Skip to main content

418 dié courant swartland en bergrivier

Page 1

c urant

dié

1 Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

3 Mei 2017

18.5%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 418

Gholfdag vereer Furlo Theron

3 Mei 2017

Furlo Theron (middel) van Abbotsdale is Saterdag op Malmesbury vereer in die jaarlikse Freddy Moses-gholfuitdaag op die Malmesbury-gholfbaan. Hier het verskeie spanne meegeding om dié beker. Theron, 'n kranige rugby- en krieketspeler, het die gevoel in sy onderlyf verloor in 'n rugbywedstryd waarin hy vir Abbotsdale uitgedraf het. Theron was ook tot sy besering 'n lid van die Malmesburykrieketklub. Die span van die Unicorns het koning gekraai en het die beker ingepalm. Foto: David Howburg

•TOER NA ENGELAND MET 'GETROUE' TRACY (20)

Albu (80) pak Afrika

Vir talle is die idee aan ouer word, gekoppel aan 'n huisie by die see, met 'n rustige aftrede. Vir Julia Albu van Jakkalsfontein (79) is dit op pad London toe in 'n Toyota Conquest wat 20 jaar oud is. Albu, wat haar tuiste aan die Weskus gevind het, is 'n ouma van nege kleinkinders, maar sy is 'n avontuurlustige ouma wat haar nie laat onderkry nie. Om agteroor te sit, is nie nou deel van haar verwysingsraamwerk nie. Sy wil met haar 80ste verjaarsdag in Junie deur Afrika tot in Londen toer. En nee, selfs dié toer is nie konvensioneel nie. Sy beoog om die avontuur in haar 20-jaar oue Toyota Conquest aan te pak. Albu vertel op haar blog, My African Conquest, dat sy nog haar lewe lank daarvan droom om deur Afrika te ry. Sy het al talle kere vriende genader om saam met hulle deur Afrika te toer, maar dit het nooit gerealiseer nie. Nádat sy haar lewensmaat van 33 jaar moes groet en vier kinders grootgemaak het, besluit Albu dit is nou tyd om die meester van haar eie voorland te wees. Volgens haar kan die avontuur nie op ‘n beter tyd gekom het nie. “Toe ek agterkom my betroubare Toyota Conquest genaamde Tracy sal vanjaar 20 jaar oud word en ek 80, besef ek daar is nie ‘n beter tyd as nou om my droom na te streef nie,” skryf sy. Met ‘n 100 jaar se lewenservaring saam, hoop hulle om die avontuur van ‘n leeftyd aan te pak. Mense kyk haar skeef aan wanneer sy oor haar toer deur Afrika met Tracy praat, bieg sy. Haar 1997 model Conquest, ‘n 1600 met sowat 400 000 km op die klok, was volgens Albu vir ‘n kwart van haar lewe getrou aan haar. Sy is vandag 40 dae weg van die begin van

haar toer wat in Kaapstad afskop. Albu is teen alle moontlike virusse ingeënt. Tracy was ook by Toyota Malmesbury waar die voertuig behoorlik gedokter is om haar gereed te maak vir haar lang tog. Haar voertuig het 6+ grootte bande op wat geskenk is. Sy het alle kamptoerusting en veral beddens uitgetoets om die reis so gemaklik as moontlik te maak en haar klerekas is tot die minimum beperk, wat nogal ‘n moeilike taak was, skerts sy. Alles is lig, maklik om te pak en vereis geen strykwerk nie, voeg sy by. Sy beplan ook om baie lig te toer en wat sy nodig kry langs die pad aan te skaf. Albu beplan om ‘n afstand van 12 000 km op die pad deur Afrika (aan die oostekant) en Europa met Tracy af te lê. Sy hoop om die Victoria-valle, Zambië, Malawië, Tanzanië, Kenia, Ethiopië, Soedan, Egipte, Turkye, Spanje, Frankryk en uiteindelik London te sien. Haar vriendin se huis in Londen is haar finale bestemming. Albu skryf dat sy ryklik geseën is met wonderlike vriende en kinders wat gedeeltes van die toer saam met haar sal reis. “Daar sal altyd iemand saam met my wees.” Sy beoog om by plaaslike inwoners langs die pad te oornag om die volle ervaring van die mense, kulture en kos te kan ervaar. Ter voorbereiding vir haar avontuur, het sy by

talle ervare reisigers en plaaslike inwoners van beoogde bestemmings aangeklop. Die toer sal tot dusver ‘n jaar lank duur. “Ek onderneem die toer, omdat ek kan. My voertuig kan verseker en ek kan ook. Hoe ouer ek raak, hoe jonger voel ek. 80 is net ‘n nommer. Ek voel 36.” Albu hoop om met dié toer ‘n welsynsorganisasie te ondersteun. Literatuur lê veral na aan haar hart nadat sy tot op die ouderdom van 18 disleksies was en nie kon lees of skryf nie. Sy wil literatuur as die tema van haar toer gebruik om ander langs die pad oor die wonders van die geskrewe woord te vertel en te inspireer. “Kennis het soveel mag.”

NUUS • NEWS


2

3 Mei 2017

NUUS • NEWS

Roelof vervaardig ‘n storm los Oudit: Die Weskus Distriksmunisipaliteit is weereens as een van die beste distriksmuni-

sipaliteite aangewys toe hul vir die sesde keer agtereenvolgens ‘n skoon oudit ontvang het. Die munisipale bestuurder, Henry Prins, is van mening dat die goeie werksverhouding tussen leierskap en administrasie deurslaggewend is tot die sukses van die Weskus Distriksmunisipaliteit. “Gedurende die moeilike ekonomiese klimaat is dit van kardinale belang dat ons die belastingbetaler se geld verantwoordelik bestee sodat die lewensstandaard van ons mense verbeter. Ek wil graag een en elke personeellid van die Weskus Distriksmunisipaliteit bedank vir hul harde werk” het Prins gesê. Bo is: Pedro April (WKDM); Sharonne Adams (Wes-Kaap kantoor van die Ouditeur-Generaal); Henry Prins (Munisipale Bestuurder WKDM); Harold Cleophas (Uitvoerende Burgemeester WKDM); Anton Bredell (Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering)

Dit was ‘n gemeenskaplike poging van mense wat die potensiaal in hom raakgesien het dat Roelof Storm hom vandag in die vermaaklikheidsbedryf bevind. Die loopbaankeuse het ook in dié voormalige Swartlander se behoeftes voldoen wat as uitlaatklep vir sy kreatiwiteit dien. Só vertel Storm wat op die jong ouderdom van slegs 26 reeds sy merk as bekroonde akteur en vervaardiger in die industrie gemaak het. Storm vertel dat hy in Swartland Hospitaal gebore is en bieg hy dra geen kennis van die tragiese brand nie. Hy is op die ouderdom van 15 na Hoërskool Stellenbosch waar sy talente as akteur verder ontgin is. Sy ouers het nog vir lank op Malmesbury gewoon, wat hom ‘n gereelde besoeker aan sy tuisdorp gemaak het. Storm het besluit om drama aan die Universiteit van Kaapstad na te streef en daar sy horisonne te verbreed. Dit was reeds in sy finale jaar wat hy homself baie op die planke bevind het. Dit is ook danksy dié teaterwerk wat hom verskeie benoemings en sy eerste Fleur du Cap-toekenning vir Mees Belowende Akteur besorg het. Storm het egter vinnig besef dat sy liefde by die filmindustrie lê en sy drome begin nastreef. Sy eerste rol as akteur in ‘n glansfilm, was in Four Corners. Storm se tweede groot rol op die silwerdoek, was in Twee Grade van Moord waarin hy die seun van die bekende Marius Weyers en Sandra Prinsloo vertolk het. Dit was ‘n groot voorreg, vertel hy. Sy vreugde, het hy vining besef, lê meer by vervaardiging as wat hy sy lyf akteur hou soos die leer na bo geklim word. Volgens Sorm bevind hy hom tans in die bevoorregte posisie om kieskeurig te wees oor watter projekte hy aanvat. Toe Johnny is nie dood nie verby kom, kon hy dit nie los nie. “Wanneer so iets verby kom, raak ek baie passievol,” sê hy. Teaterregisseur Christiaan Olwagen is die regisseur van Johnny is nie dood nie, wat op 5 Mei in filmteaters landwyd bekendgestel word. Bekroonde rolprent-maker Jaco Smit is assistent regisseur, met top Suid Afrikaanse akteurs soos Rolanda Marais, Albert Pretorius, Ilana Cilliers en Ludwig Binge wat hoofrolle vertolk. Storm slaan die titel-rol van Johnny los. Die kontroversiële film het met agt van die 2016 Silwerskerm-

