c urant
dié
1 Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
26 April 2017
19.8%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 417
26 April 2017
Saai dat die stof so staan
Uit die dorre aarde van die Swartland trek stofwalms op soos daar nou reggemaak word om gewasse soos lupiene te saai. Op die plaas Majuba van Nakkie Bester, was dit ook gister die geval. Alhoewel die kwik steeds ver anderkant 30°C draai, is daar 'n moontlikheid op sowat 2.5mm neerslag wat vir vandag voorspel word. Damvlakke is ook laag, met die Voëlvleidam wat op 19.8% staan.
•OU VLIEGVELD LANGS DARLINGWEG BEKYK
Hospitaal skuif? Die vroeë aanduidings is dat die Swartland ‘n splinternuwe en moderne staatshospitaal van sowat R800 miljoen op ‘n nuwe perseel op Malmesbury gaan kry. Al is onderhandelinge nog aan die gang en moet ‘n studie oor die volgende drie maande ‘n klompie vrae beantwoord, het die Swartland Munisipaliteit (SM) in die laaste maand verskeie onderhandelingsgesprekke met die departemente van gesondheid, asook openbare werke in dié verband gehad. Swartland se burgemeester, Tijmen van Essen, het gister aan dié courant gesê die owerheid wil alles in hul vermoë doen om te verseker dat daar wel weer ‘n hospitaal op die dorp gebou word en dat dit so spoedig haalbaar moontlik moet gebeur. Die SM het twee persele naby hoofroetes voorgestel as moontlike standplase. Ook was die voorstel dat die persele in die SM se besit geruil word, eerder as verkoop, om die prosesse te bespoedig. Só kan ‘n gedeelte van die bestaande hospitaalperseel met gelyke waarde moontlik in die SM se besit kom. "Ons sal ook al die nodige dienste tot op die grenslyn bring en selfs sorg dat die bouplanne binne die 21 dae-tydperk goedgekeur word," sê
Van Essen. Die huis in PG Nelsonstraat is reeds geoormerk om straks ‘n nuwe sportakademie te huisves. Dié huis is destyds aan die hospitaal geskenk deur 'n arts van die dorp, Dr. Wahl. Die aanduidings is dat dit tussen drie en vyf jaar kan neem om die nuwe hospitaal te bou en die voorlopige beplanning is ‘n hospitaal van 80 beddens wat tot 130 beddens uitgebrei kan word, met van die nodige infrastruktuur reeds geskik vir 130 beddens. Intussen sal die department van openbare werke in die komende drie maande ‘n terreinverslag saamstel oor die opsies vir ‘n voorkeur-
perseel van ongeveer 3 hektaar. Die twee persele wat deur die SM voorgestel is, is albei langs die N7, wes van die nuwe Abbotsdale-wisselaar wat nog gebou gaan word, of langs Darlingweg, wes van die laaste bestaande huise, waar daar voorheen ‘n vliegveld was. In hierdie stadium lyk laasgenoemde perseel na die mees waarskynlike opsie. Die SM het aangebied om sover moontlik die hersonering van genoemde grond en die aanlê van die nodige dienste tot by die erfgrens te dra. Dié erf grens aan die toekomstige De Hoop-uitbreiding, wat sowat 16 000 inwoners sal huisves. Van die dienste tans op dieselfde perseel van die bestaande hospitaal, soos die patologie-eenheid, nooddienste en ander sal volgens die vroeë beplanning nie verskuif word nie. Die Swartland munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, het aan dié courant gesê sodra hulle die terreinverslag kry kan hulle hopelik in Augustus die raad se beginselgoedkeuring vir die ruiltransaksie kry. Hierna kan die prosesse ten opsigte van omgewing, sonering en onderverdeling dan ‘n aanvang neem.
NUUS • NEWS
2
•KURATOR VAN IZIKO NEEM WAAR
Soete sukses vir Darling Sweet
Darling Sweet vier nóg ‘n mylpaal met die opening van hul eie kunsgalery, The Toffee Gallery. Daar is groot drome vir Darling Sweet gedroom toe dié toffiefabriek in 2014 gestalte aanneem. Vandag kan eienaars Hentie van der Merwe en Fritz van Ryneveld met trots sê dat baie van daardie drome waar geword het soos hul suksesverhaal steeds van krag tot krag gaan. Toffies word vandag by die tonne uitgevoer om die soetheid van hul sukses net nog verder die wêreld in te stuur. Hentie en Fritz is egter nog lank nie klaar gedroom nie. Dit is danksy dié besigheid se groeiende produksie dat Hentie kon wegbreek van die wêreld van sekuriteit wat ‘n vaste inkomste met sy pos as lektor by die Universiteit Stellenbosch se Kreatiewe Kunste-departement gebied het om nóg drome die lig te laat sien. Darling Sweet het aan die einde van 2015 van ligging verander en na ‘n nuwe perseel met sy Edwardiaanse styl in Langstraat getrek. Die idée is toe reeds gekoester om die aanliggende spasie teen die winkel eendag in ‘n kunsgalery te omskep. Volgens hulle was die vertrek perfek vir ‘n kunsuitstalling. Dit het egter nog net ‘n begeerte gebly tot vroeër vanjaar toe Hentie die US gegroet het. Volgens Hentie het hy toe genoeg tyd en energie gehad om die galery ‘n realiteit te maak. Die galery is vernoem na The Toffee Gallery om erkenning te gee aan die toffie-industrie wat sal verseker dat die kunsgalery sy deure kan oophou wat finansiële ondersteuning betref. Met Hentie se wye kennis, agtergrond, innovasie en kontakte binne die kunswêreld, is daar vinnig besluit op die werk van Robert Hodgins met wie hy ‘n noue vriendskap gedeel het. Sy bewondering vir Hodgins se kunswerk het oor die jare gegroei, wie se werk hom help verstaan het wat dit beteken om self ‘n kunstenaar te wees, maar ook kuns beter te verstaan. Michael Taylor, nóg ‘n kontemporêre plaaslike kunstenaar
NUUS • NEWS
26 April 2017
WOW-vrouekonferensie gee geleentheid vir groei
Bo: Shana Triegaardt van Kingdom Light-kerk in Somerset-Wes. Regs: Daleen Booysen van die Faith Hill-kerk.
Claudia Ongaro en Hentie van der Merwe is aanboord geroep vir die eerste uitstalling. Volgens Hentie komplementeer die kunstenaars se werk mekaar, hoewel hulle generasies verskil. Hodgins is op 90 in 2010 oorlede, met Taylor wat reeds as ‘n opkomende kunstenaar erken word. Hentie, met sy passie vir kos en kuns en Fritz met sy liefde vir kwaliteit en ontwerp, beplan om inwoners en besoekers op Darling elke ses weke met ‘n nuwe kunsuitstalling van uitstaande gehalte te bekoor. “Die klem val op kuratorskap en kunsuitstallings,” vertel hy verder. Volgens Hentie, sal hul hooffokus steeds op die toffiefabriek en winkel val met die kunsuitstalling as ‘n bykomende “lekkerte.” Hayden Proud van IZIKo Nasionale Kunsmuseum, het die afgelope Saterdag se opening behartig. Daar word beplan om vir elke uitstalling ‘n aanlyn-katalogus op die galery se webwerf bekikbaar te stel by thetoffeegallery.co.za.
Soek jy as vrou ‘n WOW-geleentheid om as kinders van God bymekaar te kom en Sy Liefde vir jou te ervaar, dan is die Woman of Wonder Vrouekonferensie die plek vir jou. Die WOW-vrouekonferensie kom vir die eerste keer na Malmesbury. Dit is ‘n inter-kerklike geleentheid vir vroue om bymekaar te kom en álmal is welkom. Die Afrikaanse byeenkoms met die tema, Jesus Loves Me vind op 5 Mei vanaf 18:00 tot 21:30 én op 6 Mei vanaf 08:30 tot 16:00 by die Swartland Noord-gemeente plaas wat genoeg plek vir almal bied. Gwendoline Kriek, hoof-organiseerder van die byeenkoms het ‘n behoefte vir so ‘n vrouegeleentheid raakgesien en die wiele aan die rol gesit. “As elke vrou net weet hoe lief Jesus haar het, net soos sy is, met al haar foute en tekortkominge, sal sy Hom ook makliker kan lief hê en gehoorsaam.
