ver en naby genoeg aan die stad en ons glo dat paddraf ‘n groot aanwins vir die dorp sal wees,” vertel De Bruyn. Volgens hom toon statistiek dat di gemeenskappe waar die paddraf plaasvind, veranderinge ervaar word ten opsigte van veiligheid, natuurbewaring, omgewingsbewaring en samehorigheid. “Dit blyk ook voordelig te wees vir gimnasiums, winkels en veral toerisme, want daar is internasionale besoekers wat net plekke met paddraf besoek," vertel hy. Die eerste formele paddraf vind om 08:00 op die 1ste Julie plaas. Die begin en eindpunt is op die oop stuk grond langs die “Langsdiebosmark” oorkant die Swartland Hoërskool se sportvelde in Baroccastraat. Die 5km roete is rondom en deel van die bekende Driehoekpad. Vir meer inligting kan hul webblad by www.parkrun.co.za/ malmesbury en Facebookblad @Malmesburypr besoek word. “Die belangrikste is dat jy dit ten minste eenkeer kom probeer en onthou om aanlyn te registreer sodat jy ‘n tydverwysing sal kry met elke deelname,” nooi De Bruyn uit.
NUUS • NEWS
5
14 Junie 2017
Also at
42 48 44 130
BUY ANY 2 FOR
R
99 R
R
SAVE R15.98 Flora Fat Spread Assorted 500g Tub
R
SAVE R22.99
Per kg
Ariel Auto Washing Powder with/without Downy 2kg Flexi Bag, Liquid Detergent with/without Downy 1.5 Litre or Capsules 15s Each
no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 5kg
County Fair Fresh Chicken Party Braaipack 16s
BIRTHDAY PROMOTION THIS SUPERMARKET BRINGS YOU MORE DEALS* THAN ANY OTHER
R
R
65
SAVE R1.50
Per kg
Sasko Low GI Whole Wheat Brown Bread 800g
PnP Bulk Stewing Beef Bone in
R
24
R
99
19
33
R
SAVE R9.95 Crown Blended Cooking Oil 2 Litre
Enterprise Streaky or Bits o Bacon 200g Each
R
12
99
18
15
BUY ANY 4 FOR
R
99
Knorr Soup Assorted 50g
PnP Tomato Sauce 700ml
R
NOW ON
39
99
PnP All Grain Large Eggs 18s + 6 FREE
R
14
99
SAVE R3
Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each
WAS R112
R
99
94
SAVE R18
Sasko Cake Wheat Flour 2.5kg
Castle Lite Lager 12 x 340ml Non-returnable Bottles
R
36
PnP White Sugar 2.5kg
80
R
179
99
Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack
R
10
99
Sparletta Soft Drink Assorted 2 Litre Each
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. * When compared to a 13 week advertising track of deals in your region. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za
Prices Valid 15 - 18 June 2017 At Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape
PERSONALISED DISCOUNTS ON WHAT YOU BUY MOST. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.
MMWCHS1446
6
Promosie
NUUS • NEWS
14 Junie 2017
Plaaslike Spur se hart klop warm
Die personeel van die Sabino Canyon Spur op Malmesbury het Vrydag iets te ete en komberse aan behoeftiges op Malmesbury uitgedeel. As jou neusvleuels al die reuke van 'n bekende Spur-burger geruik het, dan is daardie reuk in jou geheue ingebrand, soos die lyne van die vuurwarm rooster inge-ets op 'n stomende Spur-biefstuk. Die Spur-familie is in 1967 gestig, toe Allen Ambor die eerste Golden Spur in Nuweland, Kaapstad, geopen het.
Van toe af is hierdie restaurant deel van die familie van talle Suid-Afrikaners. Wat maak dié handselsmerk suksesvol? Maklik: 'n warm, ontspanne, familie-vriendelike omgewing, ruim porsies smullekker kos en 'n goeie skoot kwaliteit. Die samesyn van familie en vriende is iets wat Spur se hart warm laat klop.
Nie net dit nie, maar konsessiehouers reik ook gereeld uit na diegene in nood. Dit is presies wat die eienaars van Malmesbury se Sabino Canyon Spur gedoen het. Hulle het 'n helpende hand uitgereik na beheoftiges op Malmesbury, ná die onlangse Malmesbury Hospitaal brand, stormweer en bibberkoue. 'n Groep het Vrydag komberse en iets warms vir die mae op Malmesbury uitgedeel en so 'n verskil in talle se lewens gemaak. Nie net wil hulle plaaslik dien nie, maar het hulle ook benodigdhede vir Knysna se inwoners bymekaar gemaak en na dié gebied gestuur. Theo Kleinhans en Kobus Fritz, eienaars van die Sabino Canyon Spur op Malmesbury en Big Creek Spur op Vredendal, is dit eens dat hulle, ten spyte van die veranderende tye, altyd hul kliënte se belange en behoeftes op die hart sal dra. "Ons is hier, al vir vier en 'n half jaar om daardie warm-lekkerte in jou hart en jou maag terug te sit. Ons stel jou en jou familie eerste." Hierdie twee sakemanne, wie se paaie dekades gelede in 1977 juis op Malmesbury, in die gange van die Hoërskool Swartland gekruis het, is trots Swartland en ploeg steeds terug in gemeenskap vir wie hul harte warm klop. Albei se lewenspaaie het hulle wyd en syd geneem, maar het hulle weer teruggebring na dié streek.
Verlore:
Die Malmesbury Polisiekantoor het hierdie items verlate gevind. Deure is by Vasti-woonstelle gevind, televisiestelle by die Highland-stortingsterrein, wyn in Voortrekkerweg en ‘n fiets in Bokomoweg. Die eienaars van die items kan die Malmesbury Polisie kontak by 022 482 7500.
Kansa gee opleiding
Die plaaslike Kansa-takke benodig tans vrywilligers om op te lei as pasiënt-versorgers. Die vrywilligers sal bemagtig wees om pasiënte ondersteuning te behartig. Dit sluit in die ontwikkeling van projekte om dienste aan pasiënte te ondersteun deur fonds-werwing. Vrywilligers kan na opleiding kies waar hulle betrokke wil raak. Die drie-dag kursus se fokus is op die diagnose van kanker, die behandeling van kanker, newe-effekte van kanker sowel as die emosionele versorging van ‘n kankerpasiënt. Die streekkantoor op Malmesbury se personeel-vennoot besoek die groep vrywilligers gereeld (sy adviseur, bemoedig en gee leiding) en bring hulpgewende artikels soos mediese toerusting, doeke, voedsel aanvulling, kospakkies, borsprostese en pruike na gelang van die behoefte, na die dorpe. Die volgende opleiding vind vanaf 11 tot 13 Julie op Piketberg plaas. Dorpe wat kan inksakel is Citrusdal, Porterville, Moorreesburg, Piketberg, Goedverwacht, Redelinghuys en Eendekuil. Kansa vrywilligers moet aan die volgende kriteria voldoen: • Hanteer mense met liefde en geduld. • Moet maandvergaderings kan bywoon. • Moet terugvoering gee aan Kansa-koördineerder (op notas) rakende pasiënte se vordering. • Moet ‘n minimum van een jaar as vrywilliger kan aansluit. • Moet bereid wees om die pad saam met pasiënte te stap met gereelde tuis besoeke. • Moet in alle opsigte Kansa-protokol kan volg, soos per opleiding. Alle belangstellendes wat die opleiding wil meemaak kan die Kansa-kantoor op Malmesbury skakel: 022 482-1111. Lesley Folding is die kontak persoon. Die opleiding koste beloop R50 per persoon vir 3 dae. Dit sluit alle handleidings, middagetes en Kansa-lidmaatskap in.
