courant
1 Wellington
NUUS • NEWS
dié
10 Mei 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 419
10 Mei 2017
•PLAASLIKE KUNSTENAARS OOK OP VERHOOG
Stasiefees se wiele rol volstoom voort •Jaomi Zeeman
Wellingtonners kan hierdie naweek na groot feesvieringe en vermaak uit die boonste rakke uitsien wanneer plaaslike kunstenaars saam met bekende name in die vermaaklikheidsbedryf sal optree. ‘n Uitstekende vertoning wat al vir ag jaar met groot welslae deur die land toer, gaan Vrydagaand 12 Mei as platform vir ‘n heerlike ABBA-makietie dien. Volgens die plaaslike kunstenaar Karin Kay, wat as seremoniemeester by hierdie geleentheid sal optree, is “ABBA Magic SA” ‘n betowerende produksie. “Die produksie het reeds in 2008 ontstaan toe daar aan ‘n unieke vertoning by die 2009 ABSA KKNK begin werk, is. "Die ABBA Magic SA vertoning is in 2009 by dié fees opgevoer en dit was só gewild dat hulle die wynsaal moes sluit, omdat dit oorvol was met mense wat die vertoning wou sien,” vertel sy. “Nou kan Wellingtonners hul beste ABBApakkies aantrek en hierdie vertoning Vrydagaand op hul eie drumpel kom geniet.” Die vertoning word deur vier kunstenaars, almal individueel suksesvol in hul eie reg, gedoen. Hulle is Nadia Louw, Hugo Nieuwoudt, Lee Scott en Rene van Reenen. Hierdie kunstenaars het almal hul eie solo loopbane, maar het besluit om vir die ABBA Magic SA-produksie kragte saam te span. Hulle het sedert hul eerste vertoning in 2009 by die KKNK al by talle ander feeste en funksies opgetree en regdeur die land en ook in die buiteland, getoer. Hierdie heerlike aand van vermaak is die voorloper tot die hele naweek se feestelikheid. “Die ABBA Magic-vertoning is eintlik die opwarmingsoefening vir al die ander vermaak wat die naweek tydens die Stasiefees op Wellingtonners wag,” sê Karin. Die jaarlikse Stasiefees, wat by die Stokeryweg-terrein van Wellington Wyne plaasvind, beloof om hierdie jaar weer ‘n groot hoogtepunt op die dorp se sosiale en kultuur-kalender te wees. Talle plaaslike kunstenaars sal saam met groot name op die verhoog verskyn om vir ‘n hele naweek se saamkuier en vermaak te sorg. Besoekers kan onder andere uitsien na ver-
Stigtersdag: Dié dag, wat ook die herdenking van Dr. Andrew Murray se verjaars-
dag (9 Mei), is die naweek gevier. Ruan Palvie, hoofseun van Hugenote Hoërskool, lê ‘n krans by die standbeeld van Andrew Murray. Sien berig op bladsy 3.
tonings deur die plaaslike sanggroep Adagio, Stephan Visagie, Jaco, Hugo Nieuwoudt en die Ghoema-bekroonde Refentse. Die bekende Karin Kay sal natuurlik ook optree, terwyl sy die seremoniemeester van die hele fees is. Dit is nie net op die musiekverhoog dat plaaslike sterre met die bekendes sal skouers skuur nie – daar sal ook tydens praatjies, in die kostent, by die boekuitstalling, tydens die kindervermaak, sowel as in die buite-arena bekende gesigte saam met die beroemdes verskyn. Amoré Bekker, die kinder-gunstelinge Tjiff en Tjaff en tannie Poppie van Kokkedoor-faam
MOTHER'S DAY AT SABINO CANYON SPUR
is maar ‘n paar van die bekendes wat saam met die Klopse, Rieldansers, Groenberg Koor, Tommy Oliver en ons eie Kokkedoortjie, Thali Hugo, by die fees te sien sal wees. Besoekers kan vir slegs R15 ‘n pret-treinrit Paarl toe en terug geniet. Hulle kan ook die motoruitstalling besigtig, by die plaaslike skrywers se boekuitstalling inloer, winskope by die talle stalletjies raakloop, wyn proe, praatjies bywoon, na demonstrasies kyk, rotsklim, aan die hekelmarathon deelneem of net heerlik saamkuier. Kaartjies vir die ABBA Magic SA-vertoning is teen R100 elk by Herbert Sills, 082 374 3146, beskikbaar.