"Sy kan net wees by Jesus,” sê Kriek, wat weet dat vroue by dié geleentheid daardie waarheid sal ervaar. “Jy hoef niks te doen nie. Jy kan net Sy Liefde kom ontvang.” Dit is volgens haar nie nodig om elke sessie by te woon nie. “Kom eerder vir “iets” as wat jy wegbly en niks ontvang nie,” voeg sy by. Die hoofsprekers is Daleen Booysen van die Faith Hill Church in Johannesburg en Shana Triegaardt van Kingdom Light Church in Somerset-Wes. Besoekers kan uitsien na verskeie verrassingselemente gedurende die duur van die konferensie. Elke vroue kan ook die geleentheid met verwagtinge bywoon soos SY woord dit reeds belowe. Lofprysing sal behartig word deur die WOW-Worship-musiekgroep én ligte verversings en middagtete word verskaf. “Ons hoop om almal daar te sien. Julle sal nie spyt wees nie.” Kaartjies kos R150 per persoon en tieners en leerders is ook welkom. Navrae kan gestuur word na wowkonferensie@gmail.com.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
26 April 2017
•SEDER VAN MRB GEGROET
Visser pen lewe op sigaretboksies neer
Fanie Visser, die man agter Fanie Visser Vervoer, was ‘n man wat altyd ‘n antwoord gehad het, maar as hy die dag nie geweet het hoe om ‘n netelige sakie te hanteer nie, het hy net gesê: Dit is maar ‘n moeilike saak... Visser is 86 jaar gelede op Moorreesburg gebore en sy liefde vir dié Swartlandse dorp het warm in sy borskas geklop. Sy sterfte het 'n groot leemte in die gemeenskap en in sy familie gelaat. In sy kinderjare hier het hy soggens om 04:00 die melkkoei van Kloofstraat na Graanstraat aangejaag. Dit is ook dié dorp wat hy destyds as skrynwerker verlaat het, omdat hy nie werk kon kry nie. Hy het weer hierheen teruggekeer om as ‘n verkoopsman by Titan Lime te werk en met ‘n Austin-karretjie kalk verkoop van Moorreesburg tot Upington. Hier het hy ook met sy vrou, Anice, getrou en is hul vyf kinders gebore. Hulle sou Sondag hul 62ste huweliksherdenking vier. Dit is ook hier waar hy vyf dekades gelede die onderneming, Fanie Visser Vervoer, gestig het. Visser word deur sy kleinkinders onthou as ‘n groot oupa, met ‘n klein hartjie. Een wat altyd stiptelik op ‘n verjaarsdag of ander herdenking gebel het. Hy het ook jaarlikse vir sy kleinkinders R100 in R2’e as geskenk gegee en ook ‘n boksie Smarties of Astros in sy hemp se bo-sak weggesteek. Visser het datums onthou en neergeskryf. So ook dit wat vir hom belangrik was. Soos byvoorbeeld die petrolverbruik van sy voertuig, toe hy in 1950 na die Victoria-watervalle in Zimbabwe getoer het. Hy het 5500km afgelê en slegs R35 se petrol gebruik. Dié aantekeninge lê steeds in sy laai. Van al die “neerskryf” het hy en sy gesin menige male as “vreemdelinge” by mense se huise opgedaag. Die adres is agterop een van sy Ransom-sigaretboksies geskryf en hy het by sy belofte gebly om by die eienaar van die adres te kuier. As hy fronsend aangekyk word, was sy woorde net: “Die man het dan gesê ons moet kom kuier.” “Ons pa het baie hard gewerk en net twee keer per jaar gerus, Desembervakansie en Paasnaweek. Ons is in Desember altyd bederf
met ‘n vakansie op Santos. Dit was nog in die dae voor krag daar was en ons het die Fiat-vragmotors se batterye uitgehaal en gelaai om vir ons 12 volt te gee. Ons as kinders moes die ysblokke met hamers en skroewedraaiers stukkend kap om die vleis koud te hou. Alles is saamgery.” As ‘n sakeman onthou sy kinders hom as die man wat die kans gewaag het om sy werk te los vir ‘n geleentheid om in 1964 Moorreesburg se rioolwa, ‘n ou Thames-trok, vir 150 pond te koop. Dit het nie ‘n as gehad nie. Hy het die geld by Johnny Retief, die haarkapper, die geld geleen om die as te herstel. Hy het die riooltenk afgehaal, ‘n platbak gebou en begin om sement aan te ry met die grondpad van De Hoek na Vredenburg. “Ons het vir jare elke oggend Pa se pligsgetrouheid ervaar as hy stiptelik om 05:45 die agterdeur oopgesluit het om te gaan werk. Hy het saans weer donker by die huis gekom en ons het sy warm en stowwerige skoene en lang sokkies met liefde uitgetrek.” Die gesin het Sondag na Sondag die week in die kerk afgesluit. Volgens Visser was sy vrou, Anice, altyd ‘n bietjie laat en het hy vroegtydig die motor uitgetrek en vir haar ge”toet”. “Min het hy onthou van die vyf kinders wat ook nog aangetrek en netjies gemaak moes word. Pa wou altyd 20 minute voor die tyd in die kerk sit.” Visser het sy kroos met baie wyshede gelaat. “Pa, daar is so baie wat ek as jou oudste seun vir jou dankie voor kan sê, maar daar is een sin wat ek nooit sal vergeet nie. Maak oop jou mond en praat. "Praat met mekaar en kommunikeer. Vir seker gaan ek Pa baie mis. Ons sal mooi na Ma kyk,” het sy oudste seun, Hardi, in sy huldeblyk beloof. ‘n Seder van Moorreesburg het geval, maar daar waar sy vragmotors opgelet word, daar sal sy nalatenskap ervaar word.
3
courant
26 April 2017
NUUS • NEWS
dié
4
Wees verantwoordelik met jou feite
Die media kry soveel keer pakslae oor feite wat "verdraai" word of wat nie heeltemal is soos mense vermoed dit moet wees nie. Ja, die gedrukte media maak foute, net soos enigiemand anders in enige ander bedryf. Almal sin word net nie so uitbasuin soos die media nie. Dit is egter ook die gemeenskap se plig om die media in te lig en ook juiste feite deur te gee, wanneer daar navraag gedoen word oor 'n saak. In 'n klein gemeenskap versprei inligting soos 'n veldbrand en soos ons dit maar ken, kry 'n storie deur telefoontjie 'n hele paar stertjies wat heeltemal woes krul. Dit is juis dan wanneer dit so lekker is om die waarheid te vertel. Dan skryf 'n berig so maklik as ons die storie agter die storie kan vertel. Ja, daar is media wat dinge verdraai. Ja, daar is media wat hulle eie agenda dryf, maar dit is nie waar vir hierdie rooi publikasie nie. Dit gebeur menige kere dat daar feite in hierdie kantoor hang en hang en bly hang en ons dan versuim om 'n berig te skryf, want dit kan partye nadelig beïnvloed. Maak dit dan nie vir verantwoordelike joernalistiek nie? Soms is ons meer ingelig as wat mense besef, maar juis omdat ons hier 'n pligsgevoel teenoor ons gemeenskap het, sal ons soms eers feite stilhou, tot dit nodig is om aan die groot klok gehang te word.
It’s Good News
Do we trust God
Joseph trusted God and did right! Joseph was a young man chosen by God to do an extraordinary task. He was faced with a variety of circumstances that would test the faith of anyone. Joseph remained faithful to God during times of TREACHERY by his own brothers. Joseph honored God through many TRIALS and his Egyptian master by refusing to commit adultery with Potiphar’s wife. Joseph wanted to honor God with his life. Joseph replied to Potiphar’s wife. “...‘How then can I do this great wickedness, and sin against God?’ Joseph trusted God and also did right through times of ease and TRIUMPH. Providentially, Pharaoh’s butler and baker were put into custody in the house of the captain of the guard in the prison where Joseph was confined. In God’s “providence” {God’s ‘care- in-action’ Joseph’s interaction with the butler brought about his release! Pharaoh, amazingly took him out of prison and made him second in command over all of Egypt. In Psalm 105:20-23, we read that “The king sent and released him, The ruler of the people let him go free. He made him lord of his house, and ruler of all his possessions, To bind his princes at his pleasure, And teach his elders wisdom.” Joseph kept trusting God in TRUTH and kept serving the Lord in the midst of the often difficult circumstances he faced! Throughout treachery by his brothers, testing as a slave in Potiphar’s house, temptation by Potiphar’s wife, trials in prison and triumph in Pharaoh’s palace, the superintendence and blessing of God were evident. The truth of God’s love and care is gloriously illustrated in Joseph’s life journey and can be a part of your life-story too - JUST TRUST GOD!
Toerisme:
West Coast Way se stalletjie by die World Travel Market in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum is luisterryk geopen deur James Vos (DA se skaduminister van Toerisme), regs agter. Saam met hom en dansers is Carmen Lerm (Eienaar van West Coast Way), middel agter, en Jacobus du Plessis (van die Wynland Distriksmunisipaliteit), links agter.
Bron se water bekyk Die water van die minerale bron wat onder Malmesbury bruis, se toekoms word vandag deur die Swartland Munisipaliteit se raad besluit as die finale tenderooreenkomste gestipuleer word. Op 28 Julie 2016 is besluit dat die regte op die water op tender geplaas moet word. Dié water word verkry vanaf die warmwaterbron op erf 7211 (binne De Bron-sentrum), wat die eiendom van die munisipaliteit is. In die opstel van die tender, is daar aanbeveel dat die regte vir ‘n minimum periode van 20 jaar aan ‘n ontwikkelaar toegeken moet word, maar dat die nie onderhewig is aan ‘n opsie om te hernu nie. Die bron is ‘n standhoudende fontein en volgens historici, het baie pioniers hul in die
omgewing gevestig, juis om die helende water van die bron te benut. Volgens oorlewering het die water veral helende kragte ten opsigte van rumatiek. Op hierdie stadium word die water nie gebruik of benut nie. In 2001 het die raad die ontwikkelingsregte van die bron toegeken aan Lynn Bell, eienaar van Mipah Health and Mineral Spa. Die ontwikkeling het egter nooit die lig gesien nie en die regte het verval. Daar word ook besluit oor die voorwaardes van 'n tender rakende die afloop gesuiwerde rioolwater van die Riebeek-Kasteel rioolaanleg. Daar word aanbeveel dat hierdie water vir landboudoeleindes aangewend word.
Forum:
In verlede week se uitgawe van dié courant is daar verkeerdelik na die gemeenskapforum van Riebeek-Wes verwys as die GPF. Dit is inderwaarheid twee verskillende organisasies. Die bestuur van die gemeenskapsforum van Riebeek-Wes is: Zain Abrahams (voorsitter), Andre Ghalpie (onder-voorsitter), Saul Hanekom (bykomende lid). Voor is Clifton Appels (bykomende lid), Niklaas Albertus (skakelbeampte), Jan Booysen (bykomende lid), Jacob Wilskut (sekretaris). Die forum beywer hom daarvoor om die behoeftes van die gemeenskap aan te spreek.
