Skip to main content

416 dié courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

12 April 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 416

19 April 2017

Krisante vir 101ste keer vereer

Die Wellington Krisante-vereniging sal vanjaar vir die 101ste maal dié blomsoort vereer in die jaarlikse krisante-uitstalling. Anthony Cavernelis, voorsitter van die Wellington Krisante-vereniging, het 'n passie vir krisante en spog breëbors met sy blomme. Lees die volledige berig op bladsy 4.

•105 JAAR: TITANIC SINK DAG VOOR HAAR KOMS

Sy lag, lees graag

•Jaomi Zeeman Die Wellingtonner tannie Margaretha Frederika Visagie se identiteitsdokument is ‘n getuienis wat die meeste mense se verstand te bowe sal gaan. Haar geboortedatum is 1912-04-16 – ‘n volle 105 jaar gelede. In haar leeftyd het tannie Margaretha, ‘n inwoner van Silwerkruin, al meer dinge beleef en gesien as wat enigeen van ons ons kan verbeel. Die beroemde Titanic-skip het presies ‘n dag voor haar geboorte gesink en die konstruksie aan die Panama-kanaal het in dieselfde tyd afgeskop. In haar geboortejaar is ‘n elektriese stoof vir die eerste keer uitgevind, ‘n hartaanval vir die eerste keer gediagnoseer en het die eerste valskermsprong uit ‘n vliegtuig plaasgevind. Sedertdien het baie dinge al verander, en vele dinge maar net dieselfde gebly. Tannie Margaretha het die uitvinding van dinge soos die nederige ritssluiter en die radio ervaar, aardskuddings, depressiejare en oorloë beleef, verskeie mode-, motor- en musiek-eras meegemaak en die ontwikkeling van tegnologie gade geslaan. Wanneer sy hardop wonder of sy baie telegramme op haar verjaardag gaan kry, besef ‘n mens hoe vol en vervleg haar lewenservarings moet wees. Sy lag as sy sê: “O, die mense gaan nou weer baie erg wees oor my met die groot verjaardag.” Volgens tannie Margaretha voel sy nog baie goed. “Ek het geen pyne nie en gaan nog goed aan. Ek is eintlik baie gesond,” sê sy.

Haar helder oë blink wanneer sy oor haar gevorderde jare praat. “Ek het nooit gedink ek sal so oud word nie.” Sy vertel dat sy “goeie kinderjare” in Pretoria gehad het. Sy is een van sewe kinders, van wie sy die enigste oorlewende is. Sy het een dogter, Christa Botha, wat tans in ‘n woonstel in Fyngoud bly. “Dis so lekker. My dogter kom kuier elke dag by my in Silwerkruin,”

sê tannie Margaretha. “My ma is nog so gesond. Sy drink baie minder pille as ek,” lag Christa. Volgens tannie Margaretha is die resep vir ‘n goeie, gesonde, lang lewe baie eenvoudig. “Ek is nie eintlik een vir speeches en prekies nie, maar ek sou sê jy moet baie lag, altyd bereid wees om ander te help, lief wees vir almal, veral lief wees vir kinders en nooit ophou speel nie,” deel sy haar raad. Haar kamermuur is versier met die foto’s van haar dogter, kleinkinders, agterkleinkinders en hul uitgebreide families. Op haar tafel lê haar tydskrifte en Bybel. “Ek lees graag,” sê sy. “En ek doen graag handwerkies. Ek is baie lief vir brei.” Pols ‘n mens haar oor of sy darem nog goed genoeg kan sien om te lees en te brei, antwoord sy: “Nee wat, ek dra nie ‘n bril nie. Ek het ‘n leesbril, maar ek kan goed lees sonder hom. Ek brei nie met ‘n bril nie. My oë is nog baie goed.” Haar versorgers beaam dit. Hulle noem ook dat sy altyd vol grappies is. 105 jaar is voorwaar ‘n besondere mylpaal – só besonders dat daar selfs ‘n groot ruiker blomme van Conrad Poole, uitvoerende burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, by tannie Margaretha afgelewer is. Oor die feit dat sy iemand is wat die hele hedendaagse moderne geskiedenis gade geslaan het, ‘n vol lewe gelei het en ‘n skatkis van herinneringe met haar saamdra, blink haar oë. “Ek is baie dankbaar. Ek sê weer, ek het nooit gedink ek sal so oud word nie.”

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

19 April 2017

•OP BOVLEI GEHUISVES

Gedig vir Breyten se plaasverblyf

•Jaomi Zeeman Almal weet dat Breyten Breytenbach ‘n noue verbintenis met Wellington het. Dit is sy grootworddorp, sy alma mater is Hugenote Hoërskool en sy voormalige ouerhuis word as ‘n sentrum ter ere van hom bedryf. Tydens een van hierdie wêreldbekende skrywer se besoeke aan sy tuisdorp, kon hy en sy vrou geen blyplek by ‘n gastehuis vind nie. Uiteindelik is hulle op ‘n plaas in die Bovlei gehuisves. Hierdie plaasverblyf het so ‘n groot indruk op Breyten gemaak, dat hy ‘n gedig, “Sondag 8 Maart 2015”, daaroor geskryf het en sedertdien elke keer op dieselfde plaas tuisgaan. Die bekende besigheidsman Mallies le Roux, wat ook wortels in Wellington het, het van hierdie gedig kennis geneem en na aanleiding daarvan ‘n liedjie vir Breyten geskryf. Mallies, wat eintlik ‘n spesialis in arbeidsverhoudinge en menslike hulpbronpraktyke is, het in 2014 ‘n orkesgroep, “die Sakemanne” gestig en sing gereeld by optredes.

