courant
1 Wellington
dié
31 Mei 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 422
31 Mei 2017
Koorfees: Dit was ‘n skouspelagtige-aand met hope talent en sang tydens Laerskool Hugo Rust se eerste koorfees. Altesaam 534 koorsangers het ‘n gehoor van 920 bekoor met liedere. Die talentvolle en gewilde kunstenaars, André Terblanche en Winand Grundling, het as kunstenaars opgetree en vir groot vermaak gesorg. Buurdorpe se skole wat hier betrokke was, sluit Laerskool Bastion, Worcester-Noord Primêr, Laerskool Durbanville en Hugenote Hoërskool in. Ou en nuwe vriendskapsbande is gesmee op kultuurfront.
•DU PREEZ'S LEWER TALLE PRESTASIES
Broers se kuns vereer
•Jaomi Zeeman Twee oud-skoliere van Hugenote Hoërskool is onlangs tydens die skool se Stigtersdagvieringe vereer. Hiermee het die skool geskiedenis gemaak – nie net omdat dit die eerste keer is dat twee persone by so ‘n geleentheid vereer word nie, maar veral ook omdat hierdie twee mense broers is. Carel en Petrus du Preez het beide diep spore getrap in hul onderskeie spesialisvelde. Wat hierdie prestasie nog meer besonders maak, is die feit dat die twee broers op twee baie uiteenlopende gebiede die hoogste sport bereik het. Carel, die oudste van die twee broers en deesdae weer ‘n inwoner van Wellington, was al vyf keer die SA Skopbokskampioen en hy was ook al die kampioen by die World Kickboxing Classics in Londen. Hy is tans ‘n skopboksafrigter by ‘n klub in die Paarl en palm steeds goue medaljes in sy afdeling by talle kompetisies in. Petrus is ‘n professor en hoof van die Universiteit van Stellenbosch se Dramadepartement. Hy is, buiten ‘n akademikus, ook ‘n akteur, poppemeester, dramaturg, regisseur en dosent. Hy het al in verskeie televisiereekse verskyn, dramatekste geskryf en geregisseer, sowel as
talle akademiese publikasies die lig laat sien. Buiten die feit dat hierdie twee broers besondere prestasies op sport-, akademiese en kultuurgebied behaal het, is hul ouers ook twee Wellingtonners wat hul merk gemaak het. Hul ma, Cornelia du Preez, was vir jare ‘n gerekende Afrikaanse onderwyseres by Hugenote Hoërskool. Onder haar leiding het vele toneelstukke by die skool op die planke verskyn, talle redenaars hul vaardighede geslyp en is talle eisteddfodbekers vir die skool ingepalm. Die twee broers se pa, Louis du Preez, was vir baie jare ‘n dosent by die CPUT. Hy is ‘n gerekende beoordelaar by eistedfodds en Die Du Preez's is agter Petrus du Preez, Ilze du Preez (Karel kunswedstryde, ‘n ghoeroe se vrou) en Karel du Preez. Voor sit Louis en Cornelia du in onderwysgeledere en het Preez, die trotse ouers van Petrus en Karel. onlangs sy eie trefferboek, skool, hul ouers en die gemeenskap wat hulle Deuntjies vir klein Duimpies, gepubliseer. Carel en Petrus het beide tydens hul help vorm het en gehelp het om hul potensiaal aanvaardingstoesprake hulde gebring aan die te ontgin.
NUUS • NEWS
2
31 Mei 2017
Matriekafskeid:
Wellington Hoërskool het onlangs hul matriekafskeid gehou. Die leerders het pragtig gelyk en die aand baie geniet. Op die foto is Terence Matthys saam met sy metgesel, Hillary Geslin.
