c urant
dié
1 Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
26 April 2017
19.8%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 417
26 April 2017
Saai dat die stof so staan
Uit die dorre aarde van die Swartland trek stofwalms op soos daar nou reggemaak word om gewasse soos lupiene te saai. Op die plaas Majuba van Nakkie Bester, was dit ook gister die geval. Alhoewel die kwik steeds ver anderkant 30°C draai, is daar 'n moontlikheid op sowat 2.5mm neerslag wat vir vandag voorspel word. Damvlakke is ook laag, met die Voëlvleidam wat op 19.8% staan.
•OU VLIEGVELD LANGS DARLINGWEG BEKYK
Hospitaal skuif? Die vroeë aanduidings is dat die Swartland ‘n splinternuwe en moderne staatshospitaal van sowat R800 miljoen op ‘n nuwe perseel op Malmesbury gaan kry. Al is onderhandelinge nog aan die gang en moet ‘n studie oor die volgende drie maande ‘n klompie vrae beantwoord, het die Swartland Munisipaliteit (SM) in die laaste maand verskeie onderhandelingsgesprekke met die departemente van gesondheid, asook openbare werke in dié verband gehad. Swartland se burgemeester, Tijmen van Essen, het gister aan dié courant gesê die owerheid wil alles in hul vermoë doen om te verseker dat daar wel weer ‘n hospitaal op die dorp gebou word en dat dit so spoedig haalbaar moontlik moet gebeur. Die SM het twee persele naby hoofroetes voorgestel as moontlike standplase. Ook was die voorstel dat die persele in die SM se besit geruil word, eerder as verkoop, om die prosesse te bespoedig. Só kan ‘n gedeelte van die bestaande hospitaalperseel met gelyke waarde moontlik in die SM se besit kom. "Ons sal ook al die nodige dienste tot op die grenslyn bring en selfs sorg dat die bouplanne binne die 21 dae-tydperk goedgekeur word," sê
Van Essen. Die huis in PG Nelsonstraat is reeds geoormerk om straks ‘n nuwe sportakademie te huisves. Dié huis is destyds aan die hospitaal geskenk deur 'n arts van die dorp, Dr. Wahl. Die aanduidings is dat dit tussen drie en vyf jaar kan neem om die nuwe hospitaal te bou en die voorlopige beplanning is ‘n hospitaal van 80 beddens wat tot 130 beddens uitgebrei kan word, met van die nodige infrastruktuur reeds geskik vir 130 beddens. Intussen sal die department van openbare werke in die komende drie maande ‘n terreinverslag saamstel oor die opsies vir ‘n voorkeur-
perseel van ongeveer 3 hektaar. Die twee persele wat deur die SM voorgestel is, is albei langs die N7, wes van die nuwe Abbotsdale-wisselaar wat nog gebou gaan word, of langs Darlingweg, wes van die laaste bestaande huise, waar daar voorheen ‘n vliegveld was. In hierdie stadium lyk laasgenoemde perseel na die mees waarskynlike opsie. Die SM het aangebied om sover moontlik die hersonering van genoemde grond en die aanlê van die nodige dienste tot by die erfgrens te dra. Dié erf grens aan die toekomstige De Hoop-uitbreiding, wat sowat 16 000 inwoners sal huisves. Van die dienste tans op dieselfde perseel van die bestaande hospitaal, soos die patologie-eenheid, nooddienste en ander sal volgens die vroeë beplanning nie verskuif word nie. Die Swartland munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, het aan dié courant gesê sodra hulle die terreinverslag kry kan hulle hopelik in Augustus die raad se beginselgoedkeuring vir die ruiltransaksie kry. Hierna kan die prosesse ten opsigte van omgewing, sonering en onderverdeling dan ‘n aanvang neem.
NUUS • NEWS