POP A BALLOON AND STAND A CHANCE TO WIN ONE OF FOUR KEN FORRESTER HAMPERS Hampers include: 1 bottle of Ken Forrester wine, a Ken Forrester wine tasting voucher, a branded apron and spice rub.
Complimentary welcoming glass of Ken Forrester wine for all Moms on arrival!
SABINO CANYON SPUR Alcohol not for Sale to Persons Under the Age of 18.
Only valid on 14 May 2017. Eat-in only. Ts and Cs apply.
www.spur.co.za
Customer Care: 0860007787
28976s
Beansa Building, Cnr Renier & Voortrekker Roads, Malmesbury. 022 487 1511
2
10 Mei 2017
Unieke voorsmakie met CD
NUUS • NEWS
•KENNERS BESING PRAG
Krisante in blom vir 101ste skou
Chris Chameleon het na die vertoning saam met gehoorlede gekuier. Bo is Hanlie Dippenaar, Emma Horak, Chris Chameleon en Sarah van der Merwe. Die bekende Suid-Afrikaanse sanger, Chris Chameleon, het onlangs in die Bôrdienghuis opgetree. Wat hierdie optrede besonders gemaak het, is die feit dat hy sy nuwe CD, “Jy en ek en ek en jy”, met ‘n Wellingtonse gehoor gedeel het ‘n dag voordat hy dit amptelik in Franschhoek bekendgestel het. Chameleon, wat ses jaar gelede laas ‘n volkome, selfgeskrewe Afrikaanse CD uitgereik het, het die gehoor met liedjies van hierdie nuwe produksie, asook met van sy ou gunstelinge vermaak. Soos gewoonlik, was sy stemgimnastiek, sy skerpsinnige lirieke, ewe skerpsinnige sketse tussen liedjies, sowel as sy stem se uitsonderlike reikwydte, dinge wat die gehoor verstom en vermaak het. Chris het verras deur ‘n baskitaarspeler tot sy “eenmanvertoning” te voeg. Hierdie musikant is niemand anders as Daniella Deysel, ‘n 7de Laan-aktrise en ook Chameleon se meisie van die afgelope tyd, nie.
Volgens hom het Deysel vier maande gelede besluit om te leer baskitaar speel en is sy nou al so gesout daarin, dat sy hom op die verhoog kan begelei. “Staan opsy, Schalk Joubert. Daniella kan sowaar meesterlik byhou,” het hy haar tydens die vertoning geprys. “Enigeen wat na die liedjies op hierdie CD luister, sal besef dat dit ‘n ode aan die liefde is. Ek het dit in ekstase oor die liefde geskryf. Daar is min ander dinge wat ‘n mens so inspireer en so liries laat, so laat filosofeer, as juis die liefde nie,” het hy gesê. Op ‘n vraag of hierdie CD miskien ‘n vooruitwysing na sy nageslag is, was Chris ewe filosofies. “Dit is nie noodwendig iets wat nou ‘n gegewe is nie. Maar indien dit wel die geval sou wees, sou dit nie iets wees wat ek sou keer of probeer afweer nie,” het hy gelag. “’Jy en ek en ek en jy’ is sewe tweeletterwoorde wat soveel omvat en insluit. "Dit klink na so min, maar dit is soveel,” het Chris gesê.
