Skip to main content

417 dié courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

26 April 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 417

26 April 2017

•THALI NEEM KOMBUIS OP HORINGS

Kok kook ‘n storm los op die kassie •Jaomi Zeeman

Skuif opsy, Gordon Ramsay en Jamie Oliver! Die 12-jarige Thali Hugo (foto regs) is besig om haar messe te slyp, haar kookvernuf te laat prut en die harte van televisiekykers regoor die land te verower. Hierdie plaaslike leerder van Hugo Rust Laerskool is een van die 10 jong kokke wat elke Woensdagaand in die gewilde KykNet-reeks, Kokkedoortjie, vir groot opwinding sorg. Volgens Thali het sy die advertensie vir die kompetisie een aand op televisie gesien. “Ek het dadelik vir my ma gesê ek wil inskryf. Ek hou van uitdagings,” sê sy. Sy het reeds, na afloop van die landswye oudisies, in 2016 gehoor dat sy ‘n finalis vir die kompetisie is, maar moes die geheim vir ‘n baie lang ruk bewaar. “Dit was ‘n baie lang tyd om die geheim te hou, ons mag vir niemand gesê het tot hulle die top 10 aangekondig het nie,” vertel Thali. “Ek het slegs die laaste twee dae van die derde kwartaal verlede jaar gemis. "Die reeks is tydens die Oktobervakansie van 2016 geskiet,” sê sy. Elke kind kon een ouer vir ondersteuning saamneem en Thali het besluit dat haar ma, Aletha, aan haar sy moes wees tydens die verfilming. “Aangesien my ma elke dag met kos werk, het ek besluit om haar saam te neem,” verduidelik sy. Thali verklap dat sy voor die verfilming haar kunsies in die kombuis met ‘n paar oefenlopies in sekere geregte probeer verfyn het. “Ek en my ma het ‘n lysie gemaak van ‘n paar basiese dinge wat ek wou oefen by die huis. "My gesin was baie bly, want hulle was die proefkonyne! "‘n Paar dae voor die kompetisie het ek net probeer kalm bly en rustig wees saam met my pa en susters, want ons mag hulle nie gesien het tydens die kompetisie nie,” vertel sy.

Kykers kon in onlangse episodes sien hoe Thali sing terwyl sy kosmaak. Sy vertel dat die opnames aanvanklik nogal senutergend was. “Daar was omtrent 60 mense wat op die stel gewerk het vir ons 10 kinders en ouers, so die kameras en mense het my nogal op my senuwees gemaak. "Maar later raak jy gewoond daaraan. Ek

het net heeltyd vir myself gesê om te fokus en een ding op ‘n slag te doen,” sê sy. Haar vriende en familie is baie opgewonde oor haar deelname aan Kokkedoortjie. “Hulle dink dis baie cool! My maats is net so bly vir my onthalwe. Sommige het saam met my by ons huis die eerste episode kom kyk. Tot my tannie wat in London bly, volg dit elke Woensdagaand,” vertel Thali. Daar is sowaar al vreemde mense wat haar op straat herken het ook. “Ons was vir die Paasnaweek op Langebaan en ‘n meisie van ongeveer my ouderdom het my herken. "Ons het so bietjie met mekaar gesels. Dit voel baie vreemd as mense wat jou nie ken nie jou sommer groet!” lag sy. Volgens Thali was die hoogtepunt van haar deelname aan Kokkedoortjie die vriende wat sy daar gemaak het. “Daar was geen kompetisie tussen ons nie. Ons het groot vriende geraak en is nou nog in kontak met mekaar. "Dit was een groot avontuur saam met hulle. As ons nie op stel was nie, het ons gespeel,” vertel sy. “My grootste uitdaging was om by die tyd te hou en binne die bepaalde tyd klaar te maak. Dis baie moeliker as wat dit lyk.” Vir hierdie plat-op-die-aarde kosliefhebber voel dit nog steeds onwerklik om haarself nou elke week op televisie te sien. Dit was ‘n ondervinding waar sy ongelooflike dinge geleer het. “My grootste les wat ek geleer het, is om respek te hê vir my bestanddele en ook dat dit net so belangrik is dat kos mooi moet lyk as wat dit lekker proe,” sê Thali. Oor hoe ver sy in die kompetisie gevorder het, is sy egter baie geheimsinnig. “Julle sal maar elke week moet kyk om uit te vind,” glimlag sy.

NUUS • NEWS


2

26 April 2017

NUUS • NEWS

Vaardigheidsontwikkeling Pret en plesier met inwoners by sakekamer bespreek van ACVV-dienssentrum

By die Drakenstein Sakekamer se vergadering was Angriff Coetzee (NTT Volkswagen), Karlien Theart (Succeed Group), Willem Liebenberg, Tobie van der Merwe (Succeed Group), Francis Nieuwoudt (Drakenstein Sakekamer) en Dirk Breytenbach (voorsitter: Drakenstein Sakekamer). Die Drakenstein Sakekamer het op Dinsdag 18 April hul maandelikse algemene vergadering by die NTT Volkswagen perseel gehou. Die ongeveer 50 lede wat dit bygewoon het, kon na die insiggewende praatjie van Tobie van der Merwe, strategiese bemarkingskonsultant by die Succeed Groep, luister. Hy het die voordele van vaardigheidsontwikkeling onder personeel in enige besigheid bespreek. Almal teenwoordig kon ook ‘n toer deur die nuwe kantore, vertoonlokaal en konferensiesentrum van NTT Volkswagen meemaak, waarna alle lede rondom ‘n heerlike ete saamgekuier het. Die Drakenstein Sakekamer vier hierdie jaar hul 70ste bestaansjaar en beplan om dit met ‘n heerlike funksie op 21 Junie by Rheebokskloof te vier. Belangstellendes kan die sekretaris, Francis Nieuwoudt, by 084 404 8995 kontak.