NUUS • NEWS
14 Junie 2017
Bergrivier besoek Heist-'gemeente' in België Raadslede van die Bergrivier Munisipaliteit het verlede week besoek afgelê aan België opsoek na jeugdiges wat hier as uitruilstudente wil dien. Dié munisipaliteit is sedert 2013 in ‘n Stedeband met Heist-op-den-Berg in België. Vier afgevaardigdes van Bergrivier het die Gemeente (soos 'n munisipaliteit in België heet) gaan besoek vanaf 1 tot 9 Junie. Daar word veral saamgewerk op die gebiede van vaste afvalbestuur, publieke deelname en jeugontwikkeling. Een van die inisiatiewe wat die twee munisipaliteite saam doen, is ‘n jeuguitruiling waar tien jeugdiges van Heist in April 2018 Bergrivier sal besoek en sal inwoon by gesinne in dié gebied.
7
Tien jeugdiges van Bergrivier sal dan in 2019 Heist besoek om soveel moontlik blootstelling te kry aan ander dele van die wêreld en nuwe horisonne te maak. Die jongklomp wat aansoek gedoen het, moes 'n kort video van hulself maak en verduidelik hoekom hulle Suid-Afrika wil besoek. Heist se jeugdienste sal die finale besluit neem oor wie goedgekeur word en dan hul tasse sal pak vir 'n besoek aan Suid-Afrika. "Die stedeband beteken vir Bergrivier baie in terme van ekstra fondse vir vaste afvalbestuur en baie ondervinding en 'best practices' wat weer hier op eie bodem geïmplementeer kan word," sê advokaat Hanlie Linde, munisipale bestuurder van die Bergrivier Munisipaliteit.
Links: Die 31 aansoekers het die afgevaardigdes van die Bergrivier Munisipaliteit ontmoet. Daar is slegs 10 plekke beskikbaar vir die suksesvolle kandidate. Promosie
Moorreesburg Spar: Christiaan Markus van Moorreesburg is die tweede wenner in Moorreesburg
Spar se "Win a Car"-kompetisie. In 2014 het Babsie Pedro 'n splinternuwe VW Polo gewen. Markus het onlangs sy blink nuwe Hyundai Grand i10 in ontvangs geneem by Moorreesburg Spar. Volgens die eienaar van Moorreesburg Spar, Theo Strydom, is hulle baie dankbaar vir die bydrae en vereskil wat hulle in hierdie twee kliënte se lewens kon maak. By Moorreesburg Spar is daar altyd deurlopende spesiale aanbiedinge, asook groot afslag op "Spar Rewards"-produkte. Dié konsep is vanaf 25 Julie ook van toepassing op Tops se produktereeks, so maak seker dat jy geregistreer is vir "Spar Rewards" vir nog meer goeie pryse. "Baie dankie aan al ons kliënte vir jul getroue ondersteuning," sê Strydom.
8
NUUS • NEWS
14 Junie 2017
Bond:
Die oud-studentebond van die Hoërskool Swartland op Malmesbury se lede (links) het Saterdag weer hier saamgekuier. Die bond is onlangs gestig en beywer hom vir die uitbou van die lede se alma mater. HSS het Saterdag teen die spanne van Vredenburg gespeel. Die eerste netbalspan se wedstryd is afgelas, weens die reën. Die eerste rugbyspan het met 45-11 gewen. Links onder breek Sam Walters weg van die losgemaal. Onder gee Inge von Wielligh die bal sekuur uit aan Shantal de Kock.
Search for best agri worker
A province-wide campaign to celebrate residents working in the agriculture sector was launched in the Western Cape this month. Alan Winde, Minister of Economic Opportunities, officially launched the 2017 Western Cape Prestige Agri Awards at Elsenburg. The initiative is co-sponsored by the Western Cape Department of Agriculture and Shoprite. Anton Alexander, an employee at Ouwerf Farm who works in Human Resources, and the overall winner of last year’s awards, attended the launch. As part of his prize, Anton travelled to the Netherlands and Germany to attend agriculture conferences and to network with agri enterprises. He described how the competition has changed his life: “It’s been quite an exciting year. I’ve been exposed to the marketing side of agriculture, and it’s been an eye-opener. “It’s also showed me the importance of seeing the bigger picture in any workplace. “As a result, when I complete inductions for new staff members now, I bring in all aspects of operations so that an employee has a deeper understanding of their role in the company, and can better understand how they contribute to the company’s success. “This ultimately affects the markets your produce can reach.” Anton, who is also currently completing his studies in Human Resource Management and Practices, said he’d like more young people to consider a career in agriculture. “Agriculture creates job opportunities and we need to get more people involved.” Offering advice to this year’s entrants, Anton said: “Broaden your knowledge about your job, and agriculture and the challenges in agriculture.” Minister Winde said the awards were aimed at highlighting excellence in the agriculture sector. “The agri professionals in this sector ensure
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@ diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www. diecourant.co.za.
WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY NOTICE 1. 4TH GENERATION INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN (IDP) 2017-2022 2. THREE-YEAR BUDGET/MEDIUM-TERM REVENUE AND EXPENDITURE FRAMEWORK (MTREF) 2017-2020 Notice is hereby given in terms of Section 75(A) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the 4th Generation Integrated Development Plan 2017-2022 and Three-year Budget/Medium-Term Revenue and Expenditure Framework (MTREF) 2017-2020 was approved and adopted by the Municipality on 31 May 2017. The new rates will be implemented from 01 July 2017. The approved budget and associated new rates (water, electricity, sewage, garbage, property tax, etc.) are available for review from Monday to Thursday during office hours (07h45 to 16h30) and Friday (07h45 to 15h15) at the Municipal Office in Moorreesburg. MUNICIPAL MANAGER West Coast District Municipality Tel. 022 433 8400 | Fax: 086 692 6113 P O Box 242, Moorreesburg, 7310 Reference: 15/16/6/4; 4/2/1
that high-quality produce lands on our supermarket shelves, as well as in outlets abroad. Now more than ever, in the face of changing weather patterns and a rising population, we are turning to agriculture for solutions. “This sector not only produces our food, it also generates domestic and foreign exchange for our economy, and creates jobs which sustain livelihoods. “Through these awards, we’ll be honouring the hard work and dedication of our agri professionals.” Dr Johan van Deventer, General Manager at Freshmark (Shoprite’s fruit and vegetable procurement and distribution arm) said they have been a proud sponsor of the competition for the past six years. “Agri workers are the reason we’re able to sell fresh, quality produce in our supermarkets on a daily basis. It is wonderful to support an initiative aimed at uplifting individuals who make such a significant contribution to South Africa’s economy.” Between now and October, 16 regional competitions will take place. A winner, runner-up and second runner-up will be selected in each of the following 11 categories: • General Worker • Tractor Driver • Administrative Personnel • Animal Production • Technical Operator • Irrigation Specialist • Social Development • Agri-processing • Foreman • Junior Management • Middle Management The winner in each category and the overall winner in each region will go through to the provincial competition. Since 2002, 9369 residents have entered the competition.
WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT KENNISGEWING 1. 4 DE GENERASIE GEΪNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) 2017-2022 2. DRIE-JAAR BEGROTING/MEDIUMTERMYN INKOMSTE EN UITGAWES RAAMWERK (MTIUR) 2017-2020 - FINANSIËLE JAAR Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 75(A) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die 4de generasie Geïntegreerde Ontwikkelingsplan vir 2017-2022 asook die Drie-jaar Begroting/Mediumtermyn Inkomste en Uitgawes Raamwerk (MTIUR) 20172020 -finansiële jaar, deur die munisipaliteit goedgekeur en aanvaar is op 31 Mei 2017. Die nuwe tariewe sal vanaf 1 Julie 2017 geïmplementeer word. Die goedgekeurde begroting en gepaardgaande nuwe tariewe (water, elektrisiteit, riool, vullis, eiendombelasting, ens.) is vanaf Maandag tot Donderdag gedurende normale kantoorure (07h45 - 16h30) en Vrydag (07h45 15h15) beskikbaar by die Munisipale Kantoor op Moorreesburg ter besigtiging. MUNISIPALE BESTUURDER Weskus Distriksmunisipaliteit Tel. 022 433 8400 | Faks: 086 692 6113 Posbus 242, Moorreesburg, 7310 Verwysing: 15/16/6/4; 4/2/1
www.ursonline.co.za
NUUS • NEWS
14 Junie 2017
9
Dagboek • Calender
WKDM:
Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 073 147 6758 or Kallie 079 966 5956
tiese kinders asook kinderversorgers is welkom. Geen kostes verbonde. Vir verdere navrae kontak Chantel by 072 065 3745
Langs die Bos-mark Langs die Bos-mark elke Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00. Vir verdere navrae kontak Marelize by 072 052 6280
Vinpro 22 Junie: Vinpro/Winetech Blokkompetisie vir Paarl/Swartland (ingesluit Wellington, Franschhoek, Darling & Tulbagh) se prysuitdeling geleentheid by die plaas Fairview, Malmesbury. Dit begin om 09:00 tot 12:30 (middagete). Vir verdere navrae kontak Hanno van Schalkwyk by 021 276 0432
Swartland-atletiek klub Moorreesburg - Swartland-atletiek klub bied aan 'n saam draf/stap elke Donderdag by die Gene Louw-stadion. Beginpunt by ou ingang. Afstande is vyf en drie km en begin om 17:30. Vir enige navrae skakel Basil Niewoudt by 082 878 9110. CHOC (Childhood Cancer Foundation) 16 Junie: Kom geniet pret vir die hele gesin op jeugdag op die plaas Tannie (Onbedacht-plaas) vanaf 09:00 tot laat. Vir verdere navrae skakel 083 317 5536 of helena@onbedacht.com
Koringbedryf Museum 22 Junie: Die Koringbedryf Museum hou hul Algemene Jaarvergadering by die museum om 18:30 Vir enige navrae kontak : Tania Le Roux by 022 433 1093 Wesbank Rugby Club 23 June : The Club are hosting their 40th Anniversary Ball with All Sounds Band at the St Thomas Hall at 19:00. Cost is R60 and the dress code is Smart Casual. Bring own XYZ
Vriend van God 16 Junie: Kom geniet saam met die Vriend van God hulle jeugdag vieringe met potjiekos, boersport, skyfskiet en skattejag om 09:00 by Baroccastraat 19
Evita se Perron 23 Junie: Evita se Perron bied aan Albert Frost om 20:00 en die koste is R120 per persoon. Vir verdere navrae kontak - 022 492 3930 / bookings@evita.co.za
Malmesbury Aglow 17 June: Malmesbury Aglow are meeting at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Starting at 15:00. Everyone is welcome. Enquiries : Elaine Walker 072 590 6636
Darling Presbyterian Church 24 June: The Darling Presbyterian church presents The Shenanigans - Good old foot stomping Irish music at the Darling Golf Club at 19:00 sharp. Cost is R120 per person and R60 per child under 10 which includes snacks and wine. For enquiries contact Tessa at 084 840 0480
West Coast Community Foundation 17 June: Come enjoy a fabulous evening with the Rockets and West Coast Community Foundation at the Wesbank Civic Centre from 19:30 till late. Costs R120 per person. For further information contact Magaret at 022 482 1993 Emmanuel Restorative Ministries 18 Junie: Kom geniet ons Vadersdag-diens om 10:00 te Wielie Walie saal in Riebeek-Wes. Vir enige navrae kontak Pastoor Fredericks by 076 158 5471 Outisme Veldtog ("roadshow") 21 Junie: Kom wees deel van die Outisme "roadshow" op Malmesbury om 10:00 by Jo Dolphin. Die aanbieder is Sandy Pekeur. Alle ouers met outis-
Malmesbury Museum 27 Junie: Kom luister na stories van Herman Charles Bosman - Mampoer Proe! by die Malmesbury Museum om 19:00. Swartland broodtafel, wyn en koffie sal bedien word. Kostes R80 per persoon. Bespreek by Sorina 022 482 2332 of 073 915 9199 Moorreesburg 27 Junie: Die Moorreesburg Gemeenskapspolisieringsforum hou hul kwartaalikse gemeenskapsvergadering om 19:00 by die Rosenhof Gemeenskapsaal. Die visie en doel van die GPF word bespreek. Vir verdere navrae kontak L L Prins by 084 245 0623
Kerke • Churches
Vriend van God (AGS) 18 Junie: Sondag oggenddiens om 09:30 met die prediker Nico Buys en Sondagaand is Kursus om 18:00 Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200
Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168
AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178
Shofar Sondagoggend preek Johnny Philander om 9:30 en Sondagaand by die Engelse diens bring De Waal Esterhuizen die woord om 17:30 by Voortrekkerweg 48, Malmesbury Navrae: 022 482 4640.
Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 8279054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm
Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Diens op 18 Junie om 09:30 by die Mount Royal se konferensiefasiliteit Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
Veld- en bosbrande in die Eden-distrik het die afgelope week verwoesting gesaai en verskeie eiendomme en plantasies vernietig. Brandweer- en nooddienste van reg oor die land het hulself na die distrik gehaas in die poging om te red wat te redde was. Weskus Distriksmunisipaliteit se brandweerdienste, onder leiding van brandweerhoof, Bertus Senekal het Woensdag met twee-en-twintig lede en ses brandweervoertuie, die lang pad Knysna toe aangedurf. Trane het vlak gelê, toe die munisipale bestuurder, Henry Prins, hul voorspoed toegewens het voor hul vertrek. “Dankie aan een en elkeen wat hulself beskikbaar stel om ons mede-kollegas en die mense van Eden-distrik van hulp te wees. Ons as Weskus Distriksmunisipaliteit is geweldig trots op julle en ons weet dat julle ‘n verskil gaan maak met jul bydrae” het hy gesê. Volgens Bertus Senekal, brandweerhoof van WKDM, kan geen opleiding jou voorberei vir sulke brande nie. “Om te sien hoe vuur alles voor hom verwoes is ongelooflik. Met die wind wat sake verder bemoeilik het, moes ons ingeligte besluite maak om ons aksieplanne uit te voer.” het hy vanuit Knysna laat weet. Rdh Harold Cleophas, Uitvoerende Burgemeester van WKDM, sê dit is in tye soos hierdie wat mense bymekaar moet staan. “Die manier hoe mense uit hul pad uit gegaan het om ander te help tydens die Edenbrande, moet ons opnuut laat besef dat ons mekaar nodig het. Een en elkeen van ons, jonk en oud, het ‘n rol om te vertolk in ons gemeenskappe. Ek is geweldig bevoorreg om mense soos ons brandweermanne te ken. Mense wat hul belange opsy skuif om ander mense van diens te wees. Ons hoop en vertrou dat ons hulle almal binnekort terug in die Weskus sal verwelkom”, het hy gesê.