Heelbo: Herman Bailey, Anthony Cavernelis, Drakenstein burgemeester Conrad Poole, eerw. Eben Mourrise, dr. Danny Titus, hoof uitvoerende-beampte van die ATKV en prof. Michael le Cordeur. Links bo: Anthony Cavernelis ontvang die prys vir die wen-blom van Conrad Poole. Regs bo: Karel Dampies ontvang die prys vir beste huisvlyt van Conrad Poole. Links: Dr. Danny Titus van die ATKV oorhandig een van Herman Bailey se trofeë aan hom. Die 101ste Wellington Krisante-skou het op Saterdag 6 Mei in die Stadsaal plaasgevind. Hierdie fleurige geleentheid, wat reeds sedert 1917 ‘n instelling op die dorp is, is deur ‘n rits krisante-kenners, lede van die Wellington Krisante Vereniging, gerekende eregaste en lede van die publiek bygewoon. Die stadsaal is in ‘n oase omskep met die meer as 300 prag-krisante wat uitgestal is. Die kwekers se verskillende variëteite, kleure en groottes van hierdie blomsoort het die tafels laat kreun waar dit in gelid gestaan het om vir die talle toekennings in aanmerking te kom. Volgens Herman Bailey, een van die Krisante Vereniging se bestuurslede, was dit hierdie jaar ‘n besondere uitdaging om die krisante gereed te kry vir die skou. “As gevolg van die waterbeperkings en baie warm, droë weer moes ons baie planne beraam en ekstra moeite met die blomme doen,” sê hy. Die amptelike verrigtinge en prysuitdeling is deur eerw. Eben Mourrise geopen, waarna prof. Michael Le Cordeur vir dr. Danny Titus, die hoof uitvoerende-beampte van die ATKV, as spreker aan die woord gestel het. Dr. Titus het in sy toespraak na die nodigheid van asemskep in ons gejaagde samelewing verwys. “Daar is ‘n belangrike funksie in asemskep. Dit help ons om te evalueer, ‘n bietjie te rus, perspektief te kry en nuwe planne te bedink. Dít is presies wat ‘n mens doen wanneer jy met plante besig is. Daarom is die erfenis van hierdie
skou ‘n belangrike en ‘n besondere een,” het hy gesê. “Deur plante te plant en te versorg, leer ‘n mens ook baie oor dissipline, bestuur, prosesse, omgee en versorging. Dáárin lê onskatbare waarde. Die ATKV wil graag met die gemeenskap hande vat om hierdie erfenis in stand te hou en te laat groei. Dit is ‘n wonderlike gemeenskapsinisiatief,” het dr. Titus voortgegaan. Die uitvoerende burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit, Conrad Poole, het in sy gelukwensing aan die wenners elke deelnemer se passie, ten spyte van al die uitdagings, geprys. Buiten die krisante, was daar ook ‘n handvlytafdeling by die skou waar blommerangskikkings, gebak en handwerk ten toon gestel is. Charné Rhode het die prys vir die beste gebak gewen, terwyl Karel Dampies met die toekennings vir die beste blommerangskikking en huisvlyt weggeloop het. Japie Willemse, Herman Bailey en Anthony Cavernelis het almal eerste plekke in die onderskeie afdelings vir hul blomme ontvang. Bailey het die toekenning vir die beste “Spider”-blom gewen, terwyl Willemse die trofee vir die meeste algehele punte ingepalm het. Cavernelis het die gesogte prys vir die “kampioenblom” gewen. “Ek dra die prys op aan my ma, by wie ek alles van krisante geleer het. "Ons gaan ook ‘n groot poging aanwend om hierdie erfenis en tradisie aan die jonger geslagte oor te dra,” het hy gesê.
