courant
1 Wellington
dié
24 Mei 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 421
24 Mei 2017
Klanke van musiek: Hugenote
Hoërskool het weer ‘n wonderlike kultuurweek agter die rug. Vanaf 8-11 Mei 2017 was die bekende musiekblyspel, The Sound of Music, op die planke. Ongeveer 1700 konsertgangers was vir ‘n paar uur vasgenael om die aangrypende storie van Maria, die kaptein en sy sewe kinders te beleef. Dit was werklik ‘n top-klasproduksie onder leiding van Johann Enslin, Leandé Strömbeck en André Terblanché. Foto: Lotta Marais
•DOT BAK NOG 'N REUSE-DIER
Koek, kyk die olifant •Jaomi Zeeman
Om ‘n olifant te eet, is iets wat nie elke dag gedoen word nie. Tog weet almal baie goed dat dit telkemale as ‘n metafoor vir die langsame afhandeling van ‘n groot taak gebruik word. Die eet van ‘n olifant gaan egter binnekort nie meer so vergesog wees nie, want die plaaslike bakker-ghoeroe, Dot Klerck, is besig om die eerste lewensgroot olifantkoek te bak. Dot maak hierdie olifantkoek vir ‘n kliënt van die Good Food and Wine Show ten bate van bewaringsbewustheid. “Olifante is op die gevaarlys as dit kom by bedreigde diere. Met hierdie poging wil ons ‘n bewustheid skep vir die bewaring van hierdie diere,” verduidelik sy. Sy het verlede jaar ‘n soortgelyke projek aangepak toe sy ‘n lewensgroot renosterkoek, ook vir ‘n bewaringsveldtog, vir die Good Food and Wine Show gebak het. Met 2016 se renosterkoek het sy vir haar ‘n plek as finalis in verskeie internasionale bakkompetisies losgeslaan. Sy was onder andere toe ook ‘n finalis in die gesogte internasionale “Oscars van die bakkers”, oftewel die Cake Masters Magazine Awards (CMMA), met haar renosterkoek. Om ‘n lewensgroot olifantkoek te bak, is natuurlik geen geringe taak nie. Volgens Dot is daar ‘n hele rits stappe in die bak en bou van so ‘n groot koek.
Dot, met ‘n agtergrond en studies in kuns in beeldhouwerk, maak ook gebruik van haar man se vaardighede as meganiese ingenieur wanneer sy so ‘n groot koek aanpak. “Die struktuur van so ‘n groot koek is baie belangrik. Mense dink altyd heel eerste aan die hoeveelheid koek en hoe lank dit sal neem om dit te bak, maar die berekeninge rondom die struktuur, basis en bou van die koek is amper die belangrikste stap as jy sukses met so iets wil behaal. As jy in gedagte hou dat die koek ongeveer 1,5 ton gaan weeg, sal jy verstaan dat die aanvanklike raamwerk van die uiterste belang is,” verduidelik Dot. Die olifantkoek gaan op ‘n staalbord van 4mx2m, wat die staalstruktuur waarom die koek gevorm gaan word steun, gebou word. “As ‘n mens in ag neem dat die kop alleen 150kg gaan weeg, moet jy jou somme haarfyn doen. Dit mag nie ‘n aks beweeg nie, want dit kan die hele koek laat kraak,” sê Dot. Verlede jaar het die vervoer van die renosterkoek ‘n allemintige R12 000 van Wellington tot in Kaapstad gekos. Aangesien die olifantkoek nog groter as die renoster sal wees, bou Dot dit hierdie jaar op die perseel van Wellington Wyne. “Dit gee my meer spasie as by die huis tydens my werkproses en sal die laaiproses na voltooiing waarskynlik vergemaklik,” sê Dot. Daar moet meer as 500kg koek gebak word om die olifant te volltooi. Die bestanddele sluit
Dot Klerck is druk besig om 'n reuse-olifantkoek te bak. onder andere tussen 1200 en 1500 eiers, meer as 80kg fondant en ongeveer 150kg sjokolade in. Agterna sal die koek aan liefdadigheid geskenk word. Intussen werk Dot onverpoos aan die enorme olifantkoek wat van 2 tot 4 Junie by die jaarlikse Good Food and Wine Show by die KIKS in Kaapstad te sien sal wees. Sy wéét hoe bou ‘n mens ‘n olifant – stukkie vir stukkie.
