423 die courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

7 Junie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

7 Junie 2017

Uitgawe 423

O, olifant, jou reuse-koek?

Dot Klerck, Wellington se eie bobaas-koekbeeldhouer, het onlangs geskiedenis gemaak deur die eerste lewensgroot olifantkoek te maak. Hierdie koek is van 2 tot 4 Junie by die Good Food & Wine Show in Kaapstad uitgestal. Dot het die koek deur ‘n weke-lange proses by Wellington Wines se Bovlei-perseel gevorm. Dit weeg ‘n massiewe 1,2 ton en is met groot moeite veilig op 1 Junie tot in Kaapstad vervoer. ‘n Groot verrassing was die olifant���� at ‘n toevoeging tot die reuse-koek was. Hierdie oulike kleinding is tot die laaste minuut ‘n geheim gehou en is eers saam met die groot koek se aankoms in Kaapstad onthul. Dot wil met hierdie reuse-poging fondse insamel vir die SA Olifantprojek, sowel as vir die International Fund for Wild Animal Welfare (IFAW). Sy wil hiermee ook bewusmaking kweek vir die bewaring van hierdie majestieuse diere. Talle bekendes in die internasionale koswêreld was in vervoering oor die �����e, lewensgetroue koek.

•DORP SE EIE PRIVAATHOSPITAAL BEPLAN

Pegasus op horison •Jaomi Zeeman

Die moontlikheid dat Wellington binne die volgende paar jaar ‘n eie privaat gesondheidsorg-fasiliteit kan hê, mag dalk binnekort ‘n werklikheid word. Die Wes-Kaapse regering: Gesondheid het onlangs ‘n kennisgewing uitgereik waarvolgens daar ‘n aansoek vir die bedryf van ‘n privaatgesondheidsinrigting op Wellington ingedien is. Die amptelike kennisgewing, wat ingevolge sub-regulasie 6(1) en 6(2) van regulasie 187 van 2001 uitgereik is, maak die aansoek van die Pegasus Wellington Healthcare-fasiliteit bekend. Enige belangstellendes kan ingevolge hierdie kennisgewing binne 30 dae op die aansoek kommentaar lewer. Hierna sal die aansoek die amptelike roete vir goedkeuring volg. Volgens ‘n betroubare ingeligte bron beteken die bekendmaking van hierdie aansoek dat die

basiese navorsing en lewensvatbaarheid van só ‘n fasiliteit in Wellington reeds gedoen is. Dit moet nou net deur die meule van al die wetlike prosedures gaan voordat dit ‘n werklikheid kan word. Hierdie proses kan jare duur, maar die feit dat die eerste stap reeds ter tafel gelê is, dui reeds op positiewe progressie. Volgens die aansoek sal die privaat gesondheidsorg-fasiliteit wat vir Wellington beplan word, uitgebreide basiese mediese dienste lewer. Alhoewel dit nie so groot soos ander nabygeleë staats- of privaathospitale sal wees nie, is die aanvangskapasiteit noemenswaardig. Van die fasiliteite wat vir die nuwe hospitaal beplan word, is onder andere 40 mediese beddens, 40 chirurgiese beddens, 20 obstetrie beddens, 14 volwasse intensiewesorg-beddens en ses pediatrie intensiewesorg-beddens. Daar is ook aansoek gedoen vir ses neonatale

intensiewesorg beddens, ag volwasse hoësorg beddens, 10 pediatrie beddens, 30 dagbeddens, vier isolasie beddens en 15 psigiatriese beddens. Buiten die sorgeenhede word daar ook drie klein teaters, ses groot teaters, vier eerstestadiumkamers, vier bevallingskamers, een noodeenheid en twee resussiteringskamers vir die hospitaal beplan. Daar word ook spesialisfasiliteite soos een lasereenheid, een kateterisasie-laboratorium, 20 hemodialiese behandelingstasies, een prosedurekamer, 20 oorgangbeddens, 20 subakute sorgbeddens, 20 rehabilitasie beddens en 20 onkologie stasies vir die hospitaal beplan. Alhoewel die vooruitsig vir hierdie privaat gesondheidsorginrigting in Wellington nog in die beplanningsfase is, is die bal aan die rol om dit ‘n werklikheid te maak. Indien dit realiseer, sal dit waarskynlik, saam met al die ander ontwikkeling wat in ons dorp plaasvind, ‘n reuse-inspuiting en aanwins vir die gemeenskap wees.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
423 die courant wellington by DieCourant - Issuu