c urant
dié
1 Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
24 Mei 2017
16.3%
N7-konstruksie vertraag
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 421
Gemeenskap span saam teen indringers
24 Mei 2017
Stryd van die grotes vir Boland-rugby
Skoolkore deel verhoog met Emo
Die Afrikaanse sanger, Emo Adams, het Woensdag Malmesbury laat gons met sy passies en skerpskets-kwinkslae. Adams het saam met die kore van die Laerskool en Hoërskool Swartland opgetree as deel van 'n fondsinsamelingsprojek vir die twee skole.
•FINALE MUNISIPALE TARIEWE MÔRE BEPAAL
Begroting ter tafel Die finale meerjarige begroting van die Swartland Munisipaliteit word môre voor die raad gelê vir goedkeuring. Verskeie aanpassings is aan die konsepbegroting gemaak. Die kapitale begroting vir 2017/2018 beloop R81.243 miljoen, terwyl die totale aanwending van die kapitale beleggings oor die drie fiskalejare ‘n bedrag van R245.513 miljoen beloop. Die operasionele bedryfsuitgawes klim van R636.141 miljoen na R664.698 miljoen, wat ‘n verhoging van ongeveer 4.5% beloop. Die operasionele bedryfsinkomste styg ook van R647.894 miljoen na R695.181 miljoen. Die jaar op jaar groeikoers beloop dus ongeveer 7.3%. Die totale salarisbegroting styg van R183.679 miljoen na R200.947 miljoen, om sodoende ruimte te skep vir die nasionale vasgestelde jaarlikse aanpassing in salarisse, asook ander voordele soos mediese fonds en pensioenfondse.
Om die diensterekening van die munisipaliteit bekostigbaar te hou, is daar ‘n gemiddelde styging van tussen 4% en 10% vir die gemiddelde-inkomste huishoudings vir die 2017/2018-boekjaar. Elektrisiteit styg met 1.88%, soos bepaal deur NERSA. Riool styg met 6%, so ook vullisverwydering. Die watertariewe styg met 12%. Dit is ‘n verhoging van R15.46 na R17.32 per kiloliter. Die veranderinge aan die munisipale eiendomsbelastingwetgewing en die hantering van eiendom in Grottobaai, Jakkalsfontein, asook sekere eiendomme in die Riebeekvallei, was ‘n beduidende aanduiding dat die raad nie langer die infasering van die belasting betaalbaar kan akkommodeer nie en is die munisipaliteit genoodsaak om die tarief tot 100% te bring vanaf 1 Julie 2017. Weens die groeiende kommer oor tekort aan
water, is die munisipaliteit genoodsaak om die verskaffing van gratis water te staak. Deernishuishoudings is steeds geregtig op die nasionale vasgestelde 6 kiloliter water per maand. Die munisipaliteit sal ook genoodsaak wees om die huidige waterbeperkings aan te pas en strenger maatreëls in werking te stel. Die prys van ‘n enkelgraf styg vanaf R770 na R820. Vullisverwydering se tariewe klim vanaf R122.19 na R129.52. Die dienstedeposito (elektrisiteit, water, vullisverwydering en riool) se aansluiting styg vanaf R2140 na R2200. Die basiese minimum elektrisiteitstarief vir huise, woonstelle en plase styg van R189.8512 na R193.4204. Die tarief per eenheid tot en met 50kWh styg van R0.9576 na R0.9756. Vooruitbetaalde krag klim van R0.8778 per eenheid tot 50kWh na R0.8943.
NUUS • NEWS
2
24 Mei 2017
NUUS • NEWS
Wyndruiwe hou in droogte steeds kop bo water
Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, het Maandag dié provinsie amptelik as ‘n rampgebied weens die huidige droogtetoestand verklaar. Dit sal vir 'n periode van drie maande geldig wees en daarna weer hersien word. Die droogte word beskou as die ergste sedert 1904. Die Voëlvleidam is volgens die Stad Kaapstad se nuutste data, slegs 16.3% vol. Wingerdboere in die Swartland is dit eens dat die voortslepende droogtetoestande erger druk op die bedryf plaas. Die oorweging om wingerdstokke uit te trek, is sterker, maar nie noodwendig die geval nie, vertel Claude Uren, wingerdboukundige by Leeuwenkuil Family Vineyards. “Boere dreig jaarliks om hul wingerdstokke
uit te trek weens die prys per liter wyn teenoor dit wat in die boer se sak beland.” Die huidige droogtetoestand plaas ook tans groter druk op produsente van wyndruiwe. Produsente wat saai én met wingerd boer, het ook in die afgelope paar jaar oorweeg om hul wingerd te laat gaan, omdat die graanbedryf meer winsgewend is. Hy sê egter die kultivars wat moontlik verwyder sal word, is waarskynlik die laer prys kultivars, soos Cabernet wat ‘n ligter kultivar is en laer prys per ton en per hektaar sal ontvang, verduidelik hy. Daar word wel gesê dat boere moet plant wat ander uittrek, voeg hy by. Hy sê verder dat wingerdstokke soos onkruid is nie sommer sal vrek weens ‘n droogte nie.
SAPS seeks interns Moorreesburg SAPS is currently in the planning phase of the SAPS internship programme for 2017/2018. Therefore the respective divisions, provinces and components are requested to identify the needs for the placement of interns within the various environments. When identifying needs, provision must be made for the following categories on interns to be recruited. This station is seeking a graduate intern who completed formal qualification and requires
practical work experience, a student intern who is enrolled at a higher education and training institution for a qualification and requires practical experience in order to fulfil the requirements of the qualification as well as an intern who completed matric and is not enrolled with a higher institution, but need to obtain experience in the workplace for the purpose of employment. Closing dates for all applications is 26 May. Contact the police station at moorreesburg. sc@saps.gov.za for more information or to send an application.
Optiese vesels vir internet op Yzerfontein Die optiese vesel-netwerkmaatskappy, FibreCo maak hul gasheerfasiliteit (hosting facility) op Yzerfontein bekend. Die fasiliteit is reg oor die WACS-kabelinfrastruktuur (substasie) geleë. Dit is ook direk aan die ondersese kommunikasiestelsel verbind. WACS (West Africa Cable System) is ‘n ondersese kommunikasiestelsel wat Suid-Afrika met Engeland verbind. Die kabel is 14 530km lank en strek van
Yzerfontein al langs die Weskus van Afrika tot by London. FibreCo se network, met ‘n omvang van 4000 km, bevat ondergrondse optiese vesel roetes, hoë spoed optiese toerusting en gasheer fasiliteite wat met oor die 52 punte, insluitend groot datasentrums in Johannesburg, Kaapstad, Bloemfontein, Durban, Port Elizabeth en OosLonden verbind word. Eskom het 50KVA aansluiting vir dié fasiliteit voorsien.
Moorreesburg kraai krieket-koning: Die Moorrees-
burg-krieketkllub het die 2016/17-seisoen in die Boland eerste divisie (Weskus–suid) deelgeneem. Hierdie seisoen het die Moorreesburgers hulle uitstekend van hul taak gekwyt deur slegs een van hulle liga-wedstryde te verloor en sodoende het hulle die liga-kroon verower. Die prestasie sou nie moontlik wees sonder die toegewyde bestuurspan en afrigter en spelers nie. Volgens Wilfred Visagie van die klub, is dit 'n klomp toegewyde jongmanne wat elke Maandag tot Donderdag hulle tyd opoffer om dié sportkode te beoefen met min toerusting tot hul beskikking. Links is Visagie (voorsitter) en Francisco Adams (onder-kaptein en kassier) by Vrydagaand se bekeruitdeling van Boland Krieket op Stellenbosch.
Koor: Die skoolkoor van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury het onlangs deelgeneem
aan die “South African Schools Choral Eisteddfod” SACE te Hoërskool Vredenburg. Dit was die distriksuitdunne vir die Weskus. In FET-fase vir SATB-kore se Afrikaanse kategorie het die skoolkoor eerste plek behaal met die voorgeskrewe lied “Volkswysie Potpourri”- verwerk deur D Hyman. Die skoolkoor ding op 4 Junie mee in die provinsiale uitdun-rondte. Die dirigent is A J Leander (Demsie) en begeleidster Sunette Botha.