NUUS • NEWS
2
24 Mei 2017
NUUS • NEWS
•GROOT PLANNE VIR JEUGDAG
Inisiatief breek deur die grense Deon Maas: ‘n Nuwe kunsuitstalling, “botes, bakker – kwas & klei”, het op Saterdag
20 Mei in die Breytenbach Galery geopen. Hierdie uitstalling deur die pottebakker en beeldhouer Ronel Bakker, sowel as die skilder Pierre Botes, bevat ‘n versameling uiteenlopende werke met die tema van indentiteit, veral t.o.v. die vrou. Die kunswerke is ‘n simbiose tussen verskillende mediums en woorde wat die vele fasette van identiteit, hetsy introspektief, met betrekking tot verlies of t.o.v. die vrou verbeeld. Die uitstalling is deur Deon Maas, bekende skrywer en sosiale kommentator, geopen. “Die tema van hierdie uitstalling is definitief eerlikheid. In ‘n era waar daar soveel aan eerlikheid weggebeitel is, is dít baie nodig. Waar ons elke dag aan ‘fake’ nuus, wat natuurlik eintlik net blote leuens is, verwronge werklikhede op sosiale media en narre soos Donald Trump moet vaskyk, is die eerlikheid en gestrooptheid van hierdie kunswerke ‘n baken van hoop,” het hy gesê. “Die kunstenaar se rol in die samelewing is om ons slimmer te maak, om ons aandag te vestig op die alledaagse dinge wat ons nie meer raaksien nie,” het Maas voortgegaan. Die uitstalling duur tot 8 Junie. Besoekers is welkom en belangstellendes kan die galery by 021-864 2988 of galery@breytenbachsentrum.co.za kontak. Bo is Ronel Bakker, Pierre Botes, Anne-Ghrett Erasmus en Deon Maas tydens die opening van die uitstalling.
NG-kerk hou basaar
Die Wellington Moederkerk is besig om hul vere reg te skud vir hul jaarlikse basaar wat op Saterdag 27 Mei om 08:00 in hul Kerksaal afskop. Hierdie feestelikheid sal natuurlik deur die gebruiklike ou gunstelinge soos pannekoek, poeding en
boeppensbroodjies (jaffles) gekenmerk word. Daar is ook ‘n heerlike ontbyt, kinderpret, geskenke, vars produkte en lekker boeremusiek wat niemand mag misloop nie. Kontak die kerkkantoor by 021873 1561 vir meer inligting.
Stuur jou nuuswenke na izelle@diecourant.co.za of besoek ons webtuiste by www.diecourant.co.za.
Breaking Barriers is ‘n plaaslike nie-winsgewende organisasie wat groot planne vir Jeugdag het. Saam met verskeie ander rolspelers beplan hulle dag vol aktiwiteite vir 2017 se Jeugdagvieringe op 16 Junie. Volgens Avron Appollis van Breaking Barriers het die inisiatief rondom Jeugdag uit ‘n behoefte in die gemeenskap ontstaan. “Ek het agtergekom dat daar ‘n behoefte onder ons jeug is. Daar is soveel talent en potensiaal onder ons jongmense, maar hulle kry nie altyd die geleentheid om dit te ontgin nie. Ons wil hulle graag met ons inisiatief help om hul sterkpunte te identifiseer en hulle in daardie rigting te bemagtig,” sê hy. Breaking Barriers het die hulp van talle instansies gekry om hul Jeugdagvieringe ‘n werklikheid te maak. “Ons organisasie kry die ondersteuning van Wyk 29 en raadslid Lorraine Willemse, die Wellington SAPS gaan vir ons balle voorsien, die Cornal Hendricks Foundation skenk t-hempies, Wellington Badisa en Bernhard Bailey maak vir ons baniere, Roses United Rugby Club, Jeuggroepe en die hele gemeenskap help ons. Die burgemeester, Conrad Poole, sal ook die openingstoespraak by die Jeugdag geleentheid lewer,” vertel Avron oor dié spanpoging. Die aktiwiteite sal op die terrein van Wellington Primêr op die hoek van Voor- en Endstraat
op Jeugdag plaasvind. “Ons tema is ‘Youth in Sport is a Youth out of court’. Ons hooffokus is om ons jeug te wys dat daar alternatiewe is, om hulle bewus te maak van positiewe dinge soos sport waardeur hulle hul doel kan bereik. "Tussen ons jeug is daar dalk die volgende Cornal Hendricks, Alshaun Bock en Juan de Jongh. Dit is ons verantwoordelikheid om dit raak te sien,” sê Avron. Volgens hom wil hulle met hul Jeugdagprogram intervensie, voorkoming en bewusmaking t.o.v. van slegte lewenskeuses op alle vlakke aanspreek. Hulle wil graag alle jeug, maar veral die werkloses, by die aktiwiteite betrokke kry. Daar sal o.a. ‘n sewes- en netbaltoernooi, sowel as ‘n toutrekkompetisie plaasvind. “Ons wens vir die projek is dat ons as gemeenskap sal saamwerk en dat ons ‘n sterk platform sal skep waarvandaan ons kan werk vir ons jeug vir ‘n beter toekoms,” sê Avron. Belangstellendes kan Avron by 0761802510, raadslid Lorraine Willemse by 0820799421 of Jonathan Liebenberg by 0727702240 kontak.