10
NUUS • NEWS
14 Junie 2017
Rolstoel vir ACVV:
Fietse: Die Blue Ribbon
Yzerfontein Cycle Experience het Sondag fietsryers na dié kusdorp gelok. Die weer het goed saamgespeel en vanaf 07:45 het ongeveer 915 fietsryers weggespring by die Yzerfontein Gemeenskapsaal. Daar sal eersdaags skenkings gemaak word aan die onderskeie liefdadigheidsorganisasies wat hierdie jaar by die resies baatgevind het.
WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT Weskus Distriksmunisipaliteit strewe na dinamiese en effektiewe dienslewering aan die gemeenskap van die Distriksmunisipaliteit. As ‘n Gelyke Indiensneming-werkgewer, beskik ons tans oor die onderstaande vakatures vir toepaslike gekwalifiseerde en ervare persone.
Departement: Finansiële Dienste Eenjaar- Hernubare Kontrak INTERNSKAP (1 POS) ●Sentrum: Moorreesburg ●Salaris: R96 000 - R144 000 per jaar (allesinsluitend) ●Verw: FS 3 ●Fokus Areas: Finansies / Interne Oudit ●Kontraktermyn: Eenjaarkontrak met die opsie van hernuwing vir ’n verdere jaar. Vereistes: ●Ten minste ’n driejaar-Baccalaureusgraad of Nasionale Diploma met hoofvakke in Rekeningkunde, Ekonomie of Finansies, met inbegrip van Risikobestuur en/of Ouditkunde • bereidwilligheid om benewens die indiensnemingskontrak ’n internskapooreenkoms te teken (om toewyding aan die program te verseker, wat onder meer volledige deelname aan die opvoedkundige en werkplekopdragte en waarneming van beleid en prosedures verg) • ouderdom van 21 – 35 jaar ●Vermoë om in 2 van die 3 amptelike tale van die Wes-Kaap te kommunikeer. Oorsig van Internskap: ●Die MFMIP is ’n gestruktureerde, professionele opleiding- en werkservaringprogram met as doel die verskaffing van hoëgehalteopleiding en praktiese blootstelling aan alle aspekte van ’n Munisipale Begrotings- en Tesouriekantoor, wat onder die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 en die onderliggende wysigings val. Die program het ’n logiese volgorde van opleiding wat voortbou op die vaardighede en vermoëns wat tydens universiteits- en technikonopleiding verwerf is. Dit eindig waar toepaslik, met die krediete vir of ’n kwalifikasie in Munisipale Finansiële Bestuur in ooreenstemming met die Munisipale Regulasies vir Minimum Vaardighede, Staatskoerant 29967 van Junie 2007.
Die ACVV Moorreesburg het onlangs 'n rolstoel van Vanna van Wyk van Grootfontein in Namibië ontvang, met behulp van hul doppieprojek van die afgelope twee jaar. Jolanda Rust van die Paarl (middel) het doppies na dié ACVVtak gestuur van 'n vorige projek. Ander jukskeispelers het van Jolanda se doppieprojek bewus geword en die woord het versprei. Op 'n dag in Kroonstad, waar Jolanda in 'n jukskei-toernooi gespeel het, kry sy tyding dat iemand haar soek. Dit was einste Vanna van Wyk, wat haar meegedeel het dat hy 'n rolstoel tot sy beskikking het en dit graag wil skenk. Die rolstoel is tot Swakopmund (Namibië) geneem en weer met 'n geleentheid na Moorreesburg vervoer. Die ACVV Dienssentrum het besluit om dit aan Huis Moorrees te skenk, aangesien hulle 'n groot hoeveelheid inwoners het en die rolstoel optimaal sal kan benut. "Ons wil graag die goedheid van Oom Vanna bedank. Ons waardeer sy bydrae opreg," sê Lize Steyn van die ACVV Moorreesburg. Regs is Steyn saam met Jolanda Rust en suster Tersia Voges van die Huis Moorrees.
VA C A N C Y BULLETIN
Afdeling: Oorde OORD-ADMINISTRATEUR (1 POS) ●Sentrum: Ganzekraal ●Salaris: R182 114 - R236 381 per jaar (TASK Gradering 10) ●Verw: FS 15 Vereistes: ●Graad 12 ●Kode B-rybewys ●Toesighouding-, bestuurs- en verslagdoeningsvaardighede ●Beplanning- en organiseervaardighede ●Rekenaargeletterd (MS Word/Excel/Outlook) ●Aandag aan uitleg ●Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede ●Moet onafhanklik kan werk ●Goeie tegnieseinstandhoudingsvaardighede ten opsigte van instandhouding van chalets, ablusie- en konferensiefasiliteit ●Goeie tegnieseverslagskrywing ●Goeie bemarkingsvaardighede ●Goeie openbarebetrekkinge-vaardighede ●3 jaar toepaslike ondervinding. Pligte: ●Uitvoer van bedrywighede/take verwant aan die bestuur, monitering, instandhouding en koördinasie en bestuur van die oord se bedryfsaktiwiteite en administratiewe funksies by Ganzekraal-oord om seker te maak dat ’n doeltreffende en hoëgehalte- gemeenskapsontspanningsdienslewering aan die Weskus Distriksmunisipalteit gelewer word.
EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH SWARTLAND HOSPITAL
ADMINISTRATION CLERK: FINANCE (SUPPLY CHAIN MANAGEMENT) Remuneration: R152 862 per annum
Departement: Administrasie en Gemeenskapsdienste Afdeling: Munisipale Gesondheidsdienste STREEKSBESTUURDER: OMGEWINGSGESONDHEID (1 POS) ●Sentrum: Vredenburg ●Salaris: R321 761 - R417 647 per jaar (TASK Gradering 14) ●Verw: MHS 20 Vereistes: ●Nasionale Diploma in Omgewingsgesondheid/Openbare Gesondheid ●Registrasie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika ●Kode B-rybewys ●Bestuursvaardighede ●Beplanning- en organisasievaardighede ●Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede ●Aandag aan uitleg ●Rekenaargeletterd (MS Word / Excel / PowerPoint / Outlook) ●Vermoë om in 2 van die 3 amptelike tale van die Wes-Kaap te kommunikeer ●5 jaar Bestuursondervinding in ’n soortgelyke pos en munisipale omgewing ●Kandidate is onderhewig aan Kernvaardigheidstoets. Pligte: ●Doeltreffende Bestuur en Lewering van substreek- Munispale Gesondheidsdienste, volgens portefeulje binne geografiese gebied aangestel en verlening van steun aan die Senior Bestuurder Munisipale Gesondheidsdienste ●Bestuur, toesighouding, koördinëering en versekering van die implementering van ’n doeltreffende Munisipale gesondheidsdiens soos bepaal deur die Nasionale Gesondheidswet van 2003 en ander toepaslike wetgewing. OMGEWINGSGESONDHEIDSPRAKTISYN (1 POS) ●Sentrum: Velddrif ●Salaris: R214 990 - R279 079 per jaar (TASK Gradering 11) ●Verw: MSH 06 Vereistes: ●3 jaar Tersiêre Kwalifikasie vir Omgewingsgesondheidspraktisyns ●Kode B-rybewys ●Bewys van Registrasie by Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) ●Aandag aan uitleg ●Verslaglewering- en Organiseervaardighede ●Moet onafhanklik kan werk ●Rekenaargeletterd (MS Word / Excel) ●Vermoë om in 2 van die 3 amptelike tale van die Wes-Kaap te kommunikeer ●Goeie administrasie-, tik-, organiseer-, kontanthanteringsvaardighede ●Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede ●1-jaar-gemeenskapsdiensondervinding. Pligte: ●Implementeer strategieë, programme en aksieplanne ingevolge die beginsels van die Munisipale Gesondheidsdienste (Soos bepaal in die Nasionale Gesondheidswet, 2003, asook die Nasionale Omgewingsgesondheidsnorme en -standaarde vir persele en moniteringstandaarde vir Omgewingsgesondheidspraktisyns, Kennisgewing 1229 van 2015) wat in ooreenstemming is met die Provinsiale en Nasionale Gesondheidsplan, die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), Gemeenskapsgesondheidsakeplan en -wetgewing om ’n doeltreffende munisipale gesondheidsdiens in die Subdistrik te verseker.