NUUS • NEWS
10 Mei 2017
•DR MURRAY HERDENK
Stigtersdag gevier
Leiers van verskeie opvoedkundige instansies kry ‘n krans om tydens die vieringe te lê. Wellington het sy jarelange viering van Stigtersdag weer op Sondag 7 Mei herdenk. Met hierdie geleentheid, wat by die Moederkerk plaasgevind het, het dorpenaars hulde gebring aan ‘n paar bekende, prominente rolspelers in die totstandkoming van ons dorp en die instansies wat dit huisves. Die leiers van die Hugenote Seminarium het reeds in 1880 besluit om Andrew Murray se verjaardag op ‘n spesiale wyse te vier. Hierdie besluit het erkenning gegee aan die bydraes van verskeie onderwysleiers en die ontwikkeling van opvoedkundige instansies op Wellington. Stigtersdag is oorspronklik op die Vrydag naaste aan 9 Mei (Dr. A. Murray se verjaarsdag) gevier. Ongelukkig het hierdie gebruik later doodgeloop, maar weer in 1984 herleef en sedertdien vind dit jaarliks plaas. Dit word tans op die Sondag die naaste aan dr. Murray se verjaardag herdenk. Tydens hierdie viering word daar jaarliks agt kranse gelê. Verteenwoordigers en/of leiers van die plaaslike opvoedkundige instansies wat uit die stigters se doen en late te danke is, lê kranse
op die grafte van al hierdie belangrike rolspelers in ons dorp se geskiedenis. Kranse word by dr. Murray se standbeeld en graf en op die grafte van mejj. A. Ferguson, A. Bliss, M. Cummings, G. Ferguson en mnre. J. Harvey en R. MacCrone gelê. ‘n Negende krans word ook sedert 1986 ter ere van al die opvoedkundige reuse in ons dorp se geskiedenis gelê. Die spreker by hierdie jaar se Stigtersdagviering was dr. Coenie Burger. Hy is ‘n teoloog en skrywer en is onlangs met die Andrew Murray-boekprys vereer vir sy boek oor die doop, “Ontvang wat vir jou gegee is”. Dr. Burger het tydens sy preek na Andrew Murray as ‘n merkwaardige mens, gelowige en leier verwys. “Andrew Murray was ‘n gawe aan die kerk en dit is tyd dat sy nalatenskap moet herleef”, het hy gesê. Dr. Burger het ook oor “herderskap” en Murray se versinnebeelding hiervan gepraat. “’n Leier versorg en lei nie net nie, maar nooi ook om deel te word van iets beters. Dit is die voorbeeld wat Andrew Murray gestel het en iets wat ons in die hedendaagse klimaat kan navolg,” het dr. Burger gesê.
Lizz Meiring span kragte saam met Silwerkruin
Die bekende aktrise, skrywer en dramaturg, Lizz Meiring, gaan eersdaags in Wellington kom optree. Hierdie optrede is een van Silwerkruin se inisiatiewe vir ‘n fondsinsameling en vind op Donderdag 8 Junie om 19:00 plaas. Volgens Melanie Crozier, voedseldiensbestuurder en bemarker by Silwerkruin, is dit ‘n geleentheid wat nie misgeloop kan word nie. “Ons hoop regtig om almal by die vertoning te sien. Die kaartjies is baie billik en dit beloof om ‘n genotvolle aand te wees,” sê sy. Die vertoning, “Langpad en Lipstieks”, is Lizz Meiring se nuutste solostuk. In dié produksie vertel Lizz, wie se handsakke groter as sy is, hoe sy en ons almal op ‘n manier ewig op reis is. Hoe ons aanhou ontdek, herontdek, inprop en uitgooi soos die lewe sy loop met ons neem. “Elke mens het bagasie. Ek praat nou nie van die emosionele bagasie nie – daai het ons ook – ek praat van fisiese bagasie. Dis nie die ekstra kilo's nie, dis die bagasie – tasse, aktetasse, rekenaarsakke, rugsakke, winkelsakke, rommelsakke, trommels, bokse, en bowenal vir vroue – handsakke. ‘n Vrou se handsak is die lap of leer wat verpersoonlik wie sy is,” verduidelik Lizz die tema van hierdie vertoning. In egte Lizz Meiring-styl beloof “Langpad en Lipstieks” om met humor, warmte, oorspronklikheid en ‘n tikkie patos te vermaak, verras en opnuut na ons verbysterende menslikheid en die dinge wat ons met ons saamsleep, te kyk. Kaartjies is te koop by Silwerkruin-ontvangs elke dag van die week tot en met 19:00 en kos R125 elk.