NUUS • NEWS
24 Mei 2017
3
•LEEF NOU HAAR PASSIE TEN VOLLE UIT
Groen op verhoog
Juliette Pilaar is ‘n plaaslike fotograaf wat onlangs die eer gehad het om haar foto’s saam met ander kunstenaars in die Artscape se Resource Centre uit te stal. Juliette, wat nog altyd ‘n belangstelling in fotografie gehad het, het eers in die funksie- en toerismebedryf gewerk. “Dit was ‘n baie veeleisende industrie en my tyd het nooit aan my behoort nie. Ek kon nie my balangstelling in fotografie uitleef nie,” vertel sy. Sy het egter sowat drie jaar gelede besluit om haar hart te volg en haar voltyds op fotografie toe te spits. Sedertdien kyk sy nie terug nie en is sy dankbaar dat sy destyds die dapper besluit geneem het. Die kans om by Artscape uit te stal is juis een van die positiewe gevolge van hierdie besluit. Een van haar verantwoordelikhede teenoor haar besigheid en entrepreneurskap t.o.v. fotografie, is dat sy haarself moet bemark. “Ek stuur elke dag heelwat e-posse uit om net my naam buite te kry. Een van hierdie eposse het ek aan die CEO van Artscape, Marlene Le Roux, ‘n oud-Wellingtonner gerig. Sy het toe die epos aangestuur aan haar kollega wat die bestuurder van Artscape se Resource Centre is. Ons twee het ‘n afspraak gemaak en ek is daarna gevra of ek deel sal wil wees van Artscape se visuele kunsuitstalling. Sy het gevra of ek ‘n klein praatjie sal doen met ander entrepreneurs en kunsliefhebbers asook om van my werk uit te stal. Ek sou gek wees om so ‘n geleentheid van die hand te wys, en het dit dus met albei hande aangegryp,” vertel Juliette oor hierdie groot geleentheid. Daar is uiteindelik twaalf van haar Straatfotografie werke vir die uitstalling gekies en die fokus het op diversiteit, mense en omstandighede geval. Die naam van die uitstalling is “ENTRY” en behels ‘n tentoonstelling oor vyf weke deur vyf kunstenaars, waarvan Juliette een is. Van die ander kunswerke sluit skilderwerk, beeldhouwerk en ‘n “lewendige installasie” in. Juliette se kennis en vaardigheid t.o.v. fotografie is te danke aan die ure wat sy al agter die lens deurgebring het. “Alles wat ek aanvanklik van fotografie geweet het, het ek deur ondervinding en rondspeel met die kamera geleer. As jy die kunsvorm waardeer, wil jy ten alle tye soveel
Gian Groen het sy debuut in die musiekbedryf in 1999 gemaak as die voorsanger van die eertydse rockgroep “Spinnekop”. In 2002 het Laurika Rauch sy treffer, Vier Seisoene Kind, opgeneem as titelsnit van haar CD, waarna Gian se droom om homself te vestig as liedjieskrywer skielik koers gekry het. Intussen is sy werk ook opgeneem deur groot name soos onder andere Dozi en Theuns Jordaan. Gian Groen is ‘n gevestigde naam in die Afrikaanse musiekbedryf met die vermoë om enige gehoor op die punte van hul stoele te hou, met of sonder sy orkes. Hy kan Saterdag, 27 Mei 2017 in aksie gesien word by Die Bruid, die Pixie en die Vaalhond-teater op Riebeek-Kasteel met slegs sy akoestiese kitaar. Moet dit nie misloop nie!
Pilaar se fotos in Artscape
as moontlik inneem. Ek het later besluit dat ek graag ‘n kursus daarin wil doen en is tans besig met een wat deur The Photography Institute aangebied word,” vertel sy. Dit is haar “straat”-fotografie wat haar uiteindelik ‘n plek in die uitstalling by Artscape besorg het. “Street photography is my eintlike liefde. Ek vat fotos van tonele op die straat, en hou veral van die ’township’-tonele. Ek vat my fotos en dan probeer ek dit verkoop met die toestemming van die persone wie in die fotos is. 20% van die geld gaan dan na daardie spesifieke persoon,” vertel Juliette. Vir haar is dit bevrydend om haar pad in die fotografie-wêreld oop te kap. “Dit is goed om resultate te sien, al kom dit ook hoe stadig. Ek kan elke dag my kreatiwiteit uitleef, en dit alleen is ‘n groot voorreg,” sê sy. Sy is tans besig met ‘n projek wat op die ondervindings van gevangenes en hul familie gebaseer is. “Ek het soveel drome en doelwitte. Ek glo daarin dat ons soveel moontlik moet doen met die tyd wat vir ons gegee is,” sê sy.