NUUS • NEWS
5
26 April 2017
LOWER PRICES
SAVE R12
PnP Uncooked Beef Potjiekos Bone in
ON WHAT YOU NEED MOST
R
62
Per kg
SAVE R13
Ola Rich ‘n Creamy Ice Cream Assorted 2 Litre Each
R
39
99
BUY ANY 3 FOR
SAVE R11.70 Danone NutriDay Smooth Yoghurt Assorted 6 x 100g
Blue Ribbon White Toaster Bread 700g
no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 2kg
R
R
R
33
10
99
49
99
R PnP Bulk Tenderised Steak
84
Per kg
OVER 1000 ITEMS ON SPECIAL
Plus we've dropped prices on 1300 everyday items
+ SAVE R6.70
Nestlé Breakfast Cereal Assorted 365-490g Each
Hug-in a-Mug Assorted 10s Per Pack
PnP White Sugar 2.5kg
R
R
R
29
99
41
99
34
99
SAVE R13
BUY 3 FOR
Koo Baked Beans in Tomato Sauce 410g
R
Coca-Cola Regular 2 Litre
25
PERSONALISED
DISCOUNTS
R
Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.
99
BUY ALL FOR
Lay’s Potato Chips Assorted 125g
R
34
90
39
39
99
R
42
59
109
WAS R49 Porcupine Ridge Sauvignon Blanc or Rosé 750ml Each
Black & White Blended Scotch Whisky 750ml
99 Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Shop online at www.picknpay.co.za
PRICES VALID 25 APRIL - 1 MAY 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE
R
38
99
SAVE R13
PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
R
99
Sunlight Dishwashing Liquid, Handy Andy All Purpose Cream and Domestos Sanitary Cleaner Assorted 750ml
R
BUY BOTH FOR
PnP Tomato Sauce 700ml and Nola Mayonnaise Assorted 730-780g
Ariel Auto Washing Powder with/without Downy 2kg, Liquid Detergent with/without Downy 1.5 Litre or Capsules 15s Each
R
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
MMWCHS1358
R
SAVE R10
R
+ +
ON WHAT YOU
BUY MOST
12
BUY ANY 3 FOR
White Star Super Maize Meal 5kg
R
42
99
209
Castle Lite 24 x 500ml Cans
6
NUUS • NEWS
26 April 2017
2017 Olyffees• Olive Festival 2017 Olyf slaag tongtippie-toets Dit is die tyd van die jaar om weer fees te vier. En waar anders as in die bekoorlike Riebeek Vallei met sy olywe in oorvloed. 2017 se jaarlikse Olyffees is om die draai en vind op 6 en 7 Mei plaas. Kom proe die vallei se unieke olywe, olyfolies en ander olyprodukte om van te kies en te keur. Daar is ook ‘n verskeidenheid plaas-
like wyne om van te proe, boetiek-bier en nóg vele meer by een van die gewildste feeste in die Wes-Kaap. Elke onthaal het sy unieke geur. Feesgangers is omtrent bederf met keuses oor waar om volgende te gaan proe aan alles wat die vallei bied. Jou paspoort van R80, verseker ‘n wynglas en toegang tot al die fantas-
tiese onthale. Kaartjies is beskikbaar deur webtickets. Vir meer inligting, kan alle navrae na riebeekvalleyolivefestival@gmail.com gestuur word of besoek gerus @theolivefestival op Facebook vir gemaklike toegang tot inligting.
Punte op die roete om te besoek: Vanjaar kan feesgangers Het Vlock Casteel, Pulpit Rock, Olive Boutique, Allesverloren, Riebeek Kelder, Kloovenburg Wyn -en Olyf-landgoed en die dorpsplein op Riebeek-Kasteel besoek.
on Hopkins Gins& Martinis. Vermaak sluit Johnny Ray Acoustic Blues Band in. Op Sondag kan ‘n addisionele werkswinkel verwag word plus vele meer aktiwiteite.
By Het Vlock Casteel kan die talent van Jimm Harrison met ‘n plaaslike boetiek-bier in die hand het en ‘n asemrowende uitsig geniet word. Hul vat-verouderde Het Vlock Casteel-rooiwyn is per bottel of glas te koop. Daar is egter geen wynproe geleentheid nie. Sien hier uit na ‘n verskeidenheid olywe en tuisgemaakte olyfprodukte wat wissel van olyfoliebotter tot olyfroomys. Vars oesters en mossels is saam met die plaaslike Pieter Cruytoff Vonkelwyn beskikbaar. Sien ook uit na ligte verversings te koop. Trekkerritter teen R5 ‘n koepon per persoon is beskikbaar tussen onhaalsentrums. Pulpit Rock bied op sy beurt gratis wynproegeleenthede vanuit ‘n keuse van geselekteerde Brink-familie wyne. Daar is ook ‘n geleentheid om die bekroonde wyne teen ‘n ekstra fooi te proe. Sien uit na egte roosterkoek en potjiekosdisse. Daar is ook gratis geleentheid om olywe te proe. Gryp die geleentheid aan om jou gholfvernuf uit te oefen. Indien jy hou van oudhede, is die antieke trekker-uitstalling die plek vir jou.
Riebeek-Kasteel se dorpsplein is op die Saterdag
Die Olive Boutique bied ‘n olyfoasis wat jy nie mag misloop nie. Geniet ‘n sjef geïnspireerde Swartlandse piekniek. Geniet ook die antieke vrug in al sy vorme, wat gourmet olyfprodukte, ekstra gesuiwerde olyfolies en ongefilterde olies insluit. Wat die nektar betref, kan feesgangers uit sien na Riebeek Kelder se wynreeks, Flagship Craft Beer en Hope
vanaf 09:30 tot 17:00 oop en Sondag weer tot 16:00. Toegang is gratis vir paspoorthouers. Hier sal stalletjies, vermaak, ‘n kinder speelarea en ‘n verskeidenheid lekker dinge wees om te doen. Die Plein is die opgeruimde plek waar die gemeenskap hier ontmoet en saamkuier. Hier kan feesgangers ook smul aan alles wat die mark bied. Hier kan hulle weglê aan olywe, craft bier en smullekker disse wat aangebied word. Kaartjies en inligting kan by die Riebeekvallei-toerismekantoor verkry word. Jy kan ook van hier vinnig op 'n trekker spring en so maklik tussen Het Vlock Casteel en die Plein beweeg. Hierdie is ook die punt waar 'n taxi verkry kan word om tussen die verskillende punte te reis. Kontak 022 448 1545 of tourism@riebeekvalley.info met navrae, of besoek www.riebeekvalley.info.
By Allesverloren sal ‘n Country Market binne en buite reg staan vir besoekers met stalletjies wat Allesverloren wyne verkoop, asook Allesverloren Muskadel Slushpuppies, boetiek biere, olyfprodukte, Oos-Kaapse biltongprodukte, Italiaanse kosse en vele meer. Die musiekgroep Newton and Co sal sorg vir vermaak. Die wynwinkel sal ook oop wees vir wynproegeleenthede en verkope. Kontak gerus 022 461 589 vir meer inligting. Geniet ook die heerlikste disse by hul restaurant, Pleasant Pheasant.
Kloovenburg Wyn -en Olyf landgoed met sy eikebome van oor die 150 jaar oud bied vanjaar ‘n verskeidenheid stalletjies aan en sluit onder meer Duitse Pizzas, pannekoeke, internasionale kase, Bali Meubels en vele meer in. Hul uitgebreide reeks olyprodukte sal beskikbaar wees om te proe en te koop. Vanjaar kan jy ook die landgoed se gewilde en unieke geskenkpak koop. ’n Verskeidenheid koffie, wyne (per glas of bottel) en sappe sal sorg dat niemand dors sal raak nie. Sien uit na die bekroonde TWEE (Solo Herman) vir vermaak. Vir die kinders is daar ‘n splinter nuwe springmat en boereworsrolle vir die hongerpyne. ‘n Begeleide toer en olyfpars demonstrasie vind op Saterdag en Sondag om 10:30 plaas. Die kostes is gratis vir paspoorthouers en geen besprekings is nodig nie. Riebeek Kelder bied vanjaar op sy beurt weer ‘n “Wild Olive Acoustic Stage” met die akoestiese klanke van Franscois van Coke, Valliant Swart, Soetmelk, Marcia Moon Mono, Pony en vele meer. ‘n Verskeidenheid kosstalletjies sal beskikbaar wees, terwyl daar ook hope vermaak vir die kinders is. ‘n Vervoerdiens word vanaf die dorpsplein beskikbaar gestel om die perfekte uitspanplek vir jou te verseker. Hekke open Saterdag om 09:30. Kom vroeg, want plek is beperk. Vir die Sondag kan feesgangers uitsien na hul gewilde Riebeek-Familie-Steak-Braai om 12:15, asook akoestiese klanke deur Franscois Haasbroek. Daar is ook wynproegeleenthede. Vir alle wynliefhebbers is daar ‘n eksklusiewe wynproegeleentheid met hul wynmakers beskikbaar. Bespreek nou jou plek by info@riebeekcellars.co.za
NUUS • NEWS
26 April 2017
2017 Olyffees• Olive Festival 2017
7
8
26 April 2017
NUUS • NEWS
Herald of a new generation Limited edition Fx4 model added to Ranger line-up
With the Concept A Sedan at Auto Shanghai Mercedes-Benz is providing an outlook of the next generation of compact vehicles and a potential, new body type. The Concept A Sedan show car specifies the evolved Mercedes-Benz design language. Thanks to its purist, surface-focused design featuring reduced lines and gaps, the show car is hot and cool at the same time. The “Aesthetics A” sculpture already demonstrated that the upcoming compact class generation marks the dawn of an even more rigorous implementation of the design idiom of “sensual purity”. The Concept A Sedan (length/width/height: 4570/1870/1462 mm) has been designed with the proportions of a dynamic, coupé-like and simultaneously compact, premium sedan. This aim is emphasized by the traditional three-box design featuring short overhangs, especially at the rear, as well as the slim greenhouse that has been offset towards the rear. Additional sedan characteristics are the relatively vertical C-pillar, larger side windows and the higher beltline. The muscular-seeming wheel arch design featuring a reduced arch dimension emphasize the exclusive 20-inch wheels. The light alloy wheels radiate technical precision with their sporty aerowheel look featuring a structured surface between the spokes. The door handles of the show car are flush with the body, while the outside mirrors, in a contemporary reinterpretation, stand proud of the beltlines. The striking front expresses self-confidence:
this is crucially highlighted by the deep Panamericana grille tilted towards the front, featuring vertical chrome inserts and a star in the centre, as well as the stretched bonnet with Powerdomes. The large, lower air inlet featuring a diamond grid structure and a striking trim strip in dark chrome is also amongst the most eyecatching features. The headlamps with their eyebrows as a typical feature of the brand as well as the striking grid structure on the inside guarantee a confident look - and a simultaneously high recognition value. The structural sculpture that has been broken down in detail represents a technically based counterpole to the sensual exterior - “stimulating contrast” is one of the six guiding principles of Mercedes-Benz design. The grid structure in the lamps has been coated with a UV paint and it is exposed to ultraviolet light. As a result, the headlamps “glow” in different colours, depending on the light medium - the daytime running lamps, for instance, are white. This unusual lighting technology is also used at the rear: The striking tail light image has also been designed as a structural sculpture. In line with the evolved design philosophy the lines and gaps at the rear have been reduced. As a contrast to the paintwork the rear bumper features a diffuser-look lower part trimmed in black and a chrome trim strip that emphasises the width and underlines the car’s premium appeal.
