c urant
dié
1 Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
10 Mei 2017
18.7%
Bou saam met goeie nuus
Emo Adams op Malmesbury
Uitgawe 419
Schoonspruit en Piketberg in tweestryd
10 Mei 2017
Ontmoet ArtHSS se finaliste
Vanjaar se Olyffees in die Riebeekvallei het meer as 7000 besoekers na dié deel van die Swartland gelok. Vanjaar het die klem meer op die olywe van die omgewing geval en daar is behoorlik aan dié lekkerny gesmul.
• MEER AS 7000 BESOEKERS NA VALLEI GELOK
Nie net nóg ‘n fees Die naweek se Riebeekvallei Olyffees het weer duisende feesgangers na dié vallei gelok. Volgens feeskoördineerder Yvette Puchert, was vanjaar ‘n weghol-sukses en het meer as 7000 besoekers die prag en praal van die fees en vallei geniet. “Ek dink vanjaar se sukses lê in die feit dat daar meer gefokus is op die olywe, eerder as die wyn soos in die verlede.” Sy sê verder dat hulle gepoog het om die fees uniek tot die Riebeekvallei en sy outentieke dorpe te maak om so dit duidelik te maak onder die feesgangers dat dit nie net nóg ‘n fees is nie. “Die fees is eie aan die omgewing se unieke dorpe, wat dit onderskei van net nog ‘n stadsfees.” Elke wyn- en/of olyfplaas wat aan die fees deelgeneem het, beskryf dit ook as een van hul beste jare nog. Die konsert van Franscois van Coke by Riebeek Kelder, het ‘n beduidende verskil aan
vanjaar se besoekerstal dáár en aan die res van die geleentheid gemaak, vertel Puchert opgewonde. Die personeel van Riebeek Kelder sien reeds uit na wat volgende jaar gaan inhou, vertel die kelder se bemarker, Alta Saayman. Die komitee, in samewerking met die Riebeekvallei Toerisme, het vanjaar gesorg vir ‘n aantreklike dorpsplein wat alle plaaslike besighede goeie blootstelling gegee het en waarby die plaaslike besigheidsektor kon baatvind. Vir Shawn Hewitt, voorsitter van die Riebeekvallei Toerisme, kan die groeiende getal besoekers ook grootliks toegeskryf word aan die plaaslike komitee se aktiewe betrokkenheid. Daar is in die verlede gebruik gemaak van ‘n buite-maatskappy om die fees te help organiseer en te bemark, maar nie vanjaar nie. “Riebeekvallei Toerisme konsentreer geweldig baie op die plaaslike gemeenskap en hoe
hulle voordeel uit die fees kan trek. "Ons het plaaslike besighede voorkeur gegee. Ons leuse is nie verniet ‘local is lekker’ nie. Die rolspelers van die fees waarvan die plaaslike toerisme deel is, ken sy dorp, sy plaaslike gemeenskap en daar is geluister na voormalige feesgangers se terugvoering van vorige feeste. "Die plaaslike toerisme het vanjaar hard gewerk om groot fokus op die dorpsplein te plaas,” sê Hewitt. Hy voeg by dat stalletjiehouers vir vanjaar se fees ook deur ‘n ekstra streng keuringsproses moes gaan, voor hulle by die fees kon uitstal. Dit is ook die eerste keer in die fees se bestaan, dat die geleentheid deur wetgewing ondersteun is. "Daar was vanjaar polisie, voldoende noodhulpdienste en wetstoepassers aanboord wat enige probleme vinnig uitgesorteer het", voeg Puchert by.
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
10 Mei 2017 Die eerste WOW Vrouekonferensie op Malmesbury was volgens organiseerder Gwendoline Kriek ‘n wonderlike geseënde ervaring en ‘n groot sukses. Die interkerklike geleentheid wat die afgelope naweek by die Swartland Noord-gemeente plaasgevind het, het almal se verwagtinge oortref, vertel sy. Alle terugvoering was positief soos die gehoor deur die byeenkoms ge-“WOW” is, voeg sy by. “Daar was soveel moeite en tyd bestee aan die Woord wat gebring is deur die sprekers, maar ook die musiek, die kos, die voorportaal, ensovoorts. “Hierdie WOW-vrouekonferensie is nie ’n mens-gemaakte-ding wat ons net wil herproduseer nie. Vir Kriek was die hoogtepunt van die konferensie toe onderskeie kerk-leiers van die dorp saam die ramshorings reg rondom die kerk, toe die konferensie begin het, geblaas het. “Dit was simbolies vir dat ons ons mans se seën geniet om daar te wees en ons glo die Here het toe die mure tussen die kerke ook laat val, soos met Jerigo se mure wat geval het in die ou testament.” Van links staan Elsabe Minnaar, Berna Faure, Gwendoline Kriek, Anet de Beer en Beryl Els.
Veiligheid:
Top-skof:
Die Swartland Verkeer en Wetstoepassers het onlangs besoek afgelê by Meiring Primêr. Die besoek het deel gevorm van hul bewusmakingsveldtog, waar hulle op 'n roterende basis die verskillende skole in hul bedieningsgebied besoek. Die plaaslike polisiekantoor, departement van gemeenskapsveiligheid, korrektiewedienste, brandweer en die lugmag se honde-eenheid het die kinders oor veiligheid ingelig. Daantjie Kat was weer 'n gunsteling onder die jongklomp.
Riebeek-Wes polisiekantoor se top-skof, die aanklagtekantoor, is onlangs tydens die polisie toekenningseremonie as die beste presterende skof vanuit die hele Milnerton polisiegroep aangewys. Die skof bevelvoerder, AO Lennie Julius het die toekenning gedurende die toekenningsgeleentheid by David Harris, ondervoorsitter van die Milnerton groep en Genrl Aneeqa Jordaan, groepsbevelvoerder ontvang.