For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.
Closing date: 7 July 2017 130948 COURANT ayandambanga.co.za
Departement: Tegniese Dienste Afdeling: Paaie VEILIGHEIDSBEAMPTE (1 POS) ●Sentrum: Moorreesburg ●Salaris: R214 990 - R279 079 per jaar (TASK Gradering 11) ●Verw: TSR 3 Vereistes: ●Senior Sertifikaat ●Tersiêre kwalifikasie in Veiligheidsbestuur ●NOSA-geakkrediteerde Sertifikasie / SACPCMP Geregistreerd ●Kode B-rybewys ●Aandag aan uitleg ●Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede ●Vermoë om onafhanklik te werk ●Vermoë om in 2 van die 3 amptelike tale van die Wes-Kaap te kommunikeer ●Goeie skryf- en verslagdoeningsvaardighede ●Rekenaarvaardigheid (MS Word / Excel / Outlook / Powerpoint & Coid-stelsel) ●Tegniese en gespesialiseerde veld ●Verseker wetlike voldoening aan die Wet op Beroepsgesondheid- & veiligheid, die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings & Siektes, die Wet op Padveiligheid, die Padverkeerwet, die Wet op Gevaarhoudende Stowwe, ens. ●Vermoë om verskeie risiko- en veiligheidsplanne te analiseer, te loods, te integreer en te implementeer ●Vermoë om onafhanklik te dink en beste praktyk-advies te verskaf ●Kennis van toepaslike Gesondheid- & Veiligheidwetgewing & -regulasies ●Kennis van opstel van relevante beliede ●3 jaar toepaslike ervaring. Pligte: ●Koördineer, gee advies oor, implementeer en moniteer operasionele Beroepsgesondheid- & Veiligheidstelsels (SHE-Veiligheid, Gesondheid en Omgewing), om beste praktyk te verseker, nakoming van en voldoening aan toepaslike beleide, prosedures en wetgewing soos die Wet op Beroepsgesondheid- & veiligheid, die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings & Siektes, die Padverkeerwet en Regulasies, ens. ●Versekering van nakoming van wetlike voldoening aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, en die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne.
Afdeling: Paaie - Konstruksie en Beton WATERVRAGMOTORBESTUURDER (1 POS) ●Sentrum: Cederberg ●Salaris: R105 542 - R137 005 per jaar (TASK Gradering 6) ●Verw: TSR14c Vereistes: ●Graad 10/Nasionale Sertifikaat: Konstruksie Padwerke (NKR2) ●Kode EC-rybewys met PDP ●6 maande toepaslike ervaring ●Die nodige kennis om die posfunksies te verrig. ●Aandag aan uitleg ●Vermoë om onafhanklik te werk ●Vermoë om te kommunikeer in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap ●Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede ●Goeie verbale en skriftelike verslagdoenings-, tegniese vaardighede rakende die bestuur en bedryf van ‘n watervragmotor ●Toesighouers- en verslagdoeningsvaardighede. Pligte: ●Take/bedrywighede rakende die vervoer van materiaal en toerusting/personeel met algemene bestuur van die watervragmotor en om die werksperseel voor te berei en water te lewer aan die hergruisings- en konstruksiepersele. ALGEMENE ASSISTENT (HERGRUISING EN KONSTRUKSIE) (2 POSTE) ●Sentrum: Cederberg ●Salaris: R79 413 - R93 742 per jaar (TASK Gradering 3) ●Verw: TSR 19b Vereistes: ●Basiese volwasse geletterdheid ●Vermoë om te lees en skryf ●Basiese lewensvaardighede ●Verslagdoeningsvaardighede ●Vermoë om onafhanklik te werk ●Vermoë om te kommunikeer in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap ●Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede ●Goeie vaardighede as algemene werker ●Aandag aan uitleg. Pligte: ●Take/aktiwiteite rakende die pligte van algemene werker met betrekking tot hergruising, konstruksie en instandhoudingswerke aan paaie in die Afdeling: Paaie binne die jurisdiksiegebied van die Distriksmunisipaliteit Weskus.
Afdeling: Paaie - Instandhouding ALGEMENE ASSISTENT (PADSKRAPER) (2 POSTE) ●Sentrum: Porterville en Kliprand ●Salaris: R79 413 - R93 742 per jaar (TASK Gradering 3) ●Verw: TSR 22(3a) en TSR 22b(1) Vereistes: ●Basiese volwasse geletterdheid ●Vermoë om te lees en skryf ●Basiese lewensvaardighede ●3 maande toepaslike ervaring ●Verslagdoeningsvaardighede ●Vermoë om onafhanklik te werk ●Vermoë om te kommunikeer in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap ●Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede ●Goeie vaardighede as algemene werker ●Aandag aan uitleg. Pligte: ●Take/aktiwiteite rakende die pligte van algemene werker met betrekking tot instandhouding van paaie in die Afdeling: Paaie binne die jurisdiksiegebied van die Distriksmunisipaliteit Weskus. ALGEMENE ASSISTENT - INSTANDHOUDING (5 POSTE) ●Sentrum: Vredendal; Malmesbury; Riebeeck Wes; en Vanrhynsdorp ●Salaris: R79 413 - R93 742 per jaar (TASK Gradering 3) ●Verw: TSR26c; TSR 26(2); TSR 26(3); en TSR 26c(1) Vereistes: ●Basiese volwasse geletterdheid ●Vermoë om te lees en skryf ●Basiese lewensvaardighede ●Aandag aan uitleg ●Vermoë om onafhanklik te werk ●Vermoë om te kommunikeer in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap ●Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede ●Goeie vaardighede as algemene werker ●3 maande toepaslike ervaring. Pligte: ●Take/bedrywighede rakende die take van algemene werker met betrekking tot konstruksie en instandhoudingswerk op oppervlaktes en gruispaaie om ‘n goeie gehalte van paaie in die Afdeling: Paaie te verseker binne die jurisdiksiegebied van die Distriksmunisipaliteit Weskus.