•SPORTMAN, PA, EGGENOOT
Emile veg 1220 dae
Emile van Lill van Malmesbury het vir 1220 dae met motor-neuronsiekte gestry. Van Lill is 'n Swartlander in murg en been en het na 'n kort verhuising op Stilbaai, teruggekeer na Malmesbury, om hier sy dae te sluit. Van Lill is gebore op 12 November 1973 in Vredenburg, waar hy sy kinderjare deurgebring het tot op die ouderdom van sewe jaar. Hierna het hy saam met sy ouers, Thys en Marlene, sy broer, Martell en sy tweeling broer en suster, Marius en Christelle, na Malmesbury verhuis. Hy het die res van sy skooljare op Malmesbury deurgebring waar hy gematrikuleer het in 1991. Gedurende 1992 het by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit. Hy het sy loopbaan by die Openbare Orde Polisie in Kaapstad begin, waarna hy ook diens gedoen het as speurder by Brackenfell en Atlantis. In 1998 is hy met Marietjie van Lill, ook van Malmesbury, getroud. In die jaar 2000 het hulle ‘n Europese toer onderneem en kort daarna ‘n geleentheid gekry om Ierland toe te verhuis. Hulle het na ‘n klein dorpie in die noorde van Letterkenny getrek, waar Marietjie as ‘n rekenaar-analis gewerk het. Emile het rekenaar programmering begin studeer. Hy het jaar na jaar die prys as die beste student ingepalm. Tydens hulle verblyf in Ierland, toer hulle na Turkye, Skotland, Lake District, Engeland en deurkruis Ierland. In 2003 is hul oudste dogter, Amelie, gebore. In November 2004 verhuis hulle terug na SA en vestig hulle in Sonstraalhoogte, Brackenfell. Emile het vir ses maande sonder vergoeding in die stad gewerk om sodoende internet-tegnologie-ondervinding (IT) op te doen. Daarna het hy
‘n geleentheid by ‘n maatskappy gekry en het sy loopbaan in dié bedryf amptelik begin. In 2005 het Emile by die Medi-Clinic se hoofkantoor in Stellenbosch begin, waar hy stelselontwikkeling sowel as ondersteuning gegee het. In 2006 word hul nog ‘n dogtertjie ryker – Mila-Mari. Tussen 2006 en 2014 klim Emile die IT-leer vanaf Old Mutual na Metropolitan na PBT Group. In November 2010 verhuis hulle terug Malmesbury toe om die kinders op die platteland groot te maak. Die laaste jare was hy gevestig by die maatskappy PBTIT in Plattekloof Hills. Emile was ‘n goeie sportman en het veral uitgeblink op die rugbyveld, waar hy meestal senter gespeel het vir onder andere Malmesbury en Kaapstad Polisie. Hy het ook Boland o.23-kleure verwerf. Hy was veral bekend vir sy laagvatte en het selfs manne soos Tinus Linee en Herchelle Gibbs by geleentheid baie swaar laat kry het. In sy tyd in Ierland speel hy ook vir die plaaslike klubs en was hoog geag deur sy mede-spelers, sowel as opponente Op 15 Januarie 2014 is Emile gediagnoseer met terminale motorneuronsiekte, oftewel MNS. Emile het geen behandeling ontvang nie, aangesien daar geen genesing vir hierdie siekte is nie. Hy het 1220 dae hierteen gestry. Sy siekte het eerste sy spraak aangetas en progressief sy hele liggaam afgetakel, totdat hy die gebruik van al sy ledemate verloor het. Tog was hy ‘n dapper vegter wat geveg het met geen mediese ingrypings of enige hospitalisasie. Sy wens was om rustig in sy huis, in sy eie bed, te wees tot die einde. Hy het toe ook rustig in sy huis, in sy bed, omring deur sy geliefdes, op 18 Mei om 11:50 sy oë finaal gesluit.
NUUS • NEWS
•IN AUGUSTUS 2018 VOLTOOI
Veiligheid ‘n prioriteit met nuwe N7 se brug-bou Opgraderings aan die N7 rondom Malmesbury het tot onlangs fluks gevorder, maar is nou agter skedule. Dié konstruksiewerk is deel van Fase 3 van die groter projek. “Konstruksiewerk aan die nuwe brug, as deel van Fase 3 van die opgradering van die N7 in Bokomoweg, is tans agter skedule. Fase 3, wat die opgradering vanaf Kalbaskraal na die Hopefield-aansluiting behels, is weens die kompleksiteit daarvan in drie verskillende sub-projekte verdeel,” verduidelik Kobus van der Walt, streeksbestuurder en woordvoerder van SANRAL in die Wes-Kaap.
Sub-projek 1, wat die opgradering van die enkelbane van die N7 tot ‘n dubbelbaan-deurpad vanaf Abbotsdale tot by die bestaande Bokomo-wisselaar insluit, strek oor ‘n afstand van 4km en sluit dus die opgradering van die Bokomo-wisselaar in. Dié wisselaar word verbeter deur die bou van nuwe brûe om sodoende die deurgang na Bokomoweg te verbreed. Dit sluit die oprigting van ‘n nuwe brug bo-oor die bestaande brug in Bokomoweg in. ‘n Nuwe afrit word ook by die Bokomo-wisselaar gebou. Voorsiening word verder gemaak vir voetgangers deur voetpaadjies op strategiese
plekke te bou. ‘n Nuwe asfalt-deklaag sal ook op die bestaande deurpad tussen die Bokomo- en Voortrekkerweg-wisselaars aangebring word. Die verwagte voltooiingsdatum was volgens SANRAL vir Maart 2018 geskeduleer. Die nuwe voltooiingsdatum word tans beraam op Augustus 2018. Die konsultant tesame met die kontrakteur ondersoek egter moontlikhede om die program te versnel. Volgens Van der Walt is alle veiligheidsmaatreëls ingestel wat die veiligheid van motoriste ten alle tye tydens konstruksie verseker.
Aksie teen uitheemse plante geneem Die Swartland Munisipaliteit, in samewerking met die plaaslike natuurbewaringsorganisasie, Cape Nature, het alle inwoners uitgenooi om aan ‘n plaaslike biodiverse inisiatief deel te neem deur uitheemse plantegroei op Malmesbury te kom help afkap. Die veldtog is van stapel gestuur om die inheemse en bedreigde renosterveld se toekoms in die Swartland te help verseker voor die spesiale plantegroei, eie aan die streek deur uitheemse plantegroei uitgeroei word. Die spanpoging het gister by die Driehoekpad (Loedolf –en Baroccastraat) op Malmesbury plaasgevind. Stephen Cousins, koördineerder van die inisiatief sê die spesifieke tipe renosterveld wat op Malmesbury gevind word, staan as die Swartland Graniet Renosterveld bekend, waarvan slegs 20% in die hele wêreld oor is. Daarom is word die plantegroei as ‘n kritiese bedreigde planttipe beskou. “Van al die renosterveld wat reg oor die Swartland voorgekom het, is daar vandag slegs 5% oor,” voeg hy by. Regs is Stepehn Cousins, Hein Tinderholm en DD April saam met ander helpers gister in die driehoekpad besig om indringers uit te kap.