3
courant
dié
4
Soveel om te vier
Ons hou mos daarvan om ‘n ding te vier. Verjaarsdae, sportbyeenkomste, nuwe babas, nuwe jare, prestasies en herdenkings – noem maar op – daar is altyd ‘n rede vir ‘n fees. Al is dit dan net om vir ‘n “burger special” te gaan as nog ‘n week voor ons uitstrek. Miskien is dit in ons DNA om sekere rituele te skep wat die waarde van ons erfenis sal eggo. “Afrikaners is plesierig” is nie verniet een van die bekendste volksliedjies wat selfs al in ‘n rockgedaante herleef het nie. Ons hou van partytjie en dan maak ons só. In Wellington weet ons hoe om só te maak. Ons bring hulde aan kultuur deur klassieke musiekblyspele te laat herleef. Ons vier die erfenis van ons eie stasie – sommer vir ‘n hele naweek lank. Ons vereer ons sportsterre, oud en jonk, en ons gee toekennings in die naam van ontslape heldinne, maar ook as aansporing vir nuwe potensiaal wat die aflosstokkie moet oorneem. Ons pronk met ons blomme en die eeu-lange kweektradisie wat daarmee saamgaan en ons lê kranse aan die voete van die stigters van ons erfenis. The sound of music weerklink hierdie week oor die Wellingtonse heuwels. Die Stasiefees, met ‘n “Brûe Bou” tema, gaan die naweek weer die samesyn in ons dorp onderstreep. Ons is trots op ons SA-tennisspeler. Ons verkyk ons aan die pragtige krisante wat hierdie jaar, ten spyte van baie uitdagings, weer ons stadsaal in ‘n oase omskep. Ons plak ‘n nuwe reeks seëls op ons briewe om ons argitektoniese erfenis te vier. Ons vier Stigtersdag en die eerste Winnie Rust toekennig bring hulde aan haar nalatenskap. Bo alles vier ons ook hierdie week Moedersdag – iets wat aan die ongesiene elkedaagse prestasies en opofferings van ma’s hulde bring. Mag daar elke dag vir elkeen iets wees om te vier.
It’s Good News
NUUS • NEWS
10 Mei 2017
Winnie Rust-toekenning 'n jaar ná haar dood gemaak Op 11 Mei, presies ‘n jaar na die geliefde Winnie Rust se dood, gaan daar ‘n toekenning ter ere van haar gemaak word. Volgens Christine Siebrits van die OumaGranny Huismuseum, gaan hulle in samewerking met die Wellington Museum en plaaslike ATKV-tak ‘n “Winnie Rust-toekenning” aan ‘n verdienstelike persoon toeken. “11 Mei val toevallig saam met die jaarlikse Stasiefees. Vanjaar se tema is ‘Brûe Bou’ – tussen gemeenskappe, kulture, taalgroepe en mense. Ons het dit goed gedink om die Winnie Rust-toekenning ‘n jaarlikse instelling op die Stasiefees te maak,” sê Christine. Sy verduidelik dat die presiese terme van die toekenning nog in samewerking met die Rust-familie verfyn moet word. “Dit is ‘n gebaar ter ere van ‘n ongelooflike, maar nederige persoon wat altyd ander eerste gestel het en op haar
unieke manier brûe gebou het,” vertel Christine. Boeke van ongeveer 26 Wellingtonse skrywers, onder wie natuurlik ook Winnie Rust, sal as deel van die Fees uitgestal en verkoop word. Die uitstalling kan in die ou Stasieskoolgebou op die perseel van Wellington Wyne tydens die Fees besoek word. “Winnie se laaste boek, ‘Katryn’, asook ‘Ons kom van vêr” wat aan Adam Small opgedra is, is van die boeke wat spesiale aandag sal geniet en almal is welkom om hierdie skat wat uit die penne van ons plaaslike skrywers kom, te kom besigtig,” sê Christine. Die Winnie Rust-toekenning sal om 10:30 tydens die opening van die uitstalling plaasvind. Die opening sal deur die Uitvoerende Burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit waargeneem word en die KWDM Burgemeester, dr. Elna von Schlicht, sal die bedankings doen.