Departement: Tegniese Dienste Afdeling: Watervoorsiening AMBAGSMAN-BEDIENER (SKRYNWERK) (1 POS) ●Sentrum: Withoogte ●Salaris: R81 308 - R103 066 per jaar (TASK Gradering 4) ●Verw.: TSW 15 Vereistes: ●Vermoë om te lees, skryf en meet ●Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede ●Vermoë om onafhanklik te werk ●Vermoë om te kommunikeer in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap ●Goeie skrynwerkers- en gebou-instandhoudingsvaardighede ●6 maande toepaslike ervaring ●Aandag aan uitleg. Pligte: ●Take/aktiwiteite rakende die pligte van spesifiek vir ambagswerk met betrekking tot algemene gebou-instandhouding, skrynwerk en verf asook elementêre loodgieterstake ooreenkomstig die standaarde en prosedures op binnenshuise en buitenshuise Raadseiendom deur die gebruik van die mees doeltreffende werksmetodes en veiligheidsaspekte. SLUTINGSDATUM: 30 JUNIE 2017 OM 14H00 Benewens die salaris vermeld vir die permanente posisie en onderhewig aan sekere voorwaardes, bied die Distriksmunisipaliteit aan werknemers mededingende de byvoordele, soos ‘n behuisingsubsidie,‘n 13 tjek, lidmaatskap aan ’n pensioen-/aftree- en mediese hulpfonds, asook voorwaardelike dekking van meubelvervoerkoste. Die voorgeskrewe aansoekvorms is gedurende kantoorure beskikbaar by me. P. S. Boer, tel. 022 433 8400 of op die webtuiste www.westcoastdm.co.za/ vacancies.html Voltooide aansoekvorms, vergesel van ’n omvattende CV en gewaarmerkte afskrifte van diplomas/sertifikate/registrasies en ‘n rybewyse moet gerig word aan: Weskus Distriksmunisipaliteit, Menslikehulpbronne: Werwing en Keuring, Posbus 242, Moorreesburg, 7310. Let Wel: Die Raad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Geen laat aansoeke of aansoeke per faks of e-pos sal aanvaar word nie. CV’s sal nie aan kandidate terugbesorg word nie. Gunswerwing sal kandidate diskwalifiseer. Indien geen terugvoer binne 60 dae na die sluitingsdatum van heirdie kantoor ontvang word is nie, kan aanvaar word dat ‘n aansoek onsuksesvol was. www.ursonline.co.za
URS 22136
TENDERKENNISGEWING T41/16/17
VOORSIENING EN AFLEWERING VAN TREKKER Tenders word hiermee uitgenooi vir die voorsiening en aflewering van 1x Trekker. Volledig voltooide tenders in ’n verseëlde koevert gemerk “TENDER T41/16/17: Voorsiening en Aflewering van 1x Trekker”, asook die naam en adres van die Tenderaar, moet voor 12:00 op Vrydag, 30 Junie 2017 in die tenderbus by die Munisipale Kantore, Kerkstraat, Malmesbury geplaas word, waarna dit in die openbaar oopgemaak sal word. Tenderaars moet beskik oor ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardiger-gesteunde dienssentrum binne die jurisdiksiegebied van die Swartland Munisipaliteit.
TENDERKENNISGEWING T43/16/17
VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1X 3-TON STORTVRAGMOTOR Tenders word hiermee uitgenooi vir die voorsiening en aflewering van 1x 3-ton Stortvragmotor. Volledig voltooide tenders in ’n verseëlde koevert gemerk “TENDER T43/16/17: Voorsiening en Aflewering van 1x 3-ton Stortvragmotor”, asook die naam en adres van die Tenderaar, moet voor 12:00 op Vrydag, 30 Junie 2017 in die tenderbus by die Munisipale Kantore, Kerkstraat, Malmesbury geplaas word, waarna dit in die openbaar oopgemaak sal word. Tenderaars moet beskik oor ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardiger-gesteunde dienssentrum binne die jurisdiksiegebied van die Swartland Munisipaliteit. Die tenderaar moet ’n geregistreerde motorvoertuighandelaar wees. Die dokumente kan tydens gewone kantoorure by Jo-Maré van der Westhuizen, tel. 022 487 9700, by die Munisipale Kantore, Malmesbury, h.v. Hill- en Piet Retiefstraat langsaan die Checkers-ingang verkry word. ’n Nie-terugbetaalbare tenderfooi van R100,00, betaalbaar in kontant of per bankgewaarborgde tjek uitgemaak ten gunste van Swartland Munisipaliteit, word vereis vir die afhaal van ’n drukstuk van die tenderdokumente. Die tenderdokumente is gratis in elektroniese formaat beskikbaar. Laat tenders sal nie aanvaar word nie en die Munisipaliteit is nie daartoe verbind om die laagste of enige tender te aanvaar nie. Die Munisipaliteit behou die reg voor om enige deel van die tender weg te laat. Tenders per telefoon, faksimilee of e-pos sal nie aanvaar word nie. Tenders sal ingevolge Swartland Munisipaliteit se Voorkeurverkrygingsbeleid en die aangehegte spesifikasies geëvalueer word. Die Voorkeurverkrygingsbeleid is gedurende normale kantoorure ter insae by die munisipale kantore beskikbaar. Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en ondersteun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is daartoe verbind om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Voorkeurpunte sal slegs toegeken word indien Bylae MBD 6.1 (deel van die tenderdokument), volledig voltooi is. Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige ‘B-BBEE’ statusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan met hul tenders in te dien ten einde hul ‘B-BBEE’ graderingseise te substansieer. Die Munisipaliteit behou die reg voor om bewyse van bemagtiging aan te vra en te verseker dat werksgeleenthede teen gepaste vergoeding vir histories-benadeelde individue beskikbaar gestel word. Vir enige navrae rakende die voltooiing van die opgawe of inligting oor die tender word tenderaars versoek om mnr Johan Barlow voor die sluitingsdatum van die tender by 022 487 9400 te kontak. Swartland Munisipaliteit Privaat Sak X52 Malmesbury 13 Junie 2017 www.ayandambanga.co.za 130970
20X4 PROOF 2
JJ Scholtz Munisipale Bestuurder
NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #3365 ----------------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjie-dekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/elsa@ abcpartytjies.co.za #3463 ----------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 ----------------------------------TE KOOP FOR SALE Visvingers R48/kg; Viskoekies R48/kg; Krummelvis R40 per pak; Stokvis Filet + Porsies R65/kg; Groot Snoek vanaf R80-R110 elk; Geelstert R50/kg. 10kg leg quarters @ R270 per boks. Skakel 022 487 3265 /084 250 2460 #3905 ----------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
ELVENIQUE SKIPPERS sewe op 12 Junie, Geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is. Ons is baie lief vir jou - Ma, Ouma, Oupa en familie -----------------------------------