Hy het ook al op televisie opgetree. Le Roux se liedjie “Burgerstraat” verklap nie met die eerste oogopslag of luisterslag die onderwerp van, of die persoon waaroor die lied gaan nie. Min mense weet egter dat die Bôrdienghuis, Breytenbach se grootwordhuis, in Burgerstraat geleë is. In hierdie lied word Breyten se vervolging, sy tyd in die tronk en die betekenis wat dit in sy en die breër gemeenskap en die land gehad het, ondersoek. Dit bring hulde aan hierdie plaaslik gebore ikoon en stryder teen ongeregtigheid. Daar word ook binnekort ‘n musiekvideo van “Burgerstraat” uitgereik. Die lirieke is tekenend van Breyten se betekenisvolle lewe en verbintenis met Wellington: “Maar hy het aanhou skryf, en nooit het hy gaan lê. Net die mooiste woorde alleen, net soos hy kan sê. Sy pen was sterker as die swaard. Hy’s ons lieflingkind van Burgerstraat.”


NUUS • NEWS

19 April 2017

•OOK BENOEM VIR LITERATUURPRYS

Digter op KKNK se verhoog

•Jaomi Zeeman Die plaaslike digter en Eugene Marais Literatuurprys-benoemde, Gaireyah Fredericks, het tydens die afgelope KKNK op Oudtshoorn op die verhoog verskyn. Gaireyah het saam met ‘n handvol ander uitgelese digters en literatore aan ‘n gespreksreeks oor Afrikaans by hierdie fees deelgeneem. Sy het saam met die bekroonde Kaapse digter, Shirmoney Rhode, en die gespreksleier, Daniel Hugo, by die ATKV-Boeke-oase oor digkuns in Kaapse Afrikaans gesels. Volgens Fredericks was dit ‘n belewenis om saam met Shirmoney, wat ook in Kaaps skryf, ook by haar grootwordgemeenskap betrokke is, ook ‘n band met die digteres Diana Ferrus het en boonop ook ‘n groot respek vir die werk van Adam Small het, oor hierdie onderwerpe te gesels. “Kaaps is die taal van my hart en siel. Altyd, wanneer ek standaardafrikaans gepraat en geskryf het, het dit gevoel of my kop nie saam met my hart praat nie,” vertel Gaireyah. “Shirmoney deel hierdie sentiment en ken die ervaring,” voeg sy by. Die feit dat beide hierdie digters uiteindelik

in hul hartstaal, Kaaps, begin dig het, het uit hul gewaarwording van die feit dat dít die enigste eerlike digkuns vir hulle kan wees, gespruit. Dit het daartoe gelei dat albei met hul eerste bundels, “Nomme 20, Delphi Straat” (Rhode) en “Kaaps is Hollands” (Fredericks) in Kaaps gede-

buteer het. Volgens Gaireyah het sy reeds vroeg in haar tienerjare die dryfkrag om te skryf, ervaar. “Ek skryf al seker vandat ek twaalf is. Ek het maar so op my eie aangeskryf totdat my pad met dié van die digter Diana Ferrus gekruis het,” vertel sy.

Suid-Afrikaners hou van kuier saam met familie en vriende en goeie kos (en veral ʼn verskeidenheid plaaslik geproduseerde kase) – en dit is presies wat jy van die 16de SA Kaasfees kan verwag. Vir drie soel herfsdae (Vrydag 28 April – Sondag 30 April) kom kaasliefhebbers weereens by Sandringham buite Stellenbosch byeen vir hul jaarlikse rendezvous met kaas. Kaas bly steeds die middelpunt van hierdie gewilde fees. Kaasmakers van regoor die land bring hul crème de la crème vir besoekers om te proe en aan te koop. Maak seker dat jy die handgemaakte produkte van nuweling-uitstallers proe: Chechil SA van Bloemfontein, Bettie Bok (Weskus), Milkwood (George) en vele meer. Vir feesvieringe uit die boonste rakke kan jy natuurlik ook nie sonder kaas se pasmaats soos uitgesoekte wyn, bier, varsgebakte brood, heerlike vleisprodukte, soete verleiding, sowel as han-

dige resep-idees nie. Wat is nuut: laat glanssjefs Nataniël (geborg deur Checkers), Carmen Niehaus, Errieda du Toit, Haidee Muller, Amore Bekker en ander jou met hul koskennis vermaak in die nuwe Agri-Expo Kookpot. Gesels met kaaskundiges en van die land se voorste kaasmakers soos Kleinrivier Kaas, La Montanara, Fairview, Udderley Delicious en Taaibosch Kaas in die nuwe Agri-Expo Cheesery. Wen ʼn splinternuwe Chevrolet UTEForce bakkie – jou toegangskaartjie tel vir een inskrywing in die Wen ʼn Bakkie kompetisie geborg deur REEDS Motor Group(terme & voorwaardes geld). Leer by die beste: die sjefs van die Private Hotel School demonstreer ʼn reeks spesiaal-ontwikkelde resepte wat kaas en alternatiewe nisprodukte soos granate, vye en persimmons saam inspan in die Cape Made Kombuis (met ondersteuning deur die Wes-Kaapse Departement Landbou).