Gewigoptel:
3
24 Mei 2017
Die Malmesbury Gewigoptelklub het onlangs aan die Boland-WP-kampioenskappe deelgeneem. Bo is Isak Wesso (ligaamsbou-afrigter), Leon Banqure (sesde plek – kraglig), Jan Coetzee (derde plek – liggaamslig); David Samson (tweede plek – kraglig), Geraldo November (eerste plek – kraglig), Gift Menemane (vierde kraglig en tweede liggaamsbou) en Damon van Rhyn (kraglig-afrigter). Foto: David Howburg
Gian Groen op 'Vaalhond' se verhoog te sien
Gian Groen het sy debuut in die musiekbedryf in 1999 gemaak as die voorsanger van die eertydse rockgroep “Spinnekop”. In 2002 het Laurika Rauch sy treffer, Vier Seisoene Kind, opgeneem as titelsnit van haar CD, waarna Gian se droom om homself te vestig as liedjieskrywer skielik koers gekry het. Intussen is sy werk ook opgeneem deur groot name soos onder andere Dozi en Theuns Jordaan. Hy is tans besig met opnames vir sy agste CD wat einde Julie vanjaar vrygestel sal word, sowel as sy negende CD wat voor die einde van die 2017 ook die lig sal sien. Gian Groen is ‘n gevestigde naam in die Afrikaanse musiekbedryf met die vermoë om enige gehoor op die punte van hul stoele te hou, met of sonder sy orkes. Hy kan Saterdag, 27 Mei 2017 in aksie gesien word by Die Bruid, die Pixie en die Vaalhond-teater op Riebeek-Kasteel met slegs sy akoestiese kitaar.
courant
dié
4
24 Mei 2017
Hoe lyk jou stempel?
Die "dingetjies en die goetertjies" in die lewe wat met jou gebeur, goed en sleg, vorm die stempel wat jy eendag op die lewe agterlaat. Dié woorde het 'n skerpskets-komediant Vrydagaand voor 'n gehoor van 5200 gesê. Jou stempel... Hierdie woorde het die uwe laat dink. Baie en sommer diep. Hoe lyk my stempel? Wat doen ek wat 'n verskil eendag kan maak? Hoe gaan ek onthou word? Die lewe is kort. Ons besef dit op 'n gereelde basis, veral as 'n jongmens sy lewe verloor. Die goeie in die lewe is lekker en maklik. Dit vorm die groewe van jou stempel. Dit sit 'n glimlag op jou gesig en 'n huppel in jou stap. Die lewe is egter nie altyd net goed nie. Daar is baie sleg ook, maar dit gee jou stempel definisie. Dit gee die diepte. Dit is ook deel van jou stempel. As 'n mens nog kan lag, vir ander, vir jouself, vir 'n situasie, is die lewe lekker. Om daardie lekker te waardeer, is daar so af en toe 'n bietjie sleg ook nodig. Die lewe is kort. Hopeloos te kort en daar is altyd nog soveel wat 'n mens wil doen. Hoekom dan uitstel? Hoekom redeneer oor klein jakkaltjies wat jou geluk en vreugde steel as daar so min tyd is om werklik gelukkig te wees. Dan is pedantiese dingetjies iets wat eenkant toe geskuif moet word, sodat jy kan fokus op die groter prentjie en die geluk in die lewe kan raaksien en geniet. Elke situasie het iets komies in. Sien dit raak. Buit dit uit om 'n glimlag op jou gesig te sit. Ook op die van ander, want as jy vandag vir jouself kan lag en ander laat lag, het jy klaar 'n reuse-verskil in jou eie en iemand anders se lewe gemaak.
It’s Good News
Dr. Marc Blackwell Snr
How does the Spirit of God use the Bible?
Titus 3: 4 “But when the kindness of God our Savior and His love for mankind appeared, 5 He saved us, not on the basis of deeds which we have done in righteousness, but according to His mercy, by the washing of regeneration and renewing by the Holy Spirit, 6 whom He poured out upon us richly through Jesus Christ our Saviour, 7 so that being justified by His grace we would be made heirs according to the hope of eternal life. Believers need to rediscover the real ministry of the Holy Spirit, which is to activate His power in us through His Word, so that we can truly conquer sin and bring glory to Christ, be blessings to His church, and be consistent witnesses of God’s love to those who are lost and without a saving knowledge of Christ.” The true work of the Holy Spirit focuses on the Spirit’s role and His unique identity and involvement in and through the Scriptures. Because the Holy Spirit is the God of truth, His Word is infallible. Because He cannot lie, His Word is inerrant. Because He is the King of kings, His Word is absolute and supreme. The Spirit having inspired the writing of Scripture, also provides us with a sense of personal responsibility or “ a conviction” and illumination or understanding that enables and convinces the minds of Christians that reproves and corrects us when we are wrong. The Spirit gives power to the reading and preaching of Scripture that trains us in righteousness. To obey the Spirit’s teaching through the truths and principles of life found in the Word of God helps us to be adequate for daily life, for honest work and for good parenting. To reject the Scriptures is to reject the Spirit of God – and the Trinity. A Biblical understanding of the Holy Spirit and the Word of God: the Bible should discourage us from following any personal impressions or subjective feelings as if they were potentially “a revelation” from God. A sound understanding of the Word of God should remove any of our mistaken beliefs in the “revelations” of others. Our knowledge of the involvement of the Holy Spirit in the Bible should cause us to question the legitimacy of someone’s supposed revelations from God.
NUUS • NEWS
Anel mik na die kroon as 2017 se Mev Kaapstad Anel Prinsloo van Malmesbury werk nou kliphard daaraan om as die volgende Mev. Kaapstad gekroon te word. Die plattelandse skoonheid is onlangs gekies as een van die finaliste vir Mev. Kaapstad 2017 nádat sy deur die organiseerders genader is om vir dié kompetisie in te skryf. Mev. Kaapstad is egter alles behalwe nóg ‘n skoonheidskompetisie. Die kompetisie se organiseerders is die nie-winsgewende liefdadigheidstigting, die Rolemodels Foundation wat onlangs ‘n geleentheid saam met Prinsloo beoordeel het. Die stigting se leuse is “Beauty with a cause” wat nie fokus op die uiterlike skoonheid nie, maar wat jy doen en bied vir ander, vertel Prinsloo. Die stigting ondersteun onder meer die Imfundo Educare en Skills development-projek wat fokus op die opvoeding onder die jeug, die Asanté-Neo Life-projek vir mishandelde vroue en kinders en die Tamakhulu-projek vir bejaardes. Die organisasie en hul liefdadigheidswerk, het Prinsloo as onderwyseres by die Atlantis Vaardigheidskool (Atlantis School of Skills), se hartsnare getrek, haar diep geraak en laat oortuig om in te skryf. “Dit is vir my ‘n geleentheid om te kan gee vir dié wat dit baie nodig het,” vertel sy. Prinsloo en haar man Wayne het drie seuns, waarvan een reeds in die hoërskool is. Sy is al sedert 2014 ‘n model, maar het eers ‘n kontrak in 2016 by die agentskap My Booker in Kaapstad geteken. Prinsloo het reeds talle hoogtepunte in haar kort loopbaan as model ingepalm. Sy het skaars by die model-
agentskap aangesluit toe sy groot belangstelling vanuit die Europese mark gelok het. Drie Europese kontrakte is binne haar eerste vyf maande geteken. Dié deurbraak as ‘n nuwe model het vir baie publisiteit gesorg, vertel sy. Prinsloo vertel verder, dit was vir haar ‘n groot voorreg om as ‘n BPP na verlede jaar se Sarie Voorbladgesig-kompetisie genooi te word. Prinsloo geniet elke oomblik van die bedryf en veral die nuwe mense wat sy daagliks ontmoet. Die kroning van Mev. Kaapstad vind op 17 Junie plaas. Prinsloo moes reeds verskeie opdragte as finalis uitvoer wat sy met groot oorgawe aangepak het. Hou die spasie dop. Foto: Chris Jenkins Photography
Gaan op reis met Sure Swartland Travel Sure Swartland Reisburo is diens georiënteerd. Met 23 jaar se ondervinding in die reisbedryf, strek ons dienste so ver soos ons kliënte dit vereis. Ons bedien plaaslike en internasionale kliente en is altyd net ‘n oproep ver. Kontak ons vir enige binnelandse en buitelandse navrae, reisversekering en aankoop van buitelandse valuta. Ons help ook met die verkryging van
besigheids- en toeristevisums. Geen navraag is te klein om as belangrik geag te word, of te groot om met kundigheid hanteer te word nie. Ons sal u drome in ‘n werklikheid omskep, op ‘n bekostigbare manier. Sure Swartland Reisburo skep herinneringe vir ‘n leeftyd. Kontak ons by: 022-4871741 of epos: martmarie@galileosa.co.za.