Die ACVV-dienssentrum op Wellington het op Donderdag 20 April ‘n heerlike Pretdag vir hul lede en genooide gaste aangebied. Die Oase-dienssentrum in die Paarl het by hulle aangesluit om te deel in al die pret en aktiwiteite. Langenhoven het gesê dat die ouderdom die vervaldag is van die uitstel wat aan die jeug gegee is. Daar was egter geen sprake van ‘n vervaldag, terwyl elkeen lustig aan die aktiwiteite deelgeneem het nie. Elke lid het met ywer en entoesiasme aan die interessante kompetisie-items meegedoen.

Nadat die program met innerlike versterkings soos broodjies, koffie en tee afgeskop is, het die aksie begin. Almal het aan die opwarmingsoefening deelgeneem, waarna ‘n groep plaaslike dienssentrumlede ‘n lyndansvertoning gelewer het. Hierna het het pret met elke aktiwiteit toegeneem. Terwyl almal in spanne aan die aflosspele, geheuekompetisies, stasie-aktiwiteite en ‘n “minute to win it” deelgeneem het, is daar baie gelag, spangees gebou en litte ge-olie. Uiteindelik is ‘n wenspan aangewys en die prettige saamkuier-geleentheid is met ‘n gesellige middagete afgesluit.

‘n Nuwe CD, Korreltjie Kantel, is Saterdagaand 22 April by die Bôrdienghuis bekendgestel. Die kunstenaars Luna Paige, Nick Turner en Jamie Jupiter het gedigte van Ingrid Jonker getoonset en in samewerking met RSG vir die CD laat opneem. Volgens Luna is die liedjies oorspronklik vir die RSG-kunstefees geskryf en ook daar vir die eerste keer as deel van ‘n produksie oor die lewe van Ingrid Jonker en André P. Brink gespeel. “Die intense liefdesverhouding van dié

twee skrywers was die wegspringplek vir die geboorte van hierdie toonsettings en CD. "Die boek ‘Vlam in die sneeu’, wat die liefdesbriewe van Ingrid en André vervat, het as agtergrond vir die samestelling van die hele produksie en die ontstaan van die liedjies gedien,” het sy verduidelik. Alhoewel die liedjies groot byval by RSGluisteraars gevind het, is dit eers onlangs in ‘n ateljee op ‘n CD verewig. “Ons is bevoorreg om dit hier by die Bôrdienghuis bekend te stel,” het Luna gesê.

Korreltjie Kantel bekendgestel

�������� t Skollie Die Wellington Bejaardesorgsentrum bied op 5 Mei ‘n Sop-en-Fliekaand by die Wellingtongemeenskapsaal aan. Hierdie fondsinsamelingsinisiatief word in samewerking met die Wellington Museum aangepak. Volgens Olivia Le Cordeur, kurator van die museum, beloof dit om ‘n baie interessante kuieraand te wees. “Behalwe vir die feit dat almal saam gaan fliek en eet, gaan die skrywer en akteur John Fredericks ook ‘n praatjie lewer wat die groot maatskaplike euwel van drank- en dwelmmisbruik sal aanspreek,” sê sy. Die fliek, “Noem my Skollie”, wat by hierdie tema aansluit, sal tydens die aand vertoon word. Die aand sal om 19:00 afskop en toegang is R30 per persoon. Besprekings is noodsaaklik en belangstellendes kan die Wellington Bejaardesorgsentrum by 083 940 3797 of 074 706 8386 óf die museum by 021-873 4710 in hierdie verband kontak.


NUUS • NEWS

26 April 2017

• ‘ONS IS EEN FAMILIE’

Nuwe woonstelle vir 12 werkers Fotokompetisie:

Hy was voorheen verbonde aan die Hugenote Laerskool en daarna aan die destydse WOK. Hy was veral bekend as skrywer. Wie is hy? Deelnemers kan hul antwoorde by die Museum inhandig. Die prysgeld beloop R150. Die vorige kompetisiewenner is Liezl Gossmann-Williams met die antwoord Adam Small.

Bo: Lucy Warner (Co-op Group UK), Ed Robinson (Co-op Group UK), Ivan Thomas, (voorsitter Adama Werkers Trust), Jannie Bosman, Conrad Poole (burgemeester) tydens die oorhandigingseremonie. Regs: Petrus Bosman staan by Jeanette Oliphant, terwyl sy haar nuwe kombuis bewonder. Twaalf werkers van die Bosman Family Vineyards het op Woensdag 19 April die sleutels tot hul splinternuwe woonstelle ontvang. Die Bosman-familie het, as deel van hul Adama Werkers Trust inisiatief en in samewerking met die Co-operative Group in die Verenigde Koninkryk, ‘n hele woonstelblok, Adama Heights II, vir twaalf van hul werkers in die dorp laat bou. Rita Andreas, voormalige voorsitter van die Adama Werkers Trust en raadslid van die Drakenstein Munisipaliteit het tydens die oorhandiging van die sleutels gesê dat almal wat by die Bosman Family Vineyards werk, werklik soos familie is. Sy het ook die Bosman Adama Plaaskoor tydens hul optrede by hierdie geleentheid begelei. Drakenstein se uitvoerende burgemeester, Conrad Poole, het tydens die verrigtinge gesê dat die Bosmans ‘n voorbeeld stel van hoe privaat ondernemings die hande van die munisipaliteit