Outstanding performance, a bold design, superb comfort and segment-defining technologies are the hallmarks of the Ford Ranger line-up. And now it boasts even greater trend-setting style thanks to the launch of the limited edition Ford Ranger Fx4. The Fx4 badge is derived from the all-conquering Ford F-Series pick-ups in the United States, and reinforces the “Built Ford Tough” DNA that defines the Ford Ranger. The Ranger Fx4 is based on the segment-defining 3.2-litre XLT Double Cab 4x4, and introduces an attention-grabbing array of styling enhancements. “The Ranger Fx4 fills a unique space in our current line-up as it offers our valued Ranger customers a vehicle that has been personalised as part of our standard manufacturing process, but introduces an entirely new level of exclusivity and appeal,” says Tracey Delate, General Manager, Marketing – Ford Motor Company Sub-Saharan Africa Region. “This is an exciting special addition to the Ranger line-up that has its own distinct personality, and was designed to be unique in a cluttered market place,” Delate adds. “There’s a strong demand for accessorising and customising the standard Ranger amongst enthusiast customers, and the Ranger Fx4 fills that niche superbly, while maintaining the exceptional capabilities of the XLT model.” Communicating strength and toughness, the
Ranger Fx4 incorporates a number of distinctive styling changes, including attractive black finishes for the radiator grille, fog lamp bezels, exterior mirrors, roof rails, as well as the door and tailgate handles. The 17-inch alloy wheels are supplied in an eye-catching Panther Black finish. The same colour is adopted for the side steps, rear bumper and special Fx4 tubular sports bar located in the load bay – the latter protected by a fitted bedliner. To round off the design, unique Fx4 decals are applied on the sides and rear tailgate. The Ranger Fx4 is exclusively available in four colour choices: Frozen White, Moondust Silver, Sea Grey and Panther Black. The limited-edition Ranger Fx4 is only available on 4x4 derivatives. It can be ordered with the six-speed manual or automatic transmission options. The Fx4 features the latest-generation SYNC®3 with Navigation infotainment system. This incorporates all the benefits of the innovative SYNC®3 system introduced last year, with the addition of a comprehensive suite of integrated navigation functions accessible via the 8-inch touch screen and a wide range of voice commands. Recommended Retail Prices: Ford Ranger Fx4 3.2 TDCi Double Cab 6MT 4x4 @R593 900 Ford Ranger Fx4 3.2 TDCi Double Cab 6AT 4x4 @ R608 900
NUUS • NEWS Johan Viljoen sit
Wenner, skiet maar soos jy wil-Navara
Voet in die Hoek Hoe weet jy jy is 40, vra Pedro op die verhoog… Wel, kyk gerus die volgende reeks van Oppie Stoep met Malmesbury se Pietman Geldenhuys en die oud-Sandvelder Andries Vermeulen as aanbieders waarvan die opnames tans in die Paarl geskiet word en oor ‘n paar maande op die kassie kom. Die taal is so ‘n wonderlike ding en is Afrikaans nie op ‘n wonderlike plek met meer TV-kanale en musiek as ooit nie, Woordspel en die verskillende betekenisse van byvoorbeeld skiet kan jou ‘n rits gewaarwordinge in herinnering laat roep. As jy so half verfynde pasifistiese neigings het, kan skiet jou nogal handeswetend laat sidder as jy by daardie iets-of-iemand-bietjie-seer-maak-betekenis gaan staan. Veral as jy nou bietjie van daardie kruit in jou brein se neus kry (kan tog immers nie jou regte neus wees nie). Skiet klink dalk soos fliek waar mielies ontploffend spring en dan kom daardie heerlike geur na vore. Of skiet is vir kamerazzi wat (ook maar met goeie rede) aan die agterkant van die beeldvasleggers boer om ‘n unieke kiekie te skep en geskiedenis te vries en vir môre te hou. As jy meer so na 50 plus se kant toe staan en jy kwalifiseer vir daardie groep wat nou “stemreg ontneem moet word”, sal dié woord straks grense oorsteek en toegepleisterde leggers opdiep van grens en troepie wees. Dan is daar Sondagmiddae voor die radio en magsnommers, en pas en “ratpacks” en kaserneinspeksies en … kom ons los die kontak-situasies. In die jare 80 het Bokomo ‘n wenkeboekie gepubliseer genaamd Peuselparade. Daar was wenke en raad oor wat jy moet inpak vir diensplig en daar was wenke en raad vir ouers om gereeld briewe te skryf vir hul dienspligtiges. Watter skeerroom gladder skeer en hoe jou skoene genoeg blink. Die boekie was eintlik grotendeels oor kos en peuselgoed wat troepies kon kry. Tussen die wenke ook lewenslesse soos dat die belangrikste wat jy moes inpak, ‘n positiewe gesindheid was. “Daarsonder was Diensplig ‘n Las.” Positiewe gesindheid seker steeds die be-
9
26 April 2017
langrikste op ons reise, waarheen ookal. Iemand het met hierdie skieter (net met ‘n kamera asseblief) se inname gereken dat Danie Botha die troepe tot oorgawe en groter hoogtes sou kon sing. Die klankblasers was groot en die stem het ver getrek. Laataand en bitter vroeg in die oggend (as jy wakker skrik) en dwarsdeur die dag het “Wenners” die ruimtes tussen en binnein ons kasernes, en ons kaste en ons trommels en ons ore en haas elke enkele breinsel gebombardeer en in groot mate gevul. Wenners Wenners Wenners… regtig. Dis sekerlik nie al waaroor dit gaan nie, behalwe… wanneer jy agter die splinternuwe en indrukwekkende 2017 Navara se stuur inskuif. Dan kan enige pad maar kom en dan kan die paradegrond maar kom. Wel, eintlik kan die mees vreesaanjaende RSM (regiment-sa-majoor) ook maar kom. Navara is gevaarlik. Gee sommer selfvertroue dat jy van skutter na skieter na siener ontwikkel. Want, kom ons wees eerlik, daar het laaste klompie jare van die vyand in die oorlog suksesse
gehad en paar Navara’iete afgerokkel na ander fabrikate. Wel, Navara 2017 gaan die bordjies verhang, en klaar. Geen wonder dit is aangewys as die 2016 Internasionale Bakkie van die Jaar nie. Die uwe het bietjie die pad gevat in Nissan en het dit reggekry om met hierdie nuwe bul (niks met kleur te make nie, liewe Steve) op soveel terreine die leiding te neem, dat jy eintlik kan sien hoe die wit vlae uit ander geledere rys. Nissan het onlangs die eerste drie bulle (al drie 4x4 met die spiksplinternuwe 2.3 dubbelturbo dieselenjin) van hul nuwe reeks onlangs in Suid-Afrika losgelaat, met die 2x4-modelle en ook die enkelkajuite wat laat vanjaar hul verskyning hier behoort te maak ook met petrolenjins. Die uwe het bietjie die paaie (teer en sommer ook lekker klompie grond) gaan oprol in JB’s Nissan se 4x4 2.3 SE dubbelkajuit. Dié bakkie, net soos skiet nie vir almal wegblaas beteken nie, is eintlik al daar wat bakkie se naam moet verander.