Colour Palette is 'n nuut gevestigde salon in Voortrekker weg, Malmesbury. Hier is twee haarkapsters en een skoonheidsterapeut met elk 'n groot passie vir die industrie. "Ons verseker vriendelike diens en doen alles in ons vermoë om aan elkeen se haar- of skoon-
heids behoeftes te voldoen. "Ons werk met top-gehalte produkte naamlik RegimA en Joico en hou ook hul produkte aan om te verkoop. Baie dankie vir elke kliënt wat ons tot dusver so goed ondersteun!"
Kikker en kleur by nuwe salon, Colour Palette
NUUS • NEWS
24 Mei 2017
5
6
24 Mei 2017
NUUS • NEWS
Malmesbury Kwekery: 50 Jaar van getroue diens 'Weet wat in jou besigheid aangaan' Die Malmesbury Kwekery vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar. Dit het alles begin by Nico Retief (links) en sy vrou Ester, se liefde vir tuinmaak. Regs is George Retief, hul seun, wat aan die stuur van sake by die kwekery is. Malmesbury Kwekery vier eersdaags 50 jaar van vasbyt, harde werk en sukses. Die kwekery in Hofstraat het sy bestaan te danke aan die liefde vir tuinmaak én vetplante. George Retief, eienaar van Malmesbury Kwekery se ouma Ester was baie lief vir tuinmaak. Sy het ‘n spoggerige tuin gehad. George vertel hoe hy as kind moes help gate grawe vir haar geliefde dahlias. Die liefde vir tuinmaak het oorgespoel na sy pa en stigter van die kwekery, Nico Retief. Hy was ‘n dieselwerktuigkundige, maar het graag vetplante, kaktusse en aalwyne gekweek. Met die gesin se aankoms in die Swartland in 1959, het hulle onder meer vir ‘n geruime tyd op ‘n plaas buite Malmesbury gebly. Hy het egter al lank sy oog op ‘n plek gehad met ‘n stoor vanwaar hy sy byeboerdery wou bedryf. In Mei 1967 trek die Retiefs na Hofstraat 4, nádat dié erf met ‘n stoor op in die mark gekom het. Nico kon sy byeboerdery voortsit en daar was genoeg spasie vir die kweek van vetplante. Die besigheid het op 1 Junie met posbestellings gestaltes geneem. George moes na skool vetplante help verpak wat per bestelling na die kliënt gepos is. Hy word tot vandag toe gespot oor sy deeglike verpakking. Die besigheid is aanvanklik eers as Malmesbury Sukkulente Kwekery geregistreer, omdat daar reeds ‘n Malmesbury Kwekersvereniging bestaan het. Die besigheid het stelselmatig gegroei soos die aanvraag vermeerder het. Hofstraat 6 is ook later aangeskaf. Daar was in daardie jare geen groothandel-kwekerye in die Wes-Kaap gewees vanwaar plante aangekoop kon word nie. Plante is per trein vanaf elders in
Suid-Afrika afgelewer. ‘n Kleinhoewe as gedeelte van Klein Amoskuil word teen die N7 aangekoop waar Malmesbury Kwekery hul eie produksie kon begin. Die plaas het eers bekend gestaan as Blommeplaas. In 2006, word die besigheid in twee BK’s verdeel. Nico het as die verhuurder opgetree, George as die eienaar van Malmesbury Kwekery en Johan Retief die eienaar van die groothandel-kwekery. Vandag word daar by minstens agt groothandelkwekerye aangekoop, waarvan sommige in die Oos-kaap en KwaZulu-Natal voorkom. Nico is in 2013 oorlede. Malmesbury Kwekery het tans ses mense in diens met Renschia van Blerk, sy dogter, wat deeltyds kom uithelp. Die Retief-kinders het in die kwekery grootgeword. Vandag loop die kleinkinders dieselfde pad. Die liefde vir die bedryf hardloop diep in hul are. George is baie lief vir ‘n verskeidenheid. Dit is vir hom moeilik om een plant uit te sonder. ‘n Mooi boom fassineer hom egter baie. Hy kyk meer na die bome in die wildtuin as na die diere, skerts hy. Van die geheime tot ‘n suksesvolle besigheid van 50 jaar is volgens hom goeie kliënteverhoudinge, persoonlike aandag en persoonlike diens. “Elke kliënt word bygestaan, of dit nou die stoot van die trollie of met raad is.” Hy sê verder dat jy moet weet wat in jou besigheid aangaan. Malmesbury Kwekery streef ook elke dag daarna om in die kliënte se behoeftes te voorsien. “Ons het wat die kliënt soek. Alle eer aan ons Hemelse Vader wat ons die krag en die verstand gee om te doen wat ons doen.”
NUUS • NEWS
24 Mei 2017
7
Boekedag:
Die amptelike opening van Bloemendal Primêr se eie biblioteek het saamgeval met Wêreld Boekedag wat op 23 April 2017 gehou is. Die totstandkoming van die biblioteek was met harde werk van die skool en onderwysers en veral ook die samewerking van ‘n oud-onderwyseres, Sharon Williams (verkryging van die vraghouer as lokaal vir die biblioteek), Slimsun (omskakeling van die houer tot werkbare ruimte) en Edulist (boekrakke en opvoedkundige materiaal). Op die foto is Mev. Gertse (skoolhoof van Bloemendal Primêr) met haar personeel, Sharon Williams, Slimsun-personeel en verteenwoordigers van Edulist. Advertorial
SA Locums: get ready and join the locomotion
Krieket: Die Malmesbury-krieketklub het onlangs hul seisoen afgesluit en spelers wat
uitgeblink het, vereer. Van links is Divaan Robertson (speler van die jaar, eerste span se kolwer en bouler van die jaar), Alvin Marang (tweede span bouler van die jaar), Gregory Claassen (voorsitter), Luwellyn Koopman (spelers se speler van die jaar) en William Bruintjies (voorsitterstoekening). Foto: David Howburg
By : Marina van der Merwe Think of locomotion… what springs to mind, maybe childish excitement of that very first ride? Perhaps a romantic notion of a steam train pulling out of a station embarking on a journey, distancing two lovers, one waving away the other, to some far off destination? Power is synonymous with a Locomotive, driving a force along an engineered track, transporting people and goods to their destinations. The journey is punctuated by stops at stations along the way with milestones flashing past as we journey to our final destination. This Locomotion and its journey is a fitting description of how SA Locums came into being. It started with a dream, sparking a vision, by one person who wanted to begin a journey with a Locum pharmacist to deliver on his vision. SA Locums did not start as a subsidiary of some large corporate, but a small dedicated team with the idea of creating something unique. By meeting and exceeding an expectation within the Health Care Industry, offering a service to its clients and theirs in turn, the Locum Pharmacist became the catalyst enabling that dream to become a reality. SA Locums has been built on long hours of hard work, keeping promises and commitments no matter what. We went the extra mile for our Locums finding jobs, making sure that they had directions, organising travel allowances and negotiating better rates and benefits. It was out of mutual respect we placed our trust with the Locums, and they in turn placed theirs with us
and the retail Client. We and our Locums partnered in a nationwide roll out to those pharmacies. The Pharmacies soon realised if a Locum was needed at short notice, however remote the community it served, the Pharmacy owner only had to call 0871Locums and SA Locums came through! We sent emails, sms’s, facebook and twitter, mobilising all media to make our services known within the communities and Health Care professionals. In just a few short years we can proudly claim to be the number 1 staffing agency of Locums in South Africa. Our position today is held not because we took the easy route, but a hard fought route of sustained effort and commitment. We instil this ethos in all our employees for example we don’t have a call centre, we have a “Centre of Excellence” A centre that Locums and Pharmacies can contact 24 hours 7 days, 365 days of the year on 0861Locums. Our pledge is “if humanly possible we will provide a solution for our clients” For SA Locums “quality” is not just a word but indeed a philosophy. SA Locums is South Africa’s premier national pharmacy and clinic nurse agency specialising in Locum and remote workforce management. We are South Africa’s leading health care staffing brand with a national “Centre of Excellence” with staffing consultants dedicated to all 9 provinces. Our recipe for success is simply our focus on “Service Excellence”.