Nog ʼn moet-doen item is die uitgebreide program van die Standard Bank Proelokaal waar wyn-en-kaas paringsessies, ʼn kaas-en-bier ervaring met meesterbrouers Tim Godfrey en Stephan Lotz, Carmién Tee met ‘n kaas-en-tee proe, Stellenbosch Vineyards met gegeurde wyn en kaas proe asook ʼn ontdekking van bokmelkkaasprodukte deur sjef Pete Goffe-Wood wat jou kulinêre horisonne sal verbreed. Vrolike vermaak: Kurt Darren (Vrydag 16:00 – 18:00), BlackByrd (Sondag 16:00 – 18:00) en ander kunstenaars sit ʼn huppel in jou stap by die Stellenbosch Vineyards Musiek Gazebo. Ure se veilige pret wag vir die kleinspan in die Kinderhoekie en tieners in die Teenzone. Stel jou kreatiwiteit en vaardigheid met die kerfmes op die proef en skep jou kaasbeeldhouwerk in die Ladismith Kaaskerfkompetisie, en staan ‘n kans om groot pryse te wen.

Talle nuutjies by vanjaar se kaasfees

3

Sy het Ferrus by die Breytenbach Sentrum ontmoet. Dit is hier waar Ferrus aan haar gesê het dat sy “kan skryf”. “Toe ek dít hoor, begin ek huil. En toe Diana haar gedig oor Sarah Baartman, ‘I’ve come to take you home’, voordra, kon ek glad nie ophou huil nie. My ma het my geleer oor Sarah; Diana is vir my gestuur om Sarah vir my lewendig te maak. Sy is my uitkykmammie,” sê Gaireyah. Sy meen dat Kaaps nog in sy babadoeke is wat spelling en taalreëls betref. “Daar gaan nog baie development wees wat Kaaps betref. Dit verskil van kontrei tot kontrei en dis ‘n taal wat, soos enige kleintjie, deur die fase van kindersiektes moet gaan voor hy groot is, nes afrikaans,” sê sy. Volgens Gaireyah sal die leerfase van Kaaps verbygaan. “Hy sal op sy eie, natuurlike manier groei tot daar ook vir hóm reëls is soos vir standaardafrikaans,” sê sy. Intussen hou sy hierdie dialek springlewendig deur daarin te skryf, te dig en te vertolk – plaaslik, in nasionale publikasies en op die land se verhoë.


courant

19 April 2017

dié

4

Vasbyt is al uitweg

‘n Mens kry baie verskietende sterre in die lewe – mense, giere en dinge wat baie vinnig baie hoog vlieg en groot gewildheid geniet, net om weer ewe vinnig te verdwyn. In die populêre media, literatuur en neigings is daar ontelbare “one hit wonders” wat vir kortstondige tydperke ons musiek, voorblaaie, voorkoms en aktiwiteite bepaal. Hul rakleeftyd is, helaas, vinnig verby en die merkie wat hulle gemaak het verdwyn vinnig om plek te maak vir die volgende prikkelpop, styl, gier of voorbladwonder. In Wellington was daar miskien ook al hier en daar ‘n paar vervlietende neigings of persoonlikhede wat die snare in die dorp getokkel het. Miskien het iemand ‘n vae herinnering as so ‘n persoon of gebeurtenis. Dit is egter nie dinge of mense wat die toets van tyd deurstaan het nie. Vervlietende dinge, neigings en instellings is gelukkig glad nie ‘n deursnee eienskap van die erfenis in ons dorp nie. Hiér, byt ons vas. Mev. Visagie, wat hierdie week haar 105de verjaardag in Silwerkruin gevier het, gee die toon aan. Die Wellington Krisante Vereniging wat hierdie jaar hul 101ste skou hou, bewys dit. Die plaaslike rugbyklub se herlewing getuig daarvan. Breyten Breytenbach se tydlose nalatenskap wat in ‘n pragtige liedjie verewig is, vergestalt dit en ‘n bekroonde plaaslike digteres, wie se hele lewenstorie een van vasbyt is, se optrede by die KKNK span die kroon. In ons dorp is vasbyt al uitweg. Nee wat, dié wat moedeloos is, kan gerus van deursettingsvermoë en vasbyt in Wellington kom leer. Dit is wie ons is en dit is hoe ons dinge doen.

Dis Goeie Nuus

dr. Andrew Bosman

As My volk hulle verootmoedig en bid

Ons het die afgelope week Paasfees gehou. Ons noem Vrydag, Goeie Vrydag want dit herdenk die kruisiging van ons Here Jesus wat vir die hele wêreld gesterf het, sodat ons sondes vergewe kon word. Die opstanding van die Here Jesus uit die dood bevestig die profesië en Jesus se eie woorde dat Hy op die derde dag sal opstaan. Nou kan ons ‘n besluit neem om Hom as Here van ons lewe te volg, of nie. Ons land is in ‘n situasie waar ingryping van die Here nodig is. Die harte van die mense van hierdie land moet verander om respek vir mekaar te hê, en so ook teen mekaar op te tree, dat ons land genees kan word. In Psalm 80 word daar ‘n bede tot God gebid: “O God herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word.” 2 Kronieke 7:14 “en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor, en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Saterdag die 22e April word daar nie ‘n optog gehou nie, maar ‘n gebedsbyeenkoms in die middel van ons land, in Bloemfontein. Dit is ‘n geleentheid, laat ons dit nie misloop nie.