fees-toekennings skoonskip gemaak, insluitende Beste Speelfilm. Roelof was hier saam met Olwagen en Smit van die produksiehuis Human Capital Films ook die vervaardiger. Vandaar af was daar geen keer aan Storm se vervaardigingsdrome nie. Hy het kort daarna help skiet aan Kanaries, ʼn rolprent oor die Weermag-sanggroep van vroeër jare. Dis tans in naproduksie en sal waarskynlik einde September op die Silwerskermfees bekend gestel word, vertel Storm vanaf Stanford. Hy is tans op die filmstel van Oldewagen se treffer-toneelstuk Seemeeu wat in ’n rolprent verwerk is, waarvan hy die vervaardiger is. Hy en die span van Human Capital Films het in April langs die meer naby Stanford begin skiet. Volgens hom , sal hulle so vyf weke weg van die huis wees. Sandra Prinsloo, Marius Weyers en Rolanda Marais is onder andere in die rolverdeling. “Saam met die glamour, kom daar baie opofferings, harde werk en lang ure,” voeg Storm by. Hy sien maar min sy huis in Tamboerskloof. En die ure op die pad gaan binnekort baie meer raak wanneer hulle met bemarking begin. Hy is reeds besig met die herstrukturering van die maatskappy met die oog op die internasionale mark. “Met ons plaaslike filmbedryf wat fokus op romantiese rolprente, maak hulle toeganklike kunsflieks in verskeie genres. “Ons wil kunsfilms op ʼn platform sit waar meer mense toegang daartoe het en om die standaard van flieks vir die gehoor te verbreed. Ons filmbedryf word groot. Ons is al in die tienerfase.”

Dwelmaksiekomitees van stapel gestuur Bergrivier Munisipaliteit, in samewerking met die departement van gemeenskapsontwikkeling nooi alle nie-winsgewende organisasies,kerke, sportklubs, jeug- en vroueorganisasies, belangstellende individue en regeringsdepartemente uit om deel te word en aksie te neem teen die misbruik van dwelms onder volwassenes en die jeug in die Bergrivier se munisipale area. Vir ‘n gemeenskaplike poging om aksie te neem, word plaaslike dwelmaksiekomitees per dorp beplan. Die inisiatief word Donderdag op 11 Mei om

13:30 tot 16:00 by die Duitse Hervormde Kerksaal bekendgestel waarna alle belanghebbendes uitgenooi word vir die vorming van dié komitees. Bywoning na die bekendstelling moet teen 5 Mei by 022 913 6000 (uitbreidings) 6110 of 6111 bevestig word. Vir verdere navrae, kan N Maarman (koördineerder van dwelmmisbruik en gemeenskapswerker by 022 913 1156 gebel word of e-pos vir Cecil Davids by davidsc@bergmun.org.za en Sherleque Willemse by sbadmin02@bergmun. org.za.


NUUS • NEWS

3

3 Mei 2017

• NASIONALE KAMPIOENSKAPPE

Bloeityd vir Swartland Skou Die Swartland Skou op Moorreesburg gaan die volgende 10 jaar ‘n ontsettende bloeityd binne en gaan net verder groei om die Wes-Kaap se groot landboutoonvenster te word. Só gesels Phillip de Waal verlede week op Vyeboom by die bekendstelling van die SA Hereford se eeufeesjaar wat in September ‘n hoogtepunt sal bereik met die nasionale kampioenskappe en ‘n gala-aand wat by 83ste Swartland Skou aangebied sal word. Dit is die derde keer dat dié skou, vanjaar van 6 tot 9 September, ‘n nasionale beeskampioenskappe aanbied. Swartland Skou was in 2005 ook gasheer vir die nasionale Herefordkampioenskappe waarna die nasionale Anguskampioenskap in 2009 deur die skou aangebied is. De Waal, wat self al groot suksesse met Hereford en ander rasse behaal het en ook sameroeper van die beesafdeling by die Swartland Skou, sê as die Wes-Kaap, wat nie tradisioneel beeswêreld is nie, kampioenskappe van dié aard meer gereeld begin aanbied, vertel dit iets van die gehalte beesproduksie wat hier plaasvind. Swartland is die derde grootste beesskou in die land, naas dié in Vryburg en Bloemfontein. Herefordtelers van oor die land sal van 6 tot 9 September op Moorreesburg saamtrek met ‘n toergroep uit die buiteland wat ook die eeufeesvieringe kom meemaak. Die program sluit ook ‘n slagoskompetisie en veiling in. Die beeste sal deur Tomis Abattoir geslag word. De Waal het bygevoeg dat daar in die omgewing van 240 uitstallers, 500 beeste by vanjaar se skou verwag word.

Bo: Jaco Smit (Black Mamba Angus Stud), Tiaan Augustyn (Overberg Agri), Philip de Waal, Isabelle Moolman, Tommie Moolman (Tomis) en Riaan Myburg (CMW) by die bekendstelling van die Herefordgenootskap se 100ste verjaarsdagvieringe. Daar word in dié vroeë stadium sowat 16000 mense verwag by vanjaar se skou, die grootste van sy soort vanjaar In die Wes-Kaap. Die aanduiding is dat daar heelwat meer landbou-uitstallers hul fokus van elders na Moorreesburg kan verskuif. Die huidige skouterrein is 45 jaar gelede in 1972 in gebruik geneem, nadat die vorige terrein in Rosenhof deur die regering gekoop is.

