Skip to main content

423 die courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

7 Junie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

7 Junie 2017

Uitgawe 423

O, olifant, jou reuse-koek?

Dot Klerck, Wellington se eie bobaas-koekbeeldhouer, het onlangs geskiedenis gemaak deur die eerste lewensgroot olifantkoek te maak. Hierdie koek is van 2 tot 4 Junie by die Good Food & Wine Show in Kaapstad uitgestal. Dot het die koek deur ‘n weke-lange proses by Wellington Wines se Bovlei-perseel gevorm. Dit weeg ‘n massiewe 1,2 ton en is met groot moeite veilig op 1 Junie tot in Kaapstad vervoer. ‘n Groot verrassing was die olifant���� at ‘n toevoeging tot die reuse-koek was. Hierdie oulike kleinding is tot die laaste minuut ‘n geheim gehou en is eers saam met die groot koek se aankoms in Kaapstad onthul. Dot wil met hierdie reuse-poging fondse insamel vir die SA Olifantprojek, sowel as vir die International Fund for Wild Animal Welfare (IFAW). Sy wil hiermee ook bewusmaking kweek vir die bewaring van hierdie majestieuse diere. Talle bekendes in die internasionale koswêreld was in vervoering oor die �����e, lewensgetroue koek.

•DORP SE EIE PRIVAATHOSPITAAL BEPLAN

Pegasus op horison •Jaomi Zeeman

Die moontlikheid dat Wellington binne die volgende paar jaar ‘n eie privaat gesondheidsorg-fasiliteit kan hê, mag dalk binnekort ‘n werklikheid word. Die Wes-Kaapse regering: Gesondheid het onlangs ‘n kennisgewing uitgereik waarvolgens daar ‘n aansoek vir die bedryf van ‘n privaatgesondheidsinrigting op Wellington ingedien is. Die amptelike kennisgewing, wat ingevolge sub-regulasie 6(1) en 6(2) van regulasie 187 van 2001 uitgereik is, maak die aansoek van die Pegasus Wellington Healthcare-fasiliteit bekend. Enige belangstellendes kan ingevolge hierdie kennisgewing binne 30 dae op die aansoek kommentaar lewer. Hierna sal die aansoek die amptelike roete vir goedkeuring volg. Volgens ‘n betroubare ingeligte bron beteken die bekendmaking van hierdie aansoek dat die

basiese navorsing en lewensvatbaarheid van só ‘n fasiliteit in Wellington reeds gedoen is. Dit moet nou net deur die meule van al die wetlike prosedures gaan voordat dit ‘n werklikheid kan word. Hierdie proses kan jare duur, maar die feit dat die eerste stap reeds ter tafel gelê is, dui reeds op positiewe progressie. Volgens die aansoek sal die privaat gesondheidsorg-fasiliteit wat vir Wellington beplan word, uitgebreide basiese mediese dienste lewer. Alhoewel dit nie so groot soos ander nabygeleë staats- of privaathospitale sal wees nie, is die aanvangskapasiteit noemenswaardig. Van die fasiliteite wat vir die nuwe hospitaal beplan word, is onder andere 40 mediese beddens, 40 chirurgiese beddens, 20 obstetrie beddens, 14 volwasse intensiewesorg-beddens en ses pediatrie intensiewesorg-beddens. Daar is ook aansoek gedoen vir ses neonatale

intensiewesorg beddens, ag volwasse hoësorg beddens, 10 pediatrie beddens, 30 dagbeddens, vier isolasie beddens en 15 psigiatriese beddens. Buiten die sorgeenhede word daar ook drie klein teaters, ses groot teaters, vier eerstestadiumkamers, vier bevallingskamers, een noodeenheid en twee resussiteringskamers vir die hospitaal beplan. Daar word ook spesialisfasiliteite soos een lasereenheid, een kateterisasie-laboratorium, 20 hemodialiese behandelingstasies, een prosedurekamer, 20 oorgangbeddens, 20 subakute sorgbeddens, 20 rehabilitasie beddens en 20 onkologie stasies vir die hospitaal beplan. Alhoewel die vooruitsig vir hierdie privaat gesondheidsorginrigting in Wellington nog in die beplanningsfase is, is die bal aan die rol om dit ‘n werklikheid te maak. Indien dit realiseer, sal dit waarskynlik, saam met al die ander ontwikkeling wat in ons dorp plaasvind, ‘n reuse-inspuiting en aanwins vir die gemeenskap wees.