MRB Lions hou eerste "langtafel" Terwyl Lions Klubs Internasionaal reg oor die wêreld hul 100ste verjaarsdag op 10 Junie sal vier, skud Moorreesburg Lionsklub hul vere reg om in Oktober 2017, met hul twintigste jaar van diens aan die gemeenskap, op glorieryke wyse te vier. En watter beter manier is daar as om die die hele dorp te nooi om te kom deelneem aan ‘n langtafel-ete onder die sterrehemel in Langstraat se pragtige dorpspark?
Die betrokke departemente in die plaaslike munisipaliteit het reeds toestemming, om die park te gebruik gegee, asook hul samewerking belowe. Al die spyseniers (wie se reputasie hul ver vooruit loop en op wie Moorreesburg baie trots is) gaan saamwerk om ‘n uithaler-ete voor te berei en die uiters gewilde sangpaar Wynand en Cheree gaan vermaak verskaf. Die wins van Lions se Langtafel-ete 2017 sal met trots aan Huis van Heerde,
‘n plaaslike Jeugsentrum, geskenk word. dié courant sal stap vir stap die lesers van hierdie besondere geleentheid, wat die potensiaal het om in ‘n jaarlikse okasie te ontwikkel, vertel. "Nou nooi ons elkeen, wat graag ‘n bydrae tot die Lions se langtafel-ete 2017 wil lewer, of wil seker maak dat daar ‘n plek vir jou en jou vriende gedek sal wees, om kontak te maak met helena@onbedacht.com vir verdere inligting," aldus Helena Jordaan.
NUUS • NEWS
3
10 Mei 2017
dié courant en Bushamans Cave op Clanwilliam se Skaapkop-eetfees was die naweek weer 'n reuse-sukses. Daar is heerlik aan die lekkernye van dié fees gesmul en gekuier. Bo: Sangeres Amoré Rudman, Yan Smith, Joani Allen (Sunshine Radio), Jean Smith, Nigel Godfrey (N1 Restaurant Suppliers) en Ghapi kuier by dié courant Skaapkopeetfees. Regs: Komediant Draad Botha, Bobby van Waardenberg, Sangeres Amoré Rudman en Marius Opperman (Trio Events) gesellig by dié courant Skaapkopeetfees by Bushman’s Cave Bergteater.
Toerismekantore hou dinkskrum
Rolspelers in toerisme het onlangs koppe bymekaar gesit om dié afdeling uit te bou. Links is Rdl. Jan Hoop (WKDM); Burgemeester Marius Koen (Saldanhabaai); Rdl. Malene Van Zyl (Swartland); Minister Allen Winde; Onder-Burgemeester Boffie Strydom (WKDM); Burgemeester Jimmy Barnard (Cederberg); Rdl. Jan Meyer (WKDM) en Henry Prins (Munisipale Bestuurder WKDM) was van die sleutel rolspelers wat die Toerismesamekoms te Ganzekraal bygewoon het. “Daar is net een Weskus in die wêreld” Dit besoeker ‘n eens in ‘n leeftyd ervaring. Addisioneel tot dit, het die weskus van die was die woorde van Minister Alan Winde, MEC vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, aan beste wynroetes, seekosse en ‘n prentjiemooi plaaslike munisipaliteite tydens ‘n toerisme kuslyn wat strek vanaf Yzerfontein tot Brand se samekoms by Ganzekraal. Die doel van die Baai. Die belangrikheid van toerisme as katalis vir vergadering tussen sleutel rolspelers binne die toerismesektor was om strategieë en uitdagings ekonomiese groei word dikwels geringskat. Die te bespreek wat toerisme binne die weskus sal toerismesektor in die weskus is een van grootste ekonomiese drywers in die area en dra by tot bevorder “Weskus het sy eie uniekheid en suksessto- werkskepping, verbeterde lewensomstandigries en ons moet saamwerk om die area meer hede en voorkoming van misdaad Alhoewel die streek jaarliks duisende buiteaanloklik te maak vir investeerders en besoekers. Dit is van kardinale belang dat ons rege- landse besoekers lok, bly die plaaslike kliënteringsstrukture dit so.maklik as moontlik maak vir mark steeds die grootste bydraer tot ekonomiese entrepreneurs om die toerismesektor te betree” groei. Plaaslike ekonomiese welstand is sentraal tot die inkomste van munisipaliteite en daarom het die minister bygevoeg. Besoekers aan die Weskus het ‘n wye spek- moet toerisme ontwikkeling en -bemarking as ‘n trum van ervaringe en besienswaardighede om prioriteit bestempel word. Vir meer inligting oor Toerisme ontwikkeling van te kies. Die rieldansers, bokkoms, rotskuns en en – bemarking en die aanbiedinge wat gedoen staproetes is uniek tot die weskus en bied die is, kontak Weskus Toerisme by 022 433 8505.
MOTHER'S DAY AT SABINO CANYON SPUR
POP A BALLOON AND STAND A CHANCE TO WIN ONE OF FOUR KEN FORRESTER HAMPERS Hampers include: 1 bottle of Ken Forrester wine, a Ken Forrester wine tasting voucher, a branded apron and spice rub.
Complimentary welcoming glass of Ken Forrester wine for all Moms on arrival!
SABINO CANYON SPUR Alcohol not for Sale to Persons Under the Age of 18.
Only valid on 14 May 2017. Eat-in only. Ts and Cs apply.
www.spur.co.za
Customer Care: 0860007787
28976s
Beansa Building, Cnr Renier & Voortrekker Roads, Malmesbury. 022 487 1511
courant
10 Mei 2017
NUUS • NEWS
dié
4
Die lewe van 'n moeder...