8
24 Mei 2017
NUUS • NEWS
Koor: Die Riebeeck Vallei Spesiale Skool se koor het onlangs 72% behaal by die eisteddfod op Vredenburg. By hulle is Verity Barns en Arthur John wat help met afrigting
Dagboek • Calender Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956 Langs die Bos-mark Langs die Bos-mark elke Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00. Vir verdere navrae kontak Marelize by 072 052 6280 Bingo by Aandskemering 24 Mei: Kom geniet 'n heerlike Bingo-aand by Aandskemering. Kostes beloop R100 per persoon wat insluit vyf gratis speelbeurte en ligte aandete. Bring eie drank/koeldrank en glase. Slegs beperkte aantal kaartjies beskikbaar Chillies @ Malmesbury Museum 25 Mei: Die geskiedenis en gebruike van "chillies" word deur Rozelle en Adrian Abrahams by die Malmesbury-museum om 19:00 bespreek. Die Abraham-egpaar is die eienaars van Fynbos Fine Foods op Tierfontein. Kaartjies beloop R80 per persoon. Kontak 022 482 2332 met navrae en besprekings. Hemelvaart Natuurskap 25 Mei: Onder die inisiatief van die VLV kom wees deel van 'n Hemelvaart Natuurskap-stap om 08:00 vanaf die HSS Astro hokkiebaan. Kom stap die drie-hoek pad saam ons. R5 donasie aan die Woman Walk the Word ACVV Malmesbury 26 Mei: Kom geniet lekker Basaar by die ACVV. Verrigtinge begin om 09:00 tot 13:00. Lekker poedings, pannekoek, groente en vele meer Vir enige navrae skakel 022 482 2245 Swartland Atletiekklub Moorreesburg - Swartland Atletiekklub bied aan 'n saam draf/stap elke Donderdag by die Gene Louw Stadion. Beginpunt by ou ingang. Afstande is 5 en 3 km en begin om 17:30. Vir enige navrae skakel Basil Niewoudt by 082 7 9110
morning at 09:30 For any information or enquiries, please contact Edgar at 073 191 5729 Bekendstelling van Wintersrust 26 Mei: Die boek van Joyce Kotze word by die Riebeek Valley Hotel om 18:00 vir 18:30 bekendgestel. Kontak : 022 461 2692 / 082 976 8921 met navrae Swartland Haven 27 Mei: Die Swartland Nagskuiling hou 'n fondsinsamelings-poging vanaf 09:00 tot 13:00. Braaiverkope en allerlei verkope van kussings en kralewerke. Indien u enige navrae het, kontak Chantal by 022 486 5191 !Khwa ttu 3 June: Show @ !Khwa ttu For more information call 022 492 2998/ bookings@khwattu.org Veterane Ploegdag 10 Junie: Kom kyk gerus hoe die boere daai tyd met ou veteraan plaas implemente geploeg en gesaai het. Dit alles gebeur op die plaas Swartbergsvlei vanaf 10:00 tot 15:00. Indien u enige verdere navrae het, skakel Monica by 082 448 1355 / sbvlei@gmail.com CHOC (Childhood Cancer Foundation) 16 Junie: Kom geniet pret vir die hele gesin op jeugdag op die plaas Tannie (Onbedacht) vanaf 09:00 tot laat. Vir verdere navrae skakel 083 317 5536 / helena@onbedacht.com Malmesbury Aglow 17 June: Malmesbury Aglow are meeting at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Starting at 15:00. Everyone is welcome. Enquiries : Elaine Walker 072 590 6636
Bet-El Baptiste, Malmesbury 25-28 May: Come and join us for a 4-day Revival Service every evening at 19:00 and on Sunday
West Coast Community Foundation 17 June: Come enjoy a fabulous evening with the Rockets and West Coast Community Foundation at the Wesbank Civic Centre from 19:30 till late. Costs R120 per person. For further information contact Magaret at 022 482 1993
Vriend van God (AGS) Donderdag, 25 Mei om 19:00 - Hemelvaartdiens 28 Mei: Sondag oggenddiens om 09:30 met die prediker, Japie de Bruyn. Pinksterdienste vanaf 28 tot 31 Mei om 19:00 Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200
Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168
AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178
Shofar Sondagoggend preek De Waal Esterhuizen om 9:30. en Sondagaand bring De Waal Esterhuizen die woord om 17:30 by Voortrekkerweg 48, Malmesbury Navrae: 022 482 4640.
Kerke • Churches
Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 8279054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple
Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Diens op 28 Mei om 09:30 by die Mount Royal se konferensiefasiliteit Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
Wen kaartjies na singende tandarts:
Jaco Blomerus, 'n tandarts van Stellenbosch, stel sy nuwe album “Kartelkring” vry by die Drostdy Teater in Stellenbosch op 30 Mei om 20:15 teen R100 per persoon, maar twee gelukkige lesers kan elk 'n stel dubbelkaartjies na die vertoning wen. Die verwerkings word uitgevoer deur Blomerus self (stem en klavier), Petrus de Beer (viool), Emile de Roubaix (altviool), Anjulie Nock (tjello), Hilandi du Toit (kitaar), Shaun Johannes (baskitaar) en Barry van Zyl (tromme). Sms jou naam en van, saam met die slagwoord (BLOM) en jou tuisdorp na 084 8333 813 voor 25 Mei om 12:00 om in aanmerking te kom vir 'n stel kaartjies.
Padoperateur: Tydens
die onlangse Diensverskaffers Golfdag het die Weskus Distriksmunisipaliteit hul beste padoperateur vir 2016 aangewys. Na ‘n noukeurige seleksie en keuringsproses was André Blouw van Moorreesburg aangewys as die Padoperateur van die Jaar. André, beter bekend as Shaun, werk vir meer as 17 jaar by die munisipaliteit. Hy sê dat om paaie te bou is sy passie en dat hy onsettend baie leer by die meer ervare kollegas. “Dis fantasies om te weet dat jou harde werk wel raakgesien word. Ek hoop my toekenning kan ander werkers motiveer en inspireer om harder te werk” sê André. Die bestuur en personeel by WKDM wens Andre geluk met sy prestasie.
NUUS • NEWS
9
24 Mei 2017
Hokkie: Ulrich Lesch van die Laerskool
Swartland op Malmesbury is verkies tot die o.14-Boland hokkie-streekspan.
Mané en Danelle Visser Erfenis en fotografie: Chris Murphy (heelregs) is 'n erkende fotograaf en erf- Netbal: (onder) ook van LSS is opgeneem in die o.13 eniskenner van die omgewing. Hy het Donderdagaand sy foto-uitstalling, wat die erfenis van die Swartland en omgewing dokumenteer, by die Koringbedryfmuseum op Moorreesburg geopen.
Gholf: Auden Julies (links) van die Laer-
skool Swartland op Malmesbury is in die o.13 Boland-gholfspan opgeneem wat aan ‘n driehoekige toernooi by die Theewaterskloof-gholfbaan op 3 en 4 Junie gaan deelneem. Die spanne van Boland ding mee teen WP en die Suid-Kaap.
Netbal:
Michaela van der Westhuizen (o.15), Ansuné Smit (o.16) en Yamkela Nondabula (o.17) van die Hoërskool Swartland op Malmesbury is in die Wes-Kaap netbalspanne opgeneem. In die skool se rugby-, hokkie- en netbalwedstryde die afgelope naweek teen Charlie Hofmeyr van Ceres, het die o.18A-netbalspan met 38 - 23 geseëvier. Bo strek Mikayla Ritter om 'n bal te vang.