Dagboek • Calender
Dr. Marc Blackwell Snr
Your source for peace and joy Isaiah 26:3-4 “You will keep him in perfect peace, Whose mind is stayed on You, Because he trusts in You. Trust in the LORD forever, For in YAH, the LORD, is everlasting strength.” Your life matters to God! God is concerned for your wellbeing! God wants you to do well -to have the best possible life! An abundant life and he offers us both His loving mercy and the kindness of His grace. We think of this as His “providential care” or His involvement (even an “invasion”) of our life. The Lord’s providence includes our Pathway, Protection and Provision. The Lord’s providence includes the tasks or opportunities that He allows us to experience. The Lord’s providence includes forgiveness and His help in our spiritual growth and wisdom. A Christian Hymn by Norman Clayton reminds true believers of another perspective on life… If we could see beyond today as God can see, If all the clouds should roll away, and the shadows flee; Over our present griefs we would not fret & worry. Each sorrow we would soon forget, For many joys are waiting yet, For you and me. “If we could just see more, if we could just know more” — or so … we often say. True, we cannot see what lies ahead, and only … by faith can we cling to Him - more and more. We can know that He leads us till this life is over just to trust Him and obey His Word.
Nuwe seëls vier SA argitektuur
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Oefening is vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United-rugbyklub Hillcrest United-rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Vir meer inligting kontak die klub-sekretaris: Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com Evita se Perron 28 April: Evita se Perron presents an evening of contentporary Folk music with Jenny and the Jameses. Tickets are R100 and the show starts at 20:00 For bookings call 022 492 3930 or bookings@ evita.co.za
Die SA Poskantoor het onlangs onthul dat hulle ‘n nuwe stel seëls, wat ons land se mees uitsonderlike moderne geboue sal uitbeeld, op 18 Mei 2017 sal bekendstel. Suid-Afrika se ouer landmerk-geboue is almal ferm in Europese ontwerp gevestig. Ons kontemporêre geboue getuig egter van ‘n ware Afrika-inslag. Hierdie geboue omvat dikwels die landskap, die geskiedenis en die kultuur van ‘n area. Volgens Martie Gilchrist van die SA Poskantoor het hulle vyf uitnemende voorbeelde van kontemporêre argitektuur uit eie bodem vir hul stel van vyf gegomde standaard-tarief seëls gekies. “Die Konstitusionele Hof in Johannesburg is die hoogste hof in die land aangaande konstitusionele sake. Die gebou reflekteer ‘n Afrikaaura reeds vanaf die ingangsportaal met sy verwelkomende atmosfeer. Die Mapungubwe Interpretasie Sentrum in Noord-Limpopo is weer ‘n kombinasie tussen die geboue en landskap en mimiek die argeologiese vondse van die area. Hierdie gebou het ook in 2009 ‘n internasionale ‘World Building of the Year’ toekenning gewen,”
vertel sy oor twee van die geboue wat op die seëls uitgebeeld word. Die Vryheidspark-kompleks in Pretoria, die Mpumalanga Provinsiale Wetgewer in Nelspruit en die “Supplementary Extende Education Device” (SEED) Biblioteek in Alexandra, is die ander geboue wat op die seëls uitgebeeld word. “Die Vryheidspark-kompleks bevat o.a. ‘n 694m muur vol lyste van name wat in die naam van vryheid gesterf het, ‘n amfiteater en vele ander argitektoniese bates. Die Provinsiale Wetgewer in Mpumalanga is weer ‘n koste-effektiewe en omgewingsvriendelike ontwerp wat tussen 2004 en 2008 al talle pryse gewen het. Op sy beurt is die SEED Biblioteek weer ‘n koste-effektiewe ontwerp wat uit skeepshouers wat loodreg tot mekaar gerangskik is, bestaan en in 2014 die Afrisam-SAIA toekenning vir Volhoubare Argitektuur ingepalm het,” vertel Martie. Die seëls is geldige posgeld vir standaard huishoudelike briewe en ‘n stel van vyf sal R19,50 kos. Hulle sal vanaf 18 Mei by alle groot poskantore beskikbaar wees en kan ook van sa.stamps@ postoffice.co.za bestel word.