Sondag is Moedersdag. Dan moet jy jou beste kookvernuf afstof en ontbyt maak met 'n heerlike koppie boeretroos saam met dit. Daar is nie iets op hierdie aarde wat 'n mens kan voorberei op moederskap nie. Jy dink jy weet wat jy doen of dat jy voorbereid is, maar elke keer as daar 'n nuwe gier begin, dan gooi jou kinders jou met 'n "curve ball" en gee jy hulle die "stink eye" en word jy aangesê om te "chillax". Sien, selfs jou woordeskat brei uit, veral as jy 'n tiener of 'n amperse tiener in die huis het. Jy sit en wonder soveel keer of skool ook "so" was toe jy nog in die banke gesit het. Was jy ook so pedanties oor jou hare in die oggend? Het jy ook 'n vloermoer gegooi omdat jou kroontjie net nie mooi wil plat nie? 'n Mens besef op 'n baie gereelde basis dat jy verantwoordelik is vir 'n jong lewe. Dat dit wat jy nou insit, 'n direkte uitwerking op daardie bondeltjie van jou se lewe gaan hê. Om 'n ma te wees is nie maklik nie. Jy staan soggens vroeg op, voor jy nog behoorlik wakker is, is jy uit die bed. Net om die skoolkosblikke te vul. Jy staan soms voor die koskas en wonder watter konkoksie jy nou weer gaan inpak. Soms kom jy met oulikste kosblik-idee vorendag, dan kry jy die kosblik net so vol in die middag terug. Dan sak jou moed in jou skoene en beloof jy om jou spruit die volgende dag met 'n leë blikkie skool toe te stuur, maar môre-oggend staan jy weer voor dieselfde koskas en wonder. As daar mondeling gepraat word, ken jy elke woord, as daar gelees word, leef jy jouself in die storie in. As daar geval word, val jy harder as hulle, maar staan jy gou weer op om hulle op te help. Om 'n ma te wees beteken dat jy elke dag leef met jou hart buite jou bors.
It’s Good News
Sport: Die wintersportspanne van die Laerskool
Swartland het verlede week gasheer gespeel vir die span van Laurie Hugo op Moorreesburg.
Dr. Marc Blackwell Snr
Your source for peace and joy Isaiah 26:3-4 “You will keep him in perfect peace, Whose mind is stayed on You, Because he trusts in You. Trust in the LORD forever, For in YAH, the LORD, is everlasting strength.” Your life matters to God! God is concerned for your wellbeing! God wants you to do well -to have the best possible life! An abundant life and he offers us both His loving mercy and the kindness of His grace. We think of this as His “providential care” or His involvement (even an “invasion”) of our life. The Lord’s providence includes our Pathway, Protection and Provision. The Lord’s providence includes the tasks or opportunities that He allows us to experience. The Lord’s providence includes forgiveness and His help in our spiritual growth and wisdom. A Christian Hymn by Norman Clayton reminds true believers of another perspective on life… If we could see beyond today as God can see, If all the clouds should roll away, and the shadows flee; Over our present griefs we would not fret & worry. Each sorrow we would soon forget, For many joys are waiting yet, For you and me. “If we could just see more, if we could just know more” — or so … we often say. True, we cannot see what lies ahead, and only … by faith can we cling to Him - more and more. We can know that He leads us till this life is over just to trust Him and obey His Word.
Piekniek: Darling Cellars bied jaarliks ‘n Musiekpieniek aan waartydens plaaslike
kunstenaars se musiektalent uitgestal word. Vanjaar was geen uitsondering nie en die optredes van die Meerkat Ensemble en Klassik is entoesiasties toegejuig. Ander kunstenaars wat die gaste vermaak het, was Anya en Doné Botha, die Koot Claassen Boere-orkes, CJ van Aarde, Nicol Hanekom, Liezl van der Westhuyzen en Glen Lewis. Die gaste bring hul eie piekniekmandjie en kom kuier by Darling Cellars. Elke gas ontvang ‘n glas Darling Cellars wyn. Die opbrengs van die aand word geskenk aan die Darling Trust. Hierdie trust is in 2003 gestig onder die beskerming van Pieter Dirk Uys. Die hoefdoel van die Darling Trust is om voorheen agtergeblewe gemeenskappe in Darling en omgewing te bemagtig in terme van opleiding, vaardigheidsontwikkeling en gesondheid. Die Evita’s Darlings-kleuterskool is ‘n begunstigde van hierdie trust. Darling Cellars is trots om by te dra om die gemeenskap van Darling te ondersteun. Op die foto oorhandig Marius Botha van Darling Cellars die geld aan Nicola Azure van Evita’s Darlings.
NUUS • NEWS
10 Mei 2017
5
6 Promotion • Promosie
10 Mei 2017
NUUS • NEWS
Die trotse span van Tomis Country Butchery met Marike Terblanche (heel regs) aan die stuur van sake.
Vars water by Tomis:
Cape Drilling, wat vandag met die vyfde geslag familie boormanne spog, gaan uit hul pad om die beste diens aan kliënte te verseker. Hul mees onlangs werk, was onder meer op die plaas Vorentoe naby Hermon van Tommy Moolman waar daar goeie water vir daardie area gekry is, vertel Deon Moore. Dit is nie die eerste keer wat hulle daar boor nie. Waar hulle waterwyser (Deon Jnr) afsteek, is daar nog altyd water gekry, of 99% van die geval, voeg Moore by. Met die waterbeperkings, bieg Moore dat hulle wel besiger as ander jare is. Vir hulle bly dit egter eerste prioriteit om die kliënt te laat besef waarvoor hy of sy in is, met ander woorde wat die waterpotensiaal in die spesifieke area is. Hulle kwotasies word gebaseer op inligting van hul massiewe databank. Dit maak Cape Drilling moontlik die duurste kontrakteurs op kwotasies, maar verseker standhoudende water of suksesvolle boorgate. Leë beloftes is nie deel van werksetiek nie. Die sterkste boorgat wat Cape Drilling vanjaar in die Swartland getoets het, was 127 850 liter per uur, wat die pomp gelewer het.