Juliette se werk kan op www.jewelbluimages. co.za, op haar facebook-blad Jewel Blu Images, by haar Twitter-profiel Jwlblu_images of op haar blog jbicoza.wordpress.com besigtig word.
courant
dié
4
NUUS • NEWS
24 Mei 2017
Van olifante
Daar is vele konnotasies met olifante. Mense beskou hierdie diere as tekens van ouderdom en wysheid. ‘n Geheue soos ‘n olifant dui op die vermoë om goed te onthou en die verwysing na wit olifante is gewoonlik na iets wat nie meer nut het nie. Dan is daar natuurlik ook die verwysing na hoe ‘n olifant geëet moet word. Wellington is miskien nie naby die Bosveld of Knysna-woude nie, maar dit lyk asof ons mense tog iets van olifante weet en verstaan. Ons plaaslike internasionaal-bekroonde koekbak-ghoeroe, Dot Clerck, is nou juis besig om die eerste lewensgroot olifantkoek te maak – iets wat geen geringe taak is nie en net met die uiterste presisie, deursettingsvermoë en vaardigheid gedoen kan word. Die plaaslike fotograaf Juliette, die skrywer Gaireyah en die fietsryer Ashleigh het hul weg na sukses bietjie vir bietjie, met ongelooflike uithouvermoë en vasbyt oopgeleef – net soos wat ‘n mens ‘n olifant sou eet. Die mense by Breaking Barriers en die nuwe Sentrum vir Spiritualiteit het met ‘n amperse olifantgeheue onthou waartoe hul geroepe is en wat hulle graag vir ander in hierdie lewe wil beteken. By die Moederkerk se basaar hierdie naweek sal daar sekerlik ‘n “wit olifant”-tafel wees en by die Breytenbach Galery se kunsuitstalling word die “olifant in die kamer” sonder skroom ontbloot. Ja-nee, Wellingtonners weet nie net van berge en wingerde en wyn nie – ons weet van olifante ook. Mag die olifant in elkeen die vernietigende muise hierdie week doodsit.
It’s Good News
Dr. Marc Blackwell Snr
How does the Spirit of God use the Bible?
Titus 3: 4 “But when the kindness of God our Savior and His love for mankind appeared, 5 He saved us, not on the basis of deeds which we have done in righteousness, but according to His mercy, by the washing of regeneration and renewing by the Holy Spirit, 6 whom He poured out upon us richly through Jesus Christ our Saviour, 7 so that being justified by His grace we would be made heirs according to the hope of eternal life. Believers need to rediscover the real ministry of the Holy Spirit, which is to activate His power in us through His Word, so that we can truly conquer sin and bring glory to Christ, be blessings to His church, and be consistent witnesses of God’s love to those who are lost and without a saving knowledge of Christ.” The true work of the Holy Spirit focuses on the Spirit’s role and His unique identity and involvement in and through the Scriptures. Because the Holy Spirit is the God of truth, His Word is infallible. Because He cannot lie, His Word is inerrant. Because He is the King of kings, His Word is absolute and supreme. The Spirit having inspired the writing of Scripture, also provides us with a sense of personal responsibility or “ a conviction” and illumination or understanding that enables and convinces the minds of Christians that reproves and corrects us when we are wrong. The Spirit gives power to the reading and preaching of Scripture that trains us in righteousness. To obey the Spirit’s teaching through the truths and principles of life found in the Word of God helps us to be adequate for daily life, for honest work and for good parenting. To reject the Scriptures is to reject the Spirit of God – and the Trinity. A Biblical understanding of the Holy Spirit and the Word of God: the Bible should discourage us from following any personal impressions or subjective feelings as if they were potentially “a revelation” from God. A sound understanding of the Word of God should remove any of our mistaken beliefs in the “revelations” of others. Our knowledge of the involvement of the Holy Spirit in the Bible should cause us to question the legitimacy of someone’s supposed revelations from God.
Whiskey: Die plaaslike VLV-tak is nie net handig as dit by handwerk en gebak kom nie Opedag: Hugenote Kollege het op Vrydag 19 Mei hul jaarlikse Opedag gehou. Honder– hulle kan hulself ook nou as kenners van whiskey noem. Die dames het tydens hul maandelikse byeenkoms op Donderdag 18 Mei ‘n whiskey proe- en inligtingsessie onder leiding van Jeff Green, James Sedgwick Distillery se bestuurder, gehad. Bo is Juanita Loubser en June Smit, VLV-bestuurslede, besig om verskillende soorte Whiskey te proe.
de voornemende studente het na die kampus gestroom om meer oor die kursusse en studentelewe van hierdie instelling te wete te kom.