Kinderbeskerming:
NUUS • NEWS
Die plaaslike Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) en SAPS het ‘n inisiatief geloods waar talle skole in die dorp aan ‘n bewusmakingsprojek t.o.v. kinderbeskerming deelgeneem het. Honderde leerders van onder andere St. Albans Primêr, Wellington Primêr, Hillcrest Primêr en Bergrivier Hoërskool het op Maandag 29 Mei ‘n menslike ketting langs Champaignstraat gevorm en plakkate vertoon om motoriste se aandag op hierdie belangrike saak te vestig. Hulle het ook pamflette van die Christelike lektuurfonds ontvang om aan mense uit te deel. Hierdie pamflette bevat wenke vir weerbaarheid teen mishandeling en alkohol en dwelmmisbruik.
NUUS • NEWS
31 Mei 2017
•INSPIREER MET DENKE
Demore motiveer die groot kanonne Die plaaslike skrywer en motiveringspreker, Demore Pretorius, is besig om homself as ‘n internasionale ghoeroe op die gebied van inspirasie en positiewe denke te vestig. Onder die projekte waarmee hierdie bedrywige man hom deesdae besig hou, is die konsultasie van verskeie besighede en sport-entiteite. Hy is ook betrokke by die emosionele voorbereiding van die Kenia Internasionale Rugbyspan, sowel as die plaaslike spanne van die Bergrivier Sekondêre Skool en ander sportklubs. Volgens Demore is die hooffokus van sy benadering ten opsigte van die motivering van sportspanne, om hul vaardighede en leervermoë te verskerp. “Ek konsentreer veral daarop om sportmanne en –vroue te help om vinniger te leer, hul vaardighede te skaaf en verfyn en om konstant onder druk te kan presteer,” sê hy. Sy onderrig as ‘n sielkundige-afrigter help atlete om geestelik gereed te kom, om te fokus, om te kan ontspan en om emosionele kontrole uit te oefen. “Geestelike uithouvermoë en taaiheid sal uiteindelik hul voorbereiding, oefening en prestasievlakke help verbeter,” verduidelik Demore. Hy is van mening dat die vaardighede waarmee hy sportmanne toerus, ook in die alledaagse lewe voordele kan inhou. “Motivering en sielkundige krag is veelsydig en veerkragtige instrumente wat elke dag in elke aspek van mense se lewens toegepas en positief gebruik kan word. "Enigeen het die potensiaal om meer te word, meer te doen en meer te bereik op elke terrein van hul lewe. "Geen mens kan funksioneer sonder ‘n raamwerk van sekere basiese beginsels nie. Daarom het ek só ‘n raamwerk ontwikkel waarby enigeen kan baatvind,” deel Demore sy geheime. Sy passie en kennis ten opsigte van motivering en onderrig is iets wat hy alreeds tydens sy studiejare ontgin en sedertdien laat groei het. “Dit het reeds tydens my jare by Bybel Kollege begin toe ek vir ‘n pastoor geleer het. "Dit het my gefassineer dat ‘n mens ander mense tot iets beter kan aanspoor en daarom het ek uiteindelik besluit om ‘n loopbaan as motiveringspreker en sielkundige afrigter te volg,” verduidelik Demore. Hy het homself by die Eden X in Port Elizabeth ingeskryf en verskeie diplomas in Kommunikasie,