Hokkie: Luke Müller en Erwin Meyer is Tweekamp: Tiaan Walters van LSS opgeneem in die o.13 Boland IPT-hokkiespan. Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
het deelgeneem aan die SA-Kampioenskappe vir Moderne Tweekamp (afdeling Laser Run). Hy het ‘n 10de plek behaal en is gekies vir die President-span (SA se B-span) wat SA gaan verteenwoordig by die Wêreld-kampioenskappe later die jaar wat in Kaapstad sal plaasvind.
Wes-Kaap-netbalspan.
10
NUUS • NEWS
24 Mei 2017
Rugby:
Die rugbyspanne van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het kragte gemeet teen die spanne van Augsburg op Clanwilliam. Foto: Ghida Visser
Swartland Swemskool:
Swemmers word vereer by Swartland Swemskool se jaarlikse prysuitdeling. Swartland Swemskool spog nie net met swemmers wat aan SA Vlakkampioenskappe deelneem nie, maar 36 swemmers het in Maart vanjaar gekwalifiseer om in die Junior swemliga te begin swem. Danelle Behm en Braam Esterhuizen is as die swemskool se Senior Victrix en Victor Ludorum aangewys, terwyl Tone Malherbe en Kailen Kotze op hul beurt as die Junior Victrix en Victror Ludorum vereer is. Luné Loubser en Arden Kotze het elk die Trainer-trofee gewen vir hulle positiwiteit en ywerigheid vir die afgelope jaar. Die volgende swemmers het elkeen trofees ontvang: Nicky Lategan, Emily Liebenberg, Arden Kotze, Elrien Liebenberg, Jacoline Crous, Ane Kemp, Sarah Barlow, Joahne Hewett, Jani Borman, Carmia Rall, Lulu Grootboom, Giepie Basson, Schalk Burger, Nike-Mare Knoetzen, Minke Vlok, Danielle Howard, Nicholas Barlow, Echardt Buhr, Anka Crous,Aiden Foot, Johan Jurgens, Peter Schreuder, Samuel Atkinson, Chane Grobbelaar, Chrizandi Basson, Chané Grobbelaar en Chrizandi, Carli Vorster, Janco Britz, Johan Retief, Paul Louw, Danelle Behm , Jani van der Merwe, Tone Malherbe, en Kailen Kotze. Die afrigters is Jeanne Steyn, Olinka van Wyk, Mariette Brand, Riaan Steyn, Braam Esterhuizen en Jessika Steyn.
Riebeek seëvier in stryd teen Good Hopes Kontak ons by 022 487 3221.
Riebeek United wen Good Hopes in 'n riller van 'n stryd met 31-8. Riebeek United het baie goed begin deur Good Hopes onder
geweldige druk te plaas. United is beloon deur hard te werk met 'n drie wat verdoel is. Goeie balbesit en
beskerming het Riebeek United 'n strafskop bekom wat deur die pale gejaag is. Good Hopes het dadelik teruggeslaan en gaan druk deur 'n goeie breek agterlangs en het met telling 10-5 rustyd gaan hou. Riebeek United was skitterend op die verdediging en het Good Hopes in sy eie halfgebied vasgepen. Riebeek United het die oorhand gekry en nog twee skitter drieë en 'n strafdrie te bekom. Good Hopes het soos van ouds goed terug geveg maar kon nie oor die doellyn kom nie. Riebeek United wen dus eerste derby van die jaar 31-8. Uitslae: Goodies C 21 - 3 United, Goodies B 15 - 7 United Die tweede derby vind plaas op 12 Augustus op Riebeek-Wes.
NUUS • • NEWS NEWS NUUS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #3365 ----SPEEDY, Malmesbury Uitlaatstelsel-passer gesoek met vorige ondervinding, goeie verwysings met lang diensjare.Moet onmiddellik kan begin. Kontak 082 370 9521 / 022 482 1373/4 #4537 --------------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjiedekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/elsa@ abcpartytjies.co.za #3463 --------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 --------------------------------TE KOOP FOR SALE Visvingers R48/kg; Viskoekies R48/kg; Krummelvis R40 per pak; Stokvis Fillets + Porsies R65/kg; Groot Snoek vanaf R80-R110 elk; Geelstert R50/kg. Skakel 022 487 3265 /084 250 2460 #3905 ----543ℓ Defy Kis-vrieskas (Chest Freezer). Soos nuut. Prys R4000,00 ohb. Kontak 082 809 2787 #4536 ----------------------------TE HUUR TO LET Malmesbury - Drie slaapkamer huis, twee vol badkamers, oop plan sit-en eetkamer, kombuis. Binne-braai. Drie garage Gevestigde tuin, in ‘n sekuriteitskompleks. Vir navrae kontak Mev Buhr op 082 3282211. R10 900.00 per maand #4532 ----PLAASHUIS - 13 km buite Malmesbury. 3 Slpk, eetk, kombuis, spens, groot badkamer, aparte stort, x2 toilette, enkel motorhuis. Tuin word onderhou. Krag en water ingesluit. R6000 p/m. Beskikbaar 1 Junie 2017. Skakel 083 398 2233 --------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
ADMER - geluk my dogter. Mag God jou ryklik seën. Baie liefde – Ciscus, Mammie, Quwin en Lilah ----Baie geluk met Mammie se verjaarsdag. Ons is baie lief vir Ma – Aduwaan en Shaskia ----Aan ons oudste suster Baie geluk bly die pragtige mens wat jy is. Baie lief vir jou – Merltine, Lineve en Caleb ---------------------------------
JACOBA (AGULHAS) ADAMS – turns 55 on 24 May. A blessed Happy Birthday to a wonderful mom and grandmom. From your children --------------------------------
11 11
24 Mei 2017 24 Mei 2017 Geluk met jou verjaardag. Mag God jou seën en geniet jou dag. Liefde Kayla en vriende ---------------------------------
HANCO ULRICH VAN DER POST. 22 Mei 2017 - 11 Jaar oud. Mag jy meer geluk hê as wat woorde kan beskryf. God se seëninge. Liefde Mammie ---------------------------------
Guess who's two on 28 May? Happy birthday to our little girl. We wish you happiness always! Love you Mom & Dad ----Kezia, you are a bright and spontaneous girl. May God bless you on this special day. Aunty Prissy ----To my cuzzie Kezia. Have a Blessed day. With tons of love from Courtney, Allegra and Bruce ----Kyk wie raak twee? My Sussie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Boeta is baie Lief vir jou. Liefde Imraan ----Geluk met jou verjaarsdag Kezia! Lekker verjaar . Liefde ouma Myburgh, ouma Hetta & Oubie ---------------------------------
JAN NEL – 29 Mei. Baie geluk met Pappie se verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar met baie voorspoed en klomp liefde – Jenevia, Lorinda en kleinkinders ---------------------------------
Raai wie is 21? Veels geluk ERIN met jou verjaarsdag op 24 Mei. God se rykste seëninge op jou lewenspad van Mammie, Daddy, Janice, Amy en Sherneill. ---------------------------------
CHARMAINE LUKAS. 25 Mei. Geluk met jou 27ste verjaardag. Seën oor jou lewenspad - Riaan, Clara, Ore, Ouma, Christopher, Chareeze, Rowam, Desnay, Marius, Jacqueline en Jakobus ---------------------------------
PAULINA SAMSON. 30 Mei. Geluk met Ouma se verjaarsdag. Bly die liefdevolle persoon - Clara, Charmaine, Riaan, Ore, Christopher, Jacqueline, Desnay, Rowan, Chareeze, Jakobus, Marius ---------------------------------