Skrywer ploeg terug in eie gemeenskap Die plaaslike Eugene Marais prys-genomineerde skrywer, Ghaireyah Fredericks, is besig om haar kennis en krag met woorde in haar gemeenskap terug te ploeg. Ghaireyah het in Maart vanjaar ‘n skryfskool begin om aan mense wat nooit andersins die kans sou hê nie, die wonderwêreld van woorde te ontsluit. Volgens Ghaireyah het die idee vir so ‘n skryfskool ontstaan toe sy verlede jaar vir iemand van haar droom om so iets te begin, vertel het. Dié persoon het ‘n borg vir die skryfprojek gekry en ook ‘n gratis lokaal vir die aanbieding daarvan gekry. Ghaireyah vertel dat daar vele uitdagings met die aanbied van hierdie klasse is. “Daar is nie ‘n vaste getal studente nie en dan is daar belangstellendes wat nog aan hulle uitdagings om elke Woensdag die klas by te woon, werk. "Die gebied waar ek dit aanbied is bekend vir bendebedrywighede en daar is baie uitdagings vir die belangstellendes om dit by te woon,” vertel sy. Volgens haar is die projek se fokus juis om mense en kinders wat ‘n risiko loop om by bendes betrokke te raak of die slagoffer van bendes te word ‘n spreekbuis te gee. “Na die ‘Noem my Skollie’ vertoning by Minimax laasjaar het daar kinders die bendes verlaat en soek nou uiting en versoening binne hulself. Skryf dien as 'n belangrike hulpmiddel om hulle gevoelens te spoel,” sê Ghaireyah. Vir haar is dit die groot motivering wat haar elke Woensdag 10:30 by die Tiffaney’s Centre
vir hierdie klasse laat opdaag. Sy wil die mense graag bemagtig om hul stories vas te lê en sodoende gesond te word en uit te styg bo hul omstandighede. “Die groot droom is om almal se stories in ‘n boek vas te vang. "Daarvoor gaan ons ook natuurlik borge nodig hê. Ons wil die mense ‘n kans gun om met die gemeenskap te praat op ‘n meer bereikbare platform – ‘n soort dialoog te begin wat dalk die bendegeweld en dwelms stadig sal uitdryf,” sê Ghaireyah hoopvol. Sy moes haar klasse volgens die studente se behoeftes aanpas. “Ek noem in my klasse dat dié wat nie kan skryf nie, as gevolg van vroeg skool verlaat, hulle stories kan vertel en ons dit opneem en skribeer vir hulle. Daar is kunstenaars en rappers en ouens wat mooi foto’s kan neem en dit als wil ek insluit in die uiteindelike publisering van hul werk. Daar moet nie grense wees nie,” vertel sy entoesiasties. Ghaireyah beskou haarself nie as ‘n taaljuffrou wat voor die klas met tegniese terme werk verduidelik nie. “Ek gooi hulle nie met tegniese punte nie. Ek lees, ek luister en kyk. Ek stuur liggies en versigtig die student. Ek krap nie graag met ‘n eie stem nie en as die digter homself of sy skrywe kan staaf, is dit sy poëtiese reg om dit so te skryf. Ek is meer geïnteresseerd om die student sy eie formule te laat ontdek.” Enigeen wat belangstel om die projek te ondersteun, kan Gaireyah by ghaireyah@gmail. com kontak.
NUUS • NEWS
24 Mei 2017
5
6
24 Mei 2017
Sentrum vir Spritualiteit wil Murray se nalatenskap eer
NUUS • NEWS
"Sound of Music" op die planke Die drama-leerders van die Hugenote Hoërskool het in kultuurweek die verhaal van "The Sound of Music" op die planke gebring. Links: Megan de Waal (Maria) en Adri Louw (Mother Abbess). Onder: Vlnr: Van die Von Trapp-kinders: Mialé Bindemann as Gretl, Henk van der Spuy as Friederich, Larissa Lombaard as Marta en Mija Zeeman as Brigitta. Foto’s: Lotta Marais
Agter: Dr Frederik Marais (Sinode: Wes-en Suid-Kaap), Ds Bennie van Rensburg (NG Moedergemeente Wellington), Dr Willie van der Merwe (Rektor: Hugenote Kollege), Ds Nelis Jansen van Rensburg (Moderator: NG Kerk), Ds Charl Stander (Sinode: Wes-en Suid-Kaap). Voor: Christel Nagel (KUNSTE Argitekte), Dawie Theron (Hugenote Kollege), Ds Bossie Minnaar (Sinode: Wes-en SuidKaap), Herman Bailey (Hugenote Kollege) en Ds Marié Britz (NG Stellenbosch Gemeente). Verskeie rolspelers het op Dinsdag 9 Mei in Huis Samuel by die Hugenote Kollege se kampus bymekaargekom om die bekendstelling van ‘n nuwe projek te vier. Dat hierdie byeenkoms op 9 Mei geskied het, was nie toevallig nie. Hierdie datum is Andrew Murray se verjaardagdatum en dit is hierdie jaar presies 100 jaar sedert Murray se afsterwe. Die organiseerders en inisieerder van die nuwe projek het dit dus goedgedink om die stigting van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit juis op hierdie dag bekend te stel. Onder die eregaste, rolspelers en sprekers was verskeie verteenwoordigers van verskillende gemeentes, plaaslike leiers, verteenwoordigers van die sinode, kerke en ook die munisipale regering. Ds. Bennie van Rensburg het tydens sy verwelkoming hulde gebring aan al die mense wat ‘n rol in die totstandkoming van hierdie inisiatief gespeel het. Hy het ook namens die NG Moedergemeente ‘n olyfboom aan die projek en nuwe perseel geskenk. Ds. Frederik Marais van die Sinode en Teologie Fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch het in sy toespraak sy dank uitgespreek teenoor die feit dat die Hugenote Kollege opgestaan en homself hervestig het. Hy het ook met opgewondenheid na die stigting van die Sentrum vir Spiritualiteit verwys. “Hierdie projek is te danke aan die innovasie en samewerking tussen gemeentes. Dit is ‘n visie van Andrew Murray wat uit die geskiedenis na ons gekom het en nou herleef tot die vrug van baie mense,” het hy gesê. Volgens die glansbrosjure van die Sentrum wat tydens die bekendstellingsgeleentheid uitgegee is, is die visie van hierdie projek om “die missionale spiritualiteit te ontwikkel en bevorder wat voortbou op die lewe en werk van Andrew Murray vanuit die gereformeerde identiteit van die NG Kerk”.