Jeremeo nou voor sy eie gehoor op die planke Die plaaslike bekroonde akteur, regisseur en dramaturg, Jeremeo Le Cordeur, bring vandeesweek een van sy suksesvolle produksies na sy eie vallei se gehore. Jeremeo, wat ook die eienaar van die produksiemaatskappy Vulture Productions is, het verlede jaar groot sukses met sy monodrama “Jerry” behaal. Hierdie produksie is in 2016 met groot welslae by die Artscape Arena-teater opgevoer en Jeremeo het besluit om dit nou na plaaslike gehore ook te bring. “Jerry: a metaphor for unconventional heroes” sal van 2 tot 3 Junie tydens drie vertonings by die Ou Meul Teater in die Paarl opgevoer word. Volgens Jeremeo vertel “Jerry” die storie van ‘n gewone ou wat eintlik ‘n introvert is. Sy lewe kry ‘n onverwagse kinkel wanneer hy die ontvanger van ‘n “lewensveranderende” pizza-aflewering word. “Die doodgewone karakter, Jerry, se lewe verander skielik na die buitengewone wanneer hy hom met ‘n gevaarlike situasie bemoei wat hom uiteindelik kan vernietig of as ‘n held uit die stryd kan laat tree,” verklap Jeremeo oor die drama. Jeremeo was al voorheen by verskeie suksesvolle produksies betrokke, onder andere “Tannie Dora goes bos” en “February 14th”. Volgens hom put hy inspirasie uit ‘n verskei-
3
denheid bronne. “Ek word geïnspireer deur comic book-agtige karakters wat ek dan as konsepte in ‘n onkonvensionele teater-platform verplant,” verduidelik hy entoesiasties. Die drama “Jerry” speel binne ‘n ondervragingskamer af en volgens Jeremeo sal die gehoor deur die vinnige pas en aksiebelaaide vertoning meegesleur word. “Die storie blend met die hedendaagse pop culture en ons obsessions met die wêreld van televisie. Dan word dit gekultiveer tot kommentaar oor braafheid en geloof,” brei hy uit. Hierdie produksie sal die negende uit die geledere van Jeremeo se Vulture Productions produksiemaatskappy wees. “Ons wil graag ‘n ontwerp-platform vir oorspronklike Suid-Afrikaanse werke wees. Ons is trots op die feit dat ons edgy, thought-provoking produksies deur middel van ‘n verskeidenheid opvoedkundige teaterervarings aan diverse gehore bring,” sê hy. Twee van die drie vertonings by die Ou Meul Teater is reeds uitverkoop, maar daar is nog plek vir die vertoning op Vrydag 2 Junie om 19:00. Kaartjies kos R80 elk en belangstellendes kan Lance August by 074 746 7744 of info@vulture-productions.com vir navrae of besprekings kontak.
Skaak: Jacobus Smit het as lid van die
Sprekersvaardighede, Bestuursleierskap, Lewensafrigting, televisie- en radio-aanbieding, sowel as besigheidsafrigting voltooi. Die res is, soos hulle sê, geskiedenis. Demore het al verskeie nasionale en internasionale sportspanne sielkundig en geestelik voorberei vir groot toernooie. Hy het al ‘n boek gepubliseer en lewer gereeld motiveringspraatjies. Oor sy toekomsplanne is hy entoesiasties. “My drome vir die toekoms sluit die ontwikkeling van ‘n eie handelsmerk, naamlik ‘Believe you can do it’, en ‘n konsultasie maatskappy in. "Ek wil ‘n suksesvolle besigheidsman word. Ek wil ook voortgaan om mense nasionaal en internasionaal te help om hul volle potensiaal te ontwikkel en te ontgin,” sê hy.
o.13 Bolandspan aan Wes-Kaap Skoleskaakkampioenskappe deelgeneem in die Cape Sun, Nuweland. In elke ouderdomsgroep het die beste skaakspelers van die verskillende streke van die Wes-Kaap meegeding, byvoorbeeld WP, Boland, SWD, Overberg, Weskus. Jacobus het drie van sy ses wedstryde gewen en eindig 33ste uit ‘n totaal van 57 spelers. Uit die Bolandspan wat deelgeneem het was hy sewende. Nicolaas Smit as lid van die o.11 Bolandspan aan Wes-Kaap Skoleskaakkompetisie deelgeneem in Vredenburg. Nicolaas het vier uit ses punte behaal (drie gewen; twee gelykop; en een verloor) en eindig 21ste uit ‘n totaal van 63 spelers. Uit die Bolandspan wat deelgeneem het was hy sesde.
courant
Instrumente...