NUUS • NEWS
10 Mei 2017
Tomis weer tops met nog 'n platinum-toekenning Tomis Country Butchery het vanjaar by die 2017 Cleaver-toekennings 'n platinum ingepalm. Dit is die vierde jaar wat dié reeds bekroonde groep met die gesogte toekenning pronk. Kwaliteit, diens en eerlikheid is hier ter sprake. Die Cleaver-toekennings wys die beste slaghuise aan in jou provinsie. Dit is deur Freddy Hirsch in 2005 gestig om in die verbruiker se behoeftes van hoë standaard slaghuise en produkte te voorsien. Tomis Country Butchery het die platinum-toekenning in die afdeling vir Slaghuise met tot drie betaalpunte in die Wes-Kaap verwerf. Die Tomis Groep is ‘n familiebesigheid wat uit verskillende afdelings bestaan naamlik Tomis Skaap Abattoir, Tomis Bees Abattoir, Tomis Edel Kompos, Tomis Voerkraal, Tomis Meat Packers, Tomis Country Butchery en Tomis Afval. Tomis Abattoir is in 1994 gestig deur Tommy en Isabelle Moolman op die plaas Vorentoe buite Hermon. Die plaas is gekies vir sy goeie geografiese ligging ten opsigte van toegangsroetes tot die Kaap, maar ook vir die nabyheid van verskeie afslaersondernemings. Die maatskappy het klein begin met agt werknemers. Hulle missie was om vleis so goedkoop moontlik direk van die slagpale aan die huis te voorsien. Met lojale ondersteuning van produsenteboere, sowel as verskeie vleisondernemings en kettingwinkels het Tomis gegroei tot ‘n onderneming wat vandag as ‘n markleier in die bedryf beskou word en het die personeel na meer as 250 gegroei. By Tomis is jy altyd verseker van gehalte diens en gehalte kwaliteit. Wees dus verseker van die lekkerste vleisprodukte met die beste smaak, snit, kwaliteit en kyk uit vir die Tomis handelsmerk. “Ons sukses is gebou op ons Tomis boustene wat bestaan uit uitstekende beplanning, uitstekende bestuur, behoorlike kontrole, etiese waardes en top-kwaliteit produkte. Hulle volhoubare sukses word toegeskryf aan geloof en vertroue in God “Tomis Groep se fondasie is God se genade.”
Links: Isabelle Moolman (Tomis Country Butchery, Hermon) ontvang hul platinum Cleaver-toekenning van Dr Phillip Strydom.
7 Promotion • Promosie
8
NUUS • NEWS
10 Mei 2017 Die kookduo - Anti Flori en Koelsoem, is eersdaags op Malmesbury ten bate van Sinethemba te sien. Dié duo is Saterdag om 11:00 in aksie te sien by die St Thomas Primêr op Malmesbury. Hul boeke sal ook na afloop van die ontbyt te koop aangebied word. Kaartjies beloop R80 per persoon. Kontak 022 486 6323.
Dagboek • Calender
Die gewilde Emo Adams maak eersdaags weer ‘n draai op Malmesbury as hy saam met die kore van die Hoër- en Laerskool Swartland in die stadsaal op 17 Mei om 19:00 optree. Kaartjies beloop R100 pp en is by HS Swartland en LS Swartland se ontvangs, asook by Complete Dental, dr. Gert van Staden, beskikbaar. Kontak 022 482 1469 met navrae.
Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956
For more information call 022 492 2998/ bookings@ khwattu.org
Langs die Bos-mark Langs die Bos-mark elke Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00. Vir verdere navrae kontak Marelize by 072 052 6280
Emo Adams 17 Mei: Emo Adams tree saam met die HS Swartland koor en LS Swartland se twee kore op om 19:00 in die Malmesbury stadsaal. Kaartjies is R100 per persoon en is by HS Swartland en LS Swartland se ontvangs asook by Complete Dental, dr Gert van Staden beskikbaar.
Western Cape Iron Games 12-13 May: Come enjoy 2 days of powerlifting and bodybuilding at the Malmesbury Ilingelethu Secondary School Hall at 18:00 Enquiries please contact H Bester at 082 340 2059 or Sakkie at 084 945 4274
Darling College Wine Auction 20 May: Come join the auction from 18:00 for 18:30 at Darling Brew. Cost is R250 pp, which includes a 3 course meal and wine on the table. Bookings with Wilna de Clerk 022 492 2825 / Tersia Wentzel 082 829 7078
Emmanuel Restorative Ministries 14 Mei: Kom geniet Sondag 'n Moedersdag-diens om 10:00 by die Emmanuel Restorative Ministries in Riebeek Wes by die Wielie Walie Kleuterskool. Die tema is : Wees die vrou wat jy kan wees Enige navrae kontak Past Clinton Fredericks by 076 158 5471
Hermon - GPF 23 Mei: Die Hermon GPF (Gemeenskaps Poliseering Forum) hou vergadering om 19:00 tot 20:00. Die plek sal aangekondig word.
!Khwa ttu Mother's Day Lunch 14 May: Come join in the !Khwa ttu, R27 West Coast road Mother's Day Lunch.
Bingo by Aandskemering 24 Mei: Kom geniet 'n heerlike BIngo aand by Aandskemering. Kostes beloop R100 per persoon wat insluit 5 gratis speelbeurte en ligte aandete. Bring eie drank/koeldrank en glase. Slegs beperkte aantal kaartjies beskikbaar
Kerke • Churches
Vriend van God (AGS) 14 Mei: Sondag oggenddiens om 09:30 met die prediker, Chris Beukes. Sondagaanddiens om 18:30 word Kursus aangebied. Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200
AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178 Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 8279054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; Special service on Good Friday (14 April) at 09:00 and Easter Sunday at 07:00 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple
Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar Sondagoggend preek De Waal Esterhuizen om 9:30. en Sondagaand bring De Waal Esterhuizen die woord om 17:30 by Voortrekkerweg 48, Malmesbury Navrae: 022 482 4640.
Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Diens op 14 Mei om 09:30 by die Mount Royal se konferensiefasiliteit Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
Kry jou weermag fiks vir die winteraanslag van kieme Die koue het skielik sy kloue in die Swartland begin inslaan en oral word snesies uitgepluk vir daardie eerste winter-verkoue. Kry jou interne weermag, jou immuunstelsel, nou op gereedheidsgrondslag om al die kieme te beveg!
1. Drink dit
Ja, dit kan makliker wees om ’n sakkie of pakkie te gryp vir kitsverligting van ’n verkoue, maar as jy die onmiskenbare tekens van ’n verkoue sien en jy het niks in jou medisynekas nie, probeer ’n skyfie vars suurlemoen, ’n teelepel heuning, ’n 1 cm-stukkie vars gemmer en ’n knippie rooipeper in ’n beker kookwater. Drink dit so warm moontlik. Al die bestanddele is bekend vir hul genesende eienskappe en positiewe uitwerking op die immuunstelsel.