NUUS • NEWS


2

7 Junie 2017

NUUS • NEWS

Toer: Die groep leerders van die St Al-

Krisante se ledetal blom

Die Wellington Krisante-vereniging het vanjaar op 6 Mei hul 101ste jaarlikse skou aangebied. Tydens hierdie geleentheid, waar dr. Danny Titus van die ATKV en die Drakenstein Munisipaliteit se burgemeester, Conrad Poole, ook teenwoordig was, is die bekommernis oor die voortbestaan van hierdie vereniging uitgespreek. “Die vereniging bestaan meestal uit ouer persone en indien daar nie ‘n nuwe geslag by ons oorneem nie, is ons bevrees dat dit dalk kan uitsterf,” het Herman Bailey op die skou gesê. Hierdie bekommernis blyk egter nou iets van die verlede te wees. Te danke aan die pro-aktiewe optrede van die Krisante-vereniging se lede om nuwe lede te werf en hierdie kweekkuns te laat voortleef, is daar nou ‘n wonderlike inisiatief gebore – een wat nie net die vereniging se voortbestaan sal verseker nie, maar ook ‘n vennootskap en kruisbestuiwing van bestaande entiteite in die gemeenskap sal bewerkstellig. Die Manneklub van die Bosman-plase is die nuutste belangstellendes in die kuns van krisante kweek en die bestaande lede van die plaaslike Krisante-vereniging gaan hulle touwys maak. Herman Bailey, beskermheer van die Krisante- vereniging het met Klaas Morkel,

gemeenskapswerker op die Bosman plase, kontak gemaak om so ‘n inisiatief te bespreek. “Ons het ‘n vergadering met die Manneklub gehou waartydens die groei van skou-krisante aan die groep verduidelik is. "Daar was ‘n spontane entoesiasme by die groep, veral nadat hulle foto’s van die skou-krisante by vanjaar se skou gesien het,” sê Bailey. Die lede van die Bosmans se Manneklub sien die kweek van krisante as ‘n heerlike nuwe uitdaging en die groep het aangedui dat hulle graag lede van die plaaslike Krisante Vereniging wil word. Daar het volgens Bailey intussen reeds twintig nuwe lede by die vereniging aangesluit. “Petrus Bosman van die Bosman Plase is ewe opgewonde oor die besluit en het sy steun daarvoor belowe,” voeg Bailey by. Hy verduidelik dat die “ou” lede van die vereniging die nuwe lede die fynere kunsies van hierdie tradisie sal aanleer. “Ons is baie opgewonde oor die nuwe lede en ons sien daarna uit om die nuwe lede van plantmateriaal vir die nuwe seisoen te voorsien en hulle meer oor die groei van skou-krisante te leer,” sê Bailey. “Dit is ‘n opwindende nuwe era wat vir Wellington Krisante Vereniging aangebreek het.”

bans Primêr gaan eersdaags op toer. Hulle vlieg vanaf Kaapstad na Johannesburg en sal besoek ��by die Unie-gebou, die Hector Petersen-museum, die Mandela-brug en ook op die Gautrein reis. Daarna vertrek hulle na Durban en besoek die Moses Mabida-stadion, Usaka Marine World en vele meer. Daarna rits hulle na Oudsdtshoorn, Knysna en George. Die skool is nog opsoek na ����� bystand vir 'n paar leerders. Kontak die skool vir meer inligting by 021 873 2441.

����W By ����Home se jaarlikse oggendtee het Janie Erasmus, Mej. Dowe Wê-

reld, as spreker opgetree. Janie, wat doof gebore is, het nooit toegelaat dat haar gebrek haar onderkry nie. Ten spyte van vele uitdagings het sy in 2016 in Praag met die wêreld se Mej. Dowe kroon weggestap. Sy het tydens die oggendtee op ‘n besondere manier haar storie met die gaste gedeel en haar boodskap van hoop, ten spyte van moeilike omstandighede, gebring. Die Tygerberg Mannekoor het ook die gaste tydens die geleentheid vermaak. Op die foto is Janie saam met die Mannekoor.


NUUS • NEWS

•VLAK 4-BEPERKINGS

De Lille - draai nou die krane toe'

Die eerste winterreën het uiteindelik in die Wes-Kaap geval. Dit is egter geen rede om opgewonde te word oor die verbreking van die droogte of beter waterbronne nie. Streng waterbeperkings geld steeds. As jy deesdae met ‘n vuil ryding, dooie grasperk en gryswatertenk in jou agterplaas kan spog, is jy op die regte spoor. Verby is die dae van ‘n kraan oopdraai sonder om twee keer te dink, want Vlak 4-waterbeperkings is geen saak om ligtelik op te neem nie. Die Munisipaliteit van die Stad Kaapstad het onlangs Vlak 4-waterbeperkings ingestel en inwoners van die hele Wes-Kaap moet sedert 1 Junie aan die streng vereistes van hierdie bepalings voldoen. Damvlakke het tot ‘n rampspoedige laagtepunt gedaal en die dae van besproeiing, ‘n diep, lang bad en weeklikse karwas is vir eers iets van die verlede. Die ongekende lang somer, lae reënval en gepaardgaande droogte-toestande het die owerhede genoop om krisisbeheer toe te pas. Kennisgewings ten opsigte van verskerpte waterbeperkings is oral gepubliseer en ten spyte van die eerste winterreën wat in die Wes-Kaap val, sal watervlakke nie sommer gou weer stabiliseer nie. Die Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille het gewaarsku dat verdere, selfs meer felle waterbeperkings dalk binnekort ons voorland kan wees, mits alle inwoners saamwerk om die krisistoestande die hoof te bied. “Ons hoop regtig dat as die ergste gebeur, die stad watertrokke sal inbring om water aan inwoners te voorsien. "Ons sal probeer seker maak dat die modulêre ontsoutingsaanleg so gou as moontlik van die grond af sal kom. "Intussen is die beste oplossing steeds dat elke inwoner probeer om water te spaar,” het sy gesê.