Instrumente is essensieel in plekke soos orkeste, operasiesale, laboratoriums, kunsateljees, skrynwerkerswerkswinkels, loodgieterstasse of sterrewagte. Dit is die hulpmiddels, werktuie, gereedskap, toestelle, apparate, masjiene en uitvindsels waarmee ons ons blinkste planne laat gestalte kry, ons mooiste klanke voortbring, ons drome vlerke gee en ons daaglikse brood verdien. Instrumente is as’t ware die middelman tussen ‘n gedagte en ‘n daad, ‘n idee en ‘n produk, ‘n denkbeeld en die konkrete. Dit kan in die vorm van ‘n tasbare hulpmiddel, as ‘n persoon deur wie iets gedoen word of as iets abstrak gestalte kry. Instrumente is só deel van ons lewens dat ons dit beswaarlik opmerk wanneer ons elke dag daarmee te doen kry. In Wellington is instrumente deel van ons gemeenskap se DNA. Ons plaaslike skoolkore het onlangs hul stemme as instrumente ingespan om te vermaak, maar ook om te presteer. Hugo Rust se koorfees was ‘n reuse-sukses en die kore van Hugenote Hoër en Laerskool het met goue toekennings by die ATKV Applous Koorkompetisie weggestap. Ander leerders het weer hul stemme as instrumente vir goeie argumente ingespan en sodoende die finale rondtes van die nasionale debat- en redenaarskompetisies gehaal. Mense op ons dorp span hul visie en vaardighede as instrumente in om ander te help en sweetpakke en sokkies vir die koue winter in te samel. Die motiveringspreker, Demore Pretorius, gebruik sy positiewe dryfkrag as instrument om ander te inspireer. Jeremeo Le Cordeur is ‘n instrument op talle verhoë om stories aan mense regoor die land te vertel. Ander mense gebruik hul liggame as super-instrumente op die sportveld. Sommiges is instrumente wat kinders en vroue wil beskerm teen mishandeling. Party is die instrumente wat help om kinders se talente te ontwikkel en ontgin. Watter instrument jy ook al elke dag in jou hande neem, of jy een bespeel en of jyself een is: mag elke instrument hierdie week suiwer klanke voortbring, netjies en versigtig werk en ‘n merk maak wat in die toekoms positief sal eggo.
Dis Goeie Nuus
NUUS • NEWS
31 Mei 2017
dié
4
Dr. Andrew Bosman
Die werk van die Heilige Gees
Koning Dawid was gesalf deur die profeet Samuel as koning voordat hy met die reus Goliat afgereken het. Hy het geleer om nie deur sy eie vermoë gelei te word nie, maar deur die Gees van God. Baie van die psalms was deur Dawid gedig gelei deur die Heilige Gees. Selfs die beskrywing van die Here Jesus aan die kruis soos Psalm twee-en -twintig, bykans ‘n duisend jaar voor Christus se koms na die aarde. Aan die einde van Koning Dawid se lewe het hy aan sy seun Salomo die opdrag gegee om vir die Here ‘n tempel te bou. Dawid het goud, silwer, yster en hout geskenk vir die bou van die tempel. Maar in sy gees was die plan hoe die tempel moes lyk. Die planne het hy ook aan Salomo deur gegee. Dawid het te veel bloed vergiet om die tempel te bou maar dat dit in sy hart was, was ook van die Here. Sy seun wat na hom sou kom kon die tempel bou. Selfs in die handelinge van die Heilige Gees lees ons dat Dawid was ‘n man na die hart van God. Koning Dawid bid die Here in Psalm een-en-vyftig om nie die Heilige Gees van hom weg te neem nie.