Geluk HAROLD met jou verjaarsdag op 27 Mei. Ons is baie lief vir jou. Van: Glenville, Cherenise, jou Ma, susters en broer ---------------------------------
Geluk CHRISTIAAN met jou negende verjaardag. Mag die Here jou seën - Pa, Ma, Oupa, Ouma, susters, broers, Logen, familie en Gretha ----Geluk met jou verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou. Van: Ant Tama, oom Stok, Tammy-Lee en Pop ---------------------------------
CHRISTOPHER LUKAS – 20 Mei 2017. Geluk met jou verjaarsdag. Mag daar nog vele jare kom - Clara, Daniël, Desnay, Charmaine, Chareeze, Rowaan en Ouma ---Geluk met jou verjaarsdag my skat. Hoop jy gaan jou dag geniet. Lief vir jou – Jacqueline ---------------------------------
26 op 26 Mei. Baie geluk ALLISTAIR FARO. Dankie vir die kind wat jy is. Geniet jou dag- Mammie, Harold, Carlisle, Jayden, Charléy & Lee-Deano ----Baie geluk. Ek wens jou 'n geseënde dag toe. Ek is baie lief vir jou - Peetma Kana ----Geluk Boeta met jou verjaardag. Jy moet lekker verjaar. Liefde - Peetsuster, Sandra en kinders Brian, Brandon, Kevin en Keanon ---Baie geluk Lange met jou verjaardag. Hoop jy geniet die dag. Van: Brandon en gesin - Tessa, Branwill, Keisha ---------------------------------
“Sweet sixteen” op 26 Mei. CARLISLE FARO. Altyd my teddiebeer. Bly so mooi en grapperig. Geniet jou dag - Mammie, Pa, Allistair, Charléy, Jayden en Lee-Deano ---------------------------------
BETTA TOONTJIES – Die van Wyk familie sê hartlik geluk met u 50ste verjaarsdag. Altyd my beste maatjie. Liefde – Alvona en gesin ---------------------------------
To my mother ELVONA. Happy birthday. May your day be filled with happiness and kindness. From Ashwin and Elviro ----Geluk met Mammie se verjaardag op 26 Mei. Dankie vir alles wat mammie vir ons beteken. Liefde - Elrichia, Trevonia en Melgrain ---------------------------------
GARTH VAN WYK - Geluk met Boeta se verjaardag op 26 Mei. Dankie vir alles wat Boeta vir ons beteken. Van: Susters, kleinkinders, agterkleinkinders en Revando ---------------------------------
HUDA PETERSEN – 10 op 24 Mei. Geluk met jou verjaardag. Geniet die dag. Liefde – Mammie, Dada, Broer en Susters ---------------------------------
MARCHELINO PERSENS. Vier op 24 Mei. Baie geluk en geniet die dag. Alles wat mooi is. Baie liefde – Mammie, Pappie, Boeta Dirkie en Boeta Eugene ---Geluk met jou vierde verjaardag. Mag God jou ryklik seën en nog baie jare spaar. Van: Mamma Katriena en Pappa Lukas ---------------------------------
Raai wie is 14. DESIRE FELIX. Geluk engel. Ons is baie lief vir jou – Anti Merle, Ciscus, Quiwin en Lilah
GEORGIE – Baie geluk my Tannie. Baie lief vir jou. Met baie liefde – Janzagesin ---------------------------------
CAROL CLOETE – 23 Mei. Geluk my jarelange vriendin. Mag God jou ryklik seën. Baie lief vir jou - Merle ---------------------------------
LEAH – 29 Mei. Geluk vriendin met jou verjaarsdag. Mag God jou seën en alles wat mooi is. Van jou vriendin, Wilma ---------------------------------
ROSE-LEE. 26 Mei. Geluk met ma se 50ste verjaardag. Liefde – Dyneline, Firosa, Andrew, Meeyah en Man Freeman. “Love you Mamma” ---Geluk Peetma met jou verjaarsdag. Mag jy ‘n geseënde dag hê en alles wat mooi is vir jou. Ek is baie lief vir jou. Van: Sarah-Lee en gesin #4535 ---------------------------------
MNR EN MEV DREYER – 35 jaar het God my Ma en Pa deurgedra. Alles wat mooi is en mag daar nog vele wees – Kinders en kleinkinders ----Geluk met jul huweliksherdenking. Mag julle ‘n mooi dag hê. Mamma en Pappa is vir 35 jaar deurgedra – Van der Ventel familie ---------------------------------
GERTLIN – Baie geluk met jou verjaarsdag. Geniet die dag en wees ‘n gehoorsame dogter vir Mamma en Pappa. Van: Carlin, Milda en Mekylin ----Baie geluk met jou verjaarsdag. Mamma en Pappa se kleinkind. Geniet die dag - Van Dreyer-gesin ---Vandag is my meisiekind agt jaar oud. Lekker dag. Mammie is oneindig lief vir jou - Mamma, Pappa, Boeta en Sussie
DELMARIE ARRIES. 29 Mei. Baie geluk kollega met jou verjaarsdag. 'n Groot 35. God se rykste seëninge. Mooi dag. Liefde Cherrylane kollegas ---------------------------------
Geluk met jou sewende verjaardag MARIZAAN. Jy moet jou dag geniet. Lief vir jou - Tannies en oom Eben ---Veels geluk met jou verjaardag. Mag daar nog vele jare wees. Liefde Ouma Trui en Oupa Kosie, Pa en broer ---Baie geluk Marizaan. Mag God jou ryklik seën. Liefies jou baie - Niggies en nefies ---------------------------------
MONIQUE WILLIAMS. Twaalf op 27 Mei. Baie geluk poplap met jou verjaarsdag. Lekker verjaar en ons is baie lief vir jou - Ma, Pa, broers en susters ---------------------------------
10de Huweliksherdenking. 26 Mei. My wonderlike vrou, beste vriendin, sielsgenoot. Prinses van my lewe. Koningin van my drome. Dankie vir alles. Lief vir jou - Jou man ---------------------------------
Kyk wie verjaar? “Happy Birthday” SHERWIN. Ons is baie lief vir jou. Liefde – Mammie en Pa ----“Happy Birthday” Sherwin. Ons is baie lief vir jou. Liefde – Leander en Dyson familie ----27 Mei 2017. “Happy Birthday” Sherwi. Jy moet lekker verjaar. Lief vir jou. Liefde – Uncle David en tannie Bronny ---------------------------------
28 Mei 2017. LIZELLE en LLUWELLYN - Julle eerste huweliksherdenking. Baie geluk en geniet die dag. Liefde - Bronny ---------------------------------
MINISIA JULIES - Baie geluk met Mammie se verjaarsdag. Mag God u seën met vele jare wat voorlê. Van: kinders en kleinkinders ---------------------------------
ELIZABETH (Betjie) FAROA - 'n Jaar is reeds verby en die gemis is so groot. Met diepe verlange - Johanna, Richard, Monique, Ronaldo en Vivian ----Ons mis Ma so baie. Sal altyd in ons harte wees. Van: Morné, Jo-Ann, Lenique en Marné ---------------------------------
28 Mei 2017. Ma se eerste verjaardag weg van ons. Die verlange is nog groot. Liefde - Johny, Benita, Jolene, Bronny, Zilke, Jazime en Juandré ---------------------------------
MERVYN TORIEN – 22 May. Enjoy your birthday with the angels. You earned your rest. We love and miss you – Wife, children and grandchildren ---------------------------------
ELIZABETH WARRIES "Anna" - 27 Mei. Vandag jou tweede verjaardag weg van ons. Geniet met die engele in die hemel Jou man, Rowen, Divan, Mendolene, Elwine en Elwenzo ---------------------------------
ADRIAAN HUGO (Nekkies). Jy is nou al twee jaar weg van ons. Die kinders mis hul lekkergoedjies, druiwe en water aandra. Liefde - Familie ---------------------------------
WILHELMINA VAN DER MERWE - Mientjie geluk met jou verjaardag met Baie geluk MARELIZE. Hoop jy gaan 'n lekker dag hê. Geniet jou en jou kind se verjaarsdae. Liefde Esau en Welkom familie ---------------------------------