3

7 Junie 2017

Die nuwe beperkings behels dat elke inwoner slegs 100 liter water per dag sal gebruik. Elke huishouding het die verantwoordelikheid om hierdie nuwe beperkings te bestuur. Om bv. nie vir langer as 2 minute op ‘n dag te stort nie, nie die toilet meer as 3 tot 5 keer per dag te trek nie en gryswater te gebruik vir enige ander waterbenodigdhede, is ‘n paar van die wenke wat die munisipaliteite aan inwoners gee. Die verklaring van die Wes-Kaap as rampgebied en die meegaande waterbeperkings het nie net gevolge vir elke inwoner nie. Sashoc het selfs oorweeg om provinsiale hokkietoernooie wat gedurende die winter-skoolvakansie in die Wes-Kaap sou plaasvind, af te stel as gevolg van die watertekort in die provinsie. Vir die man op straat geld die volgende beperkings: Geen besproeiing met munisipale kraanwater word toegelaat nie. Die spoel van toilette met nie-drinkbare water word sterk aanbeveel. Geen water-fokuspunte mag met munisipale water gevoed word nie. Die opvul van swembaddens en gebruik van opvou-swembaddens is verbode. Die was van voertuie met munisipale water is verbode. Slegs 100 liter water per persoon per dag word sterk aanbeveel. Alhoewel die vooruitsig van ‘n bietjie winterreën die droogtetoestande tydelik mag verlig, is dit glad nie ‘n rede om die erns van waterbesparing droog te lê nie. “Ons moet die feit van waterskaarste as die nuwe normaal aanvaar en ons toekomsbeplanning rondom die realiteit van die droogtegeteisterde gebied waarin ons woon, doen,” het De Lille gesê. “Ons het ‘n nuwe verhouding met water nodig. "Die dae van genoeg water in die WesKaap is vir altyd verby.”

SAPD en GPF bedank vir ��e en vinnige diens

Nuwe bestuur: Die nuwe bestuur van die GPF op Wellington is Avron Appollis, Heinrich Appollis, Danny van Rooyen, Esmé Roto, Herman Ehlers, Christine Marais, Stephan Landsberg, Yolanda Wildschut, Alison Turner, kol. Johan Barkhuizen en Jonathan Liebenberg. Die Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) het op 29 Mei hul algemene jaarvergadering in Wellington se Stadsaal gehou. Lede van die SAPS, gemeenskapslede, munisipale raadslede, sowel as lede van die GPF het die geleentheid bygewoon. Die hoofdoel van die GPF is diensbaarheid in die gemeenskap, die beveiliging van ons dorp en ‘n pro-aktiewe bydrae tot die opbou van gesonde sosiale strukture in ons gemeenskap. Die werksaamhede, prestasies en uitdagings van die afgelope jaar is tydens die vergadering bespreek. Nuwe inisiatiewe om die krag van hierdie organisasie uit te brei is ook ter tafel gelê. Die SAPS se stasiekommissaris, kol. Johan Barkhuizen, het die afgelope jaar se misdaadstatistiek en finansiële state voorgehou.

Volgens hom was daar in sekere areas dalings, en in ander areas stygings ten opsigte van verskillende soorte misdade. “Ons het goeie arrestasies gemaak en werk onverpoosd om misdaad te bekamp,” het hy gesê. Raadslid Hentas Kotzé het die SAPS en GPF bedank vir hul onbaatsugtige diens aan die gemeenskap en goeie werk wat hul tot opbou van ‘n beter dorp vir almal doen. ‘n Nuwe GPF-bestuur is ook verkies. Die GPF vergader elke laaste Maandag van ‘n maand in die stadsaal en enige belangstellendes is welkom om hierdie vergaderings by te woon. Vir meer inligting kan Stephan Landsberg by stephan.landsberg@parceval.co.za of 021-873 3895 gekontak word.


courant

dié

4

7 Junie 2017

Balanseerkuns

Baie mense voel dat “balans” ‘n beperkende woord is wat aktiwiteite en prestasies buite jou gemaksone kan belemmer. Ander voel weer dat ewewigtigheid iets is wat nagestreef kan word, terwyl sommiges dit miskien as die swaard bo hul kop, die onmoontlike, beskou. In die natuur en wetenskap sien ons dat die kleinste versteuring in die fyn rangskikking van enige aspek van lewe, groot branders en noodlottighede kan veroorsaak. Hoe jy ookal oor “balans” voel, of watter emosies dit by mense mag ontketen – die feite kan nie misken word nie: wanneer die gewig nie eweredig verdeel word nie, gaan die skaal kantel. Oorvloed op een plek, beteken gewoonlik ‘n tekort op ‘n ander. Te veel tyd vir een aktiwiteit, veroorsaak te min tyd vir iets anders. Te veel mag en selfvoldaanheid, beteken miskien onderdrukking iewers anders. Die kuns om hierdie kanteling elke dag te probeer beperk, is moontlik die grootste taak waarmee ons ons daagliks besig hou. Só is dit ook in Wellington. En as ons kyk na wat alles elke week in die dorp gebeur, kan ons onsself wraggies as akrobate verkoop. Waar daar ‘n tekort aan gesondheidsorg is, is daar mense wat nuwe hospitale wil bou. Waar kinders soms in onveilige omstandighede grootword of waar misdaad toeneem, wil organisasies soos Badisa en die GPF die ewewig herstel. Waar ‘n eeu-oue Krisante vereniging bang is vir ‘n stadige dood, werf hul nuwe lede en bou brûe na ander entiteite in die gemeenskap. Jeugdagaktiwiteite wil hoop en betekenis terugbring na die lewens van ‘n soms wanhopige jeug. Waar olifante besig is om uit te sterf, maak iemand wêreldgeskiedenis deur ‘n lewensgroot koek van hierdie dier te maak – alles om te help om die balans te herstel. Die lys van plaaslike aktiwiteite wat die balansstate wil laat klop, is baie lank. Om te balanseer, is partykeer ook net om staande te bly. Miskien vat die bekende kinderboekskrywer, Dr. Seuss, dit goed vas wanneer hy skryf: “So be sure when you step, step with care and great tact. And remember that life’s a great balancing act.”