Kindersiektes: Wees op die uitkyk vir dié simptome Gerugte en bevestigde gevalle van Duitse masels (rubella) het onlangs sy kop onder voorskoolse kinders in die Swartland uitgesteek. dié courant het by kenners op die gebied van aansteeklike siektes, gaan aanklop om uit te vind na watter tekens ouers moet uitkyk om Duitse masels, asook masels, te voorkom of te behandel. Masels en Duitse masels word deur twee verskillende virusse veroorsaak. Duitse masels is egter nie so gevaarlik vir kinders nie, maar wel vir ongebore babas van vroue wat dit in die eerste trimester van hul swangerskap opdoen, Masels by kinders is ’n ernstiger siekte as Duitse masels. Volgens kenner, dr. Melinda Suchard, hoof aan die sentrum van entstowwe en immunologie by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), is daar 30 gevalle van masels onder kinders in Januarie en Februarie vanjaar in die Wes-Kaap bevestig. Sowat 20 gevalle is onlangs in Gauteng aangemeld. “Masels is hoogs aansteeklik en versprei vinnig,” waarsku Nios op hul webblad.“Mense wat dié siekte onder lede het, kan dit reeds vier dae voor die veluitslag sigbaar word aan ander oordra en tot vier dae daarna.” Entstowwe teen masels is sedert 1970’s in die land beskikbaar, maar die gevreesde siekte bly volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) een van die vernaamste oorsake van kindersterftes. Selfs al is inentings daarteen deel van die nasionale inentingskedule, is daar ’n toename in gevalle in die Wes-Kaap en Gauteng. Die uitslag is baie dieselfde as dié van Duitse masels (rubella). Gevaarlike newe-effekte van masels is onder meer diarree en oor- en longontsteking. Masels kan ook erge maagpyn veroorsaak. Die maselvirus besmet die asemhalingstelsel en versprei deur aanraking en vogdruppels wat uitgehoes of -genies word, verduidelik hulle. “Ná sowat sewe tot 21 dae nadat kinders tot die virus blootgestel is, ontwikkel simptome soos ’n hoë koors van tot 40 ˚C, rooi oë (konjunktivitis), ligsensitiwiteit, spierpyn, loopneus,
’n seer keel met wit kolletjies binne-in die mond en ’n verspreide rooi, jeukerige veluitslag, vertel sy. Daar is geen spesifieke behandeling, behalwe Vitamien A-aanvullings. Bed-rus word aanbeveel, sê Suchard. Kinders met simptome van masels word dus aangeraai om nie met ander kinders in aanraking te kom nie. Sy voeg by dat oupas en oumas wat na hul kleinkinders met masels moet omsien, nie hoef te vrees dat die virus na hulle oorgedra sal word nie. “Die oupas en oumas sal reeds teen die virus immuun wees, omdat die siekte baie meer voor 1975 gesirkuleer het,” verduidelik sy verder. Inenting in Suid-Afrika se openbare sektor is gratis, maar kos R226,40 per inenting teen masels en Duitse masels by ‘n dokter of privaat hospitaal sonder konsultasiefooie. Daar word slegs teen duitste masels in die privaat sektor ingeënt, voeg Suchard by. “Inenting teen masels is 95 persent doeltreffend, sê sy. Dit beteken een uit 20 kinders word nie volkome teen die siekte beskerm nie, daarom moet ouers op 15 maande ’n aanvullende inenting vir hul kinders oorweeg, wat ook tydens ‘n uitbreking toegedien kan word. Sy sê egter dat dit nie noodwendig nodig is om weer teen masels ingeënt te word indien daar ‘n uitbreek van masels is nie, aangesien die kanse skraal sal wees dat dit oorgedra kan word. ‘n Apteker van Malmesbury raai ook ouers aan om hul skeduleboekie deeglik deur te gaan en seker te maak alle inentings is op datum wanneer daar ‘n epidemie is of wanneer kinders laer –of hoërskool toe gaan. Statistiek van die WGO toon hoe suksesvol inentings teen masels is. Tussen 2000 en 2015 het dit nagenoeg 20,3 miljoen sterftes wêreldwyd voorkom, raam hulle. In Afrika het die sterftesyfer weens masels van 2000 tot 2010 met 74% afgeneem. Die WGO en Nios hoop om die siekte teen 2020 wêreldwyd uit te roei. Suchard nooi ouers uit om hul handboek vir entstowwe vir ouers en voogde op hul webblad by www.ncid.ac.za te besoek vir alle navrae oor masels en Duitse masels.