2. Voeg knoffel by
Jy hoef nie ’n vars knoffelhuisie te kou om
die voordele van dié geurige immuunversterker te verkry nie. Gebruik eenvoudig knoffel in jou maaltye. Hou in gedagte dat die voedingswaarde van knoffel verminder wanneer dit gaar word en voeg die knoffel aan die einde van die kooktyd by.
3. Vervang die kafeïen
Wat is lekkerder as ’n stomende koppie koffie of cappuccino in die winter? Jy hoef nou wel nie alle kafeïen uit te sny nie, maar jou immuunstelsel sal jou bedank wanneer jy daardie tweede koppie deur verfrissende kruietee vervang. Probeer rooibos vir ’n ekstra skoot antioksidante, gemmertee vir naarheid en jou spysverteringstelsel, of kamilletee om jou te laat ontspan.
4. Probeer ’n probiotikum
Jou spysverteringstelsel kan baie oor jou
algemene gesondheid sê. Hoe beter jou spysverteringstelsel funksioneer, hoe meer kan jy die volle voedingsvoordele van gesonde kosse geniet en terselfdertyd jou immuunstelsel versterk. Probiotika is noodsaaklik om die flora in jou derms gesond te hou wat deur antibiotika verswak kan word. Wanneer jy dus antibiotika moet drink terwyl jy siek is, gebruik altyd probiotika as ’n aanvulling.
5. Gee dit woema met brandrissies
Wat is lekkerder in die winter as ’n stomende bakkie heilsame kerrie, bredie of sop? Doen jou maag en jou immuunstelsel ’n guns deur vars brandrissies en jou gunsteling-wintergroente by te voeg. Brandrissies is propvol vitamien A en C wat inflammasie help beveg en betakaroteen om die immuunstelsel te versterk. www.goeiehuishouding.co.za
NUUS • NEWS
9 Promotion • Promosie
10 Mei 2017
LSS spog met splinternuwe saal vir grondslagfase Laerskool Swartland spog met ‘n splinternuwe saal vir hul grondslagfase. Die skool en personeel is baie opgewonde oor die fasiliteit wat in aanvraag gekom het met die groeiende getal leerders aan die skool. Die fasiliteit sal hoofsaaklik vir die graad R tot graad 3-leerders vir saalbyeenkomste gebruik word, asook vir LO, konsertoefeninge, sang en vele ander aktiwiteite. Die moontlikheid van ‘n nasorgsentrum na skoolure word ook ondersoek. Volgens adjunk-hoof, Jannie Paterson, kan die fasiliteit sowat 500 leerders akkommodeer. Daar is verder ook ‘n lokaal vir remediërende onderrig waar leerders met akademiese uitdagings die ekstra onderrig sal kan ontvang wat hulle nodig het. Sowat ses tot tien leerders sal in Links bo: Die grondslagfase van die Laerskool Swartland op Malmesbury se leerders neem hul sitplek in vir die eerste saalbyeenkoms in die nuwe saal.
Links: Die saal is op die gronde langs die Graad 2-klaskamers gebou.
Onder: Die speelgrond het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan.
die lokaal onderrig kan ontvang. Samesprekings rondom die projek het aan die begin van verlede jaar plaasgevind, terwyl bouwerk in die middel van die jaar afgeskop het. Die boukomitee en donateurs word bedank vir ure se harde werk en skenkings (kontant of boumateriaal) aan die projek. Die amptelike opening van die LSS Grondslagfase-saal vind op Woensdag, 24 Mei, plaas.
10
10 Mei 2017
TENDERKENNISGEWING T36/16/17
VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1X LIGTE MOTORVOERTUIG Tenders word hiermee aangevra vir die voorsiening en aflewering van 1X ligte motorvoertuig volgens die spesifikasies in die amptelike tenderdokumentasie aangedui. Die dokumente kan gedurende kantoorure by Jo-Maré van der Westhuizen, tel. 022 487 9700 by die munisipale kantore, Malmesbury, h/v Hill- en Piet Retiefstraat langs die Checkers-ingang afgehaal word. ’n Nie-verhaalbare tenderfooi van R100,00 in kontant is aan Swartland Munisipaliteit betaalbaar by die afhaal van uitdrukke van die tenderdokumente. Gratis elektroniese tenderdokumente is op aanvraag beskikbaar. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “FORMELE TENDER T36/16/17: VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1X LIGTE MOTORVOERTUIG” moet voor 12:00 op Vrydag 26 Mei 2017 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerken Voortrekkerstraat, Malmesbury ingedien word. Geen laat kwotasies, elektroniese of tenders per faks sal aanvaar word nie. Tenders sal geëvalueer word ingevolge die Raad se Voorkeurverkrygingsbeleid en aangehegte spesifikasies. Die kontrak word as ’n klein kontrak geklassifiseer en sal ingevolge die 80/20-voorkeurpuntestelsel geëvalueer word. Die Voorkeurverkrygingsbeleid is gedurende normale kantoorure ter insae by die munisipale kantore beskikbaar. Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en ondersteun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is daartoe verbind om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Voorkeurpunte sal slegs toegeken word indien Bylaag MBD 6.1 (deel van die tenderdokument) volledig voltooi is. Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige BGSEGstatusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan in te dien, ten einde hul BGSEB-graderingseise te substansieer.