NUUS • NEWS

Krisante van Wellington reeds vir 101 jaar vereer Die Wellington se Krisante-vereniging (Wellington Horticultural Society) is byna so deel van ons dorp se erfenis soos die wingerde, Andrew Murray en die Drakenstein-bergreeks. Hierdie vereniging vier vanjaar hul 101ste bestaansjaar en jaarlikse krisanteskou. Volgens Anthony Cavernelis, een van die bestuurslede van hierdie vereniging, is hulle al druk besig met voorbereidings vir hul 101ste jaarlikse krisanteskou. “Ons is baie opgewonde oor hierdie groot mylpaal in hierdie belangrike tradisie in ons dorp. Dit sal op Saterdag 6 Mei om 13:00 in die Wellingtonse Stadsaal plaasvind,” vertel hy. Anthony vertel dat die ontstaan van die krisante-vereniging ‘n baie interessante storie is. “Vyf manne het in 1916 in Voorstraat, Wellington, ontmoet en besluit om ‘n vereniging vir die doel om die belangstelling in die plant van blomme, veral van krisante, te stimuleer en te bevorder,” vertel hy. Hierdie vyf legendariese manne was CP Adams van Parkstraat (die voorsitter), JD Pietersen van Voorstraat (die onder-voorsitter), JJ Isaacs van Kortstraat (onder-sekretaris, NC Brink van Parkstraat (tesourier) en AV Maurice van Voorstraat (sekretaris). Die eerste krisante-skou in Wellington is op Saterdag 26 April 1916 in die Nederduits Gereformeerde Sendingskool, die hedendaagse Pauw Gedenkskool, deur hierdie aanvanklike klein vereniging gehou. “Dit is destyds nog deur senator Dan Retief, wat ook as die eerste president van die vereniging verkies is, geopen. Na Retief se afsterwe het mnr. R. Marais by hom as president oorgeneem en vir meer as 20 jaar hierdie pos beklee,” vertel Anthony. Ander presidente van die vereniging het ook mense soos Frank Brink, Pieter Abrahams en Freddie Cyster ingesluit. Almal van hulle het hul poste tot hul dood beklee. Die huidige president van die vereniging is Michael Joseph Le Cordeur. Volgens Anthony het ‘n hele paar baie toegewyde toekenning vir die Kampioen Blom oor die afgelope 92 jaar gewen. “Niemand was egter meer indrukwekkend as Bokkie Small nie. Hy het die kampioen-trofee vir ‘n rekord-getal van sewe jaar gewen,” vertel hy. Hierdie rekord is sowaar later deur die wyle

Isaac Maurice, wat die kampioen-trofee vir ‘n agste keer kon inpalm, verbeter. Nog ‘n paar herhaaldelike wenners was wyle Frank Brink (vier keer), sowel as wyle Sammy de Vries en Moos Booysen (albei drie keer). Meer onlangs is Japie Willemse, wat die titel al vier keer gewen het, sowel as Anthony Cavernelis en Macel Rhode, wat beide al tweekeer gewen het, onder die top-presteerders. Die vereniging het ook ‘n been waar die dames met hul kundigheid en kreatiwiteit kan spog. Hulle neem onder andere aan kompetisies in naaldwerk, versiering en fyngebak deel. Onder die top-presteerders was al bekendes soos mev. Sylvia Le Cordeur (ag keer), mev. R. Williams (5 keer), mev. P. Cavernelis (ses keer) en mev. F. April (vier keer). Venitia Bosman is die mees onlangse wenner wat sedert 2000 al vyf keer die kroon ingepalm het. Vir tien jaar lank het die vereniging ook ‘n Lente Dahlia Skou gehou, maar later besluit dat daar net op die Herfs Skou gekonsentreer sal word. Sedertdien is die Krisante Skou op die eerste Saterdag in Mei ‘n instelling op Wellington se gemeenskapskalender. “Selfs in die dae van die Tweede Wêreldoorlog het die vereniging nie ‘n skou gemis nie,” vertel Anthony. In 2005 is daar ‘n nasionale krisante-vereniging gestig en dit het ‘n paar veranderinge op die speelveld teweeg gebring. “Ons lede het met ‘n wyer gemeenskap van krisant-kenners en –tuiniers te doen gekry. Ons vereniging was ook bevoorreg om die nasionale skou in 2006 en 2011 aan te bied, waaraan ons ook nou jaarliks deelneem,” verduidelik Anthony. Hy is ook die enigste lid van Wellington se Krisante Vereniging wat sy nasionale kleure by een van die nasionale skoue (met ‘n silwermedalje vir nege groot blomme in 2006) verwerf het. Ander plaaslike lede wat ook met nasionale kleure spog (as deel van die bestuur), is mnre. ML Le Cordeur, L Williams, J Willemse, M Rhode, D Pietersen en J Smith. Wellingtonners wat deel in hierdie 101-jaar oue tradisie en erfenis wil hê, kan die krisanteskou op 6 Mei in die stadsaal besoek. Dit open om 13:00 en toegang is R10 per persoon. Belangstellendes kan Anthony Cavernelis by 083 447 0309 kontak. Promotion