'Ma’s vir Wellington' is ‘n plaaslike nie-winsgewende organisasie wat ‘n verskil in die lewens van kinders in ons dorp maak. Hulle voed, onderrig en versorg bykans 200 kinders in ons omgewing deur middel van verskeie programme en inisiatiewe. Volgens Stephanie Henderson, stigter van Ma’s vir Wellington, probeer hulle elke jaar om die winterkoue vir hierdie kinders effens draagliker te maak deur hulle van sweetpakke en sokkies te voorsien. “Die Bolandse winters kan baie koud en nat wees en die omstandighede waarin baie kinders grootword, bied nie veel warmte en beskerming vir hulle in hierdie toestande nie. "Ons probeer elke jaar om elke kind met ‘n warm sweetpakkie en ‘n paar sokkies toe te rus om te help om die winter vir hulle ‘n bietjie draagliker te maak,” sê sy. Hulle benodig hierdie jaar 170 sweetpakkies en pare sokkies vir dogters en seuns tussen die ouderdomme van 3 tot 6 jaar. “Die kindjie kan die sweetpakkie aantrek in die aand wanneer hy of sy gaan slaap, maar ook op koue dae om warm te bly. Die kinders se voetjies is ook yskoud en sokkies help baie hiermee in die
koue weer,” verduidelik Stephanie. Volgens haar is Ma’s vir Wellington elke jaar oorweldig deur die ongelooflike ondersteuning met hierdie projek uit die plaaslike gemeenskap. “Ons kan nie hierdie wonderlike inisiatief uitvoer sonder die vrygewigheid en oop hande van ons gemeenskap nie. "Elke jaar help die dorp se mense om hierdie projek ‘n werklikheid te maak en help hulle om gestalte te gee aan ons visie, nl. om ‘n positiewe, liefdevolle verskil in kinders se lewens te maak,” sê sy. Ma’s vir Wellington wil graag op Jeugdag, 16 Junie, die sweetpakke en sokkies aan die kinders oorhandig. Enigeen wat ‘n sweetpakkie en sokkies wil skenk, kan dit voor 15 Junie by hul kantore in Blignautpark (die ou Colibri handdoekfabriek) of by die Wellington Moederkerk se Kerkkantoor in Kerkstraat gaan afgee. Andersins kan donateurs ‘n skenking van R100 vir hierdie doel maak. Vir meer inligting of enige navrae oor die projek kan belangstellendes Lizette Ferreira by 084 368 7667 of admin.mvw@telkomsa.net kontak of hul webwerf by www.masvirwellington. co.za besoek.
Sweetpakke en sokkies teen die koue winter
NUUS • NEWS
31 Mei 2017
Boland klop Grens Die Boland Kavaliers het Saterdag ‘n naelskraapse 21-20 oorwinning oor die Grens Bulldogs behaal in ‘n Supersport Uitdaag wedstryd te Victoria Park Ceres. Die Kavaliers was rustyd met 21-5 voor, maar moes in die tweede helfde hul keer behoorlik ken teen ‘n begeesterde Grensspan. Grens het daarin geslaag om 15 onbeantwoorde punte aan te teken tydens die tweede helfde van die wedstryd. Die Kavaliers se heelagter Divan Nel het 16 punte aangeteken deur middel van 'n drie, ‘n doelskop en drie strafdoele. Sergio Torrens (vleuel) het die Kavaliers se ander drie gedruk.
Die Kavaliers se volgende wedstryd is op 10 Junie 2017 teen die Westelike Provinsie. Dié wedstryd sal in die Strand by die Charles Morkel Stadion (Helderberg Rugbyklub) gespeel word. BOLAND KAVALIERS Drieë: Sergio Torrens, Divan Nel, Doelskoppe: Divan Nel (1) Strafdoele: Divan Nel (3) GRENS BULLDOGS: Drieë: S Nyoka; S Xakalashe; O Zono; Doelskoppe: O Zono (1) Strafdoele: O Zono (1) FOTO: Willem Segels
5
6
31 Mei 2017
NUUS • NEWS
Basaar:
Die Wellington Moedergemeente se jaarlikse basaar was ‘n groot sukses. Dorpenaars het heerlik inkopies gedoen by die verskeidenheid stalletjies met vars gebak, tuisgemaakte produkte, vars produkte, poeding en handwerk. ‘n Orkes wat deurentyd vir heerlike agtergrondmusiek gesorg het, het tot die feestelike atmosfeer bygedra. Middel: Engela Duvenage en Jeanne-Mari Bosch bak heerlike pannekoeke.