Hugenote Hoërskool 8-11 Mei: Die Hugenote Hoërskool bring
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
eersdaags die storie van "Sound of Music" op die planke. Kaartjies is vanaf 6 Maart beskikbaar by die skool. 8-10 Mei se kaartjies is R90 vir volwassenes en R60 vir kinders. 11 Mei is die Gala-aand. R200 per persoon en dit sluit n 3-gang ete in. Koorfees by Hugo Rust 18 Mei: Laerskool Hugo Rust bied aan 'n Koorfees om 18:00 vir 18:30 by die Laerskool Hugo Rust. Ander kore wat gaan deelneem is Laerskool Durbanville, Laerskool Bastion, Worcester-Noord Primêre Skool, Hoërskool Hugenote met die gaskunstenaar - André Terblanche Vir enige navrae kontak 021 873 1598 / ontvangs@hugorust.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskool Saal om 19:00 Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Wellington Huismark 3-6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met lewendige musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart fasiliteite beskikbaar Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel ontbyt om 10:00 by Wellington Noordkerksaal Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin bied aan hul Gholfdag by die Wellington Gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519
St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.
NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.
Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677
NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak : 083 258 8717 / 021 873 3375
NUUS • NEWS
10 Mei 2017
5
6
Promosie • Promotion
10 Mei 2017
NUUS • NEWS
Die trotse span van Tomis Country Butchery met Marike Terblanche (heel regs) aan die stuur van sake.
Vars water by Tomis:
Cape Drilling, wat vandag met die vyfde geslag familie boormanne spog, gaan uit hul pad om die beste diens aan kliënte te verseker. Hul mees onlangs werk, was onder meer op die plaas Vorentoe naby Hermon van Tommy Moolman waar daar goeie water vir daardie area gekry is, vertel Deon Moore. Dit is nie die eerste keer wat hulle daar boor nie. Waar hulle waterwyser (Deon Jnr) afsteek, is daar nog altyd water gekry, of 99% van die geval, voeg Moore by. Met die waterbeperkings, bieg Moore dat hulle wel besiger as ander jare is. Vir hulle bly dit egter eerste prioriteit om die kliënt te laat besef waarvoor hy of sy in is, met ander woorde wat die waterpotensiaal in die spesifieke area is. Hulle kwotasies word gebaseer op inligting van hul massiewe databank. Dit maak Cape Drilling moontlik die duurste kontrakteurs op kwotasies, maar verseker standhoudende water of suksesvolle boorgate. Leë beloftes is nie deel van werksetiek nie. Die sterkste boorgat wat Cape Drilling vanjaar in die Swartland getoets het, was 127 850 liter per uur, wat die pomp gelewer het.