Pain is a universal experience. One out of four people suffered from pain in the last 24 hours according to the National Center for Health Statistics. Pain is 100% of the time produced by the brain. These include all pain sharp, dull, strong or mild or how long you had it. You get two types of pain: acute pain which last for a few days or weeks or chronic pain which last more than three months. The problem sometime comes in how you intervene to treat the pain. Pain can be compare to a break in to your house. Imagine the door is knocked down or a glass window is broken. The alarm system goes off….What

do you do? You switch of the alarm system; phone the police, security guard etc….and gets the door and window fixed. Now this is what we call acute pain. If you tear a muscle, strain a ligament or bend down and hurt your back, bending down poorly, are the same as a break in at your house, your body. You call the doctor, get meds at the chemist and make an appointment with your physiotherapist. The physiotherapist will then fix that “door” or “window” by applying ultrasound, interferential therapy, mobilization techniques etc. to the injured body part and the pain will go away. Now what happens when there was a break in at your house and day after day that alarm system keeps going off after that, even without any disturbance? That alarm system’s computer program (your brain) has gone hay wire. Fixing the door and window won’t help to get the alarm from ringing. You need specialized help to sort that out. This is the same as with chronic pain. If your pain persists, it will be a sign that your brain’s recognition pattern for that specific injured part changed. This is when you need specialized, evidence based exercises to correct it and relieve chronic pain. There is no short path, no miracle cure, only hard work and persistence with the right exercise program. Dr. Petro van der Merwe, Physiotherapist is inviting you to join the Pain Class (previously known as the Back care and Fall Prevention class) at her new practice location and walk together as a group to a new way of living. This short informative YouTube video will help you to understand pain in less than five minutes: https:// www.youtube.com/watch?v =4b8oB757DKc&feature=pla yer_detailpage.

What exactly is pain?


NUUS • NEWS

5

19 April 2017

LOWER PRICES

PnP Bulk Country Classic Boerewors

ON WHAT YOU NEED MOST

R

66

Per kg

Sasko Premium Slices Brown Bread 700g

no nameTM Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 2kg

R

R

9

99

49

no nameTM Fresh Chicken 4 Thighs and 4 Drumsticks

PnP Bulk Tenderised Steak WAS R119.99

Per kg

Per kg

R

99

44

R

99

84

OVER 1000 ITEMS ON SPECIAL

Plus we've dropped prices on 1300 everyday items

PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

no nameTM Corn Flakes 1kg

Nescafé Cappuccino Assorted 10s Each

R

R

R

Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each

Coca-Cola Regular, Lite, Zero or Tab 2 Litre Each

R

13

59

79

49

R

15

99

27

99

BUY ANY 3 FOR

R

28

99

Bakers Eet-Sum-Mor Biscuits Assorted 200g Each

Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack WAS R159.90

169

R

127

99

Bakers Tennis Biscuits Assorted 200g Each

189

SAVE R65

R

16

99

WAS R254

R

18

Shop online at www.picknpay.co.za

PRICES VALID 20 - 23 APRIL 2017 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

R

12

99

Windhoek Draught 24 x 440ml Cans or Non-returnable Bottles Per Case

PnP Dishwash Liquid Assorted 750ml Each

99

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in Western Cape excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

MMWCHS1357

R

Bell’s Blended Scotch Whisky 750ml

DISCOUNTS

Get weekly personalised discounts on the items you buy most, plus you still earn points every time you shop. Download the Pick n Pay app today.

99

Simba Potato Chips Assorted 125g

PERSONALISED

BUY MOST

14

R

SAVE R9

R

ON WHAT YOU

42

99

no nameTM Parboiled Rice 2kg

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.


6

19 April 2017

NUUS • NEWS

Wen kaartjies na Juanita, Skaapkop-eetfees

dié courant het oor die volgende paar weke 'n hele rits kaartjies om weg te gee na onder andere Juanita du Plessis se vertoning op Malmesbury, asook die Skaapkop-eetfees by Bushman's Cave.

Juanita:

Om een van twee kaartjies na dié sangsensasie se optrede te wen, sms die slagwoord JUA-

NITA, tesame met jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor 18 April om 12:00.

Skaapkop-eetfees:

Om 'n kans te staan om een van twee naweekkaartjies te wen, sms die slagwoord SKAAP, saam met jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor 18 April om 12:00.

Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na izelle@diecourant.co.za!