BETREKKING VACANCY Halfdag 2-dae week Nywerheidsgebied, Malmesbury. * Algemene kantoorwerk, * Debiteure en Krediteure. * Afrikaans en engels magtig. * Eie vervoer na werk. *Pastel sal in u guns tel. Stuur CV na : Die Adverteerder, Posbus 1164, Malmesbury, 7299. Indien by 31 Mei geen antwoord ontvang, is u aansoek onsuksesvol #4526 ---------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjiedekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/elsa@ abcpartytjies.co.za #3463 ----BOU VAN NUWE HUISE – EPM (Pty) Ltd. NHBRC geregistreer. 084 230 1639. ansleyehrenreich@ gmail.com. Besoek www.epm23.co.za #4412
Geklassifiseerd • Smalls
GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 --------------------------------TE KOOP FOR SALE GABRIELLA Dameswinkel vir die meer volwasse dames in Malmesbury sedert 1993. Eienaar wil graag meer tyd met kinders en kleinkinders spandeer. Maak 'n aanbod vir die gevestigde onderneming. Kontak 022 482 2931 / 082 320 3508 #4471 ----Groenbone te koop. Riebeek Kasteel. R70 vir 6 kg. Kontak Jacobus 082 523 9804 #4473 ----TITUS EIENDOMME. Wesbank : R580 000,00. Ruim 4 slaapkamer huis met sitkamer, kombuis, twee badkamers en ruim
Die tender is onderhewig aan die Algemene Tendervoorwaardes en, indien van toepassing, aan enige ander Spesiale Tendervoorwaardes. Tenderaars moet ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardiger-gesteunde dienssentrum binne die ampsgebied van Swartland Munisipaliteit wees, en moet ’n geregistreerde motorhandelaar wees. Tenders mag slegs ingedien word op die tenderdokument soos uitgereik. Tegniese navrae oor die tender kan gerig word aan me. Arina Beneke by 022 487 9400. Swartland Munisipaliteit is nie daartoe verbind om die laagste, ’n gedeelte van ’n tender of ’n tender in geheel te aanvaar nie. Munisipale Kantoor Privaat Sak X52 Malmesbury 9 Mei 2017
JJ Scholtz Munisipale Bestuurder
www.ayandambanga.co.za 130660
NUUS • NEWS GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
erf. Goeie area. Kontak 082 780 1380 / 022 486 5219. * ERWE ook beskikbaar om te koop #4529 --------------------------------TE HUUR TO LET Malmesbury - Drie slaapkamer huis, twee vol badkamers, oop plan sit-en eetkamer, kombuis. Binne-braai. Drie garages. Gevestigde tuin, in ‘n sekuriteitskompleks. Vir navrae kontak Mev Buhr op 082 3282211. R10 900.00 per maand ----Malmesbury – Een slaapkamer-woonstel met badkamer vir ‘n enkel persoon. Veilige parkering. R3000 per maand. Skakel 082 801 6992 #4527 ----TITUS EIENDOMME Wesbank: Netjiese een slaapkamer-woonstel met badkamer. Kombuis en sitkamer. Onmiddellik beskikbaar. Geen kinders. Goeie area R2400 per maand
ABIGAIL – 14 Mei. Jou sesde verjaardag, Mammie se sonstraaltjie. Ek dank God vir nog 'n jaar by jou lewe. Liefde Mammie ---------------------------------
12 Mei 2017 – Ma, baie geluk met u verjaarsdag. Bly so pragtig. Dankie vir alles. Liefde – Jou kinders, kleinkinders en agterkleinkinders ---------------------------------
Twee slaapkamer huis met sitkamer, kombuis, badkamer. Goeie area. Onmiddellik beskikbaar teen R3500 per maand. Skakel 082 780 1380 / 022 486 5219 #4528 ---Een-man woonstel. Sentraal geleë. Onmiddellik beskikbaar. Water ingesluit. R2600 per maand. Skakel 083 234 7319 #4530 --------------------------------WERK GESOEK JOB NEEDED Jong getroude, verantwoordelike, eerlik en betroubare man dringend opsoek na werk. Kennis van saai, skaap, bees, algemene landbou. Kontak 072 876 0474 #4531 -----------------------------
THEOMA - 10 Mei. Baie geluk met jou hele handvol verjaardag ons kind. Baie lief vir jou Mammie en Dadda ---Baie geluk ons engeltjie met jou verjaardag. Jy is ons sonstraal en liefde Mala, Ouma en oom Pice ---Geluk ons blomkleinkind met jou vyfde verjaardag. Geniet jou dag. Liefde - Ouma Anna en Oupa Kassie ---------------------------------
FIONZE NERO – Tien op 9 Mei. Geluk met jou geboortedag. Alles wat
VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH WEST COAST DISTRICT OFFICE ADMINISTRATION CLERK: SUPPORT (DRUG RESISTANT TB PROGRAMME) Remuneration: R152 862 per annum
For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.