Dis Goeie Nuus

NUUS • NEWS

Uitstalling: Die bekende kunstenaar Charmaine de Jonhg Gelderblom het onlangs ‘n

uitstalling by Au’ de Hex buite Wellington gehou. Gelderblom, wat ook ‘n eie galery in Hermanus het, se skilderye van blomme, stillewes, landskappe en ���is met ‘n uitstalling van voor���e Persiese tapyte gekombineer. Besoekers kon hierdie uitstalling besigtig onderwyl hulle iets van die heerlike spyskaart by Au’ de Hex geniet.”

Dr. Andrew Bosman

Die werk van die Heilige Gees

Koning Dawid was gesalf deur die profeet Samuel as koning voordat hy met die reus Goliat afgereken het. Hy het geleer om nie deur sy eie vermoë gelei te word nie, maar deur die Gees van God. Baie van die psalms was deur Dawid gedig gelei deur die Heilige Gees. Selfs die beskrywing van die Here Jesus aan die kruis soos Psalm twee-en -twintig, bykans ‘n duisend jaar voor Christus se koms na die aarde. Aan die einde van Koning Dawid se lewe het hy aan sy seun Salomo die opdrag gegee om vir die Here ‘n tempel te bou. Dawid het goud, silwer, yster en hout geskenk vir die bou van die tempel. Maar in sy gees was die plan hoe die tempel moes lyk. Die planne het hy ook aan Salomo deur gegee. Dawid het te veel bloed vergiet om die tempel te bou maar dat dit in sy hart was, was ook van die Here. Sy seun wat na hom sou kom kon die tempel bou. Selfs in die handelinge van die Heilige Gees lees ons dat Dawid was ‘n man na die hart van God. Koning Dawid bid die Here in Psalm een-en-vyftig om nie die Heilige Gees van hom weg te neem nie.

Kompetisie:

Die meeste het haar geken as “Juf���������������� ���� e drafstap deur die strate. Wie is sy? Die antwoord van die vorige kompetisie was PH Nortje. Antwoorde kan per epos gestuur word aan welmus@telkomsa.net. U naam en kontaknommer moet die antwoord vergesel. U kan ook Wellington Museum besoek en die inskrywingsvorm invul. ‘n Kontantprys is op die spel.

Buurtwag: Newton buurtwag is op die been gebring in November 2016. Groot sukses-

se is in hierdie paar maande bereik. Die SAPD Mbekweni se statitieke het getoon dat kriminele oortredings in Newton area met 90% gedaal het. Newton buurtwag ondersteun ook die senior burgers by shoprite mall waar hul werksomstandighede dit toelaat. Die manne van die buurtwag voel dat daar kan meer gedoen word en elkeen van die gemeenskap, kerke se hulp word inhierdie verband benodig. Elk het kan n bydrae lewer oud en jonk. Newton buurtwag wil hul sektor bestuurder M. September en raadslid A. Stowman bedank vir hul volgehoue ondersteuning. Agter van regs: C. Beukes, D. Bastiaan, G Wessels, H. Jacobs (custodian equipment), J. Naudé, F. Rathford (Sekretaris). Voor van regs: W. Smith, E. Philander, C. Anderson, A. Stowman (raadslid Wyk 11), F. Fredericks (Voorsitter), P. Adonis, E. Bezuidenhout


NUUS • NEWS

5

7 Junie 2017

Also at

55 42

48 35 88

BUY ANY 2 FOR

R

R

R

SAVE R15.98 Flora Fat Spread Assorted 500g Tub

SAVE R31.88

Bokomo Weet-Bix 900g

R

R

SAVE R9.99

Douwe Egberts Coffee Assorted 200g Each

SAVE R22.99

Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue 12s

Ariel Auto Washing Powder Assorted 2kg Flexi Bag, Liquid Detergent Assorted 1.5 Litre or Capsules 15s Each