Dreyer aangewys as Windmeul Kelder se top-produsent vir 2016

Pieter Dreyer, ‘n boer van Malmesbury dra vanjaar weer die kroon vir Windmeul Kelder se “2016 Produsent van die Jaar”. Dreyer, van die plaas Goedeverwachting het vanjaar ‘n gemiddeld van 8 ton per hektaar geproduseer. Hoewel die oes vanjaar meer tonne as in 2016 opgelewer het, is dit steeds onder gemiddeld, voeg hy by. Dreyer is egter baie tevrede met die druiwe

se kwaliteit. “Die kwaliteit is puik. Dit is net genade van Bo,” sê hy. Volgens hom was die weersomstandighede gunstig gewees. Hy sê egter die groot probleem wat wingerdboere tans ervaar, is die tekort aan water. “Jy kry nie geld vir kwaliteit nie, maar vir tonne. En daravoor is water nodig.” Hy boer sowat 80 ha se wingerd, wat boonop droëland is. Volgens hom probeer hy elke jaar ‘n paar hektaar wingerd vervang. Dreyer se pa het in 1960 met wyndruiwe begin boer, terwyl hy in 1989 by die boerdery begin betrokke raak en voort gegaan het om aan Windmeul Kelder te lewer. Hy produseer Chenin Blanc, Semillon, Riesling, Shiraz, Cinstou en Pinotage. Dreyer se ander vertakkinge sluit ‘n bees, skaap –en koringboerdery in.

“Kwaliteit is puik. Dit is net genade van Bo.”


NUUS • NEWS

7

19 April 2017

Geklassifiseerd • Smalls

Dagboek • Calender Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Oefening is vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United-rugbyklub Hillcrest United-rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom sluit. Vir meer inligting kontak die klub-sekretaris: Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com Evita se Perron 28 April: Evita se Perron presents an evening of contentporary Folk music with Jenny and the Jameses. Tickets are R100 and the show starts at 20:00 For bookings call 022 492 3930 or bookings@ evita.co.za Hugenote Hoërskool 8-11 Mei: Die Hugenote Hoërskool bring

eersdaags die storie van "Sound of Music" op die planke. Kaartjies is vanaf 6 Maart beskikbaar by die skool. 8-10 Mei se kaartjies is R90 vir volwassenes en R60 vir kinders. 11 Mei is die Gala-aand. R200 per persoon en dit sluit n 3-gang ete in. Koorfees by Hugo Rust 18 Mei: Laerskool Hugo Rust bied aan 'n Koorfees om 18:00 vir 18:30 by die Laerskool Hugo Rust. Ander kore wat gaan deelneem is Laerskool Durbanville, Laerskool Bastion, Worcester-Noord Primêre Skool, Hoërskool Hugenote met die gaskunstenaar - André Terblanche Vir enige navrae kontak 021 873 1598 / ontvangs@hugorust.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskool Saal om 19:00 Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Wellington Huismark 3-6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met lewendige musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart fasiliteite beskikbaar Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel ontbyt om 10:00 by Wellington Noordkerksaal Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin bied aan hul Gholfdag by die Wellington Gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.

NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington Kontak : 083 258 8717 / 021 873 3375

GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 ---------------------------TE HUUR TO LET TITUS EIENDOMME Wesbank - Beskikbaar 1 Mei 2017. EenSlaapkamer woonstel teen R2400 pm. Krag ingesluit, Geen kinders Hophuis teen R1600 pm. Skakel 082 780 1380 of 022 486 5219 #4358 ----4 Slaapkamer woonstel. Koopkrag. Water ingesluit. R4650,00 vanaf 1 Junie 2017. Skakel 022 487 2383 k.u. #4365 ----------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS JADE ARENDSE Happy first birthday. Thanks for being our little sunshine. Lots of love - Mommy, Dadda, Boeta and Nanna #4359 ----Baie geluk onse blompot. Mag die Here jou seën en baie jare spaar. Lief jou baie - Ouma Anne, oupa Colla, boeta Duvan en boeta Durwin #4360 ---Geluk met jou eerste verjaarsdag. Jy bring baie vreugde in ons lewe. Lief vir jou Boeta Durwin, Tannie Des, Boeta Duvan, Peetma Fuz & Duray #4361 ----------------------------DEVANTE - Happy birthday my angel. Mommy loves you to the moon and back. You are my rock. Love - Keagan and Ouma #4362 ---Happy first birthday to you Mithay on 19 April. Love you Aunty Nay #4363 Raai wie word 16 DEVIN, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Liefde - Jou ouers, susters en jeugmaats #4364 ----Devin, baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy het 'n wonderlike dag. Baie liefies vir jou - Auntie Merc, Auntie Lorraine & kinders #4366 ----------------------------18 April - Kyk wie is

21?. Alle seënwense met jou verjaarsdag. Niemand-gesin, Mammie, Daddy en Nashwin #4367 ----------------------------BRITNEY - Baie geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is. Met baie liefde - Mammie, Carl en Michelle #4368 ----Geluk meisiepop met jou verjaarsdag. Hoop jy het 'n wonderlike geseënde dag. Met liefde - Peetma Cathy, Gerion, Anuska en Dimitri #4369 ----------------------------MARIA WILLEMSE Baie geluk met Ma se 55ste verjaardag op 15 April. Baie liefde - Annelise, Oxevia, Ronald-Lee, Jomo en James #4370 ----------------------------FRANKLIN - Geluk met jou verjaarsdag op 19 April. Geniet jou dag. Ons is baie lief vir jou - Mammie, Daddy, Mekayla en Emile #4371 ---Geluk met jou verjaarsdag. Lekker verjaar. Van: Oupa, Ouma en Boeta #4372 ---Geluk met jou verjaarsdag. Geniet die dag. Van: Ant Das, Jadene en Zoë #4373 MERENCIA (Zoë) Veels geluk my engel met jou sewende verjaarsdag. Geniet jou daggie. Liefde Mammie en Jadene #4375 ----Veels geluk met jou verjaarsdag.Mag daar nog vele jare wees en geniet jou dag. Liefde - Ouma, Oupa en Boeta #4376 ----Baie geluk Zoë. Mag God jou ryklik seën. Liefies jou baie Niggies en nefies #4377 ----Geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is. Mag God jou vele jare spaar Pappie, Ouma, Jaylin en Uile #4378 ---Geluk met jou verjaarsdag. Mag jy 'n geseënde dag hê. Liefde - Jackie, Nashwill en Mitchi-Mitch #4379 ----Geluk met jou verjaardag. Lekker verjaar. Van: Oom Eben en Tannie Anna #4380 ----------------------------Baie geluk JADE ADONIS. Nege op 14 April 2017. Lekker verjaar Mommy se poplap - Mommy, Daddy, Myra-Lee en Lyla #4381