Dr. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk en ook die voorsitter van die Hugenote Kollege Raad, het in sy toespraak na die algemene behoefte na stabiliteit en sekerheid van baie mense in ons hedendaagse milieu verwys. “Daar is ‘n sterk behoefte aan toenadering en hervestiging. Met hierdie sentrum is dit ons doel om diep nadenke en ‘n diep ontmoeting met God te bevorder. "Andrew Murray het gefokus op toewyding en vroomheid en verheerliking. Spiritualiteit is die beweging van ons tyd en hierdie sentrum gaan al hierdie dinge ‘n werklikheid maak,” het hy gesê. Volgens Janse van Rensburg moet mense erns maak met ‘n weerstand teen rasionalisme. “Dit het geen nut in ‘n verhouding met God nie,” het hy gesê. Christelle Nagel, die argitek van die nuwe ontwikkeling, het die heruitleg van Huis Samuel aan almal verduidelik en met behulp van ‘n skyfievertoning gedemonstreer. Huis Samuel sal uiteindelik as die basis vir die nuwe sentrum dien, terwyl die omliggende area, sowel as Clairvaux, Murray se woonhuis tot sy dood, deel van die hele projek sal vorm. Daar sal ook ‘n kapel op die terrein wees waar besoekers en studente sal kan stil word en aanbid. ‘n Beplande water fokuspunt sal as ‘n plek vir refleksie en introspeksie dien. Volgens Nagel sal die interieur van die Sentrum en die kapel eenvoudig en sober gehou word sodat dit nie met die eintlike funksie daarvan kompeteer nie. Gaste kon verskillende stasies, wat verskillende aspekte van die nuwe Sentrum belig het, besoek om meer inligting te bekom. Volgens die inligting sal studente en besoekers aan die sentrum die funksies van gerieflike verblyf, ‘n biblioteek, museum, kantore, ‘n mooi tuin en ‘n kapel op die terrein kan geniet. Dr. Janse van Rensburg het dit opsommend as volg beskryf: “Hierdie plek moet ‘n katalisator word, ‘n plek wat drome lewendig maak.”
Wen kaartjies na singende tandarts:
Jaco Blomerus, 'n tandarts van Stellenbosch, stel sy nuwe album “Kartelkring” vry by die Drostdy Teater in Stellenbosch op 30 Mei om 20:15 teen R100 per persoon, maar twee gelukkige lesers kan elk 'n stel dubbelkaartjies na die vertoning wen. Die verwerkings word uitgevoer deur Blomerus self (stem en klavier), Petrus de Beer (viool), Emile de Roubaix (altviool), Anjulie Nock (tjello), Hilandi du Toit (kitaar), Shaun Johannes (baskitaar) en Barry van Zyl (tromme). Sms jou naam en van, saam met die slagwoord (BLOM) en jou tuisdorp na 084 8333 813 voor 25 Mei om 12:00 om in aanmerking te kom vir 'n stel kaartjies.