Damian dra #8 met trots Vir Damian van Wyk, gr. 7 -leerder by Laerskool Riebeek-Kasteel, is rugby nie net nóg ‘n sport nie. Dit is sy lewe, vertel sy ma Mechele Schwenk, ‘n enkelouer van Kaapstad. Damian se talent op die rugbyveld het vinnig na vore gekom nadat hy drie jaar gelede aan die sport begin deelneem het. Dit is sy droom om eendag ‘n professionele rugbyspeler te wees en vir die Springbokke uit te draf. Damian, wat sedert gr. 2 ‘n leerling en koshuisinwoner by LRK is, het vandeemaand aan die jaarlikse Riebeekvallei-rugbytoernooi by LRK deelgeneem. Sy goeie spel is tydens dié toernooi raakgesien. Hy is die enigste leerder van sy skool wat deur ‘n paneel van professionele beoordelaars gekies is om na Frankryk en Spanje te toer. Die Rugby Valley o.13 'Invitational Tour'-span sal op 27 September na Frankryk vertrek om tydens ‘n toernooi teen van die beste rugbyspelers te staan te kom. Hy dra met trots die nommer agt trui en speel ook gereeld die posisie van binnesenter, vertel Damian. Hy kan ook haker speel, voeg hy by. Damian se ma bieg en sê die sente word

reeds twee keer by die huis omgedraai. Daar is nie geld vir die toer nie. Dit is egter ‘n groot voorreg en ‘n geleentheid van ‘n leeftyd wat sy graag vir haar seun wil laat realiseer. Mechele het geld begin insamel en ‘n profiel is vir Damian op die webblad, Gogetfunding oopgemaak met die hoop dat mense sy toergeld sal borg waar skenkings direk in die toeragentskap, Free World Travel inbetaal kan word. Die totale kostes beloop R34 000. Vir meer inligting oor die toer, kan die orgniseerders se webblad by www.travelandsport.com besoek word.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


courant

3 Mei 2017

dié

4

Oud, maar beslis nog nie koud

Hierdie is nie op my "bucket list" nie, hierdie is my "bucket list". So sê Julia Albu van Jakkalsfontein. En dit nogal op 80, waar sy op die vooraand van haar vertrek na London staan... Met 'n Toyota Conquest wat ook reeds 20 jaar oud is. Dit wil mos nou gedoen wees. Hulle, wie die hulle nou ookal mag wees, sê dat jy net so oud is soos wat jy voel. Ja, 'n mens se liggaam kan jou soms 'n lelike streep trek as hy nie meer wil buig waar jy hom wil laat buig, of strek waarheen jy hom wil laat strek nie. Dan is daardie jong gees vasgevang in 'n "gekrokte" lyf, soos die uwe se moeder dit sal sê. Sommige van ons is lank voor ons daardie "ou" jare bereik, reeds in ons kop lankal oor die muur, hoekom? Want jy het daardie keuse gemaak. Daar is een waarheid in die lewe: Bekommer jou oor dit waaroor jy beheer het. Nou ja, bekommer jou dan oor jou gedagtes en die manier hoe jy daardie psige van jou aanwend en gebruik. Moenie toelaat dat negatiewe dingetjies en datjies van die lewe jou lewensvreugde steel nie, want jy het net een lewe. Vandag is daar, gister is verby, maar jy weet nie of jy môre nog gaan sien nie. Moenie selfsugtig wees nie. Leef. Leef voluit en maak 'n verskil aan ander se lewe met die manier hoe jy jou lewe lei.

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Die steen wat die bouers verwerp het

In die evangelie van Lukas vertel Jesus ‘n gelykenis van ‘n man wat ‘n wingerd geplant het, en dit aan landbouers verhuur het en vir ‘n geruime tyd op reis gegaan het. Hy het op die regte tyd ‘n dienskneg gestuur dat hulle vir hom van die vrug sou gee, maar die dienskneg was geslaan en met leë hande weggestuur. Daar was ‘n tweede en ook ‘n derde geleentheid waar diensknegte gestuur was maar hulle is skandelik behandel en selfs gewond en met leë hande weggestuur. Die eienaar het by homself gedink wat om te doen toe stuur hy sy geliefde seun, miskien sou hulle vir hom ontsag hê. Die landbouers het onder mekaar geredeneer, dit is die erfgenaam, kom ons maak hom dood, dan sal die erfenis ons s’n wees. Die eienaar sal kom en daardie landbouers ombring, en die wingerd aan ander gee. Jesus het die skrifgeleerdes en ouderlinge en owerpriesters wat by om was aangekyk en gevra wat beteken die Skrifwoord, die steen wat die bouers verwerp het het ‘n hoeksteen geword? Hulle het besef dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle vertel het, maar dit het hulle harte verhard en hulle het na ‘n geleentheid gesoek om Hom oor te lewer om doodgemaak te word.

NUUS • NEWS

'The uBuntu girl' besoek Darling vir Groeneweide Groeneweide-ouetehuis op Darling bied met trots The uBuntu Girl (Sonja Kruse). Kruse het in Oktober 2009 haar werk en vaste inkomste gelos, haar familie verlaat en tot haar ryding weggegee om ‘n jaar-lange reis regoor Suid-Afrika aan te pak. Die doel van haar reis, was om te bewys dat die gees van uBuntu werklik nog in die land bestaan. Ubuntu is volgens die Handboek van die Afrikaanse Taal (HAT) ’n Nguni-woord wat ’n lewensingesteldheid van medemenslikheid, hulpvaardigheid en barmhartigheid beteken. Sy het bekend geword as die ‘uBuntu-vrou’. Met byna slegs ‘n rugsak, kamera, foon en R100 het Kruse die reis van ontdekking begin. Sy het uitgevind dat ware gasvryheid deur vreemdelinge nog bestaan. Die ontdekking van haar eie vrese, vooropgestelde idees en onsekerhede, maar meer as dit, die verandering van persepsies. In ‘n boek met meer as 900 volkleurfoto’s, het

Kruse haar jaarlange reis na die nege provinsies gedokumenteer. Sy het uBuntu by 150 gesinne in 114 gemeenskappe en oor 16 kulture waar sy tuisgegaan het, gevind. Kruse het in 2014 weer ‘n nuwe reis begin deur al die gesinne en families te besoek wat uBuntu teenoor haar bewys het. Kruse is ook bekend vir haar rehabilitasiewerk, veral onder straatkinders. Sy kom Vrydag 12 Mei met die leerders by Vooruitsig Primêr op Darling gesels. Kom luister na 'The ubuntu Girl' en leer meer oor haar unieke reis op Saterdag, 13 Mei om 11:00 by die NG Kerk Darling teen R50-00 (sop en brood ingesluit) per persoon en R10-00 per kind onder 10, ten bate van Groendewiede Ouetehuis. Kontak Nadine by 0224922665 (groeneweide1@gmail.com), Hannalie 0846091959 of Darling Toerisme-buro by 0224923361 vir kaartjies of verdere inligting.

SM gesels met sakelui Die Malmesbury Sakekamer se volgende ledevergadering word Dinsdag om 18:30 vir 19:00 in die Malmesbury-stadsaal gehou, met die Swartland Munisipaliteit as borg en spreker. Hierdie vergadering is altyd 'n gewild onder lede en gee die owerhede en sakelui die geleentheid om te kommunikeer oor verskeie onderwerpe. Van die punte wat deur die Swartland Munisipaliteit aangeraak sal word, is: Die inhoud van van GOP – die strategiese dokument van die munisipaliteit, vir die volgende 5 jaar; terugvoering

van die 10% ewekansige steekproef aangaande die “kliëntediens opname”; prestasiebestuur en meting binne die munisipaliteit wat ook leierskapsinisiatiewe insluit en inligting aangaande die N7-opgradering, spandering, en tydsraamwerke van wat wanneer gaan klaar wees. Besprekings sluit vandag. Kontak Elaine Willmot by info@sakekamer. co.za of skakel 022 487 1919 om jou sitplek te verseker. Kostes beloop R100 per persoon vir lede en R140 per persoon vir nie-lede.

Wenners van Skaapkop-eetfees

Die gelukkige wenners van die Skaapkop-eetfees van dié courant by Bushmans Cave op Clanwilliam, is: Denise Badenhorst - Moorreesburg, Mattheus (Tolla) Swart - Riebeek Wes, Karel Dampies - Wellington em Gideon-Hendrik Hugo - Wellington.