DENTON DAVIDS – 19 op 19 Junie. Geluk Mammie se kind. Mag God se seën rus op jou lewe en matriek-eksamen. Van: Mammie, Keenan en Damian ----------------------------------HENDRIK BOOIS EN VENO - 19 Junie. Geluk julle met die herdenking van die geboortedag. Van: Deneline, Denton, Keenan en Damian ------------------------------NORMAN OWIES – 20 Junie. Geluk Daddy. Van: Deneline, Denton, Keenan en Damian ------------------------------ILSE-LOUISE BARENDSE & RUAN JULIES. Geluk met die geboorte van jul eersteling (baba-dogtertjie) op 6 Junie. Van: Ilse se ouma en huisgesin -------------------------------
CHLOE SASMAN. 16 Junie 2017. Baie geluk met jou derde verjaarsdag engel. Alle seënwense op jou lewenspad. Liefde Ma Courtney, Ma Rossie en Ouma Lena ----
Happy birthday our little girl. Hope its as awesome as you are, and may all your wishes come true. Love - Pa Cuan and family ------------------------------------
Baie geluk GUSWILL met jou vroeë kinder-ontwikkeling-sertifikaat. Baie trots op jou. Hou aan met jou goeie werk - Jou Trotse vriende ------------------------------------
ZEACAN DYSON. 14 Junie. Ons engelkind. Gelukkige verjaardag. Liefde – Ma, Pa en Johnelese ------------------------------------
RICKY - 22 Junie. Geluk my skat met jou verjaarsdag. Geniet jou dag. Van: Mammie, Daddy, Lauren en jou Drew ------------------------------------
Wie word een op 10 Junie. Baie geluk Noenoes. Ons is baie lief vir jou. Liefde en soentjies – Nanna Tania en die "A team” ------------------------------------
MARGARET ADAMS. Gelukkige verjaardag op 19 Junie. Mag Ma ‘n geseënde dag hê. Lief jou baie - Marlene, Reginald, Cleareze, Curwin en Lisma ----Gelukkige verjaarsdag Ouma. Van: Eton, Luhan, Thys-Lehano, Miguel, Reginald junior, Unise en Mia --------------------------------
DERECK SCEEPERS. Baie geluk met jou verjaarsdag op 13 Junie. Mag die Here jou seën en baie jare spaar. Liefde - Vroulief, Dwayne en Miché --------------------------------
JOHNIKA SMITH. 25 op 20 Junie 2017. Ons is baie lief vir jou. Liefde – Jo-Maré, Mary Jane, Ouma, Oupa, Pa, Daneake, Donaldo, niggies en neefs --------------------------------
11
14 Junie 2017
WILLEM CLAASENS - 14 Junie. Papa, baie geluk. Dankie vir die Pa en vriend wat u is. Baie liefde - U dogter Ruchell, Ruben en Rozario ------------------------------------
Aan 'n dierbare, lieflike sussie ANNA. Baie geluk my Atta. Hoop jou dag is met liefde gesaai. Liefde Ruchell, Ruben & Rozario -----------------------------------
19 jaar gelede het 'n pragtige poplap met 'n ope glimlag in ons harte ingestap. Baie geluk. Liefde - Milda, Mekylin en Carlo ----Geluk my kleinkind met jou verjaardag. Jy maak almal se dag en kikker almal op met jou grappies - Ousie, Dadda & Clementha ---Mag jou daggie vol mooi verrassings besaai wees. Mag God sy arms om jou vou en jou styf vas hou Van der Ventel gesin ----Geluk my Spairs sussie. Alle sukses en goedheid op jou lewe vriendin. Lekker verjaar Spairs "girl". Geniet dit - Elvina, Clementha ---Juffrou van der Heijden en CARLIN. Geluk, vrede, sukses en mooi dinge vir julle twee op die spesiale dag - Carlin se mammie ---Lucinda en Carlin. Lekker verjaar. Geniet die dag en geseënde dag vir julle twee. Voorspoed en seëninge op julle - Dreyer familie ------------------------------------
verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou. Van: Caroline, Klongkas, Nicole, Graham, Zandre en Xavier -----Happy birthday girl. From: Barbie, Atta Dolla, uncle Pokkel, Gayline and Denise -----Geluk met jou verjaarsdag. Lief vir jou - Ouma Myt, Ma Fia en Willem ------------------------------------
KATY BOKS - Baie geluk met jou geboortedag. Jy is 'n goeie voorbeeld vir almal wat jou ken. Liefde - Maria Bowers en alle geliefdes ------------------------------------
BRINETA BOWERS - Geluk met jou negende verjaardag. Ouma se blom vir altyd. Jou oulike gesiggie laat my uitsien na 'n nuwe dag - Maria Bowers ------------------------------------
AMBER DAMONSE - "Barbie Girl", baie geluk met jou kroonverjaarsdag. Jy is Liewe Jesus se sonstraal. Van: Ouma Fien, Pa en breë familie --------------------------------
13 Junie. Geluk met jou
Geluk aan 'n wonderlike Ma, Ouma en Oumagrootjie met haar 68ste verjaarsdag op 13 Junie. God se rykste seën - Allan, Yolene, Janice, Erin, Amy en Sherneill --------------------------------
Happy birthday KUANA. Hope you have a wonderful day. Stay the sweet girl that you are. From: Nana & Joshua ----Veels geluk Ma en Pa se poplap. Ons is geseën met 'n wonderlike dogter. Baie lief vir jou - Mammie, Daddy en Bjorn ------------------------------------
TAMLYN BERLING. Tien op 17 Junie. Baie geluk onse blompot. Mag die Here jou seën en baie jare spaar. Liefde - Mammie, Daddy, Boetas en Maygon ------------------------------------
WILMORE LOTTERING. 12 Junie. Baie geluk met jou kroonverjaarsdag my groot seun.Liefde - Mammie, Pappie en Sussie -------------------------------LEATON ADAMS - Happy birthday and Fathersday to a loving husband and father. We love you - Wifey and son -----------------------------------LINIQUE SWARTS - Baie geluk met jou derde verjaarsdag onse prinsessie. Mammie en Daddy lief vir jou. Lekker verjaar --------------------------------
NATHAN is vier! Veels geluk! - Mammie , Daddy en ouma Koewa -------------------------------Agt op 17 Junie. Baie geluk met jou verjaarsdag SANCHIA. Alles wat mooi is, en bly die pragtige wit blom wat jy is - Cloete familie --------------------------------
nie minder nie. Ons koester jou wonderlike nagedagtenis Mamma Hettie. Liefde - Sakkie, Rhenay en familie --------------------------------
Baie geluk MARTIENO met jou verjaarsdag.Van: Daddy, Mammie, Shinick, Pedin, Jonique, Skyler, Oumas en Tannies --------------------------------
Baie geluk Boeta met jou verjaarsdag. Van: Shinique, Jonique & Skyler ----Geluk seun met jou 18de verjaarsdag ons is lief vir jou - Mommy, Daddy, Martieno, Oumas en tannies --------------------------------
MARQUIN ADAMS - Baie geluk met jou mondigwording op 16 Junie. Mag God jou ryklik seën. Van: Jou Ma, Pa, broers en suster -----------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
HETTIE LIEDEMAN (VAN DER MERWE) 15 Junie 1997. Ons dink in hierdie tyd met hartseer terug aan hierdie dag toe Ma deur die dood van ons afskeid moes neem. Ons sal haar altyd onthou as daardie persoon wie ons in liefde en versorgdheid grootgemaak en beskerm het in moeilike tye. Dit is nou reeds 20jaar dat sy nie meer met ons is nie, maar ons sal haar altyd onthou. Liefde – Jeff, Veronica, kinders en kleinkinders #4543 ----Ons eer u nagedagtenis. Dank aan ons Hemelse Vader vir Mammie se voetspore in ons lewens- Jeff & Veronica, Rene & Sakkie, Ewald & Charmaine, Wiena & Andre, kleinkinders en agterkleinkinders ----Die verlange raak steeds