en regering kan sterk vir beter uitkomste. “Een van ons grootste uitdagings bly behuising. Daar is baie mense op ons waglyste. Die Bosman Adama Trust stel met hierdie woonstelle ‘n wonderlike voorbeeld en sterk die munisipaliteit se hand om hierdie probleem die hoof te bied. "Hulle versterk nie net hul werkers se menswaardigheid met hierdie woonstelle nie, maar bemagtig hulle ook om selfstandige, verantwoordelike lede van die gemeenskap te wees,” het hy gesê. Volgens Petrus Bosman is dit vir die Bosman-familie ‘n voorreg om die woonstelle vir hul werkers beskikbaar te stel. “Hierdie projek is die resultaat van die samewerking tussen baie mense. Die Co-op Groep wat ons Fair Trade-wyne ondersteun maak ‘n groot gedeelte hiervan moontlik. "Met hierdie projek wil ons waardigheid aan ons werkers gee en hulle bemagtig. Ons is regtig ‘n familie,” het hy gesê.

3


courant

dié

4

26 April 2017

Promosie

Gaan na Wellington

In Spreuke 6:6 staan daar: “Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom.” Hierdie week was Wellington ‘n miernes van bedrywighede en as enigeen ‘n bietjie lui voel of inspirasie kortkom, kan hul gerus maar die werkermiere van die Wellington-kolonie kom bestudeer. Sowat van ‘n gewerskaf, produksielyne, inisiatiewe en talent sal ‘n mens moeilik op enige ander plek aantref. In tye wat dit amper gewild geword het om op moedverloor se vlakte te sanik, handdoek in te gooi, tou op te gooi of sommer net met gereelde intervalle diep te sug, is daar in ons dorp maar min tyd vir sulke dinge. Nee wat, hier word liewer kreatiewe disse deur jong kokke opgetower, gewerskaf om duisende mense tydens die Safari Halfmarathon welkom te heet, aksies geloods om Bainskloof mooi skoon te kry, pretdae gereël, woonstelle vir plaaswerkers gebou, CD’s bekendgestel, gemeenskapsprojekte geloods, internasionale prestasies gelewer en nagte lank aan musiekblyspele geoefen. ‘n Mens sou sweer ons mense het miere. Eugene Marais het vir tien jaar lank ‘n ondersoek na die organiese eenheid van die termietnes gedoen. Hieruit het talle artikels en uiteindelik die publikasie van sy bekende “Die siel van die mier” gespruit. Een week in April is egter genoeg om die organiese eenheid van Wellington te ondersoek en ‘n gevolgtrekking te maak: “Gaan kyk na die mense in ons dorp, luiaard, kyk hoe hulle werk, en leer by hulle.”

It’s Good News

NUUS • NEWS

dr. Marc Blackwell Snr

Do we trust God

Joseph trusted God and did right! Joseph was a young man chosen by God to do an extraordinary task. He was faced with a variety of circumstances that would test the faith of anyone. Joseph remained faithful to God during times of TREACHERY by his own brothers. Joseph honored God through many TRIALS and his Egyptian master by refusing to commit adultery with Potiphar’s wife. Joseph wanted to honor God with his life. Joseph replied to Potiphar’s wife. “...‘How then can I do this great wickedness, and sin against God?’ Joseph trusted God and also did right through times of ease and TRIUMPH. Providentially, Pharaoh’s butler and baker were put into custody in the house of the captain of the guard in the prison where Joseph was confined. In God’s “providence” {God’s ‘care- in-action’ Joseph’s interaction with the butler brought about his release! Pharaoh, amazingly took him out of prison and made him second in command over all of Egypt. In Psalm 105:20-23, we read that “The king sent and released him, The ruler of the people let him go free. He made him lord of his house, and ruler of all his possessions, To bind his princes at his pleasure, And teach his elders wisdom.” Joseph kept trusting God in TRUTH and kept serving the Lord in the midst of the often difficult circumstances he faced! Throughout treachery by his brothers, testing as a slave in Potiphar’s house, temptation by Potiphar’s wife, trials in prison and triumph in Pharaoh’s palace, the superintendence and blessing of God were evident. The truth of God’s love and care is gloriously illustrated in Joseph’s life journey and can be a part of your life-story too - JUST TRUST GOD!

PnP-seëls: Desne

Julies is die wenner van April se seël-kompetisie. By haar is Mathew Jacobs en Janine Leliefeld van Pick ‘n Pay Wellington.

Safari deel van erfenis Saam met die Bainskloofpas, heerlike wyn, Andrew Murray, pragtige berge, wingerde en ongelooflike natuurskoon, is Wellington met nog iets sinoniem: die Safari Halfmarathon. Hierdie jaarlikse instelling op Wellington se kalender. Hierdie legendariese wedloop deur ons pragtige vallei sal vanjaar vir die 30ste keer op 1 Mei aangebied word. Volgens Johan Swanepoel van die plaaslike Rapportryers Korps, is dié vereniging reeds sedert die beginjare van die wedloop by die organisasie daarvan betrokke. “Daar is reeds in 1986 met die idee van ‘n plaaslike halfmarathon vorendag gekom. Die eerste wedloop het in 1988 plaasgevind en het soveel byval gevind dat dit ‘n jaarlikse hoogtepunt geword het,” vertel hy. Hierdie wedloop het uiteindelik gegroei tot een van die mees gesogte wedlope vir plaaslike atlete, drawwers en stappers. Dit lok ook duisend mense van elders in die land en is veral gewild omdat dit nie net ‘n geleentheid aan atlete bied nie, maar ook ‘n heerlike gesinsaktiwiteit is. Johan vertel dat dit die hoofdoel en motivering van die Rapportryers met die loods van hierdie projek was om die natuurskoon van Wellington aan die breër publiek bekend te stel, algemene fiksheid te bevorder, om die Rapportryers aan mense bekend te stel en om as ‘n fondsinsameling en ekonomiese inspuiting vir