NUUS • NEWS
10 Mei 2017
Tomis weer tops met nog 'n platinum-toekenning Tomis Country Butchery het vanjaar by die 2017 Cleaver-toekennings 'n platinum ingepalm. Dit is die vierde jaar wat dié reeds bekroonde groep met die gesogte toekenning pronk. Kwaliteit, diens en eerlikheid is hier ter sprake. Die Cleaver-toekennings wys die beste slaghuise aan in jou provinsie. Dit is deur Freddy Hirsch in 2005 gestig om in die verbruiker se behoeftes van hoë standaard slaghuise en produkte te voorsien. Tomis Country Butchery het die platinum-toekenning in die afdeling vir Slaghuise met tot drie betaalpunte in die Wes-Kaap verwerf. Die Tomis Groep is ‘n familiebesigheid wat uit verskillende afdelings bestaan naamlik Tomis Skaap Abattoir, Tomis Bees Abattoir, Tomis Edel Kompos, Tomis Voerkraal, Tomis Meat Packers, Tomis Country Butchery en Tomis Afval. Tomis Abattoir is in 1994 gestig deur Tommy en Isabelle Moolman op die plaas Vorentoe buite Hermon. Die plaas is gekies vir sy goeie geografiese ligging ten opsigte van toegangsroetes tot die Kaap, maar ook vir die nabyheid van verskeie afslaersondernemings. Die maatskappy het klein begin met agt werknemers. Hulle missie was om vleis so goedkoop moontlik direk van die slagpale aan die huis te voorsien. Met lojale ondersteuning van produsenteboere, sowel as verskeie vleisondernemings en kettingwinkels het Tomis gegroei tot ‘n onderneming wat vandag as ‘n markleier in die bedryf beskou word en het die personeel na meer as 250 gegroei. By Tomis is jy altyd verseker van gehalte diens en gehalte kwaliteit. Wees dus verseker van die lekkerste vleisprodukte met die beste smaak, snit, kwaliteit en kyk uit vir die Tomis handelsmerk. “Ons sukses is gebou op ons Tomis boustene wat bestaan uit uitstekende beplanning, uitstekende bestuur, behoorlike kontrole, etiese waardes en top-kwaliteit produkte. Hulle volhoubare sukses word toegeskryf aan geloof en vertroue in God “Tomis Groep se fondasie is God se genade.”
Links: Isabelle Moolman (Tomis Country Butchery, Hermon) ontvang hul platinum Cleaver-toekenning van Dr Phillip Strydom.
7
Promosie • Promotion
8
courant
dié
10 Mei 2017
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
•COETZEE IN MADAGASKAR
Tennisster mik vir kishoue in SA-span
10 Mei 2017
Roses ‘n doring in Newtons se vlees Die rugby- en netbalspanne van Roses United het Saterdag teen die spanne van Newtons kragte gemeet. In die netbal het Roses se vroue koning gekraai met 51-26, terwyl Roses se rugbymanne ook geseëvier het met 25-20. Foto's: Francio Abrahams
John Coetzee, tennisster van die Laerskool Hugo Rust, is in die SA-span opgeneem wat eersdaags na Madagaskar toer. John Coetzee, ‘n bobaas-tennisspeler en leerder aan Hugo Rust Laerskool, gaan binnekort ons land in Madagaskar tydens ‘n internasionale tennistoernooi verteenwoordig. John, wat reeds vroeër vanjaar as die nommer een speler op die SA-ranglys vir o/12-spelers aangewys is, het homself die afgelope paar weke weer as ons land se beste speler in hierdie afdeling bewys en bevestig. Hy het tydens die eerste week van die Aprilskoolvakansie aan die Nasionale Interpro Toernooi in Bloemfontein vir die Boland Kavaliers se o.13A-span deelgeneem. Dit was die eerste keer ooit dat die Bolandspan as die wenners van hierdie kompetisie uit die stryd getree het. Tydens die tweede week van die vakansie het John aan die Vrystaat se Dunlop TSA-toernooi deelgeneem en 'n tweede plek in die enkels en dubbels in die o.12-afdeling behaal. Die week daarna het hy aan die Nasionale
TSA Junior-kampioenskappe deelgeneem en eindig tweede in die enkels en dubbels van hierdie landswye kompetisie. Na sy uitstekende prestasies by die TSA-toernooie woon John Laffnie de Jager se Matchpointakademie vir vyf dae in Pretoria by. John het verlede week die goeie nuus gekry dat hy as TSA se nommer een speler vir die SA o/12-span gekies is. Hierdie span gaan vanaf 12 tot 18 Mei in die ITF/CAT Southern African Team Championships in Madagaskar deelneem. Die nasionale span, waarvan John die nommer een o.12-speler is, bestaan uit drie seuns en drie meisies. In Madagaskar sal hulle teen onder andere buurlande soos Namibië, Botswana, Mosambiek, Zimababwe, Mauritius en Madagaskar speel. Die top twee lande by hierdie toernooi sal na die African Junior Championships deurdring wat in September in Morokko plaasvind.