----------------------------RIKADO CLAUDE VAN DER WESTHUIZEN 25 April. Baie geluk met jou verjaardag. Dankie dat jy die beste Pa en man is. Liefde - Jou vrou en kinders #4382 ----------------------------MICAELA - Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Alles wat jy wil bereik, vra God se hulp. Mammie is oneindig lief vir jou #4383 ----Baie geluk my kind. Daddy wens jou net die beste en alle voorspoed vorentoe. Lief vir jou Kayla #4384 ----Mag die Here jou nog vele jare uitspaar en bewaar. Mag al jou drome en wense waar word. Liefde - Caitlin #4385 ---Baie geluk Kayla met jou 21ste verjaarsdag. Van jou twee broers, Jandre en Kurt-Lee. Lief vir jou #4386 ----------------------------MARTHINUS SKIPPERS - 40 op 19 April. Geluk met jou verjaarsdag,. God seën. Liefde - Vroulief, kinders, Pa, broer, suster en al die familie #4387 ----------------------------24 April - Aan 'n wonderlike niggie met haar verjaarsdag. 'n Jaar van voorspoed en nie teenspoed. Liefde- Petro, Whaylin en Kaleb #4388 ---------------------------AIDEN SAMPSON - 19 April. Baie geluk Mammie se grootseun. Baie lief vir jou - Mammie en Ma #4389 ----------------------------QWALA -18 April. 18 Jaar - 'n Tree in die volwasse lewe. Ek dra jou in gebed op vir elke dag my engel. Anti Lizy en Karin #4390 ----------------------------MEKYLIN SOLOMONS - My "poplap", geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is. Liefde - Mamma en Pappa #4391 ----To an amazing daughter. May God protect, guide and bless you. You are my sunshine - Milda, Carlin & Carlo #4392 ----Geluk my skaam sussie. Jy skitter soos 'n ster. Geniet die dag. Baie liefde - Carlin & Clementha #4393 ---Geluk met jou 13de verjaardag. Jy moet 'n "awesome" dag

hê. Van: Van der Ventel familie #4394 ----------------------------GURDWILL COETZEE (Poena). 24 April. Baie geluk met jou 21ste verjaardag. Mag God jou ryklik seën. Liefde - Mammie, Tamlyn, Keanu, Caleb #4395 ----Baie geluk met jou mondigwording. Mag God jou seën. Liefde Mammie Jane #4396 ---Baie geluk Gurdie met jou 21ste verjaardag. Liefde - Ouma Ria #4397 ----------------------------ANNA VAN WYK - Baie geluk met u 56ste verjaarsdag. Ek is baie lief vir Mammie. Geniet die dag - Elmarie #4398 ----Lekker verjaar Anna. Mag die Here u seën. Mag u 'n mooi dag hê. Van: Dreyer & Van der Ventel-gesin #4399


8

courant

dié

19 April 2017

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

•NUWE AKTIWITEITE BEPLAN

Herlewing vir Wellington-klub

19 April 2017

Hillcrest pak Tulbagh

Hillcrest United-rugbyklub van Wellington, pak die naweek Tulbagh-rugbyklub in ‘n Grootuitdaag liga-wedstryd. Die span van Wellington dra hierdie wedstryd op aan ‘n speler en getroue ondersteuner wat hul oor die naweek ontval het. Die bestuur moedig alle toeskouer aan om ‘n swart strikkie of arm band te dra na die

wedstryd. Hekke open om 12h30 en wedstryde begin vanaf 13h30. Die hoofwedstryd skop af om 16h00. Toegang beloop R10.00 per person en R10.00 per voertuig. Vir meer inligting kontak die kub sekretaris Jovan-ré W Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com