NUUS • NEWS

3 Mei 2017

Malmesbury Superspar se slaghuis tops

Malmesbury Superspar bring vir die sewende jaar ‘n Cleaver-toekenning huistoe. Die span agter die slaghuis se sukses is agter van links Johanna King (toesighouer), Elsabé Hurst (slaghuis-bestuurder), Luvo Macothxa (blokman), Spasie Williams (blokman) en Eloise Tieties. Voor staan Elmarie Gedulde, Yolanda Lategan, Elizabeth van Wyk, Katriena Arries en Gareth Owies (blokman). Regs onder: Elsabé Hurst, trotse slaghuisbestuurder by Malmesbury Superspar by al die toekennings wat hulle al ingepalm het. Malmesbury Superspar se slaghuis is en bly tops nádat hulle vanjaar vir ‘n sóveelste keer in platinum skitter. Die reeds bekroonde vleismark van Malmesbury Superspar wat uit hul pad uit gaan om hul klante gelukkig te hou, is by vanjaar se gesogte Cleaver-toekenningsgeleentheid vir ‘n vyfde keer in sewe jaar as die Wes-Kaap se Cleaver Platinum wenner aangekondig. Die plaaslike Superspar se slaghuis het in 2010 goud op provinsiale vlak in dié nasionale kompetisie losgeslaan. Die volgende jaar bring Malmesbury Superspar vir die eerste keer platinum vir die Wes-Kaap huistoe. In 2012 word dié slaghuis gekroon as die nasionale platinum wenner wat dié Superspar se vleismark heelbo aan die leer van die land se top vleismarkte geplaas het. Platinum is sedertdien op provinsiale vlak aan die orde van die dag. Volgens Albie Coetzee, mede-eienaar van Malmesbury Superspar verg só ‘n toekenning harde werk en tyd van die hele span om die beste kwaliteit produkte teen die beste prys en waarde vir geld aan hul klante te bly bied. Malmesbury Superspar bedank al sy klante vir hul ondersteuning.

5


6

3 Mei 2017

NUUS • NEWS

French ondersoek tans alternatief vir waterbronne Blomtrein:

Die groep Blomtrein, het Vrydagaand op Riebeek-Kasteel by Die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond-teater opgetree. Die hoofsanger van die groep is Jan Blohm. Links is hy saam met Erik Venter, Melindi Charle en Neil Nachtrein.

Die Voëlvleidam, die hoofvoorsiener van water vir die Swartland, se watervlak staan vandeesweek op 18.5%%. Die nuutste weervoorspelling deur die SuidAfrikaanse weerdiens laat ook min hoop vir ‘n goeie reënval met die begin van die reënseisoen. Plaaslike owerhede word tans genoodsaak om alternatiewe langtermyn planne vir volhoubare watervoorsiening te ondersoek. Een alternatief van langtermyn watervoorsiening, sluit onder meer die ontsouting van seewater in. Hoewel daar geen planne op die tafel vir só ‘n aanleg in die omgewing van die Swartland in die nabye toekoms oorweeg word nie, deel ‘n inwoner van Darling, John French graag sy visie vir ‘n voorgestelde waterfiltrasie-aanleg. Hoewel dit op die stadium slegs ‘n visie is, meen hy dat

daar drastiese stappe geneem sal moet word om te voorkom dat inwoners in die toekoms modder eerder as water uit die krane kan verwag. French het sowat vyf artikels op die aanlyn publikasie, die Dorpskoerant gepubliseer waar hy sy deeglike ondersoek en navorsing van die potensiaal en moontlikheid van só aanleg tussen Darling en Yzerfontein met lesers en inwoners deel. Hy verwys na sy visie as die Juweel van die Weskus. Hy het sedert 2008 met die idee van ‘n ontsoutingsaanleg begin speel toe die Darling Windplaas gebou is. French is sedert 2016 ‘n permanente inwoner van die dorp. Hy is tans op soek na beleggers wat dit sal moontlik maak om ‘n uitvoerbare studie oor ‘n plaaslike waterfiltrasie-aanleg te doen, wat ‘n omgewingsimpakstudie sal insluit.

Groovy:

Die Groovy Girls hou môre om 19:00 'n konsert in die NG Noord-gemeente op Malmesbury se kerksaal. Kaartjies beloop R50 per persoon en is by die deure beskikbaar. Alle fondse is ten bate van die Jo Dolphin-sorgsentrum op Malmesbury.

NSRI: Die plaaslike NSRI Stasie 34 op Yzerfontein, het Saterdag as deel van die 50ste verjaarsdagvieringe, 'n opedag hier aangebied waar talle inligting met besoekers gedeel is. Daar is onder andere lewensredding-klasse aangebied.


NUUS • NEWS

3 Mei 2017

7


8

NUUS • NEWS

3 Mei 2017

Dagboek • Calender

Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956

koor en LS Swartland se twee kore op om 19:00 in die Malmesbury stadsaal. Kaartjies is R100 per persoon en is by HS Swartland en LS Swartland se ontvangs asook by Complete Dental, dr Gert van Staden beskikbaar. Dit beloof om 'n onvergeetlike vertoning te wees.

Langs die Bos-mark Langs die Bos-mark elke Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00. Vir verdere navrae kontak Marelize by 072 052 6280

Darling College Wine Auction 20 May: Come join the auction from 18:00 for 18:30 at Darling Brew. Cost is R250 pp, which includes a 3 course meal and wine on the table. Dress code is Smart casual. The proceeds of the event will benefit Darling College. The auction will feature a broad range of South Africa's finest wines, weekend get-aways, restaurant vouchers, lucky draws and other exciting items. Cash bar will be available. Bookings with Wilna de Clerk 022 492 2825 / Tersia Wentzel 082 829 7078

Moorreesburg 3 Mei: Leah sing in Moorreesburg by die NG Kerksaal, Moorreesburg om 19:00. Kostes beloop R60 vir kinders onder 11 jaar en 12 jaar en ouer is R100 per kaartjie. Kaartjies is beskikbaar by Nicky Lategan Slagtery. Vir navrae kontak Thea Lategan by 084 517 5419 Piketberg Hoërskool 5 Mei 2017: Kom geniet 'n Boemelaarsdans by die PHSskoolsaal om 19:00. Kostes beloop R80 per volwassene (sonder ete) en R110 per volwassene (hamburger & wedges). Bring eie drinkgoed. Eie kos welkom Navrae kontak Sanet by 082 557 6239 Rocking for Jesus Dance Event 6 May: We hereby invite you to Rocking for Jesus dance event. The first held of its kind in Malmesbury. Doors open at 19:30 at the St Thomas School Hall. For info or tickets call Liezel at 081 787 8151 or Christopher 081 722 6198 Riebeek Valley Olive Festival 6-7 May 2017: Save the date for the Riebeek Valley Olive Festival. For further information: www.riebeekvalleyolivefestival.co.za Emo Adams 17 Mei: Emo Adams tree saam met die HS Swartland

Hermon - GPF 23 Mei: Die Hermon GPF (Gemeenskaps Poliseering Forum) hou vergadering om 19:00 tot 20:00. Die plek sal aangekondig word. Bingo by Aandskemering 24 Mei: Kom geniet 'n heerlike BIngo aand by Aandskemering. Kostes beloop R100 per persoon wat insluit 5 gratis speelbeurte en ligte aandete. Bring eie drank/koeldrank en glase. Slegs beperkte aantal kaartjies beskikbaar Malmesbury Aglow 17 June: Malmesbury Aglow are meeting at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Starting at 15:00. Everyone is welcome. Enquiries : Elaine Walker 072 590 6636 Riebeek Wes - GPF 6 Julie: Die Riebeek Wes GPF (Gemeenskaps Poliseering Forum) hou vergadering by die POP Center, Riebeek Wes om 19:00 tot 20:00

Kerke • Churches Vriend van God (AGS) Sondag oggenddiens om 09:30 met die prediker, Past. Piet Smit. Sondagaanddiens om 18:30 word Kursus aangebied. Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200 AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178 Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 8279054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; Special service on Good Friday (14 April) at 09:00 and Easter Sunday at 07:00 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple

Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar Sondagoggend preek De Waal Esterhuizen om 9:30. Sondagaand by die Engelse diens bring De Waal Esterhuizen die woord om 17:30 by Voortrekkerweg 48, Malmesbury Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Diens op 7 Mei om 09:30 by die Mount Royal se konferensiefasiliteit Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.