Bakkie herinner maar aan die begin van eelte-kry-klou-aan-die-stuur-anders-hop-jy-vandie-pad-af-voertuig met hier-is-nie-plek-vir-diegeringste-luukshede-of-gemak-nie-kajuit. Maar ons is nou in 2017 ná C. En dit beteken Navara ry lekkerder as ooit. Sitplekke voor bied meer ondersteuning en die grondpad was ‘n groter plesier as ooit. Navara sleep nou tot 3.5 ton en neem die voortou as die eerste in sy klas wat agter toegerus is met ‘n vyfledig gekoppelde kronkelveerstelsel om die “tradisionele” bladvere te vervang. Dit dra veral by tot rygerief op en van goeie teerpaaie. Só is die grondvryhoogte ook verhoog (226mm op dié model) en bied Navara nou ‘n naderhoek van 33 grade. Navara, wat (dié model met die jongste generasie 2.3l enjin) 140 kW (@3750 toere)en 450 Nm (@1500-2500 toere) wringkrag lewer, is nie skaam om voetjie op te tel nie en het nogal beïndruk met sy stuurvermoë deur draaie. Hy is nou ook 180kg ligter as die vorige model. Dar is ook lugsakke vir voor-impak, sy-impak en knie-lugsakke vir die bestuurder en ‘n rits luukshede, waaronder die raakskerm- inligtingen-vermaakrekenaarstelsel, elektries beheerde kleinruit na die laairuimte, luguitlate vir die agterste pasassiers asook vier beker- en twee bottelhouers voor en 3 12V-sokke. Die Navara staan 5255mm in lengte en 1850mm (spieëls uitgesluit) in breedte met ‘n laairuimte (vloervlak) van 1503mm x 1560mm) . Die hoofligte sluit standaard ‘n ry LED-dagligte in om die agterhoede te dek op die slagveld is daar die standaard-tru-kamera Met die twee turbo-aanjaers (‘n groter en kleiner een vir meer ekonomie en krag onderskeidelik) is daar (en kom ons dra, vir selfbehoud, maar ons positiewe gesindheid saam oor politici en brandstofpryse) ook ‘n groot (tot ‘n aangetone 27%) besparing op die brandstofverbruik. Navara kom nou standaard met Nissan se omvattende 6 jaar/150 000km-waarborg en ‘n 3 jaar/90 000 km-diensplan. Navara 2.3 DDTT 4x4 SE dubbelkajuit met die 6-gang handratkas kos R514 900. Wat bly oor? Hierdie skieter stel voor jy skiet sommer deur na JB’s en gaan toetsbestuur vir Wenner: Navara 2017. En kort voor lank is die koeël deur die kerk…
10
NUUS • NEWS
26 April 2017
Fondse vir liefdadigheid:
Oppiestoep: By 'n v�����an
die gewilde televisie-reeks, Oppiestoep, by Klein Parys in die Paarl, het 'n groep plaaslike inwoners saamgekuier. Bo is Christiana Blom, Janus le Roux, Lodewyk Lesch, Pietman Geldenhuys, Lappies Labuschagne, Madelein Viljoen, AnneMaria Burger, Elricka Lesch, Huibrecht Labuschagne en Johanna le Roux. Links is Pedro Kruger, Andre Josias, Margit MeyerRodenbeck en Andries Vermeulen.
Luzanne Viljoen, sielkundige van Malmesbury, het 'n passie vir mense en liefdadigheid en sy wend nou hierdie liefde ten bate van drie organisasies op Malmesbury aan. Viljoen het die Jo Dolphin-sorgsentrum, Elkana en die Swartland Haven geïd�����as organisasies wat behoeftig is en probeer nou om fondse vir die organisasies in te samel. Die fondsinsameling, genaamd "One Month Extended Drive, duur tot die einde van Mei. Tot dan kan belangstellendes fondse, hul tyd of hulp afstaan en skenk aan die organisasies. " Ek doen hierdie projek omdat ek voel dat dit my kans is om terug te gee aan die gemeenskap. Ek voel ook dat dit 'n goeie manier is om die gemeenskap van Malmesbury te help en beter te leer ken. Ek hoop ook dat die projek blootstelling sal bied vir hierdie organisasies, sodat die mense van Malmesbury kan weet van hierdie organisasies indien hulle ooit hulp van hulle af nodig sou kry," vertel Viljoen. Vir meer inligting, of om betrokke te raak by die projek, kontak Viljoen by 072 459 7700 of stuur 'n epos aan luzanneoosthuizen@gmail.com.
50 jaar: NSRI vier dekades se fees met opedae Vanjaar vier Sea Rescue hul 50ste bestaansjaar met ‘n reeks opedae wat regoor die land by 36 reddingstasies sal plaasvind, insluitend op Yzerfontein by Stasie 34. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is in 1967 gestig nádat 17 vissermanne hul lewens gedurende ‘n storm langs die kus naby Stilbaai verloor het. ‘n Swemafrigter, Pattie Price, in Simonstad het van dié tragedie te hore gekom. Die voorval het haar hartsnare geraak nadat sy self as kind teen die kus van die Verenigde Koningkryk gered is. Sy het briewe aan koerante begin skryf om fondse in te win vir ‘n plaaslike seereddingsinstituut. Die Master Mariners het die eerste lewensreddingsboot befonds, genaamd Snoopy. Die eerste twee vrywilligers was kaptein Bob Deacon en Ray Lant. Dit is vandag vyftig jaar later en die instituut gaan steeds van krag tot krag met morele en geldelike ondersteuning deur burgers, besighede en instansies reg oor Suid-Afrika. Die NSRI beskik vandag oor die 1 000 lewensredders wat voortbou op die instituut se sukses en die lewens van mense teen geen vergoeding, bly red. Die reddingsbasis op Yzerfontein is in Oktober 2005 gestig en word vandag deur 15 onbetaalde vrywilligers beman. Die bemanning van Stasie 34 Yzerfontein het aanvanklik vanuit geskenkte skeepsvragte gewerk voordat daar sewe jaar later ‘n boothuis gebou is. Gedurende die tyd, het die stasie egter
Promosie
altyd plaaslike ondersteuning geniet. Dié reddingsbasis het verskeie skenkings en befondsing vanuit verskeie oorde vir hul nuwe kwartiere op Yzerfontein ontvang. ‘n Gedenkplaat by die basis eer en herdenk vandag steeds die enorme bydrae wat die plaaslike Rotariërs tot die basis gemaak het. Die reddingsbote, “Rotary Onward” en “Spirit of Iffley”, word gebruik om vissermanne, toeriste en plaaslike inwoners te red. Die basis word ook gereeld gekontak om ‘n verstrengelde walvis uit ‘n penarie te gaan help. NSRI Yzerfontein bied op 29 April vanaf 10:00 tot 15:00 ‘n Opedag saam met die res van die land se reddingsbasisse aan. Hulle nooi almal uit. Van vriende, oudkollegas tot ondersteuners en nuuskieriges om die geleentheid saam met hulle te deel. Sien uit na ‘n watervertoning en demonstrasie, geniet ‘n toer deur die basis, ontmoet die bemanning en kon geniet ligte versnapperings. Indien die weer dit toelaat, kan besoekers moontlik ‘n rit op een van hul reddingsbote geniet. Bespreek by station34@searescue.org.za of Willem Lubbe, die stasie bevelvoerder kan gebel word by 082 990 5974. Die span by Stasie 34 Yzerfontein staan altyd reg om plaaslike inwoners, vissermanne en toeriste te help. Indien enigiemand weet van ‘n noodsituasie, kontak die stasie dadelik vir hul ondersteuning en hulp. Dit is waarom hulle daar is.
NUUS • NEWS
11
26 April 2017
Hoe gemaak met... ...v eranderde tuinmaaktendense? Plant: Daar is min dinge so lekker
in die winter, as om jou eie groente uit te haal en dieselfde aand nog ‘n heerlike bredie of sop daarmee te maak. Herfs is ideaal om wortels, beet, ertjies, boontjies, broccoli, blaarslaai, uie en spinasie te plant. Hou die kwekerye dop vir plantjies. In subtropiese gebiede kan komkommer, eiervrug en soetrissies ook nog geplant word. As jy nie plantjies kry nie, kan jy nog boerbone, uie, blaarslaai en ertjies van saad saai. Daar is nog genoeg tyd.
Opkikker: As jy kleur vir jou tuin soek, tot diep in herfs, plant hierdie “plesierige” Afri-
kanertjies. Hulle beloon jou met oneindige kleur en genot en hoe meer jy pluk, hoe meer blom hulle. Afrikanertjies is die langasems van die blomme-, kruie-, of groentetuin. Lank na die tuin leeg is van somerblomme, skyn Afrikanertjies se helder geel en oranje gesiggies nog oral. Dit word gesê dat Afrikanertjies (ook bekend as Marigolds) goggas weghou van plante in jou groentetuin en ek strooi opgesnipperde blomme en blare gereeld in my hoenderhok om insekte weg te hou en wanneer mens daarop trap, gee dit die heerlikste geur af. Die blomme en blare maak 'n wonderlike potpourri wanneer jy dit uitdroog. Prop sakkies vol en hang in jou hangkas. Maar het jy geweet Afrikanertjies is ook eetbaar? Die blomblare is heerlik in 'n kasserol, brode en omelette en is baie kleurvol en smaakvol in rys en sop. Die blomblare gee ook wonderlike kleur aan slaaie.