die dorp te dien. Die naam van die halfmarathon is ontleen aan die droëvrugte-produkte wat eie is aan ons dorp en van wie die vervaardigers ‘n hoofborg is. Een van Wellington se baassweepvlegters, Neels Bester, het ook tot met sy afsterwe die deelnemers met die klap van sy sweep laat wegspring. Hierdie tradisie dateer terug na die tyd toe Wellington as die Wagenmakersvallei bekendgestaan het die die beste wamakers in die land hier gewoon het. Die roete van die halfmarathon dek bekende Wellingtonse bakens soos die Andrew Murray standbeeld, die mooiste Bolandse plase met Groenberg en die Bainskloofpas in die agtergrond, sowel as die Perdeskoen. Vandag is die sukses van hierdie jaarlikse gebeurtenis toe te skryf aan die samewerking van verskillende rolspelers. Die Rapportryers, Wellington-atletiekklub en Top Events sorg dat die Safari Halfmarathon as een van die beste en lekkerste wedlope in die Wes-Kaap beskou word. Hiervan getuig die talle toekennings wat dié wedloop reeds van die padhardlopersverenigings en hul nasionale tydskrifte ontvang het, die hoë puntetotaal wat die onafhanklike wedloopskeidsregters aan die organiseerders toeken en die duisende mense wat weer op 1 Mei in Wellington by die wegspringpunt gaan aanmeld om die 30ste Safari Halfmarathon aan te durf.


NUUS • NEWS

5

26 April 2017

LOWER PRICES

SAVE R12

PnP Uncooked Beef Potjiekos Bone in

ON WHAT YOU NEED MOST

R

62

Per kg

SAVE R13

Ola Rich ‘n Creamy Ice Cream Assorted 2 Litre Each

R

39

99

BUY ANY 3 FOR

SAVE R11.70 Danone NutriDay Smooth Yoghurt Assorted 6 x 100g

Blue Ribbon White Toaster Bread 700g

no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 2kg

R

R

R

33

10

99

49

99

R PnP Bulk Tenderised Steak

84

Per kg

OVER 1000 ITEMS ON SPECIAL

Plus we've dropped prices on 1300 everyday items

+ SAVE R6.70

Nestlé Breakfast Cereal Assorted 365-490g Each

Hug-in a-Mug Assorted 10s Per Pack

PnP White Sugar 2.5kg

R

R

R

29

99

41

99

34

99

SAVE R13

BUY 3 FOR

Koo Baked Beans in Tomato Sauce 410g

R

Coca-Cola Regular 2 Litre

25

PERSONALISED

DISCOUNTS

R

Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.

99

BUY ALL FOR

Lay’s Potato Chips Assorted 125g

R

34

90

39

39

99

R

42

59

109

WAS R49 Porcupine Ridge Sauvignon Blanc or Rosé 750ml Each

Black & White Blended Scotch Whisky 750ml

99 Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Shop online at www.picknpay.co.za

PRICES VALID 25 APRIL - 1 MAY 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

R

38

99

SAVE R13

PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

R

99

Sunlight Dishwashing Liquid, Handy Andy All Purpose Cream and Domestos Sanitary Cleaner Assorted 750ml

R

BUY BOTH FOR

PnP Tomato Sauce 700ml and Nola Mayonnaise Assorted 730-780g

Ariel Auto Washing Powder with/without Downy 2kg, Liquid Detergent with/without Downy 1.5 Litre or Capsules 15s Each

R

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

MMWCHS1358

R

SAVE R10

R

+ +

ON WHAT YOU

BUY MOST

12

BUY ANY 3 FOR

White Star Super Maize Meal 5kg

R

42

99

209

Castle Lite 24 x 500ml Cans


6

26 April 2017

NUUS • NEWS

Klanke van musiek rol oor Mot��tsklub bring hoop die heuwels van Hugenote in Wellington

“The hills are alive with the sound of music...” Hierdie tydlose refrein uit een van die gewildste musiekblyspele van alle tye gaan in Mei in Hugenote Hoërskool se skoolsaal weergalm. Die skool het die regte bekom om Richard Rodgers en Oscar Hammerstein se geliefde musiekblyspel, The Sound of Music, vir Bolandse gehore aan te bied. Die regie word deur Liandé Strömbeck en André Terblanché behartig, terwyl Nicolene During die choreografie hanteer. Volgens Johann Enslin, bemarker by die skool en produksiehoof van die blyspel, is dit ‘n ongelooflike produksie waarin die skool se leerders in professionele akteurs en sangers ontpop. “Wanneer hulle op die verhoog klim en hulle ding doen, kan ‘n mens nie glo dit is net gewone hoërskoolkinders nie,” sê hy. Die bekende storie van Maria en die Von Trapp-kinders is die eerste keer in November 1959 in Broadway opgevoer – en sedertdien regoor die wêreld. In 1965 het die filmweergawe, met Julie Andrews in die rol van Maria, met vyf

Oscar-beeldjies weggestap. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die skool so ‘n groot produksie aanpak. “Hugenote Hoërskool het in Mei verlede jaar groot sukses behaal toe Beauty and the Beast meer as 1 500 mense na die skool gelok het. Ons hoop om hierdie jaar daarop te bou en selfs te verbeter,” sê Johann. Die rolverdeling bestaan uit 50 lede, waarvan byna almal leerders is. “Ons het die bekende operasangeres, Adri Louw, as Mother Abbess ingevoer,” vertel Johann. Wat die musiek betref kan gehore uitsien na ‘n simfonie-orkes met 26 lede, wat strykers, blasers en slagwerk insluit. Om te deel in die betowering van tydlose treffers soos “Edelweiss”, “My Favourite Things”, “Climb Every Mountain” en “Do-Re-Mi”, kan gehore die vertonings van 8 tot 11 Mei bywoon. Kaartjies is by Hugenote Hoërskool te koop. Vir enige navrae kan Johann Enslin by 021-873 2111 of jenslin@hugenoteskool.co.za gekontak word.