Swartland Haven help bou met talle suksesverhale Die Swartland Nagskuiling op Malmesbury, dien as ‘n plek van hoop waaruit talle suksverhale spruit van mense wat na ‘n beter leefwyse streef. Een van so ‘n suksesverhaal vertel die storie van ‘n vrou in haar middel 40’s wat een aand by die nagskuiling opgedaag het. Sy is ontvang op voorwaardes dat sy vir ‘n werk sou soek. Sy het egter baie aggressief teenoor personeellede en kliënte opgetree en wou nie saam werk nie. Daar is uiteindelik agtergekom dat sy van een Haven na ‘n ander spring met die hoop op langtermyn verblyf op Malmesbury. Swartland Haven het egter besluit om ‘n oplossing vir haar situasie te vind. Na berading deur die bestuurder, is daar gevind dat sy ‘n afhanklikheidsprobleem het. Sy is gevolglik deur haar familie in die steek gelaat, huisloos en werkloos. Die Haven het haar na Camphille Village buite Malmesbury teen die N7 verwys, wat haar ingeneem het en vir haar werk aangebied het. Met verdere berading en ondersteuning, het sy baie meer selfvertroue begin kry en in haarself begin glo. Sy is vandag ‘n stralende bydrae tot die gemeenskap en het intussen met haar familie herenig wat gereeld vir haar in Camphill Village kom kuier waar sy ‘n permanente woning en geluk gevind het Nóg ‘n gevallestudie wat oorvertel kan word, gaan oor ‘n jong Pretoriaanse prokureur wat deur ‘n moeilike egskeiding geworstel het, na Tabelview getrek het en by ‘n nuwe firma aangesluit het om ‘n nuwe lewe te begin. Ongelukkig het ‘n familielid hom oortuig om ‘n vennoot in ‘n besigheidsidee te raak wat op ‘n

mislukking uitgedraai het weens geldverduistering deur die familielid. Die prokureur se naam is gevolglik deur die modder gesleep. As Christen is hy deur sy kerk verwys na die Kwasizabantu Missie naby Malmesbury wat hom verwelkom het, berading gegee het en uiteindelik weer gehelp het om selfvertroue op te bou. Hy is op hulle beurt weer verwys na die Swartland Haven vir verblyf waar hulle hom met werk sou help. Swartland Haven kry vir hom ‘n werk by die administratiewe/bestuur kantoor by ‘n groot sekuriteitsfirma op Malmesbury. Daar het hy hard gewerk tot hy genoeg geld gespaar het om terug na Pretoria te trek, met sy kinders te herenig en ‘n nuwe werk gekry het. Die Swartland Haven Nagskuiling, ‘n nie-winsgewende organisasie wat tydelike skuiling, rehabilitasie geleenthede, gemeenskaplike welstand, sorg en ondersteuning aan volwassenes op straat, wat toegewyd is tot ‘n beter leefwyse, bied, ryk ‘n hand na die plaaslike gemeenskap uit. ‘n Geldinsamelingsinisiatief is geloods om die plaaslike fasiliteit te verbeter, maar ook om maandelikse onkostes te help dek. Met die inisiatief, hoop die nagskuiling om sowat 100 besighede of individue te bereik vir ‘n maandelikse geldelike bydrae via ‘n debietorder of ‘n elektroniese oorbetaling. Hoewel die Swartland Haven maandeliks subsidies van hul hoofkantoor in Kaapstad ontvang, beloop die organisasie steeds elke maand teen ‘n verlies van R40,000. Hulle beoog om sowat R80 000 in te samel. Vir meer inligting, kan die bestuurder, Chanal Leng, by 022 486 5191 gebel word.

Die Boland Kavaliers pak eerskomende Saterdag die Westelike Provinsie in ‘n Supersport Rugbyuitdaag wedstryd op die Smit-sportgronde te Velddrif. Die Kavaliers sal oorgehaal wees om ‘n sege oor die Streeptruie te behaal, veral na die Bolanders naelskraap vasgeval het teen Grens, twee naweke gelede. WP is egter goed op dreef na twee agtereenvolgende seges gedurende eerste twee weke van dié kompetisie, oor die Oostelike Provinsie en Grens onderskeidelik. Met die Boland-rugbyunie, wat in samewerking met die Bergrivier Munisipaliteit besluit het om dié wedstryd na die gemeenskap te neem,

word daar goeie ondersteuning op die Smitsportgronde verwag. Hekgelde beloop R40 per persoon vir volwassenes, R10 vir skoliere in skooldrag en R10 vir voertuie (beperkte binne-parkering vir voertuie is beskikbaar). Kaartjies kan ook vooraf gekoop word teen R35 per kaartjie vir volwassenes by www.webtickets.com of by Vredenburg Pick’n Pay. Skoliere en voertuie beloop steeds R10 elk. Program vir die dag: 13:00 – Bergrivier XV vs Velddrif XV 15:00 – Boland Kavaliers vs Westelike Provinsie (Supersport Rugby Challenge) Hekke open om 11:30

Streeptruie pak Boland

Fondse vir liefdadigheid:

Luzanne Viljoen, sielkundige van Malmesbury, het 'n passie vir mense en liefdadigheid en sy wend nou hierdie liefde ten bate van drie organisasies op Malmesbury aan. Viljoen het die Jo Dolphin-sorgsentrum, Elkana en die Swartland Haven geïdentifiseer as organisasies wat behoeftig is en probeer nou om fondse vir die organisasies in te samel. Die fondsinsameling, genaamd "One Month Extended Drive, duur tot die einde van Mei. Tot dan kan belangstellendes fondse, hul tyd of hulp afstaan en skenk aan die organisasies. " Ek doen hierdie projek omdat ek voel dat dit my kans is om terug te gee aan die gemeenskap. Ek voel ook dat dit 'n goeie manier is om die gemeenskap van Malmesbury te help en beter te leer ken. Ek hoop ook dat die projek blootstelling sal bied vir hierdie organisasies, sodat die mense van Malmesbury kan weet van hierdie organisasies indien hulle ooit hulp van hulle af nodig sou kry," vertel Viljoen. Vir meer inligting, of om betrokke te raak by die projek, kontak Viljoen by 072 459 7700 of stuur 'n epos aan luzanneoosthuizen@gmail.com.