NADINE PIETERSEN Vandag nege jaar gelede het ek geboorte geskenk aan 'n pragtige dogter. Baie geluk my kind. Alles wat mooi is. Mamma Nicolene ----Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy 'n mooi dag hê. Liefde - Ria, Potta en kinders ---------------------------------
BRITNEY - op 29 Mei is jy Vyftien jaar. Veels geluk ons skat. God seën. Van jou Ma, Lynn, Delano, Menna en JJ -----
30 Years. Happy anniversary Mommy and Daddy. May there be many more. Love Bianca, Xavann, Waylan & Kaylatjie. ---------------------------------
YVONNE JOUBERT - Baie geluk aan ons jongste met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is vorentoe. Joubert Allie Jacobs gesin ---------------------------------
ROWEN WARRIES. 27 May. May you be filled with blessings like the sun. Happy bornday - Daddy, Divan. Elwine, Elwenzo & Mendolene --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
Liewe Jesus. Reeds vyf jaar weg van ons. Baie lief vir jou - Rika, Trudie, Attie en Elise ---Baie geluk met u verjaardag. Ons mis u baie - Denise en gesin ----Baie geluk met jou verjaardag my vrou. Mis jou en is baie lief vir jou Peet en Danie ---------------------------------
JAKOBUS MAKKA. 25 Mei is jy een jaar van ons geskei. Mis jou baie, maar ons mooi herinneringe maak dit ligter. Jou broer, John en familie ---------------------------------
ELSIE DAMON - Ma dis u tweede verjaarsdag weg van ons. Ons mis Ma nog elke dag van Frikkie en Elsie ----Ouma se tweede verjaarsdag weg van ons. Steeds koester ons al die mooi herinneringe. Yazid, Yusrah, Faranaaz Luqmaan ----Hoe graag wil ons net geluk sê, maar alles was in God se tyd. Lief vir Ouma. Ricardo, Fredelene, Zano ----Aan ons liefling Ouma. 23 Mei kom met hartseer en rou. Mis Ouma verskriklik baie - Yvonne en Keanen --------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY
MAURICE SOLOMONS Troosdiens, 24 Mei 2017 om 19:00 by VGK Kerk. Begrafnisdiens: Saterdag, 27 Mei 2017 om 08:30 by VGK Kerk, Malmesbury. Privaat verassing
12
courant
dié
24 Mei 2017
NUUS • NEWS
SWARTLAND SPORT
Tel: 022 487 3221
24 Mei 2017
Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner : 17 Mei - Enkel Stableford. Lothar Buhr 21, Freek Stander 20, Frans Destroo 19, Nic Goosen 18 Vrydag Sundowner: 19 Mei - Enkel Stableford. Gerhard Spangenberg 24, Gillue du Toit 22, Frans Destroo 21, Freek Stander 20 Saterdag 20 Mei 2017 : Maandelikse Houespel Sakkie Klasen 66, Paul Hardcastle 70, Nic Goosen 71, Josef de Beer 72, Ronnie Shaw 72, William Matthysen 72, Johann Ackerman 73, Andre Uys 74, Billy Howburg 74, Martin Lesch 74
AmaRider:
Fietsryers van hier en ver het Saterdagoggend op Malmesbury en by Delico saamgedrom in die wegspring van die AmaRider-fietswedren. Hulle het oor twee roetes van onderskeidelik 100 myl en 50 myl meegeding en sommige het behoorlik gesweet met die opdraende en bulte van die omgewing.
•WESBANK EN SALDANHA IN KRAGMETING
Rugbystryd van die grotes •Abri Adonis Rugbykenners noem dit die wedstryd van die naweek. Ander noem dit die wedstryd van die jaar. Ander noem dit die stryd van die grotes. Wat hierna verwys word is die groot titaniese stryd tussen die twee van Bolandse top-klubs die afgelope paar jaar. Wesbank speel Saterdag gasheer vir 'n Saldanha-span wie die afgelope twee jaar die septer swaai in die Swartwes-afdeling van die Groot Uitdaag-beker. Wesbank het in 2015 laas koning gekraai teen Saldanha, maar het hierdie seisoen reeds gewys dat hy hierdie seisoen 'n ander deuntjie gaan sing. Wedstryde tussen die twee spanne sorg gewoonlik vir groot opwinding en hierdie Saterdag behoort dieselfde storie te wees aangesien beide spanne die eerste ronde wil eindig met die hef in die hand. Wesbank was die seisoen onoorwonne voordat hulle verlede Saterdag onverwags teen 'n Darling-span vasgeval het wat tans kookwaterrugby speel. Dit behoort egter net die regte medikasie te wees vir Wesbank om terug aarde toe te kom,
aangesien hulle miskien bietjie te hoog gevlieg het. Hulle sal dus meer gefokus en doelgerig moet speel teen Saldanha indien hulle wil koning kraai. Saldanha op sy beurt weet dat 'n oorwinning teenoor Wesbank die stryd om die beker weer wawyd-oop sal maak, aangesien Darling ook nou skielik hard klop aan die deur en St Helenabaai en Abbotsdale nie ver agter is nie. Wesbank behoort egter hierdie Saterdag die boeke te herskryf en te wys hoekom hy die voorloper in die liga is deur Saldanha in 'n taai stryd te klop met minder as tien punte. Darling reis Saterdag na Velddrif met stert hoog in die lig na 'n paar goeie vertonings insluitend die oorwinning teenoor Wesbank verlede Saterdag. Darling se rugby verbeter week na week met veral Earl Lewis en JP Abrahams wat week na week sorg vir groot opwinding met hul dartel lopies en vlugvoetige systappe wat ander spanne se spelers lighoofdig laat lyk op die veld. Velddrif is gewoonlik moeilik om te klop op sy tuisveld maar die span het die eerste ronde baie wisselvalig voorgekom.
Velddrif sal dus wil wys dat hy onder die topspanne hoort in die liga maar Darling se kragspel voor en talentvolle agterlyn behoort net te veel te wees vir die tuisspan. Darling behoort hierdie wedstryd naelskraap met minder as sewe punte te wen. In nog 'n groot stryd reis Abbotsdale Saterdag na St Helenabaai, in wat ook 'n maak of breek wedstryd gaan wees vir beide spanne. Abbotsdale en St Helenabaai is albei nog sterk in die wedloop om onder die top-twee te eindig en 'n nederlaag sal 'n groot knou wees vir beide spanne. St Helenabaai is nooit maklik om te klop op sy tuisveld nie. Abbotsdale het egter hierdie seisoen gewys dat hy weer lus is vir rugby speel en het reeds met n paar groot kanonne afgereken met sy opwindende tipe spel. Abbotsdale sal Saterdag vir St Helenabaai kwaai teenkanting bied, maar St Helenabaai behoort hierdie wedstryd met minder as sewe punte te wen. Vredenburg, Mamre en Never Despair geniet Saterdag 'n blaaskans.
SKOLE NUUS
Netbal: HSS vs Charlie Hofmeyer o/14D 11 - 21, o/14C 8 - 19, o/14B 7 - 19 , o/14A 12 - 15 o/15C 11 - 20, o/15B 21 - 20, o/15A 30 - 13 o/16D 10 - 18 , o/16C 9 - 30, o/16B 5 - 33 , o/16A 16 - 29 o/18C 19 - 16, o/18B 12 - 18 , o/18A 38 23 Rugby: 14A: 29 - 19, 14B: 17 - 5, 15A: 12 - 40, 15B: 15 - 17 16A: 27 - 12, 19A: 17 - 45 , 19B: 33 - 24, 19C: 54 - 0 Hokkie: Dogters: 19A: 0 - 2 , 19B: 2 - 0, 19C: 0 - 1, 16A: 2 - 1; 16B: 1 - 2, 16C: 0 - 5, 16D: 0 - 3 Seuns: 19A: 1 - 1 , 19B: 2 - 1, 16A: 0 - 4, 16B: 0 - 0; 16C: 1 - 0