Op Sondag 23 April het Wellington se strate met die klank van veertig pragtige motorfietse gebrul. Hierdie fietse behoort aan lede van die Cape Town Motorcycle Club wat besluit het om Huis Andrew Murray (HAM) en Sunfield Home te besoek. Hul besoek aan hierdie twee plaaslike instansies was egter nie net om sosiale redes nie, maar is ook as ‘n geleentheid vir die oorhandiging van groot skenkings deur die klub benut. Klublede het ‘n verskeidenheid van baie nodige gebruiksitems soos toiletware, skryfbehoeftes, kos, lekkergoed, speelgoed en selfs sporttoerusting aan HAM en Sunfield Home oorhandig. Die motorfietsryers is deur die inwoners van

beide instansies met groot opgewondenheid en afwagting ingewag en ontvang. Volgens Bobby McGee, kaptein van die motorfietsklub, is dit vir hul lede wonderlik om iets aan die gemeenskap te kan teruggee. “Om mekaar te help en uit te reik in die gemeenskap is nie iets wat ‘n mens in isolasie en net by sekere geleenthede moet doen nie. Dit moet ‘n lewenswyse wees,” het hy gesê. Die inwoners van Sunfield Home het met entoesiasme met die motorfietsryers, wat beloof het om weer te kom kuier, gesels. Met hierdie gebaar doen Cape Town Motorcycle Club beslis hul leuse gestand: “Hoe meer jy gee, hoe meer ontvang jy.” “Ons hoop om Wellington gou weer te sien,” het Bobby gesê.

Olyffees - punte om te besoek: Vanjaar kan feesgangers Het Vlock Casteel, Pulpit Rock, Olive Boutique, Allesverloren, Riebeek Kelder, Kloovenburg Wyn -en Olyf Landgoed en die dorpsplein op Riebeek-Kasteel besoek. By Het Vlock Casteel kan die talent van Jimm Harrison met ‘n plaaslike boetiek bier in die hand het en ‘n asemrowende uitsig geniet word. Hul vat verouderde Het Vlock Casteel-rooiwyn is per bottel of glas te koop. Daar is egter geen wynproe geleentheid nie. Sien hier uit na ‘n verskeidenheid olywe en tuisgemaakte olyfprodukte wat wissel van olyfoliebotter tot olyfroomys. Vars oesters en mossels is saam met die plaaslike Pieter Cruytoff Vonkelwyn beskikbaar. Sien ook uit na ligte verversings te koop. Trekkerritter teen R5 ‘n koepon per persoon is beskikbaar tussen onhaalsentrums. Pulpit Rock bied op sy beurt gratis wynproegeleenthede vanuit ‘n keuse van geselekteerde Brink familie wyne. Daar is ook ‘n geleentheid om die bekroonde wyne teen ‘n ekstra fooi te proe. Sien uit na egte roosterkoek en potjiekosdisse. Daar is ook gratis geleentheid om olywe te proe. Gryp die geleentheid aan om jou gholfvernuf uit te oefen. Indien jy hou van oudhede, is die antieke trekker uitstalling die plek vir jou. Die Olive Boutique bied ‘n olyf oasis wat jy nie mag misloop nie. Geniet ‘n sjef geïnspireerde Swartlandse piekniek. Geniet ook die antieke vrug in al sy vorme, wat gourmet olyfprodukte, ekstra gesuiwerde olyfolies en ongefilterde olies insluit. Wat die nektar betref, kan feesgangers uit sien na Riebeek Kelder se wynreeks, Flagship Craft Beer en Hope on Hopkins Gins& Martinis. Vermaak sluit Johnny Ray Acoustic Blues Band in. Op Sondag kan ‘n addisionele werkswinkel verwag word plus vele meer aktiwiteite.

Riebeek-Kasteel se dorpsplein is op die Saterdag vanaf 09:30 tot 17:00 oop en Sondag weer tot 16:00. Toegang is gratis vir paspoorthouers. Hier sal stalletjies, vermaak, ‘n kinder speelarea en ‘n verskeidenheid lekker dinge wees om te doen. By Allesverloren sal ‘n Country Market binne en buite reg staan vir besoekers met stal-

letjies wat Allesverloren wyne verkoop, asook Allesverloren Muskadel Slushpuppies, boetiek biere, olyfprodukte, Oos-Kaapse biltongprodukte, Italiaanse kosse en vele meer. Die musiekgroep Newton and Co sal sorg vir vermaak. Die wynwinkel sal ook oop wees vir wynproegeleenthede en verkope. Kontak gerus 022 461 589 vir meer inligting. Geniet ook die heerlikste disse by hul restaurant, Pleasant Pheasant.