BIRTHDAY PROMOTION R

99

R

SAVE R25.99

NOW ON

44

99

SAVE R9

County Fair Fresh Chicken Party Braaipack 16s Per kg

PnP Bulk Lamb Braai Chops Per kg

R

10

R 99

29

99

PnP All Grain Large Eggs 18s

SAVE R1

Blue Ribbon Toaster White Bread 700g

130

R

FREE

R

no name™ Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 5kg

SAVE R11.99

+ R

32

Buy any Clover Super M Flavoured Milk 300ml and get a Futurelife Smart+ Drink 250ml FREE

R

99

7

99 BUY ANY 4 FOR

R

15

Knorr Soup Assorted 50g

13

R

PnP White Sugar 2.5kg

WAS R256

R

117

Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack

36

219

SAVE R37

Hunter's Dry, Gold, Export or Hard Lemon 24 x 330ml Non-returnable Bottles or Cans Per Case

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield, York Street and Local stores, excluding Camps Bay, Express and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Shop online at www.picknpay.co.za

Prices Valid 8 - 11 June 2017 at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets

79

50

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each

Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

R

PERSONALISED DISCOUNTS ON WHAT YOU BUY MOST. Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.

MMWCHS1444


6

7 Junie 2017

Heinrich Gabler mik weer na Mnr. SA-kroon Heinrich Gabler, voormalige leerder van Hugenote Hoërskool en inwoner van Huis Andrew Murray, mik hierdie jaar weer vir die Mnr. SA-kroon. Hy het verlede jaar onder die top 5 in hierdie gesogte kompetisie geëindig en hoop om hierdie jaar met die titel weg te stap. Volgens Heinrich het hy verlede jaar met sy eerste deelname aan die Mnr. SA Kompetisie vir homself sekere doelwitte gestel. “Ek wou eerstens net ‘n finalis vir Mnr. SA word. Ek het hierdie doelwit bereik danksy al die mense wat my so baie ondersteun en gemotiveer het. Dit het vir my ‘n ongelooflike platform gegee wat ek vanjaar met albei hande wil aangryp,” sê hy. Heinrich vertel dat een van sy ander doelwitte behels het dat hy al die uitdagings wat aan die deelnemers gestel is, met sukses wou voltooi. Hy kon dit regkry, danksy almal se stemme (sms’e) en ondersteuning. Hy het egter die aand met die kroning besef dat hy soveel meer potensiaal het en dat sy doelwitte eintlik klein was in vergelyking met wat hy kon bereik. “Ek het eintlik klein gedroom, maar ek weet als gebeur met ‘n rede. Dit was nie my tyd nie.

Ek glo ek het karakter gewys,” sê hy. Heinrich het die grootste agting vir verlede jaar se wenner, Habib Noorbhai. “Hy het die titel meer as enigiemand anders verdien. Vandag is hy soos my mentor en broer. Hy is baie inspirerend en dit motiveer my om voluit te leef en ander te help waar ek kan,” vertel hy. Waarom wil hy ‘n kans op die titel waag? “Ek weet ek het al die eienskappe van ‘n Mnr. SA. I’ve got what it takes. Ek het my doelwitte ‘n bietjie hoër gestel hierdie keer,” antwoord hy. Volgens Heinrich het hy baie uit sy ondervinding in hierdie kompetisie geleer. “Ek het geleer dat jy in jouself moet glo – as jy dit nie doen nie, gaan niemand anders in jou glo nie. Net jyself weet wat jou potensiaal regtig is. "Dit is belangrik om altyd nederig te bly en om alles met liefde en passie aan te pak. Die lewe gaan oor verhoudings en liefde,” sê hy. Daar is egter ook dinge wat hy hierdie keer anders sal doen. “Ek sal meer doen as wat van my verwag word wanneer dit by uitdagings kom. Ek sal ook meer raad by my mentors vra. Die belangrikste van alles is dat ek hierdie jaar gróter sal droom,” voeg Heinrich by.

Badisa werk hard saam vir 'n beter toekoms

Bo is Anthony en Jodie van Badisa. Regs is Rowan Ranna en Zanelle Frans, ook van Badisa. Badisa is ‘n geloofsgebaseerde maatskaplike welsynsorganisasie wat professionele maatskaplike en ontwikkelingsdienste bied. Hierdie organisasie het sy oorsprong in die maatskaplike dienste van die Wes- en Suid-Kaapse NG en Uniting Reformed Kerke. Badisa het uitgebrei om ook sosiale en maatskaplike ontwikkeling in samewerking met ‘n verskeidenheid ander rolspelers aan te pak. Hulle werk gereeld saam met plaaslike en provinsiale regeringstrukture, die besigheidsektor en ander nie-winsgewende organisasies. Die naam “Badisa” is ‘n akroniem vir “barmhartigheid, diens/diakonaat in Suid-Afrika”. In Tswana beteken die woord “badisa” ook herder, versorger of oudste. Hierdie organisasie is vanjaar 10 jaar oud en hulle tak en programme in Wellington gaan van krag tot krag. Volgens Zanelle Frans, maatskaplike werker en kantoorkoördineerder by die plaaslike Badisa kantoor, is die organisasie se hoofdoel om die kinders en gesinne van ons omgewing te bedien. “Ons fokus veral op dienslewering aan kinders en gesinne in die Voordorp en Bergrivier/Lady Loch