Oor die afgelope 50 jaar het tuinmaak deur baie verskillende fases gegaan en nog steeds verander dinge, so wanneer ek terugkyk dan is ek eintlik verstom. Tydens die sestiger & begin sewentiger jare was sukkelente die mees populêre plante, dit het bestaan uit vetplante, kaktusse & aalwyne. In daardie tyd het tuiniers nog nie so baie struike en saailinge (blomplantjies) geplant nie. Tuine was groot, een deel met baie vrugtebome, ‘n ander deel was die groentetuin, soms was daar ‘n groot grasperk met ‘n paar blombeddings rondom en ‘n roosbedding het die tuin afgerond. Die hele tuin was in reghoeke of vierkantige blokke uitgelê met sementpaadjies tussenin wat met randsteentjies afgerond is. Hier en daar was daar ‘n groot boom, hibiskusse en bougainvilleas was ook redelik populêr. In hierdie tyd was die algemene houers vir stoep- en huisplante, kleipotte en was bome en struike in kwekerye nog in leë blikke geplant, voordat die eerste plastieksakkies hul verskyning gemaak het Vanaf die middel-sewentigs was daar ‘n groter aanvraag vir meer bome en ‘n wyer verskeidenheid struike, groot en klein. Huisplante het ook meer in aanvraag begin kom soos wat tuiniers begin het om klein binnetuintjies te skep. In die jare was asbespotte en houers baie gewild, daar was ‘n groot verskeidenheid fatsoene en vorms, potte wat lyk soos ‘n swaan of reuse skoen-, ‘n gholfbal- of vaatjieposbus en nog vele ander interessante patrone. Tot en met hierdie tyd het die Wes-Kaap ook oor geen groothandel kwekerye beskik nie, alle plante is van elders in Suid Afrika af ingebring met die treine eers in die laat sewentigs, begin tagtigs het die eerste groothandel-kwekers begin om plaaslik plante te voorsien aan die kleinhandel-kwekerye. Gedurende die tagtigs en negentigs het daar ‘n groter vraag ontstaan na kleipotte wat vanaf die Oosterse lande ingevoer is. Daar was ‘n wye verskeidenheid van kleure in klei, “saltglased” en geglasuurde potte. Hier was die patrone en vorms eindeloos. Tuine het ook begin om ‘n gedaante verwis-
seling te ondergaan, groot erwe is onderverdeel, die sementpaadjies is opgebreek en beddings het meer vloeibare lyne begin kry. Met die groot bome wat in tuine meer skadu begin gee het, het tuiniers begin soek na plante en struike wat in koelte kon groei, Clivias, Hydrangeas, Katjiepiering, ens. In hierdie tydperk het blomplantjie saailinge al hoe meer gewild begin word en die aanvraag het geweldig gegroei, in so ‘n mate dat ‘n paar kwekers net hierin gespesialiseer het. Soos die tyd aanstap, het water duurder en skaarser begin word. Tuiniers het meer “kompak” begin tuinmaak, meer inheems begin plant en nou begin die sukkelente plante ook weer in aanvraag kom. Met elke droogte tydperk raak houers (potte) meer gewild, daar word meer klippies in tuinuitleg gebruik en paadjies word met plaveiblokke uitgepak of hulle gooi perske- of appelkoospitte. Daar word al meer van ‘n deklaag gebruik gemaak om water te bespaar. Grasperke word kleiner of verdwyn, so die kinders en Wagter weet nie meer waar om te speel nie. Ja, so sal tuinmaaktendense bly verander soos die tyd aanstap en tuiniers moet aanpas by omstandighede. Hou dié courant van 24 Mei 2017 dop vir groot verrassings. Lekker tuinmaak, ons gesels weer op 31 Mei 2017. Tuingroete. George Retief
12
NUUS • NEWS
26 April 2017
Dagboek • Calender
Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956 Moorreesburg Sakekamer 20 April: Die Moorreesburg Sakekamer hou hulle ledeen jaarvergadering Blomtrein by !Khwa ttu 21 April: Kom geniet Blomtrein saam met Jan Blohm en Neil Nachtrein by !Khwa ttu, R27. Kaartjies beloop R120 per persoon. Deure open om 17:00 en die vertoning is 19:00. Vir verdere navrae kontak 022 451 2202 Vriend van God (AGS) 22 April: Vriend van God (AGS) stel hulle fasiliteite beskikbaar vir diegene wat saam wil bid met die Gebedsdag van 10:00 tot 18:00 Jo Dolphin 24 April: Jo Dolphin hou 'n spesiale Algemene vergadering om 18:00 te Albaniestraat 5. Vir enige navrae kontak Marie Cronje by 022 487 1156 Evita se Perron 28 April: Come and enjoy an evening of contemporary Folk music with Jenny and the Jameses at 20:00. R100 per person. Bookings is essential at 022-492 3930 or bookings@evita.co.za Johnny Star 29 April: Kom geniet 'n Entertainment Roadshow van Johnny Starr by die ou Jehova-kerksaal om 19:30. Die kostes beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Kontak Johnny by 076 624 6619 met navrae. | Evita se Perron 29 April: Kom deel in ons Potjiekos kompetisie vanaf 10:00 tot 16:00. Kostes beloop R100 per pot en stalletjie. Lekker pryse om te wen. Langarm Dans vanaf 19:00 tot Laat. Navrae kontak: evita@evita.co.za of 022-492 3930 Riebeek Kasteel - GPF 2 Mei: Die Riebeek Kasteel GPF (Gemeenskaps Poliseering Forum) hou vergadering by die POP Center, Riebeek Kasteel (Esterhof) om 19:00 tot 20:00 Moorreesburg 3 Mei: Leah sing in Moorreesburg by die NG Kerksaal, Moorreesburg om 19:00. Kostes beloop R60 vir kinders onder 11 jaar en 12 jaar en ouer is R100 per kaartjie. Kaartjies is beskikbaar by Nicky Lategan Slagtery. Vir navrae kontak Thea Lategan by 084 517 5419
Piketberg Hoerskool 5 Mei 2017: Kom geniet 'n Boemelaarsdans by die PHSskoolsaal om 19:00 Kostes beloop R80 per volwassene (sonder ete) en R110 per volwassene (hamburger & wedges). Bring eie drinkgoed. Eie kos welkom Navrae kontak Sanet by 082 557 6239 Rocking for Jesus Dance Event 6 May: We hereby invite you to Rocking with Jesus dance event. The first held of its kind in Malmesbury. Doors open at 19:30.For info or tickets call Liezel at 081 787 8151 or Christopher 081 722 6198
Kragmeting:
Die rugby- en netbalspanne van Schoonspruit Sekondêr en die Hoërskool Swarltand op Malmesbury het mekaar gistermiddag in ‘n paar titaniese kragmetings op die Wesbank Sportterrein in Alfastraat opgekeil. Links ontvang Swartland se Yamkela Nondabula die bal in die twee eerste netbalspanne se wedstryd. Regs: Aiden Lawrens, vleuel van Schoonspruit, skud ‘n opponent af in die rugby A-spanne se kragmeting.
Riebeek Valley Olive Festival 6-7 May 2017: Save the date for the Riebeek Valley Olive Festival. For further information: www.riebeekvalleyolivefestival.co.za Emo Adams 17 Mei: Emo Adams tree saam met die HS Swartland koor en LS Swartland se twee kore op om 19:00 in die Malmesbury stadsaal. Kaartjies is R100 per persoon en is by HS Swartland en LS Swartland se ontvangs asook by Complete Dental, dr Gert van Staden beskikbaar. Dit beloof om 'n onvergeetlike vertoning te wees. Darling College Wine Auction 20 May: Come join the auction from 18:00 for 18:30 at Darling Brew. Cost is R250 pp, which includes a 3 course meal and wine on the table. Dress code is Smart casual. The proceeds of the event will benefit Darling College. The auction will feature a broad range of South Africa's finest wines, weekend get-aways, restaurant vouchers, lucky draws and other exciting items. Cash bar will be available. Bookings with Wilna de Clerk 022 492 2825 / Tersia Wentzel 082 829 7078 Hermon - GPF 23 Mei: Die Hermon GPF (Gemeenskaps Poliseering Forum) hou vergadering om 19:00 tot 20:00. Die plek sal gekommunikeer word Bingo by Aandskemering 24 Mei: Kom geniet 'n heerlike BIngo aand by Aandskemering. Kostes beloop R100 per persoon wat insluit 5 gratis speelbeurte en ligte aandete. Bring eie drank/ koeldrank en glase. Slegs besperkte aantal kaartjies beskikbaar
SA's: Selma du Preez van die Hoërskool
Swartland op Malmesbury het aan die Biathle World Tour (WP-kampioenskappe) deelgeneem op Mosselbaai. Hier het sy 100m in oopwater geswem en 1600m gehardloop. Sy het 'n silwermedalje ingepalm en is gekies vir die WP-span wat aan die SA-kampioenskappe in George gaan deelneem. Sy is reeds voorheen in hierdie span opgeneem.
AGS Wesbank Sondag-erediens 09:30, kinderbediening 09:30, biduur Woensdae 19:30 by die kerk, Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178 Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 8279054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; Special service on Good Friday (14 April) at 09:00 and Easter Sunday at 07:00 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am
Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar Sondagoggend preek De Waal Esterhuizen om 9:30. Sondagaand by die Engelse diens bring De Waal Esterhuizen die woord om 17:30 by Voortrekkerweg 48, Malmesbury Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Diens op 23 April om 09:30 by die Mount Royal se konferensiefasiliteit Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
Die gewilde Afrikaanse sangeres, Juanita du Plessis, het Saterdag op Malmesbury opgetree. By haar is Hein en Nina Louw.
HSS: Anri Malherbe en Guillaume Louw
Riebeek Wes - GPF 6 Julie: Die Riebeek Wes GPF (Gemeenskaps Poliseering Forum) hou vergadering by die POP Center, Riebeek Wes om 19:00 tot 20:00
het vir WP by die SA Junior Nasionale Onderwater hokkie kampioenskappe in Durban verteenwoordig. Daarby het Guillaume aan die Swem SSA Level 3 streeksgala te Port Elizabeth deelgeneem. Louw het altwee rekords verbreek en 'n goue medalje in die twee items ingepalm in die o.14-afdelings van die 50m Apnea (onderwater swem) en die 50m bowater swem. Hy het in die o.16 �������������������� plek behaal en 'n brons medalje gewen.