Closing date: 2 June 2017
130632 DIE COURANT ayandambanga.co.za
NUUS • NEWS mooi is vorentoe vir jou. Van: Roman familie ---------------------------------
MASIANO PIETERS – Raai wie is drie. Geluk met jou geboortedag. Alles wat mooi is vir jou. Van: Mammie Christelle, sussie Chloe en Shakira --------------------------------
Baie geluk AYDIN met jou eerste verjaarsdag op 15 Mei. Baie seëninge en geluk. Van: Mammie, Dadda, Davelene en Waydin ----Geluk met jou geboortedag. Alles wat mooi is vir jou. Liefde – Mammie, Tees, Roszanne en Nanna --------------------------------SOHAIL AUGUSTYN. 39 on 10 May. Slamat with your birth may Allah grand you many more years takwar and imaan Insa Allah. Love - your wife and kids. --------------------------------SHAAKIRAH – 26 on 13 May. Slamat with your birth. Have a wonderful day and enjoy your day I will always love you from your sister and kids ---------------------------------
CHARNAY. Twee jaar op 9 Mei. Geluk met jou verjaarsdag. Liefde – Mamma,Pappa, Ouma, Oupa en Nando ----Gelukkige verjaardag. Alles wat mooi is vir jou. Liefde - Vanessa -----------------------------
13 Mei – ELLIE baie geluk met jou verjaarsdag. Liefde – Ouma en Oupa -----------------------------
RYAN-NAY. Geluk met jou 16de verjaardag op 14 Mei. Mag jy ‘n mooi dag hê. Liefde – Mammie Izell, Greg en Cleo-May -----------------------------
RAAI WIE WORD 50 op 13 Mei 2017. Baie geluk aan ‘n baie spesiale Oom. Mag jy ‘n wonderlike dag hê Mercia en familie ----Aan ‘n Oupa. Baie geluk met verjaarsdag. Mag Oupa ‘n wonderlike dag hê. Liefde – Maxwill -----------------------------
Raai wie word twee op 8 Mei. Geluk CAYLIB met
jou geboortedag. Van: Ma Bernice, Boetas, Ouma en Oupa -----------------------------
EM-JAY – Geluk met jou tweede verjaardag op 9 Mei. Liefde – Mammie, Kaptein en Tannies ----Geluk ons seun met jou tweede verjaardag. Van: Ma en Pa ----Geluk met jou verjaardag. Van: Die Jarvis-familie ----------------------------Geluk NAY-NAY met jou verjaarsdag op 10 Mei. Liefde – Antie Niesa en Niggies -----------------------------
Raai wie word 14 op 6 Mei – CHESWIN ADAMS. Geluk Ma se grootseun. Mag jy jou dag geniet. Jou ma en gesin ----------------------------Agt op 10 Mei. Me se seënwense. Jy moet gehoorsaam wees, en lekker verjaar. Van: Me en Sussiepop ----------------------------Ma se engelkind. Vandag is jy agt jaar oud. Aan God al die eer. Mammie is baie lief vir jou. Lekker verjaar. Van: Deidre, Romano en Diego --------------------------------WADE ARENDSE - 09 Mei 1986 Baie geluk met jou verjaarsdag en ons bid al God se seëninge toe op jou lewenspad. Lekker verjaar van skoonma Anne en skoonpa Colla ----Baie geluk Wade met jou verjaarsdag ons is baie baie lief vir jou van jou vrou Shirnay en ons kinders Anwell, Jadah en Jade ----Mag jy 'n fantasmagoriese verjaarsdag hê, al moet jy self braai - Durwin, Duvan, Eben, Envor, Gerrit, Heiny en van Moun ----Baie geluk met jou geboortedag. Hoop jy het 'n lekker dag. Liefde - mammie Penny, dadda Vessie, Jaimie en Jai-Lee --------------------------------LIDA - Raai wie word 12 op die 12de. Baie geluk met jou kroonverjaardag. Liefde - Mammie Natasha en Marciano ----Geluk Lida. Seënwense op jou pad vorentoe Van: ouma en Dorsha ---Mag jy 'n "awesome" dag hê. Van Adams familie ---Dankie Hemelse Vader vir hierdie spesiale dag in my kind se lewe. Van: Mammie ----------------------------MICAELA - 9 Mei Geluk Ma se meisiekind met 19de verjaarsdag. Bly die wonderlike kind en suster wat jy is. Liefde - Ma & Amy --------------------------------MAUDE GOLIATH - Baie geluk ons Swartlandse Onder-Burgermeester met u verjaardag. Wees sterk en vol moed. U is kosbaar - Fien en kinders --------------------------------HANNES - Aan my vriend, sielsgenoot en huweliksmaat, baie geluk met jou verjaarsdag op 10 Mei. Lekker verjaar Liefde- Jou vrou, Bets --------------------------------JAYDEN JOWAAN MIGGEL. 9 Mei. Baie geluk my seuntjie met jou eerste verjaardag. Liefde - Mammie en Pappie ----Baie geluk grootman met
11
10 Mei 2017
jou verjaarsdag. God se rykste seën oor jou jong lewe - Ouma Joan en Oupa Hennie ----Baie geluk Nanna se klong met jou eerste verjaarsdag. Ek is baie lief vir jou - Jamie ----Veels geluk liewe maatjie, met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën en baie jare spaar. Boeta, Zino en Hailley-Jane ----------------------------TIAAN ADAMS - 21 op 12 Mei. Mag die Here jou ryklik Seën met krag, gesondheid en wysheid. Liefde - jou suster Samantha Davids-gesin en tannie Martha Adams ----------------------------CINDY-LEE DYERS. 11 Mei. Baie geluk met die verjaardag. Mag God jou ryklik seën. Liefde - Mamma, Mammie, Matthew, oom Aubrey, Pa Willie en die familie ----------------------------UWENANISE - Een op 13 Mei. Geluk met jou verjaarsdag. Ons hoop en bid jy het 'n lekker dag, my kind - Mamma, Pappa, Boeta Uwen ----Geluk. Hoop jy het 'n lekker dag op jou eerste
Geklassifiseerd • Smalls
verjaarsdag. Van atta Jolene, Keeno, Jo-Aan, boeta Poenie, Onoi en Pienkie ----Geluk met die verjaarsdag Nieesie. Mag jy 'n mooi dag hê. Van: Justin, Oumas, Oupas, Jay-lene, Johnwil en Nay-dean --------------------------------PRESTON SWARTS - 12 op 9 Mei. Baie geluk met jou verjaardag. Baie voorspoed en Seën - Ouma en Oupa, Pa en Ma --------------------------------LENIQUE - Geluk met jou verjaardag sus. Hoop daar is nog vele meer. Baie liefde - jou susters, Rene, Rika en Poenie ---Geluk my "babygirl" met jou 17de verjaardag. Baie lief vir jouWaplap. Mag al jou wense waar word - Jou ma, Lottie --------------------------------WILDENE - Geluk met jou verjaardag. Hoop jy geniet dit. Mag daar nog vele jare vir jou vorentoe wees - Tannie Chantal en kinders ----16 op 15 Mei. God se rykste seën met jou herdenking op jou geboortedag Wildene.