NUUS • NEWS

omgewing,” sê sy. Hulle dienste sluit onder andere bewusmaking- en voorkomingsveldtogte, intervensie, statutêre dienste, gesinsherenigings en herintegrasiedienste in. “Ons werk by skole, doen vakansieprogramme, meld mishandeling en verwaarlosing aan, werk saam met die owerhede en ouers, gee berading en bied terapeutiese en sielkundige dienste aan. Ons veld is baie wyd,” verduidelik Zanelle. Hierdie verskeidenheid dienste bepaal gevolglik dat die weeklikse programme van Badisa se personeel, gereeld wissel. “Ons behartig die instap van nuwe kliënte en sien ook kliënte wat afsprake het. Ons doen tuisbesoeke op plase en op die dorp en dan is daar nog ‘n magdom administrasie soos verslae en proses-notas wat ook op datum gehou moet word,” sê Zanelle. Omdat Badisa ‘n nie-winsgewende organisasie is, is hulle finansieel van donasies en skenkings van kerke, die gemeenskap, individue, sowel as ‘n subsidie van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling afhanklik. Behalwe vir die voor-die-hand-liggende uitdagings wat hul werk en programme mag bied, ondervind hulle soms ook ‘n onwilligheid van gemeenskapslede om met inligting vorendag te kom of saam te werk. “Mense is soms bang om te praat of weier om betrokke te raak. Ons wil graag die gemeenskap motiveer om meer betrokke te raak, veral as dit kom by die welstand van ons kinders,” sê Zanelle. Volgens haar bly ‘n tekort aan hulpbronne een van Badisa se grootste uitdagings. “Die grootste behoefte op hierdie stadium is hulpbronne, wat finansies, meer vrywilligers, veiligheidsouers, pleegouers en donateurs insluit. Dit is baie moeilik om projekte volhoubaar te maak met minimale finansiële ondersteuning en bydraes. Die kantoor benodig nie-bederfbare voedsel wat ons aan persone in nood en minderbevoorregte gesinne gee. Die kantoor benodig ook hulpbronne wat kan bydra tot die bemarking en dienslewering van die kantoor, soos pamflette, baniere en gazebo’s,” verduidelik Zanelle. “Ons droom daarvan om die wêreld ‘n beter, veiliger plek te maak – veral vir ons kinders. ‘n Omgewing waar die hele gemeenskap aktief betrokke is en al die rolspelers geïntegreerd saamwerk om hierdie doel te bereik, is die ideaal,” sê sy. Belangstellendes kan Badisa by 021-873 4274 of badisa.well@telkomsa.net vir meer inligting kontak of hul webtuiste by www.badisa.org.za besoek.

Wellingtonners neem die voortou met macramé

Macramé, die kunsvlegmetode wat in die sewentigerjare baie gewild was, is besig om in 2017 te herleef. Potplanthouers van gevlegde tou is maar een van die gewilde handvlytvorm se produkte wat tans weer een van dié neiging se gewildste pronkstukke is. Twee Wellingtonners het die voortou geneem met die herlewing van hierdie kunsvorm deur dit nie net in ‘n nuwe besigheid te omskep nie, maar ook die bemagtigingsmoontlikhede daarvan te ontgin. Die entrepreneur Theo Kemp het die moontlikhede in die mark ten opsigte van macramé produkte raakgesien. In sy soeke na iemand wat steeds weet hoe hierdie kunsvorm beoefen word, het hy met die hulp van ‘n gemeenskaplike vriendin op die spoor van Anne-Ghrett Erasmus gekom. “Ek het Anne-Ghrett eendag trompop geloop en gevra of sy nie van iemand weet wat macramé kan doen nie. Toe ek hoor dat sý dit kan doen, het ons begin planne maak,” sê hy. Theo het haar gevra om ‘n paar voorbeelde van potplanthouers te maak en met Anne-Ghrett se eerste “reeks” van hierdie items, was die knoop deurgehaak. “My ouma se suster het my in die sewentigerjare geleer om macramé te doen. Ek kon alles nog onthou en het blitsvinnig weer die draad van die kuns opgetel. Ek kan bykans vier potplanthouers in ‘n uur maak,” vertel Anne-Ghrett. Die geboorte van die besigheid Mzansi Makers was die volgende logiese uitvloeisel van hierdie inisiatief vir Theo. “Met Mzansi wil ek werkskepping in die kunste bewerkstellig,” sê hy.

Met die Mzansi-inisiatief lei Anne-Ghrett nou plaaslike vroue in die kuns van macramé op en daar is reeds groot maatskappye soos Woolworths wat in hul reeks produkte belangstel. “Ek maak die vroue touwys in die kuns van macramé en leer hulle hoe om die produkte te maak. Dit is iets wat hulle tuis en op hul eie tyd kan doen en hulle word per item vergoed,” verduidelik Anne-Ghrett. “Ons bring die privaatsektor en talent uit die gemeenskap bymekaar. Die klem is op werklike bemagtiging waar die individu vaardighede geleer word vir ‘n reeds geïdentifiseerde behoefte en mark,” voeg Theo by. Die macramé-produkte se eerste toetslopie was tydens die afgelope Kamers/Makers by die Kasteel in Kaapstad. “Die produkte het soos soetkoek verkoop en ons is baie opgewonde oor die groot vraag en belangstelling in hierdie neiging,” sê Theo. ‘n Verdere plaaslike bonus vir hierdie inisiatief is die feit dat die plante wat saam met die planthouers vir die Woolworths-mark verkoop kan word, ook van Wellington afkomstig is en dus ekstra werkskepping vir plaaslike mense sal verseker. Met die herlewing van die macramé-gier is hierdie nuwe inisiatief geen oor-die-tou-trappery of toutrekkery nie. Wellingtonners is besig om hierdie nuwe gier weer op tou te sit en werk te skep deur talle plaaslike mense touwys te maak in hierdie kunsvorm. Maak ‘n knoop in jou oor: macramé-kuns gaan binnekort ‘n groot tendens wees – met Wellingtonners wat die voortou neem.