JOHN WENTZEL – Jou eerste vadersdag weg van ons. Verlange is nog baie sterk. Jou plek is leeg en jou stem stil – Deneline, Denton, Keenan en Damian --------------------------------
ZELDA D DYSON – 13 Junie. Vierde jaar weg van ons deur God se genade. Die verlange is groot. Liefde – Man, kinders en kleinkinders --------------------------------
YOLANDE SMITH – 16 Junie 2017. Jou tweede verjaarsdag in die hemel saam met die engelekoor. Ons mis jou – Jo-Maré, Johnika en Mary-Jane ----Sag rus tot ons weer ontmoet. Ons mis jou baie – Broer, suster, kleinkind, Ma, Pa en jou kinders se Pa --------------------------------
12
courant
NUUS • NEWS
dié
14 Junie 2017
SWARTLAND SPORT
Tel: 022 487 3221
14 Junie 2017
Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury Gholfklub Saterdag, 10 Junie - Maandlikse Houespel: Johan Ackerman 76, Lindsay Meyer 77, Andre Ackerman 77, Gerhard Spangenberg 79, Adriaan Louw 83, Johan Swart 83, William Matthysen 88 MOORREESBURG (72) Vierbal-samespel : Twee tellings : 9 putjies M Carr, JP Karsten, N Whittles en A Theron 51; H Slabber, J Slabber, S van Wyk en W Swanepoel 50; C Smit, D Kriel, J Weil en G Liebenberg 50; C Koch, D Westenraad, A D Spangenberg en T Serdyn 48
DUIWE Kraglopie: Die gietende reën kon nie Saterdag die spanne van die Wesbank-rugbyklub op Malmesbury stuit in hul kragmetings teen
Vredenburg nie. Die eerstespan het met 32-14 geseëvier. Bo storm Maxwell Nero van Wesbank se eerstespan voort na die doellyn. Dié naweek is dit weer groot rugby wanneer die spanne van Never Despair en Wesbank kragte meet. Foto: David Howburg
•SPAIRS EN WESBANK MEET KRAGTE
Kavaliers en derby-stryd op die rugby-spyskaart •Abri Adonis Malmesbury speel Saterdag gasheer vir die een van die opwindenste derby-wedstryde in die Boland, wanneer Wesbank en Never Despair mekaar die stryd aansê. Hierdie wedstryd sal ook dien as die hoofwedstryd vir die stryd tussen Boland Kavaliers en SWD om 15:00. Ondersteuners maak hulle dus gereed vir twee groot titaniese stryde tussen dié spanne. Beide Never Despair en Wesbank is tans goed op dreef en veral Never Despair het die afgelope paar weke gewys dat hy geensins punte op 'n skinkbord gaan toeken aan enige span in die liga nie. Wesbank hardloop tans weg met die liga en Never Despair sal moet ligloop vir Wesbank se onvoorspelbare nuwe groep jong en talentvolle spelers. Never Despair het verlede week ook hulself goed van hul taak gekwyt deur Velddrif op sy tuisbodem kaf te draf en dit behoort net die regte medisyne te wees om die rooi en wit storm tot stilstand te bring. Wesbank staan tans soos n paal bo water teenoor die ander spanne en dis moeilik om te voorsien dat hulle
gekeer gaan word met hul kragtige inklimspel en vlugvoetige agterlyn spelers wat spanne soms benoud laat. Wesbank behoort hierdie Saterdag hul wenstreep te verleng in 'n stryd wat baie nou beslis gaan word en behoort met minder as sewe punte koning te kraai. In nog 'n groot titaniese stryd, keer Darling terug van sy welverdiende blaaskans en reis na Abbotsdale, wie tans sukkel om dieselfde spel op te dis wat hul so gevaarlik laat lyk het in die eerste ronde. Darling inteendeel, is tans 'n nagmerrie vir al die spanne in die liga, ná hy reeds afgereken het met die groot kanonne. Abbotsdale sal die week moeilik aan die slap raak met die melkboere wat sal opdaag met niks minder as vyf punte op hul agenda. Abbotsdale is egter 'n baie moeilike kalant op sy tuisveld en behoort groot teenkanting te bied vir 'n Darling-span wat ook tans sterk in die wedloop is vir die top-ag-uitspele. Darling behoort egter net die regte slaankrag te hê en Abbotsdale te stuit met minder as tien punte. Op Vredenburg sal ondersteuners stroom na die Weskus-derby tussen Vredenburg en Sal-
danha. Saldanha lyk weer na sy ou self, nadat hy met goeie spel verlede week 'n doring in Abbotsdale se vlees was en hul 'n massiewe vyftig-tal toegedien het. Vredenburg toon baie verbetering ná 'n sukkelende eerste helfte, maar behoort 'n groot uitdaging vir die Saldanha-span wees. Saldanha behoort egter te sterk te wees vir Vredenburg en behoort hierdie wedstryd met minder as tien punte te wen. Mamre het verlede week vir groot opskudding gesorg deur St Helenabaai te klop en sodoende ook sy eerste oorwinning van die seisoen ingepalm. Mamre sal dus vol selfvertroue wees wanneer hulle gasheer speel vir 'n Veldrif-span wat tans sukkel om aan die gang te kom, na vyf agtereenvolgende nederlae. Albei spanne wankel tans onder aan die punteleer en veral Mamre sal weet dat 'n oorwinning 'n groot hupstoot sal wees vir hulle kanse om oorlewing in die liga. Mamre behoort voort te bou op verlede week se goeie spel en sal die wedstryd wen met minder as sewe punte. St Helenabaai geniet hierdie week 'n welverdiende blaaskans.
Malmesbury Posduifklub Laingsburg Jaaroud 1 G Horn 935.1606; 2 Kotze Familie Hokke 867.5394; 3 J Steenkamp 864.0912; 4 M Hill 861.5134; 5 M Hill 857.0283; 6 G Horn 824.1222; 7 J Steenkamp 820.7613; 8 LF van Dalen 808.3362; 9 LF van Dalen 795.1908; 10 G Horn 787.4494; Laingsburg Ope 1 M Hill 1033.0563; 2 Kotze Familie Hokke 1009.8026; 3 G Horn1009.0034; 4 J Steenkamp 1001.5829; 5 LF van Dalen 989.9314; 6 G Williams 986.0055; 7 G Horn 983.5780; 8 J Steenkamp 948.6871; 9 J Steenkamp 943.1689; 10 G Williams 942.6638; Omega Racing Pigeon Club 3 Junie 2017 : Laningsburg_1 1 D Daniels & Son 12:34:11, 2 D Daniels & Son 12:35:01, 3 D Daniels & Son 12:39;16, 4 Sheldon Bros 12:44:42, 5 Mr Zimiri 12:45:53, 6 D Daniels & Son 12:53:19, 7 Garth Sheldon 12:51:34, 8 Marlin & Brian 12:54:21, 9 Garth Sheldon 12:52:58, 10 Garth Sheldon 12:54:21 Laingsburg 2 (As gevolg van ongure weerstoestande het slegs 8 van die 147 duiwe die wedloop voltooi) 1 D Daniels & Son 13:09:41, D Daniels & Son 13:10:07, 3 G Sheldon 13:14:02, 4 Kasu 14:32:27, 5 Sheldon Bros 15:07:23, 6 Sheldon Bros 15:10:56, 7 D Daniels & Son 15:42:35, 8 Manuel Lofts 15:45:19
RUGBY
BOLAND Grootuitdaagreeks - Swartweskus: Saldanha 50, Abbotsdale 10; Wesbank 32, Vredenburg 14; Never Despair 19, Velddrif 15; Mamre 38, St Helenabaai 36
SKOLE NUUS
Swartland vs Vredenburg- 10 Junie 2017
Rugby: O/14B wen 61-12; O/14A wen 14-8; O/15A wen 47-0; O/16A wen 50-0; O/19C wen 29-7; O/19B wen 27-7; O/19A wen 45-11 Netbal: 14D wen 15-3; 14C wen 9-5; 14B wen 20-11; 14A wen 21-10; 15C wen 29-0; 15B wen 26-11; 15A onvoltooid maar voorgeloop 20-1; 16D verloor; 16C wen 25-4; 16B verloor 11-21; 16A wen 24-19; 17B wen 10-7; 17A wen 20-12