421 die courant bergrivier

Page 1

c urant

dié

1 Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

24 Mei 2017

16.3%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 421

24 Mei 2017

•BERGRIVIER WOEKER MET SOSIALE ONTWIKKELING

Leiers, gemeenskap span saam met belofte-skrif Ons wil vasstel wat die euwels in die gemeenskap is en dan wil ons bepaal hoe ons dit saam kan aanpas. So sê advokaat Hanlie Linde, munisipale bestuurder van die Bergrivier Munisipaliteit. Dié munisipaliteit het onlangs 'n belofte-skrif opgestel, wat ook deur die gemeenskapsleiers onderteken is. Die vergadering is deur 72 mense op Porterville bygewoon en geld vir Porterville, asook Piketberg. Dié munisipaliteit beywer hom ook daarvoor om die munisipale inligting na die mense te neem. Dit het hulle ook gedoen met die onlangse konsepbegroting. Altesaam nege publieke vergaderings is in elke dorp in die munisipaliteit se bedieningsgebied gehou. Hier kon inwoners hul vrae rig en meer inligting oor die begroting bekom. Die munisipale bestuurder het saam met burgemeester Evert Manuel twee forumvergaderings gehou en weer die inligting verder deurgetrap. "Ons beywer ons vir die sosiale ontwikkeling van ons gemeenskap en juis daarom het ons die belofte-skrif opgestel," sê advokaat Linde. "Ons is almal deel van die Bergrivier Munisipaliteit en ons streef daarna om goeie diens te lewer en so te verseker dat al ons inwoners in harmonie kan saamleef. Ons is onbeskaamd 'pro-poor" en glo in goeie verhou-

ontwikkeling van ons omgewing. Ons is gedissiplineerd en ons gee om vir ons werk en ons kollegas. "Ons dien met trots." Só lui 'n verklaring deur die munisipaliteit. Van die strategiese doelwitte wat die munisipaliteit in hul visier het, is die versterking van finansiële volhoubaarheid, asook die verskerping in goeie regering. Dienslewering is ook hoog op die prioriteitslys, saam met die daarstelling van 'n veilige, gesonde, opgevoede en geïntegreerde gemeenskap. Die belofte-skrif lees soos volg:

dings. "Ons glo ook in noue en innoverende vennootskappe, asook die sosiale en ekonomiese

Porterville VLV en arbeidsterapie: Porterville se VLV-tak het by hul onlangse vergadering meer oor arbeidsterapie geleer. Nicolene Mouton, 'n arbeidsterapeut, het as spreker opgetree. Hier verduidelik sy aan Nicolene van der Merwe hoe om 'n hemp aan te trek as die een kant van jou liggaam verlam is. Links: Mary-Ann van Schalkwyk (voorsitter) oorhandig ‘n 55-jaar kenteken aan Hester Louw.

Publieke onderneming 1. Ons is almal deel van Bergrivier; 2. Ons glo in goeie verhoudings tussen alle rolspelers; 3. Ons glo dat ons moet saamwerk vir sukses; 4. Ons glo in volhoubare sosiale ontwikkeling; 5. Die toekoms van ons kinders is ook my verantwoordelikheid; 6. Ons glo ons kan 'n verskil maak; 7. Ons glo ons moet 'n verskil maak; 8. Ons glo ons sal 'n verskil maak; 9. Ek glo daar is hoop en ons help skep 'n toekoms vir almal; 10. Ek is die verskil wat ons gemeenskap nodig het; 11. Ek is die hoop vir my gemeenskap. Gedateer: 18 April 2017

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
421 die courant bergrivier by DieCourant - Issuu