Kerke • Churches
Vriend van God (AGS Corpus Christi) Sondag oggenddiens om 09:30. Sondagaanddiens om 18:30 Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200
Juanita:
Blomtrein op Riebeek Blomtrein bestaan uit Jan Blohm en Neil Nachtrein en stel September 2016 hulle debut album, Blomtrein, bekend. Die groep is Saterdag op Riebeek-Wes by Die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond-teater te sien. Die album bestaan uit 10 akoestiese rock snitte, alles oorspronklike musiek en lirieke deur Jan Blohm en Neil Nachtrein. Dit is eg Jan Blohm styl, maar ook uniek en besonders met die toevoeging van Neil Nachtrein. Die album is opgeneem te Manley Studios in Pretoria. Jan Blohm is geen onbekende in die Suid Afrikaanse musiekbedryf nie. In 2002 het sy musiek begin aftrek kry en in 2004 het sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, verskyn. Sedertdien het Jan verskeie albums die lig laat sien wat groot treffers opgelewer het. Jan het verskeie toekennings vir sy werk ontvang , soos in 2005 drie GMT-Toekennings vir ‘Album van die Jaar’, ‘Liedjie van die Jaar’ vir Breyten se brief en
‘Beste Nuweling’ van dieselfde jaar aangewys, asook verskeie Huisgenoot Tempo Toekennings, SAMA Toekennings en Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings. Jan Blohm is spitsvondig en selfs satiries, met komiese stekies wat mildelik uitgedeel word. Neil Nachtrein is ‘n musiekdiamant van Fouriesburg in die Oos-Vrystaat. Neil het ‘n eiesoortige, unieke musiekstyl, eenkant van die hoofstroommusiek en droom hy oor meer geleenthede waar juis sy musiek sal inpas en waardeer word. Dit is onvermydelik dat Jan Blohm en Neil Nachtrein ‘n ideale kombinasie is. Hulle tree reeds sedert 2015 saam op en het reeds tientalle gehore regoor die land bekoor. Ongetwyfeld twee kunstenaars wat inspirasie ontlok. “...this train is bound for glory...” - Woody Guthrie Vir besprekings, kontak 082 853 4377.
NUUS • NEWS
26 April 2017
Sakekamer:
By die Moorreesburg Sakekamer se ledevergadering het die bestuur onveranderd gebly. Ina Lochner van die plaaslike ACVV het die lede meer vertel oor die rol van die ACVV in die gemeenskap. Bo is die bestuur, saam met Lochner. Die bestuur is: Leonard Thomas, Henrietta Bester, Jannie Smit, Martin Langenhoven, Jannie de Bruyn, Ennerien Aucamp, Nicholaas Hanekom (voorsitter) en spreker Ina Lochner.
Drama: Hoërskool Porterville se dramagroep bied die produksie “Koshuisk���aan op 3 en 6 Mei. Geniet ‘n aand met Zelda en haar koshuisvriende op ‘n aand waar liefde, verwyt, jaloesie en geluk seëvier. Toegang tot 3 Mei se produksie beloop R20 per persoon. Die vertoning van 6 Mei beloop R70 per persoon en sluit ‘n vingerete in. Kontak die skool by 022 931 2174 met navrae of kaartjieverkope.
Bond: Die oud-studentebond van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Saterdag hul eerste vergadering gehou. Dié bond beywer hom vir die uitbou van dié skool en enige ouers, ondersteueners en oud-leerders is welkom om aan te sluit. Die interim-voorsitter is Hendrik Spies, met Wilhelm Sadie as interim-tesourier en William Koch as interim-sekretaris asook ondervoorsitter. Annemie Lourens is 'n gekoopteerde lid, asook argivaris. Besoek https://swartland.alumnet.co.za vir meer inligting, of om aan te sluit. Kontak Spies by 084 585 5103 met navrae.
VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR SOMEONE WHO WANTS TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH LAPA MUNNIK HOSPITAL OPERATIONAL MANAGER NURSING GRADE 1 (GENERAL) Remuneration: R394 665 (PN-A5) per annum
For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.
Closing date: 12 May 2017 130547 COURANT ayandambanga.co.za
13
14
26 April 2017
NUUS • NEWS
Kontak ons by 022 487 3221.
NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjiedekor, springkastele, waterglybane. Druk van versiersuiker-papier (schweet sheets). Kontak 078 544 2038/elsa@ abcpartytjies.co.za #3463 ----BOU VAN NUWE HUISE – EPM (Pty) Ltd. NHBRC geregistreer. 084 230 1639. ansleyehrenreich@ gmail.com. Besoek: www.epm23.co.za #4412 ----------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 ---------------------------TE KOOP FOR SALE MOORREESBURG – 9 X 3 Wendy Huis. 4 weke oud. Nog nie gebruik – self uitmekaar haal @ R15 000,00. Kontak 084 7333 061 #4411 ----LIMITED offer on RAYYAN Perfumes – 30ml @ R30 and 50ml @ R50. Contact number 083 361 7735 #4410 ----------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
Tonne liefde – Biekie #4416 -----------------------------
FRANCINA EN THINUS - 25 April is ons agtste huweliksherdenking. Dankie dat jy altyd daar is vir my. Ek is baie lief vir jou – Vroulief Francina #4417 -----------------------------
YVONNE HART. 30 April. Met God se genade sal jou man jou wense vervul met ‘n plesierbootreis. Baie liefde – Manlief Willie, kinders en kleinkinders #4418 ----Geluk met jou verjaardag. Geniet dit. Alle seënwense op die water. Van: skoonsus Fien en kinders #4429 -----------------------------
Guess who’s turning 21 on 29th of April. BERNIE stay as sweet as you are. Much love - Nadia #4419 ----------------------------ALETTA WESSELS - 26 April. Wens jou oorvloedige geluk en liefde. Mag al jou drome ‘n werklikheid word. Van Scanning – Kaap Agri. #4413 -----------------------------
OUPA KLASIE - 25 April. 'n Geskenk wat goud nie kan koop. 'n Pa duisend en spesiaal. Liefde - Rika, Marika, Marisca, Denzil, Henlize en Timma #4414 -----------------------------
29 April - Pa, is ons rots, en is alles wat ‘n kind van ‘n pa verlang. LOEKIE, ons Hero. Lekker verjaar. Liefde - kinders en kleinkinders #4415 -----------------------------
JOSHUA – Baie geluk met jou derde verjaardag op 24 April. Mag jy ‘n lekker dag hê my grootman.
SAMANTHA LOUBSER – 26 April. Mag jy ‘n wonderlike dag hê. God se rykste seën. Van: Mammie, Pa, jou kinders en res van familie #4420 -----------------------------
JO-LIN LOUBSER – 27 April. Geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seën. Van: Mammie, Pa, jou twee kinders en res van familie #4421 -----------------------------
ZEKE BUCHANAN – Congratulations on your second birthday on 26 April my son. Hope you have a fabulous day. From : Mommy and Deacon #4422 -----------------------------
15
19 April 2017
30 April – Geluk Oupa met u verjaarsdag. Mag God Oupa nog baie jare spaar. Lekker verjaar. Kinders, skoondogters en ses kleinkinders #4423 -----------------------------
AREND SEPTEMBER – 30 April. Baie geluk met jou verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar vir jou. Liefde – Shanaaz, kinders, Pa en Ma #4424 -----------------------------
EDWINA BARENDSE – Gods richest blessings on your birthday. Enjoy your day. From your collegues at County Fair #4425 -----------------------------
Raai wie is 6? Veels geluk. Met liefde van Pa, Oumie, Oupie, Nanna en Uncle #4426 -----------------------------
BRYLENE WILLIAMS – Veels geluk met jou verjaarsdag. Mag al die volgende jare oorloop van liefde en seëninge. Mammie en Daddy #4427 ----Baie geluk met jou 21ste verjaardag, Hoop al jou drome kom waar. Goedheid en guns volg jou. Liefde – Guswill #4428
26 April – Geluk Mamma en Pappa met jul 31ste huweliksherdenking. Mag God jul liefde versterk en seen. Liefde – Pauline, Shamos, kleinkinders en agterkleinkind #4430 -----------------------------
26 April – Happy birthday PAULINE. Wishing you all of the
best. Stay the loving, caring person you are. Love you always – Shamos #4431 ----Geluk Ma en Ouma met jou 38ste verjaarsdag. Baie dankie vir wat Ma vir ons beteken. Liefde – Steph-Line, Marico, Marché en Deonise #4432 -----------------------------
ELIZABETH JANTJIES – 28 April. Baie geluk met jou 60ste verjaarsdag. God seën. Liefde – Malmesbury SAPS #4433 -----------------------------
LUZEL – 28 April. Baie geluk met jou geboortedag. Alles wat mooi is. God seën. Van jou familie #4434 -----------------------------
BIANCA – Geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Liefde – Mammie, Matoe, Clemencia, Ricardo, Hulldrick en Clemenique #4435 -----------------------------
JENICKE – Agt op 25 April. Geluk met jou verjaardag. Jy moet jou dag geniet onse blompot. Baie liefde – Mammie, Daddy, Clemmy en die Cloete gesin #4436 -----------------------------
My pragtige dogter LEZAHN. God se rykste seën met jou verjaarsdag. Mammie is baie, baie lief vir jou – Claudia #4437 -----------------------------
26 April – Baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy verjaar lekker. Baie lief vir jou – Pa, Tino, Lathum en Nicky #4438 ----18 op 26 April. Baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy bly die mens wat jy elke dag is. Lekker verjaar -