Kloovenburg Wyn -en Olyf landgoed met sy eikebome van oor die 150 jaar oud bied vanjaar ‘n verskeidenheid stalletjies aan en sluit onder meer Duitse Pizzas, pannekoeke, internasionale kase, Bali Meubels en vele meer in. Hul uitgebreide reeks olyprodukte sal beskikbaar wees om te proe en te koop. Vanjaar kan jy ook die landgoed se gewilde en unieke geskenkpak koop. ’n Verskeidenheid koffie, wyne (per glas of bottel) en sappe sal sorg dat niemand dors sal raak nie. Sien uit na die bekroonde TWEE (Solo Herman) vir vermaak. Vir die kinders is daar ‘n splinter nuwe springmat en boereworsrolle vir die hongerpyne. ‘n Begeleide toer en olyfpars demonstrasie vind op Saterdag en Sondag om 10:30 plaas. Die kostes is gratis vir paspoorthouers en geen besprekings is nodig nie. Riebeek Kelder bied vanjaar op sy beurt weer ‘n “Wild Olive Acoustic Stage” met die akoestiese klanke van Franscois van Coke, Valliant Swart, Soetmelk, Marcia Moon Mono, Pony en vele meer. ‘n Verskeidenheid kosstalletjies sal beskikbaar wees, terwyl daar ook hope vermaak vir die kinders is. ‘n Vervoerdiens word vanaf die dorpsplein beskikbaar gestel om die perfekte uitspanplek vir jou te verseker. Hekke open Saterdag om 09:30. Kom vroeg, want plek is beperk. Vir die Sondag kan feesgangers uitsien na hul gewilde Riebeek-Familie-Steak-Braai om 12:15, asook akoestiese klanke deur Franscois Haasbroek. Daar is ook wynproegeleenthede. Vir alle wynliefhebbers is daar ‘n eksklusiewe wynproegeleentheid met hul wynmakers beskikbaar. Bespreek nou jou plek by info@riebeekcellars.co.za


NUUS • NEWS

Dagboek • Calender

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Oefening is vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United-rugbyklub Hillcrest United-rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Vir meer inligting kontak die klub-sekretaris: Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com Evita se Perron 28 April: Evita se Perron presents an evening of contentporary Folk music with Jenny and the Jameses. Tickets are R100 and the show starts at 20:00 For bookings call 022 492 3930 or bookings@ evita.co.za Hugenote Hoërskool 8-11 Mei: Die Hugenote Hoërskool bring

eersdaags die storie van "Sound of Music" op die planke. Kaartjies is vanaf 6 Maart beskikbaar by die skool. 8-10 Mei se kaartjies is R90 vir volwassenes en R60 vir kinders. 11 Mei is die Gala-aand. R200 per persoon en dit sluit n 3-gang ete in. Koorfees by Hugo Rust 18 Mei: Laerskool Hugo Rust bied aan 'n Koorfees om 18:00 vir 18:30 by die Laerskool Hugo Rust. Ander kore wat gaan deelneem is Laerskool Durbanville, Laerskool Bastion, Worcester-Noord Primêre Skool, Hoërskool Hugenote met die gaskunstenaar - André Terblanche Vir enige navrae kontak 021 873 1598 / ontvangs@hugorust.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskool Saal om 19:00 Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Wellington Huismark 3-6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met lewendige musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart fasiliteite beskikbaar Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel ontbyt om 10:00 by Wellington Noordkerksaal Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin bied aan hul Gholfdag by die Wellington Gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.

7

26 April 2017

NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington Kontak : 083 258 8717 / 021 873 3375

��������� Smalls GELUKWENSINGS CONGRATULATION ELUKWENSINGS CONGRATULATIONS ALETTA WESSELS - 26 April. Wens jou oorvloedige geluk en liefde. Mag al jou drome ‘n werklikheid word. Van Scanning – Kaap Agri. #4413 ----------------------------OUPA KLASIE - 25 April. 'n Geskenk wat goud nie kan koop. 'n Pa duisend en spesiaal. Liefde - Rika, Marika, Marisca, Denzil, Henlize en Timma #4414 ----------------------------29 April - Pa, is ons rots, en is alles wat ‘n kind van ‘n pa verlang. LOEKIE, ons Hero. Lekker verjaar. Liefde - kinders en kleinkinders #4415 ----------------------------JOSHUA – Baie geluk met jou derde verjaardag op 24 April. Mag jy ‘n lekker dag hê my grootman. Tonne liefde – Biekie #4416 ----------------------------FRANCINA EN THINUS - 25 April is ons agtste huweliksherdenking. Dankie dat jy altyd daar is vir my. Ek is baie lief vir jou – Vroulief Francina #4417 ----------------------------YVONNE HART. 30 April. Met God se genade sal jou man jou wense vervul met ‘n plesierbootreis. Baie liefde – Manlief Willie, kinders en kleinkinders #4418 ----Geluk met jou verjaardag. Geniet dit. Alle seënwense op die water. Van: skoonsus Fien en kinders #4429 ----------------------------Guess who’s turning 21 on 29th of April. BERNIE stay as sweet as you are. Much love - Nadia #4419 ----------------------------SAMANTHA LOUBSER – 26 April. Mag jy ‘n wonderlike dag hê. God se rykste seën. Van: Mammie, Pa, jou kinders en res van familie #4420 ----------------------------JO-LIN LOUBSER – 27 April. Geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seën. Van: Mammie, Pa, jou twee kinders en res van familie #4421 ----------------------------ZEKE BUCHANAN – Congratulations on your second birthday on 26 April my son. Hope you have a fabulous day. From : Mommy and Deacon #4422 ----------------------------30 April – Geluk Oupa met u verjaarsdag. Mag God Oupa nog baie jare spaar. Lekker verjaar. Kinders, skoondogters en ses kleinkinders #4423 ----------------------------AREND SEPTEMBER – 30 April. Baie geluk met jou verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar vir jou. Liefde – Shanaaz, kinders, Pa en Ma #4424 -----------------------------