NUUS • NEWS

7 Junie 2017

7

Dagboek • Calender

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Oefening is vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United RFC 10 June - Newton vs Hillies (Away) 17 June - Hillies vs Bella Vista (home) 24 June - Roses vs Hillies (Pelican Park) 1 July - Hillies vs Wolseley (Home) 8 July - Tulbagh vs Hillies (Away) 15 July - Hillies vs Hamlet (Home) 22 July - Bye 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals - Top 8 12 Aug - Semi Finals - Top 8 19 Aug - Finals - Top 8 For more information contact Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskoolsaal om 19:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Veterane Ploegdag 10 Junie: Kom kyk gerus hoe die boere daai tyd met ou veteraan plaas-implemente geploeg en gesaai het. Dit alles gebeur op die plaas Swartbergsvlei vanaf 10:00 tot 15:00. Indien u enige verdere navrae het, skakel Monica by 082 448 1355 / sbvlei@gmail.com Evita se Perron 10 Junie: Evita se Perron bied aan Casper de Vries - alive en vrolik. Vertoning begin om 19:30 en die koste is R150 per persoon. Vir verdere navrae kontak - 022 492 3930 / bookings@evita.co.za

Swartland Oval Karting 13 Junie: Die Swartland Oval Karting hou hul Algemene Jaarvergadering CHOC (Childhood Cancer Foundation) 16 Junie: Kom geniet pret vir die hele gesin op jeugdag op die plaas Tannie (Onbedacht) vanaf 09:00 tot laat. Vir verdere navrae skakel 083 317 5536 / helena@onbedacht.com Vinpro 22 Junie: Vinpro/Winetech Blokkompetisie vir Paarl/Swartland (ingesluit Wellington, Franschhoek, Darling & Tulbagh) se prysuitdeling geleentheid by die plaas Fairview, Malmesbury. Dit begin om 09:00 tot 12:30 (middagete). Vir verdere navrae kontak Hanno van Schalkwyk by 021 276 0432 Evita se Perron 23 Junie: Evita se Perron bied aan Albert Frost om 20:00 en die koste is R120 per persoon. Vir verdere navrae kontak - 022 492 3930 / bookings@evita.co.za NGK Wellington-Noord 11 Junie: Winand Grundling lewer om 16:30 'n orrelkonsert by die NGK Wellington-Noord. Werke van Buxtehude, Bach, Hakim en Guilmant sal op die program wees. Winand is geen onbekende in Wellington nie. Met sy vurige en virtuose spel laat hy die gehoor op die punte van hul stoele. Toegang is R50 per persoon Wellington Huismark 3-6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met lewendige musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart fasiliteite beskikbaar Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington Noordkerksaal Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin bied aan hul Gholfdag by die Wellington Gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040

Dagboek • Diary

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens - Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.

NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak : 083 258 8717 / 021 873 3375

Ramadan: Miljoene Moslems regoor die wêreld vier tans Ramadan, 'n heilige maand

waarin hulle vas en hulself tot hul geloof wend. Die fees val in die negende maand van die Islamitiese kalender en het op 27 Mei vanjaar begin. Dit eindig op 24 Junie. Hierna sal Eid al-Fitr, oftewel Eid, gevier word op 25 Junie, wat die einde van die vastyd van Ramadan aandui.


8

courant

dié

7 Junie 2017

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

Uitslae • Results GHOLF

Liga-uitslae - Voorgee-liga: Paarl 4 Wellington 2; Caledon 4 Theewaterkloof A 2; Hexvallei 5 Riverside 1; Bredasdorp & Theewaterskloof 2