Louisa Nero #4439 -----------------------------
Geluk met jou geboortedag op 27 April. Geniet jou dag en mag daar nog vele jare wees. Van: Mammie, Emjay en drie susters #4440 -----------------------------
KAYLEEN – 21 op 24 April. Geluk. Mag God jou ryklik seën en die jare vorentoe. Van: Mammie, Daddy, Kurt, Byron en Ouma Betty #4441 ----Wishing you a day as sunny as your smile. As warm as your heart. Love – Feedy, Tashric, Tahir and Vaughn #4442 ----Geluk met jou verjaardag. Gos se rykste seen. Van: Aunty Esmay, man Wilbar en Sandrë #4443 -----------------------------
JOAN – Baie geluk met jou verjaardag vroulief. Ek lief jou baie. Manlief Hennie #4444 Baie geluk aan ‘n wonderlike Ma en Ouma. Ons waardeer alles wat u vir ons doen. Maxzeen, Jayden en Pensie #4445 ----Baie geluk Ma met Mammie se verjaardag. Ons is lief vir Ma – Henzino en Hailley-Jane #4446 ----Vandag is ons bly saam met Ma op die spesiale dag. Baie geluk – Jamie en Boeta #4447 ----Baie geluk met u verjaardag Joan. Geniet jou dag – Gardener familie #4448 -----------------------------
Raai wie is 21 op 28 April. Baie geliuk met jou mondigwording. Van: Ma, Jason, Mandy, Meagan, Le-Zania, Uncle Bob #4449 ----Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Alle mooi dinge vir jou vorentoe. Van: Ouma, Mammie, Janni, Adriel, Ernest, Murlyn, Ernecia #4450 -----------------------------
Baie geluk Mamma. Wens Mamma alles wat mooi is en voorspoed op u verjaardag. Geniet dit – Van der Ventel familie #4460 ----------------------------JAN (Makwak) en RIETA - Baie geluk met jul 10 jaar huweliksherdenking op 28 April. Mag die Here julle nog vele jare byvoeg. Jul vriendin – Amelia Syster #4451 -----------------------------
Raai wie word 50 – Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou ryklik seën . Baie liefde – Henrietta (jou vrou) #4452 ----------------------------
REGAN JORDAN DOUGLAS – Geluk met jou eerste verjaardag. Geniet jou dag liefie. Baie lief vir jou - Mammie, Preston, Ouma en Oupa #4453 ----Geluk met jou verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou. Van: Jou peetpa, peetma, Marlene Adonis en Kevin Pick #4454
BERNADINE - 21 op 29 April. Geluk met jou mondigwording. Behou jou mooi persoonlikheid. Baie liefde - Mammie, Pappie & Shermekia #4455 -----------------------------
HANNELIE – Wonderlike vrou en Ma. Baie geluk met jou verjaarsdag op 28 April. Van jou Man en twee dogters #4456 -----------------------------
Happy! Happy Birthday to a lovely Mom. Wishing you a day as warm as your heart. Love – Milda, Carling, Mekylin #4457 ----Hope it is as awesome as you are and may all your wishes come true. Love – Leon and Clemetha #4458 ----Lekker verjaar. Mag die dag met rose en liefde besaai word. Liefde – Marshall, Ennie en kinders #4459 -----
Geluk jule met jul verjaarsdae op 24 April . Bly die wonderlike en lieflike mensies wat julle is. Baie liefde Sedeman- en Basson familie #4461 -----------------------------
ANJA VAN REENEN Veels geluk. God se rykste seën oor jou lewe. Van: Mammie, Pa, Anneke en Vinteau #4462 ----Veels geluk Ouma se prinses. Hoop jy verjaar lekker. Liefde ouma Sussie en ouma Kelly #4463 hart bly. Liefde – Mary-Ann Kamies #4466 -----------------------------
BRIGIDNE JOUMAT Veels geluk. Jy en Anja is bevoorreg om julle verjaarsdae saam te kan vier. Liefde - Van Reenen familie #4464 ------------------------------
SHILOH ESAU - 28 Apri. Baie geluk met jou verjaardag. Ek sal altyd lief wees vir jou Mamma, Muhammad en Zareenha #4465 -----------------------------
ANNA - Baie geluk met u verjaardag. Mag die nuwe lewensjaar baie voorspoedig wees. #4470 ----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
BENEDINE BROWN – 28 April. Jy vier jou 50ste verjaardag in die hemel. Mis jou baie. Sal altyd in my
STEPHEN WEST 30 April. Dit is u tweede verjaardag weg van ons. Die gemis is grootverlangende vrou, dogter, kleinkind, agterkleinkind Norton en Hendricks familie #4467 -----------------------------
FRIKKIE ESAU - 27 April. Pa, jou negende verjaardag in die hemel. Dink nog steeds aan jou. Van jou dogter Janette #4468 ----------------------------STERFGEVALLE OBITUARY
FLORRIE AGULHAS Gebore 16.07.1934 – Oorlede 21.04.2017 Begrafnis : Saterdag, 29 April 2017. Besigtiging om 08:30 te Tekomalaan 13 en die diens neem aanvang om 09:30 by die Ou Apostoliese Kerk, Wesbank #4469
16
courant
dié
26 April 2017
NUUS • NEWS
SWARTLAND SPORT
Tel: 022 487 3221
26 April 2017
Sportdag: CPM op Malmesbury het
Saterdag gasheer gespeel vir die jaarlikse sportdag wat hier gehou word. Bo is Tiaan le Roux, wenner van R10 000 in die beesloop-kompetisie.
Derby:
In nog 'n derby-kragmeting op Malmesbury, het die span van Never Despair geseë-vier (24-23) oor die span van Abbotsdale. Foto: David Howburgh
•KOOKWATER-RUGBY OPGEDIS
Spairs klop Lillies •Abri Adonis
Die spanne in die Swartland-streek is besig om hulle stem behoorlik dik te maak in die Swartwes-afdeling van die Groot Uitdaagbeker. Darling het Saterdag gewys waartoe hy in staat is deur Mamre 'n behoorlike pak slae op sy tuisveld te gee. Darling met die gevaarlike Earl Lewis terug in sy geledere, sal beslis hierdie momentum in hul volgende wedstryd wil neem wanneer hy gasheer speel vir die vir die Vissermanne van St Helenabaai. St Helenabaai het Saterdag gewys dat hy met die groot kanonne kan oorlog toe gaan deur gelykop te speel met die sterbelaaide Saldanha. Hulle sal dus ook vol selfvetroue na Darling reis. Met Wesbank wat 'n blaaskans geniet hierdie naweek sal hulle die druk wil behou as die enigste onoorwonne span in die liga. Darling sal egter nie terugstaan vir n uitdaging nie en behoort met sy talentvolle agterlyn St Helenabaai hok te slaan. Darling behoort hierdie Saterdag n groot knou in St Helena se titel
aspirasies te slaan met 'n oorwinning van minder as tien punte. Never Despair wie verlede Saterdag verras het deur die hoogaangeskrewe Abbotsdale met slegs een punt te klop reis Saterdag om n sukkelende Vredenburg span aan te durf. Vredenburg het sover al sy wedstryde verloor en is tans soos 'n beer met seer poot. Hulle sal dus alles in hul vermoë doen om hierdie streek van nederlae te breek. Never Despair sal egter dit in gedagte hou en sal wil verdere sout in Vredenburg se wonde wil vryf. Vredenburg het verlede week 'n blaaskans geniet en sal vars en gereed wees vir Never Despair met talle spelers wat ook terugkeer van beserings. Never Despair speel tans goeie rugby, maar sukkel op die pad. Vredenburg sal hierdie swakpunt van Never Despair wil uitbuit en behoort hierdie naweek sy eerste oorwinning te behaal van minder as tien punte. 'n Erg gekneusde Mamre se treurmare-seisoen duur hierdie Saterdag voort, wanneer hy na Abbotsdale reis om 'n Abbotsdale-span aan
te durf. Abbotsdale, wat Saterdag onverwags vasgeval het teen Never Despair, sal hierdie wedstryd gebruik om te wys dat hy nog in die wedloop is om onder die top spanne te eindig. Op vorm wil dit voorkom of Mamre n lang Saterdag middag gaan hê met Abbotsdale se kragspel voor en se vlugvoetigheid agter. Dit behoort ook Saterdag drieë te reën met veral Abbotsdale se agterste driehoek wat tent sal wil opslaan agter Mamre se pale. Abbotsdale behoort hierdie wedstryd gemaklik met meer as twintig punte te wen. Velddrif wie die seisoen goed afgeskop het sukkel tans om weer op vorm te kom en hulle taak raak net moeiliker wanneer hulle Saterdag na Saldanha reis. Saldanha sal weer op die wenpad wil kom na hul gelykopstryd teen St Helenabaai. Saldanha het amper twee jaar laas op sy tuisveld vasgeval en hierdie streek behoort Saterdag voortgesit te word wanneer Saldanha met veldrif sal afreken. Saldanha behoort met meer as vyftien punte te wen. Wesbank geniet hierdie naweek 'n welverdiende blaaskans.
Sportuitslae Sports results
GHOLF Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner- 19 April- Enkel Stableford: Nic Goosen 20, George Prinsloo 20, Piet Basson 20, Lothar Buhr 20 Vrydag Sundowner- 21 April- Enkel Stableford Peter Willemse 23, Curtis Schacht 22, Ernst Matthysen 22, Brain de Beer 21 Shiraz Country Classic- 22 April : Vierbal Stableford Samespel : 2 tellings- Oggendveld M Buswell, M Miller, Matthew, G Williams 96; W Beukes, P Pienaar, M Apollus, P February 95; D Brasington, W Loubser, P Smuts, J Kotze 91; C Kleinhans, G Jamneck, D de Villiers, A de Reuck 88 Shiraz Country Classic- 22 April : Vierbal Stableford Samespel : 2 tellings- Middagveld M Nel, F Kriek, T Hamman, T Azeuedo 100; J Vorsterm J Vorster, S Strauss, N Nelson 96; B Marx, G Jordaan, T Coetzee, N Coetzee 91; N Links, J Somes, C Somes, P Willemse 89