New executive members for Boland Rugby

Daar is nuwe lewe in die aktiwiteite van Wellington se eie rugbyklub. Hierdie klub, wat vir ‘n hele ruk onder die radar beweeg het, het onlangs besluit om hul toekoms en doelwitte weer in oënskou te neem. Volgens een van die klub se bestuurslede, Jaco van Deventer, het die klub tydens hul “stiller jare” steeds deurgaans wedstryde gespeel, maar was hulle meesal in “survival mode”. “Ons het ‘n reddingspoging nodig gehad. Verskeie vergaderings is gehou om oor die toekoms van die klub te praat. Ons het ‘n bestuur wat almal passievol oor die positiewe voortbestaan van die klub is. Ons is ‘n span wat nie die woord ‘opgee’ ken nie,” sê hy. Jaco vertel dat advertensies aan die begin van die jaar in Die Burger en ander koerante belangstellendes genooi het om oefeninge by te woon en lede van die klub te raak. “Ons afrigters, Francois Coertze en Chris Zondagh, het beslis hul deel gedoen om spelers te werf. Van die meer senior spelers by die klub het ook ingespring en die manne begin lok,” vertel hy oor hoe hulle nuwe lewe in die klub probeer blaas. Die Wellington Rugby Klub het nie hierdie jaar voorseisoen-wedstryde gespeel nie. “Ons moes eers spelers in al ons kernposisies vestig. Baie van ons spelers boer en die aanvang van die seisoen het in sommige gevalle met dinge soos oestyd of paktyd gebots,” verduidelik Jaco. Op die oomblik speel hulle elke Saterdag

wedstryde as deel van die Boland Liga se Streekuitdaag-kompetisie. Volgens Jaco is die klub nou besig om baie strukture in plek te kry om hulle maksimaal te laat funksioneer. “Oefensessis word uiters goed hanteer deur ons twee bekwame afrigters – iets wat die bestuur se rol baie vergemaklik. Verder is ons ook besig met bemarking op ‘n gereelde basis en maak ons ook meer van sosiale media gebruik. Ons bou ook netwerke met ander plaaslike instansies, soos Wellington Toerisme, om ons bemarking en aktiwiteite deel van die dorp se dinge te maak,” vertel hy. “Ons sou ook nie enige van hierdie dinge kon aanpak sonder die wonderlike ondersteuning van ons borge nie. "Hulle sorg onder andere dat al ons spelers eenvormige hemde tydens wedstryde dra,” voeg hy by. Wellington Rugby Klub se korttermynplanne behels om ‘n gesonde klub te vestig en om seker te maak dat goeie strukture vir die toekoms in plek kom. “Ons sal graag goed wil presteer in die Streekuitdaag-kompetisie, maar ons besef ook dat ons dit stap vir stap moet vat,” sê Jaco. Die bestuur en die klub het groot langtermyndrome. “Met die lig op die toekoms sal die klub graag oor twee jaar weer deel wil vorm van die Grootuitdaag-kompetisie van die Boland,” sê hy.

THE Boland Rugby Union (BRU) held their annual general meeting at the Boland Stadium, Wellington on Thursday, 23 March 2017, where the following executive members were elected for the next two years: John Adams, Klaas Cloete, Maurice Markus, Burton Niemand and Bennie van Rooi. The five newly elected executive members will join BRU’s existing board, consisting of BRU president Ivan Pekeur, BRU vice-president Stephen Jones and current BRU executive board member Denver Pienaar. Boland Rugby’s annual financial report was also presented at the AGM, which confirmed a very good financial year for Boland Rugby in 2016. For the second year running, Boland Rugby’s financial year showed a clean audit, with the most recent financial report showing a profit of over R3 million in 2016 – a very positive outcome, despite earlier media allegations of mismanaged funds, fraud and corruption within the Boland Rugby Union. During a special meeting that preceded the AGM, which was chaired by Mr. Pat Kuhn and assisted by Mr. Christo Ferreira, both of SARU, BRU clubs (chairpersons and delegates) voted against a motion of no confidence in BRU’s President and Executive Board. The President and Executive Committee allowed the tabling of the motion, despite the fact that the few clubs and individuals (5 in total) who brought the motion, was unable to do so in terms of the Constitution of BRU. It accordingly came as no surprise when the motion was overwhelmingly rejected by the special general meeting of members. “Despite numerous requests by BRU, the handful of clubs and individuals who drove the motion, was unable to bring it within the confounds of the Constitution” says Pekeur.

“We nevertheless allowed the tabling of the motion, despite the unconstitutionality thereof as we believe in open, ethical and transparent leadership” he added. “We are disappointed that it had to come to this point, but are happy, although not at all surprised, by the outcome. The time for petty politics and personal agendas is over. “Everyone can, and should, now focus all their time and energy on matters that serve the best interest of Boland Rugby”. Pekeur highlighted his excitement about the state of club rugby in the Boland, with the current competition format having received praise from the rugby community across the country. “Looking at the spectators flooding into the gates on weekends, the new competition structure has changed the face of club rugby in the Boland, with a club game like Worcester Villagers against Young Hamilton’s attracting crowds of over 10 000 people. “These turnouts have been so remarkable that interest has been shown by broadcasters, for certain Boland club rugby matches to be televised in the near future”, said Pekeur. On the professional side, the Boland Cavaliers have also enjoyed a good 2016 season, having qualified for the Currie Cup Premier division (the first time since 2009) and finishing seventh on the overall Currie Cup log. “Unfortunately, due to a debatable decision, the Boland Cavaliers lost out on a place in the 2017 Currie Cup Premier division, with the team that finished eighth in last year’s competition (the Pumas) being given the honour to compete in the top division in 2017 instead,” said Pekeur. “Be that as it may, the Cavaliers are looking forward to another good season in 2017 under the newly appointed head coach Randall Modiba”.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
416 dié courant wellington by DieCourant - Issuu