Skole presteer by ATKV
Twee goue toekennings, twee hoërskoolleerders onder die top 5 redenaars in die Wes-Kaap, een debatspan in die landswye finaal, twee laerskoolleerders in die top-vyf-redenaars in die Wes-Kaap en een laerskoolleerder in die nasionale finaal vir redenaars. Dít is die fonds van prestasies wat plaaslike skole onlangs in nasionale ATKV-kompetisies behaal het. Die ATKV bied jaarliks ‘n Nasionale Applous Koorkompetisie vir skoolkore en ‘n Nasionale Redenaarskompetisie vir skole aan. Daar is ook ‘n jaarlikse debatkompetisie vir hoërskole. Hugenote Hoërskool se skoolkoor het uitstekend gevaar in die Applous koorkompetisie deur ‘n Goue-toekenning te verwerf. Die seniorkoor van Hugenote Laerskool het hierdie prestasie geëwenaar deur ook ‘n Goue-toekenning in die laerskoolafdeling te kry. In die redenaarskompetisie het daar twee leerders van Hugenote Hoërskool in die voorbereide juniorafdeling en twee leerders in die onvoorbereide seniorafdeling tot die
nasionale semifinale rondte deurgedring. Die senior sprekers het beide onder die top 5 in die WesKaap geëindig. Hugenote Laerskool se twee leerders wat tot die nasionale semifinaal in die redenaars deurgedring het, het geskiedenis gemaak deur ook beide in die provinsiale topvyf te eindig – iets wat min ander laerskole in die Wes-Kaap al ooit van tevore kon regkry. “Ons is in ekstase oor ons leerders wat tweede en vyfde in hierdie moeilike kompetisie in die provinsie geëindig het. "Met een van hulle in die top twee, het ons nou ook ‘n leerder in die nasionale finaal van die ATKV-redenaarskompetisie. "Ons is baie trots!” het Andriëtte Smit, redenaarkoördineerder by dié skool gesê. Hugenote Hoërskool het verder presteer deur twee spanne in die nasionale semifinaal van die ATKV-debatkompetisie te hê. Een van hierdie spanne, dié van Ruan Palvie en Philip Visagé, eindig derde en dring deur na die landswye finaal.
Netbal: Hugenote Primêr se netbalspelers is in verskillende spanne opgeneem wat eersdaags op toer gaan. Links: Zoë Tobias (o.13) is in die Wes-Kaapse Willouw-span opgeneem en sy gaan aan die “All Ages Tournament” deelneem gedurende die Junie-vakansie. Regs: Kara de Ridder (o.11) is in die Kaapse Wynlandspan opgeneem vir netbal.
NUUS • NEWS
7
31 Mei 2017
Dagboek • Calender
Gimnastiek:
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Oefening is vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) 29 Mei: Die Gemeenskaps-polisiëringsforum hou hul algemene jaarvergadering om 19:00 by die Stadsaal. Die publiek word uitgenooi om die vergadering by te woon. Hillcrest United RFC 3 June- Hillies vs Delicious (Home) 10 June - Newton vs Hillies (Away) 17 June - Hillies vs Bella Vista (home) 24 June - Roses vs Hillies (Pelican Park) 1 July - Hillies vs Wolseley (Home) 8 July - Tulbagh vs Hillies (Away) 15 July - Hillies vs Hamlet (Home) 22 July - Bye 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals - Top 8 12 Aug - Semi Finals - Top 8
19 Aug - Finals - Top 8 For more information contact Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskoolsaal om 19:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 NGK Wellington-Noord 11 Junie: Winand Grundling lewer om 16:30 'n orrelkonsert by die NGK Wellington-Noord. Werke van Buxtehude, Bach, Hakim en Guilmant sal op die program wees. Winand is geen onbekende in Wellington nie. Met sy vurige en virtuose spel laat hy die gehoor op die punte van hul stoele. Toegang is R50 per persoon Wellington Huismark 3-6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met lewendige musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart fasiliteite beskikbaar Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington Noordkerksaal Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin bied aan hul Gholfdag by die Wellington Gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Dagboek • Diary Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens - Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak : 083 258 8717 / 021 873 3375
Jessi Baxter van Laerskool Hugenote het aan die Medal Mania gimnastiekkompetisie by Wynland Gimnastiekklub in die Paarl deelgeneem. Dit was Jessi se eerste kompetisie en sy het besonders goed gevaar. Sy het deelgeneem aan die vlak 2, 7 jaar ouderdomsgroep, waar sy die volgende punte behaal het. Spronge: 8.8; Brug: 8.3; Balk: 9.3; Vloer: 9.4. Sy was in haar ouderdomsgroep algeheel derde geplaas, maar as gevolg van haar gemiddelde punt ontvang sy ‘n goue medalje. Jessi was ook gekroon as “the queen of the floor” nadat sy die hoogste punt behaal het binne al die ouderdomsgroepe vir die vloer.
Dans:
Annabelle Neethling van Laerskool Hugenote het aan die Dance Craft Studio se Match Dance deelgeneem vir Fox Dance Academy. Hulle Hip Hop-groep, WIDGET, het goud gekry vir Best Kids Performance.
courant
8
NUUS • NEWS
dié
31 Mei 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
31 Mei 2017
Bergrivier en Groendal pak mekaar Die rugbyspanne van Bergrivier Sekondêr het kragte gemeet teen die spanne van Groendal Sekondêr. Foto's: Francio Abrahams
Uitslae • Results
GHOLF
Liga-uitslae - Voorgee-liga: Paarl 4 Wellington 2; Caledon 4 Theewaterkloof A 2; Hexvallei 5 Riverside 1; Bredasdorp & Theewaterskloof 2
Hokkie: Die hokkiespelers van die Hu-
genote Hoërskool het in die onlangse Boland-proewe presteer. Sian Maart en Ethan Voster (links) is in die Boland IPT-span opgeneem wat van 1 tot 6 Julie aan die nasionale toernooi in Stellenbosch deelneem. Regs is Suné Kuhn, Mija Zeeman, Garren de Vries en Otha Tasana wat in die Boland se Barlinkaspan opgeneem is wat aan die nasionale streekstoernooi in die Paarl sal deelneem.
Stuur jou klub se uitslae na izelle@diecourant.co.za, of kontak ons by 022 487 3221. Like ons Facebook-blad en wees altyd op die voorpunt van die nuus!
Berg organisers commit to staging 2017 Berg The organisers of the Berg River Canoe Marathon have moved to reassure paddlers that the event will go ahead, despite the crippling drought that is gripping the Western Cape. Water levels in the Berg river between Paarl and the lower tidal reaches of the river are extremely low, and the feeder dams are equally depleted. “We are committed to holding the race as planned from 12 to 15 July, but we will keep a close eye on the water situation and adjust the
race route if needed,” said race committee chairman Andre Collins. “This is not new,” he added. “We have had to do this often in the past when the river has been too low or if a section of river is not paddleable, due to vegetation growth for example.” Collins noted that the projected rainfall to the end of June was predicted to be around 20% of the normal rainfall for that period, but that projections for July and August pointed to rainfall that was 80% of the normal expected rainfall.
“This will impact heavily on the races on the sections of the river that lead up to the Berg Marathon, and will make training and tripping on the river difficult,” he said. “As all paddlers know, river conditions can change overnight after one heavy rainfall, and there is enough reason to believe that this may happen to allow us to continue to focus on staging the race in mid-July,” he added. “If there are any adjustments to the race course that are necessary, then we will make
those in the days before the race. “As we have done before, these changes will be done with the intention of keeping the overall distance of the race, and the character and unique challenges of the Berg in place,” said Collins. He thanked the paddlers for their patience and understanding and paid tribute to the paddlers that had already entered the race knowing the full severity of the drought.