•WELLINGTONSE LANGASEMS

Atlete draf gou-gou Comrades kaf

Lede van die Wellington-atletiekklub het op 4 Junie aan die uitmergelende Comradesmarathon tussen Durban en Pietermaritzburg deelgeneem. Derduisende atlete stroom jaarliks na hierdie internasionaal bekende wedloop en hierdie jaar se “op”-wedloop van die kus na die binneland, was geen uitsondering nie. ‘n Beduidende groep atlete van die Wellington-atletiekklub het vanjaar aan die Comrades deelgeneem. Altesaam 11 van die klublede het die wedloop suksesvol voltooi. Volgens Jennifer Daniels, voorsitter van die Wellington-atletiekklub, asook die voorsitter van Boland-padwedlope, is hulle baie trots op hierdie atlete. Byron February was die eerste plaaslike atleet oor die wenstreep in Pietermaritzburg met ‘n uitstekende tyd van 8:38:27. Met hierdie tyd het Byron die gesogte Bill Rowan-medalje losgehardloop – ‘n spesiale medalje vir atlete wat die Comrades onder 9 ure voltooi. Altesaam ag atlete van die Wellington-atletiekklub het met ‘n bronsmedalje teruggekeer. Hierdie medaljes word toegeken aan atlete wat die wedloop tussen 9 en 11 ure voltooi. Die Wellington-atlete wat in hierdie kategorie geëindig het, se tye wissel van 9:07:54 tot 10:59:36. Die manne wat hierdie prestasies behaal het is Jan Williams, Clint Williams, Bekker van Niekerk, Hendrik Broodryk, Daniel van Wyk, Nico Johnson, Morny Mentoor en Joseph Thomas.

NUUS • NEWS

Joseph was ook, met slegs 24 sekondes oor, een van die heel laaste atlete oor die wenstreep binne die afsnytyd vir ‘n bronsmedalje. Twee van die plaaslike atlete het Vic Clapham medaljes verower met hul tye bo 11 ure. Hulle is Shane Fortuin en Corné Mellet. Die klub se atlete het verdere prestasies behaal deur in verskeie afdelings onder die top-atlete in die wedloop te eindig. Benewens die feit dat atlete in die mans- en damesafdelings met mekaar meeding, is daar ook verskillende ouderdomsgroepe waarvolgens elke atleet geklassifiseer word en deelneem. Lede van die Wellington-atletiekklub het in verskeie afdelings onder die top 1000 deelnemers geëindig – ‘n baie groot prestasie as ‘n mens in ag neem dat daar 20 000 atlete van regoor die wêreld aan die wedloop deelgeneem het. Jan Williams het die beste plaaslike prestasie in sy afdeling behaal deur algeheel 201ste in die ouderdomsgroep vir mans bo 50 te eindig. Daniel van Wyk was kort op sy hakke met ‘n 483de plek in dieselfde kategorie. Byron February het ‘n ongelooflike 853de plek in die mans ope-afdeling behaal en Bekker van Niekerk het 967de in die afdeling vir mans bo 40 jaar geëindig. Die langasematlete van Wellington-atletiekklub het voorwaar die klub en die dorp se naam hoog gehou by hierdie groot wedloop – iets wat net deur ure op die pad, harde oefening, uiterste deursettingsvermoë en baie ondersteuning moontlik is.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

7 Junie 2017

Entries now open for the 32nd leg of the PPC Riebeek Bergmarathon

The race is now on for this year’s premier running event. Entries for the 32nd edition of the PPC Riebeek Bergmarathon have officially opened to runners and walkers alike. The starting pistol will fire on Saturday, 05 August 2017 and this year’s event is once again set to attract some of the best runners in the country (and globe). The call to enter invites serious athletes, as well as recreational participants, to book their place for this popular event and beat the standards set by previous participants. Set in the beautiful Boland town of Riebeek, this annual race provides runners from across the country – and globe – with the ideal excuse to spend a weekend away from home enjoying true Swartland hospitality. The event route follows a stunning and iconic course around Riebeek, starting and finishing at PPC Cement, Riebeek-West. A race qualifier for the Two Oceans Marathon, this communityorientated event offers race distances of the 42.2km marathon, the 21.1km half marathon, the 10km run/walk and the 5km fun run. PPC Riebeek-West General Manager, Bernard Venter said that the much-looked-forwardto event has become an extremely popular date on the domestic athletics calendar, with the race having gone from strength to strength, and

Jeugdag:

enjoyable to both young and old, serious and fun participants. “PPC has been the title sponsor of the PPC Riebeek Bergmarathon since inception 32 years ago. With the success of the past 31 events, we anticipate once again welcoming a large contingency of runners — both first-timers and marathon veterans to Riebeek.” Venter adds, “We are excited that the race has stood the test of time as a world-class event that attracts runners of all abilities and this year in particular we’re looking forward to seeing stories about inspirational entrants – from top athletes right through to people running the marathon for the first time.” “As a company firmly rooted in the community, we are proud to have sponsored and been a part of the race since its inception. There’s been a real air of excitement around the town since the very first race over three decades ago. More than just a marathon, the event also offers all those who attend a wonderful opportunity to experience true Swartland hospitality. We look forward to welcoming all participants and spectators,” concluded Venter. Entries for the 2017 PPC Riebeek Bergmarathon Marathon will stay open until: 24 July 2017. All entry enquiries can be directed to: ppcrbm@ ppc.co.za or to enter online visit www.ppc.co.za.

Met Jeugdag om die draai, beplan Avron Appollis en raadslid Lorraine Willemse 'n gemeenskapsontwikkelingsprogram in samewerking met Breaking Barriers. Bo is Avron Appollis van Breaking Barriers, Christine Marais van die GPF, kol. Johan Barkhuizen en Yolanda Wildschut van die SAPS met die balle wat die GPF vir die Jeugdagvieringe beskikbaar gestel het. Sien advertensie op bladsy 4.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
423 die courant wellington by DieCourant - Issuu