Van: Pappie, Mammie, Warrick en Warren ----------------------------GLENSA WHITE Gelukkige verjaardag. Ons waardeer jou uit die diepte van ons harte en is baie lief vir jou Manlief en kinders --------------------------------STEVEN - 15 Mei. Baie geluk met jou verjaardag. Alles wat mooi is op jou pad. Liefde - Juanita, Marochelle en peetkind Mikayla --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM GEDULD COMBRINK – 9 Mei sal dit jou 11de verjaardag in die hemel wees. Ek sal jou nooit vergeet nie. Van jou verlangende vrou, Veronica ----To a loving father and grandfather, Thanks for the great moments, it will stay with me always. Rosswin,Corinne, Xavier and Brooklyn --------------------------------BENJAMIN WILLIAM DANIELS - Daar was gedink aan jou op jou geboortedag. Dit sal ons altyd bybly, en nooit vergeet. Van: jou eerste skoonfamilie (Rozenburg)
--------------------------------NOI ADOINS - Gelukkige Moedersdag. Ons eerste moedersdag weg van ons - Liefde jou suster Doesie ----------------------------ELIZABETH (Anna) WARRIES – 11 Mei – Vandag een jaar van ons geskei. Ons mis en verlang vreeslik. Altyd in ons harte. Liefde Roderick ---Mag die wind van die hemel saggies waai en in Ma se oor fluister, hoeveel ons u mis. Liefde - Divan ----Mamma, jou voetstappe is weg en jou stem is stil. Die leemte in ons harte sal altyd daar bly. Liefde - Rowan ----Die verlange is erg. Dankie vir die onbaatsigtige liefde wat Nanna aan my en Wenzo gegee het. Liefde - Elwine en Elwenzo ---My suster, ek verlang jou baie. Hartseer is nog baie groot. Van: Mendolene en Fayghan --------------------------------JULIA DAMONSE - 5 Mei. Na 17 jaar is die verlange
steeds seer. Mammie word gemis. Liefde Lauren, Shannon-Lee, Jake en Damonse familie ----------------------------14 Mei het ons afskeid geneem van jule en vandag is jule 'n jaar weg van os. Voel soos gister. Al maak dit nog baie seer, gun ons julle die rus - Julia, Sara en Lenesher --------------------------------Gelukkige verjaardag. Jy sou sewe word op 15 Mei. Jou tweede verjaardag weg van ons maar die Here het beter in gedagte gehad - Ouma Julia, Sara en Lenesher --------------------------------KATRINA - Liewe ouma vandag is dit ouma se tweede verjaarsdag weg van ons. Die verlange is nog steeds daar. Liefde Beverley en Bianca ----My vrou vandag vier jy jou verjaarsdag. Mis jou nog steeds - Jou man, Andries ----Ons liefdevolle moeder baie geluk met u verjaarsdag. Ons weet u geniet dit nou tussen die engele - Katriena, Isak, Mietjie, Gordon, Christene en kinders
------------------------------
STERFGEVALLE OBITUARY
TERSHIA GREEN OPPERMAN 25.02.1966 - 08.05.2017 Begrafnis: Saterdag, 13 Mei 2017. Besigtiging om 9:00 by Swawelstraat 37, Malmesbury vir familie en om 10:00 in die Anglikaanse Kerk, Malmesbury
courant
12
NUUS • NEWS
dié
10 Mei 2017
SWARTLAND SPORT
Tel: 022 487 3221
•SKRUMSKAKEL VIR BOKKIES
10 Mei 2017
Darling tot Georgië vir Papier Skrumskakel Embrose Papier, is vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar gekies as deel van die o.20 Junior Springbokspan wat Suid-Afrika eersdaags by die o.20 Wêreld Rugby-kampioenskappe in Georgië sal verteenwoordig. Die voormalige leerder van Laerskool Darling en Hoërskool Swartland wat sy matriek aan die Hoërskool Garsfontein in Pretoria voltooi het, se talent op die rugbyveld het reeds op ‘n jong ouderdom begin straal. Hy het reeds in die laerskool sy provinsiale kleure ontvang vir sy deelname in die o. 13 Cravenweek-rugbytoernooi op Graaff-Reinet. In 2013 het hy die Blou Bulle in die o.16 Grant Khomo-toernooi verteenwoordig. Hoewel hy steeds in die o.17-ouderdomsgroep geval het, is Papier die volgende jaar in die Bloubulspan ingesluit vir daardie jaar se o.18 Cravenweek-toernooi. Hy is dieselfde jaar vir die o.18 SA Skolespan gekies wat die o.18 Internasionale-rugbytoernooi aangebied het. Papier het in 2015 voortgegaan om die Bloubulle in die Cravenweek te verteenwoordig, asook die o. 18 SA Skolepan waar hy tot onderkaptein verkies is. Hy het amptelik ná hoërskool by die Bloubulle se akademie vir die 2016-seisoen aangesluit. Hoewel hy nie aanvanklik vir Suid-Afrika se o.20-rugbyspan gekies is nie, is hy wel in die finale span ingesluit vir die 2016 o.20 Wêreld rugby-kampioenkappe in Manchester. Dit is tydens dié kampioenskappe wat hy ‘n kniebesering in 'n oefening opgedoen het. Na Papier ten volle herstel het, kon hy in die finale twee wedstryde van die o.19 provinsialekampioenskappe vir die Blou Bulle uitdraf. Hy is November verlede jaar in die uitgebreide oefenspan van die Bulle se Superrugbyspan ter voorbereiding vir die 2017 Superrugby-reeks ingesluit. Sy ouers is baie trots op hom, vertel sy ma Sharoll Fish, wat steeds op Darling woon en werk. Hoewel haar seun baie besig is, "kom hy darem gereeld kuier sodra hy kan".
Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner, 3 Mei : Enkel Stableford Frans Destroo 21; Lindsay Meyer 20; George Prinsloo 19 Saterdag, 6 Mei : Vierbal Stableford Samespel 234 Fritz de Beer, Natie Smith, Fritz de Beer jnr, Natie Smith 112; Andre Ackerman, Wynand van Niekerk, Gerhard Spangenberg, William Matthysen 109; Appie van der Merwe, Jan Potgieter, Thys Esterhuizen, Josef de Beer 105
Classic Clashes: In die FNB Classic Clashes-kragmeting tussen Schoonspruit
Sekondêr op Malmesbury en Piketberg Hoërskool, is die netbalwedstryde gistermiddag afgehandel. Piketberg het met 36-22 oor Schoonspruit geseëvier. Regs is die twee kapteine, Thana Stephan en Sonique Jacobs.