Bo: Hier is Adri Louw (Mother Abbess) en word ondersteun deur Suné van Niekerk (Sister Margaretta) en Jana Malan (Sister Berthe). Links: Le Ras Breedt (Rolf) en Wina Smit (Liezl). Links onder: Stephan Lombaard (Captain von Trapp) en Megan de Waal (Maria). Onder: Martin du Plessis as Max en Jean-Mari Blignaut as Elsa. Foto's: Lotta Marais
NUUS • NEWS
7
24 Mei 2017
Hillcrest klop Ceres
Dagboek • Diary Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Oefening is vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) 29 Mei: Die Gemeenskaps-polisiëringsforum hou hul algemene jaarvergadering om 19:00 by die Stadsaal. Die publiek word uitgenooi om die vergadering by te woon. Hillcrest United RFC 3 June- Hillies vs Delicious (Home) 10 June - Newton vs Hillies (Away) 17 June - Hillies vs Bella Vista (home) 24 June - Roses vs Hillies (Pelican Park) 1 July - Hillies vs Wolseley (Home) 8 July - Tulbagh vs Hillies (Away) 15 July - Hillies vs Hamlet (Home) 22 July - Bye 29 July - Ceres vs Hillies (Away) 5 Aug - Quarter Finals - Top 8 12 Aug - Semi Finals - Top 8
19 Aug - Finals - Top 8 For more information contact Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskoolsaal om 19:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 NGK Wellington-Noord 11 Junie: Winand Grundling lewer om 16:30 'n orrelkonsert by die NGK Wellington-Noord. Werke van Buxtehude, Bach, Hakim en Guilmant sal op die program wees. Winand is geen onbekende in Wellington nie. Met sy vurige en virtuose spel laat hy die gehoor op die punte van hul stoele. Toegang is R50 per persoon Wellington Huismark 3-6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met lewendige musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart fasiliteite beskikbaar Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel-ontbyt om 10:00 by Wellington Noordkerksaal Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin bied aan hul Gholfdag by die Wellington Gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Dagboek • Diary Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens - Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak : 083 258 8717 / 021 873 3375
Dylan Maart van Hillcrest bars deur die verdediging van Ceres. Foto: Gaby Kaalmeyer Hillcrest United het Saterdag hul laaste wedstryd in die eerste ronde van Groot Uitdaag-kompetisie gespeel teen Ceres op Pelikaan-park. Met talle beserings was die afrigters op die proef gestel, maar die uitslae van die dag het weereens bewys watter diepte daar is in die klub. Die span van Wellington was hoogs gemotiveerd en het 'n ster belaaide Ceres 'n moeilike tyd gegee op Pelikaan Park. Die 3rde span van Hillcrest onder leiding van Edward Mc Carthy het die dag afgeskop met 'n 20-8 bonus punt oorwinning, met Vernito Pretorius wat twee drieë aangeteken het. Die tweedespan-wedstryd was 'n taai stryd met beide spanne wat goeie rugby opgelewer
het. Hillcrest het die knoop deurgehak met 19-15. Steward Cornelissen is aangewys as man van die wedstryd. Alle oë was op die laaste wedstryd van die dag. 'n Wen vir beide spanne sou 'n tweede plek op die punteleer verseker. Na 80 minute van hoë intensiteit rugby, het Hillcrest koning gekraai met 29-23. Voorlangs het Marcel Afrika, Brad Daniels en Ricky Festus die bal goed oor die voordeellyn gedra vir die tuisspan. Lylle Nyman was kliphard in die middelveld na 'n lang besering, met Emilio Coetsee, Phil-Lee George en Dylan Maart goed op die aanval. Hillcrest begin die 2de rondte op 3 Junie 2017 teen Delicious op Pelikaan-park.
8
courant
NUUS • NEWS
dié
24 Mei 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
24 Mei 2017
Uitslae • Results •HOUER VAN JUNIOR PADWEDREN-TITEL
SKOLE NUUS
Hugenote Hoërskool vs Oudtshoorn NETBAL: O/14C 23-2; O/14B 10-9; O/15A 23-10; O/15B 29-10; O/15C 20-4; O/16A teen O/15A 20-7; O/17B 23-4; O/17C 6-15; O/18B 12-17; O/18C 14-21; O/18A 31-21 DOGTERSHOKKIE: 14A: 1-1; 16B: 2-0; 16A: 0-1; 19B: 0-0; 19A: 5-1 SEUNSHOKKIE: 16A: 1-2; 18A: 3-1 RUGBY: 14B: 13-50 (teen HJS); 14A: 21-0; 15A: 35-0; 16A: 25-3; 19C: 7-19 (teen HJS); 19B: 27-7; 19A: 46-10 KULTUUR UITSLAE: Senior Debat: 321-168; Senior Vasvra: 24-21; Junior Debat: 132-133; Junior Vasvra: 27-20
Netbal:
Twee leerders van Hugenote Hoërskool is gekies om die Wes-Kaap-netbalspan te verteenwoordig. Louisa Lottering is tot die o.16-span verkies en gaan aan die winterspele in Kwazulu Natal deelneem. Hlumisa Ntsamba is verkies tot die o.18-groep en gaan die Wes-Kaap verteenwoordig by die All Ages-toernooi in Gauteng.