NUUS • NEWS

9

3 Mei 2017

Olyffees 2017: Punte om te besoek Vanjaar kan feesgangers Het Vlock Casteel, Pulpit Rock, Olive Boutique, Allesverloren, Riebeek Kelder, Kloovenburg Wyn -en Olyf-landgoed en die dorpsplein op Riebeek-Kasteel besoek. By Het Vlock Casteel kan die talent van Jimm Harrison met ‘n plaaslike boetiek-bier in die hand het en ‘n asemrowende uitsig geniet word. Hul vat-verouderde Het Vlock Casteel-rooiwyn is per bottel of glas te koop. Daar is egter geen wynproe geleentheid nie. Sien hier uit na ‘n verskeidenheid olywe en tuisgemaakte olyfprodukte wat wissel van olyfoliebotter tot olyfroomys. Vars oesters en mossels is saam met die plaaslike Pieter Cruytoff Vonkelwyn beskikbaar. Sien ook uit na ligte verversings te koop. Trekkerritter teen R5 ‘n koepon per persoon is beskikbaar tussen onhaalsentrums. Pulpit Rock bied op sy beurt gratis wynproegeleenthede vanuit ‘n keuse van geselekteerde Brink-familie wyne. Daar is ook ‘n geleentheid om die bekroonde wyne teen ‘n ekstra fooi te proe. Sien uit na egte roosterkoek en potjiekosdisse. Daar is ook gratis geleentheid om olywe te proe. Gryp die geleentheid aan om jou gholfvernuf uit te oefen. Indien jy hou van oudhede, is die antieke trekker-uitstalling die plek vir jou. Die Olive Boutique bied ‘n olyf- oasis wat jy nie mag misloop nie. Geniet ‘n sjef geïnspireerde Swartlandse piekniek. Geniet ook die antieke vrug in al sy vorme, wat gourmet olyfprodukte, ekstra gesuiwerde olyfolies en ongefilterde olies insluit. Wat die nektar betref, kan feesgangers uit sien na Riebeek Kelder se wynreeks, Flagship Craft Beer en Hope on Hopkins Gins& Martinis. Vermaak sluit Johnny Ray Acoustic Blues Band in. Op Sondag kan ‘n addisionele werkswinkel verwag word plus vele meer aktiwiteite.

Riebeek-Kasteel se dorpsplein is op die Saterdag vanaf 09:30 tot 17:00 oop en Sondag weer tot 16:00. Toegang is gratis vir paspoorthouers. Hier sal stalletjies, vermaak, ‘n kinder speelarea en ‘n verskeidenheid lekker dinge wees om te doen. Die Plein is die opgeruimde plek waar die gemeenskap hier ontmoet en saamkuier. Hier kan feesgangers ook smul aan alles wat die mark bied. Hier kan hulle weglê aan olywe, craft bier en smullekker disse wat aangebied word. Kaartjies en inligting kan by die Riebeekvallei-toerismekantoor verkry word. Jy kan ook van hier vinnig op 'n trekker spring en so maklik tussen Het Vlock Casteel en die Plein beweeg. Hierdie is ook die punt waar 'n taxi verkry kan word om tussen die verskillende punte te reis.

Kontak 022 448 1545 of tourism@riebeekvalley. info met navrae, of besoek www.riebeekvalley. info. By Allesverloren sal ‘n Country Market binne en buite reg staan vir besoekers met stalletjies wat Allesverloren wyne verkoop, asook Allesverloren Muskadel Slushpuppies, boetiek biere, olyfprodukte, Oos-Kaapse biltongprodukte, Italiaanse kosse en vele meer. Die musiekgroep Newton and Co sal sorg vir vermaak. Die wynwinkel sal ook oop wees vir wynproegeleenthede en verkope. Kontak gerus 022 461 589 vir meer inligting. Geniet ook die heerlikste disse by hul restaurant, Pleasant Pheasant.

Kloovenburg Wyn -en Olyf landgoed met

sy eikebome van oor die 150 jaar oud bied vanjaar ‘n verskeidenheid stalletjies aan en sluit onder meer Duitse Pizzas, pannekoeke, internasionale kase, Bali Meubels en vele meer in. Hul uitgebreide reeks olyprodukte sal beskikbaar wees om te proe en te koop. Vanjaar kan jy

ook die landgoed se gewilde en unieke geskenkpak koop. ’n Verskeidenheid koffie, wyne (per glas of bottel) en sappe sal sorg dat niemand dors sal raak nie. Sien uit na die bekroonde TWEE (Solo Herman) vir vermaak. Vir die kinders is daar ‘n splinter nuwe springmat en boereworsrolle vir die hongerpyne. ‘n Begeleide toer en olyfpars demonstrasie vind op Saterdag en Sondag om 10:30 plaas. Die kostes is gratis vir paspoorthouers en geen besprekings is nodig nie.

vir jou te verseker. Hekke open Saterdag om 09:30. Kom vroeg, want plek is beperk. Vir die Sondag kan feesgangers uitsien na hul gewilde Riebeek-Familie-Steak-Braai om 12:15, asook akoestiese klanke deur Franscois Haasbroek. Daar is ook wynproegeleenthede. Vir alle wynliefhebbers is daar ‘n eksklusiewe wynproegeleentheid met hul wynmakers beskikbaar. Bespreek nou jou plek by info@riebeekcellars.co.za.

Riebeek Kelder bied vanjaar op sy beurt weer ‘n “Wild Olive Acoustic Stage” met die akoestiese klanke van Franscois van Coke, Valliant Swart, Soetmelk, Marcia Moon Mono, Pony en vele meer. ‘n Verskeidenheid kosstalletjies sal beskikbaar wees, terwyl daar ook hope vermaak vir die kinders is. ‘n Vervoerdiens word vanaf die dorpsplein beskikbaar gestel om die perfekte uitspanplek

By die Bruid, die Pixie en die Vaalhond-teater, kan feesgangers die "Olive Jam

Riders take on Bone Crusher The fourth Darling Brew Extreme will be hosted in Darling on Saturday, 27 May 2017. The race will start and finish (for the second time) at the Darling Brewery. The Brewery offer riders and spectators a relaxed ambiance with family friendly surroundings, ample secure parking and locally brewed great beer! The autumn climate of the West Coast promises a pleasant day filled with exciting riding, chilled beers, classy entertainment and tasty eats. The DBX17 will have four routes to choose from ranging from the super endurance long course to the less challenging short ride for the family, novices and youngsters. The four distances will make use of a combination of single track, jeep track and farm roads in and around Darling. The short 15km route starts in the same direction as the 30km. It has the least elevation and offers a scenic loop of mostly farm roads close to the centre of Darling. The middle distance of 30km, is a brand new route. More suited to riders who do not fancy the big hills, but still enjoy good scenery. We recommend this one for riders who did the short route last year, as it is a bit further and will give you a taste

of only a small section of singletrack. The 30km starts in the opposite direction to the 45km on the south side of Darling. The middle distance of 45km, is one of the classics and is more suited to riders who enjoy a good section of singletrack without too much climbing. Most of the ride will be on Wolwefontein farm`s MTB trail. The 75km route will challenge the experienced endurance riders. It features a change this year with the route following a figure of eight loop: passing the Brewery (Start/Finish) halfway through the ride. A cut off-time will be incorporated!! This new route will debut with a mystery section, offering riders the unique opportunity to test their hill climbing skills. All riders accepting this challenge will be rewarded with the best view over Darling. This vantage point is not accessible to the public. Bone Crusher Distance: 75kmElevation: 1550m Waterpoints: 5 (12km, 30km, 40km, 50km, 63km-beer, 66km) The first part of the 75km route starts out at a fast pace through the olive trees on the farm Het Bos and heads towards Klipberg and the first water point of the day at the green

tanks (14km). This section gives you some time to warm up before the awesome singletrack on the farm Wolwefontein. By the time you return to the green tanks water point (33km), you will be well up and running. Then, after climbing the side of Klipberg, a fast flat track next to the railway line will take you back to the start (but not the end) at Darling Brewery where you can indulge in a quick pit stop at 40km. A cut off time will be incorporated!! The real climbing starts at the second half of the route. After crossing the railway line and passing through the Duckitt Orchid farm, a mystery destination awaits… Riders will enjoy a stunning and spectacular view of the Swartland before attempting a fast and steep descent down Hendri’s Hill towards the second water point on the farm,Glen Frank (50km). Some more climbing awaits up Frans Steyn hill and then the route goes down through Windmill Alley. The last significant elevation is at the top of the famous Bone Crusher, where you will be rewarded with a free beer taster. With about 10km left, a downhill into the town takes you to the welcome finish at the Brewery.

Boerie" vanaf 12:00 Saterdag geniet. Hier sal bekendes soos Miscka, Jean Vee, John Harris, Fanie Velskoen, Melindi Charle, Tim Parr Greenwood Kollective Band te sien wees. Sondag kom die "Olive Swing Roll" aan die beurt met Sincereley Swing deur die Jazz Blues saam met Melindi Charle en Fanie Velskoen. Kontak 082 853 4377 met navrae.

Proe by Swartland

Malmesbury Toerisme en die Swartland Wynkelder het saamgespan vir ‘n heerlike kuiernaweek by dié kelder met die eerste Proe Malmesbury wat Saterdag en Sondag daar plaasvind. Swartland Wynkelder se nuwe 2017 oesjaar wyne is ook beskikbaar by dié geleentheid met kosstalletjies, musiek, kuns en handgemaak. Proe Malmesbury vind Saterdag van 09:00 tot 17:00 en Sondag van 09:00 tot 15:00 plaas. Stalletjies kan bespreek word by 022 487 2000 of die toerismekantoor 022 487 1133.


10

3 Mei 2017

NUUS • NEWS

Dorings:

Die Dorings-rugbyklub het onlangs splinternuwe lede gekry. Hier is die nuwe bloed saam met die bestuur, Julie September, Adam Maarman, John Williams en Steven Barendse. Die spelers is vol selfvertroue dat hul seisoen nou momentum sal optel en hulle hul eerste oorwinning binnekort sal behaal. Die Dorings reis Saterdag na Wellington vir hul kragmeting teen Wamakersvallei.

Kontak ons by 022 487 3221.

Saamstaan:

Saamstaan United het in die naweek se kragmeting die span van Darling se Young Tigers met 15-0 geklop.


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY SPEEDY MALMESBURY. Exhaust fitters DRINGEND gesoek met vorige ondervinding, goeie verwysings met lang diensjare. Moet onmiddellik kan begin. Kontak 082 370 9521/ 022 482 1373/4 #4472 ----------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjiedekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/elsa@ abcpartytjies.co.za #3463 ----BOU VAN NUWE HUISE – EPM (Pty) Ltd. NHBRC geregistreer. 084 230 1639. ansleyehrenreich@ gmail.com. Besoek www.epm23.co.za #4412 --------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 ---------------------------TE KOOP FOR SALE DAMESKLEREWINKEL. Bekende winkel in Malmesbury wat sedert 1993 damesklere aan die meer ouer dames voorsien is te koop. Huidige eienaar wil aftree. Kontak : 022 482 2931 / 082 320 3508 #4471 ----Groenbone te koop. Riebeek Kasteel. R70 vir 6 kg. Kontak Jacobus 082 523 9804 #4473 ----------------------------TE HUUR TO LET BACHELORS woonstel. Krag en water ingesluit. Tafelzicht-area (Malmesbury). Swembad, braai. Veilige parkering. R3000 per maand. Skakel 082 515 5415 #4474 ----------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

ADUWAAN JASSON – 10 op 29 April - Baie geluk my oudste. Ek is baie lief vir jou. Van mammie Admer #4475 ---Baie geluk Boeta. Ek is baie lief vir jou. Van: Shaskia #4476 ---Baie geluk my oudste kleinkind. Van: mammie Merle, Ciscus, tannie Lilah en Qwin #4477 ---Baie geluk Tietie se kind. Ons is baie lief vir jou - Tietie en Caleb #4478 ----Baie geluk Aduwaan met jou verjaardag. Baie lief vir jou - Merltine #4479 -----------------------------

-----------------------------

RAYLENE HOPE SWARTS. Ons pragstuk word Een op 5 Mei. Baie geluk met jou verjaarsdag. Van:Mammie, Jane-Urique, Junica en Rodwill ---Geluk ons pragstuk.Jy moet lekker verjaar. Van: Gaynor Hope, Anne-Marie Baie geluk Raylene Hope Swarts met jou eerste verjaarsdag. Van: Ouma Miena, Mammie Freda, Tannie Juleana #4480 -----------------------------

ROWENA SEPTEMBER – 21 op 1 Mei. Welkom in die grootmens-wêreld en onthou ons is baie lief vir jou. Van jou Antie Lena, Nanna en familie #4481 ----Baie geluk met verjaarsdag. Mag God jou seën en nog vele jare spaar. Liefde – Francina, Thinus, Rico, Ches en Abigail #4482 -----------------------------

CORBUN MULLER. Baie geluk ons oudste met "sweet sixteen". Baie trots op jou. Mag God jou seen met baie sukses - Pa, Ma en Shanell #4483 ----Baie geluk met jou 16de verjaardag. Bly die voorbeeldige seun wat jy is. Van: Ouma Fien en familie #4484 -----------------------------

RONEECHEE JACOBS 6 Mei. Jou vierde verjaardag ouma se vreugde. Ek dank God vir nog n jaar by jou lewe. Liefde - Ouma Lizy #4485 ----Baie geluk Mamma se blomtuin. Jy is my alles. "Love you to the moon and back" Whitny #4486 -----------------------------

Wie word veertien? - CHARME ARENDSE. Geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou baie jare spaar. Liefde - Mammie, suster, twee broers en Gursie #4487

11

3 Mei 2017

ALONZO - 9 op 1 Mei. Baie geluk met jou verjaardag. Ouma is baie lief vir jou #4488 -----------------------------

BRESKE - op 5 Mei is jy ses jaar oud. Jy is Mammie en Pa se sonstraaljie. Baie lief vir joue - Mammie, Pa en Vonzalow #4489 ---Lekker verjaar Ouma se liefde. Van: Mamma Wilma, sussies, boeties, niggies en neefs klomp liefde #4490 -----------------------------

JUF SLINGERS – 2 Mei. Baie geluk met u verjaardag. Dankie vir alles wat u doen vir die gemeenskap. Spreuke 31. Van: Fien en Interkerklike susters #4491 -----------------------------

Ma, vir die wêreld is jy net ‘n ma, maar vir ons familie is jy ons hele wêreld. Lekker verjaar. Liefde – Guswill & Hubert #4492 -----------------------------

Antie LALLAS en my ma SUENAY. Veels geluk met jule twee se verjaardag op 5 Mei. Alles wat mooi is vir die dag. Van: Charné, Lee-Hugo en Anicia #4493 ----Geluk Suenay September met jou verjaarsdag op 5 Mei. Mag jy 'n mooi dag hê. Lief vir jou tjomma - Marenda en Janine #4494 ---Neytjie, hoop jy verjaar lekker. Sien by die "whitehouse" vir 'n lekker kuier - Iemand wat mal is oor jou #4495 -----------------------------

NICHOLAS FORTUIN – Geluk met jou verjaarsdag. Dankie dat jy so baie vir ons doen. God seën.

Liefde – Ma, Pa en familie #4496 -----------------------------

Kyk wie is 60? RICHARD BARENDSE (Uncle Toppels). Baie geluk. Van: Huisgesin #4497 -----------------------------

LEONARD APRIL (Olie) – 60 op 5 Mei. Wens u ‘n geseënde en voorspoedige jaar toe. Mag die Here nog vele jare spaar. Van jou susters #4498 -----------------------------

Raai wie word 50? Baie geluk van jou kollegas en buite merchandisers #4499 -----------------------------

ANNIE WILLIAMS – 4 May. Happy Birthday and God’s richest blessings on your special day. Give it all to Jesus.. Your friend– Fien and family #4500 -----------------------------

CARLO ABRAHAMS – 5 Mei. Baie geuk met mondigwording. Lekker verjaar en geniet die dag. Liefde – Daddy, Nanna, Sowayda, Elwena, Jonade, Micha en Sussa #4501 ----Lekker verjaar. Bly getrou aan ons. Baie geluk met jou mondigwording. Liefde – Ouma en Oom Ben #4502 -----------------------------

Geluk COURTNEY met jou 21ste verjaardag op 06 Mei 2017. Mag God jou ryklik seën jou Ma, Pa, Susters, Broers en al die kleinspan #4503 ----Geluk Courtney met jou 21ste verjaardag. Seënwense - Ouma en Raphael #4504 ---Geluk met jou mondigwording. Voorspoedige nuwe lewensjaar met baie seëninge. Liefde –

Tamma, Pappie en kinders #4505 Geluk Courtney met jou 21ste verjaardag op die 06/05/2017. Mag God jou ryklik seën. Van: Tacha, Emile en Kinders #4506 ----Lekker verjaar. Mag God jou ryklik seën. Van: Granville, Chantall en kinders #4507 ----Geseënde verjaardag Courtney op 06 Mei. Baie liefde - Clemence, Reggie en Kinders #4508 ----Geluk Courtney met jou 21ste verjaardag op die 06/05/2017. Mag God jou ryklik seën. Van Barnard, Lize en kinders #4509 -----------------------------

ANTONIO NOVEMBER. Baie geluk met jou negende verjaardag op 8 Mei. Bly die pragstuk en voorbeeldige kind Mammie, Ouma en Oupa #4510 -----------------------------

BETS - 4 Mei. Baie geluk met jou verjaarsdag. Ek wens jou mooi dinge toe. Geniet die dag - Anna en gesin #4524 -----------------------------

BROWIN. 7 Mei. Nog 'n jaar is by jou lewe gevoeg. Lekker verjaar. Geniet dit - Ma, suster, Anna en gesin #4525 ----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

CHRISTOLENE JURIES - 6 May 2017. Your second birthday in Heaven. Remembering you is easy, I do it everyday Rest in peace dear friend – Lizzy #4511 ---My dierbare vrou en Ma - ons verlang elke dag na jou. Gelukkige verjaardag in die hemel. Chris en kinders #4512 ---Jou tweede verjaarsdag in die hemel en die gemis is steeds daar. Ons dink elke dag aan jou.Lategan familie #4513 -----------------------------

OUMA LIZZIE HART – 6 Mei. Vandag sou dit die ystervrou se 96ste verjaardag gewees het. Verlange is groot. Liefde, u ses kinders #4514 ---Ons mis Ouma elke dag. Geseënde verjaardag - Kleinkinders, agter kleinkinders en agter-agterkleinkinders #4515 -----------------------------

CHRISTIAN GYSENBERG (Kitto) – Jou vierde verjaardag met God en Sy engele. Woorde kan nie beskryf watter leemte jy agtergelaat het nie. Lief jou ewig. Verlangende Ma en familie #4516 ---6 May – Your fourth birthday away from us. Your life was a blessing, your memory a treasure. Loving son, Cyle #4517 -----------------------------

MIRILDA WILLIAMS – 2 Mei. Jou derde verjaardag asook derde jaar weg van ons. Mis jou baie - Daddy, Mammie, Tiffany, Rayna, Essie, Keith, Ruwade & Keishia #4518 -----------------------------

MARIA MARGARETHA (Mary) LEANDER 25:11:46-02:05:2014 Mamma drie jaar vandag in die hemel met ons hemelse Vader! Ons mis Mamma. Liefde - Cardin, Lize-Mare, Damian #4519 -----------------------------

CHRISTIENA (Syster) PIETERSEN. 2 Mei. U sesde verjaardag saam met die engele. Die verlange en gemis word elke dag groter. Rus in vrede – Liescel, Amelia, Willene en Jayden #4520 ----My dierbare vrou en ma. Die verlange is groot, maar troos ons jy is veilig by Jesus. Jou man, Jan, Janene, Lorenzo, Chriszeldo en Jeneska Lee #4521 ----My suster, ons troos is dat jy nie meer pyn het nie. Jy is veilig by Jesus. Rus sag – Nona, Simoné, Roslyn en Chanté #4522

---Hoe graag wil ons jou nog hier gehad het, maar Jesus het anders besluit. Jou lag het stil geword. Sal jou nooit vergeet – Syster en Pietersen familie #4523 -----------------------------

KANDAS BARENDSE – Agt jaar gelede weggeneem van ons. Word met groot verlange en hartseer aan jou gedink. Liefde - John Barendse #4524 -----------------------------


courant

NUUS • NEWS

3 Mei 2017

dié

12

SWARTLAND SPORT

Tel: 022 487 3221

3 Mei 2017

Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury Gholfklub Donderdag, 27 April : Beterbal Stableford Multiplier Chris Visser & Pieter Tepper 75, Sakkie Klaseb & Tommy Louw 69, Sakkie Klasen en John Smith 67

Saterdag, 29 April : Maandelikse Houespel Peter Willemse 68, Lindsay Meyer 68, William Matthysen 68, Wayne van Tonder 70, Michael Julies 71, Martin Lesch 73, Natie

Lillies: Die span van Abbotsdale het Saterdag die span van Mamre in 'n naelbytwedstryd geklop met 'n telling van 37-32 in die Groot Uit-

daag-beker van die Boland Rugby-unie. Dié naweek geniet die spanne 'n ruskans en die Boland Kavaliers pak die span van die WP op Velddrif in nog 'n senutergende wedstryd. Foto: David Howburg

Safari: By die 30ste jaarlikse Safari-halfmarathon wat Maandag op Wellington

aangebied is, het talle atlete van die Swartland-atletiekklub ook hul staal gewys in dié spier-kragmeting. Bo: Die Joubert-susters Renee en Anri het ook die wedloop voltooi. Regs bo is John Dürr saam met Mark Goliath.

Smith 74, Jaco Kriek 75, Franklin Beukes 75, Thinus Theron 76


c urant

dié

NUUS • NEWS Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

3 Mei 2017

26.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 412

22 Maart 2017

13


14

3 Mei 2017

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

3 Mei 2017

15


courant 3 Mei 2017

dié

16

BERGRIVIER SPORT

Tel: 022 487 3221

22 Maar t 2017

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
418 dié courant swartland en bergrivier by DieCourant - Issuu