c urant
dié
Swartland 1Swartland••Bergrivier Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
7 Junie 2017
16.4%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 423
•WKOD SLUIT SKOLE WEENS STORMWEER
7 Junie 2017
Voëlvlei kry nóg Die Voëlvleidam sal wel nie vergroot word nie, maar die voorsieningsnetwerk sal wel uitgebrei word om enige water wat in die wintermaande vermors word, na die dam te kanaliseer. ‘n Uitbreidingsprojek aan dié dam is goedgekeur vir die volhoubare voorsiening van water. Die eerste fase van die uitbreidingsprojek van die Voëlvleidam, die Swartland se hoofvoorsiener van water, behels die bou van 'n damwal by Sonkwasdrift in die Bergrivier. 'n Pompstasie is ook deel van die uitbreidingsprojek. Die projek is juis daargestel om die hoër watervlak van die rivier in die wintermaande te benut. Die oortollige vloei sal deur middel van 'n pyplyn met ‘n groot deursnee binne-in die Voëlvleidam gestort word, sê die woordvoerder van die department waterwese en sanitasie, Ratau Sputnik. Die beplande wal sal ontwerp word om voorafbepaalde ekologiese vloei te verseker vir die volhoubaarheid van die rivier en die riviermonding. Die geraamde konstruksiekoste van die skema, beloop tussen R300 miljoen en R500 miljoen wat die minister reeds vir die projek bewillig het. Alhoewel die dam nie vergroot word nie, sal dit die volhoubare voorsiening van water aan die Weskus Distriksmunisipaliteit, die Swartland, Bergrivier en Saldanhabaai munisipaliteite, die boere langs die Bergrivier, asook Stad Kaapstad, verseker. Die voorsiening van water sal met ‘n maksimum van 23 miljoen kubieke meter verhoog word. Die kapasiteit van die dam is en bly 158 Mm3 teen die volle voorsieningskapasiteit. Die dam kan tans 80 tot 100 Mm3/a water voorsien. Die departement is nou druk besig met die finale ontwerpe, ná die omgewingsimpakstudie voltooi is. Die minister het die werk aan die dam as "regeringswerk" goedgekeur en die prosedure om die Trans-Caledon-tonnelvereniging as implementeringsagent vir die bestuur van die projek aan te stel, asook die befondsing te verseker, is onderweg. Konstruksie sal moontlik in September 2018 afskop, sodat die projek voor 2020 se winterseisoen voltooi kan wees. ‘n Ontsoutingsaanlegprojek word verder as deel van die nasionale waterskema by Koeberg vir Kaapstad beplan. Die projek wat tussen R30 miljoen en R50 miljoen sal beloop, sal deur die Stad Kaapstad en Eskom bestuur word. Die aanleg se konstruksie sal in fases oor 'n periode van tien jaar plaasvind. • Intussen het die WKOD gister afgekondig dat alle skole in die Wes-Kaap vandag gesluit
Op jul merke, gereed, bak 'n pannekoek!
Volgende Woensdag, 14 Junie, sal die pannekoek koning kraai in vanjaar se nasionale pannekoek-uitdaag wat ten bate van die Teater Bystandfonds gehou word. Dié fonds help onder andere om 'n huis aan te koop en op te knap vir behoewende persone in die vermaaklikheidsbedryf. Pannekoeke kan teen R5 stuk aangekoop word, of as jy self jou bakvernuf ten toon wil stel, kan jy beslag teen R20 per liter aankoop. Die panne staan reg by Malmesbury Pick n Pay in die De Bron-sentrum op Malmesbury. Kontak 022 487 2000 met navrae. Die plaaslike sanger, Wicus van der Merwe, het gister sy pannekoekbaktalente getoets. Vele verrassings wag op besoekers, beloof organiseerder Hetta Saunderson. sal wees as gevolg van die weerstoestande wat voorspel word. Millicent Merton, direkteur van die WKOD se kommunikasiedienste, het aan dié courant bevestig dat dit die eerste keer is wat skole deur die departement op grond van erge weerstoestande in samewerking met die rampbestuur gesluit word. Die Suid-Afrikaanse weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik vir stormtoestande wat swaar neerslae en selfs sneeu insluit.
Neerslae van ongeveer 50mm in 'n periode van 24 uur word verwag. Die kouefront wat oor die Wes-Kaap beweeg sal die temperature tot vriespunt laat daal en sneeu word oor die hoogliggende dele van die Wes-Kaap voorspel. Inwoners word versoek om hul vloed-risiko te verminder deur sandsakke te gebruik om water te herlei. Kontak 107 in geval van nood of 021 480 7700. Om vloedskade aan te meld, kontak 0860 103 089.
NUUS • NEWS