Ashleigh trap vir SA in Italië •Jaomi Zeeman Ashleigh Parsons, ‘n graad 11-leerder van Hugenote Hoërskool, gaan binnekort as deel van die Suid-Afrikaanse fietryspan in Italië aan die Wêreldkampioenskap deelneem. Ashleigh, wat reeds op ‘n baie jong ouderdom begin fietsry het, het al vele prestasies in hierdie sportsoort behaal. Sy het in Februarie die Junior Padwedren titel verower en sy is ook die huidige Junior SA-baankampioen in die “Enkel Tydtoets” en die “Keirin” (‘n wedren agter ‘n motorfiets). By die African Continental-kampioenskappe het sy ook die Junior Madison Titel verower. Volgens haar ma, Zanne, is hierdie almal wedrenne wat by die Olimpiese Spele erken word. “Dit behels baie ure op die pad. Die wat Ashleigh al op die pad spandeer het, het baie gehelp met haar uithouvermoë en krag op die baan. Op die baan kry jy twee tipes ryers: sprinters en endurance ryers. Ashleigh het gelukkig die vermoë om altwee te doen,” vertel sy. Hierdie uitsonderlike vermoë het Ashleigh nou ’n plek in die SA Junior Baan-fietsryspan, wat uit slegs sewe lede bestaan, besorg. Hulle gaan van 23 tot 27 Augustus in Montichiari in Italië aan die Wêreldkampioenskappe deelneem. Hier sal sy aan die Enkel Tydtoets, waarin sy die SA-kampioen is, sowel as aan die langer wedrenne soos die Scratch, Points en Madison deelneem. Ashleigh spandeer ongeveer twee tot drie ure per dag op haar fiets. Sy het ‘n pad- en baanafrigter en sy sal op dae dat sy na die baan moet gaan, ‘n bietjie minder tyd op die pad spandeer. Die baanoefeninge geskied by die Bellville Velodrome, wat soortgelyk aan die baan in Italië is. Haar prestasies, streng oefenprogram en deelname in Italië kom egter nie sonder uitdagings nie. Volgens haar ma is die grootste uitdaging tyd.
“Sy het nog hokkie ook gespeel en haar skoolwerk raak ook al hoe meer uitdagend. Sy moet ook die hele tyd probeer om haar gesondheid op te pas, want as jy siek word, kan jy nie oefen nie. Die grootste uitdagings is maar gewoonlik tyd, want sy het ook nog hokkie gespeel en haar skool werk raak ook meer uitdagend. Dit ander uitdaging ook is ook om jou gesondheid op te pas, want as jy siek word kan jy nie oefen nie,” verduidelik Zanne. ‘n Ander groot uitdaging is die kostes verbonde aan haar deelname in Italië. Dit uitgawes rondom haar deelname daar behels bykans R30 000 en die spanlede is vir al hul eie onkostes verantwoordelik. “Die ryers moet self die geld bymekaar maak. Ons beplan om vir donasies en borgskappe te soek. Die skool staan ons by in een van ons inisiatiewe, ‘n “Stap vir Ashleigh” om die Perdeskoen. Ashleigh het ook ‘n donasievorm waarmee sy besighede vir donasies en borgskappe wil nader. Ons hou maar duim vas dat ons die geld bymekaar gemaak sal kry – dit is ‘n baie groot bedrag,” sê haar ma. Vir Ashleigh is haar insluiting in die SA Fietsryspan iets waarvoor sy al baie lank werk en waaroor sy al baie lank droom. “Ek droom nog my hele lewe lank hieroor en dit is vir my ‘n ongelooflike eer. Die feit dat ek my junior nasionale kleure hiermee verwerf
maak my baie opgewonde en trots,” sê sy. “Ek sal in die toekoms graag in Europa wil gaan deelneem en deel wees van ‘n Pro-span. Ek sal ook graag vir Suid-Afrika by die Olimpiese Spele wil verteenwoordig,” voeg sy by. Enigiemand wat belangstel om Ashleigh met donasies of borgskappe vir haar deelname in Italië by te staan, kan Zanne by zannep3@gmail. com kontak. (Foto: www.fullgasracing.co.za)
Skaak: Ian de Jong (regs), ‘n graad 12-leerder
van Hugenote Hoërskool, het die naweek aan die WP-kampioenskappe deelgeneem. Hy speel uitstekende skaak en behaal 'n tweede plek by die byeenkoms.
Hokkie: Hugenote Hoërskool het vanjaar ‘n ryk
oes aan leerders wat in die Boland-spanne opgeneem is. Hulle is: Alexandra Gerber (o.18 Boland-streekspan), Talitha Janse van Vuuren (o.16 Boland IPT B-span), Tiffany Caeser (o.16 Boland IPT B-span), Lynn Carr (o.16 Boland-streekspan), Jeanni Botha (o.16 Boland-streekspan), Mia Adendorff (o.16 Boland-streekspan), Zoe Keyzer (o.14 Boland-streekspan), Blaine Cavernelis (o.14 Boland-streekspan) en Arlene Erasmus (o.14 Boland-streekspan).