EDWINA BARENDSE – Gods richest blessings on your birthday. Enjoy your day. From your collegues at County Fair #4425 ----------------------------Raai wie is 6? Veels geluk. Met liefde van Pa, Oumie, Oupie, Nanna en Uncle #4426 ----------------------------BRYLENE WILLIAMS – Veels geluk met jou verjaarsdag. Mag al die volgende jare oorloop van liefde en seëninge. Mammie en Daddy #4427 ----Baie geluk met jou 21ste verjaardag, Hoop al jou drome kom waar. Goedheid en guns volg jou. Liefde – Guswill #4428 ----------------------------26 April – Geluk Mamma en Pappa met jul 31ste huweliksherdenking. Mag God jul liefde versterk en seen. Liefde – Pauline, Shamos, kleinkinders en agterkleinkind #4430 ----------------------------26 April – Happy birthday PAULINE. Wishing you all of the best. Stay the loving, caring person you are. Love you always – Shamos #4431 ----Geluk Ma en Ouma met jou 38ste verjaarsdag. Baie dankie vir wat Ma vir ons beteken. Liefde – Steph-Line, Marico, Marché en Deonise #4432 ----------------------------ELIZABETH JANTJIES – 28 April. Baie geluk met jou 60ste verjaarsdag. God seën. Liefde – Malmesbury SAPS #4433 ----------------------------LUZEL – 28 April. Baie geluk met jou geboortedag. Alles wat mooi is. God seën. Van jou familie #4434 ----------------------------BIANCA – Geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Liefde – Mammie, Matoe, Clemencia, Ricardo, Hulldrick en Clemenique #4435 ----------------------------JENICKE – Agt op 25 April. Geluk met jou verjaardag. Jy moet jou dag geniet onse blompot. Baie liefde – Mammie, Daddy, Clemmy en die Cloete gesin #4436 ----------------------------My pragtige dogter LEZAHN. God se rykste seën met jou verjaarsdag. Mammie is baie, baie lief vir jou – Claudia #4437 ----------------------------26 April – Baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy verjaar lekker. Baie lief vir jou – Pa, Tino, Lathum en Nicky #4438 ----18 op 26 April. Baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy bly die mens wat jy elke dag is. Lekker verjaar Louisa Nero #4439 ----------------------------Geluk met jou geboortedag op 27 April. Geniet jou dag en mag daar nog

vele jare wees. Van: Mammie, Emjay en drie susters #4440 ----------------------------KAYLEEN – 21 op 24 April. Geluk. Mag God jou ryklik seën en die jare vorentoe. Van: Mammie, Daddy, Kurt, Byron en Ouma Betty #4441 ----Wishing you a day as sunny as your smile. As warm as your heart. Love – Feedy, Tashric, Tahir and Vaughn #4442 ----Geluk met jou verjaardag. Gos se rykste seen. Van: Aunty Esmay, man Wilbar en Sandrë #4443 ----------------------------JOAN – Baie geluk met jou verjaardag vroulief. Ek lief jou baie. Manlief Hennie #4444 Baie geluk aan ‘n wonderlike Ma en Ouma. Ons waardeer alles wat u vir ons doen. Maxzeen, Jayden en Pensie #4445 ----Baie geluk Ma met Mammie se verjaardag. Ons is lief vir Ma – Henzino en Hailley-Jane #4446 ----Vandag is ons bly saam met Ma op die spesiale dag. Baie geluk – Jamie en Boeta #4447 ----Baie geluk met u verjaardag Joan. Geniet jou dag – Gardener familie #4448 ----------------------------Raai wie is 21 op 28 April. Baie geliuk met jou mondigwording. Van: Ma, Jason, Mandy, Meagan, Le-Zania, Uncle Bob #4449 ----Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Alle mooi dinge vir jou vorentoe. Van: Ouma, Mammie, Janni, Adriel, Ernest, Murlyn, Ernecia #4450 ----------------------------JAN (Makwak) en RIETA - Baie geluk met jul 10 jaar huweliksherdenking op 28 April. Mag die Here julle nog vele jare byvoeg. Jul vriendin – Amelia Syster #4451 ----------------------------Raai wie word 50 – Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou ryklik seën . Baie liefde – Henrietta (jou vrou) #4452 ---------------------------REGAN JORDAN DOUGLAS – Geluk met jou eerste verjaardag. Geniet jou dag liefie. Baie lief vir jou - Mammie, Preston, Ouma en Oupa #4453 ----Geluk met jou verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou. Van: Jou peetpa, peetma, Marlene Adonis en Kevin Pick #4454 --------------------------BERNADINE - 21 op 29 April. Geluk met jou mondigwording. Behou jou mooi persoonlikheid. Baie liefde - Mammie, Pappie & Shermekia HANNELIE – Wonderlike vrou en Ma. Baie geluk met jou

verjaarsdag op 28 April. Van jou Man en twee dogters #4456 -----------------------------Happy! Happy Birthday to a lovely Mom. Wishing you a day as warm as your heart. Love – Milda, Carling, Mekylin #4457 ----Hope it is as awesome as you are and may all your wishes come true. Love – Leon and Clemetha #4458 ----Lekker verjaar. Mag die dag met rose en liefde besaai word. Liefde – Marshall, Ennie en kinders #4459 ----Baie geluk Mamma. Wens Mamma alles wat mooi is en voorspoed op u verjaardag. Geniet dit – Van der Ventel familie #4460 ----------------------------Geluk jule met jul verjaarsdae op 24 April . Bly die wonderlike en lieflike mensies wat julle is. Baie liefde Sedeman- en Basson familie #4461 ----------------------------ANJA VAN REENEN Veels geluk. God se rykste seën oor jou lewe. Van: Mammie, Pa, Anneke en Vinteau #4462 ----Veels geluk Ouma se prinses. Hoop jy verjaar lekker. Liefde ouma Sussie en ouma Kelly #4463 ------------------------------BRIGIDNE JOUMAT Veels geluk. Jy en Anja is bevoorreg om julle verjaarsdae saam te kan vier. Liefde - Van Reenen familie #4464 -----------------------------SHILOH ESAU - 28 Apri. Baie geluk met jou verjaardag. Ek sal altyd lief wees vir jou Mamma, Muhammad en Zareenha #4465 -----------------------------ANNA - Baie geluk met u verjaardag. Mag die nuwe lewensjaar baie voorspoedig wees. #4470 ----------------------------STERFGEVALLE OBITUARY FLORRIE AGULHAS Gebore 16.07.1934 – Oorlede 21.04.2017 Begrafnis : Saterdag, 29 April 2017. Besigtiging om 08:30 te Tekomalaan 13 en die diens neem aanvang om 09:30 by die Ou Apostoliese Kerk, Wesbank


8

courant

NUUS • NEWS

dié

26 April 2017

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

26 April 2017

•WEN TALLE MEDALJES IN KRAGMETINGS

Sportsterre is SA-kapteins

SA-kampioenskappe:

Twee Hugenoters het as lede van die Boland Tweekampspan hul staal by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in die Paarl getoon. Hannah Crous, ‘n Graad 7-leerder, het 17de uit ‘n veld van 60 deelnemers gekom in die afdeling vir meisies o/13. Sy het 2228 punte aangeteken. Jaco van Zyl, ‘n Graad 4-leerder, het 19de uit ‘n reuse groep van 74 deelnemers in die seuns o/11-afdeling gekom. Hy het onder meer sy beste tyd in die 800m opgestel en het altesame 2287 punte aangeteken. Die Bolandspan het algeheel tweede gekom in die junior, senior en algehele spankompetisie, en het ook in die proses tien medaljes verower (2 goud, 2 silwer en 6 brons).

Die twee Wellingtonners Lize-Maré en Niel du Plessis het onlangs as die kapteine van die Nasionale seuns- en dogter- Gymkhanaspanne na Indië gereis. Dié twee plaaslike sportsterre het tydens ‘n internasionale toernooi in die Ooste nie net hul land verteenwoordig nie, maar ook die Suid-Afrikaans spanne gelei en boonop met ‘n handvol medaljes teruggekeer huis toe. Lize-Maré en Niel, beide leerders aan die Hugenote Hoërskool ten tyde van hul verkiesing tot die nasionale Gymkhana-span, het reeds in 2016 gekwalifiseer om die land internasionaal in hierdie sportsoort te verteenwoordig. Hulle is ook beide as die onderskeie seunsen meisiespanne se kapteine verkies. Niel, wat intussen in Potchefstroom begin studeer het, het die afgelope Aprilvakansie by sy suster Lize-Maré en die res van die SA-spanlede aangesluit om as spankaptein aan die Ope Internasionale Gymkhana Toernooi in Indië te gaan deelneem. Wanneer hierdie gedugte broer en suster aan plaaslike gymkhana-kompetisies deelneem, is daar gewoonlik 11 items. Die formaat van die kompetisie in Indië het egter van die plaaslike formaat verskil en ekstra uitdagings gebied. “In Indië is die penne dunner en hulle moet aan items deelneem waaraan die juniors in Suid-Afrika nie hoef deel te neem nie. "Die beoordeling verskil ook van dié in Suid-Afrika en die kriteria is nie dieselfde nie. "Dit beteken dat jy jou taktiek heelwat moet aanpas wanneer jy internasionaal deelneem,” verduidelik hul pa en afrigter, Jan-Louw du Plessis. Volgens Lize-Maré, wat al drie keer die nasio-

nale kampioen in hierdie sportsoort was, was die grootste uitdaging by die kompetisie in Indië die feit dat hulle met vreemde perde moes deelneem. “Dit is perde wat jy nog nooit vantevore gesien of op gery het nie en jy het min tyd om die perd en sy giere te leer ken voordat jy deelneem. Party van die diere was lekker wild,” vertel sy. Die uitdaging om met vreemde perde deel te neem, het egter uiteindelik ook die hoogtepunt vir Lize-Maré en Niel geword. Die feit dat hulle die perde so goed kon beheer dat hulle uiteindelik met ‘n klomp medaljes kon

wegstap, is vir hulle ‘n onvergeetlike prestasie. Lize-Maré het een silwermedalje en drie bronsmedaljes verower, terwyl Niel twee goue medaljes, ‘n bronsmedalje en ‘n silwermedalje huis toe gebring het. Die Suid-Afrikaanse meisiespan het altesaam 2 goue medaljes, ‘n silwermedalje en drie bronsmedaljes gewen en die seunspan drie goud, twee silwer en drie brons. Die Suid-Afrikaanse seunspan het die algehele trofee vir die beste span by die kampioenskap verower en ons land het ook die beker vir die beste meisieruiter ingeoes.

Weltevrede: ‘n Hoogs gemotiveerde

Weltevrede o.19-rugbyspan, het met goeie georganiseerde spel en goeie verdediging die span van Hugenote Hoërskool verras deur hulle in hulle eie agterplaas te klop met 'n 14-12 oorwinning. Die besoekers het eerste bloed geruik en was rustyd 7-5 voor. Hier is die span met hul bestuurspan, O Aanhuizen (spanbestuurder), JD Jephta (hulp-afrigter), A Semmery (prinsipaal) en Gerad Samuels (hoof-afrigter).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
417 dié courant wellington by DieCourant - Issuu