courant
1 Wellington
dié
24 Mei 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 421
24 Mei 2017
Klanke van musiek: Hugenote
Hoërskool het weer ‘n wonderlike kultuurweek agter die rug. Vanaf 8-11 Mei 2017 was die bekende musiekblyspel, The Sound of Music, op die planke. Ongeveer 1700 konsertgangers was vir ‘n paar uur vasgenael om die aangrypende storie van Maria, die kaptein en sy sewe kinders te beleef. Dit was werklik ‘n top-klasproduksie onder leiding van Johann Enslin, Leandé Strömbeck en André Terblanché. Foto: Lotta Marais
•DOT BAK NOG 'N REUSE-DIER
Koek, kyk die olifant •Jaomi Zeeman
Om ‘n olifant te eet, is iets wat nie elke dag gedoen word nie. Tog weet almal baie goed dat dit telkemale as ‘n metafoor vir die langsame afhandeling van ‘n groot taak gebruik word. Die eet van ‘n olifant gaan egter binnekort nie meer so vergesog wees nie, want die plaaslike bakker-ghoeroe, Dot Klerck, is besig om die eerste lewensgroot olifantkoek te bak. Dot maak hierdie olifantkoek vir ‘n kliënt van die Good Food and Wine Show ten bate van bewaringsbewustheid. “Olifante is op die gevaarlys as dit kom by bedreigde diere. Met hierdie poging wil ons ‘n bewustheid skep vir die bewaring van hierdie diere,” verduidelik sy. Sy het verlede jaar ‘n soortgelyke projek aangepak toe sy ‘n lewensgroot renosterkoek, ook vir ‘n bewaringsveldtog, vir die Good Food and Wine Show gebak het. Met 2016 se renosterkoek het sy vir haar ‘n plek as finalis in verskeie internasionale bakkompetisies losgeslaan. Sy was onder andere toe ook ‘n finalis in die gesogte internasionale “Oscars van die bakkers”, oftewel die Cake Masters Magazine Awards (CMMA), met haar renosterkoek. Om ‘n lewensgroot olifantkoek te bak, is natuurlik geen geringe taak nie. Volgens Dot is daar ‘n hele rits stappe in die bak en bou van so ‘n groot koek.
Dot, met ‘n agtergrond en studies in kuns in beeldhouwerk, maak ook gebruik van haar man se vaardighede as meganiese ingenieur wanneer sy so ‘n groot koek aanpak. “Die struktuur van so ‘n groot koek is baie belangrik. Mense dink altyd heel eerste aan die hoeveelheid koek en hoe lank dit sal neem om dit te bak, maar die berekeninge rondom die struktuur, basis en bou van die koek is amper die belangrikste stap as jy sukses met so iets wil behaal. As jy in gedagte hou dat die koek ongeveer 1,5 ton gaan weeg, sal jy verstaan dat die aanvanklike raamwerk van die uiterste belang is,” verduidelik Dot. Die olifantkoek gaan op ‘n staalbord van 4mx2m, wat die staalstruktuur waarom die koek gevorm gaan word steun, gebou word. “As ‘n mens in ag neem dat die kop alleen 150kg gaan weeg, moet jy jou somme haarfyn doen. Dit mag nie ‘n aks beweeg nie, want dit kan die hele koek laat kraak,” sê Dot. Verlede jaar het die vervoer van die renosterkoek ‘n allemintige R12 000 van Wellington tot in Kaapstad gekos. Aangesien die olifantkoek nog groter as die renoster sal wees, bou Dot dit hierdie jaar op die perseel van Wellington Wyne. “Dit gee my meer spasie as by die huis tydens my werkproses en sal die laaiproses na voltooiing waarskynlik vergemaklik,” sê Dot. Daar moet meer as 500kg koek gebak word om die olifant te volltooi. Die bestanddele sluit
Dot Klerck is druk besig om 'n reuse-olifantkoek te bak. onder andere tussen 1200 en 1500 eiers, meer as 80kg fondant en ongeveer 150kg sjokolade in. Agterna sal die koek aan liefdadigheid geskenk word. Intussen werk Dot onverpoos aan die enorme olifantkoek wat van 2 tot 4 Junie by die jaarlikse Good Food and Wine Show by die KIKS in Kaapstad te sien sal wees. Sy wéét hoe bou ‘n mens ‘n olifant – stukkie vir stukkie